12
GEE AFRIKAANS ’N KISHOU IN DIE EKSAMEN SAAMGESTEL DEUR ISABELLA VENISH Klankleer Lees- en skryftekens Woordvorming Woordsoorte Sinsleer Betekenisleer Leesstukke Begripstoetse Skryfwerkwenke en -oefeninge Konsepvraestelle 1 & 3 10 HUISTAAL EKSAMENHULP BEST BOOKS KABV- GERIG Kernmateriaal vir die VOO-band

Kernmateriaal vir die VOO-band GEE AFRIKAANS ’N · vir Graad 11 en 12 te gebruik om terme na te slaan en te hersien. Hierdie oefenboek ü is saamgestel volgens die vereistes van

  • Upload
    others

  • View
    8

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Kernmateriaal vir die VOO-band GEE AFRIKAANS ’N · vir Graad 11 en 12 te gebruik om terme na te slaan en te hersien. Hierdie oefenboek ü is saamgestel volgens die vereistes van

ISBN: 978-1-77607-207-1

9 781776 072071

BB EH GR 10 HT

www.bestbooks.co.za

Isabella

Ven

ishBest B

ook

s Eksa

men

hulp

: Gra

ad 1

0 A

frikaans H

uista

al

GEE AFRIKAANS ’N

KISHOU IN DIE

EKSAMEN

SAAMGESTEL DEUR ISABELLA VENISH

KlankleerLees- en skryftekens

Woord vormingWoordsoorte

SinsleerBetekenisleer

LeesstukkeBegripstoetse

Skryfwerkwenke en -oefeningeKonsepvraestelle 1 & 3

10HUISTAAL

EKSAMENHULPBEST BOOKS

KABV-GERIG

Kernmateriaal vir die VOO-band

Best Books Eksamenhulp vir Graad 10 Huistaal is ’n gebruikersvriendelike oefenboek met agt hoofstukke taalopsommings met toepaslike voorbeelde en taaloefeninge, sowel as ses konsepvraestelle om die eksamen met sukses aan te pak. Elke hoofstuk bevat ’n begripstoets, wat op ’n uittreksel uit die jongste jeugboeke en ander tekstipes soos resensies, spotprente en artikels gebaseer is, en ’n hersieningstoets. Dié boek bevat ook waardevolle wenke en praktiese raad vir die beantwoording van Vraestelle 1 en 3.

Hierdie oefenboek lê die grondslag vir sukses in die VOO-band en bevat deurtastende opsommings van elke taalstruktuur en -konvensie soos wat die kurrikulum vereis. Dit is dus ’n oefenboek vir leerders om tot Graad 12 te hou en saam met Best Books se oefenboeke vir Graad 11 en 12 te gebruik om terme na te slaan en te hersien.

Hierdie oefenboeküis saamgestel volgens die vereistes van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring

en die jongste uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls.üsluit agt hoofstukke wat ál die taalstrukture en -konvensies dek, in.übevat taaloefeninge, gebaseer op uittreksels uit die jongste jeugboeke, wat teoretiese

kennis oefen en toets, en die geleentheid bied om dié kennis toe te pas.übevat wenke en raad met voorbeelde ter voorbereiding van toetse en eksamens.üsluit twee konsepvraestelle vir Vraestelle 1 en 3 elk in.übied plek vir antwoorde, vir maklike hersiening en verwysing.üis geskik vir gebruik in die klaskamer of tuis.

Die antwoorde kan op die webtuiste www.nb.co.za afgelaai word.

Ander titels in die reeks:

Graad 11 HT Graad 12 HT

GEE AFRIKAANS ’N

KISHOU IN DIE

EKSAMEN

SAAMGESTEL DEUR ANITA VOGES

11HUISTAAL

KABV-GERIG

EKSAMENHULPBEST BOOKS

KlankleerLees- en skryftekens

Woord vormingWoordsoorte

Sinsleer Betekenisleer

Leesstukke Begripstoetse

Skryfwerkwenke en -oefeningeKonsepvraestelle 1 & 3

EKSAMENHULPBEST BOOKS

GEE AFRIKAANS ’N

KISHOU IN DIE

EKSAMEN

SAAMGESTEL DEUR MARTLIE JORDAAN

HersieningTaaloefeninge

Wenke vir eksamenvoorbereidingKonsepvraestelle 1 & 3

12HUISTAAL

KABV-GERIG

9781776072088 9781776072095

Ook geskik vir IEB

Gr 10-12 Eksamenhulp_HT_nuwe omslag V2.indd 1,3Gr 10-12 Eksamenhulp_HT_nuwe omslag V2.indd 1,3 2020/05/21 14:222020/05/21 14:22

Page 2: Kernmateriaal vir die VOO-band GEE AFRIKAANS ’N · vir Graad 11 en 12 te gebruik om terme na te slaan en te hersien. Hierdie oefenboek ü is saamgestel volgens die vereistes van

Best Books Eksamenhulp: Graad 10

Taal- en leesoefenboek vir Huistaal

Saamgestel deur Isabella Venish

Gr 10 HT Taal- en leesoefenboek.indb 1Gr 10 HT Taal- en leesoefenboek.indb 1 2020/06/10 12:282020/06/10 12:28

Best Books Eksamenhulp: Graad 10 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072071 © NB Uitgewers/Isabella Venish 2020

Page 3: Kernmateriaal vir die VOO-band GEE AFRIKAANS ’N · vir Graad 11 en 12 te gebruik om terme na te slaan en te hersien. Hierdie oefenboek ü is saamgestel volgens die vereistes van

InhoudHoofstuk 1: Bome en sirkels – klankleer 1Begripstoets 1

Klankleer 6

Vokale/klinkers 6

Diftonge/tweeklanke 7

Konsonante/medeklinkers 8

Stemhebbende en stemlose klanke 10

Klankverskynsels 10

Assimilasie 10

Ontronding 11

Oorronding 11

Hooflettergebruik 13

Skryf- en leestekens 14

Skryftekens 14

Leestekens 17

Lettergrepe 19

Klankgrepe 20

Hersiening 21

Hoofstuk 2: ’n Reis na die noorde – woordvorming (morfologie) 23Begripstoets 23

Stam/basisvorm van woorde 28

Simplekse en komplekse 28

Voorvoegsels (prefikse/premorfeme) 29

Agtervoegsels (suffikse/postmorfeme) 30

Afleidings 31

Samestellings 33

Samestellende afleidings 35

Kern en bepaler 35

Vokaalverandering/klinkerwisseling 36

Afkortings 37

Akronieme 38

Neologismes/nuutskeppings 40

Leenwoorde 42

Spelling 44

Hersiening 45

Hoofstuk 3: Van ’n amateur tot ’n pro – selfstandige naamwoorde en voornaamwoorde 48Begripstoets 48

Selfstandige naamwoorde 51

Meervoudsvorme 54

Verkleiningsvorme 56

Versamelname 59

Lande en inwoners 60

Geslagswoorde – manlik en vroulik: Mens/dier 61

Voornaamwoorde 63

Hersiening 68

Hoofstuk 4: Somer, son en saffier – byvoeglike naamwoorde 73Begripstoets 73

Byvoeglike naamwoorde (adjektiewe) 77

Attributiewe en predikatiewe vorm 78

Intensiewe vorme 80

Trappe van vergelyking 83

Deelwoorde 85

Hersiening 88

Hoofstuk 5: Ligte, kamera, aksie – werkwoorde en bywoorde 90Begripstoets 90

Werkwoorde 95

Selfstandige werkwoorde (hoofwerkwoorde) 96

Tye van die werkwoord 96

Wyses van werkwoord 97

Oorganklike en onoorganklike werkwoorde 98

Onpersoonlike werkwoorde 99

Wederkerende werkwoorde 99

Koppelwerkwoorde 99

Hulpwerkwoorde 100

Hulpwerkwoord van tyd

Verlede tyd van die hulpwerkwoord van tyd 100

Toekomende tyd en verlede tyd 100

Hulpwerkwoord van wyse/modaliteit 100

Hulpwerkwoord van vorm 101

Deeltjiewerkwoorde/skeibare werkwoorde 103

Onskeibare werkwoorde 104

Infinitief 105

Werkwoorde in vaste verbindings 106

Werkwoorde wat soms verwar word 107

Bywoorde 108

Hersiening 111

Hoofstuk 6: Liefde is nie altyd taai nie – lidwoorde, telwoorde, voegwoorde,voorsetsels en tussenwerpsels 114Begripstoets 114

Lidwoorde 118

Telwoorde 120

Spelling van telwoorde 120

Gr 10 HT Taal- en leesoefenboek.indb 3Gr 10 HT Taal- en leesoefenboek.indb 3 2020/06/10 12:282020/06/10 12:28

Best Books Eksamenhulp: Graad 10 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072071© NB Uitgewers/Isabella Venish 2020

Page 4: Kernmateriaal vir die VOO-band GEE AFRIKAANS ’N · vir Graad 11 en 12 te gebruik om terme na te slaan en te hersien. Hierdie oefenboek ü is saamgestel volgens die vereistes van

Voegwoorde 122

Groep 1: Neweskikkende voegwoorde 123

Groep 2: Voegwoordelike bywoorde 123

Groep 3: Onderskikkende voegwoorde 124

Voorsetsels en vaste voorsetsels 126

Tussenwerpsels 129

Hersiening 130

Hoofstuk 7: Storms, winde en ’n fluit – sinsleer 134Begripstoets 134

Onderwerp, voorwerp en gesegde 138

Byvoeglike en bywoordelike bepalings 140

Byvoeglike (adjektiewe) bepaling 141

Bywoordelike bepaling 141

Byvoeglike en bywoordelike bysinne 142

Byvoeglike (adjektiewe) bysin 143

Bywoordelike bysin 143

Infinitiewe vorm 145

Enkelvoudige, saamgestelde en veelvoudige sinne 146

Woordorde in sinne 148

Sinsbou met S(v1)TOMP(v2) 149

Ontkenning 150

Sinstipes 152

Stelsin 152

Uitroepsin 152

Vraagsin 153

Bevelsin 153

Lydende en bedrywende vorm 154

Lydende vorm 154

Bedrywende vorm 155

Direkte en indirekte rede 157

Direkte rede 157

Indirekte rede 159

Hersiening 160

Hoofstuk 8: ’n Bambaduze vir jou – betekenisleer 164Begripstoets 164

Letterlike (denotatiewe) en figuurlike (konnotatiewe) taalgebruik 168

Idiomatiese taalgebruik: Idiome, spreekwoorde en spreuke 170

Kollokasies (vaste verbindings) 172

Sinonieme 172

Antonieme 174

Homofone 175

Homonieme 176

Paronieme 176

Doeblette 177

Een woord vir ’n omskrywing 178

Hersiening 179

Hoofstuk 9: Skryf – opstelle en transaksionele skryfwerk 183Basiese wenke vir die skryf van ’n skryfstuk 183

Basiese struktuur van ‘n paragraaf 185

Visuele prikkels 185

Beskrywende opstel 186

Verhalende opstel 190

Informele brief: Vriendskaplike brief 194

Dialoog 197

Toespraak 200

Hoofstuk 10: Vraestel 1 204Vraestel 1: Junie 205

Vraestel 1: November 217

Hoofstuk 11: Opstelle en langer transaksionele tekste (Vraestel 3) 229Wenke vir die beantwoord van Vraestel 3: Skryf 229

Vraestel 3: Junie 230

Vraestel 3: November 237

Bronnelys 245

Gr 10 HT Taal- en leesoefenboek.indb 4Gr 10 HT Taal- en leesoefenboek.indb 4 2020/06/10 12:282020/06/10 12:28

Best Books Eksamenhulp: Graad 10 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072071© NB Uitgewers/Isabella Venish 2020

Page 5: Kernmateriaal vir die VOO-band GEE AFRIKAANS ’N · vir Graad 11 en 12 te gebruik om terme na te slaan en te hersien. Hierdie oefenboek ü is saamgestel volgens die vereistes van

23

Woo

rdvo

rmin

g (m

orfo

logi

e)

Hoofstuk 2: Woordvorming (morfologie)

Onderwerp: ’n Reis na die noorde

In hierdie hoofstuk gaan jy:�� begripsleesvrae beantwoord.�� die stam/basisvorm van ’n woord bepaal.�� voor- en agtervoegsels gebruik om ander woorde te vorm.�� meer leer van afl eidings, samestellings, samestellende afl eidings en vokaalverandering/

klinkerwisseling.�� die kern en bepaler in ’n woord onderskei.�� jou kennis van afkortings en akronieme uitbrei.�� neologismes/nuutskeppings en leenwoorde van nader bekyk.�� algemene spelfoute korrigeer.�� hersiening doen.

Begripstoets

Lees die volgende tekste en beantwoord dan die vrae. TEKS A is ’n uittreksel uit Rouxnette Meiring se jeugroman Kraak en TEKS B is die omslag van die roman.

Wenke: Lees eers die vrae en daarna die teks. Onderstreep die dele wat jy “onthou” uit die vrae wanneer jy die teks lees. Lees daarna weer elke vraag en die betrokke deel in die leesteks om die vraag te beantwoord. Gewoonlik volg die vrae die chronologie van

die teks.

TEKS A: UITTREKSEL UIT ’N ROMAN

AGTERGROND: Kraak handel oor vier tieners, Mohlomi, Kaleb, Kara en Amber, wat in Jaar-16 op skool is in die stad ||Hui !Gaeb. Dit is die jaar 2315 en dinge is besig om te verander in dié koepelstad. ’n Wyse vrou, Sophia, sê aan die tieners dat hulle gekies is om na die noorde te reis.

1 “Yiza! Kaleb! Die woestynsleë!” 1

2 Daar spuit vuurvlamme tussen die kepe van die rammelende berg uit en gesmelte klip loop soos stroop na die waterkant van die stad toe. Rotse rol teen die berg af. Maar die rook het alles laat vervaag, ek sien niks meer daarvan nie. Deur die venster van die kinderhuis sien ek vir Mohlomi en Kaleb met die ou woestynsleë soos ’n droombeeld in die rook aankom.

5

3 Ek beweeg nie, staan net verstar. Dit het eindelik gebeur soos Sophia voorspel het. ||Hui !Gaeb is besig om haarself te vernietig. Gaan die geskud nooit weer ophou nie?

4 Die kinderhuis het saam met my in ’n parallelle heelal ingeskuif waar tyd stilstaan en die chaos buite, die grootmense wat bevele skree, ons nie beïnvloed nie. 10

5 Die gerammel het opgehou. Ek luister na die aarde se stilte voor die volgende storm. Daar is nou ’n ander klank, dié van Amber se stem langs my.

6 Sy sit met die kleintjies op ’n mat. Sy vertel ’n storie vir die kleintjies wat nie betyds deur die personeel opgeraap en saamgevat is nie.

Gr 10 HT Taal- en leesoefenboek.indb 23Gr 10 HT Taal- en leesoefenboek.indb 23 2020/06/10 12:282020/06/10 12:28

Best Books Eksamenhulp: Graad 10 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072071© NB Uitgewers/Isabella Venish 2020

Page 6: Kernmateriaal vir die VOO-band GEE AFRIKAANS ’N · vir Graad 11 en 12 te gebruik om terme na te slaan en te hersien. Hierdie oefenboek ü is saamgestel volgens die vereistes van

24

7 “Die twee konings is op pad hierheen op hulle kwaggas. Hulle gaan ons kom oplaai en dan gaan ons wegry na ’n ver land waar ons veilig sal wees. Wie sal vir my en Kara help inpak?”

15

8 In die koor kom die stemmetjies: “Me! Ek sal! Ndim!”

9 “Mooi, kom ons begin!” Amber sit die sakke vuurblokkies, slaapgoed, medisyne, vars kos vir die eerste week, bottelkos, sprinkaanbiltong, buitekoepelmaskers, water en watermakers wat ek en Shivani in die kinderhuiskombuis weggesteek het, bietjie vir bietjie in die klein handjies en Shivani wys hulle waarheen om dit te vat.

20

10 Die reis na die noorde begin.

11 Moeiteloos en tydloos vorder ons . . . dieper in Chinafrika in, altyd eindelik noord.

12 Ek is nie meer seker of ek droom of wakker is nie. Ek voel nie meer my bene en voete nie. Net my asemhaling hou my bewus daarvan dat ek lewe.

25

13 Die mis het heeltemal gelig en die maan en sterre beweeg saam met ons deur die lang nag.

14 “Sukani!” donder Mohlomi se stem skielik. Ek skrik so groot dat ek amper my slee omgooi. Mohlomi lyk so verward soos ek en Kaleb. 30

15 Ons stop langs mekaar.

16 “Wat’s dit met jou?” vra Kaleb kwaad geskrik.

17 “Jammer, jammer . . .” Mohlomi skud sy kop en lyk of hy homself wil wakker maak. “Ek dink ek het iets gedroom.” Verleë. “Daar het ’n spierwit leeu voor ons gestaan. Soos een van die heilige wit leeus van die Timbavati.” 35

18 Ek en Kaleb kyk vir mekaar.

19 “Wel, dis dan maar wat dit is, nè, ’n droom?” vra Kaleb. “Of dink jy dis ’n simboliese ding?”

20 “Hulle sê die leeus verskyn net as die aarde in gevaar is en mense hulp nodig het.” Mohlomi lyk steeds verleë. 40

21 “Dan’s jou leeu nou ’n bietjie laat.”

22 “Onthou jy wat Amber gesê het oor jou onsensitiwiteit toe jy die kinders met goggas bang gemaak het?” vra ek vies vir Kaleb.

23 “Goed, jammer. Dis net . . . Onthou julle wat Sophia gesê het oor goed wat gaan begin manifesteer – soos gedagtes en so? Nie dat ek veel glo wat sy sê nie, maar . . .” Nou is Kaleb die een wat verleë lyk.

45

24 “Dan moet ons seker maak ons dink van nou af net aan goeie goed!” probeer ek ’n grappie maak.

25 Maar niemand lag nie.

26 “Ek het nie eintlik aan enigiets gedink nie, ek dink ek het geslaap. Mdisi, julle, wat asons dieselfde oorkom as ons ouers? Ek’s al jare lank bang daarvoor, maar nou . . . nou’s daar nie eens ’n hospitaal waarheen hulle ons kan vat nie.”

50

27 Ons staan ’n ruk so bymekaar, versteen by die gedagte.

28 “Belowe my net as dit eerste met my gebeur, sleep julle my saam,” mompel Mohlomi, “tot in Egipte.” 55

Gr 10 HT Taal- en leesoefenboek.indb 24Gr 10 HT Taal- en leesoefenboek.indb 24 2020/06/10 12:282020/06/10 12:28

Best Books Eksamenhulp: Graad 10 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072071© NB Uitgewers/Isabella Venish 2020

Page 7: Kernmateriaal vir die VOO-band GEE AFRIKAANS ’N · vir Graad 11 en 12 te gebruik om terme na te slaan en te hersien. Hierdie oefenboek ü is saamgestel volgens die vereistes van

25

Woo

rdvo

rmin

g (m

orfo

logi

e)

29 Dan lag hy, soos wanneer hy met die kinders dans. “Komaan, voorwaarts! Ons is bang vir niks!” En daar gaan hy. Mohlomi.

30 Ek en Kaleb volg hom, maar ek wonder of enigeen van ons ooit weer ordentlik sal kan slaap.

[Uit Kraak]

TEKS B: VISUELE TEKS

1

5

10

15

[Omslag en agterblad Kraak. Met vergunning van NB-Uitgewers gebruik.]

VRAE: TEKS A

1. Wat is die naam van die koepelstad? (1)

Wenk: Jou antwoord behoort uit slegs EEN (1) woord te bestaan.

2. Noem DRIE (3) veranderinge wat in die koepelstad plaasvind. (3)

Gr 10 HT Taal- en leesoefenboek.indb 25Gr 10 HT Taal- en leesoefenboek.indb 25 2020/06/10 12:282020/06/10 12:28

Best Books Eksamenhulp: Graad 10 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072071© NB Uitgewers/Isabella Venish 2020

Page 8: Kernmateriaal vir die VOO-band GEE AFRIKAANS ’N · vir Graad 11 en 12 te gebruik om terme na te slaan en te hersien. Hierdie oefenboek ü is saamgestel volgens die vereistes van

26

3. Wat het Sophia voorspel? Wat is volgens paragraaf 3 die gevolg van die voorspelling vir die stad? (2)

Wenke: ’n Multivlakvraag soos hierdie een word in dele beantwoord. Gee elke antwoord op ’n eie reël. Laat lei jou deur die puntetoekenning indien jy wonder hoeveel antwoorde

jy moet verskaf – EEN antwoord tel EEN (1) punt.

4. Wat is die grootmense se reaksie op die veranderde omstandighede in ||Hui !Gaeb? Het dié reaksie diekinders beïnvloed? Gee TWEE (2) redes vir jou antwoord. (3)

Wenk: Beantwoord die vraag in volgorde en plaas elke antwoord op ’n eie reël: Eers die reaksie van die grootmense en daarna JA of NEE plus die TWEE (2) redes.

5. Wat doen Amber tydens dié gebeure in ||Hui !Gaeb? Waarom tree sy só op? (2)

6. Herlees paragraaf 2 en 7.Na wie of wat kan die twee konings en hul kwaggas verwys? (3)

Wenk: Indien ’n vraag na spesi� eke paragrawe verwys, mag die antwoord slegs uit daardie paragrawe kom.

7. Wat kan Ndim (paragraaf 8) binne die konteks van dié paragraaf beteken? (1)

Wenk: Alle vrae word in die konteks van die teks beantwoord. Lees die paragraaf dus weer om die vraag te beantwoord.

8. Herlees paragraaf 9.Noem DRIE (3) dinge wat in 2315 voorkom wat vir jou in die huidige tyd vreemd is. (3)

9. Hoe ervaar die verteller die reis na die noorde? (1)

Wenk: Indien ’n vraag net EEN (1) punt tel, gee jy net EEN antwoord. Hou jou antwoord bondig en moenie omslagtig skryf nie.

10. Waaraan het die wit leeu vir Mohlomi herinner? (1)

Gr 10 HT Taal- en leesoefenboek.indb 26Gr 10 HT Taal- en leesoefenboek.indb 26 2020/06/10 12:282020/06/10 12:28

Best Books Eksamenhulp: Graad 10 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072071© NB Uitgewers/Isabella Venish 2020

Page 9: Kernmateriaal vir die VOO-band GEE AFRIKAANS ’N · vir Graad 11 en 12 te gebruik om terme na te slaan en te hersien. Hierdie oefenboek ü is saamgestel volgens die vereistes van

27

Woo

rdvo

rmin

g (m

orfo

logi

e)

11. Watter simboliek word aan die verskyning van ’n wit leeu geheg? Dink jy hierdie simboliek is WAAR vir||Hui !Gaeb? Motiveer jou antwoord. (2)

12. Waarom, dink jy, lag niemand nie? (Paragraaf 25) (1)

13. Wat is Mohlomi se vrees tydens die reis? Haal ’n WOORD uit paragraaf 27 aan wat op die ander tienersse vrees dui. (2)

[25]

VRAE: TEKS B

14. Sluit die roman se titel by die inhoud aan? Motiveer jou antwoord. (1)

15. Hoe is die inwoners van ||Hui !Gaeb voorheen teen gevare beskerm? (1)

16. Herlees reël 17 en 18.Dink jy die gebeure wat op die agterblad van die roman beskryf word, kan moontlik in die toekomsplaasvind? Motiveer jou antwoord. (1)

[3]

VRAE: TEKS A EN B

17. Herlees die onderstreepte sinsdeel in paragraaf 26 van TEKS A en reël 12–16 van TEKS B.Verduidelik waarom die tieners in ’n kinderhuis woon. Dink jy hulle vrae oor hul ouers kan in Egiptebeantwoord word? Gee ’n rede vir jou antwoord. (2)

[2][TOTAAL: 30]

Gr 10 HT Taal- en leesoefenboek.indb 27Gr 10 HT Taal- en leesoefenboek.indb 27 2020/06/10 12:282020/06/10 12:28

Best Books Eksamenhulp: Graad 10 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072071© NB Uitgewers/Isabella Venish 2020

Page 10: Kernmateriaal vir die VOO-band GEE AFRIKAANS ’N · vir Graad 11 en 12 te gebruik om terme na te slaan en te hersien. Hierdie oefenboek ü is saamgestel volgens die vereistes van

40

AKRONIEM (vervolg)

BETEKENIS (vervolg)AKRONIEM

(vervolg)BETEKENIS (vervolg)

HTTPhiperteksoordragprotokol (in Engels “hypertext transfer protocol”)

UNISA ofUnisa

Universiteit van Suid-Afrika

ISBNInternasionale Standaardboeknommer

UV Universiteit van die Vrystaat

KGBRussiese Geheimediens (“Komitet Gosoedarstwennoi Bezopasnosti”)

VOO verdere onderwys en opleiding

LUR Lid van die Uitvoerende Raad VVVvreemde vlieënde voorwerp (in Engels “unidentifi ed fl ying object” [“UFO”])

MP militêre polisie WGO Wêreldgesondheidsorganisasie

NMU Nelson Mandela Universiteit WVF Werkloosheidsversekeringsfonds

NSFAS ofNSFBS

Nasionale Skema vir Finansiële Bystand vir Studente

www wêreldwye web

1. Skryf die akroniem in die onderstaande sin in WOORDE uit.Dis die koepel van een van die grootste SALT-teleskope, my broers.

2. Blaai deur die koerant en skryf soveel AKRONIEME neer as wat jy in een dag se koerant raaklees. Skryfook elke akroniem voluit in WOORDE.

Neologismes/nuutskeppings

Wanneer nuwe tegnologie of ander nuwe dinge in Afrikaans ’n naam kry, word dit neologismes/nuutskeppings genoem. Soms word bestaande woordmateriaal gebruik om ’n afl eiding of samestelling te maak.

Afrikaans hou tred met nuwe uitvindsels en ’n veranderde gemeenskap, daarom word ons woordeskat met nuutskeppings/neologismes uitgebrei.

Van die nuwe woorde wat in Afrikaans opgeneem is, is:

bromponie googleloermeem (of “meme”)

hutsmerk of hutsmerker

vlog beurtkragapp (of “toep”)

Gr 10 HT Taal- en leesoefenboek.indb 40Gr 10 HT Taal- en leesoefenboek.indb 40 2020/06/10 12:282020/06/10 12:28

Best Books Eksamenhulp: Graad 10 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072071© NB Uitgewers/Isabella Venish 2020

Page 11: Kernmateriaal vir die VOO-band GEE AFRIKAANS ’N · vir Graad 11 en 12 te gebruik om terme na te slaan en te hersien. Hierdie oefenboek ü is saamgestel volgens die vereistes van

41

Woo

rdvo

rmin

g (m

orfo

logi

e)

Hier is ’n lys van bestaande en nuwe woorde wat vir die eerste keer opgeneem is in die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS):

[Inligting voorsien deur die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) in samewerking met Afrikaans.com.]

1. Die volgende nuutskeppings is deur Rouxnette Meiring vir Kraak geskep. Lees die sin waarin die woordvoorkom en gee die BETEKENIS wat jy aan die woord kan heg. Moenie kru taal gebruik nie!a) duka

“Wat maak ons nou, Mhlomi? . . . Jy is die Geogra� e-duka.”

“Jou Mandaryns is nie te duka nie?”

b) gri� elKom ons kyk wat’s nog hier en hoe het die boot hier gekom, was dit regtig ek wat so ’n gri� el was,al onthou ek niks?

“Ag, so ’n bietjie met krokodille gestoei, jy weet mos ek is ’n gri� el . . . My boot is ongelukkig bodem toe.”

c) mdisiWie de mdisi? Daar is ’n � guur by haar venster.

Mdisi! Sy’s pragtig, fyn . . . Egipties.

Jy kan ook googleloer as jy iets blitsvinnig opsoek en die antwoord op die trefbladsy verwag sonder om verder te tik.

Gr 10 HT Taal- en leesoefenboek.indb 41Gr 10 HT Taal- en leesoefenboek.indb 41 2020/06/10 12:282020/06/10 12:28

Best Books Eksamenhulp: Graad 10 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072071© NB Uitgewers/Isabella Venish 2020

Page 12: Kernmateriaal vir die VOO-band GEE AFRIKAANS ’N · vir Graad 11 en 12 te gebruik om terme na te slaan en te hersien. Hierdie oefenboek ü is saamgestel volgens die vereistes van

Die Best Books Eksamenhulp-reeks vir Graad l 0-12 Afrikaans Huistaal bestaan uit drie gebrui­kersvriendelike oefenboeke wot leerders sol help om hul tool- en leesvaardighede op 'n interaktiewe manier te oefen en te verbeter. Die boeke, wot saamgestel is volgens die vereistes van die KABV vir elke graad, is geskik vir gebruik in die klaskamer of tuis. Hierdie reeks oefenboeke is saamgestel vol­gens die nuutste Afrikaanse woordelys en spe/ree/s.

Die Best Books Eksamenhulp: Graad 10 & 11 Afrikaans Taal- en leesoefenboeke vir Huistaal bevat taal­en begripsoefeninge, alles in een. Hierdie boeke sol leerders se taalkennis (van woordsoorte, klankleer en sinsleer tot betekenisleer) versterk en hulle help om Afrikaans makliker onder die knie te kry. Die lees­en begripsoefeninge is onder meer gebaseer op uittreksels uit die jongste jeugboeke vir lekkerleesgenot terwyl leerders leer.

Die oefenboeke

• bevat verduidelikings en toeganklike opsommings met toepaslike voorbeelde van

taalkonvensies en -strukture.• bestaan elk uit agt hoofstukke met begripstoetse en taaloefeninge.• bevat 'n verskeidenheid tekstipes soos wot die leerder dit in eksamens kan verwag.• bevat oefenvraestelle vir toets- en eksamenvoorbereiding.• het plek vir antwoorde, vir maklike hersiening en verwysing.

Klankleer

Lees-enskfyftekens Woordvorming

Woordsoorte

Sinsleer

Betekenisleer

Loosstukke

Begripstoetse Skryfwerkwookeen-oefeninge

Koosepvraestelle1&3

Graad 10

9781776072071

Klankleer

Lees-en skryflekens Woordvorming

Woordsoorte Sinsleer

Betekenisleer

Leesstukke

Begripstoetse Skryfwerkwenke en-oefeninge

Konsepvraestelle1 &3

Graad 11

9781776072088

Best Books Eksamenhulp: Graad 12 Afrikaans Eksamenoefenboek vir Huistaal bevat taaloefeninge om leerders se taalkennis vir die eksamens in te skerp. Door is waardevolle wenke en praktiese idees met voorbeelde vir die skryf van verskillende tipes skryfstukke. Hierdie eksamenoefenboek bevat ook voorbeelde van Vraestelle l en 3 wot leerders help om doeltreffend vir toetse en eksamens voor te berei. Die taaloefeninge en wenke sol die worstelende en vooruitstrewende leerder in stoat stel om hulle uitslae te verbeter.

Die oefenboek

• bevat taaloefeninge gebaseer op 'n verskeidenheid tekstipes.• bied 'n verskeidenheid van wenke met voorbeelde ter voorbereiding vir toetse

en eksamens.• sluit 'n konsepvraestel elk van Vraestelle l en 3 in.• het plek vir antwoorde, vir maklike hersiening en verwysing.

-

Herslening

Taaloefenlnge

Wenke vireksamenvoorbereiding

Konsepvraestelle1&3

Graad 12

9781776072095

Kontak Best Books:

Skole - Shamala Stoffels: [email protected] I (021) 406 3033 Henk Viljoen: [email protected] I (012) 431 7 460 of Elana Bredell: [email protected] I (021) 406 3033