1
14 DIE KLETSKOUS DIE KLETSKOUS EERSTE UITGAWE EERSTE UITGAWE 11 APRIL 2013 11 APRIL 2013 MEDIASENTRUM GAAN VAN KRAG TOT KRAG GESUIWERDE WATER VIR LEERDERS Op14 Februarie 2013, ... vir die meeste van ons`n dag om liefde te ontvang en liefde vir mekaar te toon, vertrek mnr en me Janse van Rensburg asook me Ilse du Plessis en twee leerders, Aimee Neethling en Zahra Essack na Komatipoort vir `n spesiale toekenning- seremonie vir Mediasentrums. Hul arriveer by Zamakule gekombineerde skool en word met groot “pizazz”ontvang. Van trompoppies tot tradisionele danse (links op foto). Ons skool ontvang `n sertifikaat as Bohlabela distrikwenner vir 2012. Deel van ons wenprys is `n lamineermasjien en ook `n paar duisend rand se gedrukte media. Ons is werklik beloon vir ons harde werk in 2012. EN WIE WEET ... dalk is 2013 vir ons `n goeie jaar! Links: Die hoofseun van Aimee Neethling en Zahra Essack Zamakule gekombineerde skool, Me Marlese ontvang die prys as Bohlabela distrikswenner 2012 Mnr Gerben ontvang die pragtige trofee wat nou in ons Mediasentrum pryk Die hoërskool-en laerskoolleerders het gedans en items voorgedra. Mnr K.S. Ndawo van die Mpumalanga departement van onderwys (mediasentrums) en kollegas van 4 van die 5 distrikwenners was teenwoordig. B Antoinette Reynders, was eerste aan die woord en het ons meer vertel oor die kompetisie. aie formele optredes en toesprake is aanskou en aangehoor. Bohlabela se distrik adviseur vir mediasentrums, - Simoné van Wyk gr.4ML Laerskool Lydenburg was bevoorreg om gedurende Februarie 'n watersuiweraar by die skool te kry. Dit is geskenk deur Dawid en Wanda Fourie en Marx loodgieters het dit vir ons geiinstaleer namens die beheerliggaam. Die doel van die watersuiweraar is om die munisipaliteitswater nog meer te suiwer. Daar is filters aan die kraan wat elke jaar vervang moet word. Die kraan is opgerig net buite die junior seuns se badkamer wat dit baie toeganklik maak vir al die kinders. Dis heel maklik en al wat jy moet doen is om die kraan oop te draai en lekker te drink aan die gesuiwerde water. “Die Bybelklub is Awesome!” sê Lisa Ingwersen. “Ek leer dat God my naam ken en dat Hy vir my sorg.” By die Bybelklub speel ons speletjies, sing en leer van Jesus en die Bybel, sommiges doen drama, sommige lei die sang, almal gesels, eet (soms) en bid. In die eerste kwartaal vind ons uit wat God van kinders dink. Baie kinders dink hulle is stout of sommer maar net gewoon. Maar, God sien 'n SUPER AWESOME IEMAND wanneer Hy na jou kyk. Hy het 'n plan met elke kind en Hy is lief vir elkeen! Oom Jan Esterhuizen en Theunis de Ridder van KOHIN laat ons speel en loof, kinders van IKANOS dramaskool help met dramas, tannie Antoinette vertel kort Bybelstories en die wonderlike Bybelklub tannies fasiliteer die klein groepe. Carla Geyser in gr.3 sê:” Ek kom Bybelklub toe om meer van God te leer, dis vir my lekker en almal is baie vriendelik. Ek het geleer dat KLEIN mense GROOT goed kan doen.” Die Bybelklub het verlede jaar, tydens die derde kwartaal ontstaan. 'n Paar mammas het gedink dat dit goed sal wees as Christen- kinders ook by die skool bymekaar kom. So leer Christen kinders van verskillende kerke - Zanri Hanekom gr.4DP BYBELKLUB IS ‘AWESOME- Stephanie Nel gr.7RJ mekaar ken en kan hulle mekaar help om Jesus se volgelinge by die skool te wees. Ons het ook gesien dat daar kinders is wat meer van Jesus wil leer, maar wat nie so bevoorreg is om Sondae kerk toe te kan gaan nie. Die Bybelklub is twee Vrydae-middae per maand, direk na skool tot 14:45 in die skoolsaal. Almal is baie welkom. Links: Zanri Hanekom, Melandri Collins en Liadri Pretorius Shalene Theron in gr.2MP sê die water is heerlik en koel

Kletskous Mei 2013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Laerskool Lydenburg Koerant

Citation preview

Page 1: Kletskous Mei 2013

14 DIE KLETSKOUSDIE KLETSKOUSEERSTE UITGAWEEERSTE UITGAWE 11 APRIL 201311 APRIL 2013

MEDIASENTRUM GAAN VAN KRAG TOT KRAG

GESUIWERDE WATER VIR LEERDERS

Op14 Februarie 2013, ... vir die meeste van ons`n dag om liefde te ontvang en liefde vir mekaar te toon, vertrek mnr en me Janse van Rensburg asook me Ilse du Plessis en twee leerders, Aimee Neethling en Zahra Essack na Komatipoort vir `n spesiale toekenning-seremonie vir Mediasentrums. Hul arriveer by Zamakule gekombineerde skool en word met groot “pizazz”ontvang. Van trompoppies tot tradisionele danse (links op foto).

Ons skool ontvang ̀ n sertifikaat as Bohlabela distrikwenner vir 2012. Deel van ons wenprys is `n lamineermasjien en ook `n paar duisend rand se gedrukte media. Ons is werklik beloon vir ons harde werk in 2012. EN WIE WEET ... dalk is 2013 vir ons ̀ n goeie jaar!

Links: Die hoofseun van Aimee Neethling en

Zahra Essack

Zamakule gekombineerde skool,

Me Marlese ontvang die prys as Bohlabela distrikswenner 2012

Mnr Gerben ontvang die pragtige trofee wat nou in ons Mediasentrum pryk

Die hoërskool-en laerskoolleerders het gedans en items voorgedra. Mnr K.S. Ndawo van die Mpumalanga departement van onderwys (mediasentrums) en kollegas van 4 van die 5 distrikwenners was teenwoordig. B

Antoinette Reynders, was eerste aan

die woord en het ons meer vertel oor die kompetisie.

aie formele optredes en toesprake is aanskou en aangehoor.

Bohlabela se distrik adviseur vir mediasentrums,

- Simoné van Wyk gr.4ML

Laerskool Lydenburg was bevoorreg om gedurende Februarie 'n watersuiweraar by die skool te kry. Dit is geskenk deur Dawid en Wanda Fourie en Marx loodgieters het dit vir ons geiinstaleer namens die beheerliggaam. Die doel van die watersuiweraar is om die munisipaliteitswater nog meer te suiwer. Daar is filters aan die kraan wat elke jaar vervang moet word. Die kraan is opgerig net buite die junior seuns se badkamer wat dit baie toeganklik maak vir al die kinders. Dis heel maklik en al wat jy moet doen is om die kraan oop te draai en lekker te drink aan die gesuiwerde water.

“Die Bybelklub is Awesome!” sê Lisa Ingwersen. “Ek leer dat God my naam ken en dat Hy vir my sorg.” By die Bybelklub speel ons speletjies, sing en leer van Jesus en die Bybel, sommiges doen drama, sommige lei die sang, almal gesels, eet (soms) en bid. In die eerste kwartaal vind ons uit wat God van kinders dink. Baie kinders dink hulle is stout of sommer maar net gewoon. Maar, God sien 'n SUPER AWESOME IEMAND wanneer Hy na jou kyk. Hy het 'n plan met elke kind en Hy is lief vir elkeen! Oom Jan Esterhuizen en Theunis de Ridder van KOHIN laat ons speel en loof, kinders van IKANOS dramaskool help met dramas, tannie Antoinette vertel kort Bybelstories en die wonderlike Bybelklub tannies fasiliteer die klein groepe. Carla Geyser in gr.3 sê:” Ek kom Bybelklub toe om meer van God te leer, dis vir my lekker en almal is baie vriendelik. Ek het geleer dat KLEIN mense GROOT goed kan doen.”Die Bybelklub het verlede jaar, tydens die derde kwartaal ontstaan. 'n Paar mammas het gedink dat dit goed sal wees as Christen-kinders ook by die skool bymekaar kom. So leer Christen kinders van verskillende kerke

- Zanri Hanekom gr.4DP

BYBELKLUB IS ‘AWESOME’

- Stephanie Nel gr.7RJ

mekaar ken en kan hulle mekaar help om Jesus se volgelinge by die skool te wees. Ons het ook gesien dat daar kinders is wat meer van Jesus wil leer, maar wat nie so bevoorreg is om Sondae kerk toe te kan gaan nie.Die Bybelklub is twee Vrydae-middae per maand, direk na skool tot 14:45 in die skoolsaal. Almal is baie welkom.

Links: Zanri Hanekom, Melandri Collins en Liadri Pretorius

Shalene Theron in gr.2MP sê die water is heerlik en koel