2
ecsponuus Belê met die tye Kruispad vir ekonomie Suid-Afrika se ekonomie is op ʼn draaipunt met kritieke verwikkelinge vandeesmaand wat implikasies vir Jan Alleman se posisie en sak inhou. As ons kyk na die begrotingsrede, is die eerste vraag of Malusi Gigaba, minister van finansies, ʼn haas uit die hoed gaan pluk om ondermeer die begrotingstekort van meer as R50 miljard aan te vul. Die verbruiker kan verskeie belastingverhogings van die begroting verwag en ʼn BTW-verhoging is vanjaar ʼn moontlikheid. Wat hierdie begrotingsrede meer belangrik maak, is die feit dat Moody’s aan die hand daarvan gaan besluit of Suid-Afrika verder tot rommelstatus afgradeer gaan word. Indien die gradering onveranderd gelaat word, staan Suid-Afrika die kans om uit sy ekonomiese verknorsing te ontsnap. Afgradering tot rommel sal verreikende negatiewe gevolge inhou en Suid-Afrika sal onder meer uit die Citi World Government Bond Index (WGBI) verwyder word. Dit beteken dat sowat $10 miljard in buitelandse beleggings uit die land kan vloei. Dit sal lei tot ‘n verswakking van die rand en die ekonomiese groeikoers sal afneem. As mens boonop in ag neem dat dit gemiddeld sewe tot agt jaar vir ʼn land om sy kredietwaardigheid te herstel na so afgradering, sal die pad van ekonomiese herstel vir Suid- Afrika lank en moeilik wees. Aangesien die staatsrede die toon aangee vir die begroting, is dit krities belangrik. Wie gaan dit lewer en wat gaan presies oor kwessies soos kernkrag en finansiering van studente gesê word? Cyril Ramaphosa, adjunk-president en die nuwe leier van die ANC, se vinnige ingryping met die Eskom-sage, is ʼn sterk aanduiding dat politieke wilskrag deurslag gee en dat hy vasberade is om van die swak en korrupte bestuur ontslae te raak. Die ingryping om, in weerwil van pres. Zuma, die volle raad te vervang en ‘n waarnemende uitvoerende hoof aan te stel, dui op ʼn magsoorname. As Ramaphosa vir pres. Zuma uit die saal lig, sal dit dadelik tot ʼn groot kabinetskommeling lei. Hierdie vertoning van leierskap is positief vir Suid- Afrika omdat politieke sekerheid lei tot verbeterde beleggingsvertroue. Die Internasionale Monitêre Fonds het juis as gevolg van politieke onstabiliteit in 2016/17 groeiverwagtinge vir Suid-Afrika vir vanjaar van 1.1% tot 0.9% verlaag. In teenstelling daarmee word verwag dat die wêreldekonomie vir die tweede agtereenvolgende jaar groei van sowat 3,5% kan haal. In ander opkomende en ontwikkelende markte word groeikoerse van tussen 4.6% en 4.9% verwag. Die vraag is hoe beleggers hul beleggings teen hierdie en ander verwikkelinge buite hul beheer kan verskans? Dit is insiggewend dat Suid-Afrikaanse beleggers, volgens Nielsen (wêreldwye data ontledingsmaatskappy) se indeks van verbruikersvertroue vanjaar meer positief oor hul geldsake is en beter opbrengste verwag. Verbruikers is volgens die indeks egter begaan oor hul werksituasie ― selfs meer as oor die land se groeiende misdaad. In tye van ekonomiese onsekerheid is dit belangrik om skuld in toom te hou. Delg eers jou skuld, en veral duurder korttermyn skuld soos kredietkaarte, en bou dan verskillende inkomstebronne op sodat jy nie afhanklik is van ‘n enkele bron wat dalk kan wegval nie. Dit beteken jy kan verskillende soorte besighede of inkomstestrome hê wat onafhanklik van mekaar is en wat die een kan vervang as die ander ʼn probleem sou gee. Dit verg egter baie moeite en ekstra werksure, terwyl elke dag steeds net 24 uur lank bly. Dus moet verskillende bronne van welvaartskepping gevind word, wat nie jou persoonlike tyd en energiebronne tap nie. Die maklikste oplossing is om vanaf jou eerste salaris te begin spaar, met minder geld te leef en om nie net kapitaalgroeibeleggings nie, maar ook inkomstebeleggings op te bou. Op dié manier diversifiseer jy na gelang van jou eie behoeftes en leefstylvereistes. Inkomstebeleggings wat gereelde, vasgestelde opbrengste betaal kan finansiële sin maak om by te dra tot ‘n addisionele inkomstestroom. Die belegging kan ʼn spesifieke uitgawe delg, soos byvoorbeeld jou huur of versekering. Dit genereer passiewe inkomste en gee meer sekerheid aan jou kontantvloei. Die kuns is om soveel moontlik van jou uitgawes met beleggings te beskerm sodat jy ekstra sekuriteit opbou, bo en behalwe jou salaris. Dit neem baie druk van jou skouers af en gee jou die voordeel van tyd om jou uit ʼn werksoogpunt te herposisioneer. Deur betyds hierdie stappe te neem, sal jy jou beskerm teen skokke soos ʼn afgradering, politiekery en ʼn verswakte ekonomie wat ook jou werk kan eis. Net só is jy beter geposisioneer as die ekonomie weer op dreef kom. Gedurende Februarie gaan twee belangrike geleenthede Suid Afrika se politieke en fiskale toekoms beïnvloed. Dit is die staatsrede wat op die 8ste gelewer word en die begrotingsrede op 21 Februarie. Nuusbrief ▪ Februarie 2018 Ecsponent is a FPI Corporate Partner TM

Kruispad vir ekonomie - Ecsponent · Rasseverhoudinge het gegradueerdes 75% kans om werk te kry, vergeleke met 50% van matrikulante. Daar is geen twyfel nie. ‘n Belegging in jou

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Kruispad vir ekonomie - Ecsponent · Rasseverhoudinge het gegradueerdes 75% kans om werk te kry, vergeleke met 50% van matrikulante. Daar is geen twyfel nie. ‘n Belegging in jou

ecsponuusBelê met die tye

Kruispad vir ekonomieSuid-Afrika se ekonomie is op ʼn draaipunt met kritieke verwikkelinge vandeesmaand wat implikasies vir Jan Alleman se posisie en sak inhou.

As ons kyk na die begrotingsrede, is die eerste vraag of Malusi Gigaba, minister van finansies, ʼn haas uit diehoed gaan pluk om ondermeer die begrotingstekort van meer as R50 miljard aan te vul. Die verbruiker kan verskeie belastingverhogings van die begroting verwag en ʼn BTW-verhoging is vanjaar ʼn moontlikheid.

Wat hierdie begrotingsrede meer belangrik maak, is die feit dat Moody’s aan die hand daarvan gaan besluit of Suid-Afrika verder tot rommelstatus afgradeer gaan word. Indien die gradering onveranderd gelaat word, staan Suid-Afrika die kans om uit sy ekonomiese verknorsing te ontsnap.

Afgradering tot rommel sal verreikende negatiewe gevolge inhou en Suid-Afrika sal onder meer uit die Citi World Government Bond Index (WGBI) verwyder word. Dit beteken dat sowat $10 miljard in buitelandse beleggings uit die land kan vloei. Dit sal lei tot ‘n verswakking van die rand en die ekonomiese groeikoers sal afneem. As mens boonop in ag neem dat dit gemiddeld sewe tot agt jaar vir ʼn land om sy kredietwaardigheid te herstel na so afgradering, sal die pad van ekonomiese herstel vir Suid-Afrika lank en moeilik wees.

Aangesien die staatsrede die toon aangee vir die begroting, is dit krities belangrik. Wie gaan dit lewer en wat gaan presies oor kwessies soos kernkrag en finansiering van studente gesê word?

Cyril Ramaphosa, adjunk-president en die nuwe leier van die ANC, se vinnige ingryping met die Eskom-sage, is ʼn sterk aanduiding dat politieke wilskrag deurslag gee en dat hy vasberade is om van die swak en korrupte bestuur ontslae te raak. Die ingryping om, in weerwil van pres. Zuma, die volleraad te vervang en ‘n waarnemende uitvoerende hoof aan te stel, dui op ʼn magsoorname. As Ramaphosa vir pres. Zuma uit die saal lig, sal dit dadelik tot ʼn groot kabinetskommeling lei.

Hierdie vertoning van leierskap is positief vir Suid-Afrika omdat politieke sekerheid lei tot verbeterde beleggingsvertroue. Die Internasionale Monitêre Fonds het juis as gevolg van politieke onstabiliteit in 2016/17 groeiverwagtinge vir Suid-Afrika vir vanjaar van 1.1% tot 0.9% verlaag.

In teenstelling daarmee word verwag dat die wêreldekonomie vir die tweede agtereenvolgende jaar groei van sowat 3,5% kan haal. In ander opkomende en ontwikkelende markte word groeikoerse van tussen 4.6% en 4.9% verwag.

Die vraag is hoe beleggers hul beleggings teen hierdie en ander verwikkelinge buite hul beheer kan verskans?

Dit is insiggewend dat Suid-Afrikaanse beleggers, volgens Nielsen (wêreldwye data ontledingsmaatskappy) se indeks van verbruikersvertroue vanjaar meer positief oor hul geldsake is en beter opbrengste verwag. Verbruikers is volgens die indeks egter begaan oor hul werksituasie ― selfs meer as oor die land se groeiende misdaad.

In tye van ekonomiese onsekerheid is dit belangrik om skuld in toom te hou. Delg eers jou skuld, en veral duurder korttermyn skuld soos kredietkaarte, en bou dan verskillende inkomstebronne op sodat jy nie afhanklik is van ‘n enkele bron wat dalk kan wegval nie.

Dit beteken jy kan verskillende soorte besighede of inkomstestrome hê wat onafhanklik van mekaar is en wat die een kan vervang as die ander ʼn probleem sou gee.Dit verg egter baie moeite en ekstra werksure, terwyl elke dag steeds net 24 uur lank bly. Dus moet verskillende bronne van welvaartskepping gevind word, wat nie jou persoonlike tyd en energiebronne tap nie.

Die maklikste oplossing is om vanaf jou eerste salaris te begin spaar, met minder geld te leef en om nie net kapitaalgroeibeleggings nie, maar ook inkomstebeleggings op te bou. Op dié manier diversifiseer jy na gelang van jou eie behoeftes en leefstylvereistes.

Inkomstebeleggings wat gereelde, vasgestelde opbrengste betaal kan finansiële sin maak om by te dra tot ‘n addisionele inkomstestroom.

Die belegging kan ʼn spesifieke uitgawe delg, soos byvoorbeeld jou huur of versekering. Dit genereer passiewe inkomste en gee meer sekerheid aan jou kontantvloei.

Die kuns is om soveel moontlik van jou uitgawes met beleggings te beskerm sodat jy ekstra sekuriteit opbou, bo en behalwe jou salaris. Dit neem baie druk van jou skouers af en gee jou die voordeel van tyd om jou uit ʼn werksoogpunt te herposisioneer.

Deur betyds hierdie stappe te neem, sal jy jou beskerm teen skokke soos ʼn afgradering, politiekery en ʼn verswakte ekonomie wat ook jou werk kan eis. Net só is jy beter geposisioneer as die ekonomie weer op dreef kom.

Gedurende Februarie gaan twee belangrike geleenthede Suid Afrika se politieke en fiskale toekoms beïnvloed. Dit is die staatsrede wat op die 8ste gelewer word en die begrotingsrede op 21 Februarie.

Nuusbrief ▪ Februarie 2018

Ecsponent is a FPI Corporate PartnerTM

Page 2: Kruispad vir ekonomie - Ecsponent · Rasseverhoudinge het gegradueerdes 75% kans om werk te kry, vergeleke met 50% van matrikulante. Daar is geen twyfel nie. ‘n Belegging in jou

Suid Afrika: [email protected] • 087 8080 100 Fintech Campus, Hv Botterklapper- en Ilangastrate, Die Wilgers, Pretoria, GautengSwaziland: [email protected] • +268 2417 1616 • 7 The Gables, Ezulwini, SwazilandBotswana: [email protected] • +267 391 8756 • Sesde Vloer, Exponential Building, Plot 54351, New CBD,GaboroneHierdie inhoud is uitsluitlik voorsien ter inligting en moet nie as beleggingsadvies geag word nie.

Spaar en belêSpaar tydens swangerskap sodat jy genoeg het om te belê tydens geboorte. Bespreek ook jou plan met die oumas en oupas. As grootouers aan beide kante help om by te dra, kan jy met ʼn goeie hupstoot begin. Jou belegging moet opvoedingsinflasie klop, maar ook ʼn veilige belegging wees, want jy wil tog nie sien dat jou kind se opvoedingsgeld weens die een of ander beleggingsfoefie of -borrel verlore gaan nie.

Vaste opbrengsteFokus op dit wat jy kan beheer. Kyk na goeie en vaste opbrengskoerse wat nie met koste belaai is nie. Saamgestelde groei (groei op groei) is die towerkrag van welvaartskepping en daarom absoluut noodsaaklik. ʼn Goeie opsie is Ecsponent se Klas B Kapitaalgroeiplan wat ʼn vaste opbrengs van 11.2% per jaar lewer of 14% per jaar indien dit vir vyf jaar belê word – dus ʼn vaste opbrengs van 70%. Die minimum beleggingsbedrag is R10 000 en geen koste word verhaal nie. Op ouderdom vyf jaar sal jou kind se spaarplan van R10 000 op R17 000 staan, op tien jaar al op R28 900, op 15 jaar sal dit R49 130 wees en op 20 jaar sal dit R83 521 beloop.

Maak voorsieningNeem lewens- en ongeskiktheidsdekking uit terwyl jy nog jonk en gesond is. Dit verseker dat jy jou opvoedingsverpligtinge kan nakom na dood of as jy in ʼn ongeluk beland of ʼn ernstige siekte opdoen. ʼn Testament is ʼn absolute noodsaaklikheid en moet ook gereeld opgedateer word.

Opvoeding of aftrede? Betaal jy eerste vir jou kinders en dan vir jou aftrede? Vandag kry mense eers baie later in hul lewe kinders. In Suid-Afrika is die gemiddelde ouderdom van ʼn eerste moeder 30 jaar en in Brittanje is dit 35 jaar. Dit beteken baie ouers het ná aftrede steeds opvoedingsverpligtinge wat ʼn swaar las op hul pensioen kan wees.

Jou aftrede behoort altyd eerste te kom. Dit wat oor is, kan aan opvoeding bestee word. Jou kinders is nie jou aftreefonds nie en ʼn mens wil nie graag ʼn finansiële las op hulle wees wanneer hulle begin werk nie. Waar nodig, en om aan te vul, is dit wyser om elders studielenings aan te gaan wat hulle ook eendag kan help afbetaal. Jy kan nie bekostig om jou pensioen te verswak, sonder die waarborg dat dit eendag terugbetaal word nie.

Die toets lê daarin om ʼn balans tussen aftrede en opvoeding te vind. Betaal maandeliks eerste vir jou aftrede en spaar, werk langer of kry ʼn tweede bron van inkomste om jou opvoedingsplan op koers te hou. Belê in jou kinders, maar nie ten koste van jouself nie.

Gehalte opvoeding is die ontsluiting van Suid-Afrika segroeipotensiaal en kan die loopbaangeleenthede vankinders aansienlik bevorder. Volgens die Instituut vanRasseverhoudinge het gegradueerdes 75% kans om werk te kry, vergeleke met 50% van matrikulante.

Daar is geen twyfel nie. ‘n Belegging in jou kinders seopvoeding is sekerlik die beste belegging met uitstekende opbrengste en langtermyn sekuriteit vir die familie.

Maar hoeveel ouers sal genoeg fondse hê om hulle en hul kinders se drome te bewaarheid regdeur skool tot kollege of universiteit?

Dit sal vandag sowat R2 miljoen kos vir ʼn kind se onderrig vanaf kleuterskool tot privaatskool en universiteit. Dit is vir die meeste ouers ʼn tameletjie, veral dié wat nie vroegtydig daarvoor beplan het nie.

Verder kommerwekkend is dat opvoedingsinflasie vandag sowat 9% per jaar is en dus heelwat hoër as die verbruikersprysindeks of algemene inflasie wat tans net onder 5% is. Kleuterskool kos vandag rondom 15% van ʼn ouer se netto salaris. Indien die ouer se inkomste slegs

tred hou met algemene inflasie, sal universiteit eendag ʼn skokkende 70% van die ouer se netto salaris uitmaak.

Dít is ʼn skrikwekkende syfer en benadruk die belangrikheid van deeglike beplanning en die insluiting van opvoeding as ʼn kritieke deel van die familie se finansiële plan.

Volgens verlede jaar se Spaarmonitor spaar slegs 56% van Suid-Afrikaners vir hul kinders se opvoeding. Dit strook met die algemene traagheid om te spaar en dat ouers in moeilike ekonomiese tye sukkel om geld weg te sit.

Die sleutel is om vroegtydig te begin spaar en reeds te begin begroot met die beplanning van ʼn gesin, of minstens wanneer die baba op pad is. Voorsiening vir daardie kind se opvoeding behoort ʼn integrale deel van die gesin se finansiële plan te wees.

Maar hoe klop ‘n mens inflasie en verseker dat daar uiteindelik wel genoeg fondse vir opvoeding sal wees?

Belê in jou kinders Die opwinding van nog ʼn akademiese jaar het aangebreek met leerders en studente wat vol geesdrif hul studies op ʼn hoë noot wil begin.

Betrek jou finansiële beplanner Jou finansiële beplanner kan jou help om te beplan sodat jy op koers bly om jou doelwitte te bereik. Met noukeurige beplanning sal jy kan bekostig om deur kwaliteit onderrig in jou kinders se toekoms te belê terwyl jy ook jou finansiële toekoms beskerm.