20
Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop 14 NOVEMBER 2013 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS Kuruman Terrein bly ’n probleem Ilse Watson OP die stortingsterrein van Kuruman is nie net probleme met hoe die stor- ting en beheer oor vullis gedoen word nie, maar in die proses van wanbe- stuur word die beskermde kameeldo- ringbome ook beskadig. “Die voortdurende probleme van die stortingsterrein bly ’n bekommer- nis. Die kameeldoringbome word al so lank beskadig en niemand wil ons help nie,” sê Angie Fotheringham, ’n onafhanlike omgewingskonsultant. “Die voortgesette onwettige myn van sand agter (suid) op die Kuruman- stortingsterrein is al in Februarie 2011 by instansies soos Natuurbewa- ring en die provinsiale departement van omgewingsake aangemeld, maar niks word aan die probleem gedoen nie.” Luidens ’n verklaring wat in Mei deur die departement van gesondheid (Noord-Kaap) uitgereik is, word die stortingsterrein behoorlik bestuur. Daarvolgens tree niemand onverant- woordelik op nie. Kalahari Bulletin Kuruman het op 24 Oktober verslag gedoen oor die brief wat AfriForum Kuruman aan die Ga-Segonyana-munisipaliteit ge- stuur het. In die brief is gevra dat die munisi- paliteit antwoord op probleme soos dat daar nie voldoende sekuriteit by die hekke is nie, die heinings wat op plekke beskadig is en op ander plekke heeltemal platlê en hoekom vullis wat afgelewer word, nie dadelik gekom- pakteer word nie. Met Kalahari Bulletin se besoek aan die terrein is hope rubberbande ge- vind en vullis was nie gekompakteer- nie. Daar was ook plekke waar die rook getrek het wat aandui dat vullis ver- brand word. Dit is ook onwettig. Die Ga-Segonyana-munisipaliteit het op die brief van AfriForum Kuru- man geantwoord al die aktiwiteite is wettig. SOOS ’n deurmekaar krulkop hang die ontblote wortels van ’n kameel- doringboom uit. Dié soort beskadiging van die bome is onwettig. Foto’ Ilse Watson

Kuruman bulletin 13 nov 2013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Kuruman bulletin 13 nov 2013

Citation preview

Page 1: Kuruman bulletin 13 nov 2013

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

14 NOVEMBER 2013 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS

Kuruman

Terrein bly ’n probleemIlse Watson

OP die stortingsterrein vanKurumanis nie net probleme met hoe die stor-ting en beheer oor vullis gedoen wordnie, maar in die proses van wanbe-stuur word die beskermde kameeldo-ringbome ook beskadig.“Die voortdurende probleme van

die stortingsterrein bly ’n bekommer-nis.Diekameeldoringbomewordal solank beskadig en niemand wil onshelp nie,” sê Angie Fotheringham, ’nonafhanlike omgewingskonsultant.“Die voortgesette onwettige myn

vansandagter (suid) opdieKuruman-stortingsterrein is al in Februarie2011 by instansies soos Natuurbewa-ring en die provinsiale departementvan omgewingsake aangemeld, maarniks word aan die probleem gedoennie.”Luidens ’n verklaring wat in Mei

deur die departement van gesondheid(Noord-Kaap) uitgereik is, word diestortingsterrein behoorlik bestuur.Daarvolgens tree niemand onverant-woordelik op nie.Kalahari Bulletin Kuruman het op

24 Oktober verslag gedoen oor diebrief wat AfriForum Kuruman aandie Ga-Segonyana-munisipaliteit ge-stuur het.In die brief is gevra dat die munisi-

paliteit antwoord op probleme soosdat daar nie voldoende sekuriteit bydie hekke is nie, die heinings wat opplekke beskadig is en op ander plekkeheeltemal platlê en hoekomvullis watafgelewer word, nie dadelik gekom-pakteer word nie.MetKalahariBulletin sebesoekaan

die terrein is hope rubberbande ge-vind en vullis was nie gekompakteer-nie.Daar was ook plekke waar die rook

getrek het wat aandui dat vullis ver-brand word. Dit is ook onwettig.Die Ga-Segonyana-munisipaliteit

het op die brief van AfriForum Kuru-man geantwoord al die aktiwiteite iswettig.

SOOS ’n deurmekaar krulkop hang die ontblote wortels van ’n kameel­doringboom uit. Dié soort beskadiging van die bome is onwettig.

Foto’ Ilse Watson

Page 2: Kuruman bulletin 13 nov 2013

2 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013

André Botha

KUMBA IRON ORE het ses nuwe lokomo-tiewe vir gebruik by die Sishen-ystererts-myn gekoop. Die bestaande lokomotiewe,wat lankal hul stoom verloor het, moesvervang word.Die lokomotiewe is deur General Electric

gebou en is vroeër die week afgelewer.“Lokomotiewe is die eerste keer in 1978

by die Sishen-myn gebruik,” sê GertSchoeman, kommunikasiehoof van Kumba.

Die bestaande lokomotiewe het hul leeftydreeds met sewe jaar oorskry en moesdaarom dringend vervang word. Dit hetmoeilik geraak om onderdele te kry en diehuidige tegnologie werk ook nie vir diélokomotiewe nie.Die onderhoudkoste het ook toegeneem,

omdat ouer tegnologie vervang moes word.Die nuwe C30-ACi GE-lokomotiewe sal dit

moontlik maak om produksieteikens tehaal.Voorheen was twee lokomotiewe nodig

om ’n trein met 114 trokke te trek, terwylnet een van die nuwe lokomotiewe dieselfdewerk kan doen.Dit beteken ’n aansienlike besparing vir

die myn. Lokomotiewe moes voorheengehuur word om die van Sishen aan te vulwat nou nie meer nodig sal wees nie.“Die nuwe lokomotiewe is ’n belangrike

mylpaal vir Sishen. Dit kan 35 jaar gebruikword, wat beteken dit hoef nie in dieverwagte leeftyd van die myn vervang teword nie,” vervolg Schoeman.

Sishen-myn spogmetnuwe lokomotiewe

EEN van die Sishen­myn se splinternuwe lokomotiewe. Foto: Verskaf

André Botha

DIE Noord-Kaapse onderwysdeparte-ment gaan R20 miljoen bestee in ’n po-ging om onderwysers na landelike enplaasskole te trek en te behou.Altesaam 246 skole en 1 089 onderwy-

sers word hierdeur geraak.“Die departement het oor die afgelope

vyf jaar sowat R125 miljoen aan die ont-wikkeling van onderwysers bestee. So-wat 3 000 onderwysers het hierby baatgevind en dit het ’n aantal onderwysersin staat gestel omhul studie by universi-teite te voltooi.”Só het Lehuma Ntuane, kommunika-

siehoof van die Noord-Kaapse onder-wysdepartement, gesê.Sy het gesê dat die ondoeltreffende be-

stuur van onderwysers in skole ’n bronvankommer is endaaromwordvoortdu-rend groter ondersteuning aan onder-wysers gegee.In die 2010-’11-boekjaar is R3,57 mil-

joen aan die ontwikkeling van onderwy-sers in veral die John Taolo Gaetsewe-distrik bestee. Onderwysers het dié ge-leentheid veral benut om hulkwalifikasies te verbeter.Altesaam 104 ondergekwalifiseerde

onderwysers het hulle vir die nasionaleprofessionele diploma in onderwys inge-skryf. Daarby het 25 onderwysers hullevir ’n B.Sc.-graad aan die Universiteitvan KwaZulu-Natal ingeskryf. Dit isdeur die mynmaatskappy BHP Billitonmet R10,8 miljoen gefinansier.’n Ooreenkoms is verlede jaarmet Sis-

hen Iron Ore se gemeenskapsontwikke-lingsfonds en die Rhodes-universiteitvir ’n ontwikkelingsraamwerk vir on-derwysers aangegaan.Altesaam 108 onderwysers van John

Taolo Gaetsewe, Frances Baard en ZFMgcawu het hulle reeds vir B.Ed. inwis-kunde, B.Ed. in Engels en B.Ed. in diegrondslagfase ingeskryf.

Miljoene aanskole bestee

Page 3: Kuruman bulletin 13 nov 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013 3

) KURUMAN KANSA gaan stap. Komstap saam op 16 November om 06:30.Die staptogwordopdieplaasHartland

(op die Kathu-pad uit) gehou.Dit kos R20 per persoon vir die 5 km-

of 10 km-staproete.Alle geld wat ingesamel word, gaan

vir die Kansa Relay in 2014 aangewendword. Dit vind op 22 Februarie plaas.Bel Riana Poolman by 082-308-2067 of

Lelani van Straten by 072-401-8437 virmeer inligting en aanwysings.

) Op 16 November word ’n Kersmarkten bate van Kathu Kansa aangebied.Die mark word in die Tshimo-kweke-

ry gehou.Dit kos is R150 per stalletjie.Kontak Malinda Roux by 082-876-6802

vir verdere inligting.

Ilse Watson

KURUMAN is nooit stil op ’n Vrydag nie. In-teendeel, dit is só besig dat geen mens op diedorp kan beweeg nie.Vrydag was dit egter ’n heel ander saak. Die

dorp is verlam deur die optogte wat deur dieKuruman-werkloosheidgemeenskapsforumgehou is.Volgens die forum ignoreer die myne in die

omgewing die plaaslike werkmag. Hy beweerdat die myne mense van ander provinsies aan-stel. Hierdie aanstellings veroorsaak dat plaas-like gemeenskappe geen inkomste het nie endat hulle meer verarm.Omdie forumse standpunt te stel endiemen-

se se probleme uit te lig het die forum ’n grootoptog van plaaslike mense gereël met die doelom die normale gang van besighede te stuit.Onder diewakende oog vandieKuruman-po-

lisie het die optog redelik rustig verloop.Dit het egter veroorsaakdat diemeeste besig-

hede in die middedorp gesluit is.) DieKalahari Bulletin Kuruman versoek eie-naars van besighede om aan die gesprek deelte neem. Stuur ’n SMS of bel die redakteur, IlseWatson, by 079-831-5579.

Optog laat Kuruman stil

KURUMAN se strate was nog nooit so stil op ’n Vrydag nie. VerledeVrydag is die dorp deur optogte verlam. Foto’s: Johan van Wyk

LEEG en sonder enige verkeer of mense. Die optogte wat verlede Vrydag op Kuruman plaasge­vind het, het besigheidseienaars genoop om hul besighede te sluit.

LEES die volledige storie (met baie foto’s) oor die Billy Duvenhage­wildkamp (net buiteKuruman) wat wéér verlede Vrydag gebrand het op die Kalahari Bulletin se webblad. Hierblus die Kuruman­brandweer die vlamme. Besoek die webblad by www.kalaharibulle­tin.co.za, kliek op “Kuruman” en kliek dan op “nuus” en kry die storie onder die naam “Wild­kamp buite Kuruman brand alweer”. Foto: Johan van Wyk

Page 4: Kuruman bulletin 13 nov 2013

4 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013

Mense hoef niealles te weetMOET mense alles weet wat by ’nmoord gebeur het en moet daar berigword oor iemand wat sy eie lewe ge-neem het?Het die publiek ’n reg om te weet of

gee dit net vir die mense iets om oorte praat?In onlangse berigte in ons moeder-

koerant, Volksblad, is verslag gedoenoor ’n regterwat toestemmingaandiemedia verleen het om teenwoordig teweeswanneer daar getuienis oor sen-sitiewe sake, ondermeer seks-wanda-de, gelewer word.By dié groot hofsaak, waar mense

van moord aangekla word, het dienuusmedia toestemming verkry omdie verhore (wat in camera geskied)by te woon.Daar is natuurlik sekere voorwaar-

des aan die media gestel.In hierdie geval het die algemene

publiek nie toegang tot die hof nie enhulle steun daarom op die media omnamens hulle daar te wees.Die onus rus dus nou op die media

om op ’n sensitiewe manier en metgoeie diskresie verslag te doenoordiegebeure in die hof en moet hulle na-tuurlik die regter se instruksies ge-hoorsaam. Op ’n ander dorp het ie-mand sy eie lewe geneem. Daaroor isop ’n sensitiewe manier verslag ge-

doen en die berig is met diskresie ge-skryf, omdat die familie gevra het se-kere inligtingmoenie aan die publiekbeskikbaar gestel word nie.Aangesiendiepersoonwat syeie le-

we geneem het ’n bekende is, sak an-der media soos valke toe en doen na-vraag oor die storie.Want hulle wil die storie agter die

storie weet.Dit klink asof hulle net sensasie

soek.Dít is die tye wanneer ’n verslagge-

wer vir sy eie regte en die regte vandie familie moet opstaan.Dít is die tyewanneerdaarduidelik

“nee” gesê moet word.Hoekom moet die hele wêreld weet

waarom die mens sy lewe geneemhet?Watter verskil gaan dit enigsins

maakaandie feit dat hyniemeer daaris nie? Nee, al wat dit sal veroorsaak,is ’n landwye geskinder endie enigstemense wat daardeur seergemaakgaan word, is die familie en kinderswat agtergebly het.Die media speel ’n baie belangrike

rol om die publiek in te lig oor gebeu-re in ons land.Dit is egter ook die media se rol om

met diskresie enwaardigheid verslagte doen oor sensitiewe gebeure.

Omdankbaar te weesverander jou lewe

Ds Christo Jonck

LUKAS 18: 9-14Die Bybel leer ons dat drie dinge

in die lewe nodig is om gelukkig telewe en te sterf. Jymoet eerstens jousonde ken en tweedens weet dat netJesus jou daarvan kan verlos en danmoet jy derdens ’n dankbare lewelei.Is jou lewe ’n lewe van dankbaar-

heid?Onthou dankbaarheid verander

jou lewe. Dit laat jou anders dink.Daar is ’n aanhaling wat sê,

“Waaroor jy dink en dank, is wat jymeebring.’’Die dankbare ingesteldheid het ’n

ongelooflike sterk invloed in jou le-we. Om op dankbaarheid te fokusverander jou lewe.Waarvoor is ’n mens dankbaar?

Eerstens natuurlik vir wat die HereGod in jou en my lewe gedoen hetennog elke dag doen.Alles begin im-mers daar.Dit maak dat jy gelukkig kan lewe

en kan sterwe.Waarvoor is jy nog dankbaar?

Baie praktiese raad is om ’n dank-baarheidsdagboek te maak. Neemelke dag tyd en skryf ’n paar dingeneer waaroor jy vandag dankbaarkan wees.Begin by iets makliks soos “ek is

dankbaar vir die sonskyn”, “ek is

dankbaar virwerk”, “ek isdankbaar virmy gesond-heid”, “ek isdankbaar virmy familie”en binnekortsal jy diep kandelf en joudaaglikse lys sal al hoe langer word.Jy sien, die tollenaar het geweet

dat sonder genade jy niks het omvoor dankbaar te wees nie. Daaromsy gebed:Weesmy arme sondaar ge-nadig.Die Fariseer het weer gedink hy

is beter as ander omdat hy meer ge-had het. Hy verstaan nie wat genadebeteken nie.Vandag om 18:00 gaan ons ook by

dieOog-kerk bid dat dieHere ons ge-nadig sal wees en vir ons reën stuur.Hoe sal dit ons nie laat dankie singnie.Ek bid dat die Here God elkeen

van ons se lewe sal vul met dank-baarheid. Sien raak hoeveel oor-vloedig genade in my en jou leweaan ons gegee word. Waarvoor is jyvandag dankbaar?

Verruil joernalistiek vir niksAnena Burger

JOERNALISTIEK is volgens dieVer-klarende Afrikaanse Woordeboek:“Die skrywe vir koerante en gewonetydskrifte, dagbladskrywery; die be-roep van ’n joernalis. 2 Dagbladwe-se.”Ja, dit is my beroep.Op Wikipedia, wat ek nie nood-

wendig as die betroubaarste bron be-skou nie, tref ek ook die volgendeaan: “Joernalistiek as loopbaanword gekenmerk deur lang en onge-reelde ure, werkspanning, swak be-soldiging en ooreising. Aan die plus-kant ervaar joernalistebynadaaglik-se bevrediging wanneer hul werkuitgesaai of gepubliseer word. Joer-naliste kry die bykomende bevredi-ging dat hulle kan meehelp om dieopenbare mening te vorm. Veralweens die swak besoldiging verlaatbaie joernaliste eindelik die beroepvir meer lonende werk . . . ”Wel, ekhet jare gewag ennooit kon

droom ek sou die geleentheid gegunword om ’n beroep as joernalis te be-oefen nie.Ink is inmygene endaaromwasdit

seker bedoel om oor my pad te kom.Maar ek is nie net ’n joernalis nie.

Ek is ’n vryskutfotojoernalis virVolksblad en dieKalahari Bulletin enek is in 2011 aan die oewer van dieOranjerivier, kamera in die hand,deur ’n bobaasjoernalis gevang engrootgemaak omdie onselfsugtige be-roep passievol uit te leef.Die joernalistiek is nie vir almal

nie. Dit is nie ’n beroep wat jý nood-wendig wil kies nie, maar ’n beroepwat jou kom haal. Om dit te beoefenmoet jy hare op jou tande hê en em-mers vol passie in jou hart dra.Dit is ’n wêreld van inligting en

emosie waarin nie een dag ooit die-selfde kán wees as die vorige nie.Die adrenalien wat elke storie,

klein of groot, bring, is iets wat net ’njoernalis kan verstaan. En, ja, dit isnie noodwendig ’n beroep wat gouemuntstukke in jou sak gaan sit nie,maar dit bring vir jou as mens waar-de wat geen geld kan koop nie.Ek ag my een van die gelukkigste

joernaliste in Suid-Afrika. Daar isjoernaliste wat net daarvan kandroom om die stories van die Kalaha-ri en sy mense te vertel.In my tyd hier het ek die voorreg

gehad om nuus uit elke oord te dek.Sommige stories is ontstellend, an-

der laat my krul van die lag en anderis sommer net interessant.Maar dit is die mense en omstan-

dighede van elke liewe storie wat ekwegbêre en koester. Ek sal nooit dieberoep verlaat nie, maak nie saakhoeveel ek verdiennie.Geld is nie diedoelwit nie. Dit is hoe jy dit ervaar enuitleef wat van jou ’n joernalis maak.

MET die droogte wat al geruime tyd in die Kalahari heers, is hierdie ’n gesig wat ’n mens beslis nie wil siennie. Hierdie foto is verlede Vrydag geneem toe die Billy Duvenhage­wildkamp net buite Kuruman weer gebrandhet. Ons nooi lesers om hul foto’s van die Kalahari vir ons te stuur. Ons sal dit graag plaas. Foto’s moet1 MB of groter wees. Stuur dit aan die redakteur, Ilse Watson, by [email protected].

Foto: Johan van Wyk

’n KALENDER vir 2014, saamgesteluit die beste foto’s wat in Kontrei-kiekies, fotokompetisie van Volks-blad-Kontrei en sy vennote, Klop-pers, Exporama en Fotoskool, ont-vang is, is nou beskikbaar.Altesaam75 pragfoto’smaakdit ’n

funksionele, dog aanskoulike Kers-geskenk. Die kalender is A3-grootteen is op glanspapier van goeie gehal-te gedruk. Elkemaand is op ’n afson-derlike bladsy en vakansiedae enskoolkwartale word aangedui. Ja-nuarie 2015 is ook ingesluit. Slegs

500 kalenders teen R70 elk is be-skikbaar. Spring dus vinnig omdit in die hande te kry.Die kalender is byVolksblad se

kantore in Bloemfontein, Wel-kom en Kimberley en op Kroon-stad, Bethlehem, Kuruman enUpington beskikbaar.

Pragkalendervir 2014 noubeskikbaar

DIE Maart­bladsy van Volksblad se2014­kalender.

14/30 12/27 11/2823/35 21/29 19/30

W-10 WSW-10 SW-5NNO-5 SSW-5 SSO-5

15/30 14/31

NW W NW

13/29

MaOusus vier haar 80stejaar van genade

JAN BUYS, KURUMAN

ONS moeder (Ousus)maak 80 jaar oud môre. Wat’n genade-voorreg uit diehand van God.Op die foto staan sy langs

haar fiets op pad na dieKalahari-hostel waar sy virbaie jare as ’n kok gewerkhet. Die foto is jare geledein Wrenchville geneem enbaie van die grootmensevan vroeër jare het Wrench-ville as Vaaldraai geken. Mymoeder se ouers wasVoortrekkers, JohannesPetrus Dawid (oupa Jan)Esterhuizen en ChristinaMaria Esterhuizen (oumaNon) wat uit die Koegas/Prieska-omgewing huloorsprong het.

Die dag toe hulle inVaaldraai op die Witkolwaar die windpomp en damwas, aankom, was daar net’n gebulk van beeste. Mymoeder en haar broers wasop hul perde besig om diebeeste aan te keer.As jong meisie ontmoet

sy vir Gert Buys, diewelbekende verwer in dieKuruman-omgewing, en tienkinders (vyf dogters en vyfseuns) is uit die huwelikgebore.My moeder het as

huisvrou swaar gekry en sohaar man ondersteun dathy vir al sy kindersgeleerdheid kon gee.Vandag kan ons met

waardering en trotsterugkyk op ons ouers selewe en ná ’n huwelik van58 jaar is hulle steedssaam. Ons sê baie geluk virons moeder met haarverjaardag. OUSUS BUYS Foto: Verskaf

Page 5: Kuruman bulletin 13 nov 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013 5

Page 6: Kuruman bulletin 13 nov 2013

6 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013

Emile Joubert

MET die feestyd wat wink, wordgereeld gevra: Watter wyne moetvir dié feesdae gekies word?Dié vraag help die Orange River

Cellars om een van sy grootstebates, veelsydigheid, te illustreer.Met so ’n omvattende wynreeks

hoef die wynliefhebber voor,tydens en ná die Kersmaal net eenwynnaam te soek en dit is OrangeRiver Cellars.Kersoggend – darem laterig in

die oggend wanneer die son algoed op is – kan een van dieOrange River Cellars se vonkelwy-ne nadergetrek word.Trek die bolkurk met ’n aanlok-

like pop en skink jou vonkelwyn-glas half vol. Maak net seker dievonkelwyn is yskoud. Sit dit

sommer die vorige aand al in dieyskas.Die half vol glas word nou

volgemaak met lemoensap en daarsit jy met die allerheerlikstemanier om die feesdag in te wy.Hulle noem die mengsel van sap

en vonkelwyn ’n Bucks Fizz, maarhy is sommer net lekker.Teen die tyd begin die reuke van

die Kersmaal deur die huis trek.Of dalk word vanjaar buite vleis

gebraai en staan die vleis enpluimvee en dalk vis in skottels enwag om die kole te groet. Een vandie Orange River Cellars se witwyne sal dié lekkerte op ’n gepastemanier inwy. Die twee staatma-kers is chenin blanc en colombard.Al twee is fris, vrugtige, droë, witwyne met die colombard wat soeffe voller in die mond lê.

Hoe ook al, wanneer almal tafeltoe skuif, hoort daar twee of drievan die wyne op die tafel te wees.Voorgeregte kan wissel van

garnaalkelkie, vleisslaai, kouehoender of miskien ’n sop.Maar wees verseker die chenin

blanc of colombard sal ’n heerlikeaanvulling tot die huiskok se hardewerkwees.Die fris, suiwer,witwynekry ook sommer jou maagsappe aandie gang wat help dat die kos beterverteer word. Een van die grootstevoordele van die Orange River Cel-lars se wyne is dit is van nature laagin alkohol.Waar normale wit wyne tussen

13% en 14% alkohol bevat, staandie Orange River Cellars se wynein die omgewing van 12%.Waaruit sal die hoofgereg

vanjaar bestaan? Kalkoen, skaap-boud, beestong of miskien ’nlekker gerookte ham?Kalkoen mag ’n wit soort vleis

wees, en, ja, dit sal voortrefliksmaak saam met een van diebogenoemde wyne, maar moeniebang wees om te eksperimenteeren jou kalkoen te nuttig saam met’n glasie van die Orange RiverCellars Pinotage wat so effe koudin die yskas gemaak is nie.Vir die lam is daar niks beter as

een van die Orange River Cellarsse klassieke rooi wyne nie –cabernet sauvignon of shiraz.Die sagte vrug en volrondheid

van die twee staatmakers sal

behoorlik geregtigheid laat geskiedaan die harde werk wat die kokgedoen het om die meesterstuk nadie tafel te bring. Ham en beestonghet ’n speserygeur danksy dienaeltjies wat tradi- sioneel in dieham is en die tong se mosterdsou-sie. Wel, kry vir jou ’n yskouebottel van die Orange RiverCellars Rosé.Die sonnige vrugtegeure van die

wyn is ’n perfekte smaakgenootvir die ham of tong en boonop isdie pienk kleur sommer heerlikfeestelik.Vir die soetigheid om die maal

af te sluit het die Orange RiverCellars ook net die regte ding:muskadel. Wit of rooi, effe koudgemaak in die yskas. DaardieKerspoeding, koekstruif of roomysgaan hande klap vir die wyn.

Kies die regte drink-smaakgenoot vir die Kersmaal

VERSKEIE eiendomme, erwe,voertuie, sleepwaens, gereed-skap en ander los bates opDealesville en Postmasburgkom volgende week as een op-drag onder SA Auction Groupse hamer.Die veiling begin op Woens-

dag 20 November op Dealesvil-le waar agt leë erwe opgeveilsal word, sowel as ’n kommer-siële eiendom met ’n werkwin-kel van 285 m² en ’n werkers-woonhuis.Diegene wat daarin belang-

stel om eiendom op Dealesvillete koop kan ook op ’n residen-siëlewoningbie,maardie eien-domwat heelwat aandag lok, is’n kommersiële eiendom in diedorp se hoofstraat wat ’n gewil-

de restaurant huisves. Ditword as ’n winsgewende lopen-de saak opgeveil.Op 22 November sal die vei-

lingopPostmasburgvoortgesitword waar twee netjiese resi-densiële eiendomme verkoopsal word.Die eiendom in Camstraat

sluit ’n werkwinkel van 60 m²en ’n lapa van 26 m² in. Nog ’nresidensiële eiendom, ’n drie-slaapkamerwoning, sal inEvkomstraat opgeveil word.Bel Marna Bester, die

besigheidsontwikkelingskon-sultant van die SA AuctionGroup, by 079-339-5915 virmeerinligting oor enige van dieeiendomme, of besoek geruswww.saauctiongroup.co.za.

Eiendom, losbates opgeveil

Page 7: Kuruman bulletin 13 nov 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013 7

THE Anglo Zimele-funded enterprise, DNLFoods, has recently been awarded the tenderto run the admin andplant kiosks at the SishenMine. DNLFoods is owned byDanny andNellyLeibrandt who have been entrepreneurs forabout ten years.The Leibrandts started their first business,

Butterfield Bakery, in 2004 which has since be-come a household name in local communitiesaround Kathu.Danny said the Kumba Sishen Mine had ad-

vertised a tender a few months ago for the ki-osk, and he had seen this as awonderful oppor-tunity. This was how DNL Foods was born.He secured a three-year contract to run the

plant and admin kiosk. Their services includeserving food to Sishen Mine employees forbreakfast and lunch. The business created em-ployment for 29 people who are all from localcommunities in the Gamaraga Municipality.Danny said that with the assistance of Anglo

Zimele, Anglo American’s funding company,they hadmanaged to buy equipment and stockfor the bakery.Danny, a former production manager for a

steel company, and his wife, Nelly, used to runa mini-catering business from home. Theycredit their success to hard work and dedica-tion. “Hardwork, longhours, commitment andpatience is what you need to run a successfulbusiness,” he said.DNL Foods will open two more shops in the

near future, which also form part of the tenderat the Life of Mine and at Sishen’s new board-ing centre.“We, as sustainable development and Kum-

ba at large, are committed to making smallbusiness become sustainable and successful,”said Sishenmine LEDpractitioner John Seret-se.“The awarding of the tender to DNL Foods

demonstrates that Anglo-American KumbaIron Ore lives its values by empowering localentrepreneurs. Such ventures truly support lo-cal economic development.”

DNL Foods tofeedSishenMine

SOME of the dishes served by DNL Foods atthe Sishen Mine’s kiosk. Photo: Provided

DIE Bothithong-polisie digby Kuru-man is op soek na verdagtes ná diemoord op ’n 81-jarige vrou.Volgens lt. Olebogeng Tawana is

Gadifele Mokae deur ’n familieliddood in haar huis gekry. Mokae hetalleen gebly.Die familielid het haar besoek toe

hulle op die wrede toneel afkom.Tawana sê Mokae se huis is

geplunder en haar lyk het halfnaakop die grond gelê.Die voorval het vermoedelik

verlede Woensdag in die vroeëoggendure plaasgevind.Daar is ’n moontlikheid dat Mokae

verkrag is, maar ’n lykskouing moetnog gehou word om dit te bevestig.Niemand is tot dusver in hegtenis

geneem nie. Die polisie vra datenigeen met inligting die Bothi-thong-polisie by 053-773-1148 of ao.Moleko Reuben by 082-373-7095 bel.

Verdagtesgesoek

Page 8: Kuruman bulletin 13 nov 2013

8 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013

Ilse Watson

SONDAG in die vroeë oggendure het die be-stuurder van ’n Golf 5 met nog drie passasiersglo beheer oor diemotor verloor en in die San-tam-gebou (digby die Wimpy) ingejaag.Diemotor het onder op die grondverdieping

te lande gekom. Op die ongelukstoneel lê on-oopgemaakte blikkies bier – ’n aanduiding dat

die mense in die motor moontlik onder die in-vloed van drank was.Volgens omstanders is drie mense oorlede

en die vierde een is in die Kuruman-hospitaalopgeneem.’n Werknemer van Santam, Hulde Morri-

son, is erg omgekrap oor dié ongeluk.“My selfoonnommer staan groot op die deur

van die kantoor.

“Die polisie het my nie eens gebel om myin te lig dat daar ’n ongeluk by ons kantoorwas nie.“Ek het eers ná 06:00 daarvan gehoor. Tus-

sen 04:00 en 06:20 kon enigiemand by die kan-toor ingekom het en al ons rekenaars en toe-rusting gesteel het.”Morrison sê die eienaar van die gebou gaan

’n versoek aan die Ga-Segonyana-munisipali-

teit rig om spoedwalle in die pad aan te bring.“Dit is nou al die derde ongeluk waarin

voertuie in ons gebou injaag. So kan dit nieaangaan nie,” sê Morrison.Sy kon ook eers na 11:00 sekuriteitswagte

in die hande kry om die kantoorgebou op tepas.Die gebreekte ruite van die gebou sou eers

Maandag herstel kon word.

Drie dood, een beseer toe Golf in gebou belandOP die onderste verdieping van Santam se kantoor – stukke van die motor lê op die vloer.

DIE venster van die Santam­kantoor wat in dieongeluk beskadig is. Foto’s: Ilse Watson

IN die gat in het die Golf 5 gery en hieronderte lande gekom.

Page 9: Kuruman bulletin 13 nov 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013 9

Leerlingraad vir2014 bekend gestel

Ilse Watson

OP die prysuitdelings-aand vandie Laerskool Seodin verlede

week is die leerlingraad van 2013gegroet. Op die geleentheid is dienuwe leerlingraad vir 2014 aange-kondig.

DIE 2013­leerlingraad van die Laerskool Seodin wat verlede week op die prysuitdelingaand,die skool gegroet het. Foto’s: Ilse Watson

DIE Laerskool Seodin se nuwe leerlingraad vir 2014.

DIE nuwe hoofleiers vir 2014 is van links Cara le Roux (onderhoofmei­sie), Madri Nieuwoudt (hoofmeisie), Harry Albutt (hoofseun) enNico Pie­tersen (onderhoofseun).

DIE 2013­leerlingraad van die Laerskool Seodin wat verlede week op die prysuitdelingaand,

Page 10: Kuruman bulletin 13 nov 2013

10 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013

Ilse Watson

DIE Laerskool Kuruman hetverlede week sy kultuuraandgehou.Die tema was An adventure

inmusic. Ditwas ’n besonderseaand van sang en gedigte.Die skoolkore van die Laer-

skool Kuruman, Kathu, Lar-eng en die Kagung-jeugkoorhet opgetree.Oudleerlinge van die Laer-

skoolKuruman, JanliRoodt enTshidiso Molema, het die ge-hoor ookmethul pragtige sangvermaak.Dié tweemeisies is nou albei

leerlinge aan die HoërskoolKalahari.

Kultuuraand ’n sukses

DIE koorlede van die Laerskool Kuruman wat almal met hul pragtige sang betower het. Foto’s: Ilse Watson

DIE Laerskool Kathu se koorlede het pragtig gesing en oulik in hul uniforms vertoon.

JANLI ROODT het die liedjie Dans gesing. Syis ’n oudleerling van die Laerskool Kuruman enis nou ’n leerling aan die Hoërskool Kalahari.

TSHIDISO MOLEMA het die liedjie You disap-pear gesing. Sy is ’n oudleerling van die Laer­skool Kuruman.

DIE koorlede van die Laerskool Lareng wat almal met hul soet stemme vermaak het.

JANNATUL FERDOUS het ’nIndiese dans uitgevoer en diegehoor met haar danspassiesgaande gehad.

Page 11: Kuruman bulletin 13 nov 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013 11

Kesewystrekkerenwawieis baasDs. Schalk Theart

IN die Suid-Bokveldwas ons sommer tot on-langs nog baie gesinnewat in die omgewing ge-bly het.Die Sulvens, die Coet-

zees, Nels, Boltmans,Bothas en natuurlik ’nhele klompie Thearts.Alles op die plase is in ’n redelike toestand

gehou, maar sodra die mense om die een ofander rede die plase begin verlaat het, het dieverval begin intree.Dit het begin by die dak en mure, en heel

laaste het die fondasie verkrummel.Die oompies, sulke klein, vaal miertjies,

was eerste. Die bobbejane die vernietigendsteen die elemente die sekerste.Ál wat ’n bobbejaantrop laat terugkom na

’n plekwat reeds vernietig is, is wanneer daar’n paar vrugtebomeaandie lewe geblyhet. Diebesoek sal seisoenaal van aard wees.Wat nou onlangs in die Suid-Bokveld ge-

beur het, kan ’n mens laat dink, laat lag enlaat huil.Bobbejaantroppe is in die omgewing ’n re-

delik algemene voorkoms.Hulle was op die spesifieke plaas ook nie

meer ’n lastigheid nie. Die rede daarvoor wasalles op en omdiewerf was vervalle soos hulledit met hul laaste besoek agtergelaat het.’n Besoek aan so ’n plaas sal maar net wees

omdat hulle op pad is na ’n volgende plaas iswaar daar nog ruimte vir agteruitgang is. Enis hulle nie fyn waarnemers nie?Die skildwag sal voor die trop uitloop en

duidelik met sy troplede gesels. Soms is partytroppe vernielsugtiger as ander.Jy moet nou net nie die fout maak om enige

verandering in die vorm van verbetering aante bring sonder om dit dag en nag op te pasnie. Dit kan jou duur te staan kom.’nHuurder het só ’n ervaring gehad. Die eie-

naar het nie meer op die plaas gebly nie ensy tee-oes moes afgehaal word. ’n Barmharti-ge Samaritaan het hom te hulp gesnel.Die vorige dag het hy sy feitlik nuwe trek-

ker en wa oorgeneem.Die teesnyer sou die volgende dag begin,

maar om die een of ander rede was daar ’nvertraging. Dit was toe net mooi die dag toeta en sy gevolg daar verbybeweeg het.Die blink trekker en waens was iets

vreemds. Eers het hulle die wa afgehaak.Blykbaar het die wa effens vorentoe beweeg.Om die twee goed uit mekaar se pad te kry

is die rem van die trekker losgemaak.Daar was tekens van hoe hulle die bewegen-

de trekker probeer briek het totdat die een ag-ter die stuur ingeklim het.Hy is nou “gemanoewer” tot waar hy self

tot stilstand gekom het. Hier het die grootsports begin.Met alle logika in plek lyk dit asof die span

besluit het hulle het die trekker nie daar ge-kry nie en hy moes terug op sy plek onder diepeperboom.Hul mannekrag was daarvoor te min, maar

’n plan moes gemaak word.In die kassie was genoeg gereedskap. Eers

is die sye afgehaal en teruggedra boom toe.Toe het hulle die pype uitgetrek, die elektriesedrade uitgeruk en opgerol en op die wa gepak.Die verkoeler is effens beskadig, maar net-

jies tussen twee klippe regop staangemaak.Swaar klippe is onder die as ingewikkel en alvier wiele is tot by die wa gerol.Dié kennis kon hulle maklik opgedoen het

met al hul vorige ervarings.Met die verdere werk het die elektronika

hulle geflous.Een van hulle moes hom beslis beseer het,

want daarwas droë bloed en ’n stuk duimnael.Die normale tekens van skrik was orals te be-speur.Nou het die proses ander afmetings aange-

neem. Een of almal het hulle vervies en dievernietiging was katastrofies.Soos die ysters in verskillende rigtings ge-

vlieg het, was daar voorwaar nog die getrouehandlangers wat elke stuk onder die boom“besôrre” het.Miskien moet ’n mens tog maar daaraan

dink om hulle aan die nuwe tegnologie blootte stel.Dit kan dalk net money well spent wees.

Page 12: Kuruman bulletin 13 nov 2013

12 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013

OP 21 September isLeon Hollenbach,seun van Werner enBertha, en ElmarieKamfer, dogter vanElmar en Marlene, opKuruman getroud.Hul onthaal is by dieSafari Travel Lodgegehou. Foto: Verskaf

DIE toptien gr. 5­leerlinge. Van links is, voor: Mungefeni Gazua (toppressteerder), Rowana Mut­sharini, Lebogang Mabele, Nonofo Moremedi en Leungo Baikai; agter: Dintle Sepalamelo,Matlhogonolo Maleka, Letlotlo Mmolawa, Kutlo Borake en Moroke Sejake.

Foto’s: Ilse Watson

DIE toptien gr. 4­leerlinge is van links, voor: Palesa Matsobane, Jannatul Ferdous (toppresteer­der),MolebogengModirapule,RorisangMothibatsela, KatlegoPule enKennethTongwane; agter:Emma­Jean Stander, Ntlafatso Voorman, Tumisang Tikane en Sharon Mbam.

DIE toptien leerlinge in gr. 6. Van links is, voor: Chazimula Moyo, Hope Jony, Kagontle Tsogang,Tumisang Mofontine en Jamila Ali; agter: Amogelang Mogatle, Thami Dapula, Bonno Jantjies,Tsholofetso Malebogo (toppresteerder) en Zanele Martin.

GR. 7 se toptien leeringe is van links, voor: Kayla Klaaste, Nolly Motlhabi, BongoNyosi en TumeloPitse; agter: KutlwanoBotsime,PeonomiMokwena,KianaMcLouglin (toppresteerder),OfileMoe­pedi, Tshireletso Malatsi en Denilson Dennis.

Topleerlinge vereerIlse Watson

DIE Laerskool Kuruman hetonlangs sy tien topleerlinge

in elke graad van die derdekwartaal aangekondig.Omdat die skool ’n parallel-

mediumskool is, word die

twee taalgroepe waarin dieleerlinge onderrig word, ge-skei wanneer die toptien vas-gestel word.

Sien uitna lewesaam

Page 13: Kuruman bulletin 13 nov 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013 13

Ilse Watson

KATHU se Voortrekkers hetverlede Vrydagaand hul jaarlikseafsluitingsgeselligheid gehou.

Die geleentheid is amptelikmet die sing van die volksliedgeopen.

Elke groep van Die Voortrek-kers is na vore geroep en al diekinders het die sertifikate,waarvoor hulle oor die afgelopejaar heen hard gewerk het,ontvang.

Die aand is met ’n ete engesellige kuier afgesluit.

Sluit jaar plegtig af

VAN links is Junior Hager, Elizna Reyneke, Cheree vanWyk, Danel Ven­ter, Anria Wolstenhome, Johane Steyn en nig Jeanne Louw – die gr. 7’swat verlede Vrydag hul sertifikate ontvang het. Foto’s: Ilse Watson

GR. 6­LEERLINGE wat onder meer die kommando­, ge­bieds­ enmeerkatkampe bygewoon het. Hier is Zanzel Prins­loo (links) en Marie­Louise Steyn.

HIER is neef Dawid van denBerg (middel) met Leon Bezui­denhout (links) en Paul Bester.Albei is gr. 5­leerlinge.

GR. 1­LEERLINGE op die afsluitingsaand. Van links isMarius Dippenaar, Frans Bezuidenhout, nig AnnamarieMostert, Jorina Mostert en Abigail Smit.

DIE gr. 4­leerlinge. Van links is nig Susan van der Bergby Simone Widd, Inge Kruger en Jeanne Kruger.

VAN link is Janco Liebenberg, nig Santie van der Merwe en Michiel vander Merwe (gr. 9).

VAN links is: Marisce Flemming (Jeugleier vir 2013), Anine Botha, nigSantie van derMerwe,Hans­Jurie Swanepoel enReghardt Hager (Jeug­leier vir 2014)­ almal gr.10 leerlinge.

DIE gr.11­ Voortrekkers. Van links is Zanri Prinsloo, Jannes Flemming,nig Rita van Vuuren, Carla Mostert en Surita van der Merwe.

Page 14: Kuruman bulletin 13 nov 2013

14 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013

ALGEMENE

KENNISGEWINGS

GEMEENSKAPS-

KENNISGEWINGS

1210

The Rainman: Bennie. Huise enbesigheidsbesproeiing, nuwe instal-lasies en opgradering. Rain Buster.Skakel 076 790 3944.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

SKOONMAAK-

DIENSTE

1805

ELEKTRIES

1810

ELEKTRIESE HEININGS:Beveilig u eiendom. Vir professio-nele, geakkrediteerde installasies.Skakel Francois 072 156 4035.

HEKMOTORS EN GARAGE-DEURE: Motorhestel en installasies.

Skakel Okker 082 829 0292.

VOLWASSENES

PRIVAAT

2015

WARRIOR (VIAGRA)Nou nuut in Kuruman. R150 vir 6.100% medies getoets en geld-terug-waarborg. Veilig vir hoë bloeddruk

en hartprobleme.STIMULANT (VIAGRA)

Steeds beskikbaar. R150 vir 6. 100%getoets en veilig. Veilig vir hoë

bloeddruk en hoë suiker.Diskrete diens Jimmy's Drank-winkel h/v Livingston- en Short-

straat.Dennis 073 522 8346.

VAKATURES

2020

Survey Assistants: Needed in yourarea. Company expanding. R4 000advance payment to active assi-stants plus commision.Send short [email protected] or call 0110839919

VOERTUIE

4×4’s

3035

NISSAN NAVARA, 2008, D/C, 4x4,outomaties, kappie, trekstang, lugr.177 500 km. Prys: R195 000. Skakel083 310 0272 alle ure.

MOTORS TE KOOP

3025

BANTAM, 1999, R34 500. Rustler,1999, R32 500. Nissan 1400, 1996,R28 500. Phone 071 967 0285.

CASH FOR CARS AND BAKKIES.Phone 071 967 0285. SMS or Whats-App.

GOLF 1.3, 1996, goeie toestand.Ideale studentemotor. Skakel083 772 2316.

JETTA 3, 1999, R32 500. Corolla,1994, R27 500. Sentra, 1995,R22 000. Phone 071 967 0285.

OPEL, 1990, R15 500. Uno, 1995,R15 500. BMW, 318i, 1997, R19 500.Phone 072 472 8686.

RANGER, 2002, R42 500. Colt,1997, R37 500. Isuzu, 1997, R38 500.Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.

YARIS, 2007, R49 500. Golf, 2007,R49 500. Corolla 160i, 2001, R39 500.Phone 071 967 0285.

SLEEPWAENS

3040

NATIONAL TRAILER RENTAL isnou deel van V-Tec Trailers Kuruman- die eenrigtingverhuringspesialiste,reeds met 45 takke in Suid-Afrika.Jy kan dit bv. huur vanaf Kurumanna Kaapstad en dit daar los. Daaris 'n tak in Windhoek, Namibië. Onsverskuif na Cillierslaan 12. Ska-kel 083 310 0272/083 254 3120.

V-TEC TRAILERS, KURUMAN:Ons diens en herstel ook sleepwaensen verkoop nuwe sleepwaens, onder-dele en tweedehandse sleepwaens.Dryf ook handel in nuwe en tweede-handse Challenger- en Karet-sleep-waens. Ons verskuif na Cilliers-laan 12. Skakel Louwrens 083 3100272/053 712 1072.

EIENDOMME

WOONSTELLE

TE HUUR

3250

'BACHELOR'-WOONSTEL,gemeubileer of ongemeubileer. Kragingesluit. Privaat en veilig. R2 900.Skakel 084 651 3000.

TE HUUR

3205

TE KOOP

3201

WERK

ADMINISTRATIEF

3605

ADMIN DATA CAPTURING/listingworkers needed. For info SMSname/address to 074 927 5124 or e-mail to [email protected]

BETREKKINGS

GESOEK

3670

Admin Data Capturing / Listing Wor-kers needed for info. SMSname/address to 074 927 5124 or e-mail to [email protected]

Poste beskikbaar: Sekuriteits-/kleinhandelindustrie: CCTV opera-teurs, voorraadbeheer. Wagte, toe-sighouers. PSIRA-sertifikaat hoogsvoordelig. Poste in Upington,Post-masburg, Kuruman. De Aar en Kim-berley. Faks CV na 051 552 3671 viraandag: Francois.

BOEDELKENNIS-

GEWINGS

BOEDELS:

KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

A.C.W. Cloete

In die boedel van wyle Anna Catha-rina Wilhelmina Cloete, weduwee,woonagtig te Plaas Lymington,Dibeng, distrik Kuruman.

Boedelnommer: 1962/2013Skuldeisers en skuldenaars in boge-melde boedel word versoek om hulvordering in te lewer en hul skuldete betaal by die kantore van onderge-noemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf15 November 2013.DUVENHAGE & VAN DERMERWEPosbus 63Kuruman8460

BOEDELS:

LIKWIDASIE EN

DISTRIBUSIE4205

S. Coetzee

In die insolvente boedel van StefanCoetzee.

Meester se verwysing: K35/2008Ingevolge Artikel 108(2) van dieInsolvensiewet, Wet Nr 24 van 1936,soos gewysig, word hierby kennisgegee dat die likwidasie- en distri-busierekening in bogenoemde boedelter insae van skuldeisers en kontri-butante sal lê vir 14 dae vanaf 15November 2013 in die kantore vandie Meester van die Hooggeregshofte Kimberley en die Landdroskantoorte Kuruman.G.J.S. VAN ZYLDUVENHAGE & VAN DER MERWEPosbus 63HoofstraatKuruman8460

S Coetzee

In the Insolvent Estate of StefanCoetzee.

Master's Reference No. K35/2008Pursuant to Section 108(2) of theInsolvency Act, Act No. 24 of 1936,as amended, notice is hereby giventhat the liquidation account andplans of distribution or contributionin the abovementioned estate will lieopen for inspection by creditors orcontributories for 14 days from 15November 2013, at the office of theMaster of the Supreme Court, Kim-berley and the Magistrate, Kuruman.GJS VAN ZYLC/o DUVENHAGE & VAN DERMERWEP.O. Box 63Main streetKuruman8460

SOEK, KOOP, VERKOOP VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 15: Kuruman bulletin 13 nov 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013 15

Page 16: Kuruman bulletin 13 nov 2013

16 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013

Page 17: Kuruman bulletin 13 nov 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013 17

K

E

N

N

I

S

G

E

W

I

N

G

S

K

E

N

N

I

S

G

E

W

I

N

G

S

Page 18: Kuruman bulletin 13 nov 2013

18 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013

ONTMOET vir VeraTitus en haar Tiger.Baie verknog aanme­kaar loop hulle sog­gens handaanhand–of is dit nou poot aanhand – in die stratevan Paballelo vir ’nbietjie oefening. Tigeris net te tevrede daar­mee om op sy agter­pote saam met synooi te loop. Soversoos die twee stap,hoor jy net hoe die in­woners van Paballelogroet: “Moooorrrre­eee, Tiger. Môre, Ve­ra”.

Foto’s: Anena Burger

VERA TITUS en Tiger stap in die strate van Paballelo.

Hand aanhand opgereeldewandeling

DIT is tog lekker om klein te wees. Klein Lisa Lee (5) en Lourens de Jager (6) speel telekker in die koelte uit die warm middagson. Foto: Anena Burger

Lekker omklein te weesAS ek eendag groot is,

bou ek vir my ’n huismet plek vir al die diere,van ’n olifant tot ’n muis.

In elkeen van die slaap-kamers hou ek ’n beertjieaan,

en weet jy, in die voor-

huis, daar woon die bobbe-jaan.–Met dank aanwww.kin-derwerf.co.za.

Page 19: Kuruman bulletin 13 nov 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013 19

Redenaarsmaakgehoor ‘wyser’

Ilse Watson

DIELaerskoolSeodinhetop31Oktober sy redenaarsaand ge-hou. Leerlinge het in twee ka-tegorieë deelgeneem: die juni-or groep (gr. 1 tot gr. 3) en diesenior groep (gr. 4 tot gr. 7).Omjousê te sêwasnognooit

maklik nie, maar aan dié juni-or en senior groep van dieLaerskool Seodin was daargeen keer nie.Die jong redenaars het om-

trent die gehoormethul stand-punte beïndruk. Aan die eindevan die aand was almal oor-tuig dat dit beter is om eerder’n vitamienpil te sluk as omgroente te eet.En om jou skolastiese pres-

tasies te verbeter en slanker teword, moet kinders toegelaatword om kougom te kou. Moetook asseblief nie langer joukind dwing om boeke te leesnie, want om na ’n televisie-storie te kyk is soveel leersa-mer – inligting word dan visu-eel aan jou voorgestel.

Daar het selfs ’n nuwe mi-nister van onderwys na voregetree in die vorm van jongeAletKotze, enmoet ooknie dienuwe skrywer, Marilie Hane-kom, weggooi met haar vertol-king oor die soet en suur vandie lewe nie.

Al dié leerlinge se ouers isheelwatwyserhuis toe.Ofhul-le sal onthou wat hulle geleerhet, is ’n ander saak.Johandri vanZyl is as die ju-

nior wenner en MarieteStrauss is as die senior wen-ner aangewys.

VAN links is Mariete Strauss en Johandrie van Zyl.Foto: Verskaf

VAN links is Katlego Mothupi, Omosa Sona, Kabelo Afrika en Ethel More by die spinasiewat uit hulle groentetuin kom.

Tuin help behoeftige kindersIlse Watson

ETHEL MORE en diegroep Taxi Marshells het’n lowergroen groentetuinvir die Laerskool Seodin

begin. Daar is tamaties,blaarslaai, uie, boontjiesen spinasie.Die doel van die tuin

is om van die varsgroente aan die leerlinge

van die Laerskool Seodinuit te deel.Die eerste oes was

kraakvars spinasie wataan van die leerlingegegee is.

Jonges vir Griekwa-span gekiesIlse Watson

TWEE leerlinge vandie Laerskool Seodin,Casper du Plessis enFoster Lubbe, is virdie Griekwaland-Wesse krieketspangekies.Al twee die leerlin-

ge is o.11-spelers enword deur AllanReed, ’n onderwyservan dié skool, afgerig.

HIER is Foster Lubbe(links) en Casper duPlessis van die Laer­skool Seodin wat virdie Griekwaland­Wesse krieketspangekies is. Foto: Verskaf

DIE span van Wrenchville. Die spelers is van links, voor: Rick Fortuin, Werner Buys, BreytenBuys (kaptein), JP Minnaar en Russel Keet; agter: Ronaldo Lockey, Jovandre Moorcroft, LorenzoBardenhorst, Geran Isaacs, Edwin Coetzee, Ayrton Heyns en Daryll Peacock. Foto: Verskaf

Postmasburg kraai koningIlse Watson

DIE naweek het die twee klub-krieketspanne wat gesament-lik eerste op die punteleer is,Wrenchville en Postmasburg,mekaar tot dieuiterste getoets.Die uitdagings het reeds die

week voor dié wedstryd begintoe Wrenchville geen speel-veld kon kry nie nadat dieLaerskool Kuruman se velddeur vandale beskadig is. AlfieHoole, voorsitter vanPostmas-burg-krieket, het moeite ge-doen om ’n speelveld op Post-masburg te reël en die wed-stryd is daarheen verskuif.Breyten Buys, kaptein van

Wrenchville, het die loot ge-wen en besluit om eerste teboul. Ná ’n vurige motive-ringspraatjie deur Robert Phi-lander was Wrenchville regom krieket te speel.Postmasburg het gaan kolf

en 228 lopies in 45 beurte aan-geteken.Die beste boulers vir

Wrenchwille was Edwin Coet-zee met 2/25 in 9 beurte, JPMinnaar met 3/33 in 3 beurte,Arton Heyns met 2/52 in 9beurte en Lorenzo Barden-horst met 1/30 in 9 beurte.Die totaal was binne bereik

en die plan was om aan ven-nootskappe te werk. Wrench-

villehet gaankolf en ’n stewigeopeningsvennootskap van 84lopies is tussen Minnaar enCoetzee gevestig. Minnaar het33 lopies aangeteken en Coet-zee 54 lopies.Buys was ’n staatmaker en

het die bal in alle rigtings ge-moker voordat hy op 58 uitge-vang is. Daryll Peacock het ’ngoeie 22 lopies bygevoeg.Die wedstryd het tot in die

laaste beurt geduur toeWrenchville agt lopies vantwee ballemoes kry om tewen.Die boulwerk was goed en

Wrenchville het op 222 geëin-dig en dus met net ses lopiesverloor.

Page 20: Kuruman bulletin 13 nov 2013

20 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013

Kragmanne toon hul staalIlse Watson

DRIE Kuruman-krag-manne het weer hulkragte in Bloemfon-tein gaan meet toehulle aan die SouthAfrican StrongmanUnion Vrystaat-kam-pioenskappe deelge-neem het.Die topses dring

deur na die SA’s inDurban.Jose Farinha het

die derde plek tydenshierdie kompetisiebehaal.Sarel Koortzen het

die vierde plek bereiken Tino Rodriqueshet die tiende plek be-haal.Hy was ook die

jongste deelnemer.

TINO RODRIQUES tydens die tyre flip­kompetisie – hier tel hy ’n bandvan 350 kg op.HIER is Jose Farinha tydens die yolk walk van 300 kg.

SAREL KOORTZENneem aan die dead liftvan 285 kg deel.Foto’s:Verskaf

HENRICO THERONvan die Laerskool Ku­rumanwat onlangs ty­dens ’n krieketwed­stryd teen die Laer­skool Seodin 54lopies in 30 boulbeur­te geslaan het. Hy isvoorwaar ’n trots vir syskool. Foto: Ilse Watson

Stuur nuus sóSPORTKLUBS, skole en andersportorganisasies in ons ver-spreidingsgebied word genooiomhul sportnuus en -foto’s virons te stuur.Onthou asseblief om die na-

me en vanne van elke persoon(van links af) op die foto’s teverskaf. Stuur jou nuus aan Il-se Watson by [email protected] of bel haarby 079-831-5579.

Skool sekampioenin krieket