3
Agtergrond Woordverklarings: Jefta beteken “God sal oopmaak” Simson beteken “sonnig” Nasireër Nasireër beteken “gewyde”. Deur die nasireëgelofte het `n man of vrou hom/haar vir die diens van die Here afgesonder. As bewys van hul nasireërskap het hulle nie hul hare gesny nie. Die nasireërs moes hulle ook aan streng voorskrifte hou. Hulle mag geen drank wat van druiwe gemaak is drink nie en mag ook nie naby enige dooie kom nie, selfs nie sy naaste familie nie. Indie `n nasireër hom wel hieraan ontheilig was daar sekere reinigingsoffers wat gebrng moes word. Lees meer hieroor in Num. 6: 1-21. Samuel en Johannes die Doper was ook nasireërs. Die Filistyne Die Filistyne was `n seevolk wat volgens Amos 9:7 uit Kaftor (Kreta) gekom het. Hulle het gewoon op die kusvlakte en die daaraangrensende heuwelland in die suidweste van Kanaän. Dit was `n vrugbare land, wat `n oorvloed aan koring opgebring het. Verder was hierdie gebied bekend vir sy wingerde, olyfbome en goeie weiding vir vee. Die Filistyne was `n sterk volk wat goed was in oorlog en handeldryf. Die land het vyf hoofstede (Gasa, Askelon, Asdod, Ekron en Gad) gehad wat elkeen deur `n koning geregeer is. Saam het hulle die regering van Filistea hanteer. Hul afgod Dagon, was waarskynlik `n koringgod. Vir hom is daar tempels opgerig in Gasa en Asdod. Belangrike Bybelvers: Wag op die HERE, o Israel! Want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing; en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede. Ps. 130: Opsomming: Jefta Die volk begin maar weer afgode dien, en die Here straf hulle deur die Ammoniete toe te laat om hulle te verdruk. Toe die verdrukking swaar word, roep hulle tot die Here. Nadat die Here hulle bestraf het, kom hulle tot ernstige bekering. Toe die Ammoniete weer die land by Gilead binneval, besluit die oudstes om Jefta te vra om hul leier te word. Jefta probeer eers om met die koning van Moab te onderhandel, maar dit slaag nie. Voordat hy gaan veg het, lê Jefta `n belofte aan die Here af: “As U werklik die kinders van Ammon in my hand gee, dan sal wat uitkom, wat uit die deure van my huis uitkom my tegemoet, as ek in vrede terugkom van die kinders van Ammon, aan die Here behoort, en ek sal dit as `n brandoffer bring.” Rigt. 11: 30, 31 Daarna verslaan Jefta die vyand. By sy terugkoms kom sy enigste dogter hom tegemoet met `n aantal singende jong meisies. Sy moes haar toe uit die samelewing terugtrek en nooit trou nie, omdat Jefta belowe het dat hy haar aan die Here sou wy. Ongelukkig het daar nou in Israel self oorlog gekom, omdat die stam Efraim jaloers was op Jefta en hom verwyt het dat hy sonder hulle hulp teen die vyand opgetrek het. Jefta verslaan hulle egter en rig die volk agt jaar lank. Les 21 Jefta en Simson Bybelgedeelte: Rigters 11-16 Psalm: Ps. 130: 2 en 4 God gebruik sondige mense in Sy diens.

Les 21 Jefta en Simson - Welkom | Christelike Biblioteek 1131 Les 21 Jefta... · nasireërskap het hulle nie hul hare gesny nie. Die nasireërs moes hulle ook aan ... Manoag verskyn

  • Upload
    dokhanh

  • View
    226

  • Download
    9

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Les 21 Jefta en Simson - Welkom | Christelike Biblioteek 1131 Les 21 Jefta... · nasireërskap het hulle nie hul hare gesny nie. Die nasireërs moes hulle ook aan ... Manoag verskyn

Agtergrond Woordverklarings: Jefta beteken “God sal oopmaak” Simson beteken “sonnig” Nasireër Nasireër beteken “gewyde”. Deur die nasireëgelofte het `n man of vrou hom/haar vir die diens van die Here afgesonder. As bewys van hul nasireërskap het hulle nie hul hare gesny nie. Die nasireërs moes hulle ook aan streng voorskrifte hou. Hulle mag geen drank wat van druiwe gemaak is drink nie en mag ook nie naby enige dooie kom nie, selfs nie sy naaste familie nie. Indie `n nasireër hom wel hieraan ontheilig was daar sekere reinigingsoffers wat gebrng moes word. Lees meer hieroor in Num. 6: 1-21. Samuel en Johannes die Doper was ook nasireërs. Die Filistyne Die Filistyne was `n seevolk wat volgens Amos 9:7 uit Kaftor (Kreta) gekom het. Hulle het gewoon op die kusvlakte en die daaraangrensende heuwelland in die suidweste van Kanaän. Dit was `n vrugbare land, wat `n oorvloed aan koring opgebring het. Verder was hierdie gebied bekend vir sy wingerde, olyfbome en goeie weiding vir vee. Die Filistyne was `n sterk volk wat goed was in oorlog en handeldryf. Die land het vyf hoofstede (Gasa, Askelon, Asdod, Ekron en Gad) gehad wat elkeen deur `n koning geregeer is. Saam het hulle die regering van Filistea hanteer. Hul afgod Dagon, was waarskynlik `n koringgod. Vir hom is daar tempels opgerig in Gasa en Asdod.

Belangrike Bybelvers:

Wag op die HERE, o Israel! Want by die HERE

is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing; en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.

Ps. 130:

Opsomming: Jefta Die volk begin maar weer afgode dien, en die Here straf hulle deur die Ammoniete toe te laat om hulle te verdruk. Toe die verdrukking swaar word, roep hulle tot die Here. Nadat die Here hulle bestraf het, kom hulle tot ernstige bekering. Toe die Ammoniete weer die land by Gilead binneval, besluit die oudstes om Jefta te vra om hul leier te word. Jefta probeer eers om met die koning van Moab te onderhandel, maar dit slaag nie. Voordat hy gaan veg het, lê Jefta `n belofte aan die Here af: “As U werklik die kinders van Ammon in my hand gee, dan sal wat uitkom, wat uit die deure van my huis uitkom my tegemoet, as ek in vrede terugkom van die kinders van Ammon, aan die Here behoort, en ek sal dit as `n brandoffer bring.”

Rigt. 11: 30, 31 Daarna verslaan Jefta die vyand. By sy terugkoms kom sy enigste dogter hom tegemoet met `n aantal singende jong meisies. Sy moes haar toe uit die samelewing terugtrek en nooit trou nie, omdat Jefta belowe het dat hy haar aan die Here sou wy. Ongelukkig het daar nou in Israel self oorlog gekom, omdat die stam Efraim jaloers was op Jefta en hom verwyt het dat hy sonder hulle hulp teen die vyand opgetrek het. Jefta verslaan hulle egter en rig die volk agt jaar lank.

Les 21

Jefta en Simson Bybelgedeelte: Rigters 11-16 Psalm: Ps. 130: 2 en 4 God gebruik sondige mense in Sy diens.

Page 2: Les 21 Jefta en Simson - Welkom | Christelike Biblioteek 1131 Les 21 Jefta... · nasireërskap het hulle nie hul hare gesny nie. Die nasireërs moes hulle ook aan ... Manoag verskyn

Die geboorte van Simson Die Fillistyne het in die suidweste van Kanaän gewoon en die Israeliete 40 jaar verdruk omdat Israel verkeerd gedoen het in die oë van die Here. Die Here het Simson geroep om Sy volk, Israel, te verlos van die Fillistyne. Deur die krag van die Here het Simson sy vyande oorwin. Simson se krag was nie in sy lang hare nie; hy was sterk omdat die Here met hom was. Simson se geboorte is vooraf deur die Here aangekondig. Eendag het die Engel van die Here aan die vrou van Manoag verskyn en aan haar gesê dat sy `n seun sou hê. Hy sou van sy geboorte af `n nasireër van God wees. Daarom moes sy hare nooit afgeskeer word nie en hy mag geen sterk drank drink nie. Manoag wou eers heeltemaal seker maak dat hulle die kindjie reg sou grootmaak en bid die Here dat Hy sy Engel weer na hulle moes stuur. Die Engel verskyn toe weer aan hulle. Op die tyd wat die Here gesê het, is Simson gebore. Die huwelik van Simson In Timna het Simson verlief geraak op `n Fillistynse vrou. Die Fillistyne het nie in die Here geglo nie en daarom wou Simson se ouers nie dat hy met die vrou trou nie. Tog het Simson, sy vader en moeder na haar toe gegaan. Oppad het `n jong leeu hom aangeval, maar hy het die leeu met sy hande verskeur omdat die Gees van God oor hom vaardig geword het. Later het Simson weer by hierdie plek verbygeloop en na die leeu gaan kyk. In die dooie leeu het hy `n swerm bye en heuning gekry. Van die heuning het hy geeët en ook daarvan aan sy vader en moeder gegee om te eet. Hy het vir niemand vertel waar hy dit gekry het nie. Op die bruilof met die Filistynse vrou het Simson `n raaisel opgegee: “Spys het uit die eter gegaan, en soetigheid uit die sterke.” Die antwoord was: “Wat is soeter as heuning en sterker as `n leeu ?” Simson het dertig hemde en dertig stelle klere aan die dertig Filistynse vriende van hom belowe as hulle dit kon uitlê. Hy het hulle toe sewe dae tyd gegee om te antwoord. As hulle dit nie kon uitlê nie, moes hulle net soveel klere aan Simson gee. Deur Simson se vrou het die vriende die antwoord gekry. Hieroor was Simson kwaad en gaan slaan in Askelon dertig Filistyne dood en gee hulle klere aan die wat die raaisel opgelos het. Hierna is Simson terug na sy vader se huis, en sy metgesel op die bruilof het Simson se vrou gekry. Simson verslaan die Filistyne In die tyd toe die koring ryp was, het Simson teruggekeer na sy vrou toe. Toe Simson hoor dat haar vader haar vir sy

Page 3: Les 21 Jefta en Simson - Welkom | Christelike Biblioteek 1131 Les 21 Jefta... · nasireërskap het hulle nie hul hare gesny nie. Die nasireërs moes hulle ook aan ... Manoag verskyn

metgesel as vrou gegee het, was hy baie kwaad. Hy vang toe driehonderd jakkalse en gebruik hulle om die Filistyne se koring, wingerde en olyfbome aan die brand te steek. Toe die Filistyne hoor wat gebeur het, verbrand hulle Simson se vrou en haar vader se huis. Hieroor verslaan Simson toe die Filistyne en gaan woon in die rotskloof van Etam. Simson se eie mense het teen hom gedraai, en die manne van Juda het hom vasgebind en hom aan die Filistyne oorgegee. Hulle was bang vir die Filistyne. Simson het egter die toue gebreek en duisend Filistyne met `n eselskakebeen doodgeslaan. Simson deur Delila verraai By Gasa het Simson `n vrou liefgekry. Toe hy haar gaan besoek, wou die Filistyne hom vang, maar die hy het die stad se poorte oopgebreek. Hierna het Simson by die dal van Sorek `n ander vrou, Delila, liefgekry. Sy het probeer uitvind waarom Simson so sterk was. Simson het drie keer vir haar `n leuen vertel oor sy krag. Later het Simson haar vertel van sy Nasireërskap. As sy sewe haarvlegsels afgeskeer sou word, sou sy krag van hom wyk en sou hy swak word, omdat die Here sy krag van hom sou wegneem. Terwyl hy slaap, het Delila sy haarvlegsels afgeskeer en sy groot krag is van hom weggeneem, omdat hy aan sy God ongehoorsaam geword het. Simson is geboei en sy oë uitgesteek. Simson se dood Op die fees van die afgod Dagon was duisende Filistyne bymekaar in die tempel. Simson het tot die Here gebid om hom tog die keer weer sterk te maak. Die Here het Simson se gebed verhoor. Simson het toe sy arms om die twee middelste pilare waarop die tempel gerus het, geslaan. Met sy krag het Simson die pilare omgedruk sodat die tempel ingeval het. So het Simson saam met die Filistyne gesterf toe die gebou inval. Met sy dood het Simson meer Filistyne doodgemaak as wat hy in sy hele lewe gedood het. Simson was `n sondige mens, wat gedurig weer agter verkeerde en goddelose vroue aangeloop het. Tog het hy by God `n baie spesiale opdrag gekry. God wou hom as instrument gebruik om aan sy kinders te wys dat Hy nie van hulle vergeet het nie. Tenspyte van die volk se sondes bly Hy getrou aan sy beloftes. Eendag sal God sy eie Seun stuur om sy kinders van al hul ellende te verlos.

Vrae vir die werkboek

1. Wie was Jefta ? 2. Watter belofte het Jefta gemaak en wat was die gevolge daarvan ? 3. Wat is `n nasareër ? 4. Sou jy sê dit is reg dat Simson met `n vrou uit die Filistyne wou trou ? 5. Watter raaisel het Simson op sy troue gevra en wat was die antwoord ? 6. Noem `n paar voorbeelde waar Simson as rigter opgetree het. 7. Wie was Delila ? 8. Waar het Simson se krag vandaan gekom ? 9. Hoe het Simson gesterf ?