20
ONTWIKKEL DEUR DIE SENTRUM VIR EVALUASIE EN ASSESSERING (SEA) BY DIE UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. GRAAD 9 SISTEMIESE EVALUERING VOORBEELD TAALTOETS ONDERWYSERSHANDLEIDING

GRAAD 9 SISTEMIESE EVALUERING VOORBEELD TAALTOETS ... · aangemoedig word om die hele teks self te lees. Stel voor dat die leerders woorde, frases, sinne wat hulle nie verstaan nie,

  • Upload
    others

  • View
    5

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: GRAAD 9 SISTEMIESE EVALUERING VOORBEELD TAALTOETS ... · aangemoedig word om die hele teks self te lees. Stel voor dat die leerders woorde, frases, sinne wat hulle nie verstaan nie,

ONTWIKKEL DEUR DIE SENTRUM VIR EVALUASIE EN ASSESSERING (SEA) BY DIE UNIVERSITEIT

VAN PRETORIA.

GRAAD 9

SISTEMIESE EVALUERING

VOORBEELD

TAALTOETS

ONDERWYSERSHANDLEIDING

Page 2: GRAAD 9 SISTEMIESE EVALUERING VOORBEELD TAALTOETS ... · aangemoedig word om die hele teks self te lees. Stel voor dat die leerders woorde, frases, sinne wat hulle nie verstaan nie,

ONTWIKKEL DEUR DIE SENTRUM VIR EVALUASIE EN ASSESSERING (SEA) BY DIE UNIVERSITEIT

VAN PRETORIA.

AGTERGROND VAN DIE GRAAD 9 SISTEMIESE EVALUERING SE TAALTOETSVOORBEELD

Hierdie 30-punt praktiese toets is ‘n voorbeeld van die struktuur van die Wes-Kaap

Onderwysdepartement (WKOD) se graad 9 Sistemiese Evaluering (SE) vir Taal t.o.v. die soort tekste

wat gebruik is en die soort vrae op hierdie tekste gebaseer wat gevra kan word.

Alhoewel die teks vir hierdie oefentoets ‘n nie-fiksie-uittreksel vir inligting is, in ooreenstemming

met die kurrikulumriglyne, word die tekste wat gebruik word vir die graad 9 sistemiese vir die SE-

toets van leerders verwag om die tekste te lees en die vrae onafhnaklik te beantwoord, deur gebruik

te maak van ‘n verskeidenheid begripstrategieë. Die meerderheid tekste is ongeveer 500 tot 600

woorde lank, maar sommige mag korter wees, soos in die geval van die voorbeeld.

Die SE-toets gebruik outentieke toetsbeginsels waarin tekste en verwante vrae gebruik word om

leerders se toepassing van kennis en vaardighede te toets in Lees en kyk, Dink en redeneer,

Taalstruktuur en -gebruik, en Skriftelike werk. Hierdie assesseringsmetode is in kontras met diskrete

toetsing waar vrae in ‘n gedekontekstualiseerde wyse gestel word. Terwyl Luister en Praat (d.w.s.

ekspressiewe taalvaardighede) belangrike komponente bly vir die onderrig van die kurrikulum en

bydra tot die leerder se oorhoofse taalontwikkeling, word hierdie leeruitkomste nie direk getoets nie

vanweë die formaat van die SE-toets.

VRAAGFORMATE

Die oefentoets kan gebruik word as 'n model vir die soort begripsvrae waarmee leerders moet werk

binne enige klaskamer-lees-geletterdheidsontwikkelingsaktiwiteit en dit toon ook hoe Taalstruktuur

en -gebruik en Skriftelike werk-aktiwiteite in sulke leertake geïntegreer kan word. Sommige vrae is

maklik, terwyl ander vrae ‘n groter uitdaging bied, ‘n Aanduiding van die verwagte moeilikheidsgraad

van elke voorbeeldvraag word verskaf. Die SV-toets bestaan meestal uit veelkeusetipe vrae sowel as

sommige gekonstrueerderespons-tipe vrae. Hierdie oefentoets het ook veelkeusetipe vrae, alhoewel

hierdie waarskynlik nie ‘n vraagtipe is wat leerders dikwels in die klas gebruik nie. Hierdie vrae kan

gebruik word presies soos hulle is, aangesien dit voordelig is om leerders aan veelkeusevrae bloot te

stel. Hierdie praktyk sal verseker dat hulle bekend raak met hierdie formaat en in staat sal wees om

te oorweeg watter antwoordopsie die beste pas. Die vrae kan ook verander word na ‘n

gekonstrueerderespons-tipe waar die leerders ‘n respons kan inskryf. Afgesien van deelname in

Page 3: GRAAD 9 SISTEMIESE EVALUERING VOORBEELD TAALTOETS ... · aangemoedig word om die hele teks self te lees. Stel voor dat die leerders woorde, frases, sinne wat hulle nie verstaan nie,

ONTWIKKEL DEUR DIE SENTRUM VIR EVALUASIE EN ASSESSERING (SEA) BY DIE UNIVERSITEIT

VAN PRETORIA.

klaskamerbesprekings en verbale vrae oor tekste, is dit belangrik vir leerders om skriftelike

begripsoefeninge gereeld te doen sodat hulle daaraan gewoond kan raak om leestekste onafhanklik

te doen om antwoorde op vrae te vind en dan van hulle geskrewe uitdrukkingsvermoëns gebruik

kan maak om hulle begrip oor te dra. Die vermoë om betekenis neer te skryf en oor te dra is

fundamenteel aan alle leerareas. Die gebruik van volsinne, korrekte grammatika en punktuasie moet

beklemtoon word vir alle Gekonstrueerderesponsvrae.

BEGRIPSVLAKKE GETOETS

Leerders het blootstelling nodig aan begripsvrae wat nie alleen hulle basiese verstaan van tekste en

hulle vermoë om inligting daaruit te vind en te haal sal ontwikkel nie, maar ook hulle hoërordedenke

en redeneervermoëns ontwikkel, wat die vaardighede is wat nodig is vir vordering deur die skool

heen in alle leerareas. Drie hoof leesbegripvlakke (letterlik, afleibaar, evaluerend) wat wyd gebruik

word in erkende begripsklassifikasiestelsels (byvoorbeeld Barrett se taksonomie, 1968) word gebruik

om toetsvrae vir die graad 9 Taalstelselevaluering te klassifiseer. ‘n Verdere kategorie waarna verwys

word as ‘Kennis” word ook gebruik. Die begripsvlakke word gebruik om vrae te klassifiseer vir die

SV-toetse, gebaseer op die grondrede dat taaltoetsvrae leerders moet toelaat om te demonstreer

wat hulle vermoë is om analities met verskillende tekste om te gaan Elkeen van hierdie

leesbegripsvlakke het ook skakels met die Nasionale Kurrikulumverklaring (DvO, 2002),

Leeruitkomste vir Lees en Kyk en Dink en Redeneer en met die Kurrikulum- en

Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) wat geïmplementeer gaan word.

Hierdie begripsvlakke (Letterlik, Afleibaar, Evaluerend) en die vierde kategorie (Kennis) wat gebruik

word, word beskryf in Tabel 1 hieronder om ‘n aanduiding te gee van die soort vrae wat in die SV-

taaltoets gevra word. Die tabel suggereer ook die soort vrae wat gestel kan word aan leerders, óf

tydens verbale bespreking of in geskrewe vorm om hulle begripsvermoëns te ontwikkel.

Page 4: GRAAD 9 SISTEMIESE EVALUERING VOORBEELD TAALTOETS ... · aangemoedig word om die hele teks self te lees. Stel voor dat die leerders woorde, frases, sinne wat hulle nie verstaan nie,

ONTWIKKEL DEUR DIE SENTRUM VIR EVALUASIE EN ASSESSERING (SEA) BY DIE UNIVERSITEIT

VAN PRETORIA.

Tabel 1: Begripsvlakke vir vrae in die graad 9 SV -taaltoets

Begripsvlak Begripsvlakbeskrywing Soort vrae/aktiwiteite om leerdervaardighede te ontwikkel

Letterlike begrip

Vind van die letterlike of eksplisiete betekenis van die teks waarin die leerder op ‘n basiese vlak herken en verstaan. Vrae toets dus ‘n leerder se vermoë om te reageer op eksplisiete inligting wat in die teks voorkom.

Leerders sover om te soek na spesifieke idees; definisies

van woorde of frases te vind;

om die deniotatiewe (aanduidende) betekenis van woorde in die teks te erken.

om details van inhoud in die teks te identifiseer (Wie? Wat? Waar? Wanneer?; hoofkarakters; titel);

om gebeurtenise in volgorde in teks te rangskik.

om die storie se agtergrond te identifiseer.

Om die hoofgedagte van die teks te vind; en

die instruksies te volg.

Afleidende begrip

Hierdie vlak behels interpretasie of afleiding van betekenis van die teks (lees tussen die lyne). Betekenis van die struktuur, karakterisering, beelde, woordsoorte, ens. binne die teks word uitgehaal en ;’n leerder se vermoë om te reageer op implisiete of konnotatiewe betekenis (wat nie gesê word nie) van woorde en situasies in ‘n teks word getoets.

Kry leerders sover om verskillende aspekte wat nie geredelik identifiseerbaar is in die teks nie, te interpreteer. Wat is die tema van die teks/paragraaf?

Waar vind die gedeelte/storie plaas?

Watter soort karakter word verteenwoordig? (bv. gemeen/slim/oneerlik)

oorsaak en gevolg;

verstaan van metafore en en stylfigure;

verstaan hoekom die skrywer sekere woorde in die konteks gebruik; en

verstaan hoekom die skrywer sekere punktuasie, ens. gebruik

Evaluerende begrip

Evaluerende begrip toets ‘n leerder se vermoë om tussen die lyne te lees deur die idees of feite in 'n teks te assesseer na gepastheid, doeltreffendheid, relevansie en akkuraatheid. ‘n Leerder moet ook waarde-oordele fel oor wat in die teks aangebied word – feit en opinie en die korrektheid van die redenering in die teks.

Kry leerders sover : om die oorhoofse boodskap of tema van

die teks raak te sien.

om alternatiewe te oorweeg vir die dade van die karakters.

om inligting te vergelyk en te kontrasteer.

om die stemming of toon van ‘n storie af te lei.

om die skrywer se gebruik van van literêre middels (punktuasie; stylfigure; sintaksis) te evalueer; om die relevansie van visuele materiaal in ‘n teks te evalueer; of

om prente te interpreteer.

Page 5: GRAAD 9 SISTEMIESE EVALUERING VOORBEELD TAALTOETS ... · aangemoedig word om die hele teks self te lees. Stel voor dat die leerders woorde, frases, sinne wat hulle nie verstaan nie,

ONTWIKKEL DEUR DIE SENTRUM VIR EVALUASIE EN ASSESSERING (SEA) BY DIE UNIVERSITEIT

VAN PRETORIA.

Kennis

vir hierdie vrae moet die leerder vorige kennis gebruik om ‘n begripsitem te beantwoord. ‘n Leerder kan gevra word om ‘n sinoniem of antoniem vir ‘n woord in die teks te verskaf. Hierdie vrae gee ‘n aanduiding van ‘n leerder se woordeskat. Ander vrae fokus bv. op die identifisering van tydsvorm, voegwoorde, woordsoorte, sinstipes (stellings, opdragte, vrae), punktuasiereëls en stylfigure wat inpas by die kurrikulumvereistes van daardie graad.

Leerders moet vertroud wees met watter sinonieme en antonieme nodig is om blootstelling te hê aan sinoniem- en antoniemsoektogte as deel van onderrigaktiwiteite. Begrip van punktuasiereëls, tydsvorm, stylfigure, sinstipes wat by graad pas moet ook vasgestel word. Leerders moet gewoond wees daaraan om volsinne te skryf en gepaste punktuasiereëls te gebruik. Leerders moet gehelp word om belangrike woordeskat en konsepte wat hulle in hulle leeswerk teëkom te verstaan, of moet strategieë geleer word wat gebruik kan word om onbekende woorde uit te werk soos hulle lees. (Gill, 2008)

Aangepas uit: DvO, 1997; Gill, 2008; Mullis et al., 2006.

Die SV-toetsinstruksies word hieronder gegee.

Hierdie instruksies kan saam met leerders gelees word sodat hulle bekend kan wees met die

formaat en kan verstaan hoe om die vrae te beantwoord. Alhoewel dit in SV-toets voorkom,

word voorbeelde oor hoe om veelkeusevrae te beantwoord nie verskaf in die voorbeeldtoets

nie, aangesien die meerderheid van graad 9-leerders weet hoe om hierdie vrae te

beantwoord. Vir enige leerders wat nie weet hoe om hierdie vrae te beantwoord nie, kan dit

verduidelik word.

Instruksies

1. Jy het 30 minute om al die vrae te beantwoord.

2. Kyk na al die prente en LEES al die stories om antwoorde te vind op die

vrae. Lees elke vraag versigtig en probeer om al die vrae te

beantwoord.

3. Daar is slegs een korrekte antwoord vir elke veelkeusevraag.

4. Vir sommige vrae moet jy „n sin of sinne of „n paragraaf in jou eie

woorde skryf.

Page 6: GRAAD 9 SISTEMIESE EVALUERING VOORBEELD TAALTOETS ... · aangemoedig word om die hele teks self te lees. Stel voor dat die leerders woorde, frases, sinne wat hulle nie verstaan nie,

ONTWIKKEL DEUR DIE SENTRUM VIR EVALUASIE EN ASSESSERING (SEA) BY DIE UNIVERSITEIT

VAN PRETORIA.

5. Sommige vrae is maklik en sommige is dalk nie so maklik nie. Indien jy

onseker is oor die antwoord, slaan die vraag oor en kom later terug

daarna indien jy tyd oor het.

6. Indien jy „n antwoord wil verander, maak seker dat jy die verkeerde

antwoord heeltemaal doodtrek.

WAG TOT JY AANGESÊ WORD OM NA DIE VOLGENDE BLADSY TE BLAAI.

Page 7: GRAAD 9 SISTEMIESE EVALUERING VOORBEELD TAALTOETS ... · aangemoedig word om die hele teks self te lees. Stel voor dat die leerders woorde, frases, sinne wat hulle nie verstaan nie,

ONTWIKKEL DEUR DIE SENTRUM VIR EVALUASIE EN ASSESSERING (SEA) BY DIE UNIVERSITEIT

VAN PRETORIA.

Onderwyswenk:

Lees is „n vaardigheid wat deurlopend ontwikkel moet word. Aanvanklik moet die leerders

aangemoedig word om die hele teks self te lees. Stel voor dat die leerders woorde, frases,

sinne wat hulle nie verstaan nie, onderstreep.

As „n onderrigstrategie, veral aan die begin van die jaar met „n moeiliker teks, lees die teks

hardop voor terwyl die leerders aan kwessies aandag gee wat hulle geïdentifiseer het, soos

moeilike woorde, onbekende begrippe, hoofkarakters in die storie, en die volgorde van

gebeurtenisse Moedig klasbesprekings van die teks aan sodat volle begrip van die teks

bereik kan word.

Vir teksgebaseerde begriptoetse, moet leerders aangemoedig word om die hele teks te lees,

die vrae deur te lees en dan die teks weer te ondersoek vir antwoorde deur die

sleutelwoorde te identifiseer. Maak seker dat die leerders die teks gebruik om na korrekte

antwoorde te soek.

Vir woordeskatontwikkeling, identifiseer woorde wat jy dink die leerders nie sal verstaan nie

en vra hulle om woorde wat hulle nie verstaan nie te onderstreep vir bespreking in die klas of

deur „n woordeboek te gebruik.

Alhoewel jy heel moontlik baie metodes sal hê wat ook vir elke vraag gebruik kan word, word

wenke aan die hand gedoen oor hoe vrae soos hierdie beantwoord kan word as deel van

leer- en onderrigtake. Vir veelkeusevrae lees elke opsie uit saam met die klas en bespreek

of dit „n waar stelling is of nie. Kies die mees gepaste opsie, maar bespreek ook hoekom

ander opsies nie geskik is nie.

Page 8: GRAAD 9 SISTEMIESE EVALUERING VOORBEELD TAALTOETS ... · aangemoedig word om die hele teks self te lees. Stel voor dat die leerders woorde, frases, sinne wat hulle nie verstaan nie,

ONTWIKKEL DEUR DIE SENTRUM VIR EVALUASIE EN ASSESSERING (SEA) BY DIE UNIVERSITEIT

VAN PRETORIA.

Lees die gedeelte en beantwoord Vraag 1 tot 19.

Oscar Pistorius

Die paralimpiese kampioen Suid-Afrikaner Oscar Pistorius is die kokende nuwe handelsmerkambassadeur vir Thierry Mugler se kenmerkende parfuum vir mans, A*Men. Mugler het sy eerste parfuum, Angel, in die kenmerkende ster-bottel in 1992 bekend gestel. A*Men of Angel Men het in 1996 gevolg.

Albei Oscar se bene is geamputeer toe hy 11 maande oud

was. Nou is hy ‘n driedubbele wêreldrekordhouer en

driedubbele paralimpiese kampioen in die 100, 200 en 400

meter-baanitems.

In 2008 het die tydskrif Time hom in sy "Heroes and

Pioneers"-kategorie as een van die invloedrykste mense

ter wêreld geïdentifiseer. Nou het Suid-Afrika se topatleet

– bekend as die vinnigste man op geen bene – die gesig van

die parfuum vir mans, A*Men, geword. ’n Woordvoerder

vir die Franse modehuis Thierry Mugler sê: “A*Men het sy

verhaal op heldhaftige mans gebou: fantasie wat innerlike

krag, vasberadenheid, charisma en onbeperkte krag

beklemtoon. Oscar Pistorius is die volmaakte beliggaming

van A*Men-waardes.”

Dit doen natuurlik ook geen kwaad dat

die 25-jarige atleet ’n fantastiese lyf

het nie. Die nuwe A*Men-veldtog, wat

in Maart hierdie jaar bekend gestel is,

bevat treffende foto’s van Oscar met sy

kaal bolyf, dye en koolstofvesel-

kunsbene, bekend as lemme, bedek met

futuristiese chroom, en die handelsmerk

se ster wat op sy gesig weerkaats word.

Page 9: GRAAD 9 SISTEMIESE EVALUERING VOORBEELD TAALTOETS ... · aangemoedig word om die hele teks self te lees. Stel voor dat die leerders woorde, frases, sinne wat hulle nie verstaan nie,

ONTWIKKEL DEUR DIE SENTRUM VIR EVALUASIE EN ASSESSERING (SEA) BY DIE UNIVERSITEIT

VAN PRETORIA.

1. Wat word Thierry Mugler se eerste parfuum genoem?

a

A*Men

b

Beautiful

c

Angel

d

DKNY

Vraagtipe: Veelkeuse

Moeilikheidsgraad: Maklik

Begripsvlak Letterlike begrip – die leerder word gevra om hierdie inligting in die teks op te spoor om

Thierry Mugler se eerste parfuum te identifiseer.

Antwoord: C

Onderwyswenk: Wanneer leerders stories, feitelike inligting of gedigte lees, motiveer hulle om vrae te stel soos Wie? Wat? Wat? Waar? om pertinente feite te identifiseer vir „n beter begrip van die teks.

2. Wat is die naam van die parfuum waarvoor Oscar die ambassadeur is?

a

A*Men

b

Hugo Boss

c

Angel

d

Tsar

Vraagtipe: Veelkeuse

Moeilikheidsgraad: Maklik

Begripsvlak Letterlike begrip – die leerder word gevra om die inligting van die teks te kry om die

naam van die parfuum waarvoor Oscar ambassadeur is te identifiseer.

Antwoord: A

Onderwyswenk: Wanneer leerders stories, feitelike inligting of gedigte lees, motiveer hulle om vrae te stel soos Wie? Wat? Wat? Waar? om pertinente feite te identifiseer vir „n beter begrip van die teks.

Page 10: GRAAD 9 SISTEMIESE EVALUERING VOORBEELD TAALTOETS ... · aangemoedig word om die hele teks self te lees. Stel voor dat die leerders woorde, frases, sinne wat hulle nie verstaan nie,

ONTWIKKEL DEUR DIE SENTRUM VIR EVALUASIE EN ASSESSERING (SEA) BY DIE UNIVERSITEIT

VAN PRETORIA.

3. Oscar Pistorius is “die kokende nuwe handelsmerkambassadeur”. Skryf een

volsin om te verduidelik wat dit beteken.

Vraagtipe: Gekonstrueerde respons

Moeilikheidsgraad Matig tot uitdagend

Begripsvlak Afleidend – die leerder moet die inligting wat verskaf is, oorweeg en betekenis heg

aan die frase op hierdie grondslag.

Antwoord: Oscar Pistorius, wat wyd erken word vir sy vermoë en toewyding aan sy sport, sal die

nuwe parfuum vir Thierry Mugler verteenwoordig en bevorder.

Volle verduideliking 3; volsin en korrekte leestekens 1

Onderwyswenk: Leerders moet baie geleenthede kry om antwoorde op begripsvrae te skryf.

Hierdie vrae moet oop wees, wat beteken dat hulle nie slegs eenwoord-antwoorde nie, maar

uitgebreide skryfwerk benodig (sinne, paragrawe). Volsinne en korrekte leestekens moet bevorder

word. Moedig die leerders aan om na elkeen van die woorde in die frase te kyk en „n begrip te

ontwikkel van die gebruik in hierdie besondere konteks. Neem kennis van die woord “kokende” –

leerders moet bewus wees van die dubbele betekenis. soos aantreklike, opwindende, nuwe, goed

in wat hy doen/ het „n wonderlike liggaam (sleng van die woord “kokend”.)

4 Wie kan aan die Paralimpiese Spele deelneem?

Mense met . . .

a

valskerms.

b

liggaamlike gestremdhede.

c

verstandelike gestremdhede.

d

prostetiese ledemate.

Page 11: GRAAD 9 SISTEMIESE EVALUERING VOORBEELD TAALTOETS ... · aangemoedig word om die hele teks self te lees. Stel voor dat die leerders woorde, frases, sinne wat hulle nie verstaan nie,

ONTWIKKEL DEUR DIE SENTRUM VIR EVALUASIE EN ASSESSERING (SEA) BY DIE UNIVERSITEIT

VAN PRETORIA.

Vraagtipe: Veelkeuse

Moeilikheidsgraad: Maklik om te modereer

Begripsvlak: Afleibare begrip – die leerder word gevra om die kategorie

van atleet wat kwalifiseer om deel te neem aan die Paralimpiese Spele te identifiseer.

Antwoord: B

Onderwyswenk: „n Bespreking kan geloods word oor die bogenoemde konsepte om „n groter begrip

van die soorte gestremdhede sowel as die betekenis van die ander woorde hierbo genoem, te

ontwikkel.

„n Debat kan gehou word oor of Oscar toegelaat behoort te word om deel te neem aan

die Paralimpiese Spele, veral aangesien hy nou saam met wêreldklas niegestremde atlede deelneem.

5. Wat is die sinoniem uit die teks vir afsny?

a

chirurgies verwyder

b

gesny

c

onthoof

d

amputeer

Vraagtipe: Sinoniem

Moeilikheidsgraad: ‟n Uitdaging – maar dit is „n teksgegronde vraag.

Begripsvlak: Kennis – leerderwoordeskat en kennis van die konsep van sinonieme word getoets.

Antwoord: D

Onderwyswenk: Voor die storie gelees word kan sekere woordeskat uit die storie gekies word vir

bespreking. Leerders kan gevra word om die betekenis van die woord en/of 'n sinoniem daarvoor te

gee.

6. Oscar Pistorius is driedubbele wêreldrekordhouer en driedubbele

paralimpiese kampioen. In `n volsin, verduidelik wat driedubbel in hierdie

konteks beteken.

Page 12: GRAAD 9 SISTEMIESE EVALUERING VOORBEELD TAALTOETS ... · aangemoedig word om die hele teks self te lees. Stel voor dat die leerders woorde, frases, sinne wat hulle nie verstaan nie,

ONTWIKKEL DEUR DIE SENTRUM VIR EVALUASIE EN ASSESSERING (SEA) BY DIE UNIVERSITEIT

VAN PRETORIA.

Vraagtipe: Gekonstrueerde respons

Moeilikheidsgraad: Matig

Begripsvlak: Evaluerende begrip – die leerder moet kennis van woordeskat toepas om die gebruik

van die woord “driedubbele” in hierdie besondere konteks te verduidelik.

Antwoord: “Driedubbele” in hierdie verband beteken dat Oscar Pistorius drie items gewen het,

naamlik die 100, 200 en 400-meter baanitems.

Volle verduideliking 2; volsin en korrekte leestekens 1 punt

Onderwyswenk: „n Bespreking van die woord drie as kernwoord kan as begin gebruik word vir

woordeskatontwikkeling. Die gebruik van die woordeboek en tesourus kan aangemoedig word.

7. Oscar Pistorius is bekend as “die vinnigste man op geen bene”. In `n

volsin, verskaf `n rede waarom hierdie stelling `n teenstrydigheid is.

Vraagtipe: Gekonstrueerde respons

Moeilikheidsgraad: „n Uitdaging

Begripsvlak:

Evaluerende begrip – die leerder moet verstaan dat selfs alhoewel Oscar geen bene het nie, hy „n

wêreldklas atleet geword het deur kunsledemate te gebruik om aan nommers deel te neem. Die

uitdagende deel van hierdie antwoord is om die woord “teenstrydigheid” te verstaan (wanneer die

feite gegee word stem dit skynbaar nie ooreen nie.)

Antwoord: Dit is „n teenstrydigheid omdat „n mens sou verwag dat die vinnigste man bene moet hê,

wat Oscar Pistorius nie het nie. die feite vertel ons dat hy geen bene het nie, maar die teenstrydigheid

kom daarby dat hy as die vinnigste man beskou word met sy oorwinning in drie naelloopnommers,

Page 13: GRAAD 9 SISTEMIESE EVALUERING VOORBEELD TAALTOETS ... · aangemoedig word om die hele teks self te lees. Stel voor dat die leerders woorde, frases, sinne wat hulle nie verstaan nie,

ONTWIKKEL DEUR DIE SENTRUM VIR EVALUASIE EN ASSESSERING (SEA) BY DIE UNIVERSITEIT

VAN PRETORIA.

wat dus sy vermoë bewys.

Volle verduideliking 2; volsin en korrekte leestekens 1

Onderwyswenk: Bespreking van die woord “teenstrydigheid”. Sit „n bespreking aan die gang oor die

vraag of Oscar tegnies „geen bene” het nie. Bespreek ook die impak van die frase “die vinnigste man

op geen bene”.

8. Watter titel het die tydskrif Time in 2008 aan Oscar gegee?

a

Heroes and Pioneers

b

die vinnigste man op geen bene

c

A*Men se fantasie-ambassadeur

d

een van die invloedrykste mense ter wêreld

Vraagtipe: Veelkeuse

Moeilikheidsgraad: Maklik

Begripsvlak: Letterlike begrip – die leerder word gevra om hierdie inligting in die teks op te spoor om

vas te stel watter eer Oscar in 2008 te beurt geval het.

Antwoord: D

Onderwyswenk: Bespreek die konsepte van helde, pioniers, ambassadeur, invloedryke mense om

woordeskat te ontwikkel.

9. Waar is Thierry Mugler se modehuis gesetel?

a

Suid-Afrika

b

VSA

c

Brittanje

d

Frankryk

Page 14: GRAAD 9 SISTEMIESE EVALUERING VOORBEELD TAALTOETS ... · aangemoedig word om die hele teks self te lees. Stel voor dat die leerders woorde, frases, sinne wat hulle nie verstaan nie,

ONTWIKKEL DEUR DIE SENTRUM VIR EVALUASIE EN ASSESSERING (SEA) BY DIE UNIVERSITEIT

VAN PRETORIA.

Vraagtipe: Veelkeuse

Moeilikheidsgraad: Maklik

Begripsvlak: Aanduidende begrip – die leerder word gevra om die naam van die land van die teks af

te lei.

Antwoord: D

Onderwyswenk: Gebruik die name van lande en verander dit na byvoeglike naamwoorde, bv.

Frankryk – Franse modehuis Inisieer „n bespreking oor die idee dat „n Suid-Afrikaner gevra word om

„n Franse modehuis te verteenwoordig. Bespreek ook ander beroemde Suid-Afrikaners wat vir sekere

handelsname ambassadeurs is, soos Charlize Theron vir Dior.

10. Watter eienskap beliggaam Oscar in die parfuum A*Men?

a

fantasie

b

innerlike krag

c

ambassadeur

d

ikoon

Vraagtipe: Veelkeuse

Moeilikheidsgraad: Maklik

Begripsvlak: Letterlike begrip – die leerder word gevra om die inligting van die teks te kry om die

naam van die eienskap te kry wat die soort parfuum voorstel waarvan Oscar Pistorius die

ambassadeur is.

Antwoord: B

Onderwyswenk: Bespreek positiewe eienskappe wat mense beliggaam soos innerlike krag,

nederigheid, vasberadenheid, passie, charisma, toewyding, uithouvermoë, moed.

Vergelyk hierdie karaktereienskap met dié wat gevind kan word in tekste wat tans in die klas gelees word.

11. Waarvan is Oscar se lemme gemaak?

a

teflon

b

staal

c

koolstofvesel

d

aluminium

Page 15: GRAAD 9 SISTEMIESE EVALUERING VOORBEELD TAALTOETS ... · aangemoedig word om die hele teks self te lees. Stel voor dat die leerders woorde, frases, sinne wat hulle nie verstaan nie,

ONTWIKKEL DEUR DIE SENTRUM VIR EVALUASIE EN ASSESSERING (SEA) BY DIE UNIVERSITEIT

VAN PRETORIA.

Vraagtipe: Veelkeuse

Moeilikheidsgraad: Maklik

Begripsvlak: Letterlike begrip – die leerder word gevra om die inligting te verkry uit die teks, om

die materiaal wat gebruik is om Oscar se kunslemme van te vervaardig te identifiseer.

Antwoord: C

Onderwyswenk: Terugvind van gegewens is „n belangrike komponent van leesgeletterdheid en

behoort ingskerp te word maar met toenemende beklemtoning van hoërordebegrip. Aangesien

hierdie materiaal vreemd mag wees, sou ‟n bespreking kon uitloop op ‟n beter begrip van elk van

die materiale. Met die bespreking van die verskillende soorte materiaal wat gebruik is om Oscar se

lemme van te vervaardig, kan navorsing gedoen word om vas te stel hoekom hierdie besondere

materiaal wel gebruik is.

12. Waarvan is Oscar se “kostuum” gemaak?

a

aluminium

b

chroom

c

koolstofvesel

d

teflon

Vraagtipe: Veelkeuse

Moeilikheidsgraad: Maklik

Begripsvlak: Letterlike begrip – die leerder word gevra om die inligting te verkry uit die teks, om die

materiaal wat gebruik is om Oscar se kostuum van te vervaardig.

Antwoord: B

Onderwyswenk: Weereens, aangesien hierdie materiaal vreemd mag wees, sou ‟n bespreking kon

insluit ‟n beter begrip van elk van die materiale. Bespreek die gebruik van die woord “kostuum” en

of dit gepas is gegewe die konteks van die advertensie. Visuele geletterdheid kan ook ingeboiu

word in ‟n bespreking oor die verpakking van die parfuum – sien prentjie in die teks.

Page 16: GRAAD 9 SISTEMIESE EVALUERING VOORBEELD TAALTOETS ... · aangemoedig word om die hele teks self te lees. Stel voor dat die leerders woorde, frases, sinne wat hulle nie verstaan nie,

ONTWIKKEL DEUR DIE SENTRUM VIR EVALUASIE EN ASSESSERING (SEA) BY DIE UNIVERSITEIT

VAN PRETORIA.

13. Waarom sal Oscar ‟n “volmaakte beliggaming van A*Men-waardes” wees?

Oscar . . .

a

moes innerlike krag toon om sy gestremdheid te oorkom.

b

moes baklei om sy atletiekrekords erken te kry.

c

het ‟n volmaakte liggaam, waarna Thierry Mugler op soek was.

d

is ‟n kampioen en dit was wat Thierry Mugler wou hê.

Vraagtipe: Veelkeuse

Moeilikheidsgraad: Matig

Begripsvlak: Afleidende begrtip – die leerder word gevra om die waardes wat Oscar onderskryf uit

die inligting van die teksw af te lei.

Antwoord: A

Onderwyswenk: Vergelyk opsies A en C en bespreek hoekom die een meer gepas as ‟n antwoord is

as die ander, gebaseer opd ei handelsmerk se vereistes vir die geur en die eienskappe wat die geur

verteenwoordig. Bespreek maatskaplike waardes en die teikenmark wat die advertensie in

berekening neem.

14. Die volgende figuurlike uitdrukking kan op Oscar se sukses van toepassing

wees. "Hou jou oë op die bal en moenie jou aan jou vriende steur nie.”

Dit is ‟n voorbeeld van . . .

a

personifikasie.

b

vergelyking.

c

idioom.

d

metafoor.

Vraagtipe: Veelkeuse

Moeilikheidsgraad: Matig

Begripsvlak: Kennis – die leerder word gevra om taalkennis toe te pas om die korekte stylfiguur wat

in die teks voorkom te identifiseer.

Antwoord: C

Page 17: GRAAD 9 SISTEMIESE EVALUERING VOORBEELD TAALTOETS ... · aangemoedig word om die hele teks self te lees. Stel voor dat die leerders woorde, frases, sinne wat hulle nie verstaan nie,

ONTWIKKEL DEUR DIE SENTRUM VIR EVALUASIE EN ASSESSERING (SEA) BY DIE UNIVERSITEIT

VAN PRETORIA.

Onderwyswenk: Neem kennis daarvan dat ‟n vraag oor stylfigure in die begripstaak ingesluit word.

Vir die werklike SV-toets, Taalstruktuur en -gebruik word vrae op hierdie wyse ingesluit. So bv. kan

leerders gevra word om woordsoorte te identifiseer, die funksie van ‟n leesteken in 'n sin, om dit na

indirekte rede oor te skakel, voornaamwoorde, lidwoorde, idiome en idiomatiese uitdrukkings, as deel

van die toets. In die beplanning van begripstake, is dit dus betekenisvol om geleenthede te vind vir

leerders om te werk met die Taalstruktuur en -gebruik as deel van hierdie take.

15. Wat is die beste verduideliking vir “Hou jou oë op die bal en moenie jou aan

jou vriende steur nie”?

Oscar moet . . .

a

op sy doelwit fokus en nie sy aandag laat aflei nie.

b

op die mening van sy vriende staatmaak.

c

almal om hom ignoreer.

d

deeglik deur sy familie beskerm word.

Vraagtipe: Veelkeuse

Moeilikheidsgraad: Matig tot uitdagend

Begripsvlak: Afleidende begrip – die leerder word gevra om kennis van woordeskat en begrip van

die teks toe te pas om die stylfiguur te verduidelik.

Antwoord: A

Onderwyswenk: Voltooi ‟n lys van idiome en spreekwoorde en inisieer ‟n bespreking van die

betekenis. Bespreek die feit dat idiome en spreekwoorde in die leerders se eie skryfwerk toegepas

kan word.

16. Waarom word Oscar deur die tydskrif Time as ‟n held beskou?

Oscar …

a

is die eerste persoon wat lemme gebruik om mee te ding.

b

is ‟n paralimpiese kampioen.

c

het sy gestremdheid in ‟n geleentheid vir sukses omskep.

d

is rêrig ‟n aangename ou.

Page 18: GRAAD 9 SISTEMIESE EVALUERING VOORBEELD TAALTOETS ... · aangemoedig word om die hele teks self te lees. Stel voor dat die leerders woorde, frases, sinne wat hulle nie verstaan nie,

ONTWIKKEL DEUR DIE SENTRUM VIR EVALUASIE EN ASSESSERING (SEA) BY DIE UNIVERSITEIT

VAN PRETORIA.

Vraagtipe: Veelkeuse

Moeilikheidsgraad: Matig

Begripsvlak: Afleibare begrip – die leerder word gevra om „n rede te gee

hoekom Oscar as „n held beskou word.

Antwoord: C

Onderwyswenk: die konsep van wat van „n persoon „n held maak, kan gedebatteer word en die

meriete van al die antwoordopsies kan bespreek word. As „n uitgebreide skryftaak kan leerders gevra

word om „n paragraaf te skryf waarin Oscar se eienskappe as held vergelyk word met die eienskappe

van hulle eie held of heldin.

17. Oscar kan as ‟n ikoon beskryf word. Wat beteken dit?

Oscar is 'n ikoon omdat hy . . .

a

as ‟n simbool van manlike heldhaftigheid beskou word.

b

iets dappers gedoen het.

c

‟n held is omdat hy sy gestremdheid oorkom het.

d

‟n ambassadeur vir ‟n nuwe parfuum is.

Vraagtipe: Veelkeuse

Moeilikheidsgraad: Matig

Begripsvlak: Afleidende begrip – die leerder word gevra om die idee van „n ikoon (simbool, persoon

wat hoog geag word)

Antwoord: A

Onderwyswenk: Die term „ikoon‟ kan bespreek word en oorweeg word ten opsigte van Oscar en sy rol as handelsmerkambassadeur vir die parfuum. Bespreking van hierdie vraag kan ook geïntegreer word met „n bespreking van vraag 16 om die verskille tussen helde en ikone na te gaan.

18. Watter enkele woord som Oscar se kostuum vir die advertensie op?

a

Dapper

b

Ikonies

c

Futuristies

d

Handelsmerk

Page 19: GRAAD 9 SISTEMIESE EVALUERING VOORBEELD TAALTOETS ... · aangemoedig word om die hele teks self te lees. Stel voor dat die leerders woorde, frases, sinne wat hulle nie verstaan nie,

ONTWIKKEL DEUR DIE SENTRUM VIR EVALUASIE EN ASSESSERING (SEA) BY DIE UNIVERSITEIT

VAN PRETORIA.

Vraagtipe: Veelkeuse

Moeilikheidsgraad: Maklik

Begripsvlak: Letterlike begrip – die leerder word gevra om „n beskrywende byvoeglike naamwoord te

vind vir Oscar se kostuum.

Antwoord: C

Onderwyswenk: Begin met „n bespreking oor die konsepte wat hierbo gelys is as deel van

woordeskatontwikkeling.

19. Time tydskrif het Oscar Pistorius benoem as een van die mees invloedryke

mense in die wêreld. Stem jy saam met hierdie lof? Verduidelik jou

antwoord in `n kort paragraaf deur volsinne te gebruik.

Vraagtipe: Gekonstrueerde respons

Moeilikheidsgraad: Uitdagend

Begripsvlak: Evalerende begrip – die leerder moet al die inligting in die teks oorweeg, dit evalueer en

„n besluit neem of dit hom/haar regverdig om met die stelling saam te stem. Dit moet dan ondersteun

word deur bewyse uit die teks.

Antwoord:

Ja

Page 20: GRAAD 9 SISTEMIESE EVALUERING VOORBEELD TAALTOETS ... · aangemoedig word om die hele teks self te lees. Stel voor dat die leerders woorde, frases, sinne wat hulle nie verstaan nie,

ONTWIKKEL DEUR DIE SENTRUM VIR EVALUASIE EN ASSESSERING (SEA) BY DIE UNIVERSITEIT

VAN PRETORIA.

Hy word beskou as die vinnigste man op geen bene.

Deur lemme te gebruik om mee te hardloop, het hy baanbrekerswerk verrig deur „n nuwe

tegniek bekend te stel.

Hy is „n dreedubbele wêreldkampioen deurdat hy die 100-, 200- en 400-meter

naelloopbaanitems gewen het.

Hy is ambassadeur vir „n internasionale modehuis.

Hy het vasberadenheid en moed getoon teenoor uitdagings en is dus 'n rolmodel vir

jongmense.

Hy geniet internasionale status soos getoon word deur die openbare erkenning wat hy geniet.

Sy vermoëns het stereotipes van mense met gebreke, verkeerd bewys.

Sy status as 'n beroemde persoon kan die jonger geslag beïnvloed.

Nee

Sy prestasies is kontroversieel.

Sy status mag van korte duur wees.

Hy kan oor die hoof gesien word of verbied word in toekomstige kompetisies (vorige kennis

van leerders).

Daar mag ander atlede met gebreke wees wat reeds stereotipes aangaande hulle vermoëns

verkeerd bewys het.

Korrekte antwoord (3); Hoofletters en punt aan die einde van sin.

Onderwyswenk: Vir uitbreiding aan die einde van enige teks sou leerders gevra kon word om

afleidings te maak oor „n tema, „n konsep, „n eienskap, „n intrige, die moraal van die storie. Om

kritiese denke verder aan te moedig, kan ander artikels oor Oscar Pistorius of ander atlete met

gebreke, soos Natalie du Toit gelees word en bestudeer word en met hierdie teks vergelyk word.

DIE EINDE

Bibliografie

Barrett, T.C. (1976). Taxonomy of reading comprehension. In Smith, R., & Barrett, T.C. (Eds.). Teaching reading in the middle class. Boston, MA: Addison- Wesley.

Mullis, I.V.S., Kennedy, A.M., Martin, M.O. and Sainsbury, M. (2004). PIRLS 2006 Assessment Framework and Specifications. Boston: TIMSS & PIRLS International Study Center Lynch School of Education, Boston College.

OECD (Organisation for Economic Cooperation and Development) (2009). PISA 2009 Assessment

Framework- key competencies in reading, mathematics and science. Paris: OECD.