3
70 21. Natuurrampe Aktiwiteit Koerantopskrifte soos dié verskyn gereeld: 1. Hoekom is dit nuuswaardig as die staat droogtehulp verleen? 2. Watter gevolge hou natuurrampe vir die breë bevolking in (ook vir mense wat in ‘n stad woon)? 3. Watter maatreëls kan ons tref om natuurrampe te voorkom? Kan hierdie maatreëls ons die versekering gee dat ons van natuurrampe gevrywaar is? Leerinhoud Natuurrampe in Suid-Afrika Suid-Afrika se grootste natuurramp het op 25 Januarie 1981 plaasgevind. Op hierdie Sondag het die Buffelsrivier sy walle oorstroom en die dood van 104 mense veroorsaak. Meer as 8 000 kubieke meter water per sekonde het deur Laingsburg, ‘n dorpie in die Karoo aan die oewer van die Buffelsrivier, gestroom. Net 21 huise kon in die water- stroom staande bly, die res is deur die massa water weggevee. Selfs die ouetehuis waar talle oumense op die dak van die gebou vasgekeer was, het meegegee. Onmiddellik na die ramp het die owerheid op groot skaal met noodleniging begin. Veral die weermag is ingespan om noodsaaklike dienste te verskaf. ‘n Sentrale rampfonds is in die lewe geroep waartoe talle mense ruim bygedra het. Met hierdie geld kon begin word om strate, waterpypleidings en geboue te herstel. Talle ander natuurrampe het Suid-Afrika in die afgelope eeu getref. So is die dorpie Tulbach byvoorbeeld deur ‘n aardbewing erg beskadig, terwyl die groot droogte van

Lewensorientering gr 6 - · PDF file71 1933 tot baie vrektes onder vee en selfs lewensverlies onder mense aanleiding gegee. Suid-Afrika is ‘n land met klimaatuiterstes

  • Upload
    lamtruc

  • View
    246

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Lewensorientering gr 6 -  · PDF file71 1933 tot baie vrektes onder vee en selfs lewensverlies onder mense aanleiding gegee. Suid-Afrika is ‘n land met klimaatuiterstes

70

21. Natuurrampe

Aktiwiteit

Koerantopskrifte soos dié verskyn gereeld:

1. Hoekom is dit nuuswaardig as die staat droogtehulp verleen?

2. Watter gevolge hou natuurrampe vir die breë bevolking in (ook vir mense wat in ‘n stad woon)?

3. Watter maatreëls kan ons tref om natuurrampe te voorkom? Kan hierdie maatreëls ons die versekering gee dat ons van natuurrampe gevrywaar is?

Leerinhoud

Natuurrampe in Suid-Afrika

Suid-Afrika se grootste natuurramp het op 25 Januarie 1981 plaasgevind. Op hierdie Sondag het die Buffelsrivier sy walle oorstroom en die dood van 104 mense veroorsaak. Meer as 8 000 kubieke meter water per sekonde het deur Laingsburg, ‘n dorpie in die Karoo aan die oewer van die Buffelsrivier, gestroom. Net 21 huise kon in die water-stroom staande bly, die res is deur die massa water weggevee. Selfs die ouetehuis waar talle oumense op die dak van die gebou vasgekeer was, het meegegee.

Onmiddellik na die ramp het die owerheid op groot skaal met noodleniging begin. Veral die weermag is ingespan om noodsaaklike dienste te verskaf. ‘n Sentrale rampfonds is in die lewe geroep waartoe talle mense ruim bygedra het. Met hierdie geld kon begin word om strate, waterpypleidings en geboue te herstel.

Talle ander natuurrampe het Suid-Afrika in die afgelope eeu getref. So is die dorpie Tulbach byvoorbeeld deur ‘n aardbewing erg beskadig, terwyl die groot droogte van

Page 2: Lewensorientering gr 6 -  · PDF file71 1933 tot baie vrektes onder vee en selfs lewensverlies onder mense aanleiding gegee. Suid-Afrika is ‘n land met klimaatuiterstes

71

1933 tot baie vrektes onder vee en selfs lewensverlies onder mense aanleiding gegee. Suid-Afrika is ‘n land met klimaatuiterstes. Ons kan redelik seker wees dat ons elke nou en dan ‘n natuurramp sal beleef.

Invloed van natuurrampe

Die mens doen alles in sy vermoë om natuurrampe tot die minimum te beperk. Reuse damme soos die Vaal-, Hartebeespoort- en Gariep-dam word gebou om die vloei van water te beheer. Daardeur word nie net water vir droë maande van die jaar opgegaar nie, maar kan vloedwater ook in ‘n groot mate beheer word.

Ongelukkig is dit onmoontlik om alle natuurrampe te voorkom. Die mens beskik eenvoudig nie oor die vermoë om die krag van die natuur te weerstaan nie. Orkane, tornado’s, aardbewings, bosbrande, vloede en vulkaniese uitbarstings veroorsaak jaarliks lewensverlies van duisende mense regoor die wêreld.

Ongelukkig is dit so dat die armste mense dikwels die ergste deur natuurrampe getref word. Huise word gebou op terreine wat nie geskik is vir die oprigting van wonings

nie. Daar word ook van minderwaardige boumateriaal gebruik gemaak en die konstruksie laat veel te wense oor.

In geval van stormweer kan sulke huise nie staande bly teen die aanslae van wind en water nie. Gereeld word op TV en radio berig oor die haglike omstandighede in plakkerskampe ná stormweer. Van hierdie mense verloor dan die enigste besittings waaroor hulle beskik.

Dis nie net die armes wat ly onder natuurrampe nie. Buiten die skade aan privaateiendom, word infrastruktuur in baie gevalle erg beskadig. Die koste verbonde aan spoorlyne of paaie wat deur vloede weggespoel word, beloop miljoene rande. Verder kos die herstel van waterpypleidings en kragtoevoerstelsels die owerheid (en daardeur die belastingbetaler) ‘n geweldige som geld.

Laingsburg op 25 Januarie 1981 na die vloede.

As mense staan ons magteloos teen die krag van die natuur.

Page 3: Lewensorientering gr 6 -  · PDF file71 1933 tot baie vrektes onder vee en selfs lewensverlies onder mense aanleiding gegee. Suid-Afrika is ‘n land met klimaatuiterstes

72

Hoe moet ons oordeel oor natuurrampe wat plaasvind?

In Genesis 7 lees ons hoe die Here ‘n natuurramp gebruik om die mensdom te straf omdat hulle korrup en vol geweld was. Deur stortreën op die aarde te laat neersak, word mens en dier verswelg. Net Noag en die wat saam met hom in die ark gegaan het, bly behoue. Die Here belowe dat Hy nie weer so ‘n ramp oor die aarde sal laat kom nie. As teken hiervan gee die Here ‘n reënboog. Dit beteken nie dat daar nie meer natuurrampe gaan plaasvind nie.

Tydens Jesus se profetiese rede sê Hy aan sy dissipels: “daar sal hongersnood wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke” (Mat. 24:7). In die boek Openbaring word hierdie natuurrampe aangedui as teken van Christus se koms: Elke keer as ons hoor van vloede of aardbewings moet ons Christus se naderende voetstappe hoor. In die geloof kan ons seker wees dat daar ook vir ons ‘n nuwe hemel en aarde voorlê waar geen rampe meer sal plaasvind nie. As gelowiges moet ons net volhard in die geloof, want “wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word”.(Ps 121:7)

Infrastruktuur soos paaie raak erg beskadig deur natuurrampe soos aardbewings.

God het die reënboog as teken gegee dat hy nie weer die aarde deur ‘n watervloed sal verdelg nie.

Assesseringsopdragte

1. Vind meer uit oor een of ander natuurramp. Kom vertel die klas daarvan. Probeer ook foto’s kry.

2. Bedink strategieë wat gevolg kan word om die lot van arm mense te verlig sodat hulle nie so uitgelewer aan die natuur is nie.

3. Hoe moet ons as gelowiges oordeel oor die rampe wat die mensdom tref?