13
Liewe Bruid en Bruidegom Baie geluk met julle verlowing. Mag die beplanning van julle bruilof ‘n besonderse tyd in julle lewe wees. Geniet elke oomblik daarvan. Om die regte onthaalarea te kies om julle nuwe lewe saam te begin kan tydrowend wees en daarom wil ons dankie sê dat julle die moeite doen om meer van ons fasiliteite uit te vind. Waenhuiskraal is vanaf Rigellaan, Pretoria, 25 km uit op die Delmaspad, R50. Pragtige graslande en ruimtes so ver soos die oog kan sien begroet jou. Waenhuiskraal se ontstaan het gekom van Afrikaans sprekendes soos ek en jy wat die nostalgie wil vasvang van malvapoeding en pampoentert, die dorsvloer op die plaas en ouma se onthou kos, waar jy in Afrikaans kan kuier en skoffel op ‘n mieliemeel vloer. Die besonderse dag gaan net oor julle en die dag word gevier saam met familie en vriende wat altyd deel van julle lewe sal wees. Ons sien uit daarna om julle te verwelkom by Waenhuiskraal en beloof om die geseënde dag spesiaal te maak vir jare se herinneringe. Seënwense Die Waenhuiskraalspan

Liewe Bruid en Bruidegomstorage.googleapis.com/wzukusers/user-14962714/documents/...Naweek pakket (Enige van die Saterdag opsies hierbo ) • Vrydag word alleenlik gebruik om saal

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Liewe Bruid en Bruidegomstorage.googleapis.com/wzukusers/user-14962714/documents/...Naweek pakket (Enige van die Saterdag opsies hierbo ) • Vrydag word alleenlik gebruik om saal

Liewe Bruid en Bruidegom Baie geluk met julle verlowing. Mag die beplanning van julle bruilof ‘n besonderse tyd in julle lewe wees. Geniet elke oomblik daarvan. Om die regte onthaalarea te kies om julle nuwe lewe saam te begin kan tydrowend wees en daarom wil ons dankie sê dat julle die moeite doen om meer van ons fasiliteite uit te vind. Waenhuiskraal is vanaf Rigellaan, Pretoria, 25 km uit op die Delmaspad, R50. Pragtige graslande en ruimtes so ver soos die oog kan sien begroet jou. Waenhuiskraal se ontstaan het gekom van Afrikaans sprekendes soos ek en jy wat die nostalgie wil vasvang van malvapoeding en pampoentert, die dorsvloer op die plaas en ouma se onthou kos, waar jy in Afrikaans kan kuier en skoffel op ‘n mieliemeel vloer. Die besonderse dag gaan net oor julle en die dag word gevier saam met familie en vriende wat altyd deel van julle lewe sal wees. Ons sien uit daarna om julle te verwelkom by Waenhuiskraal en beloof om die geseënde dag spesiaal te maak vir jare se herinneringe. Seënwense Die Waenhuiskraalspan

Page 2: Liewe Bruid en Bruidegomstorage.googleapis.com/wzukusers/user-14962714/documents/...Naweek pakket (Enige van die Saterdag opsies hierbo ) • Vrydag word alleenlik gebruik om saal

Die volgende word standaard ingesluit saam met al ons pakkette 1) Konsultasie met bruidspaar 2) Funksie koördineerder 3) Die Kapel Die kapel se “rustic” waenhuis gee die gevoel van oupa se skuur. Met sy imposante hoë kruis van 3 meter en ou ossewa wiel kandelaar laag van die dak, gaan julle op geen ander plek julle huwelik wil begin nie.

- Standaard konfetti houers

- Registrasietafel

- Koektafel indien koek by kerk\welkom area gesny word

- Klank sisteem in kapel

4) Welkom-area Met pragtige tuine en waterstrome is dit verfrissend om onder die bome die welkom drankie te geniet terwyl die bruidspaar foto’s neem in die veld en Waenhuiskraal se foto hoekies.

- Die onthaalsaal se deure sal toe bly tot die bruidspaar terug kom van die foto’s.

- Lieflike uitspanplek omring met waterstrome vir die gaste om te ontspan en hulle welkom drankie te geniet terwyl die bruidspaar hulle foto’s in die veld gaan neem.

- Yshouers en bierkroeg – indien benodig (drankies kan gereel en verskaf word)

- Yster kelners en hout tolle staan die tuin rond om die welkomdrankies en vingerhappies op uit te sit.

Pakketsamestelling

Page 3: Liewe Bruid en Bruidegomstorage.googleapis.com/wzukusers/user-14962714/documents/...Naweek pakket (Enige van die Saterdag opsies hierbo ) • Vrydag word alleenlik gebruik om saal

5) Die Onthaal Waenhuiskraal se dorsvloer is genoeg vir 180 gaste en met nog genoeg spasie vir ‘n dansvloer van 128 ��, kan julle vir jul gaste die troue van die jaar beplan. Die kroegarea, wat binne-in die onthaal area is, hou die gaste en die gees van die partytjie bymekaar. Vir die ouer garde is daar ook ‘n koffiekroeg area, met pruttende koffie kanne en gemaklike sitplekke. Neffens die dans area, is ons boma wat heerlike warmte uitstraal vir ‘n lekker kuier.

- Spesiale bruid en bruidegom stoele en tafel

- Growwe tekstuur hout tafels en stoele

- Blikborde (standaard) aan die Dorsvloer

- Houtborde met 3 poot potjies vir verskillende geregte vir opdien.

- Eetgerei en glase

- Personeel vir die opstel van tafels en stoele

- Wyn en sjampanje glase

- “Candy bar” met koffiekroeg

- Sekuriteitsparkering

- Geskenktafel

- Standaard beligting

- Ossewa wiel as beligting oor die dansvloer

- Blom en beligtinghouers bo-kant tafels is houtlere wat vanaf balke hang.

- Antieke fokuspunte vir tafels soos: skale, tikmasjiene, mynligte en naaimasjiene.

- Buffet area

- Kragopwekker op bystand

- Waenhuiskraal besit ook hulle eie DJ en klankstelsel en is opsioneel tot die pakkette. (kwotasie op aanvraag)

Page 4: Liewe Bruid en Bruidegomstorage.googleapis.com/wzukusers/user-14962714/documents/...Naweek pakket (Enige van die Saterdag opsies hierbo ) • Vrydag word alleenlik gebruik om saal

6)Foto hoekies

- Pragtige antieke bank wat aan toue van die balke hang.

- Perde karre en waens

- Ou Ford motorkarwrak binne dam vir foto’s reg voor saal

- In die bos

- Grasbale, ou trekker en dorsmasjien

7)Verblyf

• Wittebrood suite Ontspannende atmosfeer, met ‘n romantiese gevoel van eenvoud.

.

• Moeder van die Bruid kamer Kan ook gebruik word vir die bruidegom en sy gevolg om aan te trek.

Page 5: Liewe Bruid en Bruidegomstorage.googleapis.com/wzukusers/user-14962714/documents/...Naweek pakket (Enige van die Saterdag opsies hierbo ) • Vrydag word alleenlik gebruik om saal

Die volgende vorm nie deel van die standaard pakkette nie

• Alkoholiese en nie-alkoholiese welkomdrankies.

• Tafelwyn of sjampanje (Mag self voorsien word maar n kurkfooi sal vereffen word, kurkfooi sal bevestig word per navraag)

• Fotograaf

• Sanger of instrumentale musiek by die kapel of DJ by onthaalarea.

• Klanksisteem vir die onthaal area

• Pastoor of Dominees.

• Ekstra dekor vir persoonlike gevoel

• Soetgoed vir die “candy bar”

• Verversings met neem van foto’s

• Blomme

• Verblyf vir gaste

• Kelners

Uitgesluit

Page 6: Liewe Bruid en Bruidegomstorage.googleapis.com/wzukusers/user-14962714/documents/...Naweek pakket (Enige van die Saterdag opsies hierbo ) • Vrydag word alleenlik gebruik om saal

PRYSE VASGESTEL VIR TYDPERK: Desember 2015 – Desember 2016 Publieke vakansiedae en dag voor publieke vakansiedae sal as ‘n Vrydag en ‘n Saterdag gereken word.

Dae van die week: Opsie 1 Maandae tot Donderdae (hele jaar) Minimum 60 gaste – maksimum 140 gaste (R130 per kop ekstra tot en met 180)

Huur van Waenhuiskraal R 8 500-00 Opsie 2 Vrydae (September – April) Minimum van 80 gaste – maksimum 140 gaste (R130 per kop ekstra tot en met 180)

Huur van Waenhuiskraal R15 500-00 Opsie 3 Vrydae (Mei – Augustus Winter) Minimum 80 gaste – maksimum 140 gaste (R130 per kop ekstra tot en met 180)

Huur van Waenhuiskraal R 11 500-00 Opsie 4 Saterdag (September – April) Minimum van 80 gaste – maksimum 140 gaste (R130 per kop ekstra tot en met 180)

Huur van Waenhuiskraal R17 500-00 Opsie 5 Saterdae (Mei – Augustus Winter) Minimum 80 gaste – maksimum 140 gaste (R130 per kop ekstra tot en met 180)

Huur van Waenhuiskraal R13 500-00

Pakket opsies

Page 7: Liewe Bruid en Bruidegomstorage.googleapis.com/wzukusers/user-14962714/documents/...Naweek pakket (Enige van die Saterdag opsies hierbo ) • Vrydag word alleenlik gebruik om saal

Opsie 6

Oggend troues

Slegs Sondae reg deur die jaar vanaf 11h00-16h00

Minimum 40 gaste – maksimum 80 gaste (R130 per kop ekstra tot en met 100)

Huur van Waenhuiskraal R8 000-00

Opsioneel Naweek pakket (Enige van die Saterdag opsies hierbo )

• Vrydag word alleenlik gebruik om saal en kapel te versier.

• Hek maak 14h00 oop en sal 20h00 sluit vir die wat nie oornag nie.

• Kostes sluit in: Staanplek vir karavane & tente vir die Vrydag, asook

: Bruidskamer : Oopstel van die saal : Oopstel van die kapel

R3 000-00

Kinders Ons welkom-area het ‘n 90 meter water stroom en daarom sal ons aanraai dat indien baie kinders deel vorm van julle gaste lys, dat ons aan julle ‘n pakket voorlê vir kiddies-entertainment (Op aanvraag) Let wel dat ouers verantwoordelik is vir toesig oor hulle kinders al word daar entertainment gereel op die perseel. Waenhuiskraal kan nie aanspreeklik gehou word vir nalatigheid van ouers nie. Kostes van kinders: Onder 8 jaar oud – Gratis Onder 12 jaar oud – R65-00 Onder 13 en ouer – R130-00 (Volwassene prys) Kelners (Opsioneel) 1 kelner vir 30 persone teen R55 per uur .

• Bruid en bruidegom sal saam met Voedselverskaffer besluit oor kelners en hoeveelheid wat benodig sal word.

• Waenhuiskraal voorsien kombuis personeel vir die skoonmaak van tafels en opwas.

Personeel

Page 8: Liewe Bruid en Bruidegomstorage.googleapis.com/wzukusers/user-14962714/documents/...Naweek pakket (Enige van die Saterdag opsies hierbo ) • Vrydag word alleenlik gebruik om saal

Welkom drankies:

(Opsioneel en op aanvraag deur voedselverskaffer) • Nie-alkoholiese welkomdrankies

• Gegeurde water by welkom buffet

• Alkoholiese welkomdrankies

• Sjerrie fontein

Drankies op Tafels: (Indien Waenhuiskraal verskaf)

• Vonkelwyn, wit wyn en rooiwyn teen kosprys + R30 kurkfooi per bottel

• 1 Vrugtesap beker per tafel ingesluit Lys van drank sal bepaal word na gelang van julle behoefte. Pryse van drank sal bekostigbaar gehou word. Geen drank mag van buite ingebring word nie. Kroeg pryslys is beskikbaar op aanvraag

Kroeg • Kontant alleenlik by die kroeg

• Geen drank word op rekening gedrink nie. Slegs die bruid en bruidegom se

rekening sal gegee word, maar is betaalbaar op die aand van die troue.

Verversings

Page 9: Liewe Bruid en Bruidegomstorage.googleapis.com/wzukusers/user-14962714/documents/...Naweek pakket (Enige van die Saterdag opsies hierbo ) • Vrydag word alleenlik gebruik om saal

(Akkommodasie in aanbouing, doen navraag asseblief) Karavane en tente is welkom.

Dubbelkamers R300

Bunkerbed kamers (slaap 4) R400

Karavaan en Tente R150 per eenheid

• 50% deposito is betaalbaar met bespreking van akkommodasie.

• Deposito is nie terugbetaalbaar indien kansellasie plaasvind binne 30 dae voor die troue nie.

• Eie beddegoed asseblief.

Betaling 1

Deposito: 50 % Huuropsie bedrag

Met teken van kontrak

Betaling 2 Uitstaande balans: 50% Finale gastelys.

Breekfooi deposito van R2000.00

3 Weke voor datum

Betaling 3 Enige bykomende rekening bv. Kroeg Aand van funksie

Breekfooi Terugbetaling van dep R2 000.00 minus breekskade

7 Dae na bruilofsdatum

Betalings kan gemaak word deur direkte deposito of elektroniese oorplasings. E-pos asseblief bevestiging van betaling

Waenhuiskraal Boerdery

Nedbank

Rekening nr.:1093447079

Takkode:160-545

[email protected] www.waenhuiskraal.co.za

Facebook: waenhuiskraal

076 030 4827 Ansie

Betalings skedule

Akkommodasie

Page 10: Liewe Bruid en Bruidegomstorage.googleapis.com/wzukusers/user-14962714/documents/...Naweek pakket (Enige van die Saterdag opsies hierbo ) • Vrydag word alleenlik gebruik om saal

Algemeen:

• Tariewe is geldig vir Jaarlikse kwartaal van Desember 2015 – Desember 2016. ‘n Minimum van 15% verhoging op volgende jaarlikse kwartaal.

• Die boonste kwotasie is onderworpe aan beskikbaarheid van ‘ n datum. Dit is die bruid en bruidegom se verantwoordelikheid om so vinnig moontlik hulle dagboek te beplan en vas te maak.

• As gevolg van onvoorsiene omstandighede, is daar moontlik pryse wat sal verhoog sonder enige kennisgewing.

• Kos sal op buffet tafel gehou word vir 30 min na opdien tyd van hoofgereg.

• Musiek sal teen 23h45 tot op ‘n aanvaarbare vlak sagter gesit word en die kroeg sal teen 01h00 toemaak en geen Alkoholiese drankies mag na 02h00 op die perseel gedrink word nie. (Volgens wet)

• Gratis en veilige parkering is beskikbaar

• Enige addisionele items wat u as klient wil inbring word op eie kostes deur u self gehuur en terug besorg.

• Alle pryse sluit 14% BTW in.

• Ons doen net een troue per dag

• Oggend na die troue moet gaste teen 9h30 ontruim wees.

• Geen agterstallige inbetalings word aanvaar nie. Dit sal geld as kontrakbreuk.

• Kwotasie alleenlik geldig vir 2 maande. Besprekings:

• Ons sal met graagte u bespreking vir julle funksie vir 14 dae uithou.

• Sodra die deposito betaal is sal u datum bevestig word.

• Indien die gemelde deposito nog nie betaal is teen datum verwag nie, behou Waenhuiskraal hom die reg voor om die datum uit te gee aan wie ookal daarvoor vra.

Voorwaardes

Page 11: Liewe Bruid en Bruidegomstorage.googleapis.com/wzukusers/user-14962714/documents/...Naweek pakket (Enige van die Saterdag opsies hierbo ) • Vrydag word alleenlik gebruik om saal

Kansellasies:

Enige kansellasie is alleenlik geldig indien dit op skrif gestel is:

• Indien kansellasie ons bereik 120 dae (honderd en twintig) dae en meer voor die

vasgestelde troudatum sal 10% van die deposito as kansellasiefooi terug gehou word.

• Indien kansellasie ons bereik 90 (negentig ) voor die vasgestelde

troudatum sal 50% van die deposito as kansellasiefooi terug gehou word.

• Indien die skriftelike kansellasie ons bereik 60 (sestig ) en minder voor die

vasgestelde troudatum sal die volle deposito as kansellasiefooi dien. Aanskuif van

datum en nie opdaag nie sal gesien word as kansellasie.

• Indien ‘n vervangings funksie verkry word sal die deposito aan u terug betaal

word.

• Alle kansellasies is onderhewig aan ‘n R600 administratiewe fooi.

Verlore\Beskadig:

• Hoewel Waenhuiskraal alles in sy vermoë sal doen om besittings van kliente of gaste

te beskerm sal geen van Waenhuiskraal se span of werkers verantwoordelik gehou

word vir enige skade, beserings of vermiste items op die perseel nie.

• Enige skade deur gaste aan die geboue, gordyne, tafellinne, tafel ornamente of enige

iets wat deel vorm van Waenhuiskraal sal vir die kliënt se rekening wees.

• Kers brandmerke of waks sal ook as skade gesien word en vir die kliënt se rekening

wees.

• Waenhuiskraal sal nie verantwoordelik gehou word vir kragonderbrekings van Eskom

nie, alhoewel n kragopwekker beskikbaar is indien dit gebeur.

Kroegfasiliteite:

• Geen alkohol, koeldrank of kos mag van buite af ingebring word nie, behalwe soos uiteengesit in die dokument.

• Geen kroegrekeninge word aanvaar behalwe die bruid en bruidegom se persoonlike rekening nie. Kroegrekening moet die aand van die funksie afgesluit word.

Page 12: Liewe Bruid en Bruidegomstorage.googleapis.com/wzukusers/user-14962714/documents/...Naweek pakket (Enige van die Saterdag opsies hierbo ) • Vrydag word alleenlik gebruik om saal

Ons menus is op aanvraag beskikbaar, en vorm nie deel van

Die bogenoemde pakkette nie.

• Waenhuiskraal het ‘n ooreenkoms met ‘n gerespekteerde voedselmaatskappy wat

julle sal kontak sodra die kontrak geteken is.

• Vir menu opsies en kwotasies kan die bruid en bruidegom ook direk met Elsabe

Oosthuysen in verbinding tree.

• Enige welkom drankies navrae kan ook met die voedselmaatskappy bespreek word.

• Kelners word ook deur die genoemde voedselmaatskappy gekwoteer.

• Indien die getal gaste die bepaalde lys oorskry, behou die voedselmaatskappy die reg

om betaling te verwag vir die totale aantal gaste.

• Enige verandering moet drie weke voor funksie skriftelik deurgegee word.

• Alle vermaaklikheidskunstenaars se etes moet ingesluit word by die totale gastelys.

• Waenhuiskraal aanvaar geen aanspreeklikheid ten opsigte van die voedsel wat op die

perseel gebring word nie.

Kontak gerus vir Elsabe Oosthuizen met betrekking tot enige vrae oor die menu’s

Epos adres:

[email protected]

Kontak nommers:

082 444 4272

0o0o0o0o0o0o0o0o0o0000000000000000000000000000

Waenhuiskraal

Bapsfontein

Voedsel Dienste

Page 13: Liewe Bruid en Bruidegomstorage.googleapis.com/wzukusers/user-14962714/documents/...Naweek pakket (Enige van die Saterdag opsies hierbo ) • Vrydag word alleenlik gebruik om saal