4
LOERIENUUS LOERIENUUS Laerskool George-Suid Nuusbrief 27 Mei 2016 Boodskap uit die kantoor Skoolfonds Ons rig weereens n versoek dat skoolfonds wat nog nie op datum gebring is nie, asb. spoedig betaal moet word. Teen einde Mei-maand, moes u al vyf betalings gemaak het. Alle uitstaande gelde sal gedurende Junie-maand oorhandig word. Baie dankie vir die betalings wat reeds gemaak is en rekening wat op datum gebring is. LGS oudleerders Saam-saam het die twee mans groot geword. Oudleerlinge, Armand van der Merwe (Akker) en Sylvian Mahuza. Vanaf LGS, saam na Outeniqua Hoër, toe Pukke en nou deel van die Lions-rugbyspan. Lees meer oor die Alumni Trust op bl.4. PienkvoetBaie geluk aan Mnr Ean Eygelaar met die toevoeging van n gesonde dogter- tjie, Emma tot hul familie op Donderdag, 19 Mei. Min slaap is nou die voorland. Baie seёn en geluk word hulle toegewens. Beste ouers, Baie dankie aan elkeen wat die spanne so getrou ondersteun. Dankie ook vir die manier waarop spanne ondersteun word en dat daar aan n vorige versoek gehoor gegee is. Kinders floreer wanneer die regte raamwerke en voorbeelde deur ouers voorgehou word. Kom ons versterk dit nog meer. Grootskaalse aanbouings gaan die volgende ses maande by die skool plaasvind. n Ouer- aand is geskeduleer vir 2 Junie. Alle inligng sal by hierdie vergadering deurgegee word. In kort, 3 addisionele klasse word aangebou bo-op die struktuur van die biblioteek en rekenaarlokaal. Hierdie klasse word dus ontruim en die rekenaarklasse word vervang met verdere onderrig in die Tale en Wiskunde. Die huis by die Pre-Primêre klasse word opgradeer met twee nuwe klaskamers wat aange- bou word. Die twee graad R-klasse word by Kinderland Nasorgsentrum in Laingstraat (oorkant die skool) geakkommodeer vir die tydperk. Verdere reёlings sal aan die ouers deurgegee word. Juf Anke Ries (Gr 3) het n ander pos in Port Elizabeth aanvaar aangesien haar persoonlike omstandighede verander het. Juf Mariet Boshoff sal vir die volgende ses maande die Graad 3-klas beharg. Baie dankie aan Juf Ries vir haar bydrae tot die skool en die akwiteite. Sy het n groot impak gemaak en sal beslis gemis word. Ons wens haar baie sterkte toe met die verandering. Hierdie reёling sal vanaf 30 Mei geld. Baie dankie aan almal wat die Kultuurtrein-projek ondersteun het. n Goeie wins is getoon en almal het die optrede van Erich Posthumus baie geniet. Dankie ook aan die personeel wat betrokke was met hierdie suksesvolle projek. Die Junior- en Seniorkore het verlede week opgetree by die George Musiek Montage. Dit was ook n groot poging en die kwaliteit van ons kore is noemenswaardig. Ons is baie trots op hulle. Dankie vir die personeel betrokke met die kore en die skool se musiekdeparte- ment. Baie dankie aan ouers wat op versoeke reageer rakende betaling van skoolfonds. Dis n belangrike verantwoordelikheid wat ook verseker dat u kinders kwaliteitonderrig ontvang. Skole se toekoms en suksesvolle voortbestaan sal toegeskryf word aan ondersteuning van ouers. Die Ondersteunersklub, met n nuwe baadjie, beplan baie lekker geleenthede met n Afval- en Kerrie-aand as die eerste geleentheid. Dagboek nou reeds die datum van 29 Julie sodat ons die 200 kaartjies vinnig kan verkoop. Die skool is dankbaar vir n ouerkompo- nent wat bereid is om hierdie funksies ten bate van die skool aan te bied. n Baie goeie gees word so geskep met ouers wat betrokke is. Die eksamens begin binnekort en voorbereiding moet nou reeds begin. Kinders beleef dit reeds angsg en ouers moet verhoed om te veel druk op kinders te plaas met te hoё verwagnge. Ondersteun, help en lei met liefde sodat kinders hul beste kan doen. Daar is n verskil tussen iets wil doen en dit moet doen. - Mnr Sas du Plessis, Skoolhoof Opwindende tye en harde werk!

LOERIENUUS - lgs.co.za · 28 Mei: LGS-toernooi vir 0/12- en 0/13 -spanne Interskole ... Die beste dieet vir jou brein is een wat proteïene en vette bevat. Proteïene prikkel die

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: LOERIENUUS - lgs.co.za · 28 Mei: LGS-toernooi vir 0/12- en 0/13 -spanne Interskole ... Die beste dieet vir jou brein is een wat proteïene en vette bevat. Proteïene prikkel die

LOERIENUUS

LOERIENUUS Laerskool George-Suid Nuusbrief 27 Mei 2016

Boodskap uit die kantoor Skoolfonds

Ons rig weereens ‘n versoek dat skoolfonds wat nog nie op datum

gebring is nie, asb. spoedig betaal moet word.

Teen einde Mei-maand, moes u al vyf betalings gemaak het. Alle

uitstaande gelde sal gedurende Junie-maand oorhandig word.

Baie dankie vir die betalings wat reeds gemaak is en rekening wat

op datum gebring is.

LGS oudleerders

Saam-saam het die twee mans groot geword. Oudleerlinge,

Armand van der Merwe (Akker) en Sylvian Mahuza. Vanaf LGS,

saam na Outeniqua Hoër, toe Pukke en nou deel van die

Lions-rugbyspan. Lees meer oor die Alumni Trust op bl.4.

Pienkvoet…

Baie geluk aan Mnr Ean Eygelaar

met die toevoeging van ‘n

gesonde dogter-

tjie, Emma tot

hul familie op

Donderdag, 19

Mei. Min slaap is

nou die voorland.

Baie seёn en

geluk word hulle toegewens.

Beste ouers,

Baie dankie aan elkeen wat die spanne so getrou ondersteun. Dankie ook vir die manier waarop spanne ondersteun word en dat daar aan ‘n vorige versoek gehoor gegee is. Kinders floreer wanneer die regte raamwerke en voorbeelde deur ouers voorgehou word. Kom ons versterk dit nog meer.

Grootskaalse aanbouings gaan die volgende ses maande by die skool plaasvind. ‘n Ouer-aand is geskeduleer vir 2 Junie. Alle inligting sal by hierdie vergadering deurgegee word. In kort, 3 addisionele klasse word aangebou bo-op die struktuur van die biblioteek en rekenaarlokaal. Hierdie klasse word dus ontruim en die rekenaarklasse word vervang met verdere onderrig in die Tale en Wiskunde.

Die huis by die Pre-Primêre klasse word opgradeer met twee nuwe klaskamers wat aange-bou word. Die twee graad R-klasse word by Kinderland Nasorgsentrum in Laingstraat (oorkant die skool) geakkommodeer vir die tydperk. Verdere reёlings sal aan die ouers deurgegee word.

Juf Anke Ries (Gr 3) het ‘n ander pos in Port Elizabeth aanvaar aangesien haar persoonlike omstandighede verander het. Juf Mariet Boshoff sal vir die volgende ses maande die Graad 3-klas behartig. Baie dankie aan Juf Ries vir haar bydrae tot die skool en die aktiwiteite. Sy het ‘n groot impak gemaak en sal beslis gemis word. Ons wens haar baie sterkte toe met die verandering. Hierdie reёling sal vanaf 30 Mei geld.

Baie dankie aan almal wat die Kultuurtrein-projek ondersteun het. ‘n Goeie wins is getoon en almal het die optrede van Erich Posthumus baie geniet. Dankie ook aan die personeel wat betrokke was met hierdie suksesvolle projek.

Die Junior- en Seniorkore het verlede week opgetree by die George Musiek Montage. Dit was ook ‘n groot poging en die kwaliteit van ons kore is noemenswaardig. Ons is baie trots op hulle. Dankie vir die personeel betrokke met die kore en die skool se musiekdeparte-ment.

Baie dankie aan ouers wat op versoeke reageer rakende betaling van skoolfonds. Dis ‘n belangrike verantwoordelikheid wat ook verseker dat u kinders kwaliteitonderrig ontvang. Skole se toekoms en suksesvolle voortbestaan sal toegeskryf word aan ondersteuning van ouers.

Die Ondersteunersklub, met ‘n nuwe baadjie, beplan baie lekker geleenthede met ‘n Afval- en Kerrie-aand as die eerste geleentheid. Dagboek nou reeds die datum van 29 Julie sodat ons die 200 kaartjies vinnig kan verkoop. Die skool is dankbaar vir ‘n ouerkompo-nent wat bereid is om hierdie funksies ten bate van die skool aan te bied. ‘n Baie goeie gees word so geskep met ouers wat betrokke is.

Die eksamens begin binnekort en voorbereiding moet nou reeds begin. Kinders beleef dit reeds angstig en ouers moet verhoed om te veel druk op kinders te plaas met te hoё verwagtinge. Ondersteun, help en lei met liefde sodat kinders hul beste kan doen. Daar is ‘n verskil tussen iets wil doen en dit moet doen.

- Mnr Sas du Plessis, Skoolhoof

Opwindende tye en harde werk!

Page 2: LOERIENUUS - lgs.co.za · 28 Mei: LGS-toernooi vir 0/12- en 0/13 -spanne Interskole ... Die beste dieet vir jou brein is een wat proteïene en vette bevat. Proteïene prikkel die

Laerskool George-Suid Nuusbrief 27 Mei 2016

2

Datums vir die dagboek

Akademie

Intermediêre-fase 9 - 24 Junie: Gr 4 tot 7

Junie-eksamen

Ons doen ‘n dringende beroep op ouers om te verseker dat leerders nie afwesig is tydens die Junie-eksamen nie. Dit is uiters belangrik dat leerders teenwoordig is. Indien leerders afwesig is in hierdie tydperk, sal ‘n doktersertifikaat vereis word.

Sport

Rugby 27 - 28 Mei: 0/13 SWD Driehoekige-toernooi /

finale proewe (Montagu / Worcester) 4 Junie: SWD 0/13A en B - oefening by Laerskool

Outeniqua

Hokkie 28 Mei: LGS-toernooi vir 0/12- en 0/13B-spanne

Interskole

Verlore klere…

Indien u kind enige items verloor het, doen ons ‘n beroep op u om u kind Klerebank toe te stuur om navraag te doen. Daar is baie verlore items wat gemerk is, maar wat nie deur leerders afgehaal word nie, selfs al word hulle persoonlik oor die interkom geroep. Verlore klere sal voortaan vir een week gehou word en dan as te koop aangebied word.

*Klerebank-ure is daagliks van 12:30 tot 14:15. Leerders mag gedurende pouses die klerebank besoek.

Praktiese wenke vir die eksamen!

Eksamentyd is senutergend, en ouers moet net soos hul kinders daarop voorbereid wees. Hier is ‘n paar wenke:

Hou studie prettig en interessant deur self daarby betrokke te raak. Jy kan van die studiemateriaal in ’n wedstryd of vasvra gebruik.

Maak ‘n lys van wat hulle moet leer en help hulle om dit af te merk sodat hulle kan sien hoe hulle vorder.

Leer hulle - werk kom voor speel, sodat hulle nie uitstel om te leer tot hulle moeg is nie.

Maak seker jou kind weet wat om te studeer en hoe lank om dit te doen.

Verwyder tydvrate soos selfone, televisie en reke-naars tydens die studietyd.

Leerders behoort op hul eie opsommings te kan maak en studeer. Tog kan ouers seker maak al die in-ligting is daar, veral as die kind leerprobleme het, nie motivering het nie of sy aandag maklik afdwaal.

Wees bewus dat Gr 7 leerders besig is om by die Hoërskool aan te pas wat dalk ’n ander skoolstelsel, groter werklas en nuwe eksamenformaat het.

Moedig hulle aan om ’n studiegroep te begin, al is dit met net een maat, of jy! ‘n Mens onthou makliker wanneer jy iemand iets leer; laat hulle jou dus leer en vra hulle vrae daaroor.

Hou die huis stil tydens eksamentyd, gee die kinders minder huistakies en hou jou jonger kinders besig.

Verjaarsdae gedurende Junie-Maand

1ste: Me Mariet Boshoff

4de: Me Kerstin Olivier

11de: Me Chanel Supra

12de: Me Irene Louw en

Me Riekie Nel

14de: Me Rene Moolman en

Mnr Jaco Stander

20ste: Mnr Sas du Plessis

29ste: Me Gertrude Wolfaardt

30ste: Me Vernette van der Merwe

Page 3: LOERIENUUS - lgs.co.za · 28 Mei: LGS-toernooi vir 0/12- en 0/13 -spanne Interskole ... Die beste dieet vir jou brein is een wat proteïene en vette bevat. Proteïene prikkel die

Laerskool George-Suid Nuusbrief 27 Mei 2016

3

Stel u belang om in die Loerienuus te adverteer? Die Loerienuus bereik sowat 800 huisgesinne op ‘n twee week-likse basis. Hier is die nodige inligting!

Koste: R250 per advertensie, per uitgawe. Betaling kan elektronies gedoen word. Navrae en advertensies moet na me Bianca du Plessis gestuur word: [email protected]

Bankbesonderhede: Nedbank Rek nr: 162 6033 560 (T), Takkode: 162 645, Verwysing: Loerienuus en u besigheidsnaam

Redenaars deur Juf Lynette Crouse

Baie geluk aan Thomas Smook, Gr 3, wat deurdring na die Nasionale Finale Rondte van die ATKV-redenaarskompetisie. Tydens die semi-finale rondte is Thomas aangewys as die beste redenaar in sy afdeling. Dit het Gr 1 - 3-leerders van die Suid- en Oos-Kaap ingesluit. Moné Ribeiro het in dieselfde afdeling ‘n 4de plek verower. Ons is voorwaar baie trots op hierdie leerders. Die uitslae van die Top Tien-leerders in elke afdeling sal nog op die ATKV se webwerf verskyn.

Dankie, Kultuurkomitee!

Die Glow in the Dark-fondsinsamelingsprojek van die Kultuurkomitee op Vrydag, 13 Mei was ‘n reuse sukses. Die informele lofprysingsgeleentheid het oud en jonk gelok en almal kon identifiseer met die geestelike boodskap wat die kunstenaar, Erich Posthumus, oorgedra het. Die skoolsaal was propvol. Dankie vir u ondersteuning met die projek sowel as die verkope van die eetgoed. ‘n Spesiale dank aan die Kultuurkomitee vir al die reëlings en harde werk. Dit het baie goed verloop en was ‘n hoogtepunt op die program!

Breinkos vir die eksamen

Eet vars kos en vermy verwerkte of gemorskos met baie suiker, kleur- en preserveermiddels.

Die beste dieet vir jou brein is een wat proteïene en vette bevat. Proteïene prikkel die geheue en vette is die brein se boodskappers. So ’n dieet sal olierige vis (soos sardientjies), eiers en vis insluit.

Moenie baie verwerkte koolhidrate vir ontbyt eet nie. Vermy dus witbrood of ontbytpap wat nie van hawer of semels gemaak is nie

Eet ’n vullende ontbyt voor jy gaan skryf, veral met langer vraestelle: Jy wil genoeg energie hê tot jy jou antwoordstel moet ingee! Roereier op volgraanroosterbrood is ’n uitstekende ontbyt voor ’n eksamen. Of eet maalvleis en kaas op

volgraanroosterbrood. Yster en vitamien C is baie belangrik vir optimale

breinwerking. Eet rooivleis, spinasie, lensies, boontjies en neute vir yster. Deur baie tamatie, groen rissies, koejawels en sitrusvrugte soos lemoene en nartjies te eet, kan jy lekker baie vitamien C inkry.

Vitamien B is net so belangrik – ’n tekort aan dié vitamien kan jou geheue negatief beïnvloed. Kry dit in: eiers, lewer, lensies, sojabone en vars vrug-te en groente.

Natuurlik raak ’n mens lus vir peusel terwyl jy ag-ter die boeke sit, maar dit beteken nie jy hoef ’n klomp lekkers en gemorskos te eet nie. Probeer gesonde peuselhappies soos biltong, neute en kaas, of hou ’n bak vol vrugte byderhand vir as jou grommende maag dit moeilik maak om te konsen-treer!

Drink water voor en gedurende jou eksamen! Adverteer in die Loerienuus

Page 4: LOERIENUUS - lgs.co.za · 28 Mei: LGS-toernooi vir 0/12- en 0/13 -spanne Interskole ... Die beste dieet vir jou brein is een wat proteïene en vette bevat. Proteïene prikkel die

Laerskool George-Suid Nuusbrief 27 Mei 2016

4

Is jy ‘n oudleerder van LGS?

Laerskool George-Suid het deur die jare geleer dat geen pres-

tasie sonder harde werk en toewyding kom nie. Akker van der

Merwe en Sylvian Mahuza is sprekende voorbeelde daarvan!

Die daarstel van die LGS Alumni Trust het ten doel om die skool

in staat te stel om die uitdaging en eise wat aan openbare skole

gestel word, na te kom. Meer so, wil die skool graag aan oud-

leerders die geleentheid gee om die unieke band met hul al-

mamater te hervestig. Maak seker jy besoek ons facebook-blad

vir meer besonderhede of stuur ’n e-pos aan [email protected].

* Futuri Visio beteken ‘die visie van die toekoms’.

Laerskool George-Suid is trots om die Smile

Foundation te ondersteun! Leerders is bekend

gestel aan die organisasie wat aan kinders

kostevrye mediese behandeling gee vir gesplete

verhemeltes ens.

Donovan tree as ambassadeur op vir dié organ-

isasie. Hy het die leerders geïnspireer met sy

lewensverhaal en al sy persoonlike uitdagings

nadat hy as jong man deur ’n haai aangeval is.

Besoek gerus www.smilefoundationsa.org vir

meer besonderhede.

Die belangrikheid om op die skenkersregister van The Sunflower Fund te registeer, raak ‘n werklikheid wanneer ie-

mand na aan jou dringend ‘n beenmurgoorplanting moet ondergaan. Moenie wag om te registreer nie! Besoek

vandag nog die webtuiste en gesels met die hulpwerker om die proses te begin. Jy kan ‘n lewe red!

www.sunflowerfund.org.za