Mag ek oor enigiets bid? - NG Gemeente · PDF fileom wortel te skiet en om in geloof te groei. ... Hugo en Kingdom Global, raad- ... daarop te laat uitbeeld

Embed Size (px)

Citation preview

  • Iemand merk onlangs op: n Mens moenie God se tyd mors deur met allerlei onbenullige sake na Hom toe te hardloop nie. Hierdie is nogal n tameletjie vir baie bidders. Net soos die volgende een: Iemand het my eenkeer vertel van twee ooms wat in die rentyd met hulle wa op pad was en toe voor n drif vol water tot stilstand gekom het. Die een oom merk toe op: Ou broer, nou moet ons bid dat dit klap anders gaan ons nie die wa hierdeur kry nie. Hierop antwoord die ander oom vinnig: Nee, swaer, ek het reeds vanoggend gebid en gevra dat God elke tree van die dag saam met my sal wees. Daarom moet ons nou aan die werk spring en die wa deur die drif kry. Hierdie tipe probleme het miskien ook al aan jou gewete getorring. Of dalk vrae soos die volgende: Hoe lank behoort n

    mens oor n bepaalde saak te bid? Wat is die verband tussen geloof en gebed? Hoe weet ek of iets waarvoor ek bid wel God se wil is? Wanneer s God nee vir iets waarvoor ek gebid het?

    Kom ons kyk na hierdie vrae. Wat die eerste een betref, moet ons sommer dadelik vir mekaar s dat geen saak ooit te onbelangrik is om dit in gebed na God toe te neem nie. God s van sy kant af dat Hy aan die heel geringste dingetjies in ons lewens aandag gee, soos aan die hoeveelheid hare wat van ons koppe val. Partykeer maak ons juis die fout om net oor die groot dinge in ons lewens met Hom te praat, soos oor siektes, krisisse of die nood van die wreld. Maar Paulus s vir ons in Filippense 4:6 dat ons in alles ons hartsverlangens deur gebed en smeking aan God moet bekendmaak. Hy is nooit te

    besig om selfs na ons heel kleinste probleempies te luister nie.

    Wat die verhaal van die twee ooms en hulle wa betref, lyk dit of albei n geldige punt beet het. Die een oom meen dat n mens in elke krisis moet bid, terwyl die ander een weer onwrikbaar glo dat sy opregte gebed van vroer die oggend hom nou deur sy krisis gaan dra. Wat die eerste oom se beskouing betref, moet ons darem net vir mekaar s dat dit aanleiding kan gee tot die opvatting dat n mens slegs oor groot probleme of besluite moet bid, maar dat jy die gewone dinge sommer sonder gebed en op eie stoom kan deursien. Die beste oplossing is dat jou hele lewe eintlik maar een groot gebed moet wees, en dat jy te eniger tyd, sommer so tussen jou daaglikse aktiwiteite deur, n vinnige skietgebed tot God moet kan opstuur. Uit sy boek: In pas met God se wil, Deel 2:20

    NG Gemeente Meyerspark Augustus 2013 - Jaargang 10 Uitgawe 7

    Mag ek oor enigiets bid?- Stephan Joubert

    In hierdie uitgawe: Lentefees vir die gesin p3

    Naaldwerkklas : Bydrae

    vir Lentefees p3

    Dataprojektor en klank-

    bordslimkoppe p4

    Kinderkrans 2013 p5

  • Op Sondagoggend, 21 Julie 2013, het ds Niekie gepreek oor Die Koninkryk van God. Hy het daarop gewys dat alle Christene moet deelneem aan die uitbreiding van die Koninkryk van God.

    Na afloop van ds Niekie se treffende boodskap, het hy Hugo van Niekerk die geleentheid gegee om te vertel van die evangelisasie- en sendingaksies waarby hy al sedert 1995 betrokke is. Hugo het vertel dat hy en sy gesin vir 15 jaar in verskeie stede en streke in Rusland betrokke was voordat

    hulle in 2011 na Singapoer ver-huis het. Singapoer is in vele opsigte n ideale basis om die omliggende volkere in Maleisi, Indi, Indonesi en die Filippyne te bereik. Hugo is egter nog steeds n pastor van die twee gemeentes in Moskou wat hy help stig het en wat hy gereeld besoek.

    Hugo het kortliks die visie en die strategie vir kerkplanting bespreek en die belangrikheid van gebed beklemtoon sodat die Koninkryk van God kan deur-breek en geloof in die harte van

    mense gevestig kan word, soos in die gelykenis van die saaier (Matt 13). Mense wat ingebring is in God se koninkryk, moet kans kry om wortel te skiet en om in geloof te groei. Vermenigvuldiging moet hierop volg as hulle geleer word om uit te reik na ander wat die Here nog nie ken nie. Gemeentes en kerke wat so geplant word, moet vanaf die begin betrek word by die verdere uitbreiding van God se koninkryk en by hulpver-lening aan mense in nood.

    Hugo se getuienis het pragtig aangesluit by ds. Niekie se preek. Dit was n besonder gewyde oom-blik toe die gemeente aan die einde vir Hugo die bekende sen-bede (Lied 268) toegesing het. Na afloop van die diens het verskeie gemeentelede met Hugo kom gesels en inligting uitgeruil, aan-gesien hy en sy gesin binnekort weer na Singapoer terugkeer vir die aanvang van die nuwe skooljaar in die noordelike half-rond.

    Vir navrae en inligting oor Hugo en Kingdom Global, raad-pleeg gerus Hugo van Niekerk se Facebook-bladsy of skakel vir Frieda van Niekerk, sy moeder en medewerker, by 012 803 4130 / 083 299 5989

    Hugo van Niekerk besoek ons Gemeente - Basie van Wyk

    Goeie Nuus 2

    STIENIE NAUD EIENDOMME Koop en verkoop van

    eiendomme Skakel Stienie Naud (082 335

    0720) (Eiendomsagent)

    BOOMSLOPING Boomsloping en snoei van bome en struike. Verskaf ook kaggelhout. Kontak Ernst by 083 656 4992

  • Goeie Nuus 3

    Lentefees vir die gesin - William Mullins

    Vanjaar gaan ons n nuwe baadjie aantrek, maar sekerlik die res van die klere behou. So saam met die begin van die lente wil ons n fees vir die gesin aanbied. Dit wat goed is, gaan weer daar wees, maar daar gaan ook nuwes wees.

    Ons weet dat die welstand van

    die gesin is een van die boustene van n stewige en groeiende gemeente. Die gesin gaan die fokus wees van ons fees. So saam met die aanbreek van die lente, wil ons die gesinne help om ook n feestyd te beleef. In die verlede het u ons dikwels ondersteun, maar ongelukkig kon ons u nie

    daar hou vir n lang tyd nie. Dit is die nuwe baadjie, ons wil dit gesellig en lekker maak! n Groot kuier met ou vriende en nuwes ontmoet, dit is die nuwe baadjie.

    In die aanloop tot 31 Augustus, gaan ons u in die erediens gedurig aan nuwighede blootstel. Dit kan alles slegs werk as u en u gesin ons gaan help. Ja, die fondse is ook belangrik, maar die samesyn, die feestelike atmosfeer van n groot aantal Christene saam, is belangriker.

    As deel van ons poging geld slagspreuke soos: n Fees vir die hele gesin, met waarde vir geld soos min. 31 Augustus is NG Meyerspark die plek om te wees. Bring die hele gesin en kom hou saam fees!

    Kom hou saam met ons en die ander gesinne Fees!!!

    Naaldwerkklas : Bydrae vir Lentefees - Donna Grov Die huishulpe se naaldwerk-

    klas het besluit om ook n bydrae te maak vir ons Lentefees op 31 Augustus. Onder leiding van Mariana Brand, wat intussen ver-huis het, het hulle met die oor-skietlappies van die klere wat hulle in die klas maak, n baie mooi laslap-duvet gemaak en vir ons geskenk.

    Vir slegs n donasie van R10 staan jy n kans om di duvet joune te maak. As jy dit nie self wil gebruik nie, is dit n wonder-like geskenk vir iemand wat dit dalk nodig het, bv. n inwoner van Huis Silversig.

    Ondersteun ons asseblief. Kon-takpersoon: Susan Nell 012 8034596 / 083 562 1960

    Vir die afgelope ongeveer 10 jaar lewer ons gemeente elke Woensdag broodjies aan Laer-skool Silverton se behoeftige kinders. Ek het die projek gekordineer. Dit was egter nooit groot moeite nie, maar eerder n plesier. Meyerspark se mense het eenvoudig van nature sulke oop hande. Vanaf hierdie kwartaal

    neem Beryl de Coning die projek oor. Dus, as u gewoond was dat ek u geskakel het vir broodjies en u hoor nou n nuwe stem wat vra, sal u weet daar het n verandering gekom.

    Aan almal wat my altyd so ruimhartig gehelp het: n baie groot dankie. Ek het dit elke keer opreg waardeer namens hulle wat

    minder het. Senwense vorentoe aan u en

    ook aan Beryl wat die projek oorneem.

    Indien u nog nie by hierdie pro-jek ingeskakel is nie en graag wil help, kan u aanmeld by Beryl. Haar selnommer is 083 354 1404

    Toebroodjieprojek : Laerskool Silverton Annali Botha

  • Goeie Nuus 4

    Die mossie getuig van God se genade - *Eberhard Bertelsmann

    Die mossies op ons vorige kleinste muntstuk het sy oorsprong in die Anglo-Boere-oorlog gehad. Die vroue in elke konsentrasiekamp het n oorle-wingstema uit die Bybel gehad. Bethulie sn was Matteus 10: 29 en 31, wat in die nuwe vertaling lui: Is twee mossies nie vir n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie... Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.

    Die kampvroue het n belofte gemaak dat, indien Suid-Afrika

    ooit n oortjie, kwartpennie, stuiwer of sent uitreik, hulle sou probeer om die mossies as hul simbool van hoop en geloof daarop te laat uitbeeld.

    N aanbreek van vrede op 31 Mei 1902, het die kampvroue na hul plase teruggestap. n Mev. Marais van die plaas Vlakfontein, tussen pres. M.T. Steyn se plaas Onze Rust, suid van Bloemfon-tein, en Reddersburg, het op die agterstoep van Onze Rust aange-gaan waar sop en brood vir die terugkerendes gereed gestaan het. Sy het mev Tibbie Steyn gevra om di Bybelversies op die land se nederigste muntstuk uit te beeld uit dank aan die Skepper dat hulle die oorlog oorleef het en om die mans wat geveg het, aan God se troue sorg te herinner.

    Mev Steyn het die saak opge-neem. N n stryd van jare het in 1923 twee gewone mossies met die hulp van genl. Jan Smuts, destydse premier, op die keersy van die kwartpennie (stuiwer) verskyn om elke Suid-Afrikaner aan sy of haar waarde in die o van die Skepper te herinner.

    In di ontwerp van Kruger Gray het die twee mossies vir mekaar

    gekyk. Dit het Suid-Afrika, sover bekend, die enigste land ter wreld gemaak wat n Bybelvers op n munt uitbeeld. In 1961, n desimalisering, het dieselfde ont-werp op die nuwe halfsent ver-skyn. In 1965 het n nuwe 1c verskyn waarop twee mossies, die een skuins bokant die ander, op n takkie sit en van mekaar af wegkyk. Di on