21
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TAAL & LETTERKUNDE AFRIKAANS EAT VRAESTEL NOVEMBER 2013 GRAAD 8 NOVEMBER 2013

‘N KLIPPIE IN MY - bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/12975822/…  · Web viewDie grootste robot is 15,72m lank, ... ’n cool cat . that’s

  • Upload
    lamkhue

  • View
    228

  • Download
    7

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: ‘N KLIPPIE IN MY - bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/12975822/…  · Web viewDie grootste robot is 15,72m lank, ... ’n cool cat . that’s

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

TAAL & LETTERKUNDE

AFRIKAANS EAT VRAESTEL NOVEMBER 2013

GRAAD 8

NOVEMBER 2013

Page 2: ‘N KLIPPIE IN MY - bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/12975822/…  · Web viewDie grootste robot is 15,72m lank, ... ’n cool cat . that’s

AFRIKAANS EAT VRAESTEL NOVEMBER 2013

PUNTE: 100

TYD: 2 uur

Eksaminator: W. THERON

Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

AFDELING A: Kyk- en leesbegrip (15)AFDELING B: Opsomming (10)AFDELING C: Taal (35)AFDELING D: Letterkunde (40)

1. Lees al die instruksies en vrae aandagtig deur.

2. Beantwoord AL die vrae.

3. Begin elke afdeling op ‘n nuwe bladsy.

4. Trek ‘n streep na elke afdeling.

5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommerstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.

6. Laat ‘n reël tussen antwoorde oop.

7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

2 Blaai om asseblief

Page 3: ‘N KLIPPIE IN MY - bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/12975822/…  · Web viewDie grootste robot is 15,72m lank, ... ’n cool cat . that’s

AFRIKAANS EAT VRAESTEL NOVEMBER 2013

8. Skryf netjies en leesbaar.

STERKTE!Die Afrikaanse Departement

AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP

VRAAG 1: ARTIKEL

Lees die onderstaande artikel en beantwoord die vrae: [15]

ALLES OOR TIENERWEES! - Ingrid Heÿdenrÿch, JJ

Tieners leef op sosiale media, want ons kry nie tyd om saam met ons vriende te kuier

nie. By die skool kry ons net twee pouses en dan moet ons dit gebruik om huiswerk te

doen (‘n mens kan nie alles in die middag doen nie).

3 Blaai om asseblief

Page 4: ‘N KLIPPIE IN MY - bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/12975822/…  · Web viewDie grootste robot is 15,72m lank, ... ’n cool cat . that’s

AFRIKAANS EAT VRAESTEL NOVEMBER 2013

Ons laat dit op Facebook lyk asof ons ‘n wonderlike lewe het: ons maak asof ons elke

naweek kuier, asof ons duisende vriende het en asof elke vakansie ’n roadtrip is. Dan

laat ons dit ook lyk asof ons só verlief is dat ons nie kan asemhaal nie. In die

werklikheid is dit ou foto’s, die roadtrip was einlik net ’n trip na Cavendish toe en die

persoon op wie jy verlief is, hou nie van jou nie.

Ons spandeer baie tyd op die internet, want dit is ‘n plek waar ons al die dinge uitvind

wat vir ons belangrik is. “Nee Ma, ek dink nie die nuus om 19:00 is so interessant nie”.

Almal op jou Facebook, Whatsapp, BBM, Twitter en Instagram verstaan jou en weet

hoe jy voel.

Ons is nie lui nie, ons is net baie moeg. Ons werk harder as toe ons ma’s en pa’s op

skool was. Die leerwerk vir toetse en eksamens is te veel.

Jou ma en pa verwag jy moet 90% kry en dan moet jy sport en kultuur ook doen. Ons

moet ook nog ekstra wiskunde- en wetenskap-klasse doen. Kultuur is ook belangrik,

want dit “tel vir die lewe”. Op hierdie stadium kom ons 19:00 die aand vir die eerste

keer by die huis. Dan is dit huiswerk en dan leerwerk. Ons slaap nie genoeg nie en het

baie stres.

Maar tieners is nie só ongelukkig nie. Ons kan darem vir ’n week lank slaap wanneer

dit vakansie is. Grootmense het baie min vakansie. Skool is harde werk, maar ons lag

ook baie by die skool. Ons generasie is positief, nie rassisties nie en dit maak nie saak

of jy ryk of arm is nie – ons almal skryf dieselfde eksamens en geniet dieselfde dinge.

My ma sê altyd om jonk te wees is wonderlik. Jou ouers betaal vir alles en jy het baie

min verantwoordelikhede. Geniet dit om ‘n tiener wees en werk hard op skool – ons is

almal in dieselfde boot. Verwerk uit ‘n artikel op www.jip.co.za

1.1 Hoekom is tieners so baie op sosiale media? (1)

1.2 Daar is genoeg tyd na skool om huiswerk te voltooi.1.2.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)1.2.2 Motiveer jou antwoord in VRAAG 1.2.1 (1)

1.3 Noem twee dinge wat tieners op Facebook doen om dit te laat lyk of hulle ‘n wonderlike lewe het? (2)

4 Blaai om asseblief

Page 5: ‘N KLIPPIE IN MY - bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/12975822/…  · Web viewDie grootste robot is 15,72m lank, ... ’n cool cat . that’s

AFRIKAANS EAT VRAESTEL NOVEMBER 2013

1.4 Hoekom is jongmense so baie op die web? (2)

1.5 Wat verwag jou ma en pa alles van jou? Noem twee dinge. (2)

1.6 Wat moet tieners nog doen om hulle met hulle akademie te help? (1)

1.7 Hoe laat kom tieners na skool tuis? (1)

1.8 Watter twee dinge maak dit lekker om op skool te wees? (2)

1.9 WAAR OF VALS. Tieners is negatief. (1)

1.10 Wat beteken die volgende frase? Kies die KORREKTE antwoord, A, B of C.

“almal is in dieselfde boot”

A) Almal is kwaad B) Almal is in dieselfde posisie C) Almal vang vis (1)

5 Blaai om asseblief

Page 6: ‘N KLIPPIE IN MY - bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/12975822/…  · Web viewDie grootste robot is 15,72m lank, ... ’n cool cat . that’s

AFRIKAANS EAT VRAESTEL NOVEMBER 2013

AFDELING B VRAAG 2: OPSOMMING [10]Bestudeer die tabel en pas die korrekte prente en beskrywings bymekaar:Skryf slegs die nommer met die letter langsaan.

10 hoogtepunte in die nuutste Guinness-boek vir wêreldrekords.

1. Die kleinste hondjie. Milly, ’n Chihuahua, is net 9,65 cm hoog.

A.

2. Die grootste robot is 15,72m lank, 12,33m breed en 8,20m hoog. Dis gemaak deur Zollner Elektronik AG en dit spoeg vuur.

B.

3. Die grootste motorfiets is 5,10 m hoog. Dis gebou deur Fabio Reggiani van Italië.

C.

6 Blaai om asseblief

Page 7: ‘N KLIPPIE IN MY - bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/12975822/…  · Web viewDie grootste robot is 15,72m lank, ... ’n cool cat . that’s

AFRIKAANS EAT VRAESTEL NOVEMBER 2013

4. Happie, ’n bok van Fort Myers, Florida (VSA) het 36 m op ’n skaatsplank gery! Hy het dit in 25 sekondes gedoen.

D.

5. Rekord: Die grootste versameling stofsuiers behoort aan James Brown (Verenigde Koninkryk). Hy het 322 modelle.

E.

6. Die kleinste padwaardige motor is 63,5 cm hoog, 65,41 cm breed en 126,47 cm lank.

F.

7 Blaai om asseblief

Page 8: ‘N KLIPPIE IN MY - bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/12975822/…  · Web viewDie grootste robot is 15,72m lank, ... ’n cool cat . that’s

AFRIKAANS EAT VRAESTEL NOVEMBER 2013

7. Die grootste versameling Star Wars-memorabilia. Steve Sansweet (VSA) besit sowat 300 000 verskillende Star Wars-items.

G.

8. Ozzy van Norfolk in die Engeland het binne 18,22 sekondes oor ’n styfgespande tou geloop.

H.

9. Die kleinste donkie. KneeHi is 64,2 cm hoog en woon op ’n plaas in Gainesville, Florida (VSA).

I.

8 Blaai om asseblief

Page 9: ‘N KLIPPIE IN MY - bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/12975822/…  · Web viewDie grootste robot is 15,72m lank, ... ’n cool cat . that’s

AFRIKAANS EAT VRAESTEL NOVEMBER 2013

10. Die grootste fiets se wiele is 3,3 m in breed en nie baie vinnig nie.

J.

Bron: www.jip.comFoto’s: Guinness World Records 

9 Blaai om asseblief

Page 10: ‘N KLIPPIE IN MY - bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/12975822/…  · Web viewDie grootste robot is 15,72m lank, ... ’n cool cat . that’s

AFRIKAANS EAT VRAESTEL NOVEMBER 2013

AFDELING CVRAAG 3: IDEES VOL VREES [10]

Bestudeer die spotprent en beantwoord die vrae.

Gee die korrekte MEERVOUDE van die woorde tussen hakies.

3.1 Daar is baie [vlieg] op die plaas. (1)

3.2 Die sepiester kyk na die geverfde [muur]. (1) 3.3 Die General Knowledge toets vra interessante [vraag] (1)

3.4 Ons [ma] gaan uit hulle pad om ons te help. (1)

Gee die korrekte VERKLEINWOORDE van die woorde tussen hakies.

3.5 Die [bal] is te klein om mee te speel. (1)

3.6 My [neef] gaan in 7de Laan wees. (1)

3.7 Die [boot] is net groot genoeg vir twee mense. (1)

Skryf die BYVOEGLIKE NAAMWOORDE in die regte vorm.

3.8 Hy sit ‘n [leeg] bottel op die TV. (1)

3.9 Die [goud] ring blink in die son. (1)

3.10 Hy koop ‘n [vinnig] motor. (1)

10 Blaai om asseblief

Page 11: ‘N KLIPPIE IN MY - bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/12975822/…  · Web viewDie grootste robot is 15,72m lank, ... ’n cool cat . that’s

AFRIKAANS EAT VRAESTEL NOVEMBER 2013

VRAAG 4: IDEES VOL VREES [10]

Die taalvrae wat volg, is op die volgende spotprent gebaseer.

http://daniecronje.co.za/strokies/ 4.1 Skryf die volgende sin in die LYDENDE VORM.

Hy doen min huiswerk. (2) 4.2 Skryf die sin in INDIREKTE REDE.

Hy sê vir Neelsie: “Jy leer nooit vir ‘n toets nie.” (2) 4.3 Skryf die sin in VERLEDE TYD.

Hy vergeet van sy huiswerk. (1) 4.4 Gee die TEENOORGESTELDE GESLAG van die woord tussen hakies.

Die [bruid] se troue was heerlik. (1)

4.5 Gee die ANTONIEM vir die woord tussen hakies.

Die swembad is baie [diep]. (1)

4.6 Skryf die volgende sin in TOEKOMENDE TYD.

Hy het ‘n plan om sy punte te verbeter. (1)

4.7 Gee die INTENSIEWE VORM van die onderstreepte woord?

Neelsie kan nie dink nie, want hy is verlief. (1)

4.8 Gee die INTENSIEWE VORM van die onderstreepte woord?

Die aartjie op die onderwyser se voorkop is klein. (1)

11 Blaai om asseblief

Page 12: ‘N KLIPPIE IN MY - bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/12975822/…  · Web viewDie grootste robot is 15,72m lank, ... ’n cool cat . that’s

AFRIKAANS EAT VRAESTEL NOVEMBER 2013

VRAAG 5: UITNODIGING [15]

http://daniecronje.co.za/strokies/

5.1 Kies die KORREKTE VOORSETSEL.

Skool begin stiptelik [ by / om / teen ] 7:50. (1)

5.2 Gee die korrekte WOORDORDE (STOMPI):

elke Donderdag / Ons / om hiersiening te doen / ‘n Wiskunde-toets / skryf. (1)

5.3 Kies die KORREKTE VOORSETSEL.

Die hoërskoolleerders verlang [ vir / na / ten ] die dae sonder toetse. (1)

5.4 Gee die korrekte vorm van die INFINITIEF tussen hakies.

Ek gaan hard werk [my punte om te verbeter]. (1)

5.5 Skryf die volgende sin in Direkte Rede.

Die pa vra of hy die goeie nuus wil hoor. (2)

5.6 Skryf die volgende sin in TEENWOORDIGE TYD.

Hy sal ‘n baie slegte rapport kry. (1)

5.7 Skryf die volgende sin in LYDENDE VORM.

Neelsie het Wiskunde gedop. (2)

5.8 Gee die VERGROTENDE TRAP vir die woord tussen hakies.

Neelsie koop ‘n sakrekenaar wat [duur] as sy vorige een is. (1)

5.9 Gee die OORTREFFENDE TRAP vir die woord tussen hakies.

Dit was die [moeilik] toets ooit! (1)

12 Blaai om asseblief

Page 13: ‘N KLIPPIE IN MY - bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/12975822/…  · Web viewDie grootste robot is 15,72m lank, ... ’n cool cat . that’s

AFRIKAANS EAT VRAESTEL NOVEMBER 2013

5.10 Verbind die volgende sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.Ek haat Wiskunde. Dit is moeilik. [OMDAT] (1)

5.11 Verbind die volgende sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.

Hy dop Wiskunde. Hy gaan vir ekstra klasse. [DUS] (1)

5.12 Gee die korrekte WOORDORDE (STOMPI):

Neelsie / volgende kwartaal / sal / slaag / Wiskunde. (1)

5.13 Gee die TEENOORGESTELDE GESLAG van die woord tussen hakies.

My [neef] is ‘n Wiskunde boffin. (1)

AFDELING D: LETTERKUNDE

VRAAG 6: DROOM DATE [10]

6.1 Is die volgende stelling WAAR of VALS? Gee ‘n rede vir jou antwoord:

Jaco en Anna ken mekaar baie goed. (2)

6.2 Waarvoor is Jaco bang as hy aan sy ‘date’ met Anna dink? (2)

6.3 Hoe lyk die huis as Jaco en sy pa daar kom? (1)

6.4 Wat is ‘n “graveyard” in Afrikaans? (1)

6.5 Wat is Anna se volle naam en van? (1)

6.6 Met wie vergelyk Jaco se pa hom as hy sê dat hy hardkoppig is? (1)

6.7 Watter standbeeld (sculpture) is bo-op Anna se graf? (1)

6.8 Hoekom is Jaco aan die einde van die storie geskok? (1)

VRAAG 7: MALL RAT [10]

13 Blaai om asseblief

Page 14: ‘N KLIPPIE IN MY - bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/12975822/…  · Web viewDie grootste robot is 15,72m lank, ... ’n cool cat . that’s

AFRIKAANS EAT VRAESTEL NOVEMBER 2013

EK’S ’N MALL RAT!

1.Ek onthou toe ek nog klein wasen winkel-toe-gaan ‘n pyn was:My ma het my vrekstyf vasgehou,want sy was doodbang ek sougesteel wordverdwaal raakof ontvoer worddeur ’n nare ou!

2.Maar nouis dit vir my plesier en pretom saam met my maats te sit en kletsom salig te slurp aan geskommelde melkom stadig te kou aan burgers en tjipsom lank te kyk na cherries en chicksom een te skiet vir ‘n lekker fliekMaar, Mevrou,miskien is ek nou die nare ou.Gaan jy jou dogter by my vertrou?

3.Want,ek’s nou ‘n mall rat’n cool catthat’s that!

7.1 Wat het die spreker se ma gedoen toe sy bekommerd oor hom was? (1)

7.2 Watter soort mens sal ’n kind ontvoer? (1)

7.3 Gee twee voorbeelde van alliterasie in die gedig. (2)

7.4 Watter woorde dui aan dat daar ’n verandering in die gedig is? (1)

7.5 Haal drie opeenvolgende (consecutive) woorde aan wat wys dat die spreker dit geniet om mall toe te gaan. (2)

7.6 Wat doen jy as jy ’n meisie “skiet” vir ’n fliek? (1)

7.7 Watter soort vraag is: “Gaan jy jou dogter by my vertrou?” (1)

7.8 Wat is ‘n “mall” in Afrikaans? (1)

Vraag 8: DIE KAMPIOEN [10]

14 Blaai om asseblief

Page 15: ‘N KLIPPIE IN MY - bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/12975822/…  · Web viewDie grootste robot is 15,72m lank, ... ’n cool cat . that’s

AFRIKAANS EAT VRAESTEL NOVEMBER 2013

DIE KAMPIOEN

1. die 2. skoot 3. KNAL4. sy lyf is ‘n plat lem5. water insny6. o n d e r w a t e r a s e m o p h o u 7. mensvis8. vismens9. tot sy bors wil10. BARS11. uit die water12. arms soos wielende wieke 13. alle teenstand 14. weggeskop met15. vinnende voete16. hap 17. LUG 18. Blaas borrels,19. lug... blaas... lug... blaas 20. draai 21. in een beweging22. die terugtog vaartbelyn 23. aangepak met nat, blink spiere24. EERSTE25. geraak26. aan die rand 27. met gestrekte webbers 28. stralend 29. afgebuig vir olyfkrans en goud:30. die swenner.

8.1 Wat gebeur net nadat die skoot geknal het? (1)

8.2 Hoekom sny die swemmer se lyf deur die water? (1)

8.3 Watter tipe beeldspraak is “vinnende voete” in reël 15? (1)

8.4 Hoekom is die woord in reël 6 uitgerek? (2)

8.5 Haal ‘n woord aan wat beklemtoon dat hy vinnig terugswem? (1)

8.6 Gee ‘n rede waarom hierdie gedig vinnig gelees moet word. (1)

8.7 Gee een woord wat wys dat die swemmer gelukkig oor sy oorwinning is? (1)

8.8 Watter twee pryse wen die kampioen? (2)VRAAG 9: JEUGDAG

15 Blaai om asseblief

Page 16: ‘N KLIPPIE IN MY - bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/12975822/…  · Web viewDie grootste robot is 15,72m lank, ... ’n cool cat . that’s

AFRIKAANS EAT VRAESTEL NOVEMBER 2013

JEUGDAG – 16 JUNIE 1976

1.Jy sal vir ewig en altyddeur die woedende strate gedra word, Hec.2.So sal ons jouvir altyd onthou:In sterk, skreeuende armsjou slap seunslyf3.Was jy daardie dag gedryfdeur politieke ambisie ofwas jy daar vir ‘n stokkiesdraailoslitjol?4.Of was jy net, Hec,daardie dagper ongelukop die verkeerde plek?

Pas die kolom A & B bymekaar. Skryf slegs die letter neer.9.1 ewig en altyd A. wegbly van skool9.2 personifikasie B. 16 Junie9.3 loslitjol C. seunslyf9.4 stokkiesdraai D. angry9.5 onthou E. skreeuende arms9.6 jeugdag F. wrong9.7 gedryf G. remember9.8 Hector H. forever9.9 woedend I. goeie tyd9.10 verkeerd J. driven

[100]

16 Blaai om asseblief