23

n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning
Page 2: n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning

2

Ons het ‘n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek verhuur word teen ‘n minimale bedrag. Die plaaslike Polisie, die Vroue Landbou Unie, Voëlblub, Maatskaplike dienste, Pilates en Lyndans maak gereeld van die sale gebruik. Die sale is ten volle toegerus met ‘n klankstelsel, projektor en mikrofoon. Ligte ete’s, tee en koffie kan ook aangevra word.

Nav- rae:

Annie Le Roux Admin/Ontvangs 014 717 5264 x101

Page 3: n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning

3

Page 4: n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning

4

Jan Swele Oorlede Julie 2018

Albert Nel Oorlede Januarie 2018

Page 5: n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning

5

Gerda van der Merwe

Uitvoerende Hoof

014 717 5264 x155

WEES’ - ‘n inisiatief van Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom oor die sukses van kinders vanuit kinderhuise Wanneer ‘n mens in die welsynbedryf beweeg en werk is die uitdagings gewoonlik van so aard dat jy deur-lopend nuut en innoverend moet dink. Sowat ‘n jaar gelede op 29 Mei 2017 het ek ‘n voorstel aan ‘n produksiemaatskappy gemaak oor die moont-likheid van ‘n TV program waar daar op suksesverhale van kinders wat in kinderhuise grootgeword het, gefokus word. Die gedagte het ontstaan vanwee die feit dat kinders in kinderhuise deurlopend deur die gemeenskap as “probleemkinders” geëttikiteer word en as mislukkings beskou word. Ek wou baie graag hierdie persepsie van die gemeenskap verander en die TV is as ‘n wonderlike platform vir sodanige projek geïdentifiseer. Die voorlegging is aan VIA TV voorgelê en die voorstel is aanvaar. Gedurende onderhandeling sou dit ‘n dokumentêre program oor kinderhuise gewees het maar ek kon daarin slaag om die produksiespan te oor-tuig om eerder tot ‘n reeks episodes in te stem waar kinders hulle belewenis van die kinderhuis kon deel. Hulle kon ook hulle eie verhale van mishandeling, verwerping en verlating met die breë publiek deel. Ek kon daarin slaag om kinders wat aan my bekend is sedert my betrokkenheid by kinderhuise te kontak, en hulle was meer as bereid om hulle verhale te deel – party was baie emosioneel en ander het dit as die afsluiting van ‘n hoofstuk beskou. Die vergesogde idee wat ek gehad het, het op 2 Mei 2018 ‘n werklikheid geword en was reeds op DSTV kanaal 147 uitgesaai. Die program beteken nie net vir die kinderhuise baie nie, maar die sukses van die kinders het die kykers ge-inspireer en gemotiveer. Die program het ook ‘n bewuswordingsdoelwit wat opbouend vir die gemeenskap is. Kinderverwaarlosing en –mishandeling is baie aktueel en ek is seker dat die program baie waarde toevoeg. Indien mense toegerus word om bewus te wees waarvoor hulle moet uitkyk en wat hulle met inligting moet doen wanneer hulle bemommerd is oor ‘n kind/gesin, sal hulle die regte prosedures kan volg om ‘n saak aan te meld. Daardeur word die beskerming van kinders bevorder. Terugvoer wat ontvang word is baie positief en ek is baie trots op hierdie projek van ons! Vir die wat die program misgeloop het maar graag wil kyk, gaan na die skakels hier aangedui van die episodes wat julle kan kyk. Kliek op die skakel en sit die wagwoord KWHP in en kyk na die episode. Wees S01E04 MASTER Wees S01E06 MASTER

Page 6: n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning

6

Ons verken die inspirerende stories van mense wat in kinderhuise groot geword het en bo hul moeilike omstandighede uitgestyg het in die nuwe reeks #Wees.

Die skrywer Piet Matipa is die aanbieder.

My vergesogde idee het n realiteit geword. Baie dankie aan VIA wat die idee “gekoop” het en Hi Mom produksies wat die reeks vervaardig het. Baie dankie aan elke “kind” wat hulle stories

gedeel het!- julle is “awesome”!

Page 7: n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning

7

BURGERMEESTERSBAL

Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning deur die gemeenskap is die enigste wyse waarop die kinderhuis kan oorleef. Die plaaslike burgermeester, Marlene van Staden, het ingewillig om deel te wees van ‘n fondsinsamelingsprojek, ‘n formele geleentheid waar daar heerlik geëet en gedans is. Hierdie geleentheid het plaasvind by Weesgerus vakansieoord. Die SAPD orkes het vir ons heerlike musiek vir hierdie spoggeleentheid verskaf. ‘n Heerlike drie-gang maaltyd is deur Weesgerus verskaf. Die aand was baie suksesvol gewees.

Op 14-16 September 2018 vind daar ‘n Nyliefees by die plaaslike hoërskool op die dorp plaas. Die kinderhuis hanteer ’n skaapbraai, koek- en poedingtafel. Ons het deurlopend fondse nodig om in ons behoeftes te voorsien en maak van elke moontlike geleentheid gebruik om fondse te genere-er.

Page 8: n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning

8

Tumi

Shakib

Prudence

Mulaudzi

Genevah

Makgohlo

Khomotso

Nkwana

Desmond

Shirinda

Die HWSETA het ons aansoek vir die aanstelling van drie administratiewe beamptes en twee maatskaplike werkers goedgekeur. Die administratiewe beamptes is studente wat besig is met opleiding by die TVET kollege en hulle doen hul internskap by die kinderhuis. Die SETA dra die kostes met betrekking tot salarisse. Die maatskaplike werkers het ‘n twaalf maande kontrak en die administratiewe dames het ‘n ag-ttien maande kontrak. Dit het daartoe bygedra dat die lading van die maatskaplike werkers ver-lig kon word, tot voordeel van die kinders.

Page 9: n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning

9

FINANSIES / FINANCE: Einde Julie 2018 Met die uiteensetting hier onder wil ek probeer om ‘n beter prentjie te gee wat die uitgawes per huis beloop per maand. Ons eenheidskoste per kind beloop ±R5400 wanneer alle uitgawes in ag geneem word soos Personeel se salarisse en ander lopende kostes – munisipaliteit, telefone ens. Kostes hieronder is wat ons werklike uitgawe is, skenkings is dan reeds in ag geneem. Medies en terapie is nie per huis gegee nie aangesien dit nie op al die kinders betrekking het nie.

With the detail given I hope to give you a better picture of the expenses required per house per month. These expenses are after donations has been taken into account. Our total cost per child is ±R5400 when salaries and other operational costs are also taken into consideration. Medical and therapy expenses are ad hoc. We rely on government medical facilities.

KOSTE PER MAAND PER HUIS WAT DIREK VERBAND HOU MET DIE KINDERS: DIRECT COSTS OF CHILDREN PER MONTH PER HOUSE:

Besonderhede / Detail R per maand /month

R per huis /house

Skoonmaak en Wassery / Cleaning & Laundry R10 000 R650

Suiwel / Dairy R26 400 R1760

Brood / Bread R10 000 R650

Vrugte & Groente / Fruit & Veg R3000 R200

Kruideniers / Groceries R25 000 R1650

Vleis / Meat R12 000 R800

Medies /Medical (Apteek/Pharmacy) R560

Klere / Clothing (ingesl. skool/ incl. School) R4400 R290

Haarsny / Hair cut (R30/kind/child) R1500 R100

Sakgeld/ Pocket money R5000 R330

Skoolgeld & skoolaktiwiteite / School fee’s and activities R17 500 R1 170

Terapie / Therapy R3 000

Brandstof / Fuel R20 000 R1 300

Instandhouding voertuie /Maintenance Vehicles R6 000 R 400

Instandhouding geboue /Maintenance Buildings R20 800 R1 400

Sekuriteit / Security R20 000 R1 300

Marlene Jonker

Finansiële Bestuurder

014 717 5264x153

Page 10: n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning

10

BEDRYWIGHEDE IN DIE MAATSKAPLIKE WERK-AFDELING Die Kinderwet (Wet 38 van 2005) gee baie duidelike riglyne oor die funksionering van ‘n kinderhuis. In die Wet is daar ook bepaalde voorskrifte in terme van programme wat by die kinderhuise aangebied moet word. Die pligtestaat van die maatskaplike werker in die kinderhuis sentreer dan ook spesifiek rondom hierdie programme om uiteindelik vergestalte te kry in ‘n On-twikkelingsplan (IDP) vir elke kind in die kinderhuis. Programme in die kinderhuis fokus op die algemene versorging van die kind - die kinderversorg-er asook die ondersteunende dienste in die kinderhuis maar verseker ook die vrywilliger, wat die gemeentes insluit, lewer hier ‘n groot bydrae om toe te sien dat die kind na wense versorg word in ‘n omgewing waar sy potensiaal maksimaal kan ontwikkel. Die opvoedkundige program fokus op die kind se inskakeling by ‘n skool, sy skolastiese funksionering en prestasie asook inskakeling by hulpbronne in die gemeenskap soos arbeids- en spraakterapeute om die kind weereens in staat te stel om sy potensiaal te kan ontwikkel. Skakel-ing met die onderwysers by die skool vind gereeld plaas en goeie verhoudings tussen die maatskaplike werkers en die onderwysers is onontbeerlik. Tendense in terme van die kinders se gedrag bepaal dikwels die bedrywighede in die maatskap-like werk-afdeling. Oor die afgelope maande het verskeie kinders in die kinderhuis vanweë die blootstellling aan ouderdomsontoepaslike ervarings in hul ouerhuis seksueel uitreagerende ge-drag teenoor ander kinders geopenbaar. Hoewel die roete gevolg word om hierdie sake by die SAPS aan te meld is die uitkoms gewoon-lik nie dat daar kriminele vervolging plaasvind nie aangesien die kinders dikwels minderjarig is en ander elemente van kriminaliteit nie teenwoordig is nie. Ten einde die tendens aan te spreek word daar nie net voorkomende programme aangebied nie maar word die seksuele oortredertjies ook by programme ingeskakel wat ten doel het die voorkoming van soortgelyke gedrag in die toekoms. Groepwerk word tans op ‘n weeklikse basis met drie groepe kinders (seuns sowel as dogters) gedoen. n Ander program wat gedragsmodifikasie ten doel het is groepwerk met seuns wat aan porno-grafiese materiaal deur middel van die sosiale media blootgestel is. Kinders se verwydering uit ouerlike sorg is dikwels uiters traumaties en somtyds is dit nie moontlik vir die kind om dadelik die redes vir sy opname in die kinderhuis te internaliseer nie. Laasgenoemde het uiteraard ‘n invloed op die aanpassing van die kind in die kinderhuis. In die lig van bogenoemde is daar begin met groepwerk met kinders wat onlangs in die kinderhuis op-geneem is. \

Page 11: n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning

11

Die doel van die groepwerk is om hierdie kinders te help met die oorskakeling van hul bekende omgewing na die meer gestruktureerde omgewing van die kinderhuis. Gedurende hierdie groep kry hulle geleentheid om gevoelens oor hul verwydering, verwerping, vrees, woede en hul nuwe omgewing te identifiseer en vaardighede aan te leer om dit op die regte manier te hanteer. Die ontwikkeling van sosiale vaardighede is uiters noodsaaklik aangesien die kinders dikwels nie ‘n rolmodel in hul ouerhuise gehad het in terme van sosiaal aanvaarbare gedrag nie. Daar word tans groepwerk aangebied met die doel op die aanleer van konstruktiewe konflikhanter-ingsmetodes. Deur middel van ‘n skoolverlatersprogram help ons ons kinders wat aan die einde van die jaar die eerste tree in die grootmens-wêreld gee om gereed te maak vir al die eise wat aan hulle gestel gaan word. Daar word aansoek gedoen vir identiteitsdokumente, geleer vir leerling- en bestu-urderslisensies, CV’s word opgestel, sosiale vaardighede word ontwikkel en aandag word gegee aan die plasing van die kinders nadat hulle hul skoolloopbaan voltooi het. Om hierdie diens in stand en volhoubaar te hou word ‘n konstante vloei van inkomste benodig. Baie dankie vir die bydraes wat ons so gereeld van die gemeentes ontvang. En so al werkende maak ons almal ‘n verskil in die lewe van ons kinders.

Elize Sauer Supervisor: Maatskaplike werkafdeling

Page 12: n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning

12

Susan Loots

Naaldwerksentrum

014 7171 5264 x 121

Joh. 10:10 sê “’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. ‘n Mens besef eers wat hierdie oorvloed beteken wanneer self God sy planne in werking stel op Sy tyd en plek en as mens terugstaan en asem skep, is daar net een woord om alles te beskryf: “AWESOME”! Dis hoe ek voel elk keer as ek die naalwerksentrum oopsluit. Op die tafels is daar 8 splinternuwe Bernette masjiene, 2 Bernina omkapmasjiene en ‘n Bernette Deco 340 borduurmasjien en dit alles het ons ontvang sonder dat enige iemand iets gevra. Iewers het God in een van Sy kinders se harte die saadjie geplant en nou het ons ‘n naaldwerksentrum. Masjiene op hulle eie beteken egter niks, ons het voorraad en toerusting nodig gehad om mee te begin. Na ‘n advertensie het die gemeenskap ons gehelp met genoeg naalde, spelde, maatbande, garing, knope, lap en alles wat ons nodig het om mee te begin. Die wol, brei- en hekelnaalde, bor-duurlap, garing, ens. het ingestroom. Ons het genoeg krale en al die benodigdhede om juwele te maak vir ‘n groot stalletjie op ‘n Kersmark hierdie jaar! As iemand wonder ….. ons het nog ‘n paar ordentlike skêre nodig! Na die amptelike opening het dames van die omgewing aangebied om te help om alles aan die gang te kry. Nou, so bietjie meer as ‘n maand later is daar elke Vrydag oggend ‘n naaldwerkklas vir die kinders van Sonstraal Skool, daar is so paar kinders wat fluks aan die hekel is en die kralewerk klasse het afgeskop. Ons kleremaak klasse begin binnekort. In die volgende nuusbrief sal ek meer erkenning gee aan al die dames wat hulle tyd gee om ons kinders te help om hulle potensiaal te ontdek! Die sentrum is ook nie net vir ons kinders nie, maar ook om mense in die gemeenskap te help om vaardighede te ontwikkel wat hulle meer ekonomiese vryheid kan gee. Baie, baie dankie aan almal wat bygedra het om ons sover te kry en dankie aan almal wat ons gaan

help om die naaldwerksentrum van krag tot krag te laat gaan. Ek sien uit daarna om te sien hoe

hoog ons kan vlieg!

Page 13: n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning

13

Nina Marais

Forensiese Praktyk

014 717 5264x149

Sedert Desember 2017 het die kinderhuis met ‘n traumasentrum op die terrein begin. Die eerste fase was die daarstelling van die fasiliteite om die kinders se behoeftes aan te spreek. Die terapeutiese program wat by die kinderhuis aangebied word, word deur Nina Marais wat

verantwoordelik is vir die assessering van die kinders asook terapeutiese insette waar nodig aange-

bied. Maatskaplike werkers in die gemeenskappe ontvang nou tydens paneelbesprekings nie net

inligting oor die kind se aanpassing in die kinderhuis nie maar terugvoer kan ook gegee word oor

die kind se sosio-emosionele belewenis van sy eie wêreld wat natuurlik waardevol is vir toekom-

stige dienslewering aan die kind sowel as sy gesin.

Die volgende persone word opreg bedank vir hulle bydrae: • Umgankla Minerals PTY Ltd vir hulle ruim bydrae van R 19 267-14 vir die Kamarasisteem. • Erica Prinsloo Uitvoerende Direkteur van LAMI- Cleaning&Hygiene Care PTY vir hulle

bydrae van R 15 000-00. Die fondse was aangewend vir verf, teëls en kaste. • Hanno Engelbrecht vir die maak van ‘n spesiale terapietafel en vier stoeltjies. Hanno het dit

vir ons gratis gemaak. Hanno was ook verantwoordelik vir die installering van die pragtig kaste. Ons waardeer Hanno se bekwame vakmanskap.

• Rodako-Building Projects was verantwoordelik vir die insit van teëls en verf. Roelf Joubert

se bekwame vakmanskap word ook waardeer.

Page 14: n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning

14

Corne Jansen v Vuuren

Klerekruik

Tel no: 014 717 5264 x140

Abraham Kriel Children’s Home Nylstroom

Caring for our children Help us dress them

You can donate: Winter/Summer clothes

Sneakers Winter/Summer Nighties

School clothes Underwear Backpacks

Page 15: n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning

15

Ronel Schwartz

Voedseldiens Bestuurder

014 717 5264 x123

Judith Dreyer

Voedseldiens Assisent

014 717 5264 x123

Die hart van die kindershuis is natuurlik ons kombuis, met Ronel Schwartz, haar regter hand Judith Dreyer en ‘n kookspan. Donasies wat geskenk word, soos groente, vrugte, vleis en selfs wildsvleis, word in heerlike geregte voorberei. Elke week word die spyskaart noukeurig beplan, daar word een hoofmaaltyd vir die dag voorberei uit die kombuis vir die kinders, huisouers en personeel wat op die terrein bly. Die kombuis stuur ook eiers, brood, melk, mieliemeel ens. uit vir die kinders vir ontbyt en aandetes. Smere, blikkies vleis, kitspap groente, vleis ens is ‘n groot uitgawe en ons is baie afhanklik van skenkings. In die waskamer daar word daagliks ± 170 kinders se klere gewas en gestryk en selfs hier is die kostes geweldig hoog. Ons het besluit om met die volgende projekte te begin, daar word die heerlikste koeke, beskuit, Quiches, vinger-etes en lasagne op bestellings gemaak. Ons kan ook eetgoed vir funksies soos ligte ontbyte, verjaarsdae, begrafnisse en selfs vir vergaderings doen. Dit help eintlik dat ons begroting klop. Deur middel van skenkings van donateurs kan ons al hierdie dinge vermag.

Page 16: n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning

16

Die pos van Senior kinderversorger is ingestel om behulpsaam te wees met die volgende:

• Hantering van insidente waar die kinders betrokke is met terugvoer aan die personeel op bystand.

• Observasie van kinderversorgers en hulle werksaamhede ten einde die leemtes te indentifiseer en aan

te spreek

• Verantwoordelik vir inspeksie (ongeskeduleerde besoeke) in die huise ten einde te verseker dat huise

skoon en netjies is.

• Toesig oor die fisiese versorging van die kinders.

• Verantwoordelik vir kontrole ten opsigte van studietyde ten einde te verseke dat studietye wel

plaasvind

• Verantwoordlik vir die koördinering van die buitemuurse aktiwiteite van die kinders

• Verantwoordelik vir die opstel en organisering van naweek– en vakansieprogramme ten einde die

kinders sinvol besig te hou gedurende naweke en vakansies.

• Verantwoordelik vir die koödinering van matriekafskeidreëlings.

Kotie Joubert

Snr kinderversorger

Page 17: n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning

17

Kinderversorgers!! … hulle deel in elkeen se seer en ook in elkeen se vreugde. Hulle is al van vroeg-oggend aan diens. Maak die kinders wakker, gee vir hulle ontbyt en sien hulle ook af as hulle skool toe gaan. In die middae is hulle daar om die kinders te verwelkom en te help met huiswerk. Die kinderversorgers versorg daagliks die kinders en sien toe dat hulle basiese behoeftes bevredig word. Elize Sauer Supervisor: Maatskaplike werkafdeling 014 717 5264 x 109

Kinderversorger en Aflosse

Page 18: n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning

18

Nina Marais

Forensiese Maatskaplike werker

014 717 5264 x 147

Elize Sauer

Supervisor: Maatskaplike werksafdeling

014 717 5264 x 109

Tshwantsho Matshabi

Maatskaplike Werker

014 717 5264 x 111

Vutomi Baloyi

Hulp Maatskaplike werker

014 717 5264 x 147

Jurine Kloppers

Maatskaplike Werker

014 717 5264 x 108

Page 19: n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning

19

Fiona Pretorius

Admin beampte: Menslike Hulpbronne

014 717 5264 x 120

Kombuis- en washuis personeel

Ons Skoonmaakdienste

Page 20: n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning

20

Die Terrein Personeel

Algemene Assisente

Ons Voertuig Bestuurders

Fannah, Herman en Thomas

Isaac Modimola

Kliniek

Lina

Kantore

Minah

Klerekruik

Liesbeth

Huis Maroela

Elizabeth

Huis Maroela

Page 21: n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning

21

Madilise Erasmus Bemarker Pretoria

Cecile Le Roux Bemarker Nylstroom

Nina Marais Maatskaplike werker Forensiese Praktyk

Chris de Klerk Kinderversorger

Essenhout

Freda Faber Kinderversorger

Bauhinia

Guisanta Paladinio Kinderversorger

Katjiepiering

Margaret Lesebe Kinderversorger

Matoppie

Jacob Mithileni Kinderversorger Knoppiesdoring

Betsie Webber Kinderversorger

Taaibos

Susan de Beer Kinderversorger

Katjiepiering

Susan Loots Kinderversorger

Bauhinia

Lynette Pearce Kinderversorger

Essenhout

Page 22: n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning

22

Ons is opgewonde om aan te kondig dat AKK Nylstroom hierdie jaar ons eie liggiefees gaan aanbied. ‘n Donasie van ‘n tuiste vir bejaardes in Plumstead Plumsrus, het vir ons kersliggies geskenk. Die liggies is deur middel van ‘n borg vanaf die Kaap na Nylstroom vervoer. Verskeie rolspelers is bereid om ons te help om die uitleg van die liggies te beplan. Die liggies gaan op 1 Desember aangeskakel word en sal tot 31 Desember besigtig kan word. ‘n Donasie van R10p/p sal gehef word om die liggies te kom besigtig. Ons is besig om ‘n konsert te beplan wat op 13 en 14 Desember aangebied sal word. Kaartjies sal vir die konsert verkoop word. Daar sal ook in die aande eetgoed verkoop word in ‘n poging om die fondse van die kinderhuis aan te vul. Kontak ons indien mense liggies het om te skenk of arbeid het om aan te bied. Mev. Gerda van der Merwe Tel: 014 717 5264 x 155 Sel: 0824102635

Page 23: n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning

23

DIREKTE BANKINBETALING IN ONS REKENING / DIRECT BANK PAYMENTS

BETALING PER TJEK / CHEQUE PAYMENT

DEBIETORDER / DEBIT ORDER

U BANK NAAM / YOUR BANK NAME:

TAKKODE / BRANCH CODE:

REK NOMMER / ACCOUNT NUMBER:

TIPE REKENING/ TYPE OF ACCOUNT:

BEDRAG PER MAAND / AMOUNT PER MONTH:

BEDRAG IN WOORDE / AMOUNT IN WORDS:

HANDTEKENING/SIGNATURE

DATUM / DATE:

DIE BETEKENIS VAN KERSFEES

"Skenk hierdie Kersfees die geskenk van jouself, jou tyd en jou welwillendheid”

THE MEANING OF CHRISTMAS

"Give this Christmas the gift of yourself, your time and your goodwill."

VOLTOOI ASSEBLIEF HIERDIE VORM EN POS DIT AAN ABRAHAM KRIEL KINDERHUIS PRIVAATSAK X1033 NYLSTROOM 0510

EPOS: [email protected] PLEASE COMPLETE THIS FORM AND POST TO

ABRAHAM KRIEL CHILDRENS HOME PRIVATE BAG X1033 MODIMOLLE 0510 EMAIL: [email protected]

Alle donateurs ontvang ‘n Artikel 18A-kwitansie

Titel, voorletters en van /Title, initials and surname:

Posadres / Postal address Selfoonnommer / cellphone number:

Telefoon no. / Telephone number:

Eposadres / Email address:

Poskode / Postal code: DONASIEBEDRAG / AMOUNT OF DONATION:

Maak tjek uit aan: / Cheque payable to: Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom Kers 2018

Naam van instansie / Name of instituton:

Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom

ABSA Bank Rek no / Account no:

1100 140 000

Takkode

Branch code

632005

Verwysing /

Reference

Christm18 /

your surname