54
1

Neo-Calvinisme · 2018. 5. 12. · die Bybel volgens hierdie of daardie belydenis te verklaar, soos dikwels gedoen word. En omdat dit verkeerd is, word die standpunt van Dr. Kuyper

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • 1

  • 2

    Neo-Calvinisme Verbastering

    of regte ontwikkeling

    DEUR

    Ds. J.V. Coetzee

    Predikant van die Geref. Gemeente Potchefstroom

    Elektroniese weergawe

    In hierdie teks word die oorspronklike bladsynommers soos volg aangedui: [xx].

  • 3

    Inhoud

    Hoofstuk 1.................................................................................................................................4 STAND VAN DIE KWESSIE ........................................................................................................................... 4

    Hoofstuk 2.................................................................................................................................9 ONTLEDING VAN DIE BEWERINGS VAN PROF. ENGELBRECHT......................................................... 9

    Hoofstuk 3...............................................................................................................................12 DR. A. KUYPER EN DIE GEREFORMEERDES OOR SKRIF EN BELYDENIS ....................................... 12

    Hoofstuk 4...............................................................................................................................18 PROF. ENGELBRECHT AS INFORMANT OOR CALVINISME................................................................ 18

    Hoofstuk 5...............................................................................................................................22 AKKOORD VAN KERKELIKE GEMEENSKAP.......................................................................................... 22

    Hoofstuk 6...............................................................................................................................29 "BANT VAN EENICHEIT"............................................................................................................................. 29

    Hoofstuk 7...............................................................................................................................37 VRYHEID VAN EKSEGESE EN LEERVRYHEID....................................................................................... 37

    Hoofstuk 8...............................................................................................................................46 BEWEERDE INDEPENDENTISME .............................................................................................................. 46

    Hoofstuk 9...............................................................................................................................51 SLOT ................................................................................................................................................................ 51

  • 4

    [1] Hoofstuk 1

    STAND VAN DIE KWESSIE

    In "Die Hervormer" — die offisiële orgaan van die Ned. Hervormde Kerk van Afrika — is Prof. Dr. Engelbrecht van die fakulteit van Teologie van die Hervormde Kerk aan die Universiteit van Pretoria besig om in 'n reeks artikels die Nederl. Geloofsbelydenis te

    verklaar.1 Telkens het hy dit nodig gevind om die Gereformeerde rigting wat hy by

    voorkeur bestempel as "Neo-Calvinisme of Gereformeerde Skolastiek" te lyf te gaan en af te kam as verbastering van die egte, gereformeerde waarheid.

    Was dit nou iemand anders wat geskrywe het soos Prof. Engelbrecht gedoen het, dan sou ons maar geswyg het en aangeneem het dat die persoon onkundig is en nie weet wat hy doen nie. Maar nou dat dit 'n geagte professor is, belas met die opleiding van predikante vir die Ned. Hervormde Kerk, en aangeneem mag word dat SyHooggel. sy studente aangaande die sgn. "Neo-Calvinisme of Gereformeerde Skolastiek" op dieselfde manier inlig as wat hy die algemene publiek van die Hervormde Kerk in Suid-Afrika ingelig het, mag ons die bewerings van Prof. Engelbrecht nie onweerspreek laat bly nie. En as dit dan uit hierdie geskrif duidelik word dat Prof. Engelbrecht, in sy begeerte om

    die "Neo-Calvinisme" te bestry, homself by herhaling [2] skuldig gemaak het aan

    oortreding van die negende gebod, dan is onsself daar baie jammer oor en sou ons hom dit graag wou gespaar het, maar dan het hy dit alleen aan homself te dank.

    By die behandeling van art. 5 van die Geloofsbelydenis in "Die Hervormer" van 21 Januarie 1943, skrywe Prof. Engelbrecht: "Omdat hierdie boeke (nml. die kanonieke Bybelboeke nie boeke van mense is nie maar boeke van God, daarom is dit kanoniek, d.w.s. dit is 'n maatstaf, 'n rigsnoer, 'n vorm waarna ons ons geloof moet reël. Die belydenis van die kerk moet hom op daardie Skrifte grond en moet sy bevestiging daarvan kry. Die Skrif moet altyd die maatstaf en die grond van ons geloof en belydenis bly, soos ook baie duidelik in art. 1 van onse Kerkwet uitgespreek word. 'n Mens kan dit nie genoeg sê nie en die gemeente se aandag kan nie genoeg hierop gevestig word nie. Maar nou sal iemand miskien antwoord: maar waarom tog? Niemand twyfel tog daaraan dat die Skrif die grond van die belydenis vorm nie? Helaas, was dit maar waar! Al te dikwels sien ons maar weer dat probeer word om die Skrif ooreenkomstig hierdie of daardie belydenis uit te lê, of om 'n bybelverklaring ooreenkomstig hierdie of daardie belydenis te gee. In so 'n geval word die saak net omgedraai en die belydenis word as kanon, as maatstaf, as reël vir die geloof gestel, ook by die uitlegging van die Skrif. Die belydenis is sodoende meer as die Skrif. Ons verskil in hierdie opsig dan ook radikaal van Dr. Kuyper en die Neo-Calvinisme wat die belydenis maak tot 'n "accoord van kerkelijke gemeenschap". Die belydenis is volgens daardie opvatting die maatstaf, die kern, waaromheen die verskillende gemeentes hulle groepeer. Dr. Kuyper is hierin in Holland dan ook tereg bestry deur manne as Dr. Kleyn, Dr. Hoedemaker, Dr. Gunning, Dr. A. W. Bronsveld en ook deur onse Prof. P. J. Muller. Toe Ds. H. S. Bosman in 1889 die stelling uitgespreek het: "Ik versta de Sctirift in den zin waarin de gezuiverde kerk aller eeuwen die verstond, en dus overeenkomstig de drie Formulieren van Enigheid",

    het Ds. M. J. Goddefroy met krag daarteen opgekom en [3]

    dit "zuiver Roomsch" genoem, want Rome lees die Skrif in die lig van die belydenis, maar die Hervormde Kerk lees die belydenis in die lig van die Skrif. Die woord van die Kerk is dan ook nie die gesaghebbende woord nie, maar die woord van die Skrif is dit. Laat ons ons dan ook hou aan die standpunt van artikel 1 van ons Kerkwet: die kerk grond hom op die Skrif waarin

    1 [1]

    Hierdie reeks is ondertussen gestaak. My vriend, Ds. J. G. M. Dreyer, redakteur van "Die Hervormer", het

    aan my meegedeel dat hy nog nie weet of en wanneer Dr. Engelbrecht verder sal gaan met die behandeling van

    die Nederl. Geloofsbelydenis nie. Volgens sy medeöeling het die geagte prof. ondertussen verdiep geraak in die

    oprigting van 'n nuwe teologiese tydskrif, nml. Hervormde Teologiese Studies, waarvan die eerste nummer

    onlangs verskyn het. Ook was SyHooggel. gedurende 1943 oorwerk sodat hy toe die verdere behandeling van

    die Konfessie in "Die Hervormer" gestaak het.

  • 5

    die Woord van God tot ons spreek, en nadat die kerk daardie Woord beluister het, spreek hy sy eie woord, die belydenis. Die belydenis is die woord van die kerk wat alleen dan gespreek mag word as die Woord van God in die Skrif gehoor is. Die kerk grond sy woord op die Skrif en bevestig dit met die Skrif, want alleen die Skrif is heilig en kanoniek." (Kursivering van ons, J.V.C.)

    In "Die Hervormer" van 21 Maart 1943, het Prof. Engelbrecht art. 7 van die Geloofsbelydenis bespreek waarin die Geref. Kerke belydenis doen van die volkomenheid van die heilige Skrif om alleen die reë! van die geloof te wees. In hierdie stuk laat Prof. E. homself weer as volg uit: "Op 'n vorige keer het ons daarop gewys dat die Neo-Calvinisme of Gereformeerde Skolastiek ernstig dwaal waar dit die Skrif volgens die Belydenis wil uitlê, want die Woord van God mag nie volgens die woord van mense, hoe heilig hulle ook al was, uitgelê word nie. Die wat wil ontken dat die Neo-Calvinisme dit doen, verwys ons na die praktyk van die Neo-Calvinisme. Verder na 'n woord van Prof. V. Hepp, een van die grootmeesters van die Neo-Calvinisme. Hy verhaal op bls. 19 van sy brosjure "Diagnose" in die reeks "Dreigende Deformatie" met instemming dat Irenaeus met krag die standpunt verdedig het dat die Bybel na die reël van die geloof, d.w.s. "het door de traditie geïnterpreteerde doopsymbool" verklaar moes word. M.a.w., Prof. Hepp gaan akkoord met Irenaeus om die Skrif in die lig van die tradisie te verklaar. Hierdie standpunt van Irenaeus het gemaak dat die kerk so verdorwe en ontaard geraak het dat die Hervorming nodig geword het. Zwingli sê dan ook reeds in die eerste artikel, Zurichse stellings van 1523, dat hulle wat sê dat die Evangelie niks is sonder die

    goedkeuring van die kerk [4]

    nie, dwaal. Dit is die standpunt wat Zwingli en die ander Hervormers lynreg teen die standpunt van Irenaeus en die Roomse Kerk ingeneem het. Prof. Hepp en die Neo-Calvinisme is op hierdie punt dan ook lynreg in stryd met art. VII van die Belydenis." (Kursivering van ons, J.V.C.)

    In "Die Hervormer" van 21 Mei 1943, het ons toe met sitate uit die geskrifte van wyle Dr. A. Kuyper self aangetoon dat Dr. Kuyper in verband met Skrif en belydenis nooit geleer het wat Dr. Engelbrecht hom verkeerdelik toegedig het nie en duidelik laat uitkom dat Dr. E. vir Prof. Dr. Kuyper gevoelens in die skoene geskuif het wat deur Kuyper beslis verwerp is.

    Op hierdie weerlegging van wat hy geskrywe het, het Prof. E. toe in dieselfde no. van "Die Hervormer" die volgende gepubliseer:

    "Hiermee (d.w.s. met wat Prof. E. beweer het in die bostaande aanhaling uit die blad van 21 Januarie 1943) het ek niks anders gesê nie as dat dit verkeerd en onskriftuurlik is om die Bybel volgens hierdie of daardie belydenis te verklaar, soos dikwels gedoen word. En omdat dit verkeerd is, word die standpunt van Dr. Kuyper en die Neo-Calvinisme wat die belydenis tot 'n "accoord van kerkelijke gemeenschap" maak, afgekeur. M.a.w., as mens die belydenis tot 'n "accoord van kerkelijke gemeenschap" maak, loop mens gevaar om in die onskriftuurlike euwel te verval om die Bybel in die lig van die Belydenis te gaan verklaar. In "Die Hervormer" van 22 Maart het ek dan ook na die Neo-Calvinistiese praktyk verwys, en na Prof. Hepp wat met instemming aanhaal dat Irenaeus gesê het dat die Skrif volgens die reël van die geloof, d.w.s. volgens die tradisionele uitlegging van die doop-simbool verklaar moes word. So iets is in stryd met die Reformatoriese skrifbeskouing. Die Hervormers het die Roomse standpunt van 'n skrifverklaring volgens 'n tradisie met nadruk verwerp. Ek het toe ook verskillende aanhalings uit die klassieke geskrif van Ds. M. J. Goddefroy "De Kerkkwestie niet een Leer- maar een

    Levenskioestie", gegee, waarin hy teen hierdie Neo-Calvinistiese opvatting [5]

    waarsku, en dit benadruk dat dit nie die standpunt van die Hervormde Kerk is nie." (Kursivering van ons, J.V.C.)

    (Die leser sal wel opmerk dat Prof. E. van front verander. Waar hy eers beweer het dat Dr. A. Kuyper die belydenis gestel het as kanon, as maatstaf, as reël van die geloof en die belydenis hoër gestel het as die heilige Skrif, gooi hy dit nou oor hierdie boeg dat die konsekwensie van die aanvaarding van die belydenis as akkoord van kerklike gemeenskap dan dit sou wees dat die belydenis hoër as die Skrif te staan kom.)

  • 6

    En dan gaan Prof. E. voort: "Kan Ds. Coetzee dit ontken dat Dr. Kuyper die belydenis maak tot "accoord van kerkelijke gemeenschap"? Dr. Kuyper sê dit self in die voorrede van sy uitgawe van die Formuliere van Enigheid. Dit is die Neo-Calvinistiese standpunt. Die verskillende gemeentes is almal "kerke", en die "accoord" van gemeenskap tussen hierdie "kerke" is die Belydenis-skrifte wat die engere band vorm waaraan die kerkrade "contractueel gebonden zijn", sien Jhr. Mr. A. F. de Savornin Lohman en Dr. F. L. Rutgers: De Rechts-bevoegdheid onzer plaatselijke Kerken, tweede uitgawe, bls. 179. Die kerkverband is dan van vrywillige aard, en die belydenis is dan die kontrak waarop hierdie kerkverband vrywillig aangegaan is en waarop die verskillende kerke hulle grond. Hierdie Neo-Calvinistiese dwaling is afkomstig van die Engelse Independente van die sewentiende eeu. Die kerkregtelike opvattings van hierdie Independente is nie alleen gedeeltelik deur Voetius oorgeneem nie, maar ook deur Dr. Kuyper soos hyself erken in sy "Confidentie" van 1873 en in sy in baie opsigte pragtige studie van 1874 oor "Het Calvinisme oorsprong en waarborg onzer constitutionele vrijheden". Maar dit was nooit die standpunt van die Reformatore nie en ook nooit van die Hervormde Kerk, nog in Nederland nog in Suid-Afrika, soos o.a. duidelik blyk uit art. 1 van die kerkwet van die Hervormde Kerk. Let wel, ek sê kerkwet en nie kerkorde nie. Die bewering van Neo-Calvinistiese kant dat onse Vadere altyd van kerkorde en nooit van kerkwet gepraat het

    nie, is uit die lug gegryp. Art. 1 van [6] die kerkwet van die Hervormde Kerk sê dat die

    Hervormde, Kerk hom grond op die Skrif, en dus nie op die belydenis nie soos die Neo-Calvinisme dit wil hê. Die belydenis is die belydenis van die een hele ondeelbare Hervormde Kerk, en nie van verskillende gemeentes of "Kerke" nie wat dan daarop sou staan en daarmee kontraktueel aan mekaar verbonde sou wees. Hierdie Independentistiese dwaling van die Neo-Calvinisme was die oorsaak van 'n ander dwaling, naamlik die skrapping van die kern van art. 36 van die Ned. Geloofsbelydenis."

    "Maar nou al die aanhalings wat Ds. Coetzee uit die geskrifte van Dr. Kuyper gee om daarmee aan te toon dat ek Dr. Kuyper onreg sou aangedoen het. Dit is vriendelik van Ds. Coetzee om "soos die broederlike liefde dit van ons eis", liewer aan te neem dat ek onkundig was met al daardie pertinente uitsprake van Dr. Kuyper. Ek wil Ds. Coetzee egter die versekering gee dat ek wel deeglik op die hoogte was met al daardie genoemde uitsprake, en dat ek dit maklik met ander soortgelyke sou kan vermeerder. Maar dit doen niks aan die saak af of toe nie, want dit gaan nie om wat Dr. Kuyper oor die verhouding van Skrif en belydenis gesê het nie, want ek het nie daaroor geskryf nie. Dit gaan om die konsekwensies van die anti-Calvinistiese en onreformatoriese en onskriftuurlike standpunt van die Neo-Calvinisme wat die belydenis tot "accoord" van gemeenskap van die "kerke" maak. Die konsekwensies hiervan is noodwendig dat die Skrif aan die belydenis ondergeskik gemaak word. Dr. Kuyper het sy "kerke" gegrond op die belydenis as "accoord van kerkelijke gemeenschap", waardeur die belydenis in die praktyk eerste kom, en die Skrif tweede. Dit was dan ook een van die prinsipiële geskilpunte tussen Dr. Kuyper en Dr. Hoedemaker waardeur hulle paaie uiteindelik uitmekaar gegaan het. Prof. Dr. Th. L. Haitjema het hierdie verskil tussen Kuyper en Hoedemaker as volg getipeer: "Hoedemakers beweeglijke denken is dat denken, dat telkens de slingerbeweging blijft maken: van het Woord Gods tot de belijdenis —de

    richting waarin Kuyper Hoedemaker voortschrijden Het, — maar dan ook [7] weer terug

    van de belijdenis naar het Woord Gods, wat Kuyper niet met Hoedemaker meedoen wilde".

    "Tenslotte wil ek Ds. Coetzee die versekering gee dat sy minder "broederlike" konklusie as sou ek "geskrywe het sonder om te dink" heeltemal foutief is. Ek het nie alleen gedink nie, maar ek het die hele saak ook grondig bestudeer. Ek handhaaf die beskouing dat dit onprotestants is om die Skrif ooreenkomstig hierdie of daardie belydenis uit te lê, omdat hierdeur die Skrif aan die belydenis ondergeskik gemaak word. Ons mag die Woord van God nie in die lig van 'n mensewoord verklaar nie. Die Hervormers het hulle juis daarteen verset dat die kerk die uitlegger van die Skrif moet wees, want dit is Rooms. Alleen die Roomse Kerk het 'n kerklike goedgekeurde skrifuitlegging. En omdat dit verkeerd is, verwerp, ons ook die Neo-Calvinistiese opvatting wat die belydenis tot 'n "accoord van kerkelijke gemeenschap" maak, want nieteenstaande al die aanhalings van

  • 7

    Dr. Kuyper wat Ds. Coetzee gee en wat ek kan aanvul, lei daardie beskouing tot die noodlottige standpunt om die Skrif in die lig van die belydenis te wil verklaar en dus die belydenis hoër as die Skrif te stel. Ons sien dit by Prof. Hepp, wat die konsekwensies van die Neo-Calvinistiese beskouing getrek het. Dit moet die gevolg wees as die "kerke" hulle op die belydenis as "accoord van kerkelijke gemeenschap" plaas. Ek verwys verder na aanhalings uit die boekie van Ds. Goddefroy wat ek in "Die Hervormer" van Maart gegee het. Die Algemene Kerkvergadering van die Herv. Kerk het hom in 1940 weer in dieselfde gees uitgespreek. Die Hervormde Kerk wou dan ook nooit 'n belydeniskerk wees nie, maar altyd 'n belydende kerk, en dit was dan nie "sonder om te dink nie" dat die Ned. Hervormde Kerk in art. 1 van sy kerkwet bepaal het: "Die Kerk grond hom op die Bybel as die Woord van God; sy belydenis is uitgedruk in die Formuliere van Enigheid, naamlik die 37 Artikels van die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls soos in 1618, 1619 in Dordrecht vasgestel".

    [8] "Indien Ds. Coetzee dit met my eens is dat mens die Skrif nie in die lig van die

    belydenis moet uitlê nie, dan staan hy nog op die ou Kamperse standpunt, wat ook die standpunt van wyle Prof. D. Postma was. Dit was meer Reformatories as die Neo-Calvinistiese opvatting. Die ou Gereformeerdes van Kampen was nie Neo-Calvinisties nie en die afstand tussen hulle en die Hervormde Kerk was minder groot as die wat die Neo-Calvinisme van die Hervormde Kerk skei. As Ds. Coetzee egter die mening huldig dat die belydenis die "accoord van kerkelijke gemeenschap" is, dan het hy van die ou Gereformeerde standpunt van Prof. D. Postma afgewyk en is hy dus in hierdie opsig Kuyperiaans en Neo-Calvinisties."

    "Nogmaals, ek handhaaf alles wat ek geskryf het. Ds. Coetzee weet ongetwyfeld dat die Hervormde Kerk nog steeds afwysend teenoor die Neo-Calvinisme gestaan het. Nie net vandag nie, maar vanaf die dae van die opkoms van daardie rigting, meer as 'n halwe eeu gelede."

    Ons het die uitsprake van Prof. Engelbrecht uitvoerig aangehaal, om te voorkom dat hy ons straks beskuldig dat ons 'n verkeerde voorstelling van sy gevoelens gee, soos hy van die van wyle Dr. A. Kuyper gedoen het, soos ons straks sal aantoon.

    Enige onbevooroordeelde leser sal hieruit wel kan sien of ons Prof. E. enige onreg aandoen as ons beweer dat hy wyle Dr. A. Kuyper daarvan beskuldig dat die die belydenis van die kerk hoër gestel het as die heilige Skrif. Nieteenstaande ek Prof. E. aangetoon het met sitate uit die geskrifte van Dr. Kuyper self dat hy Dr. Kuyper gevoelens toedig wat laasgenoemde nooit gehuldig het nie, hou Prof. E. tog sy beskuldigings vol, op grond daarvan dat Kuyper dan die belydenis aanvaar het as akkoord van kerklike gemeenskap, en dus, volgens Prof. E., sou die uitdruklike uitsprake van Dr. Kuyper niks werd wees nie, omdat sy praktyk en die van die sgn. Neo-Calviniste dan sy uitdruklike uitsprake sou loënstraf.

    Nadat Prof. E. sy beskuldigings volgehou het, het ons die volgende briefie gerig aan die

    redakteur van "Die Hervormer": [9]

    Geagte Redakteur,

    Toe ek in u blad van 21 Mei 1943 'n artikel geplaas het onder die opskrif: Onkunde of wat?, om met die eie woorde van Dr. A. Kuyper, aangehaal uit verskillende van sy geskrifte, sekere gevoelens insake die Belydenis-skrifte te weerlê wat Dr. Engelbrecht hom in die skoene geskuif het, het ek aangeneem dat bewyse vir Prof. Engelbrecht ook bewyskrag besit. Nadat ek egter sy antwoord in dieselfde no. van u blad gelees het, besef ek dat dit nie die geval is nie. Onder hierdie omstandighede het dit uiteraard geen sin om voort te gaan om te polemiseer met iemand wat geen respek vir bewyse het nie, al word die bewyse ook opgehoop. Ook weens die papierskaarste sal ek dus nie verdere inbreuk maak op u kolomme nie, en bedank ek u vir die vriendelikheid om in u blad aan my gasvryheid te verleen vir die genoemde stuk, asook vir hierdie briefie.

    Hoogagtend,

    t.t., J. V. COETZEE.

  • 8

    Hierdie briefie is in die tweede helfte van Mei 1943 aan die redakteur van "Die Hervormer" besorg. Vandag, maande later, het hy nog nie kon besluit om hieraan publikasie te verleen nie, nieteenstaande 'n herhaalde versoek van my kant en 'n belofte van sy kant om dit in sy blad op te neem. Die lesers van "Die Hervormer" word onder die indruk gelaat dat die beskuldigings van Prof. Engelbrecht onweerlegbaar is en dat die gegrondheid daarvan deur my en die "Neo-Calviniste" erken is!

    Daarom het ek geoordeel dat hierdie werk die lig moet sien — ook omdat daar vandag in 'n kerklike orgaan geen plek-ruimte beskikbaar is vir 'n enigsins breed-opgesette betoog oor die kwessies wat deur Prof. E. in die geding gebring is nie. Om sy verkeerde voorstellings te weerlê en om sake reg te stel, is daar baie meer toe nodig as wat in die uiteraard baie beperkte bestek van een of meer artikels in 'n kerklike orgaan kan gebeur.

  • 9

    [10] Hoofstuk 2

    ONTLEDING VAN DIE BEWERINGS VAN PROF. ENGELBRECHT

    In sy repliek op die artikel van die skrywer hiervan in "Die Hervormer" van 21 Mei, 1943: Onkunde of wat? het Prof. Dr. Engelbrecht verklaar dat hy kundig en goed op hoogte is van die kwessies wat hy in sy artikels aan die orde gestel het, en dat sy bewerings die vrug is van grondige en deeglike studie. Selfs nadat met sitate uit die werke van wyle Dr. A. Kuyper aangetoon is dat Prof. Engelbrecht, 'n totaal-verkeerde voorstelling gegee het van wat Dr. Kuyper op een bepaalde punt geleer het, het hy nog sy beskuldigings staande gehou. Ja, wat meer is, hy het in sy repliek die saak nog baie erger gemaak. Want hy beskuldig wyle Dr. A. Kuyper en die manne wat saam met hom in die vorige eeu die leiers was van die kerklike reformasie in Nederland — manne soos wyle Dr. H. Bavinck, Dr. F. L. Rutgers, Jhr. Mr. A. F. de Savornin Lohman en nog ander eminente figure uit die Nederlandse kerklike lewe van die vorige en die begin van hierdie eeu, wat Dr. E. graag Neo-Calviniste noem eigenlik van onopregtheid. Hy beweer nml. dat daar nie afgegaan kan word op wat Dr. Kuyper (en sy medestanders) oor die verhouding van Skrif en belydenis gesê het nie. Hy het self in sy stuk hierdie woord: "gesê" kursief geskrywe, sodat hy juis daarop die nadruk laat val. Wat Kuyper (en sy medestanders, die Neo-Calviniste) daaroor gesê het, doen niks ter sake nie. Hulle praktyk sou dan in openlike stryd wees met hul uitsprake, want hulle het van die belydenis gemaak "accoord van kerkelijke gemeenschap."

    Onder hoofstuk 5 behandel ons die Geref. standpunt dat die kerklike belydenis akkoord van kerklike gemeenskap is. Daarom loop ons nou nie op die oomblik daarop vooruit nie. Maar ons wil hier net Prof. Dr. Engelbrecht in bedenking gee of dit reg is om, as hy dit

    nie met mekaar kan rym nie hoe 'n mens die Skrif kan aanvaar as die [11]

    enigste reël en gesag vir leer en lewe en terselfdertyd die kerklike belydenis kan maak tot akkoord van kerklike gemeenskap, mense wat dit wel kan rym met mekaar en hierin geen die minste teenstrydigheid sien nie, te beskuldig van onopregtheid en hulle pertinente uitsprake as verdag voor te stel? Mag hy dan somaar, sonder enige self-ondersoek, aanneem dat hulle onopreg is en dat van hulle uitsprake geen notisie geneem mag word nie? Kan' die fout nie miskien by homself lê nie, as hy hierdie twee sake nie met mekaar kan rym nie? Bestaan daar geen moontlikheid dat sy simpatieë en antipatieë in hierdie verband vir hom parte kan speel nie? Dis 'n geweldige beskuldiging om in te bring teen sulke eminente manne. Manne van naam in Nederland, soos Dr. A. W. Bronsveld, Dr. Gunning, Dr. van Toorenenbergen wat Kuyper bestry het op verskillende punte, het nie die beskuldiging van onopregtheid teen hom en sy medestanders ingebring nie. Ons gaan dit dan ook verder verby — dit laat 'n slegte smaak agter in die mond — om eers 'n ontleding te gee van die bewerings van Prof. E. aan die adres van Dr. A. Kuyper en die mense wat deur hom by voorkeur genoem word Neo-Calviniste of Gereformeerde Scolastici.

    Dr. Engelbrecht beweer dat hulle

    1. ontken dat die heilige Skrif die grond vorm van die belydenis van die kerk en die enigste reël van geloof en lewe is;

    2. die kerklike belydenis maak tot kanon, maatstaf en reël van die geloof, en daarmee die heilige Skrif eigenlik vervang deur die Drie Formuliere van Enigheid;

    3. die kerklike belydenis, nml. die Drie Formuliere van Enigheid, verhef bokant die Skrif en daaraan eigenlik meer waarde en outoriteit toeken as aan die Woord van God;

    4. dat hulle die kerklike belydenis maak tot "accoord van kerkelijke gemeenschap" — iets wat dan, volgens Prof. Engelbrecht, anti-Calvinisties, onreformatories en onskriftuurlik sou wees;

    5. die heilige Skrif wil verklaar ooreenkomstig" die belydenis van die kerk en daarin

    dan ernstig sou dwaal, [12]

    omdat hulle dan daarmee die Woord van God sou sien

  • 10

    alleen in die lig van menslike tradisie;

    6. "zuiver Roomsch" sou wees deur die Skrif te wil verstaan soos die kerk van Christus in sy belydenis die leerinhoud daarvan bely het; en dat die Neo-Calvinisme, in die woorde van Dr. Haitjema, wel in hul denke die beweging van die Skrif na die belydenis meemaak, maar weier om die beweging van die belydenis terug na die Skrif mee te maak — hier raak ons die kwessie van revisie van die belydenis;

    7. hul kerkbegrip ontleen het aan die Independente van die 17e eeu. Vader van hierdie verbastering van die gereformeerde kerkreg sou dan Gisbertus . Voetius, die groot gereformeerde canonicus wees, hierin nagevolg deur Dr. A. Kuyper. Kuyper sou hierdie oorname dan erken het in "Confidentie" (1873) en in sy "Het Calvinisme, oorsprong en waarborg onzer constitutionele vrijheden" (1874);

    8. verder beweer Prof. Engelbrecht dat Kuyper en die Neo-Calviniste "tereg" in hul opvatting van die verhouding tussen Skrif en belydenis in Holland bestry is deur Dr. Kleyn, Dr. Hoedemaker, Gunning en A. W. Bronsveld en ook "deur onse Prof. Dr. P. J. Muller";

    9. dat die handhawing van die belydenis as akkoord van kerklike gemeenskap een van die prinsipiële geskilpunte was tussen wyle Dr. A. Kuyper en Dr. Ph. J. Hoedemaker;

    10. verder beweer Prof. Engelbrecht dat die ou Kamperse standpunt van wyle Prof. D. Postma iets anders was as die standpunt van die Neo-Calviniste ten opsigte van die verhouding tussen Skrif en belydenis, en dat die afstand tussen die ou Gereformeerdes van Kampen en die Hervormde Kerk minder groot was as die wat die sgn. Neo-Calvinisme skei van die Hervormde Kerk;

    11. eindelik nog, sou die nadruk dan nie op die leer nie, maar op die lewe moet val. Die Hervormde Kerk sou dan nie 'n belydeniskerk, maar wel 'n belydende kerk wees. Die "Gereformeerde Skolastiek of Neo-Calvinisme" se gronddwaling sou dan wees dat

    hulle van die belydenis [13]

    maak 'n akkoord van kerklike gemeenskap en daarmee die kerk tot 'n belydeniskerk, terwyl hy alleen belydende kerk mag wees, d.w.s. die kerkkwessie sou dan nie 'n leer- maar wel 'n lewenskwessie wees, soos wyle Ds. Goddefroy dit uitgedruk het in sy "klassieke geskrif."

    Ek meen dat die beskuldigings en bewerings van Prof. Engelbrecht almal onder die bostaande gerangskik kan word.

    Voordat ek nou egter oor die verskillende sake en punte gaan handel wat hiermee deur die geagte Professor aan die orde gestel is, sal dit my wel nie ten kwade gedui word as ek eers die een en ander sê oor die mooi en liefderyke terme waarmee hy by voorkeur die mense van die Geref. Kerke in Nederland, Amerika en Suid-Afrika bestempel. Ek weet dat Prof. E. onder hierdie versamelnaam ook begryp sekere mense van die Ned. Gereformeerde Kerke en ook van die Hervormde Kerk, maar hoofsaaklik word hierdie etiket die Gereformeerdes in Nederland, Amerika en Suid-Afrika aangesteek. Vroeër was dit: doppers; vandag is dit meer lieftallig en beskaafd: Neo-Calviniste en Gereformeerde Scolastici. Maar die venyn hiervan is nie minder nie.

    Want Prof. Dr. Engelbrecht gebruik hierdie terme nie in gunstige sin nie. Hy omskrywe wel nie nader watter betekenis hy daaraan heg nie, maar uit sy skrywe is duidelik dat hy daaraan 'n baie ongunstige betekenis heg. 'n Mens kan van Neo-Calvinisme ook in gunstige sin spreek. Dan verstaan 'n mens daaronder die verjonging en vernuwing en ontwikkeling van die ou Calvinisme wat deur die arbeid hoofsaaklik van wyle Dr. A. Kuyper en Dr. H. Bavinck plaasgevind het. Want by die manne van die Afskeiding van 1834 kan nog nie juis gespreek word van 'n vernuwing en verjonging van die "Calvinisme" as lewens- en wêreldbeskouing nie, omdat hulle aksie meer 'n gereformeerde of konfessionele karakter gedra het en alle aandag gewy is aan die kerk en die ontvouing van die gereformeerde religie. Hulle aksie het wel in Nederland, Amerika en Suid-Afrika voorbereidend gewerk vir die herlewing, vernuwing en

    verjonging van die ou [14]

    Calvinisme wat hoofsaaklik aan die arbeid van die genoemde

  • 11

    twee manne In Nederland verbonde is. Wie die term Neo-Calvinisme in bostaande gunstige sln gebrulk, sien in daardie rigting 'n goeie ontwikkeling, volgens die grondlyne wat deur Calvyn en die Calviniste van die 16e eeu getrek is.

    Maar Prof. Engelbrecht gebruik die woord in ongunstige betekenis, want hy ag homself geroepe om dit te bestry as 'n gevaarlike rigting. As hy praat van Neo-Calvinisme, dan bedoel hy daarmee 'n verbasterde, gedeformeerde Calvinisme, wat ontrou is aan die grondlyne wat deur Calvyn en die Hervormers getrek is, en wat daarom met alle middele uit die Hervormde Kerk alhier geweer moet word, en waarteen die mense van die Hervormde Kerk en die aankomende predikante gewaarsku moet word.

    Natuurlik is Prof. Engelbrecht nie die eerste man wat die term Neo-Calvinisme in ongunstige sin besig nie. Hierin volg hy maar slegs ander mense na, en bepaaldelik Prof. Dr. B. Eerdmans van Leiden en Dr. C. B. Hylkema wat in sy boek: "Oud- en Nieuw-Calvinisme" die verwyt maak aan die adres van die sgn. Neo-Calviniste dat hulle van die ou lyn sou afgewyk het.

    Wat Prof. Engelbrecht bedoel met "Gereformeerde Skolastiek," het hy ook nie nader omskrywe nie. Uit sy verbinding daarvan met die term "Neo-Calvinisme" wat hy in ongunstige sin verstaan, is dit egter duidelik dat hy ook hierdie term in ongunstige sin gebruik. Sonder 'n nadere omskrywing hiervan is dit egter nie moontlik om uit te maak wat die geagte Professor presies daarmee bedoel nie. Ek weet wel wat Skolastiek is, en weet verder dat dit kan beteken: die wetenskaplike beoefening van die Teologie. Maar sodanige Skolastiek kan die geagte professor die Gereformeerdes tog nie kwalik neem nie, want hy is tog immers nie 'n man van die Wederdoperse sektes nie! Tog praat hy van die Gereformeerde Skolastiek as iets wat geweer en bestry moet word, omdat dit natuurlik gevaarlik is. Daarom sou ons dit baie op prys stel as hy homself duideliker wil

    uitspreek en presies sê wat hy met daardie lieftallige benaming bedoel. Dan [15]

    kan 'n mens hom wel te woord staan. Daarom sal ons wel hiermee wag tot tyd en wyl hy homself nader verklaar het en verduidelik het wat hy met Gereformeerde Skolastiek bedoel. Tot dan toe, sal ons maar aanneem dat "Gereformeerde Skolastiek" in die mond van Prof. Engelbrecht 'n term is met 'n onbepaalde ongunstige betekenis, net soos die

    skelwoord "doppers" in die mond van ander mense.2

    2 [15]

    Ons glo dat die werking van die Heilige Gees in die wedergeboorte en bekering homself nie tot die wil

    beperk nie, maar ook ons verstand omvat. Nie alleen stort Hy in die wil nuwe kragte en hebbelikhede in nie,

    maar Hy verlig ook die verstand om die Woord van God te verstaan en te weet die dinge wat deur God aan ons

    geskenk is. Die ware geloof is ongetwyfeld 'n hartlike vertroue dat al my sondes my om Christus ontwil vergewe

    is. Maar dit is dit nie alleen nie. Dit is ook 'n sekere kennis van God en sy beloftes, aan ons geopenbaar. Die

    geloof soek om te verstaan (fldes quærit intellectum) en ek glo sodat ek kan verstaan (credo ut intelligam). Dit

    was die lyfspreuke van die eigenlike vader van die Skolastiek, Anselmus van Canterbury, gestorwe 1109, wie se

    boek: Cur Deus homo? (Waarom het God mens geword?) groot beroemdheid verwerf het. Met geheiligde denke

    het hy die vraagstukke van die leer van die Goddelike Drie-eenheid en van die vleeswording van die ewige

    Woord deurgedink deur toepassing van die Skolastiese metode. Nou weet ek wel dat die Skolastiek homself

    later in allerlei spitsvondighede en onsinnighede verloop het, maar dit neem nie weg dat die Skolastiek groot

    dienste bewys het aan die ontwikkeling van die teologie. Die Skolastiek is na verdienste getugtig in latere eeue,

    maar nie na verdienste gewaardeer nie. Baie critici wat die staf oor die Skolastiek gebreek het, het die fout

    begaan om die kind saam met die badwater buite te gooi. Misbruike waaraan die Skolastiek homself skuldig

    gemaak het, mag ons nie verhinder om sy strewe om goed te onderskei en dus ook goed te leer, na verdienste te

    waardeer nie. Teologie en kerk sou daar baat by vind as baie teoloë en sielsorgers, deur toepassing van die

    Skolastiese metode, sou leer om minder verward te dink by die behandeling van geloofswaarhede en mensesiele.

    Die artikels van Prof. Engelbrecht oor die Nederl. Geloofsbelydenis in "Die Hervormer" gee daarvan blyk dat

    die geagte prof. self met vrug 'n bietjie die Skolastiese metode kan beoefen. Indien hy dit sou doen, sou hy

    ongetwyfeld beter leer onderskeie, en gevolglik ook beter leer as wat hy nou gedoen het en sou daar minder

    begripsverwarring by hom geheers het.

  • 12

    [16] Hoofstuk 3

    DR. A. KUYPER EN DIE GEREFORMEERDES OOR SKRIF EN BELYDENIS

    Ons wil nou handel oor bewerings 1, 2 en 3 van Prot. Engelbrecht soos in ons vorige hoofstuk opgesom. Hy beweer nml. dat Dr. A. Kuyper en die mense wat soos hy dan sou afgewyk het van die ou, suiwere lyn van die Calvinisme (die Neo-Calviniste), ontken dat die heilige Skrif, die Woord van God, die grond vorm van die belydenis van die kerk; dat hulle ontken dat die Skrif die enigste reël vir geloof en lewe is; dat hulle die kerklike belydenis maak tot kanon, maatstaf en reël van die geloof en feitelik die heilige Skrif as sodanig vervang deur die Drie Formuliere van Enigheid; dat hulle die kerklike belydenis verhef bokant die Skrif en daaraan meer waarde en gesag toeken as aan die Woord van God.

    Dit is 'n geweldige beskuldiging! En die bewyse hiervoor? Nou ja, Prof'. Engelbrecht het gesê die praktyk van die Gereformeerdes en die konsekwensies van hul praktyk bewys dit. Dus moet dit waar wees!

    Ek weet van ander mense wat die duidelike Skrifleer van die vrymagtige verkiesing van God en van die vrye genade op dieselfde manier ontken het deur uit konsekwensies waarop dit dan in die praktyk sou neerkom, te argumenteer dat die Skrif nie die verkiesing van God en die vrye genade kan leer nie, nieteenstaande die duidelike uitsprake van die heilige Skrif. Vir hulle kom dit ook nie aan op wat die Woord van God duidelik sê nie, maar op die konsekwensies in die praktyk.

    Prof. Engelbrecht het al by voorbaat gesê dat wat Dr. A. Kuyper gesê het oor die verhouding van Skrif en belydenis niks aan die saak af- of toedoen nie, maar dat dit gaan om die konsekwensies van die standpunt, wat noodwendig hierop neerkom dat in die praktyk die Skrif aan die belydenis ondergeskik gemaak word, en dat die belydenis

    eerste gestel word en die Skrif tweede. Dis [17]

    natuurlik maklik om op hierdie manier pertinente uitsprake reeds by voorbaat te diskrediteer en ongemaklike feite weg te argumenteer. Dit herinner aan die man in die dieretuin wat vir die eerste keer in sy lewe 'n- kangaroe gesien het en toe vir sy maat gesê het: Kom, laat ons loop; daar bestaan nie so 'n ding nie.

    Nieteenstaande Prof. Engelbrecht se handelwyse om reeds by voorbaat te sê dat dit nie aankom op wat Dr. Kuyper oor die verhouding van Skrif en belydenis gesê het nie, gaan ek tog hier enige pertinente uitsprake van Dr. Kuyper hieroor afskrywe in die stille verwagting dat alle mense nie soos Prof. Engelbrecht dink nie — ook nie alle Hervormde mense in Suid-Afrika nie — om somaar uit die staanspoor op grond van vermeende konsekwensies in die praktyk aan te neem dat Kuyper en Bavinck en ander kopstukke van die geref. teologie se pertinente uitsprake geen gewig het nie.

    In die jaar 1890 het Dr. A. Kuyper 'n uitgawe besorg van die werk van Ds. Arnoldus Rotterdam: Zions roem en sterkte. Dit is 'n populêre verklaring van die Nederl. Geloofsbelydenis, vir die eerste keer uitgegee in 1755. Ds. A. Rotterdam was predikant te Zuylen. Hierdie verklaring is bedoel vir die gemeente, en is nie 'n wetenskaplike teologiese werk as sodanig nie. By die uitgawe van 1890 het Dr. Kuyper 'n Voorwoord geskrywe. In hierdie Voorwoord maak hy duidelik wat die karakter van die Konfessie isT En hy sê:

    "De Confessie is geen leerboek, maar een boek van belijdenis; een plechtig actestuk, waarin de kerk positie neemt tegenover de wêreld, tegenover andere kerken en tegenover alle secten. Met de Confessie keert ze zich niet naar binnen, maar naar buiten; niet naar de kinderkens, maar naar wie buiten staan. De kerk ligt in geschil over de hoogste waarheid. In geschil met de wêreld en haar wysheid, en in geschil met de ketterijen; maar ook ten deele in geschil met de zusterkerken. En het is nu tegenover alle dezen, dat de kerk duidelijk en onomwonden als voor Gods aangezichte, belijdt, wat

    voor haar als hoogste en zuiverste waarheid geldt. Vandaar dat de [18]

    Belijdenis zich niet uitlaat over geschillen, die in den boezem onzer cigen kerken nog niet tot rijpheid

  • 13

    zijn gekomen. Alleen wat uitgemaakt en met het bloed der martelaren bezegeld wierd, hebben ze in haar Belijdenis geboekt; op grond dier Belijdenis zich als kerken aaneengesloten; en deze Belijdenis aan de Vorsten en Overheden toegezonden, opdat deze weten zouden, wat men beoogde."

    Dan wys hy verder op die verskynsel dat die Groningers, die Modernes en almal wat probeer om die wese van die kerk te ondermyn, altyd gepoog het om eers die Dordtse Leerreëls, dan die Konfessie en straks ook die Kategismus in vergetelheid te bring, om so die leervryheid op die troon te verhef. En dan sê hy verder in hierdie verband:

    "Ieder predikant had dan zoo zijn eigen meening, en de belijdenis der kerk telde niet meer mee. Er gold absolute leervrijheid."

    "Maar vandaar dan ook, dat elke reformatie der kerken er altoos toe leidt, om juist de Confessie weer op den voorgrond te stellen, opdat ieder weer te weten kome, niet wat Ds. A. of Ds. B., maar wat onze kerken leeren. Opmerkelijk is het dan ook, hoe in die eerste jaren onzer eeuw bijna geen enkel exemplaar van de Confessie verkocht wierd, terwijl sinds 1834 stellig 50,000 exemplaren onder het kerkelijk publiek kwamen."

    En dan wys Dr. Kuyper nog op die verskil tussen die belydenis en die Woord van God:

    "Steeds wake men ertegen, dat dit nooit in misbruik oversla, en dat niemand ooit de Confessie ook maar naast Gods Woord ga stellen.

    "De Belijdenis kan nooit naast den Bijbel liggen, maar moet er altoos op rusten. Ze is uit Gods Woord geput en steeds en voor een ieder aan Gods Woord appellabel. Alleen houde men wel in het oog, dat de Confessie het eigendom niet van A. of B. maar van de kerken is, en dat dus alleen de kerken het recht hebben, om over de Confessie in wettige generale synode te beslissen; liefst zelfs in verband met de buitenlandsche Gereformeerde Kerken." (p. XIII.)

    [19] Dit is dus ver daarvandaan dat Dr. A. Kuyper die belydenis hoër as die Skrif sou

    gestel het en daaraan meer waarde sou geheg het as aan die Woord van God. Inteendeel waarsku hy mense teen die gevaar om die Konfessie ook maar naas die Woord van God te stel. En elkeen van die vermaledyde Neo-Calviniste sê dit A. Kuyper woord vir woord na.

    En dan haal Dr. Kuyper met instemming aan wat Prof. Maresius gesê het oor die verskil tussen die Woord van God en die Konfessie:

    "Vooreerst: de H. Schrift is rechter over de Confessie, nooit de Confessie over de H. Schrift.

    Ten tweede: de H. Schrift is Gods Woord, de Confessie, wat haar eigen uitdrukking aangaat, een woord van menschen.

    Ten derde: de H. Schrift is noodzakelijk ter zaligheid, de Confessie is alleen noodzakelijk voor de positie en het verband der kerken.

    Ten vierde: de H. Schrift blijft wat ze is, maar de Confessie kan verbeterd, uitgebreid en herzien worden.

    Ten vyfde: het gezag der H. Schrift bindt de conscientie zonder meer, maar de Confessie bindt de conscientie alleen krachtens het verband, waarin we met de kerken staan."

    Prof. Kuyper sê hier presies die teendeel van wat Prof. Engelbrecht hom in die skoene geskuif het.

    Ons moet egter nie onder die indruk verkeer dat bostaande maar 'n enkele, alleenstaande uitspraak is nie. Daarom sal ek nog meer sitate gee van die hand van Dr. Kuyper oor hierdie saak — sitate wat deur ons, Neo-Calviniste soos Prof. Engelbrecht ons graag noem, ten volle onderskrywe word.

    In sy "Tractaat van de Reformatie der Kerken", uitgawe van Höveker & zoon, Amsterdam, 1883, p. 78, staan die volgende te lees:

  • 14

    "Formulieren van eenigheid vast te stellen en te waken voor heur handhaving is alzoo de eerste plicht aller kerken die in kerkverband treden. Niet, dit sta duidelijk op den voorgrond, om deze schriften in eenige waardij ook maar bij den Woorde Gods te

    houden, maar overmits een iegelijk [20]

    die buiten staat of binnen is, moet kunnen weten wat de Kerk van den Woorde Gods houdt. Deze formulieren binden dus nimmer de conscientie. De conscientie bindt alleen de Heilige Schriftuur, aan welke deze formulieren altoos examinabel blijven. Daarentegen staat het niemand vrij in de kerk tegen die formulieren te leeren; behoort een iegelijk die gravamina heeft, deze bij de kerke aan te brengen opdat ze onderzocht worden; en is een iegelijk gehouden zich òf aan de uitspraak van de kerk in deze te onderwerpen, òf anders uit de kerk, die naar zijn overtuiging tegen het Woord Gods koos, te scheiden. Hierin ligt al het verschil tusschen een Remonstrantsehe en Gereformeerde revisie."

    Hierdie duidelike taal loënstraf die beskuldiging van Prof. E. asof die belydenis deur die Gereformeerdes, op voetspoor van Dr. Kuyper, bokant die Skrif sou gestel word, ten voete uit.

    Ek kan met hierdie sitate volstaan omdat hulle vir iemand wat nie bevooroordeeld is nie, voldoende is. Maar ek wil ten oorvloede nog 'n paar meer gee.

    In die reeds aangehaalde werk: Tractaat van de Reformatie der Kerken, p. 203, onder die opskrif: Van de nu te ondernemen reformatie, skrywe Dr. Kuyper:

    "Bij geheel dit kerkrechtelijk deel der reformatie zullen onze kerken zich hebben te stellen op de basis van Gods Woord, naar de Belijdenis hiervan gedaan in onze Drle Formulieren van Eenigheld. Niet alsof die formulieren ooit in eenige gelijke waarde, of ook maar in vergelijking van waarde, met dat Woord konden komen, maar overmits noch aan eenig particulier persoon, noch aan eenig drager van het ambt, maar alleen aan de kerken, in wettige Synode saamgekomen, het recht toekomt om de gravamina die op grond van dit Woord tegen eenig Formulier mochten worden ingebracht, als rechters te beoordeelen en daarover in den Naam des Heeren te beslissen."

    In sy groot werk: Encyclopaedie der Heilige Godgeleerdheid, Deel III, pp. 408, 409, lees ons:

    "De Kerk belijdt haar belijdenis, en gelooft haar Dogma, niet omdat het alzoo in haar

    Formulieren van [21]

    Eenigheid staat, maar overmits ze vaststaat in de overtuiging, dat alzoo de Waarheid is, die ons in Gods Woord is geopenbaard. Niet de Confessie zelve, maar de Schriftuurlijke Waarheid, gelijk ze die in haar Confessie uitspreekt, is de inhoud van haar belijdenis. Het is en blijft alzoo de Heilige Schrift die als principium unicum Theologiae (geheel-enige formerende beginsel van die Teologie) vlak onder de belijdenis ligt en in die belijdenis moet uitkomen."

    Ek haal verder aan uit: Dictaten Dogmatiek van Dr. A. Kuyper, Deel IV, Locus de Ecclesia, §12: De ecclesiarum vita communi, p. 261. Nou weet ek wel dat hierdie werk 'n kollegediktaat is van een van die studente en dat Dr. Kuyper nie verantwoordelikheid aanvaar het vir alles wat daarin voorkom nie, maar alleen vir die paragrawe wat hy self gedikteer het. Maar hierdie stuk uit die diktaat is so volkome in ooreenstemming met wat Dr. Kuyper elders self geskrywe het, dat ons veilig kan aanneem dat hierdie stuk 'n goeie en suiwere refleks gee van wat hy in sy kollege aan die studente gesê het. Dit lui as volg:

    "De belijdenis mag nooit in de kerken primordiaal (eerste in rang) zijn. Primordiaal is steeds Gods Woord. Zoodra een kind van God meent, dat iets in de belijdenis in strijd is met Gods Woord, dan moet hij dit aan de kerk bekend maken, en deze moet dan òf dien persoon overtuigen uit den Woorde Gods, òf de kerk moet de belijdenis naar het Woord van God veranderen. Dit nu ware niet mogelijk, wanneer er geen vita communis (gemeensehappelijk leven) was."

    In sy "Publyck Epistel" aan Dr. J. J. van Toorenenbergen, p. 41, opgeneem in sy werk: Revisie der Revisie-legende, skrywe Dr. Kuyper oor wat in daardie tyd (1879) nodig was

  • 15

    by die weeropbou van die Gereformeerde kerklike huis van die vadere. Nodig is, sê hy, om in te sien dat die Calvinisme, soos dit toentertyd in Nederland openbaar geword het, krank is en met Gods hulp, deur meevoelende geloofskrag moet genees word; en

    verder: dat moet ingesien word dat die posisie waarin die [22]

    Gereformeerde Kerk hom in daardie tyd teenoor die dwaling bevind het, sodanig verskil van die posisie waarin die Kerk in 1618 teenoor die dwaling gestaan het, dat daar nou meer in die belydenis opgeneem behoort te wees as destyds, en dat ook die uitdrukkingsmanier en betoogtrant van wat destyds reeds bely is, deur hersiening kan verhelder en versterk word.

    "Maar" — so sê hy verder—"dan moet ook tweeërlei met hand en tand vastgehouden, t.w. (a) dat geen der eigenaardige grondtrekken van de Gereformeerde belijdenis goeden prijs mogen verklaard worden, en alzoo de eeuwige verkiezing "cor ecclesiae" (hart van die kerk) moet blijven; en (b) dat ze, ook na zoodanige herziening, altijd weer,

    mits bij den wettigen reehter, examinabel 'blijve aan Gods Woord." 3

    In 'n "Referaat over de Belijdenis", gehou in 1869 voor die Predikante-vereniging, opgeneem as Tweede Annexe in "Revisie der Revisie-legende", was die tweede stelling wat Dr. Kuyper verdedig het: die Kerk plaas homself, as hy sy Konfessie uitspreek, op die bodem van die Skrif. En in sy toeligting van hierdie stelling het Dr. Kuyper gesê:

    "Op den bodem der Schrift, d.w.z. niet in den zin van een bodem dien men legt, maar als de bodem waarop de gemeente staat.

    "Het is onwaar dat in den zin der Vaderen de autoriteit der Schrift formeel op de Confessie zou hebben gerust. Wie de Schrift verwierp, was de facto exlex (buite die gemeenskap). 'De Heilighe Schriftuere', zoo zegt Gomarus, 'behoeft om haarszelfswille niemands bevestiginghe, maar bestaat in eeuwigheyt door haar eygen vastigheydt. D' overeencommghe oft eendrachtig ghevoelen der Kerke is niets anders dan een bedienster ende ghetuighe der Schrift'. Van een staan boven, van een staan naast de Schrift, kan hier voor het Gereformeerde hart nooit quaestie zijn. Niet de belijdenis,

    alleen Gods Woord mag [23]

    de conscientie binden. De Schrift is de bodem waarin de gemeente wortelt, waaraan ze haar geestelijke autoriteit ontleent, en waaraan ze voor elk hart en elken dag "examinabel" blijven moeten, gelijk steeds door onze Vaderen

    werd beleden." 4

    Ek glo nie dat dit nodig is om nog meer sitate uit die werke van Dr. Kuyper te gee nie om duidelik te maak wat sy opvatting was oor die verhouding van Skrif en belydenis. Iemand wat ná hierdie sitate nog beweer dat Kuyper die belydenis hoër gestel het as die heilige Skril en daarvan die kanon, die maatstaf, die reël vir geloof en lewe gemaak het, is deur vooroordeel só blind dat bewyse vir hom glad nie enige bewyskrag besit nie, om die eenvoudige rede dat hy nie oortuig wil word nie.

    Ja, maar — so sê Prof. Engelbrecht — van al sodanige uitsprake wat ek nog met baie ander kan vermeerder, kan geen notisie geneem word nie. Dit kom nie aan op wat Dr. Kuyper en die Gereformeerdes oor die verhouding van Skrif en belydenis gesê het nie. Dit gaan om die praktyk van Kuyper en die Neo-Calviniste en om die noodwendige konsekwensies van hul praktyk. Daar sit die angel.

    Laat ons nou 'n bietjie kyk na die praktyk. Wat sê die praktyk?

    Daar is een uitstaande insident wat niemand kan wegredeneer of verdoesel nie. Dr. A. Kuyper het by die sinode van die Gereformeerde Kerke in Nederland gravamen (beswaar) ingedien teen die sinsnede uit art. 36 van die Konfessie dat dit die amp van die owerheid is "om te weer en uit te roei alle afgodery en valse godsdiens". Hy het gekom met sy bewyse dat hierdie sinsnede in stryd is met die heilige Skrif en die sinode van die Gereformeerde Kerke, d.w.s. die Neo-Calviniste, het hom in die gelyk gestel en

    3 Dr. A. Kuyper: Revisie der Revisie-legende, p. 41; uitgawe van J. H. Kruyt, Amsterdam. 1879.

    4 Dr. A. Kuyper: Revisie der Revisie-legende, p. 58.

  • 16

    die gewraakte sinsnede uit die Konfessie uitgelig. Hier het ons te doen, nie met wat Kuyper gesê het nie, maar met iets wat hy en die Neo-Calviniste gedoen het, d.w.s. met

    iets van die praktyk. En daarmee het hulle die onmiskenbare bewys gelewer dat [24]

    hulle nie die belydenis hoër as die Skrif stel nie, maar inteendeel die belydenis aan die Woord van God getoets het, wat regter daaroor is. Hulle het nie die belydenis ook maar naas die Skrif gestel nie, maar staan bepaaldelik op die standpunt dat die Konfessie aan

    die Skrif eksaminabel is. 5

    [25] Maar waar nou aangetoon is dat nog die uitsprake van Dr. Kuyper en die Neo-

    Calviniste, nog die pikante, tiperende geval uit die praktyk wat ons aangehaal het, Dr. Engelbrecht enige grond gee vir sy geweldige beskuldigings, laat ons dit verder aan elke leser hiervan self oor om te oordeel waaruit hierdie ongeregverdigde beskuldigings van

    5 [24]

    Blykbaar is dit vandag in kringe van die Ned. Herv. Kerk van Afrika 'n addisionele sonde op die kerfstok

    van Dr. A. Kuyper en die Neo-Calviniste dat hulle hierdie bogenoemde sinsnede uit art. 36, Konfessie, uitgelig

    het. Ek herinner my dat daar etlike kere in "Die Hervormer" hieroor afkeurend geskrywe is. Dr. Engelbrecht

    noem dit ook: "'n ander dwaling, naamlik die skrapping van die kern van art. 36 van die Ned.

    Geloofsbelydenis." Volgens hom is hierdie "dwaling" gevolg van die vermeende Independentistiese "dwaling"

    van die Neo-Calviniste. nml. dat hulle die belydenis maak tot akkoord van kerklike gemeenskap. En nou beken

    ek eerlik dat ek te stompsinnig is om die verband tussen hierdie "oorsaak" en die skrapping van hierdie sinsnede

    uit art. 36 raak te sien. Die Gereformeerdes of Neo-Calviniste beskou die belydenis as akkoord van kerklike

    gemeenskap en die kerkverband as 'n vrywillig aangegane unie. Ergo: hulle skrap 'n bepaalde sin uit art. 36,

    Konfessie, as synde in stryd met die heilige Skrif.

    Ek beken eerlik dat hierdie logika vir my omtrent so helder as modder is!

    Uit die bo-aangehaalde woorde van Prof. E. blyk egter duidelik dat hy die skrapping van die bewuste sin uit art.

    36 beskou as "dwaling" afgesien daarvan of die belydenis as akkoord van kerklike gemeenskap aanvaar word of

    nie. Immers hy sê dat daardie sinsnede die "kern" is van art. 36. (Ek het altyd gemeen dat die "kern" van daardie

    artikel die belydenis is "dat onse goeie God vanweë die verdorwenheid van die menslike geslag, konings, vorste

    en owerhede verorden het, omdat dit sy wil is dat die wêreld geregeer moet word deur wette en regeringe".... )

    Die "dwalende" Neo-Calviniste, onder leiding van Dr. A. Kuyper, het dus, volgens Dr. E. die sonde begaan om

    die "kern" uit te haal uit art. 36. Hieruit volg dat hulle net die doppe of omhulsel oorgehou het.

    Dr. E. se "kern" kan egter weggelaat word, sonder om die sin van die artikel te skend. Die stuk "dop" egter wat

    ek hier tussen hakies aangehaal het, kan nie weggelaat word nie, sonder om die siel uit die artikel te haal.

    Volgens Prof. Haitjema, aangehaal deur Prof. E., het Dr. A. Kuyper wel met Dr. Hoedemaker saam die

    dinkbeweging gemaak van die Skrif na die belydenis. maar het hy geweier om [25]

    met Dr. Hoedemaker saam

    die dinkbeweging te maak van die belydenis terug na die Skrif! En kyk nou! Juis die feit dat Kuyper die

    dinkbeweging gemaak het terug van die belydenis na die Skrif en eersgenoemde getoets het aan laasgenoemde

    en toe gravamen teen daardie sin in die belydenis ingedien het, word hom en die Neo-Calviniste deur Prof. E.

    aangereken as "dwaling".

    Watter soort konsekwensie is dit?

    Mag ek Prof. E. tog net daarop attent maak dat hy Ds. M. J. Goddefroy, op wie hy hom so graag beroep, in

    hierdie saak direk teen hom het? In sy "klassieke geskrif": De Kerkkwestie niet een Leer- maar een

    Levenskwestie," pp. 94, 95, vcrdedig Ds. Goddefroy die Ned. Herv. Kerk teen sekere beskuldigings van Ds. H.

    S. Bosman. En dan skrywe hy: "Omdat volgens art. 37 van de Dordtsche Kerkenorde, in den Kerkeraad leden

    van den Magistraat, "wezende lidmaten der Gemeente" tegenwoordig mochten wezen "om te aanhooren en

    mede van de voorvallende zaken te delibereeren", zal toch ook Ds. B. de "Commissarissen Politiek" uit de 16de

    en 17de Eeuw niet terug verlangen? Evenmin als hy, wegens de bepaling van de Confessie omtrent het ambt der

    overheid (art. 36): "om te weeren en uit te roeien alle afgoderij en valsche godsdienst, om te gronde te werpen

    het rijk van den Anti-christ", aan de overheid op nieuw het recht en de plicht zou willen opleggen om te

    oordeelen wat waarheid of dwaling is. of ook het "halsrecht" wegens kettery, gaarne hersteld zou zien."

    Hieruit blyk dat Ds. Goddefroy, net soos Dr. Kuyper, in 1889 van oordeel was dat die bewuste sinsnede nie in

    art. 36 van die Konfessie hoort nie. Prof. E. noem daardie sinsnede egter die "kern" en sê dat Dr. Kuyper en die

    Neo-Calviniste dwaling begaan het om hierdie "kern" uit art. 36 te skrap. Dat Ds. Goddefroy dit nie as ,.kern"

    beskou het nie, is duidelik. Sal Prof. E. nie nou vir Ds. Goddefroy en sy "klassieke geskrif" maar ook liefs in die

    hoek van die verdagtes skuiwe om die Neo-Calviniste en Independente daar geselskap te hou nie?

  • 17

    Prof. Engelbrecht voortgekom het. Self ontken hy dat dit uit onkunde voortgekom het, of dat hy geskrywe het sonder om te dink. Welaan dan, dan moet elke leser maar self die

    konklusie trek wat hier in [26]

    die spel is. Ek vir my bly aanneem dat, nieteenstaande Dr. Engelbrecht so besliste ontkenning daarvan, sy beskuldigings voortgekom het uit onkunde met die werke en geskrifte van wyle Dr. A. Kuyper, en dat hy napraat wat ander hom voorgepraat het, sonder om self sake te ondersoek deur 'n grondige studie van die werke van Dr. A. Kuyper.

    Maar terwyl ons dan nou tog besig is met die praktyk, wil ek graag wys op 'n ander praktyk wat seker wel aan Prof. E. nie onbekend sal wees nie. Dit is nml. die praktyk van die Herv. Kerk in Nederland wie se woordvoerders sê dat hy sy eer daarin stel om belydende kerk te wees en nie belydeniskerk nie. Hierdie kerk het 'n praktyk wat dit in die verlede moontlik gemaak het vir Christus-verwerpers en Godloënaars en Boeddhiste om predikante daarvan te wees en te bly tot die dag van hul dood. En nou wil ek hom in alle beskeidenheid die vraag stel: Waarvan moet ons nou notisie neem, van wat sy woordvoerders sê wat hy is, of van die praktyk en die konsekwensies van die praktyk?

    Sal Prof. Engelbrecht so vriendelik wees om op hierdie vraag 'n antwoord te gee? En sal hy vir die Hervormde Kerk en die aankomende predikante daarvan sê dat dit nie aankom op wat die woordvoerders van hierdie kerk gesê het nie, maar op die praktyk en die konsekwensies van die praktyk van hierdie kerk wat bogenoemde verskynsel moontlik gemaak het?

  • 18

    Hoofstuk 4

    PROF. ENGELBRECHT AS INFORMANT OOR CALVINISME

    In Hoofstuk 2 het ons reeds ondersoek wat die betekenis van die term Neo-Calvinisme in die mond van Professor S. P. Engelbrecht is. Uit die feit dat hy dit sy plig ag om hierdie

    "Neo-Calvinisme" te bestry en daarteen te [27]

    waarsku, het ons die afleiding gemaak dat dit in sy oog 'n verbastering en deformasie van die egte Calvinisme Is. Trouens hy spreek dit ook met soveel woorde uit as hy spreek van die "konsekwensies van die anti-Calvinistiese en onreformatoriese en onskriftuurlike standpunt van die Neo-Calvinisme wat die belydenis tot 'accoord' van gemeenskap van die ,kerke' maak." Of hierdie standpunt wel is soos Prof. E. dit kwalifiseer, sal ons in 'n volgende hoofstuk nagaan. Hier is dit ons op die oomblik net daarom te doen om aan te toon dat Prof. Engelbrecht die "Neo-Calvinisme" op ten minste een punt sien as veel erger nog as deformasie en verbastering.

    Immers, as hy praat van "anti-calvinistiese" standpunt van die "Neo-Calvinisme," dan beteken dit eigenlik "vyandig teenoor die Calvinisme." Iemand se "anti-" is sy direkte teenstander, soos die Anti-Chris die direkte vyand en teenstander van Christus is.

    Dit alles veronderstel natuurlik dat Prof. Engelbrecht goed op hoogte is van twee dinge:

    (a) Van wat die "Neo-Calvinisme" is en leer. Hiervan moet hy dan ten minste eerstehandse kennis besit, wat hy uiteraard alleen kan hê deur deeglike studie van die werke en geskrifte self van die gesaghebbende woordvoerders van die Neo-Calvinisme. Hy moet sy kennis geput het uit die eie werke self van hierdie mense en nie uit wat ander oor hulle gesê en geskrywe het nie. Want in die tweede geval sou sy kennis nie eerstehands wees nie, maar derdehands.

    (b) Van wat die suiwere, egte, goeie Calvinisme is. Hieroor moet hy 'n outoriteit wees, sodat, as iemand antwoord wil hê op die vraag: Wat is Calvinisme? hy homself na Prof. Engelbrecht kan wend om 'n duidelike, gesaghebbende en alles-afdoende antwoord. Immers, as ek Christus nie ken nie, kan ek moeilik die Anti-Chris ken as sy teenstander. Om te kan konstateer dat 'n sekere standpunt anti-calvinisties is, moet ek behoorlik-goed op hoogte wees met die goeie, egte en suiwere calvinistiese standpunt. Om te kan

    uitspreek dat 'n sekere verskynsel [28]

    deformasie en verbastering is van die Calvinisme, moet ek die egte artikel behoorlik ken.

    Prof. Engelbrecht se uitsprake oor die "Neo-Calvinisme" veronderstel dus dat hy 'n outoriteit is oor die Calvinisme en in staat is om hieroor die regte en goeie informasie te verskaf.

    (a) Wat die "Neo-Calvinisme" betref, het Professor Engelbrecht beweer dat hy oor eerstehandse kennis hieroor beskik. Immers, toe deur ons die suggestie gemaak is dat hy oor Dr. A. Kuyper geskrywe het soos hy gedoen het omdat hy "onkundig" is met die pertinente uitsprake van Dr. Kuyper self oor die verhouding tussen Skrif en belydenis, het hy baie duidelik gesê dat dit nie die geval is nie; dat hy op hoogte was met die bedoelde uitsprake en dit self nog kon vermeerder het.

    Oor die bewering van Dr. Engelbrecht dat Dr. A. Kuyper oor Voetius heen sy kerkregtelike denkbeelde aan die Independentisme sou ontleen het, sal ons wel later handel, om dan uit die historie aan te toon hoeseer hierdie bewering uit die lug gegryp is. Hier wil ons egter net op iets anders die aandag vestig. De geagte professor wat met verontwaardiging die gedagte afwys dat dit moontlik is dat hy onkundig is met die eie werke van Dr. Kuyper, het geskrywe dat Dr. Kuyper in sy geskrif Confidentie, 1873 erken het dat hy sy kerkregtelike opvattings gedeeltelik oorgeneem het van die Engelse Independente van die 17e eeu. Mag ons nou so vry wees om die geagte professor vriendelik te versoek om tog vir ons die bladsy en die betrokke paragraaf van Confidentie te noem waar hierdie erkenning van Dr. Kuyper te lees staan? Ons is in besit van 'n eksemplaar wat in 1873 gedruk is by Höveker en Zoon, Amsterdam. Ons het die

  • 19

    werk van a tot z deurgelees, maar vind van sodanige erkenning, as waarvan die geagte professor gewaag, geen sweem of spoor nie. Net een van twee is moontlik — òf dat die professor beskik oor 'n ander eksemplaar as ons waarin sodanige erkenning wel voorkom, òf dat hy die betrokke sinsnede geskrywe het oor Confidentie, sonder dat hy die werkie self gelees het.

    [29] Dit moet vir elkeen duidelik wees dat Prof. E. alleen hierdie misslag kon begaan het

    uit onkunde met die inhoud van Confidentie. Hier is 'n flagrante voorbeeld van hoe hy vir Dr. A. Kuyper iets in die skoene kan skuif. En as sy kennis van Dr. Kuyper se eie geskrifte nie beter is as hierdie staaltjie in verband met Confidentie nie, sal hy ons dit wel ten goede hou as ons hom sê dat ons nie baie groot vertroue kan hê in sy eerstehandse kennis van die Neo-Calvinisme nie.

    Verder beweer Dr. E. dat Prof. A. Kuyper in 'n tweede werk, nml., Het Calvinisme, oorsprong en waarborg onzer constitutionele Vrijheden, uitgegee in 1874 by B. van der Land, Amsterdam, erken het dat hy sy kerkregtelike opvattings gedeeltelik oorgeneem het van die Engelse Independente van die 17e eeu. Hierdie werk van Dr. Kuyper wat ook deur Prof. E. geloof word as 'n "in baie opsigte pragtige studie," was 'n lesing wat hy in November, 1873 in Utrecht voor 'n kring van studente gehou het. Daarna het hy met hierdie studie ook nog opgetree in die kollegesaal van die Teologiese Skool van Kampen, en ook nog op verskillende ander plekke.

    Ook in verband met "Het Calvinisme, oorsprong en waarborg, ens." wil ons Dr. E. vriendelik versoek om tog bladsy en paragraaf op te gee waar ons die bostaande beweerde erkenning van Dr. Kuyper kan vind. Self het ons hierdie werk noukeurig deurgelees en grondig bestudeer, maar kon sodanige erkenning maar nie vind nie. Wat ons daar wel in vind is Dr. Kuyper se waardering van die stryd van die Independente, lewende uit grondgedagtes van die Calvinisme, vir gewetens- en godsdiensvryheid. Ons vind daarin verder 'n erkenning van Dr. Kuyper dat die beginsel van skeiding van kerk en staat afkomstig is van die Independente, en nie van die Hugenote, die Hollanders of die Engelse Presbiteriane nie. Van 'n erkenning egter dat hy sy kerkregtelike opvatting van 'n vrywillig-aangegane kerkverband tussen selfstandige gemeentes of "kerke" met die belydenis as akkoord van kerklike gemeenskap, van die Independente oorgeneem het, is

    daarin geen spoor te vind nie. Wat ek wél daarin [30]

    vind, nml. op bls. 50 onder, is 'n bewering van Kuyper dat sodanige kerkverband van Calvyn self afkomstig is. Hy skrywe: "Een kerkgeheel, waarvan de gemeenten willooze 'membra' (lede) zijn, heeft hij (Calvyn) nooit gewild. Zijn Synodaal systeem steunde op Confederatie door vrijwillige toetreding en schuwde elken dwang."

    Aangeneem dat Dr. Kuyper sy opvatting van die skeiding van kerk en staat van die Engelse Independente oorgeneem het, dan vra ons nog: "Was die Independente dan in alles verkeerd? Kon hulle dan op hierdie punt dit nie aan die regte end beetgehad het nie?"

    Bowendien ontken ek dat die beginsel van skeiding van kerk en staat "oncalvinisties" sou wees. Daar het ongetwyfeld in Genève 'n baie nou verband tussen die kerk van Calvyn en die staat bestaan. Maar die geskiedenis wys tog uit dat onder sy invloed feitelik in Pole, sowel as in Hongarye en Frankryk vrye kerke gestig is wat met die staat in glad geen verband gestaan het nie. Hy het die saad van die vrye kerk, wat nie volks- of staatskerk is nie, aan die bodem toevertrou waaruit later die skeiding van kerk en staat opgebloei het in ander lande, ook in Suid-Afrika, en waaruit die beginsel van vryheid van godsdiens gebore is. Die Engelse Independente het slegs hierdie Calvinistiese gedagte uitgewerk.

    Dat Dr. Kuyper sy kerkregtelike opvattings sou oorgeneem het van die Engelse Independente van die 17e eeu en dat hy dit in die twee bogenoemde werke sou erken het, is 'n bewering wat van alle grond ontbloot is.

    As Dr. E. Confidentie van Kuyper gelees het, sou hy nie die gewraakte bewering neergeskrywe het nie in verband met die kerkregtelike opvattings van Dr. Kuyper,

  • 20

    omdat hy dan sou geweet het dat die manne wat beslis vormend op Dr. Kuyper ingewerk het, Johannes a Lasco was, die Poolse hervormer, wie se werke hy gedurende sy studietyd soos deur 'n bestiering van God raakgeloop het, en Johannes Calvyn. Kuyper sê self in Confidentie dat sy liefde vir die kerklike vraagstuk opgewek is in die jaar 1858 toe hy die werke van Calvyn en a Lasco moes bestudeer in verband met die prysvraag

    wat die Groninger [31]

    Teologiese fakulteit destyds uitgeskrywe het oor die Kerklike vraagstuk, soos dit in die dae van die Hervorming deur Calvyn en a Lasco opgelos is.

    En nou wil ek Dr. E. graag aan 'n persoonlike insident herinner. Hy sal hom dit seker nog wel herinner hoe ons twee mekaar op 15 Desember 1938 ontmoet het op die feesterrein by die Voortrekkermonument op Pretoria. Self het hy ons gesprek gebring op Dr. Kuyper se "Het Calvinisme, oorsprong en waarborg onzer constitutionele vrijheden." Hy sal ook nog wel onthou met watter entoesiasme hy oor hierdie werk destyds gespreek het wat hy kort vantevore gelees het. Hy was daaroor só entoesias soos 'n man wat pas 'n groot ontdekking gedoen het . . . . ja, soseer dat hy die ene vuur en vlam was om hierdie werk van Dr. Kuyper oor te sit in Afrikaans. Hy was van gevoele dat dit by duisendtalle onder die volk versprei moes word. Hoe is dan nou skielik die goud so verdonker?

    In verband met die Confidentie van Dr. Kuyper het Prof. E. 'n bewering gemaak wat bewys dat hy glad nie op hoogte is met die inhoud van daardie geskril nie. En wat "Het Calvinisme, ens." betref, moet hy nog aantoon waar Dr. Kuyper die erkenning gedoen het wat hy hom toegedig het.

    Hieruit kan wel geoordeel word hoever sy kennis strek van die eie werke van die sgn. Neo-Calviniste. Ook die feit dat hy Dr. Kuyper sekere gevoelens oor die Belydenis toegedig het wat in openlike stryd is met laasgenoemde se baie pertinente uitsprake is 'n bewys dat Dr. E. se kennis van die werke van die woordvoerders van die "Neo-Calviniste" hom nie juis in staat stel om as gesaghebbende informant oor hul gevoelens en teologiese beskouinge op te tree nie.

    (b) Die bestryding van die "Neo-Calvinisme'' as verbastering en deformasie, veronderstel, soos bo aangetoon, dat Prof. E. goed op hoogte is van wat die goeie, egte, suiwere Calvinisme is, en dat hy as gesaghebbende daaroor uitsluitsel kan gee. Ek kan tog moeilik iets as afdwaling veroordeel, as ek nie op hoogte met die regte ding is nie.

    [32] Die manier egter waarop hy Dr. Kuyper gevoelens toegedig het wat in lynregte stryd

    is met die se baie duidelike en pertinente uitsprake; sy misslae in verband met "Confidentie" en "Het Calvinisme, oorsprong en waarborg onzer constitutionele vrijheden," is nie juis daarop bereken om ons vertroue in hierdie opsig te versterk nie. Indien 'n man sulke foute begaan in verband met die geskrifte van Dr. A. Kuyper wat vir hom toeganklik is, wat moet ons dan verwag wanneer dit geskrifte betref van die Calvinistiese woordvoerders van die 16e en 17e eeue wat uiteraard vir hom veel minder toeganklik is?

    Uit sy bestryding van die "Neo-Calvinisme" as verbastering en dwaling moet noodwendig gekonkludeer word dat Prof. Engelbrecht die antwoord weet op die vraag: Wat is Calvinisme? Sal hy dan nie so goed wees om dit nou eenmaal goed en duidelik aan ons te sê nie?

    Want in die jaar 1929 het hy die antwoord op hierdie vraag nie geweet nie. In September van daardie jaar het hy 'n brosjure uitgegee by J. H. de Bussy, Pretoria, onder die opskrif: Wat is Kalvinisme? met die ondertitel: 'n Tydvraag. Dit was na aanleiding van die sitting van 'n Calvinistiese kongres en die stigting van 'n Calvinistiese Bond in Bloemfontein. Telkens in daardie brosjure stel hy die vraag: Wie sal vir ons vandag sê wat Calvinisme is? Dit presies sê? In 1929 was sy konklusie dat daar niemand is wat vir ons 'n antwoord op hierdie vraag kan gee nie. Volgens hom sou daar dan net die Calvinisme wees van A en B en C en D wat almal verskillende opvattings daaromtrent daarop nahou en mekaar oor en weer in naam van die Calvinisme bestry! Op die vraag: Wat is Calvinisme? het hy in 1929 gekom tot 'n "non liquet" (dis nie duidelik nie).

  • 21

    Vandag skrywe ons die jaar van ons Here 1943. En wat het ons tog nie in hierdie tyd gevorder nie! Vandag skrywe Prof. Engelbrecht oor die "Neo-Calvinisme" op 'n manier wat ons tot die logiese konklusie noop dat hy die fyne daarvan weet, dat hy die presiese antwoord kan gee, en dat hy die gesaghebbende informant daaroor is

    [33] Vandag kan hy skrywe van "Neo-Calvinistiese dwaling," van "Anti-Calvinistiese en

    onreformatoriese en onskriftuurlike standpunt van die Neo-Calvinisme." As die sgn. "Neo-Calvinisme" maar net verskil van die "Calvinisme" van Prof. A. of Prof. B., sonder dat iemand kan sê wat die egte artikel is, (die standpunt en konklusie van Prof. E. in 1929) dan — dit spreek vanself — sou die geagte professor alle reg mis om te praat van "dwaling" en "anti-calvinistiese" standpunt van die Neo-Calvinisme. Dan sou hy hoogstens só ver kon gaan dat hy konstateer dat die Neo-Calvinisme verskil van die Calvinisme van Prof. Engelbrecht wat hy doseer aan die Teologiese fakulteit van die Hervormde Kerk in Pretoria, maar sou hy in die midde moes laat watter die regte een is. Die manier waarop hy egter in die jaar 1943 skrywe oor die Neo-Calvinisme bring ons tot die gevolgtrekking dat daar vir hom tussen die jare 1929 en 1943 'n groot lig opgegaan het. Wie het hom die 'lig' laat sien? Miskien Dr. A. Kuyper met wie se "Het Calvinisme, oorsprong en waarborg onzer constitutionele vrijheden" hy in Desember 1938 eintlik gedweep het?

    Dit kan tog nie wees nie!

    Nou wie dan?

    Sal die geagte professor so goed wees om ons hieromtrent te informeer?

  • 22

    Hoofstuk 5

    AKKOORD VAN KERKELIKE GEMEENSKAP

    Hiermee het ons nou genader tot die crux van die kwessie, volgens Prof. E. tussen hom en die Hervormde Kerk enersyds en Dr. Kuyper en die "Neo-Calviniste" andersyds. Dat die Belydenisskrifte gemaak word tot "akkoord van kerklike gemeenskap" sou dan bewys wees dat die belydenis hoër gestel word as die Skrif, en gemaak word tot kanon, tot

    maatstaf, tot kern, tot reël van geloof [34]

    en lewe. Ja, soseer is dit die geval dat Dr. Kuyper en die Gereformeerdes maar honderdmaal kan sê dat vir hulle die verhouding tussen Skrif en belydenis só is dat die belydenis op die Skrif moet rus en aan die Skrif appellabel is; dat dit nooit naas die Skrif, laat staan nog daarbo, gestel mag word nie; dat dit nooit in enige gelyke waarde of ook maar in vergelyking van waarde, met die Skrif kan kom nie, — dit alles sê vir Prof. Engelbrecht niks nie. Want dit kom nie aan, volgens hom, op wat daaroor gesê word nie, maar op die praktyk en die konsekwensies van die praktyk. En die praktyk is dat die Belydenis tot akkoord van kerklike gemeenskap gemaak word. Dit sou dan 'n Neo-Calvinistiese "dwaling" wees, oorgeneem van die Engelse Independente van die 17e eeu.

    Wat is nou aan van al hierdie fraaiigheid?

    Reeds die feit dat Prof. Engelbrecht beweer dat die Gereformeerdes van die Independente of Kongregasionaliste die gedagte oorgeneem het dat die belydenis akkoord is van kerklike gemeenskap wat vrywillig aangegaan is, laat 'n mens suspisie kry dat alles nie in die haak is in verband met hierdie bewering nie. Immers, wie iets weet van die Independentisme en sy geskiedenis, die weet ook:

    (a) dat daar by die Independente geen vaste kerkverband tussen die verskillende gemeentes of kongregasies bestaan nie, en voorts

    (b) dat daar ook nie 'n bindende belydenis van al die kongregasies is nie, sodat die onderskeie gemeentes soms nogal verskil in rigting.

    Die Kongregasionaliste of Independente het só sterk nadruk gelê op die absolute selfstandigheid van elke gemeente, geheel vry van kerkverband en staatsgesag, dat hulle feitelik die kerkverband misken het. Daar kan wei konferensies van die kongregasies gehou word, maar die kan geen bindende besluite neem nie, maar hoogstens adviese uitbring. Die gedagte van algehele selfstandigheid van elke groep wat 'n kongregasie vorm, word baie skerp uitgedruk in 'n petisie wat in 1616 aan Koning

    Jakobus I [35]

    van Engeland aangebied is: "The right of spiritual administration and government in itself and over itself by the common and free consent of the people

    independently and immediately under Christ." 6

    Dit is ook 'n kenmerk van die Independentisme dat daar geen bindende belydenis vir die kongregasies is nie. Juis by hulle bestaan daar soms nogal 'n taamlike mate van rigtingsverskil in die leer by verskillende kongregasies — 'n mate van leervryheid.

    Nou is dit so snaaks dat die Gereformeerdes van hierdie mense juis iets sou oorgeneem het wat die Independente, blykens hul geskiedenis, self nooit gehad het nie, nml. die gedagte van 'n vaste kerkverband, vrywilliglik aangegaan, rondom die belydenis as akkoord van kerklike gemeenskap. Van sulke oorname — ek beken dit eerlik — begryp ek niks nie.

    Hieruit sal dit wel al duidelik blyk dat 'n mens wat enige kennis van sake het, by enige nadenke, 'n vraagteken moet plaas agter hierdie bewering van die geagte professor. Alleen iemand wat van sake niks weet en ook nie verder ondersoek nie, kan hierdie bewering met huid en haar sluk.

    6 Prof. Dr. H. Bouwman in 'n artikel: Congregationalisme in Christelijke Encyclopsedie, Deel I, p. 498, uitgave

    J. H. Kok, Kampen.

  • 23

    As die geagte professor sou beweer het dat die Gereformeerdes hierdie gedagte van 'n kerkverband rondom die belydenis as akkoord van kerklike gemeenskap oorgeneem het van die Engelse Episkopaalse Kerk, sou hy met baie kragsinspanning en kunstoere miskien daarin kon geslaag het om so 'n bewering te omklee met 'n skyn van geskiedkundigheid, al sou 'n mens natuurlik hieroor gelag het. Maar hierdie een van die Independente is so kostelik dat ons nie verder woorde hieroor hoef te verspil nie.

    Nog 'n tweede oorweging: Ons belydenisskrifte word gewoonlik genoem die Formuliere van Enigheid. Reeds die eerste sinode van Nederlandse Geref. Kerke, nml. die van

    Embden, 1571, het bepaal dat die Geloofsbelydenis [36]

    onderteken moet word "om die eendrachtigheydt in de Leere tusschen de Nederlandtsche Kercken te bewijsen". Let wel, hier staan "tusschen de Kercken". Reeds op die eerste sinode word erken dat die belydenis die akkoord van kerklike gemeenskap is (al word hierdie uitdrukking nie gebruik nie) en word daarom bepaal dat die afgevaardigdes van die verskillende Geref. Kerke dit moet onderteken om so hulle eendragtigheid in die leer te bewys.

    Wat is daar dan oncalvinisties en onreformatories en onskriftuurlik in?

    Niemand vind dit vreemd dat 'n politieke party 'n politieke geloofsbelydenis besit en dat dit die akkoord van hul politieke gemeenskap en saamhorigheid vorm nie.

    Eers wanneer ons by die kerk kom, verneem ons die teenwerping dat 'n kerkbelydenis wat Formulier van Enigheid is, eigenlik ongeoorloofd is. En wanneer daarvan gemaak word "akkoord van kerklike gemeenskap", dan sou dit anti-calvinisties, onreformatories en onskriftuurlik wees!

    Hierdie beskuldiging is egter ontbloot van alle grond. Die ou Gereformeerdes het van die begin aï die belydenis-skrifte beskou as Formuliere van enigheid en van suiwerheid in die leer en het hulle aanvaar as "akkoord van kerklike gemeenskap".

    Voor die Dordtse Sinode, 1618, 1619, het die Gereformeerde Kerke van Nederland slegs die Nederlandse Geloofsbelydenis en die Heidelbergse Kategismus gehad as uitdrukking van die gemeenskaplike gereformeerde geloof. Die Konfessie is die belydenisskrif van die Gereformeerde Kerke waarin rekenskap gegee word van die gereformeerde geloofswaarheid volgens die Skrif aan buitestaanders. Die Heidelbergse Kategismus bely dieselfde gereformeerde waarheid volgens die Skrif vir hulle wat binne die kerk is. Albei hierdie stukke is gebore uit die nood van die tye, voordat daar feitelik nog enige kerkverband bestaan het, as uitdrukking van die gemeenskaplike gereformeerde geloof.

    [37] In 1563 het die predikante in die Suidelike Nederlande die Konfessie reeds

    onderteken as hul belydenis op 'n samenkoms te Armentiéres, terwyl dit in 1565 te Antwerpen verbindend verklaar is vir die hele Waalse kerk.

    Pas in 1568, met die samekoms van 'n aantal persone in Wezel, is die grondlyne van 'n gereformeerde kerkverband ontwerp, in die geloof dat die Nederlande sou vry kom en dat die deur vir die Evangelie dan sou geopen wees. En as hulle die kerkverband vir die toekoms ontwerp, word daar goedgevind dat in verband met die ondersoeking van Dienaars van die Woord "vervolgens zal gevraagd worden of hij in alles overeenstemt met die leer, welke openlijk in de kerk onderhouden wordt volgens hetgeen in de Belijdenis des geloofs, die eerst aan den Koning van Frankrijk door de Dienaren der kerken van dat rijk is aangeboden en daarna in onze landstaal overgezet zijnde, aan den Koning van Spanje en de overige Overheids-personen van Nederduitschland is opgedragen en overhandigd, en eindelijk ook in den Catechismus vervat is". (Wezelse Artikels, hoofstuk II, art. 8.)

    In die jaar 1571 is in Embden 'n sinode gehou van afgevaardigdes van Nederlandse kerke onder die kruis, verstrooi in Duitsland en Oos-Friesland. Op hierdie sinode was daar afgevaardigdes uit onderskeie gemeentes, soos Frankendaal, Emden, Aken, Wezel, Heidelberg, Emmerik, Keulen, Antwerpen, Gent, Vlaanderen, Amsterdam, Brielle, Hoorn, Schagen en Twisk, terwyl blyk uit die ondertekening dat die vergadering ook bygewoon is deur enige toekomstige Dienaars van die Woord. Op hierdie sinode is bepaal: "Om die

  • 24

    eendrachtigheydt in de Leere tusschen de Nederlandtsche Kercken te bewijsen, heeft het den Broederen goet ghedocht de belijdinghe des Gheloofs der Nederlandtsche Kercken te onderschrijven, insgelijcx oock de belijdinghe der Kercken in Vranckrijck te onder-teeckenen, om daer mede hare verbindinghe ende eenigheyt met derselver Françoischer Kercken te betuygen, seeckerlijck vertrouwende, dat de Dienaren der selver Françoischer Kercken oock op hare zijde de belijdenisse des Gheloofs der Nederlandtscher Kercken,

    tot [38]

    ghetuyghnisse der onderlingher eendrachtigheyt, onderschrijven zullen". (Art. 2.)

    Die sinode van Embden het oor hierdie saak vir Petrus Datheen en Johannes Taffinus afgevaardig om na die eersvolgende Franse sinode te gaan en die saak daar te gaan behartig.

    Verder is besluit: Men sal oock de Nederlandtsche Kercken-Dienaers die in dese versamelinghe niet en zijn, vermanen, dat sij in die selve onderschrijvinghe bewillighen: T' selve salmen oock allen anderen doen, die van nu voortaan, tot den dienst des Woorts

    beroepen sullen worden, eer sij in haren dienst treden". (Art. 4.) 7

    Uit die bostaande blyk baie duidelik:

    (a) dat die belydenis histories aan die kerkverband voorafgegaan het;

    (b) dat die samekoms van Wezel in 1568 planne ontwerp om 'n kerkverband teweeg te bring tussen kerke wat nog in die toekoms sou kom wanneer dit God sal behaag om 'n deur vir die Evangelie in Nederland oop te maak, wanneer die gereformeerde belyders uit die verstrooiing sal kan terugkeer en die planne sal kan uitgevoer word;

    (c) dat die belydenis van die kerk die middel is om ..eendragtigheid" en "suiwerheid" in die kerkleer te bevorder;

    (d) dat die belydenis die "akkoord van kerklike gemeenskap" is. Die vergaderinge van Wezel en Embden gebruik wel nie hierdie uitdrukking nie, maar die saak is daar. Wezel verlang dat aan alle Dienaars van die Woord sal gevra word instemming in alles met die leer wat openlik in die kerk onderhou word volgens die Belydenis van die geloof. En Embden bepaal dat alle Dienaars die Belydenis van die geloof moet

    onderskrywe; [39]

    (e) hierdie ondertekening het nie die Belydenis en die Kategismus gemaak tot Formuliere van Enigheid nie. Verre daarvandaan. Hulle is erken as formuliere vir die kerklike eenheid, omdat hulle uitdrukking was van die gemeenskaplike geloof. Maar die ondertekening daarvan is getuienis van die onderlinge kerklike band en gemeenskap, soos ook hieruit blyk dat Embden goedvind om ook die Geloofsbelydenis van die Gereformeerde Kerke in Frankryk te onderteken om "daermede hare verbindinghe ende eenigheyt met der selver Françoischer Kercken te betuygen" (ad testandum harum Ecclesiarum cum Ecclesiis Regni Galliae

    consensum et conjunctionem — wie nie onderteken nie, verbreek die band); 8

    (f) dat die Belydenis en Kategismus niks anders was nie as die kort samevatting van die waarheid van die heilige Skril, en tewens waarborg en getuienis van die eenheid in geloof en kerklike gemeenskap.

    Die beskuldiging dat dit oncalvinisties, onreformatories en onskriftuurlik sou wees om die Belydenisskrifte te hê as Formuliere van Eenheid en as waarborg en akkoord van kerklike gemeenskap, is uit die lug gegryp en in stryd met die historiese waarheid.

    Alle volgende sinodes het bepaal dat die belydenisskrifte deur Dienaars van die Woord en professore in die Teologie moes onderteken word. En deur hierdie ondertekening

    7 Hierdie en die voorgaande aanhalings uit die Handelinge van die oudste Nederlandse Kerkvergaderinge word

    gedoen uit die werk van Dr. F. L. Rutgers: Acta van de Nederl. Synoden der XVI Eeuw, gedruk by Martinus

    Nijhoff, 's Gravenhage, 1889. 8 Dr. F. L. Rutgers, a.w. p. 56.

  • 25

    moes instemming betuig word met die leer van die kerk, vervat en uitgedruk in hierdie Formuliere. En toe die Dordtse sinode die Dordtse Leerreëls in 1618-1619 opgestel het, is ewe-eens bepaal dat deur ondertekening daarmee instemming moes betuig word. En Dienaars van die Woord wat geweier het om dit te doen en in hul weiering volhard het, is

    ten slotte afgesit uit die diens. 9

    Dit is geen Neo-Calvinistiese dwaling, soos Prof. Engelbrecht beweer, om die belydenis te

    aanvaar en te [40]

    handhaaf as "akkoord van kerklike gemeenskap" en Formulier van Enigheid, maar 'n Oud-Calvinistiese regsinnigheid. Wie dit as sodanig aanneem en handhaaf, is op Oud-Gereformeerde weg; wie dit as sodanig verwerp en bestry, is op Remonstrantse pad, en hang Remonstrantse dwalinge en praktyke aan.

    Ons beweer nie hiermee dat Prof. Engelbrecht homself opsetlik en bewustelik in die Remonstrantse kamp begeef het en homself met hierdie rigting vergeselskap het, om sekere van hul dwalinge en wangevoelens te propageer nie. So 'n gedagte aan opset en bewuste Remonstrantisme van die kant van Prof. Engelbrecht koester ons vir geen enkele oomblik nie. Maar dit alles neem nie weg dat die gevoelens van Prof. Engelbrecht insake die belydenis as Formulier van Enigheid en as akkoord van kerklike gemeenskap die van die Remonstrante is wat deur die Gereformeerde Kerke van Nederland so fel bestry en deur die sinode van Dordrecht, 1618, 1619, afgewys en veroordeel is. Onbewus is Prof. Engelbrecht in hierdie pad en dit val nie moeilik te bewys nie.

    Die geskiedenis van die Geref. Kerke in Nederland bewys dat dit juis die Remonstrante was aan die einde van die 16e en die begin van die 17e eeu wat alles in hul vermoë gedoen het om die belydenis uit die kerk as Formulier van Enigheid en akkoord van kerklike gemeenskap geweer te kry. In hierdie verband is baie leersaam wat destyds tydens die Remonstrantse troebele gebeur het.

    Weens die verhouding destyds tussen kerk en staat was die samewerking van die State-Generaal en die Provinsiale State nodig om 'n generale sinode bymekaar te roep om die leergeskille tot beslegting te bring. Die State het allerlei moeilikhede in die pad van sodanige kerklike samekoms gelê. In die jaar 1606 het die State-Generaal aan 'n kommissie uit die kerke vir advies sekere punte voorgelê om 'n voorbereiding te maak vir 'n generale sinode. Hierdie kommissie het in Mei 1606 in Den Haag bymekaar gekom om adviese op te stel oor die voorgelegde vraagpunte. Hulle kon egter geen

    eenstemmigheid bereik nie. Vier van die lede van hierdie kommissie was van [41]

    die Remonstrantse rigting en het alles in hul vermoë gedoen om die samekoms van 'n generale sinode te voorkom. Daar is toe 'n meerderheids- en minderheids-rapport

    ingedien.10 Die State-Generaal het van die Gereformeerde deel van hierdie kommissie

    toe later sy redene vir sy rapport gevorder. Op 17 Oktober 1607 is toe in Amsterdam 'n verklaring van die redene opgestel en aan die State-Generaal oorgelewer. Uit hierdie verklaring blyk dat die vier Remonstrantse kommissielede op die drie navolgende punte van die meerderheid van die kommissie só verskil het dat hulle nie tot eenstemmigheid kon kom nie.

    Die Remonstrante het geëis:

    1. dat die afgevaardigdes na die Nasionale sinode ontslaan moet word van hul verbintenis aan die Kategismus en die Konfessie van die Nederlandse Kerke, gedurende die ondersoek en oordeel oor die leer, om so des te vrymoediger hul mening te kan verklaar oor al die besware wat die leer betref;

    2. dat onder die Nasionale sinode verstaan moet word nie alleen die gedeputeerdes nie, maar ook alle deputerendes self, na wie reses geneem sal mag word indien enige sake in die Nasionale sinode voorkom waarin die gedeputeerdes hulleself beswaard mag vind en

    9 Acta der Nationale Synode van Dordrecht, 1618 en 1619, vermeerderd met de Post-Acta, pp. 941, 946;

    uitgawe van J. H. Donner en S. A. van den Hoorn; gedruk by D. Donner te Leiden. 10

    Voorrede aan de Gereformeerde Kerken van Christus, pp. X en XI in aangehaalde uitgawe van die Acta van

    die Nasionale Sinode van Dordrecht, 1618 en 1619.

  • 26

    dat alles wat op hierdie manier besluit word, gehou moet word vir 'n finale en definitiewe oordeel;

    3. dat in die bogenoemde sinode die Konfessie van die Nederlandse kerke moet en behoort gerevideer te word en dat niemand homself beswaard behoort te voel oor 'n klousule in die saamroepingsbriewe in verband met die revisie van die Kategismus en die

    Belydenis, omdat revisie sowel konfirmasie as korreksie veroorsaak. 11

    Uit die bostaande blyk dat die Remonstrante hul bes gedoen het om 'n sinode te kry wat

    nie aan die belydenis [42]

    van die kerke gebind is nie en nie verbonde sou wees om die leer, soos dit in die belydenis vervat is, te handhaaf nie; dat hulle by voorbaat die belydenis van die kerke in staat van beskuldiging wou stel; en dat hulle 'n beslissing oor die afwykinge en dwalinge van die Remonstrante by voorbaat onmoontlik wou maak.

    In 'n uitgebreide stuk het die Gereformeerdes hierdie gevoelens van die Remonstrante weerlê. Ons kan nie hul hele weerlegging hier afdruk nie, maar bepaal ons tot hul

    argumente oor punt 1. 12)

    Aangaande punt 1 van die advies van die Remonstrante aan die State-Generaal, nml. dat die afgevaardigdes na die generale sinode ontslaan moet word