15
ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief 24 Julie 2020 www.hseldo.co.za Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK DIE HERE BEWAAR ONS VAN DINGE WAT ONS NIE WEET NIE Psalm 91:11 “Hy sal Sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan..” Ek was maar net meer as 16 jaar toe ek begin werk het as ’n lokomotief-passer by “Die Suid Afrikaanse Spoorweë” soos ons dit destyds geken het. Op ’n dag toe hulle die outomatiese stoker moes konnekteer aan ‘n lokomotief, het ek in die put gestaan, reg onder die lokomotief waar die outomatiese stoker sou kom. My werk was om ‘n splytpen (“splitpin”) deur ‘n staaf te kry en dit oop te buig. Bokant my was die man in die hyskraan besig om die outomatiese stoker (wat ’n paar ton geweeg het) stadig te laat sak, totdat van die ambagsmanne dit kon vasmaak aan sy posisie. Die staal kabels was, volgens my, sterk genoeg om die gewig te dra. Ek het dus sonder vrees daar gewerk. Die plek waar ek gewerk het, was baie nou en dit was nie maklik om met my hande daar te werk nie. Net toe ek weer eenkeer na vore beweeg hoor ek mense skreeu en gil toe die kabels breek en die outomatiese stoker na benede stort! Hoe ek nie verbrysel was nie, bly ‘n wonderwerk. Al wat met my gebeur het, was dat ‘n stuk staal my oorpak se broek aan die agterkant netjies oopgesny het. Aan my liggaam was daar geen snymerk of stukkende plek nie. Die sloot waarin ek gestaan het, het die stoker se val gebreek en ek kon tussen die lokomotief se wiele uitkruip. Die werkers wat daar was, het met verbasing na my gekyk, sonder om ‘n verdere woord te praat. Ek het weggestap en eers na heelwat treë verder, het albei my bene totaal lam geword. Die Here was met my en het my lewe gespaar. Ek gee vandag eer aan Hom! God het jou al bewaar van dinge wat jy nie eers weet nie. Miskien van ‘n motorongeluk óf van ‘n slang in die veld? Een ding weet ons: Die Here is ons bewaarder van alle onheil.

New Eldo-Info Nuusbrief 24 Julie 2020 · 2020. 8. 24. · 3 AKADEMIE KWARTAAL 1 RAPPORTE Kwartaal 1 se rapporte sal op Vrydag, 24 Julie 2020 per e-pos aan ouers gestuur word. Dit

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: New Eldo-Info Nuusbrief 24 Julie 2020 · 2020. 8. 24. · 3 AKADEMIE KWARTAAL 1 RAPPORTE Kwartaal 1 se rapporte sal op Vrydag, 24 Julie 2020 per e-pos aan ouers gestuur word. Dit

ELDO-INFO 2017

Eldo-Info Nuusbrief – 24 Julie 2020

www.hseldo.co.za • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne

GEDAGTE VIR DIE WEEK

DIE HERE BEWAAR ONS VAN DINGE WAT ONS NIE WEET NIE

Psalm 91:11 “Hy sal Sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan..”

Ek was maar net meer as 16 jaar toe ek begin werk het as ’n lokomotief-passer by “Die Suid Afrikaanse Spoorweë”

soos ons dit destyds geken het.

Op ’n dag toe hulle die outomatiese stoker moes konnekteer aan ‘n lokomotief, het ek in die put gestaan, reg onder

die lokomotief waar die outomatiese stoker sou kom. My werk was om ‘n splytpen (“splitpin”) deur ‘n staaf te kry en

dit oop te buig. Bokant my was die man in die hyskraan besig om die outomatiese stoker (wat ’n paar ton geweeg

het) stadig te laat sak, totdat van die ambagsmanne dit kon vasmaak aan sy posisie. Die staal kabels was, volgens my,

sterk genoeg om die gewig te dra. Ek het dus sonder vrees daar gewerk.

Die plek waar ek gewerk het, was baie nou en dit was nie maklik om met my hande daar te werk nie. Net toe ek weer

eenkeer na vore beweeg hoor ek mense skreeu en gil toe die kabels breek en die outomatiese stoker na benede

stort! Hoe ek nie verbrysel was nie, bly ‘n wonderwerk. Al wat met my gebeur het, was dat ‘n stuk staal my oorpak se

broek aan die agterkant netjies oopgesny het. Aan my liggaam was daar geen snymerk of stukkende plek nie.

Die sloot waarin ek gestaan het, het die stoker se val gebreek en ek kon tussen die lokomotief se wiele uitkruip. Die

werkers wat daar was, het met verbasing na my gekyk, sonder om ‘n verdere woord te praat. Ek het weggestap en

eers na heelwat treë verder, het albei my bene totaal lam geword. Die Here was met my en het my lewe gespaar. Ek

gee vandag eer aan Hom!

God het jou al bewaar van dinge wat jy nie eers weet nie. Miskien van ‘n motorongeluk óf van ‘n slang in die veld?

Een ding weet ons: Die Here is ons bewaarder van alle onheil.

Page 2: New Eldo-Info Nuusbrief 24 Julie 2020 · 2020. 8. 24. · 3 AKADEMIE KWARTAAL 1 RAPPORTE Kwartaal 1 se rapporte sal op Vrydag, 24 Julie 2020 per e-pos aan ouers gestuur word. Dit

2

ELDO-INSPIRASIE

Benodig jy ‘n emosionele opkikker? Gaan kyk gerus na die inspirerende video’s wat elke week op ons sosiale media gedeel

word. Dit is spesiaal vir elke Eldo-leerder, ouer en die gemeenskap! Kyk hierdie week se video deur die onderstaande

skakel te volg:

https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/278677006554466/

https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/338602280861747/

COVID-19

ELDO-INLIGTING VIDEO

Gaan kyk gerus na ons eerste Eldo-Inligting video op ons YouTube-kanaal. Ons gesels oor Covid-19, wat wetgewing

onder vlak 3 van ons verwag en hoe dit by ons skool gaan.

https://www.youtube.com/watch?v=EiPNqZCXTj8&feature=youtu.be&fbclid=IwAR1w-

7_Ibs5ze37HZ2Oecsl7Yz700UxhYzY4LkvVsDX8a-P7sFWgaEgfG1k

MAATREëLS

Neem asseblief kennis van die onderstaande. Ons vra elkeen se samewerking om die gesondheid van ons leerders en

personeel te verseker.

Dankie vir almal se opofferinge om die Eldo’s se gesondheid te prioritiseer!

Page 3: New Eldo-Info Nuusbrief 24 Julie 2020 · 2020. 8. 24. · 3 AKADEMIE KWARTAAL 1 RAPPORTE Kwartaal 1 se rapporte sal op Vrydag, 24 Julie 2020 per e-pos aan ouers gestuur word. Dit

3

AKADEMIE

KWARTAAL 1 RAPPORTE

Kwartaal 1 se rapporte sal op Vrydag, 24 Julie 2020 per e-pos aan ouers gestuur word. Dit sal slegs akademiese uitslae

wees. Daar sal nie ‘n Handel-en-Wandel-verslag beskikbaar wees nie.

Indien u vir amptelike aansoeke die rapport op die skool se briefhoof benodig, kan u met me Annette Botha in

verbinding tree. Haar e-pos adres is: [email protected]

MINI-EKSAMEN 25 JULIE 2020

Die graad 10- tot 12-leerders skryf aan die begin van elke sessie. Wanneer ‘n vraestel se tyd verstreke is, sal hulle uit

die skryflokaal verskoon word. Indien ‘n leerder nie sessie 2 ook skryf nie, moet hulle asseblief die terrein verlaat

wanneer u hulle kom haal. Indien ‘n leerder wel sessie 2 ook skryf, beweeg hulle na die area voor die L-blok en

paviljoen by die astro-baan.

Daar sal toesig van personeel op terreindiens wees, totdat hulle vir die begin van die volgende sessie by hulle spesifieke

skryflokaal aanmeld.

Indien ‘n leerder eers sessie 2 skryf, meld hulle betyds aan by die onderskeie hekke, waarna hulle wag by hul

versamelpunte, totdat hulle na die lokale moet beweeg waar hulle skryf.

Leerders skryf dus dadelik na die administratiewe proses afgehandel is. Ons tref hierdie maatreëls om ons leerders

volgens Covid-19-prosedures in ‘n veilige omgewing te assesseer.

Leerders met komorbiditeite mag nie na die versamelpunte beweeg nie. Hulle moet in die tyd wat hulle by die skool

wag vir ‘n volgende sessie of tydens pouse, na die onthaallokaal by die A-rugbyveld beweeg, waar hulle weg van ander

leerders, geakkommodeer sal word.

LOKALE WAAR LEERDERS SKRYF

Lokale waar graad 10 tot 12-leerders skryf op Saterdag, 25 Julie 2020, sal teen Vrydag, 24 Julie 2020 op die D6

Communicator en op die onderskeie graadgroepe se Whatsapp-groepe geplaas word.

DEPARTEMENT VAN BASIESE ONDERWYS: SLUITING VAN SKOLE

Daar is ‘n brief op die D6 Communicator gelaai vir u dringende aandag. Hier volg ‘n uittreksel uit die brief:

Daar was die laaste paar weke verskeie bespiegelinge in die media en samesprekings onder organisasies rakende die

moontlike sluiting van skole as gevolg van onder andere die skerp styging in Covid-19-gevalle. Ons verstaan daar heers

baie onsekerhede by u.

Die NCBR, die kabinet en ander onderwysgroepe het samesprekings gevoer, saam met die Minister van Basiese

Onderwys, me Angie Motshekga. Na die onderhandelings het President Cyril Ramaphosa gisteraand uitsluitsel gegee en

aangekondig dat alle skole vir die volgende vier weke sal sluit.

Na hierdie aankondiging het die lede van die Skoolbestuur en ander verteenwoordigers van die skoolgemeenskap ‘n

vergadering belê en die volgende besluite is geneem:

Page 4: New Eldo-Info Nuusbrief 24 Julie 2020 · 2020. 8. 24. · 3 AKADEMIE KWARTAAL 1 RAPPORTE Kwartaal 1 se rapporte sal op Vrydag, 24 Julie 2020 per e-pos aan ouers gestuur word. Dit

4

Die geskeduleerde eksamen vir leerders in graad 10 tot 12 van Saterdag, 25 Julie 2020, gaan voort soos beplan. Die

skool is dan vanaf Maandag, 27 Julie 2020 amptelik gesluit, soos aangekondig deur die President.

WATTER IMPAK HET DIT OP HOËRSKOOL ELDORAIGNE?

Graad 12:

Mini-eksamen:

3 – 7 Augustus 2020

Akademiese reses:

11 – 14 Augustus 2020

Kontakonderrig neem aanvang:

17 Augustus 2020

Bogenoemde is ook bespreek met ons leerder leierkomponent in graad 12.

Die aanpassing ten opsigte van die res van die akademiese jaar, sal aan u gekommunikeer word, sodra die amptelike

inligting vanaf die Departement van Basiese Onderwys ontvang is.

Graad 8-11

Skool open:

24 Augustus 2020

Mini-eksamen:

24 Augustus 2020 – 8 September 2020

Die moontlikheid bestaan dat ons vroeër met sekere grade sal begin met ons bestaande MS Teams platform, na gelang

van die behoefte en relevante inligting tot ons beskikking. Ons vertrou dat u ons sal ondersteun in hierdie moontlike

scenario.

Verdere detail en finale reëlings rakende die mini-eksamen en kontakonderrig vir graad 8-11 sal spoedig aan u

deurgegee word. Die aanpassing ten opsigte van die res van die akademiese jaar, sal aan u gekommunikeer word, sodra

die amptelike inligting vanaf die Departement van Basiese Onderwys ontvang is.

BUSVERVOER

BUSVERVOER TYDENS MINI-EKSAMEN

Neem asseblief kennis dat die vervoer reëlings tydens die mini-eksamen soos normaal sal voortgaan. Ons doen ‘n

beroep op leerders om sy/haar details aan die betrokke graadhoof te stuur sou die leerder van busvervoer gebruik wil

maak. Die op- en aflaai tye sal met leerders gekommunikeer word via die WhatsApp groepe.

Enige navrae kan aan mnr. Ephraim Mohale gerig word by: [email protected]

*Busvervoer is onderhewig aan ‘n geldige buskaartjie.

Page 5: New Eldo-Info Nuusbrief 24 Julie 2020 · 2020. 8. 24. · 3 AKADEMIE KWARTAAL 1 RAPPORTE Kwartaal 1 se rapporte sal op Vrydag, 24 Julie 2020 per e-pos aan ouers gestuur word. Dit

5

SPORT

ELDO’S VERWELKOM WYNAND OLIVIER

Dit is vir ‘n groot voorreg om voormalige Blou Bul en Springbok speler, Wynand Olivier, by Hoërskool Eldoraigne se

rugby-span te verwelkom! Wynand sal by die strategiese ontwikkeling van spelers en afrigters betrokke wees, asook

afrigting. Welkom by die Eldo-span, Wynand, ons sien uit na ‘n blink toekoms saam!

https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/3420752541292024/

Wynand Olivier as Springbok

RUGBY: OLD-BOYS

Alle Eldo-Rugby Old-Boys word hartlik uitgenooi om deel van

ons WhatsApp-groep te word deur die volgende skakel te volg:

https://chat.whatsapp.com/Cr7AGg6gigq7Ra7OsGQ7JS

Vir meer inligting kan mnr. Jacques le Roux gekontak word by:

[email protected]

KRIEKET

Hoërskool Eldoraigne se krieketakademie, Cricket101, is steeds hard aan die werk om seker te maak dat alle spelers se

vaardighede op standaard bly nou dat daar geen sport mag plaasvind nie. Volg gerus die onderstaande skakel om na

week 8 se video’s te kyk:

https://www.hseldo.co.za/cricket101

Page 6: New Eldo-Info Nuusbrief 24 Julie 2020 · 2020. 8. 24. · 3 AKADEMIE KWARTAAL 1 RAPPORTE Kwartaal 1 se rapporte sal op Vrydag, 24 Julie 2020 per e-pos aan ouers gestuur word. Dit

6

E-SPORT

Op Woensdag, 22 Julie, het ons e-gaming liga met mening en groot sukses weggespring!

Die eerste stryd se uitslae is as volg:

Eldo-Outcasts vs PHBS wen 16-3

Eldo-Dynasty vs Grace College wen 16-0

Hierna moet al die ander skole se spanne voorwaar kennis neem van die Eldo e-gamers!

KULTUUR

ELDO-KUNSTEFEES

Maak jou merk in Eldo-geskiedenis deur deel te neem aan die eerste virtuele Eldo-Kunstefees. Moenie hierdie unieke

geleentheid mis nie, hopelik is dit ‘n eerste en laaste!

Kyk gerus na die onderstaande video vir meer inligting:

https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/282458229529119/

Alle navrae kan aan juf. Vinkie Schaap gerig word by: [email protected]

ELDO-RIDENTE

Daar is niks so spesiaal soos om, saam in eenheid, saam met ons Eldo-vriende te kan sing nie! Ons skoolkoor reis die

land vol en slaan gehore se asems weg met hul talent. Jarelange vriendskapsbande word gebou tussen die hard oefen

en saam lag! Kyk gerus na die onderstaande video om hierdie eenheid te ervaar:

https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/3118489684901165/

REDENAARS, ORATORS, DEBAT EN TWEETALIGHEID

Eldo-redenaars, Orators, Debat en Tweetaligheid: ons Eldo's kan hul stemme laat tel! Ons maak ‘n impak op elke

platform waar ons deelneem. Ons kan voorwaar spog as die beste redenaarskool in Pretoria!

Volg die volgende skakel om te sien sodat ons julle kan oortuig:

https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/1311657172559132/

Page 7: New Eldo-Info Nuusbrief 24 Julie 2020 · 2020. 8. 24. · 3 AKADEMIE KWARTAAL 1 RAPPORTE Kwartaal 1 se rapporte sal op Vrydag, 24 Julie 2020 per e-pos aan ouers gestuur word. Dit

7

WELWILLENDHEID

DIE WOODROCK-PROJEK

Baie dankie aan almal wat die Leierraad-Welwillendheidskomitee se Woodrock Animal Rescue Sentrum projek

ondersteun het. Elke skenking vir die diere word opreg waardeer! Die items word volgende week by Woodrock Animal

Rescue aflewer.

PERSONEEL

LIEF EN LEED

Juffrou Solani van Onselen het geboorte geskenk aan hul tweede seuntjie, Jayden van Onselen. Baie geluk met

sy geboorte, Juffrou! Ons glo hy gaan vir julle as gesin baie vreugde en seën verskaf!

Mnr. Ephraim Mohale het ook die titel van ‘oupa’ ryker geword met klein Lwandle se geboorte! Mag sy vir julle

as familie eindelose spesiale herinneringe en vreugde verskaf, Meneer!

Jayden van Onselen Lwandle Mdletshe

Page 8: New Eldo-Info Nuusbrief 24 Julie 2020 · 2020. 8. 24. · 3 AKADEMIE KWARTAAL 1 RAPPORTE Kwartaal 1 se rapporte sal op Vrydag, 24 Julie 2020 per e-pos aan ouers gestuur word. Dit

8

PERSONEEL VERJAARDAE

Baie geluk aan die volgende personeellede wat binnekort verjaar. Ons wens julle ‘n besonderse lewensjaar toe vol

vreugde en voorspoed!

Juf. Anna-Marie Snyman Me. Carol Etsebeth

28 Julie 2020 31 Julie 2020

ELDO-OMNIA

BESKIKBARE TYE

Neem asseblief kennis dat die Drakie Den oop sal wees wanneer daar leerlinge op die terrein is.

Dit sluit die mini-eksamen se eerste toets op 25 Julie 2020 in, assok tydens die graad 12-eksamenweek en wanneer die

res van die grade weer terugkeer vir onderrig.

Maaltye kan ook vir aandete bestel word wat na skool afgehaal kan word. Navrae kan gerig word en kos kan per

WhatsApp bestel word op die volgende nommer:

066 219 8385

SPYSKAART

Besigtig die snoepie se heerlike spyskaart deur die volgende skakel te volg:

https://downloads.d6communicator.com/downloads/resources/93_resource_5f1a98f3804b4893151832.pdf?15956076

61

Alle etes word op bestelling gemaak en kan werklik aanbeveel word, veral die tramazinni’s!!

Page 9: New Eldo-Info Nuusbrief 24 Julie 2020 · 2020. 8. 24. · 3 AKADEMIE KWARTAAL 1 RAPPORTE Kwartaal 1 se rapporte sal op Vrydag, 24 Julie 2020 per e-pos aan ouers gestuur word. Dit

9

SOSIAAL

SKOOL MET DIE BESTE GEES

As ons die woorde: ‘Skool met die beste gees’ hoor, roep dit herinneringe van samesyn, geesvang en die Eldo-vibe by

almal op! Dit is daardie Eldo-gees van die leerders wat ons die titel van “Skool met die beste gees” besorg het in 2019 en

in hierdie tyd wens ons, ons kan weer saam op die pawiljoen uit volle bors sing!

Kyk gerus na die volgende video om weer hierdie spesiale dag te herleef:

https://www.facebook.com/madeleen.ungerer/videos/pcb.10220080903799009/10220080902358973/?type=3&theater

https://www.facebook.com/madeleen.ungerer/videos/pcb.10220080903799009/10220080902878986/?type=3&theater

CLASSIC CLASH 2020

Die jaarlikse Classic Clash teen Hoërskool Zwartkop is altyd ‘n hoogtepunt vir almal wat deel daaraan het. Die sport,

kompetisie en tasbare gees is werklik iets wat net een keer per jaar gebeur.

Hierdie jaar moes ons vrede maak met die feit dat ons die Classic Clash gaan misloop en dit maar moet oorstaan.

Nietemin het Hoërskool Zwartkop se sportleiers ons hierdie week kom besoek en die ongelooflike oulike Corona-Clash

trofee aan ons oorhandig. Baie dankie aan Hoërskool Zwartkop se leiers en bestuur vir hierdie pragtige gebaar en

inisiatief! Ons sien uit daarna om mekaar weer in 2021 die stryd op die sportveld aan te sê!

Die Eldo- en Zwarrie-hoofleiers

Page 10: New Eldo-Info Nuusbrief 24 Julie 2020 · 2020. 8. 24. · 3 AKADEMIE KWARTAAL 1 RAPPORTE Kwartaal 1 se rapporte sal op Vrydag, 24 Julie 2020 per e-pos aan ouers gestuur word. Dit

10

ELDO-HARTE VAT HANDE

Ons omgeeprojek, Eldo-harte vat hande, het weer die voorreg gehad om vir ons Eldo's wat swaarkry heerlik kospakkies

te kon gee. Ons sê dankie vir almal se hulp. Onthou as jy vandag jou klerekas regpak, om ‘n ietsie opsy te sit vir ander

wat dit nodig het.

Vir meer inligting besoek gerus die volgende skakel op die webblad: www.hseldo.co.za/eldohartevathande

ELDO’S IN DIE MEDIA

ABIGAIL VAN DER MERWE

Abigail het verlede jaar, op 30 September, ‘n oudisie afgelê vir die rol van Nina in die kortfilm Twelve. Sy het met 13

ander dames gekompeteer en uiteindelik die rol losgeslaan. Ons sien uit na jou skitterende toneelspel, sodra die

kortfilm vrygestel word, Abigail!

Abigail van der Merwe

AWSUM NEWS

Die Eldo’s is alweer volop in die media! Awsum News het bietjie by die volgende leerders en spanne gaan inloer. Lees

gerus die artikels deur die onderstaande skakels te volg:

Toneel: https://www.awsumnews.co.za/regions/gauteng-pretoria/centurion/hoerskool-eldoraigne/kyk-hoerskool-

eldoraigne-is-een-van-die-top-toneelskole-in-

sa/?fbclid=IwAR25RPGRGFEtApVzcfIcO7HN8LYYzRfgeOnRpvNvY2chQ3IgAx0QREFm6qI

Eldo-Musiq: https://www.awsumnews.co.za/regions/gauteng-pretoria/centurion/hoerskool-eldoraigne/kyk-musikante-

leef-hul-passie-uit-by-hoerskool-eldoraigne/?fbclid=IwAR0BWgSg0ADkSqtwstkaJ_7hryN2SHYyPgef13enOZEbwwO9f--

K57GVaCs

Page 11: New Eldo-Info Nuusbrief 24 Julie 2020 · 2020. 8. 24. · 3 AKADEMIE KWARTAAL 1 RAPPORTE Kwartaal 1 se rapporte sal op Vrydag, 24 Julie 2020 per e-pos aan ouers gestuur word. Dit

11

Shandri Taljaard: https://www.awsumnews.co.za/regions/gauteng-pretoria/centurion/hoerskool-eldoraigne/klas-van-

2020-in-die-kollig-shandri-taljaard-van-hoerskool-

eldoraigne/?fbclid=IwAR2rBu1itR58cL9wB6mMIt7n1ozwD2NG7WhBqf2Jq_XKjCATkgZbME5HZw4

Werner Fourie: https://www.awsumnews.co.za/regions/gauteng-pretoria/centurion/hoerskool-eldoraigne/klas-van-

2020-in-die-kollig-werner-fourie-van-hoerskool-eldoraigne/?fbclid=IwAR0QFo8WZVjv9Dqo3_lwva6ZsSkh6ilCC5b-

mZlSffLBVLba8IcIYOn2zj8

Eerste dogtershokkiespanne: https://www.awsumnews.co.za/regions/gauteng-pretoria/centurion/hoerskool-

eldoraigne/eldoraigne-vs-zwartkop-hoerskool-eldoraigne-se-a-

dogtershokkiespanne/?fbclid=IwAR0IS6MYDB_Qm90pRkY6d6p87hl8haQiLbtkgPAhggOzz7K6kPt6K6wWkos

Louis Conradie: https://www.awsumnews.co.za/regions/gauteng-pretoria/centurion/hoerskool-eldoraigne/klas-van-

2020-in-die-kollig-louis-conradie-van-hoerskool-

eldoraigne/?fbclid=IwAR1sdCNe4WIsjoO8dbig034IWMPbyEVVAqOZs5nRPbns7CuzCZo4DcRnYmM

OUD-ELDO’S

CIARA BUYTENDORP

In die laaste twee weergawes het julle gelees van oud-Eldo, Ciara Buytendorp, en haar stryd met leukemia. Vandag het

ons wel wonderlike nuus om met julle te deel! Jesus het ‘n wonderwerk in Ciara se lewe verrig!

Na twee weke van onophoudelike gebed, het Ciara ‘n tweede toets versoek. Die resultate wys dat sy glad nie kanker het

nie, nêrens in haar liggaam nie!! Die dokter kan dit medies nie verklaar nie, hy weet nie hoe dit moontlik is nie. Ons

weet hoe groot ons Here Jesus is en dat Hy oor alles heers en dié geneesheer is! Weer eens bevestig dit dat God goed is

in die lig van beproewinge en verdrukking!

Ons vra asseblief dat almal God loof en dank vir Ciara se lewe en haar roeping wat sy nog moet vervul. Ciara, mag jy

spoedig jou mediese studies voortsit en ander se lewens aanhou verryk!

Ciara Buytendorp

Page 12: New Eldo-Info Nuusbrief 24 Julie 2020 · 2020. 8. 24. · 3 AKADEMIE KWARTAAL 1 RAPPORTE Kwartaal 1 se rapporte sal op Vrydag, 24 Julie 2020 per e-pos aan ouers gestuur word. Dit

12

KALINKA KILLIAN

Ons talentvolle oud-Eldo, Kalinka Killina, het vandag haar eerste enkelsnit vrygestel! Gaan luister gerus na die liedjie,

Falling, en hou haar fyn dop. Kalinka gaan nog hoë hoogtes bereik!

VAN TOEKA TOT NOU

Eldo-toneel is nog altyd ‘n besonderse gebeurtenis! Kan jy onthou in watter jaar hierdie toneelstuk opgevoer is en wie

die hoofkarakters was?

Geskiedenis speel ‘n baie belangrike rol in die lewe, geskiedenis is die boustene waarop ons voortbou om hoër hoogtes

as tevore te bereik. Daarom nooi ons alle oud-Eldo’s hartlik uit om hulle deel van die Eldo-geskiedenis met ons te deel!

Ons kan nie wag om te hoor en te sien hoe die tye verander het uit die mond van oud-Eldo’s nie! Stuur jou foto’s of

staaltjies aan: [email protected]

Page 13: New Eldo-Info Nuusbrief 24 Julie 2020 · 2020. 8. 24. · 3 AKADEMIE KWARTAAL 1 RAPPORTE Kwartaal 1 se rapporte sal op Vrydag, 24 Julie 2020 per e-pos aan ouers gestuur word. Dit

13

GHOLF PAKETTE

Page 14: New Eldo-Info Nuusbrief 24 Julie 2020 · 2020. 8. 24. · 3 AKADEMIE KWARTAAL 1 RAPPORTE Kwartaal 1 se rapporte sal op Vrydag, 24 Julie 2020 per e-pos aan ouers gestuur word. Dit

14

SCHOOLDAYS

Schooldays is ‘n platform waar elke individu Hoërskool Eldoraigne kan ondersteun deur inkopies by Dischem of deur

brandstof ingooi by Shell Fuel.

Volg gerus die skakel na hul webblad vir ‘n volledige verduideliking van die program: www.schooldays.co.za

Klik op die JOIN TODAY-knoppie

'n Registrasievorm verskyn wat ouers / opvoeders / administratiewe personeel invul om te verseker dat

Hoërskool Eldoraigne as begunstigde gekies is!

OF laai die School-Days-app af vanaf Google Play of die App Store af en kyk hoe maklik dit is. Registreer direk op

die app. Kies Hoërskool Eldoraigne as jou begunstigde.

Jou Dischem-lojaliteitskaart word outomaties aan Schooldays gekoppel wanneer jy registreer met jou details. Vir elke

aankope by Dischem verdien ons ETP’s vir die skool.

Schooldays is ook in vennootskap met Shell Fuel – jy het 'n digitale Shell-brandstofkaart wat in die app ingebou is. Ouers

verdien 15c per liter petrol en 20c per liter diesel vir die skool. Al wat jy moet doen, is om jou digitale Shell T-kaart aan

die petroljoggie te wys, of die 16-syfer-nommer vir hom / haar uit te lees en sodoende ekstra geld in te samel.

So ondersteun jy Hoërskool Eldoraigne met jou aankope. Julle konstante ondersteuning word opreg waardeer!

MYSCHOOL

Nou kan jy ons skool deur die MySchool App ondersteun. Laai vandag die MySchool App op jou selfoon af en registreer

Hoërskool Eldoraigne as die skool van jou keuse. Dankie vir die volgehoue ondersteuning van ons skool!

Volg gerus die volgende skakel vir ‘n volledig verduidelik oor hoe om die app te gebruik: https://youtu.be/LN9jJxkGI1o

Page 15: New Eldo-Info Nuusbrief 24 Julie 2020 · 2020. 8. 24. · 3 AKADEMIE KWARTAAL 1 RAPPORTE Kwartaal 1 se rapporte sal op Vrydag, 24 Julie 2020 per e-pos aan ouers gestuur word. Dit

15

ONS WENS ELKE LEERDER EN PERSONEELLID ‘N LEKKER

RUSKANS TOE.

ONS SIEN MEKAAR WEER BINNEKORT!