21
IN HIERDIE UITGAWE Ontmoet die span 5 Gemeente- kamp 6 Ontdek en leef Christus 7 Vroue- bediening 10 Pinkster 13 Jeug 14-18 Manne- bediening 19 ’n Mens wonder altyd, hoe sou Jesus se gemeente gelyk het? Sou dit enigsins gelyk het soos die kerk, soos ons dit vandag ken. Eintlik is dit ’n onregver- dige vraag, want die wêreld waarin ons leef, is natuurlik totaal anders as dié waarin Jesus geleef het as mens. Maar eintlik is die ant- woord op die vraag tog duidelik uit die Nuwe Tes- tament. Jesus se mense kom byme- kaar, maar nie om net saam te wees nie. Ons kom byme- kaar omdat ons gestuur is. Gestuur na waar ons leef en beweeg. Om Jesus se hande en voete te wees. Ons kom bymekaar om krag te put, so- dat ons kan kerk wees. Daar. Waar ons leef. Jesus se mense kies om in helende verhoudings met ander te wees. Ons kies om ander te dien. Ons kies om Hom te aanbid. Met oorgawe. In eenvoud. Toegewyd, so- dat ons Hom kan ken en dieper leer ken. Ons kies om Hom te volg. Gehoorsaam. Deursigtig. Broos. Sodat mense Hom in ons lewe kan sien en Hom eer! Om Jesus te volg, is om Sy lig te laat skyn. In die donker van hierdie wêreld. Kom ontdek dit saam met ons. Soos jy reeds ag- tergekom het, het ons nie meer maan -deliks Familienuus nie, maar elke kwartaal. Ons het weekliks die nuusflitse wat die onmiddellike sake deurgee, asook die E-flitse wat op ’n Vrydag per epos uitgaan. (Kontak die kantoor as jy dit nie ontvang nie). Dan is alles ook op die webwerf. Dit is alles om seker te maak dat elkeen darem altyd weet wat wanneer gebeur en hoe die Here beweeg in ons Geloofsfamilie. Geniet die stories en getuienisse! GEMEENTEWEES .. SOOS JESUS WOU! FAMILIENUUS (X4) PIERRE VAN RYNEVELD GEMEENSKAPSKERK FAMILIENUUS Kwartaal 1 2011 Volume 2 Uitgawe 1

Familienuus 2011 Kwartaal 1

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Familienuus 2011 Kwartaal 1

Citation preview

IN HIERDIE UITGAWE

Ontmoet die

span

5

Gemeente-

kamp

6

Ontdek en leef Christus

7

Vroue-

bediening

10

Pinkster 13

Jeug 14-18

Manne-

bediening

19

’n Mens wonder altyd, hoe sou

Jesus se gemeente gelyk het?

Sou dit enigsins gelyk het soos

die kerk, soos ons dit vandag

ken.

Eintlik is dit ’n onregver-

dige vraag, want die

wêreld waarin ons leef, is

natuurlik totaal anders as

dié waarin Jesus geleef

het as mens.

Maar eintlik is die ant-

woord op die vraag tog

duidelik uit die Nuwe Tes-

tament.

Jesus se mense kom byme-

kaar, maar nie om net saam

te wees nie. Ons kom byme-

kaar omdat ons gestuur is.

Gestuur na waar ons leef en

beweeg. Om Jesus se hande

en voete te wees. Ons kom

bymekaar om krag te put, so-

dat ons kan kerk wees. Daar.

Waar ons leef.

Jesus se mense kies om in

helende verhoudings met

ander te wees. Ons kies

om ander te dien.

Ons kies om Hom te

aanbid. Met oorgawe. In

eenvoud. Toegewyd, so-

dat ons Hom kan ken en

dieper leer ken.

Ons kies om Hom te volg.

Gehoorsaam. Deursigtig. Broos.

Sodat mense Hom in ons lewe

kan sien en Hom eer!

Om Jesus te volg, is om Sy lig te

laat skyn. In die donker van

hierdie wêreld. Kom ontdek dit

saam met ons.

Soos jy reeds ag-

tergekom het, het

ons nie meer maan

-deliks Familienuus

nie, maar elke

kwartaal.

Ons het weekliks

die nuusflitse wat

die onmiddellike

sake deurgee,

asook die E-flitse

wat op ’n Vrydag

per epos uitgaan.

(Kontak die kantoor

as jy dit nie

ontvang nie). Dan

is alles ook op die

webwerf.

Dit is alles om seker

te maak dat elkeen

darem altyd weet

wa t wannee r

gebeur en hoe die

Here beweeg in

ons Geloofsfamilie.

Geniet die stories

en getuienisse!

GEMEENTEWEES .. SOOS JESUS WOU!

FAMILIENUUS (X4)

P I E R R E V A N R Y N E V E L D G E M E E N S K A P S K E R K

FAMILIENUUS Kwartaal 1 2011 Volume 2 Uitgawe 1

Lewenskuns is die bediening waar ons inhaak by mense wat lewensverryking soek, worstel met die uitdagings van die lewe, of vasgevang geraak het in verhoudings– of persoonlike seer en krisis. Ons “Sentrum vir Lewenskuns” gaan uitgebou word tot ’n vol-waardige “hawe van versorg-ing” vir ons gemeenskap en Elmarie is die nuwe Koördi-neerder van hierdie bediening. Hier is so bietjie oor haar mens-wees en passie:

Ek is God se dogter, Ma van

twee jong manne, en een wat

graag die pad loop waar

iemand wil heelword, stilword,

groei of sy of haar identiteit in

Christus wil ontdek.

My droom is om ‘n gemeen-

skap te help bou wat verhoud-

ings kan dra en ek vind

vreugde daarin om ‘n ruimte te

skep waar mense gehoor voel.

Dit is dikwels in so ‘n ruimte

waar ons die wysheid wat God

in ons skep, ontdek en

sodoende sin vind in ons hierwees.

Ek het ‘n Meestersgraad in

Maatskaplike Werk en is ook ‘n op-

geleide Imago Huweliksterapeut.

My werksondervinding strek oor ‘n

spektrum van tiener en ouer be-

geleiding, individuele en huwe-

liksterapie, huweliksvoor- en be-

geleiding, roubegeleiding en trau-

ma berading.

As ek nie met bg. besig is nie, ge-

niet ek dit om te kook, die natuur

te ervaar, musiek te luister of ‘n

(goeie) fliek te kyk. “Truth, good-

ness and beauty” resoneer met my

hart!

Ek sien uit daarna om die werk wat

God in my hart dring, Christus vir

my kom wys het en die Heilige

Gees my mee toerus ook in die

Pierre van Ryneveld gemeenskap

en spesifiek hierdie geloofsfamilie,

te doen.

Kontak gerus vir Elmarie om meer

uit te vind of om van die diens ge-

bruik te maak.

Sel: 072 238 0549

en sal hoofsaaklik

verantwoordelikheid

neem vir die Vars!

aanddienste asook

van ons uitreik be-

trokkenheid. Hy het

pas terug gekom van

die VSA waar hy

uitgebreide blootsteli-

Ryno was die af-

gelope 4 jaar

werksaam in ons ge-

meente as die leier

van ons bediening

onder jongmense in

die Hoërskool. Hy

doen tans sy ge-

meentejaar by ons

ing en ervaring gaan

opdoen het om hier

terug te ploeg.

Sy passie is om Jesus

uit te leef onder

mense wat op die

rand van die

samelewing beland

het.

E L M A R I E V A N W Y K — ” L E W E N S K U N S T E N A A R ”

R Y N O M E Y E R — ’ N H A R T V I R G O D S E W Ê R E L D !

Page 4 F A M I L I E N U U S

Ryno doen in 2011 sy

gemeentejaar

Elmarie is ons koördineerder

vir “Lewenskuns”

Ou, nuwe gesigte, nuwe drome, nuwe geleenthede!

ONS BEDIENINGSPAN

Bladsy 5 V O L U M E 2 / U I T G A W E 1

Jan Venter Bedieningspanleier

Woordbediening Eredienste

Mannebediening Vrouebediening

Selgroepe

Die Bedieningspan is verantwoordelik daarvoor om die

gemeente se droom te laat realiseer. Dis die uitvoerende span van die Gemeenteraad wat, onder leiding van Jan Venter, ruimte skep vir, die geloofsfamilie inspireer tot, en begelei na,

sinvolle uitlewing van Christus in ons alledaagse lewe.

Henk J v Rensburg Woordbediening

VDM Bybelskool

Siekeversorging E-Kommunikasie

Sampie Niemand Woordbediening

Seniors Gebed

Afrikatale Veiligheid

Karel Verhoef Musiekbediening Woordbediening

Hanlie Boshoff Jeugbediening

Elmarie van Wyk Lewenskuns

Stephan Joubert Woordbediening

Bybelskool

Callie Roos Vennoot

Woordbediening

Ryno Meyer Gemeentejaar

Vars! (Aanddiens) Uitreik

Amanda Smit Admin. Ondersteuning

Dit is al weer sulke tyd! Die lang verwagte gemeentekamp vind van 6-8 Mei by die Jubaweni Ruimtekamp plaas. Dis ‘n heerlike kampterrein met billike chalets, asook plek vir kampeerders. Die kampterrein is ook nie te ver nie. Dis so 35km van die Kranskop Tolhek

naby Nylstroom, so ongeveer 150 km van Pretoria af. Die plek is beperk, maar daar is nog plek beskikbaar vir kampeerders asook ‘n paar chalets. Wat gaan ons doen? So min as moontlik. Ja, dis reg. Dit is ‘n naweek van kuier, gesels en vriende maak. Ons gaan nie ‘n intense program vol gnie.

Ons gaan eet, braai en die natuur geniet, terwyl ons ook stilword geleenthede gaan hê. Ons elkeen is verantwoordelik vir sy eie kos en dit gaan lekker wees om sommer so saam-saam kos te maak en saam te eet. Kom kamp en kuier saam! Kontak die kantoor vir besprekings en tariewe.

jucuzzi. Ons speel

speletjies & gesels

oor elke letter van

“THINK BIG” Elke let-

ter het ’n tema en

ons kuier baie lekker

saam en beleef DIEP

gesprekke hieroor.

Soms wens ek, ek

kon elkeen van

hierdie gesprekke

met julle deel wat

ons gehad het! Ai,

wat se groep oulike

kinders!

Die laaste naweek

in Januarie gaan

kamp ons met ons

graad sewes – met

die tema “THINK

BIG”. Ons begin al

te heerlik saam kui-

er in die bussie!

Ons is skaars by

Nylstroom Bush-

camp of die

kinders inspekteer

die hele terrein.

Kan julle glo – die

manne stem die

dames uit en kuier

te heerlik in die

Ons kuier die hele

naweek saam – tot

Saterdagmiddag

toe ons almal

saam visvang op

die wal!

Ek sien baie uit

daarna om te sien

wat hierdie groep

jongmense met

hulle lewens gaan

maak.

Julle bly in ons

gebede en beslis

in ons harte!

G E M E E N T E K A M P I S G R O O T L E K K E R T E !

GRAAD SEWE’S GAAN GROOT!

Bladsy 6 F A M I L I E N U U S

’n Chalet by Jubaweni Lodge, waar ons

gemeentekamp hierdie jaar plaasvind.

Make it a rule, and pray to God to help you to keep it, never, if possible, to lie down at night without being able to say: "I have made one human being at least a little wiser, or a little happier, or at least a little better this day." Charles Kingsley

Gedurende ons beplannistyd

in 2010 het die Here dit baie

sterk op ons hart gedruk dat

Hy ’n dieper en meer

toegewyde verbintenis van

ons as leiers en ons

geloofsfamilie verwag.

In die proses het ons nagedink

oor ons roeping as gemeente

en ons droom is verfyn om hi-

eraan gestalte te gee.

Die gemeenteraad het in die

afgelope tyd ons roeping

omskryf as: “Ontdek en Leef

Christus”. Dit ontvou in drie

fasette

Ons wil Jesus Christus in abso-

lute afhanklikheid en

toewyding ken, dien en uitleef

in Sy wêreld;

Ons wil dissipels van Christus

wees en mekaar begelei op

die pad van dissipelskap;

Ons wil in egte, dienende,

persoonlike verhoudings wees

met mekaar en alle ander men-

se, gekenmerk deur die liefde

van Christus.

Ons is ’n Geloofsfamilie wat elkeen geroep en gestuur is om op hierdie wyse Sy Koninkryk te laat kom in ons wêreld. Ons wil jou graag nooi om saam hieroor na te dink, daaroor te bid en dit uit te leef in jou alledaagse lewe. As ons as geloofsfamilie kan verenig rondom hierdie roeping/droom, glo ons dat die Here ons saamwees kragtig kan gebruik in die lewens van soveel mense wat in wanhoop, onsekerheid en onvrede leef. Ons gemeenskap worstel met soveel seer, gebrokenheid en uitdagings. Ons is geroep om Jesus te gaan wees op al die plekke waar ons lewe raak. Wees deel van die ervaring!

met ’n “herfokus” proses wat

ons as gemeente gaan bring

by ’n dieper en helderder

verstaan van God se roeping

vir ons. Phil is onlangs getroud

met Sherry en hulle is ge-

durende Maart in Suid-Afrika vir

konsultasies en bediening. Jy

kan vir Phil kontak by .....

[email protected]

Ons leraars het in 2010 vir Phil

baie goed leer ken tydens ons

besoek aan die VSA en hy het

vinnig sommer ’n groot vriend

geword. Hy is van Atlanta in

die VSA en werk vir ’n organ-

isasie wat gemeentes help

met hul roeping en gestuurd-

heid. Phil gaan saam met ons

reis die volgende 18 maande

ONTDEK EN LEEF CHRISTUS ....

PHILIP EN SHERRY UNDERWOOD ..

Bladsy 7 V O L U M E 2 , U I T G A W E 1

Phil en Sherry op hul troudag so paar weke

gelede

Allow your dreams a place in your prayers and plans. God-given dreams can help you move into the future He is preparingfor you. Barbara Johnson

Tydens ‘n glansgeleentheid op 25 Februarie by Stone Cradle, het Sektor 3 (ons plaaslike Ge-meenskaps Polisiëringsforum) erkenning verleen aan daardie individue, maatskap-pye en ondernemings wat se-dert die ontstaan van die GPF in 2006 ‘n besondere bydrae gelewer het tot die stryd teen misdaad in ons omgewing. Die volgende oorhandigings is by daardie geleentheid ge-doen: Protea Coin Group S & G Securities Monitor Net Thorburn Security Solutions SAPD Lyttelton Brigadier A Wiese Spar Pierre van Ryneveld Total Pierre van Ryneveld

Geovision SA Past CF Marais Mr JG Nel Me W de Ruyter PvR Gemeenskapskerk Op 28 Maart vind die volgende geleentheid plaas wanneer die Forum toekennings gaan doen aan daardie inwoners, patrol-lielede en werkers in die beheer-kamer wat hulle oor die afgelope paar jaar onderskei het met hul toewyding en onbaatsugtige diens. Die geleentheid vind in die ouditorium van die PvR Gemeen-skapskerk plaas en sal gevolg word deur ‘n kaas en wyn-geleentheid in die kerksaal. Ons nooi graag ons inwoners uit na hierdie geleentheid.

besluit om die konferensie op Sa-terdag, 21 Mei 2011 hier in ons ouditorium te hou. Kundiges oor die onderwerp sal as gassprekers optree, terwyl slagoffers uit die stad en platteland hul verhale met ons sal deel. Dit beloof ‘n besondere geleent-

heid te wees en enigiemand is

welkom om dit by te woon. ‘n

Geringe fooi (in die omgewing

van R80) sal gehef word om koste

te dek. Kontak Sampie Niemand

by 082 698 1995 vir inligting.

Uit alle oorde word deesdae gevra na die rol wat die kerk te speel het in die stryd teen mis-daad. Die daaglikse misdaadgolf ruk die hart van ons samelewing en gesinne word erg getrauma-tiseerd gelaat en baie mense sit met baie vrae. Die Getuienisbediening Oostelike Sinode van die NG Kerk, het be-sluit om in die lig hiervan ‘n konferensie oor hierdie onderwerp te reël. Om soveel mense as moontlik in ‘n posisie te plaas om die geleentheid te kan bywoon, is

PVR POLISIEFORUM SÊ DANKIE

MISDAAD EN DIE ROL VAN DIE KERK

Bladsy 8 F A M I L I E N U U S

He who does not

prevent a crime

when he can,

encourages it.”

Seneca

Eers het ons gedink die

weer gaan ons geesdrif ‘n

bietjie demp maar die

Here is alweer aan ons kant

en ons speel te heerlik by

die kerk!

Het julle al gesien hoe vin-

nig byna 300 ballone in

waterballonne verander &

natuurlik hulle teiken tref!

Ai, was dit nie te heerlik nie!

Op ‘n stadium het die

kinders skoon verdwyn

onder skuim en die bal-

lonne!

Baie dankie vir almal wat

saam kom speel het &

dié wat gehelp het om

ons kinders ‘n heerlike

oggend te gee! Beslis

doen ons dit weer!

“SPLASH” EN “DASH”

spaar, maar daar is 2 goedjies wat ek met julle wil deel. Toe ek in die swemabd induik om haar te kry, beleef ek hoe die engele onder haar staan en haar help om bo die water te dryf. Ek beleef die Here se in-tense nabyheid en dat die Here my gerusstel en laat besef dat Hy ‘n plan met haar lewe het, en dat sy “ok” sal wees. En alle dank aan Hom, want sy is heeltemal gesond. E k het ook vir maande haar oorbeskerm en het haar by niemand gelos en nêrens heen gevat nie, want ek was vreesbevange dat sy iets sal oorkom. Toe eendag het ek ‘n ongeloof-like belewenis. Ek besef sy is nie myne nie, sy behoort aan God en Hy het haar aan my toever-trou. Ja, ek moet alles in my ver-moë doen om haar te beskerm en grootmaak volgens Sy voor-skrifte. Verder moet ek Hom ver-trou om haar te beskerm. En dit het my uitkyk op die lewe

ONTMOET VIR: HANLIE BOSHOFF

Ons gaan deur die jaar elkeen van die jeugspan op ‘n meer persoonlike vlak ontmoet en ‘n kiekie en ‘n sto-rie in hulle lewe deel. Ons begin sommer in die uitgawe met Hanlie. Waar is die foto geneem? Vir

my 40ste verjaarsdag het ek,

Karel en die kids saam met ‘n

klein groepie baie spesiale

vriende gaan “river raft” en

“quad bike” ry in Mpuma-

langa by Induna adventures.

Watter fees is/was dit nie! ‘n

Wonderlike storie en baie kie-

kies om die onvergeetlike te

onthou.

Vertel vir ons bietjie meer van

’n storie in jou lewe wat ‘n in-

tense geestelike impak op jou

gehad het.

My dogtertjie, Jana het in die swembad geval toe sy so een en ‘n half was. Die detail van die hartseer gaan ek julle

Bladsy 9 V O L U M E 2 , U I T G A W E 1

Hanlie is die leier van ons Jeugbediening. Sy is verantwoordelik vir die volle spektrum van

jeugwerk van die ouderdom 3-25

Op die aand van

21 Februarie, het

die Vroue-

bediening behoor-

lik weggespring vir

die jaar. Byna 200

vrouens het die

aand saamgetrek

met Lindie Strydom

van DKNT-Gospel

en Helpende Hand

as ons spreekster.

Haar onderwerp

was “Effektief ver-

sus Heilig - Vat jou

“to-do-list” na

Jesus se voete”.

Sy het ons geleer

om ALLES te doen

asof vir die Here,

en dit nie net maar

te beskou as jou

plig nie, maar om

te onthou dat jy ‘n

sekere roeping hier

op aarde het. Die

drie dinge wat sy

beklemtoon het vir

elke dag is :

“DOEN, DIEN, GE-

NIET vir die Here”.

Wat ’n voorreg!

Ons is ook baie opgewonde oor ons Vrouekamp wat vanaf

21 – 23 Oktober sal plaasvind. Ds Jan is ons spreker vir die hele

naweek, en ons onderwerp is “Praktiese Riglyne om naby aan

God te leef”. Ons gaan natuurlik weer ook heerlik saamsing en

nuwe bande smee. Dit sal nie meer as R600 vir die naweek kos

nie, alle etes, ens. ingesluit, en jy het nou al die geleentheid om

dit by die Kerkkantoor af te betaal. Getalle is in elk geval beperk,

so bespreek gerus nou al jou plek.

VROU VAN (V)FORMAAT!

VROUEKAMP, HIER MOET JY WEES!

Kaartjies kos R100

p.p. en is by die

Kerkkantoor of tus-

sen die 2 oggend-

dienste

beskikbaar. Indien

jy belangstel om ‘n

gasvrou te wees

dié oggend, kon-

tak my asb gerus.

Al wat jy moet

doen, is om ‘n

tafel vir ongeveer

6 - 8 persone te dek

met jou eie

tafeldoek en breek-

goed, asook ser-

vette en tafelver-

sierings. Eetgoed

ens. word voorsien,

en jy hoef ook nie

die kaartjies vir jou

tafel te verkoop

nie.

VROUEBEDIENING HOU “HIGH TEA”

Ons beplan D.V. ‘n

heerlike oggend in

die vorm van ‘n

“High Tea” op

Saterdag, 28 Mei,

09h00, met Susan

Coetzer as ons

spreekster.

Sy gaan gesels oor

haar nuutste boek

met die titel “All

Bran vir die Siel”.

Bladsy 10 F A M I L I E N U U S

Vrouekamp 2010

Lindie Strydom

Ons Geloofsfamilie se VROUEBEDIENING is propvol gebeure! Dankie vir elke vrou in hierdie gemeente!

Helene Richter

Voorsitter

0823779385

Susan Coetzer

Teen die einde van verlede jaar het ons ons geloofsfamilie gevra of hulle nie bereid sal wees om by te dra vir die koop van skoolskoene vir 500 kinders wat daagliks na skool by Bana Ba Kgosi gevoed word. Wat was ons verras toe die totale bydrae van net oor

die R17 000 hi-ervoor ontvang is! Ons het hierdie geld ‘n paar dae gelede aan die sentrum oorbetaal. Hierbenewens was dit ook vir ons moontlik om kersgeskenke te gee aan die leiers by die sentrum en hulle ook van kos te voorsien vir funk-

sies wat hulle die einde van die jaar vir die kinders aange-bied het. Tannie Rosli Strydom, die voorsitter van die beheerkomitee, het hierop die volgende briefie gestuur. Lees dit hieronder.

en net so lekker saam kuier. Baie lidmate het al uitgewei oor ons kui-ers, en beny ons die saamwees, want saam is soos een familie. Ons deel mekaar se lief en leed, en was saam hartseer oor Isa-bel se afsterwe. Ons sien uit na die res van die jaar se byme-kaarkom, lekker kuier maar ook lekker

Na amper 3 jaar deel van PvR se Solobediening voel ek steeds op-gewonde oor elke bymekaarkom. So-lo maak plek vir enkelouers tesame met hulle kinders, maar tog ook plek vir enkel persone sonder kinders. Die hele groep is so gasvry dat ons al ‘n hele paar en-keles bygekry het,

ondersteun. Solo beteken alleen, en-kel, maar dit is ons beslis nie. Ons is saam, deur die ge-nade van Ons Vader, en is baie dankbaar daar-voor. Kom word deel van ons bediening, skakel vir Lizette Klinkhamer: 078 077 9394 of Karel Verhoef: 083 297 1242

SKOENE VIR BANA BA KGOSI

SOLO ..ENKEL, MAAR NIE ALLEEN!

Bladsy 11 V O L U M E 2 , U I T G A W E 1

“To catch the reader's attention, place an interesting sentence or quote from the story here.”

“Liewe Gemeente, DUISEND DUISEND DANKIES ! ONS WAARDEER

JULLE HULP EN BYSTAND SO OPREG ! Wens net julle kon die veld-

werkers se gesigte sien toe hulle die CD's kry. Ek het hulle nog nooit

so opgewonde gesien nie , en hulle is dadelik weg na Lebo se kar

wat onder afdak gestaan het, en ons het net musiek gehoor . Die

Mammas was ook so bly oor die pragtige komberse.

Ag en die kos wat julle gegee het, het al die verskil gemaak. Ek was

vanmôre regtig uit die veld geslaan toe ek hoor julle gee so baie

geld vir die skoene! Opreg dankie. Ons leen aan die Here, sê die

Bybel, en Hy sal dit vergelde. Mag dit vir julle in geestelike en

materiële dinge vergelde word !

Reeds tydens die leraars se VSA-besoek verlede jaar, het die hele saak van ‘n missionale ge-meentewees al sterker en sterker na vore getree. Hierdie ged-agtes is later tydens ons be-planningsweek in September verder uitgewerk en dit het groter stukrag gekry met die be-soek van Phillip Underwood in daardie selfde tyd. Hieruit is ons droom duideliker omskryf as “Ontdek en Leef Christus” en is ‘n proses met die hulp van Phil begin om te her-fokus op Christus en Sy doel vir sy kerk in hierdie wêreld. Elders in hierdie Familienuus word meer hieroor gesê. As eerste tree op die weg van her-fokus, het ons bedieningspan -Jan, Henk, Elmarie van Wyk, Hanlie Boshoff, Sampie asook twee leraars uit die Gere-formeerde Kerk, op 24 en 25 Februarie ‘n retraite onder leiding van Phill op ‘n plaas in Senekal bygewoon. Phill se vrou, Sherry, met wie hy pas getroud is, het ook saamgegaan. Die plaas waar ons was, behoort aan Riaan en Lizia Rhind, lid-mate van ons geloofsfamilie. En wat ‘n besondere ervaring was dit nie. Aan die voet van die historiese Biddulphsberg buite Senekal, het ons die skoonheid van die Vrystaat en die rustigheid van die Here se teen-woordigheid ervaar. Wat getref het, is die feit dat Phil op ‘n heel ander plek begin het as wat ek gedink het. Sy benadering was: om te kan her-fokus, moet daar eers ‘n

ontwaking (“awakening”) in ons plaasvind – ons moet onsself en Christus eers weer van voor af ontdek. Om dit te doen, het elkeen van ons ‘n tydraam/tydlyn van ons eie lewe opges-tel. Dit het ons gedoen aan die hand van gebeure, mense, dinge, of omstandighede, posi-tief of negatief, wat op ‘n bepaalde stadium in ons lewens ‘n betekenisvolle invloed in ons lewens gehad het. Die verloop van ons lewens, die wyse waarop ons elkeen die hand van die Here duidelik in ons lewe kon sien, het ons ge-help om nie net te sien watter waardes vir elkeen van ons bel-angrik is nie, maar ons kon ook ons identiteit in God definieer. Hiermee saam kon ons ook ‘n duideliker besef formuleer van wat God se doel met elkeen van ons in hierdie wêreld is. Wat vir elkeen van ons ‘n be-sondere moment was, was toe ons op ‘n punt gekom het waar ons elkeen vir onsself moes uitmaak watter hindernisse daar in ons lewens is wat ons aan die Here sal moet oorgee. Dit was voorwaar ‘n verrykende belewenis! Lekker gekuier en ge-ëet? Ja gewis! Almal het hulle deel ge-doen met Elmarie die groot in-doenarina. Natuurlik kon ons ook die pragtige natuurskoon en die wild geniet en opnuut besef hoe groot ons God is. Ons sien met groot verwagting

uit na die verdere ontplooiing

van hierdie proses in ons

geloofsfamilie.

HER-FOKUS RETRAITE-’N VARS BEGIN!

Bladsy 12 F A M I L I E N U U S

Met vanne soos Verhoef en Vent-

er sal ’n mens vermoed dat die

voorsate uit “de Nijderland” af-

komstig is, maar student in Ne-

derland? Watwou!

Twee van ons leraars (Jan en Ka-

rel) het die wonderlike voorreg te

beurt geval om, deur die be-

middeling van Prof. Jan van der

Watt, te registreer vir ’n Ph.D as

buitelandse studente aan die

Radboud Universiteit in Njmegen,

Nederland.

Dit is nie net ’n voorreg nie, dis

ook ’n eens in ’n leeftyd

geleetheid, omdat daar ’n volle

beurs gekoppel is aan die studie

wat loop oor 4 jaar.

Stephan Joubert is Jan en Karel

se studieleier. (Nog ’n PvR

konneksie!)

Jan gaan werk oor leierskap, spe-

sifiek oor wat uniek is aan Chris-

tenleiers in missionale bewegings.

Karel werk oor die uitdaging van

die kerk in die internet en elektro-

niese kommunikasie era.

Een van die vereistes en deel

van die studiepakket is dat daar

jaarliks vir ’n maand te

Nijmegen navorsing ge-

doen moet word.

Jan en Karel gaan

hierdie jaar in April die

warm klere inpak vir die

tog Noorde toe vir hulle

eerste navorsingsbe-

soek. Ja! Dit is om die draai!

Die gemeenteraad het ’n ge-

deelte van die tyd as studiever-

lof toegestaan en die ander

neem hulle gewone

vakansieverlof.

Nouja! Al wat dan oorbly is “Bon

Voyage Kaaskoppe!” Ons sien

uit na die verdieping en verryk-

ing vir ons Geloofsfamilie wat

gaan spruit uit hierdie

fantastiese geleentheid.

aangebied word vir ons jongmense en kinders wat hulle help om die meeste uit die ervaring te put. Ons is bevoorreg hierdie jaar dat ons pinksterdienste gelei gaan word deur Phil Underwood. Hy is

Pinkstertyd is ‘n baie spesiale tyd van die jaar in ons geloofsfamilie. Ons het dit nog altyd beleef as ‘n tyd van wonderlike seën en geestelike groei. In die laaste tyd is daar ook spesifieke programme wat

van Atlanta in die VSA en is saam met ons op reis in ons proses van herfokus op God se roeping vir ons as gemeente. Ons nooi jou hartlik uit om van 5 - 9 Junie deel te wees van ‘n dieper belewenis van Jesus se wese!

KAASKOP DOOMSE?

PINKSTER 2011 - PHIL UNDERWOOD

Bladsy 13 V O L U M E 2 , U I T G A W E 1

Phil Underwood

Nijmegen is die oudste stad in Nederland. Die stad het in 2005 sy 2000 jarige bestaan gevier! Radboud Universiteit is internasionaal hoogaangeskrewe as navorsings instelling.

Ons begin hierdie jaar

met die verwelkoming

deur die “Clowns”! Die

junior mentors was net

“whoa” gewees. Hulle

het ieder en elk laat

welkom voel die

eerste Sondg van ons

jaar. Ek was net bang

dat van die mentors

van die kleintjies huistoe

sou vat! Ons kuier saam

met die kinders oor Deut

6:6 Luister Israel (luister

Pierre van Ryneveld):

Die Here is God! Hy’s die

Enigste God. Ons maak

kleurvolle kopbande om

vir almal te wys H = 1

(Die Here is God!)

WELKOM AL DIE KINDERS!

geneem! EN baie vinning staan ons met verwondering stil oor God se skepping. Elkeen van ons word stil – neem nie eers ‘n foto nie, en besef net weereens hoe groot ons God is! Ons begin praat hoe won-derlik God ons oë gemaak het om elk keer ‘n perfekte foto te kan neem! Ons hoef nie eers te stel aan die spoed of die lens opening nie, ons hoef nie lense te ruil nie – die auto van ons oë is net elke keer perfek! Te vinnig is die oggend verby maar met goeie geselskap, ‘n paar koppies koffie, beskuitjies voer vir babers, ‘n heen-en-weer draai vir elke “goeie” foto, ‘n jaag of 2 deur die waterpoele, ‘n stil-word in God se skepping, beleef ons weer die lewe! Ons beplan dan om elke Sa-terdag voor die laaste Dinsdag van die maand, so ‘n “photo shoot” te hou! Kyk op die Nuusflitse en Epos vir die datums.

KIEKIES VERTEL DIE STORIES!

By die Fotografie Bediening skop ons die jaar af met ‘n kursus. Ek weet nie van julle nie maar ek glo mense se lewens word met stories aanmekaargelas en foto’s vertel die storie! Maar laat ek die “photo shoot” van vooraf vertel. Ons is eendag weer in Ludwig’s se winkel waar Sergio werk en tot vandag toe kan ek nie onthou hoe ons op die foto-kursus-idee gekom het nie! Ons en Sergio se datums werk perfek uit en so kom kuier Sergio vir ons by die kerk met sakke vol foto-kennis wat hy so graag met ons wil deel. Sergio word bestook met vrae en aan verduidelikings en baie praktiese maniere is daar geen einde nie. Een van Sergio se reaksies op ‘n vraag: “My girl, ‘n whole world would open up for you”, het ons weereens besef die wêreld is ‘n foto-paradys. Die Saterdag oggend vroeg (voor sonop), kry van ons mekaar by die kerk en gaan neem ons fotos by Rietvleidam Reservaat. Van zebras tot krappe, van flappe tot spinnerakke word af-

Bladsy 14 F A M I L I E N U U S

Rietvlei Zebra

Kinderbediening

“To catch the reader's attention, place an interesting sentence or quote from the story here.”

jeugkantoor). Julle wil seker weet

waarom Die Boek? Wel, ons

praat mos van Die Huis, Die Dak,

Die Lapa – nou Die Ark en Die

Boek!

Die Boek is inligting oor wat ons

elke Sondag met die kinders

doen – van die Mosterdsaadjies

tot by ons Graad 7’s. So, dis nie

net vir die junior mentors, kinders

of jeugspan nie maar vir elke

ouer, gemeentelid of enige an-

der agie! As jy iets van ons Jun-

iors wil weet – kom lees Die Boek.

Net ‘n laaste woord – baie

dankie aan die bouers van Die

Boek – ons dink nog hoe en toe

ons weer sien: daar staan Die

Boek!

Nogmaals baie baie dankie!

DANKIE, AL DIE NOAGS!

Die Ark se storie: soms kruis jou lewe ander mense se lewens wat jou lewe net hiper baie ver-ryk. So het Die Ark met baie passie, liefde & dankbaarheid in ons lewens ingevaar. Daar was mense wat al baie lank oor Die Ark gedroom het, mense wat die visie daarvoor gehad het en so ook mense wat hulle tyd daaraan afgestaan het. Met ‘n hart wat sommer bok-spring as ons oor Die Ark dink of praat, wil ons vir elkeen weer kom dankie sê wat betrokke was by hierdie heerlike projek! Elke Sondag sien ons hoe die Mosterdsaadjies (en ‘n graad 10 groep) hulle “Ark” gebruik, ge-niet en Die Ark hulle eie maak! Toe ons eers aan die boue is, toe

gaan ons voort en “bou” vir ons

Die Boek. Die Boek is die groot

swart bord net voor jy by Die Ark

kom (tussen die kerksaal en die

Bladsy 15 V O L U M E 2 , U I T G A W E 1

Izette Malan, ons jeugwerker vir die Kinderbediening

It takes a village to

raise a child

Hillary Clinton

DIE ARK ... VAAR WEER!

Lukas Maree het in sy liedjie KIEKIES IN MY PLAKBOEK gesing......... “my kiekies is ver-wysings, my lewensinventaris, die ensiklope-die van my bestaan. My kiekies is bewyse vir die feit dat ek ook daar was, ‘n prentjie kommentaar wat my beam”. Wanneer mens terug kyk op hierdie musiek legende se lewe, is daar geen twyfel dat sy lewe inmekaar gevleg is deur duisende kiekies nie. Maar wat is ‘n kiekie sonder ‘n storie? Kiekies moet vergesel word met stories, en stories kan nie vertel word sonder mense nie. Dit is presies dit – mense, sto-ries en kiekies wat die jeug-bediening saamsmelt tot ‘n won-derlike eenheid saam met GOD . Ons gaan hierdie jaar op ‘n baie besonderse manier God ontdek en uitleef, en dit met julle deur ons unieke stories en kiekies. So “buckle up and enjoy the ride”! Hierdie jaar begin ons storie met ‘n ongelooflike jeugspan wat saam met my werk........Henk, Herman, Izette, Lizelle en Lizette. Hierdie ongelooflike span mense loop elke dag van hulle be-diening in geloof en volle vertroue. Elkeen het duisende stories wat hulle uniek maak en wat hulle vorm tot wie hulle is......en God is aan die hoof van elke storie. Dit is wat hulle so ongelooflik maak. Die storie wat ek in dié uitgawe met julle wil deel, is van Herman. Herman is ons nuwe jeugwerker vir die senior jeug, en het ‘n baie interessante storie hoe hy sy bediening by ons afgeskop het. 14 – 16 Januarie het Her-

man sy eerste kamp saam met ons beleef – en dit is ‘n kamp wat hy nooit sal vergeet nie. Saterdagoggend het ons lekker op die rivier oewer saam gespeel, gelag en prêt gehê. Die jong, sterk manne besluit toe dat Herman bietjie warm kry, en ‘n klomp van hulle dam hom by om hom in die dam te gooi. Hulle het nie Herman se veglus en krag in ag geneem nie, en die manne begin toe lekker stoei. Ewe skielik hoor ons ‘n klap geluid........en ja, Herman se knie het meegegee onder die manlike kragte

en besluit nou raak dit te veel. ‘n Knie het ook ‘n wil van sy eie en laat nie met hom mors nie. Maar wat maak hierdie storie so be-

sonders? Die heel naweek word Her-

man rondge”abba” deur die jong

manne, kuier hy tot die dood toe

(want hy kan nêrens heen gaan en

loop sonder hulp nie) en bou hy

ongelooflike verhoudings met men-

tors en jongmense wat nie sou

gebeur het sonder hierdie “pynlike” storie in

sy lewe nie. Herman is reeds deur ‘n

operasie, het met rehabilitasie en oef-

eninge begin en gaan deur baie pyn en

ongemak en dit sal nog ‘n rukkie wees

voor hy weer 100% op die been is. Maar hy

is altyd positief, sien die ongelooflike storie

agter die storie raak, en besef dat net ons

God goeie goed uit ‘n pynlike

ondervinding soos dié kan laat kom. Her-

man dis ‘n voorreg om die jaar stories saam

STORIES EN KIEKIES EN JEUGBEDIENING

Bladsy 16 F A M I L I E N U U S

Elkeen het

duisende

stories wat hulle

uniek maak en

wat hulle vorm

tot wie hulle

is......en God is

aan die hoof

van elke storie.

Hierdie jaar was dit dié Kidz Kamp met baie eerstes! Die eerste keer dat ons 90 kinders was; eerste keer met 2 busse; eerste keer met 11 mentors; eerste keer by Nylstroom Bush-camp; eerste keer etes by aansit-gedekte-tafels (EN hulle was al die skottelgoed vir ons); eerste keer dat byna die helfte van die kinders Vrydag-aand tienuur al slaap!; Dis ook die eerste keer dat een van ons kinders by die hospitaal draai – gelukkig nie te ernstig nie; eerste keer dat almal “rumours” glo – EN was daar nie “rumours” nie!!; eerste keer dat ons die kinders “paste” (dis ‘n ander storie). Ons tema vir die naweek is: Wie is VIP, ek of jy? Ons gesels oor “Wie is die belangrikste?” Jakobus en Johannes se ma wou by Jesus weet of haar 2 seuns langs hom kan sit, eendag daar in die hemel! Eintlik besef ons dat Jesus dié VIP is! Baie baie vroeg staan party manne op om te gaan kyk hoe die son opkom. Party gaan slaap weer & party gaan slaap nie weer nie!!! Ons begin ons oggend met die vraag of ons te jonk is om iemand te help met Samuel & Jeremia as voorbeeld! Na ontbyt hou ons konsert en daarna gaan die spelery net aan met balle, ballone, water, modder, ‘n foelie- slide & ‘n swembad! Die aand na ete praat ons oor hoe Jesus mense gehelp het en die mentors was die kinders se voete – dit was net ongelooflik gewees! Die aand is almal “vroeg” in die bed, tot met die groot “paste”. Dis een van die lekkerste 2ure van die kamp! Ons word saam gesmeer, ons kuier saam, ons was die stroop saam af en sit almal weer later terug in die bed! Baie dankie vir almal wat saamgekom het, kinders, mentors, die ouers, ons admin-span, ‘n spesiale dankie vir die mense van Nyl-stroom Bushcamp en beslis Ons Koning – Je-sus. Hy’t ons opgepas, ons gelei, ons geseën en ons hiper mooi opgepas – baie dankie vir al Sy liefde en genade!

“KIDZ KAMP”- DIE PRET BEGIN HIER!

Bladsy 17 V O L U M E 2 , U I T G A W E 1

Baie dankie aan die

mentors, ouers,

kinders en almal wat

dit ’n spesiale

ervaring gemaak het

Zetta

Wat ‘n ONGELOOFLIKE voorreg om saam met ‘n ONGELOOFLIKE span, ‘n ONGELOOF-LIKE aand te reël met ‘n ONGELOOFLIKE groep jong manne, wat ONGELOOFLIKE stemme en ‘n ONGELOOFLIKE passie vir God het.....en dit som die 26ste Februarie op toe ROMANZ by ons kom optree het. As jy nie daar was nie, jy het ONGELOOFLIK baie gemis. Onthou julle 2 jaar gelede se Valentynsfees en Chris Cameleon optrede wat net so ONGELOOFLIK was, en verlede jaar se mandjiedans? Wat is die rede vir die malligheid? Hoekom pak ons sulke groot projekte aan wat ure en ure se werk verg en wat is so ongelooflik daaraan? Is dit die geld? Alles behalwe. Dis die stories agter die hele optrede en agter ‘n dag soos die valentynsfees wat dit so spesiaal maak, die kiekies en die mense. Kom ek vertel vir julle die storie van my belewenis oor die afgelope 3 jaar. Jan sê altyd as jou droom en visie jou nie bietjie bang maak nie, dan is dit nie van God af nie. Dit is presies wat 3 jaar gelede gebeur het tydens ons YA’s beplanning. Een jong-mens het ‘n droom gehad om iets te reël vir Valentynsdag en sommer daardeur ‘n paar rand in te samel. En die klein ietsie het ontpop tot hierdie visie en droom wat my laat bewe het, beide van opgewondenheid

en vrees. Daar is ‘n span saamgestel, wat heeltemal groen was in die reël van sulke tipe projekte, maar met God se genade, ure se werk en mense wat raad en bystand gee, het hierdie jongmense ontpop in “the crème del-la crème” – so, dat hulle ‘n ongelooflike valentynsdag gereel het,en verlede jaar ‘n hele mandjiedans van A-Z op hulle eie. Wat ‘n voorreg om ‘n ruspe in ‘n skoenlapper te sien verander. En dit bring ons by die storie van Romanz.

Sulke dinge is soos kaaskrulle, as jy eers daarmee begin kan jy nie ophou nie. En die jaar het ons die voorreg gehad om Romanz te kry om een aand by ons te kom optree. Die aand het verseker met baie werk en ook met baie stres gepaard gegaan, maar elke oomblik was die moeite werd. Ek het nie in my wildste drome gedink dat ek bekommerd gaan

wees dat daar nie genoeg sitplek in die oudi-torium gaan wees nie, ek het eerder gedink ek gaan bekommerd wees dat ons genoeg kaartjies sal verkoop. Inderdaad “our God is an awesome God”. Almal wat ingespring het om te werk, almal

wat saam kaartjies verkoop het en almal wat

saam gebid het, is die stories wat ek altyd sal

onthou. Maak nie saak of jy jeug of kerkkan-

toor personeel was nie, SAWA of PvR nie,

almal het soos een man saamgewerk . Ver-

houdings is gebou, werketiek is aangeleer en

bo alles was dit hope prêt! Kwart oor elf,

nadat almal pê was en ons gewag het vir die

manne om klaar te eet, het niemand huis toe

gegaan nie. Die hele jeugspan en hulle fami-

lies, van ons 9 jarige kinders tot ons 50 jarige

ouers het op die gras voor die ouditorium

gesit en kuier en broodjies eet. Dit is verseker

‘n ONGELOOFLIKE aand met ONGELOOFLIKE

stories en ‘n ongelooflike kiekie wat ek nie

maklik sal vergeet nie.

ROMANZ, ’N ONGELOOFLIKE ERVARING!

Bladsy 18 F A M I L I E N U U S

Kampvure, brullende leeus,

ongelooflike natuur en wonder-

like samesyn. Net 'n paar van

die dinge wat jy kan verwag in

die Kalahari.

Ons mannebediening beplan

om van 15-19 Junie 2011 in die

Kalahari te gaan uitspan. Ons

gaan vir die naweek tente

staanmaak op die sand en kyk

of ons iets van die “ou grote” in

ons murg kan laat inglip. Ons

gaan kuier, wild kyk, saamwees

en sommer diep kopstukke gesels

saans om die kampvuur.

Jy hoef nie ’n 4x4 voertuig of ’n

tent te hê om saam te kom nie.

Kontak vir Deon Fourie vir meer

inligting.

083 645 9326

[email protected]

Sien jou daar!

die deur oop na die

grootste vreugde in die

lewe en is die bron van

oorlewing vir jou gesin.

1Joh4:7ev “Geliefdes, ons

moet mekaar liefhê, want

liefde kom van God en

elkeen wat liefhet is ‘n

kind van God...”

Om jou gesin lief te hê is

‘n gawe wat jou baie

broos laat, want in die

kompleksiteit van ons

bestaan is daar soveel

potensiaal vir seerkry.

Tog kan dit jou nie weer

-hou om jouself in liefde

te bly gee nie. Dit maak

MANNE PAK DIE KALAHARI.. KAALHAND!

OM LIEF TE HÊ

Ons almal leef in

die “witwater” van

die daaglikse lewe

en weet maar al

te goed hoe dit

soms ons meesleur

en wil-wil verdrink.

Halftyd bied ’n lek-

ker gemaklike

klomp vriende wat

saambid, dink en

Christus beleef om

Hom te uitleef in

ons lewens. Kom

maak ’n draai!

HALFTYD, IS HERLAAITYD!

Elke Woensdag so

teen 05:30 is daar

’n byeenkoms wat

manne nie net

vroeg uit die vere

kry nie, maar seker

maak dat hulle ge-

fokus en verbind

aan Christus bly in

die week.

Bladsy 19 V O L U M E 2 , U I T G A W E 1

Kalahari Avontuur

“When women are depressed, they eat or go shopping. Men invade another country. It's a

whole different way of

thinking.” Elayne Boosler

Die jaar het soos ‘n F1 motor weg- gespring en die Jeug was soos ge-woonlik vinnig op “rol”. Ons het begin met ‘n ongelooflike, onver-geetlike Aqua X kamp vir die Graad 10 en 11 waar ons by Loch Vaal bietjie die Vaal Rivier se waters gaan trotseer het. En dit was omtrent ‘n ervaring, so tussen die vloede deur het ons ‘n propvol maar rustige beurt gekry om die stil sonsak oor die dam te geniet en die kalmte te waardeer terwyl ons kuier en gesels en bande en brûe bou wat ons nader aan mekaar bring. Almal sal saamstem dat die boot- en “tube” ry , so tussen deur die val-lery die hoogtepunt was van die naweek se aktiwiteite. ‘n Onver-geetlike ervaring wat ons kon kom-bineer met genoeg tyd om stil te raak en ‘n mooi stuk groei in onsself

en ons verhoudings en geloofslewe te kon ervaar. Die jongmense het die volgende te sê gehad oor Aqua X : “het ek probeer dink aan woorde

om die AquaX kamp van 2011 te

beskryf. Ek het gou ag-

tergekom dat daar net een

woord in my woordeskat is

wat voldoen. Ayoba!!!! Maar

vir my was dit meer as net

pret, vir my was dit ‘n kamp

gepak met lewenslesse. ‘n

Ware eye-opener.” “Ek het nie gedink daar is

iemand anders wat voel

soos ek nie en net die feit

dat daar iemand is wat

verstaan presies waardeur ek gaan,

dis net “amazing”. En dis net reg

gewees dat ek op daai kamp was -

Ek was nie van plan om te gaan nie

maar ek's verskriklik bly ek het ge-

gaan! Dit het wow bja vi my be-

teken!!!”

AQUA X NAWEEK-ONVERBETERLIK!

Bladsy 20 F A M I L I E N U U S

Herman Matthee is ons jeugwerker vir

die tieners

Don't laugh at a youth for his affectations; he is only trying on one face after another to find a face of his own. ~ Logan Pearsall Smith,

XTREME KAMP

18-20 Mrt.

Nylstroom Bushveld Lodge

Gr8-9

Info by die Jeugkantoor

Die Bybelreis vir 2011 het in nuwe

gedaante afgeskop deurdat ons

drie Woensdagaande per

kwartaal saam met Stephan

Joubert aan ‘n tema of

Bybelboek aandag gee.

Ons was omtrent 130 mense wat

die aandsessies bygewoon het en

25 mense wat ons oggendsessie

bygewoon het. Tydens die

afgelope kwartaal se Bybelreis

het ons stilgestaan by die tema

rondom God se wil.

Ons almal het ons eie idees oor

God se wil, maar ons het dit nog

nooit aan die Bybel se siening van

God se wil getoets nie. Stephan

Joubert het ons uitgedaag om

weer nuut te dink oor God se wil.

Hy vir ons gewys dat die Bybel nie

van God se wil praat as ‘n

bloudruk vir ons lewe nie, maar as

‘n wedstrydplan waarvan God

deur Jesus met ons besig is. God

se wil vir ons lewe is dat ons Jesus

sal ken en liefhê. Daarmee saam

het ons tekste in die Bybel gelees

wat oor God se wil praat. Ons het

by vier sake stilgestaan:

Dit is God se wil dat ons sal gee (2

Kor 8). Ons moet onsself aan God

gee, maar ook aan ander mense.

Ons lewe binne God se wil

wanneer ons met ander mense

deel wat God vir ons gegee het.

Om lyding en teestand te ervaar

is binne God se wil (1 Petrus 3:13-

17). God dra ons deur moeilike

dinge maar Hy is nie die een wat

dit die heeltyd moet verhinder

nie.

Die ander kant is ook waar dat dit

God se wil is dat ons met

dankbaarheid en vreugde sal

lewe (1 Tess 5:16). God wil dat ons

gelukkig lewe en Hom in alles

raaksien en eer.

God wil dat ons heilig lewe (1 Tes

4). Ons het ‘n verantwoordelik-

heid om God te eer met ons lewe

deur heilig te lewe soos Hy heilig

is.

Dit is ‘n mondvol, maar ons is

uitgedaag en uitgenooi om binne

God se wedstrydplan te speel en

BYBELREIS-HOE WERK GOD SE WIL?

Bladsy 21 V O L U M E 2 , U I T G A W E 1

Stephan Joubert

U Woord is die lamp vir my voet en die Lig op my pad

Volgende kwartaal gaan ons

weer ‘n nuwe tema hanteer,

naamlik: Gebed.

Werk gebed nog vandag? Hoe

behoort ek te bid? Luister God

nog?

Ons Bybelreis begin weer

Woensdag 11 Mei om 19:00.

Ons nooi jou hartlik om te kom

saamreis en meer en meer van

Christus te ontdek sodat ons

Hom kan uitleef.

Henk Janse van Renburg

Bladsy 22 F A M I L I E N U U S

Ons is tans binne die Lydenstyd van ons kerklike jaar wat die Paasgebeure voorafgaan. In die tyd voor die Paasgebeure dink ons bewustelik aan Jesus se lyding en sterwe vir ons. Om ons as gelowiges daarvan bewus te maak, kies baie Christene om in hierdie tyd hulle van iets waarvoor hulle lief is te weerhou, soos byvoorbeeld sjokolade, koffie of roomys. Wanneer jy dan lus word vir dit, herinner dit jou aan wat Jesus moes deurmaak vir ons. As jy dalk in hierdie tyd van iets wil afstand doen, kan jy juis die tyd gebruik om op Jesus te fokus en te weet dat Sy lyding ons in staat stel om met die lewe aan te gaan. Die Lydenstyd bestaan uit 7 weke wat die Paasfees voorafgaan. In ons gemeente gaan ons hierdie jaar weer

fokus op Jesus se lyding en wat dit vir ons beteken tydens die Paasnaweek. Die week voor Paasfees staan bekend as "Heilige week" waarin elke dag 'n besondere betekenis het.

So is daar "wit/heilige Donderdag" wat die laaste maaltyd van Jesus met die dissipels herdenk. Goeie Vrydag is die herdenking van die kruisiging en sterwe van

Christus en dan is daar natuurlik die grote, Paassondag, wat die opstanding van Christus uit die dood herdenk. Dit is ons eintlike "groot" feesdag van die kerklike jaar. In ons geloofsfamilie gaan ons dieselfde ritme volg en Donderdagaand 21 April saam Nagmaal gebruik. Op Goeie Vrydag (22 April) gaan ons met ‘n oggenderediens saam die kruisiging van Jesus herdenk en op Paassondag (24 April) gaan ons feestelik Jesus se opstanding vier. Die tema van die Paasnaweek is: “As God stil raak...”. Ons nooi graag elkeen om deel van hierdie besondere tyd in ons geloofsfamilie te wees.

PAASTYD ... GEESTELIKE HOOGTEPUNT!

MAAK KENNIS MET ONS OUDSTE LIDMAAT!

Ek sit by haar en dink by myself: hoe bevoorreg is ek om hierdie vrou te ken! Die silwer hare begin weer uitkom na die chemo, maar die dankbare mens loop oor van vreugde. Tannie Jo-ey Kotzé. Op 13 April vanjaar word sy 91! Sy en haar dogter, Marietta bly in Melvillelaan 16. Sy is gebore in Carolina en het haar skoolloopbaan ook daar voltooi, waarna sy haar ouers ge-help het om hul winkel te bestuur. En toe gebeur dit: een dag in die Royal Hotel op Pelgrimsrust loop sy hom raak – Merwe Kotze! In 1939 is hulle getroud en het hulle die hele land vol gereis en gewoon, van die Kaap tot in Transvaal. Oom Merwe het

vele beroepe beoefen en tannie Joey was getrou aan sy sy. Die Here het vir hulle twee kinders gegee: Marietta, en Johan wat in

2004 oorlede is. Oom Merwe het die laaste jare van sy beroepslewe by die Staatsgarage gewerk waar hy lat-er as motorbestuurder vir dr Con-nie Mulder en oudminister Daan de Wet-Nel opgetree het. Dit het meegebring dat hulle tydens par-

lementsittings in Kaapstad moes wees. In 1984 kom vestig die Kotzé’s hulle hier in Pierre van Ryneveld waar oom Merwe in 1996 oorlede is. In 2010 is tannie Joey met kanker gediag-noseer en het ‘n hele reeks chemo-

KONTAK

Bedieningspan:

Jan Venter - 662 3700 / 082 333 6552 > [email protected] Henk van Rensburg - 662 5619 / 082 336 7555 > [email protected] Sampie Niemand - 662 1636/ 082 698 1995 > [email protected] Karel Verhoef - 083 297 1242 > [email protected] Stephan Joubert - [email protected] Ryno Meyer (Gemeentejaar) - 082 460 2103 > [email protected] Buti Mahlangu - 082 624 2689 > [email protected] Hanlie Boshoff - 082 331 2408 > [email protected]) Elmarie van Wyk - 072 238 0549 > [email protected] Izette Malan (Kinderwerker) - 082 823 7524 > [email protected]

Henk en Lizelle Faber (YA’s) - 082 375 2033 > [email protected]

NAVRAE EN INLIGTING 012-6621708 — 012-6620104 (faks) — [email protected]

www.pvr .co.za

Ondersteuningsdienste:

Peet Kilian (Bedryfshoof) - 082 469 4708 > [email protected] Riana Janse v Rensburg: 012-6621708 > [email protected] Amanda Smit (Bediening): - 082 975 7465 > [email protected] Ansie Vivier (Finansies): 012-6621708 > [email protected] Lizette Klinkhamer (Jeug Admin): 0780779394 > [email protected] Alta Potgieter (Koster): 0828181622 Theuns Janse van Rensburg (Klank): 082 555 2923 Piet van Rensburg (Faktotum): 0833201901 Anna Venter: 082 410 4284 (Sentrum vir Lewenskuns) Brinant sekuriteit: 082 547 6754 / 664 5658

TYE

09:00 - Erediens

13:00 - Erediens (Afrikatale)

18:30 - Vars!

Sondae: Skoolkwartale

08:00 - Erediens (Ouditorium)

08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3)

09:00 - Groepe (Gr.4 - Gr.7)

10:00 - Erediens (Ouditorium)

10:00 - Kinderdiens (3j - Gr.3)

13:00 - Erediens (Afrikatale)

17:00 - Groepe (Gr.8 - Gr.11)

18:30 - Vars!

Sondae: Skoolvakansies

Kerkkantoor:

Ma: 11:00—16:00 Di - Do: 08:00—16:00 Vr: 08:00 - 13:00

B A N K B E S O N D E R H E D E

NGK Pierre van Ryneveld

ABSA Lyttelton

Rek no.: 600 591 355

Takkode: 335 045

Stuur betalingsbewys na:

(012) 662 0104

[email protected]

behandelings gevolg. Hierdie behandelings is pas voltooi en word nou opge-volg met bestralings. Ge-durende Julie 2010 was hulle boonop die slagoffers van ‘n huisinbraak. Ten spyte van dit alles sê tan-nie Joey sy kan nie kla nie – deur alles heen was haar Here getrou en dra Hy haar tot vandag toe nog. Haar belangstellings deur die jare? Lees, naaldwerk, rondry (vandag steeds!), en ver-fwerk op lap. En oor die oud-erdom sê sy tong in die kies: om so oud te word, moet jy stout wees tot so om en by 50, en daarna moet jy jou baie soet gedra! Haar boodskap aan ons? Leef vir die Here, jy kan niks sonder Jesus doen nie. Toe ek opstaan om te loop, sê sy: kry ek nie ‘n drukkie nie? Toe ek wil omdraai sê sy: gee my nog een! En ek kon nie help om haar nog een te gee nie. Dis tannie Joey. Ons moeder

en voorbeeld. En ons salueer

vir tannie. Mag die Here tan-

nie ryklik seën!

OUDSTE VERVOLG