12
1 3 ROOIKERK-EREDIENSTE Tema: Diens Vandag : 2de Sondag in Lydenstyd 09:00 Marius Teks: Lukas 14:15024 Tema: Jesus, ʼn Dienskneg? Deurkollekte: Bedieningsfonds. 09:00 Baba-, Peuter- en Kinderkerk 10:15 Juniorjeug-Omgeegroep 16:45 Seniorjeug-Omgeegroep 18:00 Carel en Gawie Pistorius – boekbekendstelling (sien bl .7-9) Teks: Filippense 2:6-7 Tema: Christus as dienskneg - keuse tot knegskap. Vanaand word die Teologiese Studente, wat aan die gemeente gekoppel is, bekend gestel aan die gemeente. Daar word vir hulle gebid en hulle word uitgestuur. Sondag 19 Maart 2017 09:00 Carel 18:00 Chris Wheeler Die Kandelaar – 12 Maart 2017 NG Gem Universitas-Wes Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119 Kantoorure: Maandag, Dinsdag, Donderdag en Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00 Sondae: Net ná die erediens tot 10.30 of tot die laaste persoon gehelp is Bankbesonderhede: NG Gemeente Universitas-Wes, Absa Bank, Reknr: 470580909, Bankkode: 334134 E-pos: [email protected]. WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes NUWE LIDMATE BAIE WELKOM! Besoekers en nuwe lidmate, kom ontmoet die Nuwelidmatespan ná die erediens by die Inligtingsentrum. Gerhard Herman Coetzee, het oorgekom vanaf NG Gem Bredasdorp. JY WORD HARTLIK UITGENOOI om Donderdagaande om18:00 saam te kom kuier in die Rooikerk se Koffiekroeg! Dit is die Jongvolwassenes- selgroep! Bring net jou Bybel en jouself! Ons hoop om jou daar te sien!! Kontak ons as jy enige vrae het! Blessings vir jou week! Estee en Thania 0810623438

NG Gem Universitas-Wes - Rooikerk Bloemfonteinrooikerk.co.za/wp-content/uploads/2017/03/Kandelaar-12... · 2017-03-12 · Jana Jacobs 0832278065 James Lubbe Huis nr 2, Anna-Marie

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

1

3

ROOIKERK-EREDIENSTE Tema: Diens

Vandag: 2de Sondag in Lydenstyd

09:00 Marius

Teks: Lukas 14:15024

Tema: Jesus, ʼn Dienskneg?

Deurkollekte: Bedieningsfonds.

09:00 Baba-, Peuter- en Kinderkerk

10:15 Juniorjeug-Omgeegroep

16:45 Seniorjeug-Omgeegroep

18:00 Carel en Gawie Pistorius – boekbekendstelling (sien bl .7-9)

Teks: Filippense 2:6-7

Tema: Christus as dienskneg - keuse tot knegskap.

Vanaand word die Teologiese Studente,

wat aan die gemeente gekoppel is,

bekend gestel aan die gemeente.

Daar word vir hulle gebid en hulle

word uitgestuur.

Sondag 19 Maart 2017

09:00 Carel

18:00 Chris Wheeler

Die

Kan

del

aar

– 1

2 M

aart

20

17

NG Gem Universitas-Wes

Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119

Kantoorure: Maandag, Dinsdag, Donderdag en Vrydag: 08:00 tot 13:00

Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00

Sondae: Net ná die erediens tot 10.30 of tot die laaste persoon gehelp is

Bankbesonderhede: NG Gemeente Universitas-Wes,

Absa Bank, Reknr: 470580909, Bankkode: 334134

E-pos: [email protected].

WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes

NUWE LIDMATE BAIE WELKOM!

Besoekers en nuwe lidmate, kom ontmoet die

Nuwelidmatespan ná die erediens by die

Inligtingsentrum. Gerhard Herman Coetzee, het

oorgekom vanaf NG Gem Bredasdorp.

JY WORD HARTLIK UITGENOOI

om Donderdagaande om18:00 saam te kom kuier in die Rooikerk se Koffiekroeg!

Dit is die Jongvolwassenes-selgroep! Bring net jou Bybel en jouself! Ons hoop om jou

daar te sien!! Kontak ons as jy enige vrae het!

Blessings vir jou week! Estee en Thania 0810623438

2

SIEKES

Kom ons bid vir ons siek mense in die gemeente, vir dié op die lys asook vir die wat nie hier gelys is nie.

Lienke Schmidt is in Medi-Clinic

Heila Nicolaisen is in Medi-Clinic

Bettie Bothma is in Bloemcare

Martelize van Niekerk is in Medi-Clinic,

Alet Hanekom is tuis baie ernstig siek.

Ria Nel se kanker het nie versprei nie. Baie dankie vir die Here.

Leroi Brewis gaan weer hierdie week na Medi-Clinic.

Sybrand van Niekerk het ʼn operasie aan sy hand gehad.

Naas en Lettie Bezuidenhout se kleinseun: Ignus, wat in duikongeluk was, vra steeds ons voorbidding.

Verjaardae

ʼn Spesiale gelukwensing aan Human Naudé 0825638097 wat op 15 Maart

sy 85ste mylpaal behaal.

Ons wens die volgende persone ook baie geluk met hul verjaardae:

13 Mrt Elma Barker 0837329979 Johannes Claassen0828299622 Lize Ferreira 0824769509 Jana Jacobs 0832278065 James Lubbe Huis nr 2, Anna-Marie Venter 0822024297 14 Mrt SJ Ferreira Brebner Jacob Steenekamp 0820774348 Alida vd Lingen Jean Paul v Schalkwyk Margret Van Zyl 0723002324 15 Riët Leipoldt 0832847114 Jandré v Schalkwyk 16 Pieter Beukes 0828215808 Ansie Enslin, Arcadia 79,

Versterstr Paula Joubert 0828253740 17 Mrt Johan de Vries 0823450016

24-25 Maart

Huweliksverrykingseminaar

Kontak Carel vir meer inligting.

Die Meyburgh-tweeling (van Carpe Diem) is genooi om 'n rugbytoer die skoolvakansie by te woon.

Elke kind moet R1600.00 insamel om te kan saamgaan.

Indien iemand kan help met ʼn donasie, kontak Elretha

0849651404

Die spesiale insameling gaan Januarie en Februarie vir die Ondersteuningsdiensgroep.

Gebruik die ekstra koevertjie by die deur, benewens jou normale dankoffer.

Diensgroep vir Finansies

3

Rooikerk-Dagboek Maart 16 Maart JV-groep om 18:00 in die Koffiekroeg.

17-19 Maart Huishulpekamp

24-25 Maart Huweliksverrykingseminaar. Kontak Carel vir meer inligting.

26 Maart Leiersbevestiging

31 Maart Skole sluit

Rooikerk-Dagboek April 9 April Palmsondag

9-15 April GROOT LYDENSWEEK (SONDAG TOT VRYDAG – OM 18:00 - Lydenstyd meditasiediens. Saterdag is dit Stil Saterdag.

16 April PAASFEES

Onthou dat alle Luisterspan-vergaderings skuif na die Woensdag van elke week soos aangedui op Kalender. Die vergaderings begin om 18:00.

Moontlike werk ʼn Boer op Orania benodig ses jong manne om olywe te oes op sy

plaas. Hy sal die manne in Bloemfontein kom oplaai en na Orania

neem. Twee etes per dag en verblyf sal verskaf word. Dagloon in

die omgewing van R200 tot R250 per dag. Begin 10 April vir om en

by ses weke. Persone sal vir hierdie tyd op die plaas bly. Indien

suksesvol is daar moontlike kontrakwerk vir die pekanneutseisoen

wat in Junie begin tot Augustus. Belangstellendes mag Geen

Kriminele rekord hê nie, 'n SAPS91A-polisieklaring moet ingedien

word as bewys tesame met 'n gewaarmerkte ID-dokumentafskrif.

Belangstellendes word gevra om dringend kontakbesonderhede te

epos na [email protected].

ʼn Nuwe omgeegroep kom tot stand in die Noordelike deel van die stad. Kontak vir Ronel van der Walt 0828208408 indien jy wou deel word.

4

Lidmaatondersteuning

Daar word dringend na die volgende items gesoek. As jy dalk kan help, bring

dit asb. na die Kerkkantoor. Vir verdere inligting, skakel Linda gerus by: 084

628 4042

Nr. 11-mansskoene

ʼn Motorstoeltjie ʼn Strykyster

ʼn Fiets vir ʼn volwasse man.

Alles kan ingegee word by die Kerkkantoor gedurende kantoorure.

Ons is opsoek na enige oorskietwol, verkieslik nie baie dik nie asook

hekelgaring vir ʼn persoon wat haar inkomste wil aanvul. Dit kan by die Kerkkantoor afgegee word.

Daar is ʼn persoon wat kan sweis- en enige ander

handewerk doen wat werk soek vir ʼn ekstra inkomste. Kontak Carel

indien jy kan help

Hulp word benodig om een maal per week die kennisgewingbord op die hoek van Van Schalkwyk- en De Bruynstraat op te dateer.

Kontak Bettie 0727400533 indien jy kan help

Taakspan Die Leiersraad van die gemeente het dit goedgekeur om ñ taakspan te vra om vir ñ paar maande vir ons Striatagemeente ñ gewillige oor te wees. Ons wil graag as broers en susters oor en weer verhoudings bou - en ñ taakspan moet ons help om dié deur oop te maak. Ons vra lidmate wat nie regstreekse bande met Striata het nie, om na vore te kom om nuut te luister en nuut te dink oor hoe ons mekaar kan omhels en vir mekaar kan omgee. Meld assblief by Riana aan. Sy sal die pad verder wys.

Roelf Lindeque

Lees hier – moontlik kan jy help!

5

NG KERK UNIVERSITAS-WES/ROOIKERK

benodig die dienste van ʼn Kassiere/Boekhouer wat so gou as moontlik diens kan aanvaar.

Dit is ʼn halfdag pos met die volgende werksure: Maandae tot Vrydae 8:00 tot 13:00 en u is elke tweede Sondag direk na die erediens, aan diens.

Kandidate wat belangstel moet ʼn goeie kennis en vaardigheid hê om die boeke van die gemeente te doen tot en met finale proefbalans vlak asook goeie kennis van die opstel en bestuur van begrotings.

Potensiële kandidate moet baie goeie ondervinding hê met die volgende rekenaarprogramme: Pastel; Microsoft Excel en Word.

Ondervinding op Winkerk sal u aansoek versterk.

Voornemende kandidaat moet oor die volgende eienskappe beskik: Sterk verhoudingsvaardighede; Bestuurvaardighede; Georganiseerd; Betroubaar en moet onafhanklik kan funksioneer.

Die salarispakket is baie mededingend en sal met elke kandidaat onderhandel word nagelang van bevoegdheid en ondervinding.

Faks CV’s na 051-5222547 of e-pos na [email protected] voor of op Vrydag 17 Maart 2017 om 12:00.

Aansoekers wat die kortlys haal sal vir onderhoude gekontak word.

Die Leiersraad behou hulle die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie.

6

Nuus uit die Rooikerkhuis.

‘n Paar gedagtes van die inwoners na die gemeentekamp:

Wat ʼn groot voorreg om so naby die natuur wat God geskape het, te kan ontspan. ʼn Groot dankie aan die positiewe inspirerende mense wat saam met ons die naweek geniet het.

Dit was heerlik om die volgende oggend op te staan na ʼn heerlike nagrus. Dit was ʼn heerlike vars oggend en pragtig mooi. Die samesyn was fantasties. Dankie Liewe Heer vir die fantastiese naweek van kamp.

Ek het die gemeentekamp vreeslik geniet. Alles was baie goed georganiseerd. Die Sondag boodskap was baie wonderlik veral in konteks met die Saterdag besoek aan die soutpanne.

Finansies van die Rooikerkhuis

Al die inwoners wat tans in die Rooikerkhuis woon, dra finansieel by tot die huis. Ons vaste inkomste is ongeveer R11 300. Dit betaal ongeveer die huis huur en die water rekening. Ander uitgawes, soos kos en elektrisiteit, moet deur fondsinsamelingsprojekte wat deur die inwoners aangepak word, gedek word. Wat vra ons van u as gemeentelid? Ondersteun asseblief die projekte.

Die reaksie van omgeegroepe om te help met kos was min. Ons verstaan dat sommige groepe reeds betrokke is by ander sake of bloot net nie kan help weens eie omstandighede. Wat vra ons van u as gemeentelid? As u by ʼn omgeegroep is en nie van die projek weet maak asseblief kontak dat ons die projek aan u kan verduidelik. As u nie by ʼn groep ingeskakel is nie, is daar baie ander maniere hoe u ook kan betrokke wees.

Baie dankie aan elkeen wat konfyt, quiche of gevriesde groente koop. Dankie vir almal wat vir ons herwinningsmaterial bring, veral witpapier.

Hou asseblief die Rooikerkhuis en sy inwoners in u gebede.

Rooikerhuisgroete!

Gerty 0836098007

7

‘LAAT DAAR LIG WEES’ (Cordis Trust Publikasies) Prof GJ Pistorius, Bloemfontein

INLEIDING:

Gawie Pistorius is ‘n emeritus-professor in Huisartskunde. Hy het vir bykans 20 jaar algemene huisartspraktyk bedryf, en was vanaf 1978 tot 2000 Stigtershoof van die Departement Huisartskunde aan die Fakulteit van Geneeskunde, Universiteit van die Vrystaat.

Laat daar lig wees is ‘n praktiese gids tot geloofsekerheid gebaseer op die Apos-toliese Geloofsbelydenis. Dit werp lig op talle geloofsvrae van ons postmoderne sekulêre tyd. Vars praktiese en oorspronklike perspektiewe op ewige waarhede word met ‘n gemaklike, kontemporêre skryfstyl aan die leser gebied.

Van die onderwerpe wat behandel word sluit in: Waarom moet ek in God glo? Hoe kan ek in God glo as Hy nie sigbaar of tasbaar is nie? Wat is God se curriculum vitae? Die Oneindigheidsdimensie van God Is God die Skepper van die heelal? Het Hy die heelal uit ‘niks’ geskep? Was die duur van die skepping ses dae of 14 biljoen jaar?

8

Aanbevelings deur relevante persone: Maretha Maartens, bekende skryfster: ‘Laat daar lig wees’ is ʼn tydige, diepsinnige en uitsonderlike boek deur ʼn Christen-wetenskaplike en –medikus, ʼn navorser wat die moeilike vrae rondom geloof en wetenskap op ʼn unieke wyse hanteer. Hier is ʼn wetenskaplike met:

ʼn diep en standhoudende respek vir die Belydenisskrifte van die Kerk. Hy skryf: ‘Die Apostoliese Geloofsbelydenis, as een van die Ekumeniese Belydenisskrifte van ons kerk, bevat vir my die kern van wat ek glo en bely. Soms dink ek daaraan dat as ek eendag voor ʼn vuurpeleton moet staan en vir my gevra word waarin ek glo en wat ek bely, ek hierdie geloofsbelydenis sal opsê;’

ʼn passie vir die wetenskap en nuwe wetenskaplike bevindinge en navorsing. Die gevolgtrekkings waarin hy in ‘Laat daar lig wees’ kom, is gegrond op die bevindinge en navorsing van internasionaal gerekende akademici en wetenskaplikes;

ʼn persoonlike en deurleefde verhouding met God. ‘Laat daar lig wees’ is die soort boek waaroor ek met entoesiasme met volwasse kleinkinders sal gesels wat hulle lewe in die geestelike klimaat van ons tyd moet leef. Dit is die soort boek wat ek by vriende sal aanbeveel; ʼn boek waarvan die hoofstukke tydens selgroep- of fellowship-byeenkomste gelees en bespreek kan word. Dit is ʼn boek wat so vol van die lig van die Skrif, maar ook so vol van nuwe lig op moeilike vrae is, dat dit ook lig in die denke en hart van die leser laat skyn. Prof Hermie van Zyl, emeritus dekaan, Fakulteit Teologie, Universiteit van die Vrystaat: ... Hy is ook 'n deurwinterde Christengelowige wat erns maak daarmee om sy geloof in praktiese terme te verstaan, daaroor te dink en daaroor te skryf. Dis daarom nie vreemd nie dat hy 'n gereelde briefskrywer in Volksblad is. Hy was ook oor die jare 'n gewilde spreker by talle byeenkomste oor mediese en geloofsaangeleenthede. Hy is dus goed bekend by 'n groot aantal mense wat hom in dié tyd leer ken het. Verder, sy oudstudente is oor die land heen versprei waar hulle as dokters praktiseer. Die manuskrip het oor jare gegroei en is die resultaat van sy denke oor 'n verskeidenheid van geloofsonderwerpe. Sy basiese aanpak is om in die eerste deel sy verstaan van die Twaalf Artikels (Apostoliese Geloofsbelydenis) weer te gee. Elkeen van die Twaalf Artikels word dus bespreek. Dan gaan hy voort in 'n tweede deel om die praktiese verstaan hiervan te bespreek in onderwerpe soos: die sin van die lewe, gebed, lig en duisternis, en wat dit beteken om in die lig te lewe. Daar straal 'n kinderlike geloof uit die hele manuskrip wat aansteeklik is. En, gegewe sy agtergrond as medikus, probeer hy ook op 'n vars en kreatiewe manier geloof en wetenskap by mekaar uitbring sodat dit vir mense vandag sin maak en hulle kan verstaan dat geloof en wetenskap mekaar nie uitsluit nie maar aanvul. Net om een saak te noem: hy probeer deurgaans aantoon dat God vanuit sy oneindigheidsdimensie handel terwyl die mens in 'n eindigheidsdimensie leef. As ons as gelowiges hierdie "teenoorstaande" perspektiewe in gedagte hou, kan dit baie help om onverstaanbare aspekte van ons lewe saam met God te begryp. Hy het verder 'n gemaklike skryfstyl. Hy skryf sonder omhaal van woorde, op die punt af, in goeie en goed verstaanbare Afrikaans. Die manuskrip lees daarom glad en maklik. In die loop van die manuskrip is daar ook verwysings na 'n verskeidenheid van relevante bronne. Hieruit blyk duidelik dat die outeur wyd belese en op die hoogte is van 'n verskeidenheid van standpunte. Ek is van mening dat die manuskrip vir die Christenman en -vrou op straat van groot waarde kan wees om dit wat hulle elke Sondag in die erediens bely, te verstaan en te verneem wat dit in die praktyk behels.

9

Ander kommentaar van lesers:

Die tema van die gefundeerde waarheid van ons geloof soos uiteengesit in die Apostoliese

Geloofsbelydenis maak van hierdie werk ʼn ondubbelsinnige getuienis oor geloof te midde van

baie onsekerhede waarmee die mens van vandag gekonfronteer word. Dit word interessant,

aktueel en relevant aangebied en is in gemaklike leestaal geskryf.

My geloofslewe is geweldig versterk deur die lees van die boek.

Ek gaan vir my drie kinders elkeen ʼn eksemplaar laat kry.

Hierdie is die eerste boek oor geloofsekerheid wat ek lees wat die hele geloofspektrum dek.

Die skryfstyl maak dat die boek baie maklik lees.

Hierdie boek is ’n MOET vir elke mens – gelowig, sowel as nie-gelowig.

Ek het nou vrede in my hart oor al die geloofsaspekte waaroor ek voorheen getwyfel het.

Ek wil net dankie sê vir die pitkos wat jou boek aan my gegee het. Dit was op die regte tyd en

plek in my lewe. Ek begin weer ligter loop in die lewe. ‘Laat daar lig wees’ het my siel op die

mees nodige tyd bereik. Ek sê nederig baie dankie vir alles.

Hierdie boek het my geloof ʼn werklikheid gemaak.

Ons Omgeegroep behandel nou die onderwerpe in die boek

Hierdie boek sal die ideale geskenk vir katkisante wees (leraar)

Stuur asb 5 boeke. Ons gebruik dit vir kategese dié kwartaal. So opgewonde!

As daar een boek is wat ʼn mens se lewe kan verander is dit ‘Laat daar lig wees’

10

11

Medelye

Annaleen Graham van H 73 se suster (van Henneman) is skielik oorlede. Ons dink aan Annaleen en haar groter gesin.

Ons eredienste Sondag 12 Maart: Roelf Lindeque

Sondag 19 Maart: Ds Kobie Oosthuizen

Sondag 26 Maart: Roelf Lindeque

Ons verjaarsdae

Sondag 12 Maart Maria Harmse EW 2

Dinsdag 14 Maart Carel Erasmus H 79

Dinsdag 14 Maart Corrie Grobbelaar H 154

Saterdag 18 Maart Gerda van Zyl H 156

Saalbybelstudie

Dinsdag 14 Maart om 10:00. Tema: Om God te volg nadat ons misluk het (Fokus op Eva van Genesis 2. Welkom! Dit is tog ons almal se verhaal.

Ons volgende wyksbyeenkoms is Don-

derdagmiddag om 15:00 by Hannetjie Piek van DW 3.

12

Ons voorbidding

Frans [VE] en Ria Laubscher [H144] . Frans was weer baie siek. Ons bid dat die Here hom en Ria sal dra.

Piet van der Vyver van AV 3 vorder goed met die kankerbehandeling.

Gladys Strydom van H 19 is tans in die VE.

Helna Groenewald van NW 4 het baie pyn en haar mobiliteit verswak.

Tina de Jager H 118 is in Pasteur vir rehabilitasie. Ons bid vir haar en Giel.

Amanda Gouws van NW 18 is tuis en baie siek.

Triena Joubert van H 47 het haar bekkenbeen gebreek, en is nog by haar dogter.

My naam is Striata

Ons Striata-huisbesoekrooster vir 2017 is gefinaliseer en reeds in werking. Dankie vir wyke 1 en 2 waar ons goed afgeskop het. Ons wyksbyeenkomste is ʼn wonderlike vorm van huisbesoek ten spyte van die nadeel dat sitkamerspasie so beperk is. Roelf Lindeque, ons leraar, se tema fokus hierdie jaar op Kolossense 2: 1-3, waar ons lees dat bemoediging en ontdekking van hemelse skatte wat in Jesus Christus verborge is, binne die gemeenskap van gelowiges ʼn kosbare werklikheid word. Wyksbyeenkomste waar onderlinge liefde in aksie ʼn werklikheid van die Heilige Gees is, is as ʼn vorm van huisbesoek vir die leraar ʼn gulde geleentheid om deel van die dinamiek van liefde te wees. Striata se gemeentesamestelling is van so ʼn aard dat dit wat amper op ʼn weeklikse basis in ander gemeentes deur omgeegroepe gedoen kan word, hier eenmaal jaarliks kan realiseer. Ons prys die Here egter vir hierdie geleenthede en is dankbaar teenoor ons groter gemeente wat hierdie bediening vir ons gee. Ons wil dan ook lidmate van die Rooikerk uitnooi om nader te kom kennis maak met ons. Hieroor berig ons later verder. Ons groet julle met die groet van die Nuwe Testament: Genade vir julle en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus!