9
1 4 September 2015 1. GEPUBLISEERDE AGENDA VAN DIE ALGEMENE SINODE 2015: Die 16de vergadering van die Algemene Sinode van die NG Kerk, vind vanaf 4 – 9 Oktober 2015 in Pretoria plaas. Die Agenda vir hierdie vergadering is vir publikasie op die webblad van die Algemene Sinode geplaas – klik hier om dit te lees, of af te laai. Almal se voorbidding vir hierdie belangrike vergadering van die NG Kerk word versoek. 2. GEMEENTES BIED AAN: NG GEMEENTE PELLISSIER PADWEDLOOP EN PRETDRAF: Die Kosmandjie ondersteuningsgroep bied hierdie geleentheid aan op Woensdag 23 September 2015 by die kerkterrein in Pellissier. Inskrywings kan reeds vanaf 14:00 by die kerk gedoen word – die pretdraf begin om 17:15 (1 km of 5 km) en die padwedloop van 10 km begin om 18:00. Koste: 1 km = R10 / 5 km = R20 / 10 km = R40 / tydelike wedlooplisensies = R25. Prysgeld, medaljes, gelukstrekkings, asook energiedrankies en verversings gaan beskikbaar wees – terme en voorwaardes geld. Rig enige navrae aan Giep van Zyl @ 082 381 8120. NG GEMEENTE FICHARDTKRUIN: Jaar 13 - Uitgawe 27 Kontak ons: [email protected] www.ngkerkvrystaat.co.za

Jaar 13 - Uitgawe 27 Kontak ons: 4 September 2015 UITGAWE 27-2015.pdfDs Jan Lubbe - BERG EN DAL - 051 436 2261, 082 784 9362, [email protected] 7 September: Dr Marius Terblanché

  • Upload
    others

  • View
    5

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Jaar 13 - Uitgawe 27 Kontak ons: 4 September 2015 UITGAWE 27-2015.pdfDs Jan Lubbe - BERG EN DAL - 051 436 2261, 082 784 9362, janlageland@yahoo.com 7 September: Dr Marius Terblanché

1

4 September 2015

1. GEPUBLISEERDE AGENDA VAN DIE ALGEMENE SINODE 2015: Die 16de vergadering van die

Algemene Sinode van die NG Kerk, vind vanaf 4 – 9 Oktober 2015 in Pretoria plaas. Die Agenda vir hierdie vergadering is vir publikasie op die webblad van die Algemene Sinode geplaas – klik hier om dit te lees, of af te laai. Almal se voorbidding vir hierdie belangrike vergadering van die NG Kerk word versoek.

2. GEMEENTES BIED AAN:

NG GEMEENTE PELLISSIER – PADWEDLOOP EN PRETDRAF: Die Kosmandjie

ondersteuningsgroep bied hierdie geleentheid aan op Woensdag 23 September 2015 by die kerkterrein in Pellissier. Inskrywings kan reeds vanaf 14:00 by die kerk gedoen word – die pretdraf begin om 17:15 (1 km of 5 km) en die padwedloop van 10 km begin om 18:00. Koste: 1 km = R10 / 5 km = R20 / 10 km = R40 / tydelike wedlooplisensies = R25. Prysgeld, medaljes, gelukstrekkings, asook energiedrankies en verversings gaan beskikbaar wees – terme en voorwaardes geld. Rig enige navrae aan Giep van Zyl @ 082 381 8120.

NG GEMEENTE FICHARDTKRUIN:

Jaar 13 - Uitgawe 27 Kontak ons:

[email protected]

www.ngkerkvrystaat.co.za

Page 2: Jaar 13 - Uitgawe 27 Kontak ons: 4 September 2015 UITGAWE 27-2015.pdfDs Jan Lubbe - BERG EN DAL - 051 436 2261, 082 784 9362, janlageland@yahoo.com 7 September: Dr Marius Terblanché

2

Kyk ook by Herhalings, pt 8 vir gebeure wat by ander gemeentes plaasvind en reeds hier verskyn het: NG Hugenoot se Seniorbediening: Lentetee met Du Preez Stoltz op 12/9 NG Brandfort: Vleis Gholfdag op 12/9 NG Andrew Murray: Kunsuitstalling vanaf 14-18 Sep te Langenhovenpark NG Senekal-Noord: Juanita du Plessis op 18/9 NG Oranjeville: Lentefees op 26/9

3. Ondersteun gerus hierdie musikale geleentheid:

4. LEANDIE & LIDMAATBEMAGTIGING DVD’s: Vir Leandie du Randt het ons gevra: Christene is gedurig in

die kollig. As ’n televisiester is jy nog meer in die kollig as ander Christene. Hoe het God jou gehelp om gemaklik in jou eie lyf te wees en te doen waarvoor jy geroep is? Wat is jou boodskap vir ander Christene wat skaam is om hulle gawes en passies te beoefen vir Jesus?

Bestel betyds die DVD’s en materiaal van Nataniël, dr Brand Pretorius, dr Kobus Neethling en Leandie du Randt vir TOERUSTINGNAWEEK met hoë IMPAK, 11 - 13 September, by http://dissipelvorming.bybelmedia.org.za, of skakel 0860 26 33 42 - SLEGS R150!

Vir meer navrae kontak dr Jannie le Roux @ [email protected], of 072 127 5043.

5. PUBLIKASIES:

a) NUWE ENERGIE VIR KATEGESE EN KINDERKERK – PLUS ‘N BONUS: Vanjaar bied FXit ‘n

bonus - die visuele hulpmiddels van die drie Kleuterboeke (Kleuters, Adam tot Moses en Josua tot Jona), is elektronies beskikbaar. Dit is gratis vir elkeen wat dit by www.fxit.co.za bestel. Vanjaar word dit in twee afdelings (laerskool en hoërskool) afsonderlik gedoen omdat dit blyk dat albei saam, verwarrend kan wees. Kontak [email protected] om dit aan te vra.

b) STILTETYD HANDLEIDINGS EN KLEINGROEP DVD’S:

Page 3: Jaar 13 - Uitgawe 27 Kontak ons: 4 September 2015 UITGAWE 27-2015.pdfDs Jan Lubbe - BERG EN DAL - 051 436 2261, 082 784 9362, janlageland@yahoo.com 7 September: Dr Marius Terblanché

3

6. MET LEEDWESE: Ds JJH (Jurie) Swart, vanaf 1981 leraar van die NG Gemeente

Hospitaalpark in Bloemfontein, is op Maandag 31 Augustus 2015, na ‘n lang stryd teen kanker in die Pretoria-Oos hospitaal oorlede. Die roudiens van ds Jurie vind plaas op Vrydag 4 September 2015 om 12:00, vanuit die NG Hospitaalpark te Mayostraat 53.

Namens alle lesers van Vrypos, bid ons vir sy vrou en kinders, ander familielede, vriende, lidmate van sy gemeente, sy kollegas in die bediening, die wonderlike vertroosting van die Here toe in hierdie hartseertyd.

7. VAKATURES:

TENTMAKERSPOS VIR EMERITUS: Die NG Gemeente Vanwyksvlei (Sinode Noord-Kaap), adverteer hierdie

pos. Klik hier vir meer inligting – sluitingsdatum vir aansoeke is Donderdag 15 Oktober 2015, met diensaanvaarding 1 Desember 2015.

VOLTYDSE LERAAR: Die NG Gemeente Soutpansberg (Noordelike Sinode) beskik tans oor dié vakante pos. Vir

meer inligting, klik hier – sluitingsdatum vir aansoeke is Woensdag 30 September 2015, met diensaanvaarding op 1 Januarie 2016.

Kyk ook by Herhalings, pt 8 vir ander vakante poste.

Vir die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante deur Kerkbode, gaan na www.kerkbode.co.za – klik dan op Meer - Vakatures.

8. NB! HERHALINGS VAN BERIGTE: Kennisgewings en inligting wat in ‘n vorige uitgawe van Vrypos verskyn

het, word hier vir jou gerief herhaal.

9. VERJAARSDAE: Baie geluk aan die leraars wat gedurende die komende week, hul verjaarsdae vier

– mag die nuwe lewensjaar vol vreugde, genade en liefde wees:

4 September: Ds Jan Lubbe - BERG EN DAL - 051 436 2261, 082 784 9362, [email protected]

7 September: Dr Marius Terblanché - ONZE RUST - 051 522 7711, 073 426 2317, [email protected] Ds Cornis Botha – VENTERSBURG - 078 973 3307, [email protected]

Page 4: Jaar 13 - Uitgawe 27 Kontak ons: 4 September 2015 UITGAWE 27-2015.pdfDs Jan Lubbe - BERG EN DAL - 051 436 2261, 082 784 9362, janlageland@yahoo.com 7 September: Dr Marius Terblanché

4

10. TEN SLOTTE: Ons versugting...

Groetnis tot volgende week.

THEA BOSMAN Samesteller/Redaksioneel: [email protected] Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat Tel: 051 406 6719 Faks: 086 502 0821

INDIEN U OP WIL , KLIK hier (meld asseblief ook u gemeente/dorp) VRYPOS INTEKEN

AS U WIL , KLIK hier (dit sal ‘n fout wees!) VRYPOS KANSELLEERGee gerus vir ons terugvoer oor Vrypos by [email protected] – stuur ook enige nuusgebeure, ensovoorts na

hierdie adres.

VRYWARING / DISCLAIMER – Klik hier

VAKATURE – TENTMAKERPOS VIR EMERITUS, NG VANWYKSVLEI:

Alle belangstellende emeriti-leraars van die NG Kerk wat geroepe voel om in die bediening te staan en bereid is om grondpaaie te trotseer, word genooi om aansoek te doen vir hierdie pos.

Gemeenteprofiel: Hierdie plattelandse gemeente in die Noord-Kaap is sowat 90 km van Carnarvon en 130 km van Prieska geleë, grondpad na beide dorpe. Bestaan uit 75 belydende en 13 dooplidmate en het twee plaas- en twee dorpswyke.

Leraarsprofiel:

- Geroepe is vir bediening in ’n plattelandse gemeente. - Leierseienskappe besit met goeie menseverhoudings wat na lidmate op alle sosiale vlakke en ouderdomme kan

uitreik. - ’n Passie vir mense – jeug en ouerwordende lidmate.

Pligte:

- Pligte soos omskryf in Artikel 9. - Bereid wees om huisbesoek te doen.

Vergoeding:

- Salarispakket van R144 000 per jaar, allesinsluitend. - Gratis pastorie, water, elektrisiteit en telefoon. - Pastorie ten volle gemeubileer. - Voertuig vir kerklike gebruik, brandstof vir kerk se rekening.

Page 5: Jaar 13 - Uitgawe 27 Kontak ons: 4 September 2015 UITGAWE 27-2015.pdfDs Jan Lubbe - BERG EN DAL - 051 436 2261, 082 784 9362, janlageland@yahoo.com 7 September: Dr Marius Terblanché

5

Aansoeke:

’n CV moet vergesel wees van twee referente met kontakbesonderhede:

Per pos: Die Skriba, Posbus 21, Vanwyksvlei 8922 E-pos: [email protected] Sluitingsdatum: Donderdag 15 Oktober 2015 Diensaanvaarding: 1 Desember 2015 Navrae en besonderhede:

Voorsitter van Kerkraad: Abel Augustyn - 084 662 0905 Hoofouderling: Heila Holtshauzen – 072 135 7394 Skriba: Mara Augustyn – 084 530 4406 of 053 383 3779

Indien u naam op die kortlys is, moet u beskikbaar wees vir ’n onderhoud met die kerkraad en/of om ’n proefpreek te kom lewer. Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

TERUG NA INHOUD

VAKATURE - VOLTYDSE LERAAR, NG SOUTPANSBERG:

In biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad die bogenoemde vakature bekend:

GEMEENTEPROFIEL: Die NG Kerk Soutpansberg-gemeente is ‘n klein tradisionele verbondsgemeente met spesiale behoeftes wat uit dorps- en plaaswyke bestaan. Die gemeente, met ʼn geskiedenis van oor die 60 jaar, val binne die Ring van Louis Trichardt en is geleë in Louis Trichardt.

LERAARSPROFIEL:

Pligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde. Van die kandidaat sal verwag word om by die bestaande strukture in te skakel en moet effektief in spanverband kan

saamwerk. ‘n Goeie prediker wat Skrifgetrou preek en die Woord aktueel, boeiend en verstaanbaar vir oud en jonk uitlê. ‘n Leier met goeie menseverhoudinge wat na lidmate en die gemeenskap op alle sosiale vlakke kan uitreik. ‘n Leraar met ‘n sterk pastorale bewussyn wat die waarde van huis-, sieke- en bejaardebesoeke hoog ag, van

kardinale belang. Aktivering en begeleiding van gesinne en die gemeentejeug. Die kandidaat moet dinamies en aanpasbaar wees met geestelike integriteit en geloofwaardigheid. Die suksesvolle kandidaat se hele gesin moet bereid wees om meelewend in te skakel by die aktiwiteite van die

gemeente.

VERGOEDING:

Die vergoedingspakket, minstens Vlak 1 met inagneming van die voorgestelde sinodale skale, sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

Daar is ‘n ruim pastorie oorkant die kerkterrein beskikbaar (naby die plaaslike skole), waarin die suksesvolle kandidaat moet woon.

AANSOEKE:

‘n Aansoekbrief vergesel van CV van hoogstens drie (3) bladsye en ‘n vyf minute video-insetsel van die aansoeker, insluitend name en kontakbesonderhede van minstens drie (3) referente kan per e-pos aangestuur word na: Die voorsitter van die Diensverhoudinge Bediening, Leanda Le Cornu by [email protected]

SLUITINGSDATUM: 30 September 2015 DIENSAANVAARDING: 1 Januarie 2016

NAVRAE: Leanda Le Cornu by 082 895 8576

Die kandidate wat die kortlys haal, moet beskikbaar wees vir ‘n naweek-onderhoud en preekbeurt in die gemeente, saam met eggenote (indien getroud). Die kerkraad behou die reg voor om nadat die proses voltooi is, nie ‘n aanstelling te maak nie.

TERUG NA INHOUD

Page 6: Jaar 13 - Uitgawe 27 Kontak ons: 4 September 2015 UITGAWE 27-2015.pdfDs Jan Lubbe - BERG EN DAL - 051 436 2261, 082 784 9362, janlageland@yahoo.com 7 September: Dr Marius Terblanché

6

HERHALINGS:

INHOUD:

1. ALGEMEEN:

KERKKALENDER – VAKANSIE, KERKLIKE FEES- EN BIDDAE & SKOOLKALENDER 2016: Vir diegene wat reeds begin beplan aan 2016, klik

hier vir dié kalenders.

NASIONALE KONFERENSIE VIR ALLE VROUELIDMATE: Hierdie konferensie vir vrouelidmate in

Suid-Afrika vind binnekort in Bloemfontein by die Afrikaanse Baptiste Kerk in Langenhovenpark, Bloemfontein plaas – registreer nou voor dit te laat is!

VROUELIDMATE VAN DIE NG KERK VRYSTAAT BIED AAN: ‘n Spesiale naweek (2 – 4 Oktober

2015) vir alle vroue-predikante en predikantsvroue in die Vrystaat, om te kom asemskep! Dié naweek vind by twee venues plaas sodat almal ‘n geleentheid kry om dit by te woon – kies die een naaste aan jou!:

Bloemfontein – vir vroue Suid, Oos en Wes van Bloemfontein Plek: Menuha Spreker: Dr Johan Nel Tema: “Word stil en bons” Koste: R250

Sasolburg – vroue Noord van Bloemfontein Plek: 52 Oaks Gastehuis, Sasolburg Spreker: Ronell Burger Tema: “Die tyd is NOU!” Koste: R250 Oornag (R150 vir dagbesoekers)

Besprekings vir hierdie bederfnaweek kan vanaf 27 Augustus 2015 by Joanie @ 051 406 6732 (k) gedoen word.

GEMEENTES EN VROUELIDMATE - ONTHOU DIE DATUM 6 MAART 2016!: Gemeentes plaas

die volgende inligting asseblief op julle kalender vir 2016! Die Wêreldbiddag vir vroue is so ‘n unieke geleentheid en vroue regoor die wêreld moet dit saam vier! ‘n Gesamentlike Wêreldbiddag vir Vrouebyeenkoms van die NG Kerk, NGKA en VGK word beplan vir DV Sondag 6 Maart 2016 om 10:00 by die Tweetoringkerk (NG Bloemfontein in die middestad) – die gasspreker by hierdie geleentheid is die bekende skrywer, Maretha Maartens en alle vroue in die Bloemfontein-omgewing is welkom om dit by te woon. Vir meer inligting, kontak vir mev Cecile Strauss @ 083 395 2240, of vir Anso Steyn @ 082 773 2612.

GEBEDSNAWEEK: Highway Ministry bied hierdie gebedsnaweek op 10 en 11 Oktober 2015 aan met

die tema, Padveiligheid begin by my. Daar word ʼn beroep gedoen op leiers van alle Christelike denominasies om tydens hierdie naweek te fokus op padveiligheid vanuit ʼn Bybelse perspektief. Gemeentes en organisasies kan die dag inklee deur onder andere Verkeersbeamptes en die Polisie te nooi om te praat oor wat hulle ervaar en beleef rakende padgebruikers se gedrag en ingesteldheid, asook oor wetsgehoorsaamheid. Klik hier vir meer besonderhede oor Highway Ministry, sowel as die

Page 7: Jaar 13 - Uitgawe 27 Kontak ons: 4 September 2015 UITGAWE 27-2015.pdfDs Jan Lubbe - BERG EN DAL - 051 436 2261, 082 784 9362, janlageland@yahoo.com 7 September: Dr Marius Terblanché

7

beoogde naweek.

2. GEMEENTES BIED AAN:

NG HUGENOOT: Hul Seniorbediening, Herfsvreugde, bied op Saterdag 12 September 2015 om

10:00 by die Bloukerk in Bayswater, ‘n spesiale lentetee met die sanger Du Preez Stoltz aan. Kaartjies kos R40pp en besprekings moet vóór 4 September, gedurende kantoorure by Elna Venter @ 051 436 2659 gedoen word.

NG BRANDFORT: Klik hier vir meer besonderhede

KUNSUITSTALLING – NG ANDREW MURRAY: Hiermee word alle kunsliefhebbers uitgenooi na ‘n

uitstalling van oorpronklike olie-, water- en pastelverf skilderye deur Johan van Rensburg, ten bate van die Andrew Murray gemeente in Bloemfontein. Fondse wat by hierdie geleentheid ingesamel word, gaan aangewend word om ‘n Clavinova instrument aan te koop vir gebruik tydens lofprysingsgeleenthede in die eredienste. Die uitstalling vind vanaf 14 - 18 September 2015, vanaf 09:00 - 12:00 en weer vanaf 14:00 - 19:00 by die Prestige Gallery te CM van den Heeverstraat 13 in Langenhovenpark, plaas. Vir meer inligting, kontak vir Johan by 051 446 2547, of die kerkkantoor by 051 430 4670.

NG SENEKAL-NOORD BIED AAN – JUANITA DU PLESSIS!: Die bekende en gewilde sangeres tree

Vrydag 18 September 2015 om 19:00 ten bate van hierdie gemeente op by die Hoërskool Witteberg. Die koste beloop R100pp en daar sal ook verversings te koop wees. Kaartjies is by die kerkkantoor beskikbaar, kontak asseblief vir Ina Atkinson @ 083 379 9097.

NG ORANJEVILLE SE LENTEFEES: Hierdie geleentheid vind op Saterdag 26 September 2015 vanaf

08:00 by die kerksaal te Malanstraat 42, plaas. Die volgende lekkernye en aktiwiteite sal beskikbaar wees: Pannekoek, sosaties, boereworsrolle, kerrie en rys ‘n Lekkergoed- en poedingtafel ‘n Vleistafel (billike pryse) – vleis kan vooraf bestel word by kontaknommer hieronder ‘n Teetuin met heerlike gebak ‘n Pretstap en muntlegging ‘n Veiling Tentoonstelling van antieke motors Treintjieritte vir die kinders Vir navrae, kontak vir Nunette @ 072 246 8100

3. RETREAT / AANBIEDING:

LEEF BEWUS, GENEES BEWUS – ‘N ASEMSKEP RETREAT: Hierdie geleentheid vind vanaf 18 – 20

September 2015 by die Botaniese Tuine in Bloemfontein plaas. Klik hier vir die program en hier vir die registrasievorm.

‘N “VERITAS”-GELEENTHEID MET DS IVAN SKINNER: Veritas Vrystaat is bevoorreg om binnekort

Page 8: Jaar 13 - Uitgawe 27 Kontak ons: 4 September 2015 UITGAWE 27-2015.pdfDs Jan Lubbe - BERG EN DAL - 051 436 2261, 082 784 9362, janlageland@yahoo.com 7 September: Dr Marius Terblanché

8

vir ds Ivan Skinner van Veritas se hoofkantoor in Stellenbosch, te midde van sy "sendingreise" na Afrika, in Bloemfontein en Bethlehem te ontvang. Ivan is verantwoordelik vir Veritas se operasionele aktiwiteite in die sub-Saharalande. Die doel van sy besoek is om toeligting te kom gee rakende Veritas se bedrywighede en uit brei oor Veritas se visie vir Afrika en ander vastelande. Sy program is as volg en alle byeenkomste sal nie langer as ‘n uur duur nie:

Bloemfontein - Donderdag 17 September 2015 om 18:00 by die NG Gemeente Universitas Bethlehem - Vrydag 18 September 2015 om 18:00 – die plek sal aan Bethlehem Veritas-lede deurgegee word.

Fasiliteerders en hulle groepe word aangemoedig om dit by te woon, maar enige ander belangstellendes is ook welkom. Kom ervaar eerstehands hoe breed en diep die liggaam van Christus in Afrika werksaam is! Kontak gerus vir Herman Steyn @ 083 925 4133, of vir ds André Oosthuizen @ 082 3783 081) vir verdere navrae.

4. VAKATURES:

MAATSKAPLIKE WERKERS – ENGO GESINSORG: Vakatures vir maatskaplike werkers (voldag

poste) in Virginia, Viljoenskroon en Bloemfontein is tans beskikbaar, klik hier vir meer inligting – sluitingsdatum vir aansoeke is Maandag 7 September 2015.

BYBEL-MEDIA - REGISTRATEUR NEHEMIA BYBELINSTITUUT (NBI): Die huidige Registrateur van

Nehemia Bybelinstituut (NBI) tree eersdaags af. NBI lei kerkleiers op en die persoon benodig, lewer ‘n diens aan studente van alle kerke dwarsoor Suid-Afrika. Klik hier vir volledige besonderhede oor dié pos – sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 11 September 2015.

TERUG NA INHOUD VAKATURE – MAATSKAPLIKE WERKERS:

By Virginia, Viljoenskroon en Bloemfontein

Posvereistes: 1. Geregistreer by SA Raad van Maatskaplike diens professie (SACSSP) 2. Geldige rybewys 3. Afrikaans & Engels magtig

Voordele: 1. Salaris onderhandelbaar 2. Diensbonus 3. Pensioenfonds 4. Verlof

Sluitingsdatum: Maandag 7 September 2015

Faks CV’s aan: 051 522 2508

E-pos: [email protected] / [email protected]

Navrae: Madelein / Gerda 051 407 7232

Adres: Van Heerdenweg 22 Wilgehof, Bloemfontein 9301

Die werkgewer behou die reg om nie die vakatures te vul nie. Suksesvolle kandidate sal binne vier weke in kennis gestel word of die aansoek suksesvol was al dan nie. Indien geen terugvoer ontvang is in die vier weke tydperk nie, moet

aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.

TERUG NA INHOUD

Page 9: Jaar 13 - Uitgawe 27 Kontak ons: 4 September 2015 UITGAWE 27-2015.pdfDs Jan Lubbe - BERG EN DAL - 051 436 2261, 082 784 9362, janlageland@yahoo.com 7 September: Dr Marius Terblanché

9

VAKATURE BYBEL-MEDIA – REGISTRATEUR VIR NEHEMIA BYBELINSTITUUT:

The Nehemiah Bible Institute (NBI) invites applications for the post of Registrar. A prescribed application form is available from [email protected] or 021 864 8258. CV must accompany the application (but not longer than one page), two letters of recommendation required, with references.

Main responsibilities: 1. Registration of students 2. Arrangements concerning assessment 3. Administration of certificates 4. Execution of sales orders 5. Management of stock 6. Assistance to facilitators and learning centres 7. Daily administration 8. Financial management 9. Arrangements concerning Board meetings 10. Participation in executive meetings

Professional and character requirements: 1. Computer literacy (competent in MS Word, Excel, etc); 2. Financial skills (ability to use Pastel will be an advantage) 3. Public relations and communication skills (ability to deal with public, students, facilitators) 4. Fluency in English, Afrikaans (and another SA language?) 5. Minimum academic qualification: Relevant post-matric training 6. Training in administrative and office management skills 7. Minimum of five years work experience (with references from previous employer/s) 8. Ability to work in a team 9. Willingness to subscribe to BM values

Employment: 1. To start working on 1st November, 2015 2. Salary will depend on qualifications and work experience (cost to company) 3. The office of the registrar is in Wellington

Closing date: 11 September 2015 E-mail application form, CV and two recommendation letters to [email protected]

TERUG NA INHOUD

150 Jaar – Onblusbaar