108

Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009
Page 2: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

Nico van der Merwe19 November 2011

Page 3: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009
Page 4: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

PROF DR NJ VAN DER MERWE SC

Huldeblyk deurOud-Studente en Kollegas

by geleentheid van sy80ste Verjaarsdag

19 November 2011

Kobus van Rooyen (Redakteur)George Barrie en Fanie van Jaarsveld (Medewerkers)

Met sketse deur Marinus Wiechers en Danie Haasbroek

TWEEDE UITGAWE 2012

Page 5: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

Tipografiese versorging deur Hanli Deysel

Eerste uitgawe, November 2011

Tweede uitgawe, Junie 2012

(geborg deur die Universiteit van Pretoria)

Page 6: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

INHOUDSOPGAWE

Voorwoord — 6

Inleiding — 9

Fanie Mynhardt: Huldeblyk — 23

Louis Nel — 27

Willie en Esmé du Plessis — 30

Louis Wessels — 34

Giel Reinecke — 35

George Barrie — 38

Louis en Irene Harms — 41

Peet Delport — 45

Willem van der Merwe — 47

Wynand Malan — 49

Blikkies de Klerk — 52

Sam Maritz — 54

Gustav Radloff — 56

Frans Malan — 59

Ezra Goldstein — 60

Deon van Zyl — 62

Henning Viljoen — 70

Fanie van Jaarsveld — 72

Johan Scott — 76

Jan d’Oliveira — 81

Dawie de Villiers — 84

Len Dekker — 89

Johan Kok — 91

Oscar Schrenk — 98

Slotwoord — 101

Klasfoto’s — 103

Page 7: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

6

Voorwoord tot die 2012 uitgaweAndré Boraine

Indien ek terugdink aan my regstudies gedurende die sewen-tigerjare doem die naam N.J. van der Merwe lewensgroot op

en sien ek in my geestesoog Van der Merwe en Rowland se Erfregmet die swart omslag en goue letters, en ook Van der Merwe enOlivier se Deliktereg in rooi geklee. Beide boeke het ongetwyfeld’n reuse-impak op die Suid-Afrikaanse regsdenke uitgeoefen. (AanUP is die vakke toevallig ook deur vaardige dosente wat in eiereg baie gewild onder studente was, aangebied: Nic Wiechers watself legendaries was en homself die “Gemaskerde Graspol” ge-noem het, was ons man op erfreg uit die swart boek, en JohanScott die man op deliktereg uit die rooie.) In die rooi boek onthouek is daar na die standpunt van ’n ander skrywer oor die skuld-begrip verwys as “(h)eeltemal die spoor byster is ook…” en op ’nander plek waar toestemming tot risko van benadeling behandelword “(w)aar ’n toestemming tot ’n risiko van hierde aard niestrydig is met die boni mores van ons gemeenskap wat nog vreugdeuit ’n bloedsport soos boks put nie, ...”. Dié klas aanhalings onthoumens inderdaad steeds jare later!

Verder het ek uit velerlei stories en vertellinge oor die “Dok”,soos hy blykbaar aan persone wat nie sy studente was nie, alombekend was (sy Kollege-studente het hom “Prof” genoem), envanuit die dampkring van Departement van Justisie amptenaryen Justisie Kollege-dosente wat my pad later gekruis het, verneem.My indruk was altyd dat mense wou beïndruk deur voor te houdat hulle die Dok persoonlik goed ken – soos dit maar met be-

Page 8: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

7

roemdes gaan. Ja, elk wou ’n stukkie van hom opeis. Baie wouook sy klasgee-vaardighede nadoen, maar met wisselende matevan sukses. Ek moes hoor van die safari’s wat sommige persoonlikmeegemaak het en ek was vergas met die kwinkslae wat hykwytgeraak het soos: “Daar is net twee mense op die aarde watnog Latyn praat, ek en die Pous – en ons het niks vir mekaar te sênie.” Hy was glo lief om komiese name te gebruike vir safarilede,soos “Benesak” en “Kampsuster”. Safari saam met hom was egterharde werk maar ’n eens-in-’n-leeftyd ervaring. Daar was reëlswat gevolg moes word: die gesprekke om die kampvuur wordsaam met die as begrawe; mens kamp nie onder ’n vaalbos nie; jydurf nie die vuur aansteek terwyl die safarileier sy middagslapiegeniet nie; “do not break rank”; Sondagskoolgrappies was taboe;’n goeie storie moet nie deur feite bederf word nie, en vele meer.Hy het ’n premie geplaas op kampsang al het die stemval aan dieeinde van “eiland van die son Madagaskar” glo altyd gesukkel.

Sy bydraes op akademiese gebied is merkwaardig. ’n Vlugtigeondersoek na verwysings na van sy geskrifte in die beskikbareverwysingsplaatse op die LexisNexis aanlynsoekfunksie het onderandere 335 verwysings na die rooi boek en 72 verwysings na dieswart boek opgelewer. Dié sluit verwysings na regspraak in asookander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeksvan verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009 isdaar weer na die rooi boek in ’n internasionale publikasie getiteld“Working the common law pure: developing the law of delict(torts) in light of the spirit, purport and objects of South Africa’sBill of Rights” in (2009) 26 Ariz. J. Int’l & Comp. L. te 427 verwys.

By die nalees van die bydraes deur sy oud-studente en kollegastref dit die leser welke geweldige invloed Professor doktor N.J.van der Merwe op die regsdenke van soveel gesiene Suid-Afri-kaanse regsgeleerdes uitgeoefen het. Die opvoedingstaak is dik-wels een waarvan die uitkomste nie dadelik blyk nie, maar die

Page 9: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

8

Prof/Dok bevind hom in die posisie dat hy tydens sy lewe opregtehuldeblyke kan lees wat elk ’n monument vir sy werk daarstel.

Dus wil ek namens die Regsfakulteit van die Universiteit vanPretoria in 2012 aan hierdie merkwaardige persoon wat ek niepersoonlik ken nie, sê: dit is vir ons ’n voorreg dat u spore ookdeur hierdie fakulteit loop. Ek wil afsluit met ’n treffende aan-haling uit die bydrae van Regter Ezra Goldstein – namens diéwat u persoonlik ken en dié wat u op ’n ander wyse leer ken het,naamlik: “I shall never forget you and will always think of youwith gratitude and affection.”

Als van die allerbeste vir die pad vorentoe – Prof/ Dok en hoe uook al bekend staan onder honderde mense vir wie u ’n mentoren vriend was en wie se lewens en denke deur u verryk en verruimis!

Salute Magister!

André Boraine is reeds vanaf 1985 in diens by die Universiteitvan Pretoria en hy is sedert 1 November 2011 aangestel as dekaanvan die Fakulteit Regsgeleerdheid. Sy navorsingsbelangstellingssluit onder meer insolvensiereg, met ’n bepaalde fokus op inter-nasionale insolvensiereg, siviele prosesreg en aspekte van sake-reg in. Hy het ’n beduidende aantal artikels in nasionale en inter-nasionale vaktydskrifte gepubliseer en vele hoofstukke tot ’n ver-skeidenheid van nasionale en buitelandse boeke bygedra. Tansis hy ook ’n mede-outeur van ’n leidende handboek in insolven-siereg in Suid-Afrika, synde Meskin Insolvency Law. Hy dien opdie bestuurskomitee van Insol International se akademiese fo-rum en is ’n ere-lid van die Assosiasie van Insolvensiepraktisynsvan Suid-Afrika. Hy is by twee geleenthede deur die Universiteitvan Pretoria vereer as uitnemende presteerder en het ’n B 2 NRFgradering. Hy het in 2008 as Insol Fellow gedien waartydens hyvier navorsingsreferate vir Insol International moes lewer. In 2011het hy as spesialis konsultant vir die Wêreldbank gedien rakende’n diepte analise van die regsraamwerk in Suid Afrika met be-trekking tot die regulering van insolvensies en die afdwingingvan skuldeiser/skuldenaar regte.

Page 10: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

9

InleidingKobus van Rooyen

Soms wonder ’n akademikus of sy werk ooit na waardegeëvalueer word. Die student gaan deur die meul van

klasloop, toetse, eksamen en ’n mondeling. Die vyf jaar van dieLLB snel verby en voel by terugskoue soos ’n oogwink vir diestudent en op ’n manier ook vir die dosent. En tog is die lewe van’n regsdosent, enige dosent, asemrowend interessant. Die vrugtewat mens pluk uit die sukses van jou studente, verleengenoegdoening aan die lewe van ’n akademikus.So ook dievreugde van navorsing, plaaslik en in die buiteland. En ja, om teskryf! Die meul waarna ek hierbo verwys het, bestaan inwerklikheid dus nie.Ek het gevolglik die aanvanklike benamingvir die versameling, Briewe uit ons Meul, laat vaar ...

Die lewe het natuurlik heel anders gelyk in die sestigs. Neemmaar my finale jaar, 1965: Nelson Mandela is pas die vorige jaartot lewenslank gevonnis, aanhouding sonder verhoor was maardrie jaar oud, Dr Verwoerd sou eers ’n jaar later in die Parlementsterf aan die hand van Tsafendas, fotostaatmasjiene sou eers in1970 bekend word en dan praat ons nie eens van die e-pos wateers sowat 30 jaar later ons lewens binnegedring het nie! Ek williewer nie eens verwys na selfone nie... Die Inligtingskandaal moesnog 14 jaar wag om te ontplof en Steve Biko het 11 jaar na 1965 inaanhouding gesterf. Ons was in ’n tyd van ultra-konserwatismevasgevang. In die tyd was die Regsbiblioteek* by die Universiteit

* Bedien deur mnr Gagiano, wat ook die bestuurder van ‘n rolprentteaterwas en op sy dag as busbestuurder daagliks die befaamde Regter-president Maritz in sy munisipale bus vervoer het!

Page 11: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

10

van Pretoria die enigste bron waar gedeeltes van die verbode Whenthe Lion Feeds in die minderheidsuitspraak van Appèlregter Rumpffgelees kon word. Daar was skielik studente in die biblioteek watmens nooit andersins daar gesien het nie. Kennis van die Aand enMagersfontein moes nog in die sewentigerjare verbied word; Scopewas in aantog en die twee-weeklikse verbod en opheffing deurdie howe, het die verkope van Scope na 168 000 opgestoot. DieAmerikaners moes nog ’n man op die maan plaas en Bill Clintonwas nog op Yale, waar hy Hillary ontmoet het – Monica Lewinskywas nog nie eens gebore nie! Van Watergate en Deap Throat souons nog eers in 1974 hoor. Ons sou eers in 2009 uitvind wie DeepThroat was.

Nou terug na ’n greep uit die regsgeskiedenis van Tukkies seRegsfakulteit 1960–1965.

’n Paar van die oudstudente en eertydse Justisie-Kollege kolle-gas van Prof Dr NJ van der Merwe SC, kleinseun van PresidentSteyn en befaamde professor aan die Regsfakulteit, Universiteitvan Pretoria (1960–65), het besluit om iets te boekstaaf oor dieinvloed wat hierdie groot gees en dosent op hulle gehad het. Diestudente kom almal uit die BA(Regte) LLB klasse tussen 1960 tot1965. Dis verbasend hoe studente deur hierdie 9,5 student uitStellenbosch inspireer is. Louis Harms noem hom “onkloonbaar”!

Die warboel van Gemenereg, Engelse Reg, die Moderasie van1680, die Echtreglement, Mc Kerron, Regal v African Superslate, nemoplus iuris, Boberg, fideicommissum, die trust, wederregtelikheids-bewussyn en die defininisie van ’n exceptio* wat ons in RomeinseReg moes leer (eienaardig, maar tipies en eksentriek – in die swartboek oor die Romeinse Reg – Van Warmelo!) het baie van onsverswelg. En dan praat ek nie eens van pater est quem nuptiae de-

* Dis ’n verweer van die verweerder vir sover dit nie vervat is in die eisvan die eiser nie ...

Page 12: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

11

monstrant en sulke eienaardige verskynsels wat ons, wat nie eersregtig veel verstaan het van die huwelik en verlowing nie, in onseerste jaar moes leer. Die onderskeid tussen ’n “mortgagor” en ’n“mortgagee” het selfs een deeltydse dosent, wat die terme in Afri-kaans uitgespreek het, een dag so verwar, dat ons vir koffieverdaag het ...

En dis waar Nico van der Merwe begin figureer het. Hy hetvanaf dag een in die Erfreg klas en daarna in Onregmatige Daaden later capita selecta uit die twee gebiede in die LLB-jare, ons geleerom te soek na onderliggende beginsels. En met onkeerbarelewenslus! Wie sal ooit die eerste woorde van Van Der Merwe indie Onregmatige Daad lesing vergeet? Hy loop op en af in eenvan die klaskamers van die Ou Lettere en skree: “Wie het hierdieboek gapleeggg! Dis ene Mackerron!” In die proses het hy dieboek bokant hom in die lug geswaai en op en af in die klas gestapmet oënskynlik verwilderde oë.

Sy hantering van Boberg was in dieselfde trant. Hy kon net niesaamleef met die kasuïstiese benadering (wat hy toegeskryf hetaan die Engelse Reg) van hierdie skrywers nie (Vox et praetereanihil!). Ter ere van McKerron en Boberg wil ek darem byvoeg dathulle werke as bron van uitsprake later, vir ’n meer “ontwikkelde”regsgeleerde, van besondere waarde was. Nietemin kon mens ditalles altyd lees deur die Van der Merwe-bril.

Die blote feit dat wat mens lees nie noodwendig gebaseer is op“gesonde” regsbeginsels nie, was reeds waardevol. Dit spruit voortuit die skeppende en kritiese Van der Merwe-benadering, watdie studente aan die dink gesit het. Humor het ook nie uitgeblynie! Elke keer wat ek die naam Hahlo lees, dink ek aan die sonder-linge manier waarop Nico dit uitgespreek het met klem op dietweede H, wat dit verander het in iets wat soos ’n hygende perdgeklink het! En dan, wanneer ’n student iets intelligents sê, diekreet (wat Prof Hamman, wat by die klas verbygeloop het, laat

Page 13: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

12

gryp het na sy hoed!) : “Fiat lux in Tenebris”, wat ons eers laterherken het as woorde wat ook in Genesis voorkom.

Nico se sin vir billikheid het ook deurlopend uit sy argumentevorendag gekom. Dit het hy sekerlik by sy oupa, President Steyn,oorgeërf. Die President sou dan ook hierop trots gewees het. Reg-ter Steyn* moes as lid van die die Vrystaatse Appèlhof beslis ofdit lasterlik was om in ’n brief in ’n koerant te vermeld (gedurende’n rusie oor ’n dorpsverklaring) dat mens kan weet watter soortmense die mense aan die ander kant is, as die kassier van hulkerkkomitee iemand is wat in Kroonstad vroeër vir bedrog gevon-nis is en as spesiale vrederegter ontslaan is. Die kassier het toe diekoerant gedagvaar en op eerste vlak verloor. Op appèl het dieAppèlhof die beslissing bekragtig. Regter Steyn het egter in dieminderheid gestem en die volgende gesê: “Kan ons ooit besluitdat die maatskappy bevorder word deur iemand die reg te geeom ’n voldane skuld heeldag in die gesig van so ’n arme man tegooi; dat hy in die stof moet gedruk word sodra hy probeer omweer op te staan? Dit sou ’n misdaad teen die mensheid wees. ’nGewese bandiet het net soveel reg om te eis dat hy in vrede salgelaat word, as die eerlikste en regverdigste man. Dit sou hombeter in staat stel om weer ’n eerlike man te word.”† Die uitspraakbehoort dan ook deel van die debat oor laster te bly.‡

Hier moet bygevoeg word dat Pierre Olivier ook in die Persone-reg, Kontraktereg en Internasionale Privaatreg ’n inspirerende rolgespeel het. Louis Nel, deeltydse dosent, het ons op Saterdag-oggende nader laat kennismaak met die Familiereg. En dit juis in

* Wat ’n besonder besige praktyk as advokaat gehad het en op 32 jaarreeds regter geword het.

† Vgl MCE van Schoor Marthinus Theunis Steyn (Protea Boekhuis, 2009)41.

‡ Vgl The Citizen 1978 (Pty) Ltd & others v McBride (Johnston & others asamicus curiae) [2011] JOL 27088 (CC).

Page 14: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

13

die jaar toe die nuwe Huwelikswet in die middel van die jaar dielig gesien en alles omgekrap het. Die groot vraag van die tyd was:mag jy maar met jou oorlede vrou se suster trou?! En in Persone-reg: “legitimatio per subsequens matrimonium?”

Nico het by die Universiteit van Stellenbosch aanvanklikbeplan om in die klassieke tale verder te studeer. Vandaar

sy besondere vermoë om vandag nog met groot gemak Latyn enGrieks te lees. Hy het onlangs, toe ek en Frans Malan met homoor die heining tussen ons huise staan en praat het, gemeld dathy pas die versamelde briewe van Plinius gelees het. Prof DawieKriel,* wat op 5 November 2010 self tagtig jaar geword het, hetdie volgende vertaling aangestuur. Die aanhalings is betekenisvolen is in ’n sin ook aanduidend van die liefde van Nico vir dienatuur en lees. Ook vir alleenwees tussen sy boeke en om elek-troniese skaak teen homself te speel. Ek haal Dawie se brief aan:

Daar was twee Plinii, t.w. die ouer (Maior) Gaius PliniusSecundus (23–79 n.C.), skrywer van ’n 37 volume Natu-ralis Historia, ’n soort algemene ensiklopedie oor natuur-verskynsels – interessant om na te slaan, maar m.i.waarskynlik nie iets wat mens sommer sal wil lees optagtig nie ...

Meer onderhoudend is die “literêre” briewe van synefie (susterskind) Gaius Plinius Caecilius (61–112 n.C.)oor alles en nog wat (die bekendste van sy briewe is dieeen aan Tacitus oor die uitbarsting van Vesuvius in 71n.C.en die gevolglike dood van sy oom). Uit hierdie briewehaal ek ’n paar wyshede aan, wat ek redelik letterlik

* Professor in Latyn by UP en Unisa en, in die tagtigs, SA se KultureleAttaché in Italië.

Page 15: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

14

(maar met enkele vryhede) vertaal: As ek reg onthouis Nico van der Merwe se huis se naam Rus in Urbe, en’n paar van die aanhalings het ek met die oog hieropgekies. As dit ’n pypsteel-erf is, sal “inham” nogal goedpas in die eerste brief.*

Ep.I.3: Quin tu (tempus enim) humiles et sordidas curas aliismandas, et ipse te in alto isto pinguique secessu studiis adseris?Hoc sit negotium tuum, hoc otium; hic labor, haec quies.Waarom sou jy nie (dis immers hoog tyd) alledaagse enbanale sorge aan ander oorlaat nie en jou (in jou hoog-geleë afsondering/inham) aan jou leeswerk toewy nie?Laat dít jou werksaamheid, dit jou aftree-studie wees;hiérin lê jou taak, hierin jou ontspanning.

Ep.I.8: Praeterea meminimus quanto maiore animo honestatisfructus in conscientia quam in fama reponatur. Sequi enimgloria, non adpeti debet, nec, si casu aliquo non sequatur, idcircoquod gloriam meruit minus pulchrum est. Bowendien houons in gedagte hoeveel die beloning vir eerbaarheid eer-der in jou eie bewustheid daarvan as in die openbaremening geleë moet wees; want roem moet die gevolgen nie die doel nie, van ons optrede wees. En as bekend-heid om een of ander rede uitbly, is die optrede watroem verdien het, nie om daardie rede minder te waar-deer nie.

Ep. I.9: Nulla spe, nulla timore sollicitor, nullis rumoribusinquietor: mecum tantum et cum libellis loquor. O rectam sin-

* Nico en Magda se huis is inderdaad agter in die erf, maar dit is daremnog oop voor hulle! Nico se studeerkamer is egter agter die huis ...

Page 16: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

15

ceramque vitam! O dulce otium honestumque ac paene omninegotio pulchrius! Deur geen verwagtinge, deur geenvrees word ek gekwel nie; geen skinderpraatjies versteurmy rus nie: ek gesels net met myself en met my boekies:wat ’n gerigte en suiwer manier van lewe! Wat ’n aange-name en en eerbare aftreetyd, lekkerder as byna enigeander werksaamheid !

Ep.IX.3: Alius aliud: ego beatissimum existimo, qui bonaemansuraeque famae praesumptione perfruitur, certusque pos-teritatis cum furura gloria vivit. Sommige mense maganders dink, maar ek beskou as die gelukkigste mensdié een wat die voorsmaak van ’n goeie en blywendefaam ten volle geniet, en leef met die sekere wete vantoekomstige bekendheid onder dié wat na hom kom.

Ep.ix.19: Impensa monumenti supervacua est: memoria nostradurabit, si vita meruimus. Die oprig van ’n monument is’n mors van geld: die herinnering aan ons sal voortduurindien ons dit deur/in ons lewe verdien het.

Voor ek afsluit met hierdie inleiding, verskaf ek ’n paar hoogte-punte uit Nico van der Merwe se lewensloop, wat deur sy

eggenote, Magda, aan my gegee is.Nico het in 1948 aan Grey Kollege gematrikuleer met verskeie

onderskeidings en het die Wuras Medalje vir Latyn en die Medaljevir uitstaande akademiese prestasie verwerf. In 1951 en 1953 be-haal hy die grade BA en LLB cum laude aan Stellenbosch. Hyverwerf die Abe Bailey beurs en Grey Stipendium. Hy praktiseerdaarna as advokaat vir twee jaar en slaag sy doktorale tentamenaan die Vrystaatse Universiteit summa cum laude in 1955. Na ’nstudiereis oorsee, verwerf hy in 1958 die LLD aan die Vrystaatse

Page 17: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

16

Universiteit met ’n proefskrif getitel Die Beskerming van Vorde-ringsregte uit Kontrak teen Aantasting deur Derdes, ’n proesfkrif watweer onlangs deur die Appèlhof aangehaal is in Contract Forward-ing (Pty) Ltd v Chesterfin (Pty) Ltd 2003 (2) SA 253 (HHA).

Op 27 word Nico die jongste professor in die Regte – eers byUNISA en vanaf 1960 by UP. Soos blyk uit hierdie Huldeblyk, hethy saam met hom ’n inspirerende vars bries van denke gebring.Nou, vyftig jaar later, voel ons, sy oudstudente, nog steeds dievernuwende effek van daardie winde van verandering.

Hy sluit hom in 1966 by die Departement Justisie aan en wordberoemd onder al wat aanklaer en landdros is vir sy boeiendelesings by Justisie Opleiding, later Justisie Kollege. Saterdag-oggende doseer hy Latyn en sorg dat honderde regstudente dievak slaag. In 1974 stel die Staatspresident hom aan as seniorconsultus. Nico word dan ook later Hoof van Justisie-Opleidingen bly in die pos tot sy aftrede.

Nico is die hoof-outeur van twee bekende handboeke watvoorgeskryf is by verskeie Universiteite en dikwels aangehaal isin hofuitsprake: Die Onregmatige Daad in die Suid-Afrikaanse Reg(1966) saam met Pierre Olivier en Die Suid-Afrkaanse Erfreg (1968)saam met Charles Rowland. Beide boeke het verskeie drukkebeleef. Meer as 70 publikasies het ook uit sy pen verskyn in Suid-Afrikaanse regstydskrifte.

Die Rapportryers het hom in 1986 vereer vir die beste publikasiein Afrikaans wat in die vroeë tagtigs verskyn het. Hy het ookheelwat populêre artikels in Afrikaans, Engels en Esperanto geskryf.Hy is inderdaad ’n vooraanstaande kenner van Esperanto. In 1978is hy aangestel as redakteur van Nuntius, uitgegee deur die Justi-siegenootskap. In hierdie publikasie verskyn ’n spotprent van Nicobesig om ’n asblik om te skop, terwyl hy klasgee. Dit het in 1986se Nuntius verskyn en is geteken deur Danie Haasbroek.

Page 18: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

17

Fanie Mynhardt en Jan D’Oliveira verwys in hul huldigings naNico se liefde vir die natuur en die reise wat hy in Botswana enZambië met groepe onderneem het. Ek stem saam, die storiesvan leeus wat om hulle in die nag brul, sou ook vir my, soos virdie Botswana-gids, van die grond tot op die dak van die berugteLandrover laat spring het. Die Landrover loop inderdaad nogvandag.

Laastens enkele opmerkings oor die oud-studente en kollegaswat hierin bydraes gelewer het. Hulle het besonder presteer.

Dis asof die sestigs vrugbare teelaarde was vir sukses. Diéopmerking is deur Prof Charles Nieuwoudt, by wie heelwatregstudente in die sestigs Staatsleer geneem het, so vyftien jaargelede aan my gemaak. En dis waar, dis asof die FakulteitRegsgeleerdheid van die eerste vyf jaar van die sestigs, met ProffHamman, Van Warmelo, Van der Merwe, Olivier, Schmidt, Mostert

Page 19: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

18

en Joubert aan die stuur van sake, die studente tot uniekeintegriteit, harde werk en entoesiasme vir die “Reg” aangespoorhet. Die “REG” was alles. En dis waaroor ons byna dag en naggepraat het.

Natuurlik was daar reeds voorgangers soos Proff Pont, VerLoren van Themaat en Coertze, om maar enkeles te noem, wat ’ndramatiese rol gespeel het om weer lewe in die Romeins-Hol-landse Reg te blaas. Deeltydse dosente Jannie Loots, Buddy Swarten Retief van Rooyen het ook studente inspireer en in die gevalvan CP Joubert,* verstom met sy eindelose kennis van dieRomeins-Hollandse skrywers, om nie eens die Glossatore te noemnie! Vra maar vir Regters William de Villiers, Van Dijkhorst, Gil-denhuys, Tjibbe Spoelstra, Buddy Swart, Prof Marinus Wiechersof vir Louis Nel. Mens hoef net te kyk na die groot aantal Appèl-regters wat uit daardie tye gekom het, onder andere HoofregterRumpff, Appèlregters Trengove, Viljoen, Jansen, Botha, Boshoff,Hein Grosskopf, Olivier en Joubert. Regters Eloff en Boshoff hetvir jare gedien as Regterpresident en eersgenoemde het waarge-neem in die Appèlhof, terwyl laasgenoemde later voltyds aan-gestel is. Voeg daarby Prof Marinus Wiechers, wat later rektorvan UNISA geword het en deel was van die span wat Suid-Afrikain die sestigerjare in die Internasionale Hof verdedig het. Marinusis ’n baanbreker op die gebied van die Administratiefreg en onshet as studente en jong dosente met bewondering sy studies inParys, Frankryk, dopgehou. Aan politici het dit ook nie ontbreeknie. Ek hoef net Ministers Pik Botha, Alwyn Schlebusch, HilgardMuller,† Adjunk-Minister Louis Nel, Jackie Kruger (LUK) enWynand Malan (LV) te noem.

* Dit is nie alombekend nie, maar hy het kort voor sy afsterwe in 2010 ’nboek oor die Romeinse Reg uitgegee.

† Aan wie ’n Rhodes beurs toegeken is en wat gelei het tot ’n doktors-graad by Oxford.

Page 20: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

19

Die klem op die sestigs as suksestydperk moet nie uit verbandgeruk word nie. Die Fakulteit het daarna ongelooflik gegroei. Paulvan Warmelo, Dirk Mostert, Piet Oosthuizen en David Joubertwas dekane van die sewentigs tot in die negentigs. Duard Kleyn,Christof Heyns en André Borraine het opvolgend in die eerstedekade van hierdie eeu die leisels oorgeneem. Christof Heynshet daarin geslaag om ten minste uit veertig Afrika-lande studentemet beurse toe te rus om vir een jaar LLM by Tukkies te loop. ’nMerkwaardige prestasie wat ons Fakulteit inderdaad die meesgesogte Fakulteit in Afrika gemaak het en bekendheid in die VSA,Kanada, Engeland, Duitsland en Holland aansienlik verhoog het.Prof Trynie Davel het ’n internasionaal bekende Instituut vir Kin-derreg tot stand gebring. Ons het tans selfs ons eie Regsgeboumet ’n indrukwekkende en besonder volledige biblioteek! En ja,die THR HR is na vier dekades terug by Tukkies onder redaksievan Prof Chris Nagel. Verder het ons vanaf 1973 met groot suksesDe Jure begin uitgee.

Maar laat ek nie te veel afdwaal van die studente van Nico vander Merwe nie. Louis Wessels,* Willie du Plessis,† Esmé du Plessis‡

en Gustav Radloff § het bewys dat prokureurs die Staat kan helpbestuur en besonder goed daarby! George Barrie het ’n ongeloof-like bydrae by Buitelandse Sake gemaak en dít in ’n uiters moeiliketyd in Suid-Afrika se geskiedenis. Sy uiteindelike keuse, waar hydie top regspos by Buitelandse Sake aangebied is, was egter dieakademie en daarvoor is ons hom dankbaar! Soos blyk uit sy brief,presteer hy nog steeds internasionaal.

Len Dekker,’n Matie wat ’n Direkteur-Generaal geword het,

* Prominent in sy rol as Senior Regsadviseur vir die Finansiële Dienste-raad.

† Sien sy insiggewende cv in die teks.‡ Sien haar indrukwekkende cv in die teks.§ Aangewys as Eiendomsprokureur van 2010.

Page 21: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

20

het ook by Nico klas geloop. Hy bely dat hy vir die eerste keer dieonregmatige daad verstaan het, toe Nico dit vir hulle by die JustisieKollege verduidelik het. Esmé du Plessis het ook iets oor die merk-waardige Willie du Plessis bygevoeg. Giel Reinecke, George Barrie,Frans Malan en Ignus Rautenbach* het as professore gehelp omdie eerste boustene van die Regsfakulteit van die Randse Afri-kaanse Universiteit te lê en as akademici regsboeke van uitsonder-like waarde gelewer.

Dawie de Villiers, wat wel nie by Nico klasgeloop het nie, was’n kollega van hom by Justisie-Opleiding en is reeds vir jare ’nprofessor aan die Universiteit van Johannesburg. Jan d’OliveiraSC, wat ook onder Nico by Justisie-Opleiding gewerk het, het dieAdjunkhoof van die Nasionale Vervolgingsgesag geword, nadathy Prokureur-Generaal in die Oos-Kaap en destydse Transvaalwas.

Prof Fanie van Jaarsveld was vir baie jare die Hoof van dieDepartement Handels-en Arbeidsreg by UP (1974–2007) en het’n enorme bydrae gelewer – en lewer dit steeds via Lexis-Nexisen artikels – tot die boekstawing en uitbouing van die arbeidsreg.Prof Henning Viljoen het sy entoesiasme vir die Reg bevestig deurvir drie jaar in die sewentigs in Leiden te gaan woon en daar ’ndoktorsgraad te verwerf. Hy het vanaf 1976 by Tukkies beginklasgee in Administratiefreg en is, na sy aftrede, ’n aktiewe proku-reur en het al twee termyne gedien as die Ondervoorsitter vandie Uitsaaiklagtekommissie.

Prof Johan Scott, hoof van die Departement Privaatreg by UP(1984 –2006) het Nico van der Merwe se kursus in die Deliktereguitgebou tot ’n vak waarmee vandag rekening gehou moet word,beide nasionaal en internasionaal. Die grondslag wat Nico gelê

* Al vier Dekane op verskillende stadia.

Page 22: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

21

het, het Johan beslis geïnspireer. Hy was ook vir jare as opvolgervan Prof W.A. Joubert, die redakteur van The Law of South Africa.Louis Harms, Fanie Mynhardt, Deon van Zyl, Willem van derMerwe,* Ezra Goldstein, Johan Smit en Frans Malan het regtersgeword en Louis Harms het in 2011 uitgetree as Adjunk-Presi-dent van die Hoogste Hof van Appèl. Frans is tans ’n Appèlregteren Piet Streicher, wat ook uit die sestigs se klasse kom, het verledejaar uitgetree as Appèlregter.

Sam Maritz SC, Peet Delport SC en Piet Oosthuizen SC is gesieneadvokate aan die Pretoria Balie. Piet was vir ’n tyd lank in dieakademie en was dekaan van die Fakulteit in die sewentigs enlater ook Vise-Rektor. Dirk Mostert was ook dekaan in die sewen-tigs, maar het ’n uitvoerende pos by SASOL aanvaar. Elkeen vandie dosente wat bydraes gelewer het, het ook besondere kontaktein die buiteland opgebou, sommige as gasprofessore in die VSA,Engeland, Europa en Australië en sommige as stipendiate vandie Alexander Von Humboldt Stiftung. Ek glo dat wat in die opvol-gende bladsye staan verteenwoordigend is van die hoë aansienen bewondering vir Prof Nico van der Merwe by die Universiteit,by Justisie, as gesag in die howe en as leier in die velde van Bot-swana. Ek sluit af met die treffende woorde van Johan Scott:

Wees daarvan verseker dat al u oudstudente waarmeeek oor die jare persoonlike kontak onderhou het, netsoos ek, ’n enorme waardering vir u doseer- en navor-singsvermoëns koester: u was in vele opsigte hier telande ’n pionier op die terrein van die regsonderrig –die leermeester wat ons geleer het dat die toepassingvan eenvoudige logika veelal meer om die lyf het as die

* Tans Adjunk-Regterpresident van Noord-Gauteng.

Page 23: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

22

nagaan van boekdele vol onverwerkte bronmateriaal.U sal vir my derhalwe altyd gestalte kry in die ou Ro-meinse spreekwoord: Aquila non captat muscas, wat deurErasmus van Rotterdam soos volg uitgelê is: Animus ex-celsus res humiles despicit.

Nico van der Merwe het beslis sy oud-studente en kollegasse lewens verryk!

Student 1961–65. Assistent van Nico 1965. BA LLB LLD(Pret).Dosent in Romeins-Hollandse Reg UP 1966-68; Hoof van Strafregby UP vanaf 1969 tot 1998;Adjunk-Dekaan 1984 –1996. SC vanaf1990. Hy het by die Pretoria Balie in 1998 aangesluit en tot metsy aanstelling as Raadslid by ICASA in 2007 praktiseer. Hy hetook, effektiewelik vir twaalf hoftermyne, vanaf 2003–2009 asregter waargeneem. Vanaf 1993 is hy die Voorsitter van die Uit-saaiklagtekommissie, en was ook Voorsitter van die Persraad(1991–1997) en Voorsitter van die Appèlraad oor Publikasies(1980–1990). Hy was in 2011–2012 lid van die Persvryheid Kom-missie onder voorsitterskap van Regter Langa, voormalige Hoof-regter.

Page 24: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

23

Fanie Mynhardt

Huldeblyk aan ’n Vriend: Nico van der Merwe

Om na ’n tydperk van 51 jaar se vriendskap ’n huldeblyk aaniemand soos Nico van der Merwe te skryf is moeiliker as wat ’nmens sou verwag. Waar begin jy, waarop behoort klem gelê teword en waar eindig dit? Soos altyd die geval behoort te wees, isdit aangewese om by die begin te begin.

Aan die begin van die tweede semester in Julie 1960 sit daareen werksoggend ’n klomp tweedejaarstudente, in Romeins-Hollandse Reg, in ’n lesingsaal by die binnemuurse kampus vandie Universiteit van Pretoria. Almal sit en wag dat die nuwe Pro-fessor in Romeins-Hollandse Reg, en ook Hoof van die Departe-ment, sy opwagting moet maak. Dit sal van hom afhang of enigeenvan hierdie studente iets blywends te wete sal kom van die tes-tate erfreg. Die professor se voorganger, Professor Daan Pont, hettot aan die einde van die eerste semester sy uiterste bes gedoenom iets van sy diepgaande kennis oor die intestate erfreg aan diestudente oor te dra. Ek was een van daardie studente.

Toe die tyd aanbreek stap die nuwe besem, wat so skoon souvee, die lesingsaal binne. Dit was Nico. Dit was my eerste ont-

Voordat Fanie ’n regter geword het, was hy ’n aanklaer, landdrosen betrokke by Justisie-Opleiding vanaf 1965 tot 1971. Daarnawas hy ’n lid van die Pretoria Balie, is aangestel as Senior Con-sultus deur die Staatspresident en het vir meer as vyftien jaar asregter gedien by die Noord-Gautengse Hooggeregshof. Talle vanRegter Mynhardt se uitsprake is gerapporteer. Hy woon tans bydie see in die Suid-Kaap.

Page 25: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

24

moeting met hom en ook die begin van ’n verhouding wat latertot ’n vriendskap sou ontwikkel en wat vandag nog, na 51 jaar,steeds bestaan.

Reeds in daardie eerste tydperk van ongeveer 6 maande watek by Nico klasgeloop het, het hy daarin geslaag om sekere lewens-waarhede by my in te prent. Die belangrikste hiervan was dat ’nmens altyd beginselvas moet wees. Telkens moet jy soek na diebeginsel wat ter sprake is en aan die hand daarvan die probleemwaarmee jy worstel op te los. Dit was dan ook hierdie benaderingwat vir my die sleutel was tot ’n behoorlike begrip van die “delik-tereg”, of “die reg insake die onregmatige daad”, soos wat hierdievakgebied later in Nico en wyle appèlregter PJJ Olivier se boekDie Onregmatige Daad in die Suid Afrikaanse Reg, bekend gewordhet.

In 1965 het ek en Nico kollegas geword by die destydse Justisie-Opleiding, ’n afdeling van die departement van Justisie. Onskantore was in Schoemanstraat, Pretoria gesetel. Ons was bure inaangrensende kantore. Ons was altwee dosente aldaar maar,natuurlik, in verskillende vakke of onderwerpe. Op daardie sta-dium, en ook vir ’n paar jaar daarna, was ek en hy in ’n andergebou gehuisves as die ander personeel en studente. Ons wasietwat afgesonder. Dit het Nico nie ontsenu nie. Met sy onblusbaresin vir humor en sy vermoë om die beste van ’n slegte saak temaak, het ons twee se kantore gou-gou bekend geraak as “DieGate”. Dit is daar dat Nico en wyle Pierre Olivier se vermeldeboek in 1966 die eerste druk beleef het. Daarna het daar natuurlik’n hele paar ander uitgawes die lig gesien. Dit was ook vanuit“Die Gate” waar Nico en Charles Rowland se boek Die Suid-Afri-kaanse Erfreg in 1969 sy eerste uitgawe beleef het met latere uit-gawes daarna, die laaste waarvan in 1990 verskyn het.

Uit die aard van die saak het ek voordeel getrek uit Nico sebreë en diepgaande kennis van verskillende afdelings van ons

Page 26: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

25

reg. Hy het nie net daarvan ’n goeie kennis gehad nie maar ookvan, glo my, Latyn en Grieks. Ek was self in daardie jare by dieUniversiteit van Suid-Afrika besig met die studie van Latyn wattoe nog vereis was vir die LLB graad wat jou toegang tot die Balieverleen het om as ’n advokaat te kon praktiseer. Vir my was diegerundium en gerundivum as grammatiese verskynsels diespreekwoordelike grieks. Ek het by Nico kers opgesteek. Hy wasop daardie stadium besig om op Saterdae klasse aan te bied virstudente in Gauteng wat, soos dit destyds bekend was, Voorbe-reidende Latyn as vak gehad het. Ek sal Nico altyd dankbaar weesvir sy hulp en voorligting aan my.

Synde “in die staatsdiens maar nie van die staatsdiens” soosNico by herhaling sy siening van sy beroep getipeer het, moes hyook aan die destydse geldende merietebepaling, wat ’n vereistevir bevordering in rang was, onderwerp word. Dit het betekendat hy, wat regters en landdroste by geleentheid skerp gekritiseerhet oor hul uitsprake, self ervaring in die landroshof as voor-sittende beampte moes opdoen. Dit sou die eerste keer in sy lewewees dat hy hom in daardie posisie bevind.

Aangesien ek so baie geput het uit die fonteine van Nico sekennis, was dit vir my ’n groot voorreg om aan te bied dat ekhom sal bystaan in die hof. Ek het toe al ’n hele paar jaar ervaringas staatsaanklaer en streekhofaanklaer gehad en was natuurlikook by Justisie-Opleiding betrokke by die praktiese opleiding vanstaatsaanklaers. Ek het toe as staatsaanklaer opgetree in al diesake wat Nico verhoor het. Dit was vir my ’n (klein) blyk vanwaardering vir die groot invloed wat die wyd belese en begaafdekollega op my en my lewe gehad het. Nodeloos om te sê, Nicohet toe sy bevordering gekry.

’n Mens moet nie dink dat Nico net die spreekwoordelikeboekwurm is of was nie. Inteendeel. Weliswaar is hy geseënd met’n groot intellek en beskik hy oor ’n besondere vermoë om sy vak

Page 27: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

26

te doseer, maar hy is ook in sy wese ’n natuurmens. Hy kan jouvergas met menige staaltjies oor sy safari’s in Botswana en diehuidige Zimbabwe. Gedurende die jare wat ons saam was byJustisie-Opleiding het hy ’n hele paar safari’s na Botswana onder-neem. Ek is vandag nog spyt dat ek nie een daarvan meegemaakhet nie. Sover my kennis strek besit hy nog steeds die (getroue)Landrover waarmee hy en ’n paar genooides altyd na Botswanagereis het. Nietemin, die stories wat hy daarna te vertel gehadhet oor sy wedervaringe het by my en my eggenote ook die be-geerte aangewakker om die “boendoes” te besoek. So het ditgebeur dat ons in September vanjaar weer, vir die hoeveelste keer,in Botswana was en weer die “Delta” besoek het.

In 1971 het ek bedank uit die departement van Justisie. Uit-eindelik het ek die privaat praktyk betree en so het my en Nico sepaaie as kollegas geskei. Hy het daarna voortgegaan met sy grootseen onselfsugtige taak by Justisie-Opleiding waarvan hy later dieHoof geword het van wat toe bekend was as Justisie-Kollege. Hyhet daardie pos beklee tot en met sy aftrede ’n paar jaar gelede.

Dit is vir my ’n besondere eer en voorreg om deur middel vanhierdie kort (onvolledige) geskrif hulde te bring aan ’n groot geesmet ’n besondere insig en liefde vir die reg. Ek is opreg dankbaardat my en Nico se paaie gekruis het en dat ek ook my lewe tot enmet my aftrede aan die reg kon wy. My liefde vir die reg het ekaan my vriend, Nico van der Merwe, te danke. Nico, dankie daar-voor.

Page 28: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

27

Louis Nel

Geagte Professor van der Merwe

Ek was werklik bly toe Kobus van Rooyen my inlig van u 80steverjaarsdag en my ’n geleentheid gee om u ook van harte gelukte wens. Ek hoop u verjaardag sal ’n aangename dag wees en ’ngesonde en ’n gelukkige nuwe lewensjaar word u toegewens.

Ek het vir u as my professor die hoogste moontlike agting gehaden het dit inderdaad nog steeds. Toe Kobus my skakel het mygedagtes teruggegaan na 1960 toe u u dienste by die Universiteitvan Pretoria begin het en ek in my laaste jaar LLB was. Ek wil u

Daniel Jacobus Louis Nel, beter bekend as Louis, is gebore in1937 in Johannesburg en het gematrikuleer aan die FloridaHoërskool waar hy in sy matriekjaar hoofseun was. Hy het ge-kwalifiseer by die Universiteit van Pretoria as ’n buitemuursestudent en ontvang BA en LLB grade. Hy het doseer in Romeins-Hollandse Reg in 1961 aan die Universiteit, maar praktiseer indie Johannesburg se balie vanaf 1963 tot 1970 toe hy Parlements-lid geword het. Tot einde 1986 was hy opvolgend Adjunk-Mi-nister van Lande, Adjunk-Minister van Buitelandse Sake enAdjunk-Minister in die Presidensie belas met Inligting. In 1984was hy mede-voorsitter van die Gesamentlike Veiligheids-kommissie kragtens die Komati-Verdrag tussen Mosambiek enSuid-Afrika. In 1985 het hy die Suid-Afrikaanse Buro van Inligtinggestig en was segsman van die Suid-Afrikaanse regering in Suid-Afrika en in die buiteland. In 1986 het hy ’n toekenning ontvangas Nuusmaker van die Jaar in Suid-Afrika. In 1987 het hy opgehouom lid te wees van die Parlement en praktiseer daarna as proku-reur. Hy lê hom toe op Hoë Hof litigasie en kommersiële regs-aangeleenthede.

Page 29: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

28

herinner aan wat tot vandag toe vir my ’n belangrike oomblikwas. Advokaat Chris Joubert, later Appèlregter, was ’n advokaat-dosent wat klas gegee het vir die eerste en tweede jaars. AdvokaatChris Joubert was ’n man wat hoogs geleerde artikels gepubliseerhet, soos sy latere appèlhofuitsprake inderdaad getuig het.

U het my gedurende die tweede helfte van die jaar ingeroepen my die volgende vertel wat een van die sakeregstudente aan uoorgedra het: aan die einde van ’n sakeregklas het advokaatJoubert ’n boek aan die punt van die buiteblad gevat, in die luggehou en iets soos die volgende gesê: “Ek het hierdie vaal ouboekie in die boekwinkel gesien. Ek het die boekie gelees. Toesien ek dat ek in die boekie gekritiseer word. Ek wil net vir jullesê dat enige een wat dink wat in die boekie staan is reg en dat ekverkeerd is, sal dop!”

Advokaat Joubert het toe teatraal die boek op die grond laatval en uit die klas gestap. Die studente het uiteraard die boekopgetel wat toe blyk u doktorale tesis te wees! U het toe besluitom die latere appèlregter se dienste na afloop van die akademiesejaar nie weer te hernu nie.U het vir my gevra wat my planne virdie toekoms is en ek het gesê ek wil balie toe gaan. U het toe virmy die pos aangebied.

As student het ons ook altyd u gewaardeerde hulp en onder-steuning geniet. Die uitnemendste voorbeeld was toe ons asregsvereniging op ’n Saterdag ’n simposium gereël het met dieonderwerp Die Kodifikasie van die Suid- Afrikaanse Reg. Ons hettwee akademiese bulle gehad wat verskillende sienings oor dieonderwerp geargumenteer het, naamlik professore J.C. de Weten H.R. Hahlo. Die simposium, wat ’n groot sukses was, was ookdeur ’n paar regters bygewoon wat wyle Oscar Galgut ingesluithet. U het professor J.C. de Wet van Stellenboch oorreed om diesimposium te kom toespreek. Dit was die hefboom om professorHahlo op dieselfde verhoog te kry.

Page 30: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

29

Buitemuurse studente is nie partytjiemense nie, maar aan dieeinde van November van ons finale jaar was ’n uitsondering. Onsas klas het by die Fonteine saam met u vleis gebraai. Dit was ’nwonderlike aand. U spitsvondige humor en bereidheid om ooksaam met ons fees te vier was uitsonderlik.

Gedurende 1961 het ek gevolglik in u department gedoseer,wat ek baie waardeer het.

My herinnering van u is die van ’n helderdenkende regs-geleerde wat enige regsituasie of probleem op die suiwerste basiskon stel en oordra, ’n gawe waaroor min praktisyns en akademicibeskik. U het 50 jaar gelede op my ’n onuitwisbare indruk gemaak.U word onthou vir die groot talente en kragtige persoonlikheidwat u openbaar het.

Ek wens u alles wat goed is toe vir die toekoms!

Page 31: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

30

Esmé en Willie du Plessis

Geagte Professor van der Merwe

Beste NicIn 1962, toe ons finale jaar LLB-studente was in die Regsfakulteit

van die Universiteit van Pretoria, was jy ons leermeester Profes-sor van der Merwe. In die jare sedertdien het jy, sekerlik in onsgedagtes maar ook in werklikheid, ons vriend Nic geword. Dit isdus vir ons, jou oud-studente, ’n besondere geleentheid om nou,

Esmé Desiré du Plessis (gebore Muller) het BSc (1958) en LLB(1962) grade aan die Universiteit van Pretoria behaal. Sy doenhaar klerkskap by Adams & Adams, Pretoria en, na die sukses-volle voltooiing van die Patentagent-eksamen (1963) – die eerstevrou in Suid-Afrika wat dit bereik het – en die prokureurs-toelatingeksamen (1964) word sy as ’n vennoot by Adams &Adams toegelaat (1966) – die eerste vroulike vennoot van diefirma. Na haar aftrede in 2004 is sy aangestel as ’n voltydse se-nior konsultant by die firma, waar sy steeds werksaam is. Syspesialiseer in patente, industriële modelle, outeursreg, interna-sionale instrumente en aspekte van intellektuele goedere-reg.Esmé het haar bande met die Universiteit behou, en het virmeer as 15 jaar op die Raad van die Universiteit van Pretoriagedien, vir agt jaar as Voorsitter – die eerste vrou in Suid-Afrikawat op ’n Universiteitsraad en as Raadsvoorsitter verkies is. Syis ook deel van die Adams & Adams span wat, as ’n gesamentlikeinisiatief met die Regsfakulteit van UP, die Sentrum vir Intel-lektuele Goederereg gevestig het. Deur hierdie Sentrum wordkort kursusse en seminare aangebied asook ’n spesialis LLM-kursus met vier modules wat fokus op veskillende vakgebiedein die veld van Intellektuele Goederereg. Sy is in 1992 as Raadslid

Page 32: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

31

50 jaar later, by die viering van jou 80ste verjaarsdag, vir ’n wylesaam met jou stil te staan en ’n terugblik na daardie vroeë jare inherinnering te roep.

Ons was tien studente in die finale jaar-klas van 1962; ek wasdie enigste meisie, nog onder my nooiensvan, Esmé Muller. Saammet ons in die klas was Willie du Plessis, met wie ek later in diehuwelik getree het en wat die trotse Pa was van ons drie seuns.Nic, jy het by ons troue in 1964 die heildronk op die bruidspaaringestel; ons het jou boodskap van “saam studeer, saam pret maak,saam werk, en saam leef en streef” met ons saamgedra en uitgeleef– tot Willie vroeg in 1988 so ontydig heengegaan het.

Jy sal nie onthou dat ek bevoorreg was om heelwat van dieakademiese pryse van destyds in te palm nie: die W.F. van der

van die Prokureursorde van Transvaal verkies en later as Presi-dent – weer eens die eerste vrou in Suid-Afrika om in daardiehoedanigheid te dien. In 1997 word sy die Vise-President vandie nasionale Vereniging van Prokureursordes, en in 1998 dieMede-Voorsitter, saam met Dr Willie Seriti van die Black Law-yers Association, van die nuut ingelyfde, geïntegreerde LawSociety of South Africa.

Esmé het oor die jare heen op vele professionele liggamegedien: Raadslid en President van die Prokureursorde van Trans-vaal; Mede-Voorsitter van die Law Society of South Africa; Presi-dent van die Suid-Afrikaanse Groep van AIPPI (InternationalAssociation for the Protection of Intellectual Property); Voorsittervan die Statutêre Patent-Eksamenraad; Voorsitter van die Raadvan die Universiteit van Pretoria; Onder-Voorsitter van dieStatutêre Advieskomitee vir Intellekuele Goederereg; Buiten-gewone Professor, Regsfakulteit, Universiteit van Pretoria; Bui-tengewone Professor, Regsfakulteit, Universiteit van Suid-Afrika;Voorsitter, Staande Komitee vir Intellektuele Goederereg, LSSA;Voorsitter, Staande Komitee vir WTO/GATS, LSSA; Mede-Voor-sitter, Internasionale Komitee vir WTO/TRIPS, AIPPI; Voorsitter,Internasionale Komitee vir Kommunikasie, AIPPI.

Page 33: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

32

Merwe-prys vir die beste eerste-jaar student; die Dr Moses Bliss-prys vir die beste student in Siviele Prosesreg; die Grotius-pen-ning vir die beste finale-jaar student; en dan nog Dux Erekleure.Wat jy wel sal onthou is dat ek ook dikwels vasgeval het: jy het byons troue, in die loop van jou toespraak en tot groot vermaak vanal die gaste, en tot my uiterste verleentheid en my moeder setotale skok en Willie se grootste pret, die mededeling gemaak datek een jaar Romeins-Hollands II totaal gedop het! (Ek het weldaardie jaar agt vakke gehad – skrale troos.) Maar weet jy, as eknou daaraan terugdink dan besef ek dat dit eintlik ’n waardevollelewenswenk was: ’n mens moet jou mislukkings in die gesig kykom dit te kan oorwin en daaroor heen te kan beweeg. Ek sal joualtyd dankbaar bly vir hierdie waarheid.

Nou, ’n halfeeu nadat ons in jou klas gesit het en jou begrip enkennis van die reg ingedrink het, wil ek aan jou sê: baie dankie!Baie dankie vir wat jy my geleer het – dit was veel meer as net ’nbewussyn en begrip van die beginsels onderliggend aan ’n reg-stelsel: jy het my geleer om krities te dink: probleme in die gesigte kyk en te analiseer en te evalueer en dan op te los; jy het mygeleer om sonder oogklappe te leef: om vorentoe maar ook sy-waarts te kyk, om geleenthede raak te sien en te benut; jy het mygeleer om in myself te glo: om te strewe na die beste, om myideale na te volg en te glo dat ek dit sal verwesenlik!

Nou iets oor Willie. Willem Jordaan (Willie) du Plessis het BA (1960)en LLB (1962) grade aan die Universiteit van Pretoria behaal, en’n HDipl (Belastingreg) aan die Randse Afrikaanse Universiteit.Hy doen sy klerkskap by Rooth & Wessels, Pretoria, en word, nasy toelating as prokureur, as vennoot by daardie firma toegelaat.Hy het vroeg reeds sterk leierskap-eienskappe getoon, en is opdie volgende rade en bestuursliggame verkies:

Page 34: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

33

Bestuurslid van die Vereniging van Pretoria ProkureursRaadslid van die (destydse) Prokureursorde van die TransvaalLid van die Fakulteitsraad van die Regsfakulteit van die Universiteit

van PretoriaVoorsitter van die (destydse) ConstantiaklubVoorsitter van Rooth & Wessels (laat 1970s).

As die prokureur en regsadviseur van die Reserwebank en dieDepartement van Finansies van die destydse regering, het hy ’nbelangrike rol gespeel in die sogenaamde Skuldstilstand wat in1985 by wyse van ’n Presidensiële Proklamasie aangekondig is.Willie is aangestel as ’n lid van en raadgewer vir die sogenaamdeSkuldstilstand Koördinerings-komitee onder leiding van Dr ChrisStals, wat verantwoordelik was vir die formulering van die soge-naamde Skuldstilstand-wysigings van die Deviesebeheer Regu-lasies.Hierdie Komitee was ook verantwoordelik vir die interna-sionale aksies en onderhandelinge om internasionale erkenningen aanvaarding te verkry vir die Skuldstilstand, en om die terug-betaling van Suid-Afrika se buitelandse skuld (wat ingetree hetna die grootskaalse fondsonttrekking uit die land na 1976) by wysevan ooreenkoms te skik. Dit het beteken dat hy gedurende dielaaste jare van sy lewe voortdurend in die buiteland was en ondergroot werksdruk verkeer het. Toe die verskeie ooreenkomste omdie Skuldstilstand te bewerkstellig uiteindelik in 1987 gefinaliseeris, het ons, sy gesin, nie besef dat hierdie taak sy tol geneem hetnie en dat Willie binne ses maande sou heengaan nie. Hy hetegter wye erkenning ontvang, hier te lande sowel as in die buite-land, vir sy rol in daardie moeilike tydperk in Suid-Afrika segeskiedenis.Ek het al dikwels gewonder welke hoogtepunte Willienog sou bereik het, indien sy lewe nie so vroeg beëindig is nie.

Vir die tye wat ons as studente in jou klas kon deurbring envan jou kon leer: baie dankie! Op hierdie spesiale dag in jou lewe:baie geluk! Opregte groete!

Page 35: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

34

Louis Wessels

Prof Nic het by Tukkies gekom tydens my voor-finale LLB jaar. Syimpak op die Fakulteit was onmiddellik. Hy was ’n energiekedosent met uitmuntende voordrag en g’n oomblik kon sy studentese gedagtes dwaal nie. Hy het die beginsel van subjektiewe regby ons tuisgebring en ons geleer om logies en analities te dink.Hy het ’n kleintjie dood gehad aan “regshistoriese” proefskrifte.Bygesê, sy kennis van die reg was breed en nie beperk tot dieprivaatreg nie.

Vyftig jaar later het ek nog ’n helder prentjie van sy klasse. Systempel op my loopbaan as regspraktisyn was blywend en groot.

Op sy 80ste verjaarsdag bring ek graag hulde aan ’n sonderlingeman wat diep spore in die Regte getrap het!

Louis was vir 36 jaar in die sy-balie waar hy in 1999 uitgetree hetas Praktyksvoorsitter van Rooth & Wessels, Pretoria. Hy het daar-na aangesluit by die Raad op Finansiële Dienste as Hoof van dieRegsafdeling en op 72 dien hy steeds in die Afdeling. Sy merk-waardige insette op hierdie uiters belangrike deel van ons Reg,is alombekend. Die spore van sy ervaring is duidelik merkbaarin die verbandhoudende wetgewing en regulasies asook diesukses van die Raad met ondersoeke.

Page 36: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

35

Giel Reinecke

Prof Nico het in 1960 by Tukkies aangesluit, so in die middel vandie jaar as ek reg onthou. Ek was lid van die groep studente watsy eerste lesing in die destydse Privaatreg-V bygewoon het. Ons

Giel het by Tukkies afgestudeer en is in 1963 by Unisa as lektorin die department handelsreg aangestel. In 1967 is die RandseAfrikaanse Universiteit gestig en toe was daar ’n uittog van Unisaregsdosente, onder leiding van prof J.C. van der Walt, na Johan-nesburg. Hy is in die department handelsreg aangestel en is in1973 tot professor bevorder. Uiteindelik, volgens hom, het hy nadie department privaatreg ge-emigreer. Hy was verskeie jarevoorsitter, eers van die department handelsreg en later van diedepartment privaatreg. Hy het ook aan die hoof van die sentrumvir versekeringsreg gestaan. Vanaf 1976 tot 1977 was hy dekaanvan die regsfakulteit. In 1999 het hy afgetree en in 2003 by diekantoor van die ombudsman vir langtermynversekering aan-gesluit waar hy ’n assistent-ombudsman was tot Februarie 2010.Dit was goeie jare. Sy belangstellingsgebiede is die versekerings-reg en die kontraktereg. ’n Stuk of 70 publikasies het uit sy penverskyn onder meer oor die begrip skade en verskeie verseke-ringsregtelike en kontrakteregtelike onderwerpe. Hy was mede-outeur van drie boeke, eerstens die boek oor die kontraktereg,Contract General Principles (saam met Van der Merwe, Van Huys-steen, Lubbe en Lotz) wat ook in Afrikaans vertaal is. Die vierdeuitgawe het onlangs verskyn. Tweedens is daar General Princi-ples of Insurance Law, ’n oordruk van LAWSA vol 12. Twee vandie samewerkers is Schalk van der Merwe en J.P. van Niekerkvan Unisa. Die derde uitgawe van hierdie werk is tans in voor-bereiding. Derdens is daar die boek Life Insurance in South AfricaA compendium (2009) saam met appèlregter Nienaber. Tans woonhy en sy vrou Maritha in Pretoria. Hulle het twee seuns.

Page 37: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

36

het gou-gou die winde van verandering beleef. Vernuwing wasaan die orde van die dag. Met die intrapslag het ons die raadgekry dat ons maar ons ou notas kan weggooi. Van toe af hetdinge gebeur, teen ’n spoed en ons is aan die nuutste denkrigtingsblootgestel.

Die studente het uitgesien na die drie periodes per week watin ’n enkele sitting van so ’n stuk of twee uur afgehandel is. Wil jyglo, niemand was ooit vir ’n oomblik verveeld of moeg nie. Niealleen regstudente nie, maar ook studente van ander fakulteitehet by geleentheid sy lesings bygewoon.

Prof Nico se geesdrif en entoesiasme vir die regswetenskap wasaansteeklik. Hy het meermale van ’n droë dis ’n feesmaal gemaak.Opvallend was sy prinsipiële benadering tot die reg. Vir hom hetdit altyd gegaan oor grondbeginsels en nie oor ’n aaneenstrenge-ling van gewysdes en onnodige besonderhede nie. Hierdie eiens-kappe het gemaak dat sy studente ’n liefde vir sy vakgebied endie regswetenskap in die algemeen ontwikkel het.

Prof Nico het ’n houvas op sy studente gehad en sy invloedwas so sterk dat party oudstudente in later jare probeer het omhom na te aap maar, helaas, daar was en is maar net een Nico vander Merwe.

Prof Nico het van ’n lewendige debat gehou en hy was gladnieliggeraak as dit by kritiek kom nie. Of hy nou gepraat of geskryfhet, het hy hom altyd op ’n spitsvondige en kleurvolle wyseuitgedruk. Dit het studente aangevuur om self te probeer skryf.Ek onthou my kollega Schalk van der Merwe en ek het dit eenkeergewaag om in die THRHR te beweer dat hy nie skadevergoedingop grond van voorkontraktuele wanvoorstelling reg bereken nie.Dit het ’n hele sage afgegee met opskrifte soos “Wanvooorstellingsoor wanvoorstelling.” Uiteindelik moes ons lees dat ons argu-mente van ’n “sonderlinge denkproses” getuig en daarmee hetons die stryd verloor!

Page 38: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

37

Nico van der Merwe was ongetwyfeld die ster van Tukkies seregsfakulteit van daardie jare, daaroor is almal dit eens. Hy het syreputasie opgebou ten spyte daarvan dat hy nie baie jare aanTukkies verbonde was nie. Sy reputasie leef voort in die gedagtesvan sy oudstudente.

Beste wense aan Nico Van der Merwe met sy tagtigste ver-jaarsdag op 19 November 2011!

Page 39: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

38

George Barrie

Beste Nic

Komende van die platteland in die skadu van die Waterberge tewete Potgietersrus, en ’n produk van die Hoërskool Piet Potgieter,was my landing by die regsfakulteit van die Universiteit van Pre-toria en Sonop Tehuis traumaties.

Na sy tyd as publieke aanklaer en daarna staatsadvokaat in Jo-hannesburg en Pretoria raak die roepstem van verdere studieste sterk en spandeer George Barrie ’n jaar by die Institute forAdvanced Legal Studies in London met navorsing vir sy LLDwat hy in 1970 behaal met Chris Schmidt as promotor. Unisa seregsfakulteit en die beginjare van die Randse Afrikaanse Univer-siteit se regsfakulteit was die begin van sy akademiese loopbaan.Laasgenoemde is vir 10 jaar onderbreek toe hy as senior regsa-dviseur van die Departement Buitelandse Sake diens gedoen het.Na hierdie 10 jaar is hy in 1981 terug na die Randse AfrikaanseUniversiteit waar hy, behalwe met ’n kort onderbreking in 1990toe hy aangestel is as Hoofstaatsregsadviseur (internasionale reg),sy akademiese loopbaan voltooi het. Die laaste drie jaar van syakademiese loopbaan was hy Dekaan van die Regsfakulteit.Dieakademie was alles wat hy, volgens hom, verwag het en hy wordbesoekende professor by die Vrye Universiteit van Brussel; NotreDame Universiteit Australië te Fremantle en die SaskatchewanUniversiteit te Saskatoon in Kanada. By laasgenoemde twee lêhy tans jaarliks besoek af en bied lesings aan. Die “publish orperish” aandrang van die akademie het hom goed gepas; hy konhomself uitleef in artikels in regstydskrifte, bydraes in verskeieteksboeke, ’n boek Topical International law (Butterworth) en ’nmonograaf Self-determination in Modern International Law (KonradAdenauer Stiftung).

Page 40: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

39

Al wat ek iets van geweet het was tabak, lemoene en grond-boontjies.

Ten spyte van die uiterste goed-bedoelde pogings van DaanPont, Chris Joubert en Peet Nienaber (laasgenoemdes later vandie appèlhof) was die reg vir my ’n misterieuse veld gewees. Soveelso dat ek steeds aan die einde van die tweede jaar BA(Regte) geglohet wat die voorligtingsbeampte van die universiteit my aangeraaihet om te doen na die reeks eerstejaars aanlegtoetse: “Die regstudieis nie vir jou nie. Jou toekoms lê op die spoorweë. Begin sommerby die Pretoriase stasie.”

Met veel genade van Bo en ongetwyfeld swak syferwerk vandie dosente beland ek in 1961 in die derde jaar BA(Regte) – eenvan 8 uit ons oorsponklike 32 eerstejaars. En in daardie stadiumgebeur ’n wonderlike ding met my. My lewenspad kruis met PierreOlivier (later appèlhof) en ene Nic van der Merwe. Aangesien dithier oor Nic van der Merwe gaan, bepaal ek my voorts by jou.

Jy was soos ’n weerligstraal op my lewe – op my lewe as stu-dent, op my beskouing van die reg en op my opinie van die aka-demie. Skielik geniet ek my studies; skielik verstaan ek waaroordie reg gaan; skielik kan ek nie wag vir die deliktereg lesing om tebegin nie; skielik sien ek uit na toetse en eksamens – veral in diedeliktereg en die privaatreg vakke wat jy later vir ons in die LLBjare aangebied het. Skielik kry ek in die vakke deur jou aangebiedredelike punte: vir my wat ’n summa cum difficultate student was,was 73% wat jy my konstant gegee het, goed gewees. (Ekbekommer my vandag nog oor wat van die orige 2% geword het).

Jou fisiese, grafiese en intellektuele aanbieding van die vakkewat jy vir ons aangebied het, was ’n Oscar toekenning werdgewees. Vandag nog sien ek jou beskrywing van Regal v AfricanSuperslate Pty Ltd 1963 (1) SA 102 (A) en The Wagon Mound (Over-seas Tankship (UK) Ltd) v Morts Dock and Engineering Co (Ltd) 1961AC 388 (PC) helder in my gedagtes.

Page 41: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

40

Jou juridiese twis met Paul Boberg oor ’n beginsel van diedeliktereg in die vroeë 1960’s het vir ons studente neergekom op’n burgeroorlog tussen twee groepe weerskante van die Apies-rivier. Hierdie twis het uitgeloop op ’n skynhof oor die onderwerpop die universiteit van die Witwatersrand se kampus tydens ’nregsintervarsity. Die SALJ en THRHR het ook heelwat myle uithierdie twis geput.

Wat ook nog helder in my gedagtes is, is jou liriese beklemtoningvan die uitgangspunt dat ons regsprobleme volgens ons ge-meenregtelike bronne beslis moet word en dat ons reg nie deurdie Engelse reg vervang is nie. Ook dat die Engelse juridiesekasuïstiese benadering taboe is. Hier het Lord Johan Hendrik DeVilliers, (Eerste Baron de Villiers van Wynberg 1910; KB 1877;KCMG 1882; Privy Counsellor 1897; hoofregter van die Unie vanSuid-Afrika 1910–1914) kwaai onder jou deurgeloop. VolgensEllison Kahn (in Dictionary of South African Biography I (1968) 224,227) was AA Roberts “justified in concluding that De Villiers wasnot a profound scholar of Roman Dutch Law.” Hierdie feit het jydaagliks met groot entoesiasme en absolute venyn verkondig –met ’n paar “hoor, hoor ’s” uit die studente geledere. Een en elkestudent wat al ooit by jou klas gehad het (of dit by die Regsfakulteitvan die Universiteit van Pretoria was of by Justisie Opleiding) isdit eens dat jy die mees uitstaande dosent was wat hulle ooitteëgekom het. Meer kan mens nie sê nie behalwe wat elkeen vanons na ons studies by jou uitgeroep het: “animis opibusque parati!”

Weens die invloed wat Chris Schmidt (jou destydse kollega)op my gehad het, het ek my latere lewe aan die staats- adminis-tratief- en internasionale reg gewy. Danksy jou invloed het ekegter die akademie vir bykans 28 jaar my nering gemaak. Jy hetmy oortuig deur jou voorbeeld dat dit ’n edele beroep kan wees –qui docet discit.

Beste wense – ons vier almal saam jou verjaarsdag.

Page 42: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

41

Louis en Irene Harms

Professor N.J. van der Merwe, toe 29 jaar oud, het tussen adv drC.P. Joubert en dr P.M. Nienaber gesit in ’n kantoor agter die OuLettere-gebou toe ek as eerstejaar my mondelinge eksamen inRomeins-Hollandse Reg I oor Familie- en Personereg moes aflê.Die ervaring was nie juis verkwiklik nie, maar dit sou ek nie aanprof Nico toeskryf nie. Die ander twee was mans genoeg om joulewe miserabel te maak.

Mettertyd het ek prof Nico se assistent geword en toe, in 1965,sy kollega, weliswaar in ’n ander departement, Handelsreg. (Insy klas het ek ook my eggenote, Irene Rumpff, ontmoet. Ons het

Louis Harms was ’n Regter in die Hoogste Hof van Appèl vanaf1991. Hy was ook die Adjunk- President van die Hof en neem insy laaste kwartaal as President waar. Hy is ’n cum laude studentvan UP en ’n Ere Doktorsgraad van die Universiteit van dieVrystaat is onlangs aan hom toegeken. Hy is getroud met IreneRumpff, ’n nie-praktiserende advokaat. Hulle het drie seuns ensewe kleinkinders.

Louis was aktief in die professionele lewe en het plaaslik eninternasionaal die advokate-professie verteenwoordig. Hy hetin 1981 Sy geneem en is as Regter aangestel in 1986. Hy was opdie komitees vir die skryf van die Wet op Patente en oa dieHandelsmerkewet en was die voorsitter van laasgenoemdekomitee. Hy het Suid-Afrika verteenwoordig op verbandhou-dende internasionale liggame, onder andere, ook as voorsitteren onder-voorsitter. Hy het reeds twee handboeke or die SivieleProsesreg die lig laat sien. Hy is ook die senior redakteur van dieensiklopediese The Law of South Africa. Hy het ook plaaslik eninternasionaal artikels oor die gebiede geskryf. Sy Vonnisbundeloor die afdwinging van outeursregte, wat in Genève gepubliseer

Page 43: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

42

darem tussen-in gestudeer.) Mnr P.J.J. Olivier, prof Nico se lateremede-outeur, was my eweknie by RHR.

Beide prof Nico en ek is aan die einde 1965 weg by die Uni-versiteit – hy na Justisie-opleiding en ek balie toe. Dáár het mypad weer met dié van Chris Joubert en Peet Nienaber gekruis:ons was kollegas; later ook in die Appèlhof. Pierre Olivier hetmettertyd by ons aangesluit. Prof Nico (dis soos hy in my geheuevassteek – die ‘Doktor ’ val vreemd op die tong) het uit my ge-sigsveld verdwyn. Ek glo dit dat dit nie slegs my skuld was nie.As ek hom op straat raakgeloop het (en dit was laas ten minste 30jaar gelede), het hy vriendelik gegroet en verder geloop.

Met sy Steyn-familie het ek egter noue kontak opgebou. Disalgemeen bekend dat prof Nico ’n kleinseun van pres Steyn is. Syvader, dr N.J. van der Merwe, was die leier van die NasionaleParty in die Vrystaat en sy moeder, Tibbie Visser, het na sy vader

is, beleef tans sy derde uitgawe en word in Sjinees vertaal. Hyhet voorgesit by die hersiening van die Strafproseswet en dieformele erkenning van pleit-ooreenkomste is aan hom te danke.Hy is ook steeds verantwoordelik vir die etiese riglyne wat virSA regters geld. Louis het talle lesings oor verbandhoudendegebiede nasionaal en internasionaal oor die jare gelewer, onderandere in die VSA, Kanada, Engeland, Skotland, Holland, Frank-ryk, Switserland, Duitsland, Hongarye, Poland, Rusland, Oekra-ine, Hongarye, Roemenië, Jordanië, Soedan, Ethiopië, Zim-babwe, Nigerië, Ghana, Mauritius, Mosambiek, Indië, Maleisië,Japan en Meksiko. Hy het op die Raad van UP gedien en wasvoorsitter van die UK van die Raad. ’n Raadsmedalje is aan homtoegeken. Hy is Buitengewone Professor by die UOVS, waar hyook ’n Cum Laude toekenning ontvang het. Hy is ’n buitengewoneProfessor by UP.

Irene(gebore Rumpff), ’n nie-praktiserende advokaat, het haarlewe gewy aan gestremdes; veral blindes. Sy het op meer as eenraad gedien en was oa nasionale voorsitter van Bandhulp virBlindes. Sy was ook ’n lektrise by UP, Unisa en die Technikon.

Page 44: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

43

se vroeë dood met dr Visser getrou. Laasgenoemdes was die leiersvan die Voortrekkerbeweging in my prille jeug. Hoe dit ook al sy,die ander Steyn-kinders was Sappe, bloedsappe. Colin Steyn wasMinister van Justisie onder Jan Smuts. Sy twee seuns het ’n grootrol in my lewe gespeel. Jan, die jongere, was ’n patente-prokureurwat my van jongs af gesteun het en die immateriële goedereregvir my toeganklik gemaak het. Theunie, die ouere, het my asadvokaat gelei in ’n belangrike onteieningsaak en ons was danook kollegas op die AA.

Ek noem hierdie kollaterale feite omdat ek tydens my omgangmet Jan en Theunie altyd bewus was van die briljante genes wathulle met prof Nico gedeel het: Renaissance mense; anderste;entoesiaste vol lewenslus; aweregs; kommunikeerders; het allesvan alles geweet. Hulle het gedink, wyd gedink, diep gedink,oorspronklik gedink. Met net meer as ’n skeutjie eksentrisiteite.

Om terug te keer na die onderrig wat ek by prof Nico ontvanghet: hy was onteenseglik die dosent wat die grootste indruk opmy gemaak het. Hy het sy vakke, al was hulle ook hoe “droog”,met entoesiasme voorgedra; vol humor; vol verrassings. Alles indie oortreffende trap.

Hy het die reg soos die natuurwetenskappe benader – eintliksoos wiskunde. As ’n besondere regsreël nie binne sy formuleringvan ’n algemene beginsel geval het nie, was die reël, en nie diebeginsel nie, verkeerd. Hy het ons geleer om oorspronklik te dink;om met laterale visie na ’n probleem te kyk.

In sekere opsigte het ek nie alles wat hy my wou leer, gevolgnie. Hy het nie veel van die regspraktyk gedink nie en het myprobeer oorreed om nie die akademie te verlaat nie. Jammer, Prof,ek het my jare aan die balie terdeë geniet. Daar het ek ook geleerdat die suiwer wetenskaplike benadering nie altyd werk nie, veralnie in ’n sosiale wetenskap soos die Regte nie. Paenitet me, Prof(ek het ’n Esperanto-vertaling gesoek, maar Google het dit nie).

Page 45: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

44

Nogtans dink ek dat prof Nico se watermerk duidelik sigbaaris in my werk.

Met u verjaarsdag – om te dink ek is maar 10 jaar jonger – wensek en Irene u die beste toe vir die toekoms. U is onkloonbaar.

Naskrif: Wyle Jan Hugo sou graag deel hieraan wou gehad het. Soook wyle Pierre Olivier.

Page 46: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

45

Peet Delport

Geagte Prof Van der Merwe

Ons het vir baie jare nie enige kontak met mekaar gehad nie enmiskien het u my al vergeet. Ek was die student met die brei in system. Ek het u egter, beide as mens en dosent, in geen stadiumdeur die jare vergeet nie. Dit was (en is) vir my opvallend datwanneer ek en my medestudente uit die jare 1960–1964 mekaarvan tyd tot tyd ontmoet, van die aangenaamste herinneringe watons steeds met mekaar deel u manier van klasgee en u gesegdesin die klas is.

As mens onthou ek u as ’n vriendelike, maar tog ferm persoon.U kon verstaan as ’n student soms laat die klas binnekom. U konmet u studente meng sonder om enige waardigheid in te boet. Ekhoop u onthou nog die regsfakulteit se rugbywedstryde in my

Peet behaal die Graad Baccalaureus Artium op 22 Maart 1963 endie Graad Baccalaureus Legum op 27 Maart 1965; Studente-assistent by Unisa gedurende 1963–1964; nadat die LLB aan homtoegeken is, werk hy vir vier maande as aanklaer by die Departe-ment van Justisie;daarna doen hy vir twee jaar klerkskap by ’nprokureursfirma; op 7 Augustus 1967 word hy as prokureur,notaris en aktevervaardiger toegelaat en praktiseer in die hoeda-nigheid tot 13 Desember 1977 toe hy op sy eie aansoek van dierol van prokureurs verwyder is; op 20 Desember 1977 word hyas advokaat van die Hooggeregshof van Suid-Afrika toegelaat;op 13 April 1988 word hy as senior consultus aangestel; oor dietydperk 1 Maart 1989 tot 30 September 1994 neem hy op meer-dere geleenthede as regter waar; hy praktiseer tans steeds assenior advokaat.

Page 47: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

46

tyd op Potchefstroom en in die sneeu in Johannesburg. Ek moesvoorry speel en wyle Frans Hugo was die slot wat agter my moesdruk. Hy was egter nie betyds vir enige skrum om die drukwerkte doen nie. U ondersteuning van ons span op die bus en langsdie veld het baie bygedra tot die suksesvolle afloop van diewedstryde.

As ’n dosent het u ’n liefde vir die reg by my gekweek. Dit isdie rede dat ek na baie jare nog steeds as advokaat praktiseer. Uhet my (probeer) leer om regsprobleme logies te benader – al-hoewel baie regters sal aanvoer dat die poging nie suksesvol wasnie.

Elke keer wanneer ek ’n fout gemaak het, kon ek myself troosmet u bekende spreuk: “Dom mense moet swaarkry”. U kan niedink hoeveel van u oudstudente die spreuk by u oorgeneem heten steeds gebruik nie. Ek moet egter sê dat ek gou in die praktykgeleer het dat nie alleen jou eie dom foute jou laat swaar kry nie,maar (en veral voor sommige regters) ook ander mense se foutewat jy moet verdedig.

Prof Nic, geniet u tagtigste verjaarsdag en mag daar nog baiewees!

Page 48: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

47

Willem van der Merwe

Geagte Prof. Nic Ek het u in 1961 as eerste jaar B.A. Regte-student ontmoet. U wastoe reeds, na ’n baie kort tyd by Tukkies, ’n soort van ’n legende –uiters bekwaam en besonder gewild onder u studente. Ek was ’npersoon wat geen blootstelling aan ’n groot stad, slim, ryk enwêreldwyse mense gehad het nie. Gelukkig het ek in Sonoptehuisbeland waar ek onder andere deur George Barrie onder die vlerkgeneem was. Hy het my voorberei op wat ek in die Regsfakulteitvan Tukkies kon verwag en het my laat vooruitsien na lesings byu. So gewild was u lesings mettertyd dat van my en WynandMalan se ingenieursvriende van Sonoptehuis saam met ons lesingsoor die sogenaamde munisipaliteitsake (Halliwel en Kie) en na-tuurlik seduksie bygewoon het. Ek glo dat daardie ingenieursvandag nog die inhoud van u lesings sal onthou.

Prof Nic, u het vanaf 1961 tot 1965, toe u die Universiteit vir

Willem is ’n boorling van Randfontein aan die Wesrand. Na vol-tooiing van sy BA Regte en LLB (cum laude) grade is hy vanaf1966 aangestel as Senior Lektor aan die destydse Departmentvan Romeins-Hollandse Reg. Hy verlaat die Universiteit einde1967 en begin praktiseer as advokaat aan die Pretoriabalie op1 Desember 1967. Hy bly ’n deeltydse dosent gedurende 1968 en1969. Senior status (SC) word aan hom toegeken gedurende 1983.Op 1 Maart 1985 word hy aangestel as regter in die destydseTransvaalse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof. Vanaf29 April 2010 is hy aangestel as Adjunk Regter President van dieNoord Gautengse afdeling van die Hoëhof van Suid-Afrika.

Page 49: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

48

groener weivelde verlaat het, ’n onuitwisbare indruk op my enbaie ander studente in my jaargroep gemaak. U het dit moontlikgemaak dat ek ’n wêreld kon betree wat van toe af my hele bestaangeword het. U het ons geleer om die beginsels van die reg te ver-staan. Die kasuïstiek het by ons verbygegaan. Ons het geleer ommet maklike feitestelle, maar komplekse regsbeginsels te werk.Dit het ons later in ons loopbane goed te pas gekom toe ons metmoeilike feitestelle moes werk en die reg toe vir ons maklik was.

Dankie dat u die Afrikaanse regstaal so besonder bevorderhet. Ek is dankbaar dat ek onder u invloed regsbeginsels in mymoedertaal kon leer, kon gebruik en kon aanwend.

Toe u aan die einde van 1965 besluit het om die Universiteit teverlaat het Dirk Mostert enkele lesings in u plek waargeneem totaan die einde van my finale jaar. Dit was egter my taak om aandie begin van 1966 die lesings aan LLB-studente in u plek aan tebied. ’n Vreesaanjaende en formidabele taak. Dankie dat u myonbewus daarvoor voorberei het.

Later, nadat ek in 1985 as regter aangestel is het ek die voorreggehad om op u uitnodiging streekhoflanddroste toe te spreek aandie einde van ’n kursus wat hulle gevolg het by Justisie Kollege.Dankie dat u nooit te groot of te belangrik was om die jong, on-ervare student, wat nou regter geword het, te onthou nie.

Die voorreg was van my ontneem om ’n kollega van u te wees.Ook het ons paaie mettertyd uitmekaar geloop. U invloed in dievroeë jare 60 was egter ’n rigsnoer vir my totale loopbaan. Daar-voor al my dank en waardering!

Page 50: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

49

Wynand Malan

Professor Nic van der Merwe was die briljantste persoon wat ekooit teëgekom het en, ek is teen dié tyd oortuig, wat ek ooit salteëkom. Seker ook nie reg teenoor hom dat ék dit sê nie. Iemandhet by geleentheid na my as sy politieke mentor verwys. My reak-sie was dat ek aan die voete van prof Nic gesit het, maar hom

Klas van 1961–65; prokureur en vennoot by Van Wyk de Vries,Malan en Steyn in Johannesburg van 1966–77; word Volksraads-lid vir Randburg in 1977 onder die Nasionale Party-vaandel;bedank in 1987 uit die Nasionale Party in protes teen die “groeps-basis vir politieke deelname” en “die regering deur sekuriteits-magte onder kabinetsbeskerming” en wen weer, dié keer asonafhanklike, die Randburg-setel in die 1987-verkiesing; vormsaam met ander die Nasionale Demokratiese Beweging, gepo-sisioneer as deel van beide die “Struggle” en die “System” om“die opwaarts-groeiende spiraal van ’n politieke heilige oorlogom te keer” met ’n agenda van prosespolitiek en onderhandelingdeur wye kontak, ook met die bevrydingsorganisasies; wordmede-stigter en -leier van die Demokratiese Party in 1989 en treeuit die politiek en die Parlement met die ontperking van die ANCen ander vryheidsorganisasies in 1990 (“waarvoor ek gewerk het,het werklikheid geword”); praktiseer as waardestelsels-bestuurs-konsultant tot 1996, word aangestel as WVK-Kommissaris, wordmede-ondervoorsitter van die Menseregte-skendings Komiteeen dien ook later in die Amnestie Komitee; help vorm en bestuurvanaf 2002 as hoof-uitvoerende beampte Thebe Aandeelmake-laars en tree af in 2005, toe sy vrou, Judy, ’n inwoner van KlaradynUP in die sestigs, met borskanker gediagnoseer is. Hulle het driekinders, almal getroud en in die regte gestudeer en vier klein-kinders. Judy is in 2011 oorlede.

Page 51: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

50

beslis nie die eer sou aandoen deur na hom as my politieke vormerte verwys nie!

In die eerste erfreg-lesing was sy verwelkoming:

Welkom dames en here by die studie van die erfreg. Wel-kom, mnr X, by die twééde jaar van die studie van dieerfreg; mnr. Y, by die twééde jaar van die studie van dieerfreg; aaaaa, mnr Z, welkom by die derde jaar van diestudie van die erfreg! (En dan)

Dames en Here, Ek wil u nie bangpraat nie. Nee, ekwil u steeds moed inpraat. Want vir die studie van dieErfreg het mens sommer baie moed nodig!

Dit was die dae van die verskillende provinsiale ordinansies, waardie Natallers kon paaie bou, maar nie (goeie) wette gemaak hetnie. En, toe ek in die Parlement beland, die ewige herinneringdat die “boere van Karas” natuurlik nie hierdie moontlikheid,indien enige, in gedagte gehad het nie!

Ook, Nico Coetzer, latere voorsitter van die Vereniging vanProkureursordes, wat by geleentheid in ’n toets met die verdelingvan ’n boedel in terme van al die verskillende moontlik geldendereg – die Aasdoms-, Ou- en Nuwe Skependomsreg, die PolitiekeOrdonnansie, Plakkaat, Oktrooi en nog wat ek nie onthou nie –so deurmekaar geraak het dat êrens die erflater ’n kwart van dieboedel geërf het, in ’n kantskrif net die opmerking gekry het:“Onmoontlik, of glo jy in spoke?”

In sy woorde, soos wanneer hy in Latyn uit die vuis aanhaal/praat (ek weet vandag nog nie wat is wat nie): “Stop my! Stop myof ek gaan ure so aan!”

In my verstaan was/is hy ’n besondere komplekse èn vrye mens.Die eenvoud van alles het hy aan die ander kant van kompleksiteitgevind. Sy nederigheid het hy probeer verberg agter sy uitwaartse

Page 52: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

51

verwaandheid. Ek is seker hy was bewus van sy unieke briljant-heid. Maar dit was nie vir hom belangrik nie. Dit het vir hom nieaan hom toegevoeg nie. Hy was vir homself genoeg. Juis daarom,met sy vertrek aan die einde van 1965, sy opmerking buite dieklas aan ons daar vergader, dat ons altyd kan onthou hoe bevoor-reg ons is dat ons groep, wat die volle vyf jaar met hom aan UPgedeel het, die beste leermeester ooit gehad het! Die tevrede kyk-hoe-verwaand-kan-ek-wees glimlag daarmee saam.

Sy leefstyl was die paradoks. Hy was soos die paar regtige grootmense in die wêreldgeskiedenis: ’n Caesar, ’n Napoleon, ’n CecilJohn Rhodes. “As jy nie kan kwaad doen nie, kan jy ook nie goeddoen nie.” In my geestesoog sien ek sy grafskrif a la Rhodes; “Hierlê die oorskot van Nico van der Merwe”. Mag die skrif nog baiejare vir die steen wag!

Prof Nic, dankie vir die beeld van jou wat ek met my dra. Dis ’nwonderlike pakkie.

Page 53: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

52

Blikkies de Klerk

Wat ’n verrassing was dit nie vir my toe Kobus van Rooyen myvra om vir ons eertydse Professor in Romeins-Hollandse Reg aanTukkies, goeie wense en ’n gelukkige en gesonde 80ste lewensjaartoe te wens nie.

Nic was op Tuks my held en ek het baie groot respek vir homgehad. Nog te meer dat hy ’n rugby ondersteuner van Tukkieswas. As dosent het hy geen gelyke gehad nie en niemand konsoos hý die begrippe dolus directus en culpa lata verduidelik nie.Daardie beskrywing lê steeds vlak in ons geheuebank en sal nooitvergeet word nie. Nic het so ver gegaan deur my op Maandae enWoensdae van elke week, gedurende die rugbyseisoen, af te geevan sy lesings om rugby op LC de Villiers Stadion te oefen, sonderdat enige van my klasmaats daarvan bewus was.

Verwerf LLB in 1965 en is toegelaat as prokureur in 1966, asAktevervaardiger in 1974 en as Notaris in 1988. Verwerf aanUNISA ‘n Meestersgraad in Eiendomswette en Inkomstebelastingin 1987 en ‘n Sertifikaat in Bestorwe Boedelpraktyk in 2000.Praktiseer reeds as prokureur vir 43 jaar en is ’n Voorsitter vandie Dissiplinêre Komitee van die Prokureursorde van die Noor-delike Provinsies. Verwerf Provinsiale kleure as onder 19 rugby-speler; speel daarna vir Tukkies se eerstespan rugby met afrigterProf Daan Swiegers en het verskeie kere vir die Noord-Trans-vaal B rugbyspan opgedraf. Hy het ook deelgeneem aan die SAUniversiteite Golf Toernooi, Kaapstad 1963, het waterpolo ge-speel en Provinsiale Kleure verwerf in tafeltennis. Daarnaas hethy ook deelgeneem aan die SA kampioenskap vir lewensreddingin Durban en verskeie maratons gehardloop, oa twee keer dieTwo Oceans en drie keer die Comrades.

Page 54: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

53

Om ’n bier of drie saam met Nic te drink met my uitgesoektemede-studente, was ’n onbesproke voorreg. Ek het die voorregas ’n geheim tussen ons bewaar en daarna uitgesien, asook diegrappies wat hy sonder weerga kon vertel, om nie te praat van syeie humor oor elke moontlike insident nie.

Laat ek absoluut eerlik wees, ek was nie ’n student van formaatnie, maar ek het altyd my beste gegee, want ek wou nie vir Nicteleurstel nie.

Gesondheid en om geliefd te wees, is van die grootste gaweswat ons Skepper ons kon gee, en daarvoor moet ons altyd dank-baar wees.

My mede-studente en ek het Prof. N.J. van der Merwe aange-spreek tussen ons bloot as Nic. Almal van ons was groot klantevan Japies in Burnettestraat, waar ons gereeld koffie gedrink ennonsens gepraat het. Na my studie aan Tukkies het ek die sybaliebetree en ek praktiseer nog steeds aktief as prokureur.

Laat ons almal vir Nic onthou as die briljante mens en vriendwat hy is. Hierdie huldeblyk aan Nic kom uit die diepste van myeertydse studentehart en voldoen waarskynlik nie aan ’n hulde-blyk wat so ’n reus in die regspleging van ons land regverdig nie!

Page 55: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

54

Sam Maritz

Geagte Prof Van der Merwe

Goeie regspleging verg gevorderde regsnorme. Die interaksietussen mense en tussen mens en owerheidsorgane en beheer-liggame is die bron van geskille, die omvang waarvan onbegrensdis. Juis omdat die regspleging omvattend moet wees, is dit ’ndinamiese stelsel, wat innoverende denke verg.

Hier te lande het daar van tyd tot tyd groot geeste hul ver-skyning gemaak, wat onverpoosd en toegewyd hul kragte gewyhet aan die taak om regsnorme te ontwikkel en te verfyn tot dieperfeksie waarna gestreef word. Prof Nic van der Merwe is eenvan hulle.

Ek was bevoorreg om in die vroeë sestiger jare aan sy voete te

Na ’n paar jaar by die Prokureur-Generaal in Pretoria het Sam ’nleerklerkskap ondergaan en is hy in 1971 toegelaat as prokureur,alhoewel hy nooit as een praktiseer het nie. In 1973 is hy toegelaattot die Balie in Windhoek en in 1979 is hy toegelaat tot die Baliein Pretoria, waar hy steeds praktiseer. In 1989 is Senior Statusaan hom toegeken. Hy het reeds verskeie kere as regter waar-geneem. “Ek is 68 en getroud met ’n uitstaande vrou, Riëtte, ’nProfessor in Wiskunde by UNISA”.

Sam is bekend vir sy sin vir humor: gedurende sy betoog voordie Appèlraad oor Publikasies in 1980 vir die handhawing vandie verbod op die satire Magersfontein het hy onbedaardelik be-gin lag toe hy uit die boek aanhaal. Hy het nietemin die saakgoed gestel, maar dit het nie gelyk of sy hart in die verbod wasnie! Die verbod is opgehef. Ek voeg hierdie brokkie by as redak-teur: ek het voorgesit in die 1980 saak (Kobus van Rooyen).

Page 56: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

55

sit. Die bietjie insig wat ek in die reg en die regspleging het, isgrotendeels te danke aan die vermoë om analities en innoverendte dink, wat hy by my gekweek het.

Prof Nic was ook ’n begaafde dosent. Om die geheimenis vandie verskyningsvorme van opset te ontbloot skiet hy deur ’n toevenster ’n gompou op sy buurman se dak, terwyl die buurmandit verf. Hy weet die buurman is senuweeagtig en voorsien dathy kan skrik en sy balans verloor, maar hy skiet nietemin. Diegompou is natuurlik dood, die venster aan flarde en die buurmanskrik en val hom te pletter. En siedaar, daar het jy dolus directus,dolus indirectus en dolus eventualis. Op ’n ander dag vertel hyhoe sy buurman dag en nag tyres brand en daar begin sy onderrigin burereg.

Ons was gierig om by hom te leer. En hy was gierig om ons telaat leer!

Page 57: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

56

Gustav Radloff

Geagte Prof Van Der Merwe

Mens kry basies twee verskyningsvorms van homo sapiens – diegelukkiges wat presies weet wat hulle met hul lewens wil doenen die arme drommels wat nie ’n vae benul het wat om met hullelewens aan te vang nie. Ek is ’n geharde lid van die tweede kate-gorie en wonder nog steeds wat ek gaan doen as ek eendag grootword. Ek het maar ingeskryf as regstudent by UP in 1961 vir BA-Regte. Wat anders kan jy doen as jy nie juis weet wat jy wil doen

Gustav is as prokureur toegelaat op 14 April 1969 en as tran-sportbesorger in Oktober 1971. Hy het vir meer as 41 jaargepraktiseer as transportbesorger en het ononderbroke gedienop die Akteregistrasieregulasieraad vanaf 1976–2011. Hy hetverder gedien op die eiendomskomitee van die Prokureursordevan Suid-Afrika vanaf 1974 –2011. Hy het ook vir baie jare gedienas lid van die eiendomskomitee van die Prokureursorde van dieNoordelike Provinsie en die Pretoriase Prokureursvereniging.Hy was deeltydse lektor aan beide die Universiteite van Preto-ria en die Witwatersrand met grondregistrasie as vakgebied vir’n LLM (Eiendom)-kursus. Gustav het dikwels opgetree as spre-ker en was ook die outeur van verskeie artikels oor grond-registrasie en etiek in verskeie regspublikasies in Suid-Afrika endie buiteland. Hy het gedien as lid van die redaksie van die S.ADeeds Journal vanaf die stigting daarvan tot en met 2011. Hy is in2010 benoem as “South African Property Lawyer of the Year”.Hy het Suid-Afrika in die Meestersklas verteenwoordig tydensdie wereld kajak marathonkampioenskap in Swede in 1969 enweer in Kanada in 2000. Hy was vir vyf opeenvolgende jare dieSuid-Afrikaanse kajak marathon kampioen in die Meestersklas.

Page 58: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

57

nie? Behalwe vir die “regsgedeelte” was al my eerstejaarsvakkebaie interessant. Ek was dus baie bekommerd oor die gedagtevan ’n regsloopbaan. En toe ontmoet ek Dr. N.J. Van der Merwein my tweede jaar: Erfreg. In my derde jaar: Deliktereg. In dieLLB-jare, boeiende capita selecta. Dit was voorwaar ’n geval vanfiat lux in tenebris. Nie alleen die vakke as sodanig nie, maar diedieper onderliggende filosofie en beginsels wat u in my breiningebrand het:

Die reg is die storie van die mensheid en daarom moetby uitstek die Gemenereg erken, waardeer, verstaan engerespekteer word;

Moenie verval in die detail en geroesmoes waarmee dieWetgewer met sy ewige politieke agenda jou probeerverwar nie;

Kyk of die regsbeginsels wat oor die eeue heen uit hoofdevan billikheidsoorwegings ontwikkel het nie op ’nmanier wilde wetgewing in toom kan hou nie.

Ek het vir 41 jaar as aktebesorger gepraktiseer in Pretoria by diefirma MacRobert Ingelyf en was bevoorreg om vir 37 jaar on-onderbroke te dien op die Akteregistrasieregulasieraad. DanksyDr. Van der Merwe se klem op grondbeginsels wat diep in dieGemenereg gewortel is, kon ek tog ’n rol speel om die grond-beginsels van ons grondregistrasiestelsel te help bewaar ondanksenorme druk oor bykans vier dekades om dit drasties af te water.Dr. Van der Merwe het nie my kop vol dinge geprop wat in iedergeval met verloop van tyd verouder en vergaan nie, maar welmet ’n bepaalde insig om te kan onderskei wat regtig belangrikis. Ek het hierdie benadering ook in ons grondregistrasiestelsel

Page 59: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

58

probeer toepas en die bietjie sukses wat ek tog kon behaal, on-danks ongelooflike teenstand, is aan hom te danke. Om bietjieregswetenskaplik te kan dink, gebeur nie vanself nie. Fondamentemoet gelê word. Vir daardie stewige fondament sal ek Dr. N.J.Van der Merwe ewig dankbaar wees.

Ek wonder dikwels of die regstudente van vandag nog steedsso bevoorreg is om met ’n mentor soos hy, die regswêreld te betree.Ek wens u ’n wonderlike tagtigste verjaardsdag op 19 Novembertoe!

Page 60: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

59

Frans Malan

Geagte Prof Van der Merwe

Baie geluk met die bereiking van u tagtigste jaar op 19 November2011. Te oordeel aan ons onlangse gesprek bo-oor u grensdraad isdaar geen blyke dat die ouderdom enige invloed op die intellekhet nie: iemand wat nog Plinius in die oorspronklike lees het ’nwakker en skerpsinnige verstand. So onthou ek u.

Dit was ’n voorreg om deur u in die treurige studie van dieerfreg onderrig te word. U spitsvondighede en humor in die delik-teregklas het bywoning ’n plesier gemaak. Wat my meeste van ubenadering tot die reg beïndruk en bygebly het is die belang vangrondbeginsels as die sleutel tot die oplossing van veelvuldigefeitelike en regsprobleme. Hiervoor my waardering.

Mag dit goed gaan!

Na jarelange betrokkenheid by die Randse Afrikaanse Univer-siteit, ook as dekaan, is Frans in 1997 aangestel as regter in dieSuid-Gautengse Hooggeregshof. Hy het ook ’n paar jaar op dieMededingingsappèlhof gedien. Vanaf 2009 is hy ’n lid van dieHoogste Hof van Appèl. Hy is ’n kenner op die gebied van diebankreg en het verskeie werke hieroor laat publiseer. Hy is ’nHumboldstipendiaat. Hy studeer aan UP vanaf 1962 tot 1967 enhet ook sy doktorsgraad oor die Wisselreg aan UP verwerf.

Page 61: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

60

Ezra Goldstein

Dear Professor Dr Van der Merwe

I recall quite vividly sitting with real joy in your lectures and be-ing entertained and instructed. There never was a dull moment.I remember you saying that you saw your task as not to teach usrules of “klakkelose” law but rather to teach us how to think aboutthe law. And you certainly succeeded in that!You would sometimes start a lecture telling us there was this judgeX who had said the following in a law report and he was clearlywrong for this or that reason, which impressed me as entirelycorrect. Once you referred in scathing terms to a judgment ofColman J and I was convinced that he was quite stupid. (I changedmy mind when I appeared before him.) I loved the way you suc-ceeded in demolishing the validity of questions put to you with-out discouraging debate and challenge. Somehow you managedto do this. I can still hear you shouting VAKEERD to the basis fora question!

Born in Johannesburg 26 June 1943; BA 1964 University of Na-tal; LLB 1967 University of Pretoria; Member of Pretoria Bar 17April 1967–31 August 1980; Articled Clerk Weavind & Werksmans1 September 1980 – about November 1980; Member of PretoriaBar Council for period in 1980; Member of Pretoria Bar 13 Janu-ary 1981–30 April 1987; Appointed Senior Counsel – October1982; Judge of the TPD, acting from 1 February 1987 and perma-nent from 1 May 1987; Retired on 30 September 2008; Author ofover 130 reported judgments covering civil , criminal and labourlaw.

Page 62: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

61

I also remember how great your notes were, including on sub-jects not covered, if I remember correctly, sufficiently or at all inthe textbooks of the time, like Trusts and Voluntary Associations.In fact I had a problem in the latter field just a few days ago and Ithought of you (as I often have over the years) and wished I couldfind your notes which I know I have carefully filed away some-where. I remember you saying that “slagspreuke” were meaning-less and I think it was you who said that they provided only a fogalbeit often a Latin one. You taught me an aversion which re-mains with me to this day against casuistry and in favour of prin-ciple. I think your encouragement to us to think deeply about thelaw contributed in no small way to my note in the Tydskrif of 1966on impossibility which I think influenced at least the academiclaw on the subject. It contributed too, I believe, in one way oranother to my work of 20 years at the Bar and 21 on the Bench. Ishall never forget you and will always think of you with grati-tude and affection.

Happy 80th and many more in good health!

Page 63: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

62

Deon van Zyl

Geagte Prof Nic van der Merwe

Eerstens baie geluk met die herdenking van u tagtigste verjaardag.Dit is ’n wonderlike voorreg om dit met u te kan deel, al is dit op’n afstand hier uit Kaapstad.

Deon Hurter van Zyl is op 22 August 1943 te Springs gebore. Hymatrikuleer in 1961 aan die Springs Boys’ High School. By dieUniversiteit van Pretoria behaal hy die BA (Regte) en LLB gradein 1964 en 1966 en vervolgens die BA (Hons) en MA in Latyn in1967 en 1968. Daarna verwerf hy vier doktorsgrade, te wete DrJur (Leiden 1970), PhD en LLD (Kaapstad 1983 and 1988) en DLitt(Latyn) (Vrystaat 1989). Hy studeer ook, 1968–1969, aan die Uni-versiteite van Parys en Hamburg en daarna ook in Leiden. Vanaf1971 tot 1973 was hy professor in en hoof van die DepartmentRomeinse Reg en Regsgeskiedenis aan die Universiteit van dieVrystaat en vanaf 1974 tot 1979 deeltydse professor in en hoofvan die Department Romeinse Reg en Regsgeskiedenis aan dieUniversiteit van Pretoria. Hy is tans ’n ere-professor in die regteaan die Universiteite van Pretoria en Noord-Wes en ’n buiten-gewone professor in die regte aan die Universiteite van Stellen-bosch en die Vrystaat. Hy was ook in die tydperk 1997 tot 2005besoekende professor aan die Universiteit van Edinburgh inSkotland. Voorts tree hy al die afgelope drie jaar op as mentorvir doktorale proefskrifte van regsdosente aan die Universiteitvan die Wes-Kaap. Hy het elf jaar lank as advokaat gepraktiseer,eers aan die Bloemfonteinse Balie (1973) en daarna (1974 –1984)aan die Pretoriase Balie, waar hy in 1983 as Senior Consultusaangestel is. Daarna was hy ’n regter van die Hooggeregshofvan Suid-Afrika vir meer as drie-en-twintig jaar, aanvanklik inPretoria (1985–1993) en daarna in Kaapstad (1994 –2008).

Page 64: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

63

Toe Kobus van Rooyen my vra om ’n paar gedagtes ter vieringvan hierdie heuglike dag neer te pen het dit onmiddellik nostal-giese herinneringe aan my jare as regstudent aan die Universiteitvan Pretoria wakker gemaak.

Ek onthou hoe ek met groot terughoudendheid in 1962 aseerstejaar ingeskryf het en vas geglo het dat ek dit beswaarlik

Na sy aftrede in 2008 het hy meer as drie jaar lank as Inspek-terende Regter in die Geregtelike Inspektoraat vir KorrektieweDienste gedien. Hy is die outeur van nege boeke en die redakteurof mede-redakteur van twee, insluitende handboeke oor Ro-meinse reg, regsgeskiedenis en regsvergelyking. Tot op hede hethy 108 bydraes gemaak tot regs- en ander tydskrifte en 148 vansy uitsprake is in Suid-Afrikaanse hofverslae gerapporteer.

Hy is President vir Afrika van die World Jurist Association(Washington DC) en lid van die International Academy of Com-parative Law (Parys), Society of Legal Scholars (Londen), StairSociety (Edinburgh), International Penal and Penitentiary Foun-dation (Berne) en Commonwealth Partnership for TechnologyManagement (Londen).

Sy ondersteuning van allerlei sportsoorte, veral atletiek blykuit die volgende: hy was die laaste President van die Suid-Afrikaanse Amateur Atletiekunie (1991–1992) en die eerste Presi-dent van Atletiek Suid-Afrika (1992–1993). Hy is in 1999 as lidvan die Arbitrasiehof vir Sport (Lausanne) aangestel en het bydie Gemenebes Spele in Manchester en Melbourne (2002 en 2006)en die Olimpiese Spele in Athene en Beijing (2004 en 2008) diensgedoen. Hy ontvang die Laureatus Toekenning van die Univer-siteit van Pretoria se Alumni Vereniging (1992) en die World Ju-rist Association se World Jurist Award (1997) en Highest Orderof Justice Award (2009). Hy was nege jaar lank (waarvan ses jaaras voorsitter) verbonde aan die beheerliggaam van die Gor-donsbaaise Primêre Skool en is sedert 2007 voorsitter van diebeheerliggaam van die Paarl Vallei Hoërskool in Somerset Wes.

Hy is met Elsa van Rensburg, ’n eertydse onderwyseres, ge-troud. Hulle het twee dogters, Esther, gebore in 1994, enChristine-Marié, gebore in 1998.

Page 65: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

64

enduit met my regstudies sou maak. Net die name en kwalifikasiesvan die geleerde professore in die regte, soos dit in die jaarboekverskyn het, het my met angs vervul en ek het ernstig oorweegom my liewer tot ’n studie van die klassieke en moderne tale tewend. Dit was egter nie lank nie of die geleerde professore hetgeblyk gewone mense te wees wat nie daarop uit was om dielewe vir voornemende regsgeleerdes te versuur nie, maar juis dieteendeel wou bewerkstellig. Onder hierdie professore het u, metu reuse intellek, kennis en allerfynste humorsin, as toring vanakademiese uitnemendheid en medemenslikheid uitgestyg.

Dit was veral op die gebied van die erf- en deliktereg dat u opmy, en ek glo op al u studente, ’n blywende indruk gemaak het.Wie van ons sou ooit kon vergeet hoe u die ongewilde en soge-naamd “dooie” vak erfreg vir u studente lewendig gemaak hetmet die groot verskeidenheid “spinnekoppe” wat u op die swart-bord ter illustrasie van ’n menigte grade van verwantskap aan-gebring het. Dit wil natuurlik nie sê dat ek alles daarvan verstaanof onthou het nie, maar die basiese beginsels het tog in my geheuebly vassteek en gedurende my jare in die praktyk en op dieregbank kon ek telkens daarna teruggryp.

Ek dink hier veral aan die gemeenregtelike bronne van ons in-testate erfreg, waarin u op die rol van sekere fundamentelebeginsels van die Romeinse en kanonieke reg gefokus het enaandag gevestig het op ’n veeltal stelreëls wat vandag nog uitersrelevant in ons reg is. Hieronder was ignorantia iuris haud excusat,omnia praesumuntur rite esse acta, qui prior in tempore potior in iureen ut res magis valeat quam pereat. U liefde vir Latyn en die klassiekehet hieruit gestraal en, is ek bly om te sê, het grotendeels my eieliefde hiervoor asook my volgehoue studie van Latyn en Grieksenigsins geregverdig.

Prof Nic dit is vir my belangrik om met u te deel dat dit aan uvoete was dat ek geleer het van die verskil tussen onregmatigheid

Page 66: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

65

(iniuria) en skuld (culpa in wyer sin), soos verdeel in opset (dolus)en nalatigheid (culpa in enger sin). Die redelikheidstoets virnalatigheid gekoppel aan die gedrag van die redelike man (bonuset diligens paterfamilias) het my daartoe in staat gestel om hierdiebegrippe in latere jare met groot vertroue in my eie navorsing enuitsprake te gebruik. Na aanleiding hiervan het ek tot vandag toedie begrip geregtigheid (iustitia) gekoppel aan billikheid (aequitas)en redelikheid (ratio recta). Ek het dit soms ook laat aansluit bybegrippe soos goeie trou (bona fides) en goeie sedes (boni mores).

Dit is ook onderliggend tot my benadering tot die kardinaledeugde van Plato, naamlik wysheid (sophia), geregtigheid(dikaiosyne), moed (andreia) en matigheid of selfbeheer (sophrosyne).Cicero het die onderskeie deugde vertaal as sapientia, iustitia,fortitudo en temperantia, en daarop gewys dat wysheid nie netteoretiese kennis (scientia) omvat het nie, maar ook “praktiese” of“pragmatiese” wysheid (phronesis oftewel prudentia) ingesluit het.

Na aanleiding van hierdie sisteem van deugde wat ek by u asdosent ontwikkel het, het ek as regsgeleerde en regter waaragtignog altyd geglo dat die deug van wysheid verg dat jy nie allekennis in pag hoef te hê nie, maar moet weet waar om dit te vind.Daarbenewens moet jy oor ’n ingebore sin vir geregtigheid beskikin die sin dat jy bykans soos ’n Salomo van ouds die ware moedervan ’n baba kan uitken deur te let op die reaksie van die mede-dingende moeders op die voorstel dat die baba middeldeur gesnymoet word! Om so ’n benadering te handhaaf moet jy die moedvan jou oortuiging hê maar deurgaans matigheid voor oë hou, alvoel jy hoe emosioneel oor ’n saak. Sonder u rigtinggewendeleiding glo ek nie dat ek sulke denke sou kon gebruik en toepasnie.

Nie alleen het u met groot bedrewendheid die grondliggendebeginsels van die betrokke reg aan ons bekend gemaak nie, maaru het ons ook voorgestel aan groot regsgeleerdes van weleer, sowel

Page 67: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

66

in die akademie, in Suid-Afrika en elders, as op die regbank. Ekdink veral aan die destydse Appèlhof met reuse soos HoofregtersJames Rose-Innes, Johannes Wessels en, meer onlangs, L.C. Steyn,en naas hulle het ek ’n sterk herinnering aan vooraanstaandeAppèlregters soos Ernst Jansen, Neville Holmes en Mick Corbett.Hoewel u ons geleer het om met groot eerbied regterlike bydraeste bejeën, het u nie gehuiwer om kritiek oor hulle uitsprake uit tespreek waar u gemeen het dat dit geregverdig is nie.

U het ons ook geleer om waardering te hê vir die tweeledigeaard van ons regstelsel met Romeins-Hollandse (oftewel “Ro-meins-Europese”) gemenereg aan die een kant en, aan die anderkant, die Engelsregtelike bronne van ons bewys- en prosesreg,handelsreg, intellektuele eiendom en dergelike meer. U het onsegter gewaarsku teen die ongeregverdigde gebruik van begrippesoos “duty of care” in besprekings van die leerstukke van on-regmatigheid en skuld. Dit het my genoop om altyd met diegrootste versigtigheid sulke terminologie te benader.

Sekerlik die belangrikste raad wat u aan voornemende regs-geleerdes kon gee is vervat in die volgende aanhaling uit dievoorwoord tot vroeë weergawes van u magistrale werk oor DieOnregmatige Daad in die Suid-Afrikaanse Reg:

Die taak van die juris is voorwaar geen maklike een nie.Nie alleen behoort die studie van die reg tot die gebiedvan die geesteswetenskappe waar eksaktheid dikwelsdie knie moet buig voor ’n diversiteit van sieninge selfswat betref basiese uitgangspunte nie, maar ook worddie juris se taak bemoeilik vanweë die feit dat die regs-norme wat die voorwerp van sy studie vorm, voort-durend fluktueer. Wat ook al die posisie op ander vak-gebiede mag wees, bly dit ’n onomstootlike waarheiddat die juris lewenslank student moet bly.

Page 68: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

67

In hierdie verband het u deur u eie voorbeeld gelei. Nooit het uopgehou studeer nie en u het altyd gesorg dat u op die hoogtebly van alle relevante regsontwikkeling. Dit het, soos ek verstaanhet, waarskynlik ’n aanvang geneem met u skitterende proefskrifoor Die Beskerming van Vorderingsregte uit Kontrak teen Aantastingdeur Derdes wat aan u, onder promotorskap van Professor W.A.Joubert, in 1958 aan die Universiteit van die Vrystaat ’n dok-torsgraad in die regsgeleerdheid besorg het.

Toe u dit as ’n caput selectum in ons latere studiejare aangebiedhet, het u aan my, en waarskynlik aan al die studente wat dievoorreg gehad het om onder u te studeer, ’n heel eerste bloot-stelling aan regshistoriese en regsvergelykende navorsing gegee.En dit het u gedoen teen die agtergrond van diepgewortelde regs-filosofiese beskouings soos geïllustreer deur die inleidende ada-gium reg voor in die proefskrif dat die reg nie uit regulasies ont-staan nie, maar dat regulasies uit bestaande reg tot stand kom:non ex regula ius sumatur, sed ex iure quod est regula fiat.

Ek moet beken dat u proefskrif geen maklike werk was om telees en verstaan nie. U in-diepte bespreking van die Engelse,Amerikaanse en Nederlandse reg, met ’n kort oorsig oor Duitse,Switserse en Franse reg, het egter vir my vir die eerste keer ’nvolledige perspektief gegee van die reg en regsgeleerdheidwêreldwyd. Daarbenewens het u uitwysing daarvan dat diemoderne reg onlosmaaklik verbind is aan die historiese oor-spronge van die reg my geïnspireer om later van tyd self vir mystudent handboeke oor Romeinse reg, regsgeskiedenis en regs-filosofie te skryf. Dit was ook die inspirasie van my professoraleintreeredes, aan die Universiteite van die Vrystaat en Pretoria,oor onderskeidelik die regshistoriese en regsvergelykendemetodes.

Dit was ’n metodiek wat verband gehou het met u positief-regtelike benadering en teoreties-kritiese ontleding van die reg

Page 69: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

68

wat die navorsing van u proefskrif onderlê het. Hoewel die begripvan absolute en relatiewe subjektiewe regte en die suiwer onder-skeid tussen saaklike en persoonlike regte fassinerend was, is ektot vandag nie seker of die leerstuk van die kennisleer die plekverdien het wat u daaraan gegee het nie. U sou waarskynlikdaarop reageer deur te sê: “Maar Mnr van Zyl, dis mos glashelderduidelik!”

Vergun my ook die geleentheid om u van harte te bedank virdie besondere leiding wat u aan u studente in die algemeen, enmy persoonlik, gegee het in die noodsaaklikheid van ’n holistiesebenadering tot die diversiteit van reg en regsbeginsels. Dit hetmy toe reeds geïnspireer om J.C. Smuts se “Holism and Evolu-tion” en sy vele ander werke aan te skaf en te bestudeer (ek hethulle nog almal).

Nog meer belangrik was die verband wat dit geskep het tussenoënskynlik totaal verskillende gebiede van die reg, soos privaatreg,wat ons hoofsaaklik as “Romeins-Hollandse” en handelsreg gekenhet, en die velerlei fasette van publiekreg, soos konstitusionelereg, administratiefreg, volkereg, straf- en siviele prosesreg, bewys-reg en uitleg van wette. Dit het my eweneens ’n behoorlike per-spektief gegee oor die Romeinse reg, regsgeskiedenis, regsver-gelyking en regsfilosofie, destyds my besondere belangstel-lingsgebied. Baie dankie dat u en ander dosente my aangemoedighet om, as deel van my regsopleiding, kursusse in klassieke enmodern tale, naamlik Latyn, Grieks, Frans en Duits, te volg. Dithet aan my toegang tot regsbronne gegee wat andersins verborgesou gebly het.

Ten slotte was u ’n sprekende bewys van die kollegialiteit, same-werking en vriendskap wat u verhouding met kollegas gekenmerkhet. Wanneer ek aan u dink, dink ek onwillekeurig aan anderregsdosente soos Professore Paul van Warmelo en Pierre Olivieren Advokaat-dosente soos William de Villiers en Buddy Swart.

Page 70: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

69

Deur u toedoen het ek jarelange vriendskappe gehandhaaf metmede-studente soos Kobus van Rooyen en Fanie van Jaarsveld.Baie dankie daarvoor

Prof Nic, mag u nog vele welverdiende rusjare geniet in diewete dat die menigte studente wat die voorreg gehad het om aanu voete te studeer ewigdurend dankbaarheid teenoor u sal behou.

Met allerbeste wense!

Page 71: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

70

Henning Viljoen

Geagte Prof Nico van der Merwe

By ons “klas van ‘62" was daar geen twyfel dat u die “coolste”dosent op universiteit was nie (alhoewel die term natuurlik nognie in hierdie verband bestaan het nie, maar u weet wat ek bedoel).Vandag kan ons met sekerheid sê dat u legendaries is.

Neem byvoorbeeld die goggas wat u op die bord geteken hetom grafies die erflater voor te stel met sy ouers, broers en susters,kinders en kleinkinders, ensovoorts. En dan het u na aanleidingvan die “gogga” aan ons die ingewikkeldhede van die Aasdomsregen die Schependomsreg verduidelik. Per geleentheid vra u toeeen van ons om ’n probleem op te los wat met so ’n gogga voor-gestel is. Die student – een van die slimmes – wou sy meerderekennis openbaar deur eers te vra: “Professor, maak vir die erflaternog ’n kind.” Bliksemsnel kom dit toe, met daardie kenmerkendeoë na die plafon opgeslaan en die skalkse glimlag om die mond-hoeke: “Meneer ...., ek is hier om klas te gee!” Gelukkig was dit soteen die einde van die periode, want van klasgee daarna was daarnie eintlik sprake nie.

BA (Regte) 1964 LLB 1966 (albei UP) LLD 1975 (Leiden); Toegelaatas prokureur, notaris en aktevervaardiger 1969; Senior lektor1976, mede-professor 1982 en professor 1984 in die DepartementPubliekreg, UP; met pensioen sedert eind 1998 maar praktiseernog steeds as prokureur, nou in Hermanus; Steeds Kommissarisin die Hof vir Klein Eise en Ondervoorsitter van die Uitsaaiklagte-kommissie van Suid Afrika.

Page 72: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

71

U lesings in die Delikteregkursus oor “breach of promise andseduction” (dit rol lekkerder oor die tong as troubreuk en ver-leiding) is net so legendaries. Die woord het gewoonlik ’n paardae voor die tyd oor die kampus versprei dat die lesing op dieprogram is. Dan moes ons regstudente, wat per slot van sakeeksamen oor die onderwerp moes aflê, ekstra vroeg ons plekkeinneem in die onderste lesingsaal van die Ou Lettere, want dietokkelokke, ingenieurstudente, noem maar op, het almal nahierdie fenomeen van ’n dosent kom luister en dit natuurlik baievermaaklik gevind.

’n Ruk terug ontmoet een van die oudstudente u met diewoorde: “Prof, ek weet nie of u my onthou nie, maar ek het by uklas geloop.” Soos gewoonlik kom die antwoord onmiddellik, metdie kwinkslag: “Dis ’n uitstekende ding wat jy gedoen het!” Endit is regtig waar: dit was ’n uitstekende ding wat ons gedoenhet. Was ons nie bevoorreg om juis in daardie tyd regstudenteaan UP te wees nie en by so ’n skerp, briljante akademikus onsbeginsels van die reg te leer nie! Dankie daarvoor.

Ag, daar is nog honderde staaltjies oor hierdie geliefde profes-sor van ons. Ek dink hierdie huldeblyk is goeie bewys van dieindruk wat u op ons gemaak het. Mag u nog jare van goeiegesondheid geniet. Mag u die lewe geniet!

Page 73: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

72

Fanie van Jaarsveld

Baie dankie vir die geleentheid en voorreg om enkele gedagtes temag opper oor ’n eertydse gewaardeerde dosent en later ’n kollegaen vriend, prof N.J. van der Merwe, of beter bekend as dr Nic vander Merwe. Ek dink laasgenoemde betiteling is ook vir homaanvaarbaar want dit was ook hoe sy bekende vader bekend was“Dr N.J.” of “NJ van der Merwe”. Om die doen en late van Nicvan der Merwe te verstaan, is dit sinvol om vir ’n kort wyle ookby die doen en late van sy vader stil te staan.

Ek het enkele jare gelede die geleentheid gehad om ’n interes-

Fanie is in 1966 as onderwys-assistent in Departement Han-delsreg, Universiteit van Pretoria aangestel; hy behaal in 1967LLB-graad te Universiteit van Pretoria; word in dieselfde jaar assenior lektor in dieselfde departement aangestel; voltooi LLD-proefskrif in 1971 wat handel oor die leerstuk van ratifikasie;word bevorder tot mede-prof in 1972 in Departement Handels-reg, UP; het gedurende 1973 as mede-stigter en mede-redakteurvan De Jure saam met Kobus van Rooyen opgetree; word gedu-rende 1974 as prof en hoof: Departement Handelsreg te Univer-siteit van Pretoria aangestel; is vanaf 1975 tot hede die interneredakteur en mede-outeur van ongeveer 15 handboeke en her-uitgawes van handboeke, asook die outeur van ongeveer 350geakkrediteerde tydskrifartikels en hoofstukke in handboeke; isvanaf 1995–hede die interne redakteur en hoof mede-outeur vanLAWSA vol 13 (eerste, hersiene en 2e uitgawe), asook vanaf 1999–hede interne redakteur en hoof mede-outeur van Principles andPractice of Labour Law (2011; 21e losblad-diensuitgawe); wasvanaf 1967–2008 voltydse dosent, Departement Handelsreg enis teenswoordig nog as deeltydse dosent aan dieselfde depart-ment verbonde.

Page 74: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

73

sante bydrae van prof Piet Strauss, getiteld “N.J. van der Merwe:Kultuurleier en Politieke Kroonprins van die Dertigerjare” (vervatin Danie Langner Gebroke Land – Armoede in die Afrikaanse Ge-meenskap sedert 1902 (2009) pp. 103–109) onder oë te hê. Dr N.J.is tragies gedurende 1940 op die vroeë ouderdom van 52 jaaroorlede. Politici was dit destyds eens dat hy, as hy nie so vroegoorlede is nie, die bejaarde dr D.F. Malan (gedurende 1948 alreeds75 jaar) later as Eerste Minister sou opvolg.

N.J. van der Merwe het oor ’n enorme werkskapasiteit beskik,as op al die politieke en kultuuraktiwiteite waarby hy betrokkewas, ag geslaan word. Na voltooiing van sy teologiese studieswas hy in verskillende Vrystaatse NG Gemeentes predikant totdathy in 1924 tot LV vir Winburg verkies is. Ten tye van sy dood in1940 was hy die Vrystaatse leier van die Nasionale Party van drMalan, asook die Skaduminister van Finansies (sic!) in die oppo-sisiekabinet, Hoofleier van die Voortrekkers, Voorsitter van dieFAK, Vrystaatse voorsitter van die Helpmekaar Fonds, op diedireksies van Nasionale Pers en Voortrekkerpers, op die rade vanUKOVS en SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, ens. Hy het ookgedurende 1916 tydens die Sinode van die Vrystaatse NG Kerkvoorgestel dat die Bybel in Afrikaans vertaal word – welke voorstelslegs in 1933 verwerklik is. “Dr N.J.” het Suid-Afrika 30 jaar tevroeg as kultuur- en politieke leier ontval.

Uit bostaande is dit duidelik en verstaanbaar waarom prof Nicoor so ’n enorme werkskapasiteit beskik, verstaanbaar waaromhy indrukwekkende intellektuele hoedanighede besit en goeddenkbaar dat sy uitstaande welsprekendheid ook een van sy vaderse vele unieke talente was. Hy het gedurende ’n kortstondigeakademiese loopbaan van ongeveer 10 jaar uitstaande gepresteerdeur ’n LLD-proefskrif gedurende 1958 te voltooi het en was ookhoof mede-outeur van twee bekende standaard handboeke ooronregmatige daad (1966) en erfreg (1968) en ’n veeltal regs-

Page 75: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

74

wetenskaplike artikels. Sy besondere kennis van Latyn en Grieks(vandag nog steeds) is algemeen bekend. Nic van der Merwe was’n dosent, leermeester en spreker sonder weerga of gelyke – syinformele aanslag en voorlesings wat deurspek was met oor-spronklike humor, spitsvondighede en beeldryke kwinkslae, hetdikwels sy klasse laat skater van die lag – tot so ’n mate so, dat ashy gemerk het dat sy studente sy uitlatings geniet het, hy dikwelsgelate saamgelag het. Hy was ’n woordkunstenaar van formaat –blykbaar net soos sy oorlede vader!

Prof van der Merwe se LLB-klasse was meer informeel enminder gestruktureerd as sy voorgraadse klasse. Die meeste vandie voorgeskrewe onderwerpe was selfstudie-georiënteerd en hethy die voorlesings gebruik om pas verskene uitsprake te bespreeken die prinsipiële suiwerheid analities te ontleed. Sy benaderingtot die regswetenskap was afgestem op ’n romeinsregtelikebeginsel wat alreeds uit sy proefskrif duidelik geblyk het, naamlik:Non ex regula ius sumatur, sed ex iure quod est, regula fiat (proefskrifp. v). Dit was derhalwe vir ons as studente algou duidelik dat hynie beïndruk was met die wyse waarop kasuïstiek van die Engelsereg in die Suid-Afrikaansde positiewe reg neerslag gevind het –en prof McKerron se begrip en belewenis van die Deliktereg nie –nee dit was eintlik meer – hy het ’n soort “allergie” geopenbaarvir die Engelse reg en prof McKerron! Hy het dikwels sy verbaletirades oor die twee “gevalle” afgesluit met ’n “gemaakte” ont-stelde uitroep van: “’n klinkklare voorbeeld van verwarde denke(of verstarde denkpatrone of ’n klakkelose genajaag van Engels-regtelike kasuïstiek) … is dit nie so nie mnr Hugo (Frans Hugo)… ja natuurlik is dit so, mnr Hugo! … ja mnr Hugo* dom mensemoet swaar kry …. Is dit nie so nie?” Aan die ander kant, as ’n

* Frans Hugo was ‘n wellewende en beminde student van die Fakulteit.Hy het ‘n bekende prokureur in Pretoria geword.

Page 76: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

75

uitspraak gekenmerk is deur ’n korrekte toepassing van ’n toe-paslike regsbeginsel of as die grondslae van ’n leerstuk/ beginselbevredigend toegelig of toegepas is, sou hy met ’n breë glimlagen ’n blyk van genoegdoening uitroep: “’n Toonbeeld van suiweren weldeurdagte denke … is dit nie so nie mnr Hugo … janatuurlik is dit so!”

Sy ongekende skerpsinnigheid en diepe kennis en begrip vandie Kontraktereg, blyk ook uit sy “klassieke” boekbespreking vanDe Wet en Yeats Kontraktereg en Handelsreg (1964; 3e uitg) – sien1964 THRHR 243 ev – ’n “moet-lees” artikel vir nagraadse studenteen praktisyns wat van mening is dat hulle oor ’n goeie werkskennisvan Kontraktereg beskik.

Ten slotte kan gesê word dat prof van der Merwe die regs-wetenskaplike kroonprins van die sestigerjare was – wat dieakademiese wêreld 30 jaar (mutatis mutandis netsoos sy vader) tevroeg ontval het! Menige oud-studente sal hom diep dankbaarbly vir sy blywende bydrae tot hulle vorming as juriste – hetsy aspraktisyns hetsy as akademici of ’n kombinasie van voorgaande!Ons het hom leer ken as ’n vriendelike en nederige persoon,sonder grootdoenerigheid of pretensie.

Mag dr Nic die tatigjarige herdenking van sy geboortedag baievreugdevol en aangenaam ervaar en mag die oorblywendedekades ewe sinvol, gesond en rustig verloop!

Page 77: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

76

Johan Scott

Prof Nico van der Merwe

Geagte ProfU goeie buurman, Kobus, het my in kennis gestel van die nade-rende tagtigste “ouderdomsmylpaal” wat u DV op 19 November

Johan is tans al in sy 45ste jaar verbonde aan UP. Hy het in 1967assistent geword, en was van 1984 –2006 hoof van Privaatreg.Hy meld dat hy die “skarmunkel” is wat die naam van die de-partement laat verander het van Dept Romeins-Hollandse Regen Internasionale Privaatreg, na Privaatreg. Prof Pont was, vol-gens hom, blykbaar hewig ontsteld, soos ook, David Joubert. Hyis ’n stipendiaat van die Alexander von Humboldt Stiftung enwas ook meer as 10 jaar redakteur gewees van LAWSA. Johanhet in 1976 onder die promotorskap van Prof. Mr. Robert Feenstrain Leiden sy Doktorsgraad verwerf met die proefskrif “DieGeskiedenis van die Oorerflikheid van Aksies op grond vanOnregmatige Daad in die SA Reg”.

Susan, sy eggenote, is die eerste vrou wat in Suid-Afrika ’ndoktorsgraad in die Regte verwerf het: “Sessie in die Suid-Afrikaanse Reg” met prof P van Warmelo as promotor. Sy hetook haar LLB by UP verwerf in 1971. Sy is ’n professor inPrivaatreg by UNISA. Die proefskrif is dikwels in uitsprake vanons howe aangehaal. Johan vertaal deesdae Engelse regsboekein Afrikaans vir Oxford University Press.

Hy het die laaste 2 jaar handboeke in personereg, familiereg,erfreg en sakereg so vertaal en aldus tot die Afrikaanse regstaalbygedra. Hy het ’n lang lys van gepubliseerde artikels. Hy hettoekennings van die studente as beste dosent van die jaar enook ’n erkenning van die VSR onlangs ontvang. Hy was ookSenaatsverteenwoordiger op die Raad van die Universiteit.

Page 78: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

77

gaan bereik en my versoek om ’n paar woorde aan u te rig. Ekvoel uiters bevoorreg om een van die uitverkorenes te mag weeswat enkele gedagtes oor my herinneringe aan u klasgeedae kanneerpen. Ofskoon ek maar een jaar aan u voete gesit het (mytweede jaar – 1965), het u ’n onuitwisbare indruk op my gemaaken deurentyd vir my, gedurende my ganse akademiese loopbaan,as voorbeeld van die ideale dosent gedien.

Nou ja, die vak wat prof N.J. van der Merwe van die Depar-tement Romeins-Hollandse Reg en Internasionale Privaatreg virons klomp arrogante tweedejaars aangebied het, was Erfreg II –daardie vakgebied wat ons leer ken het as ’n ietwat vreemdeterrein, omdat die held van die verhaal altyd dood was! U eersteontmoeting met ons groep onthou ek soos gister. Daardie Dins-dagoggend in Februarie het daar ’n atmosfeer van gespanne af-wagting in kamer 7 van die Ou Letteregebou geheers … Onsklomp BA’s het die vorige jaar onder die heel strenge advokateT.T. Spoelstra en P.J.J. Olivier ons eerste kennismaking met diefamiliereg en personereg gehad en ons is goed opgedons. Gerugwou dit egter hê dat die dosent wat ons in die erfregkursus soukonfronteer in sowel voorkoms as aanslag ’n perd van ’n heelander kleur was. Ons was nuuskierig en daar is veel rondgefluisternadat almal (heel betyds) reeds hul plekke ingeneem het.

Ons stoutste verwagtinge is oortref! Die eerste teken van profVan der Merwe was die kamerdeure (wat swaaideure was – ennog steeds is – op voorbeeld van die beste kroegdeure in die ouWilde Weste) wat skielik oopgeswaai het, gevolg deur ’n swaaraktetas wat deur die lug vlieg en met ’n oorverdowende lawaaiop die dosentetafel beland: ’n kolskoot! Toe stap ’n rysige figuurbinne en konfronteer onmiddellik ’n student in die voorste rymet die vraag: “Meneer, waar is die kateder?!” Dit was arme ouArmand (Veltie) du Plessis, in latere jare dosent aan die Universiteitvan Fort Hare en ook dekaan van die regsfakulteit aldaar, wat

Page 79: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

78

hom skoon bewusteloos geskrik het. Nodeloos om te sê, is daargou ’n kateder en bordkryt opgespoor en die eerste klas wat onsby u geloop het, het ’n aanvang geneem.

Deur al die jare wat ek klasgegee het, het ek male sonder talaan studente, kollegas, kennisse en vriende vertel dat erfreg eenvan daardie vakke was waarin ek die heel minste agter die boekedeurgebring het, nie omdat ek nie van die vak gehou het of bui-tengewoon lui was nie, maar eenvoudig omdat ek aandagtig naelke woord wat u so helder gesê het, geluister het en elke sketswat u met duidelike, swaar hale op die swartbord neergepen het,in my geestesoog nageteken het.

U het die beginsels van die Aasdoms- en Schependomsreg virons so logies tuisgebring, dat hersiening nouliks nodig was. Ditwas die enigste vak waarin ek ooit 100% in ’n toets behaal het! Na45 jaar bly die Aasdomsbeginsel “het naaste bloed erft het goed”en die grondreël van die Schependomsreg, “het goed klimt nietgeern” nog steeds by my ingeprent, soos ook meeste van dieontwikkelinge vervat in die Politieke Ordonnansie van 1580, dieInterpretasie van 1594, die Plakaat van 1599 en die oktrooi van1661. So jammer dat al hierdie kennis “nutteloos” geword het asgevolg van die Wet op Intestate Erfopvolging 81 van 1987. Selfsmeeste van die hiperdroë bepalings van die Wet op Testamente 7van 1953 kon u met smaak en swier verduidelik. U inleidendelesing oor daardie wet onthou ek ook nog soos gister, toe u uitge-wys het dat dit die bedoeling van die wetgewer was om nutteloselitigasie daardeur uit te skakel, maar dat dit juis tot talle regspro-sesse aanleiding gegee het, byvoorbeeld oor die vraag of dit ’n“blad” of “bladsy” is wat deur die erflater onderteken moet word.U droë gevolgtrekking in hierdie verband was dat geldgierigeprokureurs landswyd so in hul noppies was met die nuwe liti-gasieveroorsakende wet, dat hulle graag ’n standbeeld ter eredaarvan sou wou oprig!

Page 80: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

79

In alle eerlikheid kan ek u verseker dat ek my grootste enkeleteleurstelling in akademiese verband gedurende my studentejarebeleef het toe u die diens van die Universiteit van Pretoria verlaathet en ek en my vriende tot die besef gekom het dat ons u onderrigsou moes ontbeer. Waar ek deur my jare as dosent in een van uspesialisgebiede, te wete die deliktereg, in werklikheid self myvoete moes vind (gelukkig grootliks aan die hand van Van derMerwe & Oliver Die Onregmatige Daad in die Suid-Afrikaanse Reg),besef ek vandag eers werklik hoe ongelukkig ek was om nie myeerste kennismaking met hierdie uiters dinamiese gebied aan uvoete te beleef het nie.

Tydens my doktorale studie in Leiden, onder die bekwameleiding van Robert Feenstra, het ek eendag tot die besef gekomdat daar ook goeie parallelle te trek is tussen sommige van die ouskrywers en my eie dosente by Tukkies. Ek kon my dierbareoorlede ou vriend, Paul van Warmelo, byvoorbeeld sien as ’ntipiese Cujacius (meer gebonde aan die sistematiek – oftewelgebrek daaraan – van die Corpus Iuris Civilis), terwyl u in uvernuwende aanslag veel meer gelyk het na die “moeilike”Hugenoot, Hugo Donellus, wat so ’n vernuwende sistematiek indie reg ingevoer het. (Trouens, ek herinner bepaaldelik dat ueenmaal so skuinsweg met u duim na die swartbord, waarop profVan Warmelo in ’n vorige lesing aantekeninge oor die Romeinsereg geskryf het, gewys het en kopskuddend verklaar het: “Argaïesegemors!”).

Wees daarvan verseker dat al u oudstudente waarmee ek oordie jare persoonlike kontak onderhou het, net soos ek, ’n enormewaardering vir u doseer- en navorsingsvermoëns koester: u wasin vele opsigte hier te lande ’n pionier op die terrein van dieregsonderrig – die leermeester wat ons geleer het dat die toe-passing van eenvoudige logika veelal meer om die lyf het as dienagaan van boekdele vol onverwerkte bronmateriaal. U sal vir

Page 81: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

80

my derhalwe altyd gestalte kry in die ou Romeinse spreekwoord:Aquila non captat muscas, wat deur Erasmus van Rotterdam soosvolg uitgelê is: Animus excelsus res humiles despicit.

Ek wens u ’n geseënde en voorspoedige nuwe lewensjaar toe!

Page 82: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

81

Jan d’Oliveira

It is a privilege to contribute to the Laudatio for Dr Nico van derMerwe on the occasion of his 80th birthday. Truly a great age for agreat teacher of Law!

Although not an “oudstudent”, I was a junior colleague at Jus-tice Training (now ‘College’) during the 1970’s. As colleague I wasde facto a student of his, i.e. one who sat at the feet of the master –in his office or even the tearoom!

Dr Nic was a teacher par excellence: his forte and joy was to in-culcate principles and knowledge into budding legal minds. Thishe did with verve and complete dedication. Many, if not most of

Jan joined the Public Service in 1967 and studied Law (B. Juris)full-time at the University of Pretoria (UP) on the Department’sStudy Scheme from 1967 to 1969; Tutor in Dept Criminal Law toProf Van Rooyen, UP; Public Prosecutor, Pretoria end 1969–1971;Part-time LLB studies through UNISA; Lecturer, JusticeTraining 1972–1976; Part-time LLD studies through UNISA; Doc-toral research in Heidelberg, West Germany, as a German Aca-demic Exchange Student, Oct 1974 to Dec 1975; Thesis: “Stateliability for the Wrongful Exercise of Discretionary Powers”. En-rolled as Advocate of the High Court of South Africa in 1972;Sen-ior State Advocate in the Office of the Attorney-General, Preto-ria 1976–1980;Deputy Attorney-General in the Office of the At-torney-General, Pretoria 1980–1986; elevated to the Status of Sen-ior Counsel in 1985. Attorney-General of the Eastern Cape Divi-sion of the High Court 1986–1992; Attorney-General of the Trans-vaal 1992–1998;Deputy National Director of Public Prosecutions1998–31 May 2003. Appeared in the Constitutional Court in aboutten matters. Retired from Public Office on 31 May 2003. FromAugust 2003 to December 2005 involved as Consultant in an ini-

Page 83: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

82

the course attendees had – for one reason or another – not hadthe opportunity of attending full-time university. They were en-gaged in one or other facet of the administration of justice. What-ever their backgrounds, Dr Nic set to work on the given humanmaterial: what he required was prompt attendance at and atten-tiveness to his lectures. He ensured the former by not allowingparticipants to enter once he had closed the doors to the lectureroom – the biblical et clausa est janua – and very soon there wereno latecomers.

As for attentiveness, I recall approaching him with a couple ofcolleagues in his office to gain an understanding of the Appor-tionment of Damages Act. Instructing us to close our note-pads,he energetically proceeded with a step-by-step analysis using hispipe and tobacco pouch as teaching aids!

We came to understand how his students were inspired to ap-

tiative, as Coordinating Prosecutor and Advisor, of a team of pros-ecutors and detectives dealing with cases of Bank- and Cash-in-Transit Robberies under the aegis of SABRIC (the risk arm of theBanking Council) in collaboration with the NPA and SAPS. Inthe period 1998 to 2007 invited by the United Nations Office forDrugs and Crime (based in Vienna) on a number of occasions toparticipate in Expert Working Groups dealing with aspects re-lating to International Cooperation in Criminal Matters. Theoutcomes of such sessions were usually international guidelinesfor justice systems on matters such as Mutual Legal Assistanceand Extradition, including cooperation in matters of internationalterrorism. The venues for such meetings were Vienna, Siracusa(Sicily) and Vancouver.

From the second half of December 2005 until April 2011worked as private practitioner. He has presented, and is on callto present, a module for the LLM (Criminal Law) course of theDepartment of Public Law, UP, of which he is a Professor Extra-ordinaire. In earlier years he served as External Examiner at UPand at Rhodes University.

Page 84: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

83

ply themselves to study: his manner was infectious!On another occasion he hinted at part of his philosophy in say-

ing that the formation of Lower Court officers was vital as over80% of litigation took place in that forum; proper formation wasessential for achieving justice in the general run of cases. A con-scientious judex facti correctly applying principles could alsocontribute indirectly to the development of law were his/her caseto serve before judges on appeal or review.

A love of nature featured in his life. He led “photo” safaris intoBotswana. One experienced a relaxed Dr Nic at home with col-leagues in the bush, often sharing his Free State family history. Inmore ways than one he led by example: on a July evening in 1977we circled a dry pan causing the game to move away before weset up camp on the overlooking dune. Unbeknown to us a prideof lions had been targeting the game; our camp was left in thepath of the pride. Dr Nic disappeared as the rest of us were watch-ing the approach of the lioness. At the last minute we piled intohis Landrover where we found him at the steering-wheel. Hepointed out that that was leadership in the interests of our safety!

There are longer serving colleagues with many anecdotes andcherished memories of their time with him at the College whichhe came to head. It is remarkable how many express their loyaltyand high regard for Dr Nic. That is also the case in the echelons ofthe older and/or retired magistrates.

Dr Nico, we salute you! Prospere procede et regna!

Page 85: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

84

Dawie de Villiers

Beste Dok

Met die gedagte dat oudstudente betrek sou word om mee tedoen aan ’n huldigingsbundel, het ek aanvanklik gedink dat eknie eintlik kwalifiseer nie, aangesien ek nie werklik in die strengsin van die woord ooit Dok se student was nie. Ek besef egter noudat ek dalk in meer as een opsig sou kon voldoen aan hierdievereiste. Deur al Dok se lesings by ’n spesifieke aspirant-streek-landdrosseminaar by te woon, kon ons gedagtes en idees uitruil

Na die verwerwing van die LLB-graad en ’n paar jaar as staats-aanklaer, begin Dawie in 1983 as dosent by Justisie-Opleiding.Hy het hoofsaaklik Bewysreg gedoseer aan staatsadvokate, as-pirant-streeklanddroste, landdroste en staatsaanklaers. Van 1989tot 1995 was hy die hoof van die departement Strafhofopleiding(Justisie-Kollege), eers as senior staatsadvokaat en later as streek-landdros (rolvertolker). Hy verwerf in daardie tyd die LLD-graadaan die Universiteit van Pretoria met Kobus van Rooyen as pro-motor. Vir nagenoeg agt jaar (1987–1995) het hy deeltyds by dieUniversiteit van Pretoria Strafreg doseer. Vanaf Mei 1995 totFebruarie 1996 is hy aangestel as Uitvoerende Direkteur aan dieTechnikon van Suidelike Afrika. Vanaf Maart 1996 is hy profes-sor aan die Regsfakulteit van die Randse Afrikaanse Universiteit(nou Universiteit van Johannesburg), waar hy hoofsaaklikBewysreg doseer aan LLB- en LLM- studente.

Die behoefte om steeds by praktiese opleiding betrokke tewees, het daartoe gelei dat hy ’n buite-kurrikulêre Diploma inStrafregspleging en Forensiese Ondersoeke ontwikkel het,waarvoor gemiddeld meer as 300 studente per jaar registreer. Sybetrokkenheid by die universiteitslewe het onder andere

Page 86: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

85

op ’n besonder hoë vlak. My mooiste herinneringe het nie netmet die reg en ’n professionele verhouding te doen nie en is eintlikbesonder persoonlik van aard. My huldeblyk sou dus dalk eerderas blyk van waardering en persoonlike dankbaarheid gesien konword.

Vir enige iemand anders wat dalk hierdie brief gaan lees, geeek graag ’n bietjie agtergrond en bely sommer terselfdertyd datek reeds vir jare al die behoefte het om so ’n brief te skryf. Omegter selfs net te raak aan alles wat ek op die hart het, sou etlikebladsye beslaan. Dok se blywende invloed op my loopbaan enpersoonlike lewe was, en is steeds, so ontsaglik groot, dat ek maarnet op enkele hoogtepunte sou kon wys.

Oor bietjie meer as ’n jaar sal dit 30 jaar gelede wees wat ek as25-jarige jong en onervare staatsadvokaatjie by Dok se kantooringestap het. Ek onthou nog dat die “onderhoud” uit nie meer asses vrae bestaan het nie, met Dok se laaste opmerking:”Ek verwagvan jou ’n ‘Gentleman’s agreement’ dat jy darem so vir vyf jaarby ons as dosent sal bly.” Die vyf jaar sou twaalf jaar word. Ekvertel steeds vir elkeen wat wil hoor, dat dit steeds die beste twaalfjaar van my loopbaan was. Wat het dit so besonders gemaak? Wasdit die bewondering en helde-verering vir Dok as hoof? (Baie

ingesluit om vir ses jaar koshuisvader te wees asook om asvoorsitter van RAU-rugbyklub te dien. Weens jarelange opdate-ringslesings aan streeklanddroste, is hy vereer met erelidmaat-skap van die Vereniging van Streeklanddroste van SuidelikeAfrika. Die “Association of Certified Fraud Examiners (SA Chap-ter)” het in 2010 lewenslange lidmaatskap aan hom toegeken.Die hoogtepunt van sy akademiese loopbaan was egter dietoekenning van die “Vice-Chancellor ’s Distinguished Award forTeaching and Learning (UJ)” in 2010 en hy ontvang in Desember2011 ’n “National Excellence in Teaching and Learning Award”van die “Higher Education Learning and Teaching Associationof Southern Africa”.

Page 87: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

86

ander kollegas het dit tog ook gehad.) Of was dit dat ek op soekwas na ’n rolmodel vir my eie loopbaan as regsdosent? (Dat Dokself ook sulke rolmodelle gehad het, kom duidelik na vore in diewyse waarop u in die 1982 Nuntius bl. 30 ev na u leermeester profWMR Malherbe verwys het.) Dalk het Dok se bereidwilligheidom as klankbord en kritikus vir ons dosente te dien, baie te doengehad met hoe ek aan daardie jare terugdink.

Natuurlik was die verhouding tussen ons as junior kollegas enDok nie net werksverwant nie. Die tafeltennis-sessies tydens tee-en etenstye hou net soveel meer aangename herrinnering inomdat Dok, met daardie kenmerkende glimlag, gereeld ons“ernstige” kompetisies meegemaak het. Die vroegoggend plaasvan gesegdes deur elkeen wat wou meedoen op die kennis-gewingbord, het begin as speletjie maar later ontwikkel in ernstigedebatvoering en uitruil van sentimente en sienswyses. Geenhuidige e-pos, “face-book” of ander sosiale netwerk kan mynsinsiens naby daaraan kom nie.

Dat Dok, na die vasstelling dat ons eintlik verlangs familie is,dit by talle geleenthede in die openbaar met soveel trots oorvertelhet, het my onbeskryflik goed laat voel. Daar bestaan by my ookgeen twyfel dat ek sonder Dok se ondersteuning en motiveringnooit by ’n doktorsgraad sou uitgekom het nie. Ek het oor diejare dikwels verwys na die vier mense wat met hul spreuke enlewenswaarhede die grootste invloed op my totale lewe sou hê.Salomo, C.J. Langenhoven, Dr N.J. Van der Merwe en my pa.

Wat my liefde, passie en entoesiasme vir klasgee seker diemeeste beïnvloed het, was nie net Dok se voorbeeld nie, maarveral die oorvloed uitdagings en geleenthede wat ek by Justisie-Kollege gehad het. Ek kan die dag so goed onthou toe ek vir Dokgesê het dat ek nie kans sien om vir senior beamptes soosprokureurs-generaal en aspirant-streeklanddroste klas te gee nie,omdat ek nog nie eers dertig jaar oud was nie. Dok se antwoord

Page 88: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

87

was dat as jy goed genoeg is, jy oud genoeg is en dat ek vir Klausvon Lieres en al sy adjunk-PG’s moet wys van watter stoffasieJustisie-Kollege dosente is. Dok se onwrikbare vertroue in myvermoëns het vir my geweldig baie beteken. Met daardie moti-vering sou ek toe vir enige situasie kans sien en kon ek sedertdienal dikwels moeilike uitdagings aanpak.

Na my kortstondige maande in ’n bestuurspos by TechnikonSA was Dok se woorde: “’n Mens lewe van geld en nie vir geldnie”, asook “Luister my maatjie, jy is ’n regsdosent en sal nooit inenige ander beroep gelukkig wees nie”. Ek het die volgende dagsummier die leerstoel by RAU aanvaar. Tot vandag glo ek nogonwrikbaar in dit wat ek sedert my eerste doseerdae by Dok asmy mentor geleer het. Ons is gereeld herinner: “Moet nooit jouinvloed as dosent in die klas-situasie onderskat nie” en “Vra jouselfvoortdurend af – watter verskil maak jy of kan jy maak aan dieregspleging in ons land?” Die regspraktisyns, streeklanddrosteen aanklaers met wie ek steeds by opdaterings-geleenthede tedoene kry en dan met groot nostalgie oor die Kollege praat, raakweens afsterwes, bedankings en uittredes by die jaar al hoeminder. Oor een ding is ons almal eens. Die regsopleiding, kennisen insig wat elkeen van ons onder Dok se leiding by Justisie-Kollege kon kry en ook met ander kon deel, het in daardie jarenie sy gelyke aan enige regsfakulteit gehad nie.

Ek sluit af met ’n selfs nog meer persoonlike herinnering. Asvriende en kollegas rondom ’n bosveldvuurtjie te Leydsdorp ofop die plasies “Jakkalsbessie” en “Safari-troos” was daar tye waarwoorde oorbodig was. Die voorreg om ook Dok se moeder,Tibbie,* die bekende Voortrekkerleier, Senator en dogter van Presi-dent Steyn, daar te kon ontmoet, was my ook beskore.

* Redakteur: Naamgenoot van haar moeder – sien MCE van Schoor MTSteyn – regsman, staatsman en volksman (2009 Protea Boekhuis).

Page 89: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

88

Die brief van medelye met die afsterwe van my vader, wat Dokselfs nadat ek weg is by Justisie-Kollege aan my gestuur het, heteen ding duidelik gemaak: Die mens wat ek op soveel vlakke konleer ken het, is meer as net die hoogaangeskrewe juris, skryweren bowenal uitnemende dosent. Hy is ’n mens wat vir ewigonthou sal word omdat hy werklik omgegee het. Ek kan maarnet hoop en glo dat ek, volgens Dok se voorbeeld, in my studenteen kollegas se lewens ook ’n effense verskil maak.

Dalk was u nooit daarvan bewus dat landdroste en streekland-droste in daardie dae na ons verwys het as “Ou-Dok” en “Klein-Dok” nie. Selfs iets wat op die oog af so onbelangrik mag wees,laat my steeds met ’n gevoel van trots dat ons in dieselfde asemgenoem is. Daarvoor sê ek dankie en wil ek dan ook graag op diebesondere dag vir Dok gelukwens met die verjaarsdag.

Page 90: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

89

Len Dekker

Geagte Prof Van der Merwe

Deliktereg het ek eers behoorlik verstaan nadat ek as LLB–gegra-dueerde by Justisie Opleiding in 1972 ’n kursus van u bygewoonhet. As leerklerk by die Staatsprokureur was dit verpligte oplei-ding. Sonder vrees vir teenspraak kan ek getuig dat van alledosente by wie ek by drie verskillende universiteite klas geloophet, u by uitstek die leermeester is wie se klasse ek die meestegeniet het. Dit is ook die kennis wat ek die langste onthou weensdie absurde verhale wat u vertel het om ’n regsbeginsel in een-voudige taal te verduidelik. “Ekstreme gevalle toets die beginsel”,was u verduideliking.

Met groot erns is vir ons as studente vertel hoe u by geleentheidin Bloemfontein u hare laat sny het by ’n salon. Langs u sit ’n manwat u nie herken nie, maar wat natuurlik weet u is die befaamderegsprofessor. Die man vra u ’n paar vrae na aanleiding van ’n

Len is ’n voormalige Direkteur-Generaal in die Transvaalse Pro-vinsiale Administrasie en is tans gestasioneer in Pretoria as ’npraktiserende prokureur en spesialiseer in arbeidsreg, waterregen staatkundige aangeleenthede, veral plaaslike regeringsaange-leenthede. Hy is ’n deeltydse Kommissaris vir die Kommissie virKonsiliasie, Mediasie en Arbitrasie (KKMA) (Gauteng). Vir dieafgelope 10 jaar is hy lid van die Uitvoerende Komitee van dieAHI. Kwalifikasies: 1968–70 BA (Regte) en LLB (US); 1973–78BAdmin; MSA (Mun.enStaatsadministrasie) (UP); 1997: LlM(Arbeidsreg) (RAU); Ondervoorsitter Vereniging van Regslui virAfrikaans.

Page 91: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

90

stel feite en, sonder om links of regs te kyk, verduidelik u aan dievraesteller die regsbeginsels wat van toepassing is. ’n Paar maandelater lees die Professor in die hofverslae ’n uitspraak gegrond opsy verduideliking by die haarkapper. Toe eers besef u dit was ’nAppèlregter wat langs u gesit en vrae vra het!

Graag wens ek Prof. Nic alles van die beste toe en sê baie dankie,nie net vir wat u ons geleer het nie, maar ook vir die vermaaklikemanier waarop u dit baie doeltreffend gedoen het. Alles van diebeste, mag u nog baie jare gespaar word om die briewe van Pliniuste lees!

Page 92: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

91

Johan Kok

Wanneer ’n groot gees aftreeIn ’n vorige geskrif wat ten tyde van Nico van der Merwe se aftredeby die Justisie Kollege in Desember 1995 uitgereik is (die inhoudwaarvan in alle opsigte steeds geld), het ek verwys na die padwaarop hy die Kollege gelei het. Daarna het hy sy eie pad verdergeloop en dit is nou meer as vyftien jaar later. Vyftien jaar waarinhy homself in meerdere opsigte totaal en al losgemaak het van syvorige beroepslewe en hom, onder andere, ook ontdaan het aandie reg en die regswetenskap. Hy het die vermoë vervolmaak omhom daarvan te weerhou om enigiets te doen, of by enigiets

Johan Kok begin in 1958 werk in die Landdroskantoor, Bethle-hem. Die regstudies waarmee hy by wyse van afstandsonderrigdaar begin, sit hy in 1961 by UP (Buitemuurs) voort, waar hyblootgestel word aan die klaskameronderrig van professor N.J.van der Merwe. Hierdie onderrig beskou hy as die belangriksteregsopleiding wat hy ooit ontvang het omdat dit die basis gevormhet, nie alleen vir sy regstudies nie, maar ook vir sy loopbaan indie Departement van Justisie oor die algemeen. Vanaf 1961 tot1974 werk hy in verskillende afdelings van die Departement,onder andere, as staatsaanklaer, streekhofaanklaer, landdros enin die departementele hoofkantoor. Hy bereik die rang vansenior landdros in 1971. Hy word in 1974 verplaas na JustisieOpleiding (later Justisie Kollege) waar sy pad weer met die vansy voormalige professor kruis. En daar begin tussen hulle ’nwerkverhouding wat oor meer as twee dekades strek en, veralnadat sy leermeester in 1979 as Hoof van Justisie Kollege aan-gestel is, as ’n bloeitydperk in die geskiedenis van die kollegeaangemerk kan word. Nadat Nico aan die einde van 1998 afgetreehet, het Johan vir sewentien maande as hoof van die kollegewaargeneem.

Page 93: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

92

betrokke te raak wat hom in die geringste mate nie aanstaan nie -’n geneigdheid wat maar altyd daar was, maar wat hy vroeër van-weë beroepsverpligtinge soms onder bedwang moes hou. Sedert-dien het hy egter sy nuwe vryheid volledig uitgeleef soos hy ditverstaan.

My instemming om nou enkele aanvullende gedagtes oor homop skrif te stel, is dus grootliks gemotiveer deur die wete dat ookek nou groter vryheid geniet om, anders as wat by die vorigegeleentheid die geval was, buite die beperkings wat ’n formeleafskeidsgeleentheid noodwendig toe vereis het, enkele grepe vanmy persoonlike ervarings van en met hom oor ’n tydperk vanbyna vier dekades uit te lig.

My eerste kennismaking met hom (toe algemeen bekend as “dieProf”) was in Februarie 1961 in die erfregklas van die destydsebuitemuurse afdeling van die Universiteit van Pretoria. Sy bui-tengewone voortreflikhede as dosent is reeds op rekord en dit isonnodig om hier daarop uit te brei. Wat myns insiens egter nouuit daardie dae terloopse vermelding verdien, is die enersyds ge-naakbare, andersyds sarkastiese wyse waarop hy gereageer hetop die klasonderbrekings wat deur laatkommers veroorsaak is.Sonder om enigsins van stryk gebring te word, sou hy, as deelvan sy voordrag, ’n opmerking maak soos: “Goeiendag mnr X,ons kon ongelukkig nie langer wag nie.” Of: “Welkom mnr Y, onsis bly u is met ons.” Of, my persoonlike gunsteling: “Ons het toemaar begin.” Anders as wat die gebruik van sommige anderdosente was, het hy nooit deur ’n vravraery studente se kennis indie klas getoets nie. Dit het uiteraard bygedra tot ’n ontspanneatmosfeer in die klas, omdat hy genoeg insig gehad om te besefdat parate kennis nie iets is waaroor alle buitemuurse studentenoodwendig op ’n deurlopende basis beskik nie. Dit word myvertel dat hy van sy Latyn-studente vir wie hy in later jare pri-vate onderrig gegee het, aanvanklik wel sodanige kennis verwag

Page 94: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

93

het, maar hy moes sy verwagting afskaal en die vraery staak, toedit negatief begin inwerk het op sy bywoningsyfer.

Meer as ’n dekade na die voltooiing van my laaste mondelingby hom, het ons paaie weer gekruis toe ek as dosent by JustisieOpleiding (later Justisie Kollege) aangestel is. As hy (toe algemeenbekend as “Doktor”) my nie as een van sy oud-studente herkenhet nie, het hy dit uit oordentklikheid nie laat blyk nie. Ek vermoeddat hy aanvanklik nie eintlik vat aan my kon kry nie. By geleent-heid het hy, tydens ’n bespreking wat ek met hom probeer voerhet, dit goedgevind om vir my te vra: “Swaer, weet jy wat is ’nnovus actus interveniens ?” My onmiddellike reaksie op die vraagis tans van geen belang nie, maar die aanspreekvorm “Swaer”(wat ek hom nooit ooit weer hoor gebruik het nie) het my nieaangestaan nie. Ek het die gesprek so gou as moontlik en so beleefdas moontlik beëindig en daarna enige kontak met hom voorlopigbeperk.

Dit is moeilik om te glo dat ek en hierdie selfde man in diedaaropvolgende jare deur omstandighede verplig sou word omsoveel gemeenskaplike belange te deel en in die proses soveelervarings binne en buite werksverband meegemaak het, dat onsmet verloop van tyd baie na aan mekaar gegroei het. Hierdieproses het sy oorsprong gehad in die feit dat ek twee jaar nadatek deel van Justisie Opleiding geword het, deur die destydse hoofaangewys is om verantwoordelikheid te aanvaar vir alle sleurwerkwat aan sy pos verbonde was. Vir die doel moes ek ’n kantoortussen die “grootbase” van die instelling (J.C. Ferreira – die hoof –en Nico van der Merwe) betrek waar ek, benewens my doseer-verpligtinge, die rol van ’n soort handlanger van die vermeldehere moes speel.

Dit is sedertdien dat ek Nico van der Merwe so goed leer kenhet as wat hy dit moontlik gemaak het. Hierdie kennis is in dieloop van normale amptelike werksaamhede maar ook en veral

Page 95: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

94

tydens letterlik honderde middagete-gesprekke en rondommenige kampvure opgedoen.

Afgesien van sy fenomenale intellek en kennis, beskik hy oordeugde (sommige mense sal dit eienaardighede noem) wat ’ngewone mens vreemd en ongewoon, indien nie verstommendnie, sal vind. Hier word gedink aan die hoë premie wat hy plaasop die handhawing van ’n streng geroetineerde en gedissipli-neerde lewenstyl en op vooruitbeplanning van en deeglike voor-bereiding vir elke voorgenome taak, hoe gering ook al. Kantoor-ure, waarop hyself besluit het (en stiptelik nagekom het), het hyso vasgestel dat sy reistyd tussen huis en werk nooit in druk-verkeer sou plaasvind nie. Van die roete waarop hy besluit het,het hy normaalweg nie afgewyk nie. As hy (onwillig en by hoëuitsondering) sou besluit om sy roetine te verbreek en ’n nuweroete te volg, het die nuwe roete spoedig die geroetineerde roetegeword. Ek sal nie verbaas wees as sy traagheid om middagete-uitnodigings te aanvaar ook maar hoofsaaklik gedien het asbeskerming van sy middagete-roetine (wat die nuttiging vanbrood en vrugte in sy kantoor behels het), wat nie in gedrangmoes kom nie.

Hierdie lewenswyse is gevolg in ooreenstemming met sy strewena gracious living, soos hy daarna verwys het. Volgens my waar-neming verg so ’n lewenswyse dat mens nooit in ’n posisie geplaasmoet word om onder druk te funksioneer en tot oorhaastigebesluitneming of ander optrede gedwing te word nie.

Daar is ’n ander verskyningsvorm van gracious living waarmeeek kennis gemaak het toe dit van my verwag is om lang amptelikereise per motor saam met Nico te onderneem. Volgens hom verggracious living in hierdie konteks dat as hy op reis is, hy so goumoontlik moet vasstel waar hy die komende nag gaan slaap;daardie slaapplek moet teen vier uur die middag bereik word; asdit nie gebeur nie, is daar nie genoeg tyd vir sy geroetineerde

Page 96: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

95

oefeninge, rustige verfrissing, voorbereiding vir aandete en ’nvroeë nagrus nie.

Dit klink alles goed en wel vir iemand wat alleen reis, maarmet my as reisgenoot wat nie bereid is om op pad na Pretoriareeds vroegmiddag op Ermelo of Villiers af te pak om daar teoornag nie, het ernstige meningsverskille ontstaan, menings-verskille wat in intensiteit en driftigheid toegeneem het na gelangdaarvan of daar ’n derde personeellid teenwoordig was wat agterin die motor vreesbevange tot doodse en verskrikte stilswye ge-dwing kon word deur die tirade voor in die motor.

Sy gracious living-benadering het Nico nie daarvan weerhouom sy inherente neiging om impulsief op te tree soms te laathoogty vier nie, soos wat gebeur het toe hy ’n “baie belangrike”lêer van ’n paar sentimeters dik met allerhande regsopinies deurgeleerde mense daarin, onmiddellik na ontvangs daarvan, by sykantoorvenster vanaf die sesde verdieping uitgegooi het. Moti-vering vir sy optrede was dat hy vertroud was met al die argu-mente wat in die lêer aangevoer is; dat hy nie daarmee saamstemnie; dat hy dit al telkens in die verlede grondig weerlê het; en dathy nie langer tyd daarmee wou mors nie. Die lêerinhoud hetlaatmiddag verspreid onder geparkeerde voertuie rondgelê. Daarwas nooit enige navrae daaroor nie.

Vanweë die feit dat sy lesings met soveel oortuiging en passieaangebied is en deurgaans getuig het van sy grondige kennis,sou mens kon aanvaar dat sy lesingsaaloptredes met verloop vanjare nie deur noemenswaardige voorbereiding voorafgegaan souword nie. Die waarheid is egter dat deeglike voorbereiding waar-skynlik een van die belangrikste komponente van elkeen van sylesings was.

Sy pligsgetrouheid as dosent word goed geïllustreer deur ’nvoorval, jare gelede, toe ’n ongesteldheid hom verhinder het om’n lesingafspraak met ’n student na te kom. Hy het die student

Page 97: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

96

versoek om hom terug te skakel en het ’n volledige lesing tele-fonies vanuit sy siekbed aangebied.

Sy geordende lewenswyse het hom goed te pas gekom toe hylater hoof van Justisie Kollege geword het en sy nuwe verant-woordelikhede met grasie kon aanvaar sonder om van enige vansy normale doseerverpligtinge afstand te doen. Daarin kon hyslaag vanweë die toepassing van gesonde bestuursbeginsels, waar-van bevordering van goeie menseverhoudings met en onderpersoneellede, oordeelkundige delegering van verantwoordelik-hede en sorvuldige beplanning belangrike komponente was. Hywas gesteld op ’n ontspanne werkomgewing om werkverrigtingvan sy personeel te bevorder. Die uitnemende werk wat JustisieKollege op meer as een terrein onder sy leiding gelewer het wasvir hom, tereg, ’n bron van trots.

Enige aantekening, hoe beknop ook al, oor Nico van der Merwe,sal onvolledig wees sonder vermelding van sy liefde vir en trotsop sy goeie vrou, Magda, sy twee dogters, sy drie sogenaamde“klaargaardogters” en die kleinkinders. Hulle is vir hom ’n grootbron van vreugde.

Sy hartstogtelike liefde vir die natuur, en dan veral die Kala-hari en die Bosveld, is in onlangse jare grootliks getemper deurontwikkeling wat voorheen ongerepte natuurgebiede vir diemassas meer toeganklik, maar vir ’n fynproewer soos hy, minderaantreklik gemaak het.

Toe ons nog albei gewerk het, het Nico my dikwels siniesgewaarsku dat mens nie moet verwag dat vriendskapsbandetussen jou en kollegas noodwendig na jou aftrede gaan voort-bestaan nie. Ons het besluit dat dit nie met ons sal gebeur nie.Ons sien mekaar steeds gereeld. Hy het die roetine vasgestel: elkemaand vir sestig minute – een maand by my huis, een maand bysyne. Ek vertrou dat ons hierdie kontak nog vir baie jare in standsal hou.

Page 98: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

97

Mag Nico van der Merwe die welverdiende huldeblyke wat inhierdie dae na sy kant toe kom, vir die res van sy lewe koester asdankbare erkenning deur sy oud-studente, oud-kollegas eningeligte vriende vir die ontsaglike bydrae wat hy oor ’n tydperkvan baie dekades in belang van die regsontwikkeling, regs-opleiding en regspleging hier te lande gelewer het.

Page 99: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

98

Oscar Schrenk

Baie geluk met die tagtigste verjaardag, Dok, dit is voorwaar ’nbesonderse mylpaal. Mag die jare wat voorlê gevul wees met goeiegesondheid en vreugde. Dit was vir my baie lekker om te luisterna ’n onlangse TV huldeblyk van u ouma, Mev. Tibbie Steyn, ente sien dat u vurigheid nog net so sterk deurkom, toe u oor dieEngelse van daardie dae gepraat het. Dit het baie herinneringelaat terugkom van die tydjie wat ons saam gewerk het by JustisieOpleiding. Ek beskou dit as ’n voorreg om saam met u te konwerk en na al die jare staan dit nog uit as ’n hoogtepunt in myloopbaan.

Ek het nie die voorreg gehad om klas te loop by Dok nie, maarhet hom as kollega en vriend leer ken, as ’n “mens-mens”. Hy hetaltyd tyd vir jou gehad en het baie omgegee vir die mense omhom.

Dok is baie lief vir Botswana en tydens een van sy besoeke aandie ongerepte land het Dok hom nie gesteur aan die beperkendereëls van die land nie. Die Hoofman van die spesifieke gebied hethom laat opspoor en hy is toe aangesê om voor die hof te verskyn,wat plaasgevind het onder ’n boom in die veld.

Nadat Oscar gegradueer het aan die Universiteit van Pretoria in1977, is hy aangestel as dosent by Justisie Opleiding, waarna hyas Streekhof aanklaer diens verrig het. In 1984 is hy verplaas naKaapstad as Landdros en in 1989 is hy aangestel as Hoof van dieKinderhof van Kaapstad. Hy is gedurende 1993 verplaas na Cal-vinia as kantoorhoof, waar hy in 1997 afgetree het. Hy is tans diebesturende lid van Next Level Telecoms Services. Hy en Char-lotte is reeds 37 jaar getroud en het drie seuns.

Page 100: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

99

Die Hoofman was die voorsittende beampte en sy Indoenashet in ’n kring gesit met die beskuldigde in die middel. Hier soudit nie help om hofbeslissings aan te haal nie, nog minder omLatynse spreuke aan te haal en ook nie paragrawe oor die redelikeman uit die voorgeskrewe boeke deur die beroemde Dr. N.J. vander Merwe voor te lees nie. Hier het slegs “common sense” gegelden niks meer nie.

Ek kan egter nie meer onthou wat die beslissing van die “hof ”was nie, maar ek onthou wel dat Dok besonder beïndruk wasmet die wyse waarop die saak hanteer was en hy het gereeld gesêdat ons dikwels ons werk te ingewikkeld maak. Gesonde logikaen ’n eerlike en onpartydige benadering is gewoonlik voldoende.

Ek het ’n interessante staaltjie gehoor van twee Lugmag vlieë-niers wat Dok in sy klas gehad het een jaar. Hulle het blykbaar opdie een of ander wyse dit reg gekry om vir Dok ’n vlug in ’n op-leidings-vliegtuig te reël. Die vlieënier het moeite gedoen om tewys waartoe die vliegtuig in staat was. Dok was angsbevange enhet luidkeels beswaar aangeteken oor die radio en het later metbaie hulp, al bewende, van die vliegtuig weggestap.

Dok het nie daarvan gehou om in die verkeer te sit nie en hetderhalwe soggens baie vroeg werk toe gekom. Hy was gewoonlikure voor die tyd by die werk en het hom maar besig gehou metdir skryf van sy boeke. Dok het die Pretoria bestuurders beskouas die slegste en gevaarlikstes in Suid Afrika en het homself teenhulle beskerm deur werk toe te kom in sy geliefde Land Rover.Sodoende was hy gepantser teen die onverskillige bestuurders.

Dok is ook baie passievol oor sy familie. Ek kan nog onthouhoe sy oë geglinster het toe Theuns Stofberg die eerste keer gekiesis om vir die Vrystaat rugby te speel en hoe hy met soveel drifvoorspel het dat Theuns nog vir die Springbokke sal speel. Hyhet opreg gedeel aan ander se vreugdes en ook aan hulle verlieseen hartseer.

Page 101: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

100

Wat my die meeste van Dok byval is sy nederigheid en op-regtheid. Wanneer ’n mens blad skud met meeste van die soge-naamde verhewe mense, voel dit asof jy aan ’n perdehoef of ’nnat koerant vat, maar as hierdie groot gees sy hand na jou uitsteek,vat jy aan sy hart en hý aan jou hart.

Page 102: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

101

Slotwoord

Nou dat al die briewe ontvang is kan mens nie anders as ommet bewondering na die laudationes te kyk nie. Die briewe

het ook, eintlik onverwags, tot iets groter gelei: ’n samevoegingvan wysheid wat voortspruit en ontwikkel het uit ’n student seeerste kennismaking met die Reg. Die invloede wanneer jy ’n stu-dent is, is uiters belangrik in die groei-proses en, soos aangedui,was Nico van der Merwe ’n wesentlike inspirasie tot die beginsel-benadering, wat almal beklemtoon in hul huldigings. Nico is dielaaste een wat sal verwag dat daar geen ontwikkeling daarna souwees nie. En so het ons almal ’n uiters interessante vyftig jaarbeleef. Ook Nico!

Dis tog insiggewend hoe sekere beginsels werklik deurlopendewaarde het. Mens vind sommige van die beginsels terug in dieHandves van Menseregte: beskerming van dignitas, eiendom, vry-heid van spraak, die reg op ’n billike verhoor, ne bis in idem enso-voorts. Tog weerklink sekere beginsels dwarsdeur ’n loopbaanvan ’n juris en het hulle ewigheidswaarde : plus valet quod agiturquam quod simulate concipitur* is ’n waarheid wat orals in die regen op ander gebiede sy kop deurlopend uitsteek; contra bonos mores– in sy nuwe vorm : teen die grondbeginsels van die Grondwet† –is ’n verdere basiese beginsel wat nooit sal vergaan nie - enuiteindelik lê Cicero‡ die grondslag van geregtigheid neer:

* Zandberg v Van Zyl 1910 AD 302 per Innes AR.† Brisley v Drotsky 2002(4) SA 1(SCA) te para [91] – [95] per Cameron AR.‡ Ek het verwysings na Cicero gevind in uitsprake van ons howe wat

strek vanaf 1874 tot 2008, wat aanduidend is van die ewigheidswaardeswat hy verkondig het.

Page 103: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

102

quae animi affectio suum cuique tribuens atque hanc quamdico societatem coniunctionis humanae munifice et aeque tuensiustitia dicitur*

Dis, ten slotte, insiggewend wat Prof Boberg in die Voorwoordvan The Law of Delict, na ’n jarelange pennestryd tussen die tweegroot geeste, sê:

Nico van der Merwe ... the talented enfant terrible, thebrilliant iconoclast who, though a little older than hewas when he first made grey heads turn disapprovingly,still retains the power to make us think about the lawand marvel at his trenchantly humorous prose.We havecrossed swords many times : little did I know how manyof his views I would come to share as I wrote this book.

Hiermee saam resoneer Paulus se teks in Digesta 50.17.1 in diestem van Nico van der Merwe† helder, inspirerend en innemend– soos altyd!

Non ex regula ius sumatur, sed ex iure quod est, regula fiat

* Die volle sin lees: “This disposition, which urges that each should begranted his own, and which munificently and fairly protects this com-munity of the human alliance, as I refer to it, is called justice and itsadjuncts are piety, goodness, generosity, kindness, courtesy and othercharacteristics of the same nature.” – Cicero De finibus bonorum et malo-rum 5.23.65–66 soos vertaal deur oudstudent Deon Van Zyl Justice andEquity in Cicero (1991) 106–107.

† Adagium tot Van der Merwe Beskerming van Vorderingsregte uit Kontrakteen Aantasting deur Derdes (Van Schaik 1959).

Page 104: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

103

Page 105: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

104

Page 106: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

105

Page 107: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

106

Page 108: Nico van der Merwe 19 November 2011 - up.ac.za · ander akademiese bydraes. (Dit is uiteraard nie ’n volledige indeks van verwysings na al sy publikasies nie.) So onlangs soos 2009

107