16
... vervolg op bl. 2 Deur Mariska Ehlers ([email protected]) LEPHALALE - Die gemeenskap van dié dorp is tot in sy fondamente geskud na die wrede aanval en verkragting van ‘n geliefde 40-jarige inwoner terwyl sy en haar gesin besig was om te verhuis na ‘n plaas nadat hulle vyf jaar in die dorp gewoon het. Die vrou, wie se identiteit beskerm word, en haar drie kinders is oorval op die plaas tussen Vaalwater en Lephalale net nadat haar man gery het om die volgende vrag meubels in die dorp te gaan haal. “Die gesin is platgeslaan en getrau- matiseerd,” het ‘n vriendin van die familie aan Noordelike Nuus gesê. “Dit het hel- der oordag gebeur en die aanvaller het toegeslaan toe hulle weerbaar was, ons harte is stukkend vir hulle.” Die vrou was omstreeks 16:00 binne in die huis toe sy deur ‘n man oorval is. Hy het haar, volgens die polisie verslag, gegryp en uit die huis gesleep, erg aangerand en oor die kop geslaan met ‘n skerp voorwerp. Daarna het die verdagte haar verkrag, maar Ma veg terug teen verkragter sy het verbete teruggeveg om haarself en haar kinders te beskerm. Die verdagte het op die vlug geslaan met slegs twee selfone, volgens die vrou. Toe haar man terugkeer van die dorp af het hy sy vrou buite op die gras gekry en die polisie ontbied. Die vrou het mediese behan- deling ontvang en het ‘n volle verklaring by die polisie afgelê. Gemeenskapslede het die gesin gehelp om al hul besittings terug te trek dorp toe en hulle gaan tans by vriende tuis aangesien hulle nie kans sien om terug te keer na die plaas toe nie. Die Lephalale polisie, asook polisielede van nabygeleë dorpe het spoorgesny om die verdagte vas te trek. ‘n Saak van diefstal, verkragting en aanranding met die doel op ernstig te beseer word onderstoek. Teen druktyd was die verdagte steeds op vrye voet. Die gesin bedank die gemeenskap vir hul ondersteuning en hulp in hierdie donker tyd, maar vra ook vir almal om tyd te gee vir die gesin om te herstel na dié vreeslike voorval. Deur Mariska Ehlers LEPHALALE - Vir Janet Prinsloo het Saterdagoggend soos enige ander oggend begin, maar min het sy geweet daar lê 'n yslike 4m lange luislang onder haar bed en wag. Prinsloo is die eienaar van die Bil- tong-Go-Back pad- stal buite Vaalwater en sê sy het op haar bed gaan sit om haar kouse aan te trek to iets haar aan die hakskeen 'gryp'. Die sakevrou sê haar vier honde was al om haar en het teenaan haar gestaan die oggend. Sy het 'n 'swart ding' onder die bed sien uitkom en die volgende oomblik het dit soos 'n klamp om haar hakskeen gevoel. Reuse luislang val vrou aan Kontak gerus vir Walter, Martin, Hans, Anthony, Johan, Tiaan, Armand en Estie vir die vriendelikste diens!

Nn23 3 web issuu

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Limpopo-based community newspaper for Lephalale & Mokopane

Citation preview

Page 1: Nn23 3 web issuu

... vervolg op bl. 2

Deur Mariska Ehlers ([email protected])

LEPHALALE - Die gemeenskap van dié dorp is tot in sy fondamente geskud na die wrede aanval en verkragting van ‘n geliefde 40-jarige inwoner terwyl sy en haar gesin besig was om te verhuis na ‘n plaas nadat hulle vyf jaar in die dorp gewoon het.

Die vrou, wie se identiteit beskerm word, en haar drie kinders is oorval op die plaas tussen Vaalwater en Lephalale net nadat haar man gery het om die volgende vrag meubels in die dorp te gaan haal.

“Die gesin is platgeslaan en getrau-matiseerd,” het ‘n vriendin van die familie aan Noordelike Nuus gesê. “Dit het hel-der oordag gebeur en die aanvaller het toegeslaan toe hulle weerbaar was, ons harte is stukkend vir hulle.”

Die vrou was omstreeks 16:00 binne in die huis toe sy deur ‘n man oorval is. Hy het haar, volgens die polisie verslag, gegryp en uit die huis gesleep, erg aangerand en oor die kop geslaan met ‘n skerp voorwerp. Daarna het die verdagte haar verkrag, maar

Ma veg terug teen verkragter

sy het verbete teruggeveg om haarself en haar kinders te beskerm.

Die verdagte het op die vlug geslaan met slegs twee selfone, volgens die vrou.

Toe haar man terugkeer van die dorp af het hy sy vrou buite op die gras gekry en die polisie ontbied. Die vrou het mediese behan-deling ontvang en het ‘n volle verklaring by die polisie afgelê.

Gemeenskapslede het die gesin gehelp om al hul besittings terug te trek dorp toe en hulle gaan tans by vriende tuis aangesien hulle nie kans sien om terug te keer na die plaas toe nie.

Die Lephalale polisie, asook polisielede van nabygeleë dorpe het spoorgesny om die verdagte vas te trek. ‘n Saak van diefstal, verkragting en aanranding met die doel op ernstig te beseer word onderstoek. Teen druktyd was die verdagte steeds op vrye voet.

Die gesin bedank die gemeenskap vir hul ondersteuning en hulp in hierdie donker tyd, maar vra ook vir almal om tyd te gee vir die gesin om te herstel na dié vreeslike voorval.

Deur Mariska Ehlers

LEPHALALE - Vir Janet Prinsloo het Saterdagoggend soos enige ander oggend begin, maar min het sy geweet daar lê 'n yslike 4m lange luislang onder haar bed en wag.

Prinsloo is die eienaar van die Bil-tong-Go-Back pad-stal buite Vaalwater en sê sy het op haar bed gaan sit om haar kouse aan te trek to iets haar aan die hakskeen 'gryp'.

Die sakevrou sê haar vier honde was al om haar en het teenaan haar gestaan die oggend. Sy het 'n 'swart ding' onder die bed sien uitkom en die volgende oomblik het dit soos 'n klamp om haar hakskeen gevoel.

Reuse luislang val vrou aan

Kontak gerus vir Walter, Martin, Hans,

Anthony, Johan, Tiaan, Armand en Estie vir die

vriendelikste diens!

Page 2: Nn23 3 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 27 MAART 20152

GautenG Roots AlexAndRA (011) 887 7246, Roots BARA MAll (011) 938 3111, Roots CARletonville (018) 786 3636, Roots ChRis hAni (011) 901 0127, Roots CosMo City (011) 875 2382, Roots dAwn PARk 082 466 1060, Roots dAveyton (011) 424 4379, Roots diePkloof (011) 528 0950, Roots evAton (016) 582 1252, Roots GA-RAnkuwA (012) 700 1451, Roots kAGiso (011) 410 4842, Roots kAtlehonG (011) 860 1888, Roots kliPtown, (011) 933 3059, Roots kRuGeRsdoRP (011) 660 3557, Roots leondAle (011) 865 1675, Roots MAMelodi (012) 801 1753, Roots MeyeRton (016) 362 0877, Roots olievenhout (012) 652 0865, Roots olifAntsfontein (011) 203 4623, Roots oRAnGe fARM (011) 850 0136, Roots PRoteA GARdens (011) 980 4556, Roots PRoteA Glen (011) 297 5058, Roots RAndfontein (011) 412 3222, Roots soshAnGuve (012) 793 1721, Roots teMBisA (011) 920 1736, Roots thABonG (016) 592 1771, Roots thokozA (011) 860 2015, Roots thoRntRee (012) 791 3756, Roots tsAkAne (011) 732 1043, Roots veReeniGinG (016) 422 9125, Roots wynBeRG (011) 440 2782 Limpopo Roots BlouBeRG (015) 505 3069, Roots BuRGeRsfoRt (013) 231 8515, Roots eliM (015) 556 4164, Roots JAne fuRse PlAzA (013) 265 1832, Roots JAne fuRse CRossinG (013) 265 1751, Roots leBowAkGoMo (015) 633 7350, Roots MAhweleRenG (015) 483 1744, Roots MAll At leBo (015) 633 6947, Roots ModJAdJi (015) 328 3348, Roots tzAneen (015) 307 2620, Roots zeBedielA (015) 642 3020 north West Roots BoitekonG (014) 593 4462, Roots lethlABile (012) 251 2540, Roots noRthAM (014) 784-4408, Roots PhokenG (014) 589 0006, Roots RustenBuRG (014) 592 9382, Roots zeeRust (018) 642 3342 KWaZuLu-nataL Roots edendAle (033) 398 7063, Roots ezAkheni 036 636 3578, Roots Jozini (035) 572 8099, Roots MAndeni (032) 454 0061, Roots MtuBAtuBA (035) 550 0212, Roots newCAstle (034) 312 4044, Roots nqutu (034) 312 6862, Roots theku PlAzA (034) 374 1035 mpumaLanGa Roots ACoRnhoek (013) 795 5070,Roots dAyizenzA (013) 798 3020, Roots eMBA seCundA (017) 685 3034, Roots eRMelo (017)811 1212, Roots MiddelBuRG (013) 241 3207, Roots siyABuswA (013) 973 2161, Roots tonGA (013) 708 0241, Roots witBAnk (013) 656 1561 Free state Roots heidedAl (051) 432 0051.

FoLLoW us on:

www.rootsbutchery.co.za

Items may dIffer from regIon to regIon. errors and omIssIons excluded – we reserve the rIght to lImIt quantItIes

a-grade Beef BrIsket r54.99per kgd

elI

classIc wors r54.99

per kgdel

I clean chIcken feet r29.99

per kgdel

I chIcken necks r19.99per kgd

elI

a-grade Beef chuck r54.99per kgd

elI Beef

stew r49.99per kgd

elI

ocean froZen Products

maasBanker fIsh r36.992kg

hake fIsh r44.991.5kg

russIans r39.992kg

large eggs r59.995 Doz

Induna wors r179.994kg

aromat canIster r8.9975g

knorr Packet souP assorted r3.7960g

rama sPread for Bread tuB r29.991kg

roBertsons chIcken/ BBq seasonIng refIll r11.9980g

roots

dawn Park

opening

26 march!

roots Phokeng opening 25 march!

refresh assorted soft drInks avaIlaBle at roots stores

2L

MONTH END SAVINGS!MONTH END SAVINGS!MONTH END SAVINGS!MONTH END SAVINGS!from 26 march to 2 aPrIl 2015

“Ek het geskok afgekyk en hierdie verskriklike groot slangkop met tande aan my hakskeen gesien vasbyt,” sê Prinsloo.

Janet het glo vir haar seun, Jacobus, geskree dat hy haar verloofde moet roep om te kom help en dadelik probeer om die slang af te kry. “Ek het gevoel hoe sy tande deur my vleis sny.”

Sy het sy kake probeer oopdwing, maar die slang was baie sterk. Prinsloo sê sy vermoed die bedpoot het gekeer dat die luislang sy lyf om haar been kon draai. "Die hele kamer was vol bloed soos ek gestoei het," sê sy geskok. Die slang het haar vyf keer gebyt, maar sy het daarin geslaag om haar los te wikkel en het op die grond geval waarna sy haarself weggeskop het en by die slaapkamerdeur uit is. “My verloofde, Brent Birk, het my been afgebind met ‘n skoenveter. “Ons het steeds nie geweet watter slang dit is nie, omdat die grootste gedeelte nog onder die bed was.”

Brent het met Janet na Lephalale MediClinic gejaag en nadat sy gestabiliseer is teruggery plaas toe. Die slang is van kant gemaak en toe eers het die familie gesien dat dit ‘n reuse lui-slang is wat darem nie giftig is nie.

Dié gesin bedank MediClinic asook Sasol vul-stasie wat hulle bygestaan het.

Kloksgewys: Janet, die bytmerke twee dae later, die slangs se kop.

Reuse luislang val vrou aan... vervolg van bl. 1

Die Noordelike Nuus-span bars behoorlik van trots na-dat hulle onlangs weggestap het met die toekenning vir Beste Webwerf tydens die Limpopo Independent News-papers (LiN Media) se jaarlikse toekenningsgeleentheid wat by Koro Creek-gholflandgoed op Modimolle aange-bied is.

Dit is die derde jaar dat dié geleentheid plaasvind waartydens onafhanklike koerante in dié provinsie se uitnemendheid in skryfkuns, ontwerp en fotografie bekroon word. Die onafhanklike koerante in Limpopo wat aan die LiN-groep behoort, is Noordelike Nuus (Moko-pane en Lephalale), Laeveld Bulletin (Tzaneen), Zout-pansberger (Louis Trichardt), Limpopo Mirror (Venda), Die Pos en The Beat (Bela-Bela, Modimolle, Vaalwater en Mookgophong), Kruger2Canyon (Hoedspruit en Phalaborwa).

Die beoordelaars is almal swaargewigte in die media-bedryf. Die skryfafdeling is deur Tobie van den Bergh, wenner van verskeie joernalistieke toekennings en meer as 30 jaar die redakteur van die plaaslike koerant in Middel-burg, beoordeel. Peter Morey, wat jare by die redaksies-pan van Pretoria News betrokke was, het die fotografie-af-deling beoordeel. Jason Norwood-Young, wat onder meer die sagteware ontwikkel het vir Mail&Guardian se webtu-iste, het die webtuistes beoordeel. Die koerante as geheel, asook die bylaes is beoordeel deur drs. Lizette Odendaal, Pedro Diederichs en Hilke Steenkamp van Tshwane Uni-versity of Technology se departement joernalistiek.

Noordelike Nuus se Jasper Raats was ook onder die top drie wenners vir die beste skrywer van menslike nuus en veral sy storie oor die Waterberg boereorkes is geprys as puik literatuur.

Die Pos is vir die tweede jaar aangewys as koerant van die jaar in die LiN-groep.

Gaan loer gerus in op Noordelike Nuus se webwerf www.noordnuus.co.za.

www.noordnuus.co.za is ‘n wenner!

Craig Moodley van Paarl Coldset (hoofborg en Noordelike Nuus se drukkers) saam met Wikus Lee (links) van die Limpopo Mirror, Helena Raats (middel) van Noordelike Nuus en Andries van Zyl (regs) van die Zoutpansberger. Noordelike Nuus het die Beste Webwerf kategorie gewen.

Die Koedoesrandgemeenskap het self ingespring en die stuk R572-pad tussen Swartwater en Tom Burke, wat in haglike toestand was, self reggemaak.

Die pad, wat ook die Platjan-, Zanzibar- en Groblers-brug grensposte bedien, is al jare ’n bron van kommer omdat die regering dit nie regmaak nie. Boere het intussen self geld begin ingesamel en ‘n trust gestig om die pad, wat ook deur Laerskool Unitas ouers gebruik word om hul kinders by die skool te kry, self reg te maak.

Johan (Tank) Hendriks van die Swartwater Boerev-ereniging sê dat die boere toestemming gekry het by die Limpopo se departement van paaie en vervoer om self Dinsdag die pad reg te maak. Alhoewel die regering nie via SANRAL hul finansiële verpligting nakom nie, het hulle darem ‘n span werkers beskikbaar gestel om te help die pad regmaak. “Ons het sowat 18t teer gebruik en so 7km se slaggate herstel en opgevul,” sê Hendriks. “Ons het ses stampers gehuur om die teer vas te stamp en hoop dat die pad nou nie meer lewens in gevaar sal stel nie.”

Hendriks het sy hoop uitgespreek dat die regering steeds sy verpligtinge sal nakom en die paaie in die area sal regmaak voordat daar ’n ernstige ongeluk plaasvind. “Intussen sal ons aanhou totdat ons fondse opraak,” sê Hendriks. Kontak Hendriks by 076 649 5220 of per epos [email protected].

Boere maak pad self reg

Page 3: Nn23 3 web issuu

27 MARCH 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 3

Northern News / Noordelike Nuus: Find us on Facebook, follow us on Twitter or vist

us on the web at www.noordnuus.co.za

Bail after stabbing boyfriendMARAPONG - Maphula Setlhare (23) appeared in the Lephalale Magistrate’s court on 23 March after she allegedly stabbed her boyfriend to death earlier this month. The woman got R1000 bail. The case will be heard in court again on 4 May 2015.

The man’s girlfriend found out about a 17-year old girl that he invited over and according to the police report she confronted him and a fight ensued. He allegedly assaulted her with a broom stick. She grabbed a knife from the kitchen and reportedly stabbed him in his chest. He collapsed and died after losing a lot of blood.

Deur Martie Pretorius ([email protected])

MAPELA VILLAGE - Police are investigating the mysteri-ous death of a 9-month-old baby girl who died shortly af-ter she was rushed to a clinic for continuous vomiting.

Shelly Mabusela took her seemingly healthy daughter, Ditiro, to a créche in Mapela village last Tuesday while she attended a computer course nearby. The single mother from Bakenberg’s whole life turned into a nightmare later that day when someone from the local clinic phoned her and informed her that her daughter had died.

A doctor who examined the baby’s body, later told the confused mother that Ditiro may have been force-fed. The child’s death certificate cites an unnatural cause. The police are awaiting the results of a post mortem.

An case has been opened and investigations are con-tinuing. Ditiro was buried last Saturday.

Baby’s sudden death queried

A heartbroken Shelly Mabusela holding a picture of her deceased baby, Ditiro Blessing Mabusela.

Deur Martie Pretorius ([email protected])

Twee gewapende rowers het Woensdag-oggend losgebrand op ’n man in die Mo-kopane Mall se parkeerarea en hom van ’n onbekende kontant bedrag beroof.

Die rowers het volgens ’n ooggetuie vanuit ’n silwer BMW, op ‘n man wat klaarblyklik namens ’n onderneming in die dorp wou geld bank, geskiet en ’n sak met kontant wat hy by hom gehad gewelddadig van hom afgevat en op die vlug geslaan.

Paramedici het die slagoffer kort na die voorval in die parkeerterrein bygestaan.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis ge-neem nie. Die polisie se onder-soek duur voort.

Rowers brand los op man by sentrum

Omstanders en paramedici by ’n gewonde slagoffer na hy deur gewapende rowers in die parkeerterrein van die Mokopane Mall oorrompel en in die voet geskiet is. Inlas: polisie kegels op die misdaadtoneel.

Die Mokopane Mall se parkeerterrein waar gewapende rowers Woensdagoggend toegeslaan het op ’n man wat klaarblyklik wou geld bank.

'Syferdiewe' slaan weer toeMOKOPANE - ’n Inwoner van Mokopane is woe dend na een van haar huisnommers voor teen haar muur by haar hek gesteel is.

Die nommer “8” ontbreek en daar is ook gepeuter met een van die ander nommers, sê die inwoner. “Wat het van ons geliefde dorp geword? Dit gaan my kos om die nommer te vervang en iemand te betaal om dit vir my op te sit,” het die inwoner vies gesê.

’n Polisiewoordvoerder sê sulke gevalle is in die verlede aangemeld. Die skuldiges verkoop die koper vir skrootmetaal.

’n Koper nommer ontbreek na dit van die muur by die hek van ’n inwoner in die dorp gesteel is.

Page 4: Nn23 3 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 27 MAART 20154

Deur Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE - ‘n Jong moeder van Mokopane en haar 4-jarige kleuter is Maandagoggend beseer toe ‘n vragmo-tor, na wat verneem word, ‘n rooi verkeerslig verontag-saam en teenaan hulle voertuig gebots het.

Paramedici van Riskmed het spoedig hulp verleen by die ongelukstoneel waar Venuscha Lee (4) en haar ma Shannon ‘n noue ontkoming gehad het.

Die vragmotor, vermoedelik van Zambië, het volgens ‘n noodwerker op die toneel, vanaf ‘n Suidelike rigting oor diè rooi verkeerslig op die hoek van Dudu Madisha en Retief-straat gery toe die ongeluk plaasgevind het. Die Lee’s het van Oos na Wes gereis toe die vragmotor hulle voertuig op sy linkerkant tref.

Ma en kleuter beseer in botsing

Bo: Klein Venuscha moes steke kry toe 'n vragmotor volgens getuies 'n rooi verkeerslig verontagsaam het en die motor waarin sy was getref het..Links: Beslis 'n nou ont-koming - die motor waarin Shannon en Venuscha gery het.

Bielie van ’n Egiptiese Kobra!TOM BURKE – ‘n Yslike Egiptiese Kobra het verlede week sy rieme styfgeloop toe hy by Dian en Minda Geerkens se erf probeer inseil het – die elektriese draad het gekeer dat die bielie die erf inkom. Hier wys Yolande Vos hoe lank die kobra was.

MOKOPANE - Op Sondag, 5 April om 06:00, vind die jaarlikse Sonsopkomsdiens plaas by Moorddrift. Tydens die geleentheid herdenk Christene van alle denominasies die opstanding van Jesus Christus uit die dood.

Die diens word gelei deur leraars van die dorp, met lof en aanbiddingsgeleenthede. Die hele gemeenskap word uitgenooi na die besonderse geleentheid.

U is welkom om na die diens agter te bly en saam te kuier, koffie te drink en ontbyt te

Interkerklike sonsopkomsdiens by Moorddriftmaak. Onthou 'n stoel, kombers en piekniek-mandjie!

Met die oggendluggie wat begin byt, die son wat sy kop in die ooste lig, is dit Moorddrift se wens dat hierdie diens vir u ‘n besonderse ervaring sal wees. Mag die lyd-ing van ons Here Jesus en die krag van God wat met Sy opstanding duidelik geword het hierdie Paastyd vir almal ‘n nuwe werklikheid word! Skakel gerus vir Ds Jacques Erasmus by 072 653 9845 vir enige navrae.

LEPHALALE - As jy eenmaal ‘n kook-klas van die bekende Sjef, Hannetjie Joubert bygewoon het, kyk jy nooit weer dieselfde na kosmaak nie. Skielik word wat eens ‘n dag-na-dag beslom-mernis was - ‘n avontuur en ‘n kuns.

Jy kan amper nie wag om alles wat jy geleer het in jou eie kombuis te gaan beproef nie!

Hannetjie het in die 1980’s reeds bekendheid verwerf toe sy as die Vleis-raad se Braaikoningin gekroon is. Hier-mee word sy die eerste vrou wat hierdie gesogte prys inpalm. Sy het Huishoud-kunde aan die Potchefstroomse Univer-siteit studeer en daarna die gevorderde kurses aan die Cordon bleu-kookskool in Johannesburg voltooi. Met 30 jaar se ondervinding as ‘n sjef en dosent aan die universiteit van Pretoria en met drie boektitels agter haar naam is sy vandag een van Suid-Afrika se voorste kenners op haar gebied.

Deesdae woon dié bekende in koskringe op ‘n plaas net buite Lepha-

Nou gaan ons kook!

lale waar sy “rus vir haar siel kom vind het.” Maar van rus - as dit kom by haar grootliefde - is daar nie sprake nie. In hierdie Bosveld-dorpie word daar deesdae gekook dat dit klap en danksy Hannetjie se kookklasse word daar in verskeie huise in die dorp kos uit die boon-ste rakke gemaak.

Hannetjie deel graag haar kosgeheime en sê sy is 'n “resep-verslaafde met 'n diep-gewortelde behoefte om onthoukos, wat ook maklik is om te berei, te ontwikkel en aan mense te leer.”

Gesels jy met die vroue wat al by haar klas geloop het, praat hulle almal uit een mond. Almal het baie lof vir haar aanbieding-styl en meen dat hulle ‘n nuwe lus en ywer vir kosmaak gevind het. In Hannetjie se klas leer jy hoe om bekostigbare kos voor te berei met min moeite. Een van haar boeke Só Kook

Mens handel juis hieroor. Dit is gebaseer op ‘n beginsel genaamd kettingkook, anders ges-tel – om meer as een porsie kos voor te berei en dan te vries vir latere gebruik. Hierdie por-sies kan dan weer opgetower word vir ‘n heel ander vorm en voorkoms.

Deur die loop van haar klas en ook in haar boek deel sy verskeie variasie-resepte wat sorg dat alledaagse kosmaak ‘n nuwe avontuur word.

Toerisme instansies kan ook gerus by haar kom kers opsteek. Met meer as tien jaar se ondervinding as 'n Tegniese bestuurder, waar sy produk-ontwikkeling gedoen het vir firmas soos Woolworths en Pick`n Pay, kan sy lodges en gastehuise adviseer op vele ge-biede.

Vir meer inligting oor haar klasse kontak haar gerus by [email protected].

Deur Adele Essakow

MOKOPANE - Hierdie jaar is daar 99 orkeslede gekies vir Simfonia Juventi. Dit is ‘n groep uitgesoekte Hoërskool musiekstudente regoor die land. Maar hierdie jaar het Charmilé Strauss (12) ‘n tuisskool Graad 7 leerling van Mokopane ‘n plek ‘n jaar vroeg op haar viool los-gespeel!

Sy gaan saam met haar suster Ildonné Strauss (Graad 9) wat tjello speel, in die orkes optree.

Charmilé het formele lesse vanaf sy agt is by Dorothea Overbeck in Pretoria. Dit vat baie toewyding en oefening om elke tweede week Pretoria toe te ry vir lesse, maar, hulle geniet dit om ook as gesin saam te speel. Hulle was ook al gevra om op troues te speel.

Talentvolle Strauss-sussies in Simfonia Juventi

Hulle het hierdie jaar ’n oefenkamp van 6-11 April in Pro Arte School of Arts in Pre-toria. Hulle tree hierdie jaar vyf keer op in Polokwane, Modimolle, Mookgophong en Unisa. Dit gaan vir die twee sussies baie lek-ker wees om die ervaring te deel.

Simfonia Juventi by Hans StrijdomHans Strijdom is bevoorreg om die lands-wye Simfonia JuventiJeugorkes vanjaar te huisves op 16 Mei 2015.

Simfonia Juventi word demokraties saamgestel uit skoolgaande leerders uit Suid-Afrika. Vanjaar bestaan die orkes uit 99 lede afkomstig van tuis- en 30 verskil-lende skole.

Kriteria vir toelating tot die orkes berus op musikale vermoë asook die vlak van vaardigheid met die spesifieke instrument. Die orkes gee skooluitvoering op aanvraag, waartydens die leerders van grade 0 tot 12 op interessante wyse kennis maak met die verskillende instrumente in dieorkes en hoe ‘n simfonie orkes werk en saamgestel is.

Die optredes van die orkes is soos volg:17, 18, 19 April: Polokwane. Skakel Ans Bekker 082 457 8171.15 Mei: Modimolle. Skakel Annet Wolhuter (014) 717 1370 of 083 683 6562.16 Mei 2015: Mookgophong. Annelie Reinecke (014) 743 0146 of 083 683 6562.

Page 5: Nn23 3 web issuu

27 MARCH 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 5

OUTDOOR PATIO SET VOCS-500

R6670.00

SIZZLER 1000INCLUDING COWL & BASEBIB0041

R3199.00

RAIN

CATCHERVASEWTPATPOTGS

R1895.00

550 MYNX FIREPLACE

D30000023

R2800.00

BUILT-IN BRAAI

140W SOLAR PANELFSP140SD

R2199.00

JINKO SOLAR 250W PANEL FSP250J

R3399.00

PPPC20,PPPW20

ECLIPSE PAINTPVA 20ltAvailable in Cream,White

R138.95R99.99

HYDROPROOF 5LT

95401,95403,95404, 95407,95408

ASSORTED COLOURS

RED, GREY, CHARCOAL, BURGUNDY,TERRACOTTA

STIER 77 PCS TOOLSETSTPTS77

R1499.00

ROTARY HAMMER DRILL 550WMCOP1583

R799.00

R74.00 FREE

BUY 20 OR MORE AFRISAM CEMENT AT

* FIRST 10 CUSTOMERS | LIMITED STOCK | T & C’S APPLY

COMBO DEAL ONLY 28 - 29 MARCH 2015 PROMO DAY 28 03

FREE GIVEAWAYS | SPECIAL DEALS & GET THIS 14LT

GORILLA TUB

* CASH & CARRY ONLY |

ISSUE OF NEW CARDS

RCS CARDS NOW ACCEPTED APPLY IN-STORE TODAY

Ismails Hardwarehouse will attempt to have sufficient advertised stock available to meet consumers’ demands & will be able to supply stockif stock is sold out unless limited quantities are advertised. We ensure that all advertisements are correct. If a mistake occur we will display the correct price instore. All prices include Vat.

AIRTIME &

Reasons why AfriSam cement is better 8Improved workabilityReduced heat of hydrationReduced susceptibility to chemical attackReduced permeability thereby increasing corrosion resistanceIncreased erosion resistanceContinues to gain strength overtime Increased durabilityLow carbon footprint

COME INSTORE

FOR MORE DETAILS

CASH & CARRY ONLY NO DELIVERY

R74.00

SUNDAYS &

SUNDAY,29 MARCH 2015

MONDAY,6 APRIL 2015

9:00 -13:00 PUBLIC HOLIDAYS

9:00 -13:00 OPEN

Page 6: Nn23 3 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 27 MAART 2015

The Colonel

is in you

neighbourhood

and serving

breakfast!

WIMPY DELIVERS IN ELLISRAS AND

ONVERWACHT. PLEASE PHONE

ALMA ON 082 879 1582.

6

We have a generator - so our power is always on!

MOKOPANE - Die Vroue Landbou-unie (VLU) Potgietersrus-tak het verlede week die bejaardes van die Piet Potgieter Monument Ouetehuis trak-teer met ’n opwindende speletjiesdag. Dit was deel van die tehuis se 50ste bestaansjaarviering.

’n Diertjie duisendNoordelike Nuus se verslaggewer, Martie Pretorius, het behoorlik gegril toe haar seun Marco, dié ellelange duisendpoot Dinsdagaand van buiteaf inbring. Groot was die verbasing toe die maatband ’n volle 26cm langsaan dié blinkdop-skepseltjie strek. Die duisendpoot is weer vrygelaat.

Deur Fransa de Beer

Een van die legendes van die Bosveld is seer sekerlik dominee Rabbo (Gerhardus Batholomeus Schutteus) Pasch (1916-1960). Baie mense onthou hom as die stu-dent wat gevange geneem is en uit Leeukop gevangenis ontsnap het om in die Bosveld te kom skuil en dan later hier as predikant gedien het.

In 1938 word hy as onderwyser aanges-tel by Hoërskool Nylstroom waar hy onder andere vir sy vrou skoolhou! Hy keer terug Puk toe om sy meerstersgraad in Geskiede-nis te voltooi en volgens oorlewering was hy tydens hierdie tydperk ook op 'n stadium die Studenteraad se voorsitter. Op 7 Junie 1940 word hy deur die owerheid geïnterneer omdat hy die oorlogbeleid van die destydse regering teëgestaan het, maar ontsnap en vier jaar van vlugtelingskap volg. Hy het onder andere eers in die Gereformeerde Kerk Matlabas se toring geskuil en wyk later uit na Suid-Wes waar hy onder die skuilnaam van Johannes Cilliers as voorman vir 'n Engelse kolonel Hamman gewerk het. Toe sy suster Annie egter ernstig siek word, gee hy homself aan die owerheid oor om haar begrafnis te kon bywoon.

Opmerklik is ook dat sy pa, ds Hendricus Phillippus Josephus Pasch, etlike jare vroeër self as 'n teologiese student tydens die Anglo Boere oorlog (1899-1902) kruisgevange geneem is.

In 1945 begin Rabbo sy teologiese studie

ʼn Groot gees van die Bosveldin Potchefstoom en word na voltooiing daar-van op 4 Maart 1950 as predikant in 'n kerk te Potgietersrus bevestig. Hy is toe ondertus-sen getroud met sy destydse leerling van Nyl-stroom, Leenster van der Walt. Vyf kinders word uit die huwelik gebore: Hester, Rikus, Hanlie, Leenster en Johan.

Hy was 'n sterk leier en daadwerklik 'n nimmereinder. Hy word aangehaal toe hy oor kerkbesoek praat: “Ons moet oppas dat ons nie geduld en lankmoedigheid verwar met laksheid en valse genadebetoning nie! En ons praat nie van tug by hulle wat soms, uit swakheid in die sondes verval nie, maar van hulle wat in die sondes bly lê.” Ds Rabbo sê per geleentheid dat “ die lewe is vandag gejaagd en daar word nie meer onder mekaar gekuier en gesels nie. As die lidmate uit die kerk kom jaag hulle almal huis toe. Gods Woord gebied gemeenskap van die Heiliges” (verander die lewe ooit?)

Hy ontvang vele beroepe, maar die ge-meente wil hom nie laat gaan nie en selfs die burgemeester, raadslid MJ de Villiers skryf 'n brief om sy waardering te betuig dat ds Rab-bo nie Rustenburg se beroep aanvaar het nie.

Hy het 'n sagte kant gehad. Hulle eerste kind het na geboorte nie geleef nie en hy skryf aan sy vrou: “En dit is vir my of ons eie kindjie met sy klein armpies ons vaster teen mekaar hou en gebring het as ooit tevore ... al sou ek ook net aanhoudend verwarde en onlogiese dinge wou sê oor hom sou dit al baie help ... sien ek weer die ou gekoekte krulhaartjies ...”

Hierdie formidabele predikant sterf skie-lik op 43 jarige ouderdom op 10 Februarie 1960, die dag toe hy self met 'n begrafnis van sy jarelange vriend, FW Neethling, besig was. Sy doodsberig het verskyn in die des-tydse Noordelike Nuus (geen verwantskap met vandag se Noordelike Nuus nie) van 17 Februarie 1960. Die berig lees so: “'n Man vir wie jy agting en respek gehad het en sal behou. ‘n Man wie nie eer en selfverheerlik-ing gesoek het nie, maar wat nogtans geëer was omrede sy edele inbors en sy agting wat hy afgedwing het. Hy was nie slegs groot in gestalte nie maar ook groot in die Geloof, groot in Gees en groot in sy prediking van

Godswoord.” Die stoet was volgens koerantberigte die

langste nog ooit in Potgietersrus. Die skare het uiteengegaan, stom verslae om te dink dat daardie bekende, fiere, regop gestalte van GBS Pasch skielik sonder waarskuwing vanaf die strate van Potgietersrus verdwyn het.

Ds Pasch het ook las van sy niere gehad, 'n familiekwaal, polisistiese niere. Na wat verneem word, het Johan, die jongste kind nou onlangs een van sy niere vir een van sy susters geskenk wat ook aan hierdie siekte ly.

Mens besef net, daar is so baie te leer uit ons voorvaders se lewens en steeds treffende ooreenkomste met die lewe van vandag!

Ds. en mev. G. B. S. Pasch en hul kinders Hanlie, Hester, Leenster en Rikus.

VLU trakteer Mokopane se bejaardes

Bo: VLU lede en bejaardes tydens ’n speletjies dag wat deur VLU Potgietersrus-tak gereël is.

Regs: Mariana van Tonder, bestuurder van die Piet Potgieter Monu-ment Ouetehuis demonstreer hoe een van die speletjies werk.

Page 7: Nn23 3 web issuu

27 MARCH 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 7

By Minda Marshall

A group of tourists came into a small village, and found an old man standing next to the road.

The bus stopped and a man jumped out. “Sir, sir, can you please tell us what great man or woman was born in this village?” the old man kept on chewing on a piece of grass for a while, and then looked up. “In this vil-lage, only small babies are born, no great men or women,” he replied.

This wise old man knew an important truth. Great men and women are not born, they are shaped, and they are formed to become great. This responsibility lies firstly with us as parents. Every great man, every successful man and woman had a mother and a father. They had somebody to help them become what they are today. In the same way, every corrupt politician or busi-ness man, every person who devises evil or injustice, also had a mother and a father, or somebody who helped them, who played a role in their becoming what they are today.

We were not voted in to be parents, we did not even do a course to be accredited as a parent, but it is the greatest responsibility

Northern News introduces a new columnist, Minda Marshall, who will look at parenting and life skills over the next few months. Minda is married to Thomas Marshall and the dedicated mother of their three children. She is involved in various training and education institutions. She co-pastors Destiny Alive Family Church with her husband Thomas and they oversee CAL, a registered Private FET College and MDA private school in Mokopane. Minda is an educationalist and researcher in reading and has developed innovative reading solutions like LAB-on-line for more than 17 years through their company LectorSA. Minda is passionate about educating and empowering parents, children, teachers and educators to discover their internal strengths and to maximize their abilities. She trains leaders around the world.

Learning curveTeach your children to live with hope

on Earth to be a parent. To be a parent is a gift, a great privilege. In raising our children we are shaping the future!

A pattern for life is shaped in them as we raise them day by day. In shaping the future we can only give what we have. You cannot give something that you do not own.

So what you have in your hand, and in your heart, is all you will be able to give to your child. Stop for a moment. Ask yourself, what am I giving to my child? You see, we are shaping the future in our children today by what we give them! The way I speak, what I speak, the way I react even to the frustrations of daily living is giving them a pattern of life. They see what is important, they hear how to handle and rise in life.

Life is not easy. That is a fact, but the way we interact with life, the way we address the challenges we as parents face in our own lives, will give our children a pattern, a map, to chart a better or worse future in their own lives. Ask yourself this pivotal question: What is really important to me?” What do I really want for my child? What do I believe is true success? Is it a good job, is it a good income? Is it a loving family life? Or maybe to be a person living with peace and joy in their

heart of hearts? Work it through, work it out, and come to ground zero.

You see, as parents we need to realise that we live in an ever-changing world. What is important today, like a degree, or costly education, might not be that important to-morrow. It might not be able to ensure that you will have that good income after all.

I’ve seen that the most important things in life are the ‘inside’ things. The values, life-patterns, the mind-sets and emotional choices inside our own lives. These are the things that give stability. Everything else can be taken away from us, but the ‘inside things’ add structure to your life and will put you on the pathway for great advance and success. As parents we must realise that what we think, what we say, and what we do will shape a life pattern for our children. So decide if you want them to live in hope, or in fear and despair. Your life, your choices, will make a great difference to them. Realise your responsibility as a parent and start to make the changes you need inside your heart in order to set them up for a bright future.

At the end of the day the choice is yours, and the choice is mine. If you have to change the way you speak, the way you think, the way you do, in order to build a better future for your child… choose to do it, and then start doing it!

We, and in a sense our children, will live by the choices we make. So make your choices and love your choices, because at the end of the day you will have to live your choices!

Loodgieters in pienk glo in LephalalePROMOSIE

LEPHALALE - Vera-Lynn de Ponte het die potensiaal in Lephalale raakgesien “vir ‘n behoorlike loodgieter besigheid,” soos sy dit noem. Sy het na 28 jaar se brand-weer dienste besluit om na Lephalale te verhuis en haar eie loodgieters besigheid oop te maak.

Sy het oorspronklik oorweeg om die besigheid deur vrouens te beman, maar gou het sy agter gekom dat dit nie so maklik gaan wees nie en het sy toe twee mans gekry om te help met dié werk. Hi-erdie span lewer 'n besonderse diens aan die gemeenskap en volgens Vera ontvang elke klient 'n botteltjie lug verfrisser wan-neer hulle klaar die probleem opgelos het.

Hierdie span is getrou aan die ge-meenskap en is bereid om ‘n radius van 100km om Lephalale te diens, “die area is nou nog klein omdat daar nog net een voertuig is,” sê Vera. Sy las ook by dat hulle enige instandhoudings werk kan verrig, maak nie saak hoe groot of klein nie. Kontak gerus vir Vera op sel: 078 204 3558 vir ’n kwotasie.

Paasoptog deur die strate

Die jaarlikse Paasoptog deur die strate van Mokopane het Dinsdag plaasgevind. Dit was ’n geleentheid vir die plaaslike gemeenskap om bewus gemaak te word van die boodskap van Paasfees - naamlik dat Jesus Christus vir ons gekruisig is en dat Hy opgewek is uit die dood. Verskeie skole en kerke het hierdie jaar weer deelgeneem aan die optog.

LEPHALALE - Verlede naweek het Instrukteurs van EMCARE ‘n leersame noodhulp kursus aangebied vir Laerskool Ellisras se personeel. Die skool bedank vir Vleis Nortjé, Hardus van Zyl, Buks en Jessica Swane-poel vir hulle kennis wat met hulle gedeel is.

Rassie personeel leer lewens red

Page 8: Nn23 3 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 27 MAART 20158

MOKOPANE - Hoërskool Piet Potgieter se leerders wat op 24 Maart deurgedring het om aan die ATKV redenaarskompetisie in Polokwane deel te neem, is gereed vir die volgende ronde!

Redenaars uitdunne wink

Bo: Die HPP senior redenaars is Jaco van Rooyen, Kurt Kruger, Megan Smuts, Marianka Terblanche, Rally Somo en Quinton Lourens. Afwesig: Leonè Human.

Regs: Die juniors redenaars vir HPP is Jazel van Staden, Anria Kruger, René Buitendag, Lené Kruger en Ijanke Steyn. Afwesig: Kinna Wessels.

Na ‘n suksesvolle verkiesing sal die beheerliggaam vir die volgende drie jaar ons skoolbestuur. Baie geluk aan almal wat verkies is, Tania Kaiser, Melanie Malan, Riaan Vosloo, Andre Botes, Rene Lubbe, Lani Schlechter, Anita Erasmus, Loraine van der Watt (Gekoöpteer), Pieter Goosen (afwesig op foto).

Nuwe beheerliggaam in Rassieland

Bossies redeneerLaerskool Bosveld Primary het verlede Maandag aan ‘n interskole Redenaars kom-petisie by Laerskool Warm-bad deel geneem en Baie goed gevaar. Bianca Smith het ‘n eers te plek in haar ouderdoms groep bepaal. Ruan Mostert (Graad 1) was eerste, Wilmi van Rooyen (Graad 2) was tweede, Bianca Smith (Graad 7) was eerste in hulle onderskeie ouderdomsgroepe. Ander skole wat deel geneem het was Laerskool Julian Muller, Laerskool Nylstroom en Laerskool Warmbad.

Page 9: Nn23 3 web issuu

27 MARCH 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 9

Educators at Carpe Diem Christian School in Mokopane celebrated the last day before the school holiday officially started on Wednesday morning by dressing up funny. “We feel relieved to have a breather” they all agreed in a good spirit.

Educators just “wanna” have fun!

Munte rol in vir KANSALezanne Abrahamse, ’n KANSA vrywil-liger in Mokopane het haar opregte dank teenoor die Potgietersrus CVO Skool uitgespreek vir hulle bedagsaamheid en gewilligheid om na KANSA uit te reik. ’n Onlangse muntlegging vir dié organisasie het gesorg vir ’n bedrag van R1650 ten bate van kankerpasiënte.

Regs: Lezanne Abrahamse, ’n KANSA vrywilliger in Moko-pane bedank die skoolhoof van Potgietersrus CVO Skool, Jan Harmse vir die fondse wat die skool verlede week ten bate van KANSA ingesamel het.

MOKOPANE - Laerskool Krugerpark het nog fondse vir die Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging (DBV) ingesamel deur middel van die hoërskool dogter Michaela Bylieveldt se “dog” projek. Marcelle Maritz, bestuurder van die DBV het tydens Laerskool Krugerpark se saal opening Dinsdagoggend haar opregte dank uitgespreek teenoor elke kind, ouer en onderwyser wat hulle harte weer oopgemaak het vir die organisasie. Die laerskool het vir die derde maal ’n kontant bedrag aan die DBV oorhandig. Die “dog” projek behels die verkope van ’n buffer plakker wat teen ’n bedrag van R10 verkoop word ten bate van die dorp se DBV en kan gekoop word by Comanche Spur of Laerskool Krugerpark. Hier is Marcelle Maritz, bestuurder van die DBV waar sy ’n koevert met R2000 van Terese van Buren van Laerskool Krugerpark ontvang..

Laerskool sit nog ’n handjie by

MOKOPANE - The u/13 soccer team of Mokopane Primary School seem to be unbeaten. This strong chain being coached by Abner Maubane won last week’s soccer tournament on cluster level and awaits the upcoming regional championships was held at Bakenberg on Wednesday. Below: Player of the match, Lesiba Khotsa.

Soccer team claims victory again

Page 10: Nn23 3 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 27 MAART 201510

Page 11: Nn23 3 web issuu

27 MARCH 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 11

Page 12: Nn23 3 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 27 MAART 2015

Swem Roets swem!LEPHALALE - Gerhardus Roets van Laerskool Bosveld Primary het deelgeneem aan die Suid Afrikaanse Nasionale Vlak 3 Swem Kampioenskappe in Port Elizabeth vanaf 12 tot 16 Maar. Daar was 81 swem klubs wat deelgeneem het vanaf so ver as Zimbabwe. Gerhardus behaal twee 10de plekke in 100m Vryslag, ook in 50m Vryslag, hy behaal ook ‘n 14de plek in die 100m Rugslag. Roets dring deur na twee finale in die 50m Vlinderslag en die 100m Vlinderslag, waar hy onderskeidelik ‘n sesde en ‘n sewende plek behaal het. Ellisras Aquatics is baie trots op hierdie 12-jarige swemmer.

12

LEPHALALE - Verlede Vrydag het EHS se rugby en netbalspanne vertrek vir ‘n vriend-skaplike sportdag teen Hoërskool Pretoria Tuine. Die Rassies wen alles!

0/14 rugby wen 34-5. o/15a wen 25-12 en o/15b 26-12, o/16 wen 19-12, die tweedes 34-5 en die eerstespan wen 34 -0! Die eerstespan se drieë word gedruk deur Daantjie Johnson, Michael Kotze, Pieter du Plessis, Jakkals van Greunen en Johan Pi-tout. ‘n Fees van drieë. Die tweedespan het

Bo: Verlede Donderdag het die Rassie redenaars geskiedenis gemaak tydens die interhuis ATKV redenaarskompetisie. Sprekers neem voortaan deel in ‘n voorbereide en onvoor-bereide afdeling asook ‘n Afrikaanse Eerste Addisionele Taal afdelings. Die wenners is: Seniors Voorbereid: Kyla Strydom, Juniors Voorbereid Lanè Kritzinger, Senior Onvoorbereid Barbara Emslie en Junior Onvoorbereid Nathalie Perrier. Die Afrikaans FAL word gewen deur Lerato Ditsela. Die eerste ATKV uitdun vind plaas Dinsdag en Woensdag 24 en 25 Maart in Polokwane. Vlnr: Lanè Kaiser, Lerato Ditsela, Nathalie Perrier, Barbara Emslie en Kyla Strydom.

Regs: Verlede Saterdag het die Rassies deelgeneem aan Limpopo interskole boogskietkompetisie. Drie Rassies word ingesluit in die skole Limpopospan: Steven Verwey, FA Kemp en Safdar Williams as ontwikkelingskut. FA Kemp wen ‘n goue medalje en kom algeheel 3de van die seniors.

Rassies is baie besig!ook die drieë ingeryg: Jayden Jacobs, Bless-ing Matsoma, Frans Shiko, Ruan J v Rens-burg, Leon van Staden en Paul Havenga.

Rassie netbal was net so suksesvol en wen al hulle wedstryde. Die eerste span wen met ‘n allamintige telling van 48-4, 0/16 wen 25-9, 0/15 wen 22-8 en 0/14 wen 25-2. Die busse het na twaalf veilig die dorp binne gery met moeë maar tevrede spelers. Hoe sê hulle? Wen is nie alles nie maar dis tog so lekker!

By Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPSNE - William Khumalo is the cricket coach at Mokopane Primary School with an inextinguishable passion for chil-dren. He focuses on keeping youngsters active and out of the streets by coaching cricket.

Khumalo aims to keep children active and prepare them for cricket by coaching them Saturdays from 7:00 to 9:00 at Mo-kopane Primary’s sport field. He accompa-nied young learners to a mini cricket festival last week Saturday where the learners were exposed to the excitement of the sport.

“It was not about winning” explains Khumalo while referring to the festival.

It's not about winning says cricket coach

He added that he is also concentrating on developing sportsman-ship and skills.

Khumalo appeals to local businesses to get involved in future cricket events for the children’s sake. The coach says he is not requesting financial benefit but welcomes support in any other form. Photo: William Khumalo, Mokopane Primary School’s pas-sionate cricket coach who aims to keep school learners active by coaching cricket out of his own good will.

MOKOPANE - Drie swemmers van TUKS Moko-pane Swemklub het tydens die Suid-Afrikaanse Vlak 2 swem kampioenskappe in Germiston ’n verstommende 13 medaljes verower. Die klub wat teen meegeding het teen 45 ander klubs het 13de algeheel geëindig by dié byeenkoms.

Raymond Kockott het twee goue- en vyf silwer medaljes losgeslaan. Morné van der Bank spog met twee goue- en twee silwer medaljes. Anél de Vos het in sewe items gekwalifiseer en ‘n silwer medalje in die 50m rugslag ingepalm. De Vos onder meer vir die “youth nationals” gekwalifiseer.

Swemmers medaljes in!

Morné van der Bank, Raymond Kockott en Anél de Vos (inlas) het saam 12 medaljes ingepalm by die onlangse SA Vlak 2 swem kampioenskappe. Inlas: Anel de Vos.

Page 13: Nn23 3 web issuu

27 MARCH 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 13

LEPHALALE - Op 20 en 21 Maart het 'n voorreg vir Laerskool Bosveld te beurt geval: 'n voormalige nasionale netbalspeler, me. Louise du Plessis, het 'n netbalkliniek vir 51 Bossie-netbalspelers en hul afrigters aangebied. Die jongelinge het met groot oë geluister en geoefen; dit is immers nie elke dag dat hulle die geleentheid het om nuwe vaardighede en tegnieke van `n Protea-netbalspeler te leer nie.

`n Verdere hoogtepunt was natuurlik die foto’s wat na afloop van elke dag se oefeninge geneem is. Teen hierdie tyd pronk daar sekerlik afdrukke teen aspirant Proteas se kamermure. Hierdie geleentheid was

Bossies hou netbalkliniekvoorwaar `n heerlike wegspring vir die Boss-ies se netbalseisoen van 2015. Die afrigters het natuurlik ook baie by die netbal-kliniek gebaat en het wenke ontvang wat met vrug in die afrigting van die leerders gebruik gaan word.

Almal teenwoordig was dit eens dat hi-erdie `nverrykende ervaring vir spelers en afrigters was en groot dank en waardering is teenoor me. Du Plessis uitgespreek. Ons netbalspelers het groot waarde hieruit geput en daar sal jaarlikse gepoog word om ons dogters met die aanvang van die seisoen aan sulke besondere geleenthede bloot te stel. - Wiidke Cronk

Rassies ry perdLEPHALALE - Drie Rassie perderuiters het uitstekend gevaar in die SANESA Perdry kwalifiserende skou 19-20 Maart in Vivo.

SW en Carli Liversage en Marnique Gadda behaal 8 eerste plekke, 5 tweede, 5 derde en 2 vierde plekke. In die skole afdeling is Hoër-skool Ellisras eerste en algeheel tweede.

Die Rassies is trots op hulle ruiters! Hulle was: Carli Liversage op Dartanion, SW Liver-sage op Amri, Carli Liversage op Uncle Nick, SW Liversage op Colonial Wind enCarli en Marnique Gadda op Cassy.

MOKOPANE - Laerskool Krugerpark se o/10 en o/13 A- en B spanne bedank al hul borge wat dit vir hulle moontlik gemaak het om hul mededingers vierkantig in die oë te kan kyk. Hierdie borge is: Meat City en BB Auto Mokopane.

Netbalspanne hou kop omhoog

LEPHALALE - Al die netbal dogters van Laerskool Ellisras het vroeer hierdie maand by dié skool se netbal bane bymekaar gekom vir 'n netbal kliniek wat aangebied is deur Elsu en Marnel van die Kinder kinetika groep in Lephalale. Die dogters het dis vrees-lik geniet en baie geleer. Hierdie dogters gaan die skool se naam nog baie hoog hou hierdie seisoen.

Rassies raak netbal slim

Page 14: Nn23 3 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 27 MAART 201514

Page 15: Nn23 3 web issuu

27 MARCH 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 15

Page 16: Nn23 3 web issuu

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

UBy Martie Pretorius ([email protected])

Parents in Limpopo are furious at the de-partment of education for letting down their children who were to represent the pro-vince at the Herman Immelman stadium for the South African primary schools athletics championships last week.

In a letter from LIMSA, seen by Northern News, athletes across the province were specifically told to abide by the rules set by the department concerning transport to the venue. Arrangements included accom-modation and attire. They were warned that if they fail to stick to the arrangements, it would jeopardise their participation in the event. “None of these arrangements were honoured [by the department]” said an an-

Education department disappointsgry parent who’s 9-year-old son was await-ing the bus for hours, only to find out that no transport were booked for the more than 100 athletes that were waiting for buses to depart at 7:00 last week Thursday. More athletes awaiting the buses en route were disap-pointed too.

Some parents decided at the last minute to transport their own children to the cham-pionships. A mother who chose not to be identified told Northern News she couldn’t allow her son’s hard work to go to waste due to non-commitment from the department. More disappointment followed, the promised athletics attire wasn't available and athletes had to borrow second hand or old clothes to represent their province. “If we knew that our kids were to be embarrassed, we would have

arranged for sponsorships to ensure they get the treatment they deserve and to walk as proud ambassadors of the province,” she said.

No accommodation was arranged for the athletes either. Parents agreed that their children are discouraged and embarrassed while adding they doubt they will participate in future championships arranged by the department.

At time of going to print, the departmen-tal spokesperson, Paena Galane, had not commented. The secretary of LIMSA, Peter Maluleke replied and said he as a parent is equally disappointed in the department. Mal-uleke added that LIMSA merely do submis-sions for the department and cannot be held accountable for the department’s failure.

An embarrassing and forlorn sight on the pavilion where athletes should have been proud to represent Limpopo province.

Deur Martie Pretorius ([email protected])

Die Nyl Boerevereniging het verlede Donderdag sy 13de gholfdag by die Kameeldoring Buiteklub gehou en soos in die verlede het dit gewemel van boere op die baan ter ondersteuning van dié dag.

JCN Oil se span het skoonskip gemaak en ‘n welverdiende eerste plek opgeraap. Kort op die wenners se hake was die span van L&P Earth-moving en in die derde plek was die span van HF Mining. Min spelers het met leë hande huis toe gegaan aangesien die borge voorsiening gemaak het vir nie net goeie nie, maar ook genoegsame pryse. Elke borg word hartlik vir hulle borgskappe be-dank.

Deur Martie Pretorius ([email protected])

Stoeiers van die Potties Stoeiklub in Mokopane is op die skouer geklop vir hulle uitmuntende prestasie by die on-langse Gauteng Ope Stoeitoernooi in Kemp-tonpark waar hulle 12 blink medaljes verower het.

Stoeiers se harde werk het vrugte afgewerp en aan hulle vier goue, twee silwer, vier brons en twee deelnemende medaljes besorg. Hulle het teen sowat 400 stoeiers meegeding.

Drie van die klub se stoeiers gaan eersdaags kragte meet by die Suid-Afrikaanse stoei proewe in Secunda. Die klub wens vir Marie Oosthui-zen, Ralie Somo en Mo-nique Venter sterkte toe.

Boere wemel op gholfbaan

JCN Oil se span in al hulle glorie het hulle eerste plek wel verdien. By die wenspan, Pieter Boshoff, ondervoorsitter van Nyl Boerevereniging.

Stoeiers verower 12 medaljes

Stoeiers van Potties Stoeiklub wat die afgelope naweek goed presteer het tydens hulle deelname aan die Gauteng Ope Stoeito-ernooi. Voor, Dewald Beukes, Justin Pieterse, Xander Benedetti en JP Joubert. Tweede ry, Marnu van der Kolff, Pieter Jordaan, HJ Janse van Vuuren en Rosie Pieterse. Agter, Jeandre Viljoen, Altus du Plessis, Manie de Jonge en Nolien Jonker. Monique Venter, Marie Oosthuizen en Ralie Somo (inlas) is oorgehaal vir die eersdaagse Suid-Afrikaanse stoei proewe wat voorlê.