12
Ruan Bruwer NOORDKAAP en GWK Properties is op soek na daardie lojale Griekwas- ondersteuners wat elke tuiswed- stryd op die paviljoen sit en hul span aanmoedig. Die vennote het twee kompetisies waarin ondersteuners lekker pryse kan wen. En jy hoef nie veel moeite te doen om te kan wen nie. In die eerste kompetisie waarin die eerste wenner reeds volgende week beloon word, moet Griekwas- ondersteuners eenvoudig in hul Poubloutrui na die wedstryde op GWK-park opruk. Noordkaap se fotograaf gaan luk- raak mense op die paviljoen met sy lang lens afneem. Volgende Woens- dag gaan een so ’n foto in Noordkaap verskyn en indien dit jy op die foto is, is jy ’n R700-kontantprys van GWK Properties ryker. Hierdie kompetisie geld al die Griekwas se vyf tuiswedstryde. Jy het dus goeie rede om reeds hierdie Saterdag in jou Griekwa-trui na die Curriebekerwedstryd teen die Westelike Provinsie te gaan kyk. En moenie vergeet om volgende week se Noordkaap onder oë te kry om te sien of dit jy op die foto is nie. Indien jy nie die koerant self in die hande kry nie, kan jy ook op Noord- kaap se webtuiste en Facebookblad gaan loer. Dan is daar die groot kompetisie – ’n naweek vir twee by die Magers- fontein Memorial Gholf Estate. Die prys se waarde beloop sowat R2 500. Om hiervoor in aanmerking te kom moet ondersteuners al vyf die Griekwas se tuiswedstryde bywoon. Ná die laaste wedstryd op 5 Oktober teen die Cheetahs gaan ondersteu- ners ’n paar dae hê om vir Noord- kaap vyf verskillende foto’s te stuur wat as bewys dien dat hulle by al vyf wedstryde was. Hou in gedagte dat dit verkieslik gedurende die wedstryd moet wees met die twee spanne op die agter- grond sodat ’n mens kan sien by wat- ter verskillende wedstryde dit was. Dit kan selfies (foto’s wat jy van jouself neem) wees of jy kan saam met jou geliefde of vriend afgeneem word. Niemand wil mos eintlik al- leen vir ’n foto staan nie. Vra som- mer vir iemand uit die skare om met jou kamera of selfoonkamera ’n kie- kie te neem. Die foto se gehalte dra nie gewig nie. Hou daardie foto’s en stuur hulle ná 5 Oktober per e-pos vir Noord- kaap. Die e-pos-adres sal nader aan die tyd verskaf word. Jy hoef nie ’n Griekwa-trui vir hierdie spesifieke kompetisie te dra nie. Uit die inskrywings wat Noord- kaap kry (dit moet vyf foto’s wees wat tydens Griekwas se vyf tuiswed- stryde in die Curriebeker geneem is), sal dan ’n naam getrek word wat die lekker naweek by Magersfontein sal wen. Dit was lanklaas so lonend om jou plaaslike rugbyspan te ondersteun. Maak dus seker dat jy of Saterdag op GWK-park in jou Griekwas-trui is, of dat jy afgeneem word met die veld op die agtergrond waar ’n mens kan sien watter spanne teen mekaar speel. GWK PROPERTIES – Noordkaap se vennoot in twee lekker kompetisies – se vier jong personeellede het die voortou geneem om hul span te ondersteun. Hulle staan hier saam met twee van die Griekwas se ysters, Ryno Barnes (kaptein, links) en Howard Mnisi. Van links is, agter: Madré Joubert, Leanne Coetzee, Linda de Bruyn en Natassja Roets. Foto: Aangepas Griekwas! Griekwa- aaaaaaas Daar’s net een kwas... Griekwas! DHS pak seldsame toer aan bl. 5 HNK-seuns ook die kampioen bl. 12 Troeteldiere Newton se trots bl. 9 Ontmoet GW-spelers môre in winkelsentrum AS jy ’n foto saam met jou gun- steling-Griekwasspeler of sy hand- tekening wil hê, wees môre tussen 15:00 en 16:00 in die Diamond Pavi- lion Shopping Mall. Die spelers sal vir ’n handtekening-sessie daar wees en jy kan selfs ’n foto saam met die Curriebeker neem. Pryse sal uitgedeel word en ie- mand gaan ’n prys wen wat behels dat hy of sy drie vriende na Sater- dag se wedstryd op GWK-park kan saambring. Die wenner en sy vriende gaan boonop heel gemaklik op die half- lyn op Absa se rooi rusbank sit. Tel (053) 831 2331 Woensdag 21 Augustus 2013 www.noordkaap.co.za GRATIS Die Diamantstad se koerant

Noordkaap 21082013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Noordkaap 21082013

Citation preview

Page 1: Noordkaap 21082013

Ruan Bruwer

NOORDKAAP enGWKProperties isop soek na daardie lojale Griekwas-ondersteuners wat elke tuiswed-stryd op die paviljoen sit en hul spanaanmoedig.Die vennote het twee kompetisies

waarin ondersteuners lekker prysekan wen. En jy hoef nie veel moeitete doen om te kan wen nie.In die eerste kompetisie waarin

die eerste wenner reeds volgendeweek beloon word, moet Griekwas-ondersteuners eenvoudig in hulPoubloutrui na die wedstryde opGWK-park opruk.Noordkaap se fotograaf gaan luk-

raak mense op die paviljoen met sylang lens afneem. Volgende Woens-dag gaan een so ’n foto inNoordkaapverskyn en indien dit jy op die fotois, is jy ’n R700-kontantprys vanGWK Properties ryker.

Hierdie kompetisie geld al dieGriekwas se vyf tuiswedstryde.Jy het dus goeie rede om reeds

hierdie Saterdag in jouGriekwa-truinadieCurriebekerwedstryd teendieWestelike Provinsie te gaan kyk.En moenie vergeet om volgende

week se Noordkaap onder oë te kryom te sien of dit jy op die foto is nie.Indien jy nie die koerant self in diehande kry nie, kan jy ook op Noord-kaap se webtuiste en Facebookbladgaan loer.Dan is daar die groot kompetisie

– ’n naweek vir twee by die Magers-fontein Memorial Gholf Estate. Dieprys se waarde beloop sowat R2 500.Om hiervoor in aanmerking te

kom moet ondersteuners al vyf dieGriekwas se tuiswedstryde bywoon.Ná die laaste wedstryd op 5 Oktoberteen die Cheetahs gaan ondersteu-ners ’n paar dae hê om vir Noord-kaap vyf verskillende foto’s te stuur

wat as bewys dien dat hulle by al vyfwedstryde was.Hou in gedagte dat dit verkieslik

gedurende die wedstryd moet weesmet die twee spanne op die agter-grond sodat ’nmens kan sien bywat-ter verskillende wedstryde dit was.Dit kan selfies (foto’s wat jy van

jouself neem) wees of jy kan saammet jou geliefde of vriend afgeneemword. Niemand wil mos eintlik al-leen vir ’n foto staan nie. Vra som-mer vir iemand uit die skare ommetjou kamera of selfoonkamera ’n kie-kie te neem. Die foto se gehalte dranie gewig nie.Hou daardie foto’s en stuur hulle

ná 5 Oktober per e-pos vir Noord-kaap. Die e-pos-adres sal nader aandie tyd verskaf word. Jy hoef nie ’nGriekwa-trui vir hierdie spesifiekekompetisie te dra nie.Uit die inskrywings wat Noord-

kaap kry (dit moet vyf foto’s wees

wat tydens Griekwas se vyf tuiswed-stryde in die Curriebeker geneemis), sal dan ’n naam getrek word watdie lekker naweek byMagersfonteinsal wen.Dit was lanklaas so lonend om jou

plaaslike rugbyspan te ondersteun.Maak dus seker dat jy of Saterdag opGWK-park in jouGriekwas-trui is, ofdat jy afgeneemwordmet die veld opdie agtergrond waar ’n mens kansien watter spanne teen mekaarspeel.

GWK PROPERTIES – Noordkaap se vennoot in twee lekker kompetisies – se vier jong personeellede het die voortou geneem om hul spante ondersteun. Hulle staan hier saam met twee van die Griekwas se ysters, Ryno Barnes (kaptein, links) en Howard Mnisi. Van links is, agter:Madré Joubert, Leanne Coetzee, Linda de Bruyn en Natassja Roets. Foto: Aangepas

Griekwas!Griekwa-aaaaaaas

Daar’s neteen kwas...Griekwas! DHS pak

seldsametoer aan

bl. 5

HNK­seunsook diekampioen

bl. 12

TroeteldiereNewtonse trots

bl. 9

Ontmoet GW-spelersmôre inwinkelsentrumAS jy ’n foto saam met jou gun-

steling-Griekwasspeler of sy hand-tekening wil hê, wees môre tussen15:00 en 16:00 in die Diamond Pavi-

lion Shopping Mall. Die spelers salvir ’n handtekening-sessie daarwees en jy kan selfs ’n foto saammet die Curriebeker neem.

Pryse sal uitgedeel word en ie-mand gaan ’n prys wen wat behelsdat hy of sy drie vriende na Sater-dag se wedstryd op GWK-park kan

saambring.Die wenner en sy vriende gaan

boonop heel gemaklik op die half-lyn op Absa se rooi rusbank sit.

Tel (053) 831 2331 Woensdag 21 Augustus 2013 www.noordkaap.co.za GRATIS

Die Diamantstad se koerant

Page 2: Noordkaap 21082013

2 NOORDKAAP, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013

Mooiesgesoek

MEJ. JASMYN2013 wordSaterdag by dieProPlants-kwe-kery aange-wys.Dit begin om

13:00.Afdelings

sluit deelne-mers van eentot 15 jaar in.Die inskryf-

geld is R30.Vorms is byProPlants be-skikbaar.Rig navrae

aan CarineBeylefeld by083-453-5253.

Hulle is wennersDIEwenners in die kleuter-fo-tokompetisie van die Dia-mond Pavilion Shopping Mallin samewerkingmetLouisBo-tha-fotografie enNoordkaap isbekend.Markus het die meeste stem-me indieouderdomsgroepeentot twee jaar ontvang; Dehanis die wenner in die ouder-

domsgroep twee tot drie jaar en Decoda se kodeis die meeste keer ge-SMS, wat haar die wennerin die ouderdomsgroep drie tot vier jaar maak.Hul pryse is (dit is dieselfde vir al drie ouder-domsgroepe):R750-koopbewysvandieDiamondPavilion Shopping Mall; R250-koopbewys van

BabyBoom;R1 000-geskenkbewysvanLouisBo-tha-fotografie; ’n 60 cm x 90 cm-skildery-vergro-ting van die Kimberley-fotodiens.Tweede plekke: Lian (een tot twee jaar); Ge-vandré (twee tot drie jaar) en Mischa (drie totvier jaar). Hulle wen almal ’n R750-geskenkbe-wys van Louis Botha-fotografie; R250-koopbe-wys van die Diamond Pavilion Shopping Mallen ’n 60 cm x 40 cm-skildery-vergroting van dieKimberley-fotodiens.

Derde plekke: Suri (een tot twee jaar); Juvan-dré (twee tot drie jaar) enHosanna (drie tot vierjaar). Hulle wen almal ’n R500-geskenkbewysvan Louis Botha-fotografie; R100-koopbewysvan die Diamond Pavilion Shopping Mall en ’nA3-skildery-vergroting van die Kimberley-foto-diens.) Elkeenwat ge-SMShet, het in aanmerking ge-kom vir ’n R350-koopbewys van die DiamondPavilion Shopping Mall. Wikus Jordaan senaam is getrek. Dankie vir almal wat deelge-neem het.

MARKUS is die wenner in die ouderdoms-groep een tot twee jaar.

Foto’s: Louis Botha-fotografie

DEHAN is die wenner in die ouder-domsgroep twee tot drie jaar.

DECODA is die wenner in die ouderdoms-groep drie tot vier jaar.

NOORDKAAP is the newmedia partner of Rugga Kids Kimber-ley. Rugga Kids is a privately-run activity for children betweenthe ages of three and eight years, which encompasses a lovefor rugby and having fun. The programme concentrates on de-veloping the child’s physical abilities and coordinationthrough a fun, positive, energetic and confidence-building cur-riculum, all whilst focusing on the safety aspects of the game.Rugga Kids is available at both pre-school and primary schoollevel for boys and girls.Watch out for thematGWKParkwherethey’ll form a guard of honour for the teams running out inall theCurrie Cupmatches in Kimberley. Here are someof themin their T-shirts. Photo: Reneé Rademeyer

Wenmet jouvoorspelling

Ruan Bruwer

NIEMAND wat voorspellings gewaaghet in die rugbyraai-kompetisie vanNoordkaap, in samewerking met dieFlamingo-casino, het voorsien geendrieë sou gedruk word en ’n lae tellingin die wedstryd tussen die Griekwas endie Blou Bulle sou wees nie.Die Bulle het met 15-9 geseëvier.Omdat niemand die eindtelling regge-

raai het nie, het ons gekyk wie se voor-spelling die Griekwas se eindtelling reghet of die naaste daaraan was.Twee voorspellings het tien punte vir

die Griekwas voorspel. Toe het ons ge-kyk wie van die twee voorspellings dienaaste aan die Bulle s’n was. Dít wasFrancois Boshoff se 20-10-eindtelling indie Bulle se guns.Hiermee wen Francois ’n R350-eetbe-

wys van die Harvest Charcoal Grill-res-taurant by die casino.) Die kompetisie duur vir die hele Cur-riebekerreeks – dus is dié prys elkeweekop die spel.Lesers moet elke week raai wat hulle

reken die eindtelling in die Griekwas sewedstryd in die Curriebeker-reeks daar-die naweek gaan wees.Deelnemers moet hul telling SMS

voordat die wedstryd begin. In die na-week se geval (Griekwas speel tuis teendie Westelike Provinsie) moet die SMSvoor Saterdag om 15:00 gestuur word. ’nSMS daarnaword nie in aanmerking ge-neem nie.Om deel te neem stuur net ’n SMS na

45527. Begin die SMS met die sleutel-woord “Telling” gevolg deur die telling.Byvoorbeeld: Telling Griekwas 40WP 30. Die wenner sal Maandag gebelword en kan die prys by Noordkaap seKimberley-kantoor kom afhaal.Jy kan meer as een keer ’n voorspel-

ling waag, maar slegs een voorspellingper SMS.Elke SMS kos R1,50.

DIEGriekwas se luidrugtigste en lojaalste ondersteuner oor 64 jaar, Bus-hy Oliver, of oom Bushy soos almal hom ken, het groot pret verskaftoe hy verlede Vrydagaand op die kykNET-program Toks ’n Tjops ver-skyn het. Natuurlik was hy in sy Griekwas-rugbytrui geklee en sy Grie-kwas-vlag was ook byderhand. Weerskante van hom verlustig die me-de-aanbieders, Janina Oberholzer en Breyton Paulse, hulle in hoe hysy geliefkoosde span aanmoedig. Foto: Skermgreep

Get a look at new media partner

Page 3: Noordkaap 21082013

NOORDKAAP, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013 3

Skakel 0860 007 007 vandag om jou afspraak te reël.

Kom gesels gerus met ‘n Old Mutual Finansiële Adviseur of ‘n Makelaar oor jou drome en doelwitte, op weeksdae vanaf 12 – 30 Augustus 2013.

En geniet Mugg & Bean se koffie sonder ophou en ‘n Reuse Muffin, met die komplimente van Old Mutual.

Slegs by deelnemende Mugg & Bean Restaurante beskikbaar: Bloemfontein, Bethelem, Kimberley, Harrismith, Potchefstroom en Welkom.

10009799JB

/A

VERANDER JOU TOEKOMSOOR ‘N KOPPIE KOFFIE

Old Mutual is ‘n Gelisensieerde Finansiële Diensverskaffer.Besoek www.oldmutual.co.za/coffee vir bepalings en voorwaardes.

Kupido kies sussies vir vleuel-neefsRuan Bruwer

PRAAT nou van toeval.Dit is nie aldag dat twee susters mettwee provinsiale rugbyspelers uit-gaan en getroud is wat boonop neefsén beste vriende is nie.Dié stand van sake heers egtermet

Cara Noble wat met Dusty Noble ge-troud is.Cara (28) is ’n gemeenskapsmobili-

seerder in Kansa se Kimberley-kan-toor en haar man speel vir die Grie-kwas rugby.Cara se jonger suster, Megan

Weir-Smith (25), is weer die meisievan die Springbok-vleuel JP Pieter-

sen.JP (27) en Dusty (29) is neefs én

beste vriende. En boonop is die sus-ters óók beste vriende.JP se ma is Dusty se pa se suster.Volgens Cara (28), oorspronklik

vanDurban, het sy haarman daar in2005 ontmoet toe hy by die Haaie serugby-akademiewas. Hulle is in 2011getroud.Dusty se jonger broer, Howard,

het ook senior provinsiale rugby ge-speel.Megan het JP deur Cara ontmoet

en dié twee gaan sedert begin 2008uit.“JP, Dusty enHoward (almal vleu-

els) het saam ’n woonstel in Durban

gehuur en was al drie lede van dierugby-akademie. Nie een van hullekon egter kook nie.“Wanneer ek Dusty vir ete genooi

het, het hy gevra of hy sy broer enneef kon saambring. Hy het te sleggevoel om hulle tuis te los terwyl hylekker gaan eet. Dit is daar waar JPmy sussie ontmoet het,” het Caraverduidelik.JP het pas na Japan vertrek waar

hydie volgende twee jaar rugbygaanspeel. Megan sluit haar einde van-deesmaand by hom aan. Hulle het inJunie ’n naweek hier in Kimberleygekuier.Cara sê dat sy baie van rugby hou

(haar pa het haar en haar sussie ge-

reeld saam na Kingspark in Durbangeneem), het ’n invloed daarop ge-had dat sy en haar man bymekaaruitgekom het.“Dit was Dusty se wens dat hy

graag eendag vir sy ma ’n huis wilkoop en dit het my hart week ge-maak. Hy het sy wens nagekom. Onsalbei se ouers is geskei.”Al drie die manne, oorspronklik

van Stellenbosch, se Engels wasmaar baie gebroke toe hulle in Dur-ban aangekom het.“Dusty het destyds, toe ons begin

uitgaan het, eerder vir my kortSMS’e gestuur, want hy het gesukkelom oor die foon in Engels te kommu-nikeer. My Afrikaanse kennis was

weer baie beperk. Ek en my sustermaak daarop aanspraak óns het hul-le Engels leer praat.”Dusty en JP (albei vleuels) was

twee jaar uit mekaar in die Hoër-skool Generaal Hertzog in Witbankin matriek.Volgens Cara was haar man een

van slegs twee nie-wit leerlinge indie Hoërskool Generaal Hertzog.“Hy het baie respek en aanvaar-

ding op die rugbyveld afgedwing.”Dusty se pa en sy twee ooms was

almal bekende rugbyspelers.Een van sy ooms, Christie Noble

(ook ’n vleuel), was ’n lid van dieHaaie se spanwat sy eersteCurriebe-ker-titel in 1990 verower het.

DUSTY EN CARA NOBLE. Foto’s: Verskaf JP PIETERSEN en sy meisie, Megan Weir-Smith. JP en Dusty is neefs en Megan en Carasusters.

S

S

S

S

Getroud

PaartjieNeefs

Susters

Page 4: Noordkaap 21082013

4 NOORDKAAP, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013

Tel. 053 831 2331Faks 053 831 2330

Johan Rossouw

Ruan Bruwer

Verkoopsbestuurder

Redakteur

Posbus 1583Kimberley 8300

Die Diamantstad se koerant

SO MAAK DIE WEER MINIMUM MAKSIMUMDONDERDAG -2°C 19°CVRYDAG 0°C 22°CSATERDAG 1°C 24°C

Vroueregtevier hoogtyDIT is Vrouemaand in Suid-Afrikaen die regering lê in dié tyd klemop gelyke regte vir alle vroue in dieland. Wanneer die staat na trans-formasie verwys, word vroue ookhierby ingesluit.Danksy die poging om gelyke ge-

leenthede vir almal in die land teskep het vroueregte oor die afgelo-pe twee dekades drasties toege-neem.Suid-Afrikaanse vroue het ’n

sterker platform gekry as wat diegeval inander lande is.Asdaarver-al met Arabiese lande vergelykword, is Suid-Afrika hulle ligjarevooruit.Ja, daar is nog heelparty beroepe

waarin mans oorheers en ’n beter

salaris as hul vroulike eweknieëverdien, maar dan is daar ook ge-saghebbende poste, wat voorheennet deur mans beklee is, waar nou’n vrou in die stoel is.Kyk maar na die openbare be-

skermer (Thuli Madonsela), presi-dent van die Reserwebank (GillMarcus) en minister van landbou,bosbou en visserye (Tina Joemat-Pettersson).Die landmisluk nie heeltemal in

sy poging om vroue hul regmatigeplek te gee nie.Die uitdaging lê nou eerder daar-

in om die beskouing in sekere kul-ture dat ’n vrou ’n seksuele speel-pop en dienskneg is, ’n nekslag toete dien.

SKETS: Danie Cronjé

Bywyse gryse het ek geleer beplanHannes Noëth

HONDERD jaar gelede sou ek dié ty-ding waarskynlik met ’n brief met ’nswart rand om gekry het. Of ’n swartkruis oor die koevert getrek.Van ons ouer mense onthou waar-

skynlik nog die gebruik dat slegte ty-ding op so ’n manier oorgedra is. Dieoomblik wanneer die brief in jou handwas, nog voordat jy dit oopgemaak het,het jy geweet dit is ’n doodstyding.Vandag werk dinge ’n bietjie anders

en selfs ’n doodstyding kom met ’n ge-wone SMS, oproep of ’n e-pos. So het ek’n gewone SMS gekry. Voordat ek ditgelees het, het ek nie geweet dit bring’n doodstyding nie.Hulma is vroegoggend dood, laat die

kinders my daar uit Naboomspruitweet. Sy het altyd gevra hulle moet

haar ou dominee dadelik laat weet. Ekmoet weet sodra sy dood is. Nou stuurhulle maar die tyding sommer perSMS.Met die lees van daardie boodskap

gaanmyherinneringe terugna ’nwon-derlike mens. Sy is nou dood, maar byhaar het ek iets geleer wat ’n mens niegering moet skat nie.Hoe beter ’nmens beplan, hoemakli-

kermaak jy dinge vir jouself en vir an-der mense. Ek het altyd gedink ek kanbeplan totdat ek haar leer ken het. Sykon beplan soos ek niemand voor haarsien doen het nie. Selfs genoeg tyd virkrisisse en onvoorsiene omstandighe-dewas altyd deel van haar beplanning.

Huisbesoek by haar was besonders.Jou uur begroot om by haar te kuierwas afgemeet. Sy het ’n agenda gehadvandat jy ingestap het totdat jou uurverstreke was. Huisbesoek sou só ver-loop: Jy kry ’n verwelkomingskoel-drank, dan word die volgende uur uit-eengesit. Die sake waaroor sy woupraat, van belangrik tot minder be-langrik gelys. Daar was tyd vir koei-tjies en kalfies en ook ’n tydjie vir teeen koekies, alles deeglik beplan.Wat was die gevolge van haar be-

planning? Syhet altyd ’n rustigheid ge-hadwat niemand kon verstaan het nie.Sy sou nooit êrens opdaag sonder eet-goed nie, jy sou haar nooit aanjaag nie.Haar beplanning was haarfyn – altyd.Sy is nou dood, maar haar lewensles

aan my sal altyd voortleef: Beplan, Do-minee, beplan.

GEBEURTENISSE op 21 Augustus in diegeskiedenis:1845 – Die Kaapse goewerneur, sir PeregrineMaitland, verklaar dat Britse gesag steeds aldie boere wat weggetrek het, geld.1912 – Louis Botha, die Suid-Afrikaansepremier, word ’n ere-generaal in die Britseleër.1978 – Die staatspresident, dr. Nicolaas Die-derichs (74), sterf aan ’n hartaanval. MaraisViljoen neem tydelik in sy plek waar.1989 – Die president van Zambië, KennethKaunda, sê die ANC-hoofkwartier sal tot diedag van eenwording in Suid-Afrika in Zambiëbly.1992 – Die eerste van ’n reeks vergaderingstussen Roelf Meyer, die minister vanstaatkundige ontwikkeling, en Cyril Rama-phosa, die sekretaris-generaal van die ANC,word gehou om struikelblokke op die weg nadie hervatting van onderhandelings te verwy-der.1996 – Oudpres. F.W. de Klerk sê aan dieWaarheid-en-versoeningskommissie hy is niebewus daarvan dat die Nasionale Party (NP)

magtiging aan veiligheidsmagte gegee het omte moor, tereg te stel, te martel, te verkrag ofaan te rand nie.2004 – Die Springbokke wen sy tweede Drie-nasiestitel danksy ’n oorwinning van 23-19oor Australië in Durban.

Geboortes op dié dag:1938 – Kenny Rogers, Amerikaanse country-sanger.1943 – Tolla van der Merwe, Afrikaansestorieverteller en komediant (sterf in2000).1986 – Usain Bolt, Jamaikaanse Olimpiesenaelloper-kampioen.

BERIGTE wat die afgelope week nuusgemaak het:) Die DA is geskok oor die R515 000 wat ge-bruik is om Agnes Ntlangula, uitvoerendeburgemeester, se huis te beveilig.DiemuurhetR290 000 gekos, die elektrie-

se heining R30 000, diefwering R76 000, ’ninterkomstelsel R15 000 en ’n alarmstelselR10 000. Die DA noem die sage Kimberleyse eie Nkandlagate.) Ongemagtigde en onreëlmatige beste-ding van bykans R850 miljoen is in dieboekjaar 2011-’12 deur munisipaliteite indie Noord-Kaap gepleeg.Daarby het 14munisipaliteite vrugtelose

uitgawes van sowat R4 miljoen aangegaan.Nie ’n enkele munisipaliteit in die provin-sie kon ’n skoon oudit behaal nie.) Plaaslike regerings sal net verbeterwan-neer op kundigheid en professionaliteit ge-fokus word, wanneer nakoming van allewette plaasvind enwanneer behoorlike lei-erskap toegepas word, sê Pakes Dikgetsi,Cope-wetgewerlid, in kommentaar oor dieouditeur-generaal se verslag oormunisipa-liteite.) Die Noord-Kaapse Uitvoerende Raad is’n “lui, disfunksionele” kabinet wat nie syeie jaarlikse prestasieplan uitvoer nie, sêFred Wyngaard, Noord-Kaapse Cope-leier.Volgens hom word in die premier se

kwartaalverslag vir April tot Junie aange-dui nie een van die 11 komiteevergaderings

wat in dié tydperk gehou sou word, hetplaasgevind nie.) Was Agnes Ntlangula, die uitvoerendeburgemeester, se reis na China ’n vakansieof ’n feitesending, of het sy moontlik beleg-gers oorreed om in Kimberley te belê?Só vra Sharon Steyn, uitvoerende hoof

van die Noord-Kaapse Kamer van Koop-handel en Industrie (Nokki), ná die herrieoor dié reis wat belastingbelaters sowatR900 000 gekos het.“Die burgemeester het nog nooit voor of

ná enige van haar reise met sakemanne indie stad oor sakegeleenthede gekommuni-keer nie,” sê Steyn.) ’nRapsmeer asR7 miljoenmoet deur dieNoord-Kaapse LUR vir gesondheid betaalword aan die ma van ’n agtjarige meisiewat ná haar geboorte bykans blind gelaatis weens nalatigheid met die toedieningvan suurstof.Die eis is deur Herlien le Roux, ma van Ro-chelle le Roux, ingestel. Rochelle is op 28Januarie 2005 in die Kimberley-hospitaalgebore.

Page 5: Noordkaap 21082013

NOORDKAAP, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013 5

“AAI, aai, aai, aai, aai, aai, aai. Aai, ek wens ek was nou daar . . . ,” sing Lucas Maree oorVictoriabaai. Die Hoërskool Diamantveld se eerste meisiehokkiespan is tydens hul toerna die Suid-Kaap opVictoriabaai se strand afgeneem. Van links is, voor: Annecke van Heer-den, Emrie Human, Adriana Lubbe, Adelaide Janse van Rensburg, Helené Snyders en Joha-nic Kuit; agter: Nadia Scholtz, Mari Breytenbach, Marizaan Janse van Rensburg, Jackiele Roux, Monique Meintjes, Stephanie Potgieter en Carli Groenewald. Foto’s: Verskaf

Diamonds blinkuit in S-Kaap

Ruan Bruwer

VIR party leerlinge van dieHoërskool Diamantveld wasvoorverlede naweek se reis nadie Suid-Kaap die eerste ge-leentheid dat hullemet die seekennis gemaak het.Die 190 leerlinge van 12

sportspanne het in 4 busse dielang pad van 1 500 km Georgetoe en terug vir die Kwagga 90jaar-sportfees afgelê.Al Diamantveld se A-span-

ne van rugby, netbal, seuns-hokkie en meisiehokkie is nadie Tuinroete om aan die Ho-erskool Outeniqua se sport-fees deel te neem.Die 190 spelers verteen-

woordig meer as ’n kwart vandie skool se leerlinge.Hulle is deur 20 personeelle-

de en afrigters vergesel.Die bus het Vrydag om 03:00

uit Kimberley vertrek en net

meer as 10 uur later in Georgeaangekom. Al die spelers isdie middag na die skilderagti-ge Victoriabaai.Volgens Niel Marais, sport-

organiseerder van die skool,was dit vroeër jare maklikerom ’n toer van dié omvang tereël toe almal op ’n trein ver-voer kon word.Treine het volgens hom

deesdae te duur geword om tehuur, wat sulke toere met so-veel leerlinge ál seldsamermaak. Die vorige keer datDia-mantveldmet soveel leerlingegereis het, was in 2009 – naWellington toe omteendieHo-erskool Hugenote te speel.Marais reken dit was ’n

hoogtepunt op die jaar sesportkalender, aangesien dieleerlinge reeds sedert verledejaar daarna begin uitsien het.Diamonds het hom in 28

wedstryde in die drie sport-

soorte laat geld. Die eerstemeisiehokkiespan het met 2-0afgereken met Outeniqua wattradisioneel baie sterk is.Die eerste seunshokkiespan

het met 4-2 met die HoërskoolNico Malan van Humansdorpklaargespeel.Die o.14A-netbalspan het

die dag se netbaltoernooi virsy ouderdomsgroep gewen endie o.15A-span was die naas-wenner vir o.15-spanne.Die eerste netbalspan het

vier uit sy ses wedstryde ge-wen, wat ’n sege oor Outeni-qua ingesluit het.Hy het vyfde uit veertien

spanne geëindig.Die eerste rugbyspan het 17

elk gelykop teen Nico Malangespeel.Toevallig is die twee spanne

se afrigters, MJ Smith vanDiamantveld en Abé Smithvan Nico Malan, broers.

Ruan Bruwer

KUNSTIGE leerlinge in dieNoord-Kaap is honger vir ge-leenthedeomhul talenteaan ’ngroter gehoor ten toon te stel.Dít is die boodskap van die

Noord-Kaap-kunsfees virgr. O- totgr. 12-leerlingewatná’n afwesigheid verlede jaarweer oor bykans drie weke inKimberley aangebied is.Volgens Sarita Venter en In-

ge Theart, wat albei as sekreta-resse en organiseerder opge-tree het, is daar beslis ’n be-hoefte onder leerlinge omuiting aan hul talente te gee enis die kunsfees ’n seldsame ge-

leentheid vir hulle. Hulle sê ditkan afgelei word uit die grootbelangstelling en deelname.Die meeste Kimberley-skolehet hieraan deelgeneem.Leerlinge kon individueel of

in groepe hul slag in musiek,sang, drama en spraak wys.Venter en Theart is onder-

wysers aandieLaerskoolNew-ton en sê die skool gee môre-aand vir die leerlinge weer ’ngeleentheid om voor die skoolse leerlinge op te tree.Leerlinge het van dorpe soos

Jacobsdal, Warrenton, Dou-glas, Kuruman, Barkly-Wes enKathu gekom om deel te neem.Opvoerings het letterlik die

hele dag geduur en die beoor-delaars moes kophou om by tebly Leerlinge kon simbole virhul optredes verwerf. Die uit-sonderlikste prestasies is metA++- simbole beloon. Altesa-me 33 sulke simbole is verwerf.Die beoordelaars was die

Bloemfonteiners Huibrie Ver-ster (sang), Dana Cilliers (mu-siek) en Jan Brink (drama), al-mal kundiges op hul gebiede,Verster, stigter en dirigent

van die Bloemfonteinse Kin-derkoor, het gesê sy was beïn-druk met hoe die meeste vandie deelnemers noot kon houen dat sy hulle almal graag indie kinderkoor sou wou hê.

Fees wys honger na kuns

’n FOTOBEELD van die LaerskoolNewton se gr. 6-spreekkoor watA++-simbole (die hoogste eerbewysop die kunsfees) behaal het.Foto’s:Fred-die Steyn

Page 6: Noordkaap 21082013

6 NOORDKAAP, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013

Page 7: Noordkaap 21082013

NOORDKAAP, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013 7

‘Noordkaap’ vat die pad:

50 M: PIET ELSCYCLINGTRACK. Fiets-ryers wat skrikkerig is vir die teerpadkan hierdie grondpad met afgemerkteroetes ry. Sou jy val, is die val beslissagter as op die teer.

Foto’s: Ruan Bruwer

11,1 KM:MARRICK-WILDPLAAS. Hier kan ’nmens ’n lekker wegbreeknaweek genietmet begeleide 4 x 4-wildritte waarop ’nmens bes moontlik inheemse bokke soosdie springbok en gemsbok,wildebeeste, se-bras en kameelperde in hul natuurlike habi-tat sal aantref. Marrick is ’n voëlkyker-para-dys soos min. In 2009 is 27 voëlspesies hiergeïdentifiseer. Bergfiets-entoesiaste enskuts sal ook hier ’n fees beleef.

12,7 KM: HARKAMEL STUD. Dit verg sowat 600 m se grondpad ry tot by die gastehuis.Mense wat wil leer perdry of perde op stal wil hou, kan hier kom aanklop. Lesse wordaangebied. Maak ’n afspraak by Christine Spangenberg (083-281-4062). Van Oktober kanvoornemende bruidspare op soek na ’n plek om te trou hier besoek aflê wanneer dit as’n trougerief in gebruik geneem gaan word. Andersins bied die gastehuis ’n wegkomkansmet stilte en natuurskoon aan sy besoekers.

20,6 KM: ’N NAAMLOSE KOPPIE. Aangesien daar nie te veel op die pad is om by stil tehou of te doen nie, kan ’n mens mos altyd iets interessants skep om te doen. Die koppie,wat reg langs die pad geleë is, lyk dalk maklik om uit te klim, maar dit duur sowat 20minute om tot bo te kom, afhangende van hoe fiks die klimmer is. Die uitsig van daarbo is indrukwekkend mooi.

20,6 KM: KOPPIE SONDER NAAM. In dieverte kan ’nmens van Kimberley se hoogstegeboue sien. Hierdie uitstappie is lekker oe-fening. Pas op vir die doringbome, hul do-rings het ’n hakie. As hy ’nmens gehaak het,los hy nie maklik nie.

46,6 KM: PADSTAL. Moenie verby dié pad-stal ry nie. Die pryse is spotgoedkoop en dielekkerste tuisgemaakte fudgewordhier ver-koop. Verlang jy terugnadie dae van los lek-kers koop? Hier kan ’n mens dit nog doen.Die padstal is vanMaandae tot Vrydae heel-dag oop en Saterdae halfdag.

Volg die stippellyn enverken Kby se wêreld

“HIER is niks om in en om Kimberley tedoen nie,” word gereeld gesê.Noordkaap het besluit om vas te stel ofditwerklikdie geval is enhet indiemotorgespring en op die R357 (pad na Douglas)gery. Dit is die tweede van ’n reeks vansewe dele waarin Noordkaap die sewepaaie wat uit Kimberley loop, gaan ver-ken.Noordkaap gaan spesifiek na plekkelangs die paaie soek waarvan ’n mens ’nuitstappie kan maak of waar reisigers

sommer net kan stilhou. In elke gevalgaan Noordkaap by die 80 km-merk om-draai.Volgende keer volg Noordkaap die N8(pad na Schmidtsdrift/Griekwastad/Upington). As jy van interessante plekkeop pad daarheen weet, laat weet gerusdeur ’n SMS of e-pos te stuur. SMS na dienommer 45533. Begin die SMSmet die let-ters “NK” of e-pos dit na [email protected].

op die R357

Page 8: Noordkaap 21082013

8 NOORDKAAP, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013

Ruan Bruwer

RENOSTERSTROPING het die harte vandie Laerskool Eureka-leerlinge geraak. Sóbaie dat hulle meer as R27 000 vir diébedreigde spesie ingesamel het.

Die gedagte vir die projek het by dieskool se leerlingraad ontstaan. ’n Kompeti-sie is tussen die klasse gereël om kleingeldskool toe te bring. Geseëlde tweeliter-koel-drankbottels is vir die doel in elke klasgeplaas. Die insameling het meer asR14 000 opgelewer. Standard Bank was dieskool goedgesind deur nie bankkostehierop te hef nie.

Drie klasse – die gr. 4E-, gr. 5L- engr. 7L-klas – het elkeen ’n prys ontvang virdie meeste geld ingesamel. Dit behels ’nbesoek aan onderskeidelik die WildHearts-rehabilitasiesentrum, Tarentaalranden die Good Hope-wildreservaat. Sien ’nvideogreep van die aankondigings opNoordkaap se webtuiste.

’n Ander projek van die leerlingraad wasom T-hemde te verkoop wat dié kwartaalelke Vrydag deur die leerlinge gedra word.Leerlingraadslede het met voorstelle vir ’nslagspreuk gekom en daar is besluit opEureka is . . . Renostermaatjies.

Die skool het die geld verlede week aandie eienaar van die Wild Hearts-rehabilita-siesentrum, deel van Wintershoek-safari’s,oorhandig om vir die werk wat hulle metrenosterwesies doen te gebruik.

Wiaan van der Linde, eienaar vanWintershoek, het ander skole aangemoedigom Eureka dit na te doen.

“Julle moet met die poging gelukgewensword. Julle het voorgeloop met die projekom dit wat vir ons almal spesiaal is –renosters – te probeer beskerm. Die geldgaan in die Noord-Kaapse renosterfondsbelê word. Ons moet versigtig wees om niedieselfde pad met ander dierspesies te loopas wat met renosters gebeur nie – onsmoet hulle koester,” het hy gesê.

Volgens statistieke wat Van der Lindegewys het, is daar sedert 2010 slegs een uitdie nasionale altesaam 2002 renosters indie Noord-Kaap vir hul horings gestroop.

Volgens hom gaan hulle van Januarie

volgende jaar af uitnodigings aan skolestuur om die Wild Hearts-rehabilitasiesen-trum by Kimberley te besoek.) Gaan kyk gerus ook op www.noord-kaap.co.za se videogalery na ’n videogreepvan ’n blouapie (Alex) en ’n bobbejaan-wesie (Eddie) by die Wild Hearts-reha-bilitasiesentrum en sien hoe ’n skaaphondrenosters daar aanjaag.

Eureka help beskermsy renostermaatjies

LEDE van die Laerskool Eureka se leerling-raad hetmet voorstelle vorendag gekom vir’n slagspreukomopT-hemdewathul renos-terprojek ondersteun te laat druk. Daar isbesluit op Eureka is . . . Renostermaatjies.Van links is, voor: Lian Bruwer (hoofseun)en Nelius Oosthuizen (onderhoofseun); ag-ter: Mareli Noëth (hoofmeisie) en Kiara Wa-keford (onderhoofmeisie). Foto: Ruan Bruwer

Page 9: Noordkaap 21082013

NOORDKAAP, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013 9

Wessameeting heldIN honour of Women’s Monthand Vulture Awareness Day on7 September the focus of theWildlife andEnvironmentSoci-ety of South Africa (Wes- sa) inthe Northern Cape is on theseendangered birds and the workbeing carried out in the field bya woman biologist.Vultures have been in thenewslately, forall thewrongreasons,with mass poisoning incidents

reported.Tragedies like these make theconservation work done in thisarea even more important.At Wessa’s public meeting to-night at 18:30 in the Lady Op-penheimerHall, McGregorMu-seum,BerylWilson, zoologistatthe McGregor Museum, willgive a presentation on the cam-era-trapping of vultures at theDronfield Vulture Restaurant.

Win tickets tohear a legend

Ruan Bruwer

WITH hits like Bette Davis eyes,Bitterblue, Holding out for a hero,Faster than the speed of night, It’sa heartache, Lost in France andperhaps the most renowned ofthem all, Total eclipse of the heart,Bonnie Tyler’s music is well-known.This Welsh singer with the

husky and raspy voice is in SouthAfrica and will be performing on1 September in Bloemfontein.The once-off performance at the

Callie Human Centre on the cam-pus of the University of the FreeState (UFS) starts at 18:00.

Thedoors openat 17:00. The con-cert is 90minuteswithno interval.The concert marks the long-

awaited return to South Africanstages of Tyler (born as GaynorHopkins) who last performed inthe country 20 years ago.) Two Noordkaap readers canwin two tickets each to this con-cert. Simply go to www.noord-kaap.co.za and search on thehomepage where you’ll find a sto-ry that contains the details how toenter for the competition.The article is called “Win tick-

ets to see Bonnie Tyler in Bloem”and there’s a photo of Tyler aswell. So, it’s easy to find.

BONNIE TYLER as most people would re-member her from the 1980’s and 1990’swhen her music was extremely popular.

FRANCOIS LAUBSCHER –wenner van R250met die komplimente van die Dulux PaintCentre, asook ’n geskenkpak bestaande uitvyf Afrikaanse CD’s en vyf Afrikaanse boeke– ontvang verlede week sy prys van JanineRossouw van Dulux. Die kompetisie waarindie prys gewen kon word, was op Noord-kaap semobi site. Vandeesweekwordweer’n prys op die webtuiste weggegee (kaart-jies na Bonnie Tyler se konsert). Sien beson-derhede oor vandeesweek se kompetisiehierbo. Foto: Reneé Rademeyer

Wen prys op mobi site

CAITLYN FRENCH, ’n gr. 5-leerling aan dieLaerskool Newton, hetmet haar troeteldier,’n meerkat, op die skool se markdag opge-daag. Leerlinge en onnies kon hul troetel-dier vir ’n kompetisie inskryf. Foto:FreddieSteyn

Page 10: Noordkaap 21082013

10 NOORDKAAP, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013

PLAASWA: 4 WIELdubbel - as met voorwiel los-draai tafel.7m lank en 2m breed.R20 000 kontant of naasteaanbod.Skakel Barrie by083 459 7616

STUDENTEMOTOR ge-soek: Onder R20 000 kontant.071 967 0285.

GTS VERVOER, Kimber-ley:Vervoer van meubels, bou-materiaal, ens.Laai 1 - 34 ton. Billike pryse.Vragversekering:082 574 3270/078 557 6459

PLAFONISOLERING:THERMGUARD LITE NKKoel in somer, warm in win-ter. SABS. Gratis kwotasies.082 388 0307 of 053 832 9194.

UTILITY RUBBERSTAMPS: SAME-DAYSERVICE. TEL./FAKS

053 832 1951

LOOKING FOR OFF-CAMPUS accommodation?Well, look no further. KPAPrivate StudentAccommodation and alsoUnilofts bring you beautifulfurnished and unfurnishedaccommodation.From a room in a studenthouse to the high securitycomplex of Unilofts, we willfind you a home away fromhome that suits all yourneeds.Don't be the last to startlooking.Contact us now at051 411 2600/072 0880 166 orvisit the website atwww.studentaccommodation.co.za

2.2L ISUZU 1980 DIESELBAKKIE.Enjin en onderstel nuutoorgedoen.Tralies. Goeie werkendetoestand.R25 000 of naaste aanbod.Skakel Barrie by:083 459 7616

KONTANT VIR MOTORSen bakkies. Thinus. Christi-ana. 072 472 8686.

BLOEMISTEPOS:Dame.Vorige ondervinding is 'naanbeveling.Handig CV persoonlik in byClassical Lines.Angelstr. 29, New Park, Kby.Sluitingsdatum:27 Augustus 2013 om 17:00.Geen telefoniese navrae.

PRINT OPERATOR(KOMORI 4-COLOUR).Bloemfontein084 571 6408.

JOSHUA JOHANNESTRUTERIn die insolvente boedel vanJoshua Johannes Tru-

ter, boedelnommer:K12/2012.Ingevolge Artikels 40(3),(56(3) en 77 van dieInsolvensiewet, Wet No. 24van 1936, soos gewysig, wordhiermee kennis gegee datdie persoon hieronder ver-meld as Kurator aangestel isen dat persone wat enigietsaan die bogemelde boedelverskuldig is, die skulde on-middellik by genoemde Ku-rator moet betaal.'n Byeenkoms vanskuldeisers van bogemeldeboedel sal gehou word op10 SEPTEMBER 2013om 10:00 voor dieLANDDROS TEHARTSWATER vir diebewys van vorderings teendie boedel vir die ontvangsvan die Kurator oor diesaak en toestand van dieboedel en om opdragte aandie Kurator uit te reik be-treffende die verkoop of op-vordering van gedeeltes vandie boedel of betreffendeaangeleenthede rakende diebeheer daarvan.HPA VENTERDUNCAN & ROTH-MANDuncan & RothmanGebouChapelstraat 39 - 43KIMBERLEY8301Verwysing:HV/jm/TRU13/0001

BRIDGING CASHwhile waiting for

PENSION/PACKAGE

payout(lump sum only)

086 1101 388083 6700 788

Cash same day

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

SOEK, KOOP, VERKOOP VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

Page 11: Noordkaap 21082013

NOORDKAAP, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013 11

TENNISSPELERS van die RuanVenter-tennisakademie in Kimberley hetin die wintervakansie ’n paar mooiprestasies in die Graaff-Reinet-minireeksbehaal.

Micala Beukes was die wenner in dieo.12-meisie-afdeling.

Tiffy Beukes was vyfde, Tilana Bothasewende en Mariska Brits in die negendeplek.

Frank Dippenaar was agtste in dieo.12-seunsafdeling.

In die mansope-enkelspel het AndréKock goed gedoen om tot die eindstryd tevorder.

Hanro Nelson was in die vierde plek,Janko Taljaard vyfde en Andrie Ventersesde.

Tennisspelersvaar goedinminireeks

HAYDEN GREY, linkervleuel van Kimberley Boys’High se eerste hokkiespan, warm op die aanvalmet Aiden Brooker van die Hoërskool Noord-Kaap (HNK) kort op sy hakke in Vrydag se eind-stryd van die Noord-Kaapse hokkieliga vir seunso.19. HNK het die enigste doel laat in die wed-stryd aangeteken om die liga ’n derde jaar agter-eenvolgens te wen. HNK het in sy halfeindstrydmet 2-1 met die HTS Kimberley afgereken enBoys’ Highmet 3-1met CBC. Albei diewedstrydeis deur ’n uitskietstrydbepaal. Boys’ High seo.16-span het effe vergoed deur as provinsiale kampi-oen gekroon teword. Hy het HNK in die eindstrydmet 1-0 geklop. Foto: Ruan Bruwer

DIE Griekwaland-Wesse o.16-meisierugbyspan het goed opdie Suid-Afrikaanse Rugby-unie se jeugweek vir meisiesop Oudtshoorn gevaar. Diespan het al drie sy wedstrydegewen om as die naaswennerop die toernooi (uit 16 spanne)te eindig. Die Griekwas het dieHaaie (17-5), die Boland (10-7)en die Leeus (39-0) verslaan.Die kaptein van die Griekwas,Chane Mostert, is as een vandie belowendste spelers opdie toernooi aangewys. Diespelers is van links, voor: Tar-ron Joseph, Abigail August,Denika Sas, Andrea Bezuiden-hout, Monique Stuurman enHeybre Gous; middel: AneenCupido, Simone Cloete, Odet-te Ross (spanbestuurder),Chane Mostert (kaptein), Ro-nald Maarman (hoofafrigter),Cameron Dyers, Johan Benn(hulpafrigter), Maxine Engel-brecht en Dorencia Rooi; ag-ter: Ray-NechiaBam,Shanthe-neen Ryk, Monique Stepha-nus, Kelly-Ann van der Heever,Bokkie die gelukbringer, Ber-nelee Saal, Micaela Deeb, Sel-ma Hendricks, Marizaan Lewisen Es-May vanWyk. Foto:Verskaf

DIE Griekwas komdie naweek in hul eer-ste tuiswedstryd vanvanjaar se Curriebe-kerreeks teen dieWestelike Provinsiete staan.

Die wedstryd beginSaterdag om 15:00 op GWK-park.

Vyf lesers vanNoordkaap kan elk ’n dubbel-kaartjie na die wedstryd wen. Stuur ’n SMS na45527.

Begin die SMS met die sleutelwoord “Kaart-jies” gevolg deur jou naam en van. Byvoor-beeld: Kaartjies. Jan Snyman.

Jy kan tot Vrydag om 10:00 SMS. Jy kan so-veel keer ’n SMS soos jy wil. Elke SMS kosR1,50.

Die vyf wenners sal Vrydag per SMS in ken-

nis gestel word. Hulle kan hul kaartjies tot16:00 by die kantoor van die Griekwaland-Wes-se Rugbyunie gaan afhaal of Saterdag van 08:00af by die toegangshek agter die hoofpaviljoen.

Vir diegene wat nie gratis kaartjies kon wennie, kaartjies vir die wedstryd kos R70 vir diehoofpaviljoen (volwassenes en kinders), R30(volwassenes) vir die oop paviljoen en R10 virkinders.

Losies is ook te huur. Bel Nadia by 053-832-8773.

Wen rugbykaartjies

In stryd gewikkel

Ruan Bruwer

OFSKOON daar teen verlede Donderdag nogonsekerheid was of hy wel Saterdag sy titelas kampioen van die Kovsiestreek-kompeti-sie se Shimla-liga (vir mediumskole) gaanverdedig, is die rugbyspan van die HoërskoolNoord-Kaap (HNK) nie daardeur ontwrig nie.

Aldus sy afrigter, Henk Brand.Die HNK kom dan teen die Hoërskool Voor-

trekker van Bethlehem in die halfeindstrydvan die kompetisie te staan.

Daar het tot verlede Donderdag onseker-heid geheers of dit Noord-Kaap of Diamant-veld gaan wees wat die naweek gaan speel.

Diamantveld het kapsie gemaak omdatNortherns met ’n post-matriekspeler in dieClassic Clash in April (Northerns het met 27-19 gewen) gespeel het.

Die Kimberley-subunie het beslis dié krag-meting is ’n ligawedstryd en dat post-ma-trieks nie daarin mag speel nie.

Die ligapunte is aan Diamantveld toegekenen hy het tot die Shimla-liga gevorder.

Die HNK het egter suksesvol daarteen geap-pelleer, aangesien heelwat leemtes in dieGriekwaland-Wesse Skolerugbyverenigingse grondwet bestaan.

Volgens Brand is die talle beserings waar-

mee hulle worstel meer ontwrigtend.Hul seisoen is al amper ses maande aan die

gang en het klaarblyklik sy tol geëis soos diétyd van die seisoen gereeld met spanne ge-beur.

“Ek is nietemin vol vertroue die seuns watinstaan, sal hul bes doen.

Die belangrikste is dat die spelers op al diepositiewe aspekte sal fokus en op dit wat elk-een na die span kan bring,” het hy gesê.

Die wedstryd word Saterdag om 12:40 opGWK-park beslis.

Die HNK mik na sy vyfde agtereenvolgendetitel.

In die ander halfeindstryd van die Shimla-liga sal die Vrystaatse kampioen, Louis Bo-tha, in Bloemfontein gasheer vir Hentie Cil-liers speel.

In die Irawa-liga (vir kleinskole) se half-eindstryd in Kimberley ontmoet Landboudalvan Jacobsdal en die Hoërskool Bothavillemekaar.

In die Volksblad-liga vir o.15-spanne sê dieHNK en Hoërskool Voortrekker van Bethle-hem mekaar die stryd aan.

Die wedstryd, ook op GWK-park, skop om09:00 af.

Diamantveld het verlede jaar as kampioenuit die stryd getree.

HNK in halfeindstryd

Page 12: Noordkaap 21082013

12 NOORDKAAP, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013

SportSportDie Diamantstad se koerant

Poubloues fokusnou net opWP

Ruan Bruwer

FRUSTREREND en teleurstellend.Dít is hoe Pote Human, Griekwas-

breier, sy span se vertoning verledeVrydagaand teen die Blou Bulle opLoftus beskryf.Die Poubloues het wel met ’n ver-

loor-bonuspunt (verloor 9-15) vanPretoria teruggekeer, maar waardit vroeër jare dalk ’n prestasiewas om naelskraap teen die BlouBulle daar te verloor, was die eenvir hulle moontlik om deur te trek.“As daar ooit ’n gulde geleentheid

was om die Bulle op Loftus te klop wasdit die keer, want hulle was ook niegoed nie.“Maar ons het dit vanoggend (Maan-

dag) agtergelaat en dadelik ons fokusnakomendeSaterdag sewedstryd teendie WP verskuif,” het Human gesê.Waar dit in die eerste wedstryd teen

die Haaie goed met die Griekwas seskrumwerk gegaan het, was dit teendie Ligbloues ’n gesukkel. Die nuweskrumreëls verskil drasties.Albei skrumskakels het erg onder

die skeidsregter,Marius van derWest-huizen, se fluitjie deurgeloop en Ruan

Snyman van die Bulle is selfs met ’ngeelkaart vir herhaaldelike skewe in-gooie in die skrums gestraf.Volgens Human wou hy nie dieself-

de met Jacques Coetzee (Griekwas-skrumskakel) waag nie en het hom indie eerste helftemetMarnusHugover-vang nadat Coetzee ook twee keer virskewe ingooie gestraf is.“Dit is heeltemal iets vreemds vir

die skrumskakels en ietswaaraanhul-le gewoond sal moet raak.“Hullehet vroeër sommerdiebal on-

der die slot se voete ingegooi. Dit was’n swak gewoonte waarmee hulle lankweggekom het.”Die Griekwas kon nooit in tweede

rat komnie en boonopwas die dissipli-ne uiters swak met amper 20 vry- enstrafskoppewat afgestaan is. Agt daar-van was binne trefafstand.Gelukkig vir die Griekwas het die

Bulle drie keer pale toe misgekorrel.Boonop het Howard Mnisi (senter)kort voor rustyd ’n sagte drie punte af-gestaan toe hy die bal weggeskop het.Die Poubloues se Nico Scheepers,

gewoonlik ’n uiters akkurate skep-skopper wat inmoeilike omstandighe-de inDurbanmet al agt sy pogings pale

toe suksesvol was, het teen die Bulletwee maklike skoppe verbrou.Human erken LourensAdriaanse se

oproepvir die Springbokke is ’n gevoe-lige slag.“Lourens speel op die oomblik baie

goeie rugby en om hom te verloor is’n terugslag. Dit bied egter aan Nick’n geleentheid om te wys wat in homsteek.”Nick Schonert is die aangewese spe-

ler om hom te vervang met BrummerBadenhorst wat op die plaasvervan-gerbank sal inskuif. Badenhorst kanloskop- en vaskopstut speel.) Ongeag of Adriaanse speelkans inArgentinië of Australasië kry, hy isdie Griekwas se 63ste en nuutsteSpringbok. Indien ’n speler oorseesaam met die Springbokke toer, be-sorg dit werktuiglik aan hom ’n Bok-baadjie. Gus Theron van dieWestelikeProvinsie is byvoorbeeld in 2003 seDrienasiesreeks na Australië ontbieden hoewel hy nooit speelkans gekryhet nie, is hy in die rugby-annale as ’nBok aangeteken. Willie le Roux het indie Springbokke se eerste toets teenItalië die 62ste Springbok uit die Grie-kwaland-Wes-geledere geword.

DIE Griekwas se nuwe Springbok, Lourens Adriaanse, het Sondagsaam met die Springbokke na Argentinië vertrek. Ongeag of hyspeelkans kry, is hy van ’n Bok-baadjie verseker. Foto: Emile Hendricks

Die Diamantstad se koerant