20
Trompetter /Uitgawe 5/ 2016 Bladsy NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid-Afrikaanse Woonwa-Assosiasie Uitgawe 5 / 2016

NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid … · 2016-05-09 · citronella candle, nice little small ones are easily available, and I burn it throughout the night in the

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid … · 2016-05-09 · citronella candle, nice little small ones are easily available, and I burn it throughout the night in the

Trompetter /Uitgawe 5/ 2016 Bladsy

NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK

Lid van die Suid-Afrikaanse Woonwa-Assosiasie

Uitgawe 5 / 2016

Page 2: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid … · 2016-05-09 · citronella candle, nice little small ones are easily available, and I burn it throughout the night in the

Trompetter /Uitgawe 5/ 2016 Bladsy 2

SEKRETARIS

Judith Cilliers Posbus 13294 Leraatsfontein 1038

Tel: 084 036 5696

VOORSITTER

Hennie Cilliers Posbus 13294 Leraatsfontein 1038

Tel: 082 570 7681

ONDERVOORSITTER

Vakant

SKAKELBEAMPTE

Elize van der Merwe Posbus 504 Rivercrescent 1042

Tel: 0719779930

PENNINGMEESTER

Johnny Botha Kiepersol str 16 Leraatsfontein 1038

Tel: 0836661355

REDAKTEUR

Judith Cilliers Posbus 13294 Leraatsfontein 1038

Tel: 084 036 5696

VOORRAADBEAMPTE

Susan Wilsenach Posbus 225 River Crescet 1038

Tel: 083 654 7265

SENIOR BURGERS

Vakant

WYSHEID VIR DIE WEG KONSEP JAARPROGRAM REDAKSIONEEL ONSE KAPTEIN AAN DIE WOORD ….. NUUS UIT ONS KONTREI VERJAARSDAGWENSE, HUWELIKSHERDENKINGS EN KRUKKELYS KOM ONS LAG ‘N SLAG SAAMTREKFOKUS DIAMANTE TIENERS PRETBLAD VIR OUD EN JONK SENIOR BURGERS KUIERKOS EN WENKE SAWA ERERKODE, MISSIE & WAARDES SLOTGEDAGTE

Inhoudsopgawe

Bestuur 2015/2016

Page 3: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid … · 2016-05-09 · citronella candle, nice little small ones are easily available, and I burn it throughout the night in the

Trompetter /Uitgawe 5/ 2016 Bladsy 3

29/30 JANUARIE 2016

Olifants River Lodge

Streekkamp

5/6/7 FEBRUARIE 2016

Koppisol

Oop NUB

19/20 FEBRUARIE 2016

Diamante

Streekkamp

25/28 MAART 2016

Klipdraai

Presidente

29 APRIL - 2 MEI 2016

Adante

Streekkamp

19/20 AUGUSTUS 2016

Riverside Lodge

AJV

21/22 OKTOBER 2016

De Voetdpadkloof

Streekkamp

23/24 SEPTEMBER 2016

Koppisol

Nasionalekamp

Konsep Jaarprogram

Wysheid vir die weg

NOVEMBER 2016

Seekoeigat

Streekkamp

WIE STEL IN JOU BELANG?

Jeremia 31 : 3 ……. Ek het jou lief met ‘n liefde wat nooit ophou nie. Ek trek jou met troue liefde na My toe.

Besighede stel in jou as verbruiker belang.

Banke stel in jou as belegger belang.

Politici stel in jou as ‘n kieser belang.

Navorsers stel in jou as ‘n statistiek belang.

Sportspanne stel in jou as ‘n toeskouer belang.

Dokters stel in jou as pasiënt belang.

Prokureurs stel in jou as kliënt belang.

Winkels stel in jou as koper belang.

Organisasies stel in jou as lid belang.

Maar God stel belang in jou as persoon, wat na Sy beeld geskape is, Sy kosbare kind wat Hy lief het.

Page 4: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid … · 2016-05-09 · citronella candle, nice little small ones are easily available, and I burn it throughout the night in the

Trompetter /Uitgawe 5/ 2016 Bladsy 4

Hallo Olifante

En hier is ons al weer, ons kamp by Diamante is verby. Ek en Hennie kon nie hierdie kamp bywoon nie aangesien ons met ons jaarlikse verlof was, maar die wat daar was het dit vreeslik baie geniet. Die kampkommandante het hulle self soos gewoonlik weer oortref, baie dankie dat julle altyd bereid is om die beste vir die Olifante te doen.

Dit gaan soms maar moeilk om die Trompetter in tyd die lig te laat sien aangesien ek voldag werk en soms langer ure as die normale, so ek glo dat julle dit sal verstaan en al is die kampe reeds verby en die boekie kom dan uit julle dit steeds sal geniet en waardeer vir dit wat was.

Dankie aan die van julle wat my help met artikels, grappies , kampverslae en nog baie meer om die Trompetter vir elkeen lekker en die moeite werd te maak, sonder julle sal ek dit ook nie regkry om na elke kamp iets te hê om te plaas of om oor ‘n storie te skryf of ‘n storie met fotos te vertel nie.

Julle sal sien dat die “tieners”en die “bejaardes”se artikels in meer as een Trompetter as ‘n vervolg artikel voorkom, as jy dus ‘n boekie gemis het en graag die artikel van die begin af wil lees, skakel my gerus om die boekie te bekom. Ek hoop julle vind die artikels so interressant soos ek.

Ons volgende kamp is by Andante. Tot dan ‘n hartlike Olifant groet.

Judith

Redaksioneel

Ons borge vir hierdie uitgawe

GC CARAVANS (WITBANK)

Page 5: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid … · 2016-05-09 · citronella candle, nice little small ones are easily available, and I burn it throughout the night in the

Trompetter /Uitgawe 5/ 2016 Bladsy 5

Hennie aan die woord

Ons volgende kamp was by Diamante gewees. Hier was die Olifante met 5 waens verteenwoordig. Dit was ook n baie lekker kamp. Hier was ek en Judith bietjie in die Kaap met vakansie gewees. Dankie aan die kampkommandante wat n heerlike naweek gereël het!

Die Korff’s het met al die trofees die naweek weg geloop. Dankie ook vir elkeen se bydra om die kamp so n groot sukses te maak.

Ons volgende kamp is by Andante (29/04-01/05/16) .Hier gaan ons weer nominasielyste vir die nuwe bestuur uitgee. Ons almal sien baie uit na die naweek aangesien dit ‘n eerste keer is wat ons by die oord sal kamp.

Olifant groete

Hennie & Judith

Page 6: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid … · 2016-05-09 · citronella candle, nice little small ones are easily available, and I burn it throughout the night in the

Trompetter /Uitgawe 5/ 2016 Bladsy 6

VOOG - Johnny & Esme

J Bronkhorst C Fisher

G Vosloo

VOOG - Manie & Elize van der Merwe C Venter

F van der Merwe G Roos

P van Rooyen

VOOG - Manie en Elixe van der Merwe Jde Wet B Korff

K Prinsloo H Cilliers

VOOG - Pierre & Susan

JD de Buin H van Tonder

L de Jager

VOOG - Hennie & Judith Cilliers

S Wilsenach T Venter

M van der Merwe J Botha

Het jy geweet dat gevriesde voedsel eers in 1920 bekendgestel is ?

Voogdelys 2016

Nuus uit ons kontrei Feite en geite ...

Page 7: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid … · 2016-05-09 · citronella candle, nice little small ones are easily available, and I burn it throughout the night in the

Trompetter /Uitgawe 5/ 2016 Bladsy 7

Huweliksherdenkings Mei 2016

Pierre en Susan Wilsenach 29ste

Op die krukkelys …

Die enigste een wat op die oomblik bietjie

sukkel is Johan Bronkhorst met sy oog. Sterkte ons glo dit sal eersdaags heeltemal reg wees

Verjaarsdae en herdenkings

NB! Indien jou naam nie hier verskyn nie of dit is foutief, skakel my asseblief onmiddelik.

Mei 2016 Jan de Bruin 4de

Pierre Wilsenach 9de Hannatjie Vosloo 12de

Analynn Korff

Junie 2016 Marie Fisher 7de

Judith Cilliers 18de Nico Hattingh 24ste

Jannie Meyer (D/B)

Julie 2016 Johnny Botha

Page 8: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid … · 2016-05-09 · citronella candle, nice little small ones are easily available, and I burn it throughout the night in the

Trompetter /Uitgawe 5/ 2016 Bladsy 8

Kom lag ‘n slag! Die skooljaar is weer in volle gang en dis Jannie se

tweede dag op skool. Tot sy ma se verbasing is hy

tienuur die oggend al terug by die huis.. Waarom is

jy nou al terug?” vra sy ma “Die meneer en die

juffrou het gaan braai,” sê Jannie. “Gaan braai, op ‘n

Dinsdagoggend wanneer hulle moet werk? Hoe weet

jy dit?” vra sy ma. “Meneer het vir juffrou oor die

interkom geroep en gesê sy moet haar rooster bring

Toe kom ek maar huistoe,want ek weet hoe lank vat

‘n flippen braai!”

Malema koop ‘n kameel

Julius koop ‘n kameel by Jan.

Julius vra: Hoe laat ek hom loop?

Jan se: As jy sê yoh, dan loop hy, yoh

yoh, dan galop hy, en yoh yoh yoh dan

hardloop hy, en as jy hom wil laat stop,

dan se jy EISH. So Julius klim op sy

kameel en se YOH, en daar begin die

kameel loop. Hy sê toe YOH YOH

YOH, en daar hardloop die kameel met

‘n spoed. Toe sien Julius daar voor is ‘n

afgrond en hy het vergeet hoe om die

kameel te laat stop. Net voor die af-

grond se Julius EISH, hier gaan ek dood

vandag!! En daar stop die kameel, Jul-

ius leun vorentoe en sien hoe hoog die

afgrond is, en sê YOH YOH YOH!

Iewers in die laat 1800’s… of só lui die

legende… kom ene Edward Longshanks met

4,000 Britse troepe Suid-Afrika toe om die

Boere op te f… By die slagveld gekom sien hy

doer in die verte op ‘n koppie staan ‘n figuur

met blonde hare, kortbroek aan met ‘n kam in

sy kous. “Rooinek!” skree die Boer op die kop-

pie. “Kom hier jou Engelse ding! I will gives you

one helluva gatskop!” Edward draai om na sy

bevelvoerder en sê: “Take 20 men and deal with

that Boer upstart!” Die bevelvoerder stuur 20

man om die Boer te gaan soek. Tien minute

later staan die Boer weer op die koppie. “You!

English donner! Stuur the rest of your Rooi-

nekke. I will donner them almal op!” Edward

raak nou ietwat geïrriteerd en sê vir die bev-

elvoerder: “Take 100 men and kill that little

guttersnipe!”

Die bevelvoerder stuur 100 man oor die koppie.

‘n Rukkie later staan die Boer so waar as wragtig

weer op die randjie en skree: “Hey, you ROOI-

NEK! I is just warming up! Toe verloor Edward

kop en stuur 400 troepe om die Boer dood te

maak. Tien minute later staan die Boer maar

weer daar. Sy klere is geskeur en sy hare staan

wild. Dis net snot, bloed en Castle. Weer skree

hy: “Is dat de best ye can do? You bloody vrot

pommies! Come on, come and have a go julle

souties! Kom klap me stukkend!” Rooi in die

gesig sê Edward vir die bevelvoerder: Take the

rest of the men and don’t come back untill you

have killed him!” Vyf minute later kom een van

die troepe al gillende en vol bloed oor die

randjie gestorm: “Your majesty!” skree hy, “It’s

a trap! It’s a trap!! There’s two of them!”

Boer en Brit

Page 9: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid … · 2016-05-09 · citronella candle, nice little small ones are easily available, and I burn it throughout the night in the

Trompetter /Uitgawe 5/ 2016 Bladsy 9

Wat sê bestuur …..

Repelling the Bugs As we all know, bugs are a huge problem with any outdoor activities. Mosquitoes and gnats can make a camping holiday uncomfortable, these insects are most active in the evening and early morning, so apply insect repellent at these times for best effect. There is no one solution that works all the time, but here are a few tips to help keep the bugs away. There is a general misconception that applying more insect repellent is more effective. Tests have shown that this is not the case - high concentrations feel unpleasantly oily and can cause a rash. Although safe on nylon, cotton, and wool, some repellents can damage rayon, acetate, and other synthetic fibre's. High concentrations and applica-tions are not recommended for use on children. Repellents are of course poisonous and can cause sickness if swallowed. Before use, apply to the inside of your wrist to test for sensitivity. After applying, always wash hands and keep them away from eyes and mouth. Never spray a repellent on the face - aim the spray at your hands and then rub gently over the face. A good repellent in stick form, works very well. I prefer these, as they are less bulky, apply easily, and can be used on the kids safely. Mosquitoes, flies and other pesky insects can be very annoying as they swarm and bite causing much itching and discomfort.

Aerosol repellents or repellents in stick (rub-on) form, work very well whilst sitting or moving around the campsite, but can be uncomfortable when one sleeps. Here I use a citronella candle, nice little small ones are easily available, and I burn it throughout the night in the van. I also keep a larger one, available in a decorative jar, and burn throughout the night in the tent or awning. This also serves as a night light.

Stay away from wet, grassy areas.

Avoid using fragrant or scented personal products.

Wear light coloured long sleeve shirts and pants.

Wear a hat and a light scarf on your head and neck.

Keep cool - bugs are attracted to sweat.

Citronella candles and oil - helps keep mosquitoes out of the area.

Bed nets - keeps bugs away from you as you sleep.

Eat garlic - it will secrete through your pours.

Zinc or Vitamin B - also secretes through your pours.

Citrus - deters the bugs.

Page 10: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid … · 2016-05-09 · citronella candle, nice little small ones are easily available, and I burn it throughout the night in the

Trompetter /Uitgawe 5/ 2016 Bladsy 10

Kampverslag ….

Kampverslag vir Diamante

So breek die volgende kamp aan. Die kamp datum is verander sodat meer Olifante die kamp kan meemaak. Vrydag middag begin die Olifante so stadig aan daar aankom. Groot was die verbasing om so baie kinders daar te sien. Ongelukkig was dit nie Olifant kinders maar daar was n pa en kind naweek ook. Hulle het in 3 groepe gestaan en die hele kamp oor eneem. Terug by die Olifante, ons was toe nie so baie gesinne nie in total met die besoekers by was ons 14 groot mense en 7 kinders waarvan daar twee besoeker gesinne was.

Vrydagaand het tannie Charlotte en die Korffs ons bederf met vetkoek en “mince” en soos gewoonlik was daar genoeg om ons die hele naweek te voed. Almal het re-delik vroeg gaan slaap. (Lyk my die week put die mense uit.) Saterdagoggend het ons ietsie ge-eet en toe spat almal in verskillende rigtings in. (Beeld skou, Zambezi vlooimark en na die kinders toe) Die middag laat was almal terug en reg vir die aand se braai. Die vuur, pap en sous was voorsien deur die kampkommandante en toe word daar gekuier,

Annelyn baie dankie vir Vrydag en Saterdag se boekevat en die pragtige boodskap Sondagoggend, Ons het beslis iets gekry vir die week wat voorle. Na die geestelike vervulling het ons die afsluiting gedoen. Die Korffs het omtrent al die trofees gekry. (Van hulle is verdien – Bollie). Daarna is daar saam ontbyt gemaak en gekuier. So eindig die lekker kuier en rus naweek met die oppak en terug gaan huis toe.

Baie dankie aan almal wat die naweek daar was en bygedra het tot die sukses daarvan. Die wat dit nie kon maak nie weens omstandighede miskien die volgende een. Aan Nico en Leonie ons meegevoel met die afsterwe van jou Pa. Ons sien uit na die vol-gende kamp.

Olifant groete

Jan

Page 11: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid … · 2016-05-09 · citronella candle, nice little small ones are easily available, and I burn it throughout the night in the

Trompetter /Uitgawe 5/ 2016 Bladsy 11

Diamante…..

Ons was nie baie wat die naweek gekuier het nie, maar dit was nou ‘n heerlike rustige kuier naweek, almal het rustig rondgesit of gestaan en kuier voor die braaivleisvuur of in die koelte onder die lapa.

Ons het almal genoeg tyd gehad om moeder natuur te bewonder en sommer net te rus en te vergeet van alles en almal.

Page 12: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid … · 2016-05-09 · citronella candle, nice little small ones are easily available, and I burn it throughout the night in the

Trompetter /Uitgawe 5/ 2016 Bladsy 12

En die wenners is ….. Sportspersone Analyn Korff

Kampkommandante

Bobby, Analyn en Tannie Charlotte

Olifant van Naweek Bobby en Analyn Korff

Bolliemaker Bobby Korff

Trompettertjie

Page 13: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid … · 2016-05-09 · citronella candle, nice little small ones are easily available, and I burn it throughout the night in the

Trompetter /Uitgawe 5/ 2016 Bladsy 13

Pretblad vir almal

Page 14: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid … · 2016-05-09 · citronella candle, nice little small ones are easily available, and I burn it throughout the night in the

Trompetter /Uitgawe 5/ 2016 Bladsy 14

Vir die jongspan

Kleur die prentjie in

Gewone dun gom vir klasgebruik

Bestanddele:

1 teelepel koekmeel 2 teelepels mielieblom

1/4 teelepel aluin omtrent 1/2 koppie water

Metode:

1. Meng die droeë bestanddele.

2. Voeg die water stadig by en roer sodat dit nie klonte vorm nie. 3. Kok oor baie lae hitte af as die mengsel begin verdik en laat dit afko-

el.

Page 15: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid … · 2016-05-09 · citronella candle, nice little small ones are easily available, and I burn it throughout the night in the

Trompetter /Uitgawe 5/ 2016 Bladsy 15

Antwoord op Soduko

Vir die Jongspan vervolg ... Vlakoekies

(gebak of ongebak)

Bestanddele:

2 koppies koekmeel 1/2 koppie versiersuiker

1/2 koppie vlapoeier 1 koppie sagte margarien

Metode:

1. Meng alles saam. 2. Die deeg kan rou of gaar geëet

word.

Ongebakte sjokoladekoekies

Bestanddele: 1/2 koppie melk 1/2 koppie kakao 1 koppie botter 2 koppies suiker

1 koppie hawermout 1 koppie klapper

Metode:

1. Kook die melk, kakao, botter en suiker vir 5 minute vandat dit begin borrel.

2. Meng die res van die bestanddele in terwyl die mengsel nog warm is.

3. Die deeg is gereed om te gebruik.

Page 16: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid … · 2016-05-09 · citronella candle, nice little small ones are easily available, and I burn it throughout the night in the

Trompetter /Uitgawe 5/ 2016 Bladsy 16

Tieners Skynheilige ouers

’n Pa bel my oor sy sewentienjarige tiener seun wat rook.

“Rook jy?” vra ek.

“Ja,” sê die pa.

“As jy regtig wil hê hy moet dit los sal jy mos saam met hom ophou?” vra ek.

Sy reaksie hierop is dat hy eintlik net wou vra of ek “bietjie mooi met sy laaitie sal praat”.

“So ek moet mooi vir hom sê dat hy nie die selfde lelike dinge as sy pa moet doen nie?”

Ek kon uit die res van die kort gesprek aflei dat die pa nou net so teleurgesteld in my is, as in sy seun. Ek het ook geweet dat die laaste een wat die “laaitie” sal mo-tiveer om op te hou rook sy pa is. Want sy pa is mos eintlik 'n bietjie skynheilig? Hy vra iets wat hy self nie bereid is om te doen nie?

Ek kry gereeld te doen met ouers wat ongelukkig is omdat hulle kinders hulle voorbeeld volg.

Ouers wat bank

’n Mens het tyd vir die dinge wat vir jou belangrik is. Hierdie is 'n eenvoudige woordsom wat amper elke jongmens kan maak.

Een van hierdie tipiese "probleemouers" is pa’s uit gebroke huwelike wat belowe om te kom kuier en dit nie doen nie.

’n Ander is die enkelma wat so opgaan in haar “boyfriend” (of “boyfriends), dat sy haar kinders afskeep. Dit beteken natuurlik net een ding: die” boyfriend” is belangriker.

Dan is daar die ryk besigheidsman wat tyd het vir vergaderings, werksfuksies en golfspeel maar selde tyd het vir sy eie kinders.

As jy regtig omgee, sal jy mos tyd maak?

Page 17: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid … · 2016-05-09 · citronella candle, nice little small ones are easily available, and I burn it throughout the night in the

Trompetter /Uitgawe 5/ 2016 Bladsy 17

Senior Burgers Die eerste vier gebooie handel oor ons verpligtinge teenoor God, terwyl die laaste ses te make het met ons verpligtinge teenoor mense. In antwoord op die vraag wat die grootste gebod is, het die Here Jesus Christus die twee tafels van die Wet soos volg opgesom: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelykstaan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.” Matt 22:36-40. Behandel jou ouers goed Die Bybel stel dit duidelik dat ons sal oes wat ons saai, en dat ons gemeet sal word met die maat waarmee ons ander meet. Die manier waarop ons ons ouers en mense wat ouer as ons is, behandel (ongeag daarvan of jy ’n kind, tiener of volwassene is) skep ’n patroon van hoe ons kinders óns gaan behandel. In Grimm se feëverhale word die storie vertel van ’n ou man wie se oë voortdurend geflikker, en wie se hande onbeheerbaar gebewe het. Omdat hy geen blyplek gehad het nie, het hy by sy seun ingetrek. Sy skoondogter kon dit nie verdra dat hy aan tafel die eetgerei aanhoudend laat ratel, en drankies verspil het nie. In haar woede en ergernis het sy daarop aangedring dat hy op sy eie in die hoekie moet eet, nie by die familie nie. Om te maai wat jy saai Hy het op sy eie begin eet, terwyl hy soms na die tafel geloer het waar sy familie sit. Tot op ’n dag wat sy hande só gebewe het, dat hy sy bord op die vloer laat val, en sy kos op die mat beland het. Die skoondogter het geskree: “As jy soos ’n vark wil eet, sal ons jou soos ’n vark voer!” Sy het ’n houttrog op die grond neergesit en hom aangesê om soos ’n dier uit die trog te eet. Hy hét toe ook maar! ’n Paar dae later kom die vrou se jong seun opgewonde by die huis. Hy wou vir haar wys wat hy ge-maak het: “Kyk, Mamma, ek het ’n trog gemaak, om jou en Pappa uit te voer wanneer ek groot is.” Verwaarloos die oues van dae Die vrou het in trane uitgebars toe sy besef watter aaklige ding sy aangevang het. Van toe af het die ou man sy maaltye saam met die familie aan tafel geëet, en die skoondogter het alles in haar ver-moë gedoen om te probeer vergoed vir die onmenslike behandeling van haar skoonpa. Daar is vandag ’n opsigtelike gebrek aan respek vir die oues van dae. In busse staan tieners nie meer op om vir ouer mense sitplekke aan te bied nie. Volwassenes wys al te gou hulle frustrasie as hulle tydens inko- pies agter bejaardes in die tou moet staan, en baie kinders het weinig waardering vir die wysheid van hulle grootouers. Wat selfs erger is, is dat so baie Christen-gesinne hulle bejaarde ouers in ouetehuise verwaarloos. Christene behoort ’n voorbeeld van sorgsaamheid vir diegene in nood te wees, en behoort tyd aan die oues van dae te bestee. God heg waarde aan die wysheid van die grysheid, en ons behoort dit ook te doen (Spr 16:31). “Wees gehoorsaam aan jou vader en moeder, jy is hulle kind; en moet hulle nie verag as hulle oud geword het nie.” Spr 23:22.

Page 18: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid … · 2016-05-09 · citronella candle, nice little small ones are easily available, and I burn it throughout the night in the

Trompetter /Uitgawe 5/ 2016 Bladsy 18

Suid-Afrikaanse-Woonwa-Assosiasie EREKODE

Hiermee verbind ek myself en my gesin tot die Grondwet, asook die Reëls en die Gedragskode van die S.A.W.A.

Verder verbind ek myself tot die volgende:

1. Ek sal strewe om die Christelike grondslag van SAWA te bewaar en uit te lewe;

2. Ek sal SAWA dien sovêr ek kan en alles in my vermoë doen om ons Assosiasie uit te brei;

3. Ek sal ons geliefde land se natuurskoon en sy fauna en flo-ra beskerm en bewaar;

4. Ek sal poog om alle openbare geriewe en fasiliteite tot my beskikking so te benut dat ander gaste dit sonder ongerief kan gebruik;

5. Ek sal poog om in alles opsigte hoflik te wees, beleefd op te tree en bedagsaam te handel teenoor alle padgebruikers;

6. Ek sal daarop let om nie deur my gedrag die eer van SAWA te skend nie, maar sal poog om die agting van almal met wie ek in aanraking kom af te dwing.

SAWA is die leier in woonwa-kampering

MISSIE

Vir Afrikaans-georiënteerde kampeerders ‘n tuiste te bied waar hulle binne ‘n Christelike konteks hul beginsels en kultuur kan uitleef;

Vir kampeerders die geleentheid te bied om saam met geesgenote so bekostigbaar as moontlik te kampeer;

Die belange van SAWA-lede te bevorder deur onderhan-deling en samewerking met ander instansies;

Die balans tussen die belange van die mens en die natuur te handhaaf;

In alles die hand van die Skepper te sien en Hom daarvoor te huldig.

WAARDES

* Christenskap * Lojaliteit * Verantwoordelikheid * Integriteit * Eerlikheid

* Diensbaarheid * Verdraagsaamheid * Respek

Kuierkos & Wenke Pynappelhoender

Oond 180 gr C. Rol 10 hoenderstukke in hoender/sampioen soppoeier en pak in oondbak. Meng vlg sous en gooi bo-oor: 1 blikkie fyn pynap-pel, 2 E suiker, 3 E asyn, 1 klein ui , fyn gekap, 2 E bladjang en 2 E soet chilliesous. Bak vir 2 ure, bedek met tinfoelie. Haal foelie af en bak tot bruin en taai.

Arbeikaaskoek

Maak krummel kors van 1 pakkie Tennis koekies, fyn gerol en gemeng, met 4 E gesmelte margarine. Druk vas in glas tertbak. Meng 1 L houer aarbei jogurt met 1 blikkie kondensmelk. Skep in kors en mikrogolf vir 5 minute op Hoog. Koel af in yskas. Neem een blikkie ingelegde aarbeie met stroop en gooi in kastrolletjie, voeg knippie sout en 1 E suiker by, roer tot kook en maak dik met 1 t mielieblom [maizena] met bietjie water gemeng. Koel af en skep bo-oor kaaskoek.

Page 19: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid … · 2016-05-09 · citronella candle, nice little small ones are easily available, and I burn it throughout the night in the

Trompetter /Uitgawe 5/ 2016 Bladsy 19

Slotgedagte

Page 20: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid … · 2016-05-09 · citronella candle, nice little small ones are easily available, and I burn it throughout the night in the

Trompetter /Uitgawe 5/ 2016 Bladsy 20

Bronne Hiermee gee ek as redaktriese van die Trompetter erkenning aan die volgende:

Huisgenoot

Internet

Facebook

Deo Gloria Gemeente

Sanlam

Sarie