20
Trompetter /Uitgawe 6/ 2016 Bladsy NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid-Afrikaanse Woonwa-Assosiasie Uitgawe 6 / 2016

NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK Lid van die Suid ... · Konsep Jaarprogram Wysheid vir die weg NOVEMBER 2016 ... place a 30cm square 3mm thick steel plate on the ground where the

  • Upload
    lamthu

  • View
    218

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Trompetter /Uitgawe 6/ 2016 Bladsy

NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK

Lid van die Suid-Afrikaanse Woonwa-Assosiasie

Uitgawe 6 / 2016

Trompetter /Uitgawe 6/ 2016 Bladsy 2

SEKRETARIS

Judith Cilliers Posbus 13294 Leraatsfontein 1038

Tel: 084 036 5696

VOORSITTER

Hennie Cilliers Posbus 13294 Leraatsfontein 1038

Tel: 082 570 7681

ONDERVOORSITTER

Vakant

SKAKELBEAMPTE

Elize van der Merwe Posbus 504 Rivercrescent 1042

Tel: 0719779930

PENNINGMEESTER

Johnny Botha Kiepersol str 16 Leraatsfontein 1038

Tel: 0836661355

REDAKTEUR

Judith Cilliers Posbus 13294 Leraatsfontein 1038

Tel: 084 036 5696

VOORRAADBEAMPTE

Susan Wilsenach Posbus 225 River Crescet 1038

Tel: 083 654 7265

SENIOR BURGERS

Vakant

WYSHEID VIR DIE WEG KONSEP JAARPROGRAM REDAKSIONEEL ONSE KAPTEIN AAN DIE WOORD ….. NUUS UIT ONS KONTREI VERJAARSDAGWENSE, HUWELIKSHERDENKINGS EN KRUKKELYS KOM ONS LAG ‘N SLAG SAAMTREKFOKUS PRESIDENTE TIENERS PRETBLAD VIR OUD EN JONK SENIOR BURGERS KUIERKOS EN WENKE SAWA ERERKODE, MISSIE & WAARDES SLOTGEDAGTE

Inhoudsopgawe

Bestuur 2015/2016

Trompetter /Uitgawe 6/ 2016 Bladsy 3

29/30 JANUARIE 2016

Olifants River Lodge

Streekkamp

5/6/7 FEBRUARIE 2016

Koppisol

Oop NUB

19/20 FEBRUARIE 2016

Diamante

Streekkamp

25/28 MAART 2016

Klipdraai

Presidente

29 APRIL - 2 MEI 2016

Adante

Streekkamp

19/20 AUGUSTUS 2016

Riverside Lodge

AJV

21/22 OKTOBER 2016

De Voetdpadkloof

Streekkamp

23/24 SEPTEMBER 2016

Koppisol

Nasionalekamp

Konsep Jaarprogram

Wysheid vir die weg

NOVEMBER 2016

Seekoeigat

Streekkamp

Spreuke 16:9 ... Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.

Daar is 'n kaapse koortjie met die woorde: Bely, bely en laat staan. x2 Jy moet bely en laat staan! Hierdie eenvoudige liedjie verwoord een van die belangrikste konsepte in ons verhouding met God. Ons kan nie ons sonders vir God wegsteek nie, ons moet dit bely en laat staan!

Gebruik nou die geleentheid om in verootmoediging na God te gaan en vra Hom is daar iets waarvoor jy nog nie jammer gesê het nie.

Trompetter /Uitgawe 6/ 2016 Bladsy 4

Hallo Olifante

…...en so snel die jaar voort! Ons Presidente is verby! Wat ‘n lekker langnaweek vol opwinding was dit nie…..

Die Presidente het in ‘n baie ligte luim verloop, behalwe dat die organiseerders van die Olifante vergeet het en ons onder teen die rivier in ‘n gaatjie gedruk het, maar dit het ons ook nie afgesit nie, ons het die beste van die saak gemaak en op die ou end het ons die bietjie uit die oog van almal die naweek ongelooflik baie geniet.

Ons het heelwat besoekers ook gehad en hulle het almal bygedra tot die sukses van die naweek. Alhoewel ons toe alles wat ons nodig gehad het om die Kerrie en Rys te maak moes aanry na die tent het dit besonder goed verloop en elkeen, selfs die besoekers het gehelp om die Olifante se fondsinsameling weer een van die bestes te maak. Elkeen het gehelp al was dit net om bakkies uit te pak of lepels aan te gee.

Daar was hierdie jaar baie kosstalletjies, so ons Kerrie en Rys het bietjie langer as normaal gevat om uit te verkoop, maar ons toe die geleentheid gegee om lekker te kuier en ook om deur die stalletjies te beweeg en van die ander streke te ondersteun.

Ons is die Saterdagaand deur verkillende opkomende sangers vermaak en almal het dit terdeë geniet. Ons het heerlik saam gedans tot laataand toe. Ons het aanvanklik gedink dat dit ‘n Kareokie gaan wees, maar het toe net as ‘n lekker lawwe gedans geëindig.

Ons volgende kamp is by Andante, ons sien baie uit daarna aangesien dit ‘n

Nuwe kampterrein vir ons as Olifante gaan wees. Vertel julle in volgende uitgawe hieroor.

Tot dan ‘n hartlike Olifant groet. Judith

Redaksioneel

Ons borge vir hierdie uitgawe

GC CARAVANS (WITBANK)

Trompetter /Uitgawe 6/ 2016 Bladsy 5

Hennie aan die woord Hier staan ons alweer by die Presidente , kan nie glo dit is n jaar later nie. Ons was 5 waens wat die Olifante se naam moes hoog hou met die Kerrie en rys verkope. Van die lede het al vroeg Donderdag deur ge-gaan . Ander het laat die aand daar aangkom. Die laaste Olifant het op Vrydag by ons aangesluit. Die jaar het die Olifante teen die rivier gestaan weg van al die geraas en het ons nie lekker gekamp nie! Vrydag was dit rustig na die erediens. Lekker gebraai die aand en Kerrie en rys strategie bespreek. Saterdagoggend dou voordag op gestaan en begin

met rys kook. Toe die eertse pot naby reg was het ons vertrek na die groot tent en daar ons eerste pot met vleis begin! Vroeg ,vroeg het die mense na die opening ons begin ondersteun. Die gees onder die Olifante was baie goed. Ons het n bedrag van R 1800.00 oorbetaal aan SAWA kas. Baie dankie vir elk se bydra, dit word opreg waardeer. Satergaand het hul vir ons musiek in die tent gemaak ,wat baie lek-ker was. Almal het dit geniet tot laat. Die Olifant koeie het ons naam hoog gehou op die dansbaan.

Sondag na die erediens het ons rustig gekuier en afskeid geneem van Toni en Marie, hul verlaat ons en gaan nou in Malelaan bly. Die res van die Olifante het om die potjie gekuier wat Johan vir ons gemaak het. Dit was nou lekker! Annemarie se bierpotbrood was ook uit die boeke. Die nagte was nogal koud so teen die rivier gewees. Sondag nag het ons na ekstra komberse gesoek. Dit was ook weer lekker om Pierre en Susan saam met ons te he.

Leoni se ma het Saterdag oggend geval en haar knie gebreek. Sy het alreeds operasie ondergaan en sterk tans aan. Dit was werklik onaangenaam, maar wys net weer hoe sterk ons ouer mense het, sy het met daardie gebreekte knie gelê tot ons Maandag opgepak en terug is huistoe.

Maandag oggend na die afsluiting het ons stadig begin afslaan , kon nie glo die naweek is verby en Presidente 2016 iets van die verlede.

Ons volgende kamp is die een by Andante

Veilig sleep

Olifant groete

Hennie& Judith

Trompetter /Uitgawe 6/ 2016 Bladsy 6

VOOG - Johnny & Esme

J Bronkhorst C Fisher

G Vosloo

VOOG - Manie & Elize van der Merwe C Venter

F van der Merwe G Roos

P van Rooyen

VOOG - Manie en Elixe van der Merwe Jde Wet B Korff

K Prinsloo H Cilliers

VOOG - Pierre & Susan

JD de Buin H van Tonder

L de Jager

VOOG - Hennie & Judith Cilliers

S Wilsenach T Venter

M van der Merwe J Botha

Het jy geweet dat die eerste tandeborsel in 1498 uitgevind is ?

Voogdelys 2016

Nuus uit ons kontrei Feite en geite ...

Trompetter /Uitgawe 6/ 2016 Bladsy 7

Huweliksherdenkings Mei 2016

Pierre en Susan Wilsenach 29ste

Op die krukkelys …

Die enigste een wat op die oomblik bietjie

sukkel is Johan Bronkhorst met sy oog. Sterkte ons glo dit sal eersdaags heeltemal reg wees

Verjaarsdae en herdenkings

NB! Indien jou naam nie hier verskyn nie of dit is foutief, skakel my asseblief onmiddelik.

Mei 2016 Jan de Bruin 4de

Pierre Wilsenach 9de Hannatjie Vosloo 12de

Analynn Korff

Junie 2016 Marie Fisher 7de

Judith Cilliers 18de Nico Hattingh 24ste

Jannie Meyer (D/B)

Julie 2016 Johnny Botha

Trompetter /Uitgawe 6/ 2016 Bladsy 8

Vliegtuig ongeluk ….

Die Blond is aan boord van ‘n 2 sitplek vlieg-

tuig toe die vlieenier skieliik n hartaanval kry

en net daar sterf. Sy het geen benul wat om te

doen nie en gryp die radio. “Mayday,

Mayday”! “Die vlieenier is dood gil sy”!

Beheertoring ontvang haar noodoproep en

antwoord: “Bly kalm dame, ek sal presies vir

jou se wat om te doen om veilig te land”

“Eerstens, wat is jou hoogte en posisie?”

Blond; “Ek is 1.7 meter lank en sit in die regter-

sitplek”! Beheertoring: “Herhaal agter my aan,

ONSE VADER WAT IN DIE HEMEL IS….”

Befoeterde mier!!

Kom lag ‘n slag!

Hoe verduidelik jy?

Dis die middel van die somer, Sondagmiddag. Jannie se pa het mense genooi vir ete. Mens kan nie anders as om te sweet of om te dink aan lê nie. Toe dit tyd is om aan tafel te gaan sit word Jannie deur sy pa beveel om die tafelgebed te doen. “Maar wat sê ek?” wil Jannie vies weet. “Wat dink jy sou ek sê!” antwoord sy pa. Jannie buig toe sy hoof dramaties, soos sy pa altyd doen en in ’n diep stem sê hy: “Liewe Heer, wat in hemelsnaam het ons besiel om hierdie mense te nooi op so ’n warm dag!”

"Krokodil!!!!!!!, Krokodillllllllll!!!!!!!!" skree hy in sy woede. Krokodil wonder toe wat aan gaan en hy steek sy kop bo die water. Mierjtie skree weer.."Krokodil! klim uit die blerrie water uit!" Krokidil kyk toe die storie so en wonder wat vandag met miertjie aan gaan en miertjie skree weer, maar die keer met vollebors, "K R O K O D I L klim uit die donnerse water uit!" Krokodil klim toe maar heel skrikkerig uit die water uit, want miertjie is heeltemal befok vandag. Miertjie loop toe al langs die rivier totdat hy by Seekoei kom en hy skree,"SEEKOEI! S E E K O E I!!! V. E. T. G. A .T! Klim uit die water uit!" Maar nou is miertjie eers befoeterd en die bloed POMP na sy brein. Na 'n rukkie skree miertjie weer, "Seekoei klim uit die FOKKEN Water uit!" Seekoei bekyk die storie so en wonder wat fout is met miertjie vandag, maar tog klim Seekoei bangerig uit die water uit. Intussen vlieg valk verby en sien dat miertjie nie in 'n goeie bui is nie en hy vra "maar miertjie wat is fout?" En miertjie skree "I E M A N D ? HET MY SWEMBROEK GESTEEL!"

Die boer koop ‘n top stoet koei

Na sy een keer gekalf het, wil sy niks van

‘n bul weet nie.

As die bul van links af nader kom dan

draai sy regs.

As hy van regs nader kom draai sy links.

Van agter af dan gaan sit sy en van voor

af werk dit mos nie so lekker nie.

Moedeloos laat kom hy die veearts om te

kom help met die koei.

Die veearts bekyk die besigheid so en vra

na ‘n rukkie “Kom die koei nie dalk van

Douglas af nie?”

“Ja”, sê die boer. “Maar hoe het jy dit

geweet?”

Veearts: “My vrou kom ook van Douglas

af”!

Trompetter /Uitgawe 6/ 2016 Bladsy 9

Wat sê bestuur

Level Your Caravan at the Camp Site

When parking your caravan at the campsite, it is necessary to level the cara-van laterally and longitudinally: a spirit level is mighty useful for this purpose.

If the site is not level, if possible, dig a hole just in front or behind the higher wheel, and push the caravan into position. Most caravan dealers sell a very handy wooden stepped block. I use one of these, and find I get my van level in no time. I simply determine where I want to park, check my level laterally first, (across the back of the van) this before unhitching, then move forward or back as re-quired, place the stepped leveling block in front

or behind the lowest wheel, reverse or drive forward onto the leveler, and wallah! Laterally level!

Longitudinally, (along the length of the van) after unhitching the van, I first place a 30cm square 3mm thick steel plate on the ground where the steadies are to be lowered onto. Wooden blocks will also suffice. This ensures a very stable surface so that the steadies do not sink into the ground while camping. I use the jockey wheel handle to raise or lower the nose until level. Now, by simply lowering the steadies onto the steel plates or wooden blocks and the van is level. There is virtually no grunting and running around the van trying to get that extra centimeter of lift to get my van level. The steadies should be down enough simply to hold the van steady, and leaving the mass on the axle where it is meant to be. Do not try to level your van with the steadies, as this will definitely not only damage the steadies, but could possibly distort the chassis. The steadies are only what they are, steadies!

After your stay, please ensure that should you have dug a hole for the wheel, please fill it up again. It is good manners and courteous to leave your campsite clean, and in a good state of repair when departing. You expect to find your site clean and without holes when you arrive, please ensure that you do the same!

Trompetter /Uitgawe 6/ 2016 Bladsy 10

Wat ‘n wonderlike naweek was dit nie….. Almal het deelgeneem aan die fondsinsameling by die Presi-

dente. Die oord verleen hom 90% vir hierdie geleentheid. 90% aangesien daar nie by al die ablusie-

geriewe genoeg storte en baddens is nie, die een wat die Olifante gehad het om te gebruik het aan die

vrouekant net een bad gehad en dit was dit ….. Verder kan ons nie kla oor die oord of die ander

geriewe wat beskikbaar is nie.

Almal het darem ‘n staanplekkie gehad alhoewel jy op hierdie kamp om almal te akkomodeer baie

naby aan mekaar moet staan, maar dit het nog nooit die Sawanante afgeskrik nie, en veral nie die Oli-

fante nie.

Soos op die foto’s kan daar gesien word dat almal deelgeneem het aan die items wat die dag aangebied

is. Elke streek het sy stalletjie mooi versier en en alles in hulle vermoë gedoen om al hulle produkte te

verkoop. Daar was hierdie jaar ‘n groot verskeidenheid kosstalletjies en die mededinging om al jou

stalletjie se kos te verkoop was baie stram.

Na al die lekker eet en die bingo speel het almal aan die boeresport deelgeneem, al het die Olifante

weens die ouderdom van die ou grotes nie deelgeneem nie, was hulle daar om te kyk en te onder-

steun.

Die eredienste wat die hele naweek aangebied is vir die Paastyd was baie goed gedoen en elkeen wat dit

bygewoon het, is daar weg met iets wat hy of sy diep in sy hart kon dra en gaan uitleef. Die blomme is

gewoonlik elke jaar die hoogtepunt van die kerkdienste, die uitbeelding van die kruisiging en die

opstanding word elke jaar op ‘n meer finominale manier as die vorige jaar uitgebeeld.

Saterdagaand was net so lekker met die sangers wat daar was en met die heerlike dans en saamspeel

tussen die verskillende streke.

Na ‘n heerlike naweek met baie pret en harde werk en ‘n bietjie onspanning gaan ‘n groot groep

Sawanante baie tevrede uitmekaar as hulle hoor dat hulle ‘n baie goeie bedrag geld vir die

“kas”ingesamel het en begin weer planne beraam vir die volgende jaar.

Die fotos wat volg vertel die storie van die heerlike naweek wat ons gehad het by die Presidente te

Klipdraai.

Presidente….

Trompetter /Uitgawe 6/ 2016 Bladsy 11

Klipdraai …..

Trompetter /Uitgawe 6/ 2016 Bladsy 12

Trompetter /Uitgawe 6/ 2016 Bladsy 13

Trompetter /Uitgawe 6/ 2016 Bladsy 14

Pretblad vir almal

Trompetter /Uitgawe 6/ 2016 Bladsy 15

Vir die jongspan

Kleur die prentjies in .

Tien klein paddatjies Tien klein paddatjies kom sit in ‘n kring, bring julle boekies en laat ons sing. Maak julle bekkies wawyd oop en sing vir my so soet soos stroop. Kwak-kwak-kwak, Kwek-kwek-kwek, Tien klein paddatjies maak my gek! (W. D. Bosman)

Wippie en Snippie Wippie en Snippie loer uit 'n gaatjie, Wip is 'n muisie en Snip is sy maatjie. Wippie en Snippie daar kom die groot kat, Woeps spring die twee muisies weer terug in die gat.

Trompetter /Uitgawe 6/ 2016 Bladsy 16

Antwoord op Soduko

Vir die Jongspan vervolg ...

Gesigverf Bestanddele: 1 bottel goedkoop "aqueous" room poeierverf Metode: 1. Verdeel die room in kleiner houers. 2. Meng die verlangde kleure verf met die room. Die verf was maklik af en beskadig glad nie die kinders se velletjies nie.

Speelklei Bestanddele: 500 ml (2 k) meel 500 ml (2 k) water 30 ml (2 e) olie 30 ml (2 e) olie 500 ml (2 k) sout 20 ml (4 t) kremetart 5 tot 10 ml (1-2 t) oranje of bruin voed-selkleursel mediumgrootte kastrol Metode: 1. Meng al die bestanddele in 'n kastrol 2. Kook oor medium hitte vir 5 minute tot die mengsel styf is.

Trompetter /Uitgawe 6/ 2016 Bladsy 17

Senior Burgers Nuttige wenke met opstel van testamente ‘n Kundige en gekwalifiseerde finansiële adviseur kan jou help in die beplanning en opstel van jou testament.

Berrie Botha, uitvoerende hoof van Sanlam Trust, gee hier ‘n paar nuttige wenke wat jy in gedagte kan hou:

Hou jou testament op datum. Hersien dit gereeld soos wat jou omstandighede verander. Sorg dat jou testament geldig is. Die Wet op Testamente stel baie spesifieke ver-eistes waaraan ‘n testament moet voldoen. Hou jou testament so eenvoudig as moontlik. As jou omstandighede egter ‘n ingewikkelde testament vereis, maak seker dat jy deskundige advies kry. Dit is aanbeveelbaar om onder geen omstandighede jou eie testament te probeer opstel nie – tensy jy natuurlik ‘n deskundige is. Maak seker jou testament is prakties uitvoerbaar. Dis ‘n fout om jou testament te beskou as ‘n dokument wat eers in werking tree as jy oud is. Jy is dalk nie so gelukkig nie. Maak seker dat jy die inhoud van jou testament verstaan. Erfgename moet duidelik geïdentifiseer word deur hul volle name en verwantskap of ID-nommer te verstrek. ‘n Pa of neefs met dieselfde voorname en van kan an-dersins groot probleme veroorsaak. Die verdeling van bates behoort regverdig en billik te wees sodat erfgename nie stry nie, maar dit is in jou uitsluitlike reg en diskresie om oor jou bates te beskik. Wees prakties met die verdeling van jou bates. Dit is byvoorbeeld dalk nie altyd wenslik om jou bates gelykop tussen jou gades en kinders te verdeel nie, tensy jou boedel net uit kontant bestaan. Waar moontlik, vermy bevelende opdragte in jou testament. ‘n Opdrag dat al jou bates verkoop moet word, kan beteken dat aandele in swak markomstandighede verk-oop word en groot verliese gelei gaan word. Laat eerder die besluite aan jou ekseku-teur oor. Dis belangrik dat jy die gevolge van jou testament verstaan. In die vierde artikel van die Sanlam Trust-artikelreeks gee Botha nog wenke. Gesels gerus met jou finansiële adviseur. En onthou: dis belangrik om jou testament gereeld te hersien

Trompetter /Uitgawe 6/ 2016 Bladsy 18

Suid-Afrikaanse-Woonwa-Assosiasie EREKODE

Hiermee verbind ek myself en my gesin tot die Grondwet, asook die Reëls en die Gedragskode van die S.A.W.A.

Verder verbind ek myself tot die volgende:

1. Ek sal strewe om die Christelike grondslag van SAWA te bewaar en uit te lewe;

2. Ek sal SAWA dien sovêr ek kan en alles in my vermoë doen om ons Assosiasie uit te brei;

3. Ek sal ons geliefde land se natuurskoon en sy fauna en flo-ra beskerm en bewaar;

4. Ek sal poog om alle openbare geriewe en fasiliteite tot my beskikking so te benut dat ander gaste dit sonder ongerief kan gebruik;

5. Ek sal poog om in alles opsigte hoflik te wees, beleefd op te tree en bedagsaam te handel teenoor alle padgebruikers;

6. Ek sal daarop let om nie deur my gedrag die eer van SAWA te skend nie, maar sal poog om die agting van almal met wie ek in aanraking kom af te dwing.

SAWA is die leier in woonwa-kampering

MISSIE

Vir Afrikaans-georiënteerde kampeerders ‘n tuiste te bied waar hulle binne ‘n Christelike konteks hul beginsels en kultuur kan uitleef;

Vir kampeerders die geleentheid te bied om saam met geesgenote so bekostigbaar as moontlik te kampeer;

Die belange van SAWA-lede te bevorder deur onderhan-deling en samewerking met ander instansies;

Die balans tussen die belange van die mens en die natuur te handhaaf;

In alles die hand van die Skepper te sien en Hom daarvoor te huldig.

WAARDES

* Christenskap * Lojaliteit * Verantwoordelikheid * Integriteit * Eerlikheid

* Diensbaarheid * Verdraagsaamheid * Respek

Kuierkos & Wenke Pynappel Valrktjops

Oond 180 gr C. Braai 6 varktjops goudbruin alkant in vlak olie. Geur met sout en speser-ye. Pak in enkellaag in oondpan. Plaas pynappel ring [ingemaakte] bo-op elke tjop. Meng vlg vir sous; 1 k wit wyn, 2 E heuning, 2 E aangemaakte mostert. 2 E mielieblom. Gooi bo-oor tjops en bak oop tot goudbruin en gaar. Omtrent 1 uur.

Korslose Spinasie Muffins

Oond 180 gr C. Kap 1 pak vars, jong spinasie blare fyner. Klits saam: 4 eiers, 2 k griekse jogurt, hal-we t mosterd poeier en sout en peper. Roer 1 en halwe k gerasperde mozzarella kaas en spinasie by. Skep in gesmeerde muffinpanne. Bak vir 20 minute tot gestol. Jy kan ook een groot tert maak, skep mengsel dan net in gesmeerde tertbak, bak dan 30-35 minute lank

Trompetter /Uitgawe 6/ 2016 Bladsy 19

Slotgedagte

Baie van ons leef in ’n lewe van kompartemente. Dis amper asof ons vir elke omstandigheid ’n ander baadjie aantrek. By die werk tree ek op ’n sekere manier op wat heel anders is as wanneer ek by die huis of by my vriende is. Ek sal by my pelle ’n sekere standaard grap vertel, maar as ek by die selgroep kom, moet ek noodgedwonge die standaard lig.

Ek kry ’n vreeslike snaakse grap en stuur dit aan vir ’n paar pelle. Een van hulle laat weet dat hy dit nie op sy foon kan oop-maak nie en vra dat ek dit vir hom moet e-pos en ter afsluiting sê hy: “Dis nou as dit skoon is”. En ewe skielik word ek gekonfronteer met die vraag of dit werklik skoon is. Nee, daar is geen vloekwoorde in nie, maar waar trek ’n mens die streep tussen grof en minder grof. Ek het gewonder of ek die grap vir my mentor of pastoor of predikant sal aanstuur?

Ek het dit toe nie vir my vriend aangestuur nie.

En terwyl ons so in kompartemente leef en by sommige kringe die lyn tussen grof en minder grof verskuif, is God die heeltyd by ons. In al die kompartemente van ons lewe: 6En dan is daar ook net een God en Hy is die Vader van ons almal. Niks en niemand is soos Hy nie, want Hy is belangriker as alles en almal. Hy werk deur ons en woon in ons almal.

God woon in ons elkeen. Hy woon die heeltyd met sy Gees in ons. As ons die Here as ons Verlosser aangeneem het, kom neem Hy sy intrek vir altyd in ons. Al leef ons in kompartemente. Al trek ons verskillende baadjies by verskillende gesprekke en verhoudings aan. God bly. As God sien dat ons op pad is om die verkeerde baadjie aan te trek, klim hy nie eers af en kom terug wanneer jy klaar gemors het nie.

Nee, God is ons Vader en Hy los nie sy kind alleen nie. Maak nie saak hoe ver van die pad af ons gaan nie. Ja, ek weet God sit en huil soms oor alles wat ons aanvang, maar sy liefde vir ons laat Hom vasbyt. Dis hoe ons Hemelse Vader werk. Ja, niemand is soos Hy nie. Nie eens ons aardse vaders en moeders kry reg wat Hy regkry nie. Daar is niemand wat vir my en jou so liefhet nie!

Dit moet ons egter nie bangmaak nie. Nee, dit is eintlik ’n verskriklike groot voordeel wat ons as kinders van God het. Nêrens waar ons gaan, is ons alleen nie. Maak nie saak hoe groot die berg voor jou is wat jy moet uitworstel nie. Maak nie saak hoe bang jy vir die volgende vergadering by die werk of by die besigheid is nie, jy gaan nooit alleen daar in nie.

Die probleme gaan nie in die niet verdwyn nie. Jy moet ongelukkig nog daardeur, maar jy kan dit met rustigheid gaan doen, want jy staan nie alleen nie. God is binne jou. Hy woon in jou en Hy sal jou hand neem. Wees sensitief vir sy leiding. Glo dat Hy langs jou stap. Glo dat Hy vir jou wysheid sal gee om ook daar jou emosies in toom te hou en reg te praat.

Dis ons God. Hy is so groot dat Hy klein genoeg is om by elkeen van ons in te trek. Kom ons leef ’n lewe wat vir ander wys hoe God in ons lyk: 6En dan is daar ook net een God en Hy is die Vader van ons almal. Niks en niemand is soos Hy nie, want Hy is belangriker as alles en almal. Hy werk deur ons en woon in ons almal.

Teks: Efesiërs 4:1-10 Gebed Dankie Vader, dat U in my kom woon het om altyd by my te wees. Help my om te onthou dat U in my woon om juis deur my te werk. Ek wil graag bruikbaar en beskikbaar wees vir U. Amen

God in al sy jasse

Trompetter /Uitgawe 6/ 2016 Bladsy 20

Bronne Hiermee gee ek as redaktriese van die Trompetter erkenning aan die volgende:

Huisgenoot

Internet

Facebook

Deo Gloria Gemeente

Sanlam

Sjoe maar sjokolade is lekker! Nog lekkerder as mens moeg is …..na ‘n laaannnggg dag by die Presidente