18
NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIER STREEK NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIER STREEK Lid van die Suid Lid van die Suid- Afrikaanse Woonwa Afrikaanse Woonwa- Assosiasie Assosiasie Uitgawe 1/2014

NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIER STREEK Lid van die Suid ...H Cilliers - 082 570 7681 M van der Merwe - 082 923 4245 J Botha - 013 647 6914. Die AJV is net om die draai, ons het net een

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIER STREEK Lid van die Suid ...H Cilliers - 082 570 7681 M van der Merwe - 082 923 4245 J Botha - 013 647 6914. Die AJV is net om die draai, ons het net een

NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIER STREEKNUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIER STREEK

Lid van die SuidLid van die Suid--Afrikaanse WoonwaAfrikaanse Woonwa--Assosiasie Assosiasie

Uitgawe 1/2014

Page 2: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIER STREEK Lid van die Suid ...H Cilliers - 082 570 7681 M van der Merwe - 082 923 4245 J Botha - 013 647 6914. Die AJV is net om die draai, ons het net een

2

Page 3: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIER STREEK Lid van die Suid ...H Cilliers - 082 570 7681 M van der Merwe - 082 923 4245 J Botha - 013 647 6914. Die AJV is net om die draai, ons het net een

3

SEKRETARIS

Judith Cilliers

Posbus 13294

Leraatsfontein

1038

Tel: 084 036 5696

ONDERVOORSITTER

Hennie Cilliers

Posbus 13294

Leraatsfontein

1038

Tel: 082 570 7681

VOORSITTER

Jan de Wet

Posbus 12355

Leraatsfontein

1038

Tel: 082 822 2428

SKAKELBEAMPTE

Elize van der Merwe

Posbus

Witbank

1050

PENNINGMEESTER

Johnny Botha

Posbus

Leraatsfontein

1038

REDAKTEUR

Judith Cilliers

Posbus 13294

Leraatsfontein

1038

VOORRAADBEAMPTE

Susan Wilsenach

Posbus

Leraatsfontein

1038

Tel: 083 654 7265

SENIOR BURGERS

Vakant

Redaksie en Bestuurslede

IN HIERDIE UITGAWE:

WYSHEID VIR DIE WEG

ONSE KAPTEIN JAN AAN DIE WOORD …..

REDAKSIONEEL

NUUS UIT ONS KONTREI VERJAARSDAGWENSE, HUWELIKSHERDENKINGS EN KRUKKELYS

KOM ONS LAG „N SLAG

SAAMTREKFOKUS

SEEKOEIGAT

OOP NUB

KUIERKOS

SLOTGEDAGTE

Page 4: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIER STREEK Lid van die Suid ...H Cilliers - 082 570 7681 M van der Merwe - 082 923 4245 J Botha - 013 647 6914. Die AJV is net om die draai, ons het net een

4

Ons Vader

Julle Vader weet presies wat julle behoeftes is selfs nog voordat julle hom vra! Bid dan soos volg: Ons

Vader in die hemel, laat u Naam geheilig word.

Matteus 6:8-9

Dis wonderlik dat ek U as my Vader mag aanspreek: Dat ek weet dat U my liefhet en vir my sorg -

veel beter as ‘n aardse pa vir sy kind. Ek bid dat U Naam in my lewe grootgemaak sal word, dat ek

U Koningsheerskappy sal erken en dat U wil hier op aarde uitgevoer sal word, net soos in die

hemel, U ken my behoeftes, gee asseblief vir my die lewensmiddele wat ek vandag nodig sal hê, en

maak dit vir my moontlik om die mense te help wat minder het as ek. Vergewe asseblief al my

sonde, Here, en maak my bereid om die mense te vergewe wat my te na kom. Bewaar my van ver-

soekings wat dalk oor my lewenspad kan kom, en help my om weerstand te bied teen die Bose. U is

groot en almagtig: Aan U behoort die koninkryk, die krag en die heerlikheid tot in alle ewigheid.

AMEN

Dit is vir my „n besondere voorreg om weer aan die stuur van ons nuusbrief die Trompetter

te wees. Dit is elke keer opnuut vir my „n uitdaging om die heel beste nuusbrief aan „n

lieflike klomp Sawanante te oorhandig.

Soms gaan dit maar rof, het nie altyd tyd nie, maar maak tyd aangesien dit deel van my pas-

sie in die lewe is om iets spesiaals vir my medemens te doen. Ek weet nie altyd waarvan

almal hou nie, maar probeer my uiterste bes om dit vir almal „n aangename leeservaring te

maak.

Dit was baie lekker om saam met julle te werk en te kamp verlede jaar. Dit was „n goeie

jaar vir die Olifante. Ons het elke kamp so lekker gekuier en nuwe vriende gemaak, hetsy

Olifante of ander kampeerders. As ek so terugdink aan die jaar was dit net mooi en goed.

Daar was hartseer in van ons Olifantgesinne met die afsterwe van geliefdes en van ons was

en is werklik siek, ek bid dat ons hemelse Vader julle sal seën en beskerm en julle volkome

nuut en gesond sal maak dat julle ook weer met oorgawe en vol energie saam met julle

geliefdes die lewe en die kampe sal kan geniet.

Page 5: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIER STREEK Lid van die Suid ...H Cilliers - 082 570 7681 M van der Merwe - 082 923 4245 J Botha - 013 647 6914. Die AJV is net om die draai, ons het net een

5

Van ons ouer Sawanante kan nie meer saam met ons kamp nie en dit is nie altyd lekker om

te weet dat hulle so graag wil, maar nie meer kan nie, ons dank ons Vader dat hulle wel

saam met ons kon kamp vir „n hele paar jaar. Mag die liefde van ons Vader met julle wees

en bly tot in ewigheid.

Dit is „n nuwe jaar met nuwe uitdagings vir ons almal. Glo dat ons Hemelse Pappa elkeen

van julle in hierdie nuwe lewensjaar sal seën met sal die seëninge wat julle toekom.

Ons nuwe jaar is lekker vol geboek met heerlike kampe by pragtige oorde. Kom ons as Sa-

wanante hou SAWA se vlag hoog en maak ons nie skuldig aan enige gedrag wat ander kam-

peerders aanstoot kan gee nie.

Ek doen graag „n beroep op elkeen van julle om vir my nuusbrokkies fotos van spesiale ge-

leenthede of wat tydens kampe geneem is deur te gee vir ons nuusbrief. Dit is tog ons nuus-

brief nie myne nie.

Byvoorbaat dankie. Glo ons sal „n wonderlike jaar hê.

Vriendelike Olifant groete

Judith Cilliers

So snel die SAWA jaar verby en dis weer tyd vir die Presidente. Deur die genade van die

Hemelse Vader gaan dit baie goed met die Olifante. Die ekonomie druk maar ons doen

waarvoor ons aangesluit het, dis natuurlik om lekker te kamp en kuier. Die kamp bywon-

ing is nie so hoog as wat ons dit graag sou wou hê nie, maar ons kuier nog steeds baie

lekker.

Die jaar het begin met „n kamp by Seekoeigat in Januarie is deur 8 Olifant gesinne en

een besoeker bygewoon. Die volgende streek saamtrek was die oop NUB wat deur 3

gesinne bygewoon is.

Die volgende kamp is die Presidente by Klipdraai, (waar sal jy op „n lang naweek kan

kamp vir R150 per dag en met ou vriende kan saam kuier). Die Olifante gaan kerrie en

rys maak. Ons het reeds „n toetslopie gedoen met ons bestuursvergadering, dit was „n

groot sukses. So kom help ons om dit ook „n sukses te maak by die Presidente. Byvoor-

baat baie dankie aan almal vir hulle bydraes en die wat aangebied het om te help. Ek

weet dit gaan „n sukses wees.

Page 6: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIER STREEK Lid van die Suid ...H Cilliers - 082 570 7681 M van der Merwe - 082 923 4245 J Botha - 013 647 6914. Die AJV is net om die draai, ons het net een

6

VOOG - Johnny & Esme - 013 647 6914

J Bronkhorst - 013 692 3884

F van der Merwe - 082 464 0345

H Grobler - 013 697 4444

C Fisher - 082 393 2922

VOOG - Manie & Elize van der Merwe

JH van der Walt - 017 634 6612

HJ van Tonder - 013 234 5293

JL Kruger - 083 250 5938

JH Stoforth - 013 247 2616

C Venter - 079 969 3953

B Korff - 079 035 9346

T Venter - 082 891 4807

VOOG - Hennie & Judith - 082 570 7684

DCP Badenhorst - 013 246 7760

T Booysen - 013 245 1749

G Wolmarans - 083 282 1415

Jan de Wet - 082 822 2428

JJ de Jonge - 013 245 3449

VOOG - Pierre & Susan - 083 654 7265

JD de Buin - 013 692 7557

K Prinsloo - 013 697 1643

PJ Minnie - 013 296 1109

L de Jager - 013 245 3514

VOOG - Jan & Helen - 013 697 2428

S Wilsenach - 083 654 7265

H Cilliers - 082 570 7681

M van der Merwe - 082 923 4245

J Botha - 013 647 6914

Die AJV is net om die draai, ons het net een streek kamp in Mei voor die AJV. Onthou

die bestuur is die lede se spreukbuis so maak seker julle nomineer die persone wat na-

mens julle kan besluite neem. Die streek meriete moet ingedoen word tydens die Mei

gebiedsvergadering. Die streekbestuur nominasie briefies sal gedurende die Mei kamp

uit gegee word.

Daar is van die Olifante wat operasies onder gaan het en baie goed herstel het, dan is

daar ook van die Olifante met wie se gesondheid dit nie goed gaan nie. Mag die Heer

met jul almal wees, julle gesond maak en Sy hand oor ons almal hou. Laat Heer U wil

geskied en nie ons wil nie.

Olifant groete

Jan & Helen

Page 7: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIER STREEK Lid van die Suid ...H Cilliers - 082 570 7681 M van der Merwe - 082 923 4245 J Botha - 013 647 6914. Die AJV is net om die draai, ons het net een

7

VERJAARSDAGLYS Jan de Jonge - 1 Januarie Kitty Dreyer (dagbestuur) - 5 Januarie Lulu van Niekerk - 9 Januarie Chris Mans - 15 Januarie Hancke van Tonder - 23 Januarie Riekie Wolmarans - 23 Januarie Bokkie Badenhorst - 24 Januarie Mariska Grobler - 24 Januarie Vossie Vosloo (dagbestuur) - 27 Januarie

Kobus Stopford - 3 Februarie Tertius Booysen - 14 Februarie Jurie Dreyer (dagbestuur) - 16 Februarie

Susan Wilsenach - 18 Februarie JL Kruger - 2 Maart Johan Bronkhorst - 12 Maart Madelein van Tonder - 12 Maart Lalla Booysen - 31 Maart

Huweliksherdenkings

Carl & Marie Fischer - 25 Februarie Hancke & Madelein van Tonder - 20 Maart

Op die krukke lys ... Driekie van der Merwe

Anelynn Korff

Hennie Cilliers

Page 8: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIER STREEK Lid van die Suid ...H Cilliers - 082 570 7681 M van der Merwe - 082 923 4245 J Botha - 013 647 6914. Die AJV is net om die draai, ons het net een

8

Dankie tog!

Koos kom by sy baas en sê: “Meneer my vrou

wil môre huis skoonmaak. Sy wil hê ek moet die

dag verlof neem en haar help.” “Nee, dit kan jy

nie doen nie, ons is baie besig en daar is niemand

anders wat jou werk kan doen nie.” Waarop

Koos antwoord: “Dankie Meneer ek het geweet

ek kan op u staatmaak.”

Die student soek werk by die staatsdiens.

“Wat kan jy doen?”

“Niks”

“Gaaf, dan hoef ons jou nie op te lei nie.”

Kleindogter se gebed vir haar oupa:

“Liewe Jesus stuur asseblief klere vir al

daardie arm meisies op oupa se rekenaar.

Amen”.

Raat vir rooi tamaties

„n Pragtige vrou het daarvan gehou om

tamaties te groei, maar het gesukkel

om hulle mooi rooi te kry.

Toe sy op 'n dag weer gaan stap, kom sy

'n buurman teë wat ‟n pragtige

tuin vol groot, mooi rooi tamaties het.

Sy vra toe vir die man wat die geheim is.

"Wel," sê hy, "ek gaan staan twee keer per

dag kaal in my reënjas voor my

tamatietuin en dan flash ek vir hulle. Dan

word hulle rooi omdat hulle so erg

bloos."

Die vrou was baie ingenome en besluit

om te kyk of die raat ook vir haar

tamaties sal werk. Sy het twee keer per

dag vir twee weke lank kaal in haar

tuin ge-flash en vir die beste gehoop.

Toe sy die buurman weer raakloop, vra hy

hoe dit met haar tamaties gaan

en of hulle rooi geword het.

"Nee," sê sy, "maar jy moet sien hoe

enorm groot is my komkommers!"

Trieng-Trieng

Boer: "Ja Sipho, wat gaan aan?"

Sipho: "My baas, die vark hy het by die

pad gespring toe ek ry hom raak. Nou

die vark se kop sit vas by die grill en hy

raas baie."

Boer: "Vat die .303 agter die sitplek en

skiet hom dood, gooi hom agter op die

bakkie en bring hom saam plaas toe, ons

sal dit hier uitsort. Kyk net eers of die

radiator nie seergekry het nie. As daar

probleme is, bel my weer dan kom haal

ek jou."

Sipho: "Oukei, my baas"

So 10 minute later bel Sipho weer

Boer: "Is die bakkie stukkend Sipho?"

Sipho: "Nee my baas, die bakkie is

oukei."

Boer: "Nou wat is die probleem Sipho?"

Sipho: "Ek wil net weet, my baas, wat

moet ek met die vark se motorbike en

die blou lig maak?"

Jou eie skuld!

Die dronkie kies kortpad deur die begraaf-

plaas en beland in‟n oop

graf. Later die nag begin dit reën en hy

kry koud. Hy huil kliphard.

"Help! Iemand, help my tog, dis koud hier

onder!" Daar stap Gatiep verby, lekker

getrek. Hy hoor die hulpkreet, loer

in die graf, gryp‟n graaf en begin die hoop

sand ingooi terwyl hy troos: "Toemaar,

toemaar. Dish g‟n wonner djy kry koutie,

djy‟t djousjelf dan oepgesjkop.”

Page 9: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIER STREEK Lid van die Suid ...H Cilliers - 082 570 7681 M van der Merwe - 082 923 4245 J Botha - 013 647 6914. Die AJV is net om die draai, ons het net een

9

Bransblusser in die Woonwa

Net „n paar punte om na te sien sodat „n woonwa nie totaal verwoes word deur „n brand nie.

„n Brand moet so gou moontlik geblus word terwyl dit nog klein is

* Sorg dat u „n brandblusser in u woonwa en of voertuig het.

* Dit moet altyd op „n plek wees waar dit maklik bereikbaar is bv. by woonwadeur of as die tent op

geslaan is by die tentdeur.

* Maak seker dat u die regte brandblusser het.

Woonwa agente, Brandweerstasies en Agente vir Brandblusser kan U help

* Die brandblusser moet altyd vol wees en moet ten minste een maal per jaar deur „n deskundige nagesien

word.

* „n Gebruikte brandblusser, net „n bietjie gebruik of leeg, moet so gou moontlik laat hervul word en in u

woonwa of voertuig terug geplaas word.

Onthou dat die tyd wat dit u geneem het om hierdie paar punte te lees, het die vuur dalk alreeds te ver gevorder en kan dit

nie meer geblus word sonder baie groot skade nie.

KONSEP JAARPROGRAM VIR 2014

26/26 JANUARIE 2014

Seekoeigat

01/02 FEBRUARIE 2014

Koppiesol

OOP NUB

21/23 MAART 2014

Sionberg

18/21 APRIL 2014

Klipdraai

PRESIDENTE

30 MEI—01 JUNIE 2014

De Voetpadkloof

01/03 AUGUSTUS 2014

Loskopdam

AJV

19/21 SEPTEMBER 2014

NASIONALE SAAMTREK

17/19 OKTOBER 2014

Buffelspoort

KONGRES

25/26 OKTOBER 2014

Badplaas 28/30 NOVEMBER 2014

Serengeti

KERSBOOM

Page 10: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIER STREEK Lid van die Suid ...H Cilliers - 082 570 7681 M van der Merwe - 082 923 4245 J Botha - 013 647 6914. Die AJV is net om die draai, ons het net een

10

Kamplede kom Vrydagmiddag van drie uur af by kampterrein aan en skrop nes

met baie gesels tussen-in. Altesaam 8 woonwaens en een tent kamp vir die

naweek.

Vrydagaand maak Jan, Helen, Johnny en Esme jaffels. Dit het maar sukkel-

sukkel gegaan, met broodjies wat vasbrand in die pannetjies. Helen kom tot die

redding met “spray & cook” en daarna kon almal heerlik smul.

Awie en Madelene, die nuwe olifante kon eers na agt die aand by ons aansluit en

ons was baie bly dat hulle die naweek saam ons kon geniet het.

Saterdag het Manie die viswaters aangedurf met Jan wat hom “ondersteun” son-

der lyn of katrol. Manie het „n yslike krokkodil vir ons uitgewys wat gelê en bak

het in die son.

Saterdagmiddag het „n paar van ons Riverside Lodge besoek om nuwe kamp-

plekke uit te kyk en „n koue lafenis genuttig terwyl ons oor die Olifantsri-

vier uitkyk.

Terwyl Sondag opgepak is, word daar alweer uitgesien na die volgende kamp

naweek.

Mag God ons seën en bewaar vir ons volgende kuier.

Olifantgroete

Esme Nel

Page 11: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIER STREEK Lid van die Suid ...H Cilliers - 082 570 7681 M van der Merwe - 082 923 4245 J Botha - 013 647 6914. Die AJV is net om die draai, ons het net een

11

Page 12: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIER STREEK Lid van die Suid ...H Cilliers - 082 570 7681 M van der Merwe - 082 923 4245 J Botha - 013 647 6914. Die AJV is net om die draai, ons het net een

12

Wat het ons hier? Party lyk nie baie lus

om te kyk nie! Dalk skrikerig!

Kyk net hoe lekker slaap

Kies vir jou „n vinger en los my uit!

Wat laat julle dink dis warm? Almal soek die koelte!

Page 13: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIER STREEK Lid van die Suid ...H Cilliers - 082 570 7681 M van der Merwe - 082 923 4245 J Botha - 013 647 6914. Die AJV is net om die draai, ons het net een

13

Nou weet ons wat in die kan is….. Die enigste vis vir die

naweek …. „n Baber …. Geen wonder Aneke is skrikerig

om te kyk, ai dit is darm „n lelike ding!

Met al die visvangstyle moes hulle defnitief

meer as een vis gevang het, maar nou ja, vis-

vang is nie vir sussies nie!

Page 14: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIER STREEK Lid van die Suid ...H Cilliers - 082 570 7681 M van der Merwe - 082 923 4245 J Botha - 013 647 6914. Die AJV is net om die draai, ons het net een

14

Sportspersoon—Jan de Wet Kampkommandante

Helen, Jan, Johny en Esme

Trompettertjie - Mcyla Bolliemaker - Hennie Cilliers

Olifante van naweek

Ons besoekers:

Awie en Marelene van Tonder

Sjoe, maar hulle is omtrent bly Hennie

het die Bolliebeker gekry!

Page 15: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIER STREEK Lid van die Suid ...H Cilliers - 082 570 7681 M van der Merwe - 082 923 4245 J Botha - 013 647 6914. Die AJV is net om die draai, ons het net een

15

Suid-Afrikaanse-Woonwa-Assosiasie

EREKODE

Hiermee verbind ek myself en my gesin tot die Grondwet, asook die

Reëls en die Gedragskode van die S.A.W.A.

Verder verbind ek myself tot die volgende:

1. Ek sal strewe om die Christelike grondslag van SAWA te be-

waar en uit te lewe;

2. Ek sal SAWA dien sovêr ek kan en alles in my vermoë doen om

ons Assosiasie uit te brei;

3. Ek sal ons geliefde land se natuurskoon en sy fauna en flora

beskerm en bewaar;

4. Ek sal poog om alle openbare geriewe en fasiliteite tot my

beskikking so te benut dat ander gaste dit sonder ongerief kan

gebruik;

5. Ek sal poog om in alles opsigte hoflik te wees, beleefd op te

tree en bedagsaam te handel teenoor alle padgebruikers;

6. Ek sal daarop let om nie deur my gedrag die eer van SAWA te

skend nie, maar sal poog om die agting van almal met wie ek

in aanraking kom af te dwing.

SAWA is die leier in woonwa-kampering

MISSIE

Vir Afrikaans-georiënteerde kampeerders ‘n tuiste te bied

waar hulle binne ‘n Christelike konteks hul beginsels en kul-

tuur kan uitleef;

Vir kampeerders die geleentheid te bied om saam met gees-

genote so bekostigbaar as moontlik te kampeer;

Die belange van SAWA-lede te bevorder deur onderhandeling

en samewerking met ander instansies;

Die balans tussen die belange van die mens en die natuur te

handhaaf;

In alles die hand van die Skepper te sien en Hom daarvoor te

huldig.

WAARDES

* Christenskap * Lojaliteit * Verantwoordelikheid

* Integriteit * Eerlikheid

* Diensbaarheid * Verdraagsaamheid * Respek

BORAKS

Lasagne-potjie

Jy benodig

VIR DIE MAALVLEIS Olie vir braai 1 Middelslag-ui gekap 1kg Maalvleis 1 Blikkie tamatiepasta 1 Blikkie tamatie-en-uiemengsel 1 Eetlepel sojasous 1 Bottel blatjang Bottel Steers mosterd Vars bailie

Knoffel na smaak Songedroogde tamaties na smaak VIR DIE WITSOUS 150g Botter 150g Meel 6 Koppies melk Sout en peper na smaak 1 Pak lasagnevelle 150g Mengsel van Cheddar en Mozarellakaas

So maak jy

Maak die maalvleismengsel goed gaar oor

lae hitte in „n potjie op die vuur of oor gas.

Sit „n lag maalvleis in „n groot platboompot

en volg die op ment „n lag lasagnevelle en „n

skeut witsous. Hou aan lae pak tot die

maalvleis op is.

Prut die lasagne stadig vir omtrent „n uur tot

dit sag en gaar is.

Gooi die kaas so 15 min voor vasagne sag is

bo-op.

Bedien saam met menelslaai. (Resep: Paul van Eeden)

BORAKS (BORAX) sal nes die ander hu-

ishoudelike produkte skoonskip maak van al

jou skoonmaakbehoeftes. Dit verwyder by-

voorbeeld rooiwynvlekke van klere in net

een wassessie! Meng net koraks met „n viet-

jie water om „n pasta aan te maak en los dit

vir „n paar ure op die vlek. Wanneer jy jag

maak op insekte, hoef jy ook nie gevaarlike

gifstowwe te gebruik nie, want voraks kom

tot jou redding! Strooi net „n mengsel van

boraks en stroosuiker op rakke en in laaie en

kaste om die kakkerlakke te kelder. Voeg „n

bietjie aluin by die mengsel wanneer jy van

swart miere ontslae wil raak.

Page 16: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIER STREEK Lid van die Suid ...H Cilliers - 082 570 7681 M van der Merwe - 082 923 4245 J Botha - 013 647 6914. Die AJV is net om die draai, ons het net een

16

Ons het „n heerlike naweek gehad, baie reën en lekker nat gras, maar wie

wil ook nou net in mooiweer kamp?! Daar is gekuier en vergadering gehou

want wie sal „n SAWA lid keer om nie die beste van „n kamp te maak nie!

Hier so paar fotos om julle lus te maak vir die volgende oop NUB.

Sjoe dit lyk darem mooi! Maak mens lus vir kamp nê!

Page 17: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIER STREEK Lid van die Suid ...H Cilliers - 082 570 7681 M van der Merwe - 082 923 4245 J Botha - 013 647 6914. Die AJV is net om die draai, ons het net een

17

CHEERS!

Op nog „n heerlike

naweek saam met

SAWA

So hou Sawanante vergadering….

Gesellig dog ernstig!!

Page 18: NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIER STREEK Lid van die Suid ...H Cilliers - 082 570 7681 M van der Merwe - 082 923 4245 J Botha - 013 647 6914. Die AJV is net om die draai, ons het net een

18

Onthou …. alles wat jy goed en reg gedoen het, en wees trots

daarop.

Jy kan nie altyd by die slegte dinge vashaak nie.

Doen … iets waarmee jy goed is en geniet dit. Dit is altyd lek-

ker om iets te doen wanneer jy weet jy kan!

Dink … aan ander ook. Onthou jy voel baie beter as jy iets vir

iemand kan doen en beteken. Een mens kan ‘n verskil maak.

Ontspan … die lewe moet ‘n balans wees tussen werk en

ontspan. As jy net werk en glad nie ontspan nie, kan jy vin-

ing uitbrand en swartgallig raak.

Wees… dankbaar vir alles wat reg en goed is in jou lewe.

Dinge kon soveel slegter gewees het. Kyk om jou rond, daar is

altyd iemand wat swaarder kry as jy.

Onthou…dat ware geluk eintlik in jouself lê. Jy moet jou kop

verander en besluit om die beste vir jouself uit die lewe te haal.

Probeer…om jou manier van dink (veral oor jouself) te

verander en as jy dit regkry, hou daarby.