6
Nuusbrief / Newsletter 2/2019 Borgliggaam/Sponsoring Body: BADISA NG Kerk in SA/ Dutch Reformed Church in SA Geregistreerde Welsynsorganisasie Fondsinsamelingsnommer 002-970 NPO Registered Welfare Organisation Fund Raising Number 002-970 NPO Posbus/P.O. Box 140 Privaatsak/Private Bag X09 Roglandstraat/Street, BRACENFELL, 7561 Tel: 021 981 5555/6 Faks/Fax: 021 981 7833 Epos/Email: [email protected] Datum / Date: 2019-06-12 Die Weskaapse Onderwysdepartement onder die uiters bekwame leiding van mnr. Brian Schreuder, die Hoof van Onderwys in die Weskaap, het onlangs begin met verskillende inisiatiewe om skole, instansies van leer en vormingte maak. (My terminologie) Een hiervan is die slagspreuk of sogenaamde mantra Enter to Learn, Exit to Servewat mnr. Schreuder in een van sy opvoedkundige reise in die Ooste gesien het. n Tweede inisiatief is om skole waardegedrewe skolete maak. Dit is Paarl-skool alreeds met 4 pragtige waardes naamlik Respek, Verantwoordelikheid, Moed en Omgee. Ek het al baie gewonder hoe blywend of hoe werklik verinnerlikhierdie slagspreuke en waardes eintlik vir leerders is? Ek het Vrydagmiddag opnuut na my skeptiese siening gekyk, toe ek oor die radio die pragtige verhaal van Nkosikho Mbele hoor. Hoe hierdie petroljoggie absoluut volle betekenis aan die waarde omgeegegee het, deur n klant R100.00 se petrolgeld voor te skiet by n motorhawe op die N2. Ek glo meeste van u het die verhaal gehoor en het seker u eie positiewe gevolgtrekkinge hieroor gemaak. Dit is n pragtige verhaal van werklike omgeevir iemand anders. Vir my het dit beteken dat Nkosikho êrens waardes geleer het, hetsy dit by sy ouerhuis, sy skool of deel van sy geloofsopvoeding was - hy het juis gesê dat hy dit gedoen het omdat hy n gelowigeis. Vir my as skoolhoof bevestig dit die volgende: Hou aan met die onderrig en herhaling van hierdie tipe waardes en beloon goeie gedrag omdat daar 340 Nksosikhos in Paarl-skool sit, gereed om uit te gaan om te dien! Geniet u kind hierdie vakansie! It was Gods doing, all of this As ordinary people, we can bring a change to life.Nkosikho Mbele soos deur TimesLIVE aangehaal. Paarl-skool groete Stoffel Kruger SKOOLHOOF Ons wens vir Stacey Booysen en Arno Kruger baie geluk met hul verkiesing as hoofleiers van die prefekte vir die tweede kwartaal. Dankie vir die voorbeeld wat julle stel. Ons is trots op julle. Baie geluk aan Ronell Abrahams, Dihan Britz en Charl Loubser wat aangewys is as monitors vir die tweede kwartaal.

Nuusbrief / Newsletter 2/2019 Datum / Date: 2019 06 12Zimri, Anda Hlobo, Talita Myburgh, Marli Blom, Liam Isaacs, Kaylynn Scholtz, Margot Conradie, Gift Gxilishe (Nkosinathi), Duayne

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Nuusbrief / Newsletter 2/2019 Datum / Date: 2019 06 12Zimri, Anda Hlobo, Talita Myburgh, Marli Blom, Liam Isaacs, Kaylynn Scholtz, Margot Conradie, Gift Gxilishe (Nkosinathi), Duayne

Nuusbrief / Newsletter 2/2019

Borgliggaam/Sponsoring Body: BADISA

NG Kerk in SA/ Dutch Reformed Church in SA

Geregistreerde Welsynsorganisasie

Fondsinsamelingsnommer 002-970 NPO

Registered Welfare Organisation

Fund Raising Number 002-970 NPO

Posbus/P.O. Box 140

Privaatsak/Private Bag X09

Roglandstraat/Street, BRACENFELL, 7561

Tel: 021 981 5555/6

Faks/Fax: 021 981 7833

Epos/Email: [email protected]

Datum / Date: 2019-06-12

Die Weskaapse Onderwysdepartement onder die uiters bekwame leiding van mnr. Brian Schreuder, die Hoof van Onderwys in die Weskaap, het onlangs begin met verskillende inisiatiewe om skole, instansies van “leer en vorming” te maak. (My terminologie) Een hiervan is die slagspreuk of sogenaamde mantra “Enter to Learn, Exit to Serve” wat mnr. Schreuder in een van sy opvoedkundige

reise in die Ooste gesien het. ‘n Tweede inisiatief is om skole “waardegedrewe skole” te maak. Dit is Paarl-skool alreeds met 4 pragtige waardes naamlik Respek, Verantwoordelikheid, Moed en Omgee.

Ek het al baie gewonder hoe blywend of hoe werklik “verinnerlik” hierdie slagspreuke en waardes eintlik vir leerders is?

Ek het Vrydagmiddag opnuut na my skeptiese siening gekyk, toe ek oor die radio die pragtige verhaal van Nkosikho Mbele hoor. Hoe hierdie petroljoggie absoluut volle betekenis aan die waarde “omgee” gegee het, deur ‘n klant R100.00 se petrolgeld voor te skiet by ‘n motorhawe op die N2. Ek glo meeste van u het die verhaal gehoor en het seker u eie positiewe gevolgtrekkinge hieroor gemaak. Dit is ‘n pragtige verhaal van werklike “omgee” vir iemand anders.

Vir my het dit beteken dat Nkosikho êrens waardes geleer het, hetsy dit by sy ouerhuis, sy skool of deel van sy geloofsopvoeding was - hy het juis gesê dat hy dit gedoen het omdat hy ‘n “gelowige” is. Vir my as skoolhoof bevestig dit die volgende: Hou aan met die onderrig en herhaling van hierdie tipe waardes en beloon goeie gedrag omdat daar 340 Nksosikho’s in Paarl-skool sit, gereed om uit te gaan om te dien!

Geniet u kind hierdie vakansie!

“It was God’s doing, all of this …As ordinary people, we can bring a change to life.”

Nkosikho Mbele soos deur TimesLIVE aangehaal.

Paarl-skool groete Stoffel Kruger SKOOLHOOF

Ons wens vir Stacey Booysen en Arno Kruger baie geluk met hul verkiesing as hoofleiers van die prefekte vir die tweede kwartaal. Dankie vir die voorbeeld wat julle stel.

Ons is trots op julle.

Baie geluk aan Ronell Abrahams,

Dihan Britz en Charl Loubser wat

aangewys is as monitors vir die

tweede kwartaal.

Page 2: Nuusbrief / Newsletter 2/2019 Datum / Date: 2019 06 12Zimri, Anda Hlobo, Talita Myburgh, Marli Blom, Liam Isaacs, Kaylynn Scholtz, Margot Conradie, Gift Gxilishe (Nkosinathi), Duayne

Op Vrydag 12 April 2019 is ons senior leerders verras met die

optrede van Duncan Shelver van die "School of Magic". Oë het

gerek en monde het oopgehang toe hy hulle met sy ratse

oëverblindery verstom het.

Die Henties-span het weereens die jonger leerders se aandag

gehou deur hulle toneel met die tema "Elkeen is spesiaal" asook die

uitstekende poppekas vir die voorskoolse leerders.

Elke Woensdag tydens pouse kom twaalf Paarl-skoolleerders bymekaar vir ‘n kort Bybelstudie. Die tema van ons groepie is “Christenleierskap” en die vernaamste les van leierskap wat ons die groepie leer, is om te dien en nie om gedien te word nie en om ander te help sonder om altyd raakgesien te wil word. Ons het die jaar afgeskop met ‘n kamp by Goudini Spa. Ons het die son, water en mekaar se geselskap geniet en onsself verfris om God en ons gemeenskap met nuwe passie te dien.

Landbou is een van die nuwe vakke waaraan die Praktiese Fase leerders hierdie jaar blootgestel word. Die leerders leer van verskeie landbou aktiwiteite. Hier is hulle besig om groente in die groentetuin te plant.

Ons gr.1-7 leerders het deelgeneem by die Paarlvallei

Eisteddfod in die junior sangafdeling. Minette du Toit-Pearce, welbekende Suid-Afrikaanse operasangeres en

hoof van die sangdepartment by die Universiteit van Stellenbosch, was die beoordelaar. Ons leerders het die

volgende toekennings ontvang: 6 Silwer+, 6 Goud, 8 Goud+ en 1 Cum Laude. Ons is super trots op elkeen.

Dankie aan Anthea Norman vir haar pragtige begeleiding.

Op 21 Mei 2019 het ons ‘n wonderlike aand van kleur en klank ervaar by ons jaarlikse Koor- en

Musiekfees. Die marimba orkes van die Alta du Toit Skool, Siviwe Vaardigheidskool en Lindelani

Jeugsorgsentrum het ook deelgeneem.

Page 3: Nuusbrief / Newsletter 2/2019 Datum / Date: 2019 06 12Zimri, Anda Hlobo, Talita Myburgh, Marli Blom, Liam Isaacs, Kaylynn Scholtz, Margot Conradie, Gift Gxilishe (Nkosinathi), Duayne

O/14 5 aan ’n kant liga: Wedstryde gespeel teen Lindelani Jeugsorgsentrum en Tafelberg Skool. Beide wedstryde was 0 elk. Dankie aan mnre. Sheldon Cummins en Tiaan Koch vir julle moeite met ons spelers. O/16 liga: Wedstryde gespeel teen Atlantis Vaardigheidskool, Lathitha Vaardigheidskool, Florida Vaardigheidskool, Batavia Vaardigheidskool en Lindelani Jeugsorg-sentrum. Ons spelers speel elke week beter saam as ‘n span. Resultate is nie altyd aan ons kant nie, aangesien ons samestelling paraspelers insluit waar die ander skole slegs LSOB leerders in hulle spanne het. Anda Hlobo en Jayden Gain het doele aangeteken. Baie dankie aan “Coach” Buja vir al sy harde werk.

sokker

Die volgende leerders is ingesluit by die Weskaap Para-atletiekspan en het vanaf 15-21 Maart 2019 in Stellenbosch deelgeneem aan die Toyota Nasionale Kampioenskappe vir Fisies Gestremdes: Joalet Viljoen, Amile Sogodashe, Tatyana Zimri, Anda Hlobo, Talita Myburgh, Marli Blom, Liam Isaacs, Kaylynn Scholtz, Margot Conradie, Gift Gxilishe (Nkosinathi), Duayne James, Tyler Buis, Cassidy Hoffman en Siyambonga Ketelo. Elanza Jordaan wat werksaam is by Paarl-skool is ook by die span ingesluit.

Dankie aan die volgende personeellede wat hulle vergesel het en/of betrokke was by die kampioenskappe in verskillende hoedanighede: Reinet Barnard - Boccia Plaaslike Organiseringskomitee verteenwoordiger, Anthea Norman - Nasionale Sokker klassifiseerder, Sandrè Jordaan - Boccia assistent, Bulelani Gomba - Boccia assistent en Mark Borchards - Spanbestuurder vir Weskaap Parasport.

Baie geluk met julle pragtige uitslae. Paarl-skool is trots op julle!

FIETSRY

Marlie Blom: 3 Goud Siyambonga Ketelo: 2 Silwer, 1 Brons

ATLETIEK

Talita Myburgh: 100m - Goud, 200m - Goud, 400m - Goud, Gewigstoot - Silwer Margot Conradie: 100m - Brons, 200m - Brons, Gewigstoot - Silwer Gift Gxilishe: 100m - Goud, Gewigstoot - Goud Amile Sogodashe: 100m - Goud Cassidy Hoffman: 100m - Goud, 200m - Goud Joalet Viljoen: 100m - Brons, Gewigstoot - 4de Liam Isaacs: 100m - Brons, 200m - Goud, Gewigstoot - Silwer Tatyana Zimri: Gewigstoot - 4de, Diskus - 5de Kaylynn Scholtz: 100m - 4de, 200m - Silwer Anda Hlobo: Verspring - Brons Tyler Buis: Gewigstoot - 4de

BOCCIA

Elanza Jordaan: Pare - Brons Duayne James: Pare - Brons, Individueel - 4de

Page 4: Nuusbrief / Newsletter 2/2019 Datum / Date: 2019 06 12Zimri, Anda Hlobo, Talita Myburgh, Marli Blom, Liam Isaacs, Kaylynn Scholtz, Margot Conradie, Gift Gxilishe (Nkosinathi), Duayne

SUID-AFRIKAANSE HOëRSKOLE

ATLETIEK KAMPIOENSKAPPE

Port Elizabeth

19 - 23 Maart 2019

Xandré van den Berg - O/15, het deelgeneem as lid

van die Weskaapspan. Hy het ‘n persoonlike beste in

hoogspring behaal met ‘n hoogte van 1.60m. Hy was

ook sesde in die verspring met ‘n afstand van 5.34m.

Ronel van Dijk was gekies as die algemene bestuurder

van die Weskaap LSOB span.

Hierdie jaar gaan ons landloop van krag tot krag met die laerskool atlete wat ook nou deelneem aan die liga. Die hoërskool atlete (O/14 en ouer) hardloop elke Woensdag by ‘n ander skool. Tans lê ons O/14 meisies eerste in die LSOB liga, terwyl die O/14 en O/15 seuns tweede lê as ‘n span. Die liga gaan voort in die derde kwartaal met WP en Weskaapproewe in Augustus. Die SA kampioenskappe sal in Mpumalanga wees tydens die September vakansie.

Wedstryde gespeel teen Dunatos.

A-span verloor 2 - 3

B-span wen 6 - 0

Morgan Wewers het deelgeneem aan die WP LSOB netbalproewe by Westcliff Vaardigheidskool waar sy deurgedring het tot die finale rondte.

Dankie aan Lehandri de Necker en Yolanda Barnardo vir julle toeweiding.

WESTELIKE PROVINSIE KARATE KAMPIOENSKAPPE

April 2019

Kyokushin Karate Seuns O/15 (O/70kg)

Keanu Oosthuizen het die derde plek behaal en ‘n brons medalje

ontvang. Geluk met hierdie uitstekende prestasie.

Molemo Mphomela speel vir die O/23 Saints A-span. Hy gaan hierdie vakansie in Johannesburg dee lneem aan die O/23 klubkampioenskappe.

Dankie aan Arno Breytenbach wat saans en op Saterdae vir Molemo neem vir al sy ekstra oefeninge.

Page 5: Nuusbrief / Newsletter 2/2019 Datum / Date: 2019 06 12Zimri, Anda Hlobo, Talita Myburgh, Marli Blom, Liam Isaacs, Kaylynn Scholtz, Margot Conradie, Gift Gxilishe (Nkosinathi), Duayne

Op 13 Maart 2019 het die prefekte die eerste Leierskapontwikkeling Hoofstroomuitreikaksie by Paarl-skool aangebied. Die tema was: "See me". Altesaam 100 leerders van Laerskole Brackenfell, Bastion en Totius het die dag saam met ons geniet. Die dag het begin met ‘n ysbreker gevolg deur leierskapaktiwiteite en die motiveringspreker Alwyn Uys wat ons geïnspireer het met sy storie. Talitha Counter het ‘n gedig voorgedra wat die tema van die dag uitgebeeld het. Die prefekte het al die leerders op ’n toer deur die skool geneem. Ons het die leerders ook bekendgestel aan Boccia, Rolstoelbasketbal, Slalom en Alternatiewe en Aanvullende Kommunikasietoestelle. Dit was 'n dag waar ons prefekte met omliggende skole se leiers kon skakel en net weereens vir hierdie leerders kon bewus maak van die ongelooflike werk wat by Paarl-skool verrig word, asook om te spog met ons leerders se talente. Ons bedank graag mnr. Faeez Rhoda (ER24), mnr. Dirk Vermeulelen (SPAR Brackenfell) en PSOS vir hulle borgskappe.

Die Senior Fase van Paarl-skool het hierdie jaar die beste Entrepreneurskompetisie ooit gehad. Die leerders se interpretasie van “internasionale kosstalletjies” was vol kreatiwiteit en energie. Hulle bemarking het ons asems weggeslaan en hulle produkte het gespreek van marknavorsing en keurigheid. Ons kan nie wag om te sien hoe die finaliste vaar tydens die Mnr. en Mej. Paarl-skool Ambassadeur Gala-aand nie. Die wenner sal tydens die Prestige-aand aangekondig word in die 4de kwartaal. Ons glo daar is ‘n nuwe Bill Gates oppad...

Page 6: Nuusbrief / Newsletter 2/2019 Datum / Date: 2019 06 12Zimri, Anda Hlobo, Talita Myburgh, Marli Blom, Liam Isaacs, Kaylynn Scholtz, Margot Conradie, Gift Gxilishe (Nkosinathi), Duayne

NUWE PERSONEEL Baie welkom aan die volgende personeel wat in die tweede kwartaal 2019 by Paarl-skool aangesluit het, vinnig aangepas en elke dag so getrou hulle dagtaak verrig: Sr. Erika Geldenhuys as ingeskrewe verpleegkundige Mnr. Cedric Miller wat as busbestuurder in die tweede kwartaal in mnr. Madoda Mazwi’s se pos aangestel is. AFLOSPERSONEEL Baie dankie aan: Mev. Amanda Engelbrecht wat in die tweede kwartaal in mev. Corné Swart se plek afgelos het tydens haar kraamverlof. Mnr. Hendrik Rooi wat in mnr. Casper Wagener se plek aflos terwyl hy na sy knie operasie aansterk. Mev. Nedene Immelman wat tydelik in mev. Elana Carstens se plek afgelos het terwyl sy met siekverlof was. Me. Micke Gouws wat in me. Vanessa Jacobs se plek aflos terwyl sy met studieverlof is. BAIE GELUK AAN: Mev. Michelle Jeftha met die geboorte van haar babaseuntjie en mnr. Anver Samuels met sy babadogtertjie. Mag hulle

aan julle baie vreugde gee! Mnr. Koos Boshoff met die geboorte van sy eerste kleinkind. Mev. Adri van Wyk wat ‘n kleindogter ryker geword het. Mag Avah vir julle vele vreugde bring! Me. Marietha Robbertse wat in hierdie kwartaal aan mnr. Nico Ras verloof geraak het. Mev. Esmé Tucker wie se seun Liam Tucker verloof geraak het aan Elzette Smith. Ons beste wense vergesel hulle! ONS GROET Me. Vanessa Jacobs en mnr. Madoda Mazwi’s wat bedank het. Me. Felicia Johnson wat 7 Mei by Paarl-skool klaargemaak het. Baie dankie aan almal vir hulle harde werk en lojaliteit teenoor Paarl-skool! MATRIKULANTE Ons hou ons personeellede wie se kinders in 2019 in matriek is in ons harte en gebede. Hulle is: Mnr. en mev. Stoffel en Elsabé Kruger se seun, Armand Me. Reinet Barnard se dogter, Madeleine Me. Karen Visser se seun, Sidny Mev. Elize Frans se dogter, Elizna VERLIES Die volgende persone is onlangs oorlede: Mev. Elsabé en mnr. Stoffel Kruger se pa/skoonpa Me. Candice Da Rocha se ouma Me. Mariaan Meyer se vader Mev. Michelle Jeftha se eggenoot is onverwags na ‘n kort

siekbed oorlede. Ons innige simpatie met julle groot verliese.

DAGBOEK HIERDIE DATUM! Kaartjies is vanaf volgende kwartaal by

die kantoor beskikbaar. Soos altyd is hierdie ‘n geleentheid wat nie misgeloop

kan word nie!