4

Click here to load reader

Nuusflitse 19 Augustus

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Nuusflitse vir die week

Citation preview

Page 1: Nuusflitse 19 Augustus

NUUSFLITSE

Gisteraand (Woensdagaand) tydens ons eerste Voetspore by-

eenkoms sê Len von Graevenitz: "As jy gaan slaap in die aand, maak

seker jy slaap". Hy het verwys daarna dat die manier wat ons dinge

doen en hoe ons mense hanteer, moet van so aard wees dat ons

gemoedsrus het wanneer ons alleen is, en dat ons elke dag nuut kan

aanpak en nie in die aand hoef rond te rol met spytgevoelens en

verwyte nie.

Dit resoneer met my. Een van die bepalers of ek rustig slaap in die

aand is hoe ek my tyd spandeer. Ek wil nie tyd mors nie. Tyd is te kos-

baar. Die Here het die wêreld met 'n dag en nag ritme gemaak, en

in die Here se Koninkryk breek dag en nag deur na die wêreld

waarin ons leef. Ek wil dit nie mis nie. Ek wil my tyd so aanwend dat

ek dit kan sien en beleef. Elke 24 uur.

Ek en Mari (my vrou) het Tom Smith se uitdaging om ons tafel oop te

maak tydens Pinkster, ernstig opgeneem en saam werk daarvan ge-

maak om mense na ons huis toe te nooi en aan ons tafel te hê vir

ten minste een aand elke week .

Mense wat soos ons is, mense wat anders as ons is. Vriende van vêr

en vriende van naby. Verloofdes, getroudes, enkellopendes.

Lasagna, Sushi, “Sweet and Sour Chicken”, Chocolate mousse. Som-

mige aande tot 21:30, ander aande tot na 00:00. Sommige aande

baie ernstig, ander aande lekker lag en laf wees.

Hoe dit ookal sy, die Koninkryk kom en is sigbaar in ons lewens, om

die etenstafel. Die Koninkryk breek deur om die tafel.

Ek slaap rustig wanneer ons mense om ons tafel gehad het. Want ek

weet dit was goeie gebruik van daardie tyd. Paulus skryf: "Wees baie

versigtig hoe julle leef. Leef soos mense wat weet wat God van 'n

sinvolle lewe verwag en nie soos mense wat niks daarvan weet nie.

Moenie jou tyd mors nie. Maak die beste gebruik van elke geleen-

theid wat jy kry, want ons leef in moeilike en slegte tye. Moenie julle

lewens mors deur sonder 'n doel te leef nie, maar maak seker hoe

die Here wil hê julle moet leef." (Efesiërs 5:15-17 DB)

Ek stem saam met hom.

Ryno

TYD

WAT GEBEUR VANDAG

08:00 : Erediens

(Jan Venter)

08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

09:00 : Junior Geselsgroepe

(Gr 4–7)

10:00 : Erediens

(Jan Venter)

10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

13:00 : Afrikatale Erediens

17:00 : Senior Geselsgroepe

(Gr 8–11)

18:30 : Aanddiens

(Herman Matthee)

KERKKANTOOR

CD VERKOPE

Plaas gerus ’n bestelling vir

oudio opnames van die

eredienste.

Kontant by bestelling

SENIORAKSIE

30 AUGUSTUS

Kom kuier lekker

saam.

Wynand Rossouw van

Radio Kansel kom met

ons gesels. Vir meer

inligting skakel

Jan Cilliers 0826727610

Page 2: Nuusflitse 19 Augustus

Bid asseblief saam met ons vir die volgende

mense:

• Die familie van Maureen Marais na haar

afsterwe.

• Cobus Willers wat ernstig siek is in ICU.

• Otto Meyer wat ‘n operasie ondergaan het.

• Dirk Strydom wat knieoperasie gehad het.

• Pat Krause wat skoueroperasie gehad het.

• Oom Hennie Beetge wat ernstig siek is.

• Danie McLachlan se kanker is in remissie.

• Ronnie v Deventer wat met kanker worstel.

• Dorette Chalmers wat chemo ontvang.

• Anna Venter wat heupvervanging gehad

het.

• Izette Malan wat ‘n operasie ondergaan het.

• Hannie Ferreira wat behandeling ontvang.

• Hennie Kaltwasser wat steeds in versorgings-

eenheid is.

Laat jou sorge aan die Here oor,

Hy sal vir jou sorg.

Psalm 55:23

BYBELSTUDIE

Tema vir die kwartaal is

Psalms

Kom ontdek die Woord

saam met vriende in ‘n

ontspanne

atmosfeer.

Elke Dinsdag om 09:00

VROUEBEDIENING

BYEENKOMS:

20 Augustus om 19h00 in

Ouditorium

Spreker: Madelein Greyling -

Voorkomskonsultant en stillis

Onderwerp: Klere, kleure,

hare en grimering

Kaartjies: R30 per persoon, te

koop by Kerkkantoor.

Wil jy nie groot asb ‘n verskil maak aan ‘n jong dogter se lewe nie?

By “Precious Pearls 2” is daar 11 dogters (14-18j) wat graag handvaardighede (Brei /Hekel /

Naaldwerk /Lapverf/Papiermache/Kook/jou eie stokperdjie) wil aanleer. Hulle behoefte is oorweldi-

gend en hulle vasberadenheid verstommend. Met elke nuwe vaardigheid wat hulle aanleer, word

hulle bemagtig en word my/jou “ons” groter en kry ons geleentheid om Jesus se voorbeeld te volg

deur ander te dien.

Dames, wat soms Saterdagoggende beskikbaar kan wees, kan my kontak by 0827817324 (na ure asb)

of [email protected]. Ons kan mekaar ontmoet direk na afloop van die eerste oggenddiens net

buite die hoofingang van die kerk.

Ritmejaar 2013 Noordelike Sinode bied aan:

Ritmejaar vir post-matrieks! As

jy wil groei in jou verhouding

met die Here, wil ontwikkel as

persoon en 'n verskil in die

wêreld wil maak, is hierdie

jaar net vir jou! Besoek

www.ritmejaar.co.za vir meer

inligting of epos:

[email protected]. Jy wil dit

nie mis nie!

Jakob se Put- PvR

Jakob se Put is 'n netwerk van mense en gemeentes regoor Suid

-Afrika wat mense bystaan en help wat tussen werke is. Dit sluit

mense in wat nie kan werk kry nie en mense wat afgedank is en

na nuwe werk soek. Jakob se Put het tans ‘n tak in Pierre van

Ryneveld. Johan Esterhuyse het uitgetree as die "bestuurder" van

die PvR tak. Dus is ons opsoek na 'n nuwe bestuurder. Ryno en

Johan sal graag in gesprek tree met enigeen wat moontlik sou

belangstel om die nuwe takbestuurder te wees rondom die

pligte en verantwoordelikhede van ‘n bestuurder. Sien gerus ook

www.jacobswell.co.za of kontak vir Ryno.

Page 3: Nuusflitse 19 Augustus

Eating; Laughing; Connecting; Shar-

ing

Iemand skryf: “ Jou drome, het Jou no-

dig om waar te word…”

Die stof was net betyds by die skuifdeur uitgevee, toe die eerste

gaste opdaag. Elmarie en Hennie het vinnig die tafels reggeskuif en

ons was reg vir “Lift Off”… Nee nie in Houston nie, in JV3. Skielik was

ons drome hier, besig om te gebeur.

Dit het alles begin met Hennie wat opsoek was na nuwe kantore vir

die besigheid. Ons het besluit ‘n eiendom is ‘n beter belegging en

aan die werk gespring.

So het die withuis op die hoek gestalte begin kry. Awaken en Acti-

vate het ook hiermee te doen. Hoe en waar? JV3 was ons oploss-

ing. Ek het ‘n Culinary Fellowship begin uitdroom en saam het ons

hard begin werk aan hierdie gesamentlike visie. ‘n Werkplek maar

ook ‘n kos en kuierplek. ‘n Plek soos Leonard Sweet dit beskryf as ‘n

3rd Place, waar ons kan Eet, Lag, Verhoudings bou en Stories deel.

Die eerste huwelikswerskwinkel wat aangebied is, was ‘n reuse suk-

ses…selfs die manne het leer brei, o ja, jy hoor my reg.

Hou die pers dop vir meer inligting.

DORPSFEES

2 TOT 4 NOVEMBER 2012

Stalletjies nou beskikbaar vir 3 November!!

Gewonestalletjies

Kosstalletjies

Korporatiewestalletjies

Kontak Riana 012 662-1708 by die kerkkantoor vir meer

inligting.

SOLO KAMP

Wanneer: 12, 13 en 14 Oktober 2012

Waar: Nylstroom Bush Lodge

Hou die PvR webtuiste dop vir ‘n

inskryfvorm, meer foto’s en inligting.

Wie kan ek kontak vir meer inligting: Lizette Klinkhamer

078 077 9394

[email protected]

Bybelreis met

Stephan Joubert

Ons begin Woensdagaand

22 Augustus!

Tema

Is 2012 die einde?...

Wat sê die Bybel oor die

eindtye?

Die program is as volg:

Woensdag 22 Aug: 19:00

Sessie 1—Stephan Joubert

Woensdag 29 Aug: 19:00

Sessie 2—Stephan Joubert

Woensdag 5 Sept: 19:00

Bybelse argeologie

(Cornelia Biecker)

Dinsdag 11 September 19:00

Sessie 3—Stephan Joubert

Die Oggend Bybelreis is op

Dinsdag 11 September

9:00--11:00

Versorgingsbediening Ons wil jou graag bewus maak van die

Versorgingsbediening wat in die gemeente

funksioneer. Wat is die Versorgingsbediening?

Dit is ’n span in ons gemeente wat betrokke is by

oa. Hospitaalbesoeke en tuisbesoeke van mense

in ons gemeente en gemeenskap. Hulle besoek

mense wat operasies ondergaan het of met

siekte worstel.

As jyself hospitaal toe gaan of weet van iemand

wat hospitaal toe gaan, wil jy nie asseblief die

kerkkantoor kontak, sodat

iemand van die Versorgings-

bediening kontak kan maak om

’n besoek af te lê nie.

Indien jy dalk self by die

Versorgingsbediening wil

betrokke raak, kontak asseblief vir Amanda by die

kerkkantoor.

Jy is welkom om die kerkkantoor te kontak by

012 662 1708 of enige van die leraars.

Page 4: Nuusflitse 19 Augustus

PRAYER PARTNER 2012PRAYER PARTNER 2012PRAYER PARTNER 2012PRAYER PARTNER 2012

Ons as “Young Adults” en Jeugspan nooi u hartlik uit na die 2012

“Prayer Partner” geleentheid. Hierdie jaar gaan ons dit bietjie anders doen.

Ons nooi u uit na: Dinsdag 28 Augustus 2012 se “Prayer Walk” om 19:00 by die Kapel.

Elke “Young Adult”, Ouer, Mentors, Gemeente-lid …. almal is baie welkom.

Kom steek saam met ons die lanterns aan, kom bid saam en plaas hierdie jong-

mense voor God se voete. Hierdie is ook ‘n opleidingsgeleentheid waartydens

u ‘n “Prayer Partner” handleiding sal ontvang, en sou u wou – die naam en

kontak nommer van ‘n Matriek leerder. Alternatiewelik kan u vir die groep

jongmense kom bid in die Kapel.

Indien jy graag betrokke wil wees by ons “Prayer Partner” program, maar onge-

lukkig nie hierdie besonderse geleentheid kan bywoon nie, wil ons vir jou vra

om die skeurstrokie hierby in te vul en vir ons in te handig by die Jeugkantoor, of

die Posbus by die Jeugkantoor of vir ons ‘n epos te stuur na [email protected].

--------------------------------------------------------------------------------------------——————————————-

(Skeur af)

Naam:

Van:

Kontak Nr.:

Epos Adres:

Woon Adres:

Henk & Lizelle Faber (082 375 2033) Hanlie Boshoff (082 331 2408)

Dankie dat u saam met ons hande vat