4
WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens - DOOP (Jan Venter) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens (Jan Venter) 10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Aanddiens - (Ryno Meyer) WAT GLO ONS? Vraag 40 Wat moet ons bid? Die hele Woord van God lei en inspireer ons oor wat ons moet bid, insluitende die gebed wat Jesus self ons geleer het. LEESROOSTER Lukas 17:11-19 Jeremia 29:1, 4-7 Psalm 66:1-12 2 Timoteus 2:8-15 Nuwe seisoen, nuwe verbintenis Ons is in 'n nuwe seisoen! Die lente is hier en Oktober is die mooiste maand! Alles word groen, die dae word al hoe langer en die son- skyn herinner ons dat ons lewe. Ons het die voorreg om deel van hierdie lewe, wat God ons gee, te wees. Die Gemeenteraad en Bedieningspan was onlangs op Shayamanzi vir ons jaarlikse refleksie- en beplanningstyd. Ons het sterk onder die indruk gekom dat die Here met ons en ons geloofsfamilie besig is en dat 'n nuwe seisoen aan die gebeur is. Op die berg by Shayamanzi is daar ‘n plantjie bekend as die op- standingsbossie. Dit is vir ons ‘n simbool van hierdie nuwe seisoen. Die opstandingsbossie (Myrothamnus Flabellifolius) lyk droog en of daar geen lewe in is, maar beskik oor die vermoë om homself te hi- dreer wanneer water beskikbaar is. Die proses van dor tot ‘n lower- groen plant vind plaas in enkele ure (2-3 ure en ‘n groen skynsel is sigbaar, 12 ure en die plant sal tot 80% groen wees). As jy dit water gee, is dit binne 24 uur lowergroen. Die plantjie staan as’t ware uit die dood op. (Hier is foto’s van die opstandingsbossie voor en na die tyd geneem deur Gert Pelser) Dit is ons wens en gebed ook vir elkeen in ons geloofsfamilie. Dalk voel jy ook uitgedroog? Dalk wonder jy waarmee God in jou lewe besig is? God se lewende water maak jou lowergroen, sodat jy die lewe in oorvloed kan ervaar. Een van die tekste wat ons by Shayamanzi aangespreek het, is Jere- mia 29:11: “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting!” Ons wil jou uitnooi tot ‘n nuwe verbintenis aan die Here. Nuwe perspektiewe, nuwe moontlikhede, nuwe lewe. Mag die nuwe lente -seisoen jou herinner dat die Here jou nuwe lewe skenk en dat jy kan blom. Henk Janse van Rensburg

Nuusflitse 6 Oktober

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Afkondigings vir die week.

Citation preview

Page 1: Nuusflitse 6 Oktober

WAT GEBEUR VANDAG

08:00 : Erediens - DOOP

(Jan Venter)

08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

09:00 : Junior Geselsgroepe

(Gr 4–7)

10:00 : Erediens

(Jan Venter)

10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

13:00 : Afrikatale Erediens

17:00 : Senior Geselsgroepe

(Gr 8–11)

18:30 : Aanddiens -

(Ryno Meyer)

WAT GLO ONS?

Vraag 40

Wat moet ons bid?

Die hele Woord van God

lei en inspireer ons oor wat

ons moet bid, insluitende

die gebed wat Jesus self

ons geleer het.

LEESROOSTER

Lukas 17:11-19

Jeremia 29:1, 4-7

Psalm 66:1-12

2 Timoteus 2:8-15

Nuwe seisoen, nuwe verbintenis Ons is in 'n nuwe seisoen! Die lente is hier en Oktober is die mooiste

maand! Alles word groen, die dae word al hoe langer en die son-

skyn herinner ons dat ons lewe. Ons het die voorreg om deel van

hierdie lewe, wat God ons gee, te wees.

Die Gemeenteraad en Bedieningspan was onlangs op Shayamanzi

vir ons jaarlikse refleksie- en beplanningstyd. Ons het sterk onder die

indruk gekom dat die Here met ons en ons geloofsfamilie besig is en

dat 'n nuwe seisoen aan die gebeur is.

Op die berg by Shayamanzi is daar ‘n plantjie bekend as die op-

standingsbossie. Dit is vir ons ‘n simbool van hierdie nuwe seisoen.

Die opstandingsbossie (Myrothamnus Flabellifolius) lyk droog en of

daar geen lewe in is, maar beskik oor die vermoë om homself te hi-

dreer wanneer water beskikbaar is. Die proses van dor tot ‘n lower-

groen plant vind plaas in enkele ure (2-3 ure en ‘n groen skynsel is

sigbaar, 12 ure en die plant sal tot 80% groen wees). As jy dit water

gee, is dit binne 24 uur lowergroen. Die plantjie staan as’t ware uit

die dood op. (Hier is foto’s van die opstandingsbossie voor en na die

tyd geneem deur Gert Pelser)

Dit is ons wens en gebed ook vir elkeen in ons geloofsfamilie. Dalk

voel jy ook uitgedroog? Dalk wonder jy waarmee God in jou lewe

besig is? God se lewende water maak jou lowergroen, sodat jy die

lewe in oorvloed kan ervaar.

Een van die tekste wat ons by Shayamanzi aangespreek het, is Jere-

mia 29:11: “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed

en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting!”

Ons wil jou uitnooi tot ‘n nuwe verbintenis aan die Here. Nuwe

perspektiewe, nuwe moontlikhede, nuwe lewe. Mag die nuwe lente

-seisoen jou herinner dat die Here jou nuwe lewe skenk en dat jy kan

blom.

Henk Janse van Rensburg

Page 2: Nuusflitse 6 Oktober

Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense:

• Lourens Geldenhuys wat ernstig in die hospitaal is met kanker.

• Alta Potgieter wat aansterk na ‘n operasie.

• Gerhard Posthumus wat ‘n groot operasie moet onder-

gaan.

• Cillie Rothman wat ernstig in die hospitaal is.

• Marius Jooste en familie met die afsterwe van sy pa.

• Cobus Willers wat aansterk en wag vir ‘n groot operasie.

• Piet Oosthuizen wat aansterk na ‘n operasie.

• Ruan Wolhuter (2 jaar) wat chemo ontvang vir rare bloed-

siekte.

• Jan-Hendrik de Beer (6jaar) en mamma

Karin de Beer wat sukkel met hul gesondheid.

• Schalk Neethling wat in rehabilitasie is.

• Manie du Plooy wat met gesondheid worstel.

• Pieter Steyn wat baie siek is met kanker.

Versorgingspan

Byeenkoms

21 Oktober 2013

Om 18:00 by die

kerk.

Wat is die “Sentrum vir Lewenskuns”? Dit is ‘n plek, maar dit is veel eerder ‘n diens. ‘n Ruimte waar

mense tot verhaal kan kom; sin kan maak uit hulle stories.

Wanneer gaan ‘n mens vir terapie of berading? Soos M. Scott Peck in sy boek:”The Road Less Trav-

elled and Beyond” dit stel: wanneer jou wiele gly. Jy voel asof jy in modder vassit en hoe harder jy

probeer, hoe dieper sak jy weg.

Elkeen van ons het ‘n storie en ons beland dikwels in die modder wanneer ons stories nie gehoor word

nie, wanneer ons nie die taal het om ons stories te vertel nie. Ons begin dan die “hoekom” vraag te

vra, dikwels ook die “waar is God” vraag.

Hierdie vrae het meestal nie antwoorde nie, al is daar soms mense wat maar te gretig is om ant-

woorde te waag. Ons is dikwels verontwaardig as ons vasval in die modder, as ons huwelike toe nie

sprokiesverhale is nie, ons kinders nie klein prinsies en prinsessies is nie, ja selfs as die dood durf waag

om ons te besoek!”

Ek ontdek toenemend dat God nie geïnteresseerd is in my gelukkigwees-gevoel nie, maar dat Hy

onophoudelik met my heiligwording besig is. Die vraag om te vra wanneer ek deur swaarkry gaan is

dus eerder: ”Wat is die wysheid wat ek in hierdie situasie kan ontdek, hoe kan ek hier groei?”

En dit is ‘n dapper vraag, ‘n vraag wat my noop om

die werk van pyn te doen. Die werk wat, hoe meer

ek dit doen, hoe fikser en vryer raak ek, hoe meer

die mens wie God my bedoel het om te wees.

Elmarie van Wyk 0722380549

Bybelreis met Stephan Joubert Dis weer tyd vir die kwartaal se Bybelreis!

Tema: “Hoe leef ek as Christen vandag?”

aan die hand van Efesiërs.

Tyd: Dinsdag 8 en 15 Oktober van 9:00-11:00 of

Woensdag 9 en 16 Oktober van 19:00-21:00.

Kontak Henk of Amanda vir enige navrae.

Gholfdag by Blue Valley

Ons het nog vierballe teen R2000 beskik-

baar vir ons Gholfdag op 16 Oktober 2013

by Blue Valley.

Bespreek nou by Lourens—082 907 7731.

Page 3: Nuusflitse 6 Oktober

DOOPGESPREK

Die laaste doopgesprek vir die jaar begin

3 November. Doop-datums 1 Desember en

5 Januarie 2014.

Registreer by Riana by die

kerkkantoor

012 662-1708 of

[email protected].

VROUEKAMP

18—20 Oktober 2013

Meulstroom Lodge

Dames daar is nog net 7

plekke beskikbaar. As jy

wil gaan kamp kontak

Amanda by die kerkkan-

toor 012 662-1708 of

[email protected]

Page 4: Nuusflitse 6 Oktober

Jeug NuusJeug NuusJeug NuusJeug Nuus

Liewe Ouer en Jongmens.Liewe Ouer en Jongmens.Liewe Ouer en Jongmens.Liewe Ouer en Jongmens.

Kwartaal 4 is vir ons by die gemeente, 'n kwartaal van vorentoe kyk, of dus 'n tyd van beplan

vir die jaar wat volg. Daarom wil ons graag 'n toetslopie vat met 'n model vir die toekoms. Vir

dit om te gebeur, wil ons graag vra, dat jy as ouer jou kind 15min later sal kom optel by die

kerk vir die kwartaal, wat dus beteken dat geselsgroep Sondae sal duur vanaf 17:00 tot en

met 18:15.

Baie dankie vir die voorreg om saam met jou en jou kind te mag reis.

Jeug Vreugde

Herman Matthee

Wat gebeur die week by die Jeug?

• Vandag skop kwartaal 4 af. Die laaste kwartaal van die jaar, en alhoewel die jaar

gevlieg het, is hierdie kwartaal een wat beloof om die jaar op 'n hoë noot te eindig.

• Die kwartaal begin ons met die Gr 8-11’s met 'n nuwe program. Die program fokus in-

tens op wie Jesus was, en ook steeds is, en wat dit beteken.

• Die formaat van ons geselsgroep verander van Sondag die 13de af. Geselsgroepe sal

dus dan vanaf 17:00 tot 18:15 wees.

Die reis van 'n jeug famillie.

Elke jaar omtrent hierdie tyd, is daar nuwe verwikkelinge oppad in die Hoërskool jeug

famillie in PvR. Hierdie tyd elke jaar is 'n tyd waar van die mentors begin afskeid neem

van hulle kinders wat hul van gr8 tot gr11 intens op reis mee was. Dit mag dalk ander

mense se kinders wees, maar na die 4 jaar voel dit baie naby aan jou eie. Dit is ook 'n

tyd waar die mede reisigers begin afskeid neem van mede mentors, want in die famillie

werk ons nie net saam nie, maar word ons vriende, of selfs meer, famillie! Dit is egter net

die een kant van die muntstuk omrede ons aan die ander kant ook vorentoe kyk, op-

soek na nuwe mentors om deel te word van die span en die famillie. Al wat jy hoef te

weet is dat Jesus leef en al wat jy hoef te wees, is jouself. Want in die reis help ons

mekaar om onsself en Jesus op unieke maniere te ontdek en te beleef. Baie dikwels leer

ons meer by die kinders as wat hulle by ons leer. As jy weet dat jy deel wil word van hier-

die famillie of net meer inligting benodig van wat ons doen, skakel my (Herman) gerus

by 071 689 5120, of epos my by [email protected]. Ek hoop elkeen se week is een waar

jy Jesus elke dag ontdek en leef. Vreugde Herman Matthee