2
BID SAAM Tienie van Niekerk wat kankerbehandeling ontvang. Mac McCarthy wat in die hospitaal is. Joey Kotzé wat kankerbehandeling ontvang. Ronnie v Deventer wat chemoterapie ont- vang. Danie McLachlan wat tuis aansterk. Hennie Kaltwasser wat steeds baie ernstig siek is. NUUSFLITSE 28 AUGUSTUS 2011 Die kerk is dood, lank lewe die Kerk! (2) Volg jy Jesus? 9 Terwyl Jesus daarvandaan verder gaan, het Hy ’n man met die naam Matteus by die tolhuis sien sit en vir hom gesê: “Volg My!” Hy het toe opgestaan en Hom gevolg. (Matt 9:9) Eenvoudige vraag, ingewikkelde antwoord. Die vraag is nie, “glo jy in Jesus?”, “Is jy lief vir Jesus?”,” Stem jy saam met Jesus?”, “Ken jy Jesus?”, of al die ander dergelike vrae waaroor ons wonder nie. Dit is op ‘n manier “statiese” vrae. Dit bring ons nie in beweging nie. En Jesus IS beweging. Sy koninkryk “kom”, hoor ons in die Woord. Hy roep mense en dan laat hy hulle “gaan”. Hy nooi ons om saam met Hom te reis, te beweeg, te gaan. Wat beteken dit vir jou om Jesus te volg? Vir my beteken dit om Hom te erken as die Here van jou lewe wat ek met alles wat ek is en het gehoorsaam. Hy is die een wat die agenda bepaal en ek volg Hom in gehoorsaamheid. Om Jesus te dien, deel van ‘n geloofsfamilie te wees, ‘n Christen te wees (hoe ookal ons dit omskryf), is om Hom te volg. Hy wil jou in beweging bring. En dis meer as net instemming, dis in beweging kom. Kerkwees is volgeling- skap. Glo jy in Jesus? Wys dan dat jy Hom vertrou deur Hom te volg. Dit sal jou lewe verander. WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens—NAGMAAL 09:00 : GEEN Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens—NAGMAAL 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Vars—NAGMAAL BELANGRIKE DATUMS 30 Aug Bybelstudie 30 Aug Ons trou 3 31 Aug Bybelreis 4 Sept DOOP (10:00) 6 Sept Bybelstudie Ons trou 4 13 Sept Bybelstudie Doopkursus 1 14 Sept Oggend Bybelreis 20 Sept Doopkursus 2 14—18 Sept Gemeentebeplanning NAVRAE EN INLIGTING KERKKANTOOR : 012 662-1708 Faks : 012 662-0104 [email protected] of [email protected] Webblad: www.pvr.co.za Kantoorure: Maandae: 11:00 – 16:00 Di – Do : 08:00 – 16:00 Vrydae: 08:00 – 13:00 Skoolvakansies: 08:00 - 13:00

Nuusflitse 28 Augustus

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Nuusflitse 28 Augustus

Citation preview

Page 1: Nuusflitse 28 Augustus

BID SAAM

• Tienie van Niekerk wat kankerbehandeling ontvang.

• Mac McCarthy wat in die hospitaal is. • Joey Kotzé wat kankerbehandeling ontvang. • Ronnie v Deventer wat chemoterapie ont-vang.

• Danie McLachlan wat tuis aansterk. • Hennie Kaltwasser wat steeds baie ernstig siek is.

NUUSFLITSE

28 AUGUSTUS 2011

Die kerk is dood, lank lewe die

Kerk! (2)

Volg jy Jesus? 9 Terwyl Jesus daarvandaan verder

gaan, het Hy ’n man met die naam Matteus by die tolhuis sien sit en vir hom

gesê: “Volg My!” Hy het toe opgestaan en Hom gevolg. (Matt 9:9)

Eenvoudige vraag, ingewikkelde antwoord. Die vraag is nie, “glo jy in

Jesus?”, “Is jy lief vir Jesus?”,” Stem jy saam met Jesus?”, “Ken jy Jesus?”, of al

die ander dergelike vrae waaroor ons wonder nie. Dit is op ‘n manier “statiese” vrae. Dit bring ons nie in beweging nie.

En Jesus IS beweging. Sy koninkryk “kom”, hoor ons in die Woord. Hy roep

mense en dan laat hy hulle “gaan”. Hy nooi ons om saam met Hom te reis, te beweeg, te gaan. Wat beteken dit vir

jou om Jesus te volg? Vir my beteken dit om Hom te erken as die Here van jou

lewe wat ek met alles wat ek is en het gehoorsaam. Hy is die een wat die

agenda bepaal en ek volg Hom in gehoorsaamheid.

Om Jesus te dien, deel van ‘n geloofsfamilie te wees, ‘n Christen te

wees (hoe ookal ons dit omskryf), is om Hom te volg. Hy wil jou in beweging bring. En dis meer as net instemming, dis

in beweging kom. Kerkwees is volgeling-skap. Glo jy in Jesus? Wys dan dat jy

Hom vertrou deur Hom te volg. Dit sal jou lewe verander.

WAT GEBEUR VANDAG

08:00 : Erediens—NAGMAAL

09:00 : GEEN Junior Geselsgroepe (Gr 4–7)

10:00 : Erediens—NAGMAAL

13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Vars—NAGMAAL

BELANGRIKE DATUMS

30 Aug Bybelstudie

30 Aug Ons trou 3 31 Aug Bybelreis 4 Sept DOOP (10:00)

6 Sept Bybelstudie Ons trou 4

13 Sept Bybelstudie Doopkursus 1 14 Sept Oggend Bybelreis 20 Sept Doopkursus 2 14—18 Sept Gemeentebeplanning

NAVRAE EN INLIGTING

KERKKANTOOR : 012 662-1708 Faks : 012 662-0104

[email protected] of [email protected] Webblad: www.pvr.co.za Kantoorure:

Maandae: 11:00 – 16:00 Di – Do : 08:00 – 16:00 Vrydae: 08:00 – 13:00 Skoolvakansies: 08:00 - 13:00

Page 2: Nuusflitse 28 Augustus

• MANNEBEDIENING HALFTYD: Kom geniet ‘n lekker koppie koffie, goeie kameraadskap en diep gesels saam met ons by ons weeklikse byeenkoms “Halftyd”. Dit is elke Woensdag om 05:30 by die Afdak. Ons is teen 06:15 klaar. Skakel Deon Fourie (083 645 9326). MANNEKAMP: Ons almal gaan deur berge en . dale in ons lewe, maar hier is die kans om te kom skouerskuur saam met die manne tussen berge en dale. Ons mannekamp is 9 - 11 September (R500 pp) tussen die Magaliesberge. Kom gesels saam om die kampvuur en beleef Christus se wonderlike skepping. Kontak Deon Fourie vir meer besonderhede by 083 645 9326.

• KOSKAS: Baie dankie aan almal wat so gereeld tot die “koskas” bydra. Ons benodig tans dringend waspoeier, tandepasta, toiletpaper, skottelgoedseep, groen sunlight koekie seep, lang lewe melk en enige blikkies kos. Navrae : Frieda by 0832760353 of Amanda (0829757465) by die kerkkantoor.

• VROUEBEDIENING :

VROUEKAMP: 21—23 OKT. Ons vroue gaan weer heerlik kamp! Kom saam! Daar is nog plek beskikbaar. Bespreek jou plek met ‘n R100 deposito by Amanda by die kerkkantoor. Skakel Heléne Richter by 0823779385 vir navrae.

• POSITIEWE OUERSKAP: Ons beplan weer ‘n

positiewe ouerskap kursus afhangende van die belangstelling. Ons praat saam oor: Ouerskap , Gedrag van Kinders, Om my kind te verstaan, Kom-munikasietegnieke, Dissipline, Probleemoplossing ens. Kom reis saam ons en kry antwoorde op ‘n praktiese manier. Enige een welkom! Datum: 30 Sep – 2 Okt 2011 (Dis ‘n naweek kur-sus). Vir meer inligting, kontak: Paul van Rensburg 082 782 5442 / Kerk kantoor 012 662 1708

DORPSFEES

Ek soek ‘n man wat sy man kan staan Ek soek ‘n man wat ‘n slag kan slaan ‘n man wat nie wyk, wat ‘n barshou kan kyk… ‘n Man wat nie bang is om ‘n snor te dra…..

Gesoek: PvR se bobaas snorgroeier!

Vereistes: ‘n Skoon bo-lip op 3 September

Wie gaan as wenner uit die stryd tree?

Gee u name op by die kerkkantoor direk na die

diens. Afskop-datum op 3 September en aanwys-

ing van die wenner sal geskied op Vrydagaand, 28

Oktober.

Skenkings en aflewering van items

Die Gemeente word bedank vir die skenking van items wat oortollig is en vir heraanbieding in Gemeenteverband benut kan word. Ongelukkig gebeur dit soms dat aflewerings by die Gemeentesentrum gedoen word sonder dat die Kantoor daarvan bewus is. Om die verlangde beheer oor hierdie items te neem is dit nodig dat meer formele reëls bekendgemaak word: Ondiensbare items wat herstelwerk verg moet asseblief

nie by die Gemeentesentrum afgelewer word nie;

Wanneer u items vir heraanbieding of ‘n spesifieke doel wil skenk moet die intensie daarvan, voordat die aflewering onderneem word, aan die Kantoorpersoneel by 012 662 1708 (Riana Janse van Rensburg of Peet Kilian) bekend gemaak word sodat reëlings getref kan word;

Die Gemeente is nie logisties in staat om goedere te gaan afhaal nie en skenkers moet dus self die aflewering hanteer;

Die Kantoorpersoneel sal ‘n register byhou van wie, wanneer en wat geskenk is, asook wat die skenker se wense met betrekking tot die aanwending daarvan is;

Hierdie inligting sal deurlopend aan die Bedieningspan bekend gemaak word wat oor die aanwending/heraanbieding daarvan sal beslis;

Die skenking van klerasie en nie bederfbare voedsel is uitgesluit van bovermelde reëlings en kan direk in die

Gemeentesentrum se ontvangsportaal in die

doelgeskikte houtkiste geplaas word.

Dankie vir u samewerking!

Peet Kilian

Bedryfshoof

S.O.S

Die Polisieforum is dringend opsoek na persone wat kan help met patrolering en met skofte werk in die forum kantoor. Meld asseblief aan. Daar sal ’n tafel net buite die kerk se hoofingang wees, kom gesels met ons. Sonder hulp kan ons nie ons gemeenskap beveilig nie.

Baie dankie Ds Sampie en GPF Personeel