4
! " #$%& ’( ) *+%+ , $- ( &.$ & / & 0+ ! $&&( /+- ( & 0 // $/1-2, &+ / .-0 +3 4$ 0 / 0/+&+ $( 0 / 25 & &/ $ / 3/ 41 0 3 ($4$-+67$ 0 -(0 $+(2 /1 / $+! // $( / -0 + /1 / 0 +2, -081 &0 0 0& 7#2%1 9 0 +:1 $6 , / $ 2#+ $ -/$ / 0 ;2 7$ -&$)+ + $2, -08 2, +/ +&0 </#$01$- -/ - 2) / 0 8 02’0$ 08 2 ) =: !"# ! #"$%&’()*()"(+, >$7%8’)7>9,$$ & ! +2’/ $0$ &1 $&2$?" / /#+0 2 -. //. 0. 10 /’ )(*(23 # ! 8$ & !@ -4/5 70/$0! -+ 8(-0 ,$>/! 9$ = " 9 A 0 08

Nuusflitse 28 April

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Ons weeklikse afkondigings

Citation preview

Page 1: Nuusflitse 28 April

WAT GEBEUR VANDAG

08:00 : Erediens (Jan Venter)

08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7)

10:00 : Erediens - Proefpreek (Finalejaar teologie student : Herman Matthee)

10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

13:00 : Afrikatale Erediens

17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11)

18:30 : Aanddiens (Ryno Meyer)

Van Pase, tot Pinkster WAT GEBEUR VANDAG

Die meeste bekende aksieflieks het ‘n toneel (meesal die hoogtepunt aan die einde) waar die held die vyand se oor-mag op heldhaftige wyse beetpak en dan die deure of hekke van die plek wat oorwin moet word, oopbreek . Dan stuur hy gewoonlik ‘n boodskap vir sy “ondersteunende troepe” om in te val en die oorwinning deur te voer terwyl hy triomfantelik in die puin van die oorwinning staan. Baiekeer het ek as jong seun gespeel ek is die aksieheld (wie ookal dan in die mode is) en dan speel ek weer die laaste “oorwinning” deur, in volle “uniform” met byklanke! Om tog ook so ietsie daarvan te beleef vir myself. Geen wonder dan, dat dit ook die prentjie is wat in my gedag-tes dwaal wanneer ek dink aan die triomfantelike Jesus wat deur die oopgebreekte deure van die doderyk terugstap na die lewe, opstaan uit die dood en as oorwinnaar verskyn. Dis die boodskap van Pase, die hoogtepunt van ons jaarlikse reis as volgelinge van hierdie Opgestane Here. Maar, soos die TV advertensies altyd sê, daar is meer! Die oorwinnende Jesus maak nou die oproep. Hy kontak die grondtroepe om in te beweeg om die oorwinning te verseël. Om deur die oopgebreekte hekke te stroom en Sy koninkryk te laat kom. Dis die boodskap van Pinkster. Die tyd waarin Jesus sy Gees gegee het vir dié wat Hom volg, om ons te bekragtig en in beweging te bring. Sodat ons die oorwinning van Pase kan deurvoer. Aangevuur met die krag van Pinkster. Soos die Woord sê: “Versterk daarom die slap hande en die lam knieë en loop die reguit pad. Dan sal wat lam is, nie uit lit raak nie, maar gesond word.” (Hebreërs12: 12.13) Neem op jou KOMPAS en ONTDEK Jesus saam met ons in hier-

die tyd. Antwoord op die roepstem van Jesus met jou hart,

maar ook jou hande. Kom ons LEEF in die oorwinning wat Hy vir

ons gee.

Jan Venter

LEESROOSTER

Vyfde Sondag van Paastyd

Openbaring 21:1-6 Handelinge 11:1-18

Psalm 148 Johannes 13:31-35

WELKOM

Ons verwelkom van- oggend by ons

Prof Kobus Kok van die Departement Nuwe -

Testamentiese Wetenskap Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria

Page 2: Nuusflitse 28 April

VRAAG 17

Wat is afgodsdiens?

Afgodsdiens is om te vertrou op iets wat geskep is, eerder as om die Skepper te vertrou vir hoop, geluk, sinvolheid en

sekuriteit. New City Catechism

NOU OEFEN ONS

Oefening 1 : Kontak 5 van jou beste vriende en vra vir hulle om 3 unieke eienskappe van jou te noem. Sit die lysies bymekaar en kyk na jouself deur die oë van ander. Waarin moet jy groei? Waar-voor moet jy dankbaar wees? Waarin kan jy Jesus beter volg? Oefening 2 : Lees die teks biddend deur, en sê vir God dat jy glo wat in die teks staan. Sê vir enigiemand daar is hoop

WAT GLO ONS?

Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: • Ernest Zeelie se familie met sy afsterwe. • Petra Mc Lachlan en seuns met Danie wat

oorlede is. • Maria Dittman wat met gesondheid sukkel. • Cobus Willers wat tuis aansterk. • Les Steel wat met sy gesondheid sukkel. • Mynhardt Kitshoff wat chemo ontvang. • Willie v Rheede v Oudtshoorn wat aansterk. • Hennie Kaltwasser wat in versorgingseenheid

is. • Jan-Hendrik de Beer (6jaar) en mamma

Karin de Beer wat sukkel met hul gesondheid • Julie du Plooy wat operasie ondergaan • Manie du Plooy wat met gesondheid worstel.

Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle

van God is, want aan hulle behoort

die koninkryk van God

(Matteus 5:3)

Versorgingsbediening As jy graag wil betrokke raak by die besoek van lidmate in ons gemeenskap en geloofsfamilie, is jy welkom om ons volgende vergadering op Maandag 6 Mei om 18:00 in die kerksaal by te woon. Vir meer inligting kontak Amanda by 0126621708 of [email protected] of Henk by 082 336 7555 of [email protected] .

PINKSTER-OESFEES DANKOFFER

Verlede jaar is ons gelei om te begin met ‘n spesiale dankoffer projek rondom Pinkster. Ons was die Here so dankbaar vir die wonderlike reaksie en ons kon met ons “tiende” aan drie organisasies ‘n skenking maak vir hulle werk. Op Sondag 19 Mei is die PINKSTERFEES en dan is daar weer die ge-leentheid om by wyse van ‘n spesiale offer aan die Here dankie te sê vir Sy versorging en onder-houding.

Die oesfees, waartydens Pinkster plaasgevind het, was die dankfees van Israel vir die jaarlikse oes en die “eerstelinge van die oes” is na die tempel gebring as viering. Die uitstorting van die Heilige Gees is so ook die “eersteling” wat ons beleef van die Ewigheid. Ons moedig jou aan om stil te word voor die Here oor ‘n bydrae en met blymoedigheid deel te neem aan die spesiale dankoffer.

PINKSTER 2013 Vreemdelinge in ‘n

vreemde land – Pel-

grims op pad met God

Voel jy ook baie keer ‘vreemd’? Asof jy nie reg-tig inpas nie? Asof jy deur die samelewing skeef aangekyk word omdat jy probeer om Jesus te volg? Skep dan moed! Want dis presies hoe jy veronderstel is om te voel!

As kerk van die Here is ons, ofskoon in hierdie wêreld, nie van hier-die wêreld nie. Ons is reisigers, pelgrims wat op pad is!

Koskas.

Dankie vir getroue bydra-es van kosskenkings. Ons neem weer vrymoedig-heid om te vra vir enige nie-bederfbare voedsel. Vir navrae oor die koskas skakel asb vir Alta by 0828181622

Page 3: Nuusflitse 28 April

TIENERS:

Wat Gebeur die week in die Jeug bediening:

• Graad 10 beweeg oor na week 2 in hul nuwe reeks genaamd “ ’n goeie Begin”. Dit is ’n belangrike deel van hul belydenisproses en daarom wil en kan jy dit nie mis nie.

• Graad 11 hervat met Getroue Getuies, waar ons leer om Jesus met oorgawe te volg en uit te leef.

• Koeldrank verkope 11 Mei. As jy belangstel om ’n hand by te sit . Gee asb jou naam op by die jeug kantoor.

• See kamp inskrywing stroom in, kyk op die baro meters by die deure hoe dit vorder sodat jy nie te laat is nie.

Koeldranke, Vliegtuie en Pret.

Een van die jeug se projekte vir 2013 vind die 11de Mei plaas, wanneer ons as ’n bediening saam gaan koeldrank verkoop by die Swartkops Lugskou as ’n fondsinsamelings projek. Die geleentheid is een waar ons die son sien opkom en weer sien sak maar die entoesiasme en werkywer van die span nooit opraak nie. Daarom is dit weer tyd dat ons hande vat om die geleentheid ’n sukses te maak en daarmee deel te raak van die pret. Vriende, as jy dalk sal belangstel om te kom deel in die sweet en vreugdes van hierdie dag, kom gee gerus jou naam op, want ons almal ken die gesegde, “baie hande maak ligte werk”. Goeie nuus vir die Seekampers in 2013 is dat, as jy wil gaan kamp en bereid is om te kom hand bysit by die lugskou, jy R250 af sal kry op jou seekamp. Nie ’n slegte sakgeldjie vir die kamp nie. Kom gee jou naam op en word deel van ’n span waar ons almal die wa saamtrek so-dat ons nie net vinniger nie, maar ook meer effektief kan beweeg. Hoop om jou daar te sien.

Kuierkinders 2 - Nuwe Woorde Ek wonder of daar een TV program oor families is, wat nie een of ander tyd ‘n egskeidingsdrama in het nie. Ons is al so gewoond daaraan…tot op ‘n dag. Wanneer ouers skielik woorde soos trek, hof, egskeidings-brief, toesig, regter, prokureur en egskeiding gebruik, er-vaar kinders dat hulle lewens uitmekaar skeur. Kinders hoor al word hulle nie gesien nie. Saggies praat agter toe deure, het dieselfde effek as hardop skree voor al-mal. Onsekerhied maak homself tuis in jou kind se gemoed. Wees eerlik met jou kind. Praat direk met hulle. Waak teen boodskapdraery. Indien daar ‘n affair is, moet die betrokke ouer die kinders daaroor inlig. Geen verrassings! Oningeligde kinders is kwesbaar en bang kinders. Hou jou kinders op hoogte van die verwikkelinge. Ver-duidelik die klomp nuwe woorde aan hulle. Bowenal, bly onvoorwaardelik lief vir hulle. Deel omgee oorvloedig uit. Gee geskenke van tyd en aandag. Mooi toegedraaide pakkies het geen waarde nie, weerhou jou daarvan. Berna Pretorius 0832286798 Herman Matthee 0716895120

Verstaan jou kind, ’n klein bietjie beter IS jy as ouer soms moe-deloos en raadop met ’n tiener in Graad 8 of 9? Is hul soms effens van ’n an-der planeet en onver-staanbaar? Sondag 5 Mei 17:00 is daar

vir jou as ’n graad 8 of 9

ouer geleentheid om te

kom saamgesels met El-

marie van Wyk om jou kind

en sy tiener fase beter te

verstaan. Elmarie gaan ons

help met die ontwikkelings-

fase en die emosionele

ruimte waarin jou kind

moontlik tans verkeer wat

hom so effens vreemd

maak vir die res van die

ander mense op planeet

aarde. Woon dit gerus by

en kom deel in die inlig-

ting/toerustings ge-

leentheid wat daargestel is

vir jou.

Page 4: Nuusflitse 28 April

Ons sê “TOTSIENS” vir “Zetta”:

Izette Malan is die grootste deel van die afgelope dekade deel van ons ge-meente se bedieningspan. Sy het haar onblusbare energie, haar liefde vir Je-sus en haar passie vir kinders aan ons Geloofsfamilie “geleen” met absolute oorgawe en toewyding. Honderde kinders is in die tyd “deur haar hande” en hulle lewens is vir altyd aangeraak deur haar bediening. Izette se kosbare by-drae by die geselsgroepe, mentors en veral die talle verbeeldingryke projekte wat sy inisieer het, het ‘n blywende impak in ons gemeenskap gemaak.

Vandag sê ons dankie! Ons sê ook totsiens, maar gelukkig nie vaarwel nie. Ons wens haar die Here se rykste seën toe met die wonderlike nuwe geleenthede wat haar te beurt geval het. Sy bly hier in Pierre van Ryneveld, maar gaan meer “rondrits” as vantevore. Ons eer die Here wat haar as ‘n genade-gawe aan ons geleen het vir die tyd en dank Hom vir die impak wat haar bediening gemaak het.

Ons bou voort op die fondamente van jou dienswerk Izette, maar die grootste monumente wat jy ag-

terlaat, is die in die lewens van die kinders wat jou pad gekruis het. Mooi loop!

Ons sê ook “HALLO” vir Arline Meyer:

Arline neem die verantwoordelikheid vir ons Kinderbediening tot aan die einde van 2013 oor. Ons is so bevoorreg om haar te verwelkom in ons span. Sy is ‘n gelegitimeerde predikant wat grootgeword het in Pierre van Ryneveld. Sy het aan die Hoër-skool Waterkloof matrikuleer en het studeer by die Universiteit van Pretoria. Haar gemeentejaar was in Lyttelton Moedergemeente (2006) en sy is daarna aangestel as jeugwerker en later jeugleraar by NG Fairland in Johannesburg (2007 – 2010). Die afgelope twee jaar (2010-2012) was sy die leraar van die ACK Wanganui (Nieu-Zeeland). Arline was as student deel van ons geloofsfamilie se kinderbediening en was onder andere die “argitek” van die jaarlikse vakansieprogram, wat nog steeds elke jaar plaasvind. Sy is ervare met Kinderbediening en sien geweldig uit daarna om weer met ons Geloofsfamilie se (nuwe generasie)kinders te werk.

Arline is getroud met Lukas Meyer, wat in die konstruksiebedryf is en hulle baba-dogter, Ansuné is ses maandjies oud. Baie welkom hier by ons!

VROUEKAMP 18 – 20 Okt 2013

Die dames word uitgenooi na ons Vrouekamp (by Mu-elstroom Lodge) met Ronel Burger en die tema is, “kom uit!”

Die kostes is R500 per per-soon. Amanda vra dat al-mal wat al hierdie jaar hul-le name vir die kamp vir haar deurgegee het, asb weer met haar beves-tig. Kontak Amanda by 0126621708 of [email protected]

VROUEBEDIENING

Oggendtee met Nicolette Steel

Tema: Abaja snaakse Gedoente

25 Mei 9h30 vir 10h00

Kostes: R100 - Verversings in-

gesluit Kaartjies beskikbaar by

Kerkkantoor.

Solo Kerrie-en-rys Die solo bediening verlig jou Vry-dagaand kosmaak uitdagings,

deur ’n inisiatief daar te stel wat jou in staat stel om op Vrydag 3 Mei net jou aandete te kom oplaai, inplaas daarvan om na ’n lang week met moeë bene voor die stoof te staan. Solo se

kerrie-en-rys moet van die beste in die kontrei wees en teen R20 ’n bakkie is dit glad nie te swaar op die sak ook nie. Dié is ’n aan-bieding wat nie gemis behoort te word nie, maar met albei

hande aangegryp behoort te word. Skakel vir Charlotte : 082 566 5324 Of Yolande : 071 333 8420 om jou bestelling te plaas.