4
WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens (Jan Venter) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens (Jan Venter) 10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Aanddiens (Ryno Meyer) PINKSTER 2013 PINKSTER 2013 PINKSTER 2013 PINKSTER 2013 WAT GLO ONS? WAT GEBEUR VANDAG Ds De la Harpe le Roux “Towers of Hope” - Bloemfontein Vreemdelinge in ‘n Vreemde land Pelgrims op pad met God Voel jy ook baie keer ‘vreemd’? Asof jy nie regtig inpas nie? Asof jy deur die samelewing skeef aangekyk word omdat jy probeer om Jesus te volg? Skep dan moed! Want dis presies hoe jy veronderstel is om te voel! As kerk van die Here is ons ofskoon in hierdie wêreld, nie van hierdie wêreld nie. Ons is reisigers, pelgrims wat op pad is! Ek glo dat die Here ons vanjaar in Pinkstertyd weer opnuut onder die indruk wil bring oor die waardes van ‘pelgrim-wees’ in ons elke dag se lewe. Oor die diepte en verskillende dimensies wat daar vir ons is om bewustelik elke dag en in elke konteks as pelgrims aan te pak. Ofskoon ons vreemdelinge in ‘n vreemde land is, is ons pel- grims wie se elke dag en elke oomblik moet drup van inhoud en be- tekenis. Ek nooi jou om met Pinkstertyd, saam met my in die krag- veld van die Heilige Gees weer opnuut verwonderd, bekragtig en gemotiveerd te wees om ons lewens as pelgrims op pad na God, doelgerig aan te pak. - De la Harpe 12 - 16 MEI (19:00) SOP EN BROODJIES (18:30) Vraag 18 Sal God toelaat dat ons on- gehoorsaamheid en afgods- diens nie gestraf word nie? Nee, elke sonde wat ons doen is teen God se sowerei- niteit, heiligheid en goedheid, en ook teen Sy regverdige wet. God is met reg kwaad oor ons sonde en sal dit straf volgens Sy regverdige oor- deel in hierdie lewe, asook in die toekomstige lewe. New City Catechism

Nuusflitse 5 Mei

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Afkondigings vir die week

Citation preview

WAT GEBEUR VANDAG

08:00 : Erediens (Jan Venter)

08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7)

10:00 : Erediens (Jan Venter)

10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

13:00 : Afrikatale Erediens

17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11)

18:30 : Aanddiens (Ryno Meyer)

PINKSTER 2013PINKSTER 2013PINKSTER 2013PINKSTER 2013

WAT GLO ONS?

WAT GEBEUR VANDAG

Ds De la Harpe le Roux

“Towers of Hope” - Bloemfontein

Vreemdelinge in ‘n Vreemde land Pelgrims op pad met God

Voel jy ook baie keer ‘vreemd’? Asof jy nie regtig inpas nie? Asof jy deur die samelewing skeef aangekyk word omdat jy probeer om Jesus te volg? Skep dan moed! Want dis presies hoe jy veronderstel is om te voel! As kerk van die Here is ons ofskoon in hierdie wêreld, nie van hierdie wêreld nie. Ons is reisigers, pelgrims wat op pad is!

Ek glo dat die Here ons vanjaar in Pinkstertyd weer opnuut onder die indruk wil bring oor die waardes van ‘pelgrim-wees’ in ons elke dag se lewe. Oor die diepte en verskillende dimensies wat daar vir ons is om bewustelik elke dag en in elke konteks as pelgrims aan te pak. Ofskoon ons vreemdelinge in ‘n vreemde land is, is ons pel-grims wie se elke dag en elke oomblik moet drup van inhoud en be-tekenis. Ek nooi jou om met Pinkstertyd, saam met my in die krag-veld van die Heilige Gees weer opnuut verwonderd, bekragtig en gemotiveerd te wees om ons lewens as pelgrims op pad na God, doelgerig aan te pak. - De la Harpe

12 - 16 MEI (19:00) SOP EN BROODJIES (18:30)

Vraag 18

Sal God toelaat dat ons on-gehoorsaamheid en afgods-

diens nie gestraf word nie?

Nee, elke sonde wat ons doen is teen God se sowerei-niteit, heiligheid en goedheid, en ook teen Sy regverdige wet. God is met reg kwaad oor ons sonde en sal dit straf volgens Sy regverdige oor-

deel in hierdie lewe, asook in die toekomstige lewe.

New City Catechism

LEESROOSTER

Sesde Sondag van Paastyd –

Arbeidsondag

Openbaring 21:10, 22-22:5

Handelinge 16:9-15 Psalm 67

Johannes 14:23-29 / 5:1-9 Johannes 14:23-29 of Johannes 5:1-9

OESFEES/PINKSTER DANKOFFER 2013 Omdat die Here ons met soveel liefde versorg, bekragtig en seën, skep ons weer die geleentheid vir ‘n SPESIALE DANKOFFER tydens Pinkster. Ons nooi jou om ‘n TIENDE

te offer in hierdie tyd waar ons die vreugde van Paasfees en die krag van Pinkster vier. Soos altyd gaan ons weer ‘n TIENDE van dit wat ons ontvang aan ‘n bediening

van keuse skenk.

Maak gebruik van die koevert op PINKSTER SONDAG (19 Mei) of andersins dui u spesiale bydrae aan as “OESFEES”.

PINKSTER “PELGRIMSTOGTE” Kom beleef hierdie Pinkster die unieke voorreg om daagliks saam met Ds De la Harpe le Roux ‘n “pelgrimstog” te onderneem. Dit vind plaas gedurende die dag tydens die week. Nadere beson-derhede sal aan elke persoon tydens die diens deurgegee word. Maandag: Central Methodist Church (JHB) - Biskop Paul Verryn Dinsdag: Izifundiswe (Jeppe, JHB) Woensdag: Ortodokse en Koptiese gemeentes (JHB) Donderdag: Sopkombuis en Skuiling Kom reis saam en beleef die ervaring van Pelgrimwees in hierdie “vreemde land”. Kontak enige van die leraars vir meer inligting.

Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: • Paul en Karen Prinsloo en familie met Nadine se dood en die trauma rondom die aanval. • Smith Familie met die afsterwe van Ettienne se ma. • Cobus Willers wat tuis aansterk. • Les Steel wat met sy gesondheid sukkel. • Mynhardt Kitshoff wat chemo ontvang. • Willie v Rheede v Oudtshoorn wat aansterk. • Hennie Kaltwasser wat in versorgingseenheid is. • Jan-Hendrik de Beer (6jaar) en mamma Karin de

Beer wat sukkel met hul gesondheid • Julie du Plooy wat operasie ondergaan het • Manie du Plooy wat met gesondheid worstel. • Tannie Maria Dittman wat met gesondheid sukkel

EERSTE KENNISGEWING: GEMEENTERAAD

U word hiermee ingelig dat die Gemeenteraad op sy vergadering van 29 April 2013 die volgende Gemeentelede in die amp van Gemeenteraadslid verkies het:

Johan Landsberg; Deon Fourie; Frans Esterhuyse; Hennie Visser

As u enige verdere inligting hieroor wil bekom of inset wil lewer oor die voorgenome bevestiging van enige van hierdie persone, kontak asseblief dringend vir Peet Kilian (Bedryfshoof) by (012) 662 1708 of [email protected]. Ons beoog om op 26 Mei 2013 tydens die eerste diens die bevestiging te doen.

Neem hierdie lydensbeker van My

af weg. Moet nogtans nie doen

wat Ek wil nie, maar wat U wil.

VROUEBEDIENING

Oggendtee met Nicolette Steel

Tema: Abaja snaakse Gedoente

25 Mei 9h30 vir 10h00

Kostes:

R100 - Verversings in-gesluit

Kaartjies beskikbaar by Kerkkantoor.

Die dames word uitgenooi na ons Vrouekamp (by Mu-elstroom Lodge) met Ronel Burger en die tema is, “kom uit!” die kostes is R500 per persoon. Amanda vra dat almal wat al hierdie jaar hulle name vir die kamp vir haar deurgegee het, asb weer met haar bevestig. Kontak Amanda by 0126621708 of [email protected]

VROUEKAMP

18 – 20 Okt 2013

Ek het Len Sweet, sy vrou Elizabeth en hulle kinders in 2010 ont-moet toe ons as leraarspan by sy huis op Orca’s eiland die “Water Advance” bygewoon het. Stephan en Len is reeds jare al vriende en wat ‘n voorreg was dit nie om in hierdie mooi vriendskap te deel nie. Len is ‘n geordende leraar in die Metodiste kerk in die VSA en is ook dosent aan meer as een Christelike Universiteit. Alhoewel Len reg oor die wêreld bedien en tans een van die mees invloedryke teoloë op aarde is, is ek getref deur sy ned-erigheid, vrygewigheid en diep toewyding aan die Here Jesus. Die gesprekke in sy sitkamer sal my vir altyd bybly. Wat ‘n wonderlike geleentheid dan om hom hier in ons “huis” te verwelkom en te deel in die rykdom van sy belewenis en ryk ervar-ing van die Here Jesus. Maak seker dat jy jou plek vroegtydig be-spreek - Jan Venter

NOU OEFEN ONS

Oefening 1 : “Tel jou Seëninge” Maak Elk dag ‘n lys van 5 dinge waarvoor jy dankbaar is. Nuwes elke dag!

Oefening 2 : Raak stil ten minste

drie keer die week, en dink oor die vrae: Watter gevoelens ervaar jy as jy stilword en bietjie nadink? Wat voel jy wil God vir jou hê? Waaroor

is jou hart seer wat jy wil uitsorteer? Bid saam met iemand.

PINKSTER 2013

SOP

Soos ons gewoontes is by

die Geloofsfamilie eet ons

sop en broodjies saam

voor die diens.

Ons vra hulp met die

maak van sop. As jy kan

en wil help kontak Riana

by die kerkkantoor 012

KINDERBEDIENING

Mosterdsaadjies

Al ons jong maatjies is uitgenooi om saam met ons te kom kuier oor die WOW Water Wonders! Ons is ook opsoek na twee of drie mammas wat ons kan help met die aanbieding van Mosterdsaadjies. Jy hoef nie enige ervaring te hê nie. Ons gee jou al die “tools” om vir ons kleinste maatjies meer van die Here te leer! Kontak asb. vir Arline indien jy dit sal oorweeg. “The Amazing Race”: KIDZ - Pinkster 2013

Al die Gr 1-7’s word uitgenooi om te kom deel in ons “Amazing Race” Pinkster aande 12-16 Mei. Ons gaan elke aand saam kuier, sing, jol en leer. Kry jou kaartjie volgende Sondagoggend! Vlooi sê HELLO!

Ek is so opgewonde om by die geloofsfamilie aan te sluit. So kom ek stel myself ‘n bietjie voor. Ek is mal oor die bediening, woes lief vir kinders en gek oor te veel dinge in die lewe. Alles van musiek, films en fotografie na argitektuur, “travel” en nuttelose inligting. Binne die bediening is ek super opgewonde om saam met ons jongmensies die “journey” te kan begin. Ek weet ons gaan “amazing” goed leer terwyl ons “awesome fun” het!

TIENERS:

Wat gebeur die week by die Hoërskool jeug?

• Vandag 17:00 is daar ‘n Graad 8 en 9 ouer inligting sessie in die Ouditorium. As jy voel jou

graad 8 of 9 tiener is soms onmoontlik om te verstaan, is hierdie die geleentheid vir jou. • Ons verkoop Saterdag 11 Mei koeldrank by die Swartkop Lugskou om fondse in te samel vir

die jeug. Ons benodig elke paar hande wat ons kan kry en as jy kans sien, kom sit asb. hand by. Gee net jou naam op by die Jeugkantoor.

• Die jeug het ook ‘n lekker saam oorslaap geleentheid Vrydag die 10de Mei te Swartkop Lug-magbasis, waar ons gaan jol en “fun” hê en saam wees vir die aand voor die volgende dag se harde werk.

‘n Week vol dinge, waar ons saam speel, saam praat, saam werk en saam Jesus volg. Hierdie week wat kom is ‘n grote in die Jeug Kalender en daarom een wat jy as jongmens of ouer nie kan of wil mis nie. Dié is ‘n tyd waar ons saam werk en mekaar help om daagliks Jesus te ontdek en te leef. Vandag skop ons af met ‘n ouer inligtingsessie wat ouers van tieners help om die soms vreemde ruimte wesens beter te verstaan en daarom sinvoller verhoudings met jou kind/ers te kan bou. As jy moedeloos of nuuskierig is, woon hierdie geleentheid gratis by. Dit vind plaas 17:00 in die Ouditorium. Vrydagaand slaap ons in die Lugmag se onthaal lokaal, op die basis, waar ons gaan speel en pret hê en saam met die mentors kuier, maar ook intens en intensioneel Jesus ontdek, want dit is waarom brood en wyn vriende mekaar het en mekaar nodig het. As jy Vrydagaand by die huis gaan sit of enige ander plek as saam met ons gaan wees, gaan jy uitmis! Saterdag pak ons die koeldrank verkope met volle vaart. Die vorige rondte het ons rondom 40 000 koeldranke verkoop en hoop om dit hierdie rondte verby te steek. Lekker harde werk maar tonne pret. Ons as gemeente ontvang ook n persentasie van elke kaartjie wat ons verkoop en daarom as jy be-plan om die lugskou ervaring mee te maak, koop asb. jou kaartjie by die kerkkantoor en ondersteun ons jeug by dié geleentheid, of kom sê hallo by die verkoopstasies waar ons jeug klip hard aan die werk sal wees, met passie en oorgawe en vriendelike gesigte.

Hoop om jou by van die geleenthede raak te loop.