4

Click here to load reader

Nuusflitse 6 Mei

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Nuusflitse

Citation preview

Page 1: Nuusflitse 6 Mei

NUUSFLITSE

WAT GEBEUR VANDAG

08:00 : Erediens

(Stephan Joubert) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7)

10:00 : Erediens—DOOP (Stephan Joubert)

10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

13:00 : Afrikatale Erediens

17:00 : Senior Geselsgroepe

(Gr 8–11)

18:30 : Aanddiens

(Ryno Meyer)

KERKKANTOOR

CD VERKOPE

Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die

eredienste.

Kontant by bestelling

Nou oefen ons—3

Paulus skryf in 1 Tim 4:8 "Om jou liggaam te oefen, het wel 'n bietjie waarde, maar om in toewyding

aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat 'n belofte van lewe, vir nou en

die toekoms." As ons dink aan die afstand wat ons dikwels skep tussen ons en ander, kom ons oefen

dan om dit anders te begin doen.

Oefening vir die week: Kies doelbewus om hierdie week op 'n ander plek een van jou weeklikse

take te verrig. Inkopies... koop eerder by Checkers, as jy gewoonlik by Spar koop. Kies die Checkers

in Lyttleton, of in Sunnyside of naby aan jou werk. Uiteet... vermy die bekende malls. Wat van 'n pub?

Gaan...

Strekoefening vir die week: Gebed en keuses

Afstand

Een van die opvallende dinge van Jesus se aardse bediening is dat Hy naby was aan mense wat Hy bedien het, geleer het en

mee omgegaan het. Ons lees en sien dikwels dat Jesus gesig tot gesig, en baie dikwels met fisiese aanraking, met mense praat en met hulle in verhouding tree. Trouens, met die feit dat goed soos paaie en poorte in die eerste eeu soveel kleiner was as vandag, dink ek Jesus was nog nader aan mense as wat ons dink of be-

gryp.

Dit is ook belangrik om te sien dat Jesus nie net naby aan mense geleef het wat dieselfde as Hy gepraat en geglo het nie. Dit was

normaal in Jesus se geloofsoortuiging om jouself net te assosieer met mense wat soos jy is. Jesus kom draai egter hierdie gewoonte en oortuiging om, en ons sien in die evangelies hoe Jesus juis baie naby kom aan mense met wie niemand anders geassosieer wou word nie, veral nie die

Jode van wie Hy deel was nie. Hierdie was mense wat verlore was. Mense wat nodig gehad het om liefde te sien en te ervaar, mense wat nodig gehad het om 'n ontmoeting met 'n liefdevolle God te hê. En Jesus het doelbewus gegaan na waar hierdie mense was, in hulle wêreld ingetree, en

baie naby aan hulle geleef ten einde lief te wees vir hulle en hulle met Homself en God te versoen.

Liefdevolle versoenende verhoudings kan nie bestaan as ons

heeltyd afstand tussen onsself en ander skep nie. Dit vra van ons om te "gaan" na daar waar versoening nodig is. Dit vra dat ons nader as 'n armlengte van mense af saam met hulle leef en in verhouding tree.

Page 2: Nuusflitse 6 Mei

Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense:

• Die familie van Tienie van Niekerk na haar afsterwe.

• Herman van Heerden wat ernstig in ICU is. • Pieter Scheepers wat in ICU is na ongeluk. • Hennie Beetge wat in die hospitaal

opgeneem is. • Cas Castelyn wat steeds in ICU opgeneem is. • Daleen Wessels se pa, Dolf Nel, wat ernstig

siek is met kanker. • Rialda du Toit wie se ma ernstig siek is.

• Hennie Kaltwasser wat steeds in versorgings-eenheid is.

• Danie McLachlan se kanker is in remissie en

tuis aansterk. • Ronnie v Deventer wat met kanker worstel. • Elsa Kruger wie se pa met kanker gediagno-

seer is. Alwyn Kruger se ma wat ook met kanker worstel.

As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit

van God bid...want God gee aan almal

sonder voorbehoud en sonder verwyt.

(Jakobus 1:5)

KAALKOP DEUR DIE LEWE! ‘n OGGEND met Nataniël

Plek: PvR Gemeenskapskerk Tyd: 09h30 vir 10h00 Koste: R120 (verversings ingesluit.)

Geen onder 15-jariges? Nataniël se versoek : Hy gebruik geen vuil

taal of grappies - kinders is vir hom steurend. Manne en vroue is welkom.

Nataniël items te koop. Kaartjies by die kerkkantoor beskikbaar. KAARTJIES WAT REEDS BESPREEK IS, MOET ASSEBLIEF DRINGEND

AFGEHAAL EN BETAAL WORD. Kaartjie verkope sluit 13 Mei 2012.

Elsa Kruger het aan die einde van Maart 2012 vier jaar diens

as Lid van die GEMEENTERAAD voltooi en moes dus uittree. Ons wil haar bedank vir haar gesindheid en positiewe deelname aan

die sake wat hierdie Geloofsfamilie raak. Ons sal haar opgewektheid, glimlag en betrokkenheid baie mis!

Ons maak dus bekend dat daar ‘n vakature ontstaan het op die GEMEENTERAAD en word die Gemeente

versoek om nominasies te maak van persone wat u graag as Lid van die Gemeenteraad wil voorstel.

Daar is twee weke tyd hiervoor en nominasievorms is by die kerkkantoor beskikbaar – dit kan ook op

versoek elektronies aan u versend word.

GEROEP EN GESTUUR!

Jy kan bly soos jy is vir die res van jou lewe ..... of jy kan wegbreek!

Ek en jy is nie gebore net om te OORLEEF vir die tyd wat ons hier

op aarde is nie.

Ons is geskep om met OORGAWE te LEEF! Ons kan alleen so leef

as ons verstaan waartoe die Here ons elkeen roep en waarheen

Hy ons stuur.

Die “Geroep en Gestuur” ervaring is ’n fantastiese geleentheid

om dit te beleef. Dit word in Afrikaans aangebied deur Elmarie

van Wyk en ons droom daaroor dat elkeen in ons geloofsfamilie

die ervaring kan meemaak. Kom sien met nuwe oë!

Ook jy! Vir meer inligting kontak Amanda ([email protected])

of een van die predikante. Die volgende datums is 1/2 Junie en

16 Junie. Sien jou!

Page 3: Nuusflitse 6 Mei

KAN JY HELP?

Ons gemeente het 'n klerekas. Die klere in die kas word op ver-

skeie maniere aan mense gegee en word van verskeie plekke

as donasies gekry. Soos enige kas, moet die klerekas onderhou

en netjies gehou word. Tot op hede het Rina Niemand dit vir ons

gedoen, en sy het nou besluit om haar "klerekas" stewels op te

hang.

Een van die dames in ons geloofsfamilie het hand opgesteek

om die nuwe kaskampioen te wees, ons is baie bly daaroor. Nou

is ons opsoek na iemand wat haar kan help. Kan jy ons dalk

daarmee help? Dit behels slegs die onderhoud en netjies hou

van die kas, met die ordening en sortering van nuwe klere wat

inkom soos dit verlang word. Kontak asb vir Ryno by 0824602103

indien jy belangstel.

Ons het ook 'n sopkombuis elke Vrydag 09:30. Buti het 'n span

mense wat elke week sop maak, broodjies smeer, en ook sop en

brood bedien om 09:30 op Vrydae. Kan jy asb op een van hier-

die maniere help?

Jou hulp sal nie elke week nodig wees nie, en soos jy kan help

sal in orde wees. Kontak asb vir Buti by 0826242689 of vir Ryno by

0824602103.

Ek lees nou onlangs: “ you are

who you are when you love”

en die bedoeling hier is nie

verliefdheid nie, maar ‘n

werklike en diensbare omgee

vir ‘n ander. En dit sit my aan

die dink. Hoe voel dit wan-

neer ek onbevange lief is vir

die mense om my?

Ek voel goed, ek voel..amper

gewigloos, selfloos, min gepla

oor wie my sien en wat hulle

van my dink, totaal geabsor-

beer in my “lief wees vir”. Ek

luister om regtig te hoor, ek

huil stil saam of lag uitbundig

as daar vreugde is, word

kwaad oor ongeregtigheid of

stap ewe gemaklik nog ‘n

myl.

Ek vergewe omdat ek weet

my foute is legio en kwaad

vreet net my eie energie. En

ek weet nie dat ek besig is

om lief te hê nie – dit voel net

so reg, so goed!

En dit.... is wie ek bedoel is

om te wees!

Elmarie van Wyk : 0722380549

VOETSPORE .... DIS DIE VOLGENDE TREE!

Het jy al die “Geroep en Gestuur” ervarings deurloop en wil jy

graag ’n volgende tree gee? Hierdie is die volgende tree wat jy

net MOET waag! “Voetspore” is ’n ervaring wat spesifiek gevorm

is om jou ’n dieper en meer sinvolle belewenis van dissipelskap te

laat ervaar. Kom leer hoe om Jesus te volg en Hom raak te sien in

die alledaagse van jou lewe!

Kontak vir Jan 0823336552 of Amanda 012 662-1708/

[email protected] by die kerkkantoor vir meer inligting.

Verlede naweek het ek die voorreg gehad om ‘n jeugkonferensie

by te woon met ongelooflike sprekers. Op ‘n stadium gesels ons

oor OUERSKAP. Daar is geen verrassing, want jeugbediening is net

‘n verlenging van ouerskap en jeugwerkers is in vennootskap met

ouers. Die klem val toe op ouers wat hulle stories met hulle kinders

deel. Die vraag word gevra of ons kinders ons stories ken. Het ons

ooit al met ons kinders gedeel hoe ons as kind, of as grootmens,

die Here leer ken en hoe ons reis saam met God lyk? Die Bybel is

vol verhale van ouers wat hul stories met hulle kinders deel en tra-

disies daarrondom bou. Kom ons as ouers begin ons eie Jesus ver-

hale met ons kinders deel.

Page 4: Nuusflitse 6 Mei

Sondae: Skoolkwartale

08:00 - Erediens (Ouditorium)

08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3)

09:00 - Groepe (Gr.4 – Gr.7)

10:00 - Erediens (Ouditorium)

10:00 - Kinderdiens (3j – Gr.3)

13:00 - Erediens (Afrikatale)

17:00 - Groepe (Gr.8 – Gr.11)

18:30 - Aanddiens

Kerkkantoor: Ma: 11:00–16:00

Di–Do: 08:00–16:00

www.pvr.co.za

www.facebook.com/pvrgeloofsfamilie www.twitter.com/PvRGeloofsfam

Die jeugbediening het verlede jaar begin met die “BRUL EN PIEP”

ervaring. Dit is natuurlik “pa’s” en dogters wat ‘n oorslaap aand in

die dieretuin het. “Pa’s”, menende eie pa’s of instaan pa’s vir die

aand. 17 & 18 Mei maak ons weer so, en daar is geen ouder-

domsbeperking nie. Enige “pa” en dogter is welkom. Kom bou

saam herinneringe, deel stories om die kampvuur, maak dié ‘n

tradisie en ervaar saam die wonder van God se diereskepping

met ‘n nagtoer deur die dieretuin.

As daar jonge dames is wat wil saamgaan en ‘n papa is nie

beskikbaar nie, ons het instaan pappas. Navrae by die

jeugkantoor.

MIA-Moving into Ac-

tion” (www.mia2012.co.za)

Van 25 Junie tot 6 Julie

gaan meer as 100 spanne

gelyktydig in 19 verskillende

Afrikalande uitreik.

Die plan is om met soveel as

moontlik mense gelyktydig

Noord te gaan met die

evangelie en bestaande

sendelinge en organisasies

te help en te versterk met

dit wat hulle reeds besig is

om te doen.

Ryno en Mari is die toesig-

houers van MIA vir Namibië.

Daar gaan moontlik 6

spanne na drie uitreikpunte:

Gobabis, Outjo en Groot-

fontein. Die uitreik gaan

sendingstasies se hande

sterk maak met onderhoud,

kinderbediening, sport

bediening en vriendskap

evangelisasie.

Kontak vir Ryno vir inligting

“FAIRSQUARE”

www.fairsquare.co.za

Ons koop graag. Die skok-

kende realiteit is egter dat

ons produkte koop vir ons

eie plesier en bevrediging

sonder om te dink en te vra

waar die produk vandaan

kom of waarheen die geld

gevloei het.

Dikwels verdien die persoon

wat die produk maak die

minimum loon, en die per-

soon wat dit verkoop ver-

dien die maksimum wins,

wat onregverdig is.

Fairsquare poog om

plaaslike materiaal, ver-

vaardigers en modieuse

ontwerpe bymekaar te

bring vir produkte wat

kopers tevrede stel, maar

regverdige wins maak wat

die werkers bevoordeel.

Raak deel van die

beweging. Kontak vir Ryno

as jy meer wil weet!

Met die verskuiwing van Ds Sampie Niemand betree die bediening aan die SENIORS in ons geloofsfamilie ‘n splinternuwe tydvak. Sampie het op sy besondere wyse ‘n wonderlike stuk

Godswerk hier gedoen en ons sien uit daarna om sy werk voort te sit en na selfs nuwe hoog-tes te lei. Ons SENIORS is ‘n kosbare bron van vreugde, wysheid, inspirasie en diens.

• Ds Jan Venter het die voorreg om voortaan saam met die Seniors - Komitee te reis.

• Pastorale sorg word deur al drie leraars hanteer ooreenkomstig ons ingedeelde areas. • Die weeklikse Bybelstudie word elke kwartaal deur ‘n ander leraar hanteer vir afwisseling.

Ds Jan begin eerskomende Dinsdag vir die res van hierdie kwartaal en ons gaan sommer ook die geleentheid aangryp om saam te gesels oor die pad vorentoe. Sien jou daar!