Upload
others
View
0
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
OMSENDBRIEF 3CIRCULAR 3
2019
FROM THE RECTOR’S DESKGeluk aan almal wat die kwartaal goeie punte behaal het. Hierdie kwartaal word ‘n vorderingsverslag uitgereik gebaseer op take en toetse wat hierdie kwartaal geassesseer is. Punte kan dus hoër wees as dié van ‘n formele eksamen.
We ended a busy and successful winter season on Saturday 16 August against Grey College. Dankie aan ons ouers vir die ondersteuning gedurende die besige winterseisoen. Die realiteit is egter dat ons van die besige winterseisoen direk oorgaan in ‘n besige somerseisoen. Dankie aan ons onderwysers wat altyd bereid is om na ‘n besige winterseisoen direk ‘n somerseisoen aan te pak.
Many Paul Roosers represented Western Province and Boland at South African Schools’ Interprovincial Championships in different age groups. We are very proud of our men who have reached the top level of sport and represented South Africa in various sports.
Ons wens ons eerste waterpolospan voorspoed toe vir die SACS-Waterpolotoernooi aan die begin van die vakansie. Ons eerste krieketspan speel ook in die Cape Schools Krieketweek by Union High in Graaff Reinet. A number of our cricketteams (u.14B and C and u.15B) will be travelling to Knysna and George during the holidays. Our u.14A cricket team will be playing in the Charl van Rooyen Festival in Durban and our u.15A cricket team in the Grey High Festival in Port Elizabeth. Our MTB team will take part in the Spur National Finals in Brits.
I want to thank all parents for their support by swiping their “My School Card”. Thank you also to our parents forassisting us in ensuring that the Paul Roos men arrive dressed according to the dress regulations of the school. All of usneed to take pride in the Paul Roos uniform.
SEMPER SPLENDIDIOR
VANUIT DIE REKTORSKANTOOROPWINDENDE NUUS!Ons is opgewonde oor die nuwe Roosinbosch wat die laaste twee weke van die kwartaal begin handel dryf het. Die ruimte word verhuur aan Red Pepper Catering en Coffee Crusaders. The aim is to create an upmarket coffee shop facility which will provide a safe environment for learners to study and meet after school.
The brand shop will start trading on Tuesday, 1 October. The shop will be administered by De Jagers. The goal is for the shop to be the sole supplier of Paul Roos uniform and brand items. Feel free to visit this magnificent facility that will offer a great service to the Paul Roos community and that will strengthen the Paul Roos brand.
BELANGRIKE VERSOEKEOuers moet asseblief nie dokters- of tandartsafsprake gedurende skooltyd reël nie. Ons is bewus daarvan dat dit soms onvermydelik is en ons sal begrip hê vir noodgevalle.
Geen ekstra lesse kan gedurende skooltyd en in die tyd van geskeduleerde sportoefeninge plaasvind nie. Ons vra dat die skoolprogram deur ons ouers en seuns gerespekteer word.
Please ensure that your school shoes are polished daily.
We really appeal to parents to assist us in ensuring that the good image of this proud institution remains our top priority.
SEMPER SPLENDIDIOR
VANUIT DIE REKTORSKANTOORINLIGTINGDit is uiters belangrik dat Paul Roos op hoogte gehou word van enige veranderinge in e-pos-, huis- en posadresse asook selfoonnommers.
Dit is ook belangrik om kwartaaldatums in ag te neem met die beplanning van u vakansies. Toetse en eksamens kan nie herskeduleer word nie.
Wednesday 16 October: The 2020 School fees and budget will be available for viewing in Mrs Sandra Pienaar’s office.Tuesday 29 October: Parent Meeting – 2020 School fees and Budget approval in the Committee Room at 18:30.
We hope that you will enjoy the short break before the last stretch commences.
SEMPER SPLENDIDIOR
HOOFLEIERS 2020
SEMPER SPLENDIDIOR
Van links na regs: Charles Janse van Vuuren (onderhoofseun), Luke Burger (headboy), Bernard Combrink (deputy headboy), Mnr A van Staden
LEERLINGRAAD 2020
SEMPER SPLENDIDIOR
Voor: Bernard Combrink (onderhoofseun), Luke Burger (Hoofseun), Charles Jansen van Vuuren (onderhoofseun)Tweede ry: Corné Weilbach, Maritz Grönum, Dirk Hoffmann, Ingo Reuter, Munnik HuysamerDerde ry: Ariel Volkwyn, Thomas Sickle, Morné Baard, Mickail Joubert, Daniël MollerVierde ry: Ben Morton, Liam Bakker, Joshua Farrer, Erlank Pretorius, Ruben Senekal
VRL 2020
SEMPER SPLENDIDIOR
Voor: Devon Milne, Paul Roos
Agter: Reghard van Wyk, Josua Bester, Rochè
Meyer, Divan Kennedy, Joshua Acker, Naas
Beets
WISKUNDE OLIMPIADESVyf Paul Roos-leerders het deurgedring na die
finale rondte van die Suid-Afrikaanse Wiskunde
Olimpiade wat op 25 Julie plaasgevind
het. Elkeen van hierdie leerders is in die top
100 van hul graad in die land. By die finale
rondte kry Juniors 4 uur om 15 vrae te
beantwoord, terwyl Seniors 4 uur kry om 6
vrae te beantwoord. Die Paul Roos-leerders
wat deelgeneem het is:
Nicolas Smit (Gr.8), Michael Willmore (Gr.9),
Jean du Plessis (Gr.12), Paul Ellis (Gr.12)
Lukas Nel (Gr.12)
SEMPER SPLENDIDIOR
Michael Wilmore, Nicolas Smit, Jean du Plessis, Paul Ellis
WISKUNDE OLIMPIADESDie onderstaande leerders het as deel van die Boland-span aan die Suid-Afrikaanse Wiskunde Spankompetisie op 7 September deelgeneem :
Nicolas Smit (Gr.8)
Reid Gilmour (Gr.8)
Matthew Lochner (Gr.11)
Michiel Kuhn (Gr.11)
Danie Conradie (Gr.11)
Anton Engelbrecht (Gr.11)
Lukas Nel (Gr.12)
Jean du Plessis (Gr.12)
Paul Ellis (Gr.12)
SEMPER SPLENDIDIOR
RTT OLIMPIADEDit is met baie trots dat ons kan sê dat ons baie
goed in die RTT olimpiade gevaar het. Die eerste rondte het ons 6 goud, 7 silwer en 6 brons
sertifikate verwerf. Daar is 7 leerders na die tweede rondte genooi nadat 5531 leerders aan die
eerste rondte deelgeneem het. Arno de Beer het tweede in die Wes-Kaap gekom en is genooi na die nasionale rondte waar hy ‘n derde plek behaal het.
Ons leerders het baie goed in die IT olimpiade gevaar. Daar het 12 leerders deelgeneem aan die
eerste rondte. Ons het 1 goud, 1 silwer en 6 brons sertifikate verwerf. Daar is 3 leerders uit ‘n totaal
van 2176 leerders wat deelgeneem het, na die tweede rondte genooi. Lukas Nel en Jean du Plessis
is genooi na die nasionale rondte wat gedurende die Septembervakansie in Kaapstad sal plaasvind.
SEMPER SPLENDIDIOR
ARNO DE BEER
AFRIKAANS OLIMPIADEMichiel Kühn (Graad 11) haal die Top 20 in die Wes-Kaap in Afrikaans HuistaalOlimpiade.
SEMPER SPLENDIDIOR
BLITSBREINLuc van der Veen (graad 10) en Justin Cowley (graad 9) het onderskeidelik in die
junior en senior afdeling na die finale rondte van
Blitsbrein Junior deurgedring. Justin neem
op Saterdag, 14 September, deel en Luc is reeds deur na
die TV-rondtes
SEMPER SPLENDIDIOR
Luc van der Veen en Justin Cowley
EXPO
SEMPER SPLENDIDIOR
Vanjaar was die 20ste bestaansjaar van Eskom
Expo vir jong wetenskaplikes. Daar was in totaal
36 skole wat deelgeneem het en 360 projekte is
vir die streekskompetisie ingeskryf.
22 individuele projekte en een groepsprojek is
deur die Gr. 9-leerders ingeskryf.
Paul Roos brought home 3 gold, 11 silver and 6
bronze medals. 5 Projects were also nominated
as best in their category. Francois Malherbe,
together with 18 other learners form other
schools, will represt the region at the National
Expo later in the year. His project was on the
relationship between skull morphology and the
bite force.
SOCIETASIt has been a busy term for Societas as we bid farewell to our 2018/2019 Committee and welcomed the Paul Roosers who will be leading Societas over the next year. Before ending their term, our committee members helped us to raise over R700 during this term’s Market Day. Delicious baked goods were sold for a good cause.
Furthermore, not only has the School2School Box project been launched, but Societas has also helped to collect stationery for a drive that supported a local primary school situated on a farm in the Bottelary Conservancy. Thank you to Dirk Hoffman for taking the initiative to organise this fantastic drive.
SEMPER SPLENDIDIOR
TONEELPRG-Toneel het ‘n suksesvolle seisoen agter die rug. Hierdie jaar het ons twee toneelstukke op die planke gebring. Want, ek het jou gemaak en Hadedas drink nie Coke nie het in totaal 18 Goue, 29 Silwer en 36 Brons toekennings ontvang.
By die Fraserburg Tienertoneelfees het Hadedas drink nie Coke nie die ATKV-prys vir die beste nuutgeskrewe teks ontvang. Stehan Odendaal en Ronin Nel het die hoofrolle in die produksie vertolk. Hulle het by die Durbanville tienertoneelfees dubbel goud vir hul toneelspel behaal asook die Van Heerden Heunis gedenktrofee vir uitmuntende samespel. Hadedas drink nie Coke nie het ook hier die prys vir beste nuutgeskrewe teks gewen en StehanOdendaal die toekenning vir die Beste Akteur.
SEMPER SPLENDIDIOR
Want, ek het jou gemaakRoche Meyer en Christian Sander
TONEELBeide produksies
het silwer toekennings by die
ATKV-Tienertoneelfeesontvang. Ons sien
uit na ‘n wonderlike 2020 met hope nuwe talent wat
volgende jaar die planke aan die
brand gaan speel!
SEMPER SPLENDIDIOR
Hadedas drink nie Coke nieStehan Odendaal en Ronin Nel
Want ek het jou gemaakPellatt Smith, Danya de Jager, Eddie van den Berg
DEBATINGProvincials - The junior debating team, consisting of Nikolaj van Rensburg, Frans Hoffmann and Jack Vlismass, made it through the Boland League to be selected to participate in the provincial tournament.
Moot Court - Dirk Uys and Matthew Scott participated in the Department of Education’s Moot Court Competition. Matthew Scott and Dirk Uys won the essay round and earned a place in the provincial round to argue their case in the Bellville magistrate’s court. Dirk and Matthew have made it to the national rounds of the Moot Court Competition.
LIT Tournament - Nikolaj van Rensburg and Lukas van Niekerk participated in the LIT British Parliamentary debating tournament and broke through to the semi-finals.
SEMPER SPLENDIDIOR
Dirk Uys and Matthew Scott
DINK-OF-SINKVanjaar se Dink-of- Sink Onvoorbereide Debatskompetisie het Vrydag, 26 Julie, by Hoërskool DF Malan plaasgevind. Paul Roos Gimnasium het een junior- en twee senior-spanne ingeskryf waarvan die Eerste Seniorspanuitstekend gevaar het. Die span het bestaan uit vorige wenners van die kompetisie, Mihan van Zyl, Jacques Botma en nuweling, Jean du Plessis. Hulle moes vier rondtes wen om in die semi-finaal teen DF Malan A te staan te kom. Hulle praat opponerend oor “Demokrasie is nie ‘n betroubare politieke bestel nie” en wen die debat. Daarna praat hulle teen DF Malan B in die finaal oor “ Haatspraak is Vryheid van spraak” en word as wenners gekroon.Hulle neem in Oktober aan die Nasionaal Eindrondte deel.
SEMPER SPLENDIDIOR
Jean du Plessis, Mihan van Zyl en Jacques Botma
DEBATMihan van Zyl en Jacques Botma, dring deur na die eindrodte op 3 Augustus by Goudini Spa waar hulle teen die landswye top 14 beste debatspanne moes kompeteer. Hulle het inleidend teen Hoërskool Rustenburg oor "Klimaatsverandering behoort deur nasionale wetgewing gereguleer te word", gepraat. Hulle vaar uitstekend en eindig in die tweede plek.
Maandag, 22 Julie het die debatskomitee ʼn informele “Speaker’s Corner”-speelgronddebat oor "Die maanlanding het nooit plaasgevind nie„ gereël. Enige leerder kon die debatsmanne tydens eerste en tweede pouse van die teenoorgestelde kom oortuig.
Die Driehoeksdebat tussen Hoërskool Stellenbosch, Bloemhof en Paul Roos is vir die tweede keer vanjaar op Woensdagaand, 7 Augustus, in die Japie Krige-saal gehou. PRG se eerste seniorspan, bestaande uit Jacques Botma, Jean du Plessis en Mihan van Zyl wen albei hul debatte teen Bloemhof en teen Stellenbosch. Hulle is vanjaar weereens die algehele wenners.
Vrydagmiddag, 16 Augustus, was dit tyd om teen die manne van Grey Kollege by die jaarlikse Interskole ons staal te wys. Die Japie Krige was volgepak met ondersteuners van beide skole en die vrae van die gehoor was skerp en pittig. PRG se twee seniorspanne bestaande uit Mihan, Jacques en Jean , asook Luc van der Veen, Nicolas Rust en Ruan Hanekom praat oortuigend en wen albei hulle debatte. Die juniorspan bestaande uit Jordan Cridland, Dirkie Aldrich en Joshua Schiebler het ongelukkig vasgeval in hul debat dat “ʼn Huisman net so goed as ʼn huisvrou” kan wees.
SEMPER SPLENDIDIOR
Mihan van Zyl en Jacques Botma
REDENAARSDie redenaars was baie bedrywig en het deelgeneem aan die
ATKV-redenaars-kompetisies , Oppie-Tong-Af en Podium Pret.
Jacques Botma het 'n vierde plek in die Wes-Kaap uitdunrondte
van die ATKV-redenaars behaal en Pellatt Smith 'n agtste plek.
Jo van Rooyen, Pelatt Smith , Mihan van Zyl en Jacques Botma
het tydens die Wes-Kaap-rondte van Oppie-Tong-Af 'n A++
verwerf en Pellatt Smith en Mihan van Zyl is as die Wes-Kaap se
wenners aangewys. Hulle was ook in 2018 die Wes-Kaap se
wenners. Hulle sal op 3 en 4 Oktober aan die nasionale finale
rondte in Gauteng deelneem. Ons glo hulle sal Paul Roos
Gimnasium se naam hoog dra.
Pellatt Smith het deurgedring na die nasionale rondte van
Podium Pret en is op Saterdag, 7 September 2019, aangewys as
die nasionale wenner in die kategorie: Humoristiese Toespraak
gr.9.
SEMPER SPLENDIDIOR
Voor: Elliot Cutler; Pellatt Smith; Jo van RooyenAgter: Rudolph Louw;Jean du Plessis; Mihan van Zyl; Ruan Hanekom; Leigh-Rae Luitjies
DEBAT
Van links na regs:
Jacques Botma
Mihan van Zyl
Ruan Hanekom
SEMPER SPLENDIDIOR
DRUMLINE
The drumline has developed and grown into a strong and competitive ensemble. They competed at the 2019 Stellenbosch Eisteddfod and won the category for Best Drumline. For the first time in history the drumline took part in the HelderbergEisteddfod receiving a Cum Laude for their performance.
SEMPER SPLENDIDIOR
MAD en MUSICA PERPETUADie MAD-komitee se groot taak vir die derde kwartaal was die voorbereiding, opstel en opruiming van die Atterbury Paul Roos Musiekfees wat op 21 & 22 Augustus in die Stellenbosch Stadsaal plaasgevind het.
Musica Perpetua Wind Band and Stringendo String Orchestra had a wonderful performance at Rhenish Girls’ High School on Wednesday 7 August for the “An Orchestral Celebration” event. Musica Perpetua and Stringendo played When you believe from Prince of Egypt alongside Rhenish Girls’ High Orchestra, Stellenbosch High Orchestra and Parel Valley Big Band in a mass orchestra item.
Musica Perpetua was baie bevoorreg om deel te wees van die Atterbury Paul Roos Musiekfees-program op 21 en 22 Augustus. Musica Perpetua het saam met Stringendo, die Vrystaatse Houtblaasorkes–blaaskwintet 'n paar items saam uitgevoer.
SEMPER SPLENDIDIOR
BANDThe senior band “Maroon Mafia” is back in full swing this term with rehearsals on Friday’s from 14:30 to 17:00 and also twice a week in second break.
They performed on Wednesday 14 August during 1st and 2nd break for the whole school in anticipation of the big game against Grey Bloemfontein on Saturday the 17th of August.
The senior Band also had a stellar performance at the Atterbury Paul Roos Music Festival on 21 and 22 October.
Their next performance is at the Sing and Rejoice concert on the 20th of October.
SEMPER SPLENDIDIOR
KOORDie koor het hierdie kwartaal op 27 Julie aan ATKV Applous in Bloemfontein deelgeneem en weggeloop as die kategoriewenners van die prestige hoërskool seunskore met 'n persentasie van 87,53.
Op 18 Julie het die koor by Rhenish Choral Celebrationopgetree en op 15 Augustus het die koor by die Old Boys-dinee opgetree.
SEMPER SPLENDIDIOR
ATTERBURY PAUL ROOS MUSIEKFEESPaul Roos Gimnasium het saam met Amanda Strydom op 21 en 22 Augustus2019 die Stellenbosch-stadsaal se dak laat lig.Optredes het dié van Eikestad Laerskool en die Laerskool De Hoop se kore; Bloemhof se sanggroep; Paul Roos se Drumline, Band en Koor; die Free State Wind Band en die Brax Quintet, asook 'n gekombineerde houtblaas- en -strykorkes (Musica Perpetua en Stringendo, bestaande uit leerders van Paul Roos Gimnasium, Bloemhof Hoër Meisieskool en Rhenish Girls’ High) ingesluit. Die konsert is afgesluit met ‘n paar liedere deur ‘n massakoor (400 lede) van die PRG koor, Old Boys en al die graad 10- en 11-leerders van Paul Roos.
SEMPER SPLENDIDIOR
WINTERSDAYThe annual Wintersday was celebrated with our interschool against SACS.SACS and PRG have a lot in common, one thing being the origin of Maties and UCT.Every year the Students’ Councils of both schools have a dinner together on the Friday night. On the Saturday before the main rugby game, the head boy (Chris Albertyn), of the visiting team hands over the friendship shield to the head boy of the home team.
This celebration is a tradition and a lifelong friendship that we treasure.
SEMPER SPLENDIDIOR
SKAAK
Alexander van der Merwe verwerf SA kleure en het gedurende die Junie-vakansie in Indië aan die Statebond Spele deelgeneem.
Die o.15- en o.18-spanne het Boland Topskole gewen.
Die o.15’s het Wes-Kaap Topskole gewen.
SEMPER SPLENDIDIOR
LANDLOOP
Die landloop het vanjaar
teen Grey Bloemfontein en
Grey PE gewen. Hulle het
ook tydens Wintersdag
teen SACS gewen.
SEMPER SPLENDIDIOR
SOCCERNOTABLE RESULTS
U19PRG 3 – 2 Grey CollegePRG 1 – 0 Millfield UKPRG 4 – 1 Bridge House
U17APRG 1 – 1 Grey CollegePRG 3 – 1 Millfield UKPRG 7 – 0 Bridge House
U15APRG 3 – 2 LuckhoffPRG 2 – 1 Calling Academy
SEMPER SPLENDIDIOR
SUPER LEAGUE PLAYERS
Stellenbosch FCJosh Gerber U14Connor de Vries U14Hagan Cupido U16Xander Pedro U16Mfundo Mashiya U18
Ajax CPTTristan Silence U18
U15, U17 & U19 A teams advance to the final of the Stellenbosch School’s Cup.
JAMDie jaarlikse Gr.8 JAM-kamp saam met Bloemhof was weereens ‘n reuse sukses.
SEMPER SPLENDIDIOR
MALAWI OUTREACH2 teachers and 8 learners visited a missionary base in the north of Malawi over the June holidays.
SEMPER SPLENDIDIOR
HOCKEY
5 Players were selected for SA Schools teams.
Niel Raath was selected as defender of the tournament at the u.18 National Tournament
The u.16A team won the Top Schools Tournament
Andrew Hobson (2016) was selected for SA Men’s Hockey team for the African Cup
SEMPER SPLENDIDIOR
Thomas Sickle (SA u.17), Mr A Freddy, Munnik Huysamer (SA
u.17), Mr M van Rensburg, Hans Neethling (SA u.18A), Niel
Raath (SA u.18A), Dean Bundy (SA u.18B)
RUGBY
SEMPER SPLENDIDIOR
Tiaan Pretorius is tydens die afsluitingsfunksie van die eerstespan deur die spelers aangewys as Speler van die Jaar (The Players’ Player of the year).
MUURBAL
SEMPER SPLENDIDIOR
Vyf spanne het ligawedstrydegespeel . Ons eerstespan het weereens in die superligadeelgeneem.
Die beste span vir die jaar is die onoorwonne o/15A-span . Ons O/15A-span het vir die eerste keer 'n oorwinning teen Hoër Jongenskool Paarl behaal.
Ons top 12-span het Grey Bloemfontein 12 – 0 geklop, 'n uitsonderlike prestasie.
Vyf spelers het hierdie jaar Bolandspanne verteenwoordig en sodoende halfkleureverwerf.
Superligaspan: Wouter Kühn, Rudi Steenkamp, Rhys Barnard, Shaun van Niekerk, Pierre AndroOnoorwonne O15A-span: Eon Rossouw,
Robert Lotter, Thomas Rostin, Liam Swart
en Wouter Kühn met afrigter Richard
Castle en Bestuurder Louise Horn
MOUNTAINBIKINGSACS Wintersday:The Paul Roos MTB team continued its unbeaten run this season against SACS, with the juniors winning 106-8 and seniors beating SACS 88-20.PRG-Grey College interschools:We did what we went out to do and won the day 112-72. Highlights of the day were Hendre de Villiers, Aiden Penfold and Jamie Penfold. All three of them win their categories.Spur League:The 4 races of the season have come and gone. We dominated all 4 events by winning by great margins. The final race of the league was held on 14 September 2019 at Paul Roos Gymnasium. It was an amazing day for children to ride bikes. PRG won the series with 1985 points and its closest rivals had 1022.We are hoping to do what we did last year and successfully defend the SA Boys’ School title on 26 September in Gauteng.
SEMPER SPLENDIDIOR
TENNIS
Paul Roos o.15 A-tennisspan het die Nasionale o.15-tennis-toernooi in Augustus in Pretoria gewen.
SEMPER SPLENDIDIOR
ATLETIEKPRG behaal ‘n derde plek in die Swellendam Aflosbyeenkoms en ‘n tweede plek by Hoërskool Strand se Aflosbyeenkoms.
SEMPER SPLENDIDIOR
MULTI SPORTBernhard Andrag is die SA o.17 Triathlé–kampioen en wen ‘n brons medalje by die SA Biathlé-Kampioenskap. He also qualified to represent the President’s u.17 team at the World Biathlé Championships. Bernhard Andrag and Ruard van Renenqualified to represent the South African u.17 team at the World Triathlé Championships.
SEMPER SPLENDIDIOR
Ruard van Renen Bernhard Andrag
KLUB 1000
SEMPER SPLENDIDIOR
FOLLOW US
SEMPER SPLENDIDIOR
PRG Website https://paulroos.co.za/
www.facebook.com/paulroosgymnasium
www.twitter.com/paulroos_gym
www.instagram.com/paulroos_gym
www.digitv.co.za/#/school/detail/1/0
BORGE
SEMPER SPLENDIDIOR
BORGE
SEMPER SPLENDIDIOR