5
` Wonnies gee ... Met elke daad saai jy ‘n saadjie, selfs al sal jy nooit die oes sien nie. Nuusbrief 30 13 September 2018 Geagte Ouers en Wonnie-personeel Wat 'n ongelooflike voorreg om deel te wees van omgee en 'n ouerkorps wat die Wonnies ondersteun en dra wanneer dit regtig saakmaak! Ons is baie dankbaar om ons omgeegroep se fondse 'n pragtige hupstootjie te kon gee en dit is u bydraes wat dit moontlik gemaak het. Baie dankie vir u omgeeharte en staatmakergees wat altyd vir ons daar is! Die vakansie kom nou vinnig nader en ons kan alreeds sien dat die kinders daarna uitsien en soms nie meer lus is vir die werk en dissipline wat daarmee saamgaan nie. Ons maak egter staat om ouers om ons by te staan en die outjies aan te moedig om hul pligte na te kom en vol te hou met die harde werk. Dit is so belangrik om end-uit ons volle gewig in die akademie en sport in te gooi al is die middae op die sportvelde skielik baie warm en uitputtend. Veiligheid is vir ons ‘n prioriteit. Ons stel interne maatreëls in om die terrein en die omgewing buite die terrein te beveilig. Parkering rondom die skool bly ‘n uitdaging. Ons doen ‘n vriendelike beroep op ouers om asseblief netjies te parkeer en die ander ouers in ag te neem. Omgee-groete, L.M. Kruger op die Wonniewerf Boodskap van die hoof Landloop Entrepreneursdag Swem Rekeningstate Fotobestellings Redenaars Veldskool – Graad 6 Klawerklitsies Seniorkoor Seniorkoor en Wonderklankies Wonderklankies Netbal Hokkie Debietorders Swem Wis X Ekspo Vakante poste Kultuuraand Wonnies Gholfdag Wonnie Olympics BEMARKINGSVRYWARING: Laerskool Wonderboom wys u graag daarop dat enige persone wat in die Nuusbrief of op advertensieborde adverteer, dit op eie basis, teen ʼn vergoeding aan Laerskool Wonderboom doen. Laerskool Wonderboom kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige bewering, voorstellings of fooie wat aan hierdie persone betaal word, op grond van hulle advertensie nie. Dit bly u as ouer se prerogatief om seker te maak dat die adverteerder wel oor die vermoë beskik om die dienste te lewer, en selfs die agtergrond van die adverteerder na te gaan voordat u met die adverteerder kontrakteur. Entrepreneursdag Die graad 7’s het Vrydag, 14 September, hul jaarlikse Entrepreneursdag. Daar sal iets van alles te koop wees en die Wonnies is al baie opgewonde oor dié lekkertes! Die snoepie gaan ongelukkig voor skool en gedurende die verkope gesluit wees om almal ‘n geleentheid te gee om by die tafels te kan rondsnuffel en koop. Die snoepie sal wel tweede pouse oop wees. Stuur gerus vir u kind ‘n ekstra geldjie saam om te kan deel in die opwinding en om sodoende ook die graad 7’s te ondersteun. Ons glo dat almal “stroopsoet” by die huis gaan opdaag... Landloop Baie geluk aan die landloopatlete wat puik presteer het by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Port Elizabeth: Leah Booysen (23ste), Izandri Jacobs (9de), Mika Booysen (10de) en Ivan du Plessis (10de). Ivan en Izandri se spanne het albei goud verwerf. Ons is trots op julle!

op die Wonniewerf - Wonderboom · 9/13/2018  · L.M. Kruger op die Wonniewerf Boodskap van die hoof Landloop Entrepreneursdag Swem ... • Christiaan Booysen (2de by graad 3) •

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: op die Wonniewerf - Wonderboom · 9/13/2018  · L.M. Kruger op die Wonniewerf Boodskap van die hoof Landloop Entrepreneursdag Swem ... • Christiaan Booysen (2de by graad 3) •

`

`

Wonnies gee ...

Met elke daad saai jy ‘n saadjie, selfs al sal jy nooit die oes sien nie.

Nuusbrief 30 13 September 2018

Geagte Ouers en Wonnie-personeel

Wat 'n ongelooflike voorreg om deel te wees van omgee en 'n ouerkorps wat die Wonnies ondersteun en dra wanneer dit regtig saakmaak!

Ons is baie dankbaar om ons omgeegroep se fondse 'n pragtige hupstootjie te kon gee en dit is u bydraes wat dit moontlik gemaak het. Baie dankie vir u omgeeharte en staatmakergees wat altyd vir ons daar is!

Die vakansie kom nou vinnig nader en ons kan alreeds sien dat die kinders daarna uitsien en soms nie meer lus is vir die werk en dissipline wat daarmee saamgaan nie. Ons maak egter staat om ouers om ons by te staan en die outjies aan te moedig om hul pligte na te kom en vol te hou met die harde werk. Dit is so belangrik om end-uit ons volle gewig in die akademie en sport in te gooi al is die middae op die sportvelde skielik baie warm en uitputtend.

Veiligheid is vir ons ‘n prioriteit. Ons stel interne maatreëls in om die terrein en die omgewing buite die terrein te beveilig.

Parkering rondom die skool bly ‘n uitdaging. Ons doen ‘n vriendelike beroep op ouers om asseblief netjies te parkeer en die ander ouers in ag te neem.

Omgee-groete,

L.M. Kruger

op die Wonniewerf

Boodskap van die hoof

Landloop

Entrepreneursdag

Swem

Rekeningstate

Fotobestellings

Redenaars

Veldskool – Graad 6

Klawerklitsies

Seniorkoor

Seniorkoor en Wonderklankies

Wonderklankies

Netbal

Hokkie

Debietorders

Swem

Wis X Ekspo

Vakante poste

Kultuuraand

Wonnies Gholfdag

Wonnie Olympics

BEMARKINGSVRYWARING: Laerskool Wonderboom wys u graag daarop dat enige persone wat in die Nuusbrief of op advertensieborde adverteer, dit op eie basis, teen ʼn vergoeding aan Laerskool Wonderboom doen.

Laerskool Wonderboom kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige bewering, voorstellings of fooie wat aan hierdie persone betaal word, op grond van hulle advertensie nie. Dit bly u as ouer se prerogatief om seker te maak dat die adverteerder wel oor die vermoë beskik

om die dienste te lewer, en selfs die agtergrond van die adverteerder na te gaan voordat u met die adverteerder kontrakteur.

Entrepreneursdag Die graad 7’s het Vrydag, 14 September, hul jaarlikse Entrepreneursdag. Daar sal iets van alles te koop wees en die Wonnies is al baie opgewonde oor dié lekkertes! Die snoepie gaan ongelukkig voor skool en gedurende die verkope gesluit wees om almal ‘n geleentheid te gee om by die tafels te kan rondsnuffel en koop. Die snoepie sal wel tweede pouse oop wees. Stuur gerus vir u kind ‘n ekstra geldjie saam om te kan deel in die opwinding en om sodoende ook die graad 7’s te ondersteun.

Ons glo dat almal “stroopsoet” by die huis gaan opdaag...

Landloop Baie geluk aan die landloopatlete wat puik presteer het by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Port Elizabeth: Leah Booysen (23ste), Izandri Jacobs (9de), Mika Booysen (10de) en Ivan du Plessis (10de). Ivan en Izandri se spanne het albei goud verwerf. Ons is trots op julle!

Page 2: op die Wonniewerf - Wonderboom · 9/13/2018  · L.M. Kruger op die Wonniewerf Boodskap van die hoof Landloop Entrepreneursdag Swem ... • Christiaan Booysen (2de by graad 3) •

`

`

Redenaars Die Wonnies skitter by die Kruin Redenaarsaand. Ons is trots op julle!

Juniorafdeling: • Kiaan van der Merwe (graad 1-wenner) • Biah de Beer en Tiaan Minnaar (gesamentlike wenners by

graad 2) • Christiaan Booysen (2de by graad 3) • Zanri Cilliers (graad 3-wenner asook die algehele wenner)

Seniorafdeling • Zoey Koorts (2de by graad 4) • Lieschen Chamberlain (graad 5-wenner asook die algehele

wenner vir die aand) • Carli Smit (3de by graad 6) • Joané de Swardt (2de by graad 7)

Veldskool – Graad 6: 24 tot 26 September 2018 Die veldskool vir die graad 6-leerders kom al hoe nader en die leerders is baie opgewonde! Net ‘n vriendelike herinnering aan die ouers dat 24 September ‘n vakansiedag is! Die leerders vertrek daardie oggend reeds om 08:00 vanaf die skool.

Seniorkoor Daar is GEEN kooroefening op Vrydag, 14 September, nie –

mnr. Stephan is betrokke by ‘n 4-skole konsert.

Swem Die Interhuis vind op Dinsdag, 18 September, plaas en NIE die 19de nie. Die gala begin stiptelik om 14:00. Daar is volgende week geen swemoefening nie. Daar sal

Maandag om 13:45 tydtoetse vir die O/12A-krieketseuns wees.

Rekeningstate

Vir addisionele sekuriteit, sal Rekeningstate wat ge-e-pos word, voortaan met die ID nommer van die rekenpligtige geënkripteer word. Ouers moet dus net hulle ID nommer insleutel wanneer

hulle die PDF-dokument wil oopmaak.

Fotobestellings

Die fotograwe, in samewerking met die skool, het ‘n makliker manier om foto’s te bestel, in plek gestel. Dit het egter onder ons aandag gekom dat daar ouers is wat steeds foto’s bestel na die bestellings gesluit het op 3 September. Om ouers tegemoet te kom, en sodoende die R100 posgeld te spaar, het ons besluit, dat die foto’s wat met die eerste fotodag (21 Junie) geneem is, tot en met 2 November bestel kan word, en dit sluit die fotosessie se foto’s in.

Die foto’s wat na 3 September bestel is, sal dan saam met die tweede fotodag se foto’s afgelewer word. Die tweede fotodag is 27 September en die sluitingsdatum vir die bestel van die foto’s is 2 November. Die foto’s behoort na 10 dae by die skool afgelewer te word.

Die vergunning word gemaak omdat dit ‘n nuwe manier van fotobestellings is en daar dalk onduidelikheid was aangaande die proses. Ons hoop dat u sal verstaan dat ons slegs die vergunning een keer sal kan doen. Vir enige onduidelikhede, kontak gerus vir mnr. Johan Fivaz per e-pos by

[email protected].

Klawerklitsies Die Klawerklitsies is pragtig en werk ongelooflik hard. Ons is so trots op hulle. Die Klawerklitsies moet asseblief die volgende datums aanteken. Maandag, 17 September 2018

Tyd: 14:00 tot 15:00 Afsluiting in die skoolsaal Gewone klere

Woensdag, 19 September Tyd: 15:30 - Repetisie te NG Kerk Overkruin (hulle bly daar tot na die optrede) Oefenklere en kratte, hare skuins ponie ingedraai Tyd: 18:30 – Kultuurfees te NG Kerk Overkruin Optredeklere

Seniorkoor en Wonderklankies Die Seniorkoor en Wonderklankies het verlede Donderdag ‘n uitstaande konsert saam met die Croons, Nadine en Monique Steyn gehad – wat ‘n belewenis! Hulle het ook vir die eerste keer saam met ‘n lewendige orkes opgetree – nog ‘n besondere mylpaal vir ons kore. Groot dank weer eens aan die pappas wat die juffrouens bygestaan het in die laatnag met ons terugkoms. Met groot dank ook aan mnr. Stephan wat hierdie groot geleenthede vir ons kore skep. Woensdag, 19 September, is die skool se kultuurfees waar ons gaan spog met die skool se kultuuraktiwiteite. Die kore tree eerste op en moet dus reeds 17:00 by NG Kerk Overkruin wees. Die konsert begin om 18:30 en behoort teen 20:30 afgehandel te wees.

Page 3: op die Wonniewerf - Wonderboom · 9/13/2018  · L.M. Kruger op die Wonniewerf Boodskap van die hoof Landloop Entrepreneursdag Swem ... • Christiaan Booysen (2de by graad 3) •

`

`

Netbal Proewe Ons wil eersdaags met spanwerk, saam met Tannie René, begin. Daarom hou ons proewe om spelers in aanvallende- en verdedigende spelers te groepeer. Die proewe vind soos volg plaas: • O/9 (2018) vir O/10 (2019) 26 September 2018 vanaf 14:00 tot 16:00 • O/10 (2018) vir O/11 (2019) 25 September 2018 vanaf 14:00 tot 16:00 • O/11 (2018) vir O/12 (2019)

10 Oktober 2018 vanaf 14:00 tot 16:00 • O/12 (2018) vir O/13 (2019) 9 Oktober 2018 vanaf 14:00 tot 16:00 Alle voornemende spelers van 2019 móét teenwoordig wees. Kliniek Na ‘n baie besige kwartaal, waar sommige spelers nie by alle oefeninge kon uitkom nie, is ons genoodsaak om ‘n kliniek te reël, om tegnieke in te oefen en te bemeester. Dit vind onder leiding van René Odendaal op 13 en 20 Oktober vanaf 08:00 tot 13:00 plaas. Die kostes beloop R300. Gelde kan by afrigters inbetaal word.

“Practise makes perfect, but perfect practise makes permanent!”

Swem Die Swem Interhuis vind op Dinsdag, 18 September, om 14:00 plaas. Alle voornemende swemmers (oud en nuut) is welkom om te kom deelneem en het reeds briewe oor die swem ontvang. Ons moedig almal aan om te kom deelneem en om te kom sien hoe die Wonnie-

Onnies weer die graad 7’s en oud-Wonnies gaan uitdaag.

Debietorders Ouers, wat met debietorders betaal, neem asseblief kennis dat die debietorder wat vir 16 September geskeduleer is eers op Maandag, 17 September, sal afgaan aangesien die 16de op ‘n Sondag val.

Wonderklankies Die koorjaar kom al hoe nader aan die einde. Ons is so trots op elke Wonderklankie wat so mooi deur die jaar vasgebyt het! Ons laaste twee optredes lê die komende week voor. Ons moedig asseblief ouers aan om seker te maak elke maatjie woon die 2 oefeninge by. Ons oefen 'n nuwe liedjie en elke maatjie se stem is baie belangrik. Die 19de is die skool se Kultuurfees. Die maats moet asseblief om 17:00 reg geklee by NG Kerk Overkruin wees. 'n Briefie met meer inligting oor volgende week sal uitgedeel word. Daar is nog kaartjies beskikbaar teen R30pp by juffrou Carli. Die Sing-in-Harmonie finaal is Saterdag, 22 September, om 10:00. Kaartjies word vandag uitgedeel. 'n Briefie met meer inligting sal nader aan die tyd deurgegee word. Die vertoning behoort teen

12:30 klaar te wees.

Hokkie Die spelers het pragtig teen Skuilkrans en Tygerpoort gespeel! Baie sterkte aan al die spanne wat môre teen Midstream Ridge speel. Die bus vertrek om 12:30 en sal ongeveer 17:45 by die sporthek terug wees.

Page 4: op die Wonniewerf - Wonderboom · 9/13/2018  · L.M. Kruger op die Wonniewerf Boodskap van die hoof Landloop Entrepreneursdag Swem ... • Christiaan Booysen (2de by graad 3) •

`

`

Vakante poste

Laerskool Wonderboom beskik oor die volgende Beheerliggaamposte vir vulling op 1 Januarie 2019:

Pos 1 – Vakante mans- en damesassistentposte

Die geskikte kandidaat moet ‘n ingeskrewe 2de- of 3de-jaar onderwysstudent wees, wat voltyds as assistent aangestel kan word.

SACE-registrasie (tydelik) en buitemuurs is ‘n voorvereistes vir die pos.

‘n Volledige CV, gewaarmerkte ID, laaste puntestaat en moontlike verwysings moet die aansoek vergesel.

Pos 2 – Intermediêrepos: Afrikaans Huistaal

Die geskikte kandidaat moet oor ‘n 4 jaar erkende onderwyskwalifikasie beskik. Hoofvak: Afrikaans Huistaal.

Pos 3 – Intermediêrepos: Wiskunde

Die geskikte kandidaat moet oor ‘n 4 jaar erkende onderwyskwalifikasie beskik. Hoofvak: Wiskunde.

Pos 4 – Intermediêrepos: Sosiale Wetenskappe en of Natuurwetenskap en Tegnologie graad 4 tot 6

Die geskikte kandidaat moet oor ‘n 4 jaar erkende onderwyskwalifikasie beskik. Hoofvakke: SW en of NW.

Pos 5 – Vakante graad R-poste (2)

Die geskikte kandidaat moet 4 jaar erkende onderwyskwalifikasie in Vroeë Kinderontwikkeling en Grondslagfase hê.

Meld ander bevoegdhede.

Die onderstaande is op alle poste van toepassing:

Aansoeke, vergesel van ‘n aansoekbrief/inleiding kan gestuur word aan [email protected] voor Maandag, 17 September 2018, om 12:00.

Dui spesifieke pos, waarvoor aansoek gedoen word, aan.

Indien u geen terugvoer teen 8 Oktober van die skool ontvang het nie, kan u aanneem dat u aansoek onsuksesvol was.

SACE-registrasie is verpligtend en kandidate met buitemuurs-kundigheid sal voorkeur geniet.

‘n Volledige CV, gewaarmerkte ID en kwalifikasies asook moontlike verwysings moet die aansoek vergesel.

Page 5: op die Wonniewerf - Wonderboom · 9/13/2018  · L.M. Kruger op die Wonniewerf Boodskap van die hoof Landloop Entrepreneursdag Swem ... • Christiaan Booysen (2de by graad 3) •

`

`

Wonnie – Olympics

27 September 2018

Lande Kleur Vanne Australië Geel A B C D

Nieu-Seeland Groen EFGHIJKOR Engeland Rooi LTUVWXYZ Frankryk Blou MNPQS

ITEMS

Geen uitdunne word gehou nie.

Jy gaan vir jou voogonderwyser sê aan watter items jy die dag van die huissport wil deelneem.

Daar gaan briewe en ‘n program aan jou uitgedeel word, sodat jy gereed is vir die groot byeenkoms.

Daar is ‘n beloning vir die span met die meeste deelname by die huissport.

Die graad en span met die meeste deelname aan die middelafstanditems (800m, 1 200m en 1 500m) sal

afsonderlik ook ‘n beloning ontvang.

Daar is Maandae, Dinsdae en Woensdae vanaf 14:00 tot 15:00 oefening by Hoërskool Overkruin. Vervoer sal

beskikbaar wees. Daar is ‘n beloning vir die “land” met die meeste bywoning!

BEGIN REK EN STREK STOF JOU SPYKERSKOENE AF GAAN DRAF OM DIE BLOK KOM DAAG JOU MAAT UIT ONTHOU DIE SKOOT KLAP OP 27 SEPTEMBER 2018