27
OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING (OIE) (12/12/20/553) VIR KONSTRUKSIE VAN VOORGESTELDE INFRASTRUKTUUR VIR DIE OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRON- ONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) Voorsteller: Departement van Waterwese en Bosbou O O P P S S O O M M M M I I N N G G K K O O N N S S E E P P - - O O M M G G E E W W I I N N G G S S I I N N V V L L O O E E D D V V E E R R S S L L A A G G Vir kommentaar teen Donderdag, 29 September 2005 This dokument is also available in English Sengwalwa se se hwetšagala le ka Seisemane le Sepedi Verslag uitgereik 18 Augustus 2005 deur OIE Konsultante ACER (Africa) / CSIR / Zitholele/Golder AGTSTE DOKUMENT AUGUSTUS 2005 OMGEWINGSINVLOED- EVALUERING

OPSOMMING KONSEP- OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG · Hierdie dokument is 'n Opsomming van die Konsep-Omgewingsinvloedverslag (OIV). Die doel Die doel van hierde dokument is om aan belanghebbendes

Embed Size (px)

Citation preview

OOMMGGEEWWIINNGGSSIINNVVLLOOEEDDEEVVAALLUUEERRIINNGG ((OOIIEE)) ((1122//1122//2200//555533)) VVIIRR KKOONNSSTTRRUUKKSSIIEE VVAANN VVOOOORRGGEESSTTEELLDDEE IINNFFRRAASSTTRRUUKKTTUUUURR VVIIRR DDIIEE OOLLIIFFAANNTTSSRRIIVVIIEERR--WWAATTEERRHHUULLPPBBRROONN-- OONNTTWWIIKKKKEELLIINNGGSSPPRROOJJEEKK ((OORRWWHHOOPP)) VVoooorrsstteelllleerr:: DDeeppaarrtteemmeenntt vvaann WWaatteerrwweessee eenn BBoossbboouu

OOPPSSOOMMMMIINNGG KKOONNSSEEPP-- OOMMGGEEWWIINNGGSSIINNVVLLOOEEDDVVEERRSSLLAAGG VViirr kkoommmmeennttaaaarr tteeeenn DDoonnddeerrddaagg,, 2299 SSeepptteemmbbeerr 22000055

TThhiiss ddookkuummeenntt iiss aallssoo aavvaaii llaabbllee iinn EEnnggll iisshh SSeennggwwaallwwaa ssee ssee hhwweettššaaggaallaa llee kkaa SSeeiisseemmaannee llee SSeeppeeddii

VVeerrssllaagg uuiittggeerreeiikk 1188 AAuugguussttuuss 22000055 ddeeuurr OOIIEE KKoonnssuullttaannttee AACCEERR ((AAffrriiccaa)) // CCSSIIRR // ZZiitthhoolleellee//GGoollddeerr

AGTSTE DOKUMENT AUGUSTUS 2005

OMGEWINGSINVLOED-EVALUERING

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

ii

DOEL VAN DIE KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG Die Departement van Waterwese en Bosbou het 'n Omgewingsinvloedevaluering gedoen om vas te stel of die konstruksie van 'n groot opgaardam in die Steelpoortrivier plus gepaardgaande nasionale grootmaat-waterverspreidingsinfrastruktuur (pypleidings, pompstasies, balanseerdamme, onttrekpunte en reservoirs) in die provinsies Mpumalanga en Limpopo van Suid-Afrika omgewingskundig doenlik is.

Die Omgewingsinvloedevaluering is gedoen deur ACER (Africa) Environmental Management Consultants en CSIR Environmentek (tegniese aspekte), met Zitholele Consulting en Golder Associates Africa wat die openbare deelname hanteer. Die OIE is gedoen ingevolge Regulasies R1182 (soos gewysig), R1183 (soos gewysig), R1184 en R448, afgekondig ingevolge die Wet op Omgewingsbewaring (Wet 73 van 1989). Die OIE-proses word beskryf in die OIE-riglyndokument ingevolge hierdie regulasies. Eksemplare van die OIE-riglyne is van die Kantoor vir Openbare Deelname verkrygbaar.

Die bevindings van al die spesialisstudies is geïntegreer en word in die Konsep-Omgewingsinvloedverslag (OIV) aangebied.

Hierdie dokument is 'n Opsomming van die Konsep-Omgewingsinvloedverslag (OIV). Die doel van hierde dokument is om aan belanghebbendes 'n beknopte oorsig te bied van sleutelbevindings en kriteria vir besluitneming. Dit is belangrik om te onthou dat die OIE nie besluit of die projek moet voortgaan al dan nie. Die dokument bied bloot aan besluitnemers (owerhede) tersaaklike inligting om ingeligte besluite te kan neem. Die verantwoordelike owerheid vir die OIE is die nasionale Departement van Omgewingsake en Toerisme, wat sy besluite in noue samewerking met die provinsiale omgewingsowerhede van die Limpopo en Mpumalanga provinsies sal neem.

Indien die voorgestelde projek na afhandeling van die OIE gemagtig word, sal 'n omgewingsbestuursplan (OBP) opgestel word om die bevindings van die OIE in meetbare optrede om te sit vir implementering deur die voorsteller van die projek.

'N OIE BESTAAN TIPIES UIT VIER

HOOFFASES

Trefwydtefase Om kwessies te identifiseer, om die OIE te fokus

Invloedevaluerings-fase

Gedetailleerde studies van potensiële invloede, positief en negatief

Omgewingsinvloed-verslag

Konsolideer bevindings van invloedevaluering-studies

Besluitnemingsfase Voorsteller en owerhede gebruik OIE-bevindings om te besluit of projek voortgaan

Figuur 1. 'n Omgewingsinvloedevaluering bestaan tipies uit vier hooffases. Die OIE vir die voorgestelde konstruksie van infrastruktuur vir die ORWHOP is tans in die Omgewingsinvloedverslagfase.

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

iii

UU KKOOMMMMEENNTTAAAARR OOPP DDIIEE KKOONNSSEEPP-- OOMMGGEEWWIINNGGSSIINNVVLLOOEEDDVVEERRSSLLAAGG EENN SSYY OOPPSSOOMMMMIINNGG

Die Konsep-Omgewingsinvloedverslag en/of sy Opsomming is versprei aan almal wat 'n eksemplaar aangevra het na aanleiding van 'n brief in Augustus 2005 waarin bekend gemaak is dat die verslae vir kommentaar beskikbaar is. Eksemplare van die volledige verslag en die bygaande Kwessiesverslag, waarin alle kwessies aangeteken is wat deur B&GP's geopper is en die reaksies daarop, is ook op openbare plekke in die projekgebied (kyk bladsy iv) beskikbaar gestel en is verkrygbaar op die Departement van Waterwese en Bosbou se webwerf (www.dwaf.gov.za/Projects/olifant/documents.htm).

Die publiek kan op die volgende maniere kommentaar lewer op die Konsep-omgewingsinvloedverslag en sy Opsomming:

• Invulling van die kommentaarblad wat by die verslae ingesluit is • Bykomende skriftelike voorleggings • Kommentaar per e-pos, faks of telefoon • Kommentaar tydens vier openbare vergaderings / oop vergaderings om die inhoud van die Konsep-

Omgewingsinvloedverslag te bespreek, soos volg:

Tye Datums Plekke Oop

vergadering Openbare

vergadering

Woensdag, 14 September 2005

Die Park Hotel, Mokopane 08:30 – 09:30 13:00 – 14:00

09:30 – 13:00

Donderdag, 15 September 2005

The Ranch, Polokwane 08:30 – 09:30 13:00 – 14:00

09:30 – 13:00

Dinsdag, 20 September 2005

Die Munisipale Raadsaal, Groter Tubatse-munisipaliteit, Burgersfort

08:30 – 09:30 13:00 – 14:00

09:30 – 13:00

Woensdag, 21 September 2005

Burgersentrumsaal, Lepelle-Nkumpi-munisipaliteit, Lebowakgomo

08:30 – 09:30 13:00 – 14:00

09:30 – 13:00

SPERDATUM VIR KOMMENTAAR Donderdag 29 September 2005, aan die kantoor vir openbare deelname hieronder

Toni Pietersen of Qondi Sibiya Zitholele Consulting / Golder Associates

Posbus 6001, Halfway House, Midrand, 1685

Tel: 011-254 4800 Faks: 011-315 0317

E-pos: [email protected] E-pos: [email protected]

WWaaaarrddeerriinngg vviirr ddeeeellnnaammee ddeeuurr BBeellaanngghheebbbbeennddee eenn GGeeaaffffeekktteeeerrddee PPaarrttyyee ((BB&&GGPP''ss)) Baie B&GP's het tot dusver aktief aan die OIE-proses deelgeneem deur vergaderings by te woon en deur tyd af te staan om voorleggings te skryf. B&GP's het heelwat plaaslike kennis

bygedra, asook inligting oor vorige studies wat in die gebied gedoen is. Baie het ook lede van die OIE-span in hulle huise of kantore ontvang en hulle rondgeneem in die gebied. Die OIE-

span betuig sy opregte waardering daarvoor teenoor B&GP's.

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

iv

OOPPEENNBBAARREE PPLLEEKKKKEE WWAAAARR ''NN VVOOLLLLEEDDIIGGEE WWEEEERRGGAAWWEE VVAANN DDIIEE KKOONNSSEEPP--OOMMGGEEWWIINNGGSSIINNVVLLOOEEDDVVEERRSSLLAAGG,, DDIIEE KKWWEESSSSIIEESSVVEERRSSLLAAGG EENN

DDIIEE OOPPSSOOMMMMIINNGG VVAANN DDIIEE KKOONNSSEEPP--OOIIVV BBEESSKKIIKKBBAAAARR IISS LIMPOPO

DORP/GEBIED/DISTRIK PLEK KONTAKPERSOON TELEFOON

Fetakgomo-gebied, Apel Fetakgomo-minibiblioteek Mnr Magamorele Hlakudi (015) 622 8000

Hoedspruit Agri Hoedspruit Mnr Braam van der Merwe (015) 795 5861

Jane Furse-gebied, Makhuduthamanga

Makhuduthamaga Plaaslike Munisipaliteit

Mnr Mpho Makena (013) 265 1177

Jane Furse-gebied, Makhuduthamaga

Makhuduthamaga-distrikskliniek

Me Judith Mmantshidi (013) 265 1000

Lebowakgomo-gebied, Atok

Lebowa Platinummyn Mnr Robbie Moldenhauer (015) 620 000960

Lebowakgomo Limpopo Economic Development Enterprise

Me Josephine Tambane (015) 633 4768

Mokopane-gebied, Mogalakwena

Mogalakwena-munisipaliteit Mev Esther Pretorius (015) 491 9739/ 9600

Olifantspoort-gebied, Nebo Klipspruit-kliniek Suster Clara Boshiela (013) 263 1177

Polokwane Departement van Waterwese en Bosbou

Me Sarah Mamabolo (015) 290 1444

Polokwane Polokwane-munisipaliteit Mnr Koot Jacobs (015) 290 2151

Polokwane-gebied, Seshego

Seshego-gemeenskaps-biblioteek

Mnr Kenneth Hlako (015) 223 0862

Tzaneen-gebied, Letsitele Agri Letaba Mnr Louis van Rooyen (015) 345 1817

MPUMALANGA

DORP/GEBIED/DISTRIK PLEK KONTAKPERSOON TELEFOON Burgersfort Groter Tubatse-munisipaliteit Me Sheila Nkonyane (013) 231 7815 Burgersfort-gebied, Lebalelo

Lebalelo-watergebruikersvereniging

Mnr Malcolm Sales (013) 216 8000

Groblersdal Groblersdal openbare biblioteek

Me Marnie Buys (013) 262 3056

Jane Furse-gebied, Sekhukhune

Tshehla Trust-kantoor Mnr Sunset Mmushi 072 721 8244

Marble Hall Marble Hall-biblioteek Mnr Sophania Matau (013) 261 9054 Nelspruit Departement van Waterwese

en Bosbou Mnr Vusi Kubheka (013) 759 7310

Roossenekal Roossenekal openbare biblioteek

Me Jana Spangler (013) 273 0056

Steelpoort Steelpoort-poskantoor Mnr Aaron Moyane (013) 230 9105

Die Spesialisverslae, in konsepvorm, is op versoek verkrygbaar. Die verslae is in Desember 2004 voltooi, waarna daar sommige veranderings in die projek was. Hoewel die veranderings in die Konsep-Omgewingsinvloedverslag weerspieël word, is die Spesialisverslae nie dienooreenkomstig opgedateer nie (maar let daarop dat veranderinge vir elke terrein van spesialisdissipline in die Konsep-Omgewingsinvloedverslag opgeneem is). Daar is verskille tussen die Konsep-Omgewingsinvloedverslag en die Spesialisverslae, en die Konsep-Omgewingsinvloedverslag geniet dus voorrang.

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

v

IINNHHOOUUDDSSOOPPGGAAWWEE 1. INLEIDING................................................................................................................................................................... 1

1.1 Omgewingsmagtigingsproses.......................................................................................................................... 1 1.2 Befondsing van die ORWHOP......................................................................................................................... 1

2. RAAMWERK VIR DIE OMGEWINGSEVALUERING ................................................................................................ 2 3. BESKRYWING VAN VOORGESTELDE PROJEKINFRASTRUKTUUR.................................................................. 2

3.1 Voorgestelde De Hoopdam ............................................................................................................................. 3 3.2 Eienaarskap ..................................................................................................................................................... 4 3.3 Grootmaat-waterverspreidingsinfrastruktuur ................................................................................................... 5

3.3.1 Pypleidings ....................................................................................................................................... 5 3.3.2 Pompstasies ...................................................................................................................................... 6 3.3.3 Reservoirs ....................................................................................................................................... 7

3.4 Konstruksie....................................................................................................................................................... 7 3.4.1 Voorgestelde De Hoopdam ............................................................................................................... 7 3.4.2 Herbelyning van die R555 provinsiale pad ....................................................................................... 7 3.4.3 Grootmaat-waterinfrastruktuur .......................................................................................................... 8 3.4.4 Leengroewe en gruisgate .................................................................................................................. 8

3.5 Konstruksieskedulering.................................................................................................................................... 9 3.6 Serwitute en grondverkryging .......................................................................................................................... 9

4. BESKRYWING VAN DIE GEAFFEKTEERDE OMGEWING..................................................................................... 9

4.1 Ligging.............................................................................................................................................................. 9 4.2 Watergebruik .................................................................................................................................................. 10 4.3 Maatskaplike en sosio-ekonomiese eienskappe ........................................................................................... 10 4.4 Biofisiese eienskappe .................................................................................................................................... 10

5. OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING (OIE)-PROSES ......................................................................................... 11 6. OPSOMMING VAN BEVINDINGS VAN DIE OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING .................................................... 11

6.1 Hoeveelheid en gehalte van riviervloei.......................................................................................................... 11 6.1.1 OIE-bevindings en aanbevelings – hoeveelheid en gehalte van riviervloei ................................... 12

6.2 Akwatiese en landekostelsels........................................................................................................................ 13 6.2.1 OIE-bevindings en aanbevelings – akwatiese ekostelsels ............................................................. 13 6.2.2 OIE-bevindings en aanbevelings – landekostelsels ....................................................................... 14

6.3 Langtermyn- volhoubaarheid en watervraagbestuur (besparing, hergebruik en hersiklering van water) .... 14 6.3.1 OIE-bevindings en aanbevelings – watervraagbestuur .................................................................. 14

6.4 Geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning in die projekgebied........................................................................ 15 6.4.1 OIE-bevindings en aanbevelings – geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning ................................. 15

6.5 Beperking van konstruksieverwante invloede ............................................................................................... 16 6.5.1 OIE-bevindings en aanbevelings – konstruksieverwante invloede................................................. 17

6.6 Grondverkryging en vergoeding .................................................................................................................... 18 6.6.1 OIE-bevindings en aanbevelings – grondverkryging en vergoeding .............................................. 18

6.7 Ander kwessies .............................................................................................................................................. 19 6.7.1 Grondsorgbestuur............................................................................................................................ 19 6.7.2 Argeologiese terreine ...................................................................................................................... 19 6.7.3 Bestryding van uitheemse plantspesies.......................................................................................... 19 6.7.4 Die verband tussen grond- en oppervlakwater ............................................................................... 19 6.7.5 Status van mineraalregte en grondeise .......................................................................................... 19 6.7.6 Damveiligheid .................................................................................................................................. 20 6.7.7 Buitebedryfstelling ........................................................................................................................... 20 6.7.8 Internasionale ooreenkomste en protokolle oor gedeelde waterlope............................................. 20

7. SLOT ......................................................................................................................................................................... 20 8. VOLGENDE STAPPE IN DIE OIE-PROSES ........................................................................................................... 21

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

vi

LYS VAN FIGURE Figuur 1. 'n Omgewingsinvloedevaluering bestaan tipies uit vier hooffases. Die OIE vir die voorgestelde konstruksie

van infrastruktuur vir die ORWHOP is tans in die Omgewingsinvloedverslagfase. ........................................ ii

Figuur 2. Onderling verwante dimensies van volhoubaarheid. As iets volhoubaar moet wees, moet dit help om ekonomiese groei te skep, moet dit billik wees oor wie voordeel trek (maatskaplike billikheid) en moet dit nie die omgewing benadeel nie (ekologiese integriteit). ................................................................................. 2

Figuur 3. Hierdie kaart toon die ligging van die voorgestelde nuwe dam, die roete van die voorgestelde pypleidings en moontlike liggings van geassosieerde infrastruktuur in die Olifants-waterbestuursgebied ...................... 3

Figuur 4. Hierdie kaart toon die uitlegplan van die voorgestelde De Hoopdam, met provinsiale en plaasgrense en die huidige posisie van die R555-pad. Die pad sal herbelyn word óm die voorgestelde dam, aan die westekant. ....................................................................................................................................................... 4

Figuur 5. Verduideliking van die Reserwe. Hierdie figuur toon ook hoe die Departement die toekenning van water sal prioritiseer. Die Reserwe het eerste prioriteit. ......................................................................................... 10

LYS VAN PLATE Plaat 1. Hierdie foto toon waar die voorgestelde De Hoopdam gebou sal word, 35 km suid van Steelpoort, rigting

stroom op langs die Steelpoortrivier. Die pad in die foto is die R555. Die pad sal herbelyn word. ............... 4 Plaat 2. Hierdie foto toon 'n tipiese pompstasie en balanseerdam. Die infrastruktuur vir die ORWHOP sal

soortgelyk aan dié een wees........................................................................................................................... 6 Plaat 3. Plaaslike owerhede sal water uit reservoirs soos die een op hierdie foto kan verkry en behandel vir

huishoudelike gebruik ..................................................................................................................................... 7 Plaat 4. Die lotmengaanleg by die Flag Boshielodam. 'n Soortgelyke aanleg sal nodig wees vir die konstruksie van

die voorgestelde De Hoopdam........................................................................................................................ 8

LYS VAN KASSIES Kassie 1. Sleutelkwessies tydens trefwydtebepaling geïdentifiseer............................................................................. 11 Kassie 2. Sleutelbevindings: Hoeveelheid en gehalte van riviervloei…………………………………………………… . 12 Kassie 3. Sleutelbevindings: Land- en akwatiese ekologie. ......................................................................................... 14 Kassie 4. Sleutelbevindings: Volhoubaarheid en vraagbestuur. .................................................................................. 15 Kassie 5. Sleutelbevindings: Geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning. ....................................................................... 16 Kassie 6. Sleutelbevindings: Konstruksie-invloede. ..................................................................................................... 17 Kassie 7. Sleutelbevindings: Grondverkryging en vergoeding. .................................................................................... 18

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

1

11.. IINNLLEEIIDDIINNGG Die Departement van Waterwese en Bosbou, in samewerking met die provinsiale regerings van Limpopo en Mpumalanga, beoog om 'n groot dam in die Steelpoortrivier (die De Hoopdam) te bou, asook ongeveer 300 km waterpypleidings en ander grootmaatinfrastruktuur om water na dele van die provinsies Mpumalanga en Limpopo te vervoer. Die dam is in Mpumalanga, en die nasionale grootmaat-waterverspreidingsinfrastruktuur is in Limpopo.

Hierdie voorgestelde projek volg na 'n lang tydperk van ondersoeke om vas te stel hoe om meer water beskikbaar te stel aan watergebruikers in dele van die provinsies Limpopo en Mpumalanga, waar die behoefte aan water steeds toeneem. Die grootste waterbehoeftes is in die middelste dele van die Olifantsrivier-opvanggebied, met Burgersfort in die ooste, Mokopane in die noordweste, Polokwane in die noorde en die voorgestelde dam in die suide (kyk die kaart in Figuur 3).

Om meer water beskikbaar te stel, het die Departement die Olifantsrivier-waterhulpbronontwikkelingsprojek (ORWHOP) ingestel. Fase 1 van die projek behels die verhoging van die Flag Boshielodam met 5 meter. Omgewingsmagtiging hiervoor is in 2004 verkry, en konstruksie is aan die gang.

Fase 2 van die ORWHOP is die fokus van hierdie Opsommingsverslag – die voorgestelde De Hoopdam in Mpumalanga en gepaardgaande nasionale grootmaat-waterverspreidingsinfrastruktuur, die meeste daarvan in die provinsie Limpopo, hoofsaaklik binne die Groter Sekhukhune-oorgrensdistriksmunisipaliteit.

Die motivering vir die voorgestelde projek is om water aan munisipaliteite te verskaf ten einde in die vraag na huishoudelike water in die gebied te voorsien en om te verseker dat voldoende water beskikbaar is vir nuwe mynbou-ontwikkelings in die gebied. Hierdie mynbou-ontwikkelings behoort 'n beduidende positiewe invloed op sowel die plaaslike as die nasionale ekonomie te hê, en sal as 'n anker dien om bekostigbare watervoorsiening vir huishoudelike gebruik te verseker.

Baie belanghebbendes is gedurende die OIE geraadpleeg, en hierdie verslag weerspieël kortliks hoe die vernaamste kwessies oorweeg is, wat die bevindings van die spesialisstudies is en die aanbevelings vir versagting van negatiewe invloede en/of vergroting van voordele.

11..11 OOmmggeewwiinnggssmmaaggttiiggiinnggsspprroosseess Omgewingsmagtiging ingevolge die Wet op Omgewingsbewaring (Wet 73 van 1989) en ander wetgewing word vereis voordat die infrastruktuurkomponente van die projek geïmplementeer kan word. Gevolglik is 'n OIE-proses in Junie 2004 begin. 'n OIE bestaan tipies uit vier hooffases, soos in Figuur 1 (bladsy ii) beskryf.

Die nasionale Departement van Omgewingsake en Toerisme (DOT) is die verantwoordelike owerheid vir die OIE en sal magtiging oorweeg of die voorgestelde projek kan voortgaan al dan nie, en op watter voorwaardes. DOT sal nóú saamwerk met Mpumalanga se Departement van Landbou en Grondadministrasie en Limpopo se Departement van Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling (die relevante provinsiale departemente waar die omgewingseenhede gehuisves word). DOT sal ook die insette van ander tersaaklike staatsdepartemente en agentskappe gebruik, byvoorbeeld die Departement van Minerale en Energie, die Departement van Grondsake, Mpumalanga se Departement van Vervoer, Limpopo se Padagentskap, die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap en distriks- en plaaslike owerhede, voordat 'n finale besluit geneem word.

Gelyktydig met die omgewingsmagtigingsproses was daar 'n gereguleerde proses om magtiging te verkry van die Departement van Minerale en Energie (DME) om verskeie gruisgate en leengroewe te gebruik vir die verkryging van konstruksiemateriaal. Hierdie proses het plaasgevind ingevolge die bepalings van die Minerals en Petroleum Resources Development Act (Wet 28 van 2002) (afgekondig op 3 Mei 2004). Sommige aspekte van hierdie proses is nog aan die gang.

11..22 BBeeffoonnddssiinngg vvaann ddiiee OORRWWHHOOPP Die Departement van Waterwese en Bosbou, in oorleg met die Nasionale Tesourie en met die steun van groot belanghebbendes, soos die Trans-Caledon-tonnelowerheid (TCTO) en myngroepe, is besig met reëlings om die projek te finansier.

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

2

22.. RRAAAAMMWWEERRKK VVIIRR DDIIEE OOMMGGEEWWIINNGGSSEEVVAALLUUEERRIINNGG Die omgewingsevaluering word gedoen binne die konsep van volhoubaarheid, wat die ekologiese, maatskaplike en ekonomiese dimensies van die omgewing in aanmerking neem (kyk Figuur 2), asook internasionale oorwegings, nasionale wetgewende vereistes en die algemene raamwerk verskaf deur die Wêreldkommissie vir Damme.

Die Wêreldkommissie vir Damme het die doeltreffendheid van groot damme ondersoek en sewe breë strategiese prioriteite vir ingeligte besluitneming geïdentifiseer. Dit het deel uitgemaak van die evalueringsraamwerk vir hierdie OIE, soos volg: • Verkry openbare aanvaarding: Omvattende openbare

deelname was deel van die siftingsproses van opsies vir die voorgestelde projek, asook vir die OIE, waartydens die menings van 'n wye verskeidenheid belanghebbendes op plaaslike, streek-, provinsiale en nasionale vlak oor die voorstelle verkry is. Verder het die Departement talle rolspelers betrek in parallelle kommunikasieprosesse, insluitende kommunikasie met buurlande.

• 'n Omvattende evaluering van opsies, soos wat oor dekades gedoen is (via baie beplanningsaksies) en soos wat tydens die siftingsfase voor die OIE gedoen is.

• Vergroot die voordele van baie bestaande damme, soos wat gedoen word deur die Flag Boshielodamwal te verhoog.

• Hou riviere en lewensonderhoud in stand as die biologiese ‘enjins’ van die planeet. Die potensiële invloede op riviere en maatreëls om invloede te verminder of te vermy, was deel van die OIE.

• Erken geregtigheid en deel in voordele. Projekvoordele, insluitende voordele vir persone wat regstreeks geraak word, is 'n sleutelkomponent van die ORWHOP en is gedek in die Evaluering van Maatskaplike Invloed tydens die OIE-proses. Die Departement het ook 'n Taakspan vir grondverkryging, wat werk met partye wat regstreeks geraak word.

• Verseker nakoming. Afgesien van die handhawing van die bepalings van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika asook wetgewing wat sy eie aktiwiteite beheer, sal die Departement van Waterwese en Bosbou as die ORWHOP se ontwikkelingsvoorsteller, en sy kontrakteurs, gebind word deur die bepalings van die omgewingsbestuursplan (OBP) om die bevindings van die OIE in meetbare handelinge om te skakel.

• Deel riviere vir vrede, ontwikkeling en sekuriteit. Die Departement van Waterwese en Bosbou, deur die Regering van die Republiek van Suid-Afrika, is 'n ondertekenaar van verskeie internasionale ooreenkomste oor gedeelde waterlope en oorgrensriviere. 'n Toegewyde Departementele Taakspan verseker skakeling met Suid-Afrika se bure (binne en buite die trefwydte van die ORWHOP).

33.. BBEESSKKRRYYWWIINNGG VVAANN VVOOOORRGGEESSTTEELLDDEE PPRROOJJEEKKIINNFFRRAASSTTRRUUKKTTUUUURR Baie belanghebbendes het besorgdheid uitgespreek oor die ligging van die voorgestelde nuwe De Hoopdam, d.i. waarom die Steelpoortrivier gekies is en nie, byvoorbeeld, Jane Furse of Burgersfort of naby Rooipoort in die Olifantsrivier nie.

Dit was eers nadat alle tegniese, ekonomiese en omgewingsinligting in 'n siftingsproses geëvalueer is, dat die voorgestelde dam op De Hoop as die geskikste opsie gekies is.

Dis belangrik om te onthou dat 'n dam net gebou kan word in 'n rivier wat genoeg water het om die dam vol te maak en waar daar twee heuwels weerskante van die rivier is waartussen die damwal gebou kan word. 'n Dam kan net gebou word waar die koste van die dam geregverdig word deur die hoeveelheid water wat die dam kan opgaar. Die invloede (positief en negatief) van 'n dam op verskillende terreine moet ook oorweeg word.

Daar moet beklemtoon word dat 'n dam in een gebied nie beteken dat water nie aan ander gebiede gelewer kan word nie. Om hierdie rede sluit die ORWHOP-infrastruktuurkomponente sowat 300 km grootmaat-waterverspreidingsinfrastruktuur in, soos pypleidings en pompstasies om rouwater van die dam na ander gebiede te vervoer, asook reservoirs waaruit plaaslike owerhede water aan gemeenskappe kan verskaf, na behandeling.

Figuur 2. Onderling gekoppelde

dimensies van volhoubaarheid. As iets volhoubaar moet wees, moet dit help

om ekonomiese voordele te skep, moet dit billik wees oor wie voordeel trek (maatskaplike billikheid) en moet

dit nie die omgewing benadeel nie (ekologiese integriteit).

Ekologieseintegriteit

Maatskaplikegelykheid

Ekonomiesegroei

Volhou-baarheid

Ekologieseintegriteit

Maatskaplikegelykheid

Ekonomiesegroei

Volhou-baarheid

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

3

Al hierdie aspekte word kortliks in hierdie afdeling behandel. Voorts bevat Figuur 3 'n kaart wat die voorgestelde projekinfrastruktuur toon.

33..11 VVoooorrggeesstteellddee DDee HHooooppddaamm Hangende omgewingsmagtiging deur die nasionale DOT sal die voorgestelde De Hoopdam die eerste goot dam in die Steelpoortrivier wees (Plaat 1). Die damwal sal 81 m hoog wees, en die dam sal teen volvoorraadvlak 'n oppervlakte van ongeveer 1 690 ha dek, sal 347 milljoen m3 water kan opgaar en sal nagenoeg 72,2 miljoen m3 water per jaar kan lewer. Dit sal ook die konstruksie insluit van drie meetwalle in die Steelpoortrivier (een bokant die De Hoopdam, een onderkant die De Hoopdam en een naby die samevloeiing van die Olifants- en die Steelpoortrivier).

Verder sal die konstruksie van die voorgestelde dam ook die herbelyning van die provinsiale pad tussen Steelpoort en Stoffberg (die R555) meebring.

Figuur 3. Hierdie kaart toon die ligging van die voorgestelde nuwe dam en die roete van die voorgestelde

pypleidings, asook moontlike liggings van gepaardgaande infrastruktuur in die Olifants-waterbestuursgebied. Dit toon ook die fasering van die konstruksie van verskillende infrastruktuurkomponente.

Om lesers 'n beter idee van die grootte van die dam te gee Die voorgestelde hoogte van die damwal (81 meter) sal dieselfde wees as 'n gebou van 21 verdiepings. Die oppervlakte van die dam sal so groot soos 32 000 rugby/sokkervelde wees. As die hoeveelheid water in die dam wanneer dit vol is, gebruik word om 'n standaardgrootte Olimpiese swembad vol te maak, sal die dam 120 000 swembaddens volmaak.

Fase 2 FPyplyn na Olifantspoort

Fase 2 CKeerwal en Ontrekkingswerke

Olifantsrivier WaterhulpbronontwikkelingsprojekProjekgebied en beoogde infrastruktuur

Fase 2 E2de Pyplyn

Fase 2 D2de Pyplyn

Fase 1Flag Boshielodam

Fase 2 ADe Hoopdam

LIMPOPO PROVINSIE

Fase 2 B 1ste Pyplyn

Fase 2 G 2de Pyplyn

MPUMALANGA PROVINSIE

Provinsiale grens Olifants WBA Dorpe / stede Dorpies Paaie Riviere Bewaargebied

Mineraalregte en myngebiede

Beoogde waterpyplyne

Bestaande waterpyplyneBeoogde Lebalelo PyplynBeoogde pompstasies

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

4

Die voorgestelde dam sal veelvlakinlaatwerke hê. Daardeur sal dit moontlik wees om water te meng vir uitlating stroom af, sodat water van die regte temperatuur en suurstofinhoud uitgelaat kan word, wat waterinvloede stroom af sal verminder.

33..22 EEiieennaaaarrsskkaapp Die Departement van Waterwese en Bosbou sal die De Hoopdam en die nasionale grootmaat-waterverspreidings-infrastruktuur besit. Opsies vir die bedryf van die projek word tans deur die Departement en tersaaklike rolspelers bespreek.

Plaat 1. Hierdie foto toon waar die voorgestelde De Hoopdam gebou sal word, ongeveer 35 km suid

van Steelpoort, rigting stroom op langs die Steelpoortrivier. Die pad in die foto is die R555.

Die pad sal herbelyn word.

Figuur 4. Hierdie kaart toon die uitlegplan van die voorgestelde De Hoopdam, met provinsiale

en plaasgrense en die huidige posisie van die R555-pad. Die pad sal herbelyn word óm die voorgestelde dam, aan die westekant.

Beoogde nuwe dam op die plaas De Hoop

Provinsiale grens Plaas grens Plaasgedeelte grens Paaie Herbelynde pad P159-1 Riviere

LIMPOPO PROVINSIE

MPUMALANGA PROVINSIE

Voorgestelde dam op die plaas De Hoop, en verwagte waterdekking op volvoorraadvlak. Die kaart wys ook die

geaffekteerde plase, paaie en die herbelynde pad Na

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

5

33..33 GGrroooottmmaaaatt--wwaatteerrvveerrsspprreeiiddiinnggssiinnffrraassttrruukkttuuuurr Nasionale grootmaat-waterverspreidingsinfrastruktuur sal gebou word om rouwater (onbehandelde water) te vervoer na waar dit benodig word, soos volg:

• Konstruksie van 'n pypleiding, pompstasies, balanseerdamme, onttrekpunte en reservoirs met pypleidings vanaf die voorgestelde De Hoopdam al langs die R37, verby die Atokmyn, na die Olifantspoort-stuwal. Daar is 'n alternatiewe opsie vir die gedeelte van die pypleiding tussen die De Hoopdam en die dorp Steelpoort. Hierdie opsie is om water in die Steelpoortrivier uit te laat vir onttrekking by die dorp Steelpoort. As hierdie alternatief gekies word, sal 'n bykomende stuwal, pompstasie en ontslikkingsdam nodig wees. Albei opsies word in hierdie OIE gedek.

• Konstruksie van 'n kleiner takpypleiding van die De Hoopdam na Jane Furse. • Konstruksie van 'n pypleiding, gepaardgaande pompstasies, balanseerdamme, onttrekpunte en

reservoirs van die Flag Boshielodam na Mokopane.

33..33..11 PPyypplleeiiddiinnggss

Die grootste pypgrootte sal ongeveer 1,4 m in deursnee wees. Die pype sal in slote van 3,5 meter diep en 2,5 meter breed gelê word vir die grootste pype. Oor die algemeen is die maksimum toegelate afstand vir ‘n oop sloot op enige gegewe oomblik 5 km. Die slote sal opgevul word sodra die pype gelê en getoets is. Die slote sal op so 'n wyse gevul word dat hulle gevorm word om by die natuurlike grondprofiel te pas. Hulle sal dan met bogrond bedek en beplant word. Daar sal konstruksiekampe op verskillende punte langs die pypleiding wees vir behuising, kantore, werkwinkels, pypbergingsgebiede, ens. Alle posisies sal in samewerking met die plaaslike munisipale owerheid beplan word.

Waar moontlik sal pypleidings bestaande paaie volg (kyk die kaart in Figuur 3). Finale serwitute vir die pypleidings sal 15 m breed wees, waar geen geboue of groot bome toegelaat word nie ten einde die pypleidings te beskerm en met die oog op instandhouding. Niepermanente aktiwiteite soos weiding kan na konstruksie voortgaan. 'n Verdere tydelike serwituut van 15 m sal nodig wees tydens konstruksie. Dit kan beteken dat sommige mense wat reg langs die pad woon aan die kant waar die pypleiding gelê gaan word, sal moet skuif, of dat mense wat reg langs die pad gewasse verbou of diere laat wei, dit tydens konstruksie nie sal kan doen nie.

Terwyl slote vir die pypleidings gegrawe word, sal tydelike toegang veskaf word, maar sodra die slote opgevul is, sal permanente toegang herstel word. Waar daar grafte is, sal dit verskuif word in oorleg met gemeenskappe en ingevolge die landswette. Verder sal 'n OBP vir die voorgestelde projek opgestel word. Die OBP sal spesifikasies bevat waarby die voorsteller van die projek en aangestelde kontrakteurs sal moet hou. Sleutelspesifikasies sal verband hou met die veiligheid van lede van die plaaslike gemeenskap en hulle lewende hawe tydens konstruksie.

Watervoorsiening aan gemeenskappe • Die Departement van Waterwese en Bosbou is verantwoordelik vir die verskaffing van

grootmaatinfrastruktuur vir rouwater (onbehandel). Die behandeling en verspreiding van drinkbare water is die verantwoordelikheid van plaaslike owerhede. Die Departement van Waterwese en Bosbou, saam met die provinsiale regering, fasiliteer programme vir die lewering van drinkbare water in ooreenstemming met die ORWHOP. Die projek sal reservoirs insluit waaruit plaaslike owerhede water sal kan kry vir suiwering en huishoudelike voorsiening.

• Ingevolge Suid-Afrika se beleid van gratis basiese water is die eerste 6 kiloliter water per huishouding per maand gratis. Daarna moet gebruikers betaal vir die water wat hulle gebruik.

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

6

33..33..22 PPoommppssttaassiieess

Op die oomblik word sewe pompstasies beplan (kyk Plaat 2). Daar sal drie wees op die Steelpoort-Olifantspoort-lyn, en vier op die Flag Boshielo-Mokopane-lyn. Elke pompstasie sal deur 'n sekuriteitsheining omring word en sal 'n totale oppervlakte van 1 tot 2 ha per pompstasie beslaan, en sal groot pompe bevat. Voorts sal daar balanseerdamme wees (een vir elke pompstasie) ongeveer 'n halwe hektaar groot, d.i. die helfte van 'n rugbyveld. Grootmaatgebruikers sal ook van water voorsien word deur onttrekpunte regstreeks uit die pypleidings.

Plaat 2. Hierdie foto toon 'n tipiese pompstasie en balanseerdam. Die infrastruktuur vir die ORWHOP sal

soortgelyk aan dié een wees.

Vergoeding Belanghebbendes wat regstreeks geraak kan word deur die voorgestelde pypleidings en infrastruktuur, het gevra of hulle verder geraadpleeg sal word wanneer die tyd aanbreek, veral omdat daar kwessies oor vereistes vir serwitute en vergoeding kan wees. Dit is belangrik om daarop te let dat dit nie die doel van die OIE is om vergoeding te skat nie. Alle private eienaars sal ooreenkomstig die Onteieningswet behandel word, en alle Staatsgrond sal hanteer word ooreenkomstig die reëls en regulasies van die Departement van Grondsake via die Departement van Waterwese en Bosbou se Subdirektoraat Grondsake.

Kragvoorsiening Sommige belanghebbendes het besorgdheid uitgespreek of die bestaande elektrisiteitsinfrastruktuur toereikend is om die ekstra las van pompstasies en gepaardgaande infrastruktuur te dra. Die Departement van Waterwese en Bosbou skakel met Eskom om kwessies rakende kragvoorsiening te bespreek. Die bestek van hierdie OIE dek nie nuwe kraglyne of die verskuiwing van bestaande kraglyne nie. Eskom sal 'n afsonderlike OIE vir sy voorgestelde transmissielyne moet doen.

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

7

33..33..33 RReesseerrvvooiirrss

Reservoirposisies is bepaal in noue oorleg met die plaaslike owerhede, deur tegniese vereistes te oorweeg, soos beskikbare hoë punte van waar 'n reservoir water kan lewer aan die munisipaliteite en ander grootmaat-gebruikers wat water nodig het. Reservoirs word tans voorgestel op die volgende plekke:

• Pruissen-reservoir op die voorgestelde pypleidingroete tussen die Flag Boshielodam en Mokopane

• Lebowakgomo • Mooihoek • De Hoop • Jane Furse.

3.4 Konstruksie Die Staatstenderraad se tenderprosesse sal gevolg word by die aanstelling van kontrakteurs. Konstruksie sal baie aktiwiteit behels, met konstruksievoertuie, toerusting en mense op die terrein, en uitgebreide ontbossing aan die begin.

33..44..11 VVoooorrggeesstteellddee DDee HHooooppddaamm

Damkonstruksie sal die konstruksie van die damwal en oorloop insluit. Daar sal ook 'n beperkte residensiële konstruksiekamp op die wesoewer wees naby die voorgestelde damwalterrein, insluitende behuising en gepaardgaande dienste soos interne paaie, watervoorsiening, elektrisiteitsvoorsiening, afvalwaterbehandeling, wegdoening van vaste afval, noodfasiliteite en ontspanningsgeriewe.

Kantore, dienste (interne paaie, watervoorsiening, elektrisiteitsvoorsiening, afvalwaterbehandeling, wegdoening van vaste afval, noodfasiliteite en gebiede vir die hantering van gevaarlike stowwe), werkwinkels, wasfasiliteite, gebiede vir die veilige berging van plofstowwe en kommunikasie-infrastruktuur sal voorts op die damterrein gebou word (langs die beperkte residensiële kamp). Fasiliteite vir die grootmaatberging en verskaffing van brandstof vir konstruksievoertuie, en werkareas vir die stapeling van konstruksiemateriaal en die plasing en bedryf van lotmengaanlegte (Plaat 4) en bitumenaanlegte sal ook nodig wees.

33..44..22 HHeerrbbeellyynniinngg vvaann ddiiee RR555555 pprroovviinnssiiaallee ppaadd

Daar is baie oorleg gepleeg met belanghebbendes, en in die besonder met grondeienaars wat potensieel regstreeks geraak sal word, om te verseker dat hulle kwellings aandag geniet. Belanghebbendes het besorgdheid uitgespreek oor toegang tot hulle plase tydens konstruksie, instandhouding van die toegangspaaie, veiligheid en die invloed van padherbelyning op grondgebruik. Die OIE beveel aan dat die doenlikste padbelyning vanuit 'n ekonomiese, verkeersveiligheids- en omgewingsperspektief aan die westekant van die voorgestelde dam sal wees (so na as moontlik aan die damgrenslyn). Hierdie opsie is in die laaste stadiums van die OIE-proses bespreek met alle belanghebbendes wat potensieel regstreeks geraak sal word. Tydens fokusvergaderings is verdere kleinere aanpassings bespreek wat moontlik individuele kwellings kan opklaar.

Die herbelynde pad sal vir openbare gebruik beskikbaar bly en sal deur die regering van Mpumalanga (Departement van Paaie en Vervoer) in stand gehou word. Die herbelyning van die pad sal geen dorpe raak nie. Private grond in besit van die Tshehla Trust en ander individuele grondeienaars sal egter geraak word.

Plaat 3. Plaaslike owerhede sal water uit reservoirs soos die een op hierdie foto kan verkry en behandel

vir huishoudelike gebruik.

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

8

Die Departement van Waterwese en Bosbou besef die invloed op landbougrond in en om die damkom, en sal buite hierdie OIE-proses met geaffekteerde grondeienaars skakel oor grondverkryging. Verder sal die verskaffing van gruispaaie om toegang te verleen tot eiendomme wat deur die voorgestelde dam afgesny sal word, gedurende die gedetailleerde ontwerpfase van die projek ondersoek en oorweeg moet word.

Voorts moet die pad herbelyn word voordat die konstruksie van die regterflank van die voorgestelde De Hoopdamwal kan begin. Waar die herbelyning van paaie op projekte vereis word, is dit die Departement van Waterwese en Bosbou se beleid om 'n bestaande pad deur 'n pad van dieselfde gehalte te vervang.

33..44..33 GGrroooottmmaaaatt--wwaatteerriinnffrraassttrruukkttuuuurr

Die konstruksie van pypleidings, pompstasies, balanseerdamme, onttrekpunte en reservoirs sal residensiële konstruksiekampe insluit op verskillende punte langs die drie pypleidingroetes, insluitende behuising en

dienste (interne paaie, watervoorsiening, elektrisi-teitsvoorsiening, afvalwater-behandeling en wegdoening van vaste afval). Oor die algemeen word 'n konstruk-siegebied van 1 hektaar per pompstasie in die vooruitsig gestel.

Fasiliteite (aangrensend aan die residensiële kampe) vir die grootmaatberging en beskikaarstelling van brand-stof vir konstruksievoertuie en werkgebiede vir die stapeling van konstruksiemateriaal en die plasing en bedryf van klein lotmengaanlegte sal ook nodig wees.

33..44..44 LLeeeennggrrooeewwee eenn ggrruuiissggaattee

Konstruksie sal ook insluit die uitgrawe van leengebiede en gruisgate insluit om konstruksiemateriaal soos sand, gruis en klip vir die bou van die voorgestelde dam en gepaardgaande infrastruktuur te kry, asook die herbelyning van die provinsiale pad, die R555. Leengebiede vir die dam sal verkieslik binne die damkom wees, en die hoofklipgroefgebied sal net stroom op van die voorgestelde damwal wees. Leengebiede word egter geplaas waar daar geskikte materiaal vir konstruksie is, wat leengebiede buite die opdammingsgebied vereis. Voorts sal leengebiede nodig wees vir die konstruksie van die pypleiding. In hierdie gevalle sal grondeienaars geraadpleeg word. Van tyd tot tyd sal daar ook skietwerk gedoen moet word vir die voorgestelde dam, en 'n klipbreker sal ook gebou word. Al die leengroewe en gruisgate sal deur die Departement van Minerale en Energie gereguleer word om nakoming van die Minerals en Petroleum Resources Development Act (Wet 28 van 2002), te verseker.

Plaat 4. Die lotmengaanleg by die Flag Boshielodam. 'n Soortgelyke aanleg sal nodig wees vir die konstruksie van die voorgestelde De Hoopdam.

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

9

33..55 KKoonnssttrruukkssiieesskkeedduulleerriinngg Konstruksie sal oor tyd in fases geskied, na gelang die behoefte aan water groei. Tans kan die konstruksieskedulering soos volg lyk:

• De Hoopdam en meetwalle: voltooiing in 2009. • Jane Furse-pypleiding: voltooiing in 2010. • Pypleiding Flag Boshielo na Mokopane: voltooiing in 2009. • Steelpoort-stuwal: voltooiing in 2011. • Dele van die Steelpoort- of De Hoop-pypleiding na die Olifantspoort-stuwal: voltooiing tussen 2011 en

2017.

33..66 SSeerrwwiittuuttee eenn ggrroonnddvveerrkkrryyggiinngg Soos op die openbare vergaderings en tydens individuele gesprekke met grondeienaars geskets, is die doel van die OIE om potensiële negatiewe invloede en maniere om dit te voorkom of te verminder te identifiseer, asook positiewe invloede en maniere om dit te vergroot. Dit is nie die doel van die OIE om grondverkryging te hanteer nie. Trouens, daar is 'n afsonderlike proses vir grondverkryging. Die Departement van Waterwese en Bosbou se Direktoraat Grondsake hanteer hierdie aspekte.

Die Departement van Waterwese en Bosbou voer samesprekings met private en gemeenskaplike grondeienaars wat regstreeks geraak word, om grond vir die voorgestelde De Hoopdam te verkry, en om serwitute vir pypleidings en ander infrastruktuur te registreer.

Baie belanghebbendes het gevra of daar enige grondeise op die voorgestelde damkom is en het besorgdheid uitgespreek oor hangende grondeise en hoe die Departement dit gaan hanteer. Die Departement is bewus van verskeie grondeise op die eiendomme wat deur die voorgestelde dam oorstroom gaan word en pleeg oorleg met die betrokke owerhede om die eise af te handel. Alle grondeise sal ingevolge wetgewing hanteer word. Die Departement sal die invloed en die doenlikste opsies vir die versagting daarvan oorweeg tydens onderhandelings met grondeienaars.

44.. BBEESSKKRRYYWWIINNGG VVAANN DDIIEE GGEEAAFFFFEEKKTTEEEERRDDEE OOMMGGEEWWIINNGG

44..11 LLiiggggiinngg Die voorgestelde ontwikkeling is grotendeels in die Olifantsrivier-waterbestuursgebied (WBG 4) geleë. Die damkom sal in die Steelpoort-subopvanggebied geleë wees, en die grootmaat-waterverspreidingsinfrastruktuur sal deur verskeie omgewings beweeg wat gesamentlik die ‘geaffekteerde’ of ‘ontvangende omgewing’ uitmaak. Dit sal ook 'n invloed hê op watergebruikers stroom af van die Olifantsrivier.

Die Olifants-opvanggebied word deur Suid-Afrika en Mosambiek gedeel. Die Nasionale Krugerwildtuin en die Massingirdam in Mosambiek is stroom af van die voorgestelde dam. Die Olifants-opvanggebied is deel van die Limpopo en raak Botswana, Zimbabwe, Suid-Afrika en Mosambiek. Regstreekse invloede van hierdie ontwikkeling sal in Mosambiek gevoel word.

Ingevolge die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Afbakening (Wet 27 van 1998), is die ontvangende omgewing in die Groter Sekhukhune-oorgrensdistriksmunisipaliteit (OGDM).

Die Groter Sekhukhune-OGDM (CBDC3) bestaan uit die Groter Tubatse, Groter Groblersdal, Groter arble Hall, Makhuduthamaga en Fetakgomo plaaslike owerhede. In die Waterberg-distriksmunisipaliteit (DC36) is die geaffekteerde plaaslike munisipaliteit die Mogalakwena Plaaslike Munisipaliteit, en in die Capricorn-distriksmunisipaliteit (DC35) is dit die Polokwane Plaaslike Munisipaliteit. Die vernaamste dorpe in die gebied is Steelpoort, Burgersfort, Mokopane, Polokwane, Jane Furse en Lebowakgomo.

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

10

44..22 WWaatteerrggeebbrruuiikk Daar is snel groeiende nuwe behoeftes aan water vir mynbou-, nywerheids- en huishoudelike watergebruikers in die gebied. Mynbou en die steeds groeiende bevolking sal in die toekoms heelwat bykomende water benodig.

Die vernaamste watergebruiksek-tore in die gebied sluit in besproeiing, mynbou, water vir basiese menslike en ekologiese behoeftes (“die Reserwe” - kyk Figuur 5), huishoudelike water, asook wateroordrag na die stad Polokwane. Besproeiingswater-gebruikers vorm die grootste watergebruik in die Olifants-WBG maar sal na verwagting nie groei nie as gevolg van die hoë koste om bykomende water te kry. Baie gemeenskappe is aangewese op water uit boorgate, putte met die hand gegrawe en fonteine, waar die watervoorsiening dikwels onvoorspelbaar en die watergehalte twyfelagtig is. Gevolglik kom gesondheidsprobleme wat verband hou met die gebruik van water van swak gehalte in die studiegebied voor.

44..33 MMaaaattsskkaapplliikkee eenn ssoossiioo--eekkoonnoommiieessee eeiieennsskkaappppee Die Sekhukhune-OGDM is die ekonomies gemarginaliseerdste distrik in die Limpopo provinsie. Meer as 75% van die mense verdien minder as R12 000 per jaar, en meer as 75% van die ekonomies aktiewe bevolking is werkloos. Nagenoeg 30% van die bevolking het geen formele onderwys nie, minder as 40% van die huishoudings het telefone en 60% het nie elektrisiteit nie. Meer as 70% van die bevolking gebruik putlatrines wat nie noodwendig aan HOP-diensstandaarde voldoen nie en dus potensiële gesondheidsgevare skep. Die voorkoms van MIV/Vigs is hoog.

Die vyf vernaamste vorms van grondgebruik in hierdie streek is gemeenskaplik, mynbou, kommersiële landbou, residensieel en beskermde reservate. Minstens 35% van die Sekhukhuneland-streek is gemeenskaplike grond wat behoort aan 'n bevolking van hoofsaaklik verarmde mense, wie se lewensonderhoud afhang van bestaansboerdery en die gebruik van natuurlike hulpbronne. In die relatief ongerepte bergagtige dele van die streek is daar egter goeie ekotoerismepotensiaal.

Sommige gebiede is ryk aan argeologiese en kulturele hulpbronne.

44..44 BBiiooffiissiieessee eeiieennsskkaappppee Die gebied, wat deel van die Bosveld-stollingskompleks is, is besonder ryk aan mineraalhulpbronne. Die Olifantsrivier het 'n betreklik digte netwerk sytakke en strome wat hom voed. Dit was voorheen 'n sterk vloeiende standhoudende rivier, maar nou is dit 'n swak standhoudende rivier, wat by geleentheid ophou vloei. Die Steelpoort-subopvanggebied bestaan uit die Steelpoortrivier en sy meesal standhoudende sytakke, die Klip-, Dwars-, Waterval- en Spekboomrivier. Die Steelpoortrivier vloei noordooswaarts deur 'n kloof in die platorand om by die Olifantsrivier aan te sluit.

Grondwatergehalte in die Olifants-WBG is oor die algemeen hoog, hoewel hoë konsentrasies yster, fluoried en nitraat in sommige gebiede voorkom. Die potensiaal vir groter benutting van grondwater is in dele van die projekgebied geïdentifiseer, hoofsaaklik vir huishoudelike doeleindes en die besproeiing van voedselpersele. Baie gebiede het egter net beperkte grondwaterpotensiaal.

Die Olifantsopvanggebied bestaan uit 'n belangrike ekologiese oorgangsone waar vier afsonderlike bioklimaatstreke bymekaar kom. Die Sekhukhune-sentrum van Plantendemisme in die Steelpoortvallei is 'n

Figuur 5. Verduideliking van die Reserwe. Hierdie figuur toon ook hoe die Departement die toekenning van water sal prioritiseer.

Die Reserwe het eerste prioriteit.

Balanseer billikheid met volhoubaarheid – die Reserwe

Nas

iona

leve

rant

-w

oord

elik

heid

Opv

angg

ebie

dbes

tuur

sage

nt-

skap

se v

eran

twoo

rdel

ikhe

id

Internasionale verpligtinge, tussenkomoorplasings, strategiese behoeftes, toekomstige gebruik

Alle ander gebruike gemagtig volgens kriteriavan billike toewysings, voordelige gebruik in openbare belang, en omgewingswaardes

Ekologiese behoeftes

Basiese menslike behoeftes

Toew

ysin

gs

Die Reserwe –die enigste regop water in die Nasionale Waterwet

As al die water in die land in ‘n emmer geplaas kon word, is die “Reserwe” die water wat altyd in die emmer moet bly vir basiese menslike behoeftes en ekologiese behoeftes

Nas

iona

leve

rant

-w

oord

elik

heid

Opv

angg

ebie

dbes

tuur

sage

nt-

skap

se v

eran

twoo

rdel

ikhe

id

Internasionale verpligtinge, tussenkomoorplasings, strategiese behoeftes, toekomstige gebruik

Alle ander gebruike gemagtig volgens kriteriavan billike toewysings, voordelige gebruik in openbare belang, en omgewingswaardes

Ekologiese behoeftes

Basiese menslike behoeftes

Toew

ysin

gs

Die Reserwe –die enigste regop water in die Nasionale Waterwet

As al die water in die land in ‘n emmer geplaas kon word, is die “Reserwe” die water wat altyd in die emmer moet bly vir basiese menslike behoeftes en ekologiese behoeftes

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

11

unieke tipe bergbosveld, met 20 spesies endemiese plante (as die verspreiding van 'n spesie tot 'n spesifieke gebied beperk is, word dit "endemies" genoem).

55.. OOMMGGEEWWIINNGGSSIINNVVLLOOEEDDEEVVAALLUUEERRIINNGG ((OOIIEE))--PPRROOSSEESS Spesialisstudies word gebruik om antwoorde op die kwellings van belanghebbendes te verskaf ten einde te voorspel wat die moontlike negatiewe en positiewe invloede sal wees. Hierdie resultate word aan belanghebbendes deurgegee deur middel van die Konsep-Omgewingsinvloedverslag en sy Opsomming.

Die OIE vir die voorgestelde projek is wyd geadverteer en spesiale pogings is aangewend om bydraes te kry van mense wat regstreeks geraak kan word. Advertensies waarin die OIE bekend gemaak is, is in die media geplaas, en projekkennisgewingsborde is op prominente plekke langs paaie aangebring. 'n Agtergrondinligtingsdokument, 'n Konsep-Trefwydteverslag en sy Opsommende Verslag (in Afrikaans, Engels en Sepedi) is wyd versprei. Afgesien van drie groot werkwinkels en ander vergaderings gedurende die Siftingsfase is meer as 20 vergaderings gedurende die Trefwydtefase tot Oktober 2004 gehou met grondeienaars, gemeenskappe, owerhede, watergehaltekenners, NRO's betrokke by die bou van damme, inwoners en andere. Gedurende die Invloedevalueringsfase is belanghebbendes op hoogte van vordering gehou deur middel van twee verpersoonlikte briewe wat in Desember 2004 en Maart 2005 aan meer as 2 500 belanghebbendes gerig is. Verdere vergaderings is gehou met grondeienaars wat moontlik regstreeks geraak sal word. Gedurende die tydperk na die Invloedevalueringsfase het belanghebbendes in Augustus 2005 'n brief ontvang wat hulle in kennis gestel het van die beskikbaarheid van die Konsep-Omgewingsinvloedverslag (OIV) en sy Opsomming (hierdie verslag, in Afrikaans, Engels en Sepedi) en hulle genooi het na vier openbare vergaderings/algemene vergaderings op verskillende plekke (kyk bladsy iii van hierdie verslag). Die Konsep-OIV sal van 18 Augustus 2005 tot Donderdag 29 September 2005 beskikbaar wees vir insae deur die publiek. Verder is die beskikbaarheid van die Konsep-OIV aangekondig in media-advertensies wat in plaaslike en streekkoerante gepubliseer is en op plaaslike radiostasies uitgesaai is.

Benewens die proses van openbare deelname vir die OIE het die Departement van Waterwese en Bosbou verskeie parallelle inisiatiewe vir skakeling met belanghebbendes aangepak vir die projek as geheel.

Alle kwessies wat deur belanghebbendes geopper is, is opgeneem in 'n Kwessiesverslag, wat verkry kan word van die Kantoor vir Openbare Deelname of op die Departement van Waterwese en Bosbou se webwerf: www.dwaf.gov.za/Projects/olifant/documents.htm. Na verstryking van die tydperk vir openbare kommentaar op die Konsep-OIV sal alle kommentaar opgeneem word in die Finale Omgewingsinvloedverslag, wat aan die owerhede voorgelê sal word vir besluitneming.

66.. OOPPSSOOMMMMIINNGG VVAANN BBEEVVIINNDDIINNGGSS VVAANN DDIIEE OOMMGGEEWWIINNGGSSIINNVVLLOOEEDDEEVVAALLUUEERRIINNGG Hierdie afdeling bied 'n opsomming van die vernaamste bevindings van die OIE.

66..11 HHooeevveeeellhheeiidd eenn ggeehhaallttee vvaann rriivviieerrvvllooeeii Gemeenskapslede, private individue en groepe, nywerhede en plaaslike en nasionale owerhede het verskeie kwellings oor die hoeveelheid en gehalte van riviervloei geopper. Hulle was besorg oor die

potensiële invloede wat die voorgestelde dam op die vloei en gehalte stroom af van die Steelpoortrivier kan hê, asook die invloed op die Olifantsrivier. Kommer is ook uitgespreek oor die uitwerking van toeslikking / sedimentasie op die Steelpoort- en die Olifantsrivier.

Belanghebbendes was ook besorg oor die toekomstige invloede van mynboubedrywighede op oppervlak- en grondwater as gevolg van die voorgestelde konstruksie van die De Hoopdam. Verskeie belanghebbendes het aangedui dat hulle voel dis uiters belangrik dat die hoeveelheid en gehalte van riviervloei rakende die voorgestelde projek op 'n gereelde en deurlopende basis

Kassie 1. Sleutelkwessies wat tydens trefwydte geïdentifiseer is.

• Hoeveelheid en gehalte van riviervloei • Akwatiese en landekologie • Volhoubaarheid en vraagbestuur • Geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning • Konstruksie-invloed • Grondverkryging en vergoeding.

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

12

gemoniteer moet word.

Boere en landelike gemeenskappe wat rivierwater onttrek vir besproeiing, was besorg dat die voorgestelde dam 'n negatiewe invloed kan hê op die hoeveelheid en gehalte van water in die Steelpoort- en die Olifantsrivier. Belanghebbendes was ook besorg dat die voorgestelde dam 'n invloed op die Nasionale Krugerwildtuin en die Massingirdam in Mosambiek kan hê.

66..11..11 OOIIEE--bbeevviinnddiinnggss eenn aaaannbbeevveelliinnggss –– hhooeevveeeellhheeiidd eenn ggeehhaallttee vvaann rriivviieerrvvllooeeii

Rivierstelsels is onderling gekoppel en die konstruksie van die voorgestelde De Hoopdam in die Steelpoortrivier, asook mynbouontwikkelings gepaard met die dam, kan moontlik 'n invloed hê op die hoeveelheid en gehalte van die water in die Olifantsrivier. (Dis belangrik om te onthou dat daar gewoonlik 'n noue verband is tussen die hoeveelheid en die gehalte van water. Byvoorbeeld, 'n afname in vloei kan potensieel lei tot 'n hoër konsentrasie van besoedelstowwe in die rivier omdat daar minder water is om die besoedelstowwe te “verdun”.)

Studies oor die ontleding van waterhulpbronne toon dat die voorgestelde dam die totale jaarlikse vloei in die Steelpoortrivier by die staalbrug na Jane Furse waarskynlik met ongeveer 63% sal verminder. Hierdie afname kan soos volg verklaar word: in tye van hoë reënval en hoë riviervloei sal baie water tans onbenut in die rivier afvloei. As die dam daar is, sal die hoë vloeie in die dam gehou word, en op dié wyse kan water wat in die verlede "verloor" is, nou in die dam opgegaar word vir toekomstige gebruik.

Ofskoon die jaarlikse vloei (met inbegrip van tye van hoë vloei) in die Steelpoortrivier sal afneem, sal die invloed op die totale jaarlikse vloei in die Olifantsrivier na verwagting gering wees. Ander damme in die Olifantsrivier-opvanggebied het 'n baie groter invloed op die vloei in die Olifantsrivier as wat vir die De Hoopdam geprojekteer word. Die kwessies rakende die vloei van die Olifantsrivier word tans deur die Departement van Waterwese en Bosbou ondersoek deur die proses van die implementering van die “Reserwe” (kyk Figuur 5).

Dit is belangrik om daarop te let dat die Nasionale Waterwet (Wet No. 36 van 1998) vereis dat water verskaf moet word om die behoeftes van die “Reserwe” te bevredig voordat die behoeftes van ander gebruikers bevredig word. Die voorgestelde De Hoopdam sal so ontwerp en bedryf word dat daar verseker sal word dat water uitgelaat word om te voldoen aan die wetlike vereistes om in die behoeftes van die "Reserwe" in die Steelpoortrivier te voorsien. Dit sal meebring dat die toestande van lae vloei in die Steelpoortrivier beduidend hoër sal wees as die lae vloei wat tans ondervind word. Daar kan dus verwag word dat vloede kleiner sal wees (omdat meer water in die dam gehou word) en dat lae vloeie hoër sal wees (omdat lae vloei aangevul kan word met water uit die De Hoopdam). Dit behoort dus 'n positiewe invloed te hê op die diere en plante en verskeie watergebruikers stroom af en die rivier in die algemeen, veral as die rivier as 'n vervoermiddel gebruik word. Verder sal die Departement van Waterwese en Bosbou bestaande wettige waterregte eerbiedig.

Die Departement van Waterwese en Bosbou kan dit nie bekostig om myne en nywerhede van meer water te voorsien om hulle bedrywighede uit te brei sonder dat kwessies wat water verminder en besoedelstowwe in oppervlak- en grondwater verhoog, erken en hanteer word nie. Om hierdie rede is die Departement van Waterwese en Bosbou besig met die ontwikkeling van 'n Watergehaltestrategie vir die streek as deel van 'n groter Geïntegreerde Waterhulpbronbestuurstrategie wat uit die Nasionale Waterhulpbronstrategie

Kassie 2. Sleutelbevindings: Hoeveelheid en gehalte van riviervloei.

• Die gemiddelde jaarlikse afloop in die Steelpoortrivier sal met ongeveer 63% afneem deur die berging van hoë vloeie.

• Die uitlating van Reserwe uit die voorgestelde De Hoopdam sal positiewe ekologiese invloede op die Steelpoortrivier hê.

• Die voorgestelde De Hoopdam sal weinig invloed hê op vloei stroom af in die Olifantsrivier (d.i. Nasionale Krugerwildtuin).

• Die gebruik van die Steelpoortrivier as 'n vervoermiddel sal die rivierstelsel bevoordeel.

• Invloede op watergehalte as gevolg van groter mynboubedrywigheid moet hanteer word deur wetgewing en deurlopende monitering.

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

13

voortvloei. Dit is egter belangrik om daarop te let dat hierdie strategieë tyd sal neem om te implementeer. Die huidige poging van die Departement van Waterwese en Bosbou is om te verseker dat huidige besluitneming in alle sektore die beginsels van die Nasionale Waterhulpbronstrategie in aanmerking neem.

Indien die voorgestelde projek deur die regulerende owerhede gemagtig word, sal 'n OBP vir die konstruksie en bedryf van die dam opgestel word. Hoofstuk 4 van die OBP sal handel oor die ontwerp en implementering van moniteringsprogramme vir die hoeveelheid en gehalte van water in die Steelpoortrivier.

66..22 AAkkwwaattiieessee eenn llaannddeekkoosstteellsseellss Wat akwatiese ekostelsels betref, was mense besorg oor die welsyn van akwatiese spesies wat tans in die rivier lewe waar die voorgestelde dam gebou gaan word. Hulle was ook besorg oor die moontlike invloed van tussenkomoordrag van water omdat spesies potensieel ingevoer kan word in gebiede waar hulle nooit voorheen voorgekom het nie. Besorgdheid is ook uitgespreek dat die damwal 'n versperring vir die migrasie van akwatiese spesies kan wees.

Met betrekking tot landekostelsels was mense besorg oor sensitiewe en bedreigde plant- en dierspesies en wat die invloed op hulle kan wees. Daar is ook besorgdheid uitgespreek oor die invloed van erosie en indringerplante as gevolg van die aktiwiteite rakende die konstruksie en bedryf van die dam. 'n Verdere kwelling was die invloed wat die dam kan hê op medisinale plante wat in die damkom voorkom.

66..22..11 OOIIEE--bbeevviinnddiinnggss eenn aaaannbbeevveelliinnggss –– aakkwwaattiieessee eekkoosstteellsseellss

Die huidige toestand (Huidige Ekologiese Stand) van die visse en akwatiese ongewerweldes dui daarop dat die Steelpoortrivier in die klas val wat as “matig benadeel” bestempel word, terwyl die Kliprivier as “effens benadeel” geklassifiseer word. 'n Mate van habitatverlies het reeds plaasgevind, en daar is tans ook 'n aansienlike verlies van sensitiewe visspesies as gevolg van besoedeling stroom op en vloeivermindering. Die voorgestelde dam sal 'n groot stuk rivierhabitat oorstroom en sal na verwagting lei tot die plaaslike uitwissing van sensitiewe riviervisse, insluitende die gestreepte ghieliemientjie, wat 'n Rooi Data-spesie is.

Driekwart van 'n skouspelagtige waterval in die Kliprivier sal na verwagting deur water bedek word wanneer die damvlak tot sy "volvoorraadvlak" styg. Sensitiewe visspesies oorleef in die Kliprivier en herbevolk met tussenpose dele van die Steelpoortrivier. Skuilgebiede in die Kliprivier sal bewaar en bestuur moet word om die toekomstige oorlewing van hierdie spesies in die gebied te verseker.

Die voorgestelde dam sal ook 'n aantal positiewe invloede op die akwatiese ekostelsels hê. Dit sluit in dat die visserypotensiaal van die gebied vergroot sal word en dat die lae vloeivlakke stroom af van die dam sal verbeter as gevolg van beplande uitlatings vir die "Reserwe". Die voorgestelde dam kan dus bydra tot die welsyn van sensitiewe visspesies wat afhanklik is van vloei dwarsdeur die jaar in die Steelpoortrivier stroom af van die dam, wat weer eens vergroot kan word as die rivier as vervoermiddel gebruik word.

Negatiewe invloede wat tydens die konstruksieproses verwag kan word, is invloede wat gewoonlik met die bou van enige dam en pypleiding verwag word. Dit sluit in versteuring van oewerhabitatte, groter sedimentasie, groter ontginning van akwatiese hulpbronne, toevallige storting van brandstof en olie, groter nablywende organiese besoedelstowwe en afvalwaterbesoedeling.

Vir spesies wat regstreeks geraak word, is daar weinig doeltreffende versagting. Die OIE beveel egter aan dat die Kliprivier-sytak bewaar word en deel uitmaak van pogings om voorsiening te maak vir die versagting weg van die terrein van invloede op biodiversiteit (kyk hieronder). Die OIE beveel ook aan dat vislere by al die voorgestelde stuwalle aangebring word om vis in staat te stel om stroom op te migreer tydens hulle teelsiklus. Dis belangrik om daarop te let dat 'n visleer vir die De Hoopdam nie prakties is nie omdat die damwal 81 m hoog sal wees. Die OIE beveel verder aan dat die program vir die uitlating van water uit die De Hoopdam so bestuur en uitgevoer word dat daar verseker word dat water wat uitgelaat word, ryk aan suurstof sal wees en dat die temperatuurverskil tussen die dam en die rivier stroom af nie te groot sal wees nie. Die OBP sal ook spesiale voorsiening maak vir aanbevelings gedurende konstruksie om te verseker dat die invloed van konstruksie-aktiwiteite (bv besoedeling en erosie) op 'n doeltreffende wyse verminder word.

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

14

66..22..22 OOIIEE--bbeevviinnddiinnggss eenn aaaannbbeevveelliinnggss –– llaannddeekkoosstteellsseellss

Die voorgestelde dam is geleë in die Sekhukhune-sentrum van Plantendemisme. Verskeie endemiese plantspesies kom in die gebied voor, wat beteken dat die spesies net in hierdie gebied voorkom. Die plantegroei in die kom van die voorgestelde dam wissel van hoogs sensitiewe gebiede tot gebiede met lae sensitiwiteit. Sommige dele van die projekgebied is nie goed gedokumenteer nie en nuwe spesies word steeds ontdek. Dit is ‘n aanduiding dat daar 'n risiko bestaan dat onbekende biodiversiteit verlore kan raak as gevolg van die dam. Twaalf plantspesies, vier soogdierspesies, drie voëlspesies en een reptielspesie op die Rooi Datalys is hier aangeteken. Baie van die plantspesies in die voorgestelde ontwikkelingsgebied word op groot skaal vir medisyne, voedsel, brandhout of ander nutsprosesse deur plaaslike mense gebruik.

Daar is 'n moontlikheid dat die bedreigde status van plantegroeigemeenskappe en bevolkings van spesies kan vererger as die voorgestelde De Hoopdam gebou word. Die OIE-spesialiste beveel aan dat konstruksie

en verdere beplanningsaktiwiteite hierdie bedreigde status te alle tye in ag moet neem. Party plantspesies kan verskuif word om hulle weg van die terrein te beskerm. Dit is egter belangrik om te besef dat ekostelsels (plante, diere, grond, water ens.) as geheel beskerm moet word eerder as om 'n enkele spesie te beskerm.

Voorts beveel die OIE aan dat verdere studies gedoen word om die haalbaarheid van ander soortgelyke gebiede in die omgewing van die ontwikkeling te ondersoek, waar die bedreigde spesies en ekostelsels formeel beskerm kan word. Die OIE Span is van mening dat 'n stuk Sekhukhune-bergbosveld van soortgelyke

grootte as die voorgestelde ontwikkeling, formeel bewaar word. Nog 'n aanbeveling is dat reddingsoperasies aangepak word om soveel van die bedreigde spesies as moontlik te hervestig. Die OBP sal ook spesiaal voorsiening maak vir aanbevelings gedurende konstruksie om te verseker dat die invloed van konstruksie-aktiwiteite (bv besoedeling en erosie) op doeltreffende wyse verminder word.

Die gebied wat oorstroom sal word, is die rivier en sy vallei. Omdat die wal egter in die bergplantegroei gebou sal word, sal die implementering van bewaringsmaatreëls weg van die terrein vir die rivier, die vallei en die bergplantegroei belangrik wees.

66..33 LLaannggtteerrmmyynn-- vvoollhhoouubbaaaarrhheeiidd eenn wwaatteerrvvrraaaaggbbeessttuuuurr ((bbeessppaarriinngg,, hheerrggeebbrruuiikk eenn hheerrssiikklleerriinngg vvaann wwaatteerr))

Baie belanghebbendes het kwessies rakende watervraagbestuur en die volhoubaarheid van die projek geopper. Belanghebbendes het aangedui dat die voorgestelde projek beginsels van vraagbestuur in ag neem, en dat waterbewaring in die projek geïntegreer word. Hulle het ook daarop aangedring dat mense opgevoed word in watervraag- en bewaringskwessies. Die doeltreffendheid van watergebruik in dorpe en stedelike gebiede, besproeiingslandbou en mynbou moet verbeter word. Die projek moet ook ekonomiese voordele (kyk vroeër) en maatskaplike aanvaarbaarheid en ekologiese integriteit toon (kyk Figuur 2, wat die konsep van volhoubaarheid verduidelik).

66..33..11 OOIIEE--bbeevviinnddiinnggss eenn aaaannbbeevveelliinnggss –– wwaatteerrvvrraaaaggbbeessttuuuurr

Daar is twee benaderings om probleme met 'n watertekort in 'n gebied te hanteer. Die vraag na water kan bevredig word (soos om damme en ander infrastruktuur te bou), of die vraag kan verminder word (deur te fokus op projekte wat waterbewaring bevorder). Alternatiewelik kan 'n kombinasie van albei benaderings gebruik word.

Een van die vernaamste dryffaktore vir die voorgestelde De Hoopdam en grootmaat-waterverspreidingsinfrastruktuur was die geleentheid om die mynbedryf te gebruik om die ekonomiese ontwikkeling van die gebied te bevoordeel. Daar is besef dat volhoubare oplossings op langer termyn ook

Kassie 3. Sleutelbevindings: Akwatiese en landekologie.

• Die Sekhukhune-sentrum van Plantendemisme (SCPE) het te min bewaring.

• Geen formeel bewaarde stukke Bergbosveld in die sentrum nie.

• Oorstroming van 1 690 ha sal bedreigde status van spesies vererger, en 'n versigtige benadering word dus aanbeveel.

• Versagting weg van die terrein deur formele bewaring van 'n ander soortgelyke gebied (beter as om 'n enkele spesie te verskuif).

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

15

verwesenlik kan word terwyl die huidige dringende behoeftes hanteer word. Die vaardighede om damme te bou en hulle potensiële waterlewering te voorspel, is goed gevestig in Suid-Afrika. Deur hierdie projek sal die Suid-Afrikaanse regering in staat wees om verbintenisse tot die mynbousektor te maak (en sodoende ekonomiese ontwikkeling moontlik maak) en terselfdertyd aandag te gee aan dringende maatskaplike kwessies (die verskaffing van bekostigbare huishoudelike water) in die gebied.

Die watertekort in die Middel-Olifants-opvanggebied kan nie verlig word net deur nuwe damme en verwante infrastruktuur te bou nie. So 'n eensydige benadering sal vanuit die oogpunt van volhoubaarheid op die lange

duur nie lewensvatbaar wees nie. Ons moet besef dat baie reeds gedoen word rakende die hergebruik van water en/of die vermindering van verliese, veral in Polokwane en Mokopane. Die poten-siaal bestaan in die streek om verliese te verminder en waterhulpbronne doeltreffender te gebruik. Water kan bespaar word in alle sektore, van mynbou en nywerhede tot landbou en huishoudelike gebruikers, en dit is hierdie pogings, saam met nuwe projekte soos die De Hoopdam, wat moet verseker dat volhoubaarheid op lang termyn behaal word.

Die OIE beveel aan dat 'n Bewarings- en Vraagstrategie vir die Middel-

Olifants-opvanggebied opgestel word. Hierdie strategie moet die landbou-, munisipale en nywerheidswatergebruike in die gebied in detail bestudeer. Dit moet ook alle beskikbare tegniese en sosio-ekonomiese opsies in ag neem om te verseker dat waterhulpbronne op die volhoubaarste manier gebruik word. Tydraamwerke, waterbewaringsteikens en finansiële opsies moet opgestel en toegepas word vir watergebruik in elke sektor. Hierdie strategie moet die steun van die regering en private en informele belanghebbendes kry.

Die OIE wys ook daarop dat vereistes van die Wet op Omgewingsbewaring (Wet 73 van 1989) en die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (Wet 107 van 1998) moet verseker dat hierdie projek op 'n volhoubare wyse onderneem word. Sleutelvereistes hiervoor is die OIE-proses, openbare deelname dwarsdeur hierdie proses en ook die implementering van 'n OBP om alle potensiële invloede te versag.

6.4 Geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning in die projekgebied Belanghebbendes uit landelike gebiede en die private sektor het aanbeveel dat plaaslike mense gedurende die konstruksie- en ontwikkelingsfase van die voorgestelde dam gebruik word om te verseker dat die projek tot regstreekse voordeel van plaaslike gemeenskappe sal wees. Hulle het ook aangedui dat hulle graag op langer termyn gedurende die bedryfsfase in diens geneem wil word. Verskeie belanghebbendes het ook aangedui dat hulle besorg is oor MIV/Vigs en die uitwerking wat dit op die projek kan hê. Tydens die proses van openbare deelname het verskeie lede van die gemeenskap gewys op die behoefte aan huishoudelike water in die landelike gebiede in die omgewing van die projekgebied. Gemeenskapslede wou weet hoe lank hulle moet wag vir huishoudelike water en hoeveel hulle kan verwag om vir die water te betaal.

66..44..11 OOIIEE--bbeevviinnddiinnggss eenn aaaannbbeevveelliinnggss –– ggeeïïnntteeggrreeeerrddee oonnttwwiikkkkeelliinnggssbbeeppllaannnniinngg

As gevolg van die dringendheid om water aan die projekgebied te lewer, sal konstruksie versnel word (ons moet dit met fasering in verband bring) indien 'n positiewe Rekord van Besluit uitgereik word. Gevolglik sal die Departement van Waterwese en Bosbou ervare konstruksiekontrakteurs en arbeid moet aanstel om die voorgestelde dam en infrastruktuur in die kortste moontlike tyd te bou ten einde die water so gou moontlik beskikbaar te stel. Dit is egter ook die beleid van die Departement van Waterwese en Bosbou dat plaaslike arbeid en vaardighede so ver moontlik gebruik word ('n geraamde 600-800 werkgeleenthede, waarvan 60% plaaslik sal wees). Dit sal in alle kontrakdokumente gespesifiseer word, en die proses sal gefasiliteer word deur die skepping van arbeidskantore, waar plaaslike leiers 'n prominente rol sal speel. Voorts sal baie van die water wat die projek sal verskaf, aangewend word vir die aansienlike mynbou-uitbreiding wat vir die

Kassie 4. Sleutelbevindings: Volhoubaarheid en vraagbestuur.

• Waterhulpbronne word oorbenut en aanbodkant-oplossings kan nie onbepaald aanhou nie.

• Waterbewaring en vraagbestuur is sleuteluitkomste van die Wêreldkommissie oor Damme en sleutelkomponente van die Nasionale Waterhulpbron-strategie.

• Potensiaal om waterverbruik/vraag te verminder bestaan in die Middel-Olifants-opvanggebied.

• Bewaring en vraagbestuur moet dieselfde vlak van belangrikheid kry as infrastruktuurontwikkeling, binne dieselfde dekade of so van projekkonstruksie.

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

16

gebied beplan word. Mynbou-uitbreiding sal na verwagting beduidende geleenthede vir plaaslike indiensneming en ekonomiese groei teweeg bring.

Maatskaplike dienste sal uitgebrei moet word met die oog op die groeiende bevolking in die gebied. Die toename in mynboubedrywighede in die gebied sal na verwagting 'n verdere beduidende toename in die bevolking in die gebied meebring. Die mynboubedrywighede sal egter geleidelik ontwikkel, en die bevolkingstoename in die gebied sal dus na verwagting ook geleidelik plaasvind. Die huidige uitdaging vir die regering is om in die huidige behoefte aan maatskaplike dienste te voorsien en om die maatskaplike dienste dan geleidelik uit te brei na gelang van die mynbou- en ander ontwikkelings in die gebied. Maatskaplike dienste wat uitgebrei moet word, sluit in gesondheid, onderwys, vulliswegdoening, behuising, sekuriteit, welsyn en ontspanning.

Die konstruksie van die voorgestelde De Hoopdam sal na verwagting nie 'n beduidende invloed op padverkeervolumes hê nie. Die voorspelde toename in verkeer as gevolg van die projek sal na verwagting nie meer as 5% van die huidige volume wees nie.

Openbare gesondheid is 'n bepaalde kwelling. Daar bestaan besorgdheid oor die verspreiding van siektes en die invloed van MIV/Vigs in die projekgebied. Op die oomblik is daar geen strategiese plan vir openbare gesondheidsdienste en hoe toekomstige eise die hoof gebied kan word nie. Na verwagting sal die vraag na gesondheidsorg toeneem as gevolg van die ORWHOP en die beplande mynbou-uitbreidings. Die behoefte aan openbare gesondheidsorg moet die hoof gebied word om te verseker dat daar voldoende fasiliteite in die gebied beskikbaar is.

'n Positiewe aspek is egter die voordele vir plaaslike gemeenskappe wanneer die voorgestelde projek hulle van skoon huishoudelike water voorsien.

Die stand van die streekekonomie na die mynbou-opbloei is nog 'n aspek wat 'n potensiële toekomstige invloed kan hê. Die streek het voldoende mineraalhulpbronne om mynbou 100 jaar lank vol te hou. Dit is egter belangrik om in gedagte te hou dat mynbou deur die wêreldekonomie en wêreldmetaalpryse beïnvloed word. Gevolglik is dit moeilik om akkuraat te voorspel wat die ekonomiese toekoms van die streek sal wees. Dis belangrik om hierdie kwessie in gedagte te hou as 'n moontlike toekomstige langtermyninvloed.

Die OIE beveel aan dat die Departement van Waterwese en Bosbou 'n belangrike rol speel om geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning in die streek te fasiliteer en te dryf. Die Staat moet ook voldoende

hulpbronne verskaf om te verseker dat voldoende geïntegreerde ontwikkelings-beplanning gedoen word. Vanuit 'n gesondheidsperspektief beveel die OIE aan dat voldoende behuising, gesond-heidsorg, vervoer en basiese maatskaplike dienste verskaf word vir werkers vir die voorgestelde projek. Wat gesondheidsorg betref, moet groot klem op MIV/Vigs en TB geplaas word.

Die OIE beveel ook aan dat die regering die nodige hulpbronne aan plaaslike owerhede verskaf om te verseker dat huishoudelike water so gou moontlik aan landelike gebiede gelewer kan word. Daar

word opgemerk dat sommige gemeenskappe huishoudelike water kan nodig kry voor die voltooiing van die voorgestelde projek. Die OIE beveel ook deurlopende vaardigheidsontwikkeling vir werkers op die voorgestelde projek aan, asook deurlopende gesondheidsopvoeding.

66..55 BBeeppeerrkkiinngg vvaann kkoonnssttrruukkssiieevveerrwwaannttee iinnvvllooeeddee 'n Aantal belanghebbendes was besorg oor kwessies rakende invloede tydens die konstruksie van die voorgestelde De Hoopdam. Hulle was bekommerd dat die konstruksie van die dam 'n beduidende negatiewe invloed op die plante, diere en die Steelpoortrivier kan hê. Mense van plaaslike gemeenskappe het gevra hoe die pypleiding hulle sal raak. Hulle was ook besorg oor die potensiële invloede van die verskuiwing van

Kassie 5. Sleutelbevindings: Geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning.

• Die gebied se kapasiteit om instroming te hanteer, moet aandag kry.

• Die Staat moet bykomende dienste, veral gesondheidsorgdienste, motiveer in samewerking met die projek.

• Negatiewe gesondheids- en MIV/Vigs-invloede op kort termyn word verwag.

• Voorsiening van huishoudelike water sal positiewe gesondheidsinvloede meebring.

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

17

die R555, aktiwiteite wat stof en geraas veroorsaak en ook die potensiële gevare van die konstruksie vir plaaslike gemeenskappe (byvoorbeeld die risiko dat mense en diere in gate en slote kan val).

66..55..11 OOIIEE--bbeevviinnddiinnggss eenn aaaannbbeevveelliinnggss –– kkoonnssttrruukkssiieevveerrwwaannttee iinnvvllooeeddee

Die negatiewe invloede wat gedurende konstruksie op hierdie ekostelsels verwag word, sluit in die versteuring van oewerhabitatte, versteuring van dierelewe (waarvan party belangrik kan wees, byvoorbeeld diere met 'n beperkte beweegruimte soos die Sekhukhunevlakte-akkedis), groter potensiaal vir uitheemse plantegroei, groter erosie en sedimentasie in die rivier, groter ontginning van hulpbronne (land en akwaties), toevallige storting van brandstof en olie wat die grond en/of rivier besoedel, en besoedeling deur afvalwater.

Die meganismes om hierdie invloede te hanteer, is goed ontwikkel en die invloede kan deur 'n goed geformuleerde OBP bestuur word. Die OIE beveel ook aan dat sensitiewe spesies in en om die voorgestelde konstruksieterreine en geassosieerde gebiede geïdentifiseer, verwyder en hervestig word in beskermde gebiede. Konstruksiegebiede moet so gou as wat dit prakties moontlik is, gerehabiliteer word soos in die OBP beskryf. Behoorlike bedryfsprosedures en voorkomingsfasiliteite (soos in die OBP beskryf) moet ingestel word om besoedeling deur olie, brandstof en ander chemikalieë te voorkom.

'n Belangrike positiewe omgewingsinvloed vanuit 'n maatskaplike oogpunt is dat die voorgestelde dam werk vir tussen 600 en 800 plaaslike mense sal verskaf, waarvan 60% plaaslik sal wees. Dit sal ‘n positiewe invloed hê op die plaaslike gemeenskappe.

Die toename in die aantal mense in die projekgebied sal egter waarskynlik tot nuwe informele dorpies lei. Dit kan 'n toename in siektes, misdaad en negatiewe sosiale gedrag meebring as dit nie behoorlik bestuur word nie. Verskeie konstruksie- en bestuurspraktyke kan hierdie invloede beperk, en deurlopende kommunikasie met die publiek sal plaasvind. Hierdie versagtingsmaatreëls is belangrik omdat dit mense weg van die De Hoopdam-konstruksieterrein sal trek. Akkommodasie sal op die konstruksieterrein verskaf moet word, maar daar is planne om akkommodasie vir die meeste van die werknemers in naburige dorpe te verskaf (kyk ook Afdeling 3.3.1). Werksoekers en informele handelaars kan maatskaplike versteurings veroorsaak, en hierdie versteurings moet tot die minimum beperk word om die invloed op die bestaande plaaslike gemeenskappe en omliggende plase te verminder. Versagting sal ook nodig wees op die voorgestelde pypleidingroetes en

in gebiede waar potensieel hoë padgevare geïdentifiseer is.

Die OIE beveel aan dat arbeidsprosedures ingestel word om die werwing van werkers formeel te hanteer. Die Departement van Waterwese en Bosbou behoort samesprekings te hê met die Departement van Arbeid oor die opleiding van plaaslike mense. Die werwing van arbeid sal deur die Arbeidskantoor hanteer word. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens moet verwittig word van die tye van groot werwingsbedrywighede, en reëlings moet getref word om vrede en orde te verseker

wanneer lone betaal word. Beplande informele handelsterrreine moet deur die plaaslike owerhede ingestel en bestuur word om potensiële invloede te beperk.

Die OIE beveel voorts aan dat kontrakteurs sensitief moet wees vir plaaslike gemeenskappe en verkeers- en konstruksiegevare in ag moet neem. Invloede rakende verkeer en konstruksie moet by bestuursplanne ingesluit word om potensiële invloede op plaaslike gemeenskappe te beperk.

Aanbevelings in die OIE oor geraas, stof en visuele invloede moet so ver moontlik fokus op die voorkoming van hierdie invloede. Die aktiwiteite wat hierdie invloede veroorsaak, moet op 'n behoorlik beplande wyse gereguleer en bestuur word.

Kassie 6. Sleutelbevindings: Konstruksie-invloede.

• Positiewe invloed rakende werkverskaffing en ekonomiese stimulasie (plaaslik, in die streek, provinsiaal en nasionaal).

• Bekende invloede wat bestuur kan word:

- Stof en geraas

- Maatskaplike ontwrigting

- Verkeer en veiligheid

- Besoedeling en rehabilitasie.

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

18

Die OIE beveel ook aan dat afvalbestuur in die OBP aandag kry om ernstige invloede op die ontvangende omgewing te voorkom.

66..66 GGrroonnddvveerrkkrryyggiinngg eenn vveerrggooeeddiinngg Private grondeienaars en gemeenskapslede was besorg oor die aantal invloede wat die voorgestelde projek op hulle kan hê. Byvoorbeeld, besorgdheid is uitgespreek deur lede van die Tshehla Trust wat deur die voorgestelde projek geraak sal word omdat die dam meer as 60% van hulle grond kan oorstroom. Private grondeienaars was ook besorg dat die dam dele van hulle eiendomme sal oorstroom, en oor die herbelyning van die R555 wat deur hulle plase sal sny. Verskeie grondeienaars het ook aangedui dat serwitute grondeienaars kwesbaar kan maak betreffende toegang tot hulle eiendomme. Private en gemeenskaplike grondeienaars het gesê hulle is besorg oor die negatiewe invloede wat die projek kan hê wat landbou, toerisme en veiligheid betref. Belanghebbendes was ook nie seker hoe vergoeding vir geaffekteerde grond sal plaasvind en hoe dit gefasiliteer sal word nie.

66..66..11 OOIIEE--bbeevviinnddiinnggss eenn aaaannbbeevveelliinnggss –– ggrroonnddvveerrkkrryyggiinngg eenn vveerrggooeeddiinngg

Ofskoon die gebied as geheel gestimuleerde ekonomiese groei sal beleef, sal die grondeienaars in die damkom en dié wat deur die voorgestelde dam geraak sal word, vergoeding ontvang. Dit is belangrik om daarop te let dat die OIE-span nie hierdie vergoeding sal bereken of oor die verkryging van grond en vergoeding met grondeienaars sal onderhandel nie. Die Departement van Waterwese en Bosbou sal regstreeks met grondeienaars onderhandel oor die verkryging van serwitute en grond.

Die OIE beveel 'n lys van belangrike oorwegings en faktore aan wat oorweeg moet word tydens grondverkryging en vergoeding ingevolge wetgewing (kyk Afdelings 9.6 en 10.6 in die volledige Konsep- Omgewingsinvloedverslag). Daar word ook aanbeveel dat grondeienaars genoeg inligting aan die regering verstrek om ingeligte besluitneming moontlik te maak.

Die OIE het bevind dat die vergoedingsproses langs die pypleidingroetes, hoewel finansieel nie groot nie, moeiliker sal wees wat tyd en moeite betref. Na verwagting sal dienste (hoofsaaklik water en elektrisiteit) tydelik ontwrig word tydens konstruksie, en dit sal as 'n prioriteitsaangeleentheid herstel moet word. Die regering sal 'n aantal belangrike kwessies oorweeg wanneer hy besluit oor waardasie en vergoeding. Belangrike kwessies sluit in beboude gebiede (met infrastruktuur soos heinings, hekke, toilette, garages, sakepersele en huise), bewerkte gebiede met eenjarige gewasse (byvoorbeeld mielies) en meerjarige gewasse (byvoorbeeld vrugtebome) en ook grafterreine. Al hierdie entiteite sal gewaardeer en vergoed moet word. Die OIE beveel aan dat hierdie proses lank voor die konstruksietydrooster begin. Die OIE se bevindings waarsku dat as hierdie proses nie billik en volgens 'n standaardprosedure oor die hele lengte van die pypleidings gedoen word nie, geaffekteerde mense ongelukkig sal wees, en dit kan maatskaplike spanning in die gebied veroorsaak.

Huise wat naby die voorgestelde pompstasies geleë is, kan ook negatiewe geraasinvloede ondervind, veral snags. Die herbelyning van die R555 kan ook negatiewe geraasinvloede vir belanghebbendes meebring. Dié kwessie word nog bespreek. Om grafte op te grawe, moet die goedkeuring van verskeie staatsdepartemente en geaffekteerde families verkry word. Geskikte gebiede moet geïdentifiseer word vir herbegrafnis, en verskeie seremoniële vereistes moet nagekom word. Nagenoeg 90 grafte is geïdentifiseer, waar die oorskot opgegrawe en herbegrawe sal word, en nog grafte kan gedurende konstruksie geïdentifiseer word. Die Departement van Waterwese en Bosbou het protokolle en prosedures vir hierdie aktiwiteite, en dit is in die verlede suksesvol gebruik. Hierdie protokolle en prosedures sal opgeneem word in die OBP wat vir konstruksie opgestel sal word.

Kassie 7. Sleutelbevindings: Grondverkryging en vergoeding.

• Grondverkryging en vergoeding sal geskied ingevolge die Onteieningswet (63 van 1975) en ander toepaslike wetgewing.

• Ekonomiese lewensvatbaarheid van oorblywende stukke grond moet bepaal word indien nodig.

• Moontlike geraasinvloede van herbelynde R555. • Kulturele erfenishulpbronne en verskuiwing van grafte

moet aandag kry.

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

19

Die OIE beveel ook aan dat alvorens gemeenskappe hervestig word, die invloede geëvalueer word om seker te maak dat die volhoubaarste opsies vir die gemeenskappe en die omgewing gekies word.

66..77 AAnnddeerr kkwweessssiieess Belanghebbendes het 'n aantal ander kwessies rakende die voorgestelde projek geopper. Bevindings word hieronder opgesom:

66..77..11 GGrroonnddssoorrggbbeessttuuuurr

Die Departement van Waterwese en Bosbou het geïntegreerde opvanggebiedbestuursplanne beskikbaar om die vermindering van die sedimentlading in die dam te verseker. Hierdie planne sal ook daarop gemik wees om die vlakke van voedingstowwe en toksiene (metale en organiese verbindings) te verlaag in die water wat na die voorgestelde dam vloei. Die OIE beveel aan dat 'n gestruktureerde plan geformuleer en geïmplementeer word deur 'n OBA (wat nou vir die Olifants-WBA ingestel word). Geïntegreerde opvanggebiedbestuursplanne moet aansluit by geskikte grondsorgpraktyke, wat die primêre verantwoordelikheid van die Departement van Landbou is en baie belangrik is vir die langtermynbeskerming van die grond- en waterhulpbronne van Suid-Afrika. Die OIE beveel aan dat staatsdepartemente nóú saamwerk en ook belanghebbendes betrek.

Met betrekking tot die kwelling dat grond van bestaansboere geleë reg langs die damkom baie vatbaar vir erosie sal wees, beveel die OIE aan dat die Departement van Landbou en die Departement van Waterwese en Bosbou grondontwikkeling en grondgebruik deeglik moniteer.

66..77..22 AArrggeeoollooggiieessee tteerrrreeiinnee

Die OIE-spesialiste het kwellings oor kulturele erfenis oorweeg, en dit is deeglik bespreek in Afdeling 8.6 van die volledige Konsep-Omgewingsinvloedverslag. Die voorgestelde dam sal 'n invloed hê op 'n groot aantal potensieel belangrike argeologiese en kulturele terreine, insluitende grafte. Hierdie invloede kan bestuur word deur die belangrike terreine te karteer en op te grawe in ooreenstemming met die bepalings van die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (Wet No 25 van 1999). Om grafte op te grawe, moet die goedkeuring van verskeie staatsdepartemente en geaffekteerde families verkry word. Geskikte gebiede moet geïdentifiseer word vir herbegrafnis, en verskeie seremoniële vereistes moet nagekom word. Protokolle en prosedures sal in die OBP opgeneem word om te verseker dat argeologiese terreine eerbiedig word (kyk Afdeling 6.6.1 van hierdie dokument).

66..77..33 BBeessttrryyddiinngg vvaann uuiitthheeeemmssee ppllaannttssppeessiieess

Uitheemse plantspesies is 'n probleem in alle versteurde gebiede, veral op konstruksieterreine na afhandeling van die werk. Die uitheemse plante kan suksesvol aan bande gelê en uitgeroei word as die regte metodes gebruik word. Die OIE beveel aan dat hierdie metodes op die voorgestelde projek toegepas word. Die metodes moet ook in die prosedures van die OBP vir konstruksie opgeneem word.

66..77..44 DDiiee vveerrbbaanndd ttuusssseenn ggrroonndd-- eenn ooppppeerrvvllaakkwwaatteerr

Fyn sediment sal op die bodem van die voorgestelde dam ophoop, maar die dam sal 'n positiewe invloed hê op die grondwaterhulpbronne in die omgewing van die dam. Die voorgestelde dam sal 'n toename in die aanvulling van die grondwaterhulpbronne meebring. Dit beteken dat die dam sal help om meer water aan ondergrondse waterhulpbronne te verskaf. Die watergehalte van die dam sal betreklik goed wees en dit sal dus nie 'n negatiewe invloed op die grondwater hê nie. Maksimum aanvulling van die grondwater sal plaasvind wanneer die dam vol is en ook gedurende die eerste jare van die dam se leeftyd. Die OIE het bevind dat die positiewe invloed deurlopend sal wees en dat die aanvulling van grondwater verander namate die damvlak verander.

66..77..55 SSttaattuuss vvaann mmiinneerraaaallrreeggttee eenn ggrroonnddeeiissee

'n Aantal grondeise op eiendomme wat deur die voorgestelde dam geraak word is aangeteken, maar hierdie eise is nog nie bevestig en geregistreer nie. Die Departement van Waterwese en Bosbou skakel met Mpumalanga se Grondeisekommissie en sal oor die pad vorentoe onderhandel in ooreenstemming met wetgewing oor grondeise.

Highveld Steel and Vanadium Corporation besit mineraalregte op die plaas De Hoop. Die grootste deel van die mineraalregtegebied is reeds ontgin en gerehabiliteer, en net 'n klein stukkie bly nog oor. Die

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

20

Departement van Waterwese en Bosbou het met Highveld Steel and Vanadium Corporation geskakel en daar is planne om die oorblywende minerale te ontgin voordat die damkom met water gevul word.

66..77..66 DDaammvveeiilliigghheeiidd

Gedurende die Impakevaluering het die Sosiale Impakstudie-span veiligheid en die waarskynlikheid en gevolge van die breek van 'n dam as 'n bykomende potensiële kwessie geïdentifiseer. Suid-Afrika het talle groot opgaardamme in verskeie riviere, en tot dusver het nog nie een van hierdie groot opgaardamme gebreek nie. Algemeen gesproke is die waarskynlikheid dat 'n groot opgaardam sal breek, die hoogste wanneer die dam die eerste keer volgemaak word. Die verskillende kragte wat op 'n damwal inwerk, sal gebalanseer en gestabiliseer word nadat die dam die eerste keer volgemaak is. Die voorgestelde De Hoopdam sal 'n sentrale betonoorloop hê, en pype deur die wal (wat die damwal potensieel kan verswak) word as onwaarskynlik beskou.

Die Departement van Waterwese en Bosbou pas streng damveiligheidspesifikasies op al sy damme toe, soos vereis in Hoofstuk 12 van die Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998). Die Departement van Waterwese en Bosbou het 'n spesifieke Direktoraat Damveiligheid, en hierdie Direktoraat doen gereeld inspeksies van alle damme in die land. Die breek van 'n dam word as 'n baie klein risiko beskou.

In gevalle van beduidend hoë reënval sal water uit die dam oor die oorloop stroom, en dit kan oorstroming stroom af veroorsaak. As dit gebeur, sal die Departement van Waterwese en Bosbou egter so gou moontlik in verbinding tree met alle mense stroom af van die dam wat regstreeks geraak word. Die mense behoort dan genoeg tyd te hê om hulself, lewende hawe, rivierpompe en ander infrastruktuur na hoër grond te verskuif voordat die vloed hulle bereik.

66..77..77 BBuuiitteebbeeddrryyffsstteelllliinngg

Die evaluering van die projek se lewensiklus vereis 'n evaluering van die moontlike invloede as gevolg van buitebedryfstelling (wanneer die dam gesluit word en nie meer gebruik word nie). Damme is egter meer permanente strukture en verskil van ander ontwikkelings soos nywerhede en myne, en hulle word nie gewoonlik ontwerp om buite bedryf gestel te word nie. Die voorgestelde dam is ontwerp vir sediment wat oor 50 jaar afgeset sal word. Dit is moeilik om te voorspel watter omgewingskundige en maatskaplike invloede buitebedryfstelling kan hê in die onwaarskynlike geval dat dit sal gebeur. Die OIE-span beveel aan dat 'n evaluering van moontlike invloede ongeveer elke vyf jaar voor buitebedryfstelling gedoen word ten einde moontlike invloede te beperk. Hierdie evaluering moet ook aanbevelings doen oor hoe hierdie invloede bestuur kan word.

66..77..88 IInntteerrnnaassiioonnaallee oooorreeeennkkoommssttee eenn pprroottookkoollllee oooorr ggeeddeeeellddee wwaatteerrllooppee

Die Departement van Waterwese en Bosbou, deur die Regering van die Republiek van Suid-Afrika, is 'n ondertekenaar van verskeie internasionale ooreenkomste en protokolle oor gedeelde waterlope en oorgrensriviere. Hierdie aangeleenthede het in die huidige projek aandag gekry van ’n toegewyde Departementele Taakspan, en die state in die Limpopokom is van die voorgestelde projek in kennis gestel. Omgewingsverslae is aan verteenwoordigers van dié state beskikbaar gestel. Die invloede, veral op Mosambiek, is in die formele kennisgewing behandel, en geen appèl is in die tyd wat deur die hersiene SAOG Protokol op Gedeelde Waterlope toegelaat is, geopper nie.

77.. SSAAMMEEVVAATTTTIINNGG Die doel van die Konsep-Omgewingsinvloedverslag (waarvan hierdie dokument die opsomming is) is om aan belanghebbendes terugvoer te gee oor die bevindings rakende die kwessies wat tydens die proses van openbare deelname geopper is.

Die vernaamste negatiewe omgewingsinvloede van die voorgestelde projek hou verband met die verlies van landhabitat en die diere en plante wat daarmee gepaard gaan. Die OIE-span is van mening dat die voorkeuropsie die beskerming van die ekostelsel deur versagting weg van die terrein af is en beveel aan dat die haalbaarheid daarvan ondersoek word. Daar word ook invloede op die Steelpoortrivier verwag, maar hierdie invloede is makliker om te bestuur. Enkele positiewe invloede vir die ekologie van die Steelpoortrivier word ook voorspel.

OLIFANTSRIVIER-WATERHULPBRONONTWIKKELINGSPROJEK (ORWHOP) OMGEWINGSINVLOEDEVALUERING OPSOMMING VAN KONSEP-OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG

21

Sowel positiewe as negatiewe maatskaplike invloede word vir hierdie projek voorspel. Die positiewe invloede sluit in meer werkgeleenthede in die gebied, water wat aan gemeenskappe beskikbaar gestel sal word vir gebruik, en nuwe myne wat ontwikkel kan word omdat water beskikbaar sal wees (die myne sal 'n positiewe invloed op die plaaslike, provinsiale en nasionale ekonomie hê). Die negatiewe invloede sluit in 'n toename in bevolkingsgetalle in die gebied (as gevolg van meer werkgeleenthede), wat meer mededinging om maatskaplike en omgewingshulpbronne kan veroorsaak. Verdere negatiewe invloede sluit in die invloede van die konstruksie-aktiwiteite van die damwal en grootmaat-watervoorsieningsinfrastruktuur. Die OIE het egter bevind dat dit moontlik sal wees om hierdie negatiewe invloede doeltreffend te bestuur as hulle behoorlik beplan word.

Laastens beveel die OIE aan dat die Departement van Waterwese en Bosbou die ontwikkeling en implementering van 'n gedetailleerde watervraagstrategie vir die Middel-Olifantsrivier behoort te verseker sodat die skaars waterhulpbronne op 'n volhoubare wyse gebruik kan word.

8. VOLGENDE STAPPE IN DIE OIE-PROSES Belanghebbendes het tot Donderdag 29 September 2005 om kommentaar te lewer op die konsepbevindings van die OIE. Die verslag sal dan bygewerk word met die kommentaar wat ontvang is. Dit sal dan in 'n finale Omgewingsinvloedverslag (OIV) omskep word. Die OIV sal aan die Departement van Omgewingsake en Toerisme (DOT) voorgelê word vir besluitneming, in oorleg met die omgewingsowerhede van die provinsies Mpumalanga en Limpopo en ander tersaaklike owerhede.

'n Positiewe besluit sal die voorwaardes bepaal waarop die konstruksie van die voorgestelde projek kan voortgaan. Indien die voorgestelde projek gemagtig word, sal 'n OBP opgestel word vir implementering deur die Departement van Waterwese en Bosbou en sy kontrakteurs. Dit is belangrik om daarop te let dat die publiek ingevolge die OIE-regulasies 30 dae het om teen die besluit appèl aan te teken. Indien belanghebbendes teen die besluit appèl wil aanteken, moet die gronde van die appèl feitelik wees en gestaaf word deur gepaste dokumentasie (oorspronklikes of gewaarmerkte afskrifte).

UU KK OO MM MM EE NN TT AA AA RR ,, AA SS BB U KOMMENTAAR OP HIERDIE OPSOMMING VAN DIE KONSEP-

OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG TEEN DONDERDAG 29 SEPTEMBER

2005 SAL WAARDEER WORD. U KOMMENTAAR SAL BY DIE FINALE

OMGEWINGSINVLOEDVERSLAG GEVOEG WORD VOORDAT DIT AAN

DIE OWERHEDE VOORGELÊ WORD VIR BESLUITNEMING.