opsomming

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Teks wat hom leun tot 'n opsomming

Citation preview

Is dit nie hoog tyd dat jy die televisie uitskakel nie? N 'n lang werkdag is jy eindelik tuis en het jy 'n bietjie vrye tyd. Vir baie van ons beteken dit dat jy 'n koppie koffie nader trek en voor die televisiestel neersak. Dis goed vir jou om 'n rukkie te ontspan, maar om voor die televisie te sit, is nou ook nie juis een van die gesondste oefeninge nie. Dit is hoekom jy 'n paar riglyne nodig het om hierdie gewoonte hok te slaan voor jy naderhand met vierkantige ogies sit.

View image | gettyimages.comAktiwiteite wat jy sittend doen, soos om televisie te kyk, word lankal die skuld gegee vir lae fiksheidsvlakke en oorgewig. In 'n onlangse studie word marathonsessies voor die televisie selfs aan depressie en eensaamheid gekoppel. Hoe kan jy die gewoonte afskud?Stel eerstens 'n tydsbeperking vir daardie gewoonte van jou. Die ideale stap is om jou tyd voor die televisiestel af te skaal tot slegs een uur per dag. Die meeste programme is 30 minute of 'n uur lank, dus hoef jy niks mis te loop nie. Jy kan die program-opneemdien gebruik gebruik. Jy sal dan nie in die versoeking kom om die televisiegids te raadpleeg sodra jou program geindig het en dan per ongeluk na iets anders toe oorskakel nie. Jy kan ook letterlik 'n tydklokkie stel. Dit is soms al wat nodig is om ons uit ons starende televisiekykstatus te skud.Televisie kyk is vir baie mense sinoniem met peusel. Het jy geweet as jy eet terwyl jou aandag afgetrek word (byvoorbeeld wanneer jy konsentreer op 'n dramatiese sepiestorielyn), kry jy dikwels meer kos in as wat jy eintlik bedoel het om te eet? Om dit te omseil kan jy vooraf gesonde happies berei om voor die televisie aan te peusel. 'n Tupperware-bakkie met afgeweegde porsies drovrugte, springmielies, neute en vars vrugte is almal uitstekende maniere om die kilojoules te beheer. Dis ook 'n goeie idee om die kilojoulewaarde van die inhoud op die deksel te plak.As jy jou televisieprogramme regstreeks kyk, kan jy nie die advertensieonderbrekings vryspring nie. Pleks van sit en kla oor daardie advertensie wat jy al weer moet kyk, gebruik die drie minute wys. Daar is hope oefeninge wat min tyd verg. Stel vir jouself 'n oefenprogrammetjie op vir daardie 180 sekondes wat jy vry het iets soos 'n minuut se kaartmanbewegings, gevolg deur 'n minuut se opstote en ander plank-oefeninge werk baie goed.In 'n onlangse studie word marathonsessies voor die televisie selfs aan depressie en eensaamheid gekoppel.Televisie kyk behoort 'n lekkerte te wees, maar as 'n mens dit gedurig doen, raak dit alledaags. Hoeveel keer het jy en jou gesin of metgesel of woonstelmaats nou al net na die televisiestel sit en staar terwyl julle kla dat daar niks is om te kyk nie? Beplan liewer om net na die dinge te kyk waarin jy werklik belangstel en gebruik die res van die tyd om iets anders te doen.Gaan gimnasium toe, maak die woonstel skoon, speel 'n bordspeletjie, berei solank jou middagetes vir die week voor, bel jou ma . . . Jy sal aansienlik meer gedoen kry en waarskynlik meer met die mense om jou kommunikeer. As bonus sal jy jou liefde vir die televisie opnuut ontdek en die kere werklik waardeer dat jy iets kyk wat jy regtig geniet. Cover Media