12
4 - 11 November 2011 Hoërskool Wolmaransstad het onlangs sy jaarlikse prysuitdelingsfunksie gehou. Gerna Koekemoer is vanjaar as Wollies se Sportvrou van die Jaar aangewys. Dié atleet blink uit in netbal, krieket en atletiek waarin sy onder andere deelgeneem het aan die S.A. Kampioenskappe. Die prys is oorhandig deur die skool se hoof, mnr Rooie Robbertse. (Nog foto’s van uitblinkers verskyn op bladsy 5).

Overvaal 04-11 Nov 2011

Embed Size (px)

DESCRIPTION

04-11 November 2011 Edition

Citation preview

Page 1: Overvaal 04-11 Nov 2011

4 - 11 November 2011

R25

Freshest Fish & Chips

“of-FISH-ially”

Shop 3 BShoprite CentreWolmaranstad

NOW OPEN!

[email protected]

the freshest in Town!

Hoërskool Wolmaransstad het onlangs sy jaarlikse prysuitdelingsfunksie gehou. Gerna Koekemoer is vanjaar as Wollies se Sportvrou van die Jaar aangewys. Dié atleet blink uit in netbal, krieket en atletiek waarin sy onder andere deelgeneem het aan die S.A. Kampioenskappe. Die prys is oorhandig deur die skool se hoof, mnr Rooie Robbertse. (Nog foto’s van uitblinkers verskyn op bladsy 5).

Page 2: Overvaal 04-11 Nov 2011

Bladsy 2 OVERVAAL 4 - 11 November 2011

TAP HUIS DROSTDY BROUERY Wood Burning & DISTELEERDER

Pizza - Oven Egte “ALES” on tap

TATATAAP HUIS

BESPREKINGS: GERT 083 262 0387

Dit is vir Graan SA aangenaam om aan te kondig dat dr Marinda Visser op 1 Janu-arie 2012 by die personeel van Graan SA sal aansluit as Bestuurder Bedryfsdien-ste. Dr Visser is tans werksaam as Hoofdirek-teur by die Nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. Sy volg mnr Nico Hawkins op, wat aan die einde van 2011 die diens van Graan SA verlaat. Hierdie boorling van Prieska in die Noord-Kaap het in 2003 haar PhD as plantpatoloog by die Universiteit van Pretoria verwerf en was 8 jaar by die Landbou Navorsingsraad (LNR) werksaam.

“Ek het ‘n lang verbintenis met Marinda en het haar oor jare met belangstelling dopge-hou tydens internasionale onderhandelinge,” het mnr Jannie de Villiers, Uitvoerende Hoofbestuurder, gesê. “Haar aanstelling is ʼn integrale deel van die nuwe strategie wat Graan SA volg om nader aan die regering te beweeg rakende oplossings vir belangrike kwessies soos voedselsekerheid, werkver-skaffing en volhoubare transformasie.” Marinda is bekend in die Departement vir haar ywer om marktoegang vir Suid-Afrika te beding en was veral in die laaste tyd baie nou gemoeid daarmee om Suid-Afrikaanse mielies in die Chinese mark te kry – ʼn doel-wit wat sy gemaklik binne Graan SA sal kan voortsit tot voordeel van al ons produsente. Dr Visser het ook as senior staatsamptenaar goeie bande en verhoudings met kollegas in ander staatsdepartemente en ook in ander lande opgebou, wat ʼn groot aanwins is vir die bestuurspan binne die personeelkorps.Marinda is getroud en het ʼn sesjarige dog-ter.

Graan SA vang groot Vis(ser)

Dr Marinda Visser.

Page 3: Overvaal 04-11 Nov 2011

4 - 11 November 2011 OVERVAAL Bladsy 3

DROSTDY ANTIQUES

Drostdy VillageWolmaransstad

Ons koop en verkoop alle antieke ware

Skakel Gert 083 262 0387

‘n Nuwe studie is deur navorsers aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus voltooi, wat aangedui het dat die toedienning van mikro-voedingstowwe wél kinders se denkprosesse en intellek-tuele vermoë kan verskerp.Volgens prof. Salome Kruger, verbonde aan die Universiteit se Sentrum van Uitne-mendheid in Voeding, is ‘n studie onder 151 kinders tussen die ouderdomme van drie en sewe jaar gedoen wat deel is van verskeie kleuterskole in die Noordwes Provinsie. “Hierdie kinders kry mieliepap vir ontbyt, en ons het ‘n mikro-voedingstofpoeier oor

helfte van die kinders se pap in die oggende gestrooi. Dié poeier bevat onder andere ys-ter en vitamien A.”

Die studie, wat oor ‘n tydperk van 52 skool-dae gedoen is, het aangetoon dat dié mikro-voedingstofpoeier ‘n definitiewe plek in die

algemene voeding by kinders het. Kruger sê resultate het getoon dat die kinders wat wel die poeier ingeneem het, beter resultate getoon het op twee van die kognitiewe toetse wat toegepas is, as die kinders wat nie die ekstra vitamiene en yster gekry het nie. Die term “kognitief” verwys na alle denkprosesse en intellektuele aktiwi-teite. Dit sluit geheue, begrip, redeneerver-moë, oordeelsvermoë en probleemoplossing in. ‘n Kind wat kognitief skoolgereed is, ken die verskil tussen links en regs, verstaan rui-mtelike konsepte soos bo, onder, voor, ag-ter, tussen, asook wiskundige konsepte soos

meer, minder, groter, kleiner en getalle. Só ’n kind kan sin maak uit dit wat hy sien en hoor, kan daaroor dink, ’n plan maak en sinvol en toepaslik reageer. Uiteraard is die gevolgtrekking dat mikro-voedingstowwe uiteindelik tot beter denkprosesse kan lei, wat weer ‘n positiewe resultaat op skool-

werk en die ontwikkeling van vaardighede kan hê. Navorsing het ook getoon dat die dieet van voorskoolse kinders in die lae inkomstegro-epe in Suid-Afrika onvoldoende hoeveel-hede van verskeie mikro-voedingstowwe bevat, as gevolg van lae inname van gro-ente, vrugte, melk en vleis. Sogenaamde kitskos” is egter ook ‘n groot doring in die vlees, omdat dit hoofsaaklik vette en ver-fynde koolhidrate en minder vitamiene en minerale bevat.

Volgens ‘n medenavorser aan dié studie, dr Namukolo Covic, is daar juis besluit om die studie te doen, omdat wanvoeding ‘n wêreldwye probleem is. “Wanvoeding in ontwikkelende lande is nie net die oorsaak dat sowat tien miljoen kinders jaarliks sterf nie, maar dra ook daartoe by dat sowat 200-miljoen kinders nie hul volle kognitiewe potensiaal ontwikkel nie. Die studie het be-wys dat daar ‘n definitiewe plek is vir die langtermyn toediening van mikro-voeding-stowwe by kinders.”

Mikro voedingstowwe die oplossing vir beter resultate op skool

Prof. Salome Kruger. Dr. Namulolo Covic.

ONS is ook nouop Facebook.

Kom kuier gerus saam.

Page 4: Overvaal 04-11 Nov 2011

Bladsy 4 OVERVAAL 4 - 11 November 2011

Laerskool Wolmaransstad het onlangs sy Top 10 akademiese presteerders vir die derde kwartaal aangewys. Die Top 10 in Graad 4 is, voor: Esmaralda van Staden, Henko Kotzee en Monja Botha. Middel: Monique Breedt, Tanya Whitehorn en Annemi van der Colf.Agter: Stefan Lambrechts, Isabelle Rheeder, Emiël Botha, Talana Rossouw en Hennie Breytenbach.

SKOLE / SCHOOLS / SKOLE / SCHOOLS

Graad 5 se top 10 is, voor: Annami Marx, Reinette Botha en Joy Burston. Middel: Carla van der Linde, Carla Visagie en Marisé van der Watt. Agter: Wilhelm van der Merwe, Whian Bester en Pieter Scholtz. Inlas: Franz Hövener.

Graad 6. Voor links na regs: Janie van Wyk en Lizanne Scholtz. Middel: Jaco Viljoen, Milandi Snyman, Laura Botes en Johan Rheeder. Agter: Muller Vermaak, Michelle Winter en Nameer Khan.

Graad 7. Voor: Danie Bronkhorst, Nerine van Wyk en Wybrand Lambrechts. Middel: Siobhan Pereira, Marnie van Wyk, Michelle van der Merwe en Eugenie Rheeder. Agter: JC Breedt, Tshepang Makhobotloane en Kallie Paulsen.

Laerskool Wolmaransstad se landloop atlete het onlangs in Bloemfontein aan die SA Kampioenskappe gaan deelneem. Agter: Wesley Frans, Caitlin Cooper, Karin Steyn, Jay Dee Paulsen, Tshepang Makhobotloane, TC Pretorius en Richard Cooper. Middel: Wilroux Paulsen, Vuyo Kunene, Lemarie Jacobs, Lizanne Scholtz en Francois Otto. Voor: Rico Pretorius, Izabél Pretorius, mnr Johan le Grange, Hannes van Niekerk en Anuschka Fran.

Laerskool Wolmaransstad

Page 5: Overvaal 04-11 Nov 2011

4 - 11 November 2011 OVERVAAL Bladsy 5

SKOLE / SCHOOLS / SKOLE / SCHOOLS

Hoërskool Wolmaransstad het onlangs tydens ‘n spog prysuitdelingsfunksie leerders beloon vir hul harde werk gedurende die jaar. Die prestige akademiese toekenning vir die Graad 12 DUX-leerder van 2011 is toegeken aan Mehnaaz Kahn. Sy behaal ‘n gemiddeld van 89.5%. Die prys is aan haar oorhandig deur die skoolhoof, mnr Rooie Robbertse.

Hoërskool Wolmaransstad se 2011 uitblinkers

Die toekenning vir die Mees Veelsydige Leerder is gemaak aan Janine Pretorius. Die prys is toegeken vir uitsonderlike prestasie op akademiese, kultuur- en sport-gebied. Janine ontvang die prys van mnr Fanie van Zyl, wat die prys geborg het.

Die Sportman van die Jaar toekenning is gemaak aan Pieter Oosthuizen. Hy is ‘n deelnemer aan atletiek, rugby en gholf. Vir sy uitsonderlike prestasie in rugby word hy vereer. Hy is gekies vir SA o/19 VKB-span wat in Engeland en Skotland rugby gespeel het. Hy was ook aangewys as kaptein vir die span.

Die Mees Veelsydige Sportleerder toekenning word gedeel deur Handré Whitehorn (atletiek, tennis, rugby, krieket) en Stephan van der Westhuizen (atletiek, rugby, gholf, krieket).

Die toekenning vir Uitstaande Leierskap

is gemaak aan Tiaan Botha.

Hy was die hoofseun van 2011.

Hier ontvang hy die prys van

mnr Rooie Robbertse.

Page 6: Overvaal 04-11 Nov 2011

Bladsy 6 OVERVAAL 4 - 11 November 2011

Leeudoringstad se VLU-tak het op 25 Oktober hul Landbou ver-gadering op die plaas van die sameroepster, Elmie Bergh, ge-hou. Die tema was tamaties. Elmie en Cecile Rivas, gasvrou van die dag, ontvang die dames met die heerlikste eet-/drinkgoed. Elmie het mev Lulu Botha van Klerksdorp Vars Produkte Mark, en mnr Derek de Wet, mark in-spekteur van Prokor gereël, om die dames meer te vertel oor tamaties. As inleiding demonstreer Lulu die “Tamatie Rosie” vir garnering op ‘n slaai-/soutigheid bord. Die dames kry elk ook ‘n tamatie en mes om self te probeer. Lulu vertel hoe belangrik tamaties in die dieet is, veral beta karoteen in die tamatie, wat vir mans effek-tief werk teen prostaatkanker. Tamaties bly voedsaam of dit rou of gaar is. Selfs tamatiesous het baie helende krag. (Lekker tjips en tamatiesous vir die Kidi’s!) Lulu voeg toe by dat broccoli en wortels ook hierdie belangrike bestanddeel bevat. Lulu gee ‘n oulike wenk: Plaas ‘n pynappel saam met jou tamaties as jy hulle gou ryp wil hê.

Lulu deel toe aan elkeen ‘n boekie oor tamaties met heerlike resepte daarin en ‘n 2012 almanak. Baie Dankie! Mnr Derek de Wet begin met ‘n oulike grappie en sê toe dat die meeste tamatie produsente in die Moketsi wêreld , Noord van Tzaneen voorkom. Siektes/ gebreke wat algemeen by tamaties voorkom:• Die mosaiek virus begin met klein geel vlekkies wat groter kan word totdat die tamatie feitlik heel geel is. Hierdie virus staan ook bekend as Tabak virus en dis dieselfde ding as die boere van ”Nikotien siekte” praat. Dit kan ‘n boer se hele oes vernietig.• Tamaties is baie sensitief vir siektes.• Verrimpelde tamaties.• Misvormde tamaties.• Gekraakte Tamaties.• Gekneusde Tamaties.• NB. Dat geen tamatie op die rak verskyn met tekens van oorblyf-sels van spuitstowwe nie. Derek sê dat die tamatie gra-deringsrade net soos die aartappel-raad afgeskaf is. Die boere gradeer egter self soos van ouds. Klas 1:

Die hele pak moet 1 kleur, selfde gewig per tamatie, en sonder enige van bogenoemde gebreke wees. Moderne tegnologie verpakkings-masjinerie kan tamaties sorteer in gewig, grootte en verskillende kleure waardeur die rypheids-graad van die tamatie sorteer word nl. rooi, afrooi, pienk, en groen. Die moderne tegnologie maak dit so eenvoudig dat daar in die ver-pakkingsproses nie ‘n hand aan die verpakking raak tot en met lewer-ing nie.Tamaties word ook deesdae ge-kweek om ‘n lang ”Raklewe” te hê.Hoe toets jy of jou tamatie groen is? As jou tamatie groen is:- sal die pitte nie kan nie gesny kan word nie-en as die tamatie ryp word sal ‘n tipe jellie om die pitte vorm en is die pitte sag genoeg om te sny. Die binnekant van die tamatie sal verkleur na lig pienk. Die tamatie is dán al bruikbaar, al is hy nog nie heel rooi nie. Die tamatie se suur lê in sy pitte. Derek stel voor dat mens liefs die outydse “konfyt tamatie” gebruik as iemand in die gesin aan suur

lei. Die “konfyt tamatie” het baie vlees en relatief min pitte nie. Dié tamatie is ook heelwat soeter. Dankie vir die algemene in-ligtingpraatjie oor tamaties Derek!

Ingestuur derur: Joan JansenLeeudoringstad VLU-Skakelbeampte 018 581 2336/082 929 1132.

VROUENUUSLeeudoringstad VLU-tak gesels landbou

Mev Lulu Botha en mnr Derek de Wet.

Leeudoringstad VLU-tak het in Ok-tober hul jaarlikse dogtersprojek wat vir die Graad 7-dogters gehou word, by swembad-lapa van VLU-lid Issie Louw, gehou. Marlene Carelzen met behulp van Jo-haret Jonker het ‘n feestelike omgewing in die lapa geskep, waar Riette Ernst hul met melkskommels en hul “bederf kos” pizzas verwelkom het. Melanie van Wyk open met skriflesing en gebed, en in dié rustige atmosfeer ver-tel sy hul meer oor velsorg uit die “kos-kas”, gesonde eetgewoontes en kosse wat jou bloedsuiker konstant hou en jou beter laat konsentreer.

Nadia Ernst en Melanie het die “Jonge Dames” touwys gemaak oor die aanwend van grimering, waarna hul mekaar toe “opgedollie”het. Geskenkpakkies-Wat ‘n lekkerte!. “Vet Pret“ daarna toe elk sy eie “cupcake”, ge-bak deur Riette Ernst, moes versier Met die heerlike warm weer, kon die 13 dogters daarna swem en baljaar tot laat. Sterkte met die eksamens dogter! Dankie aan die dames wat so bederf het en Issie Louw vir die fotos. Ingestuur deur:Joan Jansen.Skakelbeampte.082 929 1132.

Leeudoringstad VLU se ‘Beauty Party’ dogtersdag

Die dogters besig om hul grimeerkuns te oefen.

Page 7: Overvaal 04-11 Nov 2011

4 - 11 November 2011 OVERVAAL Bladsy 7

TENDER

TENDERS WORD INGEWAG VIR DIE VOLGENDE BATES:BESKRYWING HOEVEELHEID REG NO BATENOMMER LIGGING KONTAKPERSOON TELEFOONNR. Toyota Hilux met “canopy”, 1997 1 DZC186NW 11599 Leeudoringstad Pieter Nagel 018 581 1019 of

0836291186Staalkappe met kolomme (17 x 8 m) en sinke

22 Tosca Pieter Nagel 018 581 1019 of0836291186

TENDERVOORWAARDES- Tender vir elke voertuig of item afsonderlik (BTW ingesluit).- Die voertuie en items word ‘voetstoots’ verkoop en elke tenderaar moet hom/haarself op hoogte stel van die toestand daarvan voordat die

tender ingedien word. Suidwes sal nie vir enige gebreke in die voertuie/items, hetsy latent of sigbaar, aanspreeklik wees nie.- Elke tenderaar moet homself/haarself vergewis van die besonderhede van die voertuie/items t.o.v. jaar van eerste registrasie (jaarmodel),

modelbeskrywing, voertuigregistrasienommer, toestand ens. voordat tenders ingedien word. Hoewel Suidwes poog om die korrekte besonderhede in hierdie verband beskikbaar te stel, sal Suidwes nie aanspreeklik wees indien enige van die besonderhede wat Suidwes rakende die voertuie verstrek het, nie korrek is nie.

- Suidwes behou die reg voor om die afsonderlike voertuie/items aan verskillende tenderaars te verkoop.- Die finale toekenning van die tender(s) berus in die uitsluitlike diskresie van Suidwes, wat die reg voorbehou om nie enige tender toe te ken

nie of slegs gedeeltes van ‘n tender toe te ken . Die hoogste of enigste tender sal nie noodwendig aanvaar word nie. Suidwes sal nie enige inligting in verband met enige tender wat ontvang is, aan enige persoon of instansie beskikbaar maak nie.

- Met die toekenning van die tender gaan die volle risiko en verantwoordelikheid in en ten opsigte van die voertuig/items oor op die Koper en Suidwes sal daarna nie aanspreeklik wees vir enige skade wat op welke wyse ookal daaraan ontstaan of indien die voertuig/items gesteel word nie.

- Die koopsom moet binne 14 (veertien) dae na toekenning van die tender in kontant of by wyse van elektroniese oorplasing aan Suidwes betaal word en die voertuig/items moet binne 14 (veertien) dae na die betaling daarvan van die perseel van Suidwes verwyder word.

- Indien die koopsom nie binne 14 (veertien) dae na toekenning van die tender betaal word nie, sal Suidwes geregtig wees (maar nie verplig nie) om die tender met onmiddellike effek te kanselleer, sonder benadeling van Suidwes se regte om skadevergoeding van die tenderaar te eis of van enige ander regte van Suidwes.

- Besit van die voertuig/items sal by betaling van die volle koopsom aan die koper gegee word, onderhewig aan die verdere voorwaardes van hierdie tender.

- Tenders moet in verseëlde koeverte in die “tenderposbus” by die ontvangslokaal van Suidwes Landbou se kantore te Voortrekkerstraat, Leeudoringstad, geplaas word nie later nie as 10 Desember 2011 om 12:00.

- Skryf duidelik op die koevert vir watter voertuig/items getender word en gebruik die nommers hierbo daaraan toegeken.- Tenders sluit op 10 Desember 2011 om 12:00. Slegs tenders wat op daardie datum en tyd in die tenderposbus is, sal oorweeg word. Geen

fakse of elektroniese tenders sal oorweeg word nie. Tenders kan ook nie by enige bedryfspunt of by enige ander plek of enige werknemer van Suidwes ingedien word nie.

- Die onus rus op elke tenderaar om seker te maak dat sy tender betyds in die tenderposbus geplaas is.- Elke koper is self verantwoordelik vir die verkryging van ‘n padwaardigheidsertifikaat en die registrasie van die voertuig in sy naam.- Elke voornemende koper moet vooraf finansiering reël.- Kontak Karina van Zyl by Suidwes se Hoofkantoor te Leeudoringstad (018 581 1000) vir die lisensie en oordragdokumente. LW: Geen

voertuie mag verwyder word voordat die oordrag vanaf Suidwes se naam afgehandel is nie.- Besigtiging van die voertuie kan gedurende normale besigheidsure gereël word met die kontakpersone en by die nommers soos hierbo

uiteengesit.- Indien ‘n tender deur Suidwes aanvaar en toegeken word, sal dit ‘n koopooreenkoms tussen Suidwes en die betrokke tenderaar

daarstel en sal laasgenoemde verplig wees om die tenderprys te betaal en besit van die voertuig/items te neem. Die ooreenkoms sal tot stand kom wanneer Suidwes die tender aanvaar en is nie onderhewig aan ontvangs en bevestiging daarvan deur die Koper nie.

_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________SUIDWES LANDBOU (EIENDOMS) BEPERK Reg. nr. 1990/006879/07

Geregistreerde adres / Registered address: Voortrekkerstraat / Voortrekker Street Leeudoringstad 2640Posbus / P.O. Box 5 Leeudoringstad 2640 Suid-Afrika / South Africa

Tel: 018 581 1000 Faks / Fax: 018 581 1097Direkteure / Directors: P S Vercueil (Voorsitter / Chairman), F E Marx (Ondervoorsitter / Vice-Chairman),

A J Botha, J H T Delport, P F Delport, (me) D L T Dondur, J J le Roux, G L Malherbe, J J Viljoen, N T WilkinsonS W Pienaar (Besturende Direkteur / Managing Director), G Potgieter (Direkteur: Finansies / Financial Director), D Linde (Groepsekretaris / Group Secretary)

VERKOOP VAN BATES

Bladsy 8 OVERVAAL 14 - 21 Oktober 2011

TENDER

TENDERS WORD INGEWAG VIR DIE VOLGENDE BATES:

Kontakpersoon: Pieter Nagel – 018 581 1019 / 083 629 1186 / e-pos: [email protected]

TENDERVOORWAARDES Tender vir elke voertuig of item afsonderlik (BTW ingesluit). Die voertuie en items word „voetstoots‟ verkoop en elke tenderaar moet hom/haarself op hoogte stel van die toestand daarvan voordat die

tender ingedien word. Suidwes sal nie vir enige gebreke in die voertuie/items, hetsy latent of sigbaar, aanspreeklik wees nie. Elke tenderaar moet homself/haarself vergewis van die besonderhede van die voertuie/items t.o.v. jaar van eerste registrasie (jaarmodel),

modelbeskrywing, voertuigregistrasienommer, toestand ens. voordat tenders ingedien word. Hoewel Suidwes poog om die korrekte besonderhede in hierdie verband beskikbaar te stel, sal Suidwes nie aanspreeklik wees indien enige van die besonderhede wat Suidwes rakende die voertuie verstrek het, nie korrek is nie.

Suidwes behou die reg voor om die afsonderlike voertuie/items aan verskillende tenderaars te verkoop. Die finale toekenning van die tender(s) berus in die uitsluitlike diskresie van Suidwes, wat die reg voorbehou om nie enige tender toe te ken

nie of slegs gedeeltes van „n tender toe te ken . Die hoogste of enigste tender sal nie noodwendig aanvaar word nie. Suidwes sal nie enige inligting in verband met enige tender wat ontvang is, aan enige persoon of instansie beskikbaar maak nie.

Met die toekenning van die tender gaan die volle risiko en verantwoordelikheid in en ten opsigte van die voertuig/items oor op die Koper en Suidwes sal daarna nie aanspreeklik wees vir enige skade wat op welke wyse ookal daaraan ontstaan of indien die voertuig/items gesteel word nie.

Die koopsom moet binne 14 (veertien) dae na toekenning van die tender in kontant of by wyse van elektroniese oorplasing aan Suidwes betaal word en die voertuig/items moet binne 14 (veertien) dae na die betaling daarvan van die perseel van Suidwes verwyder word.

Indien die koopsom nie binne 14 (veertien) dae na toekenning van die tender betaal word nie, sal Suidwes geregtig wees (maar nie verplig nie) om die tender met onmiddellike effek te kanselleer, sonder benadeling van Suidwes se regte om skadevergoeding van die tenderaar te eis of van enige ander regte van Suidwes.

Besit van die voertuig/items sal by betaling van die volle koopsom aan die koper gegee word, onderhewig aan die verdere voorwaardes van hierdie tender.

Tenders moet in verseëlde koeverte in die “tenderposbus” by die ontvangslokaal van Suidwes Landbou se kantore te Voortrekkerstraat, Leeudoringstad, geplaas word nie later nie as 9 Desember 2011 om 12:00.

Skryf duidelik op die koevert vir watter voertuig/items getender word en gebruik die nommers hierbo daaraan toegeken. Tenders sluit op 9 Desember 2011 om 12:00. Slegs tenders wat op daardie datum en tyd in die tenderposbus is, sal oorweeg word. Geen

fakse of elektroniese tenders sal oorweeg word nie. Tenders kan ook nie by enige bedryfspunt of by enige ander plek of enige werknemer van Suidwes ingedien word nie.

Die onus rus op elke tenderaar om seker te maak dat sy tender betyds in die tenderposbus geplaas is. Elke koper is self verantwoordelik vir die verkryging van „n padwaardigheidsertifikaat en die registrasie van die voertuig in sy naam. Elke voornemende koper moet vooraf finansiering reël. Kontak Karina van Zyl by Suidwes se Hoofkantoor te Leeudoringstad (018 581 1000) vir die lisensie en oordragdokumente. LW: Geen

voertuie mag verwyder word voordat die oordrag vanaf Suidwes se naam afgehandel is nie. Besigtiging van die voertuie kan gedurende normale besigheidsure gereël word met die kontakpersone en by die nommers soos hierbo

uiteengesit. Indien „n tender deur Suidwes aanvaar en toegeken word, sal dit „n koopooreenkoms tussen Suidwes en die betrokke tenderaar

daarstel en sal laasgenoemde verplig wees om die tenderprys te betaal en besit van die voertuig/items te neem. Die ooreenkoms sal tot stand kom wanneer Suidwes die tender aanvaar en is nie onderhewig aan ontvangs en bevestiging daarvan deur die Koper nie.

________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

SUIDWES LANDBOU (EIENDOMS) BEPERK Reg. nr. 1990/006879/07 Voortrekkerstraat, Posbus 5, Leeudoringstad, 2640 * 018 581 1000(T) * 018 581 1538(F) * www.suidwes.co.za

Direkteure / Directors: P S Vercueil (Voorsitter / Chairman), F E Marx (Ondervoorsitter / Vice-Chairman), A J Botha, J H T Delport, P F Delport, (me) D L T Dondur, J J le Roux, G L Malherbe, J J Viljoen, N T Wilkinson

S W Pienaar (Besturende Direkteur / Managing Director), G Potgieter (Direkteur: Finansies / Financial Director), D Linde (Groepsekretaris / Group Secretary)

BESKRYWING HOEVEELHEID REG NO BATENR LIGGING

Toyota Hilux met “canopy”, 1997 1 DZC186NW 11599 Leeudoringstad

Staalkappe met kolomme (17 x 8 m) en sinke 22 Tosca

VERKOOP VAN BATES

Page 8: Overvaal 04-11 Nov 2011

Bladsy 8 OVERVAAL 4 - 11 November 2011

SKOLE / SCHOOLS / SKOLE / SCHOOLS

Laerskool Leeudoringstad se krieket- en rugbyspelers het vanjaar uitgeblink en op die gholfbaan het Hanco Mos-tert (links) vanjaar Noordwes Kleure verwerf.

Wihan Marais het vanjaar die o/12 Lui-perds rugbyspan verteenwoordig.

REGS: Die krieketspelers van Leeutjies is vanjaar vir die Wes-telike 0/12-span gekies. Voor: Phillip Kruger, mnr Christie Ol-dewage (afrigter) en Donovan van Zyl. Agter: Wihan Marais en Oelof Kotze. Wihan en Oelof is ook vir die Noordwes Platteland span gekies.

Leeutjies blink uit opsportvelde

WesvaalOns bied vertroosting.

Ons gee om. Wesvaal Begrafnisondernemers

Alle ure: (018) 5961126/7 Faks: (018) 5962025.

Sel: 083 4192350 Eienaar: J.A.Coetsee

en personeel

Suidwes, ‘n vooruitstrewende maatskappy met sy hoofkantoor te Leeudoringstad in die Noordwes, wat vir meer as 100 jaar landbouverwante produkte en dienste aan sy landbouerklante in Noordwes- , Vrystaat- en Noord- Kaapprovinsie lewer, beskik oor die volgende vakature:

HOOFKLERK: EISE TE HOOFKANTOOR, LEEUDORINGSTAD Die suksesvolle kandidaat se verantwoordelikhede sluit in: • Invoer van diverse kredietnotas op die stelsel • Hantering van eise met verskaffers , bedryfspunte en verkrygingsafdeling. • Opvolg en afhandeling van uitstaande eise en kredietnotas. • Algemene kantooradministrasie. • Uitmuntende klantediens. Vereistes:

• Graad 12 met Rekeningkunde en/of Wiskunde . • Rekenaarvaardighede in Word en Excel is ‘n voorvereiste. • Kandidaat moet oor goeie kommunikasievaardighede beskik. • ‘n Grondige kennis van die AS400- en Java-stelsel, wat deur Suidwes benut word, sal

as aanbeveling dien. • Rekonsiliasie ondervinding sal tot die kandidaat se voordeel strek • Vorige ondervinding in die afhandeling van eise sal `n aanbeveling wees.

SUID

WES

LAND

BOU

(EDM

S.) B

PK.

REG

NR 19

90/00

6879

/07

SLUITINGSDATUM: 11 Nov 2011

SUIDWES IS VERBIND TOT DIENSBILLIKHEID

Skakel Johnny Brown by 018-5811000 vir meer besonderhede, of doen skriftelik aansoek deur middel van ‘n verkorte CV. (Faksnommer 018-5811510 of e-pos na [email protected]) Dui asb duidelik aan vir watter pos u aansoek doen.

Suidwes, ‘n vooruitstrewende maatskappy met sy hoofkantoor te Leeudoringstad in die Noordwes, wat vir meer as 100 jaar landbouverwante produkte en dienste aan sy landbouerklante in Noordwes- , Vrystaat- en Noord- Kaapprovinsie lewer, beskik oor die volgende vakature:

JNR BEMARKER TE WESMARK BAMBOESSPRUIT Die suksesvolle kandidaat se verantwoordelikhede sluit in:

• Algemene tak administrasie. • Rekenarisering van aankope. • Hulpverlening en verkope aan klante. • Administrasie en kontrolering van voorraad. • Rakuitleg en promosies. Vereistes:

• Graad 12 • Geldige bestuurslisensie. • Rekenaarvaardigheid ten opsigte van die nuutste Office-sagtewarepakkette (Excel, Word). • Taalvaardigheid in Afrikaans (praat, lees en skryf). • Goeie mens- en / of klanteverhoudinge (telefonies en direk). • Algemene administratiewe ondervinding. • Goeie produkkennis van boerderybenodighede. • Uitmuntende klantediens. • Kennis van voorraadbestuur sal tot die kandidaat se voordeel strek.

SUID

WES

LAND

BOU

(EDM

S.) B

PK.

REG

NR 19

90/00

6879

/07

SLUITINGSDATUM: 10 NOV 2011

SUIDWES IS VERBIND TOT DIENSBILLIKHEID EN KANDIDATE UIT DIE AANGEWESE GROEPE SAL VOORKEUR GENIET.

Skakel Nardus Pienaar by 018-5710182 vir meer besonderhede, of doen skriftelik aansoek deur middel van ‘n CV en gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies en identiteitsdokument. (Faksnommer 018-5811510 of e-pos na [email protected]) Dui asb duidelik aan vir watter pos u aansoek doen.

Page 9: Overvaal 04-11 Nov 2011

4 - 11 November 2011 OVERVAAL Bladsy 9

Die klompie motoriste meen dat die grondpad langs die teerpad tussen Wesselsbron en Makwassie nou ‘die beter pad is’. ‘n Goeie advertensie vir 4 x 4 voertuighandelaars.

Waar’s die Makwassie/ Wesselsbron-teerpad?

Dringend benodigOns is dringend opsoek na goeie

gebruikte motors of bakkies asook karavane om vir kontant te koop.

Skakel dadelik vir Oupie Deetlefs by Telefoon (018) 596 1177ofsel: 082 923 4255

of besoek ons by

R.A. MOTORSBroadbentstraat Wolmaransstad

Besoek gerus ons opgegradeerde

webwerf by www.overvaalnuus.co.za

Page 10: Overvaal 04-11 Nov 2011

Bladsy 10 OVERVAAL 4 - 11 November 2011

Kleinadvertensie / Smalls

Suidwes, ‘n vooruitstrewende maatskappy met sy hoofkantoor te Leeudoringstad in die Noordwes, wat vir meer as 100 jaar landbouverwante produkte en dienste aan sy landbouerklante in Noordwes- , Vrystaat- en Noord- Kaapprovinsie lewer, beskik oor die volgende vakature:

JNR BEMARKER TE WESMARK CHRISTIANA Die suksesvolle kandidaat se verantwoordelikhede sluit in:

• Rekenarisering van aankope. • Hulpverlening en verkope aan klante. • Administrasie en kontrolering van voorraad. • Rakuitleg en promosies. Vereistes:

• Graad 12 • Geldige bestuurslisensie. • Rekenaarvaardigheid ten opsigte van die nuutste Office-sagtewarepakkette (Excel, Word) en

taalvaardigheid in Afrikaans (praat, lees en skryf). • Moet goeie mens- en / of klanteverhoudinge handhaaf (telefonies en direk). • Algemene administratiewe ondervinding. • Goeie produkkennis van boerderybenodighede. • Uitmuntende klantediens. • Kennis van voorraadbestuur sal tot die kandidaat se voordeel strek.

SUID

WES

LAND

BOU

(EDM

S.) B

PK.

REG

NR 19

90/00

6879

/07

SLUITINGSDATUM: 11 NOV 2011

SUIDWES IS VERBIND TOT DIENSBILLIKHEID EN KANDIDATE UIT DIE AANGEWESE GROEPE SAL VOORKEUR GENIET.

Skakel Theo Gerber by 053-4413302 vir meer besonderhede, of doen skriftelik aansoek deur middel van ‘n CV en gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies en identiteitsdokument. (Faksnommer 018-5811510 of e-pos na [email protected]) Dui asb duidelik aan vir watter pos u aansoek doen.

Suidwes, ‘n vooruitstrewende maatskappy met sy hoofkantoor te Leeudoringstad in die Noordwes, wat vir meer as 100 jaar landbouverwante produkte en dienste aan sy landbouerklante in Noordwes- , Vrystaat- en Noord- Kaapprovinsie lewer, beskik oor die volgende vakature:

JNR BEMARKER ONDERDELE TE WESMEG BLOEMHOF Die suksesvolle kandidaat se verantwoordelikhede sluit in:

• Bemarking en verkope van onderdele. • Administrasie en kontrolering van voorraad. • Uitmuntende klantediens. Vereistes:

• Graad 12. • Geldige bestuurslisensie. • Rekenaarvaardigheid ten opsigte van die nuutste Office-sagtewarepakkette (Excel, Word). • Moet goeie mens- en / of klanteverhoudinge handhaaf (telefonies en direk). • Meganiese aanleg en belangstelling. • Ondervinding in ‘n onderdele omgewing. • Kennis van Suidwes se meganisasieprodukte soos trekkers, stropers en plaaswerktuie sal in die

kandidaat se guns tel.

SUID

WES

LAND

BOU

(EDM

S.) B

PK.

REG

NR 19

90/00

6879

/07

SLUITINGSDATUM: 11 NOV 2011

SUIDWES IS VERBIND TOT DIENSBILLIKHEID EN KANDIDATE UIT DIE AANGEWESE GROEPE SAL VOORKEUR GENIET.

Skakel OC Vermeulen by 053-4330274 vir meer besonderhede, of doen skriftelik aansoek deur middel van ‘n CV en gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies en identiteitsdokument. (Faksnommer 018-5811510 of e-pos na [email protected]) Dui asb duidelik aan vir watter pos u aansoek doen.

Wil u ‘n motor koop met geen deposito? Geen bestuurs-lisensie nodig nie! Skakel 079 702 4993 of 082 078 4687. Krediet waardige kliënte alleen

----------------SEEP SHOPPIE - WOLMARANSSTAD

Tel: 018 596 2630 en Sel: 083 254 1553. Amoniakreiniger - R11/L, Stardishwash - R13,50/L, Bleikmiddel - R9/L, Matshampoo - R16.50/L, Wasgoedversagter - R11/L, Hoëskuimwaspoeier - R25/2kg en vele meer. Tussen Apteek en Dr van Zyl spreekkamer.

----------------KLERE / GORDYNE

Ons herstel en doen verstelwerk aan mans, dames en kinderklerasie. Ons maak ook gordyne. Navrae van 8vm - 1nm by RA Motors. Wolmaransstad.

----------------

PAAIEMENT PROBLEME?Vermy terugname en swartlys; Delg agterstallige skuld; Performance motors vanaf 1981. Skakel Pierre 076 309 9909. Voertuie, Bakkies, Dubbel Cabs ens. ook beskikbaar

----------------Over 40 cars to choose from, cars from R25 000 to R120 000. No licence, No deposit. Nett salary R4 000. Terms and conditions apply. Anika. Neels Loots Motors, Welkom. 079 334 0202.

----------------HUIS TE KOOP – WOLMARANSSTAD

5 Slaapkamers, 2 Badkamers, Dubbel erf, Dubbel Garage, Groot afdak. Geleë in Roodtstraat no.8. Prys: R330 000 of naaste kontant aanbod. Kontak: 082 330 4745.

----------------

TUISVERSORGINGEk is beskikbaar vir tuisversorging van bejaardes. Bereid om in te slaap, het ook eie vervoer om in en uit te ry. Ek is ‘n 58 jarige dame. Kontak my by volgende nommer 082 409 9934 (Beskikbaar ten alle tye).

----------------PRIVAAT VERPLEGING

Opgeleide verpleegster beskikbaar vir tuisversorging en alles wat met verpleging saamgaan. Beskik ook oor bestu-urslisensie. Vir navrae skakel 083 597 9281.

----------------HONDJIES TE KOOP

Pragtige Boerboel hondjies te koop. 6 weke oud. R800 elk. Skakel Martie 076 2154 628.

----------------HUISTUIN KWEKERY

Kom besoek my gerus. ‘n Derde afslag op alle plante. Saterdag alleenlik. Yster tuin dekor beskikbaar. Hoek van Konigstraat en Piet Retief Straat, Wolmaransstad. Belinda 084 888 2525.

----------------SELECTED THATCHERS LAPA’S

Herstel en oprig van alle: Huisdakke, Rondawels, motoraf-dakke, Lapa’s ens. Kontak: Sam Nixon Sel: 073 278 2790.

----------------LEOMAR TUINDIENSTE

Gratis kwotasie vir die uitlê van enige tuin, plaveisel. Ons doen besproeiings en tuindienste. Ons werk is van kwaliteit gehalte en is oral te sien. Kom besoek ook ons kwekery vir u saailinge, struike, roosbome en vrugtebome. Skakel Leonie 071 340 6094 of Marius 083 695 4137

----------------

TE KOOP236 ADE enjin, volledig oorgedoen. R25 000. Wildun Veld-dienste. 083 4479 864.

----------------TE KOOP

Voëltjie sonneblom saad. 25kg sakke teen R125 per sak. Wildun Velddienste. 083 4479 864.

----------------

VAKANSIE WOONSTEL – HARTENBOS2 Woonstelle. Akkomodasie vir 4-5 persone. 1 vanaf 1-17 Des en 1 vanaf 1-20 Des. Tel: 082 455 5647 of 082 415 7580.

----------------PARADYS HONDE SALON – MAKWASSIE

Bring jou hond vir ‘n lekker bad en skeer. Kontak: 082 623 0932 of 018 597 5150

----------------SALON – NAELS

Makwassie. Kom bederf jouself en kom sit vir ‘n stel naels. Ek doen akriel en gel. Kontak: 082 623 0932 of 018 597 5150.

----------------PALM PETSHOP

Koop en verkoop voëls en toerusting, sade, neste, viskos, vissies ens. Soek 2de handse vistenks benodighede. Vrede Straat 54, Wolmaransstad. Nogsteeds dieselfde adres. Nuwe gebou. Skakel Hennie 072 532 7207.

----------------ADVERTEER U BESIGHEID OP INTERNET

Puik tariewe. http://www.whiteelephantmarketing .co.za . 072 472 8686

----------------

ERF TE KOOPDundon Straat 36, Ext 6, Wolmaransstad, 600 m² groot @ R30 000.00 (streng kontant). Kontak: 083 294 6990.

----------------TE KOOP

Weiding plaas. Ongeveer 900 ha. Sterk water. Eskom krag. Alle kampe het water. Baie billike prys. Skakel 083 273 4905.

----------------BETREKKING GEVRA

26 Jarige dame van Wolmaransstad is opsoek na ‘n Ad-min/ontvangsdame pos. Baie goed bekend: Pastel, Excell, Microsoft Softline. Aankope / Verkope, Debiteure / Kredit-eure. Bank, Lone, B.T.W, Invorderings, State en Rekon. Skakel asb: 072 241 6696.

----------------A.G.S LDS – VISVANG KOMPETISIE

26-27 November 2011 te Murrunbibgee. Groot pryse! Stal-letjies beskikbaar. R50 per stok. Tel: 073 885 9003 / 084 264 9409.

----------------TE KOOP

Fiat 640 trekker. Goeie toestand. R35 000. Skakel 072 990 2857.

----------------

SEEP SHOPPIE - WOLMARANSSTADTel: 018 596 2630 en Sel: 083 254 1553. Amoniakreiniger - R11/L, Stardishwash - R13,50/L, Bleikmiddel - R9/L, Matshampoo - R16.50/L, Wasgoedversagter - R11/L, Hoëskuimwaspoeier - R25/2kg en vele meer. Tussen Apteek en Dr van Zyl spreekkamer.

----------------

Page 11: Overvaal 04-11 Nov 2011

4 - 11 November 2011 OVERVAAL Bladsy 11

Kennisgewing/ Legal Notice

Suidwes, ‘n vooruitstrewende maatskappy met sy hoofkantoor te Leeudoringstad in die Noordwes, wat vir 100 jaar landbouverwante produkte en dienste aan sy landbouerklante in Noordwes- , Vrystaat- en Noord- Kaapprovinsie lewer, beskik oor die volgende vakature:

AFLOSBEAMPTE: SILO’S, TE SCHWEIZER-RENEKE SILO Die suksesvolle kandidaat se verantwoordelikhede sluit in: • Aflos by silo’s soos benodig. • Aanvaar volle verantwoordelikheid vir al die take van die betrokke pos gedurende die aflosperiode, wat

kan insluit personeel- en voorraadbeheer, gradering, ontvangs en versending van graan. Vereistes:

• Toepaslike silobedryfsondervinding met die nodige graderingskursusse: mielies, koring, sonneblom, beroking en silobedryf.

• Geldige bestuurslisensie. • Rekenaarvaardigheid ten opsigte van die nuutste Office-sagtewarepakkette(Excel, Word). • Moet goeie mens- en / of klanteverhoudinge handhaaf (telefonies en direk) en oor goeie

onderhandelingsvermoë beskik. • Moet goeie tydsbestuur kan toepas en akkurate werk lewer. • Tegniese kennis sal tot die kandidaat se voordeel strek.

Tydens aflosperiodes sal reis- en verblyfkoste vergoed word in ooreenstemming met beleid.

SUID

WES

LAND

BOU

(EDM

S.) B

PK.

REG

NR 19

90/00

6879

/07

SLUITINGSDATUM: 18 Nov 2011

SUIDWES IS VERBIND TOT DIENSBILLIKHEID EN KANDIDATE UIT DIE AANGEWESE GROEP SAL VOORKEUR GENIET.

Skakel Koos van de Venter by 053-9631041 vir meer besonderhede, of doen skriftelik aansoek deur middel van ‘n CV wat gewaarmerkte afskrif van u kwalifikasies en ID dokument insluit. (Faksnommer 018-5811510 of e-pos na [email protected]) Dui asb duidelik aan vir watter pos u aansoek doen.

Suidwes, ‘n vooruitstrewende maatskappy met sy hoofkantoor te Leeudoringstad in die Noordwes, wat vir 100 jaar landbouverwante produkte en dienste aan sy landbouerklante in Noordwes- , Vrystaat- en Noord- Kaapprovinsie lewer, beskik oor die volgende vakature:

BEMARKER TE WESMARK BLOEMHOF Die suksesvolle kandidaat se verantwoordelikhede sluit in: • Liassering van ontvangstes, bestellings, brandstofrekonsiliasies. • Bemarking van voorraad. • Behulpsaam met voorraadbeheer en –kontrole. • Toesighouding oor personeel wat aan hom/haar rapporteer. • Rakuitleg en promosies. • Hanteer van kleinkas, kontant balansering, opmaak en hantering van kontant. • Direkte bestellings en teboekstelling daarvan. • Hanteer en teboekstelling van interne fakture. • Hantering van skakelbord. • Hantering van besending voorraad en kode 10-rekeninge. • Behulpsaam met die opstel van maandelikse verslae. Vereistes:

• Graad 12 met Rekeningkunde en/of Wiskunde . • Kennis van boerderybenodighede. • Rekenaarvaardigheid ten opsigte van die nuutste Office-sagtewarepakkette(Excel, Word). • Moet goeie mens- en / of klanteverhoudinge handhaaf (telefonies en direk). • Moet goeie tydsbestuur kan toepas en akkurate werk lewer. • Toepaslike ondervinding van kontantafsluiting, kleinkasbeheer, bankdeponering en algemene kantooradministrasie.

SUID

WES

LAND

BOU

(EDM

S.) B

PK.

REG

NR 19

90/00

6879

/07

SLUITINGSDATUM: 25 Nov 2011

SUIDWES IS VERBIND TOT DIENSBILLIKHEID EN KANDIDATE UIT DIE AANGEWESE GROEP SAL VOORKEUR GENIET.

Skakel OC Vermeulen by 053-43313480 vir meer besonderhede, of doen skriftelik aansoek deur middel van ‘n CV wat gewaarmerkte afskrif van u kwalifikasies en ID dokument insluit. (Faksnommer 018-5811510 of e-pos na [email protected]) Dui asb duidelik aan vir watter pos u aansoek doen.

KENNISGEWING VAN AANSOEK OM WYSIGINGVAN DORPSBEPLANNINGSKEMA INGEVOLGE ARTIKEL 56(1)(b)(i) VAN DIE ORDONNANSIE OP

DORPSBEPLANNING EN DORPE, 1986(ORDONNANSIE 15 VAN 1986)

BLOEMHOF – WYSIGINGSKEMA 37Maxim Planning Solutions (Edms) Bpk (2002/017393/07) synde die gemagtigde agent van die eienaar van die Rester-ende Gedeelte van Erf 932, Boitumelong, gee hiermee in-gevolge Artikel 56(1)(b)(i) van die Ordonnansie op Dorps-beplanning en Dorpe, 1986 (Ordonnansie 15 van 1986) kennis dat ons by die Lekwa-Teemane Plaaslike Munisi-paliteit aansoek gedoen het om die wysiging van die Bloem-hof Dorpsbeplanningskema, 1997, soos gewysig, deur die hersonering van ‘n gedeelte van die Resterende Gedeelte van Erf 932, Boitumelong, geleë aanliggend tot Tloustraat, tussen Kukama-, Gopane-, en Phuduhudustraat, Boitu-melong, vanaf “Openbare Oop Ruimte” na “Besigheid 2”, met die insluiting van ‘n gastehuis en ‘n gymnasium. Be-sonderhede van die aansoek lê ter insae gedurende gewone kantoorure by die kantoor van die Munisipale Bestuurder, Lekwa-Teemane Plaaslike Munisipaliteit, hoek van Robyn- en Dirkie Uysstraat, Christiana, asook, Tullekenstraat, Bloemhof, vir ‘n tydperk van 28 dae vanaf 04 November 2011. Besware teen of vertoë ten opsigte van die aansoek moet binne ‘n tydperk van 28 dae vanaf 04 November 2011 skriftelik by of tot die Munisipale Bestuurder by bovermel-de adres of by Posbus 13, Christiana, 2680 ingedien of gerig word. Adres van gemagtigde agent: Maxim Planning So-lutions (Edms) Bpk (2002/017393/07), Eenheid 35 Corpus Novem Kantoor Park, Dr. Yusaf Dadoolaan 35, Wilkoppies, Klerksdorp, 2571, Posbus 6848, Flamwood, 2572, Tel: (018) 468-6366, (2/1338)

NOTICE OF APPLICATION FOR AMENDMENT OF TOWN PLANNING SCHEME IN TERMS OF SECTION

56(1)(b)(i) OF THE TOWN PLANNING AND TOWN-SHIPS ORDINANCE, 1986 (ORDINANCE 15 OF 1986)

BLOEMHOF – AMENDMENT SCHEME 37Maxim Planning Solutions (Pty) Ltd (2002/017393/07) being the authorized agent of the owner of the Remain-ing Extent of Erf 932, Boitumelong, hereby gives notice in terms of Section 56(1)(b)(i) of the Town Planning and Townships Ordinance, 1986 (Ordinance 15 of 1986) that we have applied to the Lekwa-Teemane Local Municipality for the amendment of the Town Planning Scheme, 1997, as amended, by the rezoning of the Remaining Extent of Erf 932, Boitumelong, situated adjacent to Tlou Street, between Kukama-, Gopane-, and Phuduhudu Street, Boitumelong, from “Public Open Space” to “Business 2”, with the inclu-sion of a guest house and a gymnasium. Particulars of the application will lie for inspection during normal office hours at the office of the Municipal Manager, Lekwa-Teemane Local Municipality, corner of Robyn- and Dirkie Uys Street, Christiana, as well as Tulleken Street, Bloemhof, for the period of 28 days from 04 November 2011. Objections to or representations in respect of the application must be lodged with or made in writing to the Municipal Manager at the above address or posted to P.O. Box 13, Christiana, 2680 within a period of 28 days from 04 November 2011. Address of authorized agent: Maxim Planning Solutions (Pty) Ltd (2002/017393/07), Unit 35 Corpus Novem Office Park, 35 Dr. Yusuf Dadoo Avenue, Wilkoppies, Klerksdorp, 2571, P.O. Box 6848, Flamwood, 2572, Tel: 018-468 6366, (2/1338).

KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPINGIN DIE LANDDROSHOF VIR DIE DISTRIK VAN WOLMARANSSTAD GEHOU TE WOLMARANSSTAD SAAK NO: 270/2011 In die saak tussen: MNR A K EBRA-HIM EISER En NELSON NDLOVU VERWEERDER Ingevolge uitspraak in die Hof van die Landdros van WOLMARANSSTAD gehou te WOLMARANSSTAD en Lasbrief tot Geregtelike Verkoping gedateer 31 AUGUS-TUS 2011 sal die ondervermelde goedere op 08 DESEM-BER 2011 om 14H00, te P/A LANDDROSKANTOOR, H/V PIET RETIEF- & KRUGERSTRATE, WOLMARANS-STAD, aan die hoogste bieder geregtelik verkoop word, naamlik: 1 x SKOOLBUS REGISTRASIE NOMMER BFZ 219 NW, 1 x SKOOLBUS REGISTRASIE NOM-MER MERCEDES BENZ HPZ 852 NW GEDATEER TE WOLMARANSSTAD OP HIERDIE 26 STE DAG VAN OKTOBER 2011. COETZEE & VAN DER MERWE POS-BUS 12 KRUGERSTRAAT 30A WOLMARANSSTAD 2630 VERW: MNR VENTER/av

BOEDELKENNISGEWINGIn die boedel van wyle: ALETTA WILHELMINA DE BEER. Identiteitsnommer: 400503 0070 08 5. Datum van dood: 12 DESEMBER 2006. Kennisgewing geskied hiermee dat die Gewysigde Eerste en Finale Likwidasie- en Distri-busierekening in bogemelde boedel ter insae lê ten kantore van die Meester van die Hooggeregshof te PRETORIA en die Landdros te WOLMARANSSTAD vir ‘n tydperk van 21 dae gereken vanaf VRYDAG – 04 NOVEMBER 2011. COETZEE & VAN DER MERWE PROKUREURS KRU-GERSTRAAT 30A POSBUS 12 WOLMARANSSTAD 2630 TELEFOONNOMMER: (018) 5961056/7

KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPINGIN DIE LANDDROSHOF VIR DIE DISTRIK VAN WOLMARANSSTAD GEHOU TE WOLMARANSSTAD SAAK NO: 282/2011 In die saak tussen: MNR P VOGES H/A TEHILLAH ELEKTRIES & HARDEWARE EISER En MNR JACO MARAIS VERWEERDER Ingevolge uit-spraak in die Hof van die Landdros van WOLMARANS-STAD gehou te WOLMARANSSTAD en Lasbrief tot Geregtelike Verkoping gedateer 04 OKTOBER 2011 sal die ondervermelde goedere op 23 NOVEMBER 2011 om 14H00, te P/A PLAAS DIEPKUIL, LEEUDORINGSTAD, aan die hoogste bieder geregtelik verkoop word, naamlik: 1 x PLANTER, 1 x JOHN DEERE TREKKER 3130. GE-DATEER TE WOLMARANSSTAD OP HIERDIE 28 STE DAG VAN OKTOBER 2011. COETZEE & VAN DER MERWE POSBUS 12 KRUGERSTRAAT 30A WOLMA-RANSSTAD 2630 VERW: MNR VENTER/av

KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPINGIN DIE LANDDROSHOF VIR DIE DISTRIK VAN WOLMARANSSTAD GEHOU TE WOLMARANSSTAD SAAK NO: 282/2011 In die saak tussen: MNR P VOGES H/A TEHILLAH ELEKTRIES & HARDEWARE EISER En MNR JACO MARAIS VERWEERDER Ingevolge uit-spraak in die Hof van die Landdros van WOLMARANS-STAD gehou te WOLMARANSSTAD en Lasbrief tot Geregtelike Verkoping gedateer 04 OKTOBER 2011 sal die ondervermelde goedere op 23 NOVEMBER 2011 om 14H00, te P/A PLAAS DIEPKUIL, LEEUDORINGSTAD, aan die hoogste bieder geregtelik verkoop word, naamlik: 1 x PLANTER, 1 x JOHN DEERE TREKKER 3130. GE-DATEER TE WOLMARANSSTAD OP HIERDIE 28 STE DAG VAN OKTOBER 2011. COETZEE & VAN DER MERWE POSBUS 12 KRUGERSTRAAT 30A WOLMA-RANSSTAD 2630 VERW: MNR VENTER/av

Page 12: Overvaal 04-11 Nov 2011

Bladsy 12 OVERVAAL 4 - 11 November 2011

Die eerste krieketspan van Hoërskool Wolmaransstad het vanjaar met die groot name in Noordwes se skole liga klaargespeel en die liga gewen. Wollies se bestes het eers Klerksdorp Hoërskool oortuigend in die halfeindstryd geklop en toe met Hoërskool Lichtenburg in die finaal afgereken. Die Lichtenburgers het in hulle halfeindstryd met Gimnasium van Potchefstroom afgereken. Wollies het in die finaal op sy tuisveld eerste gekolf en 212 lopies in 46 beurte aangeteken. Tiaan Whitehorn (42), CJ Taljaard (38) en Hanré Whitehorn (37) het bygedra met die kolf. Daarna boul Wollies vir Lichtenburg in die 40ste beurt uit vir 177 lopies en wen met 35 lopies. Chris Visser, CJ Taljaard en Tiaan Whitehorn het die paaltjies gevat vir Wolmaransstad. Voorwaar ‘n prestasie. Op die foto verskyn die trotse span.: Mnr Xander Whitehorn (afrigter), Rudi von Abo (tellinghouer), Morné du Preez, Hanré Whitehorn, Jandré du Plessis, Frans de Beer, CJ Taljaard, Tiaan Whitehorn, Stephan van der Westhuizen, Dewet van Wyk, Johann Lambrechts, Edward Westermann, Henco Steyn, Chris Visser en mnr Rooie Robbertse (skoolhoof).

Wollies wen N/W krieketliga

KLERKSDORP - Mnr Japie van Rooyen, adjunkhoof van KHS is pas verkies tot die nuwe voorsitter van Noordwes Skole-rugby.

Hy volg mnr Gert Coetzer van Hoër Teg-nies Rustenburg op wat vir jare die leisels gehou het. Van Rooyen is ook die afgelope 5 jaar die

bestuurder van die Noordwes Cravenweek-span. Twee KHS-onderwysers en rugby-afrigters is ook gekies as keurders van die provinsie

se spanne. Mnr. Dirk Burger is ’n keurder van die O/18-span en mnr Peet Prinsloo sal voor-taan as ’n O/16 keurder optree.

Skolerugby in Noordwes kry nuwe voorsitter

Mnre Peet Prinsloo, Japie van Rooyen en Dirk Burger.

Johannes Mongale (37) van Wolmaransstad het twee goue medaljes verower tydens die ACA JOE – Mara-thon wat onlangs in Kaapstad gehou is. Sy tyd was 3:22:27. Hy het ook vanjaar ‘n brons medalje gekry tydens die Two Oceans. Sy tyd was toe 5:13:54. By hom staan Mpho Pelesa, persoonlike assistent van Wolmaransstad Burgemeester.

3 Medaljes vir Wollies se marathon-atleet