25

Pannar Saad (Edms) Bpk

  • Upload
    others

  • View
    6

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

SonneBlom CoverSonneblom
INHOUDSOPGAWE
8. Bemesting...................................................................................................................7
9. Onkruidbeheer..........................................................................................................12
10. Insektebeheer............................................................................................................13
A) INLEIDING
Sonneblom is huidiglik die belangrikste oliesade gewas in Suid-Afrika, en word in feitlik al die somerreënvalgebiede verbou.
In die verlede het die totale oppervlakte wat met sonneblom verbou is as gevolg van klimaatsfaktore en markpryse groot skommelinge van jaar tot jaar getoon. Daar word egter verwag dat die totale oppervlakte onder sonneblom in die toekoms by 500 000- 600 000 ha sal stabiliseer en selfs toeneem as gevolg van die volgende redes:
a) Marginale gronde sal meer vir die verbouing van gewasse soos sonneblom gebruik
word wat minder riskant is en laer insetkoste verg. Sonneblom voldoen aan hierdie vereistes.
b) Daar word verwag dat die aanvraag vir plantaardige olies en proteïene in die
toekoms sal groei. Sonneblom is die aangewese gewas sover dit olieproduksie betref.
c) Sonneblom is uitstekende wisselbougewas wat onder wyd uiteenlopende
klimaat- en grondtoestande verbou kan word.
d) Sedert die koms van bastersonneblom is tradisionele probleme soos onegalige hoogte en rypwording grootliks uit die weg geruim, met die gevolg dat dit nou makliker bestuurbaar is en uitstekende alternatiewe kontantgewas vir mielies en sorghum geword het.
e) Sonneblom is hoogs kompeterend met ander graangewasse en kan as alternatief tot
ander somergraangewasse gebruik word. B) AANPASBAARHEID 1. KLIMAATSVEREISTES
a) Sonneblom is baie wyd aanpasbaar en is meer droogteverdraagsaam as die
meeste ander graangewasse. Die hoofrede hiervoor is soos volg:
• Sonneblom kan hoë temperature onder droogtetoestande baie beter weerstaan as byvoorbeeld mielies. Die plante verwelk baie vinnig en die onderste blaar mag selfs uitdroog. Op hierdie wyse word die temperatuur op die blaar verlaag, wat lei tot aansienlike vermindering in vogverlies. Daarteenoor herstel die blare weer baie vinnig wanneer vogtoestande verbeter.
• Sonneblom is baie doeltreffende verbruiker van grondvog as gevolg van sy
diep en goed vertakte penwortelstelsel. Selfs uit die ondergrond en swaar kleigronde word vogreserwes baie meer doeltreffend benut as wat die geval met byvoorbeeld mielies is.
• Sy korter groeiseisoen en beter koueverdraagsaamheid bring mee dat
sonneblom redelik laat geplant kan word. So word die vog opgegaar in die voorjaar beter benut.
-2-
Sonneblom produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk
• Sonneblom word normaalweg in die middelsomermaande geplant, wat meebring dat dit in die koeler somermaande groei wanneer buitensporige vogverlies beperk is.
• Onder stremmingstoestande ontwikkel die sonneblomplant minder en kleiner
blare. Dit het dus die vermoë om by heersende toestande aan te pas en minder vog te gebruik onder stremmingstoestande.
• Stremming gedurende die bestuiwingsperiode is minder kritiek by sonneblom
as wat die geval met mielies is. Bestuiwing vind selfs onder kwaai stremmingstoestande plaas, want sonneblom besit die eienskap om stempels en stuifmeel gelyktydig te produseer. Daarby word groter pitte op die kop geproduseer indien daar vir een of ander rede minder sade gevorm is.
• Alhoewel sonneblom meer water per eenheid droëmateriaal benodig as
mielies, naamlik 577:1 teenoor 350:1, produseer dit aansienlik minder droëmateriaal per ha, met die gevolg dat sonneblom minder water per eenheidsoppervlakte gebruik as mielies.
b) Warm, effens droë klimaat word as optimaal beskou vir sonneblomverbouing.
Koel, vogtige weerstoestande, veral gedurende die rypwordingsperiode, is nie gewens nie omdat dit die ontwikkeling van witroes en kopvrotte bevorder, terwyl baie warm, droë toestande bruinroes en houtskoolvrot bevorder.
c) Sonneblom kan koue nagte of ligte ryp aansienlik beter verduur as mielies,
behalwe gedurende die bestuiwings- en vroeë ontwikkelingstadium van die sade.
d) Die stadige sonneblom kultivars benodig jaarlikse reënval van 650-850 mm. Vir die vinnige, korter tipes is 500-650 mm voldoende. Goeie oeste kan egter ook met ongeveer 350-400 mm vog gedurende die groeiseisoen verkry word. Omdat die gevreesde Sclerotinia siekte (kopvrot) meer onder hoë reënvaltoestande ontwikkel, word voorkeur gegee aan droër, warmer gebiede met reënval van ± 650 mm en lae humiditeit of lugvog.
e) Die mees kritieke periode ten opsigte van vogbehoefte in die ontwikkeling van
die sonneblomplant is gedurende knopvorming, wat ongeveer 30 tot 40 dae na plant plaasvind. Die blom- en graanvulperiode is ook belangrik om goeie graanset te verseker. Ernstige droogtestremming asook baie nat en uiters warm toestande tydens bestuiwing kan tot swak saadvorming of holsadigheid lei.
2. GRONDVEREISTES
a) Diep, goedgedreineerde leemgronde met goeie fisiese eienskappe is natuurlik ideaal, maar sonneblom kan, mits die grond goed gedreineer is, suksesvol verbou word in sand-, leem-, of turfgrond, asook op skraal en effens brak gronde. Dit presteer baie beter as mielies op turfgronde.
b) Suur sandgronde is ongeskik. Sonneblom is baie gevoelig vir aluminiumvergiftiging.
c) Gronde wat met aalwurm besmet is moet vermy word aangesien sonneblom
uiters vatbaar is vir hierdie plaag.
-3-
Sonneblom produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk
d) Jong saailinge is nie baie sterk nie. Gronde wat geneig is om vas te slaan moet na planttyd losgemaak word, om goeie stand te verseker.
e) Sonneblom is baie waardevolle wisselbougewas op gronde wat met rooiblom
besmet is. Rooiblomsaad ontkiem wel in die teenwoordigheid van sonneblom, maar vrek egter kort na ontkieming aangesien dit nie op sonneblom kan ontwikkel nie.
C) VERBOUINGSPRAKTYKE 1. GRONDVOORBEREIDING
Sonneblom reageer baie positief op goeie grondvoorbereiding. Doeltreffende vogbewaring en fyn, goed voorbereide saadbed verseker a) Goeie ontkieming en eenvormige stand b) Doeltreffende onkruidbeheer c) Egalige rypwording en afdroging vergemaklik oesinsameling d) Goeie opbrengste, selfs gedurende droogtetye
Sonneblom is baie gevoelig vir ongunstige toestande gedurende en kort na ontkieming, insluitende onkruidkompetisie. Fyn saadbed en doeltreffende onkruidbeheer is dus uiters belangrik om die gewenste plantbevolking te verkry en te handhaaf.
2. PLANTTYD
Sonneblom is nie baie plantdatumgevoelig nie en kan in die meeste gebiede oor betreklik lang periode aangeplant word. Normale planttye vir die verskillende gebiede is soos volg: Koeler oostelike gebiede : November middel Desember Warmer westelike gebiede : Middel November Januarie Rypvrye gebiede met lang groeiseisoen : Februarie Maart
3. PLANTBEVOLKING
In die praktyk is plantbevolkings van 30 000-45 000 plante per ha die mees aangewese plantestand. Die laer bevolking word vir gebiede met lae reënval en wye ryspasiëring aanbeveel. Terwyl die hoër plantbevolking vir hoë potensiaal toestande en nou rye aanbeveel word. Onegalige spasiëring en te yl aanplantings is nadelig in dié sin dat die koppe te groot word en die plante gevolglik voor strooptyd kan omval. Daar is aanduidings dat plantbevolking van meer as 45 000 plante per ha, selfs onder besproeiing, geen opbrengsvoordele inhou nie. Buitensporig hoë plantbevolkings kan selfs klein koppe met swak pitontwikkeling tot gevolg hê. Die uitsondering van bogenoemde aanbeveling is die kultivars in die vinnige groeiklas, wat teen 10-20 persent hoër plantbevolking met welslae aangeplant kan word.
-4-
4. KULTIVARS
Uitstekende sonneblombasters is tans in die handel beskikbaar. By kultivarkeuse moet die volgende faktore in ag geneem word: a) Hoë opbrengspotensiaal, veral in terme van olie-opbrengs
b) Hoë olie-inhoud
d) Egalige planthoogte en rypwording
• Vergemaklik oesinsameling
• Verminder oesverliese as gevolg van onryp koppe, voëlskade en sade wat
uitval omdat hulle te veel uitgedroog het.
e) Mate van selfbevrugtiging, dit wil sê onafhanklikheid van bestuiwing deur insekte. Anders as die ou oop-bestuifde variëteite wat swak selfverenigbaar is, besit die meeste nuwe hoër olie-inhoud baster hoë graad van selfverenigbaarheid. Basterverskille kom egter voor, en in dié opsig is die goeie basters in staat om tussen 70 en 80 persent self te bestuif sonder dat insekte rol speel. Nietemin, lewer bye steeds groot bydrae ten opsigte van bestuiwing en beter saadset.
f) Siekteweerstand
g) Lengte van groeiseisoen
Olie-inhoud is baie belangrike eienskap omdat die produsenteprys daarvolgens betaal word. Hoë olie-inhoud gaan gepaard met lae vesel-inhoud in die saad. Die hoë olie-inhoudtipes het vesel-inhoud van ± 16% terwyl dié van die lae olie- inhoudtipe ± 26% is. Pannar bemark tans slegs hoë olietipes Bestaande kultivars word van tyd tot tyd deur nuwe verbeterde kultivars vervang. Raadpleeg die jongste Pannar brosjure of plaaslike Pannar verteenwoordiger of landboukundige vir inligting oor die nuutste kultivars en die jongste kultivaraanbevelings per produksiegebied.
5. SAAD BENODIGDHEDE
Sonneblomsaad word volgens grootte gegradeer ten einde die aanplantingsproses te vergemaklik. Die saadbenodighede sal afhang van die saadgrootte en beoogde plantbevolking. Die benaderde aantal ha wat met 25 kg saad teen verskillende plantbevolkings geplant kan word, is soos volg:
-5-
Klas $Pitte per kg Plantbevolking per ha
Totaal *Min 20% 20 000 25 000 30 000 35 000 40 000 45 000 50 000
4 22 000 17 600 22.0 17.6 14.7 12.6 11.0 9.8 8.8
3 17 250 13 800 17.3 13.8 11.5 9.9 8.6 7.7 6.9
2 13 500 10 800 13.5 10.8 9.0 7.7 6.8 6.0 5.4
LW $Die aantal pitte per kg kan wissel afhangende van die kultivar.
*20 % Afgetrek as gevolg van verliese, met of kort na planttyd as gevolg van swak opkoms, insekteskade, bewerkingskade ens.
Kultivars kan ten opsigte van die persentasie van die verskillende pitgrootte klasse verskil. Geneties is daar geen verskil tussen groot en klein pitte nie. Groter pitgroottes word op gronde met hoë klei-inhoud, of wat maklik vasslaan, verkies. Aangesien groot pit sterker saailing voortbring wat voordelig kan wees om die gewenste, plantbevolking te verkry. Klein pitte het dié voordeel dat dit minder grondvog benodig vir ontkieming en kan dus eerder gebruik word waar die beskikbaarheid van grondvog riskant is.
Sonneblom is baie gevoelig vir molibdeentekort in die grond. Waar die saad nie deur die verskaffer met natrium molibdaat behandel is nie, moet dit deur die produsent self gedoen word. Dit is veral belangrik in gebiede waar molibdeen tekortsimptome gereeld voorkom.
6. PLANTDIEPTE EN PLANTTOESTANDE
Hoe swaarder die grond, hoe vlakker word geplant, en hoe droër die grond, hoe dieper word geplant. Op swaar kleigronde is die aanbevole plantdiepte 25-37 mm, op ligter gronde met klei-inhoud van 15% en minder kan tot 50-60 mm diep geplant word. Indien die grond na planttyd vasslaan en harde korsie vorm, moet die bolaag so gou moontlik losgemaak word, anders breek die nek van die ontkiemde saailing. Dit het tot gevolg dat die saailing vrek en die gewenste plantbevolking nie verkry word nie. Optimum grondtemperature vir ontkieming is 12ºC tot 20ºC. Baie hoë grondtemperature is nie bevorderlik vir goeie ontkieming nie en baie keer is dit die rede vir n swak plantestand.
-6-
7. VERBAND TUSSEN BLAARVERLIES EN VERWAGTE OPBRENGS
Persentasie oesverlies a.g.v. blaaroppervlakteverlies by verskillende groeistadia by sonneblom:
Persentasie Blaarverwydering Groeistadia
10 20 30 40 50 60 70 80 90 100
V9 0 1 1 2 2 3 3 5 7 9 V10 0 1 1 2 2 3 3 5 7 9 V11 0 1 1 2 2 3 3 6 12 21 V12 0 1 1 2 2 3 3 6 12 21 V13 1 1 2 2 2 3 4 7 14 25 V14 1 1 2 2 2 3 4 7 14 25 V15 1 1 2 2 3 4 4 8 17 29 V16 1 1 2 2 3 4 4 8 17 29 V17 1 2 2 3 4 4 5 10 20 34 V18 1 2 2 3 4 4 5 10 20 34 V19 1 2 3 4 5 6 9 14 25 40 V20 1 2 3 4 5 6 9 14 25 40 V21 1 2 4 5 7 9 13 19 30 47 V22 1 2 4 5 7 9 13 19 30 47 V23 2 3 5 7 9 12 17 24 35 54 V24 2 3 5 7 9 12 17 24 35 54 V25 2 4 6 8 10 14 19 27 40 63 V26 2 4 6 8 10 14 19 27 40 63 V27 2 4 7 9 12 16 22 31 46 73 V28 2 4 7 9 12 16 22 31 46 73 R1 2 5 8 11 14 18 25 35 52 83 R2 2 6 9 13 18 24 31 42 62 92 R3 3 6 10 15 20 26 33 45 65 94 R4 2 5 9 14 19 25 32 43 63 91 R5 2 4 7 11 16 23 30 40 55 87 R6 1 2 5 8 12 17 23 31 43 62 R7 0 1 3 5 8 12 16 22 30 37 R8 0 0 1 2 4 6 7 9 11 12
-7-
Haelskade by Sonneblom Oesverlies weens blaarskade
0
10
20
30
40
50
60
70
80
90
100
V9 V10 V11 V12 V13 V14 V15 V16 V17 V18 V19 V20 V21 V22 V23 V24 V25 V26 V27 V28 R 1 R 2 R 3 R 4 R 5 R 6 R 7 R 8
Groeistadium
8. BEMESTING
Dit is belangrik om te besef dat die grond en omgewing gewasproduksie dikteer en daarom kan daar nie geweldige hoë opbrengste verkry word as die gesamentlike effek van plantvoeding, grond, klimaat en kultivar nie gunstig is nie. Uiteindelik speel plant beskikbare water die grootste rol by opbrengs.
Sonneblom beskik oor n baie goeie, goed vertakte penwortelstelsel en het die vermo om vog en voeding uit die dieper grondlae relatief beter in vergelyking met mielies te benut.
Sonneblom is baie groot en goeie verbruiker van plantvoedingstowwe. Sonneblomme sal uiteraard die hoogste opbrengste op vrugbare, hoë potensiaal gronde lewer. Wat sonneblomme egter uniek maak, is sy uitstekende droogteverdraagsaamheid. Dit word hoofsaaklik toegeskryf aan die plant se wortelstelsel.
Sonneblomverbouing word nie op gronde waarvan die pH (KCl) laer as 4.5 is of by persentasie suurversadiging hor as 10%, aanbeveel nie. Sonneblom is baie meer sensitief vir suurgronde as bv. mielies. Sulke suurgronde lei gewoonlik tot aluminiumtoksisiteit en molibdeentekorte. Die optimum pH (KCl) vir sonneblom is tussen 5.2 en 6.1. Sonneblom kan geplant word op alkaliese gronde maar sterk brakgrond moet vermy word.
Plantvoeding: n Grondontleding vorm die basis vir n akkurate bemestingsprogram.
-8-
Verwydering van plantvoedingstowwe:
Tabel 1: Voedingstofonttrekking van sonneblom Vir 1 ton graan word die volgende hoeveelhede N, P en K in kg verwyder :
N P K Saad 25.8 1.9 8.5 Stronke en blare 41.2 5.2 87.6 Hele plant 67 7.1 96.1
Uit tabel 1 kan gesien word dat stikstof en kalium die belangrikste elemente is. Let ook dat 90% en meer van die kalium wat opgeneem is, in die stronk en blare voorkom en dit word dus nie van die land verwyder nie. Stikstof word in die grootste hoeveelhede (±70%) van die land verwyder in die vorm van saad. Daarom kan aanvaar word dat stikstof die grootste bydrae tot verhoogde opbrengs maak. Neem egter kennis dat indien die fosfaatontleding laag is, die gewensde opbrengsreaksie nie altyd verkry word weens wanbalanse in die grond nie.
Afsterwing van die onderste blare dui gewoonlik op stikstoftekort. Daar is ook al gevind dat hierdie verskynsel tydens droogtetoestande kan voorkom. Die grootste konsentrasie plantvoedsel kom in die bo-grond voor en sou die bogrond droog wees, kan dit gebeur dat die plante nie genoegsame plantvoedsel opneem nie.
Stikstof: Stikstof is noodsaaklike element in sonneblomvoeding en tekorte lei tot afname in groeitempo. Blare vertoon bleekgroen van kleur en die onderste blare kan selfs afsterwe wanneer stikstoftekort voorkom.
-9-
Tabel 2: Stikstofbehoefte (kg N/ha) vir verskillende mikpunte en klei persentasies:
BEPLANNINGSOPBRENGS (ton/ha) Grondtipe
(Klei %) 1 1.5 2 2.5 3 Sand (0-10%) 16 35 60 80 108 Leemsand (10-15%) 12 30 50 70 90 Sandleem (15-20%) 10 20 45 60 80 Sandkleileem (20-35%) 8 15 37 45 65
Wenk: By hoë opbrengste word topbemesting aanbeveel. Moet nie meer as 30 kg N/ha by die pit bandplaas nie. Topbemesting moet gegee word wanneer daar nog bo- oor plante beweeg kan word met trekker en toestel sonder om plante te breek.
Fosfaat:
Indien fosfaatontledings laag is reageer sonneblom goed op fosfaatbemesting. Op gronde met goeie fosfaatstatus reageer dit nie goed nie en is onderhoudsbemesting voldoende. Sonneblom toon merkbare reaksie op residuele fosfaat, afkomstig van die voorafgaande gewas.
Tabel 3: Riglyne vir fosforbemesting van sonneblom (kg P/ha):
BEPLANNINGSOPBRENGS (ton/ha) Grond P (Bray y) mg/kg 1 1.5 2 2.5 3
0-7 11-14 16-23 22-32 28-41 40-50
8-14 9-11 12-16 16-22 21-28 25-35
15-20 7-9 10-12 13-16 16-21 18-26
21-27* 5-7 8-10 10-13 13-16 11-20
28-34* 5 8 10 13 16
*Waar pH toestande optimaal is, dit wil sê tussen 5.2 en 6.1 pH (KCl) kan minder P in hierdie gevalle toegedien word.
Omdat die fosfaatgedeelte in kunsmis nie soutindeks het nie veroorsaak dit nie brandeffek op saad nie. Daarom kan al die fosfaat vooraf of tydens plant toegedien word. Dit is egter die stikstof en kaliumgedeelte van kunsmis wat brandskade by klein plantjies kan veroorsaak.
Kalium:
Sonneblom is baie doeltreffende benutter van kalium en dit word effektiewer benut in vergelyking met die meeste ander gewasse. Alhoewel sonneblom in verhouding meer kalium opneem as ander voedingselemente, word slegs 13 persent vir saadproduksie gebruik. Die res word in die vorming van stronke en die agterste gedeelte van die kop gebruik. Die grootste gedeelte van die kalium word dus
-10-
Sonneblom produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk
agtergelaat op die land in die vorm van stronke en blare. Kalium het positiewe effek op die olie-inhoud van sonneblom. Kaliumtekort veroorsaak blaarchlorose en die verbruining van die kroonblare.
Kaliumtekort:
Beplanningsopbrengs (ton/ha) Grond K mg/kg 1 1.5 2 2.5 3
20 16 21 27 33 39
40 10 15 20 25 30
60 7 10 14 18 22
80 0 8 11 14 17
100 0 0 9 11 14
120 0 0 0 0 0
Bogenoemde is tentatiewe riglyne omdat wisselvallige en onbeduidende reaksies op kalium verkry word. Dit was nog nie moontlik om betroubare riglyne saam te stel nie.
Tyd van toediening:
Sorg moet aan die dag gelê word dat plantjies genoegsame plantvoeding het. Die plante se voedingstofbehoeftes neem drasties toe vanaf die 10-blaarstadia. Tekorte in die vroeë stadium is baie nadelig en kan nie later reggedokter word nie.
Die totale behoefte van P en K moet voor of met plant toegedien word.
Wees versigtig om nie kunsmis te naby aan die saad te bandplaas nie, ontkieming kan baie nadelig beïnvloed word as gevolg van brandskade.
-11-
Mikro-elemente: Die twee mikro-elemente van belang is molibdeen en boor.
Molibdeen: Hierdie element se tekorte kom gedurende die saalingstadium voor. Voorkomende saadbehandeling is die beste praktyk. Plante wat tekortsimptome het, se jongblare vertoon bleek en nekrose (afsterwing) van die blaarrande kom voor. Die ouer blare het aanvanklik bleek voorkoms en namate die tekorte vererger vertoon dit nekrose van veral die blaarrande. Blare is geneig om soos bakkie bakvormig na bo te trek. Plante is dwergagtig. Tekorte kom hoofsaaklik op suurgronde voor (pH(KCl) 4.7 of laer). Tekorte word feitlik altyd deur voldoende bekalking opgehef. Tekorte kan opgehef word deur plante met blaar bespuiting van 50 g natriummolibdaat in 100 liter water per hektaar te bespuit. Bemesting met superfosfaat en ammoniumnitraat kan die probleem vererger omdat swael- en nitraat spesifiek hierdie tekorte meer na vore bring.
Boor: Boor is belangrik by seldeling en dit is noodsaaklike bestanddeel van die selwand. Tekort lei tot die ontwikkeling van swak en abnormale selle.
Boor is passiewe element en is baie onbeweeglik in die plant. Wanneer dit in die blare neergelê is, kan dit nie na nuwe groei of ander weefsels getranslokeer word soos in die geval van vervoerbare element soos bv. stikstof nie. Daarom is voortdurende opname van boor belangrik vir die sonneblomplant. Die blomstadium is die mees sensitiefste stadium vir dié element. Die vroulike gedeelte van die plant benodig baie hoër vlakke van boor as enige ander deel van die plant. Hierdie verskynsel verklaar waarom plante met lae boorvlak skynbaar normaal vegetatief ontwikkel maar dan probleme ondervind tydens saadset as gevolg van vroeë embrio- afsterwing. Erge gebreksimptome kan tot die afbreek van die kop lei (nekbreek).
-12-
Sonneblom produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk
Sonneblom behoort ten minste 40 mg/kg boor in die blare te bevat.
Organiese materiaal is die hoofbron en aanvuller van boor in grond. Dus sal gronde met lae organiese materiaal inhoud eerder geneig wees om gebreksimptome te wys.
Ligte inherente suurgronde wys gewoonlik eerste boortekort. Boor kan uitloog tydens hoë reënvaltoestande. Boortekorte kan verwag word as dit droog is gedurende die voorblom- en blomstadium. Gedurende droogtetoestande droog die bo-grond wat as die hoofbron van beskikbare boor dien uit, met die gevolg dat die plantwortels nie die boor uit hierdie laag kan opneem nie. Onder sulke toestande word vog en voedingstowwe hoofsaaklik uit die dieper grondlae verkry, wat minder beskikbare boor bevat. Sulke sonneblomme kan dan erge boortekorte ontwikkel.
Aanvulling:
Indien land geskiedenis het van boortekort moet daar altyd daaraan aandag geskenk word. Daar is kunsmismengsels wat boor bevat wat baie goed werk. Moet egter nie hierdie kunsmismengsels lukraak op ander gewasse gebruik nie.
Die aanbeveling is 1 kg boor per ha vir sandgronde, 2 kg boor per ha vir leemgronde en 3 kg boor per ha vir swaar kleigronde.
Die ekwivalent van 1 kg boor word deur die toediening van die volgende hoeveelhede bemestingstowwe verkry:
! 8.8 kg boraks (natriumboraat, 11.3% B) ! 4.9 kg Solubor (20.5% B) ! 5.7 kg boorsuur (17.5% B) ! 7.1 kg kalsiumboraat (14.0% B)
Solubor word vir vloeistoftoediening aanbeveel aangesien dit aansienlik meer oplosbaar is.
Daar moet gewaak word om nie te veel boor toe te dien nie. Gewasse soos bv. droëbone en sojabone is baie gevoelig vir boorvergiftiging. Te hoë boortoedienings kan tot totale plant afsterwe lei en sulke gronde kan steriel wees vir plantegroei. Dien boor met goeie oordeel toe. Vermy om boor aan gewasse wat dit nie nodig het nie, toe te dien. Kontak landboukundige indien u twyfel.
9. ONKRUIDBEHEER
Sonneblom is baie gevoelig vir onkruidmededinging, veral in die jong stadium. Indien onkruide nie gedurende die eerste 6-8 weke na opkoms doeltreffend beheer word nie, kan tot 50% van die oes verlore gaan.
Die beste beheer word verkry deur gebruik te maak van saamgestelde stelsel van meganiese sowel as chemiese middels. • Bewerk die lande deeglik voor en met planttyd. Goed voorbereide saadbed
verseker nie net goeie ontkieming nie, maar skep optimale toestande vir chemiese onkruiddoders.
-13-
Sonneblom produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk
• Nadat die plantjies goed gevestig is, kan roltandeg gebruik word om die
jong, ontkiemende onkruid te beheer, verkieslik gedurende die warmste dele van die dag.
• Latere bewerkings tussen die rye kan met tandimplement geskied.
Aangesien beskadigde plante moeilik of glad nie herstel nie, moet die skoffelbewerking vlak wees om onnodige skade aan wortels te voorkom.
• Indien nodig moet alle kakiebosplante net voor oestyd verwyder word.
Saad wat saam met kakiebos gestroop word, neem die reuk van hierdie onkruid aan en kan afgekeur word.
• Die volgende onkruiddoders is in Suid-Afrika geregistreer vir gebruik op sonneblom:
GEWONE NAAM HANDELSNAAM
Inwerk Pendimetalin Trifluralin
Na-Opkoms Sikloksidim Focus Ultra Tussenry Diquat/Paraquat Preeglone
Dit is belangrik om te onthou dat sonneblom besonder gevoelig is vir die nawerking van Atrazien. Op sekere gronde soos swart turf, kan die nawerking van Atrazien na twee seisoene nog skade aan sonneblom veroorsaak. Waar sonneblom in wisselbou met mielies verbou word, moet onkruiddoders met kort nawerking gebruik word waar die mielies as opvolg gewas gebruik word. Dit geld spesifiek vir Trifluralin waar wagperiode van 12 maande vir kleingrane en mielies, en 18 maande vir graansorghum geld.
10. INSEKTEBEHEER
1. Om goeie stand te verseker, moet snywurms deur middel van lokaas of bespuiting beheer word, verkieslik as voorsorgmaatreël en nie eers nadat snywurms opgemerk word en dit dan gewoonlik al te laat is nie.
2. Bolwurms rig soms groot skade aan sonneblom. Die plante is op hul gevoeligste
in die vroeë stadium van kopvorming. Besmetting op hierdie stadium kan misvormde koppe en swak saadset tot gevolg hê. Soms word kop glad nie gevorm nie. Na die blomstadium is die plant minder gevoelig en skade is beperk tot gevrete pitte in die kop. Alhoewel bolwurms ook die boonste blare kan aanval, is die skade selde baie groot, behalwe wanneer die besmetting swaar is.
-14-
Sonneblom produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk
3. Bolwurms kan doeltreffend met insekmiddel soos Endosulfan beheer word, mits bespuiting plaasvind voordat hulle die koppe binnedring.
Dit is baie moeilik om te bepaal op watter besmettingspeil die chemiese beheer van bolwurm ekonomies geregverdig is, aangesien wisselende getalle van verskillende grootte larwes op verskeie dele van die plant op verskillende groeistadiums van die plant gevind word.
Die teenwoordigheid van gemiddeld twee of drie medium tot groot larwes of meer kleiner larwes per groot blomknop is gewoonlik aanduiding dat beheermaatreëls geregverdig sal wees.
11. SIEKTEBEHEER
Die verspreiding van sonneblomsiektes wissel van jaar tot jaar volgens klimaatstoestande. Sekere siektes kom meer in droë jare voor, terwyl die ontwikkeling van ander weer deur koue, nat toestande bevorder word. Verskeie chemiese middels bestaan vir die beheer van witroes(Albugo) en bruinroes (Puccinia). Kundige advies moet egter ingewin word alvorens spuitprogram gedoen word. Die middelgroeistaduim, dosis en spuitprogram sal die ekonomiese regverdigbaarheid van hierdie insetkoste bepaal.
i) Wisselbou
Sonneblom behoort nie meer as een keer in drie jaar op dieselfde land verbou te word nie, ten einde die opbouing van siektes te voorkom.
Mielies en graansorghum is uitstekende gewasse in wisselbouprogram met sonneblom. Gewasse soos aartappels, sojabone, grondbone en gewone bone moet vermy word, aangesien hulle ook vatbaar vir sekere siektes soos Sclerotinia Verwelksiekte en Kopvrot is.
ii) Saad
Sekere sonneblomsiektes is saadgedraagd. Dit is dus belangrik dan net behandelde saad afkomstig uit betroubare bron geplant word.
iii) Sanitasie
Opslagplante en siek plante moet indien moontlik van die land verwyder word, om die opbou van siektes te voorkom.
iv) Kultivars
Sover moontlik moet net kultivars geplant word wat bestand is teen die siektes wat in die betrokke gebied voorkom.
Ongelukkig is daar nog geen kultivar beskikbaar wat bestand is teen Sclerotinia Verwelksiekte en Kopvrot nie.
BELANGRIKE SONNEBLOMSIEKTES
a) Sclerotinia scleretorium ( Verwelk en Kopvrot) Sclerotinia is baie skadelike siekte en daar bestaan geen weerstandbiedende kultivars of doeltreffende chemiese middels om hierdie siekte te beheer nie.
-15-
Twee vorms van die siekte kom in sonneblom voor:
(i) Sclerotinia Verwelksiekte
Hierdie vorm is die sogenaamde nie-geslagtelike vorm, en die tipiese simptome is die skielike verwelking en afsterwe van die plant. Wit katoenagtige swamgroei ontwikkel op die stam naby die grondoppervlakte, gevolg deur grys tot bruin letsels. Swart sclerotiums (oorlewingstukture) vorm op die stam en tussen die wit stamgroei binne in die stam.
Die sclerotiums wat op hierdie wyse gevorm word, kan rustend in die grond lê en weer swamdrade onder gunstige toestande vorm. Die swamdrade penetreer die stam van die plant, wat dit laat verwelk en vrek, en nuwe sclerotiums word gevorm. Op hierdie wyse kan die siekte vir lang tyd in die grond oorlewe, maar normaalweg word net klein persentasie plante deur hierdie vorm van oorlewing geaffekteer.
-16-
(ii) Sclerotinia Kopvrot
Hierdie is die sogenaamde Geslagtelike vorm en is baie skadeliker as die nie- geslagtelike vorm. In plaas dat die sclerotium in die grond swamdrade vorm wat op die gasheerplant parasiteer, ontwikkel sjampanjeglasvormige geslagtelike vrugliggame, ook bekend as apotekiums, op die sclerotiums. Op hul beurt ontwikkel die apotekiums miljoene onsigbare spore, ook bekend as askusspore, wat deur lugstrome versprei word en tydens stuifmeelstorting op die sonneblomkoppe te lande kom. Daar word vermoed dat die spore op die stuifmeelkorrels voed en die kop dan verder binnedring, nuwe sclerotiums vorm en op dié wyse nuwe lewensiklus begin.
Kenmerkend van besmette koppe is die verflenterde of uitgerafelde voorkoms by rypwording, en die teenwoordigheid van donkergrys tot swart sclerotiums tussen die plantweefsel. Kwaai besmettings kan die hele sonneblomoes vernietig.
Alhoewel Sclerotinia in die saad oorgedra kan word, moet onthou word dat die sclerotium vir lang tydperk in die grond kan oorlewe en ook op groot verskeidenheid sogenaamde gasheerplante kan voortbestaan. Hierdie plante sluit boongewase, aartappels, sekere vrugtebome, onkruide soos knapsekêrel en baie ander in. Die siekteorganismes word gevolglik redelik algemeen aangetref. Selfs wanneer sonneblom vir aantal jaar nie op betrokke land geplant was nie, kan dit voorkom. Dit is nie noodwendig saadgedraagd nie.
-17-
Sonneblom produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk
Sclerotinia kom meestal onder langdurige koel, nat toestande voor. Die grootste skade word aangerig wanneer hierdie toestande in die najaar voorkom en die geslagtelike vorm van voortplanting plaasvind.
Die enigste doeltreffende beheermaatreël is wisselbou met gewasse van die grasfamilie soos mielies, graansorghum of weidings. Op besmette gronde moet vir minstens 5 jaar nie-vatbare gewasse verbou word. Opslagplante moet vroeg verwyder word.
Gesonde, onbesmette saad uit betroubare bron moet ten alle tye gebruik word.
b) Rooiroes (Puccinia helianthi)
Rooiroes kom hoofsaaklik onder vogtige toestande met hoë temperature gedurende die middelgroeiseisoen voor. Dit word gekenmerk deur klein poeieragtige rooibruin vratjies. Hoofsaaklik op die onderkante van die blare en die stamme, wat later swart word. Erg besmette blare word gou bleek en oud.
Aangesien kwaai rooiroes besmettings die olie-inhoud van die graan nadelig kan beïnvloed, is doeltreffende beheermaatreëls belangrik. Die gebruik van weerstandbiedende kultivars, verwydering van besmette en opslag plante en die toepassing van wisselboustelsel is die doeltreffendste beheermaatreëls.
Teling van roesbestande kultivars word bemoeilik deur die voortdurende ontwikkeling van nuwe roesrasse.
-18-
c) Wortelvrot (Sclerotium rolfsii)
Wortelvrot word deur grondswam veroorsaak en kom gewoonlik kol-kol in sonneblomlande voor. Meganies beskadigde wortels word aangeval, die blare verwelk en sterf af. Jong plante bly dikwels verdwerg en geen blomknop ontwikkeling vind plaas nie. Aangesien die swam vermeerder op dooie plantreste word die diep inploeg van alle gewasreste aanbeveel.
d) Blaarvlek (Septoria spp en Alternaria spp)
Groot, lig- tot donkerbruin, ronde tot hoekige, ingedrukte kolle vorm op die blare. Daar word selde enige noemenswaardige skade aangerig behalwe wanneer aanhoudende reëns voorkom wat die ideale omstandighede skep vir die siekte om vinnig na jonger blare te versprei. Gebruik van bestande kultivars en wisselbou is doeltreffende beheermaatreëls.
-19-
e) Houtskoolvrot (Rhizoctonia spp)
Ernstige besmettings kan onder warm, droë toestande voorkom. Die plante word vroeg ryp, die stamme breek maklik en gaan plat lê. Die siekte kan aan die klein, bruin-swart liggaampies op die stamme herken word. Die swamme is baie gevoelig vir koue en indien die siekte ernstig was, kan die plantreste gedurende die winter op die grondoppervlakte gelos word.
f) Witroes (Albugo tragopogonis)
Skade is meestal nie ernstig en lyk gewoonlik erger as wat dit werklik is. Baie nat toestande kan egter tot swaar besmettings lei wat groot oesskade tot gevolg kan hê. Op die blare is die siekte aan die bokant sigbaar as verhewe chlorotiese vlek. Aan die anderkant van die blaar is wit swamgroei in hierdie vlekke duidelik sigbaar. Die geslagtelike fase van hierdie siekte word waargeneem as ligte grys-rook vlekke op die stam en blaarstele van die besmette plante. In uiterste gevalle kan dit ly tot die ontblaring van die plant asook plante wat omval. Laasgenoemde kan lei tot baie ernstige opbrengsverliese.
g) Kopvrotte (Rhizopus spp en Borytis spp)
Die swamme dring die sonneblomplant binne waar plantweefsels verswak of beskadig is, bv. deur hael, insekte en selfs voëls. Die siekte kom aan die einde van die groeiseisoen voor en word deur koel, vogtige weerstoestande bevorder.
-20-
Sonneblom produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk
Dit kan dele van die kop of selfs die hele kop beskadig. Dit is belangrik om die siekte te onderskei van die meer ernstige en gevreesde Sclerotinia kopvrot. Geen vrugliggame, die kenmerkende swart en oneweredige oorleweringstrukture van Sclerotinia word in die beskadigde koppe gevind nie.
h) Stamvrot (Phoma oleracen var helianthi-tuberosi)
Die swam dring die stam by die blaarsteelbasis in. Kenmerkende simptome is die swart letsels op die stam. Die siekte het verswakte stamme tot gevolg wat onder sterk windtoestande kan breek. Graanontwikkeling kan ook deur die siekte benadeel word. Die siekte kom selde baie straf voor en is van min ekonomiese belang.
D) OESINSAMELING 1) VIR SAAD
a) Die beste stadium om te oes is wanneer die agterkant van die koppe nog effens klam is. Verlies tydens die oesproses word daardeur verminder.
b) Koppe kan met stroper of dorsmasjien gestroop of gedors word. Stropers moet
met die regte aarstroper, vangpanne en ander toebehore wat reg ingestel is toegerus word.
c) As die saad vir redelike tyd geberg gaan word, moet dit nie meer as 10% vog
bevat nie. Indien opberging tydelik is, is 12% voldoende.
d) Verliese weens voëls, insekte, sade wat uitval en swak staanvermoë kan verminder word deur die oes teen 20% vog te oes en dan kunsmatig te droog. Die aanbevole droogtemperatuur is 71ºC-80ºC.
Die oesproses kan ook vervroeg word. Sonneblom is fisiologies ryp wanneer die agterkant van die kop van groen na geel verkleur en die omtrek skutblare verbruin en bros begin word. Op dié groeistadium kan ontblaringsmiddel op die plante gespuit word en die oes na ongeveer 1-2 weke na die behandeling ingesamel word.
2) VIR KUILVOER
Vir die beste verhouding tussen opbrengs en gehalte word die plante geoes wanneer 50 persent van die koppe blom. Die plantmateriaal moet toegelaat word om te verwelk voordat dit ingekuil word. Inkuiling kan geskied saam met mielies of sorghums (1:2) of alleen deur ongeveer 20 kg melasse/ton by te voeg.
3) VIR DROËVOER
Gedorste of ongedorste koppe kan gemaal word en alleen of gemeng met ander voere, gevoer word.
-21-
E) GRADERING EN BEMARKING
Die sonneblomsaad is tegnies gesproke dopvrug, wat bestaan uit ware saad en vrugwand of dop. Die kleur van die dop wissel van feitlik spierwit, gestreep tot pikswart, afhangende van die tipe sonneblom. Die dop (perikarp) maak ongeveer 20-25% van die totale massa van die saad uit. Hoe groter die dopmassa, hoe laer die olie-inhoud. Die gemiddelde saadsamestelling van hoë olie-inhoudtipe sonneblom is by benadering soos volg: Olie - 42-45% Proteïene - 15-20% Dop Water - 40-45% Minerale Die gradering van sonneblomsaad, asook die produsente prysstruktuur, is in die eerste plek gebaseer op die olie-inhoud van die saad en dan ook op die fisiese suiwerheid of skoonheid van die monster. Daar word ook gediskrimineer teen saad wat muwwe, kakiebos, of ander onaangename reuk het, of giftige sade bevat.
-22-
F) OPBRENGSTE
Sonneblom produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk
Onder besproeiing - 3-3.5 t/ha Droëland : hoë potensiaal toestande - 2-3 t/ha Droëland : marginale toestande - 0.5-1.5 t/ha
G) DIE SAMESTELLING VAN SONNEBLOMOLIE VS ANDER OLIES
Mono-onversadig Poli-onversadigde Versadigde Hoë Oleien Sonneblomolie 82% 9% 9% Olyfolie 77% 9% 14% NuSun Sonneblomolie 65% 26% 9% Canola-olie 62% 32% 6% Grondboonolie 49% 33% 18% Lard 47% 12% 41% Beesvet 44% 4% 52% Bottervet 34% 2% 64% Mielie-olie 25% 62% 13% Sojaboonolie 24% 61% 15% Linolien Sonneblomolie 20% 69% 11% Katoensaadolie 18% 55% 27% Verfblomolie 13% 77% 10% Neem asseblief kennis dat hierdie dokument alleenlik as riglyn dien en die inligting word in goeder trou gegee. Aangesien toestande mag wissel van plaas tot plaas, en selfs van land tot land binne elke gebied, kan aanpassings gebaseer op plaaslike toestande of vir enige spesifieke voorkeure, nodig wees.
SonneBlom Cover