Upload
zander-van-der-westhuizen
View
242
Download
0
Embed Size (px)
DESCRIPTION
1 Timoteus 4:6-16 Prediker: Dr D Dreyer Uit die reeks Geloofsgewoontes
Citation preview
1
Sondag 4 Maart
1 Tim 4:6-13
Geloofsvennote – Mentorskap
“Bestee jou tyd en energie daaraan om jouself te oefen tot geestelike
fiksheid. Liggaamlike oefening het wel waarde, maar geestelike oefening
is baie belangriker, want dit hou belofte in van beloning. Sowel in hierdie
lewe as in die volgende.” (1 Tim 4:7-8).
Soms kry ’n mens die gevoel dat daar te veel leuenstoel- christene in die
kerk is:
Hulle wil getrakteer word op net die beste. Hulle is geestelike
oorvoed, maar hulle kom nie in beweging om iets te doen, om
opstaan en in die Naam van Jesus ’n verskil te maak nie.
Hulle is baie gou om soos leuenstoel-sportmanne voor die TV-
kommentaar te lewer – hulle weet beter as die afrigter, die spelers en
die skeidsregter. Maar hulle is nie deel van die spel nie.
Miskien sou Paulus se raad aan Timoteus ook hier van toepassing
wees: “Moenie jou tyd verkwis met redenasies oor goddelose idees
en ouvroustories nie” (vs 6)
Daar is baie beter dinge om te doen. “Bestee jou tyd en energie daaraan
om jouself te oefen tot geestelike fiksheid.” (vs 7). Of in die taal van die
gesprek waarmee ons besig is: Gebruik jou tyd en krag om die
geloofsgewoontes of geestelike dissiplines in die oefen!
Soos met enige oefenprogram kan jy van ’n instrukteur of mentor
gebruik maak. In sekere kerklike tradisies sal iemand by ’n geestelike
begeleier aanklop om op ’n gereelde basis begeleiding te ontvang oor
geestelike sake. So ’n instrukteur of mentor stel vir jou ’n program
voor, monitor jou vordering en moedig jou aan om te volhard. Jesus
was so mentor vir sy dissipels en Paulus was so mentor vir Timoteus.
2
Hy noem Timoteus sy “my eie kind in die geloof” (1 Tim 1:2) en “my
geliefde seun” (2 Tim 2:2). Hy moedig hom aan om te volhard in die
geloof wat in sy ouma Loïs en in sy ma Eunice was (2 Tim 1:5). Hy
moedig hom aan om sy geestelike gawes te gebruik in die bediening.
Ons raak moeg en moedeloos omdat ons nie iemand het wat ons so
kan aanspoor en bemoedig nie. Dalk is dit nou die tyd om so iemand
te vind.
Ons kan natuurlik ook soos met enige oefenprogram ’n oefenmaat of
spanmaat kry. Iemand wat ons kan herinner aan ons oefentye en
selfs bel om te hoor of ons wakker is en gereedmaak om te oefen.
Iemand wat saam met ons sweet, maar ook saam met ons die
vreugde ervaar van sukses en oorwinning. Ons is arm in ons
geestelike lewe omdat ons te veel op ons eie ons geloofspad wil loop.
Dit is nou die geleentheid om ’n geloofsgenoot te kies.
Dan kan ons ook saam in ’n span oefen. Jy kan deel wees van ’n
oefengroep. Daar is vele sulke groepe in die gemeente. Die waarde
daarvan is dat jy dan veel meer insette kry en mekaar kan inspireer
en bemoedig.
Die belangrike vraag is natuurlik:
Hoe lyk so oefenprogram van ’n instrukteur?
Waaroor moet ons praat as geloofsvennote?
Wat is die agenda as die groep bymekaarkom?
Met ander woorde: Hoe kan ons mekaar vorm en beïnvloed? Oor hierdie
vraag dink mense na al vanaf die vroegste tye. Die Grieke het nie baie
gehou van oefen nie. Paulus het dalk by die Stoἲsynse filosowe
aangesluit toe hy, soos die 1933 dit vertaal, sê: “Want die liggaamlike
oefening is van weinig nuut” (vs 8). Die Grieke was lief om te praat.
Hulle was geskool in die kuns van redevoering of retoriek. Aristoteles het
3
gesê dat daar drie dinge nodig is as jy iemand wil oorreed: Logos,
pathos en ethos.
Ons lewe oppervlakkig en ons verhoudings het leeg geword, omdat ons
dink dat alles draai om kennis en vaardighede (logos). Ons het
grootgeword met die spreekwoord: Kennis is mag! Natuurlik is kennis
belangrik. Ons is ongelooflik dankbaar vir wat die wetenskap en
tegnologie vir ons gebring het. Maar as dit al is waaroor dit gaan, mis
ons die punt. Ouers voel minderwaardig omdat hulle kinders meer weet
as hulle en oumas en oumas voel “stupid” as kleinkinders vaardiger is
met die TV-kontroles en die selfoon. Kinders en kleinkinders dink hulle
ouers en grootouers is dom en hulle hoef nie na hulle te luister nie.
Pasop vir die leuen van die moderne tyd. Daar is ’n ander spreekwoord:
“Hoe groter gees, hoe groter bees”. Paulus noem dit die kennis wat ’n
mens opgeblase maak, hoogmoedig en beterweterig maak. Mense, ook
kinders wat dink dat hulle alles weet, is buffelagtig in hulle optrede
teenoor ander kinders en volwassenes. Te lank het mense, en ook
onderwysers, gedink dat IK alles is. Gelukkig is daar mense wat tot die
insig gekom het dat daar ook sosiale, emosionele en liggaamlike
intelligensie is waarsonder jy nie suksesvol kan wees nie!
Dit het Aristoteles lankal gesê. Daar moet pathos wees. Jy moet jou kan
verbind, jy moet kan meeleef met die ander persoon (gehoor). Die
moderne woord is “connectedness”. Sonder hierdie band kan daar nie
opvoeding en vorming plaasvind nie. So bly die Bybelse waarhede koud
en sonder inhoud, vorm sonder inhoud, ’n wet (tora) sonder die liefde
(wysheid). Sonder passie vir dit waaroor jy praat, is daar geen
geloofsvorming nie. ’n Goeie onderwyser is ’n onderwyser wat leef vir sy
vak.
Maar daar is nog ’n dieper fondament– ethos, karakter, geloof-
waardigheid. Jy kan al die kennis hê en dit met passie oordra, maar as
4
dit wat jy sê nie neerslag vind in jou eie lewe nie, gaan niemand jou glo
nie. Dit is soos om vir jou kinders van die Bybel te leer en te vertel hoe
wonderlike is om die Here te dien, maar hulle dan maar net af te laai vir
kategese. Woorde wek, maar dade trek. Jou voorbeeld praat harder en
duideliker as jou woorde. Dit is wat jou kinders hoor. En as ons voel dat
ons misluk het in ons opvoeding – dan is dit dalk omdat een of meer van
die elemente ontbreek het.
Steeds is die vraag: Waaroor moet ons praat as geloofsgenote? Die
antwoord is: Oor hierdie drie dinge – logos, pathos, ethos. Dit wat ons
moet weet (die waarheid), dit wat ons voel en dit wat ons is.
Ons moet praat oor wat ons weet (waarheid):Wat verstaan ek nie?
Paulus sê vir Timoteus hy moet sy hoorders voed met die boodskap van
die geloof en die ware leringe (vs 6). Hy moet vir die gelowiges ’n
voorbeeld wees in wat hy leer (vs 12).
Ons moet praat oor wat ons ervaar: Hoe voel jy daaroor?
Timoteus moet vir hulle ’n voorbeeld wees in liefde (vs 12). Ons moet
met mekaar praat oor ons verhouding met God en met mekaar.
Ons moet praat oor wie ons is: Wat doen dit aan of vir jou?
“ Wees ’n voorbeeld vir alle gelowiges … in die manier waarop jy lewe,
… jou geloof (lewensingesteldheid) en soberheid” (vs 12).
Wanneer ons as geloofvennote by hierdie gesprek uitkom, het dit
waarde:
Vir hierdie lewe – dit gee rigting, dit bemoedig, dit help om nou die wil
van God te verstaan en uit te leef.
Vir die toekomstige lewe – dit berei ons voor en laat ons uitsien om
eendag aan die voete van die Groot Leermeester te sit waar Hy alles
in almal sal wees en waar ons alles sal weet – Hy al ons vrae sal
beantwoord word.