18
Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 1 Junie 2014 Kortpad na advertensies Algemene nuusbrokkies Gemeenskapsadvertensies Kleinadvertensies (Persoonlik) Kleinadvertensies (Besigheid) Werksgeleenthede Geestelike Pitkos Afrikaanse kerkdienste Landswye dagboek Riglyne vir adverteerders Kanselleer intekening / Unsubscribe 1 Junie 2014 3/4 3/4 Redakteursbrief Verlede week het Hemelvaartdag gekom en gegaan. Dit was die dag waarop ons onthou hoe Jesus na Sy kruisiging en wonderbaarlike opstanding uit die dood opgevaar het na die Hemel, waar Hy weer sy plek ingeneem het aan die regterhand van God die Vader. Dit is waar Hy heers en vir ons intree, en waarvandaan Hy weer sal kom soos Hy belowe het. Wat ‘n voorreg om so ‘n belofte van ons getroue God te hê, en dat Hy dit goed gedink het om ons dit vooruit te vertel sodat ons onsself kan voorberei op ‘n ewige lewe saam met Hom. Lees ds Johan Hendricks se ‘Geestelike Pitkos’-bydrae waarin hy gesels oor Hemelvaartdag en wat dit beteken. Die kitsskakel na die artikel is hierbo aan die linkerkant. Ek vestig graag die aandag op ‘n paar nuwe advertensies. In Besigheid / Skoonheid stel iemand hul velterapiedienste in Howick bekend. ‘n Nuwe siklus van ‘n Suid-Afrikaanse winkel daar begin ook weer, en ‘n interessante konsep in regsdienste word beskryf in die nuusafdeling, asook in Besigheidsadvertensies (Professionele Dienste). In ‘Persoonlik’ benodig iemand in Christchurch dringend bekostigbare, tydelike verblyf. Kan iemand help? Ek plaas die eerste bydrae van iemand wat reageer op die uitnodiging dat lesers met mekaar deel wat hulle dink oor ons immigrantegroep se kenmerke en identiteit in Nieu-Seeland. Ek nooi enigiemand uit om ‘n mening daaroor in te stuur; dit is vir my interessant om die verskillende perspektiewe te lees en ek sal graag meer daarvan met lesers wil deel. Philip Langenhoven Redakteur (Skryf gerus aan my oor enigiets by [email protected] ) ________________________________________________________________________________________ Ysbreker: Uit die mond van die suigeling Die seuntjie kyk hoe sy tannie poeier op haar baba gooi. Seuntjie: "Tannie moenie sleg voel nie, ons hond het ook vlooie." (Bydrae ontvang van Pieter Burger – Red.)

Redakteursbrief - Brokkies · Lees ds Johan Hendricks se ‘Geestelike Pitkos’-bydrae waarin hy gesels oor Hemelvaartdag en wat dit beteken. Die ... en dit skep ‘n risiko dat

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Redakteursbrief - Brokkies · Lees ds Johan Hendricks se ‘Geestelike Pitkos’-bydrae waarin hy gesels oor Hemelvaartdag en wat dit beteken. Die ... en dit skep ‘n risiko dat

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 1 Junie 2014

Kortpad na advertensies Algemene nuusbrokkies Gemeenskapsadvertensies Kleinadvertensies (Persoonlik) Kleinadvertensies (Besigheid) Werksgeleenthede Geestelike Pitkos Afrikaanse kerkdienste Landswye dagboek Riglyne vir adverteerders Kanselleer intekening / Unsubscribe

1 Junie 2014

3/4

3/4

Redakteursbrief Verlede week het Hemelvaartdag gekom en gegaan. Dit was die dag waarop ons onthou hoe Jesus na Sy kruisiging en wonderbaarlike opstanding uit die dood opgevaar het na die Hemel, waar Hy weer sy plek ingeneem het aan die regterhand van God die Vader. Dit is waar Hy heers en vir ons intree, en waarvandaan Hy weer sal kom soos Hy belowe het. Wat ‘n voorreg om so ‘n belofte van ons getroue God te hê, en dat Hy dit goed gedink het om ons dit vooruit te vertel sodat ons onsself kan voorberei op ‘n ewige lewe saam met Hom. Lees ds Johan Hendricks se ‘Geestelike Pitkos’-bydrae waarin hy gesels oor Hemelvaartdag en wat dit beteken. Die kitsskakel na die artikel is hierbo aan die linkerkant. Ek vestig graag die aandag op ‘n paar nuwe advertensies. In Besigheid / Skoonheid stel iemand hul velterapiedienste in Howick bekend. ‘n Nuwe siklus van ‘n Suid-Afrikaanse winkel daar begin ook weer, en ‘n interessante konsep in regsdienste word beskryf in die nuusafdeling, asook in Besigheidsadvertensies (Professionele Dienste). In ‘Persoonlik’ benodig iemand in Christchurch dringend bekostigbare, tydelike verblyf. Kan iemand help? Ek plaas die eerste bydrae van iemand wat reageer op die uitnodiging dat lesers met mekaar deel wat hulle dink oor ons immigrantegroep se kenmerke en identiteit in Nieu-Seeland. Ek nooi enigiemand uit om ‘n mening daaroor in te stuur; dit is vir my interessant om die verskillende perspektiewe te lees en ek sal graag meer daarvan met lesers wil deel. Philip Langenhoven Redakteur (Skryf gerus aan my oor enigiets by [email protected]) ________________________________________________________________________________________ Ysbreker: Uit die mond van die suigeling Die seuntjie kyk hoe sy tannie poeier op haar baba gooi. Seuntjie: "Tannie moenie sleg voel nie, ons hond het ook vlooie." (Bydrae ontvang van Pieter Burger – Red.)

Page 2: Redakteursbrief - Brokkies · Lees ds Johan Hendricks se ‘Geestelike Pitkos’-bydrae waarin hy gesels oor Hemelvaartdag en wat dit beteken. Die ... en dit skep ‘n risiko dat

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 1 Junie 2014

Algemene nuusbrokkies

Terug na bo...

Eerste leser deel sy mening oor ons Kiwi-identiteit

Eugene Ferreira van Taumarunui was van die eerstes om te reageer op die uitnodiging in Brokkies van 18 Mei dat lesers vertel wat hulle dink oor ons Suid-Afrikaanse / Afrikaanse immigrante in Nieu-Seeland se identiteit. Die vraag was spesifiek daarop gemik om te bepaal wat mense dink ons immigrantegroep se kenmerke in Nieu-Seeland is. Lees gerus meer hieroor in ‘n artikel laer af indien jy ook jou mening wil deel. Neem asseblief kennis dat die persoonlike menings hier uitgespreek nie noodwendig die menings van die redakteur is nie. Lesers work uitgenooi om voort te gaan om hul menings hieroor in te stuur sodat dit met ander lesers gedeel kan word. Hier volg Eugene Ferreira se bydrae. Hy het verkies om die vyf temavrae afsonderlik te beantwoord: Vraag 1: Oor die afgelope 2 dekades, wat was die deursnit Suid-Afrikaanse of Afrikaanse immigrant se kenmerke en identiteit toe ons in Nieu-Seeland aangekom het? (Hoe sou ons onsself beskryf het as nuwe inwoners?) Twaalf jaar gelede het ons Kiwiland toe gekom met volle verblyfreg. Met die kwalifikasies en ondervinding wat vereis was om te kwalifiseer, het dit beteken dat die Kiwi’s destyds die ‘room’ afgeskep het. Ons het dus met hoë verwagtings geland en met skok uitgevind dat baie Kiwi’s ons as 'n bedreiging beskou het. Vraag 2: Hoe dink jy het Kiwi’s ons gesien? (Hoe sou hulle ons algemene kenmerke en identiteit beskryf het?) Aansluitend by vraag 1 is Afrikaners maklik as arrogant beskryf oor ons nie skaam was om ons mening oor iets te lug nie. Kiwi’s sê hulle praat reguit, maar as ons reguit praat, oorskry ons die een of ander ongeskrewe reël, want ons as immigrante mag nie dinge sê wat negatief teenoor Kiwi’s kan oorkom nie. As ‘n teenreaksie sou baie van ons mense hulself dikwels beskryf as dat hulle net reguit praat en dinge nie probeer versag nie. My ervaring hiermee was in die tydperk na ons aankoms in Nieu-Seeland, toe die gevoel soms deurgekom het dat omdat ons as nuwe immigrante nie dieselfde ‘mag’ as die gevestigdes in die werkplek het nie, ons meer ‘katvoet’ moet loop. Vraag 3: Dink jy Kiwi’s se opinies oor ons het die afgelope dekade of twee verander nou dat hulle ons beter ken? Indien wel, wat dink hulle nou is ons algemene kenmerke en identiteit? Die meerderheid waardeer nou die waarde wat ons toevoeg, maar daar is nog steeds 'n groepie van veral senior bestuurders wat ons soms as 'n bedreiging vir hulle posisies sien. Vraag 4: Watter kenmerke moes jy verander, of nuwes inspan, om jou aanpassing in Nieu-Seeland aan te help? Ek moes leer om baie versigtig te wees en “not to call a spade a spade, but a digging tool”. Ek moes aanvaar dat werkplek-boelies hier ook bestaan, en om die trots in die sak te steek. Een van my grootste lesse was dat die Kiwi’s nie sekere tipes werk as minderwaardig teen ander tipes beskou nie. So, vir baie van hulle was dit moeilik om my frustrasie te verstaan toe ek twee jaar by 'n vulstasie moes werk, voor ek ‘n werk ooreenstemmend met my ondervinding en opleiding kon kry.

Page 3: Redakteursbrief - Brokkies · Lees ds Johan Hendricks se ‘Geestelike Pitkos’-bydrae waarin hy gesels oor Hemelvaartdag en wat dit beteken. Die ... en dit skep ‘n risiko dat

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 1 Junie 2014

Vraag 5: Wat is die ouland-kenmerke wat die minste bepalend van ons nuweland-identiteit as Suid-Afrikaanse of Afrikaanse Kiwis is? M.a.w watter ou gereedskapstukke gebruik ons min óf glad nie. Een van die moeilikste aanpassings was dat werkskollegas dit nie waardeer as jy insette lewer in wat hulle as hulle eie werkspasie ervaar nie. Soos een my vorige groepsbestuurders opgemerk het: “Each wants to play in his own sandbox and jealously guards his turf.” Daar is baie keer vir my gesê “we don't want your big picture thinking”. Seker nie 'n verrassing dat ek uit my laaste twee poste ge-“restructure” is nie. Ek kon nie in die ouland leer om my bek stil te hou nie en in die nuwe land kan ek ook nie stilbly as ek voel dat iets wat voorgestel word tot nadeel van die organisasie sal wees nie. So, miskien het ek nog nie die noodsaaklike aanpassings gemaak nie. Moenie my verkeerd verstaan nie. Die oorgrote meerderheid Kiwi’s het my nog altyd net vriendelikheid aangebied. Dit is 'n baie klein persentasie wat openlik vyandig opgetree het en hulle is vinnig deur andere in die bek geruk. Aldus Eugene Ferreira. Wat dink jy? Stem jy met hom saam of het jy ‘n ander perspektief of ervaring? Vertel bietjie asseblief. Stuur jou bydrae aan [email protected] (Lees net eers die artikel wat laer af verskyn vir meer riglyne.) Promosie-artikel

ilaw ltd. – ‘n Nuwe konsep in regsdienste

Foto links: Retha du Preez – ervare prokureur open Kiwi-praktyk. Foto regs: Retha saam met haar man Wikus du Preez en seun Imker.

ilaw het die wyse waarop regsdienste gelewer word deur middel van tegnologie herontwerp. Die uitkoms is regsdienste vir jou waar en wanneer dit jou pas. Retha du Preez, een van die vennote van ilaw, is een van ‘n handjievol prokureurs in Nieu-Seeland wat ook ‘n gekwalifiseerde stadsbeplanner is. Sy is behoorlik gekwalifiseer met ‘n BProc en LLB wat sy aan die Universiteit van Pretoria verwerf het, en latere spesialisering in menseregte en ‘n LLM (Menseregte en Grondwetpraktyk) wat aan die Randse Afrikaanse Universiteit verwerf is. Ten spyte van haar spesialisering in menseregte bly Retha se eerste liefde eiendoms- en stadsbeplanningsreg. Dit het gelei tot 10 jaar se ondervinding in Suid-Afrika in alle aspekte van eiendoms- en stadsbeplanningsreg. In 2001 het sy en haar gesin na Nieu-Seeland geëmigreer. Die jare wat sy as stadsbeplanner by Auckland se stadsraad deurgebring het, was ‘n goeie leerskool en het aan haar ‘n sterk grondslag gebied op die gebied van bou- en ontwikkelingsbedryf in Nieu-Seeland. In 2011 het sy ook ‘n meestersgraad in “Environmental and Resource Management” by Massey Universiteit behaal. ilaw: Regsdienste WAAR en WANNEER jy dit nodig het ilaw is die breinkind van Retha en haar Kiwi-vennoot. As ervare prokureurs met diverse agtergronde, het ilaw die kundigheid om jou met al jou regsvrae by te staan. Met behulp van tegnologie bring hulle bekostigbare regsdienste na Jan en alleman.

Page 4: Redakteursbrief - Brokkies · Lees ds Johan Hendricks se ‘Geestelike Pitkos’-bydrae waarin hy gesels oor Hemelvaartdag en wat dit beteken. Die ... en dit skep ‘n risiko dat

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 1 Junie 2014

Die jongste ontwikkelinge op die gebied van kommunikasie maak dit vir hulle moontlik om ‘n doeltreffende en vaartbelynde diens te lewer. Die voordeel vir jou as kliënt is 'n dinamiese en mobiele diens wat minder eise op jou kosbare tyd en bewegings stel. Hoewel die wêreld van elektronika en die internet vir sommige mense ingewikkeld en verwarrend mag voorkom, bied ilaw 'n eenvoudige proses om jou te help met jou regsbehoeftes. Jy sal altyd op professionele kundigheid en vriendelike hulp kan staatmaak. Ilaw se dienste Die koop en verkoop van eiendom hoef nie 'n stresvolle ervaring te wees nie. Of jy nou jou eerste huis wil koop, jou bestaande huis wil verkoop of op soek is na 'n belegging, ilaw kan jou help. ilaw sal jou inlig oor alle aspekte van die koop- en verkooptransaksie en jou deur die hele proses lei. ilaw se kundigheid sluit ook in herfinansiering, kommersiële eiendom, huurkontrakte, trusts, testamente en boedels. ilaw bied ook aan eiendomsontwikkelaars meer as 20 jaar se internasionale ervaring in stadsbeplanning, onderverdelings en alle ander aspekte van ‘resource consents’. Maak nie saak hoe groot of klein die ontwikkeling is nie, ilaw bied 'n “een-stop-winkel” benadering wat aan al jou beplannings- en regsbehoeftes voldoen. Die reg bly dieselfde; al wat ilaw verander het, is om dit meer toeganklik vir jou te maak - maak nie saak waar jy in Nieu-Seeland is nie. Daar bestaan verskeie maniere om met ilaw in verbinding te kom: 0508 ilaw 4 u Phone: 09 424 1222 Mobile: 021 426 550

Email: [email protected] Webwerf: www.ilaw.co.nz

ilaw PO Box 267 Whangaparaoa 0943

Navorsing oor die groepdruk-risiko van Facebook

Om wrede opmerkings te maak oor vriende waarvan jy nie baie hou nie is miskien iets wat in skole gebeur, maar dit gebeur nêrens so intensief nie as op die sosiale medium Facebook. Die Dominion Post het onlangs ‘n berig geplaas oor die resultate van nuwe navorsing deur die Victoria Universiteit in Wellington oor die gedrag van jongmense op Facebook. Blykbaar skryf mense baie skerper, snydende kommentaar as wat hulle in normale interaksie met mense sal doen, en talle is onseker oor wat as aanvaarbare gedrag beskou word. Die studie het bevind dat mense verward is oor gedrag wat op die grense van aanvaarbaarheid lê. Baie van hulle het gesê dat hulle gewoonlik kyk wat vriende op Facebook plaas om te beoordeel of iets aanvaarvaar is of aanstoot gee. Hulle voel ook onder druk om mense se ‘vriendskapsversoeke’ te aanvaar terwyl hulle dit eintlik van die hand wil wys indien hulle die persone nie goed ken, of in die werklike lewe nie natuurlik met hulle vriende sou word nie. Navorsers was verras oor hoe onduidelik die skeidslyn tussen aanvaarbare en onaanvaarbare gedrag op Facebook is. Hulle het op hierdie navorsingstema besluit in reaksie op die vloed van kuberboelie-insidente wat in daardie stadium die nuusblaaie getref het. In baie van hierdie gevalle het die boelies onaanvaarbare gedrag aanlyn geopenbaar.

Page 5: Redakteursbrief - Brokkies · Lees ds Johan Hendricks se ‘Geestelike Pitkos’-bydrae waarin hy gesels oor Hemelvaartdag en wat dit beteken. Die ... en dit skep ‘n risiko dat

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 1 Junie 2014

Met min riglyne om hul aanlyngedrag in die regte rigting te stuur, is dit vir jongmense belangriker om deur hul portuurgroep aanvaar te word, en dit skep ‘n risiko dat hulle op ‘n sekere manier sal optree, selfs as hulle weet dit is verkeerd. Hierdie soort gedrag, wat as ‘n soort kudde- of tropgedrag beskryf word, lei daartoe dat mense soms, wanneer hulle aanlyn is op ‘n wrede manier optree teen ander om in te pas by hul persepsie van die groep se sentiment. Hierdie ‘bloedwaansin’ van ‘n groep kan maklik buite beheer raak, aldus die navorsers. Die ‘beskerming’ wat die rekenaarskerm bied, beteken dat mense voel hulle kan sê wat hulle wil, sonder die onmiddelike gevolge van gesprekke wat van aangesig tot aangesig gehou word. Wanneer mense nie hul slagoffer kan sien nie, of nie in hul oë kan sien watse pyn hul woorde veroorsaak nie, voel hulle meer ‘veilig’ om wreed te wees en gebeur dit makliker. Hulle sluit af deur te sê dat terwyl Facebook baie voordele het, bestaan die risiko dat negatiewe gedrag na die regte lewe kan oorspoel.

Wat dink jy oor ons identiteit? Vertel ‘n bietjie… Wat is ons immigrantegroep se kenmerke in Nieu-Seeland?

Twee weke gelede het ‘n artikel verskyn oor ‘n meningspeiling wat onder Kiwi’s gehou is, en hul persepsies oor hul tipiese kenmerke. Die top 10 eienskappe was vriendelik, prakties, trots, gemaklik, buitelug-georiënteerd, veelsydig, vasberade, lief vir natuur, ontvanklik en innoverend. Daar was ook talle ander kenmerke wat deur die studie getoets is. Toe is Brokkies-lesers uitgenooi om ons eie immigrantegroep se unieke kenmerke te beskryf, en ook ‘n mening te waag oor hoe ons dink Kiwi’s ons kenmerke sou beskryf; ‘n dekade of wat gelede en nou. Een van die dinge wat ons wil verken, is watter kenmerke gee aan ons immigrantegroep ons ‘identiteit’ as Suid-Afrikaanse of Afrikaanse Kiwi’s. Herinnering aan Brokkies-lesers om jul menings hieroor te deel Ek nooi lesers uit om aan my te skryf en jul menings met lesers te deel. Ek stel hier onder ‘n paar vrae wat almal of gedeeltelik beantwoord kan word, of bloot as raamwerk kan dien vir mense wat verkies om ‘n algemene mening oor die tema aan te bied. Beantwoord gerus al die vrae, of slegs dié van jou keuse. Die gedagte is om ‘n aantal menings in ‘n volgende artikel op te neem, wat natuurlik beteken dat almal wat reageer implisiete toestemming verleen dat ek hul mening, naam en stad/dorp in Brokkies mag gebruik en vermeld. Sluit dus asseblief jou naam en van, asook die dorp of stad waarin jy woon in. Let wel: Die tema is nie of ons gou aanpas of nie; ook nie of ons beter of swakker as ander groepe aanpas nie. Dit gaan oor ons kenmerke as ‘n immigrantegroep: Wat daardie kenmerke is en hoe dit moontlik verander of verander het. Dit gaan ook oor ons identiteit as ‘n Suid-Afrikaanse of Afrikaanse immigrantegroep. Hier is die vrae:

1. Oor die afgelope twee dekades, wat was die deursnit Suid-Afrikaanse of Afrikaanse immigrant se kenmerke en identiteit toe ons in NS aangekom het? (Hoe sou ons onsself beskryf het in ons nuwe rol as NS-inwoners?)

2. Hoe dink jy het Kiwi’s ons gesien? (Hoe sou hulle ons algemene kenmerke en identiteit beskryf het?)

3. Dink jy Kiwi’s se opinies oor ons het die afgelope dekade of twee verander nou dat hulle ons beter ken? Indien

wel, wat dink hulle nou is ons algemene kenmerke en identiteit?

Page 6: Redakteursbrief - Brokkies · Lees ds Johan Hendricks se ‘Geestelike Pitkos’-bydrae waarin hy gesels oor Hemelvaartdag en wat dit beteken. Die ... en dit skep ‘n risiko dat

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 1 Junie 2014

4. Watter kenmerke moes jy verander, of nuwes inspan, om jou aanpassing in Nieu-Seeland aan te help?

5. Wat is die ouland-kenmerke wat die minste bepalend van ons nuweland-identiteit as Suid-Afrikaanse of

Afrikaanse Kiwis is? M.a.w watter ou gereedskapstukke gebruik ons min óf glad nie. Hoe om jou mening in te stuur Stuur jou mening aan [email protected] en gebruik as onderwerp die woorde “Kiwi-kenmerke”. Jy kan op elke vraag ‘n reaksie aanbied, of slegs op een of twee. Of jy kan ‘n oorhoofse reaksie aanbied wat al die vrae saamvat. Probeer om nie meer as so 150 woorde te skryf nie, maar vermy te kort, eensin-antwoorde. Ek sal graag ‘n bietjie ‘vleis’ wil ontvang vir ‘n moontlike artikel. (Mense wat meer wil skryf kan so maak; ek mag dan jul bydraes anders gebruik.) Reeks: Kiwi-eerstes (Deel 7) Nieu-Seelanders se behoefte aan beweegbaarheid en spoed (Uittreksels uit ‘Great Kiwi Firsts’, deur Astral Sligo – Alle & Unwin 2012)

Eerste motorvoertuig na die Suid-Pool

Sir Edmund Hillary met die eerste voertuie waarmee hulle die Suid-Pool bereik het. Alle lesers weet sekerlik wie Sir Edmond Hillary was. Ja, natuurlik, die einste oom Ed wat saam met Sherpa Tenzing Norgay die eerste persone in die wêreld was om die 8,847 meter hoë kruin van Mount Everest te bestyg. Maar het jy geweet dat Sir Ed ook die eerste persoon in die wêreld was wat ‘n motorvoertuig na die Suid-Pool bestuur het? Dit was ook nie sommer enige voertuig nie; hy het ‘n gemodifiseerde Massey Ferguson-trekker hiervoor gebruik. Die groep van 5 het op 4 Januarie 1958 by die Suid-Pool aangekom. Dit het die drie trekkers, wa en twee slees meer as 80 dae geneem om die roete van 1,930 km af te lê. Hulle groep was ook die eerste om die pool te bereik na Kaptein Robert F Scott se eerste ekspedisie daarheen in 1912. Dit beteken waarskynlik dat daar nie ‘n motel of kroegie vir Sir Ed se groep op hulle gewag het nie! Hulle het stadige vordering gemaak omdat hulle gereeld met sneeugrawe ‘n pad vir die trekkers moes oopgrawe.Toe hulle uiteindelik by die Suid-Pool aankom het hulle slegs een drom petrol oorgehad, wat gelykstaande was aan sowat 32 km se brandstof. Daar aangekom het hulle 16 uur lank geslaap, waarna hulle ‘n boodskap van geluwense van die Nieu-Seelandse premier, Walter Nash per radio ontvang het. Lees gerus meer oor hul prestasie hier: http://www.nzhistory.net.nz/media/photo/dash-pole-tractors (Ek kon nie iewers raaklees hoe die groep teruggekom het nie, aangesien hulle so min brandstof oorgehad het toe hulle hul eindbestemming bereik het. Weet iemand dalk? Volgende week gesels ek oor Nieu-Seeland se eerste trekkers en treine – Red.)

Page 7: Redakteursbrief - Brokkies · Lees ds Johan Hendricks se ‘Geestelike Pitkos’-bydrae waarin hy gesels oor Hemelvaartdag en wat dit beteken. Die ... en dit skep ‘n risiko dat

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 1 Junie 2014

Gee jy jou Brokkies aan vir iemand? Hier’s ‘n spesiale versoek aan alle intekenaars...

Talle lesers het al aangedui dat hulle hul kopie van Brokkies aan hul familie en vriende elders aanstuur. Dit is wonderlik dat mense dit doen en die brokkie weeklikse Kiwi-Afrikaans so versprei. Dit sal egter nog meer wondelik wees as ek ‘n beter gevoel kon opbou oor hoeveel lesers Brokkies werklik het. Behalwe vir die duisende gesinne wat ingeteken is, is daar moonlik honderde, indien nie duisende ander gesinne in Nieu-Seeland of elders wat dit onregstreeks ontvang. Daarom wil ek elke leser wat Brokkies van my af ontvang en dit na iemand toe aanstuur, ‘n groot guns vra: Versoek asseblief daardie mense om self in te teken. Hulle moet net ‘n e-pos stuur aan [email protected] en in die onderwerpslyn tik ‘Brokkies DIREK asseblief’. Hulle moet ook hul naam en van, voorstad en stad, en land vermeld. Help my om ‘n beter idee op te bou van hoe ver Brokkies se reikwydte werklik is; ook ter wille van ons adverteerders, wat alles moontlik maak.

Kommunikeer so met Brokkies Vir Advertensie-riglyne, stuur ‘n e-pos aan [email protected] Om ‘n e-pos aan ons te skryf: [email protected] Om op te hou om Brokkies te ontvang, e-pos [email protected] met “Verwyder adres asseblief” in die onderwerpslyn. Aanspreeklikheid en Regte • Die redakteur van Brokkies aanvaar nie aanspreeklikheid vir die korrektheid, wettigheid of algemeen aanvaarbaarheid van enige nuus-of

algemene item nie. Dieselfde geld ook vir enige geplaasde advertensie of advertensie-artikel se inhoud of die belofte van ‘n produk of diens se gehalte wat in advertensies vermeld word. Enige probleme met advertensies se inhoud, dienslewering of produkgehalte moet regstreeks met die adverteerder opgeneem word, en die redakteur raak nie by daardie proses betrokke nie.

• Die redakteur behou die reg voor om enige voorgelegde bydrae (nuus of advertensie) van die hand te wys en nie te publiseer nie, sonder verstrekking van redes. Dit sluit in die reg om te enige tyd korrespondensie oor diesulke situasies eensydig te beeïndig.

Gemeenskapsadvertensies

Terug na bo...

2. Steve Hofmeyr en seun Armand tree op in Nieu-Seeland in Julie (4/10) Steve Hofmeyr en sy seun Armand Hofmeyr tree binnekort in Nieu-Seeland op. Dit vorm deel van ‘n toer deur Australasië. Hul Kiwi-toer sluit in optredes in Wellington (11 Julie), Auckland (12 Julie) en Christchurch (14 Julie). Dit sal Steve se derde besoek aan Nieu-Seeland wees. Om te bespreek, volg die volgende skakels: 11 Julie in Wellington – http://www.dashtickets.co.nz/?/event/0d78zym35 12 Julie in Auckland – http://www.ticketmaster.co.nz 14 Julie in Christchurch – http://www.dashtickets.co.nz/?/event/6sgd0bpwh 3. TunaRadio saai wêreldwyd uit in Afrikaans – uit Wellington TunaRadio se leuse is “Vir Ons Mense, Met Ons Mense” en daarom kan ons lekker saamkuier met Pieter en sy span wat ons heeldag vermaak met SA-musiek en Afrikaanse geselsies. Retha Kruger gesels in Kos&Kerjater oor eet, drink en gesond leef, terwyl Pieter en Deon oor alles kuier, van Sport&Plesier en Taal&Kultuur tot Kort-Kort Stories en JeugJolle. Alana Bailey van AfriForum kuier ook saam met Pieter in ‘SA in ‘n Minuut’ waar hulle hoogtepunte van die SA-week bespreek. Kuier gerus by http://www.tunaradio.net en luister vanaf hulle Luisterblad. Volg TunaRadio op Twitter @tunaradio, skryf aan hulle by [email protected] of gesels met hulle op Skype by tunaradio.net.

Page 8: Redakteursbrief - Brokkies · Lees ds Johan Hendricks se ‘Geestelike Pitkos’-bydrae waarin hy gesels oor Hemelvaartdag en wat dit beteken. Die ... en dit skep ‘n risiko dat

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 1 Junie 2014

4. Luister na Afrikaanse Radio-uitsendings in Auckland Die Protea-Uur word sedert Junie 2001 elke Sondag om 2.55 nm op 104.6 PlanetFM uitgesaai. Dit is ‘n tweetalige tydskrifprogram en bestaan uit geselse, musiek, nuuswaardighede, ens. Die aanbieder is Jan Coetsee en hy verneem graag van gebeure en van ‘Oulanders’ wat as ateljeegas wil kom kuier en hul eie musiekkeuse uitsaai. Skryf aan Jan Coetsee by [email protected]

Kleinadvertensies (Persoonlik)

Terug na bo...

1. Op soek na akkommodasie in CHRISTCHURCH (1/2/10) Ons is op soek na akkomodasie terwyl ons nog na werk gesoek in die Christchurch-omgewing. Indien iemand weet van goedkoop behuising laat my weet asb. Dit kan sommer n eenvertrekplekkie wees. My epos is [email protected]. 2. ‘Gebed verander sake’ Indien jy ‘n saak het waarvoor jy voorbidding verlang, maak nie saak hoe klein of hoe groot nie, of waar in die wêreld jy jouself bevind nie, ‘n span van getroue voorbidders wil graag saam bid daarvoor. Ons verwelkom altyd nuwe saambidders. Indien jy belangstel, skakel asseblief met Ockie Schoeman by [email protected] 3. Inligting vir voornemende Immigrante na NS (5/5/10)~P Besoek www.fritzswart.co.nz en kliek op die skakel “Tips on Moving to NZ” vir waardevolle inligting en advies oor verhuising na Nieu-Seeland. Vir meer navrae gebruik die “enquiry”-skakel of e-pos Fritz Swart: [email protected]

Kleinadvertensies (Besigheid)

Terug na bo...

Klik op die besigheidstipe van jou keuse:

Algemeen Dienste Motors Skoonheid & Gesondheid Akkommodasie / Huishuur Eiendomme Professionele dienste Versekering Ambagsmanne / Kontrakteurs Finansiële dienste Rekenaardienste SA-produkte

Algemeen

Terug na besigheidstipes...

1. Sewing Machine Repair Centre (4/5/10) P Vir die diens of herstel van alle naaldwerk- en omkapmasjiene. Kontak Rudie Gouws. 145 Upper Harbour Drive, Greenhithe, Auckland. Tel (09) 950 3914 en selfoon 0211 484 990. E-pos: [email protected] 2. Ekstra lesse vir skoolkinders in vriendelike atmosfeer (2/5/10)~2 Ek gee ekstra lesse vir skoolkinders, meestal in Engels, Wiskunde en Engels as tweede taal, maar kan ook met huiswerk en studietegnieke help. Ek is ‘n gekwalifiseerde onderwyseres en het my eie tutorsentrum in Suid-Afrika besit. Lesse is by my huis in Browns Bay. Ouers is welkom om te bly vir tee gedurende die les. E-pos Angie by [email protected] 3. Beleef Ilse se kunssinnigheid by ‘Close to the Heart’ (3/5/10) P Wil jy graag handgemaakte kaartjies vir familie of vriende gee maar weet nie waar om te begin nie? Kontak my vir inligting oor klasse. Beginnerspakket beskikbaar. Skakel Ilse by 021 236 9434 of epos [email protected] . Besoek ook http://www.ilsepieterse.shopctmh.co.nz vir alle benodigdhede. 4. In BROWNS BAY en in HOWICK! Maandelikse byeenkoms vir immigrante (3/5/10)~1 Hierdie maand se tema: Hoe om ‘n huis op ‘n veiling te koop. Browns Bay Howick Datum & tyd: Adres:

24 Junie 2014 – 6nm Inverness Room, Browns Bay Community Centre, 2 Glen Road, Browns Bay, Auckland

30 Junie 2014 - 6nm Howick Leisure Centre, 563 Pakuranga Road, Howick, Auckland

Drankies en verversings sal bedien word. Kontak: Eugene 022 276 0082 of [email protected]

Page 9: Redakteursbrief - Brokkies · Lees ds Johan Hendricks se ‘Geestelike Pitkos’-bydrae waarin hy gesels oor Hemelvaartdag en wat dit beteken. Die ... en dit skep ‘n risiko dat

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 1 Junie 2014

5. Suid-Afrikaanse braairestaurant in Auckland – Het nou beroemde souse! (3/5/10) Bushman's Grill Steakhouse bottel nou hul heerlike peri-peri en suurlemoen, en kruiesouse en –marinades! Eg Zimbabwiese resepte. Bekostigbare steaks, spare-ribs, uieringe, calamari, prawns en meer. Ook knoffelslakke, Dom Pedros en Springbokkies. Gereelde spesiale aanbiedings soos 300g ‘rump’ vir net $22 of 600g vir $32 op Woensdae. Skakel ons vir ons ‘specials’ op Dinsdae! Gesinsvriendelik met ‘n speelkamer vir kinders. Adres: 31 Northcote Rd, Hillcrest (vanaf noordelike snelweg, neem Northcote-afrit). Parkering voor Poenamo Hotel oorkant netbalbane. Kyk ons spesiale aanbiedinge: www.bushmansgrill.co.nz. Bespreek by 09 418 0056 / 021 055 3835.

Akkommodasie / Huishuur

Terug na besigheidstipes...

1. Bellrock Lodge – Russell, Bay of Islands (4/5/10)~2 * Besoek Bellrock Lodge in Russell vir ‘n onvergeetlike ondervinding met die beste uitsig in Russell. SKY, WiFi, lugreëling, aparte sitkamer vir gaste. Baie om te doen. Qualmark 5-stergradering. 10% afslag aan lesers van Brokkies vir bespekings van 2 dae of meer. Besoek ons webtuiste www.russellbnb.co.nz vir baie meer inligting, skakel Peter of Lorraine by 09 403 7422 of stuur ‘n e-pos na [email protected] . Sien ook terugvoer op Tripadvisor vir Bellrock.

Ambagsmense / Kontrakteurs

Terug na besigheidstipes...

Geen advertensies ontvang nie.

Dienste

Terug na besigheidstipes...

1. AUCKLAND: Matte en Huishoudelike Skoonmaakdienste (4/5/10)~1 Real Clean Services bedien 50km radius van die North Shore van Auckland.

• Stoomskoonmaak van matte, lopers en Persiese matte • Vlekke kan behandel word • Eenmalige skoonmaak (spring clean): $150 vir 3 ure • Stowe, oonde, ys- en vrieskaste • ‘Einde van huurkontrak’ skoonmaak

Skakel Johan Spies tolvry by 0800 000 163, of besoek www.realcleanservices.co.nz

Eiendomme te huur of te koop

Terug na besigheidstipes...

1. ‘A Buyer’s Choice Home Inspections’ is nou tot u diens! (2/5/10) P Eiendom word beskou as een van die mens se kosbaarste besittings. Wil jy sekerheid hê oor die toestand van jou potensiele belegging? Laat ‘n professionele huisinspeksie uitvoer deur ‘n gekwalifiseerde inspekteur met ‘n Internasionale kwalifikasie. Vir die mees betroubare verslag, ten volle geillustreerd, met n sertifikaat volgens die NZS4306-standaard, skakel Gerard Naude by 021 205 1195 / 0800 86 36 36 of besoek www.albany.abuyerschoice.com

Page 10: Redakteursbrief - Brokkies · Lees ds Johan Hendricks se ‘Geestelike Pitkos’-bydrae waarin hy gesels oor Hemelvaartdag en wat dit beteken. Die ... en dit skep ‘n risiko dat

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 1 Junie 2014

Finansiële dienste

Terug na besigheidstipes...

1. Huiskoop is jou grootste finansiële besluit! (5/10/10) P Benodig jy ‘n huislening teen die beste rentekoers? Ons huisfinansieringspesialiste kan help met die volgende vrae:

• Vir hoe groot lening kwalifiseer ek teen ‘n mededingende rentekoers? • Kan ek my eiendom se waarde gebruik vir ‘n deposito op ‘n nuwe eiendom? (Groot belastingvoordeel) • Watter versekering het ek nodig?

Vir gratis advies skakel Richard en sy span by 09 479 8449 / 0800 112 300 of e-pos [email protected] vir ‘n afspraak... jou tyd... jou plek, of kom drink ‘n cappuccino by ons kantoor te 753 Beach Rd, Browns Bay. *Nuusflits – 95% huislenings nou weer beskikbaar – Skakel Richard vir inligting! 2. Glenfield Tax Accountants – Small business experts (2/5/10) P Glenfield Tax Accountants ~ Small Business Experts with a Different Approach. GST & Income Tax Returns for Companies, Sole Traders, Trusts, Partnerships & Rental Properties. We expand your awareness of how business WORKS ~ of how businesses GROW ~ and how to ENJOY your business. First Visit FREE! Contact Mariska Malan on 09 551-6976 or [email protected]; www.taxshop.co.nz 3. Is jy bekommerd oor jou geld wat nog in SA is? (3/5/10)~3 P Rand Reunite is ‘n plaaslike maatskappy wat Saners voorsien van praktiese en koste-effektiewe maniere om hulle te “reunite” met hul Rande! Ons spesialiseer in geblokkeerde fondse soos uittree-annuïteite, pensioenfondse, aandele en erfgeld. Ons doen ook kontantoorplasings vanuit enige SA-handelsbank. Kontak Rudi direk: 09 972 0857 / 021 222 7897 / www.randreunite.com of besoek ons by ons nuwe kantoor: 18 Canaveral Drive, Albany (Auckland se North Shore). 4. Hoe bring ek my SA Rand na Nieu-Seeland? (10/10/10) P Het jy iewers geld op belegging? Onseker oor hoe om dit oor te plaas? Mutual Financial Services in assosiasie met Rand ReUnite spesialiseer in geblokkeerde fondse soos uittree-annuïteite, pensioenfondse, aandele en erfgelde. Ook kontantoorplasings vanuit enige SA-handelsbank. Die SA Reserwebank staan dispensasie toe aan SA-residente en burgers om jaarlikse toelae te gebruik om rande oor te plaas. Registreer by http://www.randreunite.com/registration.php . Kontak Herman Roodt by 09 473 0880 (w), 021 736 030 of e-pos [email protected] of besoek www.mfs.net.nz

Motors

Terug na besigheidstipes...

1. Motorherstelwerk-bestemming op die Shore (3/5/10) P Pit Stop Browns Bay is in Suid-Afrikaanse besit. Uitlaatstelsels, remme, suspensiewerk, skokbrekers, dienste, “cambelts”; koppellaars; “CV joints” en WOF-herstelwerk. Vir ‘n professionele, hartlike, waarde-vir-geld dienservaring sonder gelyke, in beide Afrikaans of Engels, kontak Duncan by 479 5311 / 479 5314 òf loer in te Beach Road 749, Browns Bay 2. Glenfield Autocentre – Your ONE stop Automotive Service Centre! (2/5/10) P Economy or Full Automotive Service Options on ALL MAKES of Vehicles. I also specialize in BMW. Auto, Transmission Flushing, WOF Repairs, Auto Electrical Repairs & Wiring, Installations of Radios & Reverse Camera Systems, Brake & Suspension Specialists. Committed to the Best Prices and Quality Service. Contact Johan on 09 444-68-76, or visit www.glenfieldautocentre.co.nz

Professionele dienste

Terug na besigheidstipes...

1. Ilaw Ltd. – ‘n Nuwe konsep in regsdienste: Ons bring oplossings tot by jou! (1/5/10) P

• 'n Boutique-praktyk wat tegnologie gebruik om prokureursdienste te lewer waar dit vir jou die gerieflikste is: in jou huis of in jou kantoor

• Meer as 20 jaar ervaring in trusts, kontrakte en eiendomstransaksies Vir m,eer inligting, skakel Retha Du Preez by 021 426 550 / 0508 ilaw4u, stuur vir haar ‘n e-pos na [email protected] of besoek www.ilaw.co.nz.

Page 11: Redakteursbrief - Brokkies · Lees ds Johan Hendricks se ‘Geestelike Pitkos’-bydrae waarin hy gesels oor Hemelvaartdag en wat dit beteken. Die ... en dit skep ‘n risiko dat

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 1 Junie 2014

2. Leiding met Loopbaan-, Studie- en Vakkeuses (2/5/10)~0 Potential Profiling help jou kind ‘n loopbaan kies wat sy/haar brein se natuurlike denkvoorkeure pas. Verhoed teleurstelling, frustrasie, tydmors, demotivering, konflik, onderprestasie en studieskuld-las eie aan verkeerde beroepskeuses. Vir ‘n unieke loopbaanleidings-diens, gesels met Martin Hefer — 021 210 2002 of [email protected] 3. Probleme in die werkplek met ‘n werkgewer of werknemer? (3/5/15) Indien jy sulke probleme ervaar, is dit belangrik om die regte kanale te volg, anders kan dit jou duur te staan kom. Dawid Luttig spesialiseer in Nieu-Seelandse arbeidsverhoudinge kwessies, insluitende verteenwoordiging in mediasies en arbitrasies. Kontak Dawid by [email protected]; M. 021 1627 758 om ‘n konsultasie te reel. Billike tariewe, eerste halfuur gratis. Na-ure en Skype-konsultasies. 4. ReBoot Counselling – Jou skouer om op te huil (3/8/15) Benodig jy ‘n geduldige oor en skouer om op te huil? Berading kan jou help om die las te verlig. Geen probleem is te groot of te klein om aangehoor te word nie. Ek konsulteer vanuit East Coast Bays Community Centre, 2 Glen Rd. Browns Bay, Auckland. Kontak Ronel: Tel. (09) 478 7809; Mob: 027 278 8953; E-pos: [email protected] (Consultations also in English) 5. Baker Law – Prokureurs North Shore en Howick (4/5/10) P Ons is die grootste Afrikaanse prokureursfirma in die land en help graag met ‘n wye verskeidenheid van sake. Ons het spesialiste in eiendommme, trusts en testament, litigasie, besigheidsreg en arbeidsreg. Ons kantore is in Beach Rd, Mairangi Bay (ingang uit Hastings Rd, langs United Video), en in Uxbridge Rd, Howick (langs Ray White).Skakel ons by 09 476 8000 of e-pos na [email protected] 6. Regsadvies – Downie Stewart Lawyers (5/25/10) Op soek na ‘n prokureur wat jou verstaan? Eerste telefoon-konsultasie gratis vir Brokkieslesers. Kontak Pieter Brits by 021 990 711 of [email protected] of besoek ons webblad www.downiestewart.co.nz vir meer inligting. 7. Dental Practice on the North Shore (5/5/10) P Sunset Dental Care, Unit 18 North Shore Medical Centre c/o Sunset & East Coast Rd. Dr Jonathan Franks BDS (Rand), ex-South African run & owned. New patients welcome. Special: Free examination for new patients Call 478 2112 or [email protected] 8. North Shore Immigration (Established 1993) (5/5/10) P We have 3 licensed advisers and 5 support staff operating on the North Shore, Auckland. Professional immigration advice in English, Russian, Chinese, Romanian & Spanish. We specialise in long term business visas but can assist in:

Skilled Migrant Category Business/Entrepreneur Category

Work Visas Study in New Zealand

Renewal of passports

Free advice and free assessments. Contact Simona [email protected] or Peter [email protected] or call 415 33 92 for appointment. Visit www.nsis.co.nz or www.sagoingtonz.co.nz for lots of info regarding Immigration to NZ 9. SILVER FERN IMMIGRATION SERVICES – Committed to your success (5/5/10) P Drie gelisensieerde adviseurs om jou te help met enige immigrasiewerk. Ons help graag met; • SMC (Skilled Migrant Category) – E-pos jou CV na ons vir ‘n gratis evaluasie • Werksvisas – Het jy ‘n werksaanbod? Ons kan help om jou werksvisa in die kortste moontlike tyd deur te kry • Besigheids- en Entrepeneursvisas – Ons kan help om jou besigheidsidee te laat gebeur • Beleggers – Het jy geweet dis ‘n kortpad na permanente verblyfreg? • Ouers van ‘permanente residents’ – Ons bied ‘n spesiale prys aan ouers Kontak ons vir meer inligting: [email protected] , [email protected] en [email protected] Besoek www.silverfernimmigration.co.nz of kontak ons op 09 2777 848, of Skype op Silverfernimmigration1

Rekenaardienste

Terug na besigheidstipes...

1. PC Fixit Rekenaardienste (5/5/10) ~0 P Ons bou rekenaars volgens u vereistes, installeer netwerke, doen opgraderings en herstelwerk by u huis of kantoor regoor Auckland. Skakel Juanita of Philip Coetzee by 09 271 2441 of 0800PCFixit. E-pos: [email protected] (Blaai om asseblief – Red.)

Page 12: Redakteursbrief - Brokkies · Lees ds Johan Hendricks se ‘Geestelike Pitkos’-bydrae waarin hy gesels oor Hemelvaartdag en wat dit beteken. Die ... en dit skep ‘n risiko dat

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 1 Junie 2014

2. Silverdale Rekenaar-ondersteuning (4/5/10) ~0 Ons doen algemene Apple- en Windows-rekenaarondersteuning. Ook outomatiese data-rugsteuning (back-ups) en sinchronisasie van data tussen rekenaars. Bedien die Hibiscus Coast en North Shore. Skakel Danie by 09-427-8980 of 022-54321-54 of epos [email protected]

Skoonheid & Gesondheid

Terug na besigheidstipes...

1. AUCKLAND – Howick Skin Therapy (1/2/15) Ontvang jou “microdermabrasie facials” wat baie effektief is vir behandeling teen velveroudering, van so min as $45 en IPL haarverwydering vanaf $20! n Groot reeks organiese velmiddels is ook beskikbaar. Professioneel. Privaat. Vriendelik. Kontak Jeannine Kruger by 021 301 177 / [email protected] of Facebook “Howick Skin Therapy” 2. KAPITI COAST – ‘House of Hair Salon’ bied professionele, bekostigbare diens (2/5/15) Hier’s ‘n Suid-Afrikaanse haarkapster wat jou behoeftes verstaan! Ek ken die nuwe haarstyle, kleure en haarprodukte. Ek’s gekwalifiseer en geniet dit om met mense te werk. Skakel my, Mariaan van Niekerk, vir ‘n geselsie of ‘n afspraak: Tel. 04-904 0878 / sel. 021-059 8078 / e-pos [email protected] My nuwe adres is 8 Grange Park, Raumati South. Ek is ook die senior konsultant vir Annique rooibos skoonheidsprodukte in die Kapiti Coast-gebied. 3. NASIONAAL: Annique Rooibos gesondheids- en skoonheidsprodukte (4/5/10) Die gewilde maandelikse Annique Beaute katalogus word nou in Nieu-Seeland versprei! Om die ongelooflike spesiale Mei-aanbiedinge en gratis geskenke daarin te bekyk, besoek een van hierdie webblaaie: www.anniqueonline.co.nz/specials/Beaute%20May%202014%20New%20Zealand.pdf www.anniqueonline.co.nz/specials/Flip.swf Vir meer inligting, of om ‘n Annique-konsultant te word, skakel asseblief met Tracey Crosby by 09 945-0556 of [email protected]

Versekering

Terug na besigheidstipes...

1. Fritz Swart vir al jou versekeringsbehoeftes en meer (5/5/10) P Fritz Swart het meer as 25 jaar ervaring in die versekeringswese. Nuwe NZ lewens-, mediese, kar- en huisversekering teen lae premies. Advies en inligting oor jou SA-polisse. Ook huisverbande en gratis NZ testamente vir kliënte. Skakel 09 473 5210 of 021 183 8936 alle ure. E-pos: [email protected] en webblad 2. Uitree-annuïteite in SA mag nou voorwaardelik afgekoop word (5/5/10) Indien u oor Permanente Verblyfreg of Nieu-Seelandse burgerskap beskik, mag u moontlik u uitree-annuïteite in SA afkoop, selfs al is u jonger as 55 jaar. Vir verdere inligting, stuur asb ‘n e-pos aan Fritz Swart: [email protected] 3. Nuut in Nieu-Seeland? (13/25/10) Kontak FINCARE. Ons bied lewens-, mediese en korttermynversekering, asook hulp met huisverband aansoeke. Gratis hulp met met die afkoop van uittree-annuïteite en raad oor wat om te doen met jou SA polisse vir ons kliënte. Skakel 09 963 6291 of 021 472 444 of e-pos [email protected]. Ons webblad is www.fincare.co.nz. en kyk gerus na ons facebook – Fincare. 4. Hoeveel lewensdekking het ek regtig nodig? (9/10/10) Doen self die berekening en bepaal hoeveel lewensdekking jy nodig het. Kliek asseblief op die volgende skakel daarvoor: http://www.mfs.net.nz/lifecalc.htm. Ons kan jou ook hiermee help indien jy onseker is. PROBEER ONS! Skakel Herman Roodt van Mutual Financial Services Ltd by 09 473 0880 (w), 021 736 030 (s) of e-pos

Page 13: Redakteursbrief - Brokkies · Lees ds Johan Hendricks se ‘Geestelike Pitkos’-bydrae waarin hy gesels oor Hemelvaartdag en wat dit beteken. Die ... en dit skep ‘n risiko dat

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 1 Junie 2014

SA-produkte

Terug na besigheidstipes...

1. ‘The Original SA Shop’ in Browns Bay het van alles en nogwat (1/5/10) P Kom besoek ons by The Original SA Shop 12 – 18 Inverness Road, Browns Bay – Op die hoek van Glen Road en Inverness Road. Ons hou ‘n groot voorraad Suid-Afrikaanse produkte aan soos Biltong, Boerewors en Melktert, Koeksisters en Fudge asook ‘n groot verskeidenheid kruideniersware, lekkers en chips. Probeer ons tuisgebak: Koeksisters ($7.90), Melktert ($11.50), Peppermint Crisp-tert ($16.90) Kontak ons by: Tel: 09 476 3414 / Web: www.thesashop.co.nz / E-pos: [email protected] 2. SA Shop Howick – sedert 2001 (1/5/10)~3 Callie en Kim le Roux bied die gewone SA produkte, asook vars boerewors, hamburger-patties, chilli-bites, biltongblare en tuisgemaakte terte en beskuit – ook smullekker gemarineerde Spur-tipe ribbetjies! Ons het ook SA-wyn, bier en hardehout. Ons lewer landwyd af. Kom kuier by Wellington Street 170, Howick of tel 533 7085. Baie dankie aan bestaande kliënte en baie welkom aan nuwe aankomelinge vanuit Suider-Afrika! 3. Suid Afrikaanse Winkels in Rosedale Road en Stanmore Bay (7/10/10)-P Die SA-winkels in Rosedale Rd en Stanmore Bay hou baie SA produkte aan soos biltong, boerewors, koeksisters, melktert en kruideniersware. ‘South African Kiwi’-gholfhemde nou beskikbaar. Groot verskeidenheid SA-CD’s, SA-wyne, SA-biere en ander drank! Besoek ons by 6c Rosedale Rd (net af van East Coast Rd) – tel 09 478 8016, of by 2B Arklow Lane, Stanmore Bay (draai regs op die bult na PlaceMakers op pad na die Pacific Plaza) tel 09 428 0850. 4. Safari Meats & SA Shop in Christchurch spog met nuwe webwerf! (4/5/10)~1 Safari Meats & SA Shop spog met ‘n splinternuwe webblad! Vir die beste Boerewors, Biltong en die geurigste Rumpsteak in New Zealand, besoek ons by www.safarimeats.co.nz en plaas jou bestelling aanlyn (ons versend daagliks regoor NZ). Loer gerus in by 100 Carmen Road, Hornby, Christchurch. Kontak Chris, Magda of Riki by 03 389 7703/5. 5. Safari Biltong winkels (4/10/10) P Northshore: 83 Apollo Drive Eden Terrace: 45 New North Road Tel nr 09 359 9936 Hamilton: 96A Fith Ave Tel nr 07 852 5251 Aan-lyn bestellings: www.safaribiltong.co.nz OF Skakel tolvry 0800 Biltong Landswye aflewering – sien kostes op ons webwerf. Safari Biltong spesialiseer in biltong, droëwors, cabanossi, ‘biltong sticks’, ‘chilli sticks’ en ‘biltong chips’ (gewoon & chilli) 6. Fred’s Fine Foods – Landswyd bekend vir puik produkte! (5/5/10)~3 P Ons maak smullekker biltong, droëwors, boerewors, russians, viennas, melktert, beskuit en koeksisters en het ‘n groot verskeidenheid SA produkte. Kontak vir Aletta, Alida of Danie! Ons lewer produkte landwyd. Besoek ons te Unit H, 52 Oteha Valley Rd, Albany op die North Shore of skakel 09 475 5403. Nou ook by die Highlands Park winkelsentrum, 505 Pakuranga Rd waar Meisie en Cole alles verkoop wat ons in Albany aanhou. Saterdae het hulle ook ‘n boereworsrol-stalletjie. Hul tel is: 537 1643. Besoek www.fredsfinefoods.co.nz.

Werksgeleenthede

Terug na bo...

1. Soek jy werk in IT? Hier’s een vir ‘Service Desk Analyst’ in Auckland (4/4) ‘n Pos bestaan vir ‘n ervare ‘service desk support’-persoon. Dit is in Penrose, Auckland. Indien jy belangstel, kan jy jou CV aan Stephan Potgier stuur by [email protected] of versoek van hom meer inligting oor die pos.

Page 14: Redakteursbrief - Brokkies · Lees ds Johan Hendricks se ‘Geestelike Pitkos’-bydrae waarin hy gesels oor Hemelvaartdag en wat dit beteken. Die ... en dit skep ‘n risiko dat

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 1 Junie 2014

Afrikaanse kerkdienste

Terug na bo...

Geestelike Pitkos Terug na bo...

Jesus se Hemelvaart in oënskou

Ek kan nog goed onthou toe ons die dag vanaf Ysterplaat militêre lughawe (in Kaapstad, Suid-Afrika) vertrek het grens toe. Die hartseer en verslaentheid van die geliefdes, die ouers, die vrouens. Om afskeid te neem is baie sleg, want jy weet dat daar 'n tyd van verlange en hartseer voorlê. Daar is gevare wat op elkeen wag en daarom lyk die toekoms so onseker. Ek onthou natuurlik net so goed hoe ek aan die einde van die drie maande die dae op die kalender afgemerk het. Ons het letterlik die dae afgetel. Ons het mekaar bemoedig met die gesegde “Dis min dae dan is ons weer by die huis”. Die wete dat daar 'n dag kom dat ons sal teruggaan en weer tuis sal wees, het ons aan die gang gehou. Hoe kan ek ooit die gevoel vergeet toe die vliegtuig se wiele die grond op Ondangwa se lughawe (in Namibië) verlaat en en ek geweet het ek is op pad huis toe! En toe daardie wiele op Ysterplaat die grond slaan; bars daar 'n spontane juigkreet in die vliegtuig los! Met verslaentheid het die dissipels op daardie eerste Hemelvaartdag na die hemel staan en kyk. Dit was afskeid. Die toekoms het vir hulle so onseker gelyk. Hulle was so verlore en eensaam. Daarom dat die engel aan die dissipels verskyn en vir hulle vra: "Waarom staan julle so na die hemel en kyk ? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het." (Handelinge 1:11) God gee aan sy dissipels, aan sy kerk, en aan u en my 'n besondere versekering. Nie maar net dat Jesus EENDAG weer sal terugkom nie; maar juis dat hierdie Jesus die Oorwinnaar is wat nou reeds regeer en wat besig om alles in gereedheid te bring vir sy finale triomf-terugkeer as Koning van die konings en Here van die Here! Hy is dinamies werksaam in die geskiedenis asook in u en my lewe om ons tot by daardie groot dag te bring! Die tyd waarin ons tans leef, is die voorbereidingstyd. Nou is dit gereedmaaktyd. Soos ‘n bruid wat gereedmaak vir die groot dag! Die ewigheid is reeds besig om soos die rooi van die nuwe dag aan te breek, en eersdaags sal die volle glorie van die Son van geregtigheid op die horison deurbreek! Daardie dag sal Hy werklik alles nuut maak en finaal oordeel tussen reg en onreg. Dit is soveel meer as die afwagting vir ’n man of seun wat van die grens af moet kom. Dit is soveel meer as ’n bruid wat wag vir haar troudag!

Page 15: Redakteursbrief - Brokkies · Lees ds Johan Hendricks se ‘Geestelike Pitkos’-bydrae waarin hy gesels oor Hemelvaartdag en wat dit beteken. Die ... en dit skep ‘n risiko dat

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 1 Junie 2014

Daarom dat hierdie wete die kerk en gelowiges deur die eeue aangevuur en laat vasbyt het. Dit het hulle in volle gehoorsaamheid en toewyding aan God laat leef. Die woorde van Jesus aan sy kerk: "Kyk, Hy kom met die wolke, en al die mense sal Hom sien... Ja, dit is seker! Ek is die Alfa en die Omega, sê die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige;” (Openbaring 1:7) was vir die gelowiges wat onder geweldige vervolging gely het, die wonderlikste troos. Dit was die een ding wat hulle staande gehou het en wat hulle harte brandend gehou het, selfs te midde van die ontsettende lyding wat hulle moes verduur. En ons wat pas Hemelvaart gevier het? Hoe oortuig is ons daarvan dat Jesus werklik Heer is wat opgevaar het en sit aan die regterhand van die Vader, van waar HY heers en vir ons intree en weer sal kom? Is die heerskappy van Jesus en Sy wederkoms vir ons so ’n werklikheid dat dit ons lewe en dade bepaal en vir ons moed en krag gee om te volhard tot die einde toe? Hemelvaart wil ons laat opkyk, na Jesus, my skat, my Here. Sodat ek kan afkyk en anders hier op aarde kan lewe; met ’n nuwe gesindheid en geaardheid; die gesindheid en geaardheid van Jesus! Amen. Ds Johan Hendricks Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland (Hamilton)

Afrikaanse kerkdienste 1. Erediens te ASHBURTON: Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland Elke derde Sondag van die maand om 3:00 nm in die Evangelical Presbyterian Church, 63 Princess Street, Ashburton. Die Leraar is ds Andre Strauss van Christchurch. Elke ander Sondag sal daar 'n diens wees wat gelei word deur Willem Ferreira. Na die diens word saamgekuier oor ‘n koppie koffie/tee. Skakel ds Andre Strauss by 021 134 4383 of [email protected] of Willem Ferreira by 027 766 3890, 03 327 3326 of [email protected] vir meer inligting. 2. Erediens op North Shore: Afrikaanse Christen Kerk van NS (AUCKLAND-gemeente) Om 10vm in die Rothesay Bay Ratepayers Association se saal op die hoek van Beulah Avenue en Rothesay Bay Road (1 Beaulah Avenue). Besoek ons vir 'n gewyde Afrikaanse erediens en kuier na die diens lekker saam. Kategese na die erediens vir alle ouderdomme. Besoek gerus die gemeente se webblad www.ackauckland.co.nz vir meer inligting. 3 Erediens te CHRISTCHURCH: Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland Afrikaanse eredienste elke Sondag in die Kerkgebou van ST MAGARET’S PRESBYTERIAN CHURCH OM 16:00 [4NM.] TE 94 FARRINGTON RD BISHOPDALE. Die prediker is ds. Andre Strauss. Na die diens kuier ons saam om ’n koppie koffie/tee. Skakel ds. Strauss by 021-134-4383 of epos na [email protected] vir meer besonderhede. 4. Feesdienste van Doxa Deo Auckland Ons Feesdienste op die North Shore word elke Sondag om 09:00 vm by AUT se A A-gebou te 90 Akoranga Drive, Northcote, gehou. Tydens die oggenddiens word die kinders ook bedien op hulle vlak. Jongmense en tieners kom Woensdae om 7:00 nm byeen by die Presbiteriaanse kerk te 539 Albany Highway, North Shore. Besoek gerus ons webblad www.doxadeo.co.nz vir meer besonderhede oor wat die gemeente bied. Rig navrae aan Marinda by [email protected] of skakel Karel Botha by 022 601 3397 of 09 414 1181 (Kerkkantoor). Almal is baie welkom! 5. Erediens te Greymouth: Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland Elke laaste Sondag van die maand om 5:00 nm in die Baptiste Kerk, 76 High Street Greymouth. Bybelstudies vind weekliks plaas op Woensdae om 7:00 nm. Almal is hartlik welkom. Vir inligting oor gemeentelike aktiwiteite skakel gerus ds Andrè Strauss by of 021 134 4383 of stuur ’n e-pos aan [email protected] 6. Erediens te HAMILTON: Afrikaanse Christen Kerk van NS Afrikaanse eredienste elke Sondag om 9:00 vm in die Auditorium van die St Paul's Methodist Church 62 London Steet, Hamilton (agter die kerkgebou; parkering en ingang vanaf Harwood Street). ‘n Volledige geloofsonderrig-program word aangebied vir kinders, voorskools tot belydenisklas. Tee/koffie word na die tyd bedien. Skakel ds Johan Hendricks by 07 855 3329 of [email protected]. Almal is baie welkom. (Blaai om asseblief – Red.)

Page 16: Redakteursbrief - Brokkies · Lees ds Johan Hendricks se ‘Geestelike Pitkos’-bydrae waarin hy gesels oor Hemelvaartdag en wat dit beteken. Die ... en dit skep ‘n risiko dat

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 1 Junie 2014

7. Erediens in TE AWAMUTU - ‘n Bediening van die ACK, Hamilton Elke Sondag om 6:00 nm is daar ‘n Afrikaanse erediens in die Assemblies of God Kerk, 654 Alexander Street, Te Awamutu. Skakel Ds Johan Hendricks vir meer inligting: 07 855 3329 / 021 233 1785 of epos [email protected] 8. Wyksdiens in WAIKATO DISTRIK: Afrikaanse Christen Kerk van NS, Hamilton Die erediens vir Hamilton se landelike gebied vind elke Sondag van die maand om 11:30 vm in die kerkie op die hoek van State Highway 27 en Diagonal Street plaas en word gelei deur Ds Johan Hendricks. Dit is ongeveer halfpad tussen Morrinsville (Tutuanui) en Matamata op State Highway 27. Geloofsonderrig word aangebied. Skakel ds Johan Hendricks by 07 855 3329 of 021 233 1785 of [email protected] vir meer inligting 9. Nederduits-Hervormde Kerk in Nieu-Seeland – Gewyde eredienste - CLIVE Gewyde Afrikaanse eredienste om 11vm in St Francis Parish, Ferry Rd, Clive vir Februarie. Ds Liebenberg (konsulent) besoek vanaf Waterberg Gemeente en sal die dienste waarneem. n Program is beskikbaar vir huisbesoek, jeugkamp, huwelikskategese en lekker kuier. Volwaardige kategese/Sondagskool na die erediens. Vir pastorale versorging skakel dr Ronelle Brits (Skriba) by 06 875 1961 of 021 807 442 of e-pos na [email protected] vir meer inligting. Dr Stan Theron en Ds Sonnedecker is ons besoekende predikers en datums van preke sal vooraf verskaf word 10. Erediens te HOWICK-gemeente in AUCKLAND: Afrikaanse Christen Kerk van N S Erediens elke Sondag om 9:30 vm in die skoolsaal van Lady Star of the Sea Skool, 19 Stellamaris Way, North Park, Howick. Die jeug word ook tydens die erediens in die oggende bedien. Daar is ook ‘n Engelse diens om 7:00 nm by dieselfde lokaal wat deur Annericke Leonard / Ruan Swart gelei word. Besoek gerus die webblad www.ackhowick.co.nz vir meer inligting. Die leraar is ds Freek Terblanché en kan geskakel word by 09 550 6450 en 021 756 077 of per e-pos by [email protected] 11. Eredienste te NAPIER: Hawkes Bay-gemeente van die ACK van NS Afrikaanse eredienste elke Sondag om 10:00 vm gedurende die winter en 8:50 vm gedurende die somer. (Verandering weens dagligbesparing.) Voor elke erediens is daar gebedsbediening om 8:30 vm in die somer. Kinderbediening (5-12 jaar) vind tydens die erediens plaas. Jeugbediening vir hoërskooljeug (13-17 jaar) wat Sondagoggende direk na die erediens om 10:00vm. Adres: EIT (Eastern Institute of Technology) Campus, Lecture Theater 1, Gloucester Sreet, Taradale, Napier. Meer inligting, insluitende 'n roetekaart, kan verkry word op ons webblad www.ackhawkesbay.co.nz of deur Ds Derik Kotze te skakel by 06 929 0154 / 021 242 2025 of [email protected]. Na die afloop van die erediens kuier ons almal lekker saam met ‘n koppie koffie/tee 12. Erediens op North Shore: Afrikaanse Christen Kerk van NS (NORTH SHORE-gemeente) Erediens elke Sondag om 09:30 vm in die gebou van die Seventh-Day Adventist Church te 40 Bronzewing Terrace, Unsworth Heights. Ons Visie–Slagspreuk “Ons geloofsfamilie is jubelende draers van Jesus se liefde en lig”. Besoek www.acknorthshore.co.nz vir meer inligting of e-pos na [email protected] Die Leraar is Ds Danie Marais, 14 Fitzwilliam Drive, Torbay, North shore, Auckland, 09 473 5320 en 021 556 853 of e-pos [email protected] 13. Afrikaanse Kerkdienste in PAKURANGA - Auckland Afrikaans Community Church Elke Sondag in Studio 4 om 10:00 vm. TE TUHI CENTRE for the ARTS, 13 Reeves Rd, Pakuranga. Dienste word gelei deur Louis Fourie. Almal baie welkom.Vir verdere inligting skakel:Louis Fourie 021 0272 6270 of e-pos na [email protected] 14. Erediens te PUKEKOHE: Afrikaanse Christenkerk van Nieu Seeland Erediens elke Sondagaand om 6nm in die winter (tans die begintyd) en 7 nm in die somer, in die Wesley Methodist Church, h/v Queen & Wesley Street, Pukekohe. Besoek gerus die webblad www.ackhowick.co.nz vir meer inligting. Die leraar is ds Freek Terblanché en kan geskakel word by 09 550 6450 en 021 756 077 of per e-pos by [email protected] 15. Eredienste te ROTORUA: Afrikaanse Christen Kerk van NS (ROTORUA-gemeente) Eredienste vind elke Sondag om 6:00 nm (Somertyd) en 5:00 nm (Wintertyd) plaas in die kerkgebou van die Seventh-Day Adventist Church, 311 Fenton straat, Rotorua. Eredienste deur ds. Riaan Rossouw gelei. Volledige geloofsonderigprogram vir kinders (voorskools tot belydenisklas), omgeegroepe, gemeentebybelstudie, gebedsgroep en saamkuier na diens. Skakel die kerkkantoor by 07 348 4875 (h) of 022 345 4775 (s) (Irma van Niekerk) of ds. Rossouw by 07 345 7958 (h) of 027 566 5458 (s) of e-pos na [email protected] vir meer inligting. Gaan kyk gerus na ons webwerf www.ackrotorua.co.nz. Let wel: die winter- en somertye word bepaal deur “Daylight Saving”. 16. Afrikaanse kerkdienste in TARANAKI Elke Sondag om 10vm. Dienste vind plaas elke 1ste, 3de en 5de Sondag van die maand in New Plymouth in die Citizen's Advice Bureau saal langs die YMCA, verste punt van parkeerarea oorkant die District Council gebou in Leach

Page 17: Redakteursbrief - Brokkies · Lees ds Johan Hendricks se ‘Geestelike Pitkos’-bydrae waarin hy gesels oor Hemelvaartdag en wat dit beteken. Die ... en dit skep ‘n risiko dat

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 1 Junie 2014

Street. Ook elke 2de & 4de Sondag in die kerkie op die terrein van die Taranaki Pioneer Village, net suid van Stratford op SH3. Navrae kan gerig word aan Francois Bredenkamp by 06 759 6951 (h) of 021 147 3674. Vir die jongste inligting besoek www.taranakichristen.blogspot.com 17. Afrikaanse kerkdiens in TAUPO Kerkdienste is om 7:00 nm in die St Paul's Union kerk, h/v Rifle Range en Tamamutu Street, elke 2de maand, elke 4de Donderdag van die maand. Die volgende dienste is 10 April (nagmaal), 12 Junie, 14 Augustus en 9 Oktober. Die prediker is Dr Jaco Reyneke. Na die diens word daar lekker gekuier met ‘n koppie koffie of tee en lekker eetgoed. Alle belangstellendes is welkom. Vir meer besonderhede, of om die datum en tyd van die diens te bevestig, skryf aan Retha Janse Van Rensburg – [email protected] 18. Afrikaanse Eredienste te TAURANGA Die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland se Tauranga-gemeente het elke Sondag ‘n erediens in die St Enoch's Presbiteriaanse Kerk te 134 Sixteenth Ave. Dr. Jaco Reyneke lei die eredienste. Wintertyd 5:00 nm en Somertyd 6:00 nm. Let wel: Winter- en somertye bepaal deur ‘daylight saving’. Bel Jaco 07 574 3371 / 027 325 9003 vir meer inligting. 19. Eredienste in WELLINGTON: Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland Die ACK Wellington is ‘n geloofsfamilie wat weekliks ontmoet rondom die Woord. Ons nooi u uit na ons eredienste

• elke Sondagoggend om 10:00 vm in die Plunketgebou, 19 Rotoiti Road, Johnsonville • elke 3e Sondag van die maand om 6:00 nm by Waikanae Uniting Parish, Ngapaki Street, Waikanae

Meer inligting kan verkry word van • Jacques Botha by 027 437 3291 of 04 550 4085 of per e-pos by [email protected] of of • Dries Gerryts by 021 879 423 of 04 477 4451 of per e-pos by [email protected]

20. ‘His Family’ bediening in Churton Park, WELLINGTON ‘His Family'-geloofsfamilie hou elke Sondag om 6Nm tweetalige gesinsbyeenkomste by die Amesbury skoolsaal, 48 Amesbury Drive, Churton Park, Wellington. 'n Gesins-bidgeleentheid begin reeds om 5.30Nm in dieselfde gebou. Besoek ons webwerf www.HisFamilynz.org of ons Facebook-blad by HisFamily NZ vir meer inligting. Enige navrae kan aan Jaco Rheeder gerig word by [email protected] of by 04 23 23 624 / 02777 333 04. ALMAL BAIE WELKOM! 21. Afrikaanse kerkdienste te WHANGAREI Erediens elke Sondagoggend om 9:30 vm in die Kamo War Memorial Hall, h/v Grant en Boswell Street, Kamo. Navrae kan gerig word aan Daan van der Walt 09 438 8165 (na-ure) en e-pos [email protected] of Theo Senekal 09 439 6376 (na-ure), e-pos [email protected]. Na afloop van die diens word daar saamgekuier oor ‘n koppie tee/koffie. 22. Afrikaanse preke op INTERNET

1. Besoek die webblad van die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland, Hamilton-gemeente, by www.ackhamilton.co.nz en luister na Afrikaanse preke deur Ds Johan Hendricks en ander predikers.

2. Besoek die webblad van die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland, Howick-gemeente, by www.ackhowick.co.nz en luister.na Afrikaanse preke deur Ds Freek Terblanche.

3. Besoek die webblad van die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland, Wellington-gemeente, by http://www.ackwellington.co.nz en luister.na Afrikaanse preke deur Ds Mariaan Scutte.

Landswye dagboek

Terug na bo...

Dagboek: AUCKLAND SUPER CITY Besoek: http://www.guidetoauckland.co.nz/?gclid=CIrMp5jX4qUCFQIBbAodgyVYFg vir aktiwiteite Dagboek: WELLINGTON Besoek http://www.eventfinder.co.nz/whatson/events/wellington vir aktiwiteite. Dagboek: HAMILTON Besoek: http://www.hamiltonevents.co.nz/ vir aktiwiteite Dagboek: CHRISTCHURCH Besoek: http://www.bethere.org.nz/ vir aktiwiteite Dagboek: HAWKES BAY Besoek: http://www.hawkesbaynz.com vir aktiwiteite in Hawkes Bay

Page 18: Redakteursbrief - Brokkies · Lees ds Johan Hendricks se ‘Geestelike Pitkos’-bydrae waarin hy gesels oor Hemelvaartdag en wat dit beteken. Die ... en dit skep ‘n risiko dat

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 1 Junie 2014

Dagboek: ROTORUA Besoek: http://www.rotoruanz.com/events/ vir aktiwiteite in Rotorua Dagboek: TAURANGA Besoek http://events.tauranga.gBuskingovt.nz/ vir aktiwiteite. Dagboek: WHAKATANE Besoek: http://www.whakatane.com/eventslist.html vir aktiwiteite

Riglyne vir adverteerders

Terug na bo...

Versoek asseblief ons advertensieriglyne by [email protected] ; ons sal dit aan jou e-pos.

Kanselleer intekening / UNSUBSCRIBE

Terug na bo...

Indien jy jou Brokkies nie meer wil ontvang nie, stuur asseblief ‘n e-pos na [email protected] met vermelding van jou e-posadres, asook die versoek ‘Verwyder asb. my adres’ in die onderwerpslyn. If you would like to unsubscribe, please send an email to [email protected], with the following request in the subject line: ‘Please unsubscribe me’. Remember to mention your email address in the body of the email.