22
VOORSKRIF OP VOORSKRIF Romeine Deel 3 (hoofstuk 9-11)

Romans 3 vers 7 - shop.precept.org.za · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii LESSE BLADSY L1 ES EEN: Oorsig BLADSY L17 ES TWEE: Attribute van God BLADSY L 25 ES DRIE: Die Soewereiniteit

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Romans 3 vers 7 - shop.precept.org.za · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii LESSE BLADSY L1 ES EEN: Oorsig BLADSY L17 ES TWEE: Attribute van God BLADSY L 25 ES DRIE: Die Soewereiniteit

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF

Romeine

Deel 3

(hoofstuk 9-11)

Page 2: Romans 3 vers 7 - shop.precept.org.za · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii LESSE BLADSY L1 ES EEN: Oorsig BLADSY L17 ES TWEE: Attribute van God BLADSY L 25 ES DRIE: Die Soewereiniteit

ii

ROMEINE DEEL 3 Voorskrif op Voorskrif

A translation of the book:

ROMANS PART 3 PRECEPT UPON PRECEPT

Published by Precept Ministries International © 1986, 1995, 2003, 2008 Precept Ministries International

4th Edition

© 2009 Precept Ministries SA. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal word gepubliseer deur, en is die alleenbesit van Precept Ministries of Reach Out, Inc. of Chattanooga, Tennessee. Geen deel van hierdie publikasie mag gereproduseer,

vertaal of elektronies, meganies of in enige vorm geberg of versend word sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer nie. Hierdie beperking sluit in fotokopiëring, skandering of die berging van enige stof op enige inligtingbergingstelsel.

Aanhalings uit 1953-Afrikaanse vertaling van die Bybel met verlof van

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

4de Uitgawe (200) Gedruk in Suid-Afrika

Junie 2010

Gedruk deur: Precept Ministries (SA)

Posbus 539 HOWARD PLACE

7450 SUID-AFRIKA

www.precept.org.za Tel./Faks +27 (0)21 531 1836

Page 3: Romans 3 vers 7 - shop.precept.org.za · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii LESSE BLADSY L1 ES EEN: Oorsig BLADSY L17 ES TWEE: Attribute van God BLADSY L 25 ES DRIE: Die Soewereiniteit

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF INHOUD

iii

LESSE

BLADSY 1 LES EEN: Oorsig

BLADSY 17 LES TWEE: Attribute van God BLADSY 25 LES DRIE: Die Soewereiniteit van God BLADSY 33 LES VIER: Voorbeskikking, Voorkennis en Uitverkiesing

BLADSY 47 LES VYF: Waarnemingswerkblaaie van Romeine 9 BLADSY 55 LES SES: Waarnemingswerkblaaie van Romeine 10

BLADSY 61 LES SEWE: Verband tussen Heerskappy en Verlossing

BLADSY 73 LES AGT: Waarnemingswerkblaaie van Romeine 11

BYLAE

BLADSY 83 Waarnemingswerkblaaie van Romeine

SLOT BLADSY 139 Omtrent Precept Ministries

Page 4: Romans 3 vers 7 - shop.precept.org.za · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii LESSE BLADSY L1 ES EEN: Oorsig BLADSY L17 ES TWEE: Attribute van God BLADSY L 25 ES DRIE: Die Soewereiniteit
Page 5: Romans 3 vers 7 - shop.precept.org.za · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii LESSE BLADSY L1 ES EEN: Oorsig BLADSY L17 ES TWEE: Attribute van God BLADSY L 25 ES DRIE: Die Soewereiniteit

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF NUTTIGE STUDIEHULPMIDDELS

v

NUTTIGE STUDIEHULPMIDDELS

ARTHUR, KAY How to Study Your Bible Eugene, Oregon, Harvest House Publishers, 1994 Griekse Woordstudiehulpmiddels Kommentare oor Romeine

AANBEVOLE KOMMENTARE

MACARTHUR, JOHN The MacArthur New Testament Commentary (2 Volumes) Chicago, Illinois, Moody Press, 1991 GAEBELEIN, FRANK E., RED. The Expositor’s Bible Commentary Grand Rapids, MI, Zondervan Publishing House, 1996 THOMAS, W.H. GRIFFITH St Paul’s Epistle to the Romans Grand Rapids, Michigan, Wm. B. Eerdmans, 1974 WIERSBE, WARREN Be Right Wheaton, Illinois, Scripture Press, 1977

AANBEVOLE SAGTEWARE

Logos Bybelsagteware Kragtige soekenjins met tot 4,000 elektroniese studiehulpmiddels (kommentare, leksikons, Bybelse ensiklopedieë, ens.) maak vinnige, eenvoudige en gevorderde naslaan van veelvoudige bronne moontlik in ’n sistematiese en ordelike aanbieding – ideaal vir woord- en tematiese studies, gebaseer op die oorspronklike Hebreeuse en Griekse teks. Beskikbaar by www.logos.com.

Page 6: Romans 3 vers 7 - shop.precept.org.za · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii LESSE BLADSY L1 ES EEN: Oorsig BLADSY L17 ES TWEE: Attribute van God BLADSY L 25 ES DRIE: Die Soewereiniteit
Page 7: Romans 3 vers 7 - shop.precept.org.za · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii LESSE BLADSY L1 ES EEN: Oorsig BLADSY L17 ES TWEE: Attribute van God BLADSY L 25 ES DRIE: Die Soewereiniteit

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Precept Ministries SA Romeine 3 Posbus 539 Les 1, Oorsig Howard Place, 7450, Suid-Afrika

© 2010 Precept Ministries International 1

LES EEN Oorsig Die Les Sluit In

Waarnemingswerkblaaie van Romeine, agter in Bylae Hoe goed verstaan jy die evangelie wat die krag van God is tot redding van elkeen wat glo, eers vir die Jood en ook vir die Griek? As jy die evangelie met ’n Jood moes deel, wat sou jy sê? Is jy ooit oortuig dat die Jode dit nodig het? Is hulle nie reg bloot omdat hulle Jode is nie? Dít is die vrae wat ons bid jy sal kan beantwoord wanneer jy hierdie kursus voltooi het. Jou tuiswerk word hierdie week in twee afdelings verdeel. As jy nuut is by Voorskrifstudie en nog nie Romeine Deel 1 en Romeine Deel 2 bestudeer het nie, moet jy die tuiswerk onder die opskrif "Tuiswerk vir Nuwelinge" doen. As jy reeds Romeine Deel 1 of Romeine Deel 2 gedoen het, doen dan “Tuiswerk vir Oudstryders.”

TUISWERK VIR NUWELINGE

DAG EEN 1. Indien hierdie jou eerste Voorskrif-kursus is, vergewis jouself van die induktiewe

benadering van Bybelstudie deur “The Joy and Value of Inductive Study,” “The Rule of Context - Context Rules,” en “Getting the Big Picture” in How to Study Your Bible te lees.

2. Om die historiese agtergrond van Romeine vas te stel, moet ons dit binne sy

kronologiese agtergrond of geskiedkundige raamwerk plaas. Anders gestel, ons moet

Page 8: Romans 3 vers 7 - shop.precept.org.za · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii LESSE BLADSY L1 ES EEN: Oorsig BLADSY L17 ES TWEE: Attribute van God BLADSY L 25 ES DRIE: Die Soewereiniteit

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 3

Les 1, Oorsig

© 2010 Precept Ministries International

2

weet wanneer Romeine geskryf is. As ons dit weet kan ons vasstel wat in daardie tyd in Rome, die Christendom en die res van die wêreld aan die gebeur was.

Daar is verskeie benaderings wat gebruik kan word om vas te stel wanneer ’n boek

geskryf is. Die beste metode is om die boek self hiervoor te gebruik deur te let op na name, plekke en gebeurtenisse wat in die teks genoem word. Ons noem hierdie benadering induktiewe studie. Induktiewe studie begin by die onderwerp of voorwerp self, eerder as om boeke daaroor te raadpleeg. Nadat die student sy waarnemings voltooi het, kan hy kommentare of Bybelhandboeke raadpleeg vir bykomende inligting wat nie in die teks duidelik is nie., Dis ’n baie waardevolle studiegewoonte om by die teks self te begin, aangesien die menings en gevolgtrekkings oor ‘n betrokke teks in verskillende naslaanwerke dikwels van mekaar kan verskil. a. Lees Romeine 1:8-13 en Romeine 15:18-28 vir leidrade wat aandui wanneer in

Paulus se lewe hierdie brief geskryf is. b. Let op waar hy was, waarheen hy graag wou gaan, en waarom.

3. Mense wat in ‘n brief genoem word gee dikwels vir ons aanduidings oor die tyd en plek

wanneer dit geskryf is. Paulus noem byvoorbeeld in Romeine 16:1-4 dat Fébé, Priscílla en Áquila sy medewerkers was.

a. Indien jy die tyd en toegang tot ’n konkordansie het, slaan bogenoemde name na en

soek na ander Skrifverwysings wat hierdie persone met Paulus verbind. Skryf neer wat jy oor hulle leer. Indien jy nie ’n konkordansie het nie, gaan voort met “b.”

`

Page 9: Romans 3 vers 7 - shop.precept.org.za · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii LESSE BLADSY L1 ES EEN: Oorsig BLADSY L17 ES TWEE: Attribute van God BLADSY L 25 ES DRIE: Die Soewereiniteit

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 3

Les 1, Oorsig

© 2010 Precept Ministries International 3

b. Romeine 16:21-23 dui aan wie Paulus se medewerkers was toe hierdie brief geskryf is. Wie was hulle?

4. Wanneer ons hierdie leidrade saamvat, kan ons die volgende afleidings maak:

a. Paulus het tot op daardie oomblik nog nie Rome besoek nie (Romeine 1:13; 15:23). b. Paulus het beoog om by Rome aan te doen ná sy besoek aan Jerusalem, waar hy ’n

liefdegawe aan die gemeente sou oorhandig (Romeine 15:24-26). c. Paulus wou graag Rome onderweg na Spanje besoek (Romeine 15:24, 28). d. Paulus het die verkondiging van die evangelie in hierdie gebied afgehandel en wou

sy werk na ander gebiede uitbrei (Romeine 15:19). Indien jy hierdie vers met die verslag van Paulus se bediening in die boek Handelinge vergelyk, gee dit jou ’n aanduiding wanneer Paulus hierdie brief geskryf het – teen die einde, of na aan die einde van sy derde sendingreis.

e. Paulus het voorheen saam met Priscílla en Áquila gewerk (Romeine 16:3-5 [vergelyk

met Handelinge 18:2-3]). Hy noem ook ander helpers, maar ons is die beste bekend met Priscílla en Áquila, van wie ons in die boek Handelinge lees.

f. Paulus bly by Gajus. Hy noem ook ander wat saam met hom is (Romeine 16:21-23).

5. Indien jy Handelinge bestudeer het, sal jy beter verstaan wanneer en waar Romeine

geskryf is (Handelinge 19:21 is ’n goeie leidraad). Ons gaan egter nie nou daaraan aandag skenk nie. Geleerdes stem saam dat Romeine in Korinthe geskryf is (sien ook die verwysing na Gajus in 1 Korinthiërs 1:14), ongeveer 58 n.C. Paulus het drie maande lank in Korinthe vertoef terwyl hy Griekeland tydens sy derde sendingreis besoek het (Handelinge 20:2-3).1

6. Gedurende hierdie tyd in die kerkgeskiedenis, was daar twee groepe wat die evangelie

verdraai het, naamlik die Antinomianiste en Judaïseerders. Kennis van hul dwaalleringe sal ons help verstaan waarom Paulus sekere vraagstukke en leringe aanspreek. Paulus beskryf, verdedig en verduidelik die ware evangelie, omdat kennis van die waarheid dwaling aan die kaak stel.

1 Vir meer inligting indien jy graag Precept Ministries International se “Paul’s Epistles Study Tour” wil meemaak, tree gerus met ons in verbinding by www.precept.org.za of +27 21 531 1836.

Page 10: Romans 3 vers 7 - shop.precept.org.za · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii LESSE BLADSY L1 ES EEN: Oorsig BLADSY L17 ES TWEE: Attribute van God BLADSY L 25 ES DRIE: Die Soewereiniteit

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 3

Les 1, Oorsig

© 2010 Precept Ministries International

4

Die Antinomianiste was teen (anti) die Wet (nomos). Hulle het geleer dat, aangesien die mens deur genade gered word, en nie deur die Wet nie, hy kan leef soos hy wil. Hoe meer hy gesondig het, hoe groter was die bewys van God se genade deur vergifnis van daardie sonde!

Die Judaïseerders het geleer dat die mens deur genade gered word, maar deur die Wet

onderhou is. Hulle het die besnydenis en die “werke van die Wet” by geloof in Christus gevoeg.

7. Terwyl ons die histories-kulturele agtergrond van die boek Romeine bestudeer, moet

ons ook kennis neem van die etniese groepe na wie Paulus verwys. Dit sal ons help om te verstaan waarom hy sekere dinge sê en na sekere dinge verwys. Onthou dat die kerk in Rome uit Jode en heidene saamgestel was. Jy sal dit leersaam vind om die volgende te weet:

a. Die Grieke het die mensdom in twee groepe verdeel: Grieke en barbare

(onbeskaafdes). b. Die Romeine het die mensdom in twee groepe verdeel: burgers en vreemdelinge. c. Die Jode het ook die mensdom in twee groepe verdeel: Jode en heidene.

8. Alhoewel Romeine ’n persoonlike brief van Paulus aan ’n groep gelowiges was, is dit

duidelik dat slegs die eerste gedeelte van hoofstuk 1 en laaste gedeelte van die brief (Romeine 15:14 tot die einde) soos ’n tipiese brief lyk. Die grootste gedeelte wyk heeltemal van die gewone af. Daarom word Romeine as ’n leerstellige verhandeling beskou. Volgens Merriam Webster's Collegiate Dictionary, Tenth Edition is ’n verhandeling "’n skriftelike, sistematiese uiteensetting of redenasie, wat ’n metodiese bespreking van die betrokke feite en beginsels en die gevolgtrekkings wat gemaak is, insluit." Ons wil ontdek wat die boodskap van Romeine is.

9. Kom ons kyk of ons uit Romeine kan vasstel waarom Paulus dié brief geskryf het. Lees

Romeine 1:1-17 en Romeine 15:14 – 16:27 en skryf neer wat jy leer.

Page 11: Romans 3 vers 7 - shop.precept.org.za · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii LESSE BLADSY L1 ES EEN: Oorsig BLADSY L17 ES TWEE: Attribute van God BLADSY L 25 ES DRIE: Die Soewereiniteit

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 3

Les 1, Oorsig

© 2010 Precept Ministries International 5

DAG TWEE 1. Daar is absoluut geen plaasvervanger vir die lees en herlees van God se Woord nie.

Vandag is die probleem egter dat ons ons so vinnig moontlik deur die studie van die Woord haas en dan ure lank kommentare bestudeer om wat ons in die Woord gelees het, te verstaan.

As jy hierdie proses kan omkeer, sal jy verbaas wees oor wat God jou alles leer. Wanneer

jy dan jou kommentare lees, wat belangrik is, maar op die regte tyd , sal jy opgewonde wees om te ontdek dat God aan jou en die teoloë, dieselfde waarhede gewys het. Jy sal vind dat God nie ’n aannemer van die persoon is nie, maar dat Hy sy waarhede, deur sy Gees, bekendmaak aan almal wat Hom ywerig soek!

2. Die volgende instruksies sal jou baie help om die doel, tema en samestelling van die boek Romeine te bepaal. a. Kies ’n spesifieke kleur vir elk van die volgende woorde. Merk elke herhaalde

sleutelwoord regdeur die hele boek. Gebruik die Waarnemingswerkblaaie in die Bylae, agter in die werkboek.

1) regverdig (geregtigheid)

2) geloof (glo)

3) geregverdig

4) Wet (Die Wet, wet)

b. Jy vind die Waarnemings uit Romeine-blad aan die einde van hierdie les. Vul dit so volledig moontlik in terwyl jy die daaglikse opdragte voltooi.

c. Ons wil ook oplet na Paulus se die tema van elke hoofstuk van Romeine. Indien jy

nog nooit ’n Oorsigwerkblad voltooi het nie, lees die gedeelte “Develop an At a Glance Chart” in How to Study Your Bible.

Skryf die tema van die hoofstuk, sodra jy die hoofstuk voltooi het, in op die Romeine

Oorsigwerkblad, op bladsy 8. Indien daar twee temas blyk te wees, skryf albei, so bondig moontlik, in die gegewe ruimte, .

3. Vandag is dit jou taak om die Waarnemingswerkblaaie van Romeine 1-5 agter in die

Bylae deur te lees. Volg dan die instruksies soos hierbo in nommer 2 uiteengesit

Page 12: Romans 3 vers 7 - shop.precept.org.za · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii LESSE BLADSY L1 ES EEN: Oorsig BLADSY L17 ES TWEE: Attribute van God BLADSY L 25 ES DRIE: Die Soewereiniteit

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 3

Les 1, Oorsig

© 2010 Precept Ministries International

6

DAG DRIE

Lees Romeine 6-8 en volg dieselfde instruksies as in nommer 2 van DAG TWEE.

DAG VIER

Lees Romeine 9-11 en volg dieselfde instruksies as in nommer 2 van DAG TWEE.

DAG VYF 1. Lees Romeine 12-16 en volg dieselfde instruksies soos gegee in nommer 2 van DAG

TWEE. 2. Stel vas, op grond van jou studie tot dusver, die boektema wat die boodskap van

Romeine die beste saamvat. Moenie self die tema uitdink nie. Baseer dit op objektiewe waarneming van dit wat die skrywer, deur herhaling, beklemtoon. Dit help om woorde uit die teks self te gebruik. Skryf die tema van die boek in die gegewe ruimte in jou Romeine Oorsigwerkblad.

Voel jy al meer vertroud met die boek Romeine? Dis goed so ... en jy begin nou eers. Ons wens ons kan met jou deel hoe bly dit ons sal maak indien jy die studie voltooi!

Page 13: Romans 3 vers 7 - shop.precept.org.za · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii LESSE BLADSY L1 ES EEN: Oorsig BLADSY L17 ES TWEE: Attribute van God BLADSY L 25 ES DRIE: Die Soewereiniteit

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 3

Les 1, Oorsig

© 2010 Precept Ministries International 7

Waarnemings uit Romeine Soort literatuur: Skrywer: Ontvangers: Doel van skrywer: Hooftema: Sleutelwoorde en -frases

Page 14: Romans 3 vers 7 - shop.precept.org.za · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii LESSE BLADSY L1 ES EEN: Oorsig BLADSY L17 ES TWEE: Attribute van God BLADSY L 25 ES DRIE: Die Soewereiniteit

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 3

Les 1, Oorsig

© 2010 Precept Ministries International

8

Geskiedkundige, godsdienstige of kulturele verwysings:

Page 15: Romans 3 vers 7 - shop.precept.org.za · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii LESSE BLADSY L1 ES EEN: Oorsig BLADSY L17 ES TWEE: Attribute van God BLADSY L 25 ES DRIE: Die Soewereiniteit

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 3

Les 1, Oorsig

© 2010 Precept Ministries International 9

Romeine Oorsigwerkblad Boektema: Hoofstuktemas

1:1-17

1:18-32

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

13

14

15

16

Outeur:

Page 16: Romans 3 vers 7 - shop.precept.org.za · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii LESSE BLADSY L1 ES EEN: Oorsig BLADSY L17 ES TWEE: Attribute van God BLADSY L 25 ES DRIE: Die Soewereiniteit

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 3

Les 1, Oorsig

© 2010 Precept Ministries International

10

TUISWERK VIR OUDSTRYDERS

Ons kan nie in woorde uitdruk hoe dankbaar ons teenoor die Vader is dat Hy mans, vrouens en tieners oprig wat hul verantwoordelikheid teenoor die evangelie besef nie - nie alleen om daarin te glo nie, maar om dit so goed te ken dat hulle die ware evangelie aan ander kan oordra. Dankie dat jy pligsgetrou studeer om jouself beproef voor God te stel - om die woord van die waarheid reg te sny (2 Timótheüs 2:15). En dankie dat jy jouself toerus in die woord sodat jy "kragtig (kan) stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is" (Judas 3). Ons gaan weer ’n oorsig van die boek Romeine doen terwyl ons die nuwelinge by ons Romeine-kursus tyd gee om hulself te vergewis van die inhoud van hierdie kosbare boek.

Ons vra egter nie om verskoning dat ons jou weer deur Romeine neem nie, omdat ons uit ervaring weet dat jy nooit te veel van hierdie boek kan kry nie! Romeine was ons heel eerste Precept-kursus en na al die jare staan ons steeds in heilige verstomming oor die omvang van hierdie sendbrief en die ewige waarhede wat daarin vervat is. God het Romeine gebruik as die rotssteen waarop ons geloof geanker is, sodat ons nie deur allerhande vreemde leringe, wat die harte van die eenvoudiges verlei, rondgeslinger sal word nie (Heb. 13:9; Rom. 16:17-18). Mag dieselfde werk ook in jou lewe voleindig word. Dis ons gebed vir jou terwyl jy met hierdie kursus besig is. Mag ons jou ook aanmoedig om te bid vir diegene wat nuut by die studie van Romeine aangesluit het. Vra God om jou sensitief te maak vir hul behoeftes en frustrasies en dat jy hulle sal bystaan en ondersteun wanneer hulle hierdie nuwe studie begin. Wees ’n voorbeeld vir die gelowiges in wandel, in liefde, in gees, in geloof (en) in reinheid (1 Timótheüs 4:12), sodat jou lewe vir hulle ’n dryfveer sal wees om aan te hou. Wel, genoeg gepraat. Ons het werk om te doen. Weet asseblief dat ons jou waardeer en liefhet.

DAG EEN TOT DAG DRIE 1. Jou taak hierdie week is om Romeine 1-8 paragraaf vir paragraaf te lees. Terwyl jy lees,

moet jy die tema van elke paragraaf, wat die hoofgedagte daarvan die beste opsom, identifiseer. Dit help om woorde uit die teks te gebruik. Skryf jou temas in op die tabel Romeine Paragraaf vir Paragraaf aan die einde van die les.

Page 17: Romans 3 vers 7 - shop.precept.org.za · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii LESSE BLADSY L1 ES EEN: Oorsig BLADSY L17 ES TWEE: Attribute van God BLADSY L 25 ES DRIE: Die Soewereiniteit

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 3

Les 1, Oorsig

© 2010 Precept Ministries International 11

2. Aan die einde van elke hoofstuk vind jy ’n spasie onder die opskrif "Getuienis-hulpmiddel". Skryf in dié spasie hoe jy die waarhede uit daardie spesifieke hoofstuk sou gebruik om die evangelie met iemand anders te deel. Vra jouself af: Watter aspek van die evangelie word in hierdie hoofstuk behandel en hoe en waar sou ek dit gebruik wanneer ek die evangelie van Jesus Christus met iemand anders deel?

DAG VIER EN DAG VYF 1. Lees Romeine 9-16. Skryf die tema van elke hoofstuk in die toepaslike ruimte hieronder

namate jy elke hoofstuk voltooi. Moenie vorige werk raadpleeg wat in Romeine, Deel 1 of Deel 2 gedoen is nie.

Romeine 9: Romeine 10: Romeine 11: Romeine 12:

Page 18: Romans 3 vers 7 - shop.precept.org.za · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii LESSE BLADSY L1 ES EEN: Oorsig BLADSY L17 ES TWEE: Attribute van God BLADSY L 25 ES DRIE: Die Soewereiniteit

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 3

Les 1, Oorsig

© 2010 Precept Ministries International

12

Romeine 13: Romeine 14: Romeine 15: Romeine 16:

2. Het jy enigiets raakgesien wat jy nie vantevore opgelet het nie? Het daar enige nuwe vrae by jou ontstaan toe jy hierdie hoofstukke gelees het? Is jy persoonlik geraak, of het God op enige manier met jou gepraat?

Wel, hier gaan ons al weer. Ons jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping.

Page 19: Romans 3 vers 7 - shop.precept.org.za · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii LESSE BLADSY L1 ES EEN: Oorsig BLADSY L17 ES TWEE: Attribute van God BLADSY L 25 ES DRIE: Die Soewereiniteit

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 3

Les 1, Oorsig

© 2010 Precept Ministries International 13

ROMEINE: PARAGRAAF VIR PARAGRAAF

Hoofstuk 1 1:1_________________________________________________________________________

1:8_________________________________________________________________________

1:16________________________________________________________________________

1:18________________________________________________________________________

1:24________________________________________________________________________

1:26________________________________________________________________________

1:28________________________________________________________________________

Getuienis-hulpmiddel

Hoofstuk 2

2:1_________________________________________________________________________

2:17________________________________________________________________________

Getuienis-hulpmiddel

Hoofstuk 3

3:1_________________________________________________________________________

3:9_________________________________________________________________________

3:19________________________________________________________________________

3:21________________________________________________________________________

3:31________________________________________________________________________

Getuienis-hulpmiddel

Page 20: Romans 3 vers 7 - shop.precept.org.za · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii LESSE BLADSY L1 ES EEN: Oorsig BLADSY L17 ES TWEE: Attribute van God BLADSY L 25 ES DRIE: Die Soewereiniteit

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 3

Les 1, Oorsig

© 2010 Precept Ministries International

14

Hoofstuk 4

4:1_________________________________________________________________________

Getuienis-hulpmiddel

Hoofstuk 5

5:1_________________________________________________________________________

5:12________________________________________________________________________

Getuienis-hulpmiddel

Hoofstuk 6

6:1_________________________________________________________________________

6:12________________________________________________________________________

6:15________________________________________________________________________

Getuienis-hulpmiddel

Page 21: Romans 3 vers 7 - shop.precept.org.za · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii LESSE BLADSY L1 ES EEN: Oorsig BLADSY L17 ES TWEE: Attribute van God BLADSY L 25 ES DRIE: Die Soewereiniteit

VOORSKRIF OP

VOORSKRIF Romeine 3

Les 1, Oorsig

© 2010 Precept Ministries International 15

Hoofstuk 7

7:1_________________________________________________________________________

7:7_________________________________________________________________________

Getuienis-hulpmiddel

Hoofstuk 8

8:1_________________________________________________________________________

8:12________________________________________________________________________

8:18________________________________________________________________________

8:26________________________________________________________________________

8:31________________________________________________________________________

Getuienis-hulpmiddel

Page 22: Romans 3 vers 7 - shop.precept.org.za · VOORSKRIF OP VOORSKRIF INHOUD iii LESSE BLADSY L1 ES EEN: Oorsig BLADSY L17 ES TWEE: Attribute van God BLADSY L 25 ES DRIE: Die Soewereiniteit