Upload
others
View
0
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
SA
STUDBOOK
RIGLYNE VIR RAM GROEI EN WOLTOETSE OP DIE PLAAS
Tel: 051-4100900 | E-mail: [email protected] Februarie 2015
2
RIGLYNE VIR RAM GROEI, VOEROMSET EN WOLTOETSE OP PLAAS
1. DOEL:
Om prestasie van ramme wetenskaplik en so akkuraat moontlik te evalueer, onder
realistiese kommersiële toestande en volgens Suid-Afrikaanse produksie sisteme.
Ramgroeitoetse is daar om die genetiese potensiaal van ramme se groei en die
doeltreffendheid daarvan so akkuraat as moontlik te identifiseer onder
verskillende gekontroleerde voedingstoestande. Diere moet verkieslik geëvalueer
word onder dieselfde toestande as waar die nageslag binne hul produksie-sisteem
moet presteer. Ramgroeitoetse dien ook terselfdertyd as ‘n gekontroleerde
grootmaakproses van jong ramme.
2. TIPE EVALUASIES:
2.1 Ramgroeitoets met voerinnames ( Voeromset bepaling van indivuduele diere)
2.2 Veelkudde Ramgroeitoetse ( Bv Groep telers of Klub - Veldramprojekte)
2.3 Enkelkudde Ramgroeitoetse. (‘n teler evalueer en maak sy ramme groot op
voedingtoestande van sy keuse ).
3. METODE:
Enkelkudde en Veldram groeitoetse en voeromsetbepaling blyk die drie algemene keuses
te wees wat uitgeoefen word. Vir Veld ramprojekte kom jong ramme by ‘n sentrale punt
byeen sodat groeitoetse onder eenderse toestande uitgevoer kan word. Vir telers wat nie
blootstelling aan Ramprojekte het nie, kan Enkelkudde Ramgroeitoetse uitgevoer word
waar die teler sy eie voedings- regime en kontemporêre groep daarstel.Vir
voeromsetbepaling word voerinnames by n elektroniese toetsstasie aangeteken ,andersin
word elke ram se voerinname individueeel in hokkies bepaal. Vir betekenisvolle
evaluasie, moet die ramme wat met mekaar vergelyk word se ouderdomme en gewig so
min as wat prakties moontlik van mekaar verskil. Na afloop van die evaluasie kan ‘n
objektiewe seleksie maatstaf verkry word en hul genetiese potensiaal volgens
wetenskaplike gefundeerde teelwaardes en indekse beraam word.
4. TOETSPROSEDURES
4.1 ‘n Teler moet ‘n ingeskrewe opbetaalde lid van sy betrokke Skaaptelersgenootskap en S.A.
Stamboek wees.
4.2.1 Ouderdom by inname: Ramme moet tussen 4 - 6 maande (120 – 180 dae)vir
ekstensiewe toetse wees.
4.2.2 Ouderdom by inname: Ramme moet tussen 3 -5 maande (90 – 150 dae)vir
intensiewe toetse wees.
4.2.3 Ouderdom by inname: Ramme moet tussen 2 -5 maande (60 – 150 dae)vir
voeromset toetse wees
4.3 Lengte van voor-toets periode (aanpassing): Ramme moet vir ’n minimum van twee
weke (14 dae) en maksimum van vier weke (28 dae)voor toetsing aangepas word.
3
4.4 Toetslengte: minimum van 150 dae vir Veldramprojekte. Vir Enkelkudde ramgroeitoetse,
waar ‘n hoër voedingspeil gehandhaaf word, kan die periode so kort as 42 dae wees. Vir
Voerinname bepaling 28- 42 dae
4.5 Ouderdomsverskil: Ramme moet nie meer as 2 maande (60 dae) in ouderdom verskil nie.
4.6 Gewigsverskil by aankoms: Ramme moet nie meer as 15 kg in gewig verskil nie.
4.7 Minimum en maksimum gewigte per ras(vir ramprojekte) bv
Dorper 35 – 48 kg
Merino 35 – 50 kg
Meatmaster 30 – 45 kg
By enkelkudde toetse word die hele speengroep blootgestel word.
4.8 Groepgrootte: so groot as moontlik, met ‘n minimum van 20 ramme. Vir rasse wat
veilings wil hou na afloop van die evaluasie,moet daar verkieslik meer as 80 ramme wees.
4.9 Ramme moet op ‘n gereelde basis bv. maandeliks by ramprojekte en twee-weekliks by
Enkelkudde groeitoetse, geweeg word. Begin en eindgewigte plus nog 3 interim gewigte
vir Veldram- toetse moet geneem word.
4.10 Voerinname van elke ram moet deeglik van rekord gehou word by voeromset evaluering.
4.11 Toetse moet in samewerking met adviseur van SA Stamboek uitgevoer word, vir die
amptelike beskikbaarstelling van prestasie- data. By Veldramprojekte waar die adviseur
van SA Stamboek nie tydens weging teenwoordig kan wees nie, moet ten minste een
bestuurslid saam met die projekbestuurder teenwoordig wees. By Enkelkudde
groeitoetse moet n adviseur van SA Stamboek teenwoordig wees
4.12 Enige ram wat tydens die projek siek of ernstig beseer raak en wat ‘n risiko vir die groep
kan inhou, moet onmiddelik uit die groep verwyder word.
4.13 Toename/gram per dag: die gemiddeld van die groep moet met ‘n minimum van 8 kg vir
die toetsperiode of 50 gram per dag groei, om amptelike erkenning te kan verkry. Vir
Veldramprojekte in droë jare kan ‘n addisionele aanvulling gegee word, sodat minimum
vereistes bereik kan word.Tien kg toename en meer verbeter die akkuraatheid van die
toets.Tien kilogram en meer vir voerinname .
4.14 Die toetsprosedure, voeding en bestuur moet deeglik beplan word om maksimum groei
onder verskillende toestande te verseker.
4.15 ‘n Volledige lys van alle diere met volledige identifikasie, asook projeknommer indien
nodig, met geboortedatums en betrokke massas moet ingedien word by SA Stamboek.
4.16 By Enkelkudde groeitoets sal die adviseur die data laai vir verwerking. By Veldram
projekte moet data elektronies aan SA Stamboek gestuur in’ n spesifieke formaat. Stuur
data vir [email protected]
5. TOETSREGULASIES
5.1 Amptelike metode van identifikasie
Die volgende metodes van dier identifikasie word aanbeveel:
bv. Stoetnr/KKM + Jaar van geboorte + Volgnommer = ID
5571 + 12 + 0123 = 5571120123
Bv. SWV + 12 + 0123 = SWV 120123
4
5.2 Dit is verpligtend om geboortedatums (geneem binne 7 dae na geboorte) by SA Stamboek
in te dien . Die geboorte- en grootmaakstatus van die lammmers moet ook aangedui
word.
5.3 Speengewigte moet voor die aanvang van ‘n toets ingedien wees op LOGIX elektronies
of in papier formaat by SA Stamboek
5.3 Ramme moet, in samewerking met SA Stamboek in groepe volgens geboortedatum en
begin gewigte by aanvang van die toets, ingedeel word.
5.4 By Veldramprojekte moet ramme voor inname geïmuniseer wees teen bloednier en
pasturella. Ramme moet nie meer soos in die verlede wéér ‘n keer vir Brucella Ovis met
Rev 1, gespuit word nie. Geen ramme wat ouer as 3 maande is, moet met Rev 1 gespuit
word nie. Sertifikate vir ‘n skoon kudde vir Brucella Ovis, moet ook die ramme vergesel.
- Ramme met absesse, vuilbek, sweerklou, omlope, vrotpootjie of enige sigbare siekte
sal nie vir inname aanvaar word nie.
- Ramme moet voor inname volgens rasstandaarde gekeur word.
- Skriftelike dokumentasie waarop die diere geïdentifiseer is, moet aan die
veldrambestuurder by inname gegee word. Daarna kan ‘n skriftelik ooreenkoms
tussen die teler en die veldrambestuurder aangegaan word, waarna die ramme eers
vir toetsing aanvaar sal word.
6. WOLTOETSPROSEDURES
6.1 Aanpassingsperiode
Die lammers wat binne die toelatingsmassa-grense geval het, moet so gou as moontlik na
toelating geskeer word en daarna onder dieselfde voedings-/omgewingstoestande vir ‘n
aanpassingsperiode van 28 dae gehou word.
6.2 Toetsperiodes
Woltoetsperiode
Die woltoetsperiode van ‘n minimum periode van 180 dae begin op die dag wanneer
lammers geskeer is ,dus net na toelating.
Ramme moet in slegs een bestuursgroep wees en moet te alle tye in dieselfde trop
en aan dieselfde bestuur blootgestel wees.
‘n Minimum toetsgroep-grootte van 20 ramme word vereis
6.3 Insameling van wolproduksie data
Wolmonster
Die grootte van die midrib-monster moet minstens 30 gram wees. Alle wolmonsters
moet op die korrekte midrib-posisie geneem word.
Liggaamsmassa
Beginmassa, asook ‘n afsluitings liggaamsmassa, na verloop van ‘n minimum periode
van 150 dae, word benodig. Liggaamsmassas moet in beide voormelde tye op ‘n
12 uur-leë-pensinhoud (ingekraalde toestande sonder enige kos of water) geneem
word
5
Vagmassa
Weeg alle wol (miskloste uitgesluit) tot minstens 0.1 kg akkuraat na afloop van ‘n
minimum wolgroei-periode van 180 dae. (Akkurate vagweging is baie belangrik)
Met versending van wolmonsters moet seker gemaak word dat BESENDINGS
INLIGTING asook MONSTER INLIGTING volledig voltooi word en tesame met die
wolmonsters versend word. (Hou afskrif in veilige bewaring)
BESENDINGS INLIGTING
Alle besonderhede van die teler/ klub moet voltooi word – maak seker dat die e-
pos adres,waarheen die verwerkte data gestuur moet word, voltooi is.
Maak seker datdie toetse wat verlang word duidelik aangedui is – dit word
aanbeveel dat die blokkies vir veseldikte, skoonopbrengs en stapellengte, gemerk
word.
MONSTER INLIGTING
Voltooi die bladsy nommer en aantal bladsye wat inligting bevat.
Voltooi die naam van klub
Voltooi die twee datums waarop diere geskeer is.
Voltooi die twee datums (Beginmassa & Afsluitmassa – beide op 12 uur- leë-
pensinhoud) waarop diere se masssas geweeg is.
Verskaf net ‘n nommer, in numeriese formaat, om die aantal diere aan te dui.
Verskaf die dier ID Nommer, van elke dier soos van toepassing by die ramklub. Om
verwarringuit te skakel, moet geen toetsnommers van diere in die klub ingestuur
word nie.
Die begin liggaamsmassa van elke dier, tot naaste 0.5 kg,moet ingevul word.
Die afsluit liggaamsmassa van elke dier, tot naaste 0.5 kg,moet ingevul word.
Die ruvagmassa van elke dier, tot naaste 0.1 kg,moet ingevul word.
By die graad veld moet die toegekende punte vir wol (eerste) en bouvorm
(tweede), direk langs mekaar, ingevul word.
Elke dier se wolmonster, asook ingesamelde data, moet versend word na:
PER POS :
S.A Woltoetsburo
Posbus 1867
PORT ELIZABETH, 6000
PER KOERIER :
S. A Woltoetsburo
H/v Gomery Avenue en University Way
Summerstrand
PORT ELIZABETH, 6000
6
S. A Woltoetsburo se ander besonderhede as volg nl.:
Kontakpersoon: Johan Barkhuizen
Telefoonnommer: 0415036600
e-pos adres: [email protected]
7. ONTVANGS VAN VERWERKTE DATA
Veldram Klubs sal hulle verwerkte data direk vanaf S A Stamboek terug ontvang en indien
daar enige navrae is, kontak asseblief vir Herman Labuschagne by S A Stamboek by die
volgende adres nl.:
S A Stamboek
Produksie-aantekening
Posbus 270
BLOEMFONTEIN, 9300
Tel 051-410 0900
Faks 051-4473964
Navrae:
Herman Labuschagne / Marietjie Delport [email protected] of :
Kleinvee afdeling: Ina Bouwer/ Andrea Pieterse [email protected]
8. PLIGTE VAN DIE GENOOTSKAP
8.1 Die Genootskap moet toesien dat daar ‘n komitee saamgestel word wat huishoudelike
reëls ten opsigte van ‘n spesifiekte toets daar stel en beheer uitoefen, onderhewig aan
die reëls en regulasies van die Genootskap en SA Stamboek.
8.2 Die Genootskap mag die toetsterrein en die ramme enige tyd besoek.
8.3 Keurders/Inspekteurs moet deur die Genootskap aangewys word.
9. PLIGTE VAN SA STAMBOEK
9.1 Toesien dat toets op ‘n wetenskaplike manier afgehandel is.
9.2 Resultate beskikbaar stel na afloop van die evaluasie, bv. indekse en teelwaardes.
9.3 Indien ‘n veilingskatalogus aangevra word, inligting beskikbaar stel vir publikasie
9.4 Bogenoemde diens sal deur SA Stamboek gelewer word aan telers of ramprojekte as:
Volledige registrasie- en speen inligting vanbetrokke diere reg en met aanvang van toets
ingestuur is aan SA Stamboek,volledige inligting van ramme vir evaluasie van die
projekbestuurder ontvang is en dienste nie opgeskort is nie.
7
10. HUISHOUDELIKE REëLS VAN VELDRAMPROJEKTE
Aspekte wat in die huishoudelike reëls van die veldramprojekte vervat moet word, is as
volg:
Inspeksie van ramme:
- wanneer ramme ontvang word by veldramprojek
- wanneer groeitoets eindig
- voor veiling
Addisionele inentings en doserings:
Kondisie-punting
Fooi-strukture
Toetsdatums
Veiling – datums & reëls
Minimum vereistes vir veiling
Versekering
Klubs of Velramprojekte se bestuur moet seker maak dat hulle deelnemers lede van SA
Stamboek is,ander sal hulle data nie ingesluit word in die ontleding en veilingskatalogis
nie.
KONTAK BESONDERHEDE
Logix webblad : www.logix.org.za
Elektroniese data: [email protected],za (Produkie meting)
[email protected] ( Registrasie van geboortes)
Stamboek webblad: www.studbook.co.za
Stamboek Tel: 051 4100 900 Herman Labuschagne, Marietjie Delport
Ina Bouwer, Andrea Pieterse.
SA STAMBOEK: TEGNIESE ADVISEURS:
Bloemfontein/George Rampie de Wet [email protected] 083 631 6040
Bloemfontein Siebert Vermeulen [email protected] 082 548 4608
Bloemfontein Gerdus De Klerk [email protected] 072 691 3600
Vryburg Dolf Cloete [email protected] 082 660 3266
Pretoria Andries Riekert [email protected] 082 465 0671
Pretoria Thalia Brameld [email protected] 071 493 1111
Wes-Kaap Chanelle Steenekamp [email protected] 072 836 4108
Port Elizabeth Isolde Viljoen [email protected] 079 407 2708
Pietermaritzburg Sarah Roberts [email protected] 076 724 7907