10
Dankie aan ons fotograaf, Lindie Powrie! Huisvesting en aktiwiteitsentrum vir volwasse persone met spesiale behoeftes. Kontak ons: Bestuurder: Christie Mare Kantoor: 012 3456130 Epos: [email protected] NUUSBRIEF September 2015 PEOPLE WITH SPECIAL NEEDS ARE NOT ODD OR WEIRD...THEY ONLY WANT WHAT EVERYONE ELSE WANTS....: TO BE ACCEPTED!

September 2015 - cdn.nucleusnetwork.org · TV te kyk. Hulle kommunikeer só graag, al is dit moeilik om somtyds hul gedagtes logies agtermekaar te kry en hulself verstaanbaar uit

  • Upload
    voxuyen

  • View
    216

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: September 2015 - cdn.nucleusnetwork.org · TV te kyk. Hulle kommunikeer só graag, al is dit moeilik om somtyds hul gedagtes logies agtermekaar te kry en hulself verstaanbaar uit

Dankie aan ons fotograaf, Lindie Powrie!

Huisvesting en aktiwiteitsentrum vir volwasse

persone met spesiale behoeftes.

Kontak ons:

Bestuurder: Christie Mare

Kantoor: 012 3456130

Epos: [email protected]

NUUSBRIEF

September 2015

PEOPLE WITH SPECIAL NEEDS ARE NOT ODD OR WEIRD...THEY ONLY WANT WHAT EVERYONE ELSE WANTS....: TO BE ACCEPTED!

Page 2: September 2015 - cdn.nucleusnetwork.org · TV te kyk. Hulle kommunikeer só graag, al is dit moeilik om somtyds hul gedagtes logies agtermekaar te kry en hulself verstaanbaar uit

Comparison is the thief of joy! (Theodore Rooseveld)

In hierdie nuusbrief

1 Collage van ons deelnemers 2 Kersmark, Besoek aan die GOUE KRUIK 3 Gholfdag 4 Under the Sea 5 Ons is dankbaar 6 Uitreik van Tucson Spur 7 Mandeladag, Placecol T V opname 8 Meer oor Inwoning / Luilekker 9 Braai saam met inwoners se ouers/voogde 10 Hoe kan u betrokke raak Iets oor verstandelike gestremdheid Wenslysie Bankbesonderhede

K E R S M A R K !

K E R S M A R K !!

31 Oktober 2015, 8:00 tot 13:00

by N G Kerk Elarduspark

Produkte

wat ons

gestrem-

des deur

die jaar

gemaak

het

Huur ‘n stalletjie vir

R100 en verkoop u

eie produkte, ens

PANNEKOEK Alles en nogwat

Springkasteel

Middag-

etes

Baie dankie aan Goue Kruik van die N G gemeen- te Moreleta Park wat ons onthaal het met sang en ‘n heerlike ete.

Page 3: September 2015 - cdn.nucleusnetwork.org · TV te kyk. Hulle kommunikeer só graag, al is dit moeilik om somtyds hul gedagtes logies agtermekaar te kry en hulself verstaanbaar uit

26 Augustus: ‘n Dag van sonskyn, 156 gholfspelers (39

vierballe), baie pryse, heerlike aandfunksie en ete by Woodhill

Country Club en daarby nog donasies,borge en goeie gholf!

Op hierdie 12e gholfdag was daar selfs ‘n ‘Hole in One’!

Daar het ‘n gesellige atmosfeer geheers en ons waardeer die

goeie gesindheid van al ons ondersteuners.

ONS HUIS wil vir almal wat op enige manier bygedra het tot die

groot sukses van die dag, baie dankie sê; ook al die helpers en

Woodhill Country Club se personeel.

EERSTE PLEK : Die vierbal van W Louw & Associates HOLE IN ONE! Natie van Jaarsveld

ONS KON DIT NIE SONDER JULLE ALMAL DOEN NIE!

Page 4: September 2015 - cdn.nucleusnetwork.org · TV te kyk. Hulle kommunikeer só graag, al is dit moeilik om somtyds hul gedagtes logies agtermekaar te kry en hulself verstaanbaar uit

TYD VIR PRET: LENTESOKKIE

Tema: UNDER THE SEA

‘n Vrolike, gelukkige klompie ‘visse’ in die see van vreugde en lente; in ‘n

sorgvrye aand van sommer-net-myself-wees en geniet.

Ons huisouers het die vertrek met groot sorg , moeite en vaardigheid versier

en selfs blou ‘seewater’ te drink aangebied.

Page 5: September 2015 - cdn.nucleusnetwork.org · TV te kyk. Hulle kommunikeer só graag, al is dit moeilik om somtyds hul gedagtes logies agtermekaar te kry en hulself verstaanbaar uit

Welwillendheid, meelewing, betrokkenheid: daarsonder kan ONS HUIS nie in al die behoeftes van ons jongmense voorsien nie.

DIE EEN HELFTE: Geld is maar oral deesdae ‘n kwessie, en daarom waardeer ons des te meer elke donasie, skenking van watter aard ookal en ondersteuning van ons fondsinsamelingspogings. DIE ANDER HELFTE... Liefde, geduld, begrip en omgee is onontbeerlik! Almal vertaan en ken egter nie die leefwêreld, ervarings, vreugdes en seer van gestremdes nie. Dis vir baie mense ‘n vreemde wêreld. Daarom is dit so spesiaal as iemand liefde uitdeel en bydra tot vreugde en genot., Hulle word maklik hartseer, maar word ook net so maklik gelukkig gemaak!! Ons kan maar net sê: BAIE DANKIE vir elke gebaar van uitreik en ondersteuning. JULLE IS ALMAL KOSBARE VRIENDE!

Al ons vrywilligers en trustees

Tucson Spur, Cornwall View

Paljas Kleuterskool en ouers

Vocal Vision Kids en ouers

‘n Regspersoon wat ons sonder

vergoeding help waar nodig.

Kings Meat

Oasis Water

Pick & Pay Cornwall View

Spar Monumentpark

A-Z Chemicals

Rodeo Vervoer

Nova Stene

Plumblink

Ecotech Converge

Postnet Moreletapark

Engen Castle Walk

Woolworths Castle Walk

Stevens & Co

C T M Menlyn

Placecol

N G Kerk Elarduspark se personeel

ONS IS DANKBAAR

Oosterlig N G gemeente se kan-toorpersoneel het ons besoek en saam met ons plantjies geplant. DANKIE, dit was spesiaal.

LOSLITDAG was 4 September.

Baie dankie aan almal wat vanjaar by

ons plakkertjies gekoop het. Ons

waardeer julle ondersteuning.

Vir die toekoms:

ons versoek dat almal, nuut en

oud (ook jonk en oud), asb. vol-

gende jaar julle plakker-

tjies by ons kry.

Page 6: September 2015 - cdn.nucleusnetwork.org · TV te kyk. Hulle kommunikeer só graag, al is dit moeilik om somtyds hul gedagtes logies agtermekaar te kry en hulself verstaanbaar uit

TUCSON SPUR, CORNWALL VIEW.

Spur was so gaaf om uit te reik na ONS HUIS, deur vir ons ‘n persentasie van hul opbrengs van

8 September te skenk.

Baie dankie aan elkeen wat op daardie dag daar gaan eet het, koffie drink het en party boonop

nog vriende en familie saamgeneem het!. Ons is dankbaar vir julle lojaliteit.

Ons inwoners het elkeen ‘n hamburger, koeldrank en roomys verniet gekry en die atmosfeer was

‘n belewenis van vrolikheid!

Op ‘n stadium het die personeel en kelners, sowel as ‘n groot getal van die besoekers al om die tafels gedans! Dit was baie pret. Later is drie van ons deelnemers, wat binnekort verjaar, getrakteer met NOG ROOMYS! Bonnita, die bestuurderes van Spur, het selfs vir ons pryse geskenk om uit te deel. Vir Bonnita en die span by Spur, baie dankie dat julle dit ‘n onvergeetlike dag gemaak het!

Page 7: September 2015 - cdn.nucleusnetwork.org · TV te kyk. Hulle kommunikeer só graag, al is dit moeilik om somtyds hul gedagtes logies agtermekaar te kry en hulself verstaanbaar uit

MANDELA DAG:

Placecol het ons genooi vir ‘n groot bederf met ‘n keuse van ‘n gratis manikuur of ‘n pedikuur! Dit was vir ons jong klomp iets nuuts en hulle het soos prinse en prinsesse gevoel...

(en was hulle in hulle skik met hulle nuwe voorkoms!)

Dankie Placecol! Julle het gesorg vir ‘n opwindende (en mooi) ervaring!

Later die dag het Tucson Spur vir ons almal hamburgers gegee. Dit was ‘n dag van groot pret en bederf en elkeen het spesiaal gevoel!

...Dan was daar die dag waarop ‘n T V opname van

ONS HUIS gemaak is. Die deelnemers was in hulle

element en het hulle uitstekend gedra! Vroeg reeds

was elkeen met sy\haar werk besig en hulle het baie

natuurlik opgetree. Ons was regtig trots op hulle!

Die opname is twee keer uitgesaai en het gedien as

bemarking vir ons sentrum.

Dit was ‘n ‘WOW-ervaring’!

Page 8: September 2015 - cdn.nucleusnetwork.org · TV te kyk. Hulle kommunikeer só graag, al is dit moeilik om somtyds hul gedagtes logies agtermekaar te kry en hulself verstaanbaar uit

Meer oor die Inwoning (Luilekker) Luilekker was die huis waarin ons

sentrum aanvanklik begin is en

vandat ons ‘n tweede huis gekry

het om as aktiwiteitsentrum te

dien, is Luilekker die woonplek

van ongeveer die helfte van ons

deelnemers.

Die Bestuurder van Inwoning, Hanlie Venter en haar

man Johan, is ook ons huisouers.

Hulle word bygestaan deur Rina en Sarah.

Hanlie sorg ook dat almal by die Aktiwiteitsentrum middagete kry en sorg vir verversings by

meeste byeenkomste.

Die inwoners is baie in hulle skik met hulle huis vandat die aanbouwerk en opgradering klaar is.

Hulle het pragtige badkamers, kamers waarop hulle trots is en ‘n gerieflike kombuis Die inwoners

help met huishoudelike take en gaan naweke gereeld op uitstappies

Zandrie Bianca Peter Sarah Alex Rina

Serelda Wynand Tharien Mari Esme Morne Jonker

Neem asb. kennis dat ons by die Inwoning nog oop plekke het. Indien julle weet

van persone wat moontlike kandidate vir ONS HUIS is, skakel asb. met Christie

Mare, ons bestuurder by 012 345 6130

Page 9: September 2015 - cdn.nucleusnetwork.org · TV te kyk. Hulle kommunikeer só graag, al is dit moeilik om somtyds hul gedagtes logies agtermekaar te kry en hulself verstaanbaar uit

Om die inwoners se ouers en voogde ‘n geleentheid te gee om mekaar beter te leer ken, het Johan en Hanlie besluit om ‘n braai te hou. Natuurlik was hierdie jongklomp baie opgewonde om hulle ouers en voogde daar te ontvang! Ons hoop volgende keer sal diegene wat dit nie kon bywoon nie, ook daar wees.

Hoe het ons onsself aan mekaar voorgestel?....’Jonker se pa’ of ‘Bianca se boetie’, ens.

want hier is hulle die belangrikste en almal ken hulle. Al die ouers weet wie is die inwoners,

maar helaas, ons as ouers het hier byna nie ‘n eie identiteit nie!

Almal het dit baie geniet en dit was voorwaar baie lekker om met mekaar oor dieselfde belangrike

onderwerp te gesels: ons jongmense! Hulle is mos maar die belangrikste.

Meteens het ons mekaar en ons eie en die ander se kinders beter verstaan, omdat ons kon sien

‘wie’ hulle en hulle gesinne regtig is!

Bianca saam met haar pa (Jan) en haar broer

Esme en ouers (Arthur en Rienie)

Peter en sy ma Jenny

Mari se ouers (Jan en Martie) en broer (Riaan)

Zandrie by haar ‘naweekmense’, Cor en Estelle

Christie ontferm haar oor die inwoners wie

se mense nie daar is nie

Morne se ma (Marieta)

en sy broer saam met

hom en Johan

Jonker saam met sy pa (Corrie) en Christo Mare.

Page 10: September 2015 - cdn.nucleusnetwork.org · TV te kyk. Hulle kommunikeer só graag, al is dit moeilik om somtyds hul gedagtes logies agtermekaar te kry en hulself verstaanbaar uit

Hoe u betrokke kan raak (want ons het u nodig):

Ondersteun ons Kersmark op 31 Oktober.

Enige donasie, hoe klein of groot ookal, word waardeer.

Verbintenis om op maandelikse /jaarlikse basis enige

bedrag te skenk.

Kom besoek ons! Ons jongmense raak nie maklik versadig aan liefde nie!

Skakel met Christie en vind uit waar u kan help / of vertel wat u kan aanbied.

Ons het nog oop plekke vir moontlike inwoners.

Ons het behoefte aan ‘n paar vrywilligers (dalk pensioenarisse) wat twee of drie ure

per week kan afstaan om te kom help met verskillende takies.

Gee u liefde en ‘n warm glimlag oral waar u gestremdes sien!

Mnr. Willem Bosman, 'n bekende in Bloemfontein en ouer van 'n verstandelik gestremde volwassene van

die Vrystaat-nasorgsentrum sê:die volgende:

Verstandelik gestremde volwassenes verwelkom dit om as volwassenes én vriende gehanteer te

word. Hulle geniet dit net so om radio te luister en

TV te kyk. Hulle kommunikeer só graag, al is dit

moeilik om somtyds hul gedagtes logies

agtermekaar te kry en hulself verstaanbaar uit te

druk. Hulle probeer egter hard om hul boodskap

aan ander oor te dra. Tot watter mate speel ons as

gemeenskap 'n rol om kommunikasie met mense

wat verstandelik gestremd is aan te moedig? Besef

ons dat elke suksesvolle poging 'n oorwinning oor

gestremdheid is? Al wat dit van ons vra, is meer

geduld. Kies ons somtyds die `maklikste'' uitweg

deur dit te vermy? 'n Ompad te loop?

Bosman sê: ``Om dié mense soos kinders met 'n

paternalistiese toenadering te behandel, is 'n groot

fout. Dit breek hul selfbeeld en menswaardigheid

af. Hulle is deeglik bewus van hul gestremdheid,

maar weet ook dat hulle volwassenes is.''

Bank: ABSA BANK

Rekening Naam: ONS HUIS TRUST

Rekening Nommer: 4054 399011

Tak: Moreleta Park

Takkode: 336445

ONS HUIS IS GEREGISTREER AS NIE-WINSGEWENDE ORGANISASIE (NPO – NR. 011 591)

WENSLYSIE

ONS BENODIG BAIE KOEKIES vir die

Kersmark.

Koffie en tee

Suiker en Langlewe melk

Ontbytpap, bv. Futurelife

Grondboontjiebotter, kaassmeer, ens

Beskuit

Braaipakkies vir naweke

Swart asbliksakke

Joga / oefenmatte (6)

Snoeiskêr

Spuitbottels vir tuingif

“Multiplugs’

Houtklampe vir werkswinkel Elektriese ‘mouse sander’ vir

werkswinkel

Sokkerballe, ringtennis, tennisballe,

‘swingball’.

Speletjies, bv. dominos, ens.

5 Deurmatjies

Enkelbed Sponsmatras

Groot potplantbakke vir die tuin

Kunsmis

Gereedskap vir die gereedskapkas, bv

tang, langneustang, kantsnyer, ens