26
INLEIDING: Die Covid-19-pandemie het ‘n invloed op elke aspek van ons samelewing en noodsaak ons om nuut te dink oor aspekte wat ons nog altyd as vanselfsprekend aanvaar het. Die nuwe normaal is onbekend en ons waag voorspellings oor hoe ons gaan optree en funksioneer, aangesien voorbeelde van soortgelyke situasies nie bestaan nie. Weens die aard van die Korona virus en COVID-19, is die verwagting dat dit tot 18 maande kan neem om ‘n entstof en geneesmiddel daarvoor te vind en die verwagting is dat die bedreiging vir die gesondheid van mense nog lank sal duur. Weens die voortgesette bedreiging van virusinfeksies, sal maatreëls soos die doen van risiko analises vir biologiese agente, handhawing van hoë higiëniese standaarde, fisiese afstand en die vermindering van mense by die werkplek, die nuwe “normaal” by skole en ander werkplekke wees. 1 DOKUMENT Hoe om ʼn VKO-sentrum na die grendeltyd te open, ʼn riglyn WEERGAWE Mei 2020 VERTAAL EN AANGEPAS Wilna van Rooyen 083 454-2843

skole.co.za€¦  · Web viewHandreiniger word nie na toiletbesoek gebruik nie, maar hande moet behoorlik met seep en water gewas word. Gebruik papierhanddoeke waaraan hande afgedroog

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: skole.co.za€¦  · Web viewHandreiniger word nie na toiletbesoek gebruik nie, maar hande moet behoorlik met seep en water gewas word. Gebruik papierhanddoeke waaraan hande afgedroog

INLEIDING:Die Covid-19-pandemie het ‘n invloed op elke aspek van ons samelewing en noodsaak ons om

nuut te dink oor aspekte wat ons nog altyd as vanselfsprekend aanvaar het. Die nuwe normaal is

onbekend en ons waag voorspellings oor hoe ons gaan optree en funksioneer, aangesien

voorbeelde van soortgelyke situasies nie bestaan nie.

Weens die aard van die Korona virus en COVID-19, is die verwagting dat dit tot 18 maande kan

neem om ‘n entstof en geneesmiddel daarvoor te vind en die verwagting is dat die bedreiging vir

die gesondheid van mense nog lank sal duur.

Weens die voortgesette bedreiging van virusinfeksies, sal maatreëls soos die doen van risiko

analises vir biologiese agente, handhawing van hoë higiëniese standaarde, fisiese afstand en die

vermindering van mense by die werkplek, die nuwe “normaal” by skole en ander werkplekke wees.

Die dokument: Solidaritiet Maatreëls vir die gesonde en veilige terugkeer na skole tydens en na die Covid-19 inperking, word aanbeveel om te gebruik vir Beroepsgesondheid- en veiligheid.

In die vroeëkinderontwikkelingsfase is ons reeds besig om te planne beraam om kinders so veilig

moontlik terug skool toe te laat gaan wanneer ons die toestemming daarvoor kry. Ons is dankbaar

dat jong kinders nie deel van die kwesbaarste groep is nie.

Dit is nie maklik om jong kinders uitmekaar te hou nie, daarom sal ons vindingryke planne moet

maak om hul gedrag by die veranderde omstandighede te laat aanpas.

1

DOKUMENT Hoe om ʼn VKO-sentrum na die grendeltyd te open, ʼn riglynWEERGAWE Mei 2020VERTAAL EN AANGEPAS Wilna van Rooyen 083 454-2843 [email protected]

Page 2: skole.co.za€¦  · Web viewHandreiniger word nie na toiletbesoek gebruik nie, maar hande moet behoorlik met seep en water gewas word. Gebruik papierhanddoeke waaraan hande afgedroog

Hiérdie dokument is onderhewig aan verandering, aanpassing volgens spesifieke omstandighede

en die leiding en voorskrifte wat van die regering ontvang word. Dit is slegs ‘n riglyn vir eienaars en

hoofde van VKO-sentrums.

HOE KEER ONS DIE VERSPREIDING VAN DIE VIRUS?1. Voorkom direkte kontak met mense wat siek is: onderwysers, kinders en ander personeel moet

by die huis bly as hulle siek is.

2. Gebruik beskermende apparaat, byvoorbeeld maskers, te alle tye.

3. Maak oppervlaktes en die omgewing gereeld met ontsmettingsmiddel skoon. Gebruik 20 ml

bleikmiddel per liter skoon water om handrelings, vensterbanke, ruite, vloere, rakke,

kantoormeubels, ens. skoon te maak. Hierdie is ideale versamelplekke vir mikro-organismes.

4. Behou ‘n sosiale afstand van minstens 1,5 meter tussen twee persone.

5. Was gereeld hande met seep en water. Gebruik handreinigers met 70% alkohol.

6. Vermy aanraking van die oë, mond en neus met ongewaste hande.

7. Oefen hoe om te hoes: in die elmboog of in ‘n sneesdoekie wat dadelik weggegooi word.

1. EIENAARS EN/OF DIE BESTUURSPAN VAN VKO-SENTRUMS:

2

Page 3: skole.co.za€¦  · Web viewHandreiniger word nie na toiletbesoek gebruik nie, maar hande moet behoorlik met seep en water gewas word. Gebruik papierhanddoeke waaraan hande afgedroog

Voordat die kinders na die skool toe terugkeer, sal die eienaars en/of bestuurspanne by die

skool moet begin werk. Die geboue sal diep skoongemaak en ontsmet moet word. Dit sluit

klaslokale, kombuise en badkamers in. Alle oppervlakke waaraan gereeld gevat word,

byvoorbeeld deurhandvatsels, handrelings, tafels, werksblaaie, speelapparaat, toerusting,

materiaal vir lesaanbiedings van watter aard ook al, sal deurlopend gewas en ontsmet moet

word. Die prosedure sal elke dag se roetine moet wees.

Klimrame op die buiteterrein sal ook voortdurend skoongemaak en ontsmet moet word.

Pophuise, sand, waterhouers, wielspeelgoed en alle speelgoed wat tydens buitespel gebruik

word, moet voortdurend gereinig word. So ook vloere, vensterbanke en plaveisel.

Daar moet vasgestel word of enige ander risiko’s ontstaan het, weens die lang sluiting van die

skool, bv. klimrame wat gebreke het, geboue wat onveilig geraak het, ens.

Die skoolhoof/eienaar moet algemene riglyne of ‘n beleid opstel en vooraf die reëlings duidelik

met ouers kommunikeer. 'n Afskrif hiervan moet ook in die algemene kantoor of by ontvangs

beskikbaar wees.

Kennisgewings met voorskrifte/reëls moet ook by die ingang sigbaar wees en by elke klas

opgesit word.

2. ONDERWYSERS, ASSISTENTE EN VERSORGERS:Nadat die skool diep skoongemaak is, kan onderwysers, assistente en versorgers by die skool

toegelaat word.

OPLEIDING: Die personeel sal oor die nuwe prosesse en beleide by die skool opgelei moet

word. Die personeel sal moet leer hoe om die sifting te doen, hoe om klasse te bestuur, wat

die nuwe reëls vir die speelterrein behels en hoe dit toegepas moet word, hoe die badkamer

gebruik moet word en hoe die voorbereiding van kos en etenstye sal verloop.

Terugkeer na die skool toe: sien SOLIDARITEIT GOEIE PRAKTYKSKODE p. 24

3. DAAGLIKSE TOEGANGSBEHEER:Kindervriendelike ontsmettingsmiddels moet by die toegangshek beskikbaar wees. Die hek

moet outomaties werk of ‘n personeellid moet aan diens wees om die middel toe te dien

wanneer volwassenes en/of kinders die perseel betree.

3

Page 4: skole.co.za€¦  · Web viewHandreiniger word nie na toiletbesoek gebruik nie, maar hande moet behoorlik met seep en water gewas word. Gebruik papierhanddoeke waaraan hande afgedroog

Hande en sakke of tassies van elkeen wat toegelaat word om die gebou binne te gaan, moet

ontsmet word.

‘n Enkele toegang- en uitgangspunt moet geskep word met ‘n siftingsproses waar kinders,

personeel, besoekers, ouers en voogde van kinders, asook verskaffers in en uit kan beweeg.

Ouers, familie, vriende en verskaffers sal nie vrye toegang tot die skool kan hê nie.

Dit sal ideaal wees om indien moontlik die aankomstye van kinders te steier, dalk volgens

ouderdomsgroepe, sodat almal nie gelyk by die skool aankom nie.

Die aflaaipunt vir kinders behoort, indien moontlik, binne die terrein maar buite die hoofingang

van die skool te wees. Alle persone moet deur die siftingsproses gaan, want dit is belangrik

om alle moontlike voorsorgmaatreëls te tref.

4. SKANDERING VAN TEMPERATUUR:Eienaars en hoofde behoort te sorg dat daar voldoende personeel beskikbaar is om die

skanderingsproses deurlopend te laat plaasvind.

Wanneer personeel en kinders by die skool aankom, sal hulle temperatuur geneem moet word

en enkele ouderdomsgepaste vrae met betrekking tot die simptome van Covid-19 beantwoord

moet word.

Indien daar blootstelling was aan iemand wat die virus onderlede het, sal die simptome wat

tussen 2-14 dae na die kontak te voorskyn kom, die volgende insluit:

Koors

Hoes

Kortasem

4

Page 5: skole.co.za€¦  · Web viewHandreiniger word nie na toiletbesoek gebruik nie, maar hande moet behoorlik met seep en water gewas word. Gebruik papierhanddoeke waaraan hande afgedroog

Vir sommige mense is die simptome dieselfde as verkoue en vir ander is die simptome baie erg

en lewensbedreigend.

Personeel en kinders se temperatuur behoort, om kontak so ver as moontlik te vermy, met

apparaat wat op ‘n afstand werk gemeet te word.

Temperature moet in ‘n register aangeteken word om vir navrae beskikbaar te wees. Kinders,

ouers, personeel of besoekers met ‘n temperatuur bo 37.5°C of hoër, mag nie op die perseel

toegelaat word nie.

Identifiseer een vertrek wat as ‘n isolasiekamer ingerig kan word vir gebruik indien ‘n kind of

personeellid Covid-19-simptome deur die dag ontwikkel. Maak seker dat alle mediese inligting

en noodnommers van ouers/naasbestaandes byderhand is vir alle kinders en ook vir

personeel.

5. PERSOONLIKE BESKERMINGSDRAG EN –APPARAAT:Gesigsmaskers:

Alle kinders ouer as twee jaar en alle personeel moet gesigsmaskers dra, ook

besoekers of enige ander persoon by die skool.

Babas en kinders jonger as twee jaar mag nie gesigsmaskers dra nie, aangesien hul

kan versmoor.

Bestuur moet die apparaat wat nodig is vir beskerming, byvoorbeeld gesigsmaskers,

aan personeel voorsien.

Ouers en voogde moet gesigsmaskers en enige ander vorm van beskermende

apparaat aan kinders voorsien.

Skole moet ‘n voorraad van maskers byderhand hou om aan kinders te voorsien wat

hul masker by die huis vergeet het of indien die gesigsmasker deur die loop van die

dag beskadig is. Die koste van die gesigsmasker kan van die ouers verhaal word.

Handreiniger: Dit sal ideaal wees indien elke kind ‘n klein botteltjie handreiniger, wat minstens 70%

alkohol bevat, skool toe kan bring. Dit kan onder toesig van die onderwyser in die klas

gehou kan word.

Handreiniger bevat ‘n hoë persentasie mediese alkohol en is hoogs vlambaar.

Dit kan sensitiewe velle en oë brand of irriteer.

5

Page 6: skole.co.za€¦  · Web viewHandreiniger word nie na toiletbesoek gebruik nie, maar hande moet behoorlik met seep en water gewas word. Gebruik papierhanddoeke waaraan hande afgedroog

Dit is die verantwoordelikheid van die eienaar of skoolhoof om te verseker dat

voldoende hoeveelhede skoonmaakmiddels, asook beskermende apparaat te alle tye

by die skool beskikbaar is.

Die volgende items behoort beskikbaar te wees: ‘n Handwasstasie bestaande uit ‘n plastiese houer met ‘n kraantjie, handwasseep en

papierhanddoek.

Houers vir handreinigers.

500 mlspuitbottels gevul met reinigingsmiddels.

Groter houers met reinigingsmiddels om spuitbottels te hervul.

Gesigsmaskers.

Weggooibare handskoene.

Weggooibare kledingstukke, indien moontlik, vir personeel.

Ontsmettingsmiddels vir die skoonmaak van oppervlakke.

Temperatuurmeters wat op ‘n afstand werk.

Papierhanddoek.

‘n Asblik met ‘n deksel, uitgevoer met ‘n plastiese sak, waarin sneesdoekies, gebruikte

papierhanddoek en ander afval wat moontlik met die virus besmet kan wees,

weggegooi kan word.

Gesigsmaskers (weggooibaar/van materiaal gemaak) of gesigskerms moet te alle tye

in klaskamers gedra word. Gesigsmaskers wat van materiaal gemaak is, moet

daagliks gewas en gestryk word. Opleiding moet gegee word oor die hantering van

maskers. Voordat ‘n masker opgesit word, moet hande gewas of ontsmet word. Kyk

vooraf watter kant van die gesigsmasker bo-oor die neus kom. Haak die rekkies oor

6

Page 7: skole.co.za€¦  · Web viewHandreiniger word nie na toiletbesoek gebruik nie, maar hande moet behoorlik met seep en water gewas word. Gebruik papierhanddoeke waaraan hande afgedroog

die ore en trek die gesigsmasker reg oor die neus en onder die ken. Na gebruik moet

die gesigsmasker aan die rekkies verwyder word en van die gesig af weggehou word.

Moenie aan die gebruikte masker raak nie, hou aan die rekkie vas en gooi weg. Was

die hande nadat die gesigsmasker verwyder is. Indien ‘n gesigsmasker wat van

materiaal gemaak is, gebruik word, moet daar meer as een masker beskikbaar wees.

Gesigsmaskers moet huis toe geneem word om gewas en gestryk te word. Indien die

gesigsmasker onbruikbaar vuil word by die skool, moet die gesigsmasker aan die

rekkies verwyder word, in ‘n deursigtige plastiese sakkie met die kind se naam daarop

geplaas word en in die kind se tas geplaas word, om by die huis gewas en gestryk te

word. ‘n Skoon gesigsmasker moet dan gebruik word.

Hoe moet hande gewas word?

6. SOSIALE AFSTAND:Soveel as moontlik afstand behoort tussen kinders gehandhaaf te word:

Herrangskik die klaskamers.

Minder kinders moet op ‘n slag by ‘n tafeltjie sit.

Elke kind moet sy of haar eie matrassie hê wat 1,5 m uitmekaar geplaas word.

Indien kinders op matrassies lê, behoort die een se kop by die ander se voete te wees.

Plaas bababedjies so ver as moontlik van mekaar af. Wanneer babas uit hul bedjies

is, moet hulle by ‘n bepaalde onderwyser of versorger wees, beperk afwisseling van

versorgers so ver moontlik. Een versorger of onderwyser behoort vir ‘n sekere groep

babas verantwoordelik te wees.

Indien kinders in rye loop, kan dun stokkies (dowels) gebruik word om hul uitmekaar te

hou. Een kind hou aan die een punt vas en die ander een aan die ander punt.

Aparte dele van die speelterrein behoort afgekamp te word vir elke klas.

Speelgoed moet na gebruik ontsmet word. Kombersies, lakens, kussingslope,

ensovoorts, behoort daagliks huis toe gestuur te word om gewas te word. Die

7

Page 8: skole.co.za€¦  · Web viewHandreiniger word nie na toiletbesoek gebruik nie, maar hande moet behoorlik met seep en water gewas word. Gebruik papierhanddoeke waaraan hande afgedroog

beddegoed moet in ‘n deursigtige plastiese sak geplaas word met die kind se naam

daarop. Die sak moet deeglik toegebind wees.

Maak seker daar is ruim oorkruis ventilasie in die klaskamer.

7. VOEDSELVOORBEREIDING, VERVERSINGSTYD EN HIGIËNE: Kokke en enige ander persone wat kos hanteer, moet hulle hande deeglik was voordat

hul kos voorberei of op enige wyse met kos te doen het. Dit geld vir elkeen wat

betrokke is, ook persone wat die kos uitdeel of vuil skottelgoed versamel.

Hare moet bedek wees, gesigsmaskers en weggooibare plastiese voorskote moet

gedra word. Toe skoene moet gedra word.

Alle oppervlakke moet met ontsmettingsmiddel skoongemaak word. Gebruik 250 ml

bleikmiddel in 5 liter water. Oppervlakke moet deurentyd met skoonmaakmiddels wat

minstens 70% alkohol bevat, ontsmet word.

Kinders moet in hul klasse eet, of indien ‘n eetsaal gebruik word, moet hulle in sarsies

eet. Om in rye te staan, moet so ver moontlik vermy word.

Die risiko wat betrokke is by die hantering van voedsel en die voorsit daarvan vir

kinders behoort met die uiterste versigtigheid hanteer te word.

Toesig tydens etenstye is van die allergrootste belang.

Die virus versprei maklik deur liggaamsvloeistowwe en kinders moet dus nie toegelaat

word om naby mekaar te eet nie, mekaar se kos te eet of aan mekaar te raak wanneer

hul eet of drink nie.

Na etenstye moet kinders se gesigte en hande met groot versigtigheid skoongemaak

word.

8. DAAGLIKSE PROGRAM: Wanneer onderwysers en ondersteuningspersoneel by die skool aankom, moet hulle

die skool oopmaak en ontsmet.

Administratiewe- en ondersteuningspersoneel moet op ‘n roterende basis by die

ingang van die skool diens doen. Hulle moet te alle tye handskoene en gesigsmaskers

of gesigskerms dra.

Kinders moet direk deur die span wat ouers en kinders by die ingang van die skool

verwelkom, na hul klasse geneem word. By die klas moet hulle deur ‘n onderwyser of

assistent ontvang word.

By die ingang van die skool moet duidelik afgebakende spasies, twee meter uitmekaar,

gemerk wees om sosiale afstand te handhaaf.

Hande moet ontsmet word voordat die badkamer besoek word.

8

Page 9: skole.co.za€¦  · Web viewHandreiniger word nie na toiletbesoek gebruik nie, maar hande moet behoorlik met seep en water gewas word. Gebruik papierhanddoeke waaraan hande afgedroog

Na ‘n besoek aan die badkamer moet die hande onder lopende water met seep gewas

word. Handreiniger word nie na toiletbesoek gebruik nie, maar hande moet behoorlik

met seep en water gewas word. Gebruik papierhanddoeke waaraan hande afgedroog

kan word. Hande kan ook droog geskud word, terwyl ‘n vrolike dansie uitgevoer word.

Seep moet in houers wat gereeld skoongemaak en ontsmet word, verskaf word.

Hande moet voor etenstyd gewas en ontsmet word.

Na ete moet die hande weer gereinig word.

Kosblikke moet ontsmet word voordat dit vir ete oopgemaak word.

Dit sal voordelig wees indien kinders apart in hul klasse gehou kan word en buite in die

dele wat vir hul klas afgebaken is, kan speel. Tydens die middagprogram moet kinders

ook soveel as moontlik uitmekaar gehou word.

Nadat kinders buite gespeel of aktiwiteite buite gedoen het, moet die areas ontsmet

word.

Wanneer ouers of voogde kinders kom haal, moet die siftingsproses herhaal word. Die

kinders sal deur onderwysers of assistente na die hek vergesel word waar hul aan

ouers oorgegee sal word nadat hul ook deur die siftingsproses gegaan het en ontsmet

is.

Reiniging moet voortdurend plaasvind wanneer kinders of volwassenes in en uit die

skool of klaskamer beweeg.

9. ALGEMENE VEREISTES: Die skool moet elke dag diep skoongemaak word.

Kombuispersoneel moet te alle tye gesigsmaskers en handskoene dra.

Badkamers sal elke keer na gebruik skoongemaak word. Indien een kind die badkamer

gebruik het, sal dit skoongemaak moet word voordat ‘n volgende kind dit gebruik.

9

Page 10: skole.co.za€¦  · Web viewHandreiniger word nie na toiletbesoek gebruik nie, maar hande moet behoorlik met seep en water gewas word. Gebruik papierhanddoeke waaraan hande afgedroog

Indien speelareas nie afgebaken kan word nie, behoort daar 30 minute tussen speeltye

per klas te verloop. Die buite-apparaat behoort dan na elke klas wat daar gespeel het,

ontsmet te word.

Alle oppervlakke in klasse, byvoorbeeld tafels, stoeltjies, boekrakke, rakke waar

speelgoed gebêre word, ensovoorts, behoort ontsmet te word terwyl die kinders buite

speel.

‘n Reisregister behoort gehou te word van personeel se gades, asook vir ouers, indien

hul vir hul werk reis. Die afstand, tyd wat die reis duur, watter soort voertuig gebruik

word, hul vertrek- en aankomstyd behoort daarin aangeteken te word.

Personeel se handsakke en ander apparaat moet gereinig word wanneer hul die

terrein betree.

Die kantoor moet minstens twee keer per dag skoongemaak en ontsmet word:

wanneer daar by die skool aangekom word en wanneer personeel vertrek.

Telefone behoort slegs deur kantoorpersoneel gebruik te word en moet na elke gebruik

ontsmet word.

Personeel wat van openbare vervoer gebruik maak, moet telkens ontsmet word, voor

vertrek en wanneer hul by die skool aankom.

10. PERSONEELSAKE:In die geval van afwesighede weens siekte, moet personeel ‘n mediese sertifikaat inhandig met

inligting oor die siekte en bevestiging dat Covid-19 nie gediagnoseer is nie voordat hul vir werk

aanmeld. Die verwagte tyd waarop hul terug mag wees by die skool, moet ook op die

sertifikaat aangedui wees.

Persone bo 60 val in die hoërisiko-groep. Ingevolge die Wet op Rampbestuur moet die

werkgewer ‘n lys opstel van personeel wat tuis kan werk: Personeel wat 60 jaar of ouer is en

personeel met bydraende siektetoestande, van wie dit verwag mag word om by die huis te bly

of vanaf die huis te werk.

In hierdie opsig moet die skoolhoof die personeellid inlig dat hy /sy as gevolg van sy of haar

ouderdom blootgestel is en dat dit in sy/haar beste belang is om liewer tuis te werk. As die

betrokke personeellid egter daarop aandring om skool toe te kom, moet die skoolhoof die

personeellid in kennis stel om ‘n formele brief aan die skool te skryf waarin hy/sy aandui dat

hy/sy die risiko op hom-/haarself neem as hy/sy siek word en dat hy/sy aanvaar dat die

werkgewer in die geval nie aanspreeklik gehou kan word vir sy/haar besluit om skool toe te

gaan nie.

10

Page 11: skole.co.za€¦  · Web viewHandreiniger word nie na toiletbesoek gebruik nie, maar hande moet behoorlik met seep en water gewas word. Gebruik papierhanddoeke waaraan hande afgedroog

‘n Personeellid wat weens koors huis toe gestuur is, kan terugkeer na die skool toe wanneer:

Hy/sy vir minstens drie dae nie koors gehad het sonder om medisyne te drink nie;

Enige asemhalingsimptome, byvoorbeeld hoes en kortasem, vir minstens drie dae

openbaar nie;

Minstens sewe dae laas enige van die genoemde simptome openbaar het vandat die

simptome ‘n aanvang geneem het.

Die werknemer mag wel vroeër werk toe kom indien die dokter bevestig dat die oorsaak van

die koors wat die werknemer ervaar het nie verwant is aan Covid-19 was nie en ‘n brief daaroor

aan die werknemer voorsien.

Klerasie: Plastiese weggooibare voorskote of wasbare jassies kan gedra word.

‘n Gesigsmasker of –skerm moet te alle tye gedra word.

Sak handreinigers moet aan elkeen beskikbaar gestel word.

Personeel behoort geen juweliersware aan hul hande of arms te dra nie.

Naels moet kort gehou word.

Ander:Opleiding moet volgens gesondheids- en veiligheidsvoorskrifte voorsien word, byvoorbeeld

sosiale afstand en higiëne.

Personeelvergaderings mag gehou word, maar personeel moet 1,5 meter uitmekaar

wees en die lokaal waar dit gehou word, moet ontsmet wees.

Teebreuke moet gesteier word, sodat almal nie gelyk tee drink nie.

Etenstye moet gesteier word, sodat almal nie gelyk eet nie.

Personeel moet hul eie skottelgoed was.

Volwasse badkamers: Die badkamers mag slegs deur personeel gebruik word.

Indien moontlik, kan badkamers vir personeel per fase of ouderdomsgroep toegewys

word.

Geen handdoeke mag gebruik word nie. Papierhanddoeke of handdroërs mag

gebruik word.

Hande moet gereeld volgens voorskrifte gewas word.

Hand reinigers moet beskikbaar wees.

11

Page 12: skole.co.za€¦  · Web viewHandreiniger word nie na toiletbesoek gebruik nie, maar hande moet behoorlik met seep en water gewas word. Gebruik papierhanddoeke waaraan hande afgedroog

Gebruik ‘n oplossing van natriumhipochloriet (bleikmiddel) teen 0.5% sterkte om

oppervlaktes te ontsmet en ‘n 70% graanalkohol (etanol) oplossing om klein items te

ontsmet.

Gebruik reinigingsmiddels wat gespuit kan word om krane skoon te maak voor en na

gebruik daarvan.

11. HIGIËNE EN SKOONMAAKROETINES:

Algemeen:Skoonmaakwerk behoort as volg gedoen te word:

Dra weggooibare rubberhandskoene.

Gebruik ‘n weggooibare lappie vir elke vertrek.

‘n Mop per vertrek moet duidelik vir daardie vertrek gemerk wees.

Moppe moet op ‘n veilige plek in emmers met ontsmettingsmiddels gedoop word.

Onthou: emmers water is gevaarlik vir kinders!

Dra ‘n weggooibare plastiese voorskoot.

Gebruik warm water en ontsmettingsmiddel.

Gebruik ‘n oplossing van natriumhipochloriet (bleikmiddel) teen 0.5% sterkte om

oppervlaktes te ontsmet en ‘n 70% graan alkohol (etanol) oplossing om klein items te

ontsmet.

Kinders se tafels en stoele moet telkens na gebruik met die 70% etanol oplossing

skoongemaak word.

Huishoudelike rubberhandskoene is geskik om die gewone huishoudelike take te

verrig. Die handskoene moet na gebruik aan die binne- en buitekant in warm

seepwater of ontsmettingsmiddel en warm water gewas word en opgehang word om

droog te word.

Die skoonmaak van toilette: Gebruik ‘n toiletborsel met skoonmaakmiddels wat bleikmiddel (byvoorbeeld JIK) bevat

om toilette te was. Vee die buitekant en die rand van die toiletbak met ‘n klam lap af

wat spesifiek gebruik word vir daardie taak en dieselfde soort skoonmaakmiddel. Was

die lap in warm water en skoonmaakmiddels voordat dit weer gebruik word.

Die skoonmaak van badkamers: Maak wasbakke skoon met JIK of ‘n soortgelyke skoonmaakmiddel wat bleikmiddel

bevat. Gebruik ‘n bleikmiddel, soos JIK, of huishoudelike skoonmaakmiddel vir

12

Page 13: skole.co.za€¦  · Web viewHandreiniger word nie na toiletbesoek gebruik nie, maar hande moet behoorlik met seep en water gewas word. Gebruik papierhanddoeke waaraan hande afgedroog

algemene skoonmaakwerk in die badkamer. Aparte skoonmaak lappe behoort vir die

badkamer gebruik te word.

Apparaat wat benodig word vir slaap en die areas waar kinders slaap: Neem matrasse en bedjies na buite en spuit hul met ontsmettingsmiddels. Laat dit

droog word en pak die matrasse of bedjies weer na ongeveer twee ure opmekaar.

Vervang komberse daagliks.

Komberse moet elke dag huis toe gestuur word om gewas te word.

Haal lakens van bababedjies af, neem die matrasse na buite, spuit dit met

ontsmettingsmiddels en vee dit met ‘n weggooibare lap af. Plaas dan skoon linne

daaroor.

Borde en ander skottelgoed: Borde en ander skottelgoed moet gewas word volgens die bestaande beleid.

Borde moet in warm water afgespoel word en toegelaat word om self droog te word.

Enige breekgoed wat ‘n effense krakie in het moet vervang word.

Ruil van doeke: Maak seker dat die water, sanitasie en afvalbestuur fasiliteite in werkende toestand is.

Asblikke moet elke keer nadat ‘n doek geruil is, leeg- en skoongemaak word.

Persone wat die doeke ruil moet hul hande voor- en nadat die doek geruil is was. Die

baba se handjies moet ook met ‘n lappie (Wet Wipe) skoongemaak word, nadat die

doek geruil is.

Was van hande: Was hande volgens die Covid-19-voorskrifte.

Papier handdoeke in ‘n houer moet by alle areas waar hande gewas kan word

beskikbaar wees.

Moenie gewone handdoeke gebruik nie.

Reinigingsmiddels moet op alle krane gespuit word voordat- en nadat dit gebruik is.

Speel- en opvoedkundige apparaat: Speelgoed moet in duidelik gemerkte plastiese kratte geberg word.

Geen sagte speelgoed of teddiebere mag nie toegelaat word nie.

‘n Maksimum van twee kratte met speelgoed mag op ‘n slag uitgeplaas word.

13

Page 14: skole.co.za€¦  · Web viewHandreiniger word nie na toiletbesoek gebruik nie, maar hande moet behoorlik met seep en water gewas word. Gebruik papierhanddoeke waaraan hande afgedroog

Nadat die speelgoed gebruik is moet dit gewas en gelaat word om op ‘n droograk

droog te word. (Speelgoed mag nie op die gras gelaat word om droog te word nie.)

Storieboeke moet telkens na gebruik afgevee word.

‘n Rooster moet opgestel word om kinders toe te laat om klas-vir-klas buite te speel.

Sosiale afstand moet wanneer kinders in rye staan gehandhaaf word. ‘n Speletjie kan

daarvan gemaak word deur 1,5 meter stokkies te gebruik of selfs ‘n plastiese tou met

linte waar elke kind kan vashou. Die stokkies of die tou moet telkens na gebruik

ontsmet word.

Tydens badkamer roetine kan slegs ‘n paar kinders op ‘n slag in die badkamer

toegelaat word.

Spel in die sandput: Laat slegs 50% van die kinders wat gewoonlik in die sandput speel op ‘n slag toe, om

‘n mate van afstand tussen die kinders te handhaaf. Die reël moet geld ongeag van

die grootte van die sandput. Die grootte van die sandput sal aanduidend van die

getal kinders wees, byvoorbeeld ‘n sandput wat 2 m x 2 m groot is, kan hoogstens drie

kinders huisves.

Ruil sandputspeelgoed na elke groep wat daar gespeel het en voordat ‘n nuwe groep

in die sandput begin speel.

Maak die sandput speelgoed skoon en los dit op ‘n droograk om winddroog te raak.

Growwe sout moet elke Vrydag in die sandput ingewerk word.

Was hande voordat kinders terugkeer klas toe.

Buite-apparaat: Spuit buite-apparaat telkens met ontsmettingsmiddel nadat ‘n groep daar gespeel het.

Spuit plastiese motorfietsies se handvatsels.

Geen waterspel of sensoriese groepspel word tot verdere kennisgewing toegelaat nie.

Was hande nadat buite gespeel is en voordat kinders terugkeer klas toe.

BRONNE:

SECTORIAL GUIDELINES TEMPLATE – DEPARTMENT OF LABOUR DATED 28 APRIL 2020

14

Page 15: skole.co.za€¦  · Web viewHandreiniger word nie na toiletbesoek gebruik nie, maar hande moet behoorlik met seep en water gewas word. Gebruik papierhanddoeke waaraan hande afgedroog

COVID-19 OCCUPATIONAL HEALTH AND SAFETY MEASURES IN WORKPLACES (C19 0HS),2020

DIRECTIVE BY THE MINISTER OF EMPLOYMENT AND LABOUR IN TERMS OF REGULATION 10

(8) OF THE REGULATIONS ISSUED BY THE MINISTER OF COOPERATIVE GOVERNANCE AND

TRADITIONAL AFFAIRS IN TEMS OF SECTION 27 (2) OF THE DISATER MANAGEMENT ACT, 2002

(ACT NO. 57 OF 2002)

SA CHILDCARE ASSOCIATION: HOW TO REOPEN MY ECD AND PARTIAL CARE CENTRE

AFTER LOCKDOWN

GUIDELINES FOR SCHOOLS ON MAINTAINING HYGIENE DURING THE COVID-19 PANDEMIC 8

MAY 2020 DEPARTMENT: BASIC EDUCATION RSA

SOLIDARITEIT GOEIE PRAKTYKSKODE: MAATREËLS VIR DIE GESONDE EN VEILIGE

TERUGKEER NA SKOLE TYDENS EN NA DIE COVID-19 INPERKING

www.aonetwerk.co.za

15