Upload
others
View
5
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
1
SKOOL SLUIT
Die skool sluit Vrydag, 15 Maart om 11uur, na afloop van die toets. Geniet die
vakansie, ry veilig indien u iewers heen gaan, en kom heerlik uitgerus terug vir
die kwartaal wat voorlê.
MOSIES
Me Annie van der Hout verjaar Vrydag, 29 Maart. Baie geluk!
SPELKOMPETISIE
Baie dankie aan elkeen wat gehelp het om van ons Afrikaans Huistaal spelkompetisie
fondsinsameling ‘n sukses te maak.
Sover het ons by die R35 000 ingesamel. (R5000 meer as verlede jaar)
Leerders wat 100% in toets behaal het (kriteria: moes ten minste R100 ingesamel het)
8H: Arno Smalberger, Pierre vd Merwe, Maderick van Wyk, Corine Vorster en Joha nn
Walter
8T: Tameryn de Bastos, Jason de Wet en Brandon du Plessis
8J: Jan vd Merwe
8J: DuRand Bezuidenhout, Johan du Toit, Handré Grobler, Cornelis Kotze en Anthony
Sadler
9H: Hendré Marais, Johan Steyn, Ruben v Heerden en Alyssa Vieira
9S: Ivan vd Wart
10/1: Abrahan Brown, Janél Erasmus, Duan Filmalter, Rikus Rörich, Coenraad Slabber
en Nathan Yates
10/2: Le`Mar Janse van Rensburg
11/1: Anton de Vos, Morne van Heerden, Marco Steytler, Nathen de Wet en Hein
Groenewald
11/2: Anjé Vonk
12/1: Hugo Hattingh en Gary Page
Hierdie leerders ontvang hulle snoepieverrassings deur die loop van die dag.
Klas wat die meeste geld ingesamel het met R4386 is 8J.
Klasleier: Nathan Venter (ontvang snoepie-verrassing). Hulle ontvang elkeen ʼn
snoepie-verrassing en ʼn af dag.
Die leerder wat die meeste geld ingesamel het is Eckart Riekert ook in 8J met R1480!
Hy ontvang R200 (koevert) en ʼn snoepie-verrassing.
JV-NUUS
Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2
Rietfontein
Webblad: www.htsjv.co.za
No 10/2019
/2017
2
VERLORE SELFOON
Ons het nou al die afgelope week ‘n verlore selfoon in die kantoor, kom doen gerus
navraag indien jou foon verlore is.
AFLOSPOS BESKIKBAAR
Ons het ‘n aflospos beskikbaar in Engels Eerste Addisionele Taal vir gr 8 – 11
vanaf Julie – November. Stuur asseblief u CV wat sal dien as aansoek na
[email protected] voor 5 April 2019.
MAN-UP
Die volgende leerders het gehelp om ‘n beseerde fietsryer van die berg af te bring
na die ambulans toe: Pierre-Carl de Beer, Jerry Mashaba, NJ Corbett, Dylan van der
Meulen, Hendriko Hough, Neil Pretorius en Pieter-John Fourie.
TAFELTENNIS - WEDSTRYDDATUMS
11 April A-span Overkruin Tuis
B-span Overkruin Weg
18 April A-span Loslopie
B-span Montana Weg
25 April A-span Oos-Moot Weg
B-span Oos-Moot Tuis
30 April A-span Boys High Weg
B-span Boys High Tuis
7 Mei A-span Laudium Tuis
B-span Tuine Weg
16 Mei A-span uitspele Sal nog bepaal word
B-span uitspele Sal nog bepaal word
NETBAL
3
RUGBY
GR 12-WINTERSKOOL
Die Gr 12-Winterskool vind plaas vanaf 24 Junie tot 4 Julie 2019. Tref asseblief
u vakansie reëlings daarvolgens. Die volledige program volg later.
RUGBYTOER
Die Hansieweek rugbytoer vind plaas vanaf 26 – 30 Maart 2019 in Naboomspruit.
Verblyf beskikbaar 36km buite Naboomspruit op die Marken pad, vyf kamers met
dubbelbeddens, een kombuis met lapa en braaigeriewe @ R250p.p.p.n.
Kontak Esmé Ungerer by 082 557 6591.
4
SCHOOLRIDE
Ons bring graag die volgende onder u aandag. Daar is ‘n firma wat leerders ván
en ná aktiwiteite vervoer, met baie meer veiligheidsaspekte as ander instansies
wat tans beskikbaar is. Hulle is spesifiek daarop ingestel dat u kind se veiligheid
eerste kom en dat u ten alle tye die beheer het oor die oplaai en aflaai van u kind.
Hulle is ook op soek na ouers wat bereid is om as bestuurders op te tree. U kan
sodoende ‘n ekstra inkomste genereer. Lees gerus die inligtingstuk aangeheg.
Hanu En
BUITESPORT
Hanu Engelbrecht 11/2 het deelgeneem aan die Gauteng Skole Swem Spele waar
hy gekwalifiseer het vir die SA level 2 o/18 wat Aprilmaand in Pietersburg
plaasvind. Sy prestasies by die spele was:
50m borsslag – 12de plek, 50m vryslag – 21ste plek en 50m rugslag – 8ste plek.
Baie geluk!
Cullen Labuschagne verwerf algeheel 2de plek by die Gauteng skole-atletiek in
diskus en gewigstoot waar hy Tshwane-Noord verteenwoordig het. Hy is gekies om
Gauteng te verteenwoordig by die SA Atletiek Skole kampioenskappe in Port
Eilzabeth gedurende die vakansie. Baie geluk!
OPEDAG 2019
Neem asseblief kennis van die reëlings rondom Opedag, sodat u vroegtydig reëlings
kan tref:
Die leerders skryf almal ‘n toets, die punte maak deel uit van die kwartaalpunt.
Die gr. 8-leerders skryf Engels en die gr. 9 tot 12-leerders skryf almal Wiskunde tot
09:00, waarna die leerders by die huis mag gaan studeer, m.a.w. die skool sluit
daardie dag om 9:00 na afloop van die toetse.
5
GRAPJAS
Eksamenflaters:
Wetenskap:
Noem ‘n voorbeeld van ‘n vlieënde soogdier.
‘n Lugwaardin.
Waarom vlieg die voëls in die winter noord?
Want dit is te ver om te loop.
Waarom hang vlermuise onderstebo wanneer hulle slaap?
Omdat hulle te moeg is om regop te sit.
Wat beteken dit as die barometer daal?
Die spyker het uit die muur losgetrek.
SIEKTE EKSAMEN / TOETSREËLINGS
1. ‘n Leerder wat met ‘n wettige rede afwesig was dien die stawende
dokumente bv ‘n doktersbrief/begrafnisbrief by die spesifieke
vakonderwyser in. Die vak-onderwyser sal dan vir die leerder ‘n punt
bereken met in ag neming van die leerder se punte wat hy/sy reeds behaal het
in vorige opdragte asook die gemiddelde persentasie wat die graadgroep vir
die bepaalde opdrag (waartydens die leerder afwesig was) behaal het.
NB: Dit staan egter die bepaalde vakonderwyser vry om ENIGE
eksamen/toets wat die leerder gemis het, met genoeg kennisgewing te laat
oorskryf, indien die vakonderwyser die leerder se kennis in terme van
bepaalde werk wil toets.
2. Indien die leerder nie binne ‘n week na die afwesigheid die dokumente indien nie
sal die leerder nul vir die bepaalde opdrag kry.
3. Bogenoemde reëlings vrywaar nie die leerder om ook by sy/haar betrokke
klasvoog die bewyse/motivering vir afwesighede in te dien nie.
4. Indien enige leerder misbruik maak van die geleentheid om die formule-punt vir ‘n
bepaalde opdrag te kry sal die leerder summier nul vir die opdrag kry en ook aan
dissiplinêre aksies onderwerp word.
Ons vertrou dat bogenoemde reëlings vir u duidelik is en dat u daarby sal hou. Indien
daar egter nog enige verdere onsekerhede in die verband is, is u meer as welkom om
me Dowd enige tyd by die skool te skakel.
TUINRUBRIEK
PLANT INHEEMSE BOME WAT ORAL GROEI.
Met sorg en aandag sal hierdie bome op byna enige plek gegroei kan word.
Antoinette Dowd
6
Ons eerste mees algemene doringboom is die Soetdoring.
Kenmerkend met sy donker, amper swart stam en groen blare met geel poeierkwas
blommetjies.
Hulle floreer op enige plek wat redelik rypvry is.
Wees net versigtig vir hierdie boom se wortels wanneer hulle ouer word.
Die olienhout (Olea europaea) of wildeolyf, is ryp-, droogte- en windbestande bome. Die
boom is ‘n netjiese immergroen boom met digte grysgroen blare wat goed groei in
winter en somer reënvalstreke.
Voëls is lief vir die bessies en houtwerkers maak graag meubels van die hout.
Draaibank werk is ook gesog met hierdie hout.
Spekboom – Portulacaria afra. Spekbos, hierdie interessante en nuttige vetplantboom
kan tot 5 meter hoog word met eetbare (antiseptiese)blare.
Diere is baie lief vir die boom se blare.
Die blomme word in die vroeë lente besoek deur insekte wat nektar soek.
Die Spekboom word gesien as die koolstof koning.
Hierdie plante absorbeer die meeste van alle plante vrye koolstof uit die atmosfeer.
Lees gerus meer op webwerf-plantzafrica.com.
7
Huilboerboon (Schotia brachypetala). Dis ‘n mooi geharde boom wat waterslim is.
Hierdie boom is beslis ‘n aanwins vir enige tuin wat nektarliewende voëls in die lente tot
vroegsomer na u tuin sal lok.
Aalwyne is boomspesies wat voëls lok in die winter met helderkleurige blomme.
Die meesbekende is die boomaalwyn (Aloe barberae) en word tot 15 meter hoog.
Ander goeie keuses is Aloe marlothii 2-4 meter hoog en Aloe arborescens 2-3meter
hoog.
Goeie dreinering is goed vir alle Aalwyn spesies.
8
KLETSHOEKIE
Koop die tyd uit!
Johan Smith Job sê vir ons in Job 7 en Job 9 dat tyd vlieg - dit gaan vinnig verby. Moses herinner ons
in Psalm 90 dat daar 'n eindstreep is en dat ons na ons einde vlieg. Ja, jou tyd op aarde
is dalk heelwat korter as wat jy dink.
Gejaagdheid en die gebrek aan tyd ’n groot probleem vir ouers en ’n suksesvolle
gesinslewe is. Daarom is dit belangrik dat gesinne tyd konstruktief sal benut. Die televisie
is hier weereens die grootste gevaar (of die hellevisie soos sommige mense daarna
verwys). Elke huis moet beheer en dissipline hê wat televisie aanbetref en dis
grotendeels ouers se verantwoordelikheid. Baie ouers het al van hulle televisie ontslae
geraak as gevolg van die inbreuk wat dit maak op hulle geestelike en gesinslewe.
Dit is belangrik dat gesinne spesiale geleenthede moet hê wat eie aan hulle is. Ek het by
ouerskapseminare talle sulke voorbeelde teëgekom. Hier is ’n paar voorbeelde: vier
Oukersaand en Paasfees op ’n unieke manier; eet pizza piekniekstyl in die woonkamer;
hou varkaande waar daar net met die hande geëet word en formele aande waar daar
formeel aangetrek word vir aandete. Dis dié dinge wat kinders altyd sal onthou.
Dit is ook belangrik dat kinders sover moontlik deelneem aan georganiseerde
sportgeleenthede. Dit kos nie noodwendig baie geld nie en hou ’n kind konstruktief
besig. Kinders moet ook gemotiveer word om by hulle kerk en skool se geestelike aksies
in te skakel. Daar kan hulle die regte vriende ontmoet en ook geestelik opgebou word.
Laat jou kind toe om op geestelike kampe en uitreike te gaan en prys die Here vir die
opbrengs op jou belegging in jou kind se geestelike lewe. Min ouers belê geestelik in
hulle kinders.
Min kinders beoefen nog stokperdjies. Niemand versamel juis meer seëls, handtekeninge
van sportsterre of plakkers nie. Probeer kreatief dink om jou kind te help om
belangstelling in ’n stokperdjie te ontwikkel. Doen dit saam met jou kind en bou
terselfdertyd só aan julle verhouding.
'n Belangrike Skrifgedeelte wat jou aanmoedig om die tyd uit te koop en vrugbaar te
gebruik, is Spreuke 20 vers 13:
As jy nie wil arm word nie, moenie lief wees vir slaap nie; staan vroeg op, en jy sal
oorgenoeg hê om te eet.
HIERDIE WEEK KYK
ONS NA…
Antoinette Dowd
9
FONDSINSAMELINGS
Total
Ondersteun asseblief vir Total wanneer u brandstof ingooi. By Total Hertzog-
straat gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster. Die skool kry ‘n
gedeelte terug.
My School
Gebruik u MySchool-kaart wanneer u aankope doen, die skool kry ‘n persentasie
en u kry ook afslag op u aankope. Vir meer inligting gaan na www.myschool.co.za
of skakel hulle op 0860 100 445. U kan ook ‘n aansoekvorm by die algemene
kantoor kom afhaal.
Makro
Daar is twee opsies:
• Indien u nie ‘n Makrokaart het nie, kan u aansoek doen om ‘n kaart te bekom.
U kaart word dan aan HTS John Vorster se rekening gekoppel en die skool
ontvang ‘n persentasie van die wins van die aankope in die vorm van ‘n rabat.
• Indien u wel ‘n Makrokaart besit, kan u ook die vorm voltooi en versoek dat die
kaart aan HTS John Vorster gekoppel word, sodat die skool vir alle aankope wat
u by Makro maak, die rabat ontvang.
Blits Elektries
Wanneer u enige aankope by Blits doen, noem die skool se naam sodat hulle
dit kan aanteken, die skool ontvang krediet.
ADVERTENSIES
10
OM HIER TE ADVERTEER, KONTAK DIE SKOOL
11
STRESONTLAAIER
12
13
14