119
LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG HOMEBLOG- SE ASB IETS?KONTAK VORMFOTO'SAGRILLA RESEPTEBESKUITBILTONG GEREGTEBROOD, BROODJIES, SKONSBROODMASJIEN RESEPTEBRAAI BYKOSSE / SPITDOUGHNUT/ HOT X/ CHELSEA DRINKGOED - ALLE SOORTEEENSKOTTEL / LIGTE ETESENGLISH RECIPESENTREPENEURS DAEGROENTE GEREGTEGROOTMAAT RESEPTEHALOGEN OVEN RECIPEHAMBURGERS EN SOUSEHOENDERRESEPTE & VULSELSINDIAN/ HUNGARIAN RECIPESINMAAK / INLE en KONFYTEITALIAANSE/GRIEKSE RESEPTEKAASKOEKEKAAS / SULT / SOUTVLEISKERRIE GEREGTEKERS & PAASFEES GEREGTEKINDERPARTYTJIESKLEINKOEKIESKOEKE EN VRUGTEKOEKEKOEKSISTERSKONFYTEKORSE -DOPPIES -PIZZA'SKOSBLIK IDEESLEKKERGOED / FUDGEMAAK VAN WORS / BILTONGMAALVLEIS & WORSGEREGTEMELKKOSMEXIKAANSE KOS - WRAPS MIELIE & MIELIEMEELGEREGTEMIKROGOLF RESEPTEMOOI WOORDEMUFFINS, CUPCAKES ENS.NAGEREGTEONTBYT GEREGTEPAELLAPANNEKOEK,VETKOEK,PLAATK PASTEIEPATEES, SMERE EN BOTTERSPLAASVERVANGERS POFFERTJIES, ECLAIRSPOTJIEKOSROLLEROOMYS RESEPTESKEMERKELKIE IDEESSLAAIE EN SLAAISOUSESLOWCOOKER RESEPTESMOOTHIES/MELKSKOMMELSSOET TERTESOPPESOUSE EN MARINADESSOUT TERTE EN QUICHESPESIALE DIEETE: Diabete ens.SUSHITRADISIONELE RESEPTEVINGERHAPPIES VERSIERSEL EN VULSELSVIS- EN SEEKOS RESEPTEVLEIS - BEES, SKAAP EN VARKVLEISPASTEIE/ WORSROLLEVOLUMES - OMSKAKELINGSVOORGEREGTEVRIESKAS GEREGTEWAFFELS- SOET & SOUTWARM NAGEREGTEWATTER WYN?WENKE EN ALLERLEIWILDSVLEIS RESEPTEWORSIE OP STOKIEKOSBLIK IDEESYSTEE EN KOFFIESOET TERTE Helena Kruger CREMORA TERT (1) 3 koppies Cremorapoeier. 1½ koppies kookwater. 1 blikkie kondensmelk. halwe koppie suurlemoensap. 1 pakkie Tennisbeskuitjies.

SOET TERTE

  • Upload
    rozine2

  • View
    2.803

  • Download
    10

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: SOET TERTE

LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG

HOMEBLOG- SE ASB IETS?KONTAK VORMFOTO'SAGRILLA RESEPTEBESKUITBILTONG GEREGTEBROOD, BROODJIES, SKONSBROODMASJIEN RESEPTEBRAAI BYKOSSE / SPITDOUGHNUT/ HOT X/ CHELSEA DRINKGOED - ALLE SOORTEEENSKOTTEL / LIGTE ETESENGLISH RECIPESENTREPENEURS DAEGROENTE GEREGTEGROOTMAAT RESEPTEHALOGEN OVEN RECIPEHAMBURGERS EN SOUSEHOENDERRESEPTE & VULSELSINDIAN/ HUNGARIAN RECIPESINMAAK / INLE en KONFYTEITALIAANSE/GRIEKSE RESEPTEKAASKOEKEKAAS / SULT / SOUTVLEISKERRIE GEREGTEKERS & PAASFEES GEREGTEKINDERPARTYTJIESKLEINKOEKIESKOEKE EN VRUGTEKOEKEKOEKSISTERSKONFYTEKORSE -DOPPIES -PIZZA'SKOSBLIK IDEESLEKKERGOED / FUDGEMAAK VAN WORS / BILTONGMAALVLEIS & WORSGEREGTEMELKKOSMEXIKAANSE KOS - WRAPS MIELIE & MIELIEMEELGEREGTEMIKROGOLF RESEPTEMOOI WOORDEMUFFINS, CUPCAKES ENS.NAGEREGTEONTBYT GEREGTEPAELLAPANNEKOEK,VETKOEK,PLAATK PASTEIEPATEES, SMERE EN BOTTERSPLAASVERVANGERS POFFERTJIES, ECLAIRSPOTJIEKOSROLLEROOMYS RESEPTESKEMERKELKIE IDEESSLAAIE EN SLAAISOUSESLOWCOOKER RESEPTESMOOTHIES/MELKSKOMMELSSOET TERTESOPPESOUSE EN MARINADESSOUT TERTE EN QUICHESPESIALE DIEETE: Diabete ens.SUSHITRADISIONELE RESEPTEVINGERHAPPIES VERSIERSEL EN VULSELSVIS- EN SEEKOS RESEPTEVLEIS - BEES, SKAAP EN VARKVLEISPASTEIE/ WORSROLLEVOLUMES - OMSKAKELINGSVOORGEREGTEVRIESKAS GEREGTEWAFFELS- SOET & SOUTWARM NAGEREGTEWATTER WYN?WENKE EN ALLERLEIWILDSVLEIS RESEPTEWORSIE OP STOKIEKOSBLIK IDEESYSTEE EN KOFFIESOET TERTE

Helena Kruger

CREMORA TERT (1)

3 koppies Cremorapoeier.

1½ koppies kookwater.

1 blikkie kondensmelk.

halwe koppie suurlemoensap.

1 pakkie Tennisbeskuitjies.

1. Meng 3 koppies Cremorapoeier op 1½ koppie kookwater saam. Laat afkoel (sit in vrieskas verkieslik)

2. Klop met klitser tot styf.

3. Voeg die kondensmelk by en direk daarna suurlemoensap.

4. Skep in tertborde wat met tennisbeskuitjies uitgepak is.

5. Krummel van die beskuit wat oor is, oor die tert.

Page 2: SOET TERTE

KONDENSMELKTERT (2)

1 x 397g blik kondensmelk

3 koppies water

6 eetlepels mielieblom

2 eiers, geel en wit apart

1 teelepel margarien

1 teelepel vanielje geursel

tennisbeskuitjies

Verhit die kondensmelk en water. Meng die mielieblom met ‘n bietjie water en roer dit by die melk. Roer die mengsel tot dit dik word en verwyder van hitte. Voeg die geklitste eiergele by en laat die mengsel weer kook tot dit gaar is. Voeg die botter en geursel by. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n tertbord en gooi die helfte van die vulsel oor, dan nog ‘n laag beskuitjies met die res van die vulsel oor. Rol ‘n paar beskuitjies fyn en strooi bo-oor. Versier met kersies.

KORSLOSE MELKTERT (3)

Maak 2 terte van 20 cm of 1 groot tert van 30 cm.

Min van ons kan 'n sny donsige melktert ryk met botter en geurige speserye weerstaan. U sal tyd bespaar deur nie 'n kors te maak nie - en meer as 'n paar kilojoules ook.

1 liter melk

½ kaneelstokkie

skil van ½ suurlemoen of lemoen

45 ml botter

250 ml koekmeel

250 ml suiker

Page 3: SOET TERTE

1 ml sout

7,5 ml bakpoeier

4 eiers, geskei

2,5 ml amandelessens

10 ml fyn kaneel

Verhit melk, kaneel, suurlemoenskil en botter tot kookpunt en laat 20 minute trek. Meng meel, suiker, sout en bakpoeier. Dreineer melkmengsel en voeg by die eiergele. Klop melkmengsel by die meelmengsel. Voeg amandelessens by. Plaas mengsel terug op die stoof en verhit oor matige hitte tot kookpunt. Roer met 'n houtlepel. (Moenie bekommerd wees as 'n paar klonte vorm nie, klits dit glad met 'n klitser nadat u die eierwitte geklop het.)

Smeer tertbak mildelik met sagte botter. Sprinkel met brood-, koekie- of beskuitkrummels (of gebruik hawermout, muesli of wat ook al beskikbaar is). Klop eierwitte met 'n druppel asyn of suurlemoensap tot dit hul vorm behou en sagte punte vorm. Klits melktertmengsel om klonte te verwyder.

Vou eierwitte in die tertmengsel en gooi in tertbak(ke). Sprinkel met kaneel. Bak 25-35 minute by 190C. Skakel die oond af en laat 15 minute in die warm oond afkoel. Sit warm of by kamertemperatuur voor.

KOEJAWELYSKASTERT (4)

1 x 800g blik koejawelhelftes

2 x 410g blikke ingedampte melk

2 x 80g kersie of perskejellie

2 x 200g pakke Tennisbeskuitjies

Dreineer Koejawelhelftes en hou sap eenkant. Druk Koejawels met ‘n vurk fyn. Meng jelliepoeier en sap wat eenkant gehou is en verhit in pan tot jelliepoeier gesmelt is. Verwyder van hitte. Voeg fyn gedrukte Koejawels en ingedampte melk by en roer goed. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n 3 liter tertbord en skep die helfte van die Koejawel mengsel in. Rangskik nog ‘n laag beskuitjies bo-oor en skep oorblywende Koejawelmengsel in. Maak orige beskuitjies fyn en strooi krummels bo-op tert. Bedek met kleefplastiek en verkoel tot gestol.

Page 4: SOET TERTE

KITS VLATERT (5)

500ml melk

100ml suiker

25ml vlapoeier

10ml botter

100ml suurlemoensap

397g (1blik) kondensmelk

1¼ pak Tennisbeskuitjies

Maak vla van die melk, suiker en vlapoeier. Voeg die botter daarby en laat dit effens afkoel. Klits die suurlemoensap en kondensmelk saam. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n reghoekige bak. Gooi die gekondenseerde melkmengsel daarop en smeer gelyk. Pak weer ‘n laag beskuitjies bo-op en gooi die louwarm vla daaroor. Rasper van die beskuitjies bo-oor en versier soos verkies. Laat dit goed afkoel.

GEMMER TERT (6)

KORS:

65ml wit margarien gesmelt

200g gemmerbeskuitjies, verkrummel

VULSEL:

40ml goue stroop

40ml gemmerstroop

300ml vlapoeier

40ml vlapoeier, aangemaak met

125ml styf geklitste room

75ml water

15ml gelatien, geweek in 25ml water

Page 5: SOET TERTE

4 ingelegde gemmerstukke gekap

Meng die margarien en beskuitjiekrummels. Voer ‘n gesmeerde tertbord met ‘n deurnee van 200mm uit met die beskuitjiekrummels en bak die kors 10 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 180C. Verhit die goue stroop, gemmerstroop en 300ml water tot kookpunt. Verhit dit. Voeg die vlapoeierpasta by die stroopmengsel en roer aanhoudend totdat die mengsel prut. Giet ‘n klein bietjie van die warm vla-stroop-mengsel in die kastrol en roer dit totdat die mengsel weer prut. Voeg die gemmerstukkies by en laat die mengsel effens afkoel. Skep die vulsel in die gaar tertkors en verkoel dit in die yskas tot gestol. Versier met roomrosies.

GRENADELLA YSKASTERT (7)

1 blik 410g Ideal melk

½ kop. strooisuiker

1 blik grenadellamoes

1 pakkie lemoenjellie

1 pakkie (200g ) Tennis beskuitjies

1 kop. kookwater

Maak jellie aan met kookwater en laat afkoel. Klop verkoelde melk tot styf. Vou suiker geleidelik by. Klop goed. Vou moes en jellie by. Klop tot romerig. Pak laag beskuitjies en gooi laag vulsel. Herhaal tot klaar. Rasper beskuitjies en strooi bo-oor. Plaas in yskas.

SPESIALE APPELTERT (8)

3 eetlepels sagte botter

1 koppie strooisuiker

3 geklitste eiers

¼ koppie melk

1 koppie koekmeel

Page 6: SOET TERTE

1 teelepel bakpoeier

knippie sout

blikkie tertappels

250ml room

Meng botter en strooisuiker goed. Meng eiers en melk saam. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Meng meel met bottermengsel. Plaas appels in deeg. Strooi kaneel oor en bak by 180ºC vir 45 minute. Kook stroop van suiker en room. Gooi oor gaar tert. Steek met vurk sodat room goed kan inloop. Bedien met styfgeklopte room of koue vla.

SJOKOLADE TERT (9)

Meringue

6 eierwitte

250 ml strooisuiker

6 eiergele

50 ml kakao

3 ml sout

Vulsel

2 pakkies (90 g elk) kitspoeding, vanieljegeur

250 ml room

500 ml melk

Bolaag

300 g sjokolade, gesmelt

75 ml water

75 ml brandewyn

50 ml botter

Vir die meringue:

Page 7: SOET TERTE

Stel die oond op 160°C. Klop die eierwitte tot sagte punte vorm. Klop die strooisuiker geleidelik by. Klop die eiergele, kakao en sout en voeg by. Skep die mengsel in ´n gesmeerde tertbak van sowat 320 mm x 180 mm en smeer plat. (Dis is nogal ´n dik laag, maar die vulsel druk dit uiteindelik platter.)

Plaas die meringue in die voorverhitte oond en bak sowat 40 minute.

Vir die vulsel:

Klop al die bestanddele saam tot styf en giet die mengsel in die afgekoelde meringuekors.

Vir die bolaag:

Meng al die bestanddele saam en smeer die mengsel eweredig oor die vulsel.

SUURLEMOEN YSKASTERT (10)

1 blikkie kondensmelk

1 koppie suurlemoensap

1,5 liter vla (lekker dik aangemaak met

1 pakkie tennisbeskuitjies.

genoeg suiker om dit soet te maak)

Meng die kondensmelk met die suurlemoensap. Pak 'n ry tennisbeskuitjies onder in 'n vierkantige glas/platiek bak. Giet helfde van die vla oor en laat 'n rukkie afkoel, giet nou weer die helfde van die kondensmelk mengsel oor, en smeer eweredig oor vla. Pak weer 'n ry tennisbeskuitjies en giet die res van die vla daaroor, laat weer bietjie afkoel. Gooi nou die res van die kondensmelk mengsel oor die vla eweredig gesmeer en krummel 'n paar fyngemaakte beskuitjies bo-oor. Plaas in yskas en laat stol.

GEBAKTE GRENADELLA TERT (11)

KORS:

150g botter

250ml versiersuiker

2 groot eiers

Page 8: SOET TERTE

500ml koekmeelblom

125ml fyn amandels

3ml fyn kaneel

VULSEL:

250ml room

110g grenadellamoes

25ml mielieblom

6 eiergele

125ml strooisuiker

125ml amandelsplinters

BOLAAG:

110g grenadellamoes

12.5ml mielieblom

KORS:

Meng botter en versiersuiker in voedselverwerker. Voeg eiers by en meng goed. Voeg meelblom, amandels en kaneel by, meng om bal te vorm. Haal uit, draai in kleefplastiek toe en sit in yskas vir 1 uur. Rol uit en voer ‘n 220mm tertbord uit. Prik boom. Sit tertpan in yskas vir 20 minute. Voorverhit die oond tot 200C. Bak vir 12 minute, haal uit en laat afkoel.

VULSEL:

Meng room, grenadella en mielieblom, verhit tot warm. Klits eiers en strooisuiker in boonste deel van dubbelkoker tot lig en skuimerig. Klits warm roommengsel by. Roer oor hitte tot dik. Gooi uit, koel af. Strooi amandels in tertdop, maar hou ‘n paar eenkant vir versiering. Skep vlamengsel in tertdop.

BOLAAG:

Verhit die grenadellamoes en mielieblom tot begin verdik en skep bo-op. Versier met res van amandels. Bêre in yskas tot met opdiening.

LEMOEN FUDGE YSKASTERT (12)

Page 9: SOET TERTE

200ml vars lemoensap

50ml Van der Hum-likeur

125g vingerbeskuitjies

200g melksjokolade, in blokkies gebreek

gerasperde skil van een lemoen

125ml room

30ml botter

50ml strooisuiker

10ml gelatien (gespons in 45ml water)

250ml room, ekstra

5ml vanieljegeursel

2 eierwitte

Meng lemoensap en likeur en giet in ‘n vlak skottel. Doop vingerbeskuitjies hierin en rangskik die beskuitjies op die bodem van ‘n tertbak. Drup enige vloeistof wat oorbly oor die beskuitjies. Smelt sjokolade, lemoenskil, room, botter en strooisuiker oor warm water of in die mikrogolfoond. Smelt gelatien en roer by gesmelte sjokolade. Laat effens afkoel. Dit sal dikker word, maar moenie wag tot dit stol nie. Klop room styf en vou saam met vanieljegeursel by sjokolademengsel. Was klitser en klop eierwitte styf. Vou ook by sjokolademengsel in. Gooi oor beskuitjies in tertbak en plaas in yskas tot gestol.

Lewer 6-8 porsies.

PYNAPPEL CREMORA TERT (13)

500g Cremora melkpoeier

250ml kookwater

2x397g kondensmelk (verkoel)

250ml suurlemoensap

12 Tennisbeskuitjies

410g fyngemaakte pynappels

Page 10: SOET TERTE

Los die melkpoeier in die kookwater op en verkoel vir 1 uur in die yskas. Roer die kondensmelk by en klits tot styf. Klits die suurlemoensap geleidelik by en roer die fyn pynappel deur. Pak beskuitjies in ‘n plat reghoekige tertbord en giet die mengsel bo-oor. Plaas in die yskas tot stewig en versier met room indien verkies. Lewer 1 groot tert.

KARAMEL SUURLEMOEN TERT (14)

Deeg:

500 g koekmeel

175 g versiersuiker

250 g botterblokkies, by kamertemperatuur

skil van een suurlemoensap, gerasper

2 klein of 1 groot eier vanieljeessens

Vulsel:

9 eiers

400 g strooisuiker

5 suurlemoene, skil van twee (gerasper)

250 ml dik room

sap van 5 suurlemoene

Sif meel en versiersuiker. Vryf botter in. Maak dammetjie in meel en voeg suurlemoenskil en vanieljesessens by. Klits eiers en gooi in dammetjie. Maak deeg aan met vingers. Draai toe in plastiek en laat rus 30 minute lank in koelkas.

Maak intussen die vulsel.

Klop eiers, suiker, sap en skil tot goed gemeng. Vou room in. Haal deeg uit koelkas, laat staan 10 minute lank en rol uit. Voer losboom-koekpan met deeg uit. Laat 1 cm oor rand hang. Voer uit met foelie en pak goed met bakkersboontjies. Bak 10 minute lank by 100 C. Verwyder foelie en bak nog 10 minute lank. Gooi koue vulsel in warm tertdop en bak 30 minute lank by 120 C.

Voor opdiening:

Stel oond op rooster. Sif 50 g versiersuiker bo-oor tert sodra dit uit oond kom. Sit terug onder die rooster vir suiker om te karamelliseer. Sit warm voor met room.

Page 11: SOET TERTE

KOFFIE TERT (15)

KORS:

4 eiers

250ml suiker

30ml botter

125ml melk

250ml meel

10ml bakpoeier

2.5ml sout

5ml kitskoffie poeier

STROOP:

250ml water

180ml suiker

30ml kitskoffiepoeier

5ml vanielje geursel

VULSEL:

1 blik karamel

1 pakkie karamel kitspoeding

250ml melk

250ml room

melksjokolade krulle

BEREI KORS:

Voorverhit die oond tot 180C. klits eiers en suiker tot lig en romerig. Smelt botter en voeg melk by. Sif droë bestanddele saam en klits by eiermengsel. Voeg bottermengsel by en meng goed. Voer die bodem van ‘n tertbak uit met die kors. Bak vir sowat 15 minute.

BEREI STROOP:

Page 12: SOET TERTE

Verhit al die bestanddele behalwe die vanieljegeursel in ‘n kastrol oor matige hitte en roer totdat die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en laat vir 5 minute prut. Voeg vanieljegeursel by stroop.

Giet versigtig oor kors sodra dit uit die oond kom. Laat afkoel.

BEREI VULSEL:

Klop karamel liggies met ‘n vurk en smeer oor die kors. Maak kitspoeding aan met melk. Klop room styf en vou in. Skep oor karamel. Versier met sjokolade krulle en plaas in yskas tot gestol.

PYNAPPEL YSKASTERT (16)

1 pakkie tennisbeskuitjies

125ml appelkooskonfyt

25ml sjerrie

1 pakkie suurlemoenjellie

250ml kookwater

397g (1blik) kondensmelk

440g (1blik) fyn pynappel

geklopte room vir versiering

Metode:

Smeer tennisbeskuitjies met appelkooskonfyt en plaas 2 opmekaar. Plaas in 200mm vierkantige bak. Sprinkel sjerrie oor die beskuitjies. Los jellie op in kookwater, en voeg die kondensmelk en fyn pynappel by. Gooi oor beskuitjies en laat afkoel. Versier met pynappel en room of sprinkel beskuitjiekrummels bo-oor.

RUM EN ROSYNE YSKASTERT (17)

250ml kookwater

420ml pitlose rosyne

250ml room

Page 13: SOET TERTE

397g Caramel Treat (kondensmelk)

3ml vaniele geursel

8ml rumgeursel

200g Tennis beskuitjies (1 pakkie)

Metode:

Giet die kookwater oor die rosyne en laat dit 15 minute lank week. Klits die room styf. Voeg die Caramel Treat, vanielje en rumgeursel by en klits weer goed. Dreineer die rosyne, voeg dit by die kondensmelkmengsel en meng dit goed deur met ‘n houtlepel. Rangskik ‘n laag Tennisbeskuitjies op die boom van ‘n vierkantige tertbord van 220mm x 220mm, wat liggies met botter gesmeer is. Skep ‘n laag rosynemengsel bo-op die beskuitjies. Herhaal die lae en eindig met ‘n laag rosyntjiemengsel. Verkrummel ‘n paar beskuitjies en strooi dit bo-oor. Verkoel die tert 2-3 ure lank in die yskas of totdat die vulsel gestol het.

MAKADAMIA EN ROOMLIKEURTERT (18)

Ryk en onweerstaanbaar lekker!

1 diep tertkors van 30 cm (brosdeeg of krummelkors)

Vulsel

5 eiers

310 ml strooisuiker

2 ml sout

180 ml sagte botter

250 ml esdoringstroop

180 ml roomlikeur (Cape Velvet,of Amarula)

500 ml makadamianeute, grof gekap en lig gerooster

Metode:

Voorverhit die oond tot 150 °C. Klits die eiers en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die sout by. Verroom die botter en stroop saam en voeg die eiermengsel by. Klits tot goed gemeng. Roer die

Page 14: SOET TERTE

likeur en makadamianeute by en skep in die voorbereide tertkors. Bak vir 1-1½ uur of tot die tert ferm is. Laat afkoel en sit voor met koffie of as nagereg met 'n skeppie roomys.

Lewer een groot tert.

Belangrik: As jy broskorsdeeg vir die tert gebruik, bak dit blind voor die vulsel in-geskep word.

MAASKAASTERT (19)

1 blik kondensmelk

1 pak gewone maaskaas

½ koppie suurlemoensap

1 klein blik youngberries

tennisbeskuitjies

1 pakkie orleywhipp

2 teelepels gelatine

1 kopie koue water

Metode:

Verdik kondensmelk met suurlemoensap. Voeg maaskaas by en orleywhipp. Verdik youngberrie stroop met 1 eetlepel mielieblom. Kook saam. Gooi by melkmengsel. Plaas bessies in mengsel. Laat stol 3 ure in die yskas.

PEKANEUTTERT (20)

500ml (220g) pekkanneute,gekap

50ml koekmeelblom

knippie sout

500ml (400g) sagte bruin suiker

140ml kookmelk

7,5ml vanieljegeursel

Page 15: SOET TERTE

75ml (70g) botter of margarien, gesmelt

3 eiers

Metode:

Verhit die oond tot 200C. Smeer 'n oondtertbak. Voer die bak met 'n broskorsdeeg uit. Bedek die kors met die neute. Sif die koekmeelblom en sout saam. Voeg die suiker by en meng goed. Voeg die kookmelk by die meelmengsel en meng. Roer die geursel by. Roer die gesmelte botter of margarien by die mengsel. Klits die eiers liggies, voeg 'n paar lepels van die meel-melkmengsel by, roer deur en voeg saam met die geursel by die meel-melkmengsel. Meng deeglik. Giet die mengsel baie versigtig oor die neute. Bak die tert ongeveer tien minute lank by 200C. Verlaag die temperatuur tot 160C en bak die tert nog ongeveer 40 minute lank tot die kors goud begin verbruin. Laat effens afkoel voor dit opgedien word of sit koud voor

TIPSY TERT (21)

Maak eers die sous en laat afkoel voor gebruik.

Sous:

375ml suiker

300ml water

5ml sout

12,5ml botter

Kook saam vir 10 minute. Verwyder van hitte en voeg 125ml brandewyn by

Tert:

500ml gesnipperde dadels

5ml koeksoda

250ml kookwater

375ml meelblom

250ml suiker

50ml botter

125ml okkerneute en glanskersies

Page 16: SOET TERTE

1 groot eier

Metode:

Gooi kookwater en koeksoda en voeg botter by. Klop suiker en eier. Roer droë bestandele in en voeg dadel mengsel by. Meng goed deur. Gooi in goed gesmeerde bakskottel. Rangskik neute en kersies bo-op. Bak by 180°C. Wanneer gaar, prik koek me 'n dik breinaald en goei afgekoelde sous oor. Versier met stryfgeklopte room, indien kersies en neute nie as versiering gebruik is nie.

KARAMEL YSKASTERT (22)

KORS

Halwe pakkie Nutty Crust-beskuitjies, gekrummel - 25ml botter gesmelt

VULSEL

125 ml vars room

2 sakkies Orley Whip

1 blikkie (380g) karamel

250g geroomde maaskaas

15ml gelatien, opgelos in 125ml water

125ml strooisuiker

10ml karamelgeursel

Vir die kors:

Meng die beskuitjiekrummels en botter en druk dit vas in 'n gesmeerde losboompan, 240mm in deursnee.

Vir vulsel:

Klop elkeen van die twee rome afsonderlik styf en hou eenkant. Klop die karamel en maaskaas saam. Roer die opgeloste gelatien, strooisuiker en geursel by die karamelmaaskaasmengsel. Vou die twee styfgeklopte rome in en giet die mengsel in die kors. Laat stol oornag in die yskas.

LEMOENKWAS TERT (23)

Page 17: SOET TERTE

30ml gelatien

75ml koue water

15 Tennis-beskuitjies

410g yskoue ingedampte melk

200ml yskoue lemoenkwas ( Oros )

Metode:

Week die gelatien in die koue water en verhelder dit oor kookwater. Pak die beskuitjies op die boom en teen die sye van ‘n tertbak. Klits die gesmelte gelatien geleidelik by en daarna die lemoenkwas. Giet die mengsel op die beskuitjies en plaas dit in die koelkas om te stol.

Helena Kruger

LIETSJIETERT (24)

1x200g Tennisbeskuitjies, fyngedruk

90g botter, gesmelt

1x 80g pynappel-jellie

180 ml water gekook

1x 565 g blik ontpitte lietjies, gedreineer en gesnipper

1x 397 g blik kondensmelk

suurlemoensap na smaak(opsioneel)

Metode:

Voer tertbak uit met Tennisbeskuitjies en botter.

Maak jellie met kookwater aan.

Gooi 180 ml lietsjiestroop by en laat afkoel.

Klop kondensmelk by die jellie in.

Voeg gesnipperde lietjies by.

Page 18: SOET TERTE

Gooi in kors en laat stol in yskas Joey Kosmater

Rina Kleinhans

SULTANSGENOT - LEKKER MAKLIKE TERT (25)

500ml Melk

4 eiers

5ml vanilla

60ml maragien

250ml suiker

250ml klapper

125ml koekmeel

5ml bakpoeier

knippie sout

Metode:

Verhit ond tot 180 grade en smeer tertbak

Smelt die margarien en gooi melk eiers en vanilla by, meng goed. Sit res van bestandele in mengbak en maak deeg aan met melk mengsel. Gooi in tertbak en bak ongeveer 30-40 min tot goudbruin, uitgepof en gestol

Lyk soos 'n melktert met 'n klapper laag bo-op. Heerlik

Annazelle van der Berg

GRIEKSE KLAPPER TERT (26)

1/4 kop margarien

1 Kop lou water

1 Kop Koekmeel

Page 19: SOET TERTE

Krypie sout

1 Kop Wit Suiker

3 Eiers

3 T Bakpoeier

2 Kop Klapper

Stroop:

1 Kop wit Suiker en 1 Kop Water

Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer of bespuit bak. Klits die smeer, suiker, water en eiers saam. Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Voeg die klapper by en meng. Meng die smeer en meelmengsel. Giet in bak. Bak ongeveel 30 min tot goudbruin. Kook die suiker en water saam. Giet warm oor die tert.

Ek maak my sous bietjie meer aan as wat die resep se, sodat dit 'n lekker nat tert kan wees.

Helena Kruger

YOGHURT TERT (27)

1 liter yoghurt

1 pakkie jellie - (yogurt & jellie moet selfde soort wees bv. Strawberry)x2

1 blik kondensmelk

1 pak tennisbeskuitjies

Metode:

Maak jellie aan met 1 koppie warm water.

Gooi Yoghurt, kondensmelk & jellie bymekaar. Meng goed

Pak beskuitjies in bak & gooi bestanddele oor sit in yskas & laat stol.

Diana Earle Maartens

PEPERMENT TERT (28)

Page 20: SOET TERTE

BESTANDDELE

¾ pakkie Tennisbeskuitjies

1 blikkie Karamel kondensmelk

250ml Room

100g Mentsjokelade gerasper

1 Brosmentsjokelade vir versiering

1 groot Hulett Foelie Vriespakkie(1.35liter)

METODE

Klits room en vou saam met gerasperde mentsjokelade in die caramel kondensmelk

Voer die Foelie Vriespakkie se bodem met tennisbeskuitjies uit

Gooi ‘n lagie ment-mengsel oor en herhaal.

Verkoel vir 2-3ure

Versier met brosment en room 15 January 2010 ♥

Rina Kleinhans

GRETA SE BLITSSNELLE AARBEITERT (29)

Voer ‘n tertbord uit met tennisbeskuitjies of ‘n krummelkors

Meng die volgende bestandele goed en versprei oor die kors.

500ml Ultra Mel room

2 Pakkies Vanilla kitspoeding

300ml melk

Metode:

Dreineer ‘n blik aarbeie. Hou die stroop eenkant. Voeg 75ml suiker en 50ml mielieblom by die stroop en verdik in die mikrogolfoond.

Page 21: SOET TERTE

Pak die aarbeie op die vulsel in die kors en gooi die stroop bo-oor. Laat baie goed afkoel voordat bedien word

Lettie Dry

PEPERMENT YSKASTERT (30)

1pk.tennisbeskuit.

25oml orley-whip verkoel.

1blik(357g)karamelkondensmelk.

1pak(1oog)pepermentsjokolade.

1(5og)peppermint crisp.

Metode:

gebruik n 2ox2ocm. Glasbak. Rangskik n laag beskuitjies onderin die bak. Klits die room styf.voeg die karamelkondensmelk by en klits goed. Rasper die peppermentmentsjokolade en vou by die mengsel in. Skep die helfde van die mengsel oor die t-beskuitjies en maak gelyk. Pak die volgendelaag t-beskuitjies bo-op en skep die res van die mengsel oor. Maak gelyk en rasper die peppermint crisp bo-oor. Plaas 1uur in yskas. Lewer n middelslagtert. Huis genoot wenresepte nr. 5 deur carmen niehaus ♥

Pamela van Wyk

WIT PEPERMENT DRIEHOEKTERT(31)

Hierdie driehoek tert verander die gewone een vinnig in iets anders en heel besonders. Bedien 8-10

1 k vars room, verkoel

I blikkie (397g) kondensmelk

½ k suurlemoensap

1 pakkie (200g) tennis beskuitjies

1 t pepermentgeursel

Page 22: SOET TERTE

100 g wit sjokolade, gerasper

1 k donker sjokolade sous**

Metode:

Klop room tot sagtepunt stadium. Meng die kondensmelk en suurlemoensap. Vou kondensmelk in room, voeg geursel en sjokolade by. Pak drie rye van vier koekies elk op 'n aluminiumfoelie. Skep die mengsel bo-op die middelste ry van die koekies op die foelie. Vou die koekies met die foelie na binne tot 'n driehoek. Maak dig toe. Verkoel oornag. Bedien 'n snytjie van die koek met 'n sjokolade sous, vars kruisement en 'n suiker versiering.

**Verhit ½ k room en smelt 125 g donker sjokolade in die room, verkoel.♥

Rina Kleinhans

APPELTERT (APPLE CRUMBLE)(32)

KORS:

500ml ongesifte koekmeelblom

250ml suiker

10ml bakpoeier

2ml sout

250g margarine

VULSEL

1 blik onversoete tertappels fyngekap (385g)

125ml suiker

125ml koekmengsel-droëvrugte

2ml kaneel

1 ml fyn naeltjies

Knypie sout

1 teel hoogvol vlapoeier aangemaak met bietjie water

Page 23: SOET TERTE

Metode:

Sif die koekmeel, suiker, bakpoeier en sout saam. Vryf die margarine met die vingerpunte hierin totdat dit ‘n deeg vorm. Bedek die deeg en laat staan ‘n rukkie.

Voorverhit die oond tot 180°C.

Druk die helfte van die deeg teen die wand en boom van ‘n oondvaste tertbord vas. Meng die tertappels, suiker, droevrugtemengsel, kaneel, naeltjies en sout goed saam. Skep in kastrolletjie en verhit stadig. Roer die vlapoeier by die mengsel totdat dit begin verdik. Laat afkoel. Skep op die kors in die tertbord. Rasper die res van die deeg grof bo-oor. Bak die tert 20min of totdat die deeg begin verbruin. Sit louwarm of koud voor.Die tert vries baie goed.

Rina Kleinhans

ROOMYSTERT (33)

KORS:

1 pakkie marie of tennis beskuitjies verkrummel

75g/75ml botter of margarine gesmelt

VULSEL

1 liter roomys

250ml melk (opsioneel)

2 pakkies kitspoeding (geur van jou keuse)

Styf geklopte room vir versiering

Metode:

Meng die beskuitjiekrummels en botter. Hou ‘n bietjie van die krummels eenkant om oor die vulsel te strooi en gebruik die res om die boom en kante van ‘n tertbak (1 ½ lter) mee uit te voer. Laat die roomys by kamertemperatuur in ‘n groot mengbak ontdooi. Voeg melk en poedingpoeier by wanneer roomys sag is en klits vinnig net tot gemeng. Gooi vulsel dadelik in kors. Strooi krummels bo-oor. Verkoel minstens ‘n uur in die koelkas en versier met room voor bediening. Geniet hom.. *Smulresepte*

Page 24: SOET TERTE

Rina Kleinhans

SUURLEMOENMERINGUETERT (34)

Dit is baie belangrik om nie teveel margarine vir die kors te gebruik nie – dit word gou pap en klam

KORS

1 pk Mariebeskuitjies fyngemaak

5ml fyngerasperde suurlemoenskil

100-125ml margarine gesmelt.

VULSEL

2 blikke volroomkondensmelk

4 ekstra groot eiers by kamertemperatuur geskei

180-250ml suurlemoensap

5ml fyngerasperde suurlemoenskil (opsioneel)

Knippie kremetart

125ml strooisuiker

5ml mielieblom

Kors:

Meng die beskuitjiekrummels, skil en gesmelte argarien en druk vas in 22cm oondbak of op die boom en kante van ‘n veerklamppan. Bak 10min in ‘n vooverhitte oond by 180°C. Verwyder uit die oond.

Vulsel:

Meng kondensmelk en eiergele. Voeg uurlemoensap by, maar proe en voeg by na smaak. Voeg skil by, indien gebruik. Skep vulsel in kors en bak 10min. Verwyder uit oond. Klop eierwitte tot skuimerig met ‘n elektriese klitser, voeg kremetar by en klop tot sagte punte vorm. Klop strooisuiker geleidelik by en klop tot eierwitte styf is. Sif mielieblom oor eierwit en vou liggies in. Skep oor vulsel. Bak tot ligbruin bo-op. Skakel oond af, en laat tert in ood afkoel. *Kuier gesellig*

Rina Kleinhans

APPEL PIE (35)

45ml Margarine

Page 25: SOET TERTE

250ml castor sugar

2 extra large eggs

250ml flour

5ml baking powder

2,5ml salt

60ml milk

1 x 385g can pie apples

TOPPING:

250ml sugar

250ml cream

5ml vanilla

Method:

Preheat oven to 180°C. Grease a 22cm cake tin. Cream margarine and sugar until light and fluffy. Add eggs one at a time and beat well after every addition. Sift together the flour, baking powder and salt and fold into the creamed mixture, alternating with the milk. Spoon the batter into the prepared cake tin and arrange the apples on top. Bake for 30-40min, or until toothpick test clean. While the tart is baking, bring the cream, vanilla and sugar to the boil and simmer gently for 5 min. Pour over the tart as soon as it comes out of the oven. (The cream mixture must be hot.) *Women’s Value 1995*

Rina Kleinhans

CORNFLAKE TART RECIPE (36)

For the Pastry

225g plain flour

55g margarine

55g vegetable shortening

15g caster sugar

25ml water

Page 26: SOET TERTE

For the Filling

175g seedless raspberry jam

55g butter or margarine

55g caster sugar

25g golden syrup

175g cornflakes

Method

To make the pastry, sift the flour into a large bowl. Cut the margarine and vegetable shortening into cubes and quickly rub into the flour using your fingertips until the mixture resembles breadcrumbs. Sprinkle in the sugar and water and mix, using a round-bladed knife, until the mixture begins to stick together in large lumps. With one hand, collect the dough together to form a ball. Turn out onto a clean work surface and gently knead and shape into an even ball, then roll out and use to line a 20 – 23 cm loose flat tin. Chill for about 30 mins. Preheat the oven to 200 C/ 400 F / Gas 6′ ′

Neaten the edges of the pastry, line the pastry case with greaseproof paper, and fill with baking beans (or dried beans). Bake blind in the preheated oven for 15 minutes. Remove the beans and paper, and return to the oven to dry out for a further 5 to 10 minutes.

Spread the base of the pastry case with Jam.

Melt the butter or margarine, sugar and syrup together in a pan, then add the cornflakes and mix. Spread this on top of the jam in the pastry case and leave to cool and set.Rambling♥

Rina Kleinhans

CORNFLAKE TART (37)

• Crust:

• 150g sugar

• 1tsp ground cinnamon

• 150g cornflakes, crushed

• 150g butter, melted

• Filling:

• 4tbsp plain flour

Page 27: SOET TERTE

• 150g sugar

• 750ml milk

• 30g butter

• 4 eggs, separated

Method

1. Preheat the oven to 160°C/gas mark 3.

2. Make the crust first. In a bowl, mix the sugar and cinnamon together, then mix in the cornflakes and the melted butter. Fill the base and sides of a 25cm square dish with the cornflake mixture. Set aside.

3. Now make the filling. Mix the flour and sugar in a bowl, then add enough of the milk to make a smooth paste. Set aside. Heat the rest of the milk in a saucepan over a medium heat and bring to the boil. Gradually pour the hot milk into the flour paste, whisking constantly.

4. Transfer the milk mixture back into the saucepan and add the butter. Whisk constantly over a low heat until the mixture thickens. Set aside to cool, laying a sheet of cllingfilm on the surface to prevent a skin forming.

5. Once the mixture reaches room temperature, beat the egg yolks lightly and whisk them into the batter. Whisk the egg whites in a clean bowl and fold into the batter. Pour into the prepared cornflake crust and spread evenly.

6. Bake in the oven for about 45 minutes, or until set. Serve warm or cold

Rina Kleinhans

MELKTERT (38)

Hierdie tert is net so lekker as jy net tennisbeskuitjies onder in die tertbak pak, en die vulsel bo-op sit i.p.v die kors.

KORS

2kp meel

½ kp botter

1/4kp suiker

1 eier

Page 28: SOET TERTE

2teel bakpoeier

Sout

Metode:

Meng botter en suiker. Voeg eier by en dan die droe bestandele.

Bak by 180°C vir 20-25min.

VULSEL

4kp melk

2 ½ eetl maizena

2 ½ eetl meelblom

1 kp suiker1 teel vanilla

1/4kp margarine

3 eiers

Sout

Metode:

Bring melk tot kookpunt, meng droe bestandele. Klits eiers en voeg by meel mengsel. Sodra melk kook voeg eiermengsel stadig by en roer gedurig. Wanneer gaar, haal af en roer margarine en vanilla by. Gooi mengsel bo-op kors en strooi kaneel bo-oor. *Vriendin Rita*

Rina Kleinhans

POST TOASTIE TERT (39)

200g maragarien

250ml stroop

200g melk sjokolade

4-5kp post toasties

1 blik gekookte kondensmelk of caramel

Page 29: SOET TERTE

250ml room styf geklits

Metode:

Smelt die margarine, stroop en sjokolade saam en voeg die post toasties by. Druk vas in pan met los bodem en sit in die yskas vir ongeveer 1 uur. Haal die tert uit die pan, smeer gekookte kondensmelk bo-oor en dan die styfgeklopte room. Gooi bietjie vermicilie bo-oor vir versiering. Heerlik *Vriendin-Rita*☺

Carol Elliott Claassen

DRIE-LAAG POST TOASTIE TERT (40)

Kors:

1 kop post toasties, fyn. ½ kop meel

½ kop bruin suiker ½ tl koeksoda

1 kop klapper knippie sout

½ kop hawermout ½ kop gesmelte botter.

2 Etl gouestroop.

Meng eerste 4 bestanddele deeglik. Voeg dan meel, koeksoda en sout by. Voeg dan botter en stroop by en meng goed. Druk liggies In gesmeerde bak van 20 ½ cm x 30 ½ cm en bak by 180 vir 20-25 minute.

Eerste vulsel:

1 Etl gelatien(rondvol) 1 blik caramel kondensmelk

¼ kop koue water 1 kop melk

Week gelatien in koue water. Meng dan gelatien en die 2 soorte melk saam en gooi in kors en laat stol.

Tweede Vulsel:

2 pkts suurlemoenjellie

2 kop kookwater

1 pkt Orley whip(gebruik al 2 pkts binne-in)

Page 30: SOET TERTE

Los jellie in kookwater op en laat afkoel. Klits Orley styf en meng met jellie. Gooi oor eerste vulsel. Versier met gemmerkonfyt, neute, kersies, pynappelstukkies of groenvyekonfyt.

Carol Elliott Claassen

KOEKROL TERT (41)

1 pkt jellie

2 kop kookwater

1 blik grenadellamoes

3 Etl suiker

1 blik Idealmelk(oornag verkoel)

1 koekrol( Swiss Roll)

Metode:

Maak jellie aan met kookwater en laat afkoel. Voeg grenedellamoes en suiker by. Klits Idealmelk baie styf en giet die jelliemengsel by die melk en klits weer goed. Sny die koek in skyfies en pak in gesmeerde tertbord. Gooi vulsel bo-oor, gaan so voort en eindig met n lagie vulsel. Laat in yskas om te stol.

KOEJAWELTERT MET VLA (42)

Kors van mariebeskuitjies

Vulsel:

2 kop stywe vla

1 blik koejawels

½ pkt rooijellie opgelos in:

¾ kop water

¾ kop room

1 tl vanielje

Page 31: SOET TERTE

2 Etl suiker

Pak as volg in kors:

1.Laag vla.

2. Laag koejawels.

3. Laag jellie .

4. Laag vla

5. Room geklits met geursel en suiker.

PEERTERT MET SUURLEMOENSAP (43)

Mariebeskuitjiekors

Vulsel:

1 blik kondensmelk

1 Etl suurlemoensap

2 eiers, geskei.

1 blik pere

Metode:

Meng kondensmelk en suurlemoensap en voeg geklitste eiergele by. Druk die pere stukkend en voeg by die mengsel. Klits eierwitte styf en vou in die mengsel. Giet in tertdop en bak vir 15 minute by 160 Grade.

PYNAPPEL ROOMYS TERT (44)

Enige kors

Vulsel:

1 pkt lemmetjiejellie

550 gr vanielje roomys

Page 32: SOET TERTE

1 blik pynappelstukkies

1 ¼ kop pynappelsap( Vul aan met water tot regte hoeveelheid)

Metode:

Verhit pynappelsap en roer jellie daarby tot opgelos. Sny roomys in stukke en roer by jelliemengsel. Plaas in koelkas tot begin stol. Druk pynappelstukke fyn en vou in mengsel. Skep in tertkors en sit in yskas om te stol. Versier met Geklopte room

GEMMERTERT MET GINGERALE (45)

Kors:

¼ kop margarine

¼ kop kookolie

½ kop strooisuiker

1 eier

1 ½ kop meel

1 ½ tl bakpoeier

Metode:

Meng margarine en olie deeglik en voeg suiker by, voeg eier by . Sif droe bestanddele en meng deeglik met bottermengsel. Skep in tertbord , teen kante en bodem. Bak by 200 vir 10 minute

Vulsel:

½ pkt lemmetjie jellie

¾ kop kookwater

Klein botteltjie gingerale

½ Etl gerasperde suurlemoenskil

1 Etl suurlemoensap

1 blik Idealmelk( oornag verkoel)

Knippie sout

Page 33: SOET TERTE

Metode:

Los jellie in kookwater op en laat afkoel, voeg gingerale , skil en sap by. Klits Idealmelk styf , voeg knippie sout by en vou die jelliemengsel in die melk in. Skep in kors en laat stol. Versier met geklitste room, neuter, kersies en gerasperde peppermint sjokolade

SAGO TERT (46)

Enige gaar kors

Vulsel:

½ kop sago

2/3 kop suiker

¼ tlp sout

3 koppies melk

3 eiers, geskei

3 Etl botter

1/3 kop suurlemoensap

1 tl gerasperde suurlemoenskil

Metode:

Meng sago, suiker en sout. Voeg melk by en kook tot sago sag is. Klits eiergele en voeg die warm mengsel by. Verhit oor kokende water en roer tot gaar. Voeg botter, sap en skil by en skep in gebakte tertdop. Klits eierwitte styf en voeg 6 Etl strooisuiker geleidelik by. Skep bo-op vulsel en bak in oond by 180 tot goudbruin.

Carol Elliott Claassen

PEPPERMENT-CRISP KARAMELTERT (47)

Die tert is vir diegene wat glo hulle kan nie bak nie. Dit is vreeslik maklik en vinnig om voor te berei en vind altyd groot byval.

Page 34: SOET TERTE

1 x 380 g blik karamelkondensmelk

50 ml suurlemoensap

2 x 125 ml-sakkies Orley Whip

2 x 50 g-stafies pepermentsjokolade, gerasper

1 x 200 g-pakkie Tennis-beskuitjies

Metode:

Meng karamelkondensmelk en suurlemoensap goed saam. Klits die Orley Whip tot styf en vou in die kondensmelkmengsel in. Smeer 'n langwerpige glasbak 20 x 30 x 5 cm, of bespuit dit met kleefwerende middel. Pak 'n laag beskuitjies op die boom van die bak en smeer 'n laag konden smelkmengsel eweredig oor. Sprinkel gerasperde pepermentsjokolade oor. Herhaal die lae totdat die beskuitjies en kondensmelkmengsel op is, eindig met 'n laag gerasperde pepermentsjokolade.

Plaas die tert in die koelkas

Hannah Langenhoven Raad van n oue van dae :)

Ek sit altyd n pakkie suurlemoen jellie by wat ek aanmaak met 1 kop water dan stol dit goed

Rina Kleinhans

JODETERT OF VLAKOEK (48)

560ml meel

75ml strooisuiker

190ml botter

2,5ml sout

VULSEL

500ml melk

60ml mielieblom

125ml suiker

2,5ml sout

5ml vanilla

Page 35: SOET TERTE

2 eiers

12,5ml botter

Metode:

Sif die droë bestandele saam en vryf die botter in . Werk deur totdat deeg glad is. Deel die deeg in 4 dele. Druk elke deel in ‘n ronde vorm van 22cm deursnee. Bak by 200°C vir ongeveer 10min. Sit lae op mekaar met ryk vla vulsel, Die boonste laag moet vla wees. Laat 12uur staan om te week voor bediening.

VULSEL

Meng die droë besandele met ‘n bietjie koue melk. Verhit die orige melk tot kookpunt. Roer opgeloste mielieblom by en kook 2-3min, roer deurentyd. Klits die warm mengsel by die geklitste eiergele en kook vir 1 min. Verwyder van die hitte en voeg botter, vanilla en styfgeklopte eierwitte by. *Watertand Wenners*

Lona Engelbrech

PINEAPPLE FLAN (49)

Ingredients

1 1/2 cups milk

4 tablespoons all-purpose flour

2 egg yolks

4 tablespoons white sugar

1/8 teaspoon vanilla extract

3 tablespoons apricot jam

1 (9 inch) pie shell, baked

1 (15.25 ounce) can sliced pineapple, drained with juice reserved

Directions

1.To Make Pastry Cream: In a medium bowl, mix 1/2 cup of milk with flour, then stir in the egg yolks. Mix well.

Page 36: SOET TERTE

2.Heat sugar and remaining 1 cup of milk in a saucepan over medium heat. Remove from heat and stir into egg yolk mixture. Return mixture to saucepan and heat until boiling. Turn down heat to low and keep cooking until mixture thickens. Stir in vanilla. Set aside for 15 minutes.

3.To Make Glaze: In a small saucepan, heat 1 tablespoon of pineapple juice with jam until thickened.

4.Pour cooled pastry cream into pie shell. Cut pineapple slices into quarters and arrange them decoratively on top of pastry cream. Brush pie with glaze

PYNAPPELFLAN (50)

1 Gerasperde pynappel

1k Suiker

1e Botter

Metode:

Kook bogenoemde saam.

Meng 2e vlapoeier, bietjie koue water en 2 goedgeklitste eiers.

Voeg by die kokende mengsel. Roer goed. Laat afkoel en gooi in flankors. Versier met geklopte room.

Helena Kruger

TIRAMISU (51)

4 eiergele

250 ml (1 k) strooisuiker

60 ml (¼ k) sjerrie

500 g mascarpone [of 1 houer Roomkaas en 250ml Room gemeng tot glad]

250 ml (1 k) baie sterk, swart koffie

5 ml (1 t) bruinsuiker

2 x 200 g pakkies Tennisbeskuitjies

Kakao, om oor te sif

Page 37: SOET TERTE

Metode:

Voer ‘n gesmeerde broodpan van 20 cm x 20 cm met kleefplastiek uit en smeer weer of bespuit met kleefwerende kossproei. Gebruik ’n elektriese klitser op hoë spoed om die eiergele, strooisuiker en sjerrie booor ’n kastrol met kookwater saam te klits tot liggeel, dik en verdubbel in volume (dit neem sowat 10 minute).

Verwyder van die kastrol en klits die mengsel vir nog ongeveer drie minute tot dit heelwat afgekoel het. Klits ’n bietjie van die eiergeelskuimmengsel by die mascarpone in en vou dan die res versigtig by. Roer die koffie en suiker saam en giet in ’n plat bak. Doop die Tennisbeskuitjies vinnig in die koffie en pak ’n laag Tennisbeskuitjies in die broodpan.

Skep ’n lagie van die mascarponemengsel oor en pak ’n lagie koffie-gedoopte Tennisbeskuitjies bo-op. Herhaal die lae en eindig met ’n laag van die mascarpone-mengsel. Bedek en verkoel oornag of bedek en vries tot hard. Keer uit en sny (verkoel of bevrore) in skywe. L/B/W Mei 2010 Helena ♥

Carol Elliott Claassen

VINNIGE TIRAMISU. (52)

Neem 4 bakkies– en breek 2 tot 3 sponsvingerkoekies daarin.

Neem lekker sterk koffie – afgekoel - en gooi oor die koekies.

Wend jou tot die vanilla roomys wat 15 minute vroeer uit die vrieskas gehaal het sodat dit makliker hanteerbaar is, en skep ‘n lagie roomys in.

As jy Amarula of enige lekker room likeur in die kas het, drup dit in, sodat die roomys ‘n ysberg in die middel vorm.Klits ‘n houertjie room en skep dit bo-op die roomys.

Sprinkel gekrummelde Flake tjoklit bo-oor, en n siffie met bietjie kakao poeier in, bo-oor gesprinkel Carol Junie 2010 ♥

Helena Kruger

SJOKOLADE TERT (53)

150g Botter

1k Melk

200g Melksjokolade

Page 38: SOET TERTE

250ml Room

KORS

1Pak Romany Creams beskuitjies

80g Botter gesmelt

Meng en voer jou tertbord uit en plaas in die yskas

Smelt nou 150g botter en 1k melk

Breek jou 200g sjokolade op en roer dit by die melk tot dit gesmelt is Laat dit afkoel

Klits jou room styf en vou die sjokolademengsel in

Skep in jou kors en plaas in die yskas om te stol

Versier met sjokolade krulle [Gebruik jou groenteskiller daarvoor]

Dit is baie lekker!!!!"RYK EN ROMERIG" Helena 7/10/10 ♥

Rina Kleinhans

VRUGTE – WYNTERT (54)

200ml koekmeel

50ml kakao

100ml strooisuiker

5ml bakpoeier

2ml gemaalde gemmer

1 ml koeksoda

1ml sout

75ml klapper

75ml botter of margarine

50ml melk

25ml suurlemoensap

1 eier geklits

Page 39: SOET TERTE

150ml (75g) droëvrugte koekmengsel

STROOP

200ml suiker

10ml rosé wyn

100ml kookwater

Knippie sout

Metode:

Stel die oond op 180°C. Smeer ‘n vlak tertbak van 23cm en strooi bietjie meel op die boom van die pan. Sif die koekmeel, kakao, strooisuiker, bakpoeier, gemmer, koeksoda en sout saam. Voeg klapper by en meng. Vryf botter met die vingers in tot goed gemeng. Meng melk en suurlemoensap, voeg eier by, meng goed. Voeg vloeistof by meelmengsel, voeg droëvrugte by en roer goed deur met ‘n houtlepel. Skep in tertbak, maak gelyk bo-op en bak vir 30min.

Berei stroop 5 min voordat die tert uit die oond kom. Verhit suiker, wyn, kookwater en sout tot kookpunt en kook vir 1min. Gooi oor warm tert sodra dit uit die oond kom. Laat 10-15min week en sit warm voor.

Variasie: die tert kan saam met roomys as ‘n nagereg voorgesit word. *Bron: Onbekend*

Carol Elliott Claassen

TURKISH DELIGHT & CHOCOLATE FRIDGE CAKE (55)

• 400g good-quality dark chocolate, coarsely chopped

• 250ml (1 cup) thickened cream

• 2 tbs Cointreau liqueur

• 1 x 250g pkt marie biscuits coarsely chopped

• 6 x 55g pkts Turkish delight), quartered

• 140g (1 cup) pistachio kernels

• 1 x 170g pkt cranberries (dry)

• Icing sugar mixture, to dust

• Double cream, to serve

Page 40: SOET TERTE

Method:

Line the base of a 20cm (base measurement) springform pan with non-stick baking paper. Place chocolate and cream in a saucepan over low heat. Cook, stirring, for 5 minutes or until chocolate melts and mixture is smooth. Remove from heat. Stir in the Cointreau and set aside for 5 minutes to cool. Combine the biscuit, Turkish delight, pistachios and cranberries in a large bowl. Add the chocolate mixture and stir until well combined. Spoon into the prepared pan, pressing firmly to fit. Place in the fridge for 6 hours or until firm. Dust the cake with icing sugar and cut into slices. Divide among serving plates and serve with cream

Carol Elliott Claassen

COOKIES AND CREAM CHEESECAKE (56)

250g Tennis biscuits, halved (the original recipe called for chocolate biscuits, but my favorite part about cheesecake is the coconut biscuit crust)

125g butter, melted

2 x 250g tubs of cream cheese, softened

2/3 cup caster sugar

3 eggs

250g packet Romany Creams biscuits, halved

150g Oreos or cream-filled chocolate biscuits, roughly broken up

Method:

Preheat oven to 160°C. Lightly oil a 20cm springform pan. Crush Tennis biscuits until they resemble fine breadcrumbs and then pour in the butter, and mix until well combined. Press mixture over base and sides of your pan and place in the fridge. Next step is to make the filling. You can use an electric mixer, but i made do with a wooden spoon and a whisk. All you do is beat the cream cheese and sugar until smooth, and then add the eggs, one at a time, until the mixture is a bit runny. Then stir in the biscuits. Pour mixture into pan and place pan on a baking tray in the oven. It will need to bake for 45mins to an hour and is set when it wobbles slightly in the middle. Turn off the oven and let the cheesecake cool in the oven until the oven is completely cold. Refrigerate overnight. Serve with vanilla ice cream.

Page 41: SOET TERTE

Helena Kruger

APPELTERT (57)

1 k koekmeelblom

Knippie sout

2 eiers

1 t bakpoeier

¼ k melk

¾ k suiker

1 klein blikkie tertapples (425g)

Metode:

Klits eiers goed. Voeg suiker by en klop. Sif meelblom, bakpoeier en sout. Voeg by eiermengsel om die beurt met melk. Klop goed. Gooi in gesmeerde tertbord. Rangskik tertappels eweredig in die koekmengsel. Bak vir 'n halfuur teen 180°C.

Stroop

¾ k suiker

1 k room

1 t karamelessens

Kook bogenoemde saam vir 5 minute.

Carol Elliott Claassen

APPELTERT IN OONDPAN (58)

Bestanddele tert

1 groot Blik Tert Appels

8 e Botter

3 k Suiker

Page 42: SOET TERTE

8 Eiers

3 k Melk

3 k Bruismeel

Knippie Sout

3 t Bakpoeier

Sous bestanddele

500 ml Room

3 t Karamel essens

1 k Suiker

Tert

Klits Eiers. Smelt Botter en Suiker saam. Meng eiers en botter/suiker mengsel.

Voeg ander bestanddele by behalwe appels en klits goed. Sit Appels in pan.

Gooi mengsel oor die appels. Bak teen 180°C vir 45 minute.

Sous

Gooi alle bestanddele in 'n potjie en verhit. Wees versigtig want die room kook maklik oor. Gooi die warm sous oor die tert sodra die tert uit die oond kom.Vir 'n lekker klam tert voeg nog so 'n1 ½ koppie room of melk by.

Erna

VINNIGE MELKTERT RESEP (59)

Dit maak 2 ronde gewone silwer voelie bakkies vol of anders

die gewone glas vierkanttige tertbakke vol. Gebruik 'n kors

van jou keuse.

1 Blik kondensmelk

50 ml Maizena

50 ml Vlapoeier

1 Eier

Page 43: SOET TERTE

1 L Melk

Essense (Vanilla)

Kaneel

Metode:

Gooi die blik kondensmelk in n pot en maak die lee blik vol

melk in gooi saam met die kondensmelk.

Gooi altesaam 3 blikke melk saam met die 1 blik

kondensmelk. Roer aanmekaar tot kook.

Vat die laaste melk en meng dit saam met die eier, vlapoeier

en Maizena.

Sodra die melk/kondensmelk gekook het gooi die laaste melk

mengsel met vla ens. by. Maak seker jy roer deeglik. Dit is

geneig om vinnig vas te brand. Roer vir so 8 min en gooi die

essense by.

Nou kan jy die mengsel in jou bak gooi en dadelik kaneel

oorgooi.

Los vir so rukkie buite totdat dit afgekoel het dan kan jy dit

in die yskas sit. (Maak asb. net seker dat die mengsel n bietjie

dukker geword het voordat jy dit oorgooi.)

Die tert stol vinnig. Wat ek gewoonlik doen is ek kook die

kondensmelk en melk in die begin in die mikrogolf dan hoef

ek nie aanmekaar te roer nie en dit brand ook nie vas nie. Ek

maak net seker dat dit nie oorkook *Egte Afrikanse Resepte*

Carin Ras Wilson

Page 44: SOET TERTE

RUM AND RAISIN-TERT (60)

SO SMUL DIE BUL - SPESIALE FEESUITGAWE - OAKDALE 80 - 1928 – 2008

1 pak tennisbeskuitjies

1 blik karamelkondensmelk

2 koeverte Orley Whip

5 ml rumgeursel

5 ml vanieljegeursel

125-250 ml sultanas

Metode:

Voer ‘n bak met beskuitjies uit en week die sultanas solank in ‘n koppie kookwater. Laat die water koud word en druk dan die sultanas droog. Klop die Orley Whip baie styf. Klits die geursel in die kondensmelk en vou dit dan in by die room tesame met die sultanas. Skep die helfte van die vulsel op die beskuitjies en herhaal dan nog ‘n laag beskuitjies en dan die res van die roommengsel bo- op. Strooi krummels bo-oor of versier na smaak.

Rina Kleinhans

BLOUBESSIE GEBAK (61)

¾ Koppie Koekmeel

1 Teelepel Vaniella Ekstrak

1 Koppie suiker

1 Houer Vars room

4 Eiers geklits

1 Koppie Melk

3 Koppies Bloubessies

Metode:

Page 45: SOET TERTE

Spuit vlak bak met Spray en Cook. Klits eiers en suiker saam tot romerig, voeg melk geleidelik by, dan vaniella , sif meel by en klits goed. Voeg laastens n knippie sout by.

Gooi bessies (hou so drie wat jy gaan fyn kap vir versiering) in die bak en dan die melk mengsel. Bak in 350 oond vir 45 min. Klop room styf en versier bo-op met die room en gekapte vars bloubessies.

Rina Kleinhans

GRIEKSE KLAPPERTERT (62)

(Baie lekker)

Room die volgende goed saam

125g margarine

250ml suiker

3 eiers

Voeg 500ml klapper by.

Sif saam 250ml meelblom, 3 teel. Bakpoeier, knippie sout, meng alles met 250ml lou warm melk. Gooi mengsel in 2 gesmeerde tertpanne en bak vir 35min teen 180°C. Wanneer gaar gooi stroop oor.

Kook saam vir 5 min.

1 ¼ kp suiker

1 ¼ kp water

1 teel. Vanilla.

Hierdie tert kan ook met room bedien word. *Knuppeldik aan koningskos*

Antonette Havenga

KORSLOSE KLAPPER-MELKTERT (63)

Bestandele

160 ml Snowflake-koekmeel (90g)

2 ml Bakpoeier

1 ml Sout

Page 46: SOET TERTE

450 ml Melk

200 ml Suiker (150 g)

200 ml Droë klapper (60 g)

50 g Botter, gesmelt

3 Ekstragroot eiers

5 ml Vanieljegeursel

Metode

1.Sif meel en bakpoeier en voeg by res van bestandele. Meng goed. Skep uit in ‘n gesmeerde 23 cm-tertbak.

2.Bak 40-45 minute in voorverhitte oond by 180°C tot gestol en ligbruin. Laat afkoel.

Lewer 1 tert

Helena Kruger

ENGELTERT (64)

1 Pakkie Nutty Crust koekies

90g botter gesmelt

2lt Vanilja roomys saggemaak

1 blikkie Caramel Treat

1 Flake-sjokolade

Metode:

Spuit jou losboompan van 23cm met kleefvrysproei

Maak die koekies fyn en meng met jou gesmelte botter en voer jou pan se boom en n entjie van die kante daarmee uit. Verkoel sodat jou kors ferm word.

Bedek die kors met lae van 1/3Roomys, 1/2Karamel en nog n 1/3 van die roomys en die res van die karamel en ten slotte die laaste van die Roomys.

Bedek dit en Vries.

Page 47: SOET TERTE

Haal so 15min voor bediening uit en versier dit met die "Flake" bo-op. Sny in wiggies en bedien!!!!!!!O Liewe Aarde dit is lekker!!!Helena 21/2/11 "Hilary Biller" Baie Dankie!!!

Rina Kleinhans

MELKTERT (65)

Ek weet nie waar ek die resep gekry het nie, maar ek het by hom geskryf “die beste melktert ooit”

1 blik kondensmelk

500ml melk

2 eetl vlapoeier

1 eier

Kaneel

2 eetl mielieblom (maizina)

5ml vanilla

Tennisbeskuitjies

Metode:

Pak die tennisbeskuitjies onder in ‘n vierkantige tertbak vir ‘n kors.

Kook die melk en kondensmelk saam, roer gereeld om te voorkom dat dit aanbrand. Verminder die hitte. Meng die res van die bestandele behalwe die kaneel saam. Gooi hierdie mengsel by die warm melk mengsel, roer aanmekaar totdat die mengsel lekker dik is. Gooi oor die beskuitjies, sprinkel bietjie kaneel oor en laat afkoel. Plaas in die yskas tot benodig. *Rina*

Carol Elliott Claassen

ROMANY CREAM TART (66)

200g Romany Creams

180g instant chocolate pudding

700ml cold milk

Page 48: SOET TERTE

250ml cream, chilled

20 g chocolate Flake, crumbled

glacé cherries for decoration

Method:

Place the biscuits in a plastic bag and crush with a rolling pin. Spread the crumbs evenly in a 21 x 27 cm pie dish. Beat the instant pudding and milk together until smooth and spread evenly over the crumb layer. Whip the cream until stiff peaks are formed and spread over the chocolate pudding. Sprinkle with the crumbled flake and decorate with glacé cherries. Chill until set.

Carol Elliott Claassen

CHOC FUDGE TARTS (67)

• 1 x 200g box Bakers Romany Creams Choc Fudge biscuits, finely crushed

• 50ml butter, melted

• 2 egg yolks

• 1 whole egg

• 50g sugar

• 150g milk or dark chocolate

• 250ml cream

Method:

• Mix the biscuit crumbs and butter together until well combined.Line 4 tart tins with the biscuit crumbs and place in the fridge to set. Mix the eggs and sugar well and set aside. Bring the cream to the boil and immediately pour onto the chocolate, which will melt without curdling. Allow this mix to cool a little then pour into the eggs and sugar, stirring all the time. Bake at 130 degrees C for 20-25 minutes or until just set. Cool and serve.

Sandra Visagie

Page 49: SOET TERTE

GEMMERTERT (68)

(1963)

1 k gouestroop

2 k water

bietjie sout

1 tl fyn gemmer

2 El vlapoeier

1/4 pd botter gesmelt

1 Pk Gemmer beskuitjies

METODE.

Kook gouestroop, water, sout, gemmer. Roer vla, wat aangemaak is met water by en roer tot dik is. Haal af. Maak beskuitjies fyn, maak aan met botter. Voer bak daarmee uit. Gooi warm vulsel in, as dit koud is, sit room op.

Sandra Visagie

OROS TERT (69)

(1963)

Gebruik enige tertkors of Marie-beskuitkors

VULSEL.

1 1/2 tl gelatien

1/4 k koue water

2 eiers

3/4 k Oros

1/4 k suiker

1/8 k suiker

Page 50: SOET TERTE

METODE.

Week gelatien in 1/4 k koue water. Klits die eiergele en 1/4 k suiker goed. Plaas Oros en eiermengsel op stoof en roer gedurig tot dit begin styf word maar moenie kook nie. Roer gelatien in. Klop eierwitte styf met 1/8 k suiker en voeg by mengsel. Gooi in tertkors en laat styf word in yskas. Versier met room.

Sandra Visagie Hallo julle. Nog 'n roomys-skuim tert

1 ons = 30g

SJOKOLADE ROOMYS-SKUIM (70)

Sjokolade Suiker-brood.

1 ons meelblom

1 ons strooisuiker

1 groot eier

1 e (eetl) kakao

paar druppels vanielje ekstrak

frambooskonfyt

sjokoladesous

Vulsel.

1 Dairy Maid "Strawberry Streak" roomys gesinsblok

Meringue.

2 eierwitte

2 onse strooi-suiker

1 d (desertl) kakao

Metode:

Berei die suikerbrood met die klopmetode voor. Bak in 'n ronde of vierkantige 6 dm. victoria-laagkoekpan bo in 'n oond teen 'n hitte van gas 4 of 350 grade F. Laat afkoel sny die kante netjies. Sny middeldeur, bestryk met frambooskonfyt en smeer sjokoladesous bo- oor.

Page 51: SOET TERTE

Net voor u opskep klits die eierwitte tot dit droog en styf is. Vou die strooisuker en gesifte kakao in.

Plaas die roomys op die suikerbrood bedek die roomys met die meringue en sorg dat daar nie oop plekke is nie. Bak 3 min lank liggies bruin in 'n warm oond (gas 7 of 425 grade F)

Sandra Visagie

APPELTERT VULSEL. (71)

1960's

3 middelmatige kookappels

1 k water

1/2 k suiker

1 knypie fyn kaneel

1 knypie fyn gemmer

1 El rosyne

1 El sultanas

1 El korente

gemengde skil

1 El sjerrie of brandewyn

2 tl mielieblom aangemaak met 2 El water

METODE.

Kook appels in water, suiker en speserye. Roer mielieblom by as die appels sag gekook is. Roer vrugte en sjerrie by. Sit in tertkors.

Sandra Visagie

LEMOENKWAS TERT (72)

30ml gelatien

Page 52: SOET TERTE

bietjie koue water

15 Tennisbeskuitjies

1 blik (410g) yskoue ingedampte melk

200ml witsuiker

400ml yskoue lemoenkwas (Oros)

Metode:

Week die gelatien in die koue water en smelt dit oor warm water. Pak die Tennisbeskuitjies op die boom en teen die kante van 'n tertbak van 30 x 20 x 5 cm. Klits die ingedampte melk tot styf. Klits die suiker geleidelik by. Klits die gesmelte gelatien geleidelik by en daarna die lemoenkwas. Gooi die mengsel op die beskuitjies en plaas dit in die koelkas om te stol. Versier soos verkies

Huisgenoot ster resep 24 April 1986

.

WENNER SARIE KOS (Annerien Vermeulen van Centurion)

Adéle Van Zyl Filmalter

PEPERMENT YSKASTERT KOEK- (73)

12-15 porsies

2 ½ pkt Tennis koekies

250 ml Room

200g Donker sjokolade met mentgeur

2 Blikkies gekookte kondensmelk

500 ml Room

2 x Pepermint crisp sjokolades

Metode:

Voer 28cm losboomkoekpan uit met bakpapier. Verhit die 250ml room en smelt die donkersjokolade daarin. Verkoel in yskas. Wanneer sjokoladeroom goed koud id klits tot styf. Klits die 500 ml room tot styf. Voeg die gekookte kondensmelk by en pols in voedselverwerker tot gemeng. Wees versigtig om die mengsel nie te veel te klits nadat die gekookte kondensmelk bygevoeg is nie want dit kan lug

Page 53: SOET TERTE

verloor. Rasper peppermint crisp sjokolades. Wenk: Sit sjokolades in vrieskas voor jy dit rasper dan rasper dit makliker. Voeg 3 eetlepels van kondensmelkroommengsel by die sjokoladeroommengsel om dit 'n bietjie meer smeerbaar te maak. Pak 'n laag beskuitjies onderin die koekpan. Sit 'n kwart van die karamelmengsel bo-op en maak gelyk, gevolg deur 'n derde van die sjokolademengsel. Strooi ongeveer 'n eetlepel gerasperde sjokolade bo-op. Herhaal die lae en eindig met die karamelroomlaag. Sprinkel die res van die gerasperde sjokolade bo-oor . laat staan oornag of minstens 6 uur in die yskas sodat die koekies lekker sag kan word. Keer uit en sit voor. SARIE KOS APRIL/MEI 2011♥

Carin Ras Wilson

KORSLOSE MELKTERT (74)

(Mariette)

NG KERK GROOT-BRAKRIVIER

4 k melk

1 t bakpoeier

Sout

2 e botter

4 eiers

1 k meel

Vanilla

1 k suiker

Metode:

Skei die eiers en klits die wit van die eiers styf. Smelt die botter en meng met suiker en eiergele. Voeg bakpoeier by meel en meng saam met botter, suiker en eiergele. Klits melk en vanilla saam. Meng. Voeg nou styfgeklopte eierwitte by en klits goed. Gooi in panne en bak in matige oond totdat dit gaar is. (±1h @ 180°C).

As dit uit die oond kom – gooi kaneelsuiker op en laat koud word

Page 54: SOET TERTE

OKKERNEUT- OF PEKANNEUTTERT (75)

100g botter

100ml suiker

3 eiers geskei

200g neute gekap

12,5ml suurlemoensap

3ml gerasperde suurlemoenskil

1 tertbord gevoer met broskorsdeeg

Metode:

Roer die botter en suiker oor stadige hitte om die suiker te smelt. Voeg dit stadig by die eiergeel en verhit in ‘n dubbelkoker of oor lae hitte terwyl aanhoudend geroer word totdat die mengsel dik word. Voeg die neute, suurlemoensap en –skil by. Klits die eierwitte styf en vou die mengsel daarin. Skep die vulsel in die tertbord wat met deeg uitgevoer is en bak 12-15min lank teen 220°C. *Watertand Wenners* Rina * 30/7/2011

Rona Swart

Ek het jare gelede saam met 'n ou gewerk wat hierdie tert eenslag gemaak het. Mense dit is heerlik!

PYNAPPEL MAASKAAS TERT (76)

1 Rolkoek (Swiss Roll)

1 blik kondensmelk

1 houer room maaskaas

1/3 kop suurlemoensap

2t gelatien - opgelos in 50ml water

Meng alles saam.

1 x 410gm fyn pynappel

1 kop suiker

Kook saam en laat afkoel.

Page 55: SOET TERTE

250ml vars room

Metode:

Sny Rolkoek en pak onder in 'n bak. Skep kondensmelkmengsel bo-oor en laat stol. Skep nou die pynappel mengsel bo-oor dit en versier met al die room.

“TIPSIE”TERT (77)

1 kp dadels gesnipper

1 teel koeksoda

¾ kp warm water

1 kp suiker

2 eetl botter

2 eetl kookolie

1 eier

1 ½ kp koekmeel

1 ½ teel bakpoeier

Knippie sout

1 teel vanilla

¼ kp gekapte neute

¼ kp gekapte kersie (opsioneel)

Metode:

Meng dadels en koesoda en gooi die warm water oor. Klits die suiker, botter en kookolie goed. Voeg die geklitste eier by en klits goed. Sif die droë bestandele saam en voeg dit by die eiermengsel Voeg die vanilla by. Voeg die afgekoelde dadels en neute (en kersies indien gebruik) by en meng goed. Gooi die mengsel in ‘n gesmeerde vuurvaste bakskottel en bak by 180°C vir 30 min, of tot toetspen skoon uitkom. Sny die tert in blokkies voordat jy die warm stroop oorgooi, dan trek die stroop beter in.

Maak ‘n stroop van die volgende:

1 ½ kp suiker

Page 56: SOET TERTE

1 kp water

½ kp brandewyn

1 eetl botter

1 eetl vanilla

Kook al die bestandele saam vir 5 min, gooi warm stroop oor die tert sodra dit klaar gebak het.

Angelique die maklikste een wat ek ken:

SUURLEMOEN MERINGUETERT (78)

pakkie tennis beskuitjies, fyngemaak

so 1/4 koppie botter gesmelt, meng met beskuitjies en druk vas in tertpan. .meng 1 blik kondensmelk en 1/2 koppie suurlemoensap (probeer eers bietj...ie minder as jy dit nie te suur wil he nie).

2 Eiers geskei, klits eierwitte styf met bietjie suiker (ek meng die geel by die kondensmelkmengsel in dan mors dit nie).

Gooi kondensmelkmengsel in kors. Skep eierwitte bo-op. Bak vir so 20 minute by 180ºC of tot eierwitte goudbruin is. Laat afkoel en geniet

Rina Kleinhans

SUURLEMOENMERINGUETERT (79)

Dit is baie belangrik om nie teveel margarine vir die kors te gebruik nie – dit word gou pap en klam

KORS

1 pk Mariebeskuitjies fyngemaak

5ml fyngerasperde suurlemoenskil

100-125ml margarine gesmelt.

VULSEL

2 blikke volroomkondensmelk

4 ekstra groot eiers by kamertemperatuur geskei

Page 57: SOET TERTE

180-250ml suurlemoensap

5ml fyngerasperde suurlemoenskil (opsioneel)

Knippie kremetart

125ml strooisuiker

5ml mielieblom

Kors:

Meng die beskuitjiekrummels, skil en gesmelte argarien en druk vas in 22cm oondbak of op die boom en kante van ‘n veerklamppan. Bak 10min in ‘n vooverhitte oond by 180°C. Verwyder uit die oond.

Vulsel:

Meng kondensmelk en eiergele. Voeg uurlemoensap by, maar proe en voeg by na smaak. Voeg skil by, indien gebruik. Skep vulsel in kors en bak 10min. Verwyder uit oond. Klop eierwitte tot skuimerig met ‘n elektriese klitser, voeg kremetar by en klop tot sagte punte vorm. Klop strooisuiker geleidelik by en klop tot eierwitte styf is. Sif mielieblom oor eierwit en vou liggies in. Skep oor vulsel. Bak tot ligbruin bo-op. Skakel oond af, en laat tert in oond afkoel. *Kuier gesellig*

Tillie Venter

MY OUMAGROOTJIE SE DUITSE MELKTERT (80)

KORS:

2 Kop Meelblom

2 eetl Suiker

1 Desertlep. Bakpoeier

1/4 lb Botter

2 Eiers

METODE:

Meng al die droe bestandele en vryf die botter in.

Klits die eiers en maak die droe bestandele daarmee aan.

Voer 'n tertbord uit.

Page 58: SOET TERTE

VULSEL:

3/4 Kop Klapper

3 Kop Melk

3 Eiers

1 1/2 eetl Meelblom

1 1/2 eetl Mielieblom

6 eetl Suiker

3 eetl Botter

1 telp Vanielje

METODE:

Bring die melk tot kookpunt.

Maak die meelblom en mielieblom aan met n bietjie melk en roer in die kokende melk.

Klits die geel van die eiers en suiker saam en roer dit in die mengsel.

Verwyder van stoof en vou die botter, vanielje geursel asook 'n knypie sout in.

Laastens word die styfgeklopte eierwit en klapper ingeroer.

Gooi in tertpan. En bak in matige oond tot ligbruin.

Strooi pypkaneel en suiker oor.

Karien Coetzee

MELKTERT (81)

Deeg

2 eetlepels botter

1 eetlepel suiker

1 eier

4 eetlepels meel

Page 59: SOET TERTE

1 teelepel bakpoeier

sout

Metode:

Meng botter en suiker saam tot romerig. Voeg die eier by en meng goed Voeg die droë bestanddele by en meng tot 'n smeerbare deeg. Indien te styf voeg bietjie melk by. Smeer die panne

Vulsel

6 koppies melk

½ koppie botter

1 koppie suiker

4 eiers geskei

2 eetlepels meel

2 eetlepels maizena

sout

2 eiers

Metode:

Smelt die botter in die melk. Meng die 4 geskeide eiergele met die meel, suiker, sout, 2 eiers en maizena goed, voeg 'n klein bietjie melk by. Laat die melk kook. Gooi die eiergeel mengsel in die kokende melk en roer aanhoudend. Klits die eierwitte tot styf en roer in die melkmengsel in. Gooi in die kors, strooi kaneelsuiker oor en bak tot kors ligbruin en gaar is.

MALVATERT (82)

(Genoeg vir 2 groot terte)

VULSEL

1 blik (397g) Kondensmelk

2 houertjies vars room (2 x 250ml)

750g marsmellows in kwarte gesny

Page 60: SOET TERTE

1 pk kersies (250g) in kwarte gesny

3 suurlemoene uitgedruk

1 blikkie (1kp) fyn pynapples, gooi deur ‘n sif om ergste sous te verwyder

Metode:

Meng die kondensmelk met die sap van die suurlemoene.

Voeg die marshmallows en kersies by.

Voeg die pynappel by

Klits die room goed styf en meng by.

Gebruik die tennisbeskuitjies om bak mee uit te voer

Gooi vulsel bo-op die koekies en verkoel.

*Knuppeldik aan Koningsko* Rina 17/8/2011

Sommer Net Rina, ek gebruik een houertjie room en een Mascarpone ipv twee houers room. Dis heerlik en gee 'n ander konsistensie en smaak aan die tert

PEPPERMINT TERT (83)

4 skeppe vanilla roomys

4 tennis besuitjies

2 eetl caramel kondensmelk

1 peppermint Crisp sjokolade gerasper (hou bietjie vir versiering)

Versap alles in die versapper tot glad. Bedien met ekstra sjokolade bo-op.

VARIASIE: Vir die grootmense wat kans sien, kan mens bietjie bypassende liqueur ingooi soos limoncello in die lemon meringue and peppermint in die peppermint een.

Page 61: SOET TERTE

Molly-Ann Underwood Schmidt

SOETTERTE versamel deur A Eksteen

JOGURT TERT (84)

500 ml Jogurt (enige geur waarvan julle hou) 1 blik kondensmelk

1 pak Tennis beskuitjies botter

1. Maak beskuitjies fyn vir kors en meng met gesmelte botter.

2. Meng jogurt en kondensmelk goed.

3. Gooi oor kors en sit in mikrogolfoond vir 4 min. op hoog.

4. Sit in yskas vir ± 1½ uur.

KARAMEL MELKTERT (85)

('n mikrogolf resep)

KORS:

6 Marie-beskuitjies

½ koppie sagte bruinsuiker

1 koppie klapper

½ koppie koekmeelblom

knippie sout

½ koppie botter of margarien

VULSEL:

2 ekstra groot eiers

4 koppies melk

½ koppie mielieblom

60g suiker

Page 62: SOET TERTE

15ml vlapoeier knippie sout

12.5ml botter of margarien

5ml karamelgeursel

Rol die Marie-beskuitjies fyn. Voeg die bruinsuiker, klapper, koekmeelblom en sout by en meng. Mikrogolf die botter ongeveer 1 minuut lank oop by 100% krag in ‘n diep, mikrogolfvaste bak met ‘n volume van 2 liter net tot gesmelt. Voeg die beskuitjiemengsel by en meng. Hou 30ml van die beskuitjiemengsel eenkant. Druk die res van die mengsel met die agterkant van ‘n metaallepel vas teen die wand en op die boom van ‘n tertbak met ‘n volume van 2 liter. Mikrogolf die kors 2 minute lank oop by 100% krag. Skei die eiers. Klits die eiergele en 200ml van die melk saam die dieselfde bak waarin die botter vir die kors gesmelt is. Voeg die mielieblom, suiker, vlapoeier en sout by en klits tot gemeng. Voeg die res van die melk by. Mikrogolf die mengsel 12 minute lank oop by 100% krag tot gaar. Roer dit elke 2 minute goed. Roer die botter en karamelgeursel by. Klits die eierwitte tot styf, maar nie droog nie. Vou dit liggies met ‘n metaallepel by die vulsel in. Giet die vulsel in die kors. Strooi die beskuitjiemengsel wat eenkant gehou is oor.

PYNAPPEL YSKASTERT (86)

1 pakkie tennisbeskuitjies

125ml appelkooskonfyt

25ml sjerrie

1 pakkie suurlemoenjellie

250ml kookwater

397g (1blik) kondensmelk

440g (1blik) fyn pynappel

geklopte room vir versiering

Smeer tennisbeskuitjies met appelkooskonfyt en plaas 2 opmekaar. Plaas in 200mm vierkantige bak.

Sprinkel sjerrie oor die beskuitjies.

Los jellie op in kookwater, en voeg die kondensmelk en fyn pynappel by.

Gooi oor beskuitjies en laat afkoel.

Versier met pynappel en room of sprinkel beskuitjiekrummels bo-oor.

Page 63: SOET TERTE

PIESANG TERT (86)

KORS:

200G Tennis beskuitjies 30ml suiker

2ml fyn kaneel

VULSEL:

3 klein ryp piesangs, fyngemaak 379g kondensmelk (1blik)

15ml suurlemoensap 1 eiergeel

50ml geroosterde klapper

KORS:

Maak ‘n krummelkors en voer ‘n 23cm losboomtertpan daarmee uit.

VULSEL:

Voorverhit die oond tot 200C. Meng alle bestanddele, behalwe klapper, giet in tertdop. Bak vir 30-40 minute lank of tot stewig. Sprinkel klapper oor.

APPELTERT VERRASSING (87)

(Dit lewer 1 tert)

1 x 400 g- bevrore skilferdeeg, ontdooi

45 ml vlapoeier

200 ml melk

65 g versiersuiker (125 ml)

30 g margarien (30 ml)

6 tertappels

125 ml brandewyn

5 ml fyn kaneel

5 ml fyn koljander

Page 64: SOET TERTE

2,5 ml fyn neutmuskaat

120 g strooisuiker (140 ml)

1 eiers, geklits (verf oor deeg voordat jy die kors bak)

Plaas 'n grootbord ( 25 cm in deursnee) op die deeg en sny rondom die bord. Prik die deeg hier en daar met 'n vurk, plaas op 'n bakplaat en bak vir 15 minute in 'n voorverhitte oond teen 200C tot goudbruin. Meng die vlapoeier en 50 ml van die melk om 'n gladde pasta te vorm. Verhit die orige 150 ml melk tot kookpunt. Voeg die versiersuiker by die kokende melk en roer om dit op te los. Roer 'n bietjie van die warm melk by die vla mengsel, giet terug in die kastrol en bring oor matige hitte tot kookpunt. Roer aanhoudend totdat die mengsel verdik. Roer die margarien by en laat afkoel. (Bedek die kastrol met 'n bord om te verhoed dat 'n vel vorm). Skil, ontkern en sny die appel in blokkies. Sprinkel helfte van die brandewyn en al die speserye oor die appels. Giet die oorblywende brandewyn in 'n braaipan, voeg die strooisuiker by. Sodra die mengsel begin karameliseer, kan die appels bygevoeg word. Laat 'n verdere 10 minute oor hoë hitte kook, roer aanhoudend. Smeer die koue vla eweredig oor die gebakte deeg en plaas die warm appelmengsel bo-op. Sit dadelik voor met styfgeklopte, vars room

GEBAKTE GRENADELLA TERT (88)

KORS:

150g botter

250ml versiersuiker

2 groot eiers

500ml koekmeelblom

125ml fyn amandels

3ml fyn kaneel

VULSEL:

250ml room

110g grenadellamoes

25ml mielieblom

6 eiergele

125ml strooisuiker

Page 65: SOET TERTE

125ml amandelsplinters

BOLAAG:

110g grenadellamoes

12.5ml mielieblom

KORS:

Meng botter en versiersuiker in voedselverwerker. Voeg eiers by en meng goed. Voeg meelblom, amandels en kaneel by, meng om bal te vorm. Haal uit, draai in kleefplastiek toe en sit in yskas vir 1 uur. Rol uit en voer ‘n 220mm tertbord uit. Prik boom. Sit tertpan in yskas vir 20 minute. Voorverhit die oond tot 200C. Bak vir 12 minute, haal uit en laat afkoel.

VULSEL:

Meng room, grenadella en mielieblom, verhit tot warm. Klits eiers en strooisuiker in boonste deel van dubbelkoker tot lig en skuimerig. Klits warm roommengsel by. Roer oor hitte tot dik. Gooi uit, koel af. Strooi amandels in tertdop, maar hou ‘n paar eenkant vir versiering. Skep vlamengsel in tertdop.

BOLAAG:

Verhit die grenadellamoes en mielieblom tot begin verdik en skep bo-op. Versier met res van amandels. Bêre in yskas tot met opdiening

CREMORATERT (89)

500 ml Cremora

250 ml warm water

1 pakkie beskuitjies, gekrummel

125 ml botter of margarien;

397 g kondensmelk

125 ml suurlemoensap.

Voeg Cremora by warm water en klits tot opgelos.

Laat oornag in yskas.

Meng krummelbeskuitjies met botter of margarien en druk vas in 'n tertbord van 27 cm in deursnee.

Page 66: SOET TERTE

Plaas in yskas.

Klits kondensmelk by Cremoramengsel.

Roer suurlemoensap by totdat mengsel verdik.

Skep vulsel eweredig op kors en plaas in yskas.

RUM EN ROSYNE YSKASTERT (90)

250ml kookwater

420ml pitlose rosyne

250ml room

397g Caramel Treat (kondensmelk)

3ml vaniele geursel

8ml rumgeursel

200g Tennis beskuitjies (1 pakkie)

1. Giet die kookwater oor die rosyne en laat dit 15 minute lank week.

2. Klits die room styf. Voeg die Caramel Treat, vanielje en rumgeursel by en klits weer goed.

3. Dreineer die rosyne, voeg dit by die kondensmelkmengsel en meng dit goed deur met ‘n houtlepel.

4. Rangskik ‘n laag Tennisbeskuitjies op die boom van ‘n vierkantige tertbord van 220mm x 220mm, wat liggies met botter gesmeer is. Skep ‘n laag rosynemengsel bo-op die beskuitjies. Herhaal die lae en eindig met ‘n laag rosyntjiemengsel.

5. Verkrummel ‘n paar beskuitjies en strooi dit bo-oor.

6. Verkoel die tert 2-3 ure lank in die yskas of totdat die vulsel gestol het.

GRIEKSE VLATERT (91)

STROOP:

Page 67: SOET TERTE

360ml suiker 2 kaneelstokkies

5ml suurlemoensap 375ml water

VULSEL:

1.5liter melk 180ml suiker

250ml botter skil van 1 lemoen in repies, gesny

200ml semolina (Tasty Wheat) 6 eiergele, geklits

KORS:

500g filodeeg 100ml botter, gesmelt

12.5ml kaneelsuiker Voorverhit die oond tot 180C. Smeer ‘n 36cmx26cm-oondbak met botter.

STROOP:

Kook suiker, kaneelstokkies, suurlemoensap en water vir sowat 10 minute tot dik en stroperig. Laat afkoel. Haal kaneelstokkies uit voordat stroop oor die tert gegiet word.

VULSEL:

Verhit melk, suiker, botter en lemoenskil oor matige hitte. Voeg semolina by net voordat die melk begin kook en roer aanhoudend totdat die vla dik en romerig is. Haal van stoof af. Laat effens afkoel voordat die geklitste eiergele bygevoeg word. Haal die lemoenskil uit.

KORS:

Sit ‘n vel filodeeg filodeeeg in die bak sodat die boom en kante bedek is. Verf die deeg met gesmelte botter. Herhaal die proses met nog 6 velle filodeeg. Skep vlavulsel op die deeg en bedek met nog 6 velle filodeeg wat elkeen met botter geverf is. Sny 2 velle filodeeg in dun repies. Versprei die repies oor die filobolaag en sprinkel ‘n bietjie gesmelte botter en kaneelsuiker oor. Bak vir 45-50 minute tot goudbruin. Giet koue suikerstroop oor warm tert. Sny in vierkante en sit louwarm voor.

GEMMER TERT (92)

KORS:

65ml wit margarien gesmelt

200g gemmerbeskuitjies, verkrummel

40ml goue stroop

Page 68: SOET TERTE

40ml gemmerstroop

300ml vlapoeier

40ml vlapoeier, aangemaak met

125ml styf geklitste room

75ml water

15ml gelatien, geweek in 25ml water

4 ingelegde gemmerstukke gekap

Meng die margarien en beskuitjiekruímels. Voer ‘n gesmeerde tertbord met ‘n deursnee van 200mm uit met die beskuitjiekrummels en bak die kors 10 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 180C. Verhit die goue stroop, gemmerstroop en 300ml water tot kookpunt. Verhit dit. Voeg die vlapoeierpasta by die stroopmengsel en roer aanhoudend totdat die mengsel prut. Giet ‘n klein bietjie van die warm vla-stroop-mengsel in die kastrol en roer dit totdat die mengsel weer prut. Voeg die gemmerstukkies by en laat die mengsel effens afkoel. Skep die vulsel in die gaar tertkors en verkoel dit in die yskas tot gestol. Versier met roomrosies

Molly-Ann Underwood Schmidt

MALVALEKKER TERT (93)

Kors

1 x 200 g-pak Romany Cream beskuitjies, gekrummel

115 g/125 ml botter of margarien, gesmelt

Vulsel

1 x 250 g-pak malvalekkers, in stukkies gesny

2 x 200 g-plakke neutsjokolade, in blokkies gebreek

125 ml melk

250 ml vars room, styfgeklits

Metode:

1. Meng die beskuitjies en gesmelte botter of margarien goed saam en druk die mengsel in 'n gesmeerde tertbord.

2. Hou 'n paar stukkies van die malvalekkers vir garnering.

Page 69: SOET TERTE

3. Smelt die res van die bestanddele, behalwe die room, in 'n bak oor 'n pot kokende water Roer aanhoudend.

4. Laat effens afkoel en roer die room by. Meng liggies en skep die vulsel in die tertkors.

5. Verkoel die tert ongeveer 1 uur en garneer met die malvalekkers.

Elizabeth De Jongh Oliphant

DROE VRUGTE TERT (94)

½ K Botter

½ K Suiker (kan bruinsuiker ook gebruik)

1 Blik Kondensmelk

1 K Fyn dadels

½ K Sultanas

½ K Korente

½ K Gesnipperde rosyne

½ K Kersies

½ K Gekapte neuter

2 Pakkies Tennisbeskuitjies

1 t Vanilla geursel Smelt botter en suiker oor lae hittel Voeg kondensmelk by en verwyder van hitte. Voeg vrugte en neute en geursel by en meng deeglik. Breek beskuitjies en meng liggies. Smeer tertbord liggies en skep mengsel in. Laat afkoel en sny in blokkies

Rene Wessels

Suurlemoen-Maaskaastert (95)

1 pak tennis/ Marie beskuitjies.

1 houertjie room maaskaas

1 blikkie kondensmelk

Page 70: SOET TERTE

2-3 lemmetjies se sap OF 3-4 suurlemoene se sap.

Druk die sap uit en maak kondensmelk daarmee dik. Gooi room maaskaas by. Pak n laag beskuitjies, n laag mengsel tot die bak vol is. Strooi krummels oor en plaas in yskas om te stol.[oorspronklike resep]

ek gebruil kleinerige bak, meer lae en strooi pekan neute bo-oor.. Heerlik

Engela Van Niekerk

VINNIGE JOGHURT-TERT: (96)

1 pakkie Tenniskoekies

125ml gesmelte botter

Meng saam en druk vas in tertbord.

Plaas vir 10 minute in yskas.

VULSEL:

Half koppie kondensmelk

500ml natuurlike joghurt

38ml vars suurlemoensap

15ml gelatien

METODE:

Meng kondensmelk, joghurt en suurlemoensap saam. Week gelatien in 15ml lou warm water, roer tot goed opgelos. Gooi stadig by joghurtmengsel terwyl heeltyd klits. Gooi mengsel in tertkors en plaas in yskas om te stol. Versier voor opdiening met roomrosies en ingelegde perskeskyfies of enige ander vrugte.

Engela Van Niekerk

PYNAPPELSTERT: (97)

KORS:

Page 71: SOET TERTE

150g pekanneute, fyn gekap;

Driekwart van 200g pakkie Tenniskoekies;

50ml strooisuiker;

80ml gesmelte botter.

METODE:

Verhit oond tot 180 grade C. Smeer tertbord. Meng al die bestanddele vir kors saam en druk vas in tertbord. Bak kors vir 10 minute.

VULSEL:

50ml strooisuiker

50ml vlapoeier

400ml melk

1 blik (440g) fyngemaakte pynappel, gedreineer

100ml klapper

100ml room

5ml vanielje

5ml suurlemoenskil

knypie sout.

METODE:

Meng strooisuiker, vlapoeier en 200ml melk tot gladde pasta.

Verhit res van melk tot kookpunt en voeg die pasta by.

Roer tot dik en gaar.

Meng res van bestandele by en skep in kors.

MERINGUE:

4 eierwitte

250ml strooisuiker

Klits eierwitte styf en voeg strooisuiker by en klits tot stywe punte vorm.

Skep oor vulsel en bak 10 - 15 minute tot puntjies ligbruin is.

Page 72: SOET TERTE

Maré Nieuwoudt

Korslose karringmelktert (98)

3 Eiers

75 ml Botter of margarien, in blokkies gesny

200 ml Suiker

500 ml Karringmelk

5 ml Vanieljegeursel

250 ml Koekmeelblom

5 ml Bakpoeier

Knippie sout

500 ml Melk

METODE:

Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n diep tertbak.

Klits die eierwitte tot stywe punte begin vorm en hou eenkant. Voeg die botter en suiker by die eiergele en klits goed tot lig van kleur en dik. Voeg die karringmelk, vanieljegeursel, meel, bakpoeier en sout by die eiergeelmengsel en klits tot glad.

Voeg die melk geleidelik by en klits tot ‘n gladde beslag. Giet die beslag by die eierwitte en vou dit liggies in tot eweredig versprei is. Giet die vulsel in die voorbereide tertbak en bak 40 minute tot ligbruin en gestol. Laat afkoel.

Sny in blokkies.

Heerlik net so of met geklopte room of ‘n vrugtesous.

SUURLEMOENTERT (99)

Kors

1 pakkie gemmerbeskuitjies

Page 73: SOET TERTE

3 eetl botter

Smelt botter en meng met fyngedrukte beskuitjies en druk in tertbak

Vulsel

1 eetl suurlemoenskil

½ kp suurlemoensap

5 eiers

¾ kp strooisuiker

300 dik room

Meng mengsel en gooi in pasteikors. Bak in matige oond (180°C) vir 40min.28/9/11 Liz Meiring” Lekker Helena Kruger

Rina Kleinhans

MAASKAAS TERT (100)

(Baie baie lekker)

Kan enige kors gebruik van u keuse

KORS

500g beskuitjies

125g margarine

50g strooisuiker

1 eetl water

Maa beskuitjies goed fyn. Voeg die suiker by. Roer gesmlete margarine in met ‘n lepel, voeg water by en roer totdat water opgeneem is. Druk in ‘n tertpan, bak vir 10min in warm oond (180°C)

VULSEL

1 bakkie maaskaas

1 blik kondensmelk

½ kp suurlemoensap

1 opgehoopte teel. Gelatien

Page 74: SOET TERTE

1 klein blikkie blackberries of enige geblikte vrugte

2 eetl maizina

Meng die maaskaas met die kondensmelk en suurlemoensap. Los die gelatien in bietjie kookwater op en roer by die mengsels in. Gooi mengsel in kors en laat set. Verdik vrugtesap met maizina op stoof. Haal af, laat afkoel, voeg vrugte by en gooi oor die gestolde mengsel. Sit in die yskas en laat baie goed stol. Sit styfgeklop room bo-oor voor opdiening. *Rina Kleinhans* 29/9/2011

Dalene Brits

MELKTERT MET SMEER DEGIE (101)

Kors:

1/2 k Bruismeel;

1 Eier;

1 eetl Suiker;

1 eetl Sagte Botter;

knippie sout.

Meng alles saam tot smeerbare deeg Smeer met lepel in pan. Smeer dun want dit rys baie. Genoeg vir 3 foeliepanne.

MELKTERT

6 k Melk 7 Eiers (geskei)

250g Botter 1 ½ k Suiker

1t Vanilla 1 ¼ k Koekmeel

1. Verhit 5 k melk.

2. Kltis eiergele en suiker tot room.

3. Roer aanhoudend tot stywe pa.

4. Voeg meel en vanilla by en 1 k melk. Klits en voeg by melk op stoof.

5. Verwyder van hitte en roer botter in tot gesmelt.

6. Vou styfgeklopte eierwitte by papmengsel in.

Page 75: SOET TERTE

7. Skep in rou kors en bak 20 – 30 min by 180º of tot bruin. Strooi pypkaneel oor en bedien koud. 1/10/2011

Lorette Grové

Koffie-Yskastert (102)

1 pak. Tennisbeskuitjies

2 sakkies Orley Whip

sjokolade versiersuiker

1 koppie sterk, swart koffie - koud

* Week beskuitjies vinnig in koue koffie.

* Dan dun lagie versiersuiker en dan lagie room. Rasper Peppermint Crisp oor elke lagie room.

* Boonste laag room. Versier met vermicilli of peppermint crisp

Benhet Nieuwenhuis

Likeurtert (103)

Tert

4 Eiers geskei

1k stooi suiker

125ml kookwater

125ml olie

1k koekmeel

20ml bakpoeier

125ml kakao

knypie sout

Sous

Page 76: SOET TERTE

1k kookwater

1k stooi suiker

3e kahlua likeur

Versiersel

1k room

1blik karamelkondensmelk

1 flake

Stel oond op 180

Tert

Klits eiergele en stooisuiker saam tot liggeel.

Meng kookwater en olie

Sif meel,bakpoeier,kakao en sout saam. Roer oliemengsel en meelmengsel beurtelings by eiermengsel

Klits eierswitte tot stuwepuntstadium. Vou by beslag in.

Skep beslag in 2 gesmeerde 22cm oondbakke of 1 28cm tertbak.

bak vir 30min.

Sous

kook water en suiker tot suiker opgelos is! roer likeur by en kook nog 1 min. Giet warm sous oor tert sodrae dit uit oond kom.

Versiersel.

Klits room styf, klop kondensmelk tot glad en toer by room. smeer oor afgekoelde tert.

breek flake in stukkies en strooi oor tert!!

HEERLIK!!!!

Carin Ras Wilson

DADEL-SJIFONTERT (104)

Page 77: SOET TERTE

Hoërskool Garies Kookboek

1 pakkie suurlemoenjellie

1 k kookwater

1 k dadels, fyngesny en gekook

2 e suurlemoensap

1 e gerasperde suurlemoenskil

½ k suiker

¼ t sout

2 eierwitte, styfgeklop

Tertkors van fyngedrukte gemmerbeskuitjies, versag met 3 e botter of margarien.

Maak jellie aan met 1 k kookwater en laat afkoel.

Meng gekookte dadels, suiker, sout, suurlemoensap en skil en verhit tot suiker gesmelt is.

Haal van hitte af en voeg jellie by en laat afkoel.

Wanneer mengsel begin stol, vou styfgeklopte eierwitte in. Skep in tertdop en verkoel.

Indien verkies, versier met room.

Helena Kruger

Suurlemoen Meringue (105)

1 groot blik kondensmelk

125 ml suurlemoensap

3 eiers geskei

2 e suiker

fyngedrukte marie beskuitjies ( vir kors)

2 e margarien gesmelt

Meng kondensmelk, suurlemoensap en eiergele.

Page 78: SOET TERTE

Gooi in voorafbereide tertkors. (meng margarien en beskuitjies).

Klits eierwitte styf en vou suiker in.

Skep meringue op kondensmelklaag en bak teen 180 grade vir 10 min of totdat puntjies ligbruin is.

Bedien koud. 18/10/11

Sanchen Grobler

SUURLEMOEN SKUIMTERT (106)

Tertdop bestanddele

1 x 200 g pakkie teebeskuitjies

125 ml gesmelte stork bake

Vulsel bestanddele

2 eiers, geskei

1 blikkie kondensmelk

1 suurlemoen, sap uitgedruk

60 ml strooisuiker

Metode

Plaas mariebeskuitjies in voedselverwerker en maak fyn, of met die hand. Voeg gesmelte stork bake by, en meng goed. Druk in tertpan en plaas in yskas vir 30 minute. In 'n mengbak, klop eiergele, kondensmelk en suurlemoensap tot dik. Gooi in die beskuitjiedop

Vir die skuimbolaag, klop eierwitte en strooisuiker saam tot styf en skep bo-op die vulsel. Bak in oond teen 180 grade tot lig goudbruin.

Laat afkoel en sit in die yskas.

Wilanda Räsänen

Appeltert

Page 79: SOET TERTE

3 eiers

1½k Strooisuiker

3eetl Botter

1tl Vanilla

1½k Meel

4tl BP

1tl Sout

100ml Melk

Tert appels vir bo-op. Youngbessies werk ook baie lekker.

Stroop

1k Suiker

1k Ideal melk

2eetl Botter

½tl Vanilla

Metode:

Room die botter en die suiker.

Voeg die eiers een vir een by.

Sif die droë bestandele saam en voeg dit om die beurt met die melk by die eiermengsel. Begin en eindig met die meel.

Gooi in gebotterde bak en rangskik die appels bo-op.

Bak vir ongeveer 50min by 350C.

Net voor dit tyd is om die tert uit die oond te haal, kook die stroop bestandele saam totdat die suiker gesmelt het.

Gooi die warm stroop dadelik oor die tert as dit uit die oond kom

Page 80: SOET TERTE

PIESANG TERT:

Ouma se resepte

KORS:

200G Tennis beskuitjies

30ml suiker

2ml fyn kaneel

VULSEL:

3 klein ryp piesangs, fyngemaak

379g kondensmelk (1blik)

15ml suurlemoensap

1 eiergeel

50ml geroosterde klapper

KORS:

Maak ‘n krummelkors en voer ‘n 23cm losboomtertpan daarmee uit.

VULSEL:

Voorverhit die oond tot 200C. Meng alle bestanddele, behalwe klapper, giet in tertdop. Bak vir 30-40 minute lank of tot stewig. Sprinkel klapper oor

Koejawel- en framboosyskastert

PASELLA

Bedien 6 – 8

1 x 200 g pakkie Tennis beskuitjies

1 x 820 g blik koejawelhalwes, gepit gedreineer (stroop gehou) en gekap

1 x 360 g blik gekarameliseerde kondensmelk

Page 81: SOET TERTE

1 ½ k water

1 x 80 g pakkie framboosjellie

1 k room

Doop die Tennis beskuitjies in koejawelstroop en oorvleuel dit op die bodem van ‘n vierkantige bak. Gooi die oorblywende stroop oor die beskuitjies. Kombineer die gekarameliseerde kondensmelk en 1 k water. Roer oor lae hitte tot die karamel gesmelt is. Voeg die jelliepoeier en die oorblywende water saam. Meng goed. Voeg jelliemengsel en gekapte koejawelshalwes by. Laat dit afkoel. Klits die room tot styf en vou dit by die jellie- en koejawelmengsel in. Gooi oor beskuitjies en sit in die yskas om te stol. Versier met vars framboosbessies en sjokoladekrulle.

Pynappel yskastert

Maak 1 pakkie pynappel jellie met 250ml kookwater aan.

Week Tennisbeskuitjies in jellie en voer tertbak daarmee uit

Meng blikkie kondensmelk en 80ml suurlemoensap en 1 blik pynappelstukke met oorblywende jellie.

Gooi oor beskuitjies. Wag tot gestol en geniet *Kosmater* 24/11/11

Santie Carelse

SANTIE SE VINNIGE TERT

Vreeslik Vinnig - Vreeslik lekker Resep

2 blikkies kondensmelk, dik gemaak met suurlemoensap (of na smaak)

Eat Sum More koekies

Krummel koekies en bedek glasbak se bodem

Gooi kondensmelkmengsel oor

Krummel nog koekies bo oor.

Plaas in yskas vir n rukkie tot gestol

Page 82: SOET TERTE

Opsioneel

Jy kan vrugte bygooi

Jy kan bietjie styf geklopte room oorsit.

Otto En Petro Marx

NOG 'N LEKKER VINNIGE TERT

Baie lekker!

1 pk romany creams,

1 blikkie (410gr) ingelegde koejawels.

Pak in lae romany creams, koejawels, in stukkies gesny met stroop en dan warm vla.

Warm vla moet laaste bo op kom. Laat koud word. Daar kan ook room bo op laaste laag vla gesit word.

Vinnig en baie lekker.

Isa van Tonder

Cremora tert met 'n Verskil

1/2 kop Kookwater

250 g Cremora

1 Blik Kondensmelk

1/2 Kop Suurlemoensap

500g Yohurt (Black Forrest)

1pak Rooi Jellie

1pak Marie Beskuitjies fyngemaak en met gesmelte botter gement

Metode:

Page 83: SOET TERTE

Meng Cremora goed met kookwater en sit in yskas tot heeltemal afgekoel.

Klits tot styf en romerig.

Gooi Kondensmelk en suurlemoen sap by en klits goed.

Maak intussen jellie aan en laat afkoel maar nie stol nie.

Meng yogurt en jellie by kondensmelk mengsel en gooi oor koekie kors.

Breek flake bo-oor vir versiering.

(Mense het al gedink dit is kaaskoek so lekker is hierdie en dit is heerlike maklik en goedkoop)

Dalene Brits

SUURLEMOENVLATERT

1pk Tennisbeskuitjies

115g Margarien

Krummel beskuitjies en meng met margarine.

1blik Kondensmelk

1k Suurlemoensap (Vars uitgedruk is die lekkerste)

1,5lt Vla (Lekker soet)

Meng kondensmelk en suurlemoensap baie goed.

Pak in lagies en begin by beskuitjies, vla, kondensmelk.

Herhaal lagies.

Versier met gekrummelde Tennisbeskuitjies.

Page 84: SOET TERTE

HEUNINGTERT

200ml heuning

2.5ml fyn kaneel

2.5ml fyn neut

2.5ml fyn naeltjies

90g botter

90g bruinsuiker

5ml koeksoda

5ml bakpoeier

3 eiers

250g (445ml) koekmeel

90g droë vrugte koekmengsels

100g pekan neute gekap

Bring die heuning, kaneel, naeltjies en neut tot kookpunt, en laat afkoel. Klits die botter en suiker tot lig. Voeg die eiers een een by en klits na elke byvoeging. Voeg die heuningmengsel en koeksoda by die bottermengsel en klits tot glad. Sif die koekmeel en bakpoeier saam en voeg die meelmengsel by die heuningmengsel. Voeg die droëvrugte mengsel en neute by, en meng goed. Gooi in ‘n voorbereide tertbak en bak vir 1 uur 10min by 160° C. Rina 5/12/11

Winnie Jordaan

Die bly 'n treffer by my man en kind...

Custard yskas tert (Vlaskywe)

+ -1l Melk

Vlapoeier genoeg om ‘n dik vla van te maak (Vir 1l melk so 3 of 4 eetlepels hoogvol. Eksperimenteer ma self)

1 Pakkie ...Cream Crackers

Icing sugar vir bo-op

Page 85: SOET TERTE

Maak dik vla met melk en vlapoeier en knippie sout; suiker tot soet genoeg en 1tl vaniliegeursel of caramel geursel.

Pak Cream Crackers onder in glasbak, almal in selfde rigting.

Gooi die warm, dik vla in en pak weer laag Cream Crackers in selfde rigting as onderste, bo-op.

Sit in yskas om koud te word.

Wanneer koud, maak versiersuiker aan met bietjie warm water en/of verkieslik vars suurlemoen sap en dribbel bo-oor. Versigtig om dit nie te loperig te maak nie.

Plaas terug in yskas en geniet wanneer icing gestol het. Sny dan al langs die koekies se lyne .

Lorraine Lolla Fourie

Maaskaas Tert (Yskas Kaaskoek)

1 pakkie tennis of Marie beskuitjies en gesmelte botter/margarien om kors te maak (As ek te lui is daarvoor, pak ek die tennisbeskuitjies net so onder in)

1 bakkie gladde (plain) maaskaas

1 boksie orley whipp

1 blikkie kondensmelk

1 pakkie suurlemoen jellie (aangemaak met 1 koppie kookwater)

60 ml Suurlemoensap (sommer uit die bottel)

5ml Vanilje geursel

Klits room styf. Roer al die ander bestanddele (en afgekoelde jellie) by. meng goed en gooi in kors. Laat stol in yskas. Ek pak (soms wanneer ek wil uithang) aarbeie bo-op

Dalene Brits

Lerina moet asb nou net nie lag nie.... Ons het onlangs in nuwe huis ingetrek en die oond het nie gewerk nie. Gaste was oppad en 'die boer moes 'n plan maak'. Ek het die gasbraai aangeskakel en die deksel toegemaak en laat warm word. Daarna het ek hierdie appeltert daarin gebak en dit was

Page 86: SOET TERTE

heerlik. Eintlik nog lekkerder as in die oond .... miskien omdat ons toe al uitgehonger was vir iets lekker.......

APPELTERT

2 Eiers (jumbo)

¾ k Suiker

1 k Bruismeel

¼ k Water

2 eetl Margarien

1 Blikkie tertappels

Stroop:

¾ k Suiker

¾ k Ideal melk

1 tlp Vanilla

Klits eiers en suiker baie goed tot lig en roomkleur.

Sif bruismeel en roer versigtig in by eiermengsel.

Smelt margarien en water saam en roer in by meelmengsel.

Smeer bak en gooi ’n bietjie deeg daarin.

Pak vrugte bo-op en gooi res van deeg bo-oor.

Bak 30 min by 180ºc

Kook stroop en gooi warm oor warm tert. Ek sny die tert klaar voordat ek die stroop oorgooi sodat die stroop oral kan intrek.

1 Groot blik appels is genoeg vir 4 terte.

1 Mengsel is genoeg vir foil pannetjie. Verdubbel die hoeveelheid vir die langwerpige glasbak.

Page 87: SOET TERTE

Berie Smith

MAKLIKE MIKROGOLF TERT:

by Leer Kook Met Jou Mikrogolf on Friday, May 20, 2011 at 12:48pm

Hier is ‘n bitter maklike tertresep wat jul gerus kan probeer.

1 pk Eat sum more (druk fyn) nie botter by nie

1 X 500 ml Jogurt (enige geur) chocchip is glo baie lekker

1 blikkie kondensmelk

1. Druk koekies fyn en sit onder in tertbord.

2. Klits jogurt en kondensmelk

3. Gooi in tertbord.

4. Sit dit in mikrogolf vir 3 minute op HOOG.

Elize Van Zyl Louw

Maklike Melktert mikrogolf resep

1 liter melk

1 blikkie kondensmelk

1 eetlepel botter

1/4 teelepel kaneel

Gooi als in 'n mikrogolf bestande bak en sit in mikrogolf vir 10min op hoog.

Meng die volgende bestandele saam:

Half koppie Mazina

1 eier

1 teelepel vanilla

knippie sout

Page 88: SOET TERTE

Klits by die warm melk mengsel met 'n hand "wisk".

Sit terug in die mikrogolf vir nog 10min op hoog. Klits elke 2minute.

Voer 'n bak uit met Tennisbeskuitjies en gooi die warm melk mengsel in. Strooi kaneel oor en laat afkoel.

Carol Elliott Claassen

KORSLOSE MELKTERT

2 Eetlepels Gesmelte botter/marg

3 Eiers, geskei

1 Koppie Suiker

1 K Meel

1teelepel Bakpoeier

1/4t Sout

1t vanilla

4 Koppies Melk

Klits die Botter, Eiergele en Suiker goed saam

Sif Meel, BPoeier en sout saam en voeg by botter-mengsel

Roer Melk en Vanilla saam en meng met bg.

Vou styfgeklitste Eierwitte by mengsel en gooi en gesmeerde terkbak.

Strooi kaneelsuiker oor

Bak totdat gestol is by 180 C +/- so 40 min

Page 89: SOET TERTE

Johan Niemann 6:07pm Dec 13

WHITE CHOCOLATE TART WITH CRANBERRIES AND PISTACHIOS

Johan's Passion for ......cooking

INGREDIENTS:

6 extra large eggs

60 ml castor sugar

5 ml vanilla essence

100 g good quality white chocolate, melted

2 x 250 g tubs mascarpone cheese

60 ml Frangelico liqueur

1 x 200 g packet shortbread

75 ml Frangelico liqueur

50 g chopped pistachio nuts

50 g dried cranberries

50 g good quality white chocolate, melted METHOD: Beat the egg yolks, castor sugar and vanilla in a heatproof bowl until thick. Place the mixture over a pot with boiling water, but make sure the bowl doesn’t touch the water. Beat continuously for 6 minutes until the mixture is thick and a pale cream colour. Remove the bowl from the heat and continue beating for another 4 minutes to cool. Beat in the chocolate, mascarpone cheese and 60 ml liqueur. Place the biscuits in the bottom of an approximately 20 cm x 27 cm dish. Drizzle the 75 ml liqueur over and leave to soak. Spoon the egg and chocolate mixture on top. Refrigerate until firm. Mix pistachio nuts and cranberries together and scatter over the tart. Drizzle with melted chocolate.

Top with toasted flaked almonds instead of pistachio nuts and cranberries and drizzle with dark chocolate.

Top with fresh berries instead of pistachio nuts and cranberries

Melinda Van Zyl Treherne

Cappuccino Yskastert

Page 90: SOET TERTE

1 blik kondensmelk

2 koppies koffie wat gemaak is met 4etl koffie

4tl gelatien wat opgelos is met 3\4 k water (losop koue mengsel op beker

warm water)

1k stroop

4 eierwitte (gebruik geel sommer vir roer eiers of iets)

2etl botter

Kook water stroop en koffie saam.

Haal van die stoof af en sit gelatien en styfgeklopte eierwit by. Plaas

op beskuitjies

Klop 1 pakkie orliwip styf met bietjie suiker styf en sit bo oor.

Melinda Van Zyl Treherne

Miljoeners Yskastert

1blik kondensmelk

¼ k suurlemoensap

bietjie kersies gekerf

1 blik fyn pynappel

2pakke malfa lekkers gesnipper

2pakkies orliwip klopstyf

Meng en plaas op beskuitjies

Isa van Tonder

LEKKER YSKASTERT

Page 91: SOET TERTE

Hi hier is vir jou nog 'n lekker vinnige tert resep en hy smelt nie so vinnig nie!

1 Boksie Orly Whip

1 Blik Karamel Kondensmelk

1 Slab Pepermint Sjokolade

1 Pakkie Suurlemoen jellie

1 Kop Kookwater

1 Pakkie Tennis beskuitjies

Meng jellie met kookwater en laat in yskas staan tot lagie onder vorm.

Klits orly whip styf en voeg karamel kondensmelk byl. Vou gerasperde sjokolade by en voeg dan afgekoelde jellie by.

Voer tertbord uit met tennisbeskuitjies en gooi mensgel bo-oor en laat in yskas stol. Jy kan bietjie Amarula Likeur ook byvoeg vir ekstra geur of oor die tennisbeskuitjies drup!

Stella Pretorius

YSKASTERT

1 tin condensmilk,

500gram yoghurt,

1 packet finger biscuits or tennis biscuits.

Mix tennis biscuits with melted butter to make crust.

In a seperate bowl mix yoghurt and condensmild well together, pour onto crust and and place in Microwave for 7 minutes, after done put in refregirator to stall. It is absolutely a winner

Louise Groenewald

Hierdie is slag iets anders as appeltert. Julle kry seker blikkies pere in Oz? SA is mos bekend vir sy pere, dit het dus darem 'n SA flavour! Dis 'n baie lekker tert, heerlik saam met custard of room.

Page 92: SOET TERTE

PEAR BAKE

1 Large Tin (820g) Pears, sliced

1 Tablespoon (15ml) Honey

250 ml Sugar

2 Eggs

12,5 ml Melted Margarine

125 ml Milk

250 ml Selfraising Flour

Salt

50g chopped Pecan Nuts

Sauce:

45ml (3 Tablespoons) Butter

60ml (4 Tablespoons) Honey

60ml (4 Tablespoons) Sherry or port

1) Gently mix pears with honey. Spoon into a greased dish.

1) Beat eggs and sugar together, until light.

2) Add melted marg. and milk. Mix well.

3) Add flour and salt. Mix well.

4) Pour batter over pears, scatter nuts over batter and bake at 180º for 45 minutes. Use a flat square dish for best results. The centre tends to stay rawish if a deep round dish is used.

Bring sauce ingredients slowly to the boil. Prick pie all over with a fork and pour sauce over as soon as it comes out of the oven.

Carol Elliott Claassen

Rice Crispies Tert

Smelt halwe koppie botter, 32 marshmallows, en klein slab

Page 93: SOET TERTE

sjokolade. Gooi 6 koppies Rice Crispies by en roer vinnig.

Dit sal ‘n kors vorm, wanneer dit plat gedruk word in ‘n tertbak.

Sny ‘n laag piesangs oor en drup bietjie suurlemoensap oor sodat

piesangs nie bruin word nie.

Smeer laag karamel kondensmelk oor en dan ‘n laag room.

Laat verkoel.

Berie Smith

APPELTERT/KOEK: [ALTYD 'N WENNER, BAIE MAKLIK EN YUMMY!!!]

3 e botter [asb nie margarien nie]

3 eiers

1 kop meel

knippie sout

3/4 kop suiker

3/4 kop melk

1 t bakpoeier

1 blik ongesuikerde tertappels [klein blikkie 385g]

Klop botter en suiker tot room. Voeg eiers een vir een by en klop elke keer goed.

Voeg melk by.

Sif droë bestanddele saam en roer in mengsel.

Sit in gesmeerde vuurvaste bak. [ek gebruik vierkantige oondbak]

Sit gekapte ongesuikerde tertappels bo-op.

Bak in 'n matige oond [180C/350F] vir 35 - 40 min.

STROOP:

Kook saam.

Page 94: SOET TERTE

1 groot blik Idealmelk [380g] en 3/4 koppie suiker [tot suiker gesmelt het] en gooi oor die warm appeltert/koek.

Marlé Buysse 10:47am Jan 8

Suikervrye kitsmelktert

Kors:

1 pakkie volgraan-digestiebeskuitjies

125 g botter of margarien

2,5 ml fyn kaneel

Vulsel:

625 ml afgeroomde melk

12 kunsmatige versoeter tablette of 24 druppels vloeibare kunsmatige versoeter

15 ml botter of margarien

10 ml vanilla

2,5 ml amandelessens

30 ml meelblom

30 ml mielieblom

2 eiers

1 pypkaneelstokkie

fyn kaneel

Maak die krummelkors deur die beskuitjies fyn te druk en voeg die fyn kaneel en gesmelte botter of margarien by. Druk vas in `n 23cm tertbak. Verhit die melk met die pypkaneel tot kookpunt vir die vulsel. Klits die eiers, vloeibare kunsmatige versoeter (indien die tablette gebruik word, voeg dit by die warm melk sodat dit kan oplos), meel- en mielieblom saam. Gooi die warm melk oor hierdie mengsel. Roer deeglik. Plaas terug in pan en kook, roer totdat die mengsel dik en glad is. Voeg die margarien of botter, vanilla-en amandelessens by. Gooi in die kors. Besprinkel met fyn kaneel. Laat afkoel.

Page 95: SOET TERTE

Marlé Buysse

Jogurt-en-Sjokolade-tert

Koek

1 k strooisuiker

4 eiers

1 t vanilla

2 1/2 k koekmeel

1 1/2 t bakpoeier

1/2 t koeksoda

knypie sout

6 eetl olie

1 1/2 k natuurlike jogurt

Stroop

125 g botter

3/4 k strooisuiker

5 eetl kakao

380 g (1 blik) ingedampte melk

Voorverhit die oond tot 180 grade celsius. Koek: Klits die strooisuiker en eiers tot liggeel. Klits die vanilla by. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout. Meng die olie en jogurt. Meng die jogurtmengsel om die beurt met die meelmengsel en eiermengsel. Skep die beslag in `n diep, ronde, gesmeerde oondbak met 26 cm deursnee. Bak vir 35 minute of tot toetspen skoon uitkom. Stroop: Verhit die botter, strooisuiker en kakao in kastrol tot botter gesmelt is. Draai die hitte laer en laat prut vir 5 minute. Steek met mes gaatjies in die tert as dit uit die oond kom sodat die sous eweredig kan intrek. Gooi warm stroop bo-oor tert. Laat afkoel. Sit louwarm of teen kamertemperatuur voor.

Page 96: SOET TERTE

Begin die bikinidieet môre’-melktert

Deur Huisgenoot Woensdag 29 September 2010

Lewer 12-14 porsies.

1 L (4 k) volroommelk

2 kaneelstokkies

60 ml (¼ k) vlapoeier

80 ml (1/3 k) mielieblom

1 blik (397 g) kondensmelk

100 g STORK BAKE, in blokkies gesny

1 eier, geklits

2 pakkies (200 g elk) Tennis-beskuitjies

gemaalde kaneel

Verhit 750 ml (3 k) van die melk saam met die kaneelstokkies tot net onder kookpunt.

Laat 10 minute staan en verwyder die kaneelstokkies.

Meng die vlapoeier en mielieblom met die res van die melk en die kondensmelk tot glad.

Voeg by die warm melk, plaas terug op die plaat en bring tot kookpunt.

Roer voortdurend.

Laat prut tot verdik en gaar.

Haal van die plaat af en klits die STORK BAKE en eier by.

Pak ’n laag Tennis-beskuitjies in ’n bak van 35 x 20 cm.

Skep ’n dun lagie vla oor, sprinkel ’n bietjie gemaalde kaneel oor en pak nog ’n laag koekies bo-op.

Herhaal die lae vla en koekies en eindig met vla en gemaalde kaneel.

Laat afkoel tot kamertemperatuur en plaas oornag in die yskas.

Louise Groenewald Ek het dit gekry!

JODE-TERT

Page 97: SOET TERTE

1 eetlepel botter

¼ koppie suiker

2 teelepels bakpoeier

2 eiers

1½ koppie meelblom

Klits die botter en suiker tot room. Voeg die eiers ná mekaar by. Voeg droë bestanddele by om ‘n rolbare deeg te vorm. Rol baie dun uit en verdeel in vyf ewe groot ronde skywe. Bak in 375 grade tot gaar.

Vulsel:

2½ koppies melk

2 eetlepels meelblom

½ koppie suiker

1 teelepel vanielje

2 eiers

Verhit die melk tot onder die kookpunt. Klits eiers en suiker deeglik en voeg die meelblom by. Voeg eiermengsel by die melk en roer tot dik. Kook 2 minute. Voeg vanielje by. Laat koud word. Sit lae opmekaar met vulsel tussenin. Bedien die volgende dag.

Berie Smith

LIQUIFRUITTERT: [Lorette Grové]

1 Groot Liquifruit of enige ander vrugtesap

1 Pakkie Orley Whip

2 Pakkies Jellie Selfde geur as koeldrank

1 Pakkie tennisbeskuitjies

Verhit Liquifruit en jellie saam.

Klits Orley Whip tot styf.

Meng met Jellie megsel.

Plaas beskuitjies onder in 'n bak en giet mengsel oor.

Page 98: SOET TERTE

Sit in yskas tot gestol.

Berie Smith

BANOFFEE TERT:

1pk Romany creams ofTennisbeskuitjies-fyngedruk

125ml gesmelte botter

1 Blik caramel treat

375ml Dik vla (self gemaakte)

2-4 Piesang

250ml styfgeklopte room

-Meng beskuitjiekrummels en botter goed saam en druk stewig vas op die boom. van 'n tertpan of vlak glasbak,vierkantig of rond.

-Plaas in yskas vir so 15 tot 20 minute.

-Haal kors uit yskas en bedek en smeer dit met caramel treat.

-Sny piesangs ringe en pak bo-oor caramel treat.

-Bedek en smeer dik vla oor gepakte piesangs.

-Bedek en smeer styf geklopte room oor vla en sprinkel kokoa poeier oor, garneer met cherries en amandel vlokkies.

Berie Smith

PIENKTERT: [Lorette Grové]

250 ml Room

500 ml Aarbei Yoghurt

1 Pakkie aarbei Jellie

1 Blik Kondensmelk

1 Houer Maaskaas

Page 99: SOET TERTE

1 Pakkie aarbei instant poeding

1 pakkie tennisbeskuitjies

Botter

1 eetlepel Vlapoeier

1 koppie warm water

• Klits room styf en voeg kondensmelk, yoghurt en maaskaas by.

• Voeg droë instant poeding by en meng goed deur.

• Verkrummel tennis beskuitjies met botter en plaas in bak as kors.

• Voeg mengsel in bak.

• Begin eers met die volgende stappe as die tert gestol het.

• Maak jellie aan met 1 k warm water.

• Voeg vlapoeier by.

• Kook in mikrogolf tot gaar.

• Gooi oor gestolde tert.

Karien Venter

Vinnige Peppermint Crisp tert

Bestanddele:

2 pk suurlemoen jellie

1 blikkie Ideal melk

1 blik Caramel kondensmelk

2 pk Marie beskuitjies

3 x Peppermint Crisp choc's

Aanwysings:

1. Los jellie poeier op in helfte van water (helpfte van voorgeskrewe hoeveelheid op pakkie se gebruiksaanwysings)

2. Gebruik net kookwater

Page 100: SOET TERTE

3. Laat afkoel tot kamertemperatuur

4. klits Ideal melk tot skuimerig

5. Klits die caramel goed, en meng dit dan met die jellie en die Ideal melk.

6. Pak in lae in bak, met marie beskuitjies onder elke laag.

7. Rasper Peppermint Crisp tussen-in en bo-op.

8. Laat oornag in yskas staan.

Marlé Buysse

EENVOUDIGE MAASKAASTERT

1 pak tennis beskuitjies 2 x 250 g gladde maaskaas

1 blik kondensmelk 145 ml room, geklop

1 e suurlemoensap 1 opgehoopte e gelatien

kwart k warm water.

Pak beskuitjies in bak. Meng die gelatien met die warm water. Meng dan alles saam en giet oor beskuitjies. Plaas in yskas.

Therese Van Den Berg

Litchi Yskaskaaskoek

Dinsdag, April 08 2008 @ 05:33 VM CDT

Geskryf deur: lika

2 Sakkies Orley Whip

2 Blikkies kondensmelk

Driekwart koppie suurlemoensap

2 teelepels gelatine

Koekiekors van fyn tennisbeskuitjies en botter

Page 101: SOET TERTE

1 Blikkie ingemaakte litchi's

Klits orley whip baie goed styf. Roer kondensmelk en suurlemoensap by. Gooi 'n klein bietjie koue water oor die gelatine in 'n koppie tot gedek. Laat staan 'n oomblik, voeg dan net genoeg kookwater by vir die gelatine om op te los. Voeg nou hierdie mengsel by die orleywhip en kondensmelk mengsel en roer goed. Giet mengsel uit oor koekiekors.

Dreineer die Litchies, sny op in stukkies en pak bo-op die tert. Gooi al die stroop in die blikkie in 'n pot en verhit op stoof. Meng 2 teelepels Maizena met 'n klein bietjie koue water en voeg by die kokende sap om dit te verdik. Laat effens afkoel en gooi sap bo-oor gepakte litchi's op die tert. Plaas oornag in yskas voor eet

Quick Apple Strudel

Allrecipes.co.uk

Recipe by: Claudia_Meilinger

This is a quick recipe for an apple strudel, using shop-bought puff pastry and fresh apples. Sure to impress. Just right for an afternoon snack or a spontaneous . gossip gathering with friends over tea or coffee.

This is a quick recipe for an apple strudel, using shop-bought puff pastry and fresh apples. Sure to impress. Just right for an afternoon snack or a spontaneous gossip gathering with friends over tea or coffee.

Ready in 1 hour

Saved by 24 cook(s)

Ingredients

Serves: 6

1 (500g) packet puff pastry

5 medium sized sour apples

Juice of 1/2 lemon

140g sugar

1 teaspoon cinnamon

1 tablespoon flour

Page 102: SOET TERTE

1 teaspoon vanilla extract

80g raisins

1 egg beaten with 3 tablespoons milk

Icing sugar for dusting

Preparation method

Prep: 15 mins | Cook: 45 mins

1.Preheat oven to 220 C / Gas 7. Butter a baking tray, or line with baking parchment.

2.For the filling, peel the apples and cut into quarters, then cut into thin slices. In a large bowl, drizzle with the lemon juice to prevent discolouring.

3.Mix the sugar, cinnamon and flour in a small bowl. Add the flour mixture to the apples with the vanilla. Stir everything well. Now add the raisins.

4.Roll out the puff pastry. Place the filling down the centre. If there is too much fulling, don't use it all.

5.Fold the top flap of pastry over the filling and brush with the egg-milk mixture. Fold the lower flap of pastry over it and press firmly. Seal the ends equally well with the egg-milk mixture.

6.Turn the strudel over so that the nice side is facing up. Lay the strudel on the buttered baking tray and brush it with the remaining egg-milk mixture. Pierce the top a few times with a knife so the steam can escape (diagonal slits look nice).

7.Bake the strudel in the middle of the oven for 20 minutes. Reduce the temperature to 190 C / Gas 5 and bake for another 20 minutes until golden brown.

8.Leave to cool for at least 20 minutes before cutting. Dust with icing sugar. A large dollop of cream, custard or vanilla ice cream goes really well with it.

Easy Apple Strudel

Allrecipes Make 6

Ingredients

1 Granny Smith apple - peeled, cored and coarsely shredded

3 Granny Smith apples - peeled, cored and sliced

1 cup brown sugar

1 cup golden raisins

Page 103: SOET TERTE

1 sheet frozen puff pastry, thawed

1 egg

1/4 cup milk

Directions

Preheat oven to 400 degrees F (200 degrees C). Line a baking sheet with parchment paper.

Place apples in a large bowl. Stir in brown sugar and golden raisins; set aside. Place puff pastry on baking sheet. Roll lightly with a rolling pin. Arrange apple filling down the middle of the pastry lengthwise. Fold the pastry lengthwise around the mixture. Seal edges of pastry by using a bit of water on your fingers, and rubbing the pastry edges together. Whisk egg and milk together, and brush onto top of pastry.

Bake in preheated oven for 35 to 40 minutes, or until golden brown.