28
SQUARED 2 UP Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 2 Sept 2012 www.up.ac.za Slegs ʼn week na G8-leiers hul gesamentlike verbintenis tot wêreldvoedselsekuriteit bevestig het deur die New Alliance for Food Nutrition in Mei hierdie jaar, het die grootste getal voedselsekuriteitsverwante navorsers wat saam in een instelling werk ʼn samewerkingsplatform by die Universiteit van Pretoria (UP) bekendgestel met dieselfde doel. Die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid (IFNuW) is amptelik op 28 Mei 2012 by UP bekendgestel. Me Sheila Sisulu, Adjunk Uitvoerende Direkteur van die World Food Programme, was die gasspreker. Die IFNuW help met die stryd teen honger, wanvoeding en siekte deur meer as 100 navorsers van vyf fakulteite en meer as 30 akademiese departemente, eenhede en sentrums die geleentheid te gee om anderkant die tradisionele kennisgrense te werk. Hierdie navorsers, die grootste samewerkende groep van sy aard, dra almal aktief by tot diverse studievelde wat van voedselproduksie, dieresiektes, Afrika-gewasse en probiotika tot diabetes, wette oor die beskerming van gebruikers en skole as agente van gedragsverandering strek. Prof Sheryl Hendriks, Direkteur van die Instituut, van die Departement Landbou-Ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het die volgende gesê: “Navorsing oor die laaste 30 jaar plus het ons baie geleer oor die oorsake van hongerte en armoede. Tog weet die wêreld baie min oor hoe om hongerte en armoede op te los.” Volgens prof Hendriks wil die IFNuW onderliggende kwesbaarhede aanspreek en maniere vind om ʼn meer veerkragtige landbou- en voedselstelsel te bou om hongerte en wanvoeding te verminder en verbruikersgedrag te bevorder wat menslike produktiwiteit en algehele welsyn sal bevorder. UP stel Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid bekend Vervolg op bladsy 3

SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

SQUARED2 UP Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 2 Sept 2012

www.up.ac.za

Slegs ʼn week na G8-leiers hul gesamentlike verbintenis tot wêreldvoedselsekuriteit bevestig het deur die New Alliance for Food Nutrition in Mei hierdie jaar, het die grootste getal voedselsekuriteitsverwante navorsers wat saam in een instelling werk ʼn samewerkingsplatform by die Universiteit van Pretoria (UP) bekendgestel met dieselfde doel.

Die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid (IFNuW) is amptelik op 28 Mei 2012 by UP bekendgestel. Me Sheila Sisulu, Adjunk Uitvoerende Direkteur van die World Food Programme, was die gasspreker. Die IFNuW help met die stryd teen honger, wanvoeding en siekte

deur meer as 100 navorsers van vyf fakulteite en meer as 30 akademiese departemente, eenhede en sentrums die geleentheid te gee om anderkant die tradisionele kennisgrense te werk.

Hierdie navorsers, die grootste samewerkende groep van sy aard, dra almal aktief by tot diverse studievelde wat van voedselproduksie, dieresiektes, Afrika-gewasse en probiotika tot diabetes, wette oor die beskerming van gebruikers en skole as agente van gedragsverandering strek.

Prof Sheryl Hendriks, Direkteur van die Instituut, van die Departement Landbou-Ekonomie,

Voorligting en Landelike Ontwikkeling in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het die volgende gesê: “Navorsing oor die laaste 30 jaar plus het ons baie geleer oor die oorsake van hongerte en armoede. Tog weet die wêreld baie min oor hoe om hongerte en armoede op te los.”

Volgens prof Hendriks wil die IFNuW onderliggende kwesbaarhede aanspreek en maniere vind om ʼn meer veerkragtige landbou- en voedselstelsel te bou om hongerte en wanvoeding te verminder en verbruikersgedrag te bevorder wat menslike produktiwiteit en algehele welsyn sal bevorder.

UP stel Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid bekend

Vervolg op bladsy 3

Page 2: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

2 SQUARED2 UP

Bood

skap

van d

ie De

kaan

Ons wil graag die Fakulteit as een van die top wetenskapsfakulteite in Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat betekenisvol bydra tot sommige van die grootste uitdagings wat die kontinent in die gesig staar met betrekking tot armoede en voedsel-, energie- en watersekuriteit, klimaatsverandering en die impak daarvan op landbou, gesondheid van mense en diere en ekonomiese volhoubaarheid. Alhoewel die Fakulteit reeds wesenlik tot sommige van hierdie uitdagings bydra, glo ek dat met die nuutgevestigde Institusionele Navorsingstemas by UP, wat op meeste van hierdie kritiese kwessies sal fokus, die Fakulteit hande sal vat met ander fakulteite om sy impak en voetspoor in Afrika betekenisvol te verbeter. Lees meer oor die amptelike bekendstelling van die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid (IFNuW) op 28 Mei 2012 op bladsy 1.

Die Fakulteit is mensgerig en soek derhalwe deurlopend na geleenthede om hoog aangeskrewe navorsers en akademici te werf en aan te stel. Een van hierdie nuwe aanstellings is dié van die Direkteur van die nuutgevestigde Centre for Microbial Ecology and Genomics (CMEG), prof Don Cowan, ʼn internasionale navorser van formaat en die eertydse Direkteur van die Instituut Microbial Biotechnology and Metagenomics by die Universiteit van die Wes-Kaap (lees meer op bladsy 11). Ons sê totsiens aan twee senior navorsers wat onlangs uitgetree het na dekades van navorsing en diens aan die Universiteit – prof Norman Casey en prof Wouter van Hoven (lees meer op bladsy 12-13).

Ons is, soos altyd, baie trots op die uitstaande prestasies van ons personeel en studente in die Fakulteit. Prof Jolanda Roux het nog ʼn toonaangewende toekenning by haar prestasies gevoeg toe sy die NSTF-BHP Billiton-toekenning ontvang het vir ʼn vroulike navorser wat ʼn uitstaande bydrae gemaak het tot SETI deur Navorsingskapasiteitsontwikkeling oor die laaste vyf tot tien jaar (bladsy 3). Prof Mike Wingfield, Direkteur van die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI) het die gesaghebbende Johanna Westerdijk-toekenning van die Centraalbureau voor Schimmelcultures (CBS) Fungal Biodiversity Centre ontvang (bladsy 4). Gerda Fourie, ʼn PhD-student by FABI, is die trotse ontvanger van die 2012 L’Oréal-UNESCO-toekenning vir Vroue in Wetenskap van sub-Sahara-Afrika (bladsy 6). Die Universiteit het die eerste prys ontvang vir die beste Wetenskapskou en tweede prys vir die Beste Uitstalling in die tersiêre instelling-kategorie by die Sasol Techno X (bladsy 4). Die Hoof van die Departement Chemie, prof Egmont Rohwer, het onlangs sy intreerede gelewer (bladsy 5).

Navorsing is deel van ons kernbesigheid en die belangrikheid daarvan word beklemtoon deur die baanbrekerswerk in navorsing wat deur ons personeel en studente gedoen word. Lees meer oor me Yvette Naudé (ʼn PhD-student) en prof Egmont Rohwer van die Departement Chemie wat ʼn nuwe tegniek

ontwikkel het om DDT in binnenshuise lug en in grond te ondersoek (bladsy 14). Alle paaie het in Mei 2012 gelei na die TRFCA Mimosa navorsingstasie aan die voetheuwels van die Mulanjeberge in Malawi, waar verskeie lede van die SABINA/POL-SABINA netwerk bymekaargekom het om die finale oorhandiging van die POL-SABINA reënskuiling te aanskou. Hierdie gebeurtenis was die hoogtepunt van jare se harde werk deur verskeie toegewyde rolspelers (bladsy 19). Daar is ook ʼn artikel op bladsy 17 oor die Minister van Landbou en Bosbou van die regering van die Sentrale Ekwatoriale Staat (SES) van Suid-Soedan, Sy Edele Minister Michael Roberto Kenyi Legge, wat ingeskryf het vir ’n PhD in Voedselsekuriteit aan die Universiteit van Pretoria.

Die Fisika Departement het die 57ste jaarlikse konferensie van die SAIP van 9 tot 13 Julie 2012 aangebied. Daar was 550 afgevaardigdes van Suid-Afrika en omtrent 40 afgevaardigdes van lande wêreldwyd (bladsy 20).

Daar is soveel uitstaande prestasies van ons personeel, studente en geaffilieerdes waarop ons baie trots is. Ons wil graag met hierdie nuusbrief sommige daarvan ten toon stel. Ons wens julle net die beste toe vir die res van die tweede semester en glo dat julle die jongste nuusgebeure in ons Fakulteit sal geniet.

Prof Anton StröhDekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Boodskap van die Dekaan

Redaksie:Martie Meyer (redakteur)[email protected] 420 5498 (kantoor)012 420 5895 (faks)Kamer 8-9,LandbouwetenskappegebouFakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

UitlegRita DaveCreative Studios (Hatfield)Departement vir Onderwysinnovasie • 012 420 3932

Taalversorging en vertaling:Matilda Botha en UP Taaleenheid

Stuur gerus kommentaar en terugvoer oor die fakulteitsnuusbrief en idees/voorstelle vir artikels na [email protected]

Redakteur

Martie Meyer

Verbeter ons impak en voetspoor in Afrika

Page 3: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

SQUARED2 UP 3

Prof Jolanda Roux van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het nog ʼn toonaangewende toekenning by haar versameling van pryse gevoeg toe sy die NSTF-BHP Billiton-toekenning ontvang het, geborg deur Eskom, vir ʼn vroulike navorser wat ʼn uitstaande bydrae gemaak het tot SETI deur Navorsingskapasiteitsontwikkeling oor die laaste vyf tot tien jaar.

Die prys is deur die Minister van Wetenskap en Tegnologie, me Naledi Pandor, by die NSTF-BHP Billiton Toekenningsdinee wat in Junie hierdie jaar in Gauteng gehou is aan haar oorhandig. Dit is die 14de jaarlikse gebeurtenis van hierdie aard.

Prof Roux is ʼn professor by die Departement Mikrobiologie en Plantpatologie, ʼn lid van die bestuurskomitee van die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie by die Universiteit en bestuurder van die Boombeskerming-samewerkingsprogram (TPCP) se veld- en voorligtingsdienste.

Haar navorsing is gerig op boomsiektes en sy is veral entoesiasties oor boomgesondheid oor die algemeen en swamme wat siektes by bome op die Afrika-kontinent veroorsaak. Sy werk saam met navorsers in baie ander wêrelddele en het wyd gereis om haar navorsing te doen.

Prof Roux het meer as 100 artikels oor haar navorsingsgebied gepubliseer en het ses PhD’s en

14 MSc-studente suksesvol (met nog 14 in wording) gelei. Sy dien op ʼn aantal internasionale komitees en is tans die koördineerder van die International Union of Forestry Research Organisation se Afdelingsnavorsingsgroep oor Bospatologie. Sy het in 2011 die Koningin se Toekenning vir Bosbou (van die Statebond Bosbouvereniging) ontvang, en die geleentheid gehad om Koningin Elizabeth II te ontmoet. Prof Roux het baie ander pryse ontvang, soos die DST se “Voortreflike Jong Vroue in Wetenskap”-toekenning wat in 2011 aan haar oorhandig is.

Sy is tans die Visepresident van die Suider Afrikaanse Vereniging vir Plantpatologie, dien op die redaksionele rade van die South African Journal of Science, Tropical Plant Pathology en Forest Pathology en is ʼn ereprofessor van die Chinese Akademie vir Bosbou.

Prof Mike Wingfield, Direkteur van FABI, is ook genomineer vir ’n NSTF-BHP Billiton-toekenning.

Prestasies

Die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid (IFNuW) is amptelik op 28 Mei 2012 by UP bekendgestel. Me Sheila Sisulu, Adjunk Uitvoerende Direkteur van die World Food Programme, was die gasspreker.

Prof Sheryl Hendriks (Direkteur van die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid), me Sheila Sisulu (Adjunk Uitvoerende Direkteur van die World Food Programme) en prof Cheryl de la Rey (Visekanselier en Rektor).

Die toepaslikheid van en behoefte aan navorsing by die raakvlakke van produksie, voedselsekuriteit, gesondheid, voeding en ekonomie is duidelik sigbaar wanneer onlangse wêreld- en Afrika-krisisse in ag geneem word – hierdie krisisse het die wêreld se beperkte vermoë om komplekse en herhaaldelike probleme in die landbou- en voedselstelsel op te los beklemtoon.

Prof Hendriks sê innoverende benaderings tot navorsing word benodig om hierdie probleme aan te spreek en dit vereis kreatiewe maniere om die wetenskaplike bevindings aan beleidmakers en gemeenskappe oor te dra. Transdissiplinêre ondersoek moedig aktiewe navorsing aan deur spanne kundiges van verskillende dissiplines wat anderkant tradisionele kennisgrense te werk gaan om nuwe kennis daar te stel en komplekse probleme op te los.

Vyf gelyktydige Indabas (vergaderings oor ernstige kwessies) wat op dieselfde dag as die amptelike opening plaasgevind het, het insethouers van plaaslike en nasionale regering en internasionale vennote die geleentheid gegee om te hoor wat UP navorsers geleer het uit navorsing binne die vyf temas van die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid (IFNuW). Dit het ʼn refleksie oor die waarde van die Instituut en die visie van navorsing vir die toekoms ingesluit, waar daar uit plaaslike en internasionale ondervinding geleer word van die uitdagings en suksesse met betrekking tot hierdie onderwerpe, die deelname aan oop gesprekke om prioriteite vir navorsing op hierdie gebiede te identifiseer en te bespreek hoe om die navorsing aan te wend in beleid en praktyk, en vennootskappe te identifiseer om hierdie prioriteite verder te neem.

vervolg van bladsy 1

Prof Jolanda Roux ontvang toonaangewende NSTF-BHP Billiton-toekenning

Prof Jolanda Roux

Page 4: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

4 SQUARED2 UP

Prof Mike Wingfield, Direkteur van die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI) by die Universiteit van Pretoria, het die gesaghebbende Johanna Westerdijk-toekenning ontvang. Dit is deur die Centraalbureau voor Schimmelcultures (CBS) Fungal Biodiversity Centre aan hom toegeken. Die toekenning word onder spesiale omstandighede aan ʼn individu gegee wat ʼn uitstaande bydrae gelewer het tot die CBS Fungal Biodiversity Centre se versameling van kwekings. Hierdie prys is ʼn aanduiding van ʼn uitmuntende loopbaan in swamkunde (mikologie).

Die CBS Fungal Biodiversity Centre is ʼn instituut van die Koninklike Nederlandse Akademie van Wetenskap (KNAW) en is geleë in Utrecht; dit onderhou ʼn wêreldbekende versameling van lewende veselrige swamme, gis en bakterieë. Die Instituut se navorsingsprogramme is hoofsaaklik gerig op die taksonomie en evolusie van swamme, sowel as die funksionele aspekte van swambiologie en ekologie. Dit maak toenemend gebruik van molekulêre en genomiese benaderings.

Prof Wingfield is ʼn bekende internasionaal navorser en is ook onlangs gekies om ’n eredoktorsgraad van die University of British Columbia te ontvang. Die graad sal amptelik

in November tydens die Universiteit se gradeplegtigheid aan hom oorhandig word.

Hy het wyd gepubliseer oor die onderwerp van boomgesondheid – in meer as 600 referate, vyf boeke en verskeie uitgenooide lesings wêreldwyd. Prof Wingfield het baie vername posisies beklee, verskeie toekennings ontvang en is geëer vir sy bydrae tot opvoedkunde, navorsing en die industrie in Suid-Afrika en in ander wêrelddele. Hy is op grond van hierdie bydraes gekies as genoot van verskeie wetenskaplike verenigings insluitend die Royal Society of South Africa, Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap (ASSAf), die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plantpatologie en die American Phytopathological Society. Hy is een van slegs ʼn paar erelede van die Mycological Society of America.

Hy het vir meer as dertig jaar navorsing oor boompeste en patogene gedoen en veral gefokus op die wêreldwye beweging daarvan. Sy navorsing op hierdie gebied, wat hy in verskeie lande van die wêreld gedoen het, is wyd aangehaal en vermeld; dit het ook gelei tot die ontdekking van sommige van die belangrikste patogene van bome wat kommersieel in plantasies gekweek word. Hierdie navorsing het ook elemente van die biologie en wêreldwye beweging van baie van die belangrikste peste en boompatogene verklaar, wat bygedra het tot nuwe bestuursmoontlikhede en oplossing van probleme. Sy navorsing het dus ook tot die vermindering van verliese in die industrie gelei. Weens sy hoë aansien in navorsingskringe is prof Wingfield al vir ʼn geruime tyd ʼn raadgewer vir baie belangrike bosbou-liggame wêreldwyd.

Prof Mike Wingfield ontvang nog ’n gesaghebbende toekenning

Pres

tasies

Die Universiteit van Pretoria het die eerste prys gewen vir die Beste Wetenskapskou en tweede prys vir die Beste Uitstalling vir tersiêre instellings by die Sasol Techno X wat plaasgevind het vanaf 13 tot 17 Augustus 2012.

Sasol Techno X is ʼn skou wat op uitstallings, werkswinkels, toere, praatjies en praktiese aktiwiteite gerig is. Die doel is om leerders, studente en die algemene publiek entoesiasties te maak oor die eindelose moontlikhede van wetenskap en tegnologie. Sasol Techno X poog om die baie fasette van tegnologie prakties te ontbloot en leerders aan te moedig om die wye verskeidenheid opwindende dissiplines en loopbaankeuses wat deur wetenskap, wiskunde en tegnologie gebied word, te verken. Hierdie jaarlikse geleentheid, geborg deur Sasol, het hierdie jaar meer as 25 000 besoekers gelok.

Die tema van UP se uitstalling was “Wetenskap met sirkels en CD’s”. Die onderskeie fakulteite het die tema hul eie gemaak. Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe het byvoorbeeld rolstoele vir poppe gemaak met die CD’s terwyl die Fakulteit Geesteswetenskappe CD mobiele gemaak het met behulp van foto’s en krale, asook handpoppe. UP personeellede het ook gradeboë, gemaak uit gebruikte CD’s, uitgedeel.

Lof vir UP se Wetenskapskou by Sasol Techno X

Prof Mike Wingfield

Leerders tydens die Sasol Techno X.

Sun ahead of mean solar time(subtract from sundial reading.)

Sun behind mean solar time(add to sundial reading.)

1210

9

86

7

1817

16

15

141311

11 109

87

6

1214

15

1618

17

13

Sci-EnzaWETENSKAP IN AKSIE! HANDS-ON SCIENCE!

Sci-EnzaWETENSKAP IN AKSIE! HANDS-ON SCIENCE!

Sasol Techno-X 2012

Sasol Techno-X 2012

West

East

North

South

East

West

Easy Sundial

13.3

cm

for

Sasolb

urg

, la

titu

de =

26°

48

Stopper, roll up

Glue to bottomedge of CD

North

N S

12

6

3

9 ½�

½�

12

NS

What to do!

Read the time!

You need an old CD, a thinskewer, glue, adhesive gum,

scissors.

Cut out the two yellowdisks and the longstrip on the left.Glue the long stripto the bottom ofthe CD.

Fold the strip tothe other side of

the CD.Glue the ‘north’ face

on the other side ofthe CD, lining up the

12 with the back one.Carefully pierce the centre

of the disks with theskewer; place one end of the

skewer on the black dot of thepaper strip and make sure the

skewer makes a 90°angle with the disk.Place your sundial on a level surface facing north.

Glue the ‘south’face on the CDso that the 12lines up with the12 on the strip.

Equation of Time

’n Voorbeeld van die “Wetenskap met sirkels en CD’s” uitstallings.

Page 5: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

SQUARED2 UP 5

Prestasies

Die Hoof van die Departement Chemie, prof Egmont Rohwer, het onlangs sy intreerede gelewer. Die titel was: “Mass Spectrometry, Chromatography, Chemistry ….what is the purpose?”

Hierdie veelsydige vraag is aangespreek deur middel van details van die spreker se eie loopbaan met gevolgtrekkings oor die rol van Chemie by die Universiteit van Pretoria en in ons land. Die gebruik van duur toerusting en gesofistikeerde infrastruktuur is, met reg, onder beskouing wanneer ʼn universiteit ultramoderne opleiding en navorsing in die eksperimentele wetenskappe oorweeg. Dit is veral die geval in ʼn land met

ʼn opkomende ekonomie waar primêre opleiding, misdaadvoorkoming, gesondheidsorg, diensverskaffing, behuising en werkskepping prioriteit geniet. Die ooglopende teenstelling van hoë-tegnologie wetenskap in ʼn ontwikkelende land kan slegs opgelos word wanneer fasiliteite reg bestuur word, wêreldklasleiers gewerf word, die kernpunte instandgehou word oor jare, toegepaste projekte van plaaslike belang aangespreek word en navorsingsgeld verhaal word van die industrie en internasionale agentskappe met volhoubare ontwikkeling as die gemeenskaplike doelwit. Waar hierdie voorwaardes nie gewaarborg kan word nie, vereis verantwoordelike optrede dat sodanige fasiliteite eerder toegemaak sal word om dié wat ʼn

beter kans staan om die behoeftes van die gemeenskap te dien by te staan.

Analitiese chemiese tegnologie voorsien die vermoë om die realiteit te toets op teoretiese modelle in die natuurwetenskappe en is dus fundamenteel tot die bevordering van diverse dissiplines wat toenemend begrip vereis op die atomiese en molekulêre vlakke. Die tegnieke van Chromatografie en Massa Spektrometrie (MS) is beide omtrent een honderd jaar oud maar kommersiële toerusting het baie later eers beskikbaar geraak, veral weens die behoeftes van die petrochemiese industrie wat, selfs vandag nog, sukkel met gehaltebeheer van produkte soos petrol of diesel, wat meer as 30 000

verbindings kan bevat. Die twee tegnieke vul mekaar aan en vandag kan GC-MS en LC-MS toerusting gevind word by alle goed-ingerigte regerings- en industriële laboratoriums, vir gebruik in roetinetake. Meer gesofistikeerde navorsing word op multidimensionele en hoë-resolusie instrumente gedoen, soos gevind kan word in die UP laboratoriums. Hierdie nie-roetine tegnieke is ’n vereiste om toekomstige analitiese chemici op te lei en om navorsing te ondersteun met betrekking tot gesondheid, water, energie, voedsel, forensiese wetenskap, biologie, omgewingsbesoedeling, argeologie en ingenieurswese – voorbeelde van sodanige interdissiplinêre projekte is deurlopend by UP teenwoordig.

Hoof van Chemie lewer intreerede

Prof Egmont Rohwer

Page 6: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

6 SQUARED2 UP

Pres

tasies

Altesaam sewe beurse en toekennings is tydens die Jaarlikse Merietetoekenningsfunksie op 25 Mei 2012 aan akademiese toppresteerders van die Departement Vee- en Wildkunde oorhandig.

Professor Eddie Webb het die JJ Veenstra-wisseltrofee aan mnr Eckart Beneke oorhandig vir ʼn finalejaar Veekundestudent wat besondere ywer in sy teoretiese sowel as praktiese opleiding getoon het.

Prof Norman Casey van die Departement het drie beurse oorhandig; die Prof DM Joubert-beurs aan me Bonita Nortjé, die Prof JC Bonsma-beurs aan mnr Gareth Salmond en die Prof C Maree-beurs aan me Casey Courtman.

Die SAVVV-prys vir die vir die voortreflikste vierdejaarstudent in Veekunde vir 2011 is aan me An Jacques oorhandig. Me Bianca van Wyk het die SAVVV Noordelike tak-toekenning ontvang vir die beste derdejaarstudent in Veekunde vir 2011. Mnr Rainer Rauch het die Koos van der Merwe AFMA-prys ontvang.

Vee- en Wildkunde vereer akademiese uitblinkers

Mnr Eckart Beneke het die JJ Veenstra-wisseltrofee ontvang wat aan hom oorhandig is deur prof Eddie Webb, Hoof van die Departement Vee- en Wildkunde.

Gerda Fourie, ʼn PhD-student van die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI) by die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, is die trotse ontvanger van die 2012 L’Oréal-UNESCO-toekenning vir Vroue in die Wetenskap in sub-Sahara-Afrika.

Gerda is ʼn PhD-student in mikrobiologie by die Universiteit van Pretoria (UP) en een van tien inspirerende vroue-wetenskaplikes van sub-Sahara-Afrika wat vereer is vir hul werk op wetenskaplike gebied. Sy het ʼn bedrag van $20 000 (R164 173) ontvang om vir haar studies aan te wend.

Die L’Oréal-UNESCO Streeksgenootskappe vir Vroue in Wetenskap in sub-Sahara-Afrika is toeganklik vir alle vrouewetenskaplikes (tot die ouderdom van 40 jaar) in Afrika, suid van die Sahara, wat aan hul PhD werk in alle wetenskaplike velde. Die doel van die beursprogram is om die verteenwoordiging van vroue in wetenskaplike kringe wêreldwyd te verhoog en sodoende rolmodelle vir die vroue van toekomstige generasies te skep.

Bertrand de Laleu, Besturende Direkteur van L’Oréal Suid-Afrika, sê die program het ontstaan weens die behoefte om vroue-wetenskaplikes te help om een van die algemeenste struikelblokke in hul loopbane — gebrekkige toegang tot finansiering — te oorkom. Hy sê die gedagte agter die studiebeurse is om hierdie struikelblok te verwyder, sodat hulle hul volle potensiaal as wetenskaplikes kan bereik.

Gerda het haar BSc in Mikrobiologie en Plantpatologie, sowel as haar honneurs in Mikrobiologie, aan die Universiteit voltooi. Nadat sy haar honneursgraad voltooi het, het sy ʼn posisie as Voedselmikrobioloog by Food Consulting Services aanvaar. Sy het die daaropvolgende jaar as navorsingsassistent by FABI gewerk.

Sy het in 2004 vir ʼn MSc-graad in Mikrobiologie (deeltyds) by UP ingeskryf en haar graad in 2008 met lof ontvang. Sy het daarna twee navorsingstukke, gebaseer op haar verhandeling, gepubliseer en in 2009 die FABI-toekenning vir beste studentepublikasie ontvang. In dieselfde jaar het sy vir ʼn PhD-graad in Mikrobiologie by die Universiteit ingeskryf en ʼn Skaars Vaardighede Beurs van die Nasionale Navorsingstigting (NRF) ontvang om haar studies te voltooi.

Gerda sê: “Ek was nog altyd geesdriftig oor wetenskap en biologie, en geniet die uitdagings en veranderende omgewing van navorsing. My navorsingsbelangstellings sluit in die biologie en evolusie van Fusarium oxysporum en verwante swamspesies in die spesiekompleks Gibberella fujikuroi, met spesifieke klem op F. circinatum, wat verantwoordelik is vir saailingwortelsiekte en verwelking (pitch canker) by dennebome.”

Die titel van haar huidige navorsing is: “The evolution of mitochondrial genomes within the Gibberella fujikuroi species complex”. Die Gibberella fujikuroi-spesiekompleks bevat talle patogene wat van ekonomiese belang is. Spesies in hierdie kompleks is die brandpunt van verskeie projekte om die genome van die swamme te ontleed en die volgorde van die DNS-elemente te bepaal ten einde die genetika en biologie van die swamme beter te verstaan.

Gerda het haar navorsing by vier internasionale en drie nasionale konferensies aangebied en is die outeur of mede-outeur van ses ISI-gegradeerde publikasies (sy het ’n h-indeks van 3). Afgesien van haar studies om die PhD te voltooi, is Gerda ook betrokke by mentorskapprogramme vir voorgraadse studente wat inskakel by die Sentrum vir Boomgesondheidsbiotegenologie (CTHB) in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, sowel as nagraadse BSc (Hons- en MSc-studente).

PhD-student ontvang L’Oréal-UNESCO-toekenning

Gerda Fourie

Page 7: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

SQUARED2 UP 7

Prestasies

Nadia Swanepoel, ʼn PhD-student wat by die Departement Vee- en Wildkunde ingeskryf is, het onlangs ʼn beurs van die California Animal Nutrition Conference (CANC) ontvang.

Nadia het, as wenner, ʼn kontantprys van $1 500 ontvang en kry ook die geleentheid om haar navorsing in die vorm van ʼn 25-minuut PowerPoint-aanbieding (in plaas van ʼn plakkaat-aanbieding) ten toon te stel.

Sy is tans besig met navorsingswerk vir haar PhD by die Universiteit van Kalifornië, Davis, waar sy sleutel-proteïenbronne in Kalifornië navors om die effektiwiteit van produksie in hoë-produserende melkbeeste te verhoog. Die beurs is aan haar toegeken weens haar navorsing op hierdie gebied.

Samevattings van navorsers wat aan die plakkaatkompetisie wil deelneem word van oral in die staat aan die CANC-komitee gestuur. ʼn Wenner word aangewys op grond van die oorspronklikheid van voltooide navorsing met gegronde eksperimentele ontwerp en interpretasies.

Nadia het haar graad in BSc (Agric) Veekunde in 2006 by die Universiteit van Pretoria (UP) verwerf. Sy het daarna met haar MSc-graad onder prof Lourens Erasmus by UP begin, terwyl sy haar praktiese projekwerk saam met dr Peter Robinson by die Universiteit van Kalifornië, Davis gedoen het ( ʼn oorsese program wat sewe maande geduur het). Sy het in 2009 haar MSc (Agric) in Diervoeding met lof ontvang, sowel as die SAVVV brons medalje vir ʼn voortreflike MSc-verhandeling en die AM Bosman goue medalje.

Nadia het van Oktober 2008 tot Oktober 2009 as ʼn Junior Voedingkundige by Meadowfields in Clearwater gewerk. Sy was daarna ʼn Voedingkundige by die Meadow Feeds meule in Welkom tot Julie 2011. Sy het in hierdie tyd twee eweknie-beoordeelde artikels gepubliseer en was mede-outeur van nog twee artikels. Sy het ook een hoofstuk in ʼn boek gepubliseer, met verskeie uittreksels vir die California Animal Nutrition Conference en die American Dairy Science Association.

Sy het in Augustus 2011 haar PhD-studies aan die Universiteit van Pretoria begin.

Nadia het haar eerste projek in Februarie 2012 op ʼn grootskaalse kommersiële

melkery in Kalifornië voltooi – daar is 5 000 Holstein koeie tydens hierdie projek gemelk. Hulle het vier krale gebruik met 320 koeie met hoë produksievlakke wat vier behandelings oor ʼn tydperk van 16 weke ontvang

het. Hierdie studie was die grootste van sy aard wat nog uitgevoer is. Die doelwit was om die optimale verhouding tussen die twee sleutelproteïenbronne in Kalifornië, naamlik kanola meel en gedroogte distilleergrane, die hoof-neweproduk van die mielieblom-etanol industrie, te bepaal. Koeie wat 13.5% van die rantsoen droë produk as kanola meel gevoer is, het die beste gevaar. Die byvoeging van ʼn groter hoeveelheid kanola meel het egter nie so goed gevaar nie en hierdie aspek sal die fondasie van haar volgende projek wees – wat was die oorsaak van belemmerde produksie met die insluiting van hoë hoeveelhede kanola meel? Sy beplan om ten minste nog twee projekte in te sluit as deel van haar PhD-graad.

Veekunde-student wen internasionale beurs

Nadia Swanepoel en prof Lourens Erasmus

Leana Nel, ʼn MSc (Agric) Weidingkunde-student van die Departement Plantproduksie en Grondkunde, het onlangs die Norman Rethman Planted Pastures-toekenning ontvang by die jaarlikse kongres van die Grassland Society of Southern Africa (GSSA), wat in Langebaan, Wes-Kaap gehou is. Die Norman Rethman-prys word gegee vir die beste aanbieding deur ʼn jong wetenskaplike by die kongres.

Hierdie toekenning is vir die eerste keer in Julie 2012 by die 47ste jaarlikse kongres van die Grassland Society of Southern Africa gemaak. Leana Nel, ’n MSc (Agric) student in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, is geëerd om die eerste ontvanger van hierdie toekenning te wees. Haar aanbieding met die titel ”The effect of seed coating on the germination and emergence of lucerne (Medicago sativa L.) in sub-optimal environments”, het gefokus op die beperkinge wat soutagtige kondisies in die groeiproses op die vestiging van lusern kan hê, en hoe tegnologie om die saad te omhul daardie kondisies positief kan verander. Hierdie aanbieding het gekyk na die effek wat saadbedekking op die vestiging en groeireaksie van lusern kan hê. Lusern is die mees algemene hoë-proteïen ruvoer geproduseer in Suid-Afrika vir die diëte van lewende hawe en wilde diere. Die werk vorm deel van Leana se MSc-studie oor die rol van saadomhulsels in lusernproduksie.

Wyle professor Norman Rethman was ʼn Stigterslid van die Grassland Society of Southern Africa in 1965. Tydens sy diens by die Universiteit van Pretoria se Department Plantproduksie en Grondkunde het hy eindelose bydraes gemaak tot navorsing, opleiding en die leer van studente op die gebiede van weidingkunde, agro-bosbou en myngrondherwinning. Die toekenning is ingebring as deel van die GSSA se veldtog om die skaars vaardigheid van Weidingkunde in Suid-Afrika nuwe lewe te gee en te bevorder, en vier die uitsonderlike bydraes wat prof Norman Rethman gemaak het en die inspirasie wat hy aan jong wetenskaplikes in hierdie dissipline gegee het.

MSc-student wen Norman Rethman Planted Pastures-toekenning

Leana Nel

Page 8: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

8 SQUARED2 UP

Pres

tasies

Tydens die Jaarlikse Simposium van die Gauteng Departement van Landbou (GDARD), wat in Junie gehou is, is die gesogte toekenning vir die Beste Biotegnologiese Navorsing vir 2012 aan dr Christine Maritz-Olivier van die Departement Genetika en ’n lid van die Bosluisentstof-navorsingsgroep oorhandig.

Haar navorsing is toegespits op die gebruik van ’n benadering wat van funksionele genomika en omgekeerde inentingskunde gebruik maak om belowende entstowwe teen bosluise te identifiseer. Deur hierdie metode te gebruik, het haar groep alreeds verskeie antigene geïdentifiseer waarvan die doeltreffendheid vervolgens op ’n nuwe, koste-effektiewe op-membraanstelsel uitgedruk en tydens entstofproewe wat op vee uitgevoer is, bevestig is. Beskermende antigene, wat die risiko van bosluismaturasie met 75% verminder, is geïdentifiseer en word tans by wyse van uitgebreide entstofproewe getoets.

Dr Maritz-Olivier werk ook saam met die Pfizer-laboratoriums aan die evaluering van die genetiese diversiteit van Rhipicephalus-bosluise en die mate waarin hulle in Suid-Afrika teen mytdoders bestand is. Bosluisentstowwe en die korrekte gebruik van mytdoders sal ’n aansienlike verskil maak aan boerderykoste en sal omgewingsbesmetting verminder, die produksie van lewende hawe verhoog, bosluispatogeenoordrag verminder (dieregesondheid) en voedselsekerheid (rooivleis en suiwel), asook die aanverwante leer, huid- en velnywerhede verhoog.

Met befondsing wat deur die Wellcome-trust verskaf word, werk dr Maritz werk saam met vennote in die VSA, die VK en Australië aan die daarstelling van ’n platform vir die voltooiing van die eerste bosluisgenoom en -interaktoom ten einde insig te verkry in die fases tussen die gasheer, die patogeen en die vektor. Sy skryf ook saam met prof Matthias Giese van die Universiteit van Heidelberg, Duitsland ’n boek oor aspekte van moderne inentingskunde wat in 2013 deur Springer (New York) gepubliseer sal word.

Christine Maritz-Olivier ontvang gesogte navorsingstoekenning

Van links na regs: Dr Konanani Liphadzi (Hoofdirekteur: Departement van Landbou), dr Christine Maritz-Olivier en advokaat John Nesidoni (Adjunk-direkteur-generaal: Natuurlike Hulpbronnebestuur)

Page 9: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

SQUARED2 UP 9

Ryan Reisinger, ʼn PhD-student van die Departement Dierkunde en Entomologie, het die Junior Captain Scott-medalje vir Dierkunde by die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang. Die medalje word jaarliks toegeken vir die beste MSc-verhandeling wat by ʼn Suid-Afrikaanse universiteit ingedien word. Dierkunde en Plantkunde word jaarliks afgewissel. Dierkunde het in 2012 in aanmerking gekom vir die toekenning.

Hy is tans besig met sy PhD in Dierkunde by UP. Ryan het onlangs teruggekeer na sy tweede oorwinterings-ekspedisie as veld assistent/marine (soogdier) bioloog (hy was vir 13 maande op Marion Eiland). Hy sê hy het tydens sy eerste ekspedisie, wat van Maart 2008 tot Mei 2009 geduur het, data oor moordvisse (“killer whales”) ingesamel, wat die basis van sy MSc gevorm het. Die werk was hoofsaaklik gerig daarop om ʼn fotografiese katalogus saam te stel van die moordvisse by die eiland. Hierdie katalogus kon toe gebruik word om vas te stel hoeveel moordvisse daar by die eiland

is. Ryan het ook die voedingsgedrag van die moordvisse waargeneem, wat saam met hierdie data gebruik kon word om rowwe berekenings te maak en sodoende te bepaal of die moordvisse ʼn betekenisvolle invloed kon hê op die getalle van hul prooi (robbe en pikkewyne).

Hy het tydens sy tweede ekspedisie van Maart 2011 tot Mei 2012 data ingesamel vir sy PhD, wat ook oor moordvisse handel. Sy toesighouer was dr Nico de Bruyn by die Soogdiernavorsingsinstituut (MRI). Ryan sê: “Die PhD sal voortbou op my eerste werk en sal die sosiale struktuur van die moordvisse ondersoek, asook hulle bewegings langs die kus en hul voedings-ekologie. Ek het ʼn kruisboog gebruik om satelliet-etikette aan die moordvisse vas te heg en biopsie-monsters geneem vir ontleding van stabiele isotope en vetsure.”

Hy beplan om sy PhD in 2014 te voltooi.

Ryan ontvang toonaangewende medalje vir navorsing oor moordvisse

Ryan Reisinger besig met navorsing op Marion Eiland (Foto: Chris Oosthuizen)

Prestasies

Page 10: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

10 SQUARED2 UP

Aans

tellin

gs en

aftre

des

Hy was nie alleen die jongste persoon ooit om aangestel te word in hierdie posisie nie, maar ook die eerste dekaan wat vir ʼn derde agtereenvolgende termyn aangestel is. Prof Anton Ströh is amptelik heraangestel as die Dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe met ingang van 1 Junie 2012.

Hierdie aanstelling bevestig sy kaliber en weerspieël sy lewe en loopbaan – gekenmerk deur ʼn lang lys van persoonlike en professionele hoogtepunte en prestasies. Wanneer daar ʼn terugblik geneem word is dit duidelik dat die nalatenskap wat hy eendag gaan agterlaat een van uitnemendheid sal wees.

Prof Ströh het sy PhD op 24 voltooi en het sy lewe lank sy entoesiasme vir wiskunde uitgeleef en gedemonstreer – as navorser en as iemand wat oor uitstekende probleemoplossingsvaardighede beskik.

Hy is in 1988 aangestel as lektor in die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde en in 1990 bevorder tot die posisie van Senior Lektor. Hy is in 1994 deur die bekende Banach Centre in Warsaw uitgenooi om vir ʼn tydperk van ses maande navorsing by hulle te doen. Hy het die Universiteit se Jong Navorser van die Jaar-toekenning in Julie 1994 ontvang en hy is in 1996 bevorder tot Medeprofessor. In Januarie 2000 is hy bevorder tot die posisie van Professor. Prof Ströh is in Oktober 2000 aangestel as die Hoof van die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde. Hy is in dieselfde jaar aangestel as die Voorsitter van die Skool vir Wiskundige Wetenskappe, wat bestaan uit die departemente van Wiskunde en Toegepaste Wiskunde, Statistiek en Assuransie en Aktuariële

Wetenskap. Sy eerste termyn as Dekaan het in 2004 begin en hy is in 2008 heraangestel om nog vier jaar te dien. Hy is ook in 2008 deur die Senaat verkies tot lid van die Universiteitsraad en is sedert 2010 deur die Raad verkies tot die Dagbestuur van die Raad. Prof Ströh is ook verkies tot Voorsitter van die National Science Deans Forum (NSDF) in 2009.

Prof Ströh wil graag die Fakulteit as een van die top wetenskapsfakulteite in Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat betekenisvol bydra tot sommige van die grootste uitdagings wat die kontinent in die gesig staar met betrekking tot armoede en voedsel-, energie- en watersekuriteit, klimaatsverandering en die impak daarvan op landbou, gesondheid van mense en diere

en ekonomiese volhoubaarheid. Alhoewel die Fakulteit reeds wesenlik tot sommige van hierdie uitdagings bydra, glo prof Ströh dat met die nuutgevestigde Institusionele Navorsingstemas by UP, wat op meeste van hierdie kritiese kwessies sal fokus, die Fakulteit hande sal vat met ander fakulteite om sy impak en voetspoor in Afrika betekenisvol te verbeter. Die Fakulteit het onlangs behoorlike maatstawwe voorgestel

waardeur departemente en dissiplines goed gekose eweknie-instellings plaaslik en internasionaal identifiseer, waarteen hy sy prestasie kan meet en maniere kan vind waardeur sy departemente hul prestasie betekenisvol kan verbeter in terme van aanduiders wat geïdentifiseer is. Hierdie inisiatief, ondersteun deur ʼn behoorlike werwings- en personeelontwikkelingsprogram gaan een van die instrumente wees waarop die Fakulteit hom graag wil toespits om sodoende sy langtermyndoelwitte te bereik.

Prof Ströh het verskeie referate by plaaslike en internasionale konferensies gelewer en was ʼn mede-organiseerder van vyf internasionale konferensies. Hy is die outeur van verskeie navorsingsartikels in internasionaal erkende vaktydskrifte. Hy het in 2001 ʼn goue medalje van die Suid-Afrikaanse Wiskundige

Vereniging ontvang vir sy bydrae tot navorsingskapasiteitsontwikkeling en in 2003, 2006, 2009 en 2012 het hy ʼn Uitsonderlike Presteerder-toekenning van die Universiteit van Pretoria ontvang. Hy word deur sy gilde erken vir die betekenisvolle akademiese bydraes in sy navorsingsveld en het ʼn B2 gradering van die Nasionale Navorsingstigting (NRF).

Prof Ströh is getroud met Ronel en hulle het twee seuns, Werner en Reinhardt.

Internasionaal-erkende wiskundige lei Fakulteit

Prof Anton Ströh

Page 11: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

SQUARED2 UP 11

Aanstellings en aftredes

Prof Don Cowan, ’n vooraanstaande navorser en voormalige direkteur van die Instituut vir Mikrobiese Biotegnologie en Metagenomika aan die Universiteit van die Wes-Kaap (UWK), is vanaf 1 Mei as hoof van die nuutgestigte Sentrum vir Genomika aan die Universiteit van Pretoria aangestel. Die Sentrum dien as virtuele platform wat as gasheer en fasiliteerder van die Institusionele Navorsingstema (INT) vir Genomika optree.

Prof Cowan het sy universiteitsopleiding in Nieu-Seeland aan die Universiteit van Waikato ontvang, waar hy ook ’n postdoktorale studie voltooi het voordat hy in 1985 as dosent by University College in Londen aangesluit het. Na ’n tydperk van 16 jaar in Londen het hy ’n pos as hoogleraar in Mikrobiologie in die Departement van Biotegnologie aan die Universiteit van die Wes-Kaap in Kaapstad opgeneem waar hy aan die hoof van ’n personeel van 60 as Senior Professor en Direkteur van die Instituut van Mikrobiese Biotegnologie en Metagenomika aangestel is.

Hy het meer as 200 navorsingsreferate, -artikels en hoofstukke in boeke gepubliseer en dien in die redaksie van tien internasionale tydskrifte.

Die uitmuntende prestasies wat prof Cowan gedurende sy loopbaan behaal het, sluit in die pos van Adjunk-professor aan die Universiteit van Waikato (NS), verkiesing tot Genoot van die Royal Society of South Africa in 2007, verkiesing as lid van die Akademie vir Wetenskappe van Suid-Afrika in 2008, en verkiesing as Eregenoot van die Royal Society of New Zealand in 2009. Hy het in 2007 ’n B1-gradering van die NNS, in 2008 die Vise-rektor van die UWK se Toekenning vir Uitnemende Navorsing, en in 2009

die Silwermedalje van die Suid-Afrikaanse Mikrobiologievereniging ontvang. Hy is tans President van die Royal Society of South Africa.

Prof Cowan se navorsingsbedrywighede sluit in uiteenlopende gebiede waarvan heelwat die tema van omgewingsuiterstes gemeen het. Sy medewerkers sluit navorsers uit Nieu-Seeland, Chili, Hong Kong, Frankryk, die VK, China, Spanje, Duitsland, Swede en Noorweë in.

Sy PhD- en postdoktorale studies het gelei tot ’n blywende belangstelling in die ekologie en ensimologie van ekstreme termofiele, wat organismes is wat by temperature soos dié van kokende water leef. Hy werk oor die afgelope dekade saam met wetenskaplikes van Nieu-Seeland, China en Amerika aan die onderpunt van die temperatuurskaal waar die mikrobiologie van die droë valleie van oostelike Antarktika bestudeer word. Hy werk ook saam met Etiopiese en Noorweegse navorsers wat organismes in die alkaliese Slenkdalmere bestudeer, met Suid-Afrikaanse en Spaanse navorsers wat bakterieë in omgewings met ’n hoë soutgehalte bestudeer, en met Namibiese navorsers wat die mikrobiese ekologie van warm woestyne bestudeer.

Prof Don Cowan

Prof Johann Engelbrecht

UP stel internasionale spesialis in genomika aan

Prof Johann Engelbrecht, Adjunkdekaan (Onderrig, Leer en Gemeenskapsbetrokkenheid) van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe is met ingang 1 Augustus 2012 gesekondeer na die Universiteit se Hoofbestuur as Waarnemende Viserektor: Onderrig en Leer en Studentesake. Prof Engelbrecht sal in hierdie hoedanigheid dien totdat die pos wat deur prof Nthabiseng Ogude ontruim is, gevul word. Prof Ogude is aangestel as Visekanselier en Rektor van die Tshwane Universiteit van Tegnologie en sy beklee hierdie pos sedert 1 Augustus 2012.

Prof Engelbrecht is reeds meer as 40 jaar in diens van die Universiteit van Pretoria. Hy was vir baie jare in die Departement Wiskunde en Toegepaste

Wiskunde werksaam voordat hy drie jaar gelede as Adjunkdekaan van die Fakulteit aangestel is. Hy dien ook op ’n deeltydse basis as Direkteur van die SA Wiskundige Stigting.

Hy is ’n aktiewe navorser en geniet internasionale erkenning op die gebied van wiskunde-onderrig op tersiêre vlak. In die veld van onderrig en leer het hy verskeie toekennings ontvang, insluitend die Claude Harris Leon Toekenning Kampioenskap in Wiskundeonderrig in 1998 en die Suid-Afrikaanse Wiskundige Vereniging se Toekenning vir die Bevordering van Wiskunde in 2005.

Prof Engelbrecht gesekondeer tot

waarnemende Viserektor

Page 12: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

Aans

tellin

gs en

aftre

des

12 SQUARED2 UP

Prof Norman Casey van die Departement Vee- en Wildkunde in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het onlangs uitgetree. Hy het sy loopbaan in 1979 by die Universiteit van Pretoria begin. Hy sal steeds as emeritus-professor by die Universiteit betrokke wees waar hy navorsing sal doen oor mikroelemente en waterkwaliteit op die Universiteit se Eksperimentele Plaas, en sal beslis nog aktief wees in sy veld.

Die Suid-Afrikaanse Veekunde Vereniging het ʼn Goue Medalje aan hom toegeken in 2011. Hierdie prys het weereens sy akademiese statuur as navorsingswetenskaplike, opvoedkundige en leier bevestig.

Prof Casey het meer as 37 jaar gelede ʼn BSc (Agric) aan die Universiteit van Natal voltooi. Hy het sedertdien die professionele dissipline van Veekunde met absolute geesdrif uitgeleef.

Die hoogtepunte in Prof Casey se loopbaan was sy rol as professor in Veekunde, die hoof van die akademiese departement, ʼn opvoeder op voorgraadse en nagraadse gebied en ʼn navorsingsleier en gemeenskapsleier binne die wetenskap – plaaslik en internasionaal.

Prof Casey was van 1992 tot 2005 die Hoof van die Departement Veekunde, waaraan die Sentrum vir Natuurlewebestuur gekoppel is om die Departement Vee- en Wildkunde te vorm. Hy het ook regulasies daargestel vir die bestuur van die Universiteit se Navorsingsplase. Hy was die brein agter die vestiging van die Sentrum vir Voeding wat ʼn nasionale en internasionale naslaanbron geword het betreffende menslike voeding.

Sy wetenskaplike dissipline is die produksiefisiologie van lewende hawe. Prof Casey het 83 wetenskaplike publikasies en meer as 200 ander bydraes as konferensie-aanbiedings, nie-beoordeelde publikasies, bydraes tot boeke en naslaanhandleidings en wetenskaplike tegniese verslae opgelewer.

Sy akademiese verantwoordelikhede sluit in lesings in anatomie, fisiologie, vleiskunde, bestuur van lewende hawe en letterkunde en navorsingsmetodologie. Hy het tot dusver 49 meesters- en 17 doktorsgraad-kandidate bestuur en twee persone suksesvol genomineer vir eredoktorsgrade van die Universiteit van Pretoria. Hy is trots op die feit dat die gegradueerdes goed gevestig is in die industrie, akademie en wetenskap en dat drie van die doktorale kandidate tans hoofde is van akademiese departemente in suidelike Afrika.

Prof Casey het die wetenskaplike gemeenskap deur middel van ’n aantal portefeuljes bedien en bedien nou nog die wetenskap. Van die portefeuljes sluit in: die huidige President van die SA Raad vir Natuurwetenskaplike professies (April 2009 tot April 2013) en die President van die Wêreld Vereniging vir Diereproduksie (Desember 2008 tot Augustus 2013). Hy was voorheen die President en Erepresident van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekunde (2006 tot 2008) en is ’n stigterslid en voorsitter van die Komitee vir Professionele Veekundiges.

Die Suid-Afrikaanse Veekundige Vereniging het voorheen erkenning verleen aan prof Casey se prestasies en bydraes deur aan hom die Silwer Medalje (1998) en die President se toekenning (2005) te oorhandig.

Bekroonde Veekundige tree uit

Van links: Prof Anton Ströh (Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe), prof Wouter van Hoven, prof Norman Casey en prof Eddie Webb (Hoof: Departement Vee- en Wildkunde).

Prof Norman Casey

Page 13: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

Aanstellings en aftredes

SQUARED2 UP 13

Baie verander in 30 jaar....dit wat lank gelede aanvaarbaar was, word vandag as ʼn oortreding gesien.

Toe prof Van Hoven as lektor aangestel is in die Dierkunde Departement by die Universiteit van Pretoria op 1 Augustus 1972, was “om te rook algemeen aanvaar. Fakulteitsvergaderings is in die Senaatsaal gehou en by meeste van hierdie vergaderings het Rembrandt komplimentêre pakkies sigarette langs elke koper asbakkie (vasgeheg aan die tafels tussen die stoele) neergesit. Die plek was blou van al die rook tydens die vergadering”. Vandag sal iemand wat in die openbaar rook ʼn boete ontvang.

Na 30 jaar as vooraanstaande akademikus en navorser in Natuurlewebestuur by die Universiteit van Pretoria, het prof Wouter van Hoven in 2012 uitgetree. Hy gaan steeds betrokke wees by navorsing, ʼn aantal MSc- en PhD-programme en voorligtingsprojekte in Angola, Demokratiese Republiek van die Kongo en Zambië, waar nuwe bewaringsgebiede in wording is. Die Ecolife drie-week kort kursus het so gewild geraak dat die Discovery-kanaal versoek het dat ʼn reeks van 13 episodes van 27 minute daaroor gemaak word. Prof van Hoven sal voortgaan om die kursus te bestuur en sekere lesings aan te bied.

Volgens prof Van Hoven was “navorsing aanvanklik gerig op die rumen protozoa in die spysverteringskanaal van wildsbokke en hul rol in spysvertering. Geleidelik is meer klem geplaas op die spysverteringsfisiologie in wilde herbivore, wat gelei het tot die ontrafeling van die chemiese verdedigingsrol van gekondenseerde tannien en hoe dit die digtheid van die koedoebevolking op wildsplase en in wildreservate gereguleer het. Na ʼn jaar by die Veeartsenykundige Biochemiese Departement van die Universiteit van Utrecht in Nederland het meer navorsing oor natuurlewe-voeding gevolg.”

Hy het verduidelik dat die klem op daardie stadium meer op die toegepaste wetenskap van Natuurlewebestuur was; hy het by prof Bothma aangesluit vir die ontwikkeling van die Sentrum vir Natuurlewebestuur. ʼn Groot verskeidenheid

navorsings- en voorligtingsprojekte is op privaat grond en in openbare wildbewaringsgebiede in Suid-Afrika en ander dele van Afrika gedoen. Een van die hoogtepunte van sy loopbaan was sy verkiesing as voorsitter van die Kissama Foundation in Angola en die restourasie van die Kissama Nasionale Park in Angola te midde van die burgeroorlog. Hy het ʼn natuurlewebestuursplan vir die park ontwikkel en ʼn groot verskeidenheid wild, waarvan daar 32

olifante was, deur die lug vervoer om die park se getalle te vermeerder. Hierdie is in ʼn National Geographic dokumentêre film vasgevang. Die Kidepo Nasionale Park in Uganda is verwoes deur troepe van Idi Amin toe hulle daar gewoon het terwyl hulle aan die einde van sy bewind in ʼn Noordelike rigting gevlug het. ʼn Bestuursplan het gevolg, met riglyne vir die restourasie daarvan. Die Dinder Nasionale Park in Soedan het ook onder burgeroorlog tussen die noorde en suide gely en prof Van Hoven is deur die Soedanese regering gevra om te help om ʼn Natuurlewebestuur- en Bewaringsplan te ontwikkel.

Prof van Hoven is in die tagtigerjare uitgenooi om die hoof van Kollege Huis, ʼn bekende manskoshuis op die Kampus, te word. Hy het hierdie pos vir ses jaar beklee. Hy het altyd gesê hy is gevra om hierdie werk te doen weens sy ervaring met wildlewe.

Hy het ook ʼn jaar as gasprofessor in die Natuurlewe Departement van die Colorado State Universiteit spandeer en is daarna uitgenooi om aan te sluit by die raad van die International

Council for Game and Wildlife Conservation, met die hoofkantoor in Parys. Hy is twee jaar later verkies as Visepresident van hierdie organisasie. Meer versoeke vir kort kursusse in natuurlewebestuur aangebied deur die Sentrum vir Natuurlewebestuur by UP het uit Europa en die VSA gekom. Dit is in 2001 bekendgestel en baie buitelandse studente het sedertdien UP toe gekom vir hierdie kursusse; ongeveer 350 studente gaan van die kursusse in 2012 bywoon.

Prof van Hoven is in 2007 uitgenooi om die eerste buitelandse “Marsh Professor” by die Universiteit van Vermont, VSA, te word. Hierdie is in wese ʼn ereprofessorskap met ʼn vereiste twee weke per jaar op kampus met akademiese interaksie en aanbieding van ʼn paar lesings.

Van die toekennings wat hy ontvang het gedurende sy loopbaan by UP was die International Council for Game and Wildlife Conservation Silwer Medalje vir uitstaande bydraes tot hierdie veld en die

Joseph R. Daly-toekenning vir uitnemendheid in natuurbewaring van die UNDP and Wild Foundation (VSA) – die Verenigde Nasies in New York het die toekenning gemaak. Prof van Hoven het ook die WWF Groen Trust-toekenning vir Individue in Aksie ontvang – vir uitstaande pogings met die rehabilitasie van die Quiçama Nasionale Park, Angola en die hervestiging van natuurlewe in die park in 2002. Hy het die Suid-Afrikaanse Wildvereniging se Voorsitterstoekenning ontvang vir lewenslange prestasie vir uitstaande diens aan die natuurlewe-industrie.

Hy het wyd gepubliseer en baie navorsing gedoen; dit sluit in 75 wetenskaplike publikasies, 7 internasionale wetenskaplike verslae, 52 artikels aangebied by internasionale vergaderings, 24 gewilde wetenskaplike artikels, 12 dokumentêre programme vir televisie, 12 hoofstukke in handboeke, 35 afgehandelde MSc-studies van studente (met nog 4 in proses), 8 afgehandelde PhD-studies van studente (met nog 3 in proses) en 233 gemeenskaps-uitreikprojekte en voorligtingsverslae voltooi as toesighouer, spanleier en/of direk.

Bekende kundige in natuurlewebestuur tree uit

Prof Wouter van Hoven

Page 14: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

14 SQUARED2 UP

Me Yvette Naudé (ʼn PhD-student) en prof Egmont Rohwer van die Departement Chemie gebruik ʼn nuwe tegniek om DDT van grond te isoleer met behulp van silikoonrubber.

Me Yvette Naudé (ʼn PhD-student) en prof Egmont Rohwer van die Departement Chemie het ʼn nuwe tegniek ontwikkel om DDT in binnenshuise lug en grond te ondersoek.

Die insekdoder DDT word steeds gebruik vir die beheer van malaria in sekere streke van Suid-Afrika. Tradisionele wonings word aan die binnekant met DDT gespuit. Besmette lug of gekontamineerde stofdeeltjies in die wonings veroorsaak addisionele blootstelling aan DDT aangesien die stof ingeasem en ingesluk kan word.

Naudé en Rohwer het ʼn nuwe metode ontwikkel vir die opsporing van DDT in binnenshuise lug en grond; die metode is oplosmiddel-vry en kan daarom as “groen” beskou word. Die span gebruik silikoonrubber op ʼn unieke wyse om DDT te isoleer van lug en grond in plaas van konvensionele oplosmiddel-ekstraksiemetodes. Die oplosmiddel-vrye tegniek is eenvoudig, goedkoop, vinnig, omgewingsvriendelik en uiters sensitief.

Die navorsers het verder ook ʼn eenstap-metode vir lugtoetsing ontwikkel om DDT in gasvorm sowel as geadsorbeerde DDT op stofdeeltjies in die lug te versamel. In konvensionele metodes word twee afsonderlike stappe gebruik om monsters te bekom. ʼn Nuwe omgewings-forensiese metode is ook ontwikkel om die samestelling van kommersiële DDT te evalueer wat vantevore in ’n gebied aangewend is.

Die span het (as plaasvervanger vir die duur metodes wat huidiglik in gebruik is) ʼn benadering ontwikkel waardeur konvensionele chromatografiese toerusting gebruik word om eers die chirale samestellings o,p’- DDT en o,p’- DDD (teenwoordig as onsuiwerhede in kommersiële DDT en in omgewingsmonsters) te isoleer. Die span het vervolgens ontdek dat die DDT/DDD-verhoudings in binnenshuise lug en gronddeeltjies ongewoon is omdat dit nie die ideale, gesertifiseerde samestelling van die bestanddele van kommersiële DDT bevat nie.

Die vermoë van hierdie nuwe omgewings-forensiese metode is deur Naudé en Rohwer gedemonstreer toe hulle bevind het dat hierdie ongewone DDT/DDD verhoudings nie te wyte is aan die afbraak van DDT in die omgewing nie, maar eerder die gevolg is van ontoereikende DDT-produkte (met verswakte doeltreffendheid as insekdoders) wat vantevore gebruik is vir binnenshuise aanwending.

Nuwe tegniek ontwikkel om DDT in binnenshuise lug en grond te bepaal

Navo

rsing

Page 15: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

Navorsing

SQUARED2 UP 15

Die inwoners van Pretoria se sentrale besigheidsdistrik is reeds vir meer as 150 jaar afhanklik van die kristalhelder fonteine wat die stad sedert sy vroegste dae voed.

ʼn Nuwe projek van die Water Navorsingskommissie (WNK), gelei deur die Universiteit van Pretoria (UP), hoop om meer lig te werp op die belangrike historiese en hedendaagse rol van die Fonteine as ’n voorbeeld van die rol wat grondwater in die vooruitgang van Suid-Afrika se stedelike watervoorsiening speel. “Deur hierdie projek will ons illustreer dat grondwater nie net volhoubare water kan voorsien aan landelike gebiede nie, maar ook aan groot stede soos Pretoria,” sê WNK Navorsingsbestuurder, dr Shafick Adams. “Grondwaterontwikkeling is reeds geïdentifiseer as ’n moontlike toekomstige aanvullende waterbron vir verskeie gebiede, maar daar is steeds ’n mate van wantroue in die bronne vanaf verbruikers en beleidmakers.”

Die hoofstad van Suid-Afrika se ligging is oorspronklik bepaal deur die teenwoordigheid van ’n ondergrondse waterbron (wat tot vandag toe bekend staan as die Fonteine). Hierdie bron lewer steeds 40 Ml/dag en was die stad se enigste bron van vars water tussen 1855 en 1935. Dekades later lewer die Fonteine steeds water van die allerhoogste kwaliteit.

Pretoria is een van vele dorpe en stede in Suid-Afrika wat gedeeltelik of heeltemal afhanklik is van grondwater. Lank voordat blanke inwoners hulle tuisgemaak het in die omgewing het die water van die Fonteine reeds inheemse gemeenskappe van water voorsien. Die twee fonteine aan die suidekant van die stad was dan ook die rede waarom Pretoria se oorspronklike inwoners, die Bronkhorst broers, hulle hier kom vestig het, en die rede waarom die ZAR destyds besluit het om sy hoofstad vanaf Potchefstroom na Pretoria te verskuif. Tog is min inwoners selfs bewus van die belangrikheid van hierdie versteekte bron te Groenkloof.

Die Hidrologiese Erfenis Oorsigprojek, soos die WNK projek bekendstaan, boekstaaf van Pretoria se ontwikkeling rondom sy grondwaterbronne,

insluitende historiese onttrekkingsvolumes en waterkwaliteit, waar dit beskikbaar is.

“Pretoria is ’n puik voorbeeld van die gebruik van grondwater vir stedelike water gebruik,” sê projekleier Matthys Dippenaar van UP se Departement Geologie. “Vir die mense van Pretoria hoop ons dat hierdie projek ’n bewustheid sal skep, asook ’n waardering, dat hulle sal besef hoe belangrik water – en in hierdie geval grondwater – in ons lewens is. Vir mede-wetenskaplikes beoog ons om beter toegang te gee tot historiese data.” Die Tshwane munisipaliteit het al sy historiese data en kaarte beskikbaar gestel vir die projek.

Die Fonteine is nie Pretoria se enigste grondwaterbron nie. In totaal word sowat 8% van die stad se varswater deur grondwater voorsien. Daar is ook Grootfontein wat se water tot by die Rietvlei Waterwerke gepomp en met behandelde water van die Rietvlei Dam gemeng word. Aan die anderkant van die stad voorsien Sterkfontein water aan die inwoners van Centurion. Al hierdie bronne se water is steeds van die allerhoogste kwaliteit ten spyte van die ontwikkeling rondom hulle, en geen behandeling is nodig nie (chloor word wel bygevoeg voordat die water in die waterpype gaan).

Aangesien grondwater gewoonlik ’n ‘versteekte’ bron is,verskaf Pretoria se Fonteine ’n rare kyk na die Aspoestertjie van waterbronne in Suid-Afrika. Wanneer die projek klaar is sal die inligting sover as moontlik aan die publiek beskikbaar gemaak word. Die projekspan beoog om die projek teen die eerste kwartaal van volgende jaar af te handel.

Enigiemand met historiese inligting, staaltjies of foto’s van die Pretoria Fonteine word uitgenooi om hierdie inligting met die projekspan te deel. Kontak gerus Matthys Dippenaar by [email protected] of skakel 012 420 3117.

Die studie word gelei deur dr Shafick Adams, Navorsingsbestuurder van die Water Navorsingskommissie, en hy kan gekontak word by [email protected] of 083 268 7945.

Grootfontein voorsien ook van Pretoria se water (Foto: Lani van Vuuren)

Na 150 jaar bedien Pretoria se Fonteine steeds sy inwoners met skoon, vars water

Page 16: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

Navo

rsing

16 SQUARED2 UP

Die Sentrum vir Geo-informatikawetenskappe (CGIS) van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het in Mei 2012 ʼn gesamentlike toelaag van R200 000 ontvang onder die Suid-Afrika/Namibië Navorsingsvennootskap-program. Bilaterale projekletterkundige beoordelings, gevallestudies, modelle en empiriese studies sal gedurende die toegelate twee jaar aangewend word om die gebruik van ruimtelike data-infrastruktuur (RDI) en geomatika in gesondheidsorg en inligtingsbestuur in ʼn ontwikkelende land te verken, beskryf, verduidelik en verstaan.

ʼn Groot deel van hierdie navorsingsprojek se belang is die ondersoek van eietydse nasionale RDI-beleide, standaarde, regulasies en geomatika toepassings in gesondheid en die bestuur van gesondheidsinligting. Die hoofnavorsers op die projek is dr Serena Coetzee van CGIS en dr Martin Hipondoka van die Universiteit van Namibië. Dr Emma Nangolo, mnr Kisco Sinvula van Namibië en mnr Antony Cooper van die WNNR in Suid-Afrika werk ook op die projek. Mnr Sinvula is ingeskryf vir ʼn PhD in Geoinformatika by die Departement Geografie, Geoinformatika en Meteorologie. Ander nagraadse studente van die Departement sal ook betrokke wees.

Die groeiende vraag na geomatika, ruimtelike inligtingsbestuur en uitruil van ruimtelike data oor verskillende dissiplines en organisasies het die ontwikkeling en implementering van ruimtelike data-infrastrukture (RDI’s) en die teorie en konsepte daaragter tot gevolg gehad. Geomatika is ʼn multidissiplinêre benadering tot die insameling, bewaring, instandhouding, analise, aanbieding en verspreiding van geografiese inligting, d.i. inligting oor verskynsels op aarde.

RDI is ʼn ontwikkelende konsep wat die uitruil en en deel van ruimtelike data en dienste tussen insethouers van verskillende vlakke in die geoinligtingsgemeenskap fasiliteer en koördineer. Teen hierdie agtergrond het Namibië ʼn nasionale RDI inisiatief onderneem met die doel om nasionale ruimtelike data-bates beter te bestuur en gebruik. Dit het gelei tot die Namibiese RDI Parlementêre Wet wat tans deur die wetgewings-prosedures gaan vir goedkeuring. Die Namibiese RDI-inisiatief neem die RDI van ʼn plaaslike vlak na die streeks-, nasionale en wêreldvlakke.

Daar word wêreldwyd aanvaar dat ʼn effektiewe en doeltreffende stelsel vir die bestuur van gesondheidsinligting ʼn beslissende rol speel in die bestuur van die toenemende eise wat aan die akute segmente van die gesondheidsisteme gestel word, en in die verbetering van die algehele welstand van gesondheidsinligtings-gebruikers. Daar is verder ook genoeg bewyse dat ʼn ruimtelike data-infrastruktuur onontbeerlik is vir die beplanning, koördinering en lewering van gesondheidsdienste en fasiliteite.

ʼn National Health Spatial Data Infrastructure (NHSDI) word omskryf as ʼn stel tegnologieë, beleide en mense wat ruimtelike gesondheidsdata-bestuur, die deel en uitruil van georuimtelike gesondheidsdata op alle vlakke van die regering, die privaat- en nie-winsgewende sektore en die akademiese gemeenskap bevorder.

Kartografie is die wetenskap en kuns wat ter sprake is by die maak van kaarte. Die prosesse en stappe wat by die produksie van alle soorte kaarte betrokke is word vervat in die term kartografie. Tematiese kartografie is ʼn onderafdeling van Kartografie wat in detail met die produksie van tematiese kaarte handel.

’n Tematiese kaart toon die verspreiding van geografiese verskynsels, voorvalle, of klassifikasies wat verband hou met ’n spesifieke onderwerp, soos die voorkoms van sterftes as gevolg van MIV, aan.

Tematiese kaarte is ʼn belangrike bron van inligting in ʼn NHSDI. Dit kan byvoorbeeld die verspreiding en voorkoms van besoeke aan ʼn kliniek wys. Indien tematiese kaarte op verskillende wyses voorberei word, kan hulle nie gebruik word om byvoorbeeld die verskil in kliniekbesoeke van een jaar na die volgende aan te dui nie. Daar word ʼn beskrywing van ʼn tematiese kaart benodig (verkieslik gestandaardiseer) wat die gebruik van tematiese kartografie fasiliteer sodat verskillende tematiese kaarte reg geïnterpreteer kan word wanneer hulle oor mekaar aangebring word.

Hierdie navorsingsvoorstel bou op bestaande projekte en samewerking deur die Suid-Afrikaanse en Namibiese navorsers op die gebiede van geografiese inligtingswetenskap (GISc), RDI’s en gesondheidsinligting. Die projek sal die navorsers in staat stel om hul kennis, vaardighede en ondervinding te deel, uit te ruil en oor te dra.

Die doel is om, gebaseer op vroeëre navorsing, ʼn model vir ʼn NHSDI in Namibië voor te stel wat in lyn is met subsektor 4 “Geo-Spatial Information and Statistics” van die Innovative and Productive Usage of Technology and Research and Development goal of the Third National Development Plan (NDP 3).

Hierdie projek sal hom ook ten doel stel om die kritiese suksesfaktore wat nodig is by die ontwerp en ontwikkeling, standaardisering en integrasie van ʼn RDI en geomatika in die gesondheidsektor van Namibië te identifiseer.

CGIS ontvang navorsings- beurs van Namibië Dr Serena Coetzee

Page 17: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

SQUARED2 UP 17

Navorsing

Die Departement Plantproduksie en Grondkunde het, in samewerking met die Innovation Hub (TIH) en BE@UP, ʼn eendag-werkswinkel georganiseer vir die Moloto Communal Property Association (CPA) vir opleiding in boordbestuur. Die werkswinkel het oor die “wonderwerkboom” – Moringa oleifera gehandel en is vroeër hierdie jaar by die UP Eksperimentele Plaas aangebied. Prof Elsa S du Toit lei reeds sedert 2005 die Moringa biobrandstof navorsingsfokusgebied.

ʼn Opleidingswerkswinkel is gehou om die gemeenskap op te voed oor die sosio-ekonomiese voordele wat die aanplanting van Moringa inhou in terme van sy voedsame blare en hoë kwaliteit saadolie. Dertig gemeenskapslede het die werkswinkel bygewoon. Dr Charity Mbileni, Senior Bestuurder van Groen en Volhoubare Ontwikkelingsprojekte by TIH, het die werkswinkel geopen. Prof Elsa du Toit en haar nagraadse studente, mnr Quintin Muhl en mnr Joseph Sithole, het lesings en demonstrasies gegee oor aankwekingspraktyke by haar gevestigde UP Moringa-boorde. Sosiale ontwikkelingsaspekte is deur dr Aart-Jan Verschoor aangebied. Blue IQ,

die hoofborg van die projek, in samewerking met TIH en BE@UP, het 30 hektaar se Moringabome in Moloto gevestig sodat CPA-lede die kennis en vaardighede wat hulle by die werkswinkel opgedoen het, kan aanwend. Gauteng LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling, Qedani Mahlangu, het die Moloto Moringa projek in Februarie by ʼn seremonie bekendgestel.

Gemeenskap bevoordeel deur UP Moringa-navorsing

Prof Elsa S du Toit saam met haar nagraadse studente en CPA-lede by die UP Hatfield Eksperimentele plaas se Moringa-boord.

Die Minister van Landbou en Bosbou van die regering van die Sentrale Ekwatoriale Staat (SES) van Suid-Soedan, Sy Edele Minister Michael Roberto Kenyi Legge, het ingeskryf vir ’n PhD in Voedselsekuriteit aan die Universiteit van Pretoria. In sy studie sal hy die gevolge van voedsel- en landboubeleid vir huishoudelike voedselsekuriteit en voedinggehalte in sy staat (SES) nagaan en evalueer. Minister Kenyi het in 2011 ’n meestersgraad in Voedselsekuriteit aan die Universiteit van KwaZulu-Natal verwerf. Die onderwerp van sy verhandeling was “Agricultural Development and Food Security in Post-conflict South Sudan”.

Minister Kenyi se hooffunksie is om beplanning te doen en om beleidskoördinering en -implementering in sy ministerie te verseker. Hy is ook verantwoordelik vir die instandhouding van institusionele verhoudinge met die internasionale ontwikkelingsgemeenskappe (bv die Food and Agricultural Organisation (FAO) van die Verenigde Nasies en United States Aid for International Development) rakende sake wat te make het met die produktiwiteit en doeltreffende aanwending van hulpbronne.

Voedsel- en voedingsekuriteit is steeds van die mees fundamentele uitdagings in die Sentrale Ekwatoriale Staat (SES) van Suid-Soedan

wat aangespreek moet word om menslike welvaart en ekonomiese groei te verwesenlik. As gevolg van voedseltekorte en geweldige armoede het min mense genoegsame toegang tot voedsel of die vermoë om dit tot hul voordeel aan te wend. ’n Kombinasie van faktore het ’n gebrek aan voedsel- en voedingsekuriteit oor die afgelope twee dekades veroorsaak. Die rampspoedige gevolge van oorlog, langdurige droogtes en vloedrampe weens wisselende en onstabiele klimaatstoestande het alles daartoe bygedra.

Minister Kenyi het erken dat sy staat se bande met internasionale ontwikkelingsgemeenskappe nog ietwat broos is weens die omstandighede wat deur die Soedanese burgeroorlog veroorsaak is (dit is belangrik om daarop te let dat toestande in Soedan nie juis vreedsaam is nie, veral weens grensgeskille wat met olievelde te make het, en dit benewens die onderliggende godsdiensverskille wat in elk geval ’n hoofoorweging vir afskeiding was), maar dat sy staatsowerhede hulle daarvoor beywer om dié bande te versterk, en daarom vennootskappe met lande soos Suid-Afrika opbou. “Die institusionele opset in Suid-Soedan het steeds steun nodig met die oog op die uitbou van vermoë en die Universiteit van Pretoria kan ons behulpsaam wees met sake soos institusionele ontwikkeling en organisatoriese skakeling binnelands sowel as met ander lande soos Suid-Afrika,” het minister Kenyi gesê.

Minister Kenyi het die versekering gegee dat hoewel Suid-Soedan nou ’n sowereine staat is, dit nogtans die verbintenisse wat die Soedanese regering (voor die afskeiding van die Republiek van Soedan) met die Universiteit van Pretoria gemaak het in stand sal hou. Hy het ook bygevoeg dat hy met die Ministeries van Landbou en Visserye in Suid-Soedan sal onderhandel om, in samewerking met die Universiteit van Pretoria, te poog om geleenthede vir opleiding, voorligting en uitruil van vaardighede, sowel as produksietegnieke en navorsing, te benut. Dit bestaan tans glad nie in dié land nie.

Minister van Suid-Soedan skryf in vir PhD in Voedselsekuriteit by UP

Minister Michael Roberto Kenyi Legge (regs) saam met sy studieleier, prof Sheryl Hendriks, van die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling en Direkteur van die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid.

Page 18: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

18 SQUARED2 UP

Navo

rsing

Klimaatsverandering kan lei tot ʼn positiewe uitkoms vir die aartappel-industrie en moontlik daartoe lei dat aartappels een van die top stapelgewasse in die wêreld word. So sê dr Jacquie van der Waals, Universiteit van Pretoria (UP) Aartappel Patologie Programbestuurder by die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe.

Sy sê aartappels blyk die enigste gewas te wees wat moontlik kan floreer te midde van toenemende koolstofdioksied (CO2) emissies.

Meeste gewasse word negatief beïnvloed, of glad nie beïnvloed nie, deur ʼn toename in CO2-emissies, maar meer aartappels word geproduseer wanneer die gewas met hoër CO2-emissies te make het.

Van der Waals sê: “As gevolg hiervan vermoed ons dat die aartappel (waarskynlik) een van die top drie stapelgewasse in die wêreld sal word. Die top drie stapelgewasse is tans mielies, koring en rys, met aartappels in die vierde plek. Die huidige drie top stapelgewasse sal nie beïnvloed word nie of negatief beïnvloed word deur die toename in CO2-emissies.”

Sy waarsku egter oor die risiko dat die intensiteit van sommige van die aartappelsiektes kan verhoog as gevolg van stygende temperature. Die siektes moet eers hokgeslaan word sodat die aartappelindustrie se sukses verseker kan word.

Die UP se Aartappel Patologie Program het verlede jaar ʼn projek oor klimaatsverandering in werking gestel, in samewerking met ander navorsers by UP en die Wageningen Universiteit en Navorsingsentrum in Nederland. Die doel was om Suid-Afrika se klimaat tussen 1960 en vandag te modelleer en te bepaal hoe dit behoort te verander tot en met 2050, sowel as die waarskynlike impak van klimaatsverandering op aartappelsiektes.

Die Raad op Wetenskaplike en Industriële Navorsing het gemodelleerde weervoorspellings voorsien waarop die studie gebaseer is. Die uitslae van die studie is oor die laaste drie tot vier maande saamgestel en sal in September gepubliseer word. Temperatuur en reënvalpatrone is gemeet om te bepaal hoe die moontlike veranderinge die intensiteit van die vyf mees algemene aartappelsiektes en peste in Suid-Afrika gaan affekteer.

Die gevolgtrekking van die studie was dat Suid-Afrika se temperatuur tussen 1.5 °C en 2 °C in die binnelandse streke gaan styg terwyl kusstreke weens temperatuurregulering deur die oseaan nie so vinnig sal verwarm nie.

Daar is ook bepaal dat die totale reënval nie drasties sal verander nie, maar

reënvalpatrone sal wel verander met betrekking tot tydperk en volume.

“Die studie het onder andere laat en vroeë roes, Pectobacterium en Dickeya, nematodes en luise (as draers van Potato Virus Y) ontleed om te bepaal of dit gaan verminder of vermeerder as gevolg van aardverwarming. Dit sal aartappelboere in staat stel om hul bestuurstrategieë aan te pas”, sê Van der Waals.

Die vyf siektes is in vier verskillende klimate gemodelleer en in drie verskillende streke – die Sandveld, in die Wes-Kaap, met sy droë somers en nat winters, die Limpopogebied met sy droë winters en die Oos-Vrystaat, met sy nat somers.

Van der Waals sê die navorsers het bepaal dat die enigste siekte wat waarskynlik nie in intensiteit gaan toeneem nie is laat roes – ʼn vernietigende siekte wat verantwoordelik was vir die hongersnood in Ierland

tussen 1845 en 1852. “Die voorkoms van laat roes gaan waarskynlik afneem in die Oos-Vrystaat as gevolg van die verandering in die reënvalpatrone en verhoging in temperatuur aangesien dit ʼn patogeen is wat van koel weersomstandighede hou. Die ander vier siektes gaan egter waarskynlik verhoog in intensiteit aangesien die patogene op warm toestande reageer.”

Van der Waals beklemtoon dat “ons reeds oor die afgelope tien jaar ʼn toename begin sien het in hierdie siektes (behalwe vir laat roes) en aardverwarming is nie ʼn goeie scenario vir die landbou-industrie nie. Aartappelsiektes kan ʼn vernietigende impak hê op boere, aangesien dit die blare van die plante (wat hul vermoë om te fotosinteer affekteer) of die voorkoms van die aartappelknol (wat die markwaarde kan beïnvloed)

affekteer. Navorsers moet maniere vind om die siektes te bestuur en te beheer om die plante se weerstand daarteen te verhoog en boere te help om beter oeste te produseer.”

Die UP se Aartappel Patologie Program fokus op bestuurstrategieë vir navorsing om te help om die potensiële toename in hierdie siektes te beheer en spoor boere aan om kultivars aan te plant wat weerstand kan bied of hul bestuursopsies te verander om vroeë roes, Pectobacterium en Dickeya, nematodes en luise teen te werk.

Metodes om die uitwerking van aardverwarming te oorkom sal nie groter finansiële druk op boere plaas nie aangesien hulle net nodig het om ʼn paradigmaverskuiwing te maak.

Erkenning aan: Engineering News

Dr Jacquie van der Waals

Aartappels kan (waarskynlik) een van die top drie stapelgewasse in die wêreld word.

Aardverwarming kan aartappel-industrie bevoordeel

Page 19: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

SQUARED2 UP 19

Daar word van die lewende hawe-sektor verwag om veilige, bekostigbare en voedsame voedsel te voorsien aan groeiende bevolkings, ʼn goeie lewensbestaan aan produsente te bied, natuurlike hulpbronne te bewaar en doeltreffend te gebruik en gesondheidsrisiko’s vir menslike bevolkings te minimaliseer.

Huidige en toepaslike data is, ten einde hierdie doel te bereik, nodig om produksie, prosessering en beleidsontwikkeling te rig, die rooivleis-industrie van agtergrondinligting te voorsien wat nodig is om verbruikersopleidingsprojekte en omgewingsbeleide weer in lyn te bring en die volhoubaarheid van die lewende hawe-sektor in Suid-Afrika te verseker. Dit moet terselfdertyd positief bydra tot die langtermyn gesondheidstatus, welsyn en voedselsekuriteit van alle Suid-Afrikaners.

Navorsing op hierdie transdissiplinêre projek word deur ʼn span kundiges binne die Universiteit se Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid (IFNuW) behartig, gelei deur professor Hettie Schonfeldt as Hoofnavorser. Die res van die span bestaan uit prof Edward Webb, dr Beulah Pretorius en me Nicolette Hall van die Departement Vee- en Wildkunde, prof Gerry Swan van die Fakulteit Veeartsenykunde en prof Johann Kirsten van die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling. Hulle beplan om te bepaal watter bydrae rooi vleis lewer tot Suid-Afrikaners se blootstelling aan voedingstowwe en anti-voedingstowwe en hoe dit verband hou met die impak van rooivleisproduksie op die omgewing. Die projek word ook gebruik om nagraadse studente op te lei.

Suid-Afrika word gekonfronteer met ʼn dubbele las van siekte – daar is voedingsgebreke en aansteeklike siektes soos TB en MIV, asook ’n toenemende voorkoms van chroniese siektes soos kardiovaskulêre siektes, sekere kankers, diabetes en koronêre hartsiektes. Die skakel tussen voeding en chroniese ondervoeding is bekend, maar spesifieke voedingsinligting (soos porsiegroottes en voedselinname) word benodig om meer noukeurige korrelasies te bepaal tussen die inname van voedingstowwe om die aanbevole daaglikse hoeveelhede te bereik en die inname van anti-voedingstowwe en oormatige hoeveelhede voedingstowwe in terme van die blootstelling aan risiko’s.

Navorsing

Alle paaie het in Mei 2012 gelei na die TRFCA Mimosa navorsingstasie aan die voetheuwels van die Mulanjeberge in Malawi, waar verskeie lede van die SABINA/POL-SABINA netwerk bymekaargekom het om die finale oorhandiging van die POL-SABINA reënskuiling te aanskou.

Hierdie gebeurtenis was die hoogtepunt van jare se harde werk deur verskeie toegewyde rolspelers. Hierdie rolspelers sluit die volgende persone in: prof Apostolides (Universiteit van Pretoria), mnr Andrie Lombard (Raadgewende Ingenieur), dr Albert Changaya en sy span (Tea Research Foundation of Central Africa (TRFCA)), me Ella Nyakunu (POL-SABINA Projekbestuurder) en veral dr Jane Morris (African Centre for Gene Technologies) wat die fondse bekom het en oortuigend was in haar motivering vir die uitvoering van hierdie projek. Die projek is deur die Europese Unie befonds as deel van die African, Caribbean and Pacific group of states Science and Technology Programme (ACP S&T).

Die voorkoms van droogtes in verskeie wêrelddele het noodlottige gevolge gehad met betrekking tot landbouproduksie en dit is duidelik dat die ontwikkeling van droogtebestande kultivars vir alle gewasse noodsaaklik is. Die Malawi reënskuiling is ʼn raamwerk met ʼn beweegbare dak wat met deursigtige plate bedek is. Die dak word met ʼn elektriese motor beheer wat jou toelaat om die verstelling outomaties aan te pas; water kan uitgehou

word of toegelaat word om in te kom. Hierdeur kan reënval beheer word en droogtes “op aanvraag” geskep word vir navorsing en die ontwikkeling van toekomstige droogtebestande kultivars. Die reënskuiling is dus ʼn fasiliteit waar hoeveelhede toetsplante gegroei kan word onder beheerde omstandighede om sodoende hul kwaliteite aan boere en agro-industrieë te

demonstreer.

Alhoewel die fasiliteit by die TFRCA is, word dit nie alleenlik vir teenavorsing gebruik nie maar ook om ander plante te ondersoek, wat medisinale kruie insluit wat deur ander SABINA-vennote nagevors word. Sodra die plante uitgegroei is moet dit geprosesseer word en die aktiewe bestanddele moet onttrek word. Dit is waar die deelname van die WNNR

belangrik is aangesien die WNNR oor ʼn GMP botaniese eenheid beskik wat proefhoeveelhede plantmateriaal kan prosesseer om plantekstrakte te voorsien vir verdere toetsing en ondersoek.

Ope dae sal by die nuwe reënskuiling en die WNNR in Pretoria gehou word as deel van die POL-SABINA inisiatief. Boere, entrepreneurs en die algemene publiek sal ʼn beter begrip kan kry van die potensiaal van natuurlike produkte en die werk wat binne die SABINA netwerk aangepak word. Die persone wat die ope dae bywoon sal die geleentheid kry vir besprekings en vrae en daar word gehoop dat dit meer bewustheid sal skep vir die potensiaal wat by kommersialisering van navorsingsprojekte bestaan.

POL-SABINA reënskuiling

POL-SABINA reënskuiling amptelik geopen

Bekostigbare en voedsame voedsel is noodsaaklik om te voorsien aan die groeiende wêreldbevolking.

Voedingsblootstelling en omgewingsvolhoubaarheid by toevoer van diereprodukte in Suid-Afrika

Page 20: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

20 SQUARED2 UP

Funk

sies e

n Wer

kswi

nkels

Die Higgs-boson/deeltjie (“Higgs boson-like particle”), ʼn baie interessante onderwerp, is tydens die jaarlikse konferensie van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Fisika (SAIP) wat by UP in 2012 plaasgevind het, bespreek. Die eerste ontvanger van die De Beers Goue Medalje is ook aangewys by dieselfde geleentheid.

Die Fisika Departement in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe by die Universiteit van Pretoria (UP) het die 57ste jaarlikse konferensie van die SAIP van 9 tot 13 Julie 2012 aangebied. Daar was 550 afgevaardigdes van Suid-Afrika en omtrent 40 afgevaardigdes van lande wêreldwyd.

ʼn Spesiale sessie is vir 11 Julie gereël om te hoor hoe verteenwoordigers van die SA-CERN-medewerking die nuutste bevindinge van die ontdekking van ʼn Higgs-boson/deeltjie bespreek. Die eksperimentele bewyse ondersteun Peter Higgs se teorie waar die massa van elementêre deeltjies beskryf word deur hul interaksie met ʼn Higgs-veld. Die Minister van Wetenskap en Tegnologie, Naledi Pandor, het die konferensie geopen en gepraat oor opwindende tye vir Fisika in Suid-Afrika. Die onlangse Vierkante Kilometer Opstelling (SKA) aankondiging en die Higgs boson/deeltjie het gesorg vir opwinding in die gemeenskap.

Die konferensie is voorafgegaan deur ʼn historiese Sterrekundige Dorpsvergadering wat amper 100 sterrekundiges byeengebring het om die geleenthede en uitdagings wat hierdie gemeenskap in die gesig staar te bespreek. Dit is gelei deur prof Nithaya Chetty (UP), gesekondeer na die NRF as Groep Uitvoerende Beampte verantwoordelik vir Sterrekunde.

Me Elsabe Brits, van Media 24 (Die Burger), het die konferensie toegespreek oor die interaksie wat nodig is tussen wetenskaplikes en die media, sodat hul resultate die nodige publisiteit kan ontvang. ʼn Spesiale lesingdemonstrasie-kompetisie is ook gehou en dit is deur ʼn groep leerders van die UP with Science en JuniorTukkie programme beoordeel. Meer as honderd leerders het die geleentheid gehad om ʼn goep fisici te “speed-date” voordat hulle aan die gebeurtenis deelgeneem het. Besoek http://indico.saip.org.za/conferenceDisplay. py?confId=14 vir volle besonderhede oor die sprekers en program.

Wenners van die De Beers Goue Medalje is genote van SAIP gemaak by die dinee en dit was ʼn spesiale eer om die 1984-wenner daar te kon hê – prof Jan van der Merwe (UP), wat erken is vir bydraes tot die Theory of Epitaxial Growth.

Warm onderwerpe bespreek by 57ste Fisika-konferensie

Laserdemonstrasie deur die Stellenbosch Universiteit

Skoliere en afgevaardigdes beoordeel die fisika-demonstrasie kompetisie Prof JH van der Merwe (90) word ʼn genoot van SAIP, met SAIP President, prof Simon Connell (regs).

Page 21: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

SQUARED2 UP 21

Die Global Young Academy (GYA) het onlangs ʼn baie suksesvolle Algemene Vergadering by die Universiteit van Pretoria se Gordon Institute of Business Science (GIBS) voltooi; dié program is op die voorgrond geplaas deur die Suid-Afrikaanse Minister van Wetenskap en Tegnologie, die hoofredakteur van die Science tydskrif en ander invloedrykes. Die Universiteit van Pretoria (UP) word met trots vereenselwig met GYA – prof Bernard Slippers, ʼn medeprofessor van die Departement Genetika en die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI) by die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, is een van die medevoorsitters van die akademie.

Die vergadering, wat van 20 tot 23 Mei gehou is, het 80 jong wetenskaplikes vanaf 40 verskillende lande, vername senior wetenskaplikes en wetenskap-administrateurs van oral in die wêreld ingesluit. Die konferensie, met die tema “Volhoubaarheid: Lesse op die pad tussen Rio en Rio+20”, was gerig op tasbare stappe wat deur jong wetenskaplikes gevolg kan word in die bevordering van ʼn volhoubare toekoms. Die vergadering het ook die stigters en stigterslede van die South African Young Academy of Science (SAYAS), wat ʼn stigtingsvergadering byeengeroep het om aan die GYA-vergadering deel te neem, ingesluit. Vyf voorste jong navorsers van die Universiteit van Pretoria, waarvan drie afkomstig is van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, is ook stigterslede van SAYAS. Hulle is prof Bernard Slippers (FABI en die Departement Genetika), prof Andrew McKechnie (Departement Dierkunde en Entomologie en ʼn kern-spanlid van die DWT/NNR Sentrum vir Uitnemendheid by die Percy FitzPatrick Instituut) en prof Mathieu Rouget van die Departement Plantkunde. Die ander twee UP-lede is: prof De Wet Swanepoel van die Departement Kommunikasiepatologie (Fakulteit Geesteswetenskappe) en prof Rangan

Gupta van die Departement Ekonomie (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe).

Minister Naledi Pandor het afgevaardigdes daaraan herinner dat “Rio+20 ʼn historiese geleentheid is om die weg te baan na ʼn volhoubare toekoms – ʼn toekoms met meer werksgeleenthede, meer skoon energie, groter sekerheid en ʼn behoorlike lewensstandaard vir almal.” Jong wetenskaplikes het ʼn besondere verantwoordelikheid ten opsigte van hierdie doelwitte; ʼn groot deel hiervan is gesetel in die interaksie met die groter gemeenskap en beleidmakers om sodoende ʼn begrip te vestig van dit wat nodig is om die doelwitte van

volhoubaarheid te bevorder. Ander sprekers het ook voorbeelde gegee van maniere waarop hierdie doelwit bereik kan word.

Prof Howard Alper (medevoorsitter van die IAP: Global network of Science Academies en GYA-raadslid) het die volgende gesê: “Uitdagings ten opsigte van skoon water en elektrisiteit vir almal is nie meer ʼn wetenskaplike uitdaging nie, dit is ʼn leierskap-uitdaging.” Hy het gewys op die kritieke rol wat vennootskappe tussen universiteite en die industrie by hierdie leierskapkwessies kan speel. Prof Helmut Schwarz (president van die Alexander von Humboldt-stigting en GYA-raadslid) het sterk klem geplaas op uitnemendheid en onderlinge verbintenis in die wetenskaplike gemeenskap tot die bou van kapasiteit wat nodig is om die komplekse wêrelduitdagings die hoof te bied. Sy oproep om “uitstaande mense te befonds en hulle op die lang termyn te befonds” het aanklank by die konferensiegangers gevind.

Prof Bruce Alberts (hoofredakteur van die tydskrif Science en GYA-raadslid) het ʼn oproep gemaak op wetenskaplikes om meer aktief betrokke te raak en werklik verbind te wees tot wetenskap-opleiding. Hy het gesê “die toekoms van die wêreld hang daarvan af.” Huidige benaderings wat slegs daarop gerig is om klomp feite oor te dra kan daartoe lei dat kinders verveeld raak; dit bevorder nie begrip vir die werking van wetenskap en die waarde daarvan vir die samelewing nie. Dit moet dringend aandag geniet en wetenskaplikes het ʼn verantwoordelikheid om betrokke te raak by die verandering van opvoedkundige benaderings en persepsies.

Lede van die GYA het ook hulle nuutste wetenskaplike uitslae uitgeruil, wat nuwe ontdekkings en insigte in kwantum-materiale, oopbron-inligting, groen materiale en genetiese analise ingesluit het. Hierdie

wetenskapsessies het gelei tot die vorming van nuwe, interdissiplinêre samewerking.

Die Algemene Vergadering het by GIBS in Illovo plaasgevind. Die Sentrum se uitstekende konferensiefasiliteite het die doelwitte van die konferensie ondersteun. ʼn Professionele media-ateljee is byvoorbeeld gebruik om kort videos op te neem vir die web, waardeur die GYA se doelwitte (soos die vestiging van nasionale jong akademies oral in die wêreld) bevorder is. Die GIBS atmosfeer van vriendelike kameraadskap en internasionale samewerking het die GYA se doelwitte sowel as die vergadering ondersteun.

Nuwe leiers is op die laaste dag van die Algemene Vergadering deur GYA-lede aangewys. Die lede het prof Rees Kassen van Kanada en prof Bernard Slippers (wat herverkies is) as medevoorsitters aangewys.

Leer meer oor die GYA by: http://www.globalyoungacademy.net/

Funksies en WerkswinkelsProf Gregory Weiss, voormalige medevoorsitter van GYA en prof Bernard Slippers (UP). Prof Rees Kassen is die nuwe

medevoorsitter.

UP: Trotse Vennoot van Global Young Academy

Page 22: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

22 SQUARED2 UP

Funk

sies e

n Wer

kswi

nkels

Wetenskaplikes van die Universiteit van Pretoria (UP) se Sentrum vir Volhoubare Malaria Beheer (UP CSMC) het op 25 April Wêreld Malariadag gedenk in ʼn poging om bewustheid vir die stryd teen malaria te verhoog. Die leuse was “Sustain gains, save lives: Invest in Malaria”.

Malaria is tans onder beheer in Suid-Afrika, maar hierdie beheer is baie broos weens die beperkte effektiwiteit van ons medikasie en insekdoders, sowel as ontoereikende beheer by die grense tussen Suid-Afrika en sy buurlande waarvandaan malaria ingevoer word. Die UP CSMC is ʼn multidissiplinêre groep wetenskaplikes van verskeie fakulteite binne die Universiteit (Institusionele Navorsinstema) wat hul kundigheid kombineer in pogings om nuwe en volhoubare metodes vir malariabeheer te ontwikkel. Wetenskaplikes van verskeie departemente binne die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe is lede van UP CSMC; dit sluit in stigterslede van die Departement Biochemie en lede wat onlangs aangesluit het van die departemente Chemie en Plantkunde.

Bekende internasionale sprekers is uitgenooi om hul kundigheid met lede van UP CSMC, kollegas en studente te deel. Prof Richard Haynes (Departement van Chemie, Hong Kong Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, China) is ʼn besoekende Professor aan die Noordwes Universiteit. Hy is ʼn wêreldleier met betrekking tot die ontdekking van anti-malaria medikasie en het as spreker perspektief gegee op verbindings

wat geïsoleer is van tradisionele Chinese kruie, Qing Hao, as anti-malaria medikasie. Besprekings het daarna van die behandeling van malaria na gesondheidskwessies beweeg met prof Brenda Eskenazi (Moeder en Kind Gesondheid en Epidemiologie, Direkteur van die Centre for Children’s

Environmental Health Research, Universiteit van Kalifornië, VSA) wat gepraat het oor die moontlike nadelige gevolge wat binnenshuise nawerkende spuitmiddels vir malariabeheer op kinderontwikkeling kan hê. Prof Eskenazi werk tans saam met professors Bornman en De Jager (UP Fakulteit Gesondheidswetenskappe) aan ʼn studie van hierdie aard in Venda.

Die gedenkaktiwiteite van Wêreld Malariadag is deur die UP CSMC Studenteforum georganiseer. Dit is ʼn eerste-van-sy-soort

forum wat daarop gerig is om ʼn interaktiewe platform te ontwikkel vir gedeelde studente-aktiwiteite binne UP CSMC. Die forum wil ook transdissiplinêre navorsingsaktiwiteite tussen studente binne UP CSMC bemiddel en kruisbestuiwing tussen verskeie navorsingsonderwerpe oor malaria by die Universiteit toelaat.

Malaria is ʼn baie belangrike siekte by verskeie gemeenskappe in Suid-Afrika en het noodlottige gevolge in ander Afrika-lande. Die UP CSMC wil wêreldklas kundigheid bied en ’n nuwe geslag navorsers kweek om die stryd teen die siekte voort te sit. Lees meer oor die Sentrum by www.malaria.up.ac.za.

Lede van UP CSMC saam met genooide internasionale sprekers. Van links: Bianca Verlinden (PhD-student en Koördineerder: UP CSMC Studenteforum), prof Brenda Eskenazi (Universiteit van Kalifornië, Berkley), prof Riana Bornman (UP CSMC), Jonathan Chevrier (Universiteit van Kalifornië), prof Lyn-Marie Birkholtz (UP CSMC) en prof Richard Hayne (Hong Kong Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, China en Noordwes-Universiteit).

Malaria word deur muskiete oorgedra.

UP Malaria-navorsers gedenk Wêreld Malariadag

Van links: Prof Edward Webb (Hoof van die Department Vee- en Wildkunde), dr Carina Visser, dr Eildert Groeneveld, prof Este van Marle-Koster en dr Japie van der Westhuizen.

Dr Eildert Groeneveld, verbonde aan die Friedrich Loeffler Institute (FLI) vir plaasdiergenetika te Mariensee in Duitsland, het gedurende Mei die Departement Vee- en Wildkunde besoek.

Hy het ’n lesing aangebied oor SNP (“single nucleotide polymorphism”) datagebruik en -storing.

Dr Groeneveld is ’n spesialis in kwantitatiewe diereteling en konsulteer ook die varkteling industrie in Europa en VSA. Hy het al verskeie programmatuur ontwikkel wat wêreldwyd gebuik word in kwantitatiewe diereteling vir bepaling van genetiese parameters en teelwaardes.

Dieregenetikus besoek UP

Page 23: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

ʼn “Brown Bag”-seminaar is in Junie 2012 deur die Nagraadse Skool vir Landbou en Landbou-ontwikkeling (PGSARD) en die Openbare Beleid en Bestuur-platform by die Universiteit van Pretoria gehou. Die onderwerp was “Unleashing Africa’s potential as a pole of global growth”.

Dr Adam B Elhiraika, die hoof van die Makro-ekonomiese Ontledingsafdeling van die Verenigde Nasies se Ekonomiese Kommissie vir Afrika (UNECA), het die programrede gelewer. Hy het ook UNECA en die Afrika-unie Kommissie se ECA-verslag vir 2012 oor die Ekonomiese Kommissie vir Afrika bekendgestel.

Die verslag het ʼn aantal sleutelboodskappe oorgedra, soos die feit dat die wêreldekonomie stadiger is weens toenemende risiko’s en onsekerheid in 2011. Daar word verwag dat Afrika die impak van die krisis deur middel van handel en kapitaalvloeikanale in die korttermyn sal voel. Verbeterde binnelandse ekonomiese bestuur, sterker verhoudinge met opkomende ekonomieë en die uitkoms van wêreld-ekonomiese herbalansering kan egter nuwe geleenthede vir Afrika se langtermynontwikkeling skep. Afrika se positiewe groeitendens behoort inderdaad ʼn soliede posisie te handhaaf in die mediumtermyn, danksy verhoogde uitvoerwinste (as gevolg van hoër kommoditeitspryse en sterk aanvraag na uitvoere) en florerende binnelandse vraag (wat ontstaan weens openbare beleggingspandering, verhoogde landbouproduksie, beter ekonomiese bestuur en sterk herstel van kapitaal- en beleggings-invloeiing).

Verskeie binnelandse en eksterne finansiële hulpbronne tot die beskikking van Afrika-regerings het egter nog nie ten volle gerealiseer nie en dit bring mee dat daar ʼn verskil is tussen die huidige en potensiële mobilisering van finansiële hulpbronne. Afrika-regerings het wel begin kyk na maniere om nuwe finansieringsbronne te benut en daar bestaan baie beleidsmoontlikhede om hierdie bronne beskikbaar te maak.

Die verslag het verder aangedui dat die herlewing in groei in Afrika in ʼn omgewing van verbeterde ekonomiese bestuur, goeie leierskap en beheer van korrupsie, sowel as Afrika se veerkragtigheid ten opsigte van die wêreld-ekonomiese en finansiële krisis, ʼn aanduiding is vir Afrika-leiers, instellings, ontwikkelingsvennote en ander insethouers dat toekomstige wêreldgroei gaan afhang van die aanwending van beide die produktiewe en die onderbenutte verbruikersvraag in Afrika.

Dr Elhiraika koördineer die Kommissie se belangrikste jaarlikse publikasie (die ERA), en is ook die koördineerder van die African Economic Outlook, ʼn gesamentlike jaarlikse publikasie van die African Development Bank, Verenigde Nasies Onwikkelingsprogram, OECD en UNECA. Voordat hy by die Verenigde Nasies aangesluit het was hy ʼn navorsings-ekonoom by die Islamic Development Bank (Saoedi-Arabië), medeprofessor van ekonomie by die Verenigde Arabiese Emirate Universiteit, senior lektor by die Universiteit van Swaziland (Swaziland) en die Universiteit van Fort Hare (Suid-Afrika) en assistent-professor van ekonomie by die Universiteit van Gezira (Soedan). Elhiraika het ʼn PhD in Ekonomie van die Glasgow Universiteit in die Verenigde Koninkryk (1991), ʼn MA in Ekonomie van die Universiteit van Kent by Canterbury en is die outeur van verskeie publikasies in internsionaal beoordeelde vaktydskrifte, monografieë en boeke.

Die doelwitte van hierdie “Brown Bag” seminare is om gesprekvoering oor landelike en landbou-ontwikkelingskwessies te verbeter. Aanbiedings sluit beleidsdokumente, finale en voorlopige navorsingsbevindings en besprekingslesings in.

SQUARED2 UP 23

Funksies en Werkswinkels

Van links: me Thinah Moyo, me Nandi Mkunqwana en dr Ward Anseeuw. Agter: mnr Elvis Mtonga, prof Charles Machethe, dr Adam B Elhiraika en mnr Ravi Naidoo.

Ekonomiese verslag oor Afrika by UP bekendgestel

Prof David Block

Die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde het onlangs die voorreg gehad om die internasionaal bekende sterrekundige, prof David Block, as spreker te ontvang. Soos verwag, was dit ʼn gedenkwaardige geleentheid. David Block het al op BBC-televisie verskyn, is ʼn verkenner van die heelal/kosmos en is iemand wat gehore oral in die wêreld aanmoedig om “altyd op te kyk en nooit op te gee nie”! Daar word gereeld onderhoude met hom gevoer op Radio 702, M-Net en ander televisiestasies. Hy het praatjies by baie konferensies gelewer en onderhoude is met hom gevoer in die Verenigde State, Europa en Australië.

Die onderwerp “Our universe: Accident or Design?” het baie belangstelling gewek en prof Block het nie teleurgestel nie. Hy het ʼn volgepakte gehoor geleer, vermaak, bekoor en verstom. Die aanbieding was ʼn intellektuele en visuele fees. Kleurfoto’s het planete, newelwolke, sterre en sterrestelsels uitgebeeld en van die mees afgeleë voorwerpe ingesluit wat raakgesien kan word in die heelal. Professor Block het die betekenis van die onmeetlikheid en kompleksiteit van die heelal ondersoek en was op ’n verkenningstog om bewyse van ontwerp op te spoor.

Een van die baie waarderende reaksies vat alles baie goed saam:

“Ek kan sonder enige huiwering sê dat dit die mees betekenisvolle lesing was wat ek al bygewoon het – en ek het baie vakkundiges by konferensies in Europa en Brittanje hoor praat. Ek het waardering vir die absolute omvang van die intellek, die sintese van teorieë en filosofieë wat oor eeue span en die krag en eerlikheid van rede wat deur jou aanbieding na vore gekom het.”

Die oggend is afgesluit in die aanloklike wiskunde-tuin waar gaste die Departement se gasvryheid kon beleef en prof Block persoonlik kon ontmoet.

Bekende sterrekundige besoek Wiskunde Departement

Page 24: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

24 SQUARED2 UP

Funk

sies e

n Wer

kswi

nkels

Leerders moet aan velerlei moontlike toekomstige studie- en loopbaanopsies blootgestel word sodat hulle ingeligte keuses sal kan maak wanneer hulle hul vakke vir Graad 10 kies. Die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe is uiters bewus van hierdie realiteit en het dus op 27 Julie vanjaar vir die derde keer sy Graad 9-Opedag aangebied.

Meer as 400 leerders van 16 skole, met inbegrip van skole in Pretoria, Mamelodi en Eersterust, en selfs so ver soos Bethlehem, het hierdie insiggewende dag bygewoon.

Die aktiwiteite het afgeskop met die Dekaan van die Fakulteit, prof Anton Ströh, se verwelkoming van die leerders en onderwysers by die Universiteit. Hy het die belangrikheid van die regte vakkeuse vir ’n vervullende loopbaan beklemtoon en die hoop uitgespreek dat al die aanwesige leerders in die toekoms Tukkie-studente sal word.

Me Samantha Pretorius, ’n dosent in die Departement Versekerings- en Aktuariële Wetenskap, het ’n oorsig gegee oor die verskillende studieprogramme en oor die toelatingsvereistes vir die onderskeie graadkursusse in die Fakulteit. Mnr Petrus Lombard van die JuniorTukkie-program het ’n DVD aan die leerders vertoon om te verduidelik hoe die program werk. Hy het ook die voordele daarvan bespreek om ’n JuniorTukkie te wees.

Mnr Mmatlou Kalaba van die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling het as seremoniemeester opgetree en ook ’n interessante praatjie oor beroepsmoontlikhede in landboukundige en verwante studiegebiede gelewer. Prof Chris Theron, Hoof van die Departement Fisika, het enkele interessante ontwikkelings in die wêreld van fisika verduidelik. In haar entoesiastiese aanbieding het me Immaculate Zinde van Aartappels Suid-Afrika die leerders aangemoedig om ’n loopbaan in die landbousektor te oorweeg en die groot aantal skaars vaardighede wat tans in hierdie sektor voorkom, uitgelig.

Al die verskillende departemente in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het uitgestal en leerders het die geleentheid gekry om tussen die uitstallings rond te dwaal en meer indringende kennis oor die verskillende departemente te versamel.

’n Werksessie vir onderwysers van die betrokke skole wat Wiskunde, Natuur- en Skeikunde en Lewensoriëntering onderrig, het vanjaar saam met die leerderprogram plaasgevind.

Die hoogtepunt van die dag was die wetenskapvertoning deur lede van Sci-Enza, die Universiteit se eie wetenskapsentrum. Hul interessante eksperimente het die leerders sprakeloos gelaat.

Graad 9-Opedag bevoordeel leerders sowel as onderwysers

Leerders by die Graad 9-Opedag stap en kyk rond tussen die uitstallings van al die verskillende departemente in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe.

Personeellede van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het aan leerders verduidelik watter verskillende studie- en loopbaangeleenthede binne die Fakulteit bestaan.

Page 25: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

SQUARED2 UP 25

Funksies en Werkswinkels

Dr Jerome Delli Priscoli, Senior Raadgewer van die United States Army Corps of Engineers (USACE) by die Institute for Water Resources, het onlangs ʼn toespraak gelewer by ʼn openbare lesing wat deur die UP Waterinstituut aangebied is. Die lesing, met die titel “Navigating Rough Waters – Ethical Issues in the Water Industry”, was baie aktueel en toepaslik.

Dr Priscoli is ʼn senior raadgewer van die USACE by die Institute for Water Resources. Hy het die afgelope 30 jaar navorsing gedoen en opleidingsprogramme ontwikkel en aangebied oor sosiale beoordeling, openbare deelname en konflikoplossing. Hy is ʼn bekwame bemiddelaar en fasiliteerder en werk oral in die wêreld. Hy dien op die Board of Governors, die Buro van die World Water Council en die Inter-American Water Resources Network. Hy werk saam met verskeie ander wêreldverenigings en was betrokke by die stigting van ’n paar, soos die International Association for Public Participation, die World Water Council en die Global Water Partnership. Dr Delli Priscoli was ook raadgewer vir die Wêreldbank aangaande waterbeleid en raadgewer vir al die agentskappe van die VN wat met waterverwante kwessies te doen het. Hy werk baie nou saam met ’n

hele aantal van die ministers belas met water oral oor die wêreld en was ʼn oorspronklike lid van die VS-afvaardiging vir die vredespraatjies oor water in die Midde-Ooste. Hy was ook Medevoorsitter van die DG van UNESCO se World Commission on Water and Freshwater Ethics. Dr Priscoli is die outeur van baie artikels en boeke, bv Water and Civilization, en ʼn nuwe volume van Cambridge University Press, Transforming Water Conflicts. Hy is ʼn kommentator op mediaprogramme en die Hoofredakteur van die eweknie-beoordeelde vaktydskrif Water Policy.

Hy het in die laaste 15 jaar ’n deurslaggewende rol gespeel en baie van die gesprekke tussen diplomate en NRO’s in elk van die vyf wêreldwaterforums gefasiliteer, asook in meeste van die kritiese waterhulpbron-beleidsvergaderings. Hy was op die internasionale dagbestuur/reëlingskomitee en die politieke komitee van die WWF5 in Istanbul en het baie VS nasionale waterbeleidsdialoë gefasiliteer. Die American Water Resources Association het die Icko Iben toekenning aan hom gegee vir sy prestasie in kruis-dissiplinêre kommunikasie in water. Hy het grade in ekonomie en politieke wetenskap en het ook ʼn postdoktorale graad in teologiese studies van die Universiteite van Tufts en Georgetown.

Mnr John Griffith (Omgewings-, Wetenskap- en Tegnologiebeampte, VS Ambassade), prof Rivka Kfir (Buitengewone professor: UP Waterinstituut), dr Jerome Delli Priscoli en prof Hannes Rautenbach (Hoof van die Departement Geografie, Geoinformatika en Meteorologie en waarnemende Hoof van die UP Waterinstituut).

Internasionale kundige praat oor etiese kwessies in die waterindustrie

Page 26: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

26 SQUARED2 UP

Geme

ensk

apsb

etrok

kenh

eid

’n Opgewonde groep voor- en nagraadse studente van die Departement Mikrobiologie en Plantpatologie het vroeër vanjaar ’n geleentheid gehad om besoek af te lê by Bayer Crop Science in Krugersdorp, waar hulle insiggewende sessies oor dié maatskappy, sy oorsprong en huidige en toekomstige projekte bygewoon het. Verskeie demonstrasies van onder meer chemiese kruisbaarheidstoetse, saadbehandelings, sproeitegnieke en veldproewe het die belang van navorsing wat deur dié maatskappy onderneem word, benadruk.

Opmerkings deur studente wat die besoek meegemaak het:

“Die kenmerk van die navorsers by Bayer wat hulle van dié by ander maatskappye onderskei, is dat hulle kritieke vrae stel, byvoorbeeld:

Hoe kan ons voedsel vir meer mense produseer sonder om die omgewing te benadeel? Hoe kan ons plantsiektes voorkom? Hoe kan ons nuwe stowwe ontwikkel om ons te help om hulpbronne te bewaar? “Bayer het homself herposisioneer ten einde dié vrae beter te kan beantwoord.” Quinton Volschenk

“Die lesing was insiggewend en het my laat besef hoe ingewikkeld die ontwikkelings- en toetsprosesse werklik is.” C.J. Smith

“My persoonlike mening is dat dit verfrissend en motiverend was om te sien dat ’n groep professionele persone in hul werksplek so geesdriftig en opgewonde oor hul werk kan wees. Die plantpatoloë se werk is sowel uitdagend

as tydrowend, maar dit was duidelik dat dié groep wetenskaplikes nie in die minste negatief gevoel het oor die uitdagings wat voorlê of hulle daardeur laat afskrik nie. Dit het beslis my vasberadenheid om ’n plantpatoloog te word versterk.” Christopher Slabbert

“Die besoek het my bewus gemaak van ’n nuwe navorsingsgebied waarvan ek geen vorige ondervinding gehad het nie. Ek is baie bly dat ek besluit het om wetenskap te studeer. Dié soort werk is presies wat ek vir die res van my lewe wil doen.” Hyun-Sul Jung

“Die uitstappie was insiggewend en dit was veral vir voorgraadse studente, wat voorheen net aan die akademiese sy van dié vak blootgestel was, interessant om uit te vind hoe plantpatologie op ’n nie-akademiese gebied toegepas en beoefen kan word.” K.S. Botha

“Dit was ’n interessante en genotvolle dag. Ek

het nooit besef dat Bayer se werksaamhede so ’n groot verskeidenheid produkte dek nie, en was beslis nie daarvan bewus dat hulle die vervaardigers van Zam-Buk en Rennies is nie! Tot dusver het ek dié maatskappy nog altyd net met die landbou geassosieer. Ek het beslis meer agting vir chemikalieë noudat ek weet hoeveel werk, geld en tyd dit verg om vir ons as verbruikers nuwe chemikalieë te ontwikkel. Dit was ook gerusstellend om te besef dat selfs ’n maatskappy van dié grootte net soos ons studente tydens proewe met die elemente te kampe het. Al die werknemers met wie ons in aanraking gekom het, was vriendelik en bereid om ons vrae uitvoerig te beantwoord. Dit was ook baie interessant om te hoor van al die geleenthede wat daar in die bedryf, en veral by Bayer, bestaan. Die geleentheid wat die maatskappy aan studente bied om ondervinding op te doen, word hoog op prys gestel en ons sal dit beslis in gedagte hou.” Susan du Raan

Plantpatologiestudente by die Bayer Crop Science-plaas in Krugersdorp

Plantpatologiestudente by die Bayer Crop Science-plaas in Krugersdorp

Plantpatologiestudente besoek Bayer Crop Science

Page 27: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

SQUARED2 UP 27

Gemeenskapsbetrokkenheid

Ten spyte daarvan dat byna twee dekades verloop het sedert ons oorgang na ’n demokrasie bly ’n loopbaan in die aktuariële beroep steeds ’n relatief onbekende opsie onder die voorheen benadeelde gemeenskappe in Suid-Afrika. Teen hierdie agtergrond het die SAADP, die Suid-Afrikaanse ontwikkelingsprogram vir aktuarisse, topwiskunde- en wetenskapleerders na ’n praatjie oor die beroep genooi.

Die praatjie het op Saterdag, 26 Mei 2012 op die Universiteit se Hatfieldkampus plaasgevind en is deur ongeveer 100 toppresteerders uit verskillende Pretoriase skole bygewoon.

Die SAADP probeer om die akute tekort aan aktuariële vaardighede onder die voorheen benadeelde gemeenskappe in Suid-Afrika aktief aan te spreek. Die Program is by drie universiteite in Suid-Afrika ingestel en dit word reeds

sedert 2009 in die Departement Versekerings- en Aktuariële Wetenskap by UP bedryf.

Tydens die praatjie is aan leerders verduidelik dat hulle aan die Universiteit sowel as die SAADP se vereistes moet voldoen ten einde vir toelating tot die Program oorweeg te word. ’n Basiese vereiste is dat hulle deur een van die deelnemende universiteite aanvaar moet word. Ná ’n deeglike keuringsproses word omvattende universiteitsbeurse gebied aan die leerders wat vir deelname aan die Program geselekteer is. Hulle word ook blootgestel aan akademiese en emosionele steunstrukture wat hulle sal help om hul universiteitstudie baas te raak.

Sedert die aanvang van die Program in 2003 het die SAADP in sy samewerking met die drie universiteite meer as 90 gegradueerdes opgelewer. Agt het sedertdien volledig as aktuarisse gekwalifiseer en talle ander sal binnekort hul voorbeeld volg. By die Universiteit van Pretoria het hierdie Program tot dusver vier gegradueerdes opgelewer. Een het haar BSc in 2009 voltooi en die ander drie in 2011. “Die SAADP-familie is trots om aan te kondig dat een van die drie senior studente, Fhatuwani Nemakhavhani, met lof geslaag het,” sê mev Lehobo.

Me Nokwanda Mkhize, die Uitvoerende Direkteur van die SAADP, het die volgende oor die UP-program te sê gehad: “Ons is baie bly oor die goeie vordering van die Program by UP. Ons weet ook dat dit die gevolg van al die betrokke partye se bydraes is. Die uitvoerende personeel in die Fakulteit,

die span in die Dekaan se kantoor en die personeel van die Departement Versekerings- en Aktuariële Wetenskap het almal ’n groot aandeel daarin gehad om die SAAPD so suksesvol te maak soos wat dit tans is.”

Die SAADP-span sien daarna uit om nog meer positiewe bydraes tot die Universiteit te maak en om sommige van hierdie voornemende Aktuariële Wetenskap-studente volgende jaar by UP te verwelkom. Vir verdere inligting oor die SAADP, kontak asseblief mev Lehobo by 012 420 6664.

SA-ontwikkelingsprogram vir aktuarisse vorder fluks

Leerders by die praatjie oor die aktuariële beroep as ’n moontlike loopbaan

Page 28: SQUARED2 UP · Suid-Afrika vestig, maar strewe ook daarna om deur middel van nagraadse navorsing die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – ʼn fakulteit wat

Geme

ensk

apsb

etrok

kenh

eid

www.up.ac.zaUniversiteit van Pretoria • University of Pretoria • Yunibesithi ya PretoriaPrivaatsak/Private Bag/Mokotla wa Poso X20 • Hatfield • 0028 • Suid-Afrika/South Africa/Afrika BorwaTel: +27 12 420 4111 • Faks/Fax/Fekse: +27 12 420 4555

Die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde het in Julie hierdie jaar sy tweede “Teach to Reach”-werkswinkel aangebied.

Twaalf sprekers het hul beskouing oor verskillende aspekte van onderrig met die gehoor gedeel. Die sprekers het gewissel van jonk tot ervare en lighartig tot meer ernstig. Almal het die verskillende benaderings baie geniet. Dit was veral opmerklik hoe goed die junior personeellede hul van hul taak gekwyt het en hoe leersaam hulle aanbiedings was.

Die onderwerpe wat by die werkswinkel bespreek is het die volgende ingesluit: studente-beoordeling, groot groeppraktyke, jong akademiese ondervindings, SI leierondervindings, tegniese aspekte en praktyke in die merk en hantering van skripsies, en werksetiek.

Die werkswinkel was ʼn uitstekende demonstrasie van die Departement se toewyding tot sekere van die strategiese doelwitte van die Universiteit binne sy strategiese plan vir 2025.

Gaste wat nie by die Departement betrokke is nie (prof Wendy Kilfoil en prof Bharti Temkin) het hul waardering vir die inisiatief uitgespreek en kommentaar gelewer oor die ongelooflike samehorigheid binne so ʼn diverse departement. Prof Kilfoil het gesê hy het waardering vir die kombinasie van vernuwing en praktiese, dag-tot-dag leiding.

Wiskunde bied “Teach to Reach”- werkswinkel aan

Prof Jean Lubuma (Departementshoof) en prof Bharti Temkin

Drie meisies van skole in die omliggende omgewing het die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde besoek tydens die jaarlikse “Neem ʼn Meisie Werk toe”-dag. Die meisies het die geleentheid gehad om eerstehandse ondervinding op te doen oor die akademiese lewe by ʼn universiteit, loopbaanmoontlikhede te bespreek en middagete te geniet met sommige lede van die Departement.

Die jaarlikse “Neem ʼn Meisie Werk toe”-dag het op Donderdag, 31 Mei 2012 plaasgevind.

Die meisies is aan verskeie personeellede van die Departement voorgestel en het ook die Adjunkdekaan van Onderrig en Leer, prof Johann Engelbrecht, ontmoet. Mev Ezanda Dreyer het die geleentheid georganiseer en as gasvrou vir die dag opgetree.

Aktiwiteite van ’n akademiese aard was daarna aan die orde van die dag. Madelein Basson het ’n uitstalling oor loopbaanmoontlikhede aangebied – sy het die gewone moontlikhede aan hulle voorgehou en hulle bekendgestel aan die opwindende, ongewone keuses wat beskikbaar

is. Hierdie praatjie is gevolg deur besprekings oor beskikbare opsies op spesifieke gebiede van wiskunde – prof Roumen Anguelov oor Biologiese Toepassing in Wiskunde, prof Izak Broere oor navorsing in Wiskunde, dr Rodwell Kufakunesu oor Finansiële Wiskunde en me Samatha Pretorius oor Aktuariële Wiskunde. Prof Kerstin Jordaan het die meisies oor studieprogramme en vakkeuses ingelig en me Ania Ostaszewicz het die meisies ʼn voorsmakie van die kampus en studentelewe gegee. Die meisies het ʼn besige oggend afgesluit met ʼn ontspanne middagete saam met personeellede.

Van links: Nicole Ponelis en Resego Matshego (Pretoria High School for Girls), Megan Annandale (St Mary’s Diocesan School for Girls) en prof Lou Pretorius (Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde).

Wiskunde deel van “Neem ’n Meisie Werk toe”-dag