10
STERRELIG Nuusbrief van Negester Klein-Kariba Huiseienaarsvereniging “…en mag die Suiderkruis en Negesterre witter as die stedeligte in jou siel bly skitter” – D.J. Opperman Ons bedank die volgende persone / instansies vir finansiële bydraes tot die Sterrelig Nuusbrief: Majestic Silver Trading 279 (Edms) Bpk Donateurs JULIE 2019 JAARGANG 1 UITGAWE 9 Uit die HEV-kantoor By Negester Klein-Kariba, ’n volhoubare leefstyl- landgoed vir vyftigplussers, word daarna gestreef om doeltreffend in al die veranderende versorgings- behoeftes van die landgoed se ouer wordende inwoners te voorsien. In ’n ondersteunende omgewing beleef ouer persone aanvaarding en sekuriteit wat on- losmaaklik ’n bydrae tot die bevordering van ’n goeie lewenskwaliteit bied. Ten einde bogenoemde doelstelling te bereik is ’n versorgingstrategie, wat uit die volgende drie versorg- ingsvlakke bestaan, aanvaar: voorkomende- of primêre versorging, ondersteunende tuisverpleging (Assisted Living) en Sorgsentrum opnames. Primêre Gesondheidsorgdiens het ten doel om ’n onaanklike gesonde leefstyl vir solank moontlik te handhaaf. Die diens wat by Negester Klein-Kariba gelewer word bied aan die inwoners toegang tot ’n kliniekdiens by die Sorgsentrum wat die volgende na gelang van behoefte kan insluit: Bloeddrukmeting Urinetoetsing Bloedglukose monitering Cholesterol siftingtoetsing Voorligting t.o.v. medikasie. Basiese mediese prosedures en ooreenkomstige dok- tersvoorskrifte sal ook uitgevoer word, byvoorbeeld toediening van medikasie, wondsorg, toediening van inspuitings, ens. Assessering van alle nuwe intrekkers sal gedoen word met die oog daarop om die mediese geskiedenis vas te lê, hoofsaaklik met die doel om ’n aanduiding te kry van die diens waaraan daar ’n behoefte sal ontstaan. Jaarlikse tuisbesoeke, en soos nodig na gelang van omstandighede, sal gedoen word om die algemene gesondheid en welstand van die inwoners te evalueer en om voorkomende stappe voor te stel indien nodig. Dit word in die vooruitsig gestel om kundige sprekers te nooi om gesondheidskwessies te kom toelig. Reëlings word getref met instansies om van tyd tot tyd gehoorsiftingsondersoeke te kom doen. Inwoners sal vroegtydig van die datums in kennis gestel word. (Vervolg op bl.2)

Sterrelig Julie 2019 Web - 9sterkk.info9sterkk.info/wp-content/uploads/2019/07/sterrelig-jul-2019-web.pdf · Assessering van alle nuwe intrekkers sal gedoen word ... vas te lê, hoofsaaklik

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Sterrelig Julie 2019 Web - 9sterkk.info9sterkk.info/wp-content/uploads/2019/07/sterrelig-jul-2019-web.pdf · Assessering van alle nuwe intrekkers sal gedoen word ... vas te lê, hoofsaaklik

STERRELIGNuusbrief van Negester Klein-Kariba Huiseienaarsvereniging

“…en mag die Suiderkruis en Negesterre

witter as die stedeligte in jou siel bly skitter”

– D.J. Opperman

Ons bedank die volgende persone / instansies vir finansiële bydraes tot die Sterrelig Nuusbrief:

Majestic Silver Trading 279 (Edms) Bpk

Donateurs

JULIE 2019JAARGANG 1UITGAWE 9

Uit die HEV-kantoorBy Negester Klein-Kariba, ’n volhoubare leefstyl- landgoed vir vyftigplussers, word daarna gestreef om doeltreffend in al die veranderende versorgings- behoeftes van die landgoed se ouer wordende inwoners te voorsien. In ’n ondersteunende omgewing beleef ouer persone aanvaarding en sekuriteit wat on- losmaaklik ’n bydrae tot die bevordering van ’n goeie lewenskwaliteit bied.

Ten einde bogenoemde doelstelling te bereik is ’n versorgingstrategie, wat uit die volgende drie versorg- ingsvlakke bestaan, aanvaar: voorkomende- of primêre versorging, ondersteunende tuisverpleging (Assisted Living) en Sorgsentrum opnames.

Primêre Gesondheidsorgdiens het ten doel om ’n ona�anklike gesonde leefstyl vir solank moontlik te handhaaf.

Die diens wat by Negester Klein-Kariba gelewer word bied aan die inwoners toegang tot ’n kliniekdiens by die Sorgsentrum wat die volgende na gelang van behoefte kan insluit:

• Bloeddrukmeting

• Urinetoetsing

• Bloedglukose monitering

• Cholesterol siftingtoetsing

• Voorligting t.o.v. medikasie.

Basiese mediese prosedures en ooreenkomstige dok- tersvoorskrifte sal ook uitgevoer word, byvoorbeeld toediening van medikasie, wondsorg, toediening van inspuitings, ens.

Assessering van alle nuwe intrekkers sal gedoen word met die oog daarop om die mediese geskiedenis vas te lê, hoofsaaklik met die doel om ’n aanduiding te kry van die diens waaraan daar ’n behoefte sal ontstaan.

Jaarlikse tuisbesoeke, en soos nodig na gelang van omstandighede, sal gedoen word om die algemene gesondheid en welstand van die inwoners te evalueer en om voorkomende stappe voor te stel indien nodig.

Dit word in die vooruitsig gestel om kundige sprekers te nooi om gesondheidskwessies te kom toelig. Reëlings word getref met instansies om van tyd tot tyd gehoorsiftingsondersoeke te kom doen.

Inwoners sal vroegtydig van die datums in kennis gestel word. (Vervolg op bl.2)

Page 2: Sterrelig Julie 2019 Web - 9sterkk.info9sterkk.info/wp-content/uploads/2019/07/sterrelig-jul-2019-web.pdf · Assessering van alle nuwe intrekkers sal gedoen word ... vas te lê, hoofsaaklik

2

Nuwe intrekkers word versoek om die Medwell registrasievorms so gou as moontlik in te vul en by die HEV-kantoor (Yolanda) of by die Sorgsentrum in te handig. Inwoners is welkom om Delia Venter enige tyd by die Sorgsentrum te skakel om ’n tuisbesoek te reël indien nodig.

Die tweede vlak van dienslewering is Ondersteunende Tuisverpleging (Assisted Living). Die doelstelling van hierdie diensvlak kan soos volg omskryf word:

Beheerde tuisversorging bied versorgingsdienste aan inwoners in die gerief van hul eie huise.

• Die doelwit hiervan is om dit vir die inwoners moontlik te maak om vir solank as moontlik ’n ona�anklike lewenstyl te handhaaf.

• Dit is verder ’n koste-effektiewe alternatief vir hospitalisasie of inrigtingversorging.

• Individuele verplegings- en algemene gesond- heidsorgplanne word vir elke inwoner ontwikkel. Hierdie planne word aangepas na gelang van ver- anderde kliniese en persoonlike omstandighede ten einde die diens so kosteeffektief moontlik te hou.

Tuisverpleging is vir die rekening van die inwoner. Koste sal bereken word na gelang van die aantal ure wat die dienste in beslag neem asook die vlak van ver- pleegdienste wat benodig word.

Derde vlak van versorging: Sorgsentrum

Hierdie vorm van versorging word benut as ’n bejaarde nie meer suksesvol by wyse van tuisversorging, versorg kan word nie. Negester Klein-Kariba se Sorgsentrum is

geregistreer by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling om aan twaalf inwoners versorging te bied.

Ambulansdienste:

’n Gesprek was gevoer met APA Ambulansdienste en die volgende inligting is van hulle verkry:

• Uitstuur van ’n noodvoertuig: die uitstuur van ’n noodvoertuig sal a�ang van die erns van die ongeval en die probleem.

• Die noodvoertuig kom nie as ’n reël uit nie.

• Ambulans/noodvoertuig kan binne 10 minute op die toneel wees.

• Alle oproepe moet deur die beheerkamer ge- kanaliseer word.

Betaling:

Inwoners sal wel vir die diens moet betaal. Eise sal deur APA aan mediese fondse gestuur word. Onmiddellike betaling sal nie vereis word nie. ’n Rekening sal gestuur word.

Crisis on Call word aanbeveel. Koste is R110 per maand. Sodoende is daar groter beskerming.

APA Paniek knoppie: SOS alert koste is R1450 aanvanklik en daarna R70 per maand. Voordele is beperk.

Ambulanskoste word in drie vlakke verdeel: basies is R980 per uitroep, 2de vlak koste is R1480, 3de vlak is R2500. Meeste mediese fondse betaal hierdie tariewe. Koste hang af van die graad van die noodgeval.

Delia Venter

Uit die HEV-kantoor (vervolg)

Rooibokram Rooibokooi met haar lam

Julie 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 9

Rooibok (Aepyceros melampus)Die rooibok is ’n wildsbok wat in Afrika aangetref word. In Engels staan die bok bekend as die Impala. Die bok se wetenskaplike naam, Aepyceros melampus, is ’n samestelling van die Griekse aipos+ceros+melas+pous, oftewel "hoog"+"horing"+"swart"+"poot". (Vervolg op bl.3)

Page 3: Sterrelig Julie 2019 Web - 9sterkk.info9sterkk.info/wp-content/uploads/2019/07/sterrelig-jul-2019-web.pdf · Assessering van alle nuwe intrekkers sal gedoen word ... vas te lê, hoofsaaklik

3

Rooibok (vervolg)

’n Volwasse rooibok weeg ongeveer 50 kg en het ’n gemiddelde hoogte van 90 cm. Soos die naam aandui, is die bok rooibruin van kleur met ligkleurige flanke, terwyl die pens onderlangs wit is. ’n Donker, ken- merkende M-vorm word op die agterstewe aangetref. Die ram het liervormige horings wat tot 90 cm lank kan word.

Die rooibok is een van die volopste kleinboksoorte. ’n Rooibok kan met een sprong, 10 m ver en 3 m hoog spring. Rooibokke kom in troppe voor; gewoonlik ’n dominante ram met verskeie ooie en jong diere.

Daar is gewoonlik twee of drie uitgegroeide ramme (let op hul horinglengtes) wat “wagstaan” aan die randjie van die trop. Indien die brandwag onraad vermoed, maak hy alarm deur ’n harde snorkgeluid te uiter en die res van die trop laat spaander na beskermde bosse terwyl hulle reuse spronge deur die lug maak om die roofdier te verwar.

Rooibokke word algemeen in Suider-Afrika aangetref en is sowel gras- as blaarvreters. Hulle val verskeie roofdiere ten prooi, soos leeus, luiperds, jagluiperds, wildehonde, gevlekte hiënas, ens.

Paring vind gewoonlik van April tot Mei plaas. Die ooi gee na 6 maande, gewoonlik in November of Desember, aan ’n enkele lammetjie geboorte.

Die jong bokkie drink vir vier tot ses maande aan die ooi. Rooibokke het ’n aangetekende moontlike lewens- duur van 12 jaar.

Arrie Schreiber

Positiewe blik op elke dag... W.E. Sangster, ’n bekende Britse prediker, het die nuus gekry dat hy aan progressiewe spier-atrofie ly. Hy het vir homself ’n lysie gemaak van hoe hy sy swaarkry wil probeer hanteer. Dit is ná sy dood in sy bybel gekry. Sy huismense kon op sy begrafnis getuig dat hy tot op die dag van sy dood daarby gehou het.

Dit lui so:

1. Ek wil nie kla nie.

2. Ek wil opgeruimd bly.

3. Ek sal my seëninge tel, dié wat nog oorbly.

4. Ek wil soek watter goed hieruit kan voortkom.

Gedagte om te onthou:

“Oppas dat jy nie in die greep beland van die onversadigbare soeke na negatiwiteit nie… Dit is soos om met ’n Gorilla te stoei. Jy kan nie ophou wanneer jy moeg raak nie. Jy kan eers ophou as die Gorilla moeg is” (Robert Strauss)

Dus leef met:

•Positiewe denke!

•Positiewe dade!

Gedeeltes uit: Die groot aanhalingsboek Lux Verbi

Gusta Hoare

SkopsuilekampeerdersNa ’n stiltetyd, waar die meeste kampeerders hulle eie rigtings ingeslaan het, beplan ons weer ’n “midweek” saamkamp. Die “midweek” word beplan vir die week van 14 Julie tot 19 Julie 2019 by Mabalingwe Wildsreservaat. Lekker naby om te ry, na ’n pragtige oord met volop wild, warmwaterswembad en pragtige staanplekke. Daar is ook ’n goed toegeruste winkel wat die nodige kan voorsien. Die oord bied ook heelwat wildritte aan, maar gaste kan ook self in die wildreservaat rondry. Ons gaan net lekker saamkuier. Indien enigiemand wil saamgaan en nog nie inligting ontvang het nie, kontak Dawid Appel by 0827750260

Altra Juweliers & Sleutels

Julie 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 9

Page 4: Sterrelig Julie 2019 Web - 9sterkk.info9sterkk.info/wp-content/uploads/2019/07/sterrelig-jul-2019-web.pdf · Assessering van alle nuwe intrekkers sal gedoen word ... vas te lê, hoofsaaklik

4

Kandelaarplant

Nagblom

Julie 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 9

IndringerplanteDie moeilikheid met meeste indringerplante is dat hulle regtig baie mooi is. Dikwels is dit dan ook die rede hoekom hulle destyds ingevoer was: om as sierplante in ons tuine te dien. Die oumense het nie besef dat hierdie plante sou vervuil, ons eie plantegroei sou verdring en hele ekosisteme sou vernietig nie.

Ongelukkig blom daar juis nou ’n kategorie 1(b)-indringer in baie Negester tuine: die kande- laarplant (Bryophyllum delagoensis) met sy pragtige oranje blomme. Hulle vermeerder vinnig deur klein plantjies wat op blaarpunte ontstaan asook deur saadvorming. Hulle is boonop baie giftig vir wild en vee. Hierdie plante moet verwyder en vernietig word (en onder geen omstandighede in die veld weggegooi word nie).

Op Negester is hier nog ’n paar nagblomme, beter bekend as "Queen of the night" (Cereus jamacare) maar by sommige van ons bure is dit egter reeds ’n groot probleem. Hierdie kaktus het groot wit blomme wat net snags oopgaan. Dit is ook ’n kategorie 1(b) en hierdie indringers is baie moeilik om uit te roei omdat enige afgebreekte stukkie wortelskiet en groei. Voëls en ape versprei boonop die saad. Nagblomme lyk nogal baie soos ons interessante nabome, maar die dorinkies verskil: nagblomme het lang, dun dorings terwyl nabome kort, dik dorings het. Nabome vervuil natuurlik ook nie.

Op Negester is hier gelukkig nog nie "mak" seringe (Melia azedarach) nie maar o.a. langs die pad Warmbad toe groei hulle in onstellende hoeveelhede. In die herfs sien mens hierdie bome maklik raak omdat hulle blare so mooi geel word. Hulle dra fyn pers blommetjies en het dan later ’n oorvloed liggeel bessies. Hoewel voëls die bessies graag eet, is dit giftig vir mense. Baie mense kry ook erge hoofpyne wanneer die bome blom en ook van die rook wanneer met sy hout vuurgemaak word. Weereens is dit baie moeilik om van hierdie indringers ontslae te raak en dit kan ons duidelik sien waar van die bome verlede jaar langs die spoorlyn op pad dorp toe, afgesaag is – hierdie jaar het elkeen van die stompe met mag en mening nuwe uitlopers gemaak. Hierdie bome is dwarsoor Suid-Afrika as kategorie 1(b) geklassifiseer. Hulle is ook glad nie familie van ons inheemse seringe, die wildesering, witsering en bergsering, nie.

Die groot probleem met indringerplante is dat tuiniers baie in hulle noppies is met hierdie plante wat so lekker vinnig vermeerder en so maklik groei, daarom plant ons hulle so graag. Net soos meeste mense eers onlangs bewus geword het van die groot gevaar wat plastiek vir die omgewing inhou, moet ons ook almal die gevare van indringerplante begin besef.

Leonora Visagie

Page 5: Sterrelig Julie 2019 Web - 9sterkk.info9sterkk.info/wp-content/uploads/2019/07/sterrelig-jul-2019-web.pdf · Assessering van alle nuwe intrekkers sal gedoen word ... vas te lê, hoofsaaklik

5

Rouel Beukes gesels met: Chris en Marietjie RademanChris, wat is jou geskiedenis?

Ek is in Ermelo gebore, en het daar skool gegaan. Na skool is ek Pretoria toe vir ’n vakleerlingskap in Elektromeganika. Daarna het ek gaan werk by Yskor in Newcastle. Ek het toe ’n oorplasing gevra Vanderbijl- park toe om my studies te kon klaarmaak. Na 40 jaar by Yskor het ek toe afgetree.

Marietjie, waar kom jy vandaan?

Ek is gebore in Brits en het ook daar skool gegaan.

Hoe het julle ontmoet?

Ons het mekaar op Hammanskraal ontmoet. My Pa het vir Waterwese gewerk op Themba pompstasie, en Chris het ’n vriend gehad wat ook vir Waterwese gewerk het. Hy het sy vriend gaan help om pompe uit te trek. Na ons getrou het (ons moes, want sy’t my gedreig, en haar bakleiery is soos messteek) is ons toe Pretoria toe. Uit ons huwelik is daar een seun en drie dogters gebore. Ons het ook tien kleinkinders, en een agterkleinkind. Ons het vir die kinders gesê hulle moet gaan speel, hulle hoor toe teel.

Waar/hoe hoor julle toe van Negester?

Ons het ongeveer in 2011 besluit ons sal nie graag in die Vaaldriehoek wil aftree nie. Dit was maar deel van ons beplanning. Ek het op die internet uitgevind van Negester. Aan die begin van 2013 het ons kom kyk en ons erf gekoop.

En is julle gelukkig hier?

Ons was die tweede intrekkers (15 Februarie 2016) en dit voel eerlikwaar of ons tuis gekom het. Vandat een van die zebras, wat nog hier was toe ons ingetrek het, sy kop in die meubelvervoerwa ingedruk het, terwyl ons besig was om af te pak, toe het ons besluit: “Nou is ons by die huis.” Daarna was ons nog nie een oomblik spyt dat ons Negester toe getrek het nie.

Julie 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 9

Chris en Marietjie Rademan by die 44 komberse wat sy gehekel het, een vir elke jaar wat hulle getroud

is, en geskenk het aan hulle gemeente, die Hervormde Kerk op Nylstroom

Voël van die maandSwartkopwielewaal

Oriolus larvatus

Eng: Black-headed Oriole

Jy sal hom hoor, lank voor jy hom sien, want die wielewaal is ’n voël wat verkies om hoog in die bome tussen die blare te beweeg. Sy harde roep is ’n helder, vloeiende fluit, ‘poooodleeoo’, en sy alarm-roep is ’n skriller ‘kweeer’-geluid.

Hulle kom een-een of in pare in boswêreld met groot bome, veral breëblaar-boswêreld, gemengde bosveld en oewerbos voor. Hulle is baie aanpasbaar en woon dus ook in stedelike parke en tuine. Hulle kom voor in die oostelike en sentrale dele van Afrika sowel as die noordelike en oostelike dele van Suid Afrika en al teen die oos- en suidkus van Suid-Afrika. Hulle kom nie in die droë sentrale- en westelike streke van Suider-Afrika voor nie.

Die Swartkopwielewaal, Oriolus larvatus, het ’n opvallende helder geel kleur met ’n glansende swart kop, nek en bors. Sy snawel is koraalrooi, sy bene en pote blougrys tot swart en sy rug ’n groenerige geel en daar is ’n wit vlekkie op die vlerke. Die geslagte lyk eenders en het ’n gemiddelde lengte van 25 cm. Die jonger voëls is sonder die koraalrooi snawel en hulle koppe is donkerbruin eerder as swart. (Vervolg op bl.6)

Page 6: Sterrelig Julie 2019 Web - 9sterkk.info9sterkk.info/wp-content/uploads/2019/07/sterrelig-jul-2019-web.pdf · Assessering van alle nuwe intrekkers sal gedoen word ... vas te lê, hoofsaaklik

6

Veiligheid en sekuriteitGebeurlikheidsplan:

Die aangewese komitee is tans besig om die gebeurlikheidsplan te finaliseer. Die kontakbesonderhede van die betrokke komiteelede is beskikbaar by die HEV-kantoor. Die gebeurlikheidsplan kan vanaf 28 Junie 2019 by die HEV-kantoor afgehaal word.

’n Aanhangsel tot bogemelde skrywe is die Negestergebiedsplan, wat die versamelpunte aandui. Op hierdie stadium is vier versamelpunte geïdentifiseer. Daar is egter ’n versoek dat daar ten minste twee koördineerders per gebied aangestel word vir die onderskeie verantwoordelikhede of wie behulpsaam kan wees by die gebeurlikheidsplan. Aansoeke vir die onderskeie versamelpunte se koördineerders word ingewag en moet so spoedig moontlik gestuur word na die HEV-kantoor, ten einde die plan te finaliseer.

Huishulpe:

Daar word ’n verdere beroep gedoen op inwoners om seker te maak dat alle huishulpe, alvorens hulle diens aanvaar, by die HEV-kantoor geregistreer word.

Sekuriteit:

Enige verdagte omstandighede of gebeure moet asseblief aangemeld word. Moet onder geen omstandighede toegangsbeheer blootstel aan ongewenste omstandighede nie. Daar is gerugte dat inwoners, wat van toegangs- kaarte gebruik maak, hul kaarte uitleen. Dit is belangrik om te weet dat ongemagtigde toegang verkry kan word indien ’n toegangsbeheer kaart verloor of onverantwoordelik aangewend word. Indien hierdie kaart verloor word, moet dit onmiddellik by die HEV-kantoor gerapporteer word.

Verkeersreëls op die landgoed moet asseblief nagekom word.

Veiligheidswenk:

Verseker dat gasbottels te alle tye stewig toegedraai is wanneer u vir ’n geruime tyd van die huis af weg gaan wees. Skade en gaslekke kan sodoende beperk word.

Julie 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 9

Voël van die maand (vervolg)

Volwassenes vreet ’n verskeidenheid insekte, vrugte en sade asook nektar, en die kleintjies word met ruspes gevoer.

Hulle bou ’n nessie in ’n losserig geweefde koppievorm van gras en spinnerakke met ligene (korsmos) tussenin.

Die broeiseisoen is van September tot Februarie, met ’n piek van September tot Desember. Die wyfie lê twee tot drie pienkerige eiertjies met bruin en grys vlekke. Die eiers neem 14 tot 16 dae om uit te broei en die kuikens verlaat die nes na 14 tot 18 dae.

Die naam, Wielewaal, het ’n interessante oorsprong en betekenis. Ons is almal bekend met die woord “wieliewalie” wat in kleuterrympies voorkom, maar die ooreenkoms tussen die twee woorde eindig by die klank en spelling en die feit dat beide woorde uit Nederlands kom.

Wielewalie is ’n vervorming van die Nederlandse woord “wielewaai” wat beteken om in die rondte te draai.

Wielewaal is die vervorming van die Nederlandse woord “weduwale”. Die eerste deel van die woord ‘wedu-’ beteken woud. Die tweede deel ‘–wale’ kom in verskillende vorme in ’n aantal Europese tale voor bv. wail in Engels en wołać in Pools en losweg kan dit as “roep” vertaal word. Wielewaal beteken dus, “’n voël wat in die woud roep”.

Jan van Biljon

Page 7: Sterrelig Julie 2019 Web - 9sterkk.info9sterkk.info/wp-content/uploads/2019/07/sterrelig-jul-2019-web.pdf · Assessering van alle nuwe intrekkers sal gedoen word ... vas te lê, hoofsaaklik

7

Belangegroepestruktuur

SOSIAAL

SameroeperDerek Grobler

BiblioteekRiana Viljoen

LyndansAnnette Swart

KampeerklubDawid Appel

SpeletjiesAnnemie Erasmus

Sosiale funksiesAnnemie Erasmus

SaamsingMari Hoogenboezem

HandwerkRita Coetzee

SwemoefeningeMa, Wo & Vry, 09h00Klein-Karibaswembad

LyndansMa & Do, 15h30Huis nr. 8

HandwerkDi, 14h00HEV-raadsaal

BiblioteekDi & Do, 14h00Versorgingseenheid

VrouebybelstudieDo, 09h00 – 10h00

FietsryDaagliks, 06h45Huis nr. 222

JukskeiMa tot Sat, 8h00

GholfDi & Do, 07h00Koro Creek

AKTIWITEITE

ONDERSTEUNING

SameroeperVakant

Lief en LeedAnnetjie Meets

Maatskaplike DiensAnnatjie Moore

Geestelike Ondersteuning Herklaas Viljoen

OMGEWING

SameroeperArrie Schreiber

VoëlklubJan de Beer

PlanteJohan Heydenrych

DiereHenk Hoogenboezem

TerreinJan van Biljon

FINANSIES

SameroeperVakant

FondsinsamelingVakant

SPORT

SameroeperTino Erasmus

GholfCoenie Louw

TennisHannes Adendorff

RolbalHerklaas Viljoen

FietsryMarius Blom

WateroefeningeTino Erasmus

JukskeiFlip Snyders

HengelRassie Erasmus

KOMMUNIKASIE

SameroeperAngus Hughes

NuusbriefHenk Hoogenboezem

Nuusbriefplasings en advertensiesOns doen ’n beroep op alle belangstellendes, asook die organiseerders van die verskillende belangegroepe, om ons op hoogte van die aktiwi- teite te hou, sodat dit geplaas kan word in die nuusbrief en kalender. Berigte en foto’s oor aktiwiteite wat plaasgevind het, is ook welkom. E-pos dit aan [email protected]. Bydraes moet asb. voor of op die 20ste van elke maand ge-e-pos word vir die volgendemaand se plasing.

Julie 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 9

Lennon wie?Lennonmedisyne is seker aan meeste van ons bekend vir gebruike wat wissel van die genesing van ’n lastige aanhoudende gehoes tot die verwydering van hard- nekkige vlekke soos ink.

Hierdie oorspronklike en eg Hollandse medisyne word vir meer as 100 jaar deur Lennon vervaardig en word in baie huise vandag nog gebruik vir geringe kwale.

Barry Gray Lennon is in 1835 in Ierland gebore en ná sy pa se afsterwe, het die gesin na Suid-Afrika verhuis. Barry is op die ouderdom van 15 jaar deur ’n familielid, ’n geneesheer en chirurg, geleer om verdowingsmiddels en medisyne saam te stel, die stamper en vysel te gebruik, a�ooksels en aftreksels te maak en middels volgens rate saam te stel. (Vervolg op bl.8)

Page 8: Sterrelig Julie 2019 Web - 9sterkk.info9sterkk.info/wp-content/uploads/2019/07/sterrelig-jul-2019-web.pdf · Assessering van alle nuwe intrekkers sal gedoen word ... vas te lê, hoofsaaklik

8Julie 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 9

Lennon wie? (vervolg)

Hy het in 1855 (nog voordat hy mondig was) sy aptekerslisensie bekom nadat die Colonial Medical Committee sy bekwaamheid getoets het.

Barry was een van die eerste aptekers wat chloroform in Suid-Afrika verkoop het. Sy eerste apteek, nadat heelwat oorsese agente hom aangestel het, het hy in Grahamstad geopen. Hierdie bekwame man het ook die grondslag gelê vir die stigting van afdelings in die apteek vir snykundige instrumente, glasware, homeo- patiese medisyne en fotografiese benodighede.

Die inhoud van Lennon se Hollandse medisyne het baie met die Halliese medikamente ooreengestem wat ook breëspektrum medikasie is, wat aangewend word vir onder meer verkoues, duiseligheid, kroep, blaas- en nierprobleme, slaaploosheid, maagkrampe, rugpyn en asma.

Van hierdie middels is steeds verkrygbaar by apteke en kettingwinkels, maar sommige is van die rakke verwyder en van die mark af weens die herskedulering as gevolg van die samestelling en ook weens misbruik en verslawing.

Hier is ’n lysie van ’n paar ou staatmakers en wenners:

Anysolie vir winderigheid.

Balsem-kopiva vir rugpyn en nierprobleme.

Balsem-spyker is ’n uitstekende middel vir winters- hande en -voete.

Behoedmiddel vir kinders word gebruik vir tande kry en maagongesteldheid.

Borsdruppels vir hoes en brongitis. Hieronder is ’n resep vir ’n mengsel wat help vir hoes en brongitis.

Bruindulsies help vir nier- en blaasprobleme.

Duiwelsdrekdruppels en Entrensdruppels help vir senuweeagtigheid en slaaploosheid.

Haarlemensies vir nier- en blaasprobleme.

Hoffmansdruppels help vir verkoues en asma.

Ipekakuanawyn kan gebruik word vir hoes, verkoues en as braakmiddel – juis om van die slym ontslae te raak.

Jamaikagemmer vir slegte spysvertering en winde- righeid.

Lewensessens (ek dink baie ken die een) as maag- tonikum en vir maagpyn.

Naeltjie-olie vir tandpyn en ook winderigheid.

Lennon se oogsalf vir karkatjies en ontsteekte ooglede.

Paragoriese elikser vir hoes en verkoues. Kan ook saam met Hofmansdruppels gebruik word. Gooi druppels op een teelepel suiker.

Rooilaventel vir floutes en slegte spysvertering en Rooipoeier vir koors en krampe.

Staaldruppels vir stolling van bloed en as bloed- tonikum (aanvulling vir ystertekort en vir lusteloosheid).

Stuipdruppels as ’n senuwee-kalmeermiddel.

Turlington kan gebruik word vir hoes en borsmoei- likheid maar ook vir wonde. Dit meng nie goed met water nie maar wel met “kondensmelk”, suiker of eiergeel.

Witdulsies help nie net om ink uit klere te haal nie, maar ook vir koorsigheid en floutes.

Wonderkroonessens om maag- en ingewandson- gesteldheid te verbeter asook krampe te verlig.

Resepte of boererate vir verkoue en hoes:

Hierdie mengsel is “ons eie” Jan Harm se resep vir borskwale. Dit maak slym los en verlig droë hoes. Dit verminder ook sinusslym en beheer die slym wat agter in die keel afloop.

Jan waarsku dat die smaak van hierdie mengsel onaangenaam vir sommige mense kan wees.

Meng al die volgende in ’n groterige glasbottel met ’n digte skroefdeksel (inmaakfles):

1 botteltjie Lennon Paragora

1 botteltjie Lennon Turlington

1 botteltjie Lennon Ipekakuanawyn

1 botteltjie Lennon Borsdruppels

1 botteltjie roulynolie en

½ bottel heuning

Meng dit deeglik totdat alles met die heuning vermeng is. (Vervolg op bl.9)

Page 9: Sterrelig Julie 2019 Web - 9sterkk.info9sterkk.info/wp-content/uploads/2019/07/sterrelig-jul-2019-web.pdf · Assessering van alle nuwe intrekkers sal gedoen word ... vas te lê, hoofsaaklik

9Julie 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 9

Taalbrokkies – iets oor idiomeIdiome (spreekwoorde) is daardie dinge wat ’n spreker se taal inkleur. Sonder spreekwoorde kan ’n spreker maklik saai, eentonig en kleurloos word vir sy luisteraars.

Verlede Saterdag het die Bulle die Leeus die loef afgesteek. Waar kom die idioom vandaan? Loef beteken wind. In die tyd van seilskepe kon een bootsman aan sy opponent se windkant verby vaar en so sy mededinger die wind uit die seile neem en hom verbysteek; dus letterlik die loef afsteek. Maar as die bootsman lont geruik het, kon hy vinniger gevaar het en op die ou end beter gevaar het.

Lont geruik? In die tyd van pangewere is die kruit in die pan van die geweer met ’n lont aan die brand gesteek om die skoot te laat afgaan. As iemand dus lont geruik het, het hy geweet die skoot is naby. As die bootsman aan die ander kant ’n rot geruik het, dan het hy geweet sy opponent is besig met gemene spel.

Watter idiome ken jy nog wat te make het met ’n span osse en ’n ossewa? Skryf dit op en stuur dit vir aan my by [email protected]. Ek sal die een wat die meeste (reg) het in volgende maand se Sterrelig aankondig (Ek kan ongelukkig nie ’n wennersprys aanbied nie, maar ek kan jou prestasie aan die groot klok hang).

Henk Kruger

Lennon wie? (vervolg)

Neem een eetlepel soggens en saans totdat toestand verbeter. Neem dan net een keer per dag.

OF

Meng die volgende saam:

1 bottel heuning

1 botteltjie Lennon Turlington

1 botteltjie Lennon Borsdruppels

1 botteltjie Lennon Peppermentdruppels

1 botteltjie Lennon Jamaika-gemmer

OF

½ glas Gemmer brandewyn

½ tlp Lennon Jamaica-gemmer

1 tlp Lennon Borsdruppels en

2 druppels Lennon Turlington

Kry vir jou beproefte Lennon produkte en bly gesond hierdie winter! Het jy nog sulke resepte en boererate? Deel dit met ons Sterrelig-lesers!

Laetitia Ludwick

(Met erkenning: Wikipedia – Geskiedenis van genees- praktyke in SA)

Page 10: Sterrelig Julie 2019 Web - 9sterkk.info9sterkk.info/wp-content/uploads/2019/07/sterrelig-jul-2019-web.pdf · Assessering van alle nuwe intrekkers sal gedoen word ... vas te lê, hoofsaaklik

Julie 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 9

SONDAG MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG SATERDAG

6

11 12 1387 9 10

4 51 2 3

18 19 201514 16 17

25 26 272221 23 24

312928 30

Skole heropen

NoodnommersRudi J v Vuuren 082 333 9635(Slange)Hoo�ek 072 213 2225

Ambulans 086 0112 911Medwell 072 312 3499Sekuriteit 060 751 8490

Hansie BoshoffSel: 082 419 4642E-pos: [email protected]

Carin BoshoffSel: 071 612 9129E-pos: [email protected]

KantoorSel: 076 791 3083E-pos: [email protected]

10

JUNIE 2019

13h30 – 18h30BloedskenkNGK Warm-Wes

TarentaaljagLaerskool Warmbad