5
68 SW Aardrykskunde 20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde Aktiwiteite 1. Kyk na die volgende foto’s. Watter van hierdie organismes speel na jou oordeel die Kyk na die volgende foto’s. Watter van hierdie organismes speel na jou oordeel die belangrikste rol in die voedselketting. 2. Bespreek die volgende in jou groep en rapporteer terug aan die klas: Bespreek die volgende in jou groep en rapporteer terug aan die klas: wat ons anders maak, wat ons anders maak, wat ons eenders maak, wat ons eenders maak, waarom verskille en ooreenkomste belangrik en noodsaaklik is en waarom verskille en ooreenkomste belangrik en noodsaaklik is en wat diversiteit beteken. wat diversiteit beteken.

SW Aardrykskunde 20. Biodiversiteit: die biome van die ... · 68 SW Aardrykskunde 20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde Aktiwiteite 1. Kyk na die volgende foto’s

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: SW Aardrykskunde 20. Biodiversiteit: die biome van die ... · 68 SW Aardrykskunde 20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde Aktiwiteite 1. Kyk na die volgende foto’s

68

SW Aardrykskunde

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde

Aktiwiteite

1. Kyk na die volgende foto’s. Watter van hierdie organismes speel na jou oordeel dieKyk na die volgende foto’s. Watter van hierdie organismes speel na jou oordeel die belangrikste rol in die voedselketting.

2. Bespreek die volgende in jou groep en rapporteer terug aan die klas:Bespreek die volgende in jou groep en rapporteer terug aan die klas:• wat ons anders maak,wat ons anders maak,• wat ons eenders maak,wat ons eenders maak,• waarom verskille en ooreenkomste belangrik en noodsaaklik is enwaarom verskille en ooreenkomste belangrik en noodsaaklik is en• wat diversiteit beteken.wat diversiteit beteken.

Page 2: SW Aardrykskunde 20. Biodiversiteit: die biome van die ... · 68 SW Aardrykskunde 20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde Aktiwiteite 1. Kyk na die volgende foto’s

69

Leerinhoud

Biodiversiteit

“Bio” beteken “lewe” of “leefwyse”. “Biodiversiteit” beteken dus die groot verskeidenheid lewende dinge wat ons in die wêreld kry. Daar is geen ander planeet in ons heelal wat so uniek in sy biodiversiteit is soos planeet Aarde nie. Ons as mense, ‘n enkele spesie, deel ons planeet

pragtige verskeidenheid plante en diere.

“tuiste” is. Hierdie tuiste bied skuiling, gee hulle alles wat hulle mag nodig hê, bied beskerming en laat toe om voort te bestaan en voort te plant. Hulle is afhanklik van mekaar vir voortplanting en van ander spesies in hul biome.Ons het die opdrag om God se skepping tot sy eer en tot voordeel van ons naaste te bestuur. In ons voortbestaan is ons van ander organismes afhanklik.Hul oorlewing is onder meer afhanklik van die harmonie en balans wat in hulle ‘tuiste’ gehandhaaf word. Die “kringloop” van hierdie afhanklikheid van mekaar word pragtig in Jesaja 55:10 beskryf: “Want soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter.”

Hoekom is biodiversiteit belangrik?

God het die mens as heerser en rentmeester oor die aarde en alles daarop gestel. Ons het die opdrag om die skepping tot God se eer en tot voordeel van ons naaste te bestuur. God beskik dit egter so dat ons in ons voortbestaan van ander organismes afhanklik is. Suurstof wat deur die proses van fotosintese deur plante vervaardig word, is byvoorbeeld nie net vir alle lewende organismes noodsaaklik nie, maar ook vir die mens. Die voedsel wat ons nuttig, is ook direk afkomstig van plant- en dierorganismesDie mens kan geniet van die skoonheid wat biodiversiteit bied. ‘n Dag in die natuur laat mens weer die wonder van God se skepping besef. Saam met die psalmdigter van Psalm 104 kan ons ‘n lied sing oor die wonder van die skepping. Daarom is dit vir die gelowige belangrik om die natuur te bewaar. Nie ter wille van die renoster moet die renoster van uitwissing gered word nie, ook nie ter wille van ons of ons nageslag nie, maar ter wille van die eer van die Here moet ons die natuur bewaar. Deur na die skepping te kyk, kan ons die “ewige krag en goddelikheid” van God sien (Rom. 1:20).

Selfs in dorre en uitgestrekte lande, bestaan ‘n komplekse biodiversiteit

Page 3: SW Aardrykskunde 20. Biodiversiteit: die biome van die ... · 68 SW Aardrykskunde 20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde Aktiwiteite 1. Kyk na die volgende foto’s

70

Globale diversiteit: Klimaat en plantegroei

God beskik dit so dat die Aarde die enigste planeet in ons sonnestelsel is wat lewe onderhou. Die grootste deel van die Aarde het ‘n inasembare atmosfeer en het ook genoeg lig, warmte en water om ‘n groot verskeidenheid plante en diere te onderhou. Aangesien daar meer sonskyn by die ewenaar is en dit ook die gebied is wat die meeste reën kry, is dit die omgewing wat meer plant- en dierespesies as enige ander streek huisves; ook reënwoude, koraalriwwe en wortelboommoerasse. Waar reënval baie laag is, en waar dit te warm is, soos in woestyne, of te koud, oorleef min plante en diere. Die ysige Noord- en Suidpool en die sneeubedekte kruine van hoë berge is feitlik sonder enige lewe.Die grootste invloede op ‘n klimaat is die hoeveelheid sonskyn (wat volgens breedtegraad en seisoen wissel), seestrome en hoogte bo seevlak.Kyk na die kaart van die biome van die wêreld hieronder. Die aarde se landoppervlak kan in vyf groot omgewings of meer korrek, biome, verdeel word, naamlik:• toendrastoendras• woestynewoestyne• woudewoude• grasveldegrasvelde• savannesavanne

Hierdie natuurlike gebiede of biome is plekke waar plante, diere en mense (insluitend die werk wat mense doen en die wyse waarop hulle leef) ‘n noue band vorm met die klimaat en grond van die gebied.Hoewel elke bioom verskillende spesies huisves, word die gebied deur sekere dominante spesies gekenmerk. Die gebiede wat vir die langste periodes ongerep gebly

Page 4: SW Aardrykskunde 20. Biodiversiteit: die biome van die ... · 68 SW Aardrykskunde 20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde Aktiwiteite 1. Kyk na die volgende foto’s

71

het, is dié met die grootste biodiversiteit (verskeidenheid van lewe).

Tropiese woude

Die tropiese woude in die Amasone is vir baie jare onaangeraak deur natuurlike rampe en dit het meegebring dat die gebied geweldig ryk aan biodiversiteit is. Aan die an-der kant was Kanada en die Britse Eilande gedurende die laaste tydperk bedek met yskappe, wat biodiversiteit verminder het.

Toendras

Ttoendras is groot boomlose vlaktes wat meestal met sneeu en ys bedek is. Die grond is die hele jaar deur bevrore. In die kort somers groei hier mos, kosmos en klein struike en bossies. Diere van die toendra is goed aangepas by hulle omgewing. Meeste diere ontwikkel ‘n laag vet net onder die vel wat hulle teen koue beskerm. Mense leef van jag, visvang en deur met rendiere te boer.

WoestyneOngeveer ‘n derde van die aarde se oppervlakte bestaan uit woestyn of semi-woestyn. In hierdie streke is die gemiddelde reënval minder as 25 mm en in sommige jare is daar geen reën nie. Woestynplante het al by die omstandighede aangepas. Baie plante het die vermoë om water te stoor. Hierdie plante word vetplante genoem.

WoudeHierdie gebiede was lank gelede oortrek met immergroen en bladwisselende bome. Vandag kom naalde- en boekenhoutbome verspreid in klein woude voor. Wolwe, takbokke en klein pelsdraende diere soos eekhorinkies kom nog in sommige van die woude voor. Die woude is deur stede en plase vervang omdat die koel, klam gebiede uiters geskik is vir menslike bewoning en landbou. Die woud-bioom sluit alle vorms van woude in, byvoorbeeld tropiese woude en keëldraende woude. Woude is ‘n samestelling van bome wat naby mekaar groei en wat blaarbedekking vorm wat die woud in ‘n diep skaduwee hul. Woude is baie belangrik vir mense omdat die groen plante suurstof produseer wat die mens inasem.

Diere soos ysbere kom algemeen in die toendrastreke voor

‘n Hoë reënval is kenmerkend van woude

Page 5: SW Aardrykskunde 20. Biodiversiteit: die biome van die ... · 68 SW Aardrykskunde 20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde Aktiwiteite 1. Kyk na die volgende foto’s

72

GrasveldeGrasveld-biome kom gewoonlik in die binneland van ‘n vasteland voor, byvoorbeeld die Hoëveldstreek in Suid-Afrika. Die klimaattoestande in hierdie biome word dikwels beskryf as koel, gematig en kontinentaal. Groot gedeeltes van die biome word geploeg en gebruik om koring en mielies te plant en vir veeboerdery. Daar is baie min van die oorspronklike grasveldspesies oor.

Savanne (bome en gras)Hierdie warm, tropiese biome word gekenmerk deur bome en geharde gewasse wat baie hoog groei. Tipiese bome in hierdie streke is boabab, mopanie, kameeldoring en kiaat. Die savannestreke is die laaste omgewing wat behoue gebly het vir groot troppe wilde diere en roofdiere. Herbivore, renosters, kameelperde, wildebeeste en baie bokspesies deel die savanne met leeus en luiperds. Hierdie streek is baie gewild vir veeboerdery. Die bosveld is ’n tipiese savannestreek.

Vrae1. Wat beteken die woord biodiversiteit?Wat beteken die woord biodiversiteit?

2. Gee drie redes waarom ons afhanklik is van ander lewende organismesGee drie redes waarom ons afhanklik is van ander lewende organismes vir ons oorlewing?

3. Kies een van die vyf biome (klimaatstreke) waarvan jy die meeste hou en gee redes vir jou keuse.

Die Hoëveldstreek is ‘n goeie voorbeeld van grasvelde