1
Beste Private Bankdienste-kliënt Welkom by die Desember-uitgawe van Private Connect. In hierdie uitgawe kyk ons na die stand van die residensiële huismark. Ons weeg ook vakansiehuise teen breuktitel op as leefstyl- en beleggingsopsies, ondersoek diepseehengel as ʼn tydverdryf, en bied u wonderlike leesstof en eersteklaservarings vir u genot. Beste wense vir die vakansietyd. Bongiwe Tindleni Hoof: Absa Private Bankdienste Stand van die SA behuisingsmark Jacques du Toit, Eiendomsontleder by Absa, voorspel dat nominale huisprysgroei in 2015 en 2016 in enkelsyfers sal bly. Reële prysgroei in die residensiële huismark sal in 2016 onder druk bly, met die oog op inflasie wat verwag word om gemiddeld naby die 6%-vlak te bly. ‘Prysgroei word bepaal om laer te wees in vergelyking met 2013 en 2014. Gebaseer op die huidige voorspellings vir nominale groei in huispryse en verbruikersprysinflasie, word marginale reëleprysinflasie vir hierdie jaar en volgende jaar geprojekteer’ sê Du Toit. Volgens die jongste Absa Behuisingsoorsig het die gemiddelde prys van luukse behuising (geprys tussen R4,2 miljoen en R15,5 miljoen) met ʼn nominale 10,8% jaar-tot-jaar (j/j) tot R5 914 000 in die tweede kwartaal van 2015 toegeneem. In reële terme (met inagneming van die effek van inflasie), het die gemiddelde prys met 5,9% j/j toegeneem. Groot wonings in die middelsegment (geprys tot R4,2 miljoen) het teen die einde van September met ʼn gemiddelde nominale prysverhoging van 5,2% j/j toegeneem tot R1 955 000 met ʼn 0,5% j/j-prysverhoging in reële terme. Faktore wat die residensiële eiendomsmark sal aandryf sluit in makro-ekonomiese tendense, huishoudelike finansies en verbruikersvertroue, sê Du Toit. Verbruikers staar dalende reële huishoudelike inkomste, verhoogde skuld, swakker kredietrisiko-rekords, stygende energie- en vervoerkoste en ʼn gebrek aan vertroue in hul finansiële herstel in die gesig. Die voorspelling is dat rentekoerse in 2016 met ʼn kumulatiewe 75 basispunte sal styg. Weens bogenoemde faktore kan banke moontlik hul aptyt vir risiko in heroënskou neem en hul kwalifikasiekriteria vir verbandfinansiering strammer maak. Du Toit glo dat belegging in eiendom bydra tot die diversifikasie van ʼn beleggingsportefeulje, terwyl kapitaalappresiasie oor die lang termyn uit die belegging geput kan word. ‘Daar word geglo dat die huidige beleggingshorison vir residensiële eiendom ongeveer vyf jaar is om toe te laat vir behoorlike kapitaalappresiasie’ sluit Du Toit af. Vakansiehuise versus breuktitel 'n Vakansiehuis moet ideaal in 'n goeie gebied geleë wees wat maklik toeganklik en naby ontspanningsaktiwiteite is. Dit is die mening van Greta Daniel van Pam Golding Properties Franchise Services. ‘As jy beplan om dit gereeld oor naweke te gebruik, wil jy graag jou bestemming in ʼn relatiewe kort tydperk bereik’ sê sy. ʼn Wyse besluit sal jou jare se ontspanning laat geniet, ʼn gesonde belegging en ʼn perfekte aftreeplek gee. As jy beplan om in jou vakansiehuis af te tree, maak seker dit is geskik vir ouer mense om op ʼn permanente basis daarin te bly. ‘As die eiendom ʼn see-uitsig het en binne loopafstand van die strand is, is dit selfs beter veral as daar ook geriewe soos winkels en restourante naby is’ sê Daniel. Eienaars van ʼn vakansiehuis kan huurinkomste effektief gebruik om die verband te subsidieer indien hulle die eiendom gedurende spitsvakansietye kan verhuur en vir hulle eie vakansies buite spitstye kan gebruik. Omdat vakansiehuise egter ondergebruik word en met kopsere ten opsigte van instandhouding en herverkoop gepaard gaan, is breukbesit (FO) ʼn aantreklike alternatief. By breukbesit word ʼn luukse vakansiehuis deur 10 tot 13 aandeelhouers besit met die aaneenlopende laste van instandhouding en bestuur wat deur ’n toegewyde bestuursmaatskappy hanteer word. ʼn Sekere getal gebruiksweke word aan elke aandeelhouer toegeken, wat op ʼn jaarlikse basis geroteer word. Eienaars kan kies om hulle weke te gebruik, hul ongebruikte weke te verhuur of dit vir ander FO- vakansiebestemmings te verruil. Fredere de Jager, Besturende Direkteur van FO-bestuursmaatskappy, DJ Syndico, verduidelik dat die FO-bedryf vryhandel van aandele op die mark bied en dat promotors namens die verkopers optree om hulle aandele te verkoop. ‘Breukbesit moet as ʼn leefstyl eerder as ʼn opbrengsgebaseerde belegging gesien word’ sluit De Jager af. Beskerm die leefstyl wat jy skep Jou vermoë om ʼn inkomste te verdien is jou grootste bate en dit behoort beskerm te word teen ongeskiktheid. Beskerm jou vermoë om ʼn inkomste te verdien Jy het drome en ambisies en jy werk hard om ʼn veilige, gelukkige leefstyl vir jou gesin te skep — dit alles hang van jou inkomste af. As jy egter gestremd raak of sterf, sal jou maandelikse uitgawes nie staak nie en jou skuld sal nie verdwyn nie. Dit is waarom ons glo dat jy jou vermoë om ʼn inkomste te verdien teen tydelike ongeskiktheid, langtermynongeskiktheid en sterfte moet beskerm. Jy is baie meer werd as wat jy dink Om jou werklike waarde te verstaan, besin oor die waarde van jou totale toekomstige inkomste tot aftrede. Hoeveel sal ʼn dertigjarige wat R30 000 pm verdien teen ʼn jaarlikse inflasie van 6% verdien teen die tyd dat hy/sy op 65 aftree? Die antwoord is meer as R40 miljoen. Hoe waarskynlik is dit dat ongeskiktheid jou inkomste sal onderbreek? Dit is waarskynliker dat jy ongeskiktheid gedurende jou werksloopbaan sal ondervind as wat jy dink. 7/10 persone sal minstens een ongeskiktheid in hulle leeftyd ondervind wat hulle sal verhoed om ʼn inkomste te verdien. Hoe lank kan jy en jou gesin sonder jou inkomste oorleef? Selfs ʼn tydelike onderbreking in jou inkomste kan vernietigende langtermyngevolge hê. 62% van Suid- Afrikaners is agter op hul skuldbetalings. Dit is waarom Inkomstebeskerming die grondslag van elke finansiële plan behoort te wees. Gesels met jou Finansiële Adviseur om meer uit te vind. Diepseehengel Nagenoeg 15% van alle bekende seekusspesies word langs die Suid-Afrikaanse kuslyn gevind - daar is dus geen tekort aan diepseevisspesies nie. Diepseehengel is ʼn uitstaande toeristeaantreklikheid en ʼn baie gewilde tydverdryf in Suid-Afrika. Plaaslike spesies sluit in barrakuda, seilvis, swaardvismarlyn, goudmakriel, ʼn verskeidenheid haaispesies en tuna. Die seediepte moet minstens 30 meter wees vir ʼn ekspedisie om as diepseehengel geklassifiseer te word. Vang-en-loslaat is die gekose metode omdat dit Suid-Afrika se skaars seehulpbronne bewaar. Sekere huurmaatskappye sal jou vangs vir ʼn watertandaandete voorberei mits dit nie op die lys van bedreigde spesies is nie. Betroubare en verantwoordelike hengelhuurmaatskappye is volop in die meeste van Suid-Afrika se kusdorpe en -stede beskikbaar. Die meeste van die maatskappye bied die allernuutste vaartuie, toegerus met die jongste tegnologiese verbeterings en hengeltoerusting. Maak seker dat jou keuse van huurmaatskappy alles bied wat jy vereis, insluitend versnaperings, en onthou om ʼn hoed en sonskerm saam te vat. Dit is noodsaaklik om te bevestig dat die vaartuig wat jy vir jou hengeluitstappie gaan gebruik, geskik is vir ʼn dag op die oseaan en dat die kaptein gesertifiseer is en ondervinding het. Hengel-ekspedisies kan tussen vier en sestien uur wissel. Maak dus seker dat alle betrokkenes gemaklik is met die duur voordat jy bespreek. As jy bekommerd is jy word seesiek, gesels met ʼn apteker oor jou opsies. ʼn Aanval van seesiekte kan folterend wees as jy ver van die land af is. Indien jy besonder vatbaar vir rysiekte is, heroorweeg eerder jou keuse van hierdie aktiwiteit. Besoek www.encounter.co.za/what-to-do/outdoors/fishing/deep-sea-fishing vir ʼn lys van beskikbare huurmaatskappye. Jy kan ook die South African Deep Sea Angling Association (SADSAA) by 012 996 9007 of by [email protected] vir meer inligting kontak. Trefferboeke Die Sunday Times se maandelikse trefferlys vir Oktober het Suid-Afrika se topverkoperboeke openbaar gemaak. Topverkoper fiksieboeke Golden Lion (Wilbur Smith met Giles Christian, uitgegee deur Harper Collins) Hy het gesien hoe sy pa in ʼn veldslag tereggestel word en het regdeur sy jeug wraak geneem vir sy dood. Nou is Henry ‘Hal’ Courtney ʼn man met ʼn skip, en ʼn gesin van sy eie. Propvol aksie en afwagting, heldemoed en hartseer, bewys hierdie onvergeetlike roman weer eens dat Wilbur Smith die wêreld se grootste avontuurskrywer is. Icarus (Deon Meyer, uitgegee deur Hodder en Stoughton) Kaptein Bennie Griessel se unieke talent word dringend benodig om nog ʼn misdaad te ondersoek — die hoëprofielmoord op Ernst Richter, besturende direkteur van ʼn nuwe tech-maatskappy, Alibi, wie se liggaam in die sandduine noord van Kaapstad begrawe gevind is. Kan Bennie die drade van sy lewe betyds vasvat om die moordenaar te vang? Topverkoper nie-fiksieboeke Recce (Koos Stadler, uitgegee deur Tafelberg) Gehul in geheimhouding, weens die geheime aard van hul werk, het die legendariese Recces Suid- Afrikaners vir jare gefassineer. Nou het een van die elite soldate ʼn boek geskryf wat alles blootlê oor die uitsonderlike sendings wat hy onderneem het en die naelbyt-aksie wat hy gedurende die Grensoorlog ervaar het. How Long Will South Africa Survive? (R W Johnson, uitgegee deur Jonathan Ball Publishers) In 1977 het RW Johnson se topverkoper, How Long Will South Africa Survive?, ʼn kontroversiële en hoogs oorspronklike ontleding van die oorlewingsvooruitsigte van apartheid gebied. Nou, na meer as twintig jaar van ANC-bewind, glo hy die situasie het so kritiek geword dat die vraag weer gevra moet word. Elon Musk (Ashlee Vance, uitgegee deur Virgin Books) Suid-Afrikaans-gebore Elon Musk is die bekroonde entrepreneur en innoveerder agter PayPal, SpaceX, Tesla en SolarCity, asook die ware-lewe-inspirasie vir die Iron Man-filmreeks. Elon Musk is die Steve Jobs van die hede en die toekoms, en vir die afgelope twaalf maande is hy deur tech-verslaggewer, Ashlee Vance dopgehou. Elon Musk: How the Billionaire CEO of SpaceX and Tesla is Shaping Our Future, is ʼn belangrike, opwindende en intelligente beskrywing van die ware-lewe Iron Man. Pretvlug vir twee - Lanseria Lughawe Ervaar 'n ontsagwekkende blik op die Johannesburgse stadsprofiel teen 'n eksklusiewe tarief van Absa Rewards-vennoot, Celestial Gifts. Maak jou sitplekgordel vas en vlieg oor die stad, en waardeer die pragtige geboue en ywerige besigheidsnaaf onder jou. Enige lugruimbewonderaar sal hierdie prettige, skilderagtige inleidende vlug geniet, wat ʼn pragtige uitsig oor die Stad van Goud bied. Jy sal in ʼn Cessna C-172 van Lanseria Lughawe opstyg, in die rigting van die Johannesburgse SSG vlieg en dan ʼn antikloksgewyse omwenteling om die SSG doen en terugkeer. Nog ʼn gewilde vliegroete is na Hartbeespoortdam en terug. Vlugroetes hang af van vlugverkeerbeheer. As jy die drang voel om die kontroles te probeer oorneem en meer oor die vlieginstrumente te wete te kom, is jy welkom om deelname te versoek. Die loods sal hieroor besluit. Absa Private Bankdienste-kliënte betaal slegs R1 274,15 vir hierdie unieke ervaring. Absa Rewards- lede verdien 10% Kontant-Rewards op hul besteding. Om jou ervaring te bespreek, stuur asseblief ʼn e-pos na [email protected]. Aanbod besonderhede Plek: Lanseria, Johannesburg. Beskikbaarheid: Vlugte vind slegs op spesifieke naweke plaas. Vind asseblief uit voor aankoop om beskikbaarheid te bevestig. Wie: Bespreek vir ʼn spesiale geleentheid of sommer net. Getalle: Hierdie vlug is vir twee persone plus die loods. Weer: Vlugte hang van die weer af. Wat om saam te neem: Trek volgens die weer aan en vat iets warms saam. Onthou jou kamera! Duur: Laat dertig minute vir hierdie vlug toe. Langer vlugte kan op versoek gereël word. Bykomende inligting: Vlugsentrum bepalings en voorwaardes geld Deelname is geheel en al op jou eie risiko Alle vlugtye wat genoem word, is die maksimum en kan effens wissel Die werklike tyd hang af van lugverkeerbeheer en lugverkeer Hierdie ervaring sluit ook ʼn diensfooi en ʼn e-bewys in Kaapstadse helikoptervlugte Trakteer jouself of iemand spesiaal op 'n skouspelagtige helikoptervlug teen 'n eksklusiewe tarief van Absa Rewards-vennoot, Celestial Gifts. Suid-Afrika spog met van die mees asemrowende natuurtonele en kuslyne in die wêreld. Kry ʼn luguitsig van die pragtige Moederstad, skilderagtige bergreekse en mooi strande. Met ʼn bietjie geluk sal jy walvisse, dolfyne en verskuilde haaie in die see sien. Die vlug oor Kaapstad bied ʼn uitsig oor die V&A Waterfront, die beroemde strande van Clifton, Llandudno en Kampsbaai, die toringhoë Twaalf Apostels-bergreeks en die stadskom aan die voet van die asemrowende Tafelberg. Die 15-minutevlug bied ook pragtige uitsigte oor Groenpunt, Seepunt, Leeukop en Seinheuwel. Absa Private Bankdienste-kliënte betaal slegs R883,15 vir hierdie unieke ondervinding. Absa Rewards-lede verdien 10% Kontant-Rewards op hulle besteding. Om jou ervaring te bespreek, stuur asseblief ʼn e-pos na [email protected]. Aanbod besonderhede Plek: Kaapstad, Wes-Kaap. Beskikbaarheid: Vlugte is regdeur die jaar beskikbaar. Wie: Ideaal vir jouself, vriende, kliënte, medewerkers, familielede of ʼn metgesel. Getalle: Hierdie vlug is vir een persoon. Weer: Vlugte hang van die weer af. Wat om saam te neem: Neem ʼn warm trui saam en moenie jou kamera vergeet nie! Duur: Laat vyftien minute vir hierdie vlug toe. Bykomende inligting: Deelname is heeltemal op jou eie risiko. Die ervaring sluit ʼn diensfooi en ʼn e-bewys in. Mikrovliegtuigvlug - KwaZulu-Natal Geniet 'n skouspelagtige kusondervinding in 'n mikrovliegtuig teen 'n spesiale tarief van Absa Rewards-vennoot, Celestial Gifts. Geniet ʼn asemrowende luguitsig oor die kuslyn tussen Ballito en die Tugelarivier. Die deelnemer dra ʼn vlugpak en kry veiligheidsinstruksies voor opstyg. Die mikrovliegtuig is heeltemal oop, dus kry die deelnemer vars lug, son en die uiterste opwinding terwyl die omringende natuurskoon geniet word. As die toestande ideaal is, kan jy oor die see vlieg, naby genoeg om die sproei te voel soos die branders onder jou styg en neerslaan. As jy gelukkig is kan jy selfs skole dolfyne of walvisse sien, wat die vlug werklik uitsonderlik maak. Absa Private Bankdienste-kliënte betaal slegs R509,15 vir hierdie unieke ondervinding. Absa Rewards-lede verdien 10% Kontant-Rewards op hulle besteding. Om jou ervaring te bespreek, stuur asseblief ʼn e-pos na [email protected]. Aanbod besonderhede Plek: Groutville Vliegveld, KZN Noordkus. Beskikbaarheid: Vlugte vind regdeur die jaar plaas. Wie: Ideaal vir lugruim-entoesiaste. Maksimum gewiglimiet van 100 kg. Getalle: Hierdie vlug is slegs vir een persoon. Weer: Vlugte hang van die weer af. Wat om saam te neem: Trek verstandig aan. Dra ʼn langbroek/jeans en toerygskoene. Duur: Laat twintig minute vir hierdie vlug toe. Bykomende inligting: Hierdie ervaring sluit ook ʼn e-bewys in. Private Bankdienste

Trefferboeke - Concept Publishing · 2015. 12. 2. · vergelyking met 2013 en 2014. ... het teen die einde van September met ʼn gemiddelde nominale prysverhoging van 5,2% j/j toegeneem

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Trefferboeke - Concept Publishing · 2015. 12. 2. · vergelyking met 2013 en 2014. ... het teen die einde van September met ʼn gemiddelde nominale prysverhoging van 5,2% j/j toegeneem

Beste Private Bankdienste-kliënt

Welkom by die Desember-uitgawe van Private Connect. In hierdie uitgawe kyk ons na die stand van die residensiële huismark. Ons weeg ook vakansiehuise teen breuktitel op as leefstyl- en beleggingsopsies, ondersoek diepseehengel as ʼn tydverdryf, en bied u wonderlike leesstof en eersteklaservarings vir u genot.

Beste wense vir die vakansietyd.

Bongiwe TindleniHoof: Absa Private Bankdienste

Stand van die SA behuisingsmark

Jacques du Toit, Eiendomsontleder by Absa, voorspel dat nominale huisprysgroei in 2015 en 2016 in enkelsyfers sal bly.

Reële prysgroei in die residensiële huismark sal in 2016 onder druk bly, met die oog op inflasie wat verwag word om gemiddeld naby die 6%-vlak te bly. ‘Prysgroei word bepaal om laer te wees in vergelyking met 2013 en 2014. Gebaseer op die huidige voorspellings vir nominale groei in huispryse en verbruikersprysinflasie, word marginale reëleprysinflasie vir hierdie jaar en volgende jaar geprojekteer’ sê Du Toit.

Volgens die jongste Absa Behuisingsoorsig het die gemiddelde prys van luukse behuising (geprys tussen R4,2 miljoen en R15,5 miljoen) met ʼn nominale 10,8% jaar-tot-jaar (j/j) tot R5 914 000 in die tweede kwartaal van 2015 toegeneem. In reële terme (met inagneming van die effek van inflasie), het die gemiddelde prys met 5,9% j/j toegeneem.

Groot wonings in die middelsegment (geprys tot R4,2 miljoen) het teen die einde van September met ʼn gemiddelde nominale prysverhoging van 5,2% j/j toegeneem tot R1 955 000 met ʼn 0,5% j/j-prysverhoging in reële terme.

Faktore wat die residensiële eiendomsmark sal aandryf sluit in makro-ekonomiese tendense, huishoudelike finansies en verbruikersvertroue, sê Du Toit. Verbruikers staar dalende reële huishoudelike inkomste, verhoogde skuld, swakker kredietrisiko-rekords, stygende energie- en vervoerkoste en ʼn gebrek aan vertroue in hul finansiële herstel in die gesig.

Die voorspelling is dat rentekoerse in 2016 met ʼn kumulatiewe 75 basispunte sal styg. Weens bogenoemde faktore kan banke moontlik hul aptyt vir risiko in heroënskou neem en hul kwalifikasiekriteria vir verbandfinansiering strammer maak.

Du Toit glo dat belegging in eiendom bydra tot die diversifikasie van ʼn beleggingsportefeulje, terwyl kapitaalappresiasie oor die lang termyn uit die belegging geput kan word. ‘Daar word geglo dat die huidige beleggingshorison vir residensiële eiendom ongeveer vyf jaar is om toe te laat vir behoorlike kapitaalappresiasie’ sluit Du Toit af.

Vakansiehuise versus breuktitel

'n Vakansiehuis moet ideaal in 'n goeie gebied geleë wees wat maklik toeganklik en naby ontspanningsaktiwiteite is.

Dit is die mening van Greta Daniel van Pam Golding Properties Franchise Services. ‘As jy beplan om dit gereeld oor naweke te gebruik, wil jy graag jou bestemming in ʼn relatiewe kort tydperk bereik’ sê sy. ʼn Wyse besluit sal jou jare se ontspanning laat geniet, ʼn gesonde belegging en ʼn perfekte aftreeplek gee.

As jy beplan om in jou vakansiehuis af te tree, maak seker dit is geskik vir ouer mense om op ʼn permanente basis daarin te bly. ‘As die eiendom ʼn see-uitsig het en binne loopafstand van die strand is, is dit selfs beter veral as daar ook geriewe soos winkels en restourante naby is’ sê Daniel.

Eienaars van ʼn vakansiehuis kan huurinkomste effektief gebruik om die verband te subsidieer indien hulle die eiendom gedurende spitsvakansietye kan verhuur en vir hulle eie vakansies buite spitstye kan gebruik.

Omdat vakansiehuise egter ondergebruik word en met kopsere ten opsigte van instandhouding en herverkoop gepaard gaan, is breukbesit (FO) ʼn aantreklike alternatief. By breukbesit word ʼn luukse vakansiehuis deur 10 tot 13 aandeelhouers besit met die aaneenlopende laste van instandhouding en bestuur wat deur ’n toegewyde bestuursmaatskappy hanteer word.

ʼn Sekere getal gebruiksweke word aan elke aandeelhouer toegeken, wat op ʼn jaarlikse basis geroteer word. Eienaars kan kies om hulle weke te gebruik, hul ongebruikte weke te verhuur of dit vir ander FO-vakansiebestemmings te verruil.

Fredere de Jager, Besturende Direkteur van FO-bestuursmaatskappy, DJ Syndico, verduidelik dat die FO-bedryf vryhandel van aandele op die mark bied en dat promotors namens die verkopers optree om hulle aandele te verkoop. ‘Breukbesit moet as ʼn leefstyl eerder as ʼn opbrengsgebaseerde belegging gesien word’ sluit De Jager af.

Beskerm die leefstyl wat jy skep

Jou vermoë om ʼn inkomste te verdien is jou grootste bate en dit behoort beskerm te word teen ongeskiktheid.

Beskerm jou vermoë om ʼn inkomste te verdienJy het drome en ambisies en jy werk hard om ʼn veilige, gelukkige leefstyl vir jou gesin te skep — dit alles hang van jou inkomste af.

As jy egter gestremd raak of sterf, sal jou maandelikse uitgawes nie staak nie en jou skuld sal nie verdwyn nie. Dit is waarom ons glo dat jy jou vermoë om ʼn inkomste te verdien teen tydelike ongeskiktheid, langtermynongeskiktheid en sterfte moet beskerm.

Jy is baie meer werd as wat jy dinkOm jou werklike waarde te verstaan, besin oor die waarde van jou totale toekomstige inkomste tot aftrede. Hoeveel sal ʼn dertigjarige wat R30 000 pm verdien teen ʼn jaarlikse inflasie van 6% verdien teen die tyd dat hy/sy op 65 aftree? Die antwoord is meer as R40 miljoen.

Hoe waarskynlik is dit dat ongeskiktheid jou inkomste sal onderbreek?Dit is waarskynliker dat jy ongeskiktheid gedurende jou werksloopbaan sal ondervind as wat jy dink. 7/10 persone sal minstens een ongeskiktheid in hulle leeftyd ondervind wat hulle sal verhoed om ʼn inkomste te verdien.

Hoe lank kan jy en jou gesin sonder jou inkomste oorleef?Selfs ʼn tydelike onderbreking in jou inkomste kan vernietigende langtermyngevolge hê. 62% van Suid-Afrikaners is agter op hul skuldbetalings. Dit is waarom Inkomstebeskerming die grondslag van elke finansiële plan behoort te wees.

Gesels met jou Finansiële Adviseur om meer uit te vind.

Diepseehengel

Nagenoeg 15% van alle bekende seekusspesies word langs die Suid-Afrikaanse kuslyn gevind - daar is dus geen tekort aan diepseevisspesies nie.

Diepseehengel is ʼn uitstaande toeristeaantreklikheid en ʼn baie gewilde tydverdryf in Suid-Afrika. Plaaslike spesies sluit in barrakuda, seilvis, swaardvismarlyn, goudmakriel, ʼn verskeidenheid haaispesies en tuna.

Die seediepte moet minstens 30 meter wees vir ʼn ekspedisie om as diepseehengel geklassifiseer te word. Vang-en-loslaat is die gekose metode omdat dit Suid-Afrika se skaars seehulpbronne bewaar. Sekere huurmaatskappye sal jou vangs vir ʼn watertandaandete voorberei mits dit nie op die lys van bedreigde spesies is nie.

Betroubare en verantwoordelike hengelhuurmaatskappye is volop in die meeste van Suid-Afrika se kusdorpe en -stede beskikbaar. Die meeste van die maatskappye bied die allernuutste vaartuie, toegerus met die jongste tegnologiese verbeterings en hengeltoerusting. Maak seker dat jou keuse van huurmaatskappy alles bied wat jy vereis, insluitend versnaperings, en onthou om ʼn hoed en sonskerm saam te vat. Dit is noodsaaklik om te bevestig dat die vaartuig wat jy vir jou hengeluitstappie gaan gebruik, geskik is vir ʼn dag op die oseaan en dat die kaptein gesertifiseer is en ondervinding het.

Hengel-ekspedisies kan tussen vier en sestien uur wissel. Maak dus seker dat alle betrokkenes gemaklik is met die duur voordat jy bespreek. As jy bekommerd is jy word seesiek, gesels met ʼn apteker oor jou opsies. ʼn Aanval van seesiekte kan folterend wees as jy ver van die land af is. Indien jy besonder vatbaar vir rysiekte is, heroorweeg eerder jou keuse van hierdie aktiwiteit.

Besoek www.encounter.co.za/what-to-do/outdoors/fishing/deep-sea-fishing vir ʼn lys van beskikbare huurmaatskappye. Jy kan ook die South African Deep Sea Angling Association (SADSAA) by 012 996 9007 of by [email protected] vir meer inligting kontak.

Trefferboeke

Die Sunday Times se maandelikse trefferlys vir Oktober het Suid-Afrika se topverkoperboeke openbaar gemaak.

Topverkoper fiksieboeke

Golden Lion (Wilbur Smith met Giles Christian, uitgegee deur Harper Collins)Hy het gesien hoe sy pa in ʼn veldslag tereggestel word en het regdeur sy jeug wraak geneem vir sy dood. Nou is Henry ‘Hal’ Courtney ʼn man met ʼn skip, en ʼn gesin van sy eie. Propvol aksie en afwagting, heldemoed en hartseer, bewys hierdie onvergeetlike roman weer eens dat Wilbur Smith die wêreld se grootste avontuurskrywer is.

Icarus (Deon Meyer, uitgegee deur Hodder en Stoughton)Kaptein Bennie Griessel se unieke talent word dringend benodig om nog ʼn misdaad te ondersoek — die hoëprofielmoord op Ernst Richter, besturende direkteur van ʼn nuwe tech-maatskappy, Alibi, wie se liggaam in die sandduine noord van Kaapstad begrawe gevind is. Kan Bennie die drade van sy lewe betyds vasvat om die moordenaar te vang?

Topverkoper nie-fiksieboeke

Recce (Koos Stadler, uitgegee deur Tafelberg)Gehul in geheimhouding, weens die geheime aard van hul werk, het die legendariese Recces Suid-Afrikaners vir jare gefassineer. Nou het een van die elite soldate ʼn boek geskryf wat alles blootlê oor die uitsonderlike sendings wat hy onderneem het en die naelbyt-aksie wat hy gedurende die Grensoorlog ervaar het.

How Long Will South Africa Survive? (R W Johnson, uitgegee deur Jonathan Ball Publishers)In 1977 het RW Johnson se topverkoper, How Long Will South Africa Survive?, ʼn kontroversiële en hoogs oorspronklike ontleding van die oorlewingsvooruitsigte van apartheid gebied. Nou, na meer as twintig jaar van ANC-bewind, glo hy die situasie het so kritiek geword dat die vraag weer gevra moet word.

Elon Musk (Ashlee Vance, uitgegee deur Virgin Books)Suid-Afrikaans-gebore Elon Musk is die bekroonde entrepreneur en innoveerder agter PayPal, SpaceX, Tesla en SolarCity, asook die ware-lewe-inspirasie vir die Iron Man-filmreeks. Elon Musk is die Steve Jobs van die hede en die toekoms, en vir die afgelope twaalf maande is hy deur tech-verslaggewer, Ashlee Vance dopgehou. Elon Musk: How the Billionaire CEO of SpaceX and Tesla is Shaping Our Future, is ʼn belangrike, opwindende en intelligente beskrywing van die ware-lewe Iron Man.

Pretvlug vir twee - Lanseria Lughawe

Ervaar 'n ontsagwekkende blik op die Johannesburgse stadsprofiel teen 'n eksklusiewe tarief van Absa Rewards-vennoot, Celestial Gifts.

Maak jou sitplekgordel vas en vlieg oor die stad, en waardeer die pragtige geboue en ywerige besigheidsnaaf onder jou. Enige lugruimbewonderaar sal hierdie prettige, skilderagtige inleidende vlug geniet, wat ʼn pragtige uitsig oor die Stad van Goud bied.

Jy sal in ʼn Cessna C-172 van Lanseria Lughawe opstyg, in die rigting van die Johannesburgse SSG vlieg en dan ʼn antikloksgewyse omwenteling om die SSG doen en terugkeer. Nog ʼn gewilde vliegroete is na Hartbeespoortdam en terug. Vlugroetes hang af van vlugverkeerbeheer.

As jy die drang voel om die kontroles te probeer oorneem en meer oor die vlieginstrumente te wete te kom, is jy welkom om deelname te versoek. Die loods sal hieroor besluit.

Absa Private Bankdienste-kliënte betaal slegs R1 274,15 vir hierdie unieke ervaring. Absa Rewards-lede verdien 10% Kontant-Rewards op hul besteding.

Om jou ervaring te bespreek, stuur asseblief ʼn e-pos na [email protected].

Aanbod besonderhede

• Plek: Lanseria, Johannesburg.

• Beskikbaarheid: Vlugte vind slegs op spesifieke naweke plaas. Vind asseblief uit voor aankoop om beskikbaarheid te bevestig.

• Wie: Bespreek vir ʼn spesiale geleentheid of sommer net.

• Getalle: Hierdie vlug is vir twee persone plus die loods.

• Weer: Vlugte hang van die weer af.

• Wat om saam te neem: Trek volgens die weer aan en vat iets warms saam. Onthou jou kamera!

• Duur: Laat dertig minute vir hierdie vlug toe. Langer vlugte kan op versoek gereël word.

Bykomende inligting:

• Vlugsentrum bepalings en voorwaardes geld• Deelname is geheel en al op jou eie risiko• Alle vlugtye wat genoem word, is die maksimum en kan effens wissel• Die werklike tyd hang af van lugverkeerbeheer en lugverkeer• Hierdie ervaring sluit ook ʼn diensfooi en ʼn e-bewys in

Kaapstadse helikoptervlugte

Trakteer jouself of iemand spesiaal op 'n skouspelagtige helikoptervlug teen 'n eksklusiewe tarief van Absa Rewards-vennoot, Celestial Gifts.

Suid-Afrika spog met van die mees asemrowende natuurtonele en kuslyne in die wêreld. Kry ʼn luguitsig van die pragtige Moederstad, skilderagtige bergreekse en mooi strande. Met ʼn bietjie geluk sal jy walvisse, dolfyne en verskuilde haaie in die see sien.

Die vlug oor Kaapstad bied ʼn uitsig oor die V&A Waterfront, die beroemde strande van Clifton, Llandudno en Kampsbaai, die toringhoë Twaalf Apostels-bergreeks en die stadskom aan die voet van die asemrowende Tafelberg.

Die 15-minutevlug bied ook pragtige uitsigte oor Groenpunt, Seepunt, Leeukop en Seinheuwel.

Absa Private Bankdienste-kliënte betaal slegs R883,15 vir hierdie unieke ondervinding. Absa Rewards-lede verdien 10% Kontant-Rewards op hulle besteding.

Om jou ervaring te bespreek, stuur asseblief ʼn e-pos na [email protected].

Aanbod besonderhede

• Plek: Kaapstad, Wes-Kaap.

• Beskikbaarheid: Vlugte is regdeur die jaar beskikbaar.

• Wie: Ideaal vir jouself, vriende, kliënte, medewerkers, familielede of ʼn metgesel.

• Getalle: Hierdie vlug is vir een persoon.

• Weer: Vlugte hang van die weer af.

• Wat om saam te neem: Neem ʼn warm trui saam en moenie jou kamera vergeet nie!

• Duur: Laat vyftien minute vir hierdie vlug toe.

• Bykomende inligting: Deelname is heeltemal op jou eie risiko. Die ervaring sluit ʼn diensfooi en ʼn e-bewys in.

Mikrovliegtuigvlug - KwaZulu-Natal

Geniet 'n skouspelagtige kusondervinding in 'n mikrovliegtuig teen 'n spesiale tarief van Absa Rewards-vennoot, Celestial Gifts.

Geniet ʼn asemrowende luguitsig oor die kuslyn tussen Ballito en die Tugelarivier. Die deelnemer dra ʼn vlugpak en kry veiligheidsinstruksies voor opstyg. Die mikrovliegtuig is heeltemal oop, dus kry die deelnemer vars lug, son en die uiterste opwinding terwyl die omringende natuurskoon geniet word.

As die toestande ideaal is, kan jy oor die see vlieg, naby genoeg om die sproei te voel soos die branders onder jou styg en neerslaan. As jy gelukkig is kan jy selfs skole dolfyne of walvisse sien, wat die vlug werklik uitsonderlik maak.

Absa Private Bankdienste-kliënte betaal slegs R509,15 vir hierdie unieke ondervinding. Absa Rewards-lede verdien 10% Kontant-Rewards op hulle besteding.

Om jou ervaring te bespreek, stuur asseblief ʼn e-pos na [email protected].

Aanbod besonderhede

• Plek: Groutville Vliegveld, KZN Noordkus.

• Beskikbaarheid: Vlugte vind regdeur die jaar plaas.

• Wie: Ideaal vir lugruim-entoesiaste. Maksimum gewiglimiet van 100 kg.

• Getalle: Hierdie vlug is slegs vir een persoon.

• Weer: Vlugte hang van die weer af.

• Wat om saam te neem: Trek verstandig aan. Dra ʼn langbroek/jeans en toerygskoene.

• Duur: Laat twintig minute vir hierdie vlug toe.

• Bykomende inligting: Hierdie ervaring sluit ook ʼn e-bewys in.

Voordele van voorafbetaalde reiskaarte

Die Multi-currency Cash Passport™ van Absa laat jou toe om tot vier verskillende geldeenhede op een kaart te laai.

Die Multi-currency Cash Passport™ is die voorafbetaalde reisgeldkaart wat so goed soos kontant is en wat enige tyd, enige plek gebruik kan word. Wanneer die kaart in die bestemmingsland gebruik word, kies die stelsel op intelligente wyse die regte geldeenheid, afhangend van die land waarin die kaarthouer is, solank die geldeenheid beskikbaar is (byvoorbeeld, in die VSA sal die stelsel outomaties ʼn VS-dollarbeursie op die kaart debiteer).

Indien ʼn OTM-onttrekking of verkooppunttransaksie in ʼn verskillende geldeenheid gedoen word as dié geldeenhede wat op die kaart beskikbaar is, of die tersaaklike beskikbare geldeenheidsaldo op die kaart oorskry, sal die bedrag befonds word deur die transaksiebedrag na die volgende beskikbare geldeenheid op die kaart om te sit.

Veilig, gerieflik en buigsaam is drie woorde wat jy altyd wil hoor wanneer dit by reis en geld kom. Of jy nou jou nuwe groot avontuur aanpak of ʼn besigheidsreis onderneem, kry die allerbeste toegang tot jou geld en bly in beheer van jou besteding terwyl jy oorsee is met ʼn Multi-currency Cash Passport™ van Absa.

Die Multi-currency Cash Passport™ is ʼn skyfie- en PIN-beskermde voorafbetaalde debietkaart wat om veiligheidsredes nie aan jou bankrekening gekoppel is nie. Voordele sluit in 24/7 noodbystand, insluitend noodkontant. ʼn Bykomende kaart is as rugsteun beskikbaar en verlore en gesteelde kaarte word gratis vervang.

Vir meer inligting skakel asseblief Private Assist by 0860 553 553 of +2711 501 5011 of besoek www.absa.co.za. Jy kan ook ʼn faks na +2711 276 5728 of ʼn e-pos na [email protected] stuur.

*Bepalings en voorwaardes geld.

Verhandel buitelandse aandele en BVF'e

World Trader van Absa is 'n opwindende nuwe platform waardeur jy in buitelandse aandele en beursverhandelde fondse (BVF'e) handel kan dryf.

World Trader is die veiliger, slimmer en vinniger verhandelingsplatform waarmee jy jou buitelandse portefeulje op enige toestel vanaf een rekening kan bestuur. Hierdie multibateverhandelingsplatform bied jou ʼn internasionaal diverse verhandelingservaring, met die vermoë om meer as 30 000 aandele en BVF’e te besigtig, daarin te belê en handel te dryf.

Die nuwe World Trader van Absa, wat ontwerp is om vinnig en gebruiksmaklik te wees, kan van enige HTML5-versoenbare webblaaier op enige toestel gebruik word. World Trader bied jou ʼn uitstekende kruistoestel-ervaring tussen rekenaars, tablette en slimfone, met die gebruikerservaring wat nou daarmee saamhang, terwyl die aandele en BVF’e wat jy dophou en jou voorkeure jou tussen toestelle volg.

Sleutelvoordele:

• veelvuldige World Trader-rekenings in drie basiese geldeenhede (Euro, Dollar en Britse Pond) wat aan een gebruikersnaam gekoppel is;

• die vermoë om op meer as 25 verskillende beurse oor die wêreld handel te dryf; en

• toegang deur jou skootrekenaar, slimfoon of tablet vanaf een punt, met een gebruikers-ID.

Besoek www.absastockbrokers.co.za of skakel 0860 05 04 03 vir verdere navrae oor World Trader.

Stand van die SA behuisingsmark

Jacques du Toit, Eiendomsontleder by Absa, voorspel dat nominale huisprysgroei in 2015 en 2016 in enkelsyfers sal bly.

Read More

Vakansiehuise versus breuktitel

'n Vakansiehuis moet ideaal in 'n goeie gebied geleë wees wat maklik toeganklik en naby ontspanningsaktiwiteite is.

Read More

Beskerm die leefstyl wat jy skep

Jou vermoë om ʼn inkomste te verdien is jou grootste bate en dit behoort beskerm te word teen ongeskiktheid.

Read More

Diepseehengel

Nagenoeg 15% van alle bekende seekusspesies word langs die Suid-Afrikaanse kuslyn gevind - daar is dus geen tekort aan diepseevisspesies nie.

Read More

Trefferboeke

Die Sunday Times se maandelikse trefferlys vir Oktober het Suid-Afrika se topverkoperboeke openbaar gemaak.

Read More

Pretvlug vir twee - Lanseria Lughawe

Ervaar 'n ontsagwekkende blik op die Johannesburgse stadsprofiel teen 'n eksklusiewe tarief van Absa Rewards-vennoot, Celestial Gifts.

Read More

Kaapstadse helikoptervlugte

Trakteer jouself of iemand spesiaal op 'n skouspelagtige helikoptervlug teen 'n eksklusiewe tarief van Absa Rewards-vennoot, Celestial Gifts.

Read More

Mikrovliegtuigvlug - KwaZulu-Natal

Geniet 'n skouspelagtige kusondervinding in 'n mikrovliegtuig teen 'n spesiale tarief van Absa Rewards-vennoot, Celestial Gifts.

Read More

Voordele van voorafbetaalde reiskaarte

Die Multi-currency Cash Passport™ van Absa laat jou toe om tot vier verskillende geldeenhede op een kaart te laai.

Read More

Verhandel buitelandse aandele en BVF'e

World Trader van Absa is 'n opwindende nuwe platform waardeur jy in buitelandse aandele en beursverhandelde fondse (BVF'e) handel kan dryf.

Read More

Laai PDF Kontak ons English

Private Bankdienste

Groei jou sukses. Floreer.

Absa Bank Beperk Reg-no 1986/004794/06, Gemagtigde Finansiëlediensteverskaffer Reg No NCRCP7

E-posvrywaring en maatskappy-inligting: Disclaimer

As U nie meer die e-pos wil ontvang nie, stuur 'n epos aan unsubscribe om van die lys afgehaal te word.© Absa 2015