33
AFK1501/201/2/2012 Studiebrief 201/2/2012 Afrikaans Aktueel Semester 2 Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap TERUGVOER: WERKOPDRAG 01 EN 02 EKSAMENWENKE Bar code AFK1501

TUT 201

  • Upload
    sumaya

  • View
    478

  • Download
    3

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: TUT 201

AFK1501/201/2/2012

Studiebrief 201/2/2012 Afrikaans Aktueel

Semester 2

Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap

TERUGVOER:

WERKOPDRAG 01 EN 02

EKSAMENWENKE

Bar code

AFK1501

Page 2: TUT 201

AFK1501/201

2

Beste Student/Dear Student Hierdie studiebrief bevat die volgende inligting:

• Terugvoer oor werkopdrag 01 (meerkeuse) asook werkopdrag 02. • Eksamenriglyne vir elke deel (November 2012)

This tutorial letter contains:

• Feedback on Assignments 01(multiple choice) as well as 02 • Guidelines for the exams for each section (November 2012)

Belangrike inligting: Julle moet slegs twee dele (50 punte elk) in die eksamen beantwoord. Moenie al vyf dele beantwoord nie – julle mors tyd en dit is tot jul eie nadeel, aangesien slegs die eerste twee dele nagesien sal word.

Deel 4 (Jeugletterkunde) is verpligtend vir alle onderwysstudente. Slegs Deel 4 mag in Afrikaans OF in Engels beantwoord word. Lees die instruksies by elke deel deeglik.

You should answer only two sections (of 50 marks each) in the examination. Do not attempt to answer all five sections – this will be a waste of time and it will put you at a disadvantage, as only the first two sections will be marked.

Section 4 (Jeugletterkunde) is compulsory for all B.Ed students and this particular section (Section 4) may be answered in Afrikaans OR English. Please read the instructions provided for each section.

Lees asseblief die aankondigings (“Announcements”) op myUnisa. Studente wat gereeld deelneem aan die “Discussion Forum” kry vinnig terugvoer op hul vrae, en hulp van medestudente.

Please read the “Announcements” on myUnisa. Students who take part in the Discussion Forum have the added benefit of receiving prompt feedback on queries, and even help from fellow students.

Die AFK1501-span beantwoord graag vrae oor enige probleme wat jy met die werk mag ondervind. Hiermee wens ons jou ook ‘n suksesvolle semestereksamen toe.

The AFK1501 Team will answer any queries regarding your study material in this module. Do not hesitate to contact us. We wish you a successful semester examination.

Ons verstrek nie in hierdie studiebrief modelantwoorde op die vrae in werkopdrag 01 OF werkopdrag 02 nie.

Me L Jacobs

Kursusleier / Course Coordinator (AFK1501)

Page 3: TUT 201

AFK1501/201

3

TERUGVOER OOR WERKOPDRAG 02 EN EKSAMENWENKE [FEEDBACK ON ASSIGNMENT 02 AS WELL AS EXAMINATION PREPARATION]

Hieronder volg elke dosent se terugvoer oor sy/haar werkopdrag, wat toeligting by die eksamen van November 2012 insluit.

WERKOPDRAG 02

DEEL 1

Teks en leser: Inleiding in die literêre kommunikasieproses

Dosent

Me. Linde Beer

Kontakbesonderhede

Telefoon: (012) 429 6925

E-pos: [email protected]

Faks: (012) 429 8094 (Vir aandag: Linde Beer)

Beste Student

Hierdie terugvoer oor werkopdrag 02 deel 1, asook eksamentoeligting vir die November 2012-eksamen, het ten doel om jou te help om voor te berei vir die November-eksamen. Ek verskaf nie ‘n memorandum nie, maar slegs riglyne om jou te help. Kontak my gerus as jy verdere hulp oor spesifieke vrae nodig het.

Vraag 1 (verpligtend slegs as jy Deel 1 as ’n opsie-eenheid gekies het)

Dink jy “Hot Gates” is ‘n literêre teks, of bloot ‘n populêre luisterliedjie? Bestudeer studie-eenheid 1 pp.6-20 en skryf dan ‘n kort opstel van hoogstens 1 bladsy om die vraag te beantwoord. (Jy sou aktiwiteit 1.3 op p.10 vir jouself kon beantwoord en gebruik in jou antwoord. Paragraaf 1.1 tot 1.4 in studie-eenheid 1 pp.6-14 in die studiegids sal jou ook baie help.) (20) • Hier moet jy eerstens aantoon dat jy weet wat ‘n literêre teks is. Die literêre teks neem (selekteer)

elemente uit die werklikheid, groepeer dit in nuwe kombinasies (plaas dit in ‘n nuwe verband), en dié nuwe ordening vorm ‘n patroon wat betekenis dra – dit dra ‘n oorspronklike ‘waarheid’ of siening van die menslike kondisie oor.

• Tweedens moet jy wys dat jy verstaan watter soort seleksie in “Hot Gates” gemaak is: dis ‘n seleksie

van plekname. Wat het hierdie plekke waarna verwys word, gemeen? Volgens die studiegids en materiaal in die leesbundel is die gemene deler dat daar in elkeen ‘n traumatiese gebeurtenis (oorlog, massa-selfmoord, politieke onrus…) plaasgevind het - dwarsdeur die geskiedenis.

• Wat dan gebeur, is dat hierdie plekname in “Hot Gates” op ‘n oorspronklike manier saamgestel word

om ‘n nuwe eenheid te vorm Is die gebeurtenisse wat deur die plekname verteenwoordig word, in ‘n chronologiese volgorde? Raadpleeg gerus Dineke Volschenk se “Notas by Hot Gates” in die

Page 4: TUT 201

AFK1501/201

4

leesbundel om agter te kom in watter volgorde die plekname in die gedig/liriekteks verskyn. Jy sal dalk sien dat chronologie nie die bepalende faktor in die opeenvolging van plekname is nie, maar dat daar heen-en-weer gespring word in die tyd om ‘n unieke patroon te vorm - ‘n prentjie van trauma deur die eeue. Trauma (soos ervaar in konflik en oorlog) is dus nie iets wat beperk is tot ‘n tydvak of era nie, maar nog altyd deel was van die lewe – ook in Suid-Afrika. (Hoe weet ons dit? Watter Suid-Afrikaanse plekname verskyn in Hot Gates?)

• Let verder op die verwysing na Die Bybel – die vier ruiters van die apokalips in die Bybelboek

“Openbaring”. Watter funksie vervul hierdie verwysing? Sê dit iets oor die spreker se visie vir die mensdom : dat oorlog, konflik en misbruik eendag, in die eindtye, sal ophou en dat daar dan vreugde en feesvieringe sal wees?

Vraag 2 (keuse)

Lees die prosateks “Thandiwe van Khayalethu Camp” (in studiegids deel 1 studie-eenheid 3 p. 37, asook in die leesbundel afgedruk) en bespreek dit in ‘n opstel van hoogstens 2 bladsye.

Die titel van jou opstel is:

Dit sal mos nie altyd nag wees nie

Gee aandag aan die volgende aspekte in jou opstel:

Boustene van die verhaalwêreld: • Gebeure (4) • Tyd (3) • Ruimte (4) • Leimotief (4) • Karakters (3) • Verteller (3) • Tema (3) • Sosio-politiese konteks waarbinne die verhaal ontstaan het (3) • Intertekste (ander verhale/gedigte/rolprente/foto’s) wat met “Thandiwe van Khayalethu Camp”

saamgelees kan word (3) (30)

Gebeure:

Julle moet hier ‘n kort opsomming van die gebeure gee, byvoorbeeld hoe die verhaal begin (wie hardloop weg vir wie, en wat dink sy terwyl sy so hardloop?). Na wie toe hardloop sy en hoekom? Wat doen sy as die gevaar dreig? wat is die uiteinde van die gevaarlike situasie waarin sy en haar familielede hulle bevind? Jy moet wys hoe die gebeure aaneenskakel, hoe die een ding na die volgende ding lei.

Tyd

Verloop die verhaal chronologies, of is daar dele waar daar teruggedink word aan die verlede? In watter politieke era speel die verhaal af?

Ruimte: Die plek waar die verhaal afspeel, is nie die gewone middelklas woonbuurt nie. Watter tipe behuising tref ons aan in die kamp? Is daar teerstrate? Beskryf die omgewing in soveel detail as wat jy kan. Is daar bome en bosse? Gee ook jou indrukke van hoe die mense wat in Khayalethu Camp woon, is: is dit mense onder wie jy liefde en medemenslikheid sien? Kyk ook na die beskrywing van die

Page 5: TUT 201

AFK1501/201

5

tuisland waar die familie eers gewoon het as Thandiwe dit vergelyk met hul huidige woonplek. Is dit ‘n opsie vir Thandiwe-hulle om na hierdie tuisland terug te keer?

Die blom (plant) is ook deel van die ruimte en verteenwoordig ‘n wending in die konfliksituasie. Beskryf die blom en wat Thandiwe daarmee doen, noukeurig. Hoekom is dit ‘n opoffering vir haar om die blom vir die Brekers aan te bied? Verduidelik die verband tussen die blom en die sterre. Sê die blom dalk iets oor hoop?

Karakter:

Gee ‘n gedetailleerde beskrywing van Thandiwe. Is sy die hoofkarakter? Hoekom dink jy so (of nie)? Is dit iets kinderliks wat sy doen in die verhaal, of pas haar optrede meer by dié van ‘n volwassene?

Julle moet oordeel of daar regtig sprake van groot ontwikkeling in Thandiwe se karakter is, en of sy eintlik van die begin af sterk is. Een siening is dat daar binne die bestek van ‘n kort teks soos hierdie een min ruimte is om ‘n grootskaalse ommekeer of groei in ‘n karakter te teken. ‘n Ander siening is dat daar wel tekens van groei is in Thandiwe se besluit om die Brekers te konfronteer. Motiveer die siening waarvoor jy kies.

Leimotief:

Wie is “klein” en wie/wat is “groot” in die verhaal? Wat sê hierdie woordherhaling vir die leser? Sê dit dalk iets oor Thandiwe, wat maar ‘n klein dogtertjie is, maar die “grootmenswêreld” konfronteer (en wen)? Tema: Hierdie verhaal sê iets oor ‘n kind se groei (en ‘n vuurdoop). Brei uit hierop en formuleer jou eie “boodskap” of tema.

Sosio-politieke konteks:

Apartheidsjare, tuislandbeleid wat swart volkere verarm het, verstedeliking en plakkerskampe, gereelde sloping van informele nedersettings deur owerhede. Intertekste (ander verhale/gedigte/rolprente/foto’s) wat met “Thandiwe van Khayalethu Camp” saamgelees kan word

Julle kan kies uit verskeie moontlike intertekste, byvoorbeeld Charles Banda se koerantartikel oor Harare se sypaadjiegenerasie; Tertia Geldenhuys se “Fleeing for our lives”, die uittreksel uit Black Fire ;“Sloping was die beste oplossing vir Distrik Ses” en “I wish for a miracle too merciless to mention” in die leesbundel. Wys op ooreenkomste en verskille tussen hierdie tekste en Weideman se teks.

Vraag 3 (keuse)

Werk studie-eenheid 4 (poësie) in die studiegids deur (pp. 48-61) en beantwoord dan die onderstaande vrae oor Ingrid Jonker se teks “Die kind [wat doodgeskiet is deur soldate by Nyanga]” (afgedruk in die studiegids op pp. 52-53):

Vrae:

• Binne watter sosio-politiese konteks het die gedig ontstaan? (3) • Hoekom, dink jy, lig die kind sy vuiste teen sy vader (strofe 2)? (3) • Verklaar hoe die kind “nie dood nie” kan wees, terwyl hy lê met ‘n koeël deur sy kop (strofe 3)? (3) • Gee minstens twee voorbeelde elk van (a) woordherhaling en (b) sintaktiese herhaling in die gedig;

Page 6: TUT 201

AFK1501/201

6

dui die funksie van hierdie herhalings aan. (8) • Verskaf en bespreek een voorbeeld elk van metafoor, simbool of ironie (sien studiegids:57 vir

definisies) (6) • Wie is die spreker in hierdie teks? (4) • Noem ten minste een belangrike interteks ten opsigte van hierdie gedigteks van Jonker (sien

studiegids:58-60) (1) • Formuleer ‘n tema (boodskap) wat die gedig volgens jou oordra. (2)

(30)

Sosio-politiese konteks:

Uit watter politieke era en sisteem dateer die gedig? Dis geskryf na aanleiding van die onluste (swart opstand teen apartheidswette) in Suid-Afrikaanse townships in daardie tyd. In die gedig word daar verwys na van hierdie townships (Nyanga, ...), die paswet, geweld. Gee jou eie voorbeelde van hierdie aspekte van apartheid. Die vooruitskouing is dat hierdie soort gebeure sou weerklink in die res van Afrika. Die politieke werklikhede van die 1960's vorm dus die konteks waarbinne die gedig geskryf is.

Hoekom lig die kind sy vuiste teen sy vader (strofe 2)?

Kan dit wees uit woede of frustrasie omdat die vader (ouer generasie) niks daadwerkliks (kan) doen om die politieke situasie te beredder nie? Vergelyk ook Abraham de Vries se opmerkings in By (29 Maart 2008, p.10):

Tree die kind in die gedig nie vreemd op nie? Hoekom lig hy sy vuiste teen teen sy moeder en sy vader? Albei is is selfs sonder die agtergrond van die ontstaan van die gedig herkenbaar as Suid-Afrikaanse vryheidstryders. Waarom of waarteen is hy dan in opstand?

Die antwoord lê waarskynlik in die “plekke” waar die moeder en vader hulle bevind. Lokasies en strate is plekke, maar “lokasies van die omsingelde hart” en “strate van sy gewapende trots” is toestande. Die kind lig sy vuiste ook teen hierdie toestande, anderkant die lokale stryd in die lokasies en strate.

Julle mag ook verwys na “die kind” wat uitgroei tot ‘n simbool: dat die kind alle onderdruktes verteenwoordig in Suid-Afrika, Afrika en die wêreld wat ‘n stryd voer teen onreg.

Verklaar hoe die kind “nie dood nie” kan wees, terwyl hy lê met ‘n koeël deur sy kop (strofe 3)?

Die kind wat doodgeskiet is deur soldate by Nyanga, en hierdie gedig geïnspireer het, is ‘n anonieme maar historiese figuur wat wel fisies dood is. Hy word egter deur die spreker in hierdie gedig voorgehou as simbool van die swart vryheidstryd teen blanke oorheersing, soos tydens apartheid, en “leef” in hierdie sin “voort.”

Herhaling: sluit in woordherhaling (enkelwoorde) en sintaktiese herhaling (woordgroepe soos frases en sinne). Voorbeelde: “die kind” (woordherhaling). Watter tipe herhaling kry ons in ”die kind lig sy vuiste teen sy…”; “wat Afrika skreeu skreeu die geur…”; “die kind wat…geword het”; “Die kind is nie dood nie”; “nòg by…nòg by…”? Dalk sintaktiese herhaling – herhaling van ‘n sintaktiese patroon?

Metafoor:

Julle mag ‘n definisie van metafoor gee en dan voorbeelde bespreek. Die vraag is: is die metafore effektief – of hulle iets oordra wat nuut, oorspronklik en ter sake is vir die ontwikkeling van die boodskap van die gedigteks.

Page 7: TUT 201

AFK1501/201

7

TWEE VOORBEELDE:

• “die geur van vryheid en heide in die lokasies van die omsingelde hart” betrek die rol van die moeder / vrou - die een wat tradisioneel die domein van die hart en huis bewaak. Die hart is “omsingel” (ingeperk, selfs bedreig). Die “geur van vryheid” is bloot ‘n geur, soos dié van blomme (heide) - nie iets substansieels nie - en daar is dus nie werklik vryheid nie. ‘n Lokasie was ook ‘n ingeperkte woonarea, afgesonder van die woonbuurte van blankes.

• “die geur van geregtigheid en van bloed in die strate van sy gewapende trots” is weer tradisioneel die domein van die vader / man - buite die huis, in die publieke arena. Is daar werklike vryheid in hierdie geval? Die vader het net sy trots as “wapen” (Eng. “armed pride”). Hoe effektief is dit?

Ironie: Gee ‘n definisie en soek dan ‘n voorbeeld. Dink jy die kind wat sy vuiste lig teen sy moeder en vader (maar eintlik teen die apartheidsisteem) kan as ironies vertolk word? Wat van “die geur/van vryheid en van heide”? Motiveer jou antwoorde.

Simbool: ‘n Interessantheid is dat in die dokumentêre film “Korreltjie Niks” daar wel ‘n identiteit en naam aan “die kind” gegee word: volgens Sandile Dikeni was dit waarskynlik Wilberforce Musuli Manjati. Die anonimiteit van die kind dra by tot die algemeen-toepaslikheid en simboolwaarde wat hy in hierdie gedig kry.

Spreker: Die spreker is nie die digter nie, maar ‘n fiktiewe instansie wat as woordvoerder optree. Die spreker in “Die kind wat doodgeskiet is deur soldate by Nyanga” is dus nie “Ingrid Jonker” nie. Ingrid Jonker is wel die reële outeur van die teks. Die spreker is ‘n polities-bewuste stem, iemand wat in die 1960’s (konteks) praat oor die konflik in die swart woongebiede, tussen wit heersers en swart onderdruktes, en wat in die toekoms inkyk en sien hoe daar vryheid kom.

Interteks: “Die kind 2” (Swanepoel), “Die kind is nie dood nie” (Olivier), “’n Nuwe liedjie op ‘n ou deuntjie” (Leipoldt), “ ‘n Nuwe liedjie op ‘n ou deuntjie” (Joan Hambidge), en dies meer. Kies twee intertekste en bespreek dan ooreenkomste en verskille tussen Jonker se teks en die intertekste wat jy gekies het.

Tema: Vir Suid-Afrika in die 1960’s sou die gedig die boodskap kon oordra dat, ten spyte van onderdrukking, politieke vryheid wel moontlik is. Die meer universele ‘boodskap’ of eindinsig wat die gedig oordra, is dalk dat die mens selfs in sy breekbaarheid en dood, ‘n belangrike nalatenskap kan hê.

Vraag 4 (keuse)

Bestudeer studie-eenheid 5 (drama) op pp.62-71, veral paragraaf 5.7 op p.66 en verder) en beantwoord dan die volgende vrae:

(a) Bespreek Naelstring (Pieter J. Fourie) as ‘n eietydse en aktuele teks. (Sien paragraaf 5.7.1 op p.66.) (15)

(b) Wat gebeur as daar afstand gedoen word van die naelstring in die teks? Sou jy sê albei karakters ervaar nuwe vryheid? Illustreer Baba se nuwe vaardighede uit die teks. (15)

[30]

Page 8: TUT 201

AFK1501/201

8

(a) Kontemporêre verwysings:

Kyk na verwysings na “black empowerment” en ander terme wat ons vandag daagliks in koerante raaklees.

Julle mag ook verwys na die simboliese implikasies van die naelstring-leimotief.

Hoe dui die naelstring simbolies op ‘n verstrengeling van die oue en nuwe bedelings? Vrou se gewilligheid om uiteindelik van die naelstring afstand te doen, moet bespreek word. Onthou dat Vrou nie ‘n verteenwoordiger van die Ou Bedeling is nie: sy was immers ‘n vryheidsvegter wat sabotasie gepleeg het en oor die kleurskeidslyn ‘n (seksuele) verhouding en ‘n kind gehad het. Wat verteenwoordig Vrou dan eerder? Dalk die destyds liberale element onder blanke (Suid-)Afrikaners wat die apartheidsregering teengestaan en ondermyn het? Is hulle in die transformasie-era (post-1994) deur die heersende swart rolspelers gemarginaliseer omdat hulle nie in die swartbemagtigingsdiskoers inpas nie? Wat verteenwoordig Baba? Dalk post-apartheid vryheid? Post-apartheid vryheid (of identiteit, soos een student opgemerk het) kan egter nie onbevange funksioneer nie, omdat dit (enersyds) beperk word deur die bagasie (bitterheid, teleurgestelde verwagtinge) van die wit liberale; en andersyds verwerp en verraai word deur die magshonger swart bevoordeeldes in die nuwe bedeling (Mamoleki). Eers wanneer Mamoleki sterf, voel Vrou vry van die verlede en kan die naelstring losgemaak word. Mens sou Mamoleki se afsterwe kon lees as ‘n tipe afstanddoening van eensydige mag onder die nuwe elite; waarna die nuwe bedeling eers werklik tot sy reg kan kom.

(b) Afstanddoening van die naelstring:

Die vraag vra eintlik dat studente die naelstringmotief in Naelstring bespreek as ‘n merker van “transformasie”. Die naelstring is onder andere ‘n leimotief in hierdie dramateks. Sien studiegids bladsy 45, 48, 101 vir definisies of verwysings na hierdie begrip. Studente kan hul bespreking van hierdie aspek begin met ‘n kort definisie van wat leimotief is.

• Vir ‘n bespreking van die ontwikkeling van die naelstringmotief moet studente die dramateks Naelstring deurwerk met die volgende vrae in gedagte:

o Wie word deur die naelstring verbind? o Is albei partye tevrede met die feit dat daar ‘n naelstring tussen hulle is? o Is dit ‘n “normale” situasie in die werklike lewe? o Watter simboliese implikasies het die naelstring? o Voel die karakters teen die einde albei nog dieselfde oor die naelstring? In watter stadium

tree daar ‘n verandering in houding by hulle in?

• ‘n Konklusie kan dan geformuleer word: wat sê Naelstring oor politieke transformasie in Suid-Afrika? Is dit simplisties positief daaroor? Is dit negatief daaroor? Volg dit ‘n middeweg? Studente moet hul interpretasie bewys deur na die ontwikkeling van die naelstringmotief in die teks te verwys.

Subtotaal: [50]

Page 9: TUT 201

AFK1501/201

9

Riglyne: AFK1501: November 2012 eksamenvraestel

Die instruksies by deel 1 van die vraestel sal soos volg lyk:

Ek stel hieronder VIER vrae waarvan jy TWEE moet doen. Vraag 1 is VERPLIGTEND vir studente wat deel 1 doen. Kies dan EEN verdere vraag uit vraag 2, 3 en 4. Jy moet in totaal twee vrae ter waarde van 50 punte beantwoord. Beantwoord die vrae in AFRIKAANS.

Answer Question 1 (compulsory question for students doing Section 1) PLUS ONE further question. You should answer TWO questions of 25 marks each (50 marks in total). Answer in Afrikaans.

Vraag 1 (verpligtend vir die studente wat Deel 1 as opsie-eenheid gekies het)

Die vraag sal baie dieselfde lyk as die werkopdrag se vraag 1, naamlik: Dink jy “Hot Gates” is ‘n literêre teks, of bloot ‘n populêre luisterliedjie? Skryf ‘n kort opstel van hoogstens 1 bladsy om die vraag te beantwoord. (20)

Vraag 2 (keuse)

Hierdie vraag stem grootliks ooreen met vraag 2 van die werkopdrag en vereis ‘n bespreking van die prosateks “Thandiwe van Khayalethu Camp” in ‘n opstel van hoogstens 2 bladsye. Die titel van die opstel sal steeds wees:

Dit sal mos nie altyd nag wees nie

Gee aandag aan die volgende boustene van die verhaalwêreld in jou opstel:

• Gebeure (4) • Tyd (3) • Ruimte (4) • Leimotief (4) • Karakters (3) • Verteller (3) • Tema (3) • Sosio-politiese konteks waarbinne die verhaal ontstaan het (3) • Intertekste (ander verhale/gedigte/rolprente/foto’s) wat met “Thandiwe van Khayalethu Camp”

saamgelees kan word (3) (30)

Vraag 3 (keuse)

Hierdie vraag vra ook, soos in die werkopdrag, sekere spesifieke vrae oor Ingrid Jonker se teks “Die kind [wat doodgeskiet is deur soldate by Nyanga]”. Die beantwoording van hierdie vrae kom neer op ‘n analise en interpretasie van die gedig.

Vrae:

• Binne watter sosio-politiese konteks het die gedig ontstaan? (3) • Hoekom, dink jy, lig die kind sy vuiste teen sy vader (strofe 2)? (3) • Verklaar hoe die kind “nie dood nie” kan wees, terwyl hy lê met ‘n koeël deur sy kop (strofe 3)? (3)

Page 10: TUT 201

AFK1501/201

10

• Gee minstens twee voorbeelde elk van (a) woordherhaling en (b) sintaktiese herhaling in die gedig; dui die funksie van hierdie herhalings aan. (8)

• Verskaf en bespreek een voorbeeld elk van metafoor, simbool of ironie (sien studiegids:57 vir definisies) (6)

• Wie is die spreker in hierdie teks? (4) • Noem ten minste een belangrike interteks ten opsigte van hierdie gedigteks van Jonker (sien

studiegids:58-60) (1) • Formuleer ‘n tema (boodskap) wat die gedig volgens jou oordra. (2)

[30]

Vraag 4 (keuse)

Vraag 4 stem in hoë mate ooreen met vraag 4 van die werkopdrag. Jy moet in die eksamen ook twee vrae oor Naelstring (Pieter J. Fourie) beantwoord:

(a) Bespreek Naelstring (Pieter J. Fourie) as ‘n eietydse en aktuele teks. (10)

(b) Bespreek Baba se vele pogings om van die naelstring ontslae te raak. (10)

(c) Sou jy sê albei karakters ervaar nuwe vryheid? Illustreer Baba se nuwe vaardighede uit die teks. (10) [30]

Subtotaal: [50]

Page 11: TUT 201

AFK1501/201

11

DEEL 2

Eietydse tekste 1: Saam in Afrika

Dosent

Mnr. Neil Cochrane vir navrae in die tweede semester

Kontakbesonderhede

Telefoon: (012) 429 6308/6628

E-pos: [email protected] Faks: (012) 429 8094

NB: Die dosent wat in die 101-studiebrief aangetoon word as verantwoordelike dosent vir Deel 2, Erika Lemmer, is tot einde September 2012 met navorsingsverlof.

Mnr. Neil Cochrane sal egter in haar afwesigheid alle navrae rakende Deel 2 hanteer (sien kontakbesonderhede hierbo). Hieronder volg die kommentaar op Werkopdrag 02 ten opsigte van Deel 2 (Saam in Afrika).

Die eksamentoeligting vir die Oktober/November-eksamen (2012) word ook hieronder verskaf. Die inhoud van hierdie studiebrief sal tydens die besprekingsklasse en videokonferensies die basis van die gesprek vorm.

WERKOPDRAG 02

VOORGESKREWE MATERIAAL

• Die kortverhale wat in die gids bespreek word, verskyn almal in die leesbundel wat jy as deel van jou studiepakket ontvang het.

• Jy hoef SLEGS EEN van Kroniek uit die doofpot (Miles) OF Die eerste lewe van Adamastor (Brink) te bestudeer vir werkopdrag- en eksamendoeleindes. Lg. Is ook verkrygbaar vanaf Unisa Uitgewers. Indien jy enigsins probleme ondervind met die bestelling hiervan, stel ek voor dat jy Me. Leatitia Theart direk skakel by (012) 429-3448/9. Kroniek uit die doofpot (John Miles) is verkrygbaar vanaf Protea Boekhuis of enige geakkrediteerde boekhandelaar. Let egter daarop dat die bladsynommers in die gids nog verwys na die eerste, oorspronklike uitgawe en nié na die nuwe uitgawe in die Klassieke Reeks nie.

ASSESSERING: DEEL 2 VAN WERKOPDRAG 02

Dit is vir my belangrik dat julle die diskoers van postkolonialisme verstaan en dat daardie kennis sigbaar uit jou antwoorde blyk. Alhoewel dit natuurlik belangrik is om korrek te formuleer, het ‘n beoordeling van die antwoord eerder gesentreer rondom jou kennis van die onderwerp as rondom die grammatikale korrektheid van jou antwoorde. Dit is nooit voldoende om slegs die inhoud van ‘n teks weer te gee nie – jou antwoorde moet daarvan getuig dat jy die teoretiese kennis oor postkolonialisme toegepas het op jou voorgeskrewe tekste deur relevante voorbeelde aan te haal en te beredeneer.

WERKOPDRAGKOMMENTAAR: WERKOPDRAG 02 (DEEL 2)

Ek wil weer beklemtoon dat die kommentaar hieronder van ‘n algemene aard is en dat die probleme wat geïdentifiseer word, dalk nie spesifiek op jou betrekking het nie. Gebruik hierdie riglyne

Page 12: TUT 201

AFK1501/201

12

egter om die gehalte van jou antwoorde te verhoog. Maak verder seker dat jy jou antwoorde ook aansuiwer soos wat daar in die remediërende kommentaar op elke individuele werkopdrag voorgestel word.

Jy moes slegs VRAAG 1 (50 punte) OF VRAAG 2 (50 punte) beantwoord. Indien jy albei vrae beantwoord het, sal slegs die eerste vraag nagesien en bepunt word.

VRAAG 1

1.1(a) Sien p. 79 van die gids waar postkolonialisme omskryf word as ‘n teorie waarin die verhouding tussen voormalige kolonies (meestal van Europa) en die res van die internasionale gemeenskap ondersoek word. Sien verder p. 81: Jy moet kan verduidelik dat die voorvoegsel “post” in postkoloniaal nie bloot net verwys na die periode wat na kolonialisasie plaasgevind het nie, maar dat dit verwys na alle tekste wat blyke daarvan gee dat dit deur die proses van kolonialisasie beïnvloed is; wat dus as gevolg van kolonialisme (of enige ander vorm van politieke onderdrukking) ontstaan het. Die postkoloniale studieveld het dus te make met ‘n bestudering van die gevolge van kolonialisme (en byvoorbeeld apartheid) asook pogings om van daardie juk bevry te word (10 punte).

1.1(b) Hier moes jy, vir 10 punte, vyf kenmerke van postkoloniale literatuur genoem het, maar ook telkens die betrokke kenmerk verduidelik het. Kyk na die kernbeginsels van postkoloniale literatuur soos wat dit in studie-eenheid 1 van die studiegids uiteengesit is (pp.81, 83) asook die lysie met kenmerke reg aan die begin van studie-eenheid 4 (p.105). LEES ASB. DIE KENMERKE OP P83 (AFR) , P.85 (ENG) EN P.105 (WEER IN AFRIKAANS). DIS DIE KRUKS VAN DIE KURSUS EN ALLES VLOEI VERDER HIERUIT VOORT. Dit was egter nie voldoende om slegs die kenmerk op te noem nie - daarvoor het jy slegs 5 punte ontvang. Jy moes die betrokke kenmerk ook terselfdertyd verduidelik en bespreek het.

1.2 Jy moet by enige vraag ten minste ‘n konteks verskaf en vele studente het hier net losgetrek met ‘n opsomming van die verhaalgebeure. Die omruiling van rolle nadat Jakadas Pool by Paradysvlei aanland is na alle waarskynlikheid net tydelik van aard - ‘n faktor wat deur die meeste van julle uit die oog verloor is. Julle moet ook kan wys op die veelseggende plaasnaam (Paradysvlei is by implikasie soos ‘n paradys) en in staat wees om die leimotief van die dol hond te verduidelik (sien studiegids p. 76): die metafoor van die “dol hond” in die Van Heerden-verhaal dui op iets (armoede, apartheid, onderdrukking?) uit Jakadas se verlede wat hom voortdurend agtervolg. Die oomblik wat hy egter op Paradysvlei (m.a.w. soos ‘n paradys) aanland, verdwyn die hond soos mis voor die son. Die vraag moet nou by jou ontstaan of daar ooit werklik ‘n regte hond op sy spoor was en of dit slegs ‘n leimotief (m.a.w. ‘n betekenisvolle herhalende element) is wat dui op hierdie verlede wat hy so sukkel om afgeskud te kry. Verwys ook in jou antwoord na die terme Ek (die baas) en Ander (die arbeiders). Aspekte van Self/Ander word bespreek op p.81 & 82 van die gids (10 punte).

1.3 By die kortverhaal “Dom koei” (Riana Scheepers), moes jy aantoon dat daar twee verskillende waardestelsels en regte is wat teenoor mekaar opgeweeg word: aan die een kant staan die verontregte vrou wat ‘n individuele mensereg het om nie liggaamlik geskend te word nie, teenoor dié van ‘n kultuurgroep wat sekere kultuurtradisies het (soos die eeue-oue praktyk van besnyding). Die fokus in die verhaal val egter sodanig op die skending van die meisie se regte en die implikasie is dat haar reg op liggaamlike integriteit veel swaarder weeg as haar stam se “reg” om hierdie tradisie te beoefen. Die tradisie van besnyding word ongetwyfeld uitgebeeld as een wat vroue onderdruk en onteer. Die implikasie wat uit die verhaal blyk, is dat eersgenoemde (naamlik individuele regte) tog as die sterkste reg beskou word hier. Jy moes ook in die proses wys op die belangrikheid van die slotreël (“‘Jou simpel fokken dom koei’, skel sy op die dier en pluk die laaste drade los”). Hierdie slotreël met die kragwoord illustreer eintlik die onmag van die

Page 13: TUT 201

AFK1501/201

13

jong (blanke) student en verwoord terselfdertyd ook haar ontsteltenis en skok oor die geval van vroulike besnyding wat sy by die kliniek moes aanskou. Lesers kan nou verbande trek tussen die koei en die jong swart meisie - beide verkeer in ‘n vasgekeerde staat en beide het wonde aan hulle geslagsdele en uier onderskeidelik. Die meisie is dus, soos die koei wat verstrik raak in die draad, vasgevang in haar stamtradisie. Die generiese term “koei” word ook soms gebruik om op negatiewe en afbrekende wyse na ‘n vrou/vroue te verwys (10 punte).

Studente moes slegs Vraag 1.4 OF Vraag 1.5 beantwoord het vir 15 punte. In gevalle waar studente nié hierdie instruksie gevolg het nie, is slegs die eerste vraag wat beantwoord is, gemerk.

1.4 Baie van julle het hier nie ingesien dat T’kama en Khois eintlik die verafrikaniseerde

weergawes van die mitiese Adamastor en Thetis is nie. Hulle word terselfdertyd onderskeidelik ook die verteenwoordigers van Afrika (T’kama/Adamastor/ Ander) en Europa (Khois/Thetis/ Self) en die struikelblokke wat hulle ervaar (ook op seksuele vlak); word metafories van die bloedige koloniale ontmoeting tussen Afrikane en Europeërs. [LW: ‘n Verduideliking van die terme Self /Ander verskyn op p.81 - 83 en word verder uitgebrei in studie-eenheid 3 van die gids (pp.96)]. Gee nou voorbeelde uit die teks van die kulturele verskille (en resulterende misverstande) tussen die twee groepe (sien Aktiwiteit 4.4 in jou studiegids, p.109): byvoorbeeld die doodmaak van ‘n haas, die dopery, bruidsprys, kleredrag, ens.). Die geboorte van ‘n kind uit hierdie verhouding tussen T’kama en Khois impliseer uiteindelik verder dat ‘n vreedsame naasbestaan tussen Afrikane en Europeërs tog wél moontlik is. Studente kla soms dat die inligting in Hoofstuk 1 van die novelle hulle oorweldig - dit is juis in hierdie hoofstuk (wat die verhaal van T’Kama en Khois omraam of omarm) waar daar ondersoek ingestel word na al die vorige tekste waarin daar verwysings na die Adamastor-mite voorkom (bv. dié van Camoens). Die verteller besluit dan om sy eie, verafrikaniseerde weergawe van die mite te skryf (wat alreeds in Hoofstuk 2 begin as die binneverhaal van T’kama en Khois wat chronologies vertel word tot aan die einde) (15 punte).

OF

1.5 Soos dikwels die geval wanneer studente gevra word om teorie toe te pas op ‘n spesifieke teks, het dit my gehinder dat julle nie in die bespreking van Kroniek uit die doofpot (Miles) die taal (jargon) van postkolonialisme (wat jy in studie-eenheid 1 leer praat het) uitstal nie. Die meeste van julle gee bloot ‘n inhoudelike weergawe van die roman sonder dat julle die kernbeginsels van postkolonialisme (studie-eenheid 1) toepas met behulp van relevante voorbeelde uit die teks en ek moes julle dus penaliseer in my puntetoekenning. Die antwoorde het ook selde, indien enigsins, blyke gegee daarvan dat julle die resensies oor die roman in die leesbundel gelees het en ek verwag dat jy hierdie aspek aanvul met die oog op die eksamen. Herlees weer die bespreking van die roman in studie-eenheid 5 (15 punte).

VRAAG 2

2.1(a) By die bespreking van ubuntu (5 punte) het ‘n deeglike verantwoording van die term in die meeste antwoorde ontbreek. Werk die artikel oor ubuntu deur Kobus Smit (in die leesbundel) saam met die veelseggende opmerking van Mokgoro op p.97 (in studiegids) by met die oog op die eksamen:

In one’s own experience, ubuntu is one of those things which you recognize when you see it. It has generally been described as a worldview of African societies and a determining factor in the formation of perceptions which influence social conduct. It has also been described as a

Page 14: TUT 201

AFK1501/201

14

philosophy of life, which in its most fundamental sense represents personhood, humanity, humaneness and morality.

2.1(b) Vele van julle het ook maar baie oorsigtelik verwys na die verhaal “Benedicta” (Bakkes) sonder om te fokus op die gemeenskaplikhede tussen die twee vroue in die verhaal en spesifiek die feit dat albei moeders van seuns is asook die element van “caring and sharing”. Aucamp noem dit dan ook nie sonder rede ‘n gebedsverhaal nie - die naam “Benedicta” beteken juis “seënwens”. Herlees Aktiwiteit 3.9 in jou studiegids (p.103) en lees die gidsbespreking oor “Nag van twee vroue”. Albei dié kortverhale moes in jou antwoord aangespreek word vir 10 punte.

2.2 Bitter min van julle het (ten spyte van my uitdruklike instruksie om die Lys van kernbegrippe te raadpleeg) in julle antwoorde die term leimotief verreken (deur ‘n beskrywing of definisie van die term te gee). Sien beskrywing op p.45 van gids: Herhaling van woord/e, beelde of verwysings in verhale wat opvallend en betekenisvol is. Baie studente het ook woordeliks my vertolking van die twee leimotiewe uit die gids afgeskryf sonder om dit in hulle eie woorde weer te gee. Sien in hierdie verband weer my kommentaar oor “Dom koei”(Scheepers) in Vraag 1.3 hierbo. By “Dom koei” moes jy uiteraard die verbande kon lê tussen die beseerde meisie en die koei (beide het wonde aan hulle geslagsdele). In die Van Heerden-verhaal dui die metafoor van die “dol hond” op die armoede, apartheid en onderdrukking uit Jakadas se verlede wat gedurig op sy spoor bly (soos ‘n “dol hond”). Die oomblik wat hy egter op die plaas Paradysvlei (wat al die implikasies van ‘n paradys inhou) aanland, verdwyn die hond soos mis voor die son. Die vraag moet nou by jou ontstaan of daar ooit werklik ‘n regte hond op sy spoor was en of dit slegs ‘n leimotief (m.a.w. ‘n betekenisvolle herhalende element) is wat dui op sy verlede wat hom agtervolg..Die twee verhale word in studie-eenheid 3 van die studiegids bespreek (pp. 96 – 103). Die vraag het 10 punte getel.

2.3 Jy moet asseblief weer die hele studie-eenheid 2 deurwerk wat handel oor die rol van taal in postkoloniale gemeenskappe. Hierdie vraag het ook 10 punte getel. In “Die skrywer” (Scheepers) het ons te make met die onmag van ‘n ongeletterde vrou wat ‘n man moet aanstel om ‘n brief namens haar te skryf, maar vanweë haar ongeletterdheid dan nie die inhoud van die brief kan kontroleer nie. Dit blyk dat die man haar boodskap verdraai en presies die teenoorgestelde skryf van dit wat sy aan hom dikteer. In “Taalles” (Gilfillan) is die hoofkarakter weer ‘n intelligente student wat bloot sukkel om effektief in Afrikaans te kommunikeer: die resultaat hiervan is enersyds dat hy hulpeloos voel, maar ook dat die onderwyseres verkeerde afleidings oor sy intelligensie maak. Sien in hierdie verband weer die bespreking van “Taalles” op pp. 66 - 69 van die gids.

Let daarop dat daar in albei hierdie gemelde verhale twee weergawes van ‘n saak bestaan: Enersyds die weergawe in die gedagtes van die karakter (die ongeletterde vrou asook Alfred Ngwenya) teenoor die uiteindelike “verdraaide” weergawe op skrif (juis vanweë die twee karakters se onvermoë om effektief te kommunikeer).

By “‘n Kat in die sak” (Goosen) moet jy daarop wys dat die twee Kaapse kleurling-fabriekswerksters ‘n variëteit van Afrikaans praat wat nie ooreenstem met die standaardnorm nie. Noem verder ook dat daar ‘n groot hoeveelheid bruin sprekers is wie se moedertaal Afrikaans is en dat hierdie variëteit van Afrikaans nie minderwaardig geag behoort te word net omdat dit deur die sogenaamde “Ander” gebesig word nie. Vergelyk ook die soort Afrikaans wat Ngwenya in “Taalles” praat as die tipiese variëteit wat onder swart sprekers van Afrikaans aangetref word.

Hierdie Kaapse variëteit van Afrikaans kom ook op ironiese wyse aan die beurt in “Die beach” (Lyndsay King). Lees weer hierdie skitterende kortverhaal asook my bespreking van die verskeidenheid van taalkwessies wat hierin aan die bod kom (studiegids, pp.94 - 94).

Page 15: TUT 201

AFK1501/201

15

Studente moes slegs Vraag 2.4 OF Vraag 2.5 beantwoord het vir 15 punte.

2.4. Vergewis jouself weer van die bespreking van intertekste en intertekstualiteit op pp.15 - 17; 58; 107; 212; 218; 247 van die studiegids. Alle studente (ook dié wat nie hierdie teks gekies het nie) behoort weer te kyk na die skildery op die voorblad omdat dit skerp kommentaar op die verskynsel van kolonialisering lewer. In die leesbundel (Lessing-berig en Wits-brosjure) en studiegids (pp. 106 - 108) verskyn daar nuttige toeligting wat jou verder sal help om dié skildery binne konteks te sien.

2.5 Ten opsigte van die postkoloniale aard van Kroniek uit die doofpot, moet jy asseblief die

kommentaar by Vraag 1.5 raadpleeg, wat ook direk op Vraag 2.5 betrekking het.

EKSAMENTOELIGTING (OKTOBER/NOVEMBER 2012)

Die eksamenvraestel vir Deel 2 (Saam in Afrika) word soos volg ingedeel:

VRAAG 1 is ‘n verpligte vraag van 20 punte.

VRAAG 2 is ook ‘n verpligte vraag van 15 punte.

Beantwoord dan verder slegs VRAAG 3 OF VRAAG 4 (15 punte).

Jy beantwoord dus uiteindelik drie vrae met ‘n totale waarde van 50 punte: Vraag 1 (20 punte), VRAAG 2 (15 punte) en dan VRAAG 3 OF VRAAG 4 (15 punte).

Let deeglik op die instruksies by elke vraag.

By VRAAG 1 (verpligtend vir 20 punte) moet jy in staat wees om onder meer die volgende vrae te beantwoord:

• Wat word bedoel met die begrippe Ek en Ander? (10 punte) • Noem vyf kenmerke van postkoloniale literatuur en verduidelik telkens wat die kenmerk behels. (10

punte) By VRAAG 2 (verpligte vraag oor voorgeskrewe kortverhale: 15 punte) is daar keusevrae, waarvan jy slegs een vraag van 15 punte moet beantwoord:

VRAAG 2.1: Bespreek die term ubuntu deur te verwys na relevante kortverhale soos “Benedicta” (Margaret Bakkes) en “Nag van twee vroue” (P. J. Bosman) (15 punte)

OF

VRAAG 2.2: Gebruik die onderstaande kortverhale om ‘n kort opstel te skryf oor die rol van taal as magsinstrument:

• “Die skrywer “(Riana Scheepers) • “’n Kat in die sak” (Jeanne Goosen) • “Taalles” (J.M. Gilfillan) • “Die beach” (Lindsay King) (15 punte)

OF

Page 16: TUT 201

AFK1501/201

16

VRAAG 2.3: Verduidelik die term Ek en Ander met behulp van die kortverhaal “Dol hond” (Etienne van Heerden). (15 punte)

OF

VRAAG 2.4: Skryf ‘n kort opstel oor die gemarginaliseerde posisie van vroue met verwysing na die Riana Scheepers-kortverhaal, “Dom koei”. (15 punte)

Studente hoef slegs een van die twee langer tekste te bestudeer vir die eksamen. Jy kies dus OF Die eerste lewe van Adamastor (Brink) OF Kroniek uit die doofpot (John Miles). Dit beteken dus dat jy slegs VRAAG 3 OF VRAAG 4 hoef te beantwoord.

VRAAG 3 is ʼn keusevraag vir 15 punte wat oor Die eerste lewe van Adamastor (Brink) handel en hier moet jy slegs VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2 beantwoord.

VRAAG 3.1: By hierdie vraag moet jy die begrip intertekstualiteit aan die hand van die (aangehegte) Coetzee-skildery en Die eerste lewe van Adamastor (André P. Brink) beantwoord. (15 punte)

OF

VRAAG 3.2: Jy moet hier Die eerste lewe van Adamastor (André P. Brink) as “die storie van Afrika en Europa” bespreek deur krities te verwys na die kulturele verskille tussen die twee groepe (soos onderskeidelik verteenwoordig deur T’Kama en Khois). Jy moet ook ʼn bespreking van die verafrikanisering van die Adamastor-mite wat in hierdie novelle ter sprake is, betrek. (15 punte)

OF

VRAAG 4 is ʼn keusevraag oor Kroniek uit die doofpot (John Miles) vir 15 punte.

By hierdie vraag sal jy die stelling dat Kroniek uit die doofpot (John Miles) as postkoloniale teks getipeer word, moet kan motiveer vir 15 punte. Moet asseblief nie slegs die verhaalinhoud neerpen nie, maar maak seker dat jy die kennis wat jy oor postkoloniale teorie verwerf het deur die loop van die module, uitstal en met gepaste teksvoorbeelde staaf. (15 punte)

SUBTOTAAL (DEEL 2): [50]

Page 17: TUT 201

AFK1501/201

17

WERKOPDRAG 02

DEEL 3

Eietydse tekste 2: Mans kom van Mars, vroue van Venus Dosent

Me. Lisetta Jacobs

Kontakbesonderhede

Telefoon: (012) 429 6474/6308

E-pos: [email protected]

Faks: (012) 429 8094 (Vir aandag: Lisetta Jacobs)

DEEL 3: EKSAMENVOORLIGTING / BESPREKINGSKLASSE / VIDEOKONFERENSIES

EKSAMENVOORLIGTING

Berei vir die eksamen die volgende twee kortverhale wat in die leesbundel opgeneem is, voor. Sorg dat jy die inhoud van die kortverhale goed ken: dit word nie as ‘n bylaag in die eksamen vir jou gegee nie.

• Aan die einde van die reënboog (Jeanne Goosen) (Leesbundel, Band 2, bl.457 - 460) • Vir vier stemme (Hennie Aucamp) (Leesbundel, Band 2, bl.461 - 477)

WENK AAN ENGELSSPREKENDE STUDENTE / TIP TO ENGLISH-SPEAKING STUDENTS: Lees die voorgeskrewe tekste Aan die einde van die reënboog, Vir vier stemme en Karolina Ferreira OF Pampas gefokus en terwyl julle lees, vra julle julself (EN SKRYF DIT NEER): wie is die karakters, waar speel die verhaal af (plek of ruimte), wat gebeur met die karakters of wat laat hulle gebeur, wanneer (tyd) speel hierdie gebeurtenisse af, waarom of hoe speel die gebeurtenisse af (plot)? / Read the prescribed text and while you are reading, ask yourself the following questions (and write the answers down): who are the main characters, where do things happen e.g. in Aan die einde van die reënboog (things happen in a bar); what is happening (events) in the story e.g. in Aan die einde van die reënboog the (female) narrator is having a drink in the bar when some guys start making unsavoury comments about her gender – this leads to a bar fight etc.; when is it happening (time) and why or how is it happening?

In die November 2012-eksamen kry julle, soos in die werkopdrag, DRIE vrae.

Vraag 1 is ‘n verpligte vraag wat uit 5 onderafdelings bestaan. By vraag 1.1 - 1.4 moet julle byvoorbeeld genderstereotipering, stereotipering, seksisme, chauvinisme en ideologie kan definieer en verduidelik en sommige van die begrippe op Aan die einde van die reënboog (Jeanne Goosten) kan toepas. By vraag 1.5 moet julle die verband tussen byvoorbeeld seksisme, chauvinisme of genderstereotipering of patriargie en ideologie kortliks kan aantoon.

` Totaal van vraag 1 (15)

Page 18: TUT 201

AFK1501/201

18

Vraag 2 is ‘n verpligte vraag, soortgelyk as die vraag wat julle in werkopdrag 02 gekry het. Sorg dat julle weet wat met omgekeerde genderstereotipering bedoel word en pas dit, soos by die werkopdrag, op die hoofkarakters in “Vir vier stemme” (Hennie Aucamp) toe. Julle moet ook voorbeelde van tradisionele genderstereotipering kan aantoon, bv. die vroulike karakter, Let, wat vir die mans drinkgoed aandra (dus die tradisionele rol van versorger vervul). Sorg ook dat julle weet hoe die verhaal verloop, met ander woorde hoe die verhaal begin, tot watter klimaks die verhaal kom en wat die afloop van die verhaal is.

Totaal van vraag 2 (15)

By vraag 3 kies julle tussen Karolina Ferreira (Lettie Viljoen) OF Twee vroue (Elsa Joubert).

Julle beantwoord dus in die eksamen, soos by werkopdrag 02, vraag 3.1 OF vraag 3.2.

Vraag 3.1 sowel as vraag 3.2 tel elk 20 punte. Julle kan soortgelyke vrae as wat in die werkopdrag aan julle gestel is, verwag. (20)

Subtotaal: 50 punte

Aantekeninge: besprekingsklasse / videokonferensies

(1) Gender: Lees na in die studiegids, bladsy 131 (Wat beteken genderstereotipering? Soek in “Aan die einde van die reënboog” (Jeanne Goosen) (leesbundel Band 2, bladsy 457-460), na voorbeelde van hoe mans en vrouens gewoonlik optree – bv. die mans in die kroeg wat vloek en drink. Hoe sien die mans in die kroeg die vroulike “ek”verteller? Is vroue (vir die mans in die kroeg) bloot voorwerpe waaraan daar “gevat” moet word? Is vroue voorwerpe wat op chauvinistiese en seksistiese wyse beledig moet word? Is daar in die verhaal ook sprake van ‘n omkering (reversal) van tipiese geslagsrolle (mans wat soos “sissies” optree en nie soos mans nie? ‘n Vrou wat haar soos ‘n man gedra – vloek, vuis slaan?) Die ek-verteller beskou die mans in die kroeg as “varke”. Watter ander negatiewe woorde gebruik sy om hierdie mans te beskryf? (Onthou om altyd konkrete voorbeelde uit die teks wat bespreek word, te verstrek: jy hoef egter nie lang aanhalings te memoriseer nie.) Is daar voorbeelde van chauvinisme en seksisme in die verhaal? In watter opsig tree die vroulike ek-verteller nie op soos mens van ‘n vrou verwag nie (omgekeerde genderstereotipering)? In watter opsigte tree die mans nie op soos wat ‘n mens van ‘n man sou verwag nie?

(2) Chauvinisme: Bestudeer die definisie van chauvinisme in die studiegids, bladsy 132 (3) Stereotipes: Maak seker dat jy weet wat stereotipe beteken – bestudeer die studiegids1.4.2, bladsy

133. Jy moet vir die eksamen ook weet wat genderstereotipering is. Kyk dan of daar van tradisionele, maar ook omgekeerde genderstereotipering sprake is in die twee verhale “Aan die einde van die reënboog”, “Vir vier stemme”. Hoe verwag ons gewoonlik moet mans optree en hoe tree mans gewoonlik op? Hoe tree mans in hierdie verhale op? Is mans gewoonlik sterk en dapper? Sit hulle gewoonlik in kroeë en drink? Beledig hulle gewoonlik vroue? Hoe tree die vroue in hierdie twee verhale op: is hulle versorgend? Is hulle aggressief?

(4) Seksisme: Leer die definisie in die studiegids, bladsy 134. Watter rol speel seksisme in Aan die einde van die reënboog (Jeanne Goosen)?. Gee voorbeelde van die ek-verteller (wat nie Jeanne Goosen is nie – sy is die skrywer) se seksistiese opmerkings oor die mans in die kroeg. Watter lelike name noem sy hulle? Gee ook voorbeelde van die mans se seksistiese opmerkings teenoor die ek-verteller. Watter beledigende name gee hulle vir haar?

(5) Ideologie: Julle moet die definisie van ideologie (studiegids, bladsy 134) ken. Die verband tussen stereotipe en ideologie is dat dit die vaste idees is van 'n groot sosiale groep; dis simplisties; dit lei tot starre en onversetlike denke en optrede; dit lei tot begrensing, ensovoorts.

(6) Patriargie: Bestudeer die definisie van patriargie in die studiegids, bladsy 139 Patriargie is die sosiale onderdrukking van vroue ten gunste van mans. Is daar voorbeelde van patriargie in die twee verhale “Vir vier stemme” en “Aan die einde van die reënboog”? Gee voorbeelde hiervan as jy dit in die verhale vind.

Page 19: TUT 201

AFK1501/201

19

TERUGVOER OP DEEL 3: WERKOPDRAG 02

OPMERKING: Julle het punte verloor as julle antwoorde direk uit die studiegids of leesbundel oorskryf.

VRAAG 1

1.1 By vraag 1.1 moes julle aangedui het uit watter genderstereotipiese perspektief die vroulike ek-verteller die mans in die kroeg bekyk. Sy kyk uit ’n seksistiese perspektief, met ander woorde, sy stereotipeer die mans as “varke” en “klote” asof alle mans “varke” is en soos varke teenoor vroue optree. Julle moes ten minste twee voorbeelde uit die verhaal aangedui het. (3 punte)

1.2 By vraag 1.2 moes julle raakgesien het dat die mans vanuit ’n chauvinistiese genderperspektief na die (vroulike) ek-verteller kyk. Hulle behandel haar asof sy ‘n minderwaardige wese is omdat sy ‘n vrou is; hulle noem haar byvoorbeeld ‘n “DIT” en wil haar verneder deur haar te “bevoel”. Julle moes by hierdie vraag minstens twee voorbeelde uit die verhaal gebruik het om aan te dui dat die mans die vroulike ek-verteller deur hul optrede en woorde verneder. (3 punte)

1.3 Vraag 1.3 handel in wese oor voorbeelde van omgekeerde genderstereotipering: die (vroulike) ek-verteller tree nie op soos wat ’n mens verwag ’n vrou sou optree nie. In die kroeg slaan sy die mans wat met haar moeilikheid soek. Die mans tree ook nie (soos “helde”) op soos mens van mans sou verwag nie: hulle word bang toe sy een man platslaan, en wil skielik nie aan haar “vat” (slaan) nie. Hierdeur openbaar hulle lafhartigheid – hulle tree nie juis op soos ’n mens van “sterk” en “dapper” mans sou verwag nie. (4 punte)

1.4 By vraag 1.4 (in studiebrief 101 verkeerdelik as vraag 1.2 genommer) moes julle ideologie en patriargie gedefinieer het. Die definisie van ideologie sal jy in die studiegids op bladsy 134 en die definisie van patriargie op bladsy 139 van die studiegids kry. (Definisies verdien 5 punte.)

[15]

VRAAG 2: Vir vier stemme (Hennie Aucamp)

2.1 By Vraag 2.1 moes julle die titels van elk van die vier dele asook die vertellers by elke deel weergegee het. In al vier die dele is daar ‘n derdepersoonsverteller maar in elk van die vier dele is daar ‘n persoonsgebonde fokalisator.

(1) ‘n Grap is ‘n grap (1) (Oom Toon Lourens gee sy weergawe, ‘n ek-verteller wat ook na oom Frik verwys)

(2)... (kyk op watter karakter die hooffokus is – is dit Beimen? Freddy? Let? (8 punte)

2.2 By Vraag 2.2 moes julle die drie karakters genoem het wat by die liefdesdriehoek betrokke was: Freddy McTavish, Beimen Botes en Let van Onselen. (3 punte)

2.3 Vraag 2.3 het vereis dat jy Let in terme van (tradisionele) genderstereotipering moes beskryf: soms (gee voorbeelde uit die verhaal) tree Let op soos ons verwag ’n vrou sal doen: sy dra drinkgoed vir die mans aan, sy versorg Beimen se klere. Uit beskrywings in die verhaal, lyk Let egter nie soos ’n tipiese vrou nie (gee gepaste voorbeelde uit die verhaal) en tree sy ook nie op soos ’n mens van ’n vrou sou verwag nie (gaan soek gepaste voorbeelde hiervan in die verhaal). (2 punte)

2.4 In terme van genderstereotipering sou Freddy McTavish ook nie as die “ruwe manlike soort” (soos Beimen byvoorbeeld) beskryf kan word nie. Freddy lyk en tree nie op soos wat ’n mens normaalweg van ’n man sou verwag nie (soek gepaste voorbeelde hiervan uit die verhaal). (2 punte)

[15]

Page 20: TUT 201

AFK1501/201

20

VRAAG 3: 3.1 Die ooreenkomste en verskille tussen Karolina Ferreira en ‘n populêre liefdesverhaal (a) Ooreenkomste Terwyl Karolina op pad is na Voorspoed, besoek sy ‘n toekomsvoorspeller. Hierdie toekomsvoorspeller “voorspel” ‘n man in Karolina se toekoms en sy beweer hierdie man sal haar “altyd liefhê”. (Soek gepaste aanhalings uit die boek om hierdie bewerings te staaf.) In die roman word die begin en die verloop van Karolina se verhouding met Jess Jankowitz uitgebeeld. Karolina ontmoet Jess die eerste keer in ‘n kafee met die naam Rendezvous (die Franse woord vir “[romantiese] ontmoeting”). Dit “voorspel” as ‘t ware romanse vir Karolina en Jess. (Staaf met aanhalings uit die verhaal.) In die slot van die roman verklaar Jess aan Karolina dat hy haar liefhet. Hoewel die slot van die verhaal “oop” is, word daar tog ‘n blywende toekomstige verbintenis tussen Karolina en Jess gesuggereer. (Gee gepaste voorbeelde uit die verhaal.) (b) Verskille In die populêre liefdesroman (julle verdien ekstra punte as julle die naam van ’n roman wat julle gelees het, gee) word op ‘n liefdesverhouding gefokus, maar in hierdie roman val die fokus nie op die liefdesverhouding tussen Jess en Karolina nie. Die hooffokus van die roman is eerder Karolina se navorsing oor motte, haar vriendskappe met Pol en Willie en haar gereelde dansery met Kolyn. (Gee gepaste voorbeelde uit die verhaal.) Gee ‘n volledige beskrywing van haar verbintenisse met Willie, Pol, Kolyn, Gert Els en wat elk van hierdie kwaliks vir haar beteken. In ‘n tradisionele liefdesverhaal wek die liefde by die personasies ‘n gevoel van gelukkigheid, maar by Karolina gebeur die teenoorgestelde. In plaas daarvan dat haar liefde vir Jess haar ‘n gevoel van geluk gee, maak dit haar “roekeloos”, “ongeduldig”, “radeloos en beangs”. In die tradisionele liefdesverhaal is dit gewoonlik die vroulike karakter wat van die man se liefde afhanklik is, maar in hierdie verhaal is dit Jess wat van Karolina se liefde afhanklik is en Karolina smeek om sy geliefde te bly. (Gee gepaste voorbeelde uit die verhaal.) (20)

OF

3.2 Pampas” as ‘n ongewone liefdesverhaal Hierdie verhaal is nie ‘n tradisionele liefdesverhaal wat “gelukkig” begin en “gelukkig” eindig nie. Julle het punte verdien as julle aangetoon het dat:

• Elvira en Ben se besluit om met mekaar te trou niks met liefde of verliefdheid te doen gehad het nie (Waarom het hulle besluit om met mekaar te trou?)

• hul skeepsreis na Argentinië nie ‘n ware wittebroodsreis was nie • Elvira teleurgesteld was toe sy Ben se onherbergsame plaas in Patagonië sien • Ben en Elvira armoedig in Patagonië lewe (‘n sukkelbestaan voer) • Elvira die lewe aan drie dogters skenk • Ben en Elvira se vierde kind, ‘n seun, kort ná geboorte sterf en hulle al minder met mekaar kan

kommunikeer • die onherbergsaamheid van die landskap (koue, ys, wind, uitgestrekte vlaktes) ná hul seun se

afsterwe vir Elvira te veel word (gee hier inligting oor die afgestorwe seuntjie)

Page 21: TUT 201

AFK1501/201

21

• Elvira Ben en Patagonië verlaat en terugkeer na Suid-Afrika waar sy uiteindelik in eensaamheid sterf. Die sirkelgang van haar reis vanaf Suid-Afrika na Argentinië en haar terugkeer na Suid-Afrika hou verband met haar gebrek aan werklike verandering. Sy bly ‘n afsydige mens - een wat min verandering toon. Die liefdesverhaal “eindig” dus ook nie gelukkig nie. (20)

Subtotaal: [50 punte] Me. L. Jacobs

Page 22: TUT 201

AFK1501/201

22

WERKOPDRAG 2

DEEL 4: JEUGLETTERKUNDE

Dosent: Me. Ihette Jacobs

012-429-6988

[email protected]

INLEIDING

Hierdie afdeling van die studiebrief sluit die volgende inligting in:

• 'n Raamwerk van die memorandum van DEEL 4 van Werkopdrag 02 (verpligtend vir

onderwysstudente) • Eksamentoeligting oor die AFK1501-vraestel (DEEL 4) van November 2012 • Omdat ek tydens die besprekings- (in Pretoria) en videoklasse (na Durban en Kaapstad) na

dieselfde inligting verwys, bevat hierdie gedeelte van die studiebrief nie afsonderlike inligting oor die besprekings- en ander klasse nie. Hierdie studiebrief kan dus gesien word as 'n opsomming van die inhoud van die besprekings- en videoklasse.

Let asseblief daarop dat die terugvoer en inligting wat in hierdie studiebrief verskaf word nie modelantwoorde op die werkopdrag óf vir die eksamen bevat nie. In plaas daarvan bevat dit raamwerke of aanduidings van die inhoud waaruit jou antwoorde sou kon bestaan. Dit is dus jou eie verantwoordelikheid om tydens jou voorbereiding vir die eksamenvraestel bykomende inligting, voorbeelde uit die tekste, verduidelikings, motiverings en interpretasies te ontwikkel en by te werk, met die inligting in hierdie studiebrief as 'n vertrekpunt.

WERKOPDRAG 02 DEEL 4 VRAAG 1 (keusevraag)

Vraag 1.1

Maak seker dat jy die konsepte genderkwessies en ekologiese kwessies kan definieer in jou eie woorde en voorbeelde daarvan uit die teks kan identifiseer.

(a) Genderkwessies:

Moontlike definisie: Die problematiek rondom die verskille tussen manlike en vroulike karakters (mense). Oorsprong is dat die identiteit van die man/vrou bepaal word deur die kultuur, samelewing en geskiedenis wat hulle gevorm het.

Enkele moontlike voorbeelde: Dat Tandjies nie glo dat 'n “wyfiehaas” (bl. 34 van 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen) hulle sal kan help nie en dat Jacqueline net die heeltyd vir haar weerkaatsing

Page 23: TUT 201

AFK1501/201

23

wil kyk, dus obsessief is oor haar voorkoms en om aandag te trek. Dit is tipies van 'n stereotipiese chauvinistiese manlike en stereotipiese ydele vroulike karakter. Dink nou self aan nog voorbeelde.

(b) Ekologiese kwessie:

Moontlike definisie: Probleemkwessies wat sentreer rondom die natuur of “groen”-kwessies. Probleemkwessies rondom die mens se interaksie met die natuur.

Enkele moontlike voorbeelde: Verwys na bladsy 208 in die studiegids.

Let wel: Daar is by hierdie vraag punte verloor omdat studente nie die ekologiese probleem benoem, sowel as 'n voorbeeld van die kwessie/probleem soos dit in die teks voorkom nie. Bv. Probleemkwessie: Die gebruik van diere in wetenskaplike eksperimente en Voorbeeld uit die teks: Pieter wil Gerda (as haas) vir sy biologieprojek opkook (bl. 15 van ʼn Haas moet doen wat ʼn haas moet doen).

EKSAMENWENK 1: Fokus spesifiek op hoe genderkwessies as aktualiteit voorgestel word in Koning-Koning Kriek se koninkryk.

Jy moet met ander woorde genderkwessies kan definieer en ook voldoende en

relevante voorbeelde uit die teks kan noem wat hierdie kwessies illustreer. Let wel: Die vraag behels nie dat jy ʼn beskrywing van Koning-Koning Kriek se koninkryk moet gee nie, maar die fokus van die antwoord moet op die genderkwessies wees.

Vraag 1.2

Dit is belangrik om in die eerste plek die vereiste wat Steenberg stel vir die slot van die teks (in terme van kinderliteratuur) te definieer. Gaan lees weer die artikel “Kinderboeke – is dit literatuur?” in jou leesbundel. Wat kan jy uit die artikel aflei in terme van die slot van 'n kinderboek?

Moontlike afleidings oor die slot van die kinderverhaal:

Die hoofkarakter moet groei tot positiewe insig, of 'n boosheid of swakheid oorwin. Die boosheid/swakheid kan innerlik, met ander woorde deel van die karakter se karakter wees,

of dit kan uiterlik wees, met ander woorde deel van die omgewing of werklikheid waarin die karakter hom/haar bevind.

Dit kom daarop neer dat die verhaal 'n gelukkige einde moet hê en ook nie 'n einde waarin onopgelosde kwessies bly hang nie.

EKSAMENWENK 2: Eerstens is dit belangrik om 'n deeglike en deurdagte uiteensetting/definisie van Steenberg se vereistes vir die slot van 'n kinderverhaal te kan gee. Tweedens moet die komponente van hierdie uiteensetting/definisie toegelig word met relevante voorbeelde uit die slot van 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen. Soek self voorbeelde in hierdie verband en laat die puntetoekenning van die vraag vir jou 'n aanduiding wees van hoeveel voorbeelde om te noem. Wanneer die vraag byvoorbeeld 10 punte tel, sal 2 punte toegeken word vir die definisie van die vereistes vir die slot en 8 punte vir die voorbeelde uit die teks. Dit impliseer dat jy in so 'n geval 8 voorbeelde uit die teks kortliks moet noem om jou 8 punte te kan verdien. Wees ook spesifiek in die voorbeelde wat jy noem en sê watter deel van jou definisie deur watter voorbeeld geïllustreer word. Enkele moontlike voorbeelde:

Die verhaal het 'n gelukkige einde, want die probleme tussen die diere en die

Page 24: TUT 201

AFK1501/201

24

mense word opgelos. Gerda het aan die begin van die verhaal baie vaal (en bang) gevoel, maar

hierdie “swakheid” word oorwin wanneer sy gekies word om die diere te help en dan ook dit in dapperheid doen.

Soek nou self nog soortgelyke voorbeelde, met ander woorde, vra jouself af: “Wat maak van hierdie slot 'n gelukkige slot waarin die goeie bo die slegte triomfeer en alle kwessies opgelos word?”

Vraag 1.3.

Maak seker dat jy aan al drie die komponente wat gevra word, aandag gee in jou antwoord. Dit is belangrik om in die eerste plek 'n duidelike definisie te kan gee vir die konsepte van primêre werklikheid en sekondêre werklikheid. Gaan lees in hierdie verband weer die verduideliking op bladsy 206 in jou studiegids. Formuleer dan jou eie verduideliking van die twee konsepte. Tweedens moet daar in die bespreking van Gerda as fantasiekarakter en Moya en ook ander karakters as fantasiekarakters deurgaans gebruik gemaak word van die terme primêre werklikheid en sekondêre werklikheid. Dit wat met Gerda gebeur en hoe sy met ander diere en mense interaksie het, kan verdeel word in haar mens-werklikheid (= primêre werklikheid) en haar haas-werklikheid (= sekondêre werklikheid). Dit is binne die sekondêre werklikheid wat ons fantasie-elemente aantref.

Soek nou self voorbeelde van fantasie-elemente in die verhaal, in terme van Gerda se karakter, haar avonture, Moya se karakter, ander fantasiekarakters. Wenk: Laat weereens die puntetoekenning van die vraag vir jou 'n aanduiding wees van hoeveel voorbeelde jy moet noem.

EKSAMENWENK 3: Wanneer enige fantasiekarakter/fantasiekarakters, wat in 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen voorkom, bespreek moet word: Maak die rol wat die primêre werklikheid en sekondêre werklikheid speel in die uitbeelding van die fantasiekarakter deel van jou bespreking. Een voorbeeld hiervan is:

• Gerda se karakter: Sy beweeg van die primêre werklikheid (as Gerda-mens) na die sekondêre werklikheid (as Gerda-haas, die fantasiekarakter) en weer terug na die primêre werklikheid in die slot.

Die sekondêre werklikheid is die fantasieruimte, gaan dink nou self na oor wat in die verhaal fantasie is en wat nie. Watter karakters is fantasiekarakters? Hoekom sê jy so? Dit wat nie fantasie is nie, behoort tot die alledaagse gewone (primêre) werklikheid, 'n realistiese lewe soos dié van Gerda as mens. Dit wat wel fantasie is, behoort tot die sekondêre werklikheid en staan buite die realiteit. Hierin is die onmoontlike moontlik, kan diere praat, het hulle menslike eienskappe, kan hulle planne beraam, het hulle elk hulle eie persoonlikheid, kan hulle in 'n taal met mekaar kommunikeer, kan aasvoëls 'n haas help om haar pad te vind, ensovoorts.

Vraag 2 (keusevraag)

Let wel: Die nommering van Vraag 2 in die Studiebrief101 by Werkopdrag 02 DEEL 4 is foutief, daar word deurgaans na Vraag 2 se vrae verwys as 3.1, 3.1.1, 3.1.2, 3.2, 3.2.1, 3.2.2, 3.2.3, en 3.2.4. Om verwarring te vermy sal ek ook in hierdie memorandum-raamwerk by dieselfde nommering bly as wat in die studiebrief gebruik word.

Vraag 3.1

3.1.1 Die vraag moet beantwoord word deur vyf redes te gee wat na jou mening kan verduidelik hoekom Hanna aan die einde van die verhaal nie meer dieselfde is as aan die begin van die verhaal

Page 25: TUT 201

AFK1501/201

25

nie. Met ander woorde, daar het karakterontwikkeling plaasgevind, daar was progressie in die verloop van die verhaal, want Hanna het 'n gesonde/goeie selfbeeld aan die einde van die verhaal: Jy moet hierdie standpunt kan motiveer deur na vyf “bewyse” daarvan in die teks te soek. Onthou om in gedagte te hou dat die vraag handel oor Hanna se karakterontwikkeling en dus hoe haar selfbeeld groei – verduidelik dus deurgaans hoekom die voorbeelde wat jy noem relevant is. Twee moontlike voorbeelde van motiverings waarom daar karakterontwikkeling plaasgevind het:

1. Die karakters in Hanna se verbeeldingswêreld kry na die einde van die verhaal al hoe minder prominensie. Dit is 'n aanduiding daarvan dat Hanna se selfbeeld verbeter en dat sy haar eie verhaal as waardevol/noemenswaardig begin sien en meer daaroor wil skryf.

2. Hanna kom tot insigte oor haarself en oor die lede van haar uitgebreide familie. Met ander woorde sy begin met minder vooroordeel, 'n oper gemoed, meer deernis en 'n meer volwasse perspektief na die wêreld om haar kyk. Dit getuig van 'n beter selfbeeld en karakterontwikkeling.

3. Soek nou self na verdere voorbeelde!

EKSAMENWENK 4: Maak seker dat jy vyf redes kan aanbied as motivering vir Hanna se karakterontwikkeling. Let egter op na die puntetoekenning: Die vraag tel 10 punte en dus sal twee punte per rede toegeken word. Dit behels dat jy nie net 'n rede moet noem nie (verdien slegs een punt), maar ook vir die tweede punt die rede baie kortliks moet motiveer deur na die teks te verwys.

3.1.2 In die beantwoording van hierdie vraag is dit van uiterse belang dat jy jou laat lei deur die puntetoekenning. Jy moet in hierdie vraag vier van jou redes bespreek deur na die teks te verwys. Dit impliseer dat die bespreking van elke rede ongeveer 10 punte sal tel (die vraag tel in totaal 40 punte). Om 10 punte te verdien, moet jy ten minste 10 kernidees/stellings/voorbeelde/aanhalings uit die teks noem. Daar moet dus breedvoerig na Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom verwys word en jy moet insig in en kennis van die teks illustreer.

EKSAMENWENK 5: Indien 'n soortgelyke vraag in die eksamen sou voorkom, maak weereens gebruik van die puntetoekenning as aanduiding van hoeveel inligting jy in jou antwoord moet insluit. Maak ook seker dat jy die vraag baie deeglik lees en seker is van die hoeveelheid redes wat jy moet bespreek.

Vraag 3.2

Die eerste drie afdelings van Vraag 3.2 (3.2.1, 3.2.2 en 3.2.3) sentreer rondom die probleme wat Hanna as ʼn tienermeisie, wat deel is van 'n buitengewone gesin, ondervind. Gaan lees weer bladsy 216-218 in jou studiegids. Die vraag behels dus dat jy bespreek: 3.2.1 Watter probleme Hanna ondervind

3.2.2 Hoe sy op hierdie probleme reageer 3.2.3 Hoekom sy so reageer op haar probleme

*Let wel: Vraag 3.2.3 vereis jou eie interpretasie van, insig in en mening van die verhaal(gebeure) om sodoende te verduidelik hoekom Hanna reageer soos wat sy doen. Met ander woorde, wat die motivering agter haar reaksie op haar probleme is. Jy moet egter jou antwoord kan staaf met genoegsame en relevante voorbeelde uit die teks.

Page 26: TUT 201

AFK1501/201

26

EKSAMENWENK 6: Vraag 3.2.1 behels dat jy 'n aantal probleme moet lys wat Hanna in haar lewe ondervind. Dit is belangrik dat jy, met die eksamen in gedagte, verder gaan nadink oor die relevansie van hierdie probleme. Met ander woorde, vra jouself die volgende vrae af:

Sal ander tienerlesers kan identifiseer met die probleme wat Hanna ondervind? → Dink aan die dinge waaroor sy wonder en waaraan sy dink, die manier hoe sy haarself sien, haar taalgebruik, haar lewensuitkyk, haar omstandighede, haar innerlike en uiterlike ervaringe en so meer. Is al hierdie dinge uniek aan Hanna, of beleef ander tieners soortgelyke probleme, ervaringe en sienings?

Maak seker dat jy jou bespreking hiervan kan staaf met genoegsame voorbeelde uit Hanna Hoekom, laat die puntetoekenning jou weer lei in hierdie verband.

3.2.4 Gaan lees weer bladsy 218-219 in jou studiegids. Sprokies, oor die algemeen en as intertekste (wanneer daar spesifiek verwys word na sprokies en ander verhale in Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom) kan gesien word as verrykend vir die betekenis van die verhaal. Jou antwoord op hierdie vraag moet insig in die teks illustreer en dit is belangrik om tot die besef te kom dat die rol wat sprokies en ander verhale speel verband hou met:

1. Waardes/waardesisteme – Sprokies leer die leser van en beklemtoon die verskil tussen goed en kwaad, die aanvaarbare en onaanvaarbare, goeie en bose karakters en so meer. Kan jy voorbeelde hiervan uit die teks noem?

2. Hanna se karakterontwikkeling – Hanna ontwikkel tot 'n persoon wat vooroordeel kan aflê, veral in haar siening van Margot. Sy beskryf aan die begin van die verhaal byvoorbeeld vir Margot in sprokiesterme: sy noem haar spottend 'n heks, asook 'n koningin wat nie bereid is om te help met die huishoudelike takies nie (bl. 72). Teen die einde van die verhaal beskou sy egter vir Margot as 'n fassinerende moederfiguur of ook iemand “tussen 'n bose heks en 'n fee” (bl. 167) en binne die konteks is dit 'n gunstige verwysing. Dit getuig dus daarvan dat Hanna groei as karakter en ook van 'n sterker selfbeeld wat verby die voorgee kan kyk en meer objektief kan wees.

3. Familie-dinamiek – Stiefmoeders en –susters word dikwels in sprokies aangetref, maar in Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom ontwikkel Hanna tot begrip en aanvaarding vir en van haar stieffamilie en uitgebreide familie.

EKSAMENTOELIGTING

DEEL 4 VAN DIE VRAESTEL MAG IN AFRIKAANS OF ENGELS BEANWOORD WORD. PART 4 OF THE EXAM PAPER MAY BE ANSWERED IN AFRIKAANS OR ENGLISH. Beantwoord Vraag 1 OF Vraag 2 Answer Question 1 OR Question 2

VRAAG 1

1.1 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen – Martie Preller

(a) Hierdie vraag tel 10 punte en is soortgelyk aan Vraag 1.1 (a) van Werkopdrag 02 Deel 4. Neem

kennis van Eksamenwenk 1 (hierbo).

Page 27: TUT 201

AFK1501/201

27

(b) Hierdie vraag tel 4 punte en handel oor die vergelyking van Koning-koning Kriek se fantasie-koninkryk met ʼn politieke bestel in die primêre werklikheid.

Om vraag 1.1 (b) te kan beantwoord, gaan dink na oor die volgende: Koning-Koning Kriek se koninkryk bestaan binne die sekondêre werklikheid. Kan dit egter gesê word dat sekere elemente en eienskappe van sy koninkryk herinner aan ʼn koninkryk/regering wat ons in die primêre werklikheid kry? Gaan lees op bladsy 208 van die studiegids oor die vergelyking van die fantasie-koninkryk in die boek met die politiek in die primêre werklikheid. Maak seker dat jy jou antwoord kan staaf met voorbeelde uit die teks.

1.2 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen – Martie Preller

(a) Hierdie vraag tel 10 punte en is soortgelyk aan Vraag 1.2 van Werkopdrag 02 Deel 4. Neem ook hier kennis van Eksamenwenk 2 (hierbo).

(b) Hierdie vraag tel 6 punte en handel oor fantasie-elemente in 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen.

Deel 1 van die vraag tel 2 punte: Gaan dink na oor watter mens-karakters in die boek dieretaal kan verstaan. Karakters soos die president, Moya, Helena en Matolo. Watter eienskappe het hierdie karakters wat hulle in staat stel om dieretaal te kan praat? Wenk: Gaan lees in jou studiegids op bladsy 205.

Deel 2 van die vraag tel 2 punte: Gaan lees weer die laaste 10 bladsye van 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen. Gaan dink oor die volgende: Kan Gerda steeds begryp wat diere soos Koning-koning Kriek en Kerneels aan haar wil kommunikeer nadat sy weer 'n mens-karakter geword het? Hoe is dit moontlik? Is dit dalk die geval dat sy kan begryp wat die diere wil sê, al kan sy nie meer hulle taal verstaan nie, omdat sy uit haar ervaringe (as haas) geleer het en haar insig haar nou in staat stel om te weet wat die behoeftes van diere is?

Deel 3 van die vraag tel 2 punte: Wanneer Gerda aan die begin van die verhaal in ʼn haas verander, herken en verstaan haar ouers haar nie wanneer sy met hulle probeer kommunikeer nie. Aan die einde van die verhaal, verstaan hulle haar egter terwyl sy nog ʼn haas is en dieretaal praat. Watter redes kan jy aanvoer vir hierdie verandering wat plaasgevind het? Dui dit dalk iets aan van die ontwikkeling wat daar ook by Gerda se ouers plaasgevind het? Het hulle ook tot sekere insigte gekom of geleer om te glo in dit wat onwaarskynlik mag lyk? Wat dink jy?

1.3 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen

a) Hierdie vraag tel 6 punte en is soortgelyk aan een van die onderafdelings van Vraag 1.3 van

Werkopdrag 02 Deel 4. Maak seker dat jy 'n deeglike definisie/uiteensetting kan gee van die terme primêre werklikheid (3 punte) en sekondêre werklikheid (3 punte).

b) Hierdie vraag tel 10 punte en behels dat jy drie karakters uit 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen moet kan bespreek as fantasiekarakters. Verwys terug na Eksamenwenk 3 (hierbo). Fokus veral in jou voorbereiding op karakters soos Andries en Yvonne (5 punte) en Tandjies (5 punte). Lees die vraag in die eksamen met aandag en maak seker dat jy die karakters bespreek wat gevra word.

c) Hierdie vraag tel 4 punte en handel oor die karakter, Moya. Gaan dink na oor die volgende: Kan Moya gesien word as ʼn karakter wat bestaan binne die primêre werklikheid of die sekondêre werklikheid? Hoekom sê jy so? Wat maak van haar ʼn fantasiekarakter? Is sy ook deel van die primêre werklikheid? Noem voorbeelde uit die teks om jou bewerings te staaf.

Page 28: TUT 201

AFK1501/201

28

VRAAG 2

3.1 Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom – Marita van der Vyver Hierdie vraag tel 10 punte en is soortgelyk aan Vraag 3.1.1 van Werkopdrag 02 Deel 4. Verwys ook terug na Eksamenwenk 4 (hierbo).

3.2 Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom – Marita van der Vyver Hierdie vraag tel 30 punte en is soortgelyk aan Vraag 3.1.2 van Werkopdrag 02 Deel 4. Daar sal egter van jou verwag word om slegs twee van die redes, genoem by die voorafgaande vraag, te bespreek. Verwys ook terug na Eksamenwenk 5 (hierbo).

3.3 Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom – Marita van der Vyver Hierdie vraag tel 10 punte. Ter voorbereiding van hierdie vraag, kan jy gaan nadink oor die wenke wat gegee is in Eksamenwenk 6 (hierbo).

Page 29: TUT 201

AFK1501/201

29

WERKOPDRAG 02

DEEL 5

Nederlandse letterkunde vir Suid-Afrika

Dosent

Mnr. N. Cochrane

Kontakbesonderhede

Telefoon: (012) 429 6628

E-pos: [email protected]

Faks: (012) 429 8094 (Vir aandag: Mnr. Neil Cochrane)

Beste studente

Baie dankie vir julle harde werk die afgelope semester. Dié van julle wat onderskeidings behaal vir afdeling 5 kom in aanmerking vir aantreklike beurse van die Nederlandse Taalunie vir tweedejaarstudie aan Unisa. Kontak gerus so gou moontlik vir mnr. Terrence Carney ([email protected] of 012 429 6683) in dié verband. EKSAMENWENKE

In die eksamen sal daar geen verrassings wees nie. Die eksamenvrae oor die Nederlandse afdeling stem min of meer ooreen met die vrae wat in die werkopdrag verskyn. Neem asseblief die volgende in ag:

• weens die moeilike verkrygbaarheid van die roman Oeroeg sal eksamenvrae oor hierdie teks weer as ’n keusevraag aangebied word;

• al die relevante gedigtekste sal op die vraestel verskyn. Dieselfde gedigte wat in die opdrag betrek is, sal weer in die eksamen betrek word. Geen onvoorbereide gedigte sal gevra word nie;

• studente word deurgaans ryklik beloon vir selfstandige insigte, veral waar hierdie insigte met behulp van voorbeelde gestaaf word;

• studente wat klakkeloos gedeeltes uit die studiegids memoriseer, ontvang nie ’n slaagsyfer nie; • kriptiese antwoorde wat nie in volledige sinne weergegee word nie, word ook nie ten volle beloon

nie.

STRUKTURERING VAN EKSAMENVRAE

Vraag 1: Doen vraag 1.1 (“Stenen die lopen”) of 1.2 (“De hond”) vir 10 punte

Vraag 2: 10 punte (“Alinea 9”)

Vraag 3: Doen vraag 3.1 (Oeroeg) of 3.2 (“De landmeter”) vir 15 punte – sorg dat jy kortvrae (fokus op analise en interpretasie) oor die gedig kan beantwoord.

Vraag 4: 15 punte (“Het aardrijk”) – gee aandag aan die titel asook verskillende ruimtes en kulture wat in die gedig voorkom. Totaal: 50 punte

Page 30: TUT 201

AFK1501/201

30

As voorbereiding vir die eksamen moet jy asseblief die kommentaar op jou gekorrigeerde werkstuk nagaan en jy kan ook my volgende kommentaar op die werkopdrag hieronder bestudeer om te verseker dat jy in die eksamen goed presteer.

KOMMENTAAR OP WERKOPDRAG 06

VRAAG 1 (5 punte)

Die beste manier om hierdie vraag aan te pak, is om eerstens die verskillende verwysings na die klippe in die verhaal te identifiseer en te bespreek, en om tweedens te besluit of die klippe ’n besondere betekenisvolheid in die verhaal verkry.

Voorbeelde van vermeldings van die klippe in die verhaal is die volgende:

• Tydens die treinreis na Vosburg merk die verteller op: “En stenen en stenen. Zoveel stenen. Veel meer stenen dan de ontelbare grindsteentjes op het paadje tussen de deur en het konijnehok achter in de tuin. De tuin van het huis waar wij niet meer woonden”. Een van die eerste indrukke wat die verteller van haar nuwe tuiste in Suid-Afrika het, is die groot aantal klippe in die nuwe omgewing. In Nederland was die verteller se ervaring van klippe klaarblyklik beperk tot die gruisklippies in hulle tuin. Die klippe word dus redelik gou tekenend van die jong verteller se vervreemding binne haar nuwe omgewing.

• Die verteller en haar broer merk op dat daar twee begraafplase in hulle nuwe dorp is. Die grafte in die een begraafplaas bestaan uit hopies grond en op die grafte van die ander begraafplaas pryk daar gladde blink grafstene. Die twee kinders besluit dat die mense wat in die armoediger begraafplaas begrawe is, in die hel is en dat die mense wat in die netjieser begraafplaas met die grafstene in die hemel is. Hierdie gevolgtrekking spreek van hulle onkunde oor die rasseverdelings in Suid-Afrika. Hulle besef nie dat die bevoorregte wit mense se grafte met blink grafstene versier word nie en dat die arm bruin mense nie genoeg geld vir sulke netjiese grafstene het nie. Die grafstene is dus tekenend van die rassediskriminasie wat wit mense bo bruin mense bevoordeel het.

• In hulle nuwe omgewing verwar die twee Nederlandse kinders ook die skilpaaie van Suid-Afrika met “stenen die lopen” (lopende klippe). Hulle versamel ’n paar van hierdie “lopende klippe” en perk hulle in hulle agtertuin in sodat hulle nie kan ontsnap nie. Aangesien die kinders nie besef dat die “lopende klippe” in werklikheid diere is nie, kom dit nie by hulle op dat hierdie “klippe” kos en water moet kry nie. Ten slotte noem die nuwe buurman hulle dom Kaaskoppe omdat hulle nie tussen klippe en skilpaaie kan onderskei nie.

• Op verskillende maniere word die klippe (ook die “lopende klippe”) simbolies van die vervreemding wat die Nederlandse immigrante in Suid-Afrika ervaar. Hulle is nie vertroud met die nuwe klipperige omgewing en die vreemde diereryk nie. Verder is hulle onkundig oor die sosiale omstandighede (die rasseproblematiek) wat in Suid-Afrika heers.

VRAAG 2 (10 punte)

Emma Huismans se verhaal “De hond” maak talle spronge in die tyd. Vraag 2 vereis ’n kronologiese ordening van die belangrikste gebeure in die verhaal. “De hond” is ’n lang verhaal en dit is nodig om slegs die belangrikste tien gebeurtenisse te identifiseer en dan kronologies weer te gee; uiteraard is dit goed moontlik dat verskillende lesers verskillende gebeurtenisse as belangrik sal eien. ’n Wye aantal antwoorde is dus moontlik, maar wat vir my veral van belang is, is of julle die kronologiese verloop van die verhaal kan rekonstrueer.

Die verhaal verloop kronologies soos volg:

Die gebeurtenis wat die verste terug in die kronologie geplaas word, is die feit dat die verteller se familie sowat 40 jaar gelede uit Nederland na Suid-Afrika verhuis het. Die verteller het later as volwassene by die anti-apartheidstryd betrokke geraak en in ’n poging om van hierdie stryd te ontvlug, het sy ’n navorsingspos by ’n universiteit aanvaar om bestaande strukture in die

Page 31: TUT 201

AFK1501/201

31

plattelandse omgewing digby die Kruger-Wildtuin op te teken. Tydens haar navorsing ontmoet sy die swart vrou, Nondwe, saam met wie sy ’n tuinbouprojek aanpak nadat haar navorsingsverslag afgehandel is. Kort na die begin van die tuinbouprojek ontferm die verteller haar oor ’n rondloperhond wat sy as haar eie aanneem. Die politiek dreig toenemend om die tuinbouprojek te ontwrig – die korrupte hoofman eis ’n deel van die opbrengs en investering wat die verteller en Nondwe in die nuwe groentetuine maak en die plaaslike swart jeugdiges kom in opstand teen die korrupsie van die plaaslike owerhede. Eendag tydens ’n besoek van die polisie aan die dorp met sy tuinbouprojek dwaal ’n olifant die gebied binne. Die verteller se hond probeer om die olifant te verdryf, maar die olifant maak die hond dood sodat dit uiteindelik die wit polisieman is wat die groot dier met sy haelgeweer verdryf. Die verteller verhuis hierna na Nederland en in haar nuwe tuisstad kom sy eendag sirkusolifantjies teë wat haar aan haar Suid-Afrikaanse verlede herinner. Dan kom Nondwe op ’n besoek aan Nederland om geld in te samel vir haar gemeenskapsprojekte in Suid-Afrika. Die verteller ontmoet haar by die stasie en hulle begin dan weer oor die tuinbouprojek te gesels.

VRAAG 3 (10 punte)

By hierdie vraag moes jy aandag gegee het aan onder meer die volgende wat ook gedeeltelik op pp. 247 – 249 van die studiegids bespreek word:

• Dawoed probeer om elemente van die Durbanse omgewing te vergelyk met elemente uit Iran/Persië, sy land van herkoms. Sy land van herkoms is steeds sy verkose verwysingsraamwerk van waaruit hy die nuwe Suid-Afrikaanse omgewing waarneem en nie sy aangenome tuisland, dit wil sê Nederland, nie. Alinea 9 begin met ‘n aanhaling uit ’n ou Persiese verhaal. Die monster (Gorosh) wat in hierdie aanhaling vanuit die Nyl opduik om ’n kameel op te vreet kan geskakel word met die haaie wat aan die Natalse kuslyn hou. Boonop is die haaie in die Natalse kuswaters ook uit sy verlede aan hom bekend, aangesien hy herinneringe het aan die kinders wat in die Persiese Golf deur haaie gevang is. Die verteller (Dawoed) is verder daarvan bewus dat die Persiese Golf deel is van die Indiese Oseaan – as hy dit sou kon volhou, sou hy onbelemmerd vanaf die Durbanse strand kon deurswem na die Persiese Golf en by implikasie tot by sy land van herkoms, Iran. Verder vind hy aanklank by die Indiërs in Durban aangesien talle Indiese fabels ook deel van die Persiese kultuur is.

• In Durban is Dawoed verlig dat die Suid-Afrikaners, byvoorbeeld die nuwe begeleier, ook sukkel met die Nederlandse taal en hulleself voortdurend korrigeer. Hy is tydelik “bevrijd van een zware last” aangesien hy in Durban nie meer so nougeset op sy Nederlandse grammatika hoef te let nie. Die Suid-Afrikaners het “de Nederlandse taal op de kop gezet” sodat Dawoed se angstigheid oor korrekte Nederlands vir eers kan verval.

• Desmond, die Ugandese immigrant in Suid-Afrika, pas Dawoed se klere op terwyl hy langs die strand draf. Met Dawoed se terugkeer, gee hy die klere weer veilig terug aan Dawoed. Met sy optrede verbreek hy die stereotipiese en xenofobiese veronderstelling dat migrante geneig is tot diefstal. Desmond bewys dat hy juis besonder bedagsaam is en Dawoed se eiendom opgepas het. Desmond se armoedige woonomstandighede is enigsins vertroud vir Dawoed aangesien hy tydens sy vlug uit Iran ook in soortgelyke omstandighede moes woon: “Ik kende zijn spullen. De oude krant, het botte mes en de geur van de thee. Alles was vertrouwd voor mij”.

• Uit die bogenoemde blyk dit dat Dawoed graag identifikasiepunte soek tussen sy land van herkoms en die Durbanse omgewing. So identifiseer hy sterk met Desmond wat net soos hy ook ’n migrant in ’n vreemde land is. Nederland as Dawoed se aangenome tuiste lyk in vergelyking met Suid-Afrika baie minder bekend en herbergsaam weens die feit dat Dawoed soveel kontakpunte/ooreenkomste tussen Iran en Suid-Afrika kan identifiseer.

VRAAG 4 (5 punte)

4.1 Die passasie is ’n aanhaling uit die werk van die Persiese skrywer Naser Gosro (sien p. 247 van die studiegids).

Page 32: TUT 201

AFK1501/201

32

4.2 Daar is ’n hele paar ooreenkomste tussen die passasie uit Naser Gosro se teks en die vertelling van Dawoed se besoek aan Durban.

Net soos die “ik” in die aangehaalde passasie wat sy hande in die Nyl gewas het, het Dawoed in Durban besluit om in die see te gaan swem. Sowel in die Nyl as in die Indiese Oseaan aan die KwaZulu-Natalse kus kom gevaarlike gediertes voor. In die Nyl is daar ’n dier (heel moontlik ’n krokodil) wat in ’n japtrap ’n kameel verslind en daar is boonop ’n monster, Gorosh, wat weer dié dier in die Nyl verslind. In die see by Durban is daar weliswaar nie ’n monster soos Gorosh nie, maar daar is wel gevaarlike haaie. Die haaie word deur haainette van die strand weggekeer net soos daar in die Nyl pilare met heilige tekste geplaas is wat die gevaarlike diere moet verjaag. Net soos die verteller in die passasie op reis is (met ’n skip wat kamele vervoer), is ook Dawoed ’n reisiger wat ’n besoek aan Durban bring. Dit is verder moontlik om ’n verband te trek tussen Naser Gosro se fabel oor ’n monster en die volkslegendes wat waarskynlik aan die Indiese kinders van Durban vertel word.

VRAAG 5

By vraag 5 moes jy ’n keuse uitgeoefen het tussen 5.1. of 5.2.

5.1 By hierdie vraag is dit moontlik om standpunt in te neem dat Oeroeg ’n tipiese koloniale teks is, maar terselfdertyd kan ’n mens ook oortuigend argumenteer dat dit juis postkoloniaal van aard is.

Die beste antwoord (maar beslis nie die enigste nie) is dat Oeroeg ’n oorgangsteks tussen die koloniale en postkoloniale literatuur is. Dit bevat dus elemente van sowel ’n koloniale teks as ’n postkoloniale teks.

• Aangesien die verhaal steeds vanuit die perspektief van ’n Nederlander vertel word (weliswaar ’n Nederlander wat hom ten volle met sy nuwe tuiste in Nederlands-Indië vereenselwig het), kan ’n mens aanvoer dat die roman steeds ’n koloniale teks is. Die verteller lê ook klem op die weelderige tropiese landskap; ’n perspektief wat tipies is van iemand wat tog nie geheel en al veranker is in die tropiese landskap wat beskryf word nie. Ook die grootste deel van die gebeure in die verhaal het gedurende die koloniale tydperk plaasgevind wat verder die argument ondersteun dat die teks hoofsaaklik koloniaal van aard is.

• Wat Oeroeg egter ’n postkoloniale inslag gee, is die feit dat die verteller soveel meelewing en vereenselwiging met die plaaslike inwoners, spesifiek sy vriend Oeroeg, het. Die verteller gee dan ook ’n beeld van die vryheidstryd wat uiteindelik tot die onafhanklikheid van Indonesië gelei het. Hy geniet egter die tipiese voordele wat die Nederlandse koloniste in Nederlands-Indië se eksklusiewe voorreg was terwyl die plaaslike bevolking veral werkers is. So staan Oeroeg se vader byvoorbeeld in diens van die verteller se vader en verloor sy lewe juis toe hy probeer om tot die redding te kom van sy Nederlandse meesters wanneer hulle in ’n staat van dronkenskap die vlot op die meer laat kantel. Vanuit die perspektief van die grootste deel van die plaaslike bevolking was die verteller waarskynlik nooit werklik ’n legitieme inwoner van hulle land nie. Wanneer hy na die onafhanklike staat, nou bekend as Indonesië, terugkeer, voel hy dan ook soos ’n vreemdeling.

• Jy kon by hierdie vraag dus verskil van óf saamgestem het met die bewering in die aanhaling, maar dit is belangrik dat jy die grootste deel van jou antwoord aan ’n oortuigende motivering met die gebruik van voorbeelde wy.

5.2 Moontlike antwoorde op die kort vragies oor “De landmeter” deur Rutger Kopland is die volgende:

5.2.1 Dit is die beheerder van geld – iemand wat rekenskap oor geldsake moet gee. Net so is die landmeter ook in beheer van die landskap, omdat hy dit meet en in kaart bring. (2)

5.2.2 Nee, die landmeter is nie uitsluitlik onverskillig nie (“Het is niet alleen onverschilligheid.”), maar hy is wel obsessief oor sy taak. Dit veroorsaak dat hy die natuur slegs op ‘n abstrakte wyse ervaar. (1)

Page 33: TUT 201

AFK1501/201

33

5.2.3 Die landmeter voel op sy gelukkigste as hy die landskap in kaart bring (hom besig hou met sy dagtaak), hy het nie soveel belang by die “werklike” natuur nie. (2)

5.2.4 “Hij wil wel weten waar hij is”. Die landmeter wil homself posisioneer ten opsigte van die landskap. Hiervoor gebruik hy sy eie formule. (1)

5.2.5 Die landmeter bepaal die grense van die landskap wat bloot ‘n abstraksie is. Op die manier gaan die konkrete landskap verlore (“vervagen het gras en de bomen...”) (2)

5.2.6 Die voorwaarde is om alles waar te neem. (1)

5.2.7 Die mens. Die landmeter bepaal hoe die landskap lyk, die grense van die landskap word deur die mens gemeet. (1)

Let op: In die opdrag is die gedig as ‘n aaneenlopende teks afgedruk. Dit is foutief. Nuwe strofes begin by versreël 4, 7 en 10. Die gedig bestaan dus uit vier strofes van drie reëls elk en ‘n slotreël.

VRAAG 6 (10 punte)

Die vertroude omgewing van die spreker in “Het aardrijk” lyk baie sterk op ’n tipies Noord-Europese omgewing met ’n grys en bewolkte lug (vergelyk “ochtendgrauw”) en reënweer (“regen”). Ook die lyster (“merel”) wat op die gras rondpik, is ’n tipiese Noord-Europese voël. Die vogtige gras wat lyk asof dit plek-plek deur motte gevreet is, herinner verder aan ’n grasperk wat weens te veel water en te min son in die winter nie meer welig groei nie.

Die Europese ruimte wat in die eerste twee strofes van die gedig beskryf word, kontrasteer met die ruimte in die dorre Gobi-woestyn wat gedeeltelik in China en gedeeltelik in Mongolië geleë is. Noord-Europa waar Nederland en Vlaandere geleë is, is bekend vir die baie reën (“regen” – reël 3) wat daar val – ’n gegewe wat uiteraard ingrypend van die droë woestynomgewing verskil.

Die Europese omgewing wat in die gedig beskryf word, dui op ’n ingeperkte en gekultiveerde ruimte – vergelyk die verwysing na die agtertuin in strofe 2, terwyl die nomades juis nie ’n ingeperkte bestaan voer nie, maar rondtrek en nêrens in ’n vaste woonplek tot ruste kom nie. Die lyster in strofe 2 (Europa) is vergelykbaar met die verwysing na hoenders in strofe 3 (Gobi). Teenoor die lysters wat gate in die gras pik, is daar geen voëls of hoenders wat met die nomades geassosieer word nie. Daar is dus geen voëls wat die aarde van die nomades kan verontheilig deur gate daarin te pik nie.

Die tente van die nomades is verder ook nie aan die grond vasgekap nie – hulle assosiasie met die aarde is dus heelwat losser as dié van die Europeërs omdat hulle die aarde as heilig beskou en daarom weier om enige gate daarin te kap; hulle laat klaarblyklik ook nie enige van hulle diere (“niets of niemand”) toe om gate in die grond te kap nie en dit sodoende te versteur nie.

Die insig wat die spreker uiteindelik na aanleiding van die kultuur van die nomades in die woestyn formuleer, is dat hulle lewens deur ’n heilige ontsag vir die aarde bepaal word. Alhoewel die woord “Fluweelzacht” aan die begin van die gedig suggereer dat die spreker ook die skoonheid van die nag en die natuur op prys stel, is dit nietemin duidelik dat hy ’n sekere ontsag het vir die nomades se lewenswyse en die respek waarmee hulle die aarde bejeën.

Mnr. Neil Cochrane