16
1 Richmondnuus word gedruk deur Northern Cape BTV Technology CC, RICHMONDNUUS R3.00 R3.00 R3.00 R3.00 UITGAWE 4 Januarie 2009 UITGAWE 4 Januarie 2009 UITGAWE 4 Januarie 2009 UITGAWE 4 Januarie 2009 RICHMONDNUUS Posbus 42 Richmond Tel: 0829298945 E-pos: [email protected] REDAKSIE: Kobie Coetzee Anita Meyer Hetle Nel Karien Theron Richmond: Boekdorp- Ons trots? n Toeris het in Desember ‘n aanmerking gemaak oor die voorkoms en netheid van Richmond, en dit was bes- lis nie vleiend nie. Dit het my laat rondkyk om my en ek het besef ons moet verder kyk as die boekwinkels, gastehuise en die toeriste aantreklikhede, en ook die dinge raaksien soos toeriste dit sien. Met groot skaamte het ek die dorp se rommel aanskou– dit is gestrooi! In die rivier, langs die strate, voor die geboue– oral!! Dis skokwekkend om te sien hoe die blou plastiekbottels van die omgevalle trok oral gegooi is, ongewensde klere en tuinafval is in die slote gegooi, so lank al, die plante groei daardeur! Niemand gee oenskynlik om nie en die Ubuntu Munsi- paliteit sien dit ook nie raak nie! Waar is die Omgewings- gesondheid regulasies en wie pas dit toe? ‘n Paar fotos van ons dorp wys die storting van tuinvullis en klere in die sloot langs Hope.straat. Storting op die hoek van Beaufort weg en Brinkstraat is ook gesien op ‘n onbeboude erf. Die inhoud van yskaste wat vir skroot verkoop word word sommer in die river gestort. Om nie eers te praat van die Graaff Reinet pad nie! Hoekom word daar nie teen die rommelstrooiery op- getree nie? Rig briewe aan: Richmondnuus, Posbus 42, Richmond, 7090 of e-pos na: richmond- [email protected]. Gesoek: Administrasie persoon vir N1 Construction CC. Moet rekenaar vaardig wees. Kontak Ilse by 084 517 1943 ."

Uitgawe 4 Januarie 2009 - Booktown Richmond 2009.pdf · vure, braaivleis en slaaie, musiek en die mees belangrike, besoekers aan die mark wat kom kuier en koop het. Daar was ongeveer

  • Upload
    others

  • View
    36

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

1

Richmondnuus word gedruk deur Northern Cape BTV Technology CC,

RICHMONDNUUS R3.00R3.00R3.00R3.00 UITGAWE 4 Januarie 2009UITGAWE 4 Januarie 2009UITGAWE 4 Januarie 2009UITGAWE 4 Januarie 2009

RICHMONDNUUS

Posbus 42

Richmond

Tel: 0829298945

E-pos:

[email protected]

REDAKSIE:

Kobie Coetzee

Anita Meyer

Hetle Nel

Karien Theron

Richmond: Boekdorp- Ons trots?

‘n Toeris het in Desember ‘n aanmerking gemaak oor die voorkoms en netheid van Richmond, en dit was bes-lis nie vleiend nie. Dit het my laat rondkyk om my en ek het besef ons moet verder kyk as die boekwinkels, gastehuise en die toeriste aantreklikhede, en ook die dinge raaksien soos toeriste dit sien. Met groot skaamte het ek die dorp se rommel aanskou– dit is gestrooi! In die rivier, langs die strate, voor die geboue– oral!! Dis skokwekkend om te sien hoe die blou plastiekbottels van die omgevalle trok oral gegooi is, ongewensde klere en tuinafval is in die slote gegooi, so lank al, die plante groei daardeur! Niemand gee oenskynlik om nie en die Ubuntu Munsi-paliteit sien dit ook nie raak nie! Waar is die Omgewings-gesondheid regulasies en wie pas dit toe? ‘n Paar fotos van ons dorp wys die storting van tuinvullis en klere in die sloot langs Hope.straat. Storting op die hoek van Beaufort weg en Brinkstraat is ook gesien op ‘n onbeboude erf. Die inhoud van yskaste wat vir skroot verkoop word word sommer in die river gestort. Om nie eers te praat van die Graaff Reinet pad nie! Hoekom word daar nie teen die rommelstrooiery op-getree nie?

Rig briewe aan: Richmondnuus, Posbus 42, Richmond, 7090 of e-pos na: [email protected].

Gesoek: Administrasie persoon vir N1 Construction

CC. Moet rekenaar vaardig wees. Kontak Ilse by 084 517 1943 ."

2

Richmondnuus word gedruk deur Northern Cape BTV Technology CC,

Die skou het plaasgevind op 23 en 24 Januarie 2009 op die Gryspaleis se gronde. Vrydagaand 23 Januarie was die Dorperskou en Saterdag 24 Januarie die Merino skou. Vrydagaand was daar volgens tradisie ‘n groot gekuier en gedans in die Gryspaleis gewees. Nie te praat van die ete nie! Die kunstenaar wat optree het is Chris Brits en die kaartjies was R100.00 per volwasene en R50 per kind.

Daar was ook stalletjies tot groot vermaak van die “kinders”- ons bly kinders, ongeag ons ouderdom! Kobie Coetzee

Van die redaksie lessenaar…. Ten spyte van die swak ekonomie en die brandstofpryse, was die paaie

baie besig. Die gastehuise n Richmond was besig, die restaurante was

besig en die motorhawe het my partykeer met angs laat toekyk.

Richmonders, julle het bewys dat ons in 2010 die druk sal kan hanteer.

Al is dit stil buite seisoen, kan ons saamstaan en die dorp “laat werk”.

Baie dankie aan almal wat die dorp positief oorgedra het aan ons vakan-

siegangers. UNITED WE STAND! Maar ons gaan nie val nie– die op-

staan gaan net al hoe sterker word.

Indien enigiets in die dorp gebeur, laat ons asb. weet.

Briewe kan gerig word aan:

Redakteur, Posbus 42, Richmond, 7090 of [email protected].

Anita Meyer 0829298945

Kobie Coetzee 0828782753

Quote:

Groei bring verandering mee, en

verandering bring waaghalsigheid

mee, om af te trap van die bekende

na die onbekende.

-Anoniem-

RICHMOND SKOU 23 EN 24 Januarie 2009

3

Richmondnuus word gedruk deur Northern Cape BTV Technology CC,

9 Jan: 10h00: Bestuursvergadering 28 Jan 15h30: Alg vergadering 30 Jan-1 Feb: Jeugkamp 1 Feb: Nagmaal 6 Maart: Wereld biddag vir vroue 27-29 Maart: Gemeente kamp 22 April 15h00: Alg vergadering 10 Mei: Gemeente ete 22 Julie: 15h00: Alg vergadering 2 Aug: Nagmaal ete 19 Sept: Basaar 20 Sept: Viering van die eeufees van die kerktoring: Gemeente tee 1 Okt: Internasionale dag vir senior burgers 4 Okt: Biddag vir bejaardes 27 Okt: Afsluiting van Vrouediens 1 Nov: Nagmaal 22 Nov: Gemeente Kersete Navrae: Liezel Kock 1203/ 0832595343.

Kersliedere by kerslig

Op 2008-12-23 om 18:00 het sowat 100 gemeentelede van die VGK en die NG Kerk voor die Munisipaliteit, in die dwarsstraat bymekaargekom om die gewilde kersliedere te sing. Elkeen was gewapen met ‘n kers en blaker, want niemand wou uitvoel as die son sak en jy jou kers moes aansteek nie. Wat ‘n gesig was dit nie! Ds Botha het die verrigtinge geopen met Skriflesing en gebed en toe is daar olv die voorsanger, Sidwell Kock en begeleier, me Ronel Cilliers begin met sang. Die stilte in die strate is verbreek met hierdie pragtige liedjies en mens kon dit van ver af hoor. Dit het ook al hoe meer mense na die byeenkoms gelok, want een en almal was in ‘n vakansie/kersfees

gees gewees. Oumas en Oupas op stoele, ma’s en pa’s met kinders op die heupe, vakansiegangers, kinders van alle ouderdomme het van hierdie aand iets gemaak om te onthou en ‘n mens hoop dat dit ‘n jaarlikse instelling gaan word. Kinders is ook na die verrigtinge trakteer op lekkergoedpakkies. Die deelnemers het ook by die dienssentrum en die korrektiewe dienste beweeg, waar hulle telkens van gesiglose gehoor moes hoor: “sing nog”. ‘n Groot dank aan almal wie deelgeneem het en die geskenkpakkies moontlik gemaak het. Hetle Nel

NG Kerk: 2009

Vrouediens beplanner

NAGMARK: 14-16 Des 2008. Vetmuis Plaaskombuis het ‘n nagmark gehou, en uitstallers van sover as Klein-mond en Petrusville het hul produkte kom uitstal. Ook was daar plaaslike uitstallers. Die aande het gepaardgegaan met lekker vure, braaivleis en slaaie, musiek en die mees belangrike, besoekers aan die mark wat kom kuier en koop het. Daar was ongeveer 45 besoekers per aand aan die mark, Richmond inwoners en toeriste, en ek is seker almal sal dit eens wees dat dit heerlik was! Hierdie jaar maak ons weer so op 14-16 Desember! Skryf dit in jou dagboek!

4

Richmondnuus word gedruk deur Northern Cape BTV Technology CC,

Dit is bitter warm en bitter droog– hoef ons dit weer te beklemtoon? Take vir die maand: 1. Verwyder dooie blomme 2. Beplan die wintertuin 3. Bemes die grasperk 4. Moet nie grasperk te kort sny

nie 5. Spuit rose teen swart vlek en

meeldou 6. Voed rose met kunsmis 7. Snoei rose liggies 8. Beheer miere in en om die

huis 9. Saai groente soos beet, blom-

kool, kool en kropslaai. Die winterkoue is so intens in Rich-mond, dat ek die bestaande tuinboeke bestudeer het vir struike wat hierdie koue kan verduur. Indien u ‘n tuin

wil beplan met groot en klein struike, en slegs groepies blomme voor en tussen die struike, kan ons die vol-gende aanbeveel: 1 Deutsia Photinia 2 Hypericum 3 Berberis Thunderbergia 4 Blomkweper 5 Kerrie bos 6 Grevilia 7 Yucca species 8 Bottle brush 9 Cordyline 10 Verbernum 11 Legustrum 12 Blomperske 13 Vlasse 14 Konifere Gaan besoek u buurvrou met die mooi tuin, en steek daar kers op! Anita Meyer

Tuinrubriek/ gardening....

Resep: Rooi slaphakskeentjies UIT “Lekker vir Later” Anette Human.

1.5 kg dwerguitjies

150g gebleikte sultanas

125g wit suiker

250ml wit asyn

250ml water

125ml tamatiepasta

50ml sonneblomolie

2ml sout

Knippie rissiepoeier

Skil die uitjies. Voeg die res van die

bestanddele by en kook dit, aan die begin

met die deksel op maar later daarsonder,

or matige hitte totdat die uitjies sag en die

sous dik is.

Bottel die uitjies warm en verseel dit dade-

lik.

Heerlik saam met braaivleis en pap!

5

Richmondnuus word gedruk deur Northern Cape BTV Technology CC,

Dit is baie maklik om die uitdrukking te ge-bruik: “Dit is my reg”. Ja, ons het almal regte, maar ons moet onthou (en ons vergeet dit alte graag) dat ons ook verantwoordelikhede het wanneer ons aan-spraak maak op ‘n reg. Richmondnuus het briewe van lesers ont-vang wie ontevrede was oor die hantering van hulle klagtes by die polisiestasie. Ons en ons eiendom het die reg op beskerming, maar ons moet ook help met die uitvoering van die taak. Die SAPD pas ge-meenskapspolisiering toe. Dit beteken dat die SAP en die gemeen-skap ‘n gesamentlike verantwoordelikheid het om wet en orde te handhaaf. Dit impliseer dat mense in die dorp ook betrokke moet wees met misdaad-voorkomig. Dit kan ge-doen word deur: • deure te sluit • Eiendom in u erf

te beveilig • Ken jou bure en

vra hulle om na jou huis om te sien as jy nie tuis

is nie. • Sit diefwering aan

die vensters • Moenie jou hand-

sak/beursie binne bereik van mense sit nie

• Sit waardevolle items in die kluis.

Indien jy terugkeer van vakansie en jy sien daar is by jou huis inge-breek, doen die vol-gende: • Rapporteer die

saak aan die SAPD

• Versoek vingeraf-druk ondersoeke

• Leer die onder-soekbeampte ken

• Versoek die ondersoek beampte om jou op datum te hou met die vordering van die saak.

Hantering van klagtes: Indien jy ongelukkig is met die ondersoek-beampte, besoek die speurhoof of die stasie-kommisaris( uniform). Stel jou saak. Nog beter, woon die Gemeenskapspolisier-ingsvergaderings by en raak betrokke by Rich-mond se SAPD! Kobie Coetzee

Ons reg? Ons verantwoordelikheid?

“STRICTLY COME DANCING” GEHOU DEUR VGK SE SONDAGSKOOL Die VGK se sondagskool bied op Valentynsdag 14 Febr 2009 ‘n Strictly Come Dancing” in die Stadsaal aan Seuns en dogters tussen die ouderdomme van 07 en 15 jaar gaan deelneem en gaan deur ‘n orkes van Kimberley begelei word. Die afrigters van hierdie deelnemers is mnr pieter Bruitjies, Truia Kock en Ignicia Maraistjies . Kaartjies kos R100,00 dubbel en R50,00 enkel wat ook ‘n ete insluit of net R25,00 vir die dans. Kaartjies is ook by die bg persone te kry. Almal word vriendelik uitgenooi na hierdie 1ste vir Richmond en beloof om ‘n byeenkoms uit die boonste rakke te wees. Die Richmond nuus beloof ook om hierdie geleentheid by te woon en die gemeenskap volledig in te lig in die volgende uittgawe. Dankie aan Lydia Schrader vir die inligting. Hetle Nel

GEMEENSKAPSNUUS..

RICMIC Vir daaglikse vars brood, vrugte, groente

en allerlei

Paulstraat 402 RICHMOND NK

Tel: (053) 693-0319

Besigheidsure:

Maandag—Donderdag 08h00—13h00 14h00-18h00

Vrydag

08h00—18h00

Saterdag 08h00—13h00 16h00—18h00

Sondag

08h00—11h00

6

Richmondnuus word gedruk deur Northern Cape BTV Technology CC,

Boekhuise DERTIG Ton boeke is by die eienaar

van die HUIS van LIGHT en

SCHADUW afgelewer. Onmoontlik,!

sal u uitroepwant dertig ton is ‘n

massiewe heveelheid boeke. Ja, dit is. ‘n

Groot Stuttafords vragmotor met ‘n

sleewa het dit soos ‘n trek vol meubels

vervoer en hier kom aflewer.

Nou is die groot werk by Loopstraat 35

in aanvang, en dit is om die boeke uit te

sorteer.

John Donaldson het vir ons vertel dat

daar na raming 15000 nie-fiksie boeke

is, ‘n hele vertrek vol kinderboeke en ‘n

groot aantal Afrikaanse boeke aangeland

het. Almal wat verby die huis in Loop-

straat gesap het, het seker gewonder

waar die massa kartondose vandaan ge-

kom het. Dis in ‘n paar dae uitgepak, die

dose uitgegooi en verwyder..wel, dis

BOEKE in die Boekdorp!!

Sterkte aan John en die personeel, en

lekker vir ons wat gaan koop!

Anita Meyer

DIE ONTSTAAN VAN DIE SKOOL IN RICHMOND

Met die begin van die nuwe skooljaar op ons, kan ons gerus terugkyk

op die ontstaan van die skool in Richmond.. Die inligting kom uit die

Distrik Rekord Boek.

Uit die artikel in The Richmond Era van 19 Julie 1913, deur Chas. Van

der Merwe lees ons die volgende inligting:

Die skool is ge-open op 6 April 1863. Tot op daardie stadium was daar

2 aparte skole in die dorp. Die een skool was deel van die kerk en die

ander skool is deur die Staat bestuur. Op Saterdag, 4 April 1863 is ‘n

Dorpsvergadering gehou, waartydens daar dan besluit is om die skole

saam te smelt.

Die Hoerskool is dan bestuur deur Ds Robinson as skoolhoof en die

Laerskool deur Mr Stewart. Die besluit om jaareksamens te skryf is

geneem op 24 September 1863. Tydens hierdie eksamens kon almal

vrae vra oor die jaar se werk, onderwysers sowel as enige lede van die

publiek.

Daar is ongelukkig geen inligting in die Rekord Boek oor die huidige

skole se ontstaan nie. Ons sal meer hieroor probeer uitvind, kyk gerus

uit vir die artikel.

7

Richmondnuus word gedruk deur Northern Cape BTV Technology CC,

Welkom Tuis aan die Du Plessis-gesin!

Die huis lyk nog dieselfde van buite. Daar is twee worshonde om ons te begroet by die deur, nuwe worshonde. Die mense wat uitkom is nog dieselfde, hul lyk net bietjie anders, eintlik baie. Baie kan verander in drie jaar, kinders word groot en ons, oud. Maar net soos ou liefde, roes ou vriendskappe ook nie te maklik nie. Al lyk ons albei ook drie jaar ouer, dit is nog steeds dieselfde mense onder die vel, miskien net bietjie wyser. Gerio, Susan, Sanja en Hardus is terug in Suid-Afrika, terug in Richmond en ook terug op Avontuur. Ek het met Susan gaan gesels oor hul ervaringe in Australie.

Wat was die slegste/lekkerste van jul tyd in Aus?

Die slegste was dat daar geen ondersteuningsnetwerk daar is nie. Die positiewe daarvan is dat ons as gesin baie meer geheg geraak het aan mekaar. Ons was mekaar se ondersteuningsnetwerk.

Hoekom het julle terug gekom?

Ons het terug gekom oor die lewenswyse wat daar in die Karoo en op die plaas is. Ons moes besluit om nou terug te kom, of vir altyd daar te bly. Ter wille van die kinders en ons kultuur het ons besluit om terug te keer.

Noem ‘n paar verskille tussen hier en daar.

Die mense van die Karoo is baie meer gasvry en baie hartlik. In Aus is die mense vriendelik en tog behulpsaam. Mens maak net baie moeilik vriende daar.

Wat gaan jy mis?

Mens kry goed baie maklik in die hande. As ‘n winkel nie iets het nie, bestel hul dit en kry jy dit baie vinnig.

Hoe is die Posdiens dan?

Fantasties!

Wat het julle gedoen terwyl julle daar was? Gerio het vir die eerste 2 jaar op ‘n Skaapplaas gewerk op Three Springs. Hierna het hy op ‘n Grasplaas by Busselton gewerk vir 8 maande, saam met sy broer Riaan. Hulle het die tyd saam baie

geniet en dit het baie beteken vir albei. (Riaan is getroud met ‘n Aussie meisie. Hy is 9 jaar al in Australia. Hulle sal waarskynlik nie

gou terug kom nie - Red.) Na die Grasplaas het hy by ‘n Melkery gewerk tot ons terug gekom het. Ek het baie dinge gedoen! Ek was betrokke by ‘n Sensusopname vir die eerste 3 maande. Daarna het ek Makadamia bome gesnoei, by die skool gewerk, by Jude’s Surf Shop gewerk en Tuindienste ge-doen. My alter ego, Sussannah, was die ‘cleaning lady’!

Sussannah? Die mense daar kon nie Susan reg uitspreek nie. Van kleins af het ek ‘n hekel aan die Engelse uitspraak van Susan. Ek het gewonder wat die mense my daar sal noem. Een van my doopname is Sus-sanna, vandaar Sussannah!

Hoe vergelyk die lewenskoste?

Dit is min of meer dieselfde, ook maar duur. Daar is nie ‘n Wool-lies soos ons dit ken nie. Goeie kwaliteit klere is moeilik om in die hande te kry teen goeie pryse. ‘n Broek van goeie kwaliteit kos daar ongeveer A$90, dit is R580!

Jy was hier lief vir tuinmaak. Hoe vergelyk dit daar?

Tuinmaak is ‘n groot plesier! Daar is geen peste en plae nie, jy kan maar net plant en water gee. Alles groei! Plante is egter baie duur.

Wat van die klimaat? In Three Springs is dit vreeslik warm. As ons dit vergelyk met die temperature in SA, is dit in die somer tussen 40 en 50 Grade, net ‘n baie droeer klimaat. Vir 3 maande van die jaar is dit beter, so in die 20 Grade. Dit is ook ‘n Winterreenvalstreek en net 100km van die see af. By Busselton is die weer dieselfde as in die Kaap.

Vertel ons meer van die skole daar.

In Three Springs was daar ongeveer 50 kinders in die skool. Bussel-ton het ‘n baie groter Privaat skool. In Busselton was daar 30 Suid-Afrikaners en 8 Suid-Afrikaanse onderwysers! Hulle doen in die somer net swem as sport. Dit is te warm vir enigiets anders. In die winter het my kinders netbal, hokkie, sokker, dans en Aussie Rules Footie gedoen. In Oktober doen hulle atletiek, met ‘n groot verskil. Dit is baie dieselfde as ons Boeresport, met lepelresies en wat hulle noem Ballgames. Die atletiek is nie so ernstig nie.

Sou jy dit aanbeveel vir ander om dieselfde te doen?

Ja, vir die ervaring.

Sanja en Hardus, wat was vir julle die lekkerste/slegste? Wat

gaan julle mis?

Sanja: Ek gaan die vriende mis. Die lekkerste hier is die plaas met al die spasie! Ek gaan beslis nie die vliee en muskiete mis nie! Hardus: Ek gaan my maats daar mis.

Laaste gedagtes?

‘n Vriend wat ons in Aus gehad het, wat van Durban af kom, het

altyd gese dat om in Australie te wees is soos ‘n goudvis in ‘n prag-tige glasbak, veilig maar dit is dit. In SA is dit soos Nemo in die oseaan: groot, pragtige, vrye wereld maar met avontuurlustige risi-kos, onbeskermd. Welkom terug! Ons glo jul sal weer gelukkig hier ook kan wees! “Die lewe is ‘n reis, nie ‘n bestemming nie, ons het terug gekom om verder te reis.” Susan du Plessis.

Susan Du Plessis gesels met Karien...

A & S REPAIRSA & S REPAIRS

Schoeman 072-207-1808 Kantoor (053) 693-0666

GEKWALIFISEERDE WERKTUIGKUNDIGES

Motor, motorfiets, vragmotor en trekkerhersteldiens asook sweiswerke

GEHALTE DIENS GEWAARBORG

Aloe Guest House

Tel: (053) 693-0702

Cell: 084-597-9038

5 Spring Street, RICHMOND NC, 7090

8

Richmondnuus word gedruk deur Northern Cape BTV Technology CC,

A Venue for local artists and craf-ters to display and sell their works, and a treasure trove of things old.

TEL: (053) 693-0665

Karoozing Richmond Gallery Kemp’s TowingKemp’s TowingKemp’s TowingKemp’s Towing 24 uur Insleepdiens

* Motorbande & Onderdele

* Koelkas Herstelwerk

* Lugversorger Gas

Gideon KempGideon KempGideon KempGideon Kemp

082082082082----358358358358----0401040104010401

Victoria Guest HouseVictoria Guest HouseVictoria Guest HouseVictoria Guest House

DDDDie Bed & Ontbyt is gelee in ‘n ie Bed & Ontbyt is gelee in ‘n ie Bed & Ontbyt is gelee in ‘n ie Bed & Ontbyt is gelee in ‘n ou ou ou ou ViViViVikkkktoriaanse htoriaanse htoriaanse htoriaanse huis, gekaraktiseer uis, gekaraktiseer uis, gekaraktiseer uis, gekaraktiseer deur sy pradeur sy pradeur sy pradeur sy praggggtige loodglas vetige loodglas vetige loodglas vetige loodglas ven-n-n-n-

sters, ksters, ksters, ksters, kandelabra, andelabra, andelabra, andelabra, ““““broekiebroekiebroekiebroekie----lacelacelacelace”””” stoepe en ‘n groot tuinstoepe en ‘n groot tuinstoepe en ‘n groot tuinstoepe en ‘n groot tuin....

Die gastDie gastDie gastDie gasteeeehuis offer groot enhuis offer groot enhuis offer groot enhuis offer groot en----suite suite suite suite sssslaalaalaalaappppkakakakammmmers mers mers mers met tee/et tee/et tee/et tee/koffie skinkoffie skinkoffie skinkoffie skink-k-k-k-borde, elektriese komberse, borde, elektriese komberse, borde, elektriese komberse, borde, elektriese komberse, yskayskayskayskas-s-s-s-fasiliteite en motorhuis op aafasiliteite en motorhuis op aafasiliteite en motorhuis op aafasiliteite en motorhuis op aan-n-n-n-

vraag.vraag.vraag.vraag.

125 Pienaarstraat, Richmond125 Pienaarstraat, Richmond125 Pienaarstraat, Richmond125 Pienaarstraat, Richmond Tel/Fax: (053) 693Tel/Fax: (053) 693Tel/Fax: (053) 693Tel/Fax: (053) 693----0788* 0788* 0788* 0788* Sel: Sel: Sel: Sel:

072072072072----200200200200----3188318831883188 EEEEmail:mail:mail:mail: victoriagues victoriagues victoriagues victoriaguest-t-t-t-

[email protected]@[email protected]@telkom.net

141 Pienaar Street RICHMOND

NORTHERN CAPE (N1)

Telefax: (053) 693 0142

Mobile: 082-423-4086

E-mail: [email protected]

Website: www.onsdorp.com/marinas Or: www.Safarinow.com

MARINA’S GUEST HOUSE

9

Richmondnuus word gedruk deur Northern Cape BTV Technology CC,

Sentrale: 0536912 SAPD: 0536931000 Hospitaal: 0536930112 Ambulans: 0536930112 Kliniek: 0536930021 Munisipaliteit: 053693001

Dr Kotze: 0536930008 0832654544

Landdroskantoor: 0536930012 Poskantoor: 0536930127 Dienssentrum: 0536930061 Verkeer: 0536930657

Belangrike telefoonnommers:

Die Bestuur en Personeel van BKB bedank u vir u getroue ondersteuning deur 2008 en ons wens u 'n besonder vrugbare 2009 toe.

RICHMOND HANDELSTAK/ TRADING RICHMOND HANDELSTAK/ TRADING RICHMOND HANDELSTAK/ TRADING RICHMOND HANDELSTAK/ TRADING

BRANCHBRANCHBRANCHBRANCH Telefoon/Telephone: (053) 693-0010

10

Richmondnuus word gedruk deur Northern Cape BTV Technology CC,

Omgee het ook vele nadele….In Parow het ‘n gesin hulle oor ‘n jong hawelose man ont-ferm. Na sowat ‘n week in hulle huis, het die jong man sy kans waargeneem en die bejaarde ma met ‘n mes gedreig en van haar selfoon, geld en motor beroof. Die plaaslike SAPD het met navraag bevind dat hierdie man moontlik oppad was na De Aar. Die polisie is by verskeie plekke in ken-nis gestel. By Karoo 1-stop vulstasie het die jong man brandstof ingegooi, en nie genoeg kontant ge-had om te betaal nie, en is die Richmond polisie ontbied. Hulle het die man gearresteer. Die man het sederdien in die Bellville Hof verskyn, war borgtog teengestaan en geweier is.

RICHMOND WORD DEUR-RICHMOND WORD DEUR-RICHMOND WORD DEUR-RICHMOND WORD DEUR-

PAD VIR MISDADIGERS.PAD VIR MISDADIGERS.PAD VIR MISDADIGERS.PAD VIR MISDADIGERS.

Mev Riana Jonker van die Driefontein Dienssentrum wil graag almal wie in 2008 betrokke was in die onder-houd van die Dienssentrum ‘n hartlike dank toewens. Mev Jonker is sedert November die Matrone van die Dienssentrum en sy meld dat sy baie geraak is deur die bydraes wat die gemeenskap in Richmond maak aan die Diensentrum. Ruim skenkings is gemaak eur die Dienssentrum te voorsien met vleis, groente, elektrisiteit en enige-bestaansmiddele. Dan is daar nog die bederfies vir die inwoners– koekies, beskuit, biltong ens. Baie dankie aan almal– God seen Richmond!

Driefontein Dienssentrum

Na groot afwagting vir die vrystel van die DVD, Mamma Mia in Suid Afrika, het ek uiteindelik kans om oor die gesogte film te kan komentaar lewer. Nadat ek baie goeie terugvoering gekry het by diegene wat al die film gesien het, was ek soos ‘n klein kind wat nie kan wag om sy geskenk oop te maak op Oukersaand nie. Ek het konstant die plaaslike Poskantoor geskakel om te hoor of my pakkie al gekom het, en toe dit uiteindelik hier was het ek hul nie eers kans gegee om dit in hul boeke te rekordeer nie, en het ek net gegryp en gehol vir die naaste DVD speler. Met internationale sterre soos die Oscar wenner, Meryl Streep, Pierce Brosnan en Dominic Coo-per was dit maar net bloot verstaanbaar dat die film een van die bestes sou wees wat daar al ooit gemaak is. Op 01 Januarie 2009 was daar gerap-porteer dat dit die 1ste plek op die ranglys gehaal het vir ‘n film wat die meeste gekyk is. En met verkope van 1.669 miljoen eksemplare op die eerste dag van vrystelling, hoef ek nie eers ko-mentaar te lewer nie. Die storie handel oor Sophie( Amanda Seyfried) wat op troue staan en nog nie weet wie haar pa is nie. Sy het van tevore op haar ma, Donna (Meryl Streep), se dagboek afgekom wat sy bygehou het toe Sophie gebore was en ondek dat haar pa een van drie moontlike mans kan wees. Sy kry toe ‘n slim plan en nooi hulle uit na haar troue,sodat sy kan uitvind wie van die drie haar pa is, sonder Donna se medewete. En dis waar die pret begin... Sy probeer die drie mans weg steek tot die dag van die troue en intussen kom Donna op hul af. Die film bevat liedjies van ABBA wat deur die akteurs en aktrise self gesing word. Die liedjies sluit in “Mamma Mia, Money Money Money, Chiquitita, Lay all your love on me, Does you’re mother know your out” en dan ook “Take a chance on me”. Al het sommige van die rolspel-ers nog nie voorheen in ‘n “musical” gesing, of net bloot al gesing nie, het hul my verstom met hul sang en was ek dol verlief op die film vanaf die eerste lied. Produksie was groot, so groot dat die hele Villa in die film herbou moes word in ‘n ateljee aange-sien Griekeland se weer nie wou saam speel nie. Die tonele van die strand was geskied in Grieke-land self, maar volgens Amanda Seyfried was dit koud verby. Hierdie is ‘n moet sien film vir enige musiek-liefheber, en ABBA aanhanger, en die DVD moet beslis gekoop word as ‘n versamelaars item. Ek het nie gedink dat daar ooit ‘n “musical” beter as “Sound of Music” sal wees nie, maar was in die wolke toe Universal Studios my verkeerd bewys. Volle punte vir dié meesterstuk. Vir meer inligting om die Mamma Mia! DVD te bekom skakel Mike by 0536930012(W) of 0536930395(H) of epos hom by [email protected] Artikel deur: Mike Munnik

ONS ONTSPAN–

MAMA MIA!

11

Richmondnuus word gedruk deur Northern Cape BTV Technology CC,

A Picture of God

Today's Scripture

“No one has ever seen God. But if we love each

other, God lives in us, and his love is brought to

full expression in us” (1 John 4:12, NLT).

Today's Word from Joel and Victoria

Most people have photos in their home of treas-

ured times as a family or with friends. You proba-

bly enjoy showing those photos to others and

sharing those special moments. But have you

ever thought about having a picture of God in

your house? It may not be in a frame on the

shelf, but this scripture tells us that when we love

others we are creating a picture of God. We are

showing others what He looks like because God is

love.

God wants us to know Him. He wants to reveal

Himself in and through us. He wants us to display

His love and share it with others. First Corinthians

13 tells us what love looks like—it’s patient, kind,

gentle, and so much more. You are never more

like God than when you are loving others. Love

never fails. Always remember, the greatest thing

you could ever have or do is love. Everything else

will fade away, but His love is a picture that will

last forever!

A Prayer for Today

Father in Heaven, I invite You today to show me

Your love which lasts forever. Help me to love

others the way You love them so that my life can

be a picture of You. In Jesus’ Name. Amen.

Boodskap van die maand...Joel Osteen

Suid-Afrikaanse j ag & Akkommodasie

e-mail: [email protected] HARRY: 082-374-3488 MANDY: 082-447-5735

e-mail: [email protected]

HARRY: 082-374-3488

BILTONG & DROeWORS

OTHER VENISON PRODUCTS AVAILABLE

LAMB AND SHEEP AVAILABLE

ORDER BEFOREHAND

GIFTS GIFTS GIFTS GIFTS

12

Richmondnuus word gedruk deur Northern Cape BTV Technology CC,

Story of he Month…...

Lawyers should never ask a Mississippi grandma a question if they aren't prepared for the answer.

In a trial, a Southern small-town prosecuting attorney called his first witness, a grandmotherly, elderly

woman to the stand. He approached her and asked, 'Mrs. Jones, do you know me?'

She responded, 'Why, yes, I do know you, Mr. Williams. I've known you since you were a boy, and

frankly, you've been a big disappointment to me. You lie, you cheat on your wife, and you manipulate

people and talk about them behind their backs. You think you're a big shot when you haven't the brains

to realize you'll never amount to anything more than a two-bit paper pusher. Yes, I know you.'

The lawyer was stunned. Not knowing what else to do, he pointed across the room and asked, 'Mrs.

Jones, do you know the defense attorney?'

She again replied, ' Why yes, I do. I've known Mr. Bradley since he was a youngster, too. He's lazy, big-

oted, and he has a drinking problem. He can't build a normal relationship with anyone, and his law

practice is one of the worst in the entire state. Not to mention he cheated on his wife with three dif-

ferent women. One of them was your wife. Yes, I know him.'

The defense attorney nearly died.

The judge asked both counselors to approach the bench and, in a very quiet voice, said, 'If either of

you idiots asks her if she knows me, I'll send you both to the electric chair.'

VETMUIS PLAASKOMBUISVETMUIS PLAASKOMBUISVETMUIS PLAASKOMBUISVETMUIS PLAASKOMBUIS Bied nou aan:Bied nou aan:Bied nou aan:Bied nou aan: tuisgebakte pasteietuisgebakte pasteietuisgebakte pasteietuisgebakte pasteie Vars plaasbrood daagliksVars plaasbrood daagliksVars plaasbrood daagliksVars plaasbrood daagliks Koeke, terte en ander tuisgebakKoeke, terte en ander tuisgebakKoeke, terte en ander tuisgebakKoeke, terte en ander tuisgebak Tuisgemaakte gemmerbierTuisgemaakte gemmerbierTuisgemaakte gemmerbierTuisgemaakte gemmerbier koekies en tuisgemaakte lekkerskoekies en tuisgemaakte lekkerskoekies en tuisgemaakte lekkerskoekies en tuisgemaakte lekkers Geskenke vir die hele gesinGeskenke vir die hele gesinGeskenke vir die hele gesinGeskenke vir die hele gesin Heeldag ontbyrHeeldag ontbyrHeeldag ontbyrHeeldag ontbyr Koek en teeKoek en teeKoek en teeKoek en tee Ligte MiddagetesLigte MiddagetesLigte MiddagetesLigte Middagetes Padkos pakkiesPadkos pakkiesPadkos pakkiesPadkos pakkies Voorafvervaardigde voedsel.Voorafvervaardigde voedsel.Voorafvervaardigde voedsel.Voorafvervaardigde voedsel. Kom loer gerus in, dis jou soort winkel! Rustig, huislik en gesellig. Ons kuier en “stoep chat-Kom loer gerus in, dis jou soort winkel! Rustig, huislik en gesellig. Ons kuier en “stoep chat-Kom loer gerus in, dis jou soort winkel! Rustig, huislik en gesellig. Ons kuier en “stoep chat-Kom loer gerus in, dis jou soort winkel! Rustig, huislik en gesellig. Ons kuier en “stoep chat-ter” heerlik op die spoorweghuis se stoepter” heerlik op die spoorweghuis se stoepter” heerlik op die spoorweghuis se stoepter” heerlik op die spoorweghuis se stoep–––– soos in dae van ouds! soos in dae van ouds! soos in dae van ouds! soos in dae van ouds!

13

Richmondnuus word gedruk deur Northern Cape BTV Technology CC,

Kinderhoekie Maats, welkom terug in die nuwe

jaar! Mag jul min huiswerk kry

en baie maats om mee te speel in

hierdie jaar! Mag die skoolwerk

sommer maklik wees.

Hierdie maand het ons iets spe-

siaal. Ons het ‘n kompetisie, net

om jul weer aan die dink te kry!

Die kompetisie werk so: Julle

moet kyk hoeveel woorde julle

met die letters uit die woord

VETMUIS kan maak. Vetmuis

Plaaskombuis borg die prys en dit

is nog ‘n verrassing, maar dit kan

net iets lekkers wees!

Die een wat die meeste kor-

rekte woorde instuur, sal die

prys wen.

Stuur asb jul inskrywings met

die woorde, jou naam, telefoon-

nommer en adres aan ons by die

koerant by Posbus 42, Richmond

7090 of gaan gee dit sommer af

by Vetmuis Plaaskombuis. Hier-

die inskrywings moet ons asb

bereik voor of op die 16de Feb-

ruarie 2009. Moet asb nie dat

jou ouers die woorde vir jou soek

nie. Kyk in die volgende koerant

of jy gewen het.

Net weer hoe dit werk: die

woord wat jy die letters van

moet gebruik, is VETMUIS. ‘n

Voorbeeld is Vet en Muis!

Sterkte maats. As ons baie

inskrywings kry, probeer ons dit

dalk meer gereeld doen. Kom aan

die dink, enige prys is mos lek-

ker.

Ons gesels weer volgende maand,

groete!

Terug skool toe…..lekker?? ‘n Lang vakansie is verby. Hier in Richmond was dit baie warm, en die kinders

het seker almal lekker met hul baaikostuums rondgeloop. Wat het julle in

die vakansie gedoen? Lekker uitgerus.

Nou is dit tyd om hard te werk vir die jaar wat voorle, en as ons kyk na die Na-

sionale uitslae, is dit nodig dat ons besef dat onderwys ‘n krisis beleef.

Kennis is noodsaaklik, want vandag se jeug is more se volwassenes wat

verantwoordelik gaan wees vir die ekonomie in ons land. Kan ons ‘n land

regeer met ongeskoolde mense?

Aan al die Onderwysers en Leerlinge wens ons ’n jaar toe wat vrugte sal af-

werp en kennis sal bring. Vir die leerlinge wat “home school” wens ons

ook voorspoed toe, ons weet dis baie harde werk.

Kan ons Richmond ook die einde van die jaar in die koerant sien met 100%

slaagsyfer, veral die matrieks?

V E T

M U

I S

14

Richmondnuus word gedruk deur Northern Cape BTV Technology CC,

TE KOOP/ VERKOOP/ ONS SOEK....... Selfoon te Koop: Samsung E370 - goeie werkende toestand, baie maklik om te gebruik asook baie gewild, maar tans van die mark af. R400,00. Telno: 073331 7282 Lessenaar te koop: Staal lessenaar met twee laaie, ideaal vir skoliere/studente, R350,00 Telno: 073331 7282 Verkoop van “mobile swing” wat werk met batterye. Dit dien ook as ‘n eetstoeltjie.

R1000.00Skakel Laurel by 0827013101

Sprite Musketeer karavaan te koop. Skakel Gideon by 0823580401.

Twee embuia enkelbeddens te koop. Bal en klou pote. R1400.00

Skakel Anita 0829298945

Twee enkelbedmatrasse ( back bed ) splinternuut te koop, R1200.00 elk skakel Anita

0829298945

DIENSTE: Meisie krap afval. Skakel 0536930600

ADVERTEER GRATIS HIER. Skakel 0829298945

,

GAFOOR’S GENERAL DEALER & CAFE

BEST QUALITY MEAT & CHICKEN IN TOWN

Fresh Fruit & Vegetables Daily For your Groceries, Hardware, Wood, Coal, Paraffin

FRIENDLY SERVICE

Tel/Fax: (053) 693-0102 P O Box 138

Cnr. Protea & Crysathenum Streets Dennis White-Ville

RICHMOND NC 7090

15

Richmondnuus word gedruk deur Northern Cape BTV Technology CC,

Compufresh SystemsCompufresh SystemsCompufresh SystemsCompufresh Systems

Vir alle rekenaar benodighede, Nuwe Rekenaars, Rekenaar onderdele, Herstel, opgradering en diens. Webblad Ontwerp Webblad Ontwerp Webblad Ontwerp Webblad Ontwerp Kontak: Gerald Vos Kontak: Gerald Vos Kontak: Gerald Vos Kontak: Gerald Vos Web Advertensie Web Advertensie Web Advertensie Web Advertensie Tel: 049 842 4445 Informasie Sentrum Tel: 049 842 4445 Informasie Sentrum Tel: 049 842 4445 Informasie Sentrum Tel: 049 842 4445 Informasie Sentrum Sel: 073 089 8084Sel: 073 089 8084Sel: 073 089 8084Sel: 073 089 8084

BAIE GELUK:

Derek en Corien met julle babadog-

tertjie, gebore 19 Desember 2008!

Tinkie en Joshua met julle seuntjie,

gebore 31 Desember 2008!

Ons hoor daar is nog ‘n paar bam-

bino’s oppad– ons wag vir hul

aankoms!

Geluk aan al die oumas en oupas!

Belangrike datums vir Februarie:Belangrike datums vir Februarie:Belangrike datums vir Februarie:Belangrike datums vir Februarie: Kekkelklub 5 Feb 2009 om 18h30 by Kekkelklub 5 Feb 2009 om 18h30 by Kekkelklub 5 Feb 2009 om 18h30 by Kekkelklub 5 Feb 2009 om 18h30 by Vetmuis Plaaskombuis.Vetmuis Plaaskombuis.Vetmuis Plaaskombuis.Vetmuis Plaaskombuis. VLV vergadering op 12 Feb 2009 om VLV vergadering op 12 Feb 2009 om VLV vergadering op 12 Feb 2009 om VLV vergadering op 12 Feb 2009 om 18h00.18h00.18h00.18h00. Gebruik die geleentheid om u belangrike gebeure hier aan te kondig. Skakel Anita 0829298945.

‘n Geselsie met Fred van Zyl, deur Hetle Nel. Met my eerste ontmoeting met oom Fred, het hy my voorgekom as ‘n man met ‘n deursettingsvermoë wat nie sommer geknak sal word nie en dit het hy ook deur sy fietsryery en medaljes gewys. Hy en sy vrou Ina het sowat drie en ‘n half jaar begin met spinningklasse wat hul aangebied het. In die begin het hulle albei gery, maar sy is deur ‘n knieprobleem gekniehalter. Dit was ook die begin van sy deelnames aan verskeie fietswedrenne deur die hele SA. Op ‘n stadium het ‘n heupprobleem hom sowat 6maande van sy oefen en deelnames weerhou, maar dit het nie sy gees geknak nie. Tans oefen hy so 13 uur per week, ongeveer 340km. Hy het ook die afgelope tyd ‘n liefde vir bergfietswedrenne ontwikkel, hy sê dit is interessant en uitdagend, en mens sien en leer soveel van SA. Hy het op 2009-01-17 aan die strawwe Attakwas Extreme Mountain Bike wedren deelgeneem. Hierdie wedren het plaasgevind in een van Oudtshoorn se parke. Na bewering het ons voorouers met die ossewa deur hierdie gedeelte van ons land getrek. Volgens mnr van Zyl het dit krag,uithouvermoë en konsentrasie geverg om hierdie wedren te voltooi. Hy het dan ook eerste in hierdie wedren gekom met ‘n tyd van 8uur en 44min. Aangesien hy al verskeie male met Moeder Aarde kennis gemaak het, is hy baie gesteld op veiligheid. Hy vertel dat die dra van ‘n helm, hom al verskeie male gered het van ernstige beserings. Vanaf Oktober 2008 het hy aan verskeie wedrenne deelgeneem waaronder: Die Appleblossom Bergfiets Klassiek in Grabouw,52km waar hy 1ste gekom het; Die SA Nasionale bergfiets Kampioenskappe op 10Januarie 2008 in Stellenbosch waar hy ‘n silwermedalje verower het; In 2009 beplan mnr van Zyl om aan die Argus Padfietstoer van109 km op 8 Maart deel te neem, asook die Sani Bergfiets Herald Fietstoer van 105km in PE . Sy groot droom is om ‘n goue medalje in padwedrenne te kry. Die Richmondnuus sal beslis vir Fred dophou en sy lesers op hoogte hou van sy wedrenne en miskien ee sal ons eendag kan spog met ‘n Springbok in ons midde.

16

Richmondnuus word gedruk deur Northern Cape BTV Technology CC,

Visit the Richmond Horse Museum (Richmond)

C a t e g o r i e s : M u s e u m s Available in the following region(s): Upper Karoo Address: The Riding Horse Museum, Loop Street, Richmond, Northern Cape. T e l e p h o n e : + 2 7 ( 0 ) 5 3 6 9 3 - 0 1 7 6 Opening hours: Contact one of the curators in order to arrange a guided tour.

Housed in what was formerly, in the 1800’s, a school and boarding house, and more recently a cabinet maker’s

workshops and residence, is the very unique Horse Museum of Richmond. It is only one of two such museums

i n t h e w o r l d w h i c h i s d e d i c a t e d t o t h e s a d d l e h o r s e .

One piece of which the museum is particularly proud is the “Nachtmaal Wa”, a cart dating back to the mid

1800’s, which the old farmers took to town on the occasion of the quarterly Communion service at the Kerk. Any

horse enthusiast will be able to spend hours browsing around the displays and reading from the many riding and

horse interest books and periodicals on display. There are displays of stamps from around the world, all of

which have been dedicated to the horse. This collection is probably unique to the Richmond HorseMuseum.

In addition to the equine related artifacts there are some fantastic displays of fashion, including a large display

of ladies gowns and dresses from the mid 1800’s and early 1900’s, as well as work and household displays all,

of which offer a glimpse of pioneer life in a long forgotten era. There is a collection of rare old guns and pistols,

muzzle loaders, and hunting rifles. One of the most cherished items on exhibit is pump organ dating from 1745

and still in perfect working order.

Geneem van: www. Northerncape:Things to do.co.za

Sterftesyfer/Ongeluksyfer daal tydens Kersvakansie Danksy die sigbaarheid van die Provinsiale verkeer op ons paaie tydens die afgelope Kersvakansie het die sterftesyfer op die N1 baie gedaal. 6 Ongelukke het plaasgevind, waarvan een op die Droëfontein plaaspad plaasgevind en 15 op die N1. Slegs 4 persone is oorlede in hierdie ongeluk, waarvan in een ongeluk 3 persone oorlede is. Hierdie ongeluk was ‘n trok wat onwettige Zimbabwiërs vervoer het en die ander oorledene was ‘n plaaslike inwoner van die dorp, Mnr Willem Frans. Daar was tydens hierdie ongelukke 6 ernstige beserings aan of die bestuurders of die passasiers en 11 wat lig beseer was. Die oorsake van die meeste ongelukke was dat mense vaak geword het, maw nie uitgerus was nie, of te hoë spoed gery het. Ons is dankbaar dat so min mense omgekom het tydens hierdie vakansie, want ons almal is al gewoond aan die groot hoeveelhede persone wat hul lewens hier en gedurende hierdie tyd van die jaar hul lewens verloor. Hierdie statistieke het ook bygedra tot die lae sterftesyfer wat in die hele land aangemeld is. Agt padblokkades is deur die Provinsiale verkeer gehou waar daar getoets was vir dwelms, alkohol, ongelisensieerde voertuie. Verder was daar elke dag patrollies gedoen en roetine ondersoeke is uitgevoer. Die Richmond nuus wil al die rolspelers van die provinsiale verkeer, SAPD, Ambulansdienste, hospitaalpersoneel bedank en hartlik gelukwens, met die uitvoering van jul pligte gedurende hierdie tyd. Jul het hul goed van jul taak gekwyt en nou kan julle maar gaan vakansie hou.